+ All Categories
Home > Documents > 1 Piketberger Feb 2015

1 Piketberger Feb 2015

Date post: 07-Apr-2016
Category:
Upload: piketberg-tourism
View: 300 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
Description:
 
Popular Tags:
32
Jaargang 22 Nr. 1 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Februarie 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] the green tree café Join our Loyalty Club TODAY! and get the 10th Cup of Coffee FREE! 10 uit 60 A’s by PHS Uit ‘n klas van 60 leerders het Hoër- skool Piketberg uitstekend presteer deur 10 A-gemiddelde kandidate op te lewer. Bo agter Jared Whitfield, Salomé Hamman, Carla Conradie, Landi Brink, Maria Visser, Alan Wil- lemse en voor Herbst van der Merwe en Johannes Mostert. Karli Truter, inlas links en Timotheé Luyt, inlas regs. Hooffoto: Marietha Goosen Beste Bevelvoerder...p2 Vier geslagte van Eva...p4 Nog ‘n titel vir Juné...p5 Troufoto’s...pp6,8 VLV-Nuus...p12 Teddiebeer-projek...p14 Huis AJL-Nuus...p16 Fork Trucks for PPC...p20 Babbel en Krabbel...p22 Nuwe opvoeders...p22,29 Goedverwacht se akademie vereer...p24 Nuwe skooljaar...pp26,29
Transcript

1

Jaargang 22 Nr. 1 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Februarie 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

the green tree café

Join our Loyalty Club TODAY!

and get the 10th Cup of Coffee FREE!

10 uit 60 A’s by PHS

Uit ‘n klas van 60 leerders het Hoër-skool Piketberg uitstekend presteer deur 10 A-gemiddelde kandidate op te lewer. Bo agter Jared Whitfield, Salomé Hamman, Carla Conradie,

Landi Brink, Maria Visser, Alan Wil-lemse en voor Herbst van der Merwe

en Johannes Mostert. Karli Truter, inlas links en Timotheé Luyt, inlas

regs. Hooffoto: Marietha Goosen

Beste Bevelvoerder...p2 Vier geslagte van Eva...p4 Nog ‘n titel vir Juné...p5 Troufoto’s...pp6,8 VLV-Nuus...p12 Teddiebeer-projek...p14 Huis AJL-Nuus...p16 Fork Trucks for PPC...p20 Babbel en Krabbel...p22 Nuwe opvoeders...p22,29 Goedverwacht se akademie vereer...p24 Nuwe skooljaar...pp26,29

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Februarie 2015. Berigte en advertensies moet

ons bereik teen 17 Februarie. Stuur na: [email protected]

VLV Piketberg neem afskeid van ‘n geliefde erelid

VLV Piketberg neem met mooi herinneringe afskeid van Lettie le Roux, ‘n geliefde erelid wat vir 75 jaar lank lid was van VLV. Sy is op 26 November 2014 in die ou-derdom van 97 jaar oorlede. Lettie het in 1939 by VLV Van Rhynsdorp as lid aangesluit. In 1947 is haar lidmaatskap na Piketberg oorgeplaas. Sy was ‘n baie lojale VLV-lid, ‘n waardige dame met ‘n goeie humorsin, ‘n diep denker en iemand wat besonder wydbelese was. Tot haar onlangse ongesteldheid was sy op hoogte van die gebeure van die dag – met ‘n voorliefde vir sport - en het sy die lewe met oorgawe geniet. Sy was ‘n volbloed Piketberger, stigterslid van Piketberg Leeskring en aktiewe lid van die ACVV-tak. Baie sal haar onthou as “koshuismoeder” vir meer as 30 jaar lank, se-dert 1953, van die meisieskoshuis, Leliehof. As jonger VLV-lid op Piketberg, het sy as tesourier in die bestuur gedien. Sedert sy ‘n jaar of wat gelede moeilik begin beweeg het, is haar stoel tydens VLV-byeenkomste leeg. Die lede van VLV Piketberg mis haar. Ons eer haar lewe en nagedagtenis.

Elsie Sophia Kitshoff

(nee De Beer) 24.03.1931—13.01.2015

Elsie se familie sal haar onthou

vir haar vriendelikheid, humorsin en liefde.

Dankie aan almal wat die familie ondersteun het.

Kaptein EHJ (Elna) van der Merwe is onlangs

aangewys as die Bevel-voerder van die Jaar. Dit word jaarliks toegeken aan die bevelvoerder

wat die beste presteer. Alle fasette van hul werk word in aggeneem. Die cluster bestaan uit 11 stasies waarvan sewe kaptein stasies is. Elna

is nou al 33 jaar in diens en 14 jaar op Eendekuil.

Foto: Marietha Goosen

Beste Bevelvoerder

‘n Dag nadat Terence Brown se 60ste verjaarsdag gevier het, het hy op Saterdag, 24 Januarie by ‘n Veterane Baan-byeenkoms in Parow, in die 60-jaar kategorie sy droom verwesenlik. Hy verbeter die SA rekord in die 1500m met ‘n tyd van 4.48min. Dit is ook ‘n WP-rekord. In die 5000m ver-beter hy ook die WP-rekord met 1.37min. Hy is baie dankbaar, geseënd en tevrede dat hy dit met goeie gesondheid en harde, pligsgetroue oefening kon regkry in sy nuwe ouder-domsgroep. Sy atletiek-oefengroep is baie trots op hom en hy is ‘n

inspirasie vir hulle met sy deursettingsvermoë en dissi-pline om te werk vir ‘n doelwit wat jy wil bereik. Wel gedaan Terence!

Die Redaksie sien daarna uit om gedurende 2015 oor besonderse mense en momente te berig.

Terence Brown, regs en Herbst van der Merwe,

een van sy getroue oefenmaatjies

Foto: Soreen Gouws

Terence se droom verwesenlik

Gee ‘guts’

Dis haar eerste dag as sjampoe meisie en ek 'oe en aa' oor die heerlike kopmassering, haar fyn aanvoeling en vlytigheid. Met die groet, wens ek haar voorspoed en sukses toe met die nuwe werk.

"Dit sal goed gaan, Mevrou het my lekker 'guts' gegee", sê sy. En ek bid: "Here, help my om elke dag aan ander 'guts' te gee". Dit was die mooiste woorde in 'n lang tyd.

3

4

Op Cora van der Westhuizen van Piketberg se 90ste verjaarsdag, het familie en vriende heerlik saam

gekuier by Tillies. Op die foto saam met Cora is haar dogter, Hannalie Bosman van Piketberg, haar klein-dogter Daleen Benadé van Danabaai en haar agter-kleindogter Karlien Benadé, wat nou 19 maande is.

