+ All Categories
Home > Documents > 15 May 2015

15 May 2015

Date post: 22-Jul-2016
Category:
Upload: kosmosnuus-cosmos-news
View: 246 times
Download: 19 times
Share this document with a friend
Description:
All the local news for the week of 15 May 2015
12

Click here to load reader

Transcript
Page 1: 15 May 2015

308

15 Mei/May 20156

STANDERTON - Answers from the Mayor of the Lekwa Local Municipality, Cllr Caro-line Morajane, shows that she is either mis-informed, or she is lying to the community concerning blood running into the Vaal River.

In the Lekwa Gazette (Edition 2) the Mayor states that this incident, which was reported on by all the newspapers in Stan derton, was a “once-off incident.”

Since reports surfaced in February of blood running into the Vaal River, several photo’s and video material proved otherwise.

In February a documentary made by con-cerned residents showed that blood and sew-age still continually runs into the Vaal River.

On the 1st of May, a news team of eNuus also reported on the state of the Vaal River showing, on film, that there is blood and sew-age flowing into the river.

Visit Cosmos News’ Facebook page Face-book.com/kosmosnuusnou or search on You-Tube for the video called TURD (The Ulti-mate Raw Deal).

The Municipality have been using the ‘once-off incident’-excuse since 2009 when the Spokesperson of the Municipality, Mr Sipho Mkhwanazi, claimed that the sewage into the Vaal is “only a once-off incident.”

The Mayor’s attempt to rubbish off claims by four different media sources who captured blood flowing into the river should be ques-tioned.

Either she is being misinformed or she is misleading the public.

Due to the latter and to questions that are not being answered by the Municipality, they were not asked for a reply.

Mayor’s bloody lies ...

A pump station at the TLC-Section in Sakhile, Standerton, where four different media sources have captured blood flowing into the Vaal River after the Mayor claimed it to be a “once-off incident.”

Page 2: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 2 Kosmosnuus / Cosmos News

Adres / Address:H/v Beyers Naudé en KrugerstraatC/o Beyers Naudé & Kruger Street

E-pos/E-mail:[email protected]

Kantoor/Office: 017 712 6165Sel/Cell: 076 411 2028Faks/Fax: 017 712 1708

Redakteur/Editor: Teresa Odendaal - 082 417 0171 [email protected]

Sub-redakteur / Sub editorLouis Jansen van Rensburg - 082 308 4482 [email protected]

Admin/Finansies HoofCarla Goosen017 712 6165 [email protected]

Joernaliste / Reporters:Jannie Degenaar- 082 608 7219 JD [email protected] Maretlane - 071 715 2793 DM [email protected] Kruger - 082 824 7188 [email protected]

Bemarking/Marketing: Teresa Odendaal - 082 417 [email protected] Goosen - 017 712 [email protected]

Geklassifiseerde ads/ Classified ads Geraldine Botes - 017 712 6165 [email protected]

Grafiese Ontwerpers/ Grapic Designers: Riana De Beer - [email protected] Goosen - [email protected]

Sosiale Media/ Social Media: Hannes van Oudtshoorn

Reg no: 2009/019454/23

Al le mater iaal wat in die Kosmosnuus geplaas word, het-sy d i t redaks ioneel , advertens ies , u i t leg , foto ’s , i l lustra -sies, ens. is, bly die uitsluitlike eiendom van die Kosmosnuus.Skriftel ike toestemming moet verkry word indien enige af-skr i f o f kop ie daar van gemaak wi l word . Posbus 4202, Standerton 2430 of skakel Teresa Odendaal by 082 417 0171.Foute moet voor die volgende publikasie aangemeld word. Geen verantwoordelikheid vir foute op telefoniese advertensies word aanvaar nie. Geen herdruk van advertensies a.g.v. tipografiese foute, wat nie die waarde verminder nie. Indien ‘n advertensie opgestel word, en nie aanvaar word nie, sal daar ‘n heffing van 30% wees. Kosmosnuus word weekliks deur Paarl Coldset gedruk.

KOPIEREGWAARSKUWING:

Cosmos News is printed by Paarl Coldset.Cosmos News is also BEE verified and ABC certified.

Bankbesonderhede:Banking details: Standard Bank, Cosmos NewsRek/Acc no: 330 230 042Takkode/Branch code: 05 2943 44

STANDERTON - ‘n Plaaslike selfoonhandelaar se winkel het wéér onder gewapende boewe op Donderdag, 7 Mei, deurgeloop. Twee on-bekende mans het die winkel met valse voorwendsels binnegegaan.

Terwyl die mans besig was om selfone en kontant by die personeel te eis, het ‘n polisievoertuig voor die winkel gestop.

‘n Derde persoon, wat vermoedelik die wegkom-motor bestuur het, het die twee in die winkel gewaarsku waarna al drie op die vlug geslaan het. Niemand is in die aanval beseer nie en net ‘n klein hoeveelheid kontant is geroof. Die polisie is steeds besig met ‘n ondersoek. JD

STANDERTON -The driver of a van narrowly escaped death last week Wednesday when a car crashed into his vehicle as he was driving along Nelson Mandela Drive in Meyerville. According to an eyewitness, a car travelling at a high speed failed to stop at an intersection and smashed into the driver’s side of the van sending it flying into the air before it landed on the side of the road with the canopy flung 10 meters from point of impact.

The driver of the van sustained minor injuries while his passenger did not suffer any injuries at all. The driver of the van was trapped inside the vehicle behind the steering wheel, but was rescued from the wreckage by other motorists. Both vehicles were damaged beyond repair. DM

Selfoonwinkel wéér teiken

Personeel van ‘n plaaslike selfoonwinkel oomblikke na ‘n onsuk-sesvolle rooftog word deur speurders en polisie beamptes ondervra. Slegs ‘n klein hoeveelheid kontant is gebuit en drie rowers het op die vlug geslaan nadat ‘n polisie voertuig voor die winkel gestop het.

Driver escapes death

This vehicle alledgedly skipped a red traffic light and smashed into a van last week.

STANDERTON - The Standerton Police was summoned to a crime scene on the Johan-nesburg road during the early morning hours of Monday, 4 May.

While they were busy on the scene, a suspi-cious truck was observed and police officers pulled the truck over.

When the truck came to a stop, the suspects jumped out and fled the scene.

When the police opened the back of the truck, they found that it was stacked with steel rail-way rails as well as gas cylinders and gas cutting equipment, all neatly packed and tied down.

It is suspected that the cargo was destined for Gauteng.

As the case is still under investigation, no further information could be disclosed. JD

Double success for Police

A truck stacked with steel railway rails together with gas cylinders and gas cutting equipment was recovered by the Standerton police early Monday morning. Should anybody have any information on the whereabouts of the suspects or have any information regarding the theft, they are urged to contact Lieutenant Fanie Nhlabathi at the Standerton police station or to call him on 017 719 1250 or 078 583 0371.

Page 3: 15 May 2015

3 15 Mei/May 2015 Kosmosnuus / Cosmos News

STANDERTON - Standerton Police arrested two suspects in the early morning hours of Mon-day, 4 May, in the act of stealing items from a Roadcrete construc-tion site. According to Lt Fanie Nhlabathi, Spokesperson for the SAPS, the security guards on site were overpowered and tied up where after the culprits started re-moving tyres from graders.

An unknown person saw the activities on the site and in-formed the police, who rushed to the scene. One suspect is still at large. Some of the items

reco vered included seven grader wheels, seven 44 gallon drums filled with diesel, three compac-tors, a microwave oven, a wash-ing machine, fridge and several jacks that were used to lift the graders to remove the tyres.

This is not the first time that this specific site was targeted. Lt Nhlabathi urges anyone who may have any more informa-tion on this incident or know the whereabouts of the third suspect, to contact him at the Standerton police station or to phone him on 078 583 0371. JD

Police nab perpetrators

Seven wheels were already loaded on this truck which was used to transport looted items. Seven 44-gallon drums filled with diesel, three compactors and several other items where recovered due to the quick response of the Standerton Police. The truck was also confiscated and the case is still under investigation.

DA-kragpetisie slaan raakSTANDERTON - Wat nou in Standerton gebeur is net weer ‘n bewys dat ons nooit moet glo dat die stryd ver-lore is of dat die uitdagings te groot is nie.

Die volgehoue druk wat die DA en die gemeenskap van Stan derton uitgeoefen het, het tot gevolg gehad dat die Lekwa Munisipaliteit amper R52 miljoen vanaf De-sember 2014 tot einde Maart 2015 aan Eskom oorbetaal het. Die besluit wat deur die Raad, op aandrang van die DA aanvaar is, dat alle gelde vir kragverbruik aan Es-kom oorbetaal moet word, sal hopelik tot gevolg hê dat Standerton, wat een van die 20 dorpe is wat geklassifi-

seer is as die swakste betalers aan Eskom, nie meer ge-penaliseer sal word met addisionele beurtkrag nie.

Die DA se ‘Betaal Eskom Direk’ -petisie wat deur duisende inwoners geteken is, het beslis die gewensde resultaat gehad, tot so ‘n mate dat Eskom se nuwe uit-voerende hoof nou die gedagte ondersteun.

Die DA Raadslede sal maandeliks kontroleer om te sien of daar by die raadsbesluit gehou word en indien nie, sal daar daadwerklik opgetree word en sal daar nie gehuiwer word om ‘n klasaksie teen die Raad in te stel nie.

Voertuig bars deur omheinings

Hierdie Toyota Fortuner het omstreeks 16:15 Maandag, 11 Mei, deur twee woonhuise se grensmure gebars nadat dit vermoedelik eers in ‘n taxi vasgery het. Geringe beserings is opgedoen maar groot skade is aan die voertuig en die betonmure aangerig. Volgens een van die grondeienaars is dit nie die eerste keer dat ‘n voertuig deur díé omheining jaag nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Page 4: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 4 Kosmosnuus / Cosmos News

“Ouderdom is ‘n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.” Spr. 16:31Hoewel ons almal byna daagliks die geleentheid kry om buitengewone dinge vir ander te doen, kies ons te selde hierdie opsie. Ons ken die verskonings: “Ek het nie tyd nie”, “ek weet nie hoe nie” of sommer “ek sien nie kans nie”. Tog is daar in elke gemeenskap mans en vroue wat verby hierdie verskonings kyk en as gewone mense buitengewone liefdesdiens aan ander lewer.

Helpende Hand, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, wil hierdie helde en heldinne (bo die ouderdom van 60 jaar) vereer. As hierdie beskrywing jou of iemand wat jy ken soos ’n handskoen pas, is dit nou jou kans om vir die Silwerkroon-toekenning 2015 in te skryf of jou helde-vriend te nomineer. Deur hierdie toekenning wil Helpende Hand erkenning gee aan gewone mense wat gedurende die afgelope vyf jaar hul medemens of gemeenskap versterk het deur diens in areas soos die jeug en opleiding, ekonomiese geleenthede, werkskepping, voedselverbouing en -voorsiening, noodbystand en menseregte. Hierdie buitengewone diens deur ’n gewone mens met ’n brandende jong gees verdien om erken te word!

Dit werk so! Mense bo 60 kan hulself vir die toekenning inskryf of deur lede van die publiek genomineer word. So ’n persoon se

onbaatsugtige dade kan enige iets behels: van ’n projek wat hulle geloods het om ander help; ’n persoon wat ʼn aktiewe verskil in sy of haar kerklike gemeenskap maak; of selfs iemand wat mense in nood bystaan, soos diegene rondry wat self nie meer kan nie. (Geen diens is te groot of te klein nie.)