Foto’s: Marietha Goosen

Vier geslagte van Eva

Klein Ella Visser van Meintjieskraal is op 7 Desember

gedoop in die NG Kerk Piketberg. By haar is mamma

Carla Visser, haar ouma Eloïse Myburgh van Laings-

burg, regs, en haar oumagrootjie Martie Maréé van

Bellville, links.

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

SOMERS- UITVERKOPING

Bio Sculpture terapeut nou ook NA URE vir jou gerief in Piketberg

te Piet Retiefstraat 17

Kom bederf jouself. Werk of nie werk jou naels en toonnaels kan nou mooi lyk.

Bel en maak 'n afspraak by Esna Brand 082 830 6110

of 022 913 1020 in die week! Ek kan nie wag om jou naels ook mooi te

maak nie!

5

Juné van der

Westhuizen, oud

PHS'er, tans Matie

BComm Regte

student, het op 27

Desember 2014 in

die Diaz Pedro

Saal, Diaz Strand,

met die gesogte

Mej Diaz 2014 titel

weggestap. Sy is

ook in Desember

2012 as Mej

Hartenbos

gekroon. Dit was 'n

pragtige kronings-

aand met Dieter

Voigt, ‘n besige

twee weke wat

gevolg het met

baie optredes,

deel van beoordel-

ingspaneel by ver-

skillende geleent-

hede en kronings,

twee lang fotosessies met twee verskillende fotograwe en

'n videograaf en 'n "behind the scenes" opname van Mej

Diaz.

Verseker baie geleenthede en ervarings wat haar vir altyd

sal bybly. Natuurlik ook pret soos die Seven Seas boot-

vaart, die Scenic Flight oor Mosselbaai en omgewing en

die Haarsalon en Skoonheidsalon bederf. Sy wil net baie

dankie sê vir al die wonderlike pryse en borge en almal

se liefde en ondersteuning.

Rolene Strauss, huidige Mej Wêreld, is in 2010 as Mej

Diaz gekroon. –Red

Nog ‘n titel vir Juné

Juné van der Westhuizen word as Mej Diaz gekroon. Foto: Ruan Nieman

STORE EN WERKSWINKELS

TE HUUR

25M² STORE@ R700/maand 50M²STORE @ R1400/maand

WERKSWINKELS 60M² @ R1800/maand

Store het koopkrag

Skakel Riaan Diedericks

084 624 0963

1915 tot 2015

6

Christo en Louise Smit is op 11 Oktober 2014 getroud by die Houwhoek Inn Hotel, Grabouw. Louise is die

dogter van Japie en Johanna Olivier van Piketberg en Christo is die seun van Chris en Isabel Smit van

Bronkhorstspruit. Hulle is tans woonagtig in Pretoria. Foto: PC Benade Photography

Jan Hendrik Rust, oudste seun van

Johann en Alettha Rust van Piket-

berg, is op 11 Oktober 2014 in Johannesburg met

Nikki Brink, oudste dogter van Jaap en Margaret Brink van Johan-nesburg getroud. Hulle het hulle in

Radiokop, Johannesburg

gevestig. Foto: Jaco Brink

So lyk liefde

Hennie en Stephanie Meeding is op 10 Januarie te Muratie, naby Baardskeerdersbos getroud. Stephanie is die dogter van Helma Kotze. Die paartjie woon en

werk in China. Foto: Adene Photography

Erik, seun van Marina en wyle Lotta van Zyl, voor-heen van Eendekuil en Piketberg is op 10 Januarie getroud met Tanya, dogter van Lefras en Elna Uys van Robertson. Foto: Gerrit Jordaan Photography

Stuur u troufoto’s na [email protected]

Ons plaas dit graag!

7

8

Jacques Kotze, Stephanie Kotze, Johan Dekker, Jabez Steenkamp, Gerrit Kotze, Gert Coetzee, Jakes Louw, Jacobus Liebenberg en

Werner du Toit. Voor langs Johan is Hein Coetzee en agter Johan is Johan Götze. Foto: Marietha Goosen

Foto links - Helma Kotze, middel, saam met haar seun, Johan en sy vrou, Sarah, op hulle Suid-Afrikaanse troue op 3 Januarie by

Dennegeur, Piket-Bo-Berg. Foto: Elzett Kotze

Piketberg Netbalklub Jaarvergadering

De Kleine Shoppe Coffee & Gifts

Moenie hierdie jaar weer Valentynsdag vergeet nie.

By De Kleine Shoppe het ons pragtige geskenke, vars blomme en heerlike etes.

Kom bederf gerus jou geliefde.

Langstraat 52 Piketberg (langs Liebco) Ilze 071 410 8076

Indien jy belangstel om liga netbal vir ons dorp te speel woon asseblief die vergadering by.

Datum: 10 Februarie Tyd: 18:30

Plek: LB Wernich Biblioteeksaal (langs die kliniek)

Vir enige navrae skakel

Charne Young 082 210 9209

of Jani Hougaard 079 512 6874

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 17 Februarie

17 Maart 14 April 19 Mei

16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 26 Februarie

26 Maart 23 April 28 Mei

25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Knip uit en bêre

Die Kotze familie vier fees

Sarah, Helma en Johan Kotze.

Vroeg in die Nuwejaar het die Kotze's rede gehad om fees te vier toe ma Helma op 1 Januarie 70 word, haar seun, Johan en sy vrou, Sarah 'n Suid-Afrikaanse troue gehou het op 3 Januarie en haar dogter, Stephanie op 10 Januarie getrou het (sien p6). Johan en Sarah is reeds

ses maande gelede in Switserland getroud.

9

Skakel Lizel 084 438 1852 of Thea 084 247 1920

Adriaan gaan Solo Toe Adriaan Diedericks in matriek aan PHS die Beste Werk Trofee by die Wes-Boland Eisteddfod wen, sou niemand kon droom dat sy werk sewe jaar later in verskeie galerye - nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Duitsland, België, Italië, Frankryk en Engeland te sien is. Die wentrofee in 2008 was sy porte-feulje vir toelating aan die Universi-teit van Stellenbosch se Departe-ment vir Visuele Kunste, terwyl hy geen formele kunsonderrig op daardie stadium ontvang het nie. In sy tweede jaar het hy homself beeldhoukuns aangeleer, aangesien daar nie ‘n dosent beskikbaar was nie. Sy eerste van drie solo tentoonstellings (sien advertensie hieronder) begin op 14 Februarie in Franschhoek, daarna volg een in Bloemfontein in April en daarna een in Kaap-stad in Oktober. Om vir sy studies te betaal, het hy kelnerwerk oor naweke gedoen en sekuriteit by die fakulteit tot middernag elke aand. Een van sy eerste beeldhouwerke was ‘n lewensgrootte perd met ‘n hoogte van 2,2m. Met ‘n volgende enorme projek van 400 gebreekte bierbottels met 'n elektriese stroombaan daar om, is hy aangewys as een van SASOL se top 100 kun-stenaars in Suid-Afrika [2010]. Een van sy beeldhouwerke is te sien by die Jan Marais-Park in Stellenbosch. Hy het reeds met groot name in die beeldhouwêreld saamgewerk. In 2013 en 2014 het verskeie hoogtepunte in sy loopbaan gevolg en het hy reeds ‘n indrukwekkende CV op 24. Besoek geus sy webwerf by www.adriaandiedericks.com Adriaan is die seun van Riaan en Bev Diedericks van Piketberg.