Inskrywings sal deur ’n paneel oorweeg word, waarna die top vyf finaliste aangewys sal word. Die foto’s en stories van elke finalis sal in Juig! En ander media geplaas word en die publiek sal per SMS vir hul gunsteling finalis kan stem. Te danke aan verskeie borge is daar groot pryse op die spel, onder andere ʼn vakansie vir vier en ’’n kontantprys.

Die Silwerkroon-toekenning word gegee aan ’n persoon wat:· 60 jaar of ouer is (deelnemers moes reeds

minstens 60 jaar oud gewees het ten tyde van die buitengewone diens);· gedurende die afgelope vyf jaar ander

in hul gemeenskap versterk en ondersteun, eenmalig of voortdurend;· werklik ʼn helpende hand in hul

gemeenskap is.Inskrywingsvorms beskikbaar by: René du

Preez. Stuur asseblief u aansoek teen 31 Mei 2015 terug na faks: 086 218 3216 (aandag René) of e-pos: [email protected]. Vir enige ander navrae skakel 012 644 4390.

(Alisha de Lange, Streeksorganiseerder: Mpumalanga)

Moenie bang wees om foute te maak nie. Jy sal nooit sukses behaal sonder om foute te maak nie en waarskynlik baie daarvan ook. In plaas daarvan om foute toe te laat om jou sleg en skuldig te laat voel, moet jy sorg dat hulle jou onderwyser word.

Jy moet altyd onthou dat die feit dat jy ‘n fout gemaak het, nie beteken jy is ‘n fout nie. Leer om jou “wie” te skei van jou “doen”. Om foute te maak is iets wat ons menslike wesens doen, maar ons is steeds God se kinders en Hy het ‘n goeie plan vir ons lewens. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. (Filippense 4:13)

Helpende Hand se Silwerkroon-toekenning 2015

Moenie bang wees om foute te maak nie

Totsiens Sarie

Sarie Hattingh, een van Kosmosnuus se bemarkers, verlaat die koerant en alle voorspoed word haar toegewens op haar pad vorentoe.

Anniversary celebration

Mr BS Ndlovu (73) and his wife Ms NP Ndlovu (71) of Sakhile, were treated like royals by the Assembly Of God Church in Sakhile on Sunday when they celebrated their 50th wedding anniversary. The congregation, led by Pastor Gumbi, were told that love, respect and tolerance helped the couple to sustain their love.

Page 5: 15 May 2015

5 15 Mei/May 2015 Kosmosnuus / Cosmos News

Soliede stukke vet is uit die rioolpyp deur werknemers van Lekwa munisipaliteit gehaal. Volgens wat van hulle afgelei word is hierdie nie die eerste keer dat dit gebeur nie en vind ook in die dorp by ‘n ander hoender wegneemete konsessie plaas. Teen druktyd was die spesifieke pyp reeds wéér tweekeer verstop gewees

The Standerton CANSA Committee had their meeting on Monday 11 May. This group of volunteers started planning the 2015 Relay for Life that will take place on the grounds of Hoërskool Standerton on 31 October. Mr André du Plessis, the Chairperson of CANSA Standerton, invites everyone who would like to pledge their support and people suffering or recovering from cancer to contact him on 082 548 2432. The Secretary, Ms Susan van den Heever, can also be contacted on 076 9088 665 should you have any queries or render them help.

Die groot ou boom voor die poskantoor het Dinsdagoggend ‘n tak verloor weens ouderdom. Mnr Meschack Tshabalala het gesê hy het so 06:30 dié kolossale tak begin opsaag nadat hy dit in die pad gekry het. Tshabalala werk nie vir die munisipaliteit nie, maar was darem bly om ‘n paar stukkies hout vir die winter bymekaar te kon maak.

STANDERTON - Toe personeel van TWK Toyota Donderdagoggend 7 Mei by hul werksplek opdaag, het hulle besef dat dit ‘n dag vol strooi gaan wees. Gedeeltes van die werkswinkel en die ontvangsarea waar klante hul voertuie vir versiening moet afgee, was letterlik enkeldiep in rou riool en die stank was ondraaglik.

Daar is inderhaas ‘n ander gedeelte in die werkswinkel ingeruim om rooigesig klante te ontvang. TWK Toyota bied dan ook hiermee hul opregte verskoning aan hul klante wat op so ‘n manier begroet moes word en verseker almal dat die probleem dadelik aangespreek is.

Werkers van Lekwa munisipaliteit was kort daarna op die toneel om die probleem op te spoor en dit het gou aan die lig gekom dat ‘n plaaslike hoender wegneemete konsessie die sondebok mag wees.

Die rioolpype is verstop deur vet wat in die pype beland en dan stol. Met die koue weer wat Standerton die laaste tyd beleef het, verstop die vet die pype baie vinniger en makliker as in die somer.

Volgens ‘n woordvoerder van TWK is dit ook nie die eerste keer wat dit gebeur nie en selfs ‘n naburige bandewinkel loop telkemale deur. JD

Verstopte rioolpyp kelder besigheid

Tak vat pad

CANSA plans Relay for Life

Page 6: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 6 Kosmosnuus / Cosmos News

NASIONAAL - AfriForum wens Afrikaans geluk met die taal se 90ste bestaansjaar as amptelike taal, met erkenning aan almal wat ‘n rol gespeel het om te verseker dat dit daardie status bereik en maar een van net vier tale was wat in die twintigste eeu hoëfunksie-status bereik het.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het beklemtoon dat die besluit om Afrikaans in 1925 tot amptelike taal te ver-klaar, destyds nie deur alle Suid-Afrikaners of selfs alle Afrikaanssprekendes verwelkom is nie. ʼn Groep toegewyde mense het die teen-stand egter geïgnoreer en deur toewyding en opoffering hierdie mylpale bereik om onder meer aan die taal se sprekers al die voordele van studie in moedertaal te bied.