10

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Een van die sêgoed in Piket-berg wat my al fassineer vandat ek hier gekom het in Desember 2012, is die verwysing na Piket-berg as die “skuins dorp met die regop mense”. Dit is ook die subtitel van Pieter Schoonees se boekie oor Piketberg wat by ons museum te koop is teen R50. Vir al ons nuwe intrekkers, gaan maak gerus ‘n draai by ons museum (wat in 2013 aangewys is as die beste museum in die Wes-Kaap) en koop vir jou hierdie boekie. Ek het dit hierdie kerstyd gedoen en was nie spyt nie. Interessant genoeg is daar twaalf mense op die voor-bladfoto van hierdie boek en net een staan regop. Die ander is vooroorgebukkend besig om koringare te oes. Ek geniet sulke ironie! Die rede hoekom ek weer hierdie week so aan hierdie benaming vir Piketberg gedink het, is omdat ek die voor-reg gehad het om die 70ste verjaarsdagparty by te woon van seker een van die regopste mense in Piketberg wat ek ken. Haar naam is Betsie Paulsen. En net soos die koringaar-oesters het Betsie sekerlik al genoeg rede in haar lewe gehad om vooroorgebukkend te leef. Uit die toesprake van die heildronkinstellers, die dominee en die programbestuurder is dit duidelik dat daar oor al die de-kades baie rede was om gebukkend te wil leef. Maar nie Bets nie. Sy beïndruk my telkens met haar forstelikheid. Piketberg se eie prinses! Die wat haar ken sal weet sy draai nie doekies om nie, is eerlik en reguit en mens weet altyd waar jy met haar staan. Sy is ‘n trotse vrou met ‘n groot nalatenskap. Ek het haar omtrent agtien maande gelede ontmoet en wat my eerste opgeval het, is dat haar familie en kleinkinders haar “Oumie” noem. ‘n Troetelnaam wat ons ook vir my ma se ma gebruik het al die jare. Ek haal my hoed af vir enige een wat in haar genadejare nog so regop kan leef, veral as daar genoeg rede was om dit nie te doen nie. Wat die elf ander gebuk-kende mense op Pieter Schoonees se voorbladfoto my ook leer, is dat ‘n mens as “regop” ervaar kan word al gaan jy fisies gebukkend onder omstandighede of druk. Om regop te leef is nie ‘n fisiese verskynsel nie, maar ‘n gesindheid en ‘n leefwyse. Ons hoef nie te wag dat dit met ons finansieël of emosioneel goedgaan voordat ons besluit om regop te leef nie. En daar is nog ‘n nuwe jaar volstoom aan die gang en het ons lankal vergeet dat ons vakansie gehad het. Mag 2015 vir ons almal ‘n goeie en voorspoedige jaar wees en mag ons tevrede en in vrede met mekaar saamleef. Kom ons wys die wêreld hoe regop die mense in hierdie skuins dorp kan leef!

Betsie Paulsen, middel saam met haar susters, Freda Heyns en Antie Pop Paulsen, links en Susan Paulsen

en broer, Mattie Paulsen, regs, op haar 70ste verjaarsdagparty by die Bio Kafee op Vrydag

16 Januarie 2015. Foto: Hanlie Linde

Betsie is 70

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Gelukkige Valentynsdag

Mag jou geliefde jou elke dag

bederf!

11

12

Agter van links is Mareza Smit, Dinette Lochner (sekretaris), Christa Myburgh (tesourier), Carin

Rossouw (vise-voorsitter) en Alida Walters. Voor verskyn Nicoline Brown (voorsitter), Michelé Zier-vogel, Alta Vos en Marlize Rossouw. Foto verskaf

VLV Piketberg Bestuur 2015 VLV Piketberg 2015 “Vroue met Visie”

Hiermee wil die Bestuur van VLV Piketberg alle dames, ongeag ouderdom, graag uitnooi om by ons vereniging aan te sluit of andersins as ‘n besoeker die vergaderings by te woon. Die doel van die vereniging is om volwasse vroue op te voed. Daar is ses verskillende studierigtings soos bv. Opvoeding en Kultuur; Landbou en Tuinbou; Gesond-heid; Leefstyl; Kunste en Handvlyt asook Openbare Sake. Dames word aangemoedig om op enige manier betrokke te raak en so ook in die gemeenskapsbehoeftes aandag te gee. Ons eerste byeenkoms vind plaas op Donderdag 12 Februarie om 09h30 in die Biblioteeksaal. Ons is bevoorreg om vir Le Roux (van “Kokkedoor-faam” – KYKNET) as motiveringspreker te verwelkom. Hy is ook eienaar van die restaurant “LekkabydieSee” in Langebaan. Kom luister gerus watter uitdagings hy oor-win het! Verder word ons deur Berenice Scheepers ingelig oor die nuwe AdMaths Sentrum wat by PHS gehuisves gaan word. PHS, ‘n Dinaledi-fokusskool vir uitnemende onder-rig in wiskunde en fisiese wetenskap, is baie opgewonde oor die nuwe verwikkelinge. Nog ‘n datum wat dames kan aanteken in hulle dagboeke, is 15 April saam met Piketberg Tuin-bouklub. Hier word beplan om ‘n lekker werkswinkel-oggend te hou en sodoende te leer oor die interessante herwinning van plastiek koeldrankbottels. Indien iemand graag wil leer om piouter-artikels te maak kontak ons asseblief – so leer ons iets nuuts in 2015! Dan is daar nog ‘n lekker uitstappie wat ook beplan word. Vir enige navrae kontak asseblief Nicoline Brown (voorsitter) by 082 477 0665 of Dinette Lochner (sekretaris) by 083 564 5643. Laastens wil ons ‘n groot dankie sê aan die volgende borge in Piketberg vir die samestelling van ons nuwe 2015 jaarboekie. Dit word opreg waardeer, julle is die steunpilare in Piketberg! All About Travel; Avroy Shlain (J van Kraayen-burg); B’Pretti Beauty; Boland Superspar; Bonthuys Bi-cycles; De Berge Gastehuis; Dr Sam Scheepers; Drs Smit en Morrison; Dup Meubels; Glaskasteel; Keyah Skin and Body; Lemon Tree Selfsorg; Liebco Vleishan-delaars; Mrs Bean Coffee Shop; Oregon and More; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg Apteek; Piketberg Bandediens; Piketberg Drukkers; Prak-tika; Stik en Stoffeer; Sandra van Wyk Eiendomme; Skoonheidsalon Sanet; Dr Herold Truter, Tandarts; Total en Spur Winkelshoek. Met opregte dank en seën vir die Piketberg gemeenskap! - VLV Piketberg.