Bailey het genoem dat Afrikaans vandag weer op hoëfunksie en amptelike vlak onder druk verkeer. Sy het egter bygevoeg dat die feite nie Afrikaanssprekendes tot moede-loosheid moet stem nie. “Die taal het deur die jare al dikwels soortgelyke teenstand oorkom omdat die sprekers aanhou werk het vir die bevordering en beskerming daarvan. Die toekoms van Afrikaans lê in die hande van haar sprekers. Dit is ons plig om nie te swig voor die mite dat Engelse onderrig leer-linge akademies beter toerus vir ʼn loopbaan nie. Ons moet bewus wees van ons taalregte, dit met waardigheid opeis, aanhou skep in die taal en Afrikaanse onderriginstellings, be-sighede en produkte ondersteun,” het sy gesê.

Talle veldtogte van AfriForum ondersteun hierdie beginsels, byvoorbeeld die SLIM-veldtog ter bevordering van moedertaalon-derrig, ‘AfriForum Afrikaans-Vriendelik’, ‘n

nuwe projek wat Afrikaanse sakeonderne-mings ondersteun, asook regsaksies ter beskerming van Afrikaans in onderrig en openbare instellings.

AfriForum Jeug het ook Afrikaans se 90ste bestaansjaar gevier deur op sewe universi-teitskampusse regoor die land groen ballonne in die lug op te stuur. Elke kampus het 90 ballonne gelyktydig om 12 uur losgelaat ter herdenking van 8 Mei 1925, toe Afrikaans deur die parlement as amptelike landstaal van Suid-Afrika erken is.

“Ons is bly dat studente van Tukkies, Ma-ties, Pukke, Kovsies en Grootfontein-land-boukollege saam met ons hierdie geskiedkun-dige mylpaal kan vier. Afrikaanse studente voel sterk oor hul taal en ons sal aanhou veg vir moedertaalonderrig in skole en universi-teite in Suid-Afrika,” sê Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Afrikaans as onderrigtaal word al hoe meer bedreig.

Dit word ‘n norm by talle universiteite om sommige kursusse uitsluitlik in Engels aan te bied, ondanks die groot aanvraag van Afri-kaanse studente om in Afrikaans te stu-deer. AfriForum Jeug wil universiteite, asook uitgewers van akademiese boeke en handlei-dings, motiveer om aan te hou om in Afri-kaans klas aan te bied en boeke te publiseer sodat die taal verder kan uitbrei en ontwikkel.

Du Randt sê verder dat die Jeug trots is op Afrikaans wat oor die jare volwaardig tot ’n wêreldklastaal ontwikkel het. Afrikaans is een van net vier tale wat in die vorige eeu suksesvol in alle taalfunksies ontwikkel het. JD

Afrikaans vier 90ste bestaansjaar

AfriForum Jeug het Afrikaans se negentigste bestaansjaar op sewe kampusse gevier deur om op 8 Mei, presies om 12 uur, 90 groen balonne gelyktydig los te laat. Afrikaans is een van net vier tale wat in die vorige eeu suksesvol in alle taalfunksies ontwikkel het.

Die verlede eis nog steeds sy tol

My taal die word nie meer gepraat nie. Ek hoor haar klank nie meer op straat nie.

Sy word aan bande gelê, dis seker oor die skandes van haar sprekers. My hart het in my taal groot geword. Daarsonder skiet my gevoel te kort.

My leed en hoop in klank vervat die melodie van haar woordeskat.En as ek droom, dan droom ek in my taal.

En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat, dan praat ek in my taal. Hy verstaan.

Die verlede eis nog steeds sy tol. Hande met die bloed van onskuld vol.

As die toekoms breek onthul die Oostergloor die nag van vereffening het dalk. ‘n Taal vermoor.

As heel die wêreld een taal praat. Tot net een uitdrukking in staat.

Die klank en kleur van elke mens deur die eggo van n enkele lied begrens.Dan sal ek droom en dan droom ek in my taal.

En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat, dan praat ek in my taal. Hy verstaan.

Ja, Hy verstaan.En wanneer ons nie meer kan praat nie.

En gesprek nie meer by spraak kan baat nie. Dan sien ek in jou oë die taal wat al wat ‘n mens is kan verstaan.

Dan sal ek droom en dan droom ek in my taal. En as ek saans voor ek gaan slaap met my God praat dan praat ek in my taal.

Hy verstaan.Ja, Hy verstaan.

Hy verstaan.Ja, Hy verstaan.

Hy verstaan.Ja, Hy verstaan.

Lirieke: Taal van die liefde deur Chris Chameleon van die CD: Kyk Hoe Lyk Ons Nou

Page 7: 15 May 2015

7 15 Mei/May 2015 Kosmosnuus / Cosmos News

NASIONAAL - Elke dorp het daardie één bakker. Elkeen van ons beweer dat hy al die stroperigste, krakerigste en lek-kerste koeksister geëet het. Binnekort sal al dié twyfel en bespiegeling iets van die verlede wees, want Solidariteit Hel-pende Hand het die soektog na Suid-Afrika se lekkerste koek-sister afgeskop.

Dié organisasie, met sy meer as 120 takke, het vandeesweek die kompetisie genaamd Stoofstories: Dié Koeksister Kompe-tisie, van stapel gestuur en nooi nou die bobaas-bakkers van regoor die land uit om vir dié kompetisie in te skryf.

Volgens Anél du Preez, projekbestuurder van Helpende Hand, is die doel van hierdie projek om nie net die lekkerste

koeksister te bekroon nie, maar om ook die wenresep as deel van ’n werkskeppingsprojek te benut waarby die bakker en behoeftiges sal baat. “Koeksisters vorm ’n belangrike deel van ons Suid-Afrikaanse kultuur en is as’t ware met ons harte vervleg.