022-913 2646

Kom Kyk Hoe Lyk Ons Nou!!!

2 x Groter!!!

2 x Meer DVD’S!!!

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

13

Goedverwacht Voetslaanklub het op 6 Desember hul 21ste bestaansjaar gevier. Op die foto oorhanding Dave Ferguson namens Bergrivier Toerisme Orga

nisasie ‘n sertifikaat van erkenning aan hulle vir hulle besondere bydrae tot Toerisme die afgelope 21 jaar.

Van links is Lilly Jansen, Lorraine Cornelius (Goedverwacht Toerisme Beampte), Dave Ferguson

en George Esau (Goedverwacht Voetslaanklub Voorsitter).

Berig en foto verskaf

Voetslaan raak Mondig

14

deur Jannie Lategan

Ons Australiese besoek Daar was baie opgewondenheid om weer met ons kinders in Australië te gaan herenig. Ons reis met 'n heel nuwe Boe-

ing 777-333 en land die volgende dag in Brisban. Met blydskap verwelkom hulle ons met 'n Suid-Afrikaanse vlag in die aankomssaal. Ons het nog twee ure se reis na hulle bestemming in Toowoomba. ('n Kuns, blomme en Tipiese Universiteitstad...bykans soos Stellenbosch). Ons het 'n genotvolle tyd en ontmoet talle Suid-Afrikaanse vriende wat hulle daar gaan vestig het. As ons so 42 stuks (almal van RSA aan keurig gedekte tafels aansit vir die Oukersmaal, raak mens bewoë om te dink dat almal uit verskillende professionele vakrigtings kom en waarde kom toevoeg het aan Australië! Breinkrag wat vir RSA vir altyd verlore is! Ons word ontvang met ete-uitnodigings en afsprake en word onder andere genooi deur die eienaar van 'n nuwe Internasionale Lughawe wat daar gebou is, om 'n helikopter rit mee te maak. Ongelooflike skilderagtige tonele doem voor ons op uit die glasbol. Dit is reëntyd daar en alles is lowergroen. (Sou dit ooit beskore wees om weer te gaan, sal ons in Toowoomba kan land.) Ons word deur die kinders verras om saam met hulle van Brisban na Sydney te vlieg. Daar gekom, neem 'n lugtrein ons teen 'n astronomiese spoed na die Darling Harbour Hawegebied, en ons 'n “water ferry” haal na die eiland Mandy waar ons tuisgaan. Die openbare banke in oop ruimtes en langs strate, is banke wat identies is aan die bank van Coenie van Kyk-Net faam, maar net van vlekvrye staal. Ons maak elke dag van die waterweë gebruik om na Sydney te reis en besoeke te bring aan onder andere die Sydney Operahuis, die wasmuseum en 'n besoek aan die hoogste gebou in Sydney. Die spasie van my rubriek laat my ongelukkig nie toe dat ek omskrywings kan gee van alles wat ons beleef en ervaar het nie. Die wêreld bekende Skouburg....wat 'n onbeskryflike argitektoniese konstruksie met sy koepeldakke wat bedek is met ge-glasuurde teëls. Die gebou huisves 'n ongelooflike aantal teaters en die rykstes van die rykstes kan selfs hulle trou-es en funksies daar kom hou. Die ontwerp is gebore om na 'n bal te kyk en “skywe” is uit die bal geneem en so is die eindproduk meesterlik geskep. Net die room en die beste van wêreldklas kunstenaars word toegelaat om daar op te tree. Oujaarsaand nader en ons is op een van die talle bote bespreek om te parkeer met 'n uitsig na die Darling Har-bour Bridge, asook die Skouburg. Ons boot parkeer langs 'n reuse jag van swart glas en wat seker maklik 5-6 verdi-epings hoog is, kompleet met twee helikopters op sy dek. Die eienaar: Bill Gates. Die aftelling van die tyd na die nuwe jaar begin voordat die skouspelagtige vuurwerkver-toning 'n aanvang neem. Vyftig ton vuurwerke word af-geskiet. Met berekende reëlmaat word die massiewe pa-trone in die lugruim ontvou met byna meer as 'n reënboogspel van kleur. Terwyl ek om my kyk en ek by myself dink, dis mos alles net “glitz and glamour”, sien ek 'n bejaarde vrou hartstogtelik huil ... die trane biggel in oorvloed oor haar wange! “Why are you so sad?”, kon ek my nie keer om haar aan te raak en te vra nie. Die ant-woord: “My husband passed away, but I am OK...thank you!” sê sy met selftrots of straks nie so gelukkig dat ek haar spasie betree het nie! Rykdom, glorie, roem en hartseer word saamgevat in enkele oomblikke!

Dis tyd om afskeid te neem en om na ons derde been op ons terugpad te gaan. Sydney – Brisbane en dan om vir oulaas te groet, omhels, vasdruk, liefhê, totsiens sê en hoop op weersiens! Ons op ons vlug na Dubai en hulle op pad na Toowoomba! Dubai, wêreldstad met sy inwoners wat van oor die hele wêreld kom. Hier en daar hoor jy 'n Afrikaanssprekende. 'n Stad se swier wat nie maklik in woorde beskryf kan word nie. Die grootste wêreldwye Internasionale Inkoop-sentrum, die “soakes” met hulle stegies en talle maar talle winkeltjies waar daar “ge-bargain” word. Karaktervol en tradisievas, sluit hulle hul ondernemings as dit tyd word om te gaan bid. Die speserymark is 'n belewenis met sy heerlikste geure vir koningsdisse. Die Shaiks se Paleise, die hoogste gebou in die wêreld Burjkhalifa, met sy 160 verdiepings. Ons land moeg en uitgeput in Kaapstad en is bly om maar weer ons “foutjies” en onbeholpenheid raak te sien. Die band wat die tasse vervoer stik tot stilstand en die papiere en vullis waai verflenterd rond. Dankbaar, want hier is ook mense wat ons liefhet en vir wie ons lief is en na wie ons verlang het. Die mooiste herinneringe herleef egter as ons 'n terugblik op kosbare oomblikke het wat in ons honderde foto’s vasgelê is. “Liefie”, ons huiskat, kon nie haar blydskap verbloem nie.