As mens dink aan eg Suid-Afrikaanse kookkuns is koeksis-ters beslis een van die eerste dinge waaraan jy dink. Watter beter manier om dan die tradisie te vier as met hierdie kom-petisie? Daarom soek ons nou na die koeksister wat jou tong verras en die tong laat klap van lekkerte,” verduidelik Du Preez.

Stoofstories is ook op soek na die stories agter die koeksis-

ter en verhale, staaltjies en selfs gerugte oor koeksisters word ingewag. “Daar is talle stories oor koeksisters – die manier waarop die geheime resep behoue gebly het, hoe die resep die Groot Trek oorleef het, of hoe die resep ontdek is – en dié stories moet vertel word,” sê Du Preez.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 31 Mei waarna streeksuitdunrondtes regoor Suid-Afrika gehou sal word. Die finaal sal in September in Pretoria aangebied word. Vir meer inligting oor die kompetisie, reëls en om in te skryf, besoek www.stoofstories.co.za. Navrae kan ook gerig word aan Anél du Preez, Solidariteit Helpende Hand se projekbestuurder (012 644 4390). JD

Wie bak die lekkerste koeksisters

Die munisipaliteit se oplossing vir die waterlek naby Kosmos Aftree-oord lyk na water met ‘n mandjie aandra. Hierdie gebarste pyp word weekliks gerapporteer, maar daar is na meer as ‘n jaar nog geen aanduiding van ‘n oplossing nie. Verskonings wat die munisipaliteit aanbied vir die watertekorte in die dorp die afgelope naweek in Standerton en tonele soos dié laat meer vrae as antwoorde agter.

Gat vol verskonings

Kasselman Veiligheidsdienste het dit op hulself geneem om op Vrydag, 8 Maart, self ‘n slaggat-gevulde gedeelte van Caledonstraat te herstel. Volgens Jandré Kasselman moes hulle telkemaal deur die slaggate ry om by hul kantore uit te kom en genoeg is nou genoeg. Die herstelwerk is deur motoriste verwelkom.

Kas laat as pas CPF workshop welcomed

Members of CPF and Officials from Dept of Safety, Security and Liaison during the workshop.

Page 8: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 8 Kosmosnuus / Cosmos News

SPERTYDDEADLINE

Neem asb kennis: Alle geklassifiseerde advertensies moet asb per faks, per e-pos of per hand gelewer word. Geen telefo-niese advertensies word geplaas nie. Die spertyd vir geklassifi-seerde advertensies is Maandae 14:00.GEEN ADVERTEN-SIE SAL GEPLAAS WORD SONDER BETALING NIE! _______________Please take note: All classified adverts must be submitted by fax, e-mail or by hand. No telephonic adverts will be published. The deadline for classified adverts are Mondays 14:00.NO ADVERTISE-MENT WILL BE PLACED WITH-OUT PAYMENT!

HUIS & HAARDHOME

IMPROVEMENTSBella Blinds. Vene-tian, aluminium & wood blinds, 25 mm and 50 mm, all your inside window re-quirements. Re pairs to all blinds. Phone Bella, 072 390 7490 or 017 714 1262. Fax 086 615 9985.

DIENSTESERVICES

Grasdakke, lapa’s en swembaddens. Oprigting van nuwe lapa’s, herstelwerk van lapa’s. Ons bou ook swembaddens. 6x4 swembad + 6x4 lapa, met ingeboude braai - R45 000. 8x4 swembad + 6x4 lapa, met ingeboude braai - R54 000. 5x3 swem-bad + 4x3 lapa, met ingeboude braai - R35 000. Vir ‘n kwotasie skakel George 083 573 5324/ 082 538 5726.

_______________Is u veilig? Ska-kel Mac 083 363 9044 vir diefwering, ve i l ighe idshekke , Spaanse rootyster, 10 mm en 12 mm ge-draaide vierkantyster en algemene klein werkies.

_______________Hidro Kleen. Skoon-maak van matte, los matte, blinders, sit-stelle en hardevloere. Diepreiniging van huise. Valet van voer-tuie. Skakel ons vir spesiale aanbiedinge. Tel: 017 712 2499. Sel: 082 406 3190 / 084 299 3654.

_______________ABC driving school. S p e c i a l i s i n g i n code 8, 10, 14. Pre-employment asses-ment for employ-ment purposes. All areas. Phone 082 939 8136 / 082 260 3093. ________________AM Cooling her-stel en installeer van: Yskaste, vrieskaste, koelkamers, vrieska-mers, lugreëlings, in-dustriële wasmasjiene, tuimeldroërs, en skot-telgoedwasmasjiene. Verkoop ys - Troues en Partytjies. Skakel Martin 081 529 7150 Susan 082 052 3348.

________________Mr. Sound for all your car sound, DSTV and home theatre instal-lations, including TV and radio repairs. Shop 1, Toristo Cen-tre, Beuers Naudé St, Standerton, 017 712 3642 or 082 799 4276.

TE HUURTO LET

1 Slaapkamer woon-stel te huur met motor staanplek en vooraf betaalbare kragmeter @ R2500 pm + de-posito. Onmiddelik beskikbaar. Skakel 084 063 6569/ 073 760 5350/ 082 224 6278.

________________Flat to rent with 2 bedrooms, 1 bathroom, open plan kitchen, double carport, moni-tored alarm system and basic garden ser-vice included. R5300 pm + R5300 deposit. Available 1 July 2015. Phone 083 253 5714.

________________Enkel woonstel te huur in Coligny straat Standerton. R2000 per maand. Nie rokers kry voorkeur. Skakel Dina 076 642 6417.

PLAAGBEHEERPEST CONTROL

Willie’s Pest Solu-tions, Standerton. Registered - P 33234. Insect control, cock-roaches, ants, lice, weed and rat control, termites and founda-tion treatment. Phone Willie 083 458 7564. Fax 086 662 3612 / 017 714 0834.

MOTORDIENSTEMOTORING

Standerton Brake & Clutch. New and reconditioned clutch kits. Reconditioning of truck & tractor pres-sure plates. New brake drums and discs or yours machined while you wait. Cnr Prin-cess & Coligny Street, Standerton, Phone 017 712 6491.

_______________JF Auto Interior, Standerton.Uphol-stery, automotive, fur-niture, canvas covers, roof linings and car-pets. For more infor-mation phone Jacques 072 117 0389 or Fran-cois 072 543 5938.

AKKOMMODASIEACCOMMODATION

Standerton accom-modation - We of-fer en-suite bedrooms with DSTV, parking and laundry service. Most suitable for in-dividuals and con-tractors. Clean, neat and cost effective. Phone Makhosi 072 572 9157 / 082 554 2822.

________________La’vie Gastehuis is geleë in die dorp, loopafstand na Stan-derton Hospitaal en El Condor Spur. Ons bied spesiale tariewe vir langtermyn gaste. Keuse tussen selfsorg eenhede of ontbyt, aandete en kospakkies op versoek. Skakel gerus vandag nog. Millanie 072 879 6309.

VERGADERINGSMEETINGS

Notice is hereby gi-ven that the Annual General Meeting of Standerton Muslim Institute & Jamaat will be held on Friday, the 22 May 2015, at the Madressa Hall, 20h00 (after Esha Sa-laah). Opening, ac-ceptance of previous minutes, chairman’s report, secretaries report, financial re-ports, amendments to the constitution if any (under article 8), general, election of officials for the chief committee, clo-sure. Members of the community are kindly requested to attend. I Shahzada Secretary (SMIJ).

ALGEMEENGENERAL

Annique. Skoonheid en gesondheid (Rooi-bos produkte). Vel-sorg, babareeks, kruie tee, gesondheid ens. Skakel Elma Prinsloo 083 355 5875.

_______________Rubber Coat ing Solutions: Lek of roes jou dak? “RUB-BERISE” hom! Wa-ter-en-roesdigtheid op verkeidenheid van oppervlaktes gewaar-borg. NUUT: Wa-terdig jou huis mure met “RUBBER” verf. Beskikbaar in groot verkeidenheid kleure. Skakel George Foley 082 646 3630.

_______________Kontoere: Vir die uitmeet van kontoere skakel Joggie Viljoen by 078 152 5258 of 083 273 2861.

_______________Wol, wol en nog wol by Lilia’J. Ja ons wol voorraad is aan-gevul. Kom besoek ons gerus vir nog vele meer. Skakel 017 719 2848 of 017 712 2921.

MEUBELVERVOERFURNITURE REMOVAL

Klopper Meubelver-voer. Groot en klein meubelvragmotors beskikbaar vir enige meubelvervoer. Eie-naartoesig en drywer met vriendelike diens. Skakel Conrad Klop-per - 082 774 6952. [email protected].

VERMAAK ENTERTAINMENT

Royal Kids Parties, Standerton. Your one stop party shop. All party accessories, bal-loons, decor, castles, tents, gazebo’s, pina-ta’s. Jumping castles R250. We deliver in Standerton. Phone San-ta 082 331 0036.

VAKATURE GESOEKVACANCIES WANTED

Vakature vir ad-ministrasie persoon by verseker ings - makelaar. Verkieslik iemand wat kennis of agtergrond van die be-dryf het en tenmin-ste Gr 12. Rekenaar vaardigheid is ver-pligtend. Skakel 017 714 1997 of 082 325 5428.

_______________Debtors Clerk with experience and must be computer literate.Sales person - for furniture and clothing department.Sales lady - for fur-niture and clothing department.Driver - with experi-ence. Apply imme-diately. Phone Solly on 071 712 2308 or 017 712 2381.

TE KOOPFOR SALE

Honda crf 230f 2012 (off-road/enduro) ex-cellent and pristine condition. Only driven sometimes over week-ends. R25 000 Stand-erton Phone Johan - 083 567 8189.

_______________Honda crf 230f puik toestand (veldfiets/en-duro). Slegs soms oor naweke gery. R25 000 Standerton. Skakel Johan- 083 567 8189.

WENDY HUISEWENDY HOUSES

Awesome Wendys. We do Wendy houses at a very low price. Log cabin, knotty pine and pallet wood. Prices for pallet wood 2 m x 2 m - R 3000, 3 m x 3 m - R 3500, 3 m x 4 m - R 4200. We move Wendy houses from point A to B. 5 Years guaran-tee. Phone Sam 073 091 6680.

AB Wendys. Provides quality Wendys at cheap prices. Wendys made of pallet wood, knotty pine and log cabins. 10 years guar-antee. Prices for pallet wood: 2m x 2m - R3 000, 3m x 3m - R3 600, 3m x 4m - R4 200. For more infor-mation phone Erick 073 650 0108.

_______________AB City Wendys/ Huts. Quality Wen-dys. 2 x 2, 3 x 3, 3 x 4, 3 x 6, 4 x 4. Big size’s available. Pallet wood, Knotty pine, log cabins and steel huts. We also shift Wendys. Phone Jo-hannes 078 465 9357.

AAA Louvra Wen-dys. Factory qual-ity treated Wendys against termites and is waterproof. 2m x 2m - R2 800, 3m x 3m - R3 700, 3m x 4m - R4 300. Free delivery and instal-lation in Standerton. 5 Years guarantee. Phone Mike 072 329 5842.

ABR Wendys. 3 x 3 - R3 900, 3 x 4 - R4 500. We do pallet wood, knotty pine and log cabins. We offer a 5 year guarantee. Phone 071 062 4912.