Teddiebeer-Projek Hanlie Linde skryf...

In 2014 het ek ‘n breipatroon in Die Piketberger laat sit en

gevra wie in Piketberg is lus om saam te brei vir ‘n baie

goeie doel. Die reaksie was baie goed en ek kon baie

bere gaan aflaai in Stellenbosch by Ingrid Linde wat die

stigter en koördineerder van hierdie projek is. Die teddie-

beerprojek is al sedert 2000 aan die gang en reg oor die

land brei mense teddiebere wat versprei word aan

kinders in hospitale in die Wes-Kaap. Baie dankie vir elke

breier! Dit word opreg waardeer. As daar nog mense is

wat wil brei, stuur asseblief ‘n e-pos aan

[email protected] om die patroon te kry en brei

saam.

Op die foto’s is die Piketberg bere met Marita

Nel regs bo en Jackie Ferguson, regs, wat fluks

gebrei het.

Foto’s: Hanlie Linde

15

(NUUT IN PIKETBERG) OPEN 2 FEBRUARIE 2015

ALGEMENE HERSTEL EN DIENS

VAN VOERTUIE VERKOELER HERSTEL EN

HERGAS BRAKE & CLUTCH HERSTELLE

LANGSTRAAT 60 (AGTER LOXTON MOTORS)

SANDRA – 071 815 5690 [email protected]

Stuur u berigte/artikels/foto’s per epos aan [email protected]

voor 17 Februarie, verskyn 26 Februarie

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well

as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekking Aangebied

Beesbiltong R175,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

16

Die hoogtepunt van die jaar bly vir ons inwoners die jaar-likse Kersete. Baie dankie aan Winkelshoek vir die druiwesap, Trudie van Schalkwyk vir die blomme, Michiel Visser vir die geskenkies en al die gewillige hande wat kom help het.

Inwoners van Huis AJL geniet Kersete

Huis AJ Liebenberg sê dankie vir die

R2 700,00 wat hul ontvang het van

die Lions Klub van Piketberg wat sal aangewend word

vir die opgradering van ons

veiligheids-toerusting.

Marie de Villiers ontvang die tjek

vanaf Gerry en Pat Kühn.

Foto verskaf

Skenking van Lions Klub

Nuwe Gesiggies by Huis AJL

Die nuwe gesigte by Huis AJ Liebenberg is ons vriendelike administratiewe beampte, Suzanne de

Villiers en rekeningkundige beampte, Corné Brynard. Ons sien uit na ‘n lang verbintenis met die ACVV,

baie welkom. Foto’s: Marie de Villiers

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Marié Grobbelaar

Tolbos deur Irma Joubert

Tolbos (2010) is die derde boek in die trilogie van Ver wink die Suiderkruis (2006) en Tussen Sta-sies (2007). Hierdie boek is ‘n histo-riese roman.

Milieu: Die verhaal speel af vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989. Dit handel oor die val van Apartheid in Suid-Afrika en die val van Kommunisme in Pole. Katrien en Wladek, raak betrokke by ondergrondse bedrywig-hede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande. Die storielyn: Die tienjarige Katrien Neethling, kleindog-ter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis se ma verongeluk voor haar 12de verjaarsdag. Na haar ma se dood raak Katrien effe verwyder van haar familie. Sy hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Hierdie gebeure maak haar van vroeg af reeds bewus van die politiek en sy raak as student betrokke by politieke bedrywighede. Katrien word lid van die Black Sash en neem deel aan verskeie betogings. Vir haar lyk alles onskuldig, maar elke keer loop daar iets verkeerd en word sy gearresteer en dan moet Wladek haar kom loskoop. Katrien verloor haar werk as junior verslaggewer by Die Beeld agv ‘n artikel oor alternatiewe Afrikaanse musiek wat ‘n belangrike rol in die boek speel. Die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen Stasies, neem deel aan ’n betoging teen Kommunisme in Pole. So raak hy bewus van die politiek en raak betrokke by ondergrondse politieke bedrywighede. Hy vlug na Suid-Afrika as die veiligheids-polisie op sy spoor is. In Suid-Afrika kruis Wladek en Katrien se paaie, met baie interessante gevolge. Klimaks: ‘n Vrou by die Vrye Weekblad vra vir Katrien om haar twee vriendinne by die lughawe te gaan haal. By die Carlton Hotel ruk die polisie hulle pruike en brille af en sien dis ‘n jong man en middeljarige vrou – kom-muniste. Katrien word opgesluit. Afloop: Sy word aangekla vir die oortreding van die Wet op Binnelandse Veiligheid en na John Vosterplein oorge-plaas waar al die politieke gevangenisse aangehou word. Eers die Dinsdag kon Wladek haar op borgtog uitkry. Nadat sy vrygespreek is, neem Wladek haar Durban toe om die Voëlvrykonsert by te woon. Na die konsert sy sê: “Ek voel vry – voëlvry.” Slot: Wladek vra vir Katrien of sy haar boek onder die naam Katharina Neethling of Kowalski gaan skryf. Sy ant-

woord: Katrien Kowalski.

Gee Vreugde aan Huis AJL Moeder Theresa het gesê: "Ons hoef nie altyd groot dinge te doen nie, ons kan klein dingetjies met liefde doen." Jy kan in 2015 soveel vreugde ervaar (en vreugde gee aan ander!) deur "klein dingetjies met liefde" aan die in-woners van Huis AJ Liebenberg te doen. Daar is so baie aktiwiteite waarmee hulle besig gehou kan word bv. Bybelvasvra, Flinkdink, Boekvoorlesings, Kaartspeel of Bordspeletjies, Rolbal op die grasperk, Potplant-wedstryde, Ruik en Raai, Prente uitknip en plakboeke maak, Ritmiese Oefeninge, Modeparades, Praatjies of Debatte, Musical Chairs, Samesang, Handwerk en nog vele ander. Wil jy dit nie oorweeg om betrokke te raak nie? Onthou, gedeelde vreugde is dubbele vreugde!! Kontak gerus vir Marie de Villiers by Huis AJ Liebenberg by 022 913 1403.

17

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

All Week Specials * We also serve ice cold Castle Draught on tap now for 500ml R20 / 300ml R15

* 500g T-Bone + 500ml Castle Draught R110 * Porra Chicken Livers + 300ml Caslte Draught R65

* Linefish for only R75 * Bar Baskets and Pizzas Galore

We do outside catering for private functions and special events. Come and enjoy the Potbelly Experience.