HUIS & HAARDHOME

IMPROVEMENTSPhilri Blinds & Aw-nings. We do all kinds of blinds, inside and outside. We do Ve-netian, aluminium, wood blinds, vertical, bamboo & awnings at affordable prices. We also repair blinds. Phone Rika 072 372 4191. Fax 086 639 4844.

TE KOOPFOR SALE

Opregte Doberman hondjies. 2 Swart reuntjies - R2500 elk. 2 Swart tefies - R2500 elk. 2 Bruin Hondjies - R5000. Skakel Zanli -082 798 3390.

WENDY HUISEWENDY HOUSES

AAA Alpha Wen-dys. Quality Wendys, proffessionally done. Treated for termites and waterproof. We do all types of wood. Free delivery and installation. Pallet wood price: 3m x 3m - R3700, 3m x 4m - R 4400, 2m x 2m - R 3200. Nick 072 410 3547.

DIENSTESERVICES

Izikhati Zokwena trading and Project. We are building con-tractors and we are NHBRC certifeid. We do wall units, tiling, plumbing, electrical and paving. Phone Buti on 073 848 8899 or 079 296 9426 for a quotation or visit our website www.izikha-thzokwena.co.za.

________________K h a y e l i h l e -L e n h l a k a n i p h o Trading and projects (Pty) Ltd offer the following handyman, maintenance, pain- ting, paving, ceiling, plumbing and clean-ing services. Phone 082 478 9874.

Page 9: 15 May 2015

9 15 Mei/May 2015 Kosmosnuus / Cosmos News

VOLKSRUST - Die eerste rugbyspan van Hoërskool Volksrust het die afgelope naweek ‘n pragoorwinning behaal oor Hoërskool Standerton. Die seuns het ongelooflike rugby gespeel, met geen tekort aan Volkie-moed nie. Riekert Botha druk nie minder as vier drieë nie en Henrico Nel het twee prag-drieë gedruk.

Ander drieë is deur Donell Griffiths, Al-

wande Sangweni, Michael Moore en SW van Wyk gedruk. SW slaag ook met twee doel-skoppe, so ook Shane van Rooyen. Riekert Botha het ook gesorg dat een drie verdoel is.

Volksrust se derdespan het hul wedstryd teen Standerton met 36-5 gewen. Volksrust sal dié naweek teen Ligbron in Ermelo mee-ding.

JD

VOLKSRUST - Hoërskool Volks-rust se eerste hokkiespan het Vrydag, 8 Mei, vroeg hul stempel afgedruk toe hulle Hoërskool Standerton in ‘n prag-wedstryd met 3-1 geklop het. Carli Ernst is aangewys as die speler van die wedstryd. Die ander spanne se wed-stryde het op Saterdag plaasgevind en die Volkies se o-14 span het met 2 doele teen een geseëvier.

Volkies se tweedespan het ook as oorwinnaars uit die stryd getree en Stan derton met 5-0 geklop. Anoushka Booysen is as die speler van die wed-stryd aangewys.

Die volgende liga wedstryde sal op Saterdag, 16 Mei teen Ligbron in Er-melo op Ligbron se velde plaasvind. JD

Hoërskool Hoogenhout se tweede hok-kiespan het die naweek in die PUK-reeks finaal in Potchefstroom by die Astro Villa teen Hoërskool Zwartkop gespeel. Dit was ‘n baie harde wed-stryd gewees en Hoogenhout se René Laas (foto) het in die doodsnikke (40 sek) voor die eindfluitjie die bal in die doelhok laat beland om die span met 1-0 te laat wen.

Volksrust eerstes ploeg met Standerton

Riekert Botha (regs) van Hoërskool Volksrust druk tydens Saterdag se wedstryd teen Stan-derton altesaam vier drieë en behaal ook sukses met een doelskop. Volksrust se eerstespan het Standerton met ‘n eindtelling van 60-19 afgestof.

Hoogenhout klop Zwartkop in finaal

Volkie hokkie blink uit

Bianca Delport, deel van Volkies se eerste hok-kiespan spook hier teen haar teenstander van Hoërskool Standerton om bal beheer. Volkies het dié wedstryd met ‘n telling van drie doele teenoor Standerton se een gewen.

Page 10: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 10 Kosmosnuus / Cosmos News

STANDERTON - Hoërskool Standerton se redenaarspan het verlede week amok tydens die Mpumalanga-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie wat by HTS Middelburg gehou is, gemaak en hul teenstanders behoorlik laat les opsê. Die skool spog met twee sprekers wat as gevolg van hul uitstekende voordrag in die junior-afdeling gekies is om aan die landswye finaal deel te neem.

Stephan Lacock het sy stem in die afdeling vir voorbereide toesprake dik gemaak en die ander deelnemers vir ‘n gesamentlike plek in die Suid-Afrikaanse-finaal uitgestof. Riekie Wolmarans het ook haar staal gewys en is een van net drie leerlinge wat in die afde-ling vir onvoorbereide toesprake deurgedring het om aan die lands-wye finaal deel te neem.

Wat die eerste-addisionele taal-sprekers betref, het Minnie Ma-gubane ‘n skitterende tweedeplek en Amanda Tlou ‘n welverdiende derdeplek losgeslaan.

Die Suid-Afrikaanse-finaal sal tussen 21 en 22 Augustus by die ATKV Goudini-spa in Kaapstad gehou word. Die hele Standerton-gemeenskap hou intussen vir Stephan en Riekie styf duimvas. DK

Twee los tong redenaars van Hoërskool Oosterland, Dano Sadie en Busi Zwane, het tydens die Mpumalanga finale deurgedring na die nasionale afdeling wat op 21 Augustus in Worcester sal plaasvind.

SHS’ers is beslis nie op die mond geval

Hoërskool Standerton se redenaars hul staal tydens die Mpumalanga-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie gewys en twee junior sprek-ers opgelewer wat na die Suid-Afrikaanse-finaal deurdring – Stephan Lacock in die afdeling vir voorbereide toesprake en Riekie Wolmarans in die afdeling vir onvoorbereide toesprake.