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

Valentyns Ete @ R180pp Saterdag 14 Februarie

STARTER Crumbed mushrooms or Calamari or Creamy Mussels

MAIN COURSE: 250g Rump steak served with a sauce of love

or Linefish fillet served with a sauce of passion

or Chicken fillets served with the sweetest lemon kiss sauce

DESSERT: Ice cream and fruit salad topped with a splash of Africa’s wild heart

or Chocolate Mousse topped with a whoopy whipped cream

*Strictly Bookings

18

Kom proe die somer by die Somermark

Piketberg Toerisme hou ‘n Somermark op Saterdag 21 Februarie op die Museumgronde. Die mark fokus op tuisgebak/-gemaak en handvervaardigde produkte van die omgewing. Kom koop vrugte van die omgewing. Vars druiwe, Piket-bo-Berg vrugte, ingelegde konfyte en vars gebak. Al die stalletjies sal proe porsies aanbied en gratis waatlemoenskywe sal ook uitgedeel word. Vir die kinders bied ons ‘n reuse waterglybaan, terwyl ma en pa lekker middagete kan geniet. Om 10:00 en 12:00 sal daar gratis begeleide Historiese Piketberg Staptoere aangebied word wat vlugtig by al die historiese geboue in Kerk-, Hoof– en Voortrekker-strate sal aandoen. Belangstellendes moet net by die Museum ingang ontmoet. Kom geniet gerus al Piketberg se lekkerte!

Stalletjie aansoeke kan nog tot 30 Januarie gestuur word aan

[email protected]. Vir navrae skakel gerus die

Toerisme kantoor by 022 913 2063.

Wat sê die Reg?

Verhuurder dreig om elektrisiteit na eiendom te ontkoppel as gevolg van

wanbetaling aan munisipale dienste

‘n Leser deel my onlangs mee dat sy ‘n woning huur en dat die huur-kontrak bepaal dat sy, bo en be-halwe die huurgeld, ook aanspreek-lik is vir betaling van die munisipale dienste. Sy het egter, vir redes wat nie vir hierdie artikel ter sake is nie, nie ‘n munisipale rekening vir die laaste paar maande ontvang nie, en kon gevolglik nie die munisipale dienste betaal nie. Ten spyte van die feit dat sy die situasie aan die Verhuurder verduidelik het, dreig die Verhuurder nou om die elek-trisiteit na die woning te laat ontkoppel as gevolg van die nie-betaling van die munisipale dienste en wil die leser weet wat haar regte is. Meer as ‘n eeu gelede, het Hoofregter Innes hom in die saak van Nino Bonino v De Lange soos volg uitgedruk oor die kwessie van die reg in eie hande neem:

“It is a fundamental principal that no man is allowed to take the law into his own hands; no one is permitted to dispossess another forcibly or wrongfully and against his con-sent of the possession of property, whether movable or immovable. If he does so, the Court will summarily restore the status quo ante, and will do that as a preliminary to any enquiry or investigation into the merits of the dispute.”

Jacques Ehlers

Dit is dus duidelik dat niemand die reg in eie hande mag neem nie en sou die Verhuurder, sonder die verkryging van ‘n hofbevel, die elektrisiteit na die woning ontkoppel, neem hy/sy die reg in eie hande en word die leser se “besit/beheer” of “gebruik” van die elektrisiteit onregmatig ontneem. Die leser kan haar dan tot die hof wend en aansoek doen vir ‘n mandament van spolie ten einde haar besit/beheer van die elektrisiteit te laat herstel. Om te slaag met die mandament van spolie, moet die leser (huurder) bewys dat sy in “vreedsame” en “ongestoorde” besit/beheer van die saak (in hierdie geval die elektrisiteit) was en dat die Verhuurder daardie besit/beheer onregmatig (sonder ‘n hofbevel) van die leser ontneem het. Die mandament van spolie is ‘n summiere (spoedige) remedie wat daarop gemik is om die leser se besit/beheer van die elektrisiteit wat op ‘n onregmatige wyse ontneem is, te herstel. Tydens hierdie hofaansoek, oorweeg die hof nie die meriete van die onderskeie par-tye se beweerde regte oor die saak nie, met ander woorde die hof oorweeg nie die feit of die leser nie die dienste/elektrisiteit betaal het en of die Verhuurder ge-volglik geregtig was om die elektrisiteit te laat ontkoppel nie. Al waarmee die Regter of Landdros hom besig hou, is met die kwessie van besit/beheer en die aard van die inbreuk daarop. Die leser wie se besit/beheer van die elektrisiteit onreg-matig ontneem is, is dus geregtig op die herstel van sy/haar besit/beheer van die elektrisiteit alvorens enige an-der feite gedebatteer of besluit word. Met ander woorde, indien die hof bevind dat die huurder in vreedsame en ongestoorde besit/beheer van die elektrisiteit was en dat die Verhuurder die elektrisiteit ontkoppel het sonder om ‘n hofbevel tot daardie effek te kry, sal die hof gelas dat die Verhuurder die elektrisiteit onmiddellik weer moet aansluit. Hierdie remedie is so kragtig dat selfs ‘n onreg-matige besitter – ‘n bedrieër, ‘n dief of ‘n rower – geregtig is op die mandament van spolie se beskerming. Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat ‘n Verhuurder nie die reg in eie hande mag neem by wanbetaling van huur of munisipale dienste nie en dat hy/sy eers die hof moet nader ten einde sy/haar regte af te dwing.

19

20

20 Jaar Gelede — Februarie 1995

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Die Afrikaanse Kultuurvereniging van die Suid-Afrikaanse Polisie het ‘n opstelwedstryd onder skole uitgeskryf. Die wenners was Jan Blankenberg (Steynville Sekondêr), Elrika Liebenberg (Dirkie-Uys, Moorreesburg), Johannie Liebenberg (Hoërskool Piket-berg) en Theo van Zyl (Smuts-Malan, Riebeeck-Wes). PHS 1994 Matrieks hou trotse tradisie in stand! Al 31 leerlinge het geslaag. Dit is die agste opeenvol-gende jaar dat die skool met ‘n 100% slaagsyfer kan spog. Garfield Booys van Steynville Sekondêr het ‘n gemiddelde A-simbool behaal. PHS Primêre Leerlingraad: Die leiers is Christoff van Wyk (hoofseun) en Hanneke Loubser (Hoofmeisie). Die res van die raad is Jan Hendrik Visser, Isa Ek-steen, Eleanor Müller, Doret Vercuiel, Lial Hinkel en Conrad Kriel. Gedurende Desember 1994 het vyf van PHS se leer-linge aan die SA skole skaakkampioenskappe deel-geneem. Daar was 840 leerlinge teenwoordig by die toernooi. Advertensietariewe: Volblad R120; Halfblad R70,00; Kwartblad R40,00. Intekengelde R15,00 vir die jaar. ADVERTENSIES: GEVRA: Leë glaspotjies met metaaldeksels te ruil vir tuisgemaakte konfyt. PIQ-A-BURGER Restaurant en Take-a-Way.