Oosie redenaars vaar skitterend

Page 11: 15 May 2015

11 15 Mei/May 2015 Kosmosnuus / Cosmos News

Hoërskool Volks­rust se o­16 netbalspan het verlede Sater­dag teen Hoër­skool Standerton gespeel en ‘n prag­oorwinning van 21 doele teen oor Standerton se 12 doele be­haal.

Uitstekende spel deur leer­linge van Hoërskool Ooster­land het gesorg dat Dean du Toit, Dirk Coetzer, Martin Slabbert, Petrus Ramalotsi, Jonathan Swart, (afwesig) Ruben Grobbelaar, Jurie Wessels en Du Toit Van Schalkwyk, gekies is vir die onderskeie Mpumalanga­spanne wat eersdaags teen die Blou Bulle gaan uitdraf.

STANDERTON - Thirty-six golf players flocked to the golf course on Saturday, 9 May, to participate in the IPS competition. Hannes Vermaak won with a score of 43 followed by Casper Roux with 40 and Rowan Brink with 39.

The Coffin Dodgers was victorious against Ermelo by beating them four games to two.

The B-league played against Ermelo on Standerton’s home soil and won them with six games to two. Unfortunately the A-league players lost against Bethal at Bethal with six games against two. A special moment played

off for the Brink Boys when Johan Brink and his two sons, Damian and Rowan, all played for the B-League at the same time, only to en-sure a win.

It was also the first time that a nine-hole IPS was played and Donnie Taljaard, Koos van Wyk, Jacques Scholtz and Jannie Dege-naar entered for this round. They teed off very early on Saturday morning in thick mist which made play on the first few holes quite interesting. Koos took the laurels after a few great shots.

JD

Prag-oorwinning vir Volkie netbal

B-league beats Ermelo

Proud players of the Standerton B­League won players of Ermelo on Saturday with 6­2. The win was made even better for a proud father, Johan Brink, when his two sons Rowan and Damian joined him in the same league.

Oosterland se rugbyspelers presteer puik

Page 12: 15 May 2015

15 Mei/May 2015 12 Kosmosnuus / Cosmos News

STANDERTON - Die jaarlikse Suid-Afrikaanse kampioenskap vir die Ligte Gerei Boothengel vir vroue en juniors het vanaf 6 tot 10 April in Mosselbaai plaasgevind. Standerton is deur WK van der Merwe as skipper en twee vroue hengelaars, Tokkie Brits en Annerie van der Merwe verteenwoordig. Anders as met die mans-kampioenskap, wat gedurende Februarie plaasgevind het, het die vroue en juniors meer vis gevang. Daar was net oor die 10 000 kg vis vir die totale kompetisie opgeskryf deur ‘n onafhanklike

inweegbeampte van ‘n ander provinsie wat op elke boot teenwoordig was. Alle vis is gemeet en vrygelaat.

Sewe vrouespanne was verteenwoordig deur kus sowel as binnelandse spanne. Die hoofteiken spesies waarvoor die hengelaars hul aas voorberei het, was haaie en rog. Tokkie Brits het weer eens Standerton se naam hoog gehou. Sy het op die vierde dag van die kompetisie ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die boeke aangeteken met ‘n diamant-rog van 81,14 kg wat sy met 4 kg lyn

inkatrol het. Die geveg tussen Tokkie en rog het net so bietjie langer as twee ure geduur en dit was ‘n spanpoging om die monster-vis op die boot te land.

Mpumalanga se vroue het algeheel vierde geëindig en die derdeplek met slegs twee punte gemis. Wat die prestasie so besonders maak is dat hulle span uit slegs twee vroue in plaas van vier bestaan het.

Tokkie Brits is algeheel tweede op die SA-ranglys. Die volgende SA-kampioenskap sal op Gariep in April 2016 plaasvind. JD

SA Boerperd streekkampioenskap

STANDERTON - Die Suid-Afrikaanse Boerperdtelersgenootskap bied vanaf Maan-dag 11 Mei tot Donderdag 14 Mei die SA Boerperd streekkampioenskap by die Stand-erton Skougronde aan.

Volgens die president van die SA Boerperd-telersgenootskap, Mnr Frikkie Combrink van Delmas, sal daar ongeveer 145 boerperde aan die gesogte kampioenskap deelneem. Perde en ruiters van Mpumalanga en KwaZulu-

Natal neem hieraan deel en die hoogtepunt sal Donderdag wees, wanneer die amptelike kampioenskap plaasvind.

Keuring het reeds Maandag, 11 Mei, vanaf 08:00 plaasgevind. Mnr Combrink is die 14de President van die Genootskap en die tiende persoon wat dien as president. Vir ver-dere inligting rakende SA Boerperde, kan hy gerus by 083 324 2524 geskakel word. JD

SA Boerperde van uitstaan­de gehalte neem vanaf 11 tot 14 Mei aan die SA Boer­perd streekkampioenskap by die plaaslike skouter­rein deel. Behalwe vir die opwinding wat die kampio­enskap bied, is daar ook warm, vars etes en drink­goed by die skou beskik­baar. Alle belangstellendes is welkom om die kampio­enskap gratis by te woon. (Foto met vergunning van Bestpic Action photos and videos)

Nuwe SA-rekord vir Tokkie

Tokkie Brits (links) het tydens die afgelope SA­kampioenskap in Mosselbaai ‘n monster diamant­rog van 81,14 kg gevang en ingeweeg. Nie net het sy met dié vangs ‘n nuwe SA­rekord opgestel nie, maar díé vis met net 4 kg lyn na bietjie meer as twee ure se gespook inkatrol. ‘n Verdere groot prestasie is dat hulle span nie uit vier lede bestaan het nie, maar net uit Tokkie en Annerie van der Merwe (regs).


Recommended