5 years have passed since the Linde H70D were de-livered to the PPC de Hoek site and in this time, com-bined with our virtually maintenance-free direct hydro-static drive which played a major part in the reduction of tyre wear, resulted in the first tyres only being replaced after 8000hrs of use. Linde Material Handling’s virtually maintenance-free di-rect hydrostatic drive delivers seamless acceleration, re-versing and precision load handling. In fact, there simply isn’t a better alternative to Linde forklifts’ unique engine and transmission combination. Others have tried, but af-ter 50 years of continual improvement, Linde engineers have elevated their hydrostatic drive system to a level of performance which puts it in a class of its own. The cost efficiency of Linde forklifts is also enhanced by many features built into every model, including exception-al ergonomics which minimise operator fatigue and hence the risk of accidental damage and by durability Linde is proud to be a supplier of PPC de Hoek and congratulate them on receiving their 4 x H70D 396 Series fork trucks.

4 x 7-D’s that were recently delivered to PPC de Hoek - testament to the partnership between PPC and

Linde. Shelldon Uys, Branch Manager : Linde CT, Elzet van Jaarsveld, Area Sales Manager : Linde CT,

Rodney Campher : Despatch Manager, PPC and Frank Scheun : Operations Trainer, PPC.

Article and photo: Linki de Jongh-Brown

Fork Trucks for PPC

Onthou om daai spesiale

persoon in jou lewe te

bederf op Valentynsdag

Saterdag 14 Februarie

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas Skakel Wessel de Beer

0232 320422 of 082 704 3276

21

22

Babbel en Krabbel babbel en krabbel steeds

Pre Graad R 1988 Voor is Wilbrey Langeveldt, Bruce Ockhuis, Grindley

Crotz, Jonike Willemse, Lizel Jonas, Reginald Booysen en Jacques Phillard. In die middel is Jeremy Miggels.

Jeremy Somers, Luwellyn Hector, Nadine Isaacs, Mari-tza Pieters, Pauriane Claase, Berenice Dirks, Devan

Willemse en Jo-Ann Hector. Agter by juf Linda Strauss is haar seun, Lindsay, Heinrich, Anthea Kayster, Mal-volm Jagers, Wayne Julius, Rody Kayster, John-Paul

Muller, Michelle Mouers, Zelda Adams en Warren George, juffrou Maria Booysen en juffrou Beryl

Charles.

Graad R 1988 Voor is Surita Dietrich, die tweeling Lester en Luzelle Smith, Megan Erasmus, die tweeling Byron en Bran-

don Sonneberg en Anthony Maarman. In die middel is Warren Afrika, Zella Noble, Vera Roman, Marezell April, Veronique Witbooi, Margaret Karolus, Joan

Booys, Marianna Blaau, Jay-Bee Adams, Therlo Jaren en Angelique Isaacs. Agter is Ivan Pietersen, Ian

Mushfield, Bradley Otto, Redcliff Julies, Heinrich, Eben Esau, Quinton Manies, Wayne Sass, Karel Erasmus,

Zane Erasmus, Enise Le Fleur en Evette Charles.

Na 27 jaar by Babbel en Krabbel kyk juffrou Beryl Charles met dankbaarheid terug oor al die jare se genade. Sedert die skool se deure op 1 Februarie 1988 geopen is, het talle klein voetjies daardeur beweeg en is gevorm tot selfstan-digheid danksy die liefde, passie en nougesetheid van elke juffrou en die gemeenskap se volgehoue ondersteuning om hierdie voorskoolse instansie te laat groei en volhoubaar te hou. Vanjaar het dit tyd geword om opknappings en verbeter-inge aan te bring en daarom word 'n groot fondinsameling-sprojek geloods. Die bestuur doen 'n beroep op elke oud-kleuter wat intussen 'n tandarts, ingenieur, entrepreneur, verpleegster, dokter, onderwyser, brugbouer, tegnikus en eienaar van 'n eie besigheid geword het, om die skool te kon-tak by 022 913 2441. Juffrou Beryl is steeds daar om jou stem te hoor. Ons plaas die foto's en name van die pre graad R-klas en die graad R-klas van 1988.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

PHS se Nuwe Opvoeders

Marelize Oosthuysen, aflos opvoeder by Lewensweten-skappe, Maritska Hamman, senior primêr Wiskunde en Heino Warnich, Geografie,

het aangesluit by Hoërskool Piketberg.

Mari Ehlers proef tans by

PHS.

Foto’s: Sanet Ackermann

23

24

Goedverwacht se Akademie vereer Op Sondag 16 November het wbC (we be Christians) 'n plaaslike liefdadigheidsorganisasie 'n diploma plegtigheid gehou vir alle leerders van Goedverwacht wat akademies goed presteer het in 2014. Hierdie is 'n unieke geleen-theid aangesien dit nie gekoppel is aan 'n opvoedkundige inrigting nie, maar aan 'n gemeenskap. Alle leerders van Goedverwacht wat 'n diploma, graad, sertifikaat of trofee ontvang het kon deelneem, ongeag hulle onderrig instansie. 'n Totaal van 94 leerders het deelgeneem teenoor verlede jaar se 71. Die onderrig sentrums van deelnemers sluit in Goedverwacht Primêr, Steynville Primêr, Carl Schreve Primêr (Wittewater), Ex-celsior Primêr (Bellville), Hoërskool Piketberg, Steynville Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Diazvile Hoërskool, UCT, Weskus College, London School of Business, ETDP en CPUT. Elke deelnemer het 'n geskenkpak ontvang en nog 16 spesiale pryse is ook vir besonderse prestasies uitgeloof. Meagan Dietrich, 'n Gr 11-leerder aan Steynville Sekondêr het dmv 'n roerende skyfievertoning, ander leerders en die breë gemeenskap aangemoedig om te volhard in hulle studies en nooit tou op te gooi nie. Sy het op haar unieke manier mede studente, opvoeders en almal wat tot haar opvoeding bygedra het, bedank. Doneley Lesch van Goedverwacht Primêr is aangewys as die top presteerder in die Laerskool kategorie, want sy het sewe diplomas ontvang en is ook aangewys as die PPC Dux-student 2014. Stuart Daries, Gr.12-leerder van Hoërskool Piketberg is aangewys as top hoërskool leerder met drie diplomas en 'n volgehoue akademiese prestasie van 75%. Op tersiêre vlak het Ingrid Rowan geskitter met haar B-Tech graad in verpleging asook 'n diploma in

verplegingsbestuur wat sy aan CPUT behaal het. Astrinita Erasmus het ook op tersiêre vlak uitgeblink met 'n 'Academic Giant Award' vir haar 81% gemiddelde wat sy in die akademie behaal het aan CPUT. Ingrid Rowan het die verhoog gedeel saam met haar dogter, Inge-Ray(Gr 6) en Christelle Dietrich het ook die verhoog gedeel met haar dogter, Destiny (Gr 1). Hierdie is 'n merkwaardige prestasie, aangesien dit nie algemeen is dat ouers saam met hulle kinders in dieselfde jaar vereer word nie. Alle leerders en eregaste is later by die plaaslike toerisme sentrum getrakteer met middagete. Dit was inderdaad 'n besonderse voorreg om as 'n geseënde gemeenskap saam uitsonderlike hoogtepunte te kon vier.

Meagan Dietrich lewer haar toespraak. Berig en foto: Shawné Esau

25

baie dankie te sê vir jul volgehoue ondersteuning. Mag 2015 ‘n voorspoedige

kliënte

26

Klas van 2026

Graad 1 saam met Suné Rheeder.

Graad 1 saam met Hanlie Olesen.

Grade 1 Eng with Susan de Vries. Foto’s: Marietha Goosen

PHS se Blikkie Wenners

Christof Smith, Petrie Smith, Dané van Niekerk, Legreche Adams, Micaela Smith, Schalk Mouton

(Algehele wenner) en Elizna Visser. Foto’s: Sanet Ackermann

PHS se Graad R’s

PHS se Graad R klas saam met Maria Joubert en

Marili Hanekom.

Foto: Marietha Goosen

Die Laerskool Blikkie Wenners saam met Petrie Smith en Hendrien van Sittert is van voor kloksgewys Marli Coetzee, Roux Basson, Renna Saul, Diago Joubert,

Pieter Bruwer, Jo-Mari Gal, Stephan Laing, Mark Poggenpoel, MJ Möller en Anieka Möller. Lee Smith,

Anette Bruwer en Lise Bruwer was ook wenners.

27

28

Kersfees is hier! Saam met Trippe Trappe

Dis met groot opwinding wat al die kleintjies van Trippe Trappe Kleuterskool die jaar 2014 afgesluit het met ‘n wonderlike Kersfees konsert. Dansende kabouterjies en feetjies, takbokkies, kaapse klopsies en sterretjies het saam met Kersvader almal welkom geheet en die aand wonderlik afgesluit met die verhaal van Jesus se ge-boorte, en saam die grootste geskenk wat mensdom nog kon kry, herdenk. Dankie aan al die ouers, personeel en borge vir u hulp en ondersteuning. Dit was voorwaar ‘n genotvolle aand. Baie geluk aan al die seniors met hul gradeplegtigheid. Hierdie jong leerdertjies skakel almal in by ‘n Gr R-klas gedurende 2015. Dit is dan ook met groot hartseer dat Trippe Trappe moes afskeid neem van ‘n getroue hulp, Leah de Wee, wat op pensioen gegaan het. Leah het saam met Juffrou Ester Anthonissen by die skooltjie begin en was vir 18 jaar haar getroue regterhand. Trippe Trappe sal jou voor-waar baie mis en alle voorspoed en God’s rykste seën word vir haar en haar eggenoot toegewens. Augusta de Wee, Leah se dogter, is aangestel as een van die nuwe assistente.

Laurette Burger, Leah de Wes en Leandra Loubser.

Foto’s: Nadine de Waal

29

Graad R(1) en klasopvoeder Gerty Esau.

Graad R(2) en klasopvoeder Marianna Fortuin.

Graad R(3) en klasopvoeder Elmarie Abrahams en

klasassistent, Danthea Whitlow.

Graad R(4) en klasopvoeder Eloise Julius en klas-assistent, Leilani Swarts.

Graad R(5) en klasopvoeder Lynette Williams en klasassistent, McKyllin Donkerman.

Foto’s: Danthea Whitlow

Nuwe Opvoeder Steynville Primêr verwel-kom ‘n nuwe opvoeder by

Graad 6, Astrinita Eras-mus. Sy het verlede jaar

haar studies by CPUT Wellington voltooi en

betree nou haar eerste jaar in die onderwys. Foto: Elzanne Boshoff

Sien Goedverwacht Akademie se berig –Red

Steynville Leerders begin hul skoollooopbaan

King na WP

Akademie Johan King het pas aangesluit by die WP Akade-mie in Tokai vir sy ma-triekjaar. As voormalige leerder aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad en vir 'n kort rukkie Glenwood High in Durban, het Johan verskeie sport geleenthede aange-gryp. Hoewel hy ook in hok-kie en krieket uitgeblink het, is rugby sy groot liefde en het hy hom meestal daarop toegespits. Hy het oa deelgeneem aan toernooie soos die Tony Stoops, die Remax, Cravenweek en ook die Kersney Festival. Johan se ouers, Andy en Riekie, woon vir die afgelope drie jaar op Piketberg.

Foto verskaf

PHS Kleure Atletiek Vrydag

30 Januarie PHS sportgronde

30

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

31

Boland SUPERSPAR Jaareindfunksie

LUNCH BAR CAMPMASTER TRAILER WENNER

Baie geluk aan Elna Laas, sy is die wenner van die Lunch Bar Campmaster trailer kompetisie.

Marlene Visagie (Vloer splanleier) oorhandig die groot prys aan haar. By hulle is een van die

erfgename, André Coetzee.

NUWE SUSHI MENU BY SUPERSPAR Boland

Boland Superspar het by die jaareindfunksie vir die personeel ‘n paar toekennings uitgegee na ‘n jaar

van harde werk. Mary de Wee is aangewys as Span-lid van die Jaar. Janine Monk het die toekenning

ontvang vir die beste vordering en Mervern Dietrich het die Staatmaker toekenning ontvang. Marietjie

Pedro, Anita le Fleur en Francina Adams het 25 jaar langdienstoekenning ontvang. Dean Jankielsohn oor-handig die toekennings aan die betrokke personeel.

Onthou elke Dinsdag is Pensioendag by Boland Superspar!

32

Boland Superspar Laataand Kersinkopies!

Baie geluk aan die wenners van die Kersvader Inkleurkompetisie. Op 19 Desember

het Boland Superspar ‘n laataand inkopie Karnaval gehou. Die winkel was tot 22:00

oop vir kliënte. Nesquik mannetjie het ook kom inloer om die pryse te oorhandig.

Foto’s met Kersvader is beskikbaar by Kiekies en Meer.

Aan al ons studente wat ‘n nuwe skooljaar begin asook die kleintjies wat hulle eerste

skooljaar begin, ons wens julle al die beste vir die jaar!

Onderwysers, ons dink ook aan julle—sterkte met die jaar!

Groete Boland Superspar personeel

Back to School Lunch Box Idea


Recommended