+ All Categories
Home > Documents > Afrikaans Huistaal Graad 6

Afrikaans Huistaal Graad 6

Date post: 31-Dec-2016
Category:
Upload: trantram
View: 474 times
Download: 56 times
Share this document with a friend
103
Afrikaans Huistaal Graad 6 By: Siyavula Uploaders
Transcript
Page 1: Afrikaans Huistaal Graad 6

Afrikaans Huistaal Graad 6

By:Siyavula Uploaders

Page 2: Afrikaans Huistaal Graad 6
Page 3: Afrikaans Huistaal Graad 6

Afrikaans Huistaal Graad 6

By:Siyavula Uploaders

Online:< http://cnx.org/content/col10995/1.1/ >

C O N N E X I O N S

Rice University, Houston, Texas

Page 4: Afrikaans Huistaal Graad 6

This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/).

Collection structure revised: September 7, 2009

PDF generated: October 28, 2012

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 95.

Page 5: Afrikaans Huistaal Graad 6

Table of Contents

1 Kwartaal 11.1 Interpretasie van 'n boodskap . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 11.2 Woorde om die korrekte betekenis oor te dra . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7

2 Kwartaal 22.1 Interpreteer 'n boodskap uit 'n visuele teks . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 192.2 Gebruik byvoeglike naamwoorde om betekenis oor te dra . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 27

3 Kwartaal 33.1 Om a�eidings uit 'n tekes te maak . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 393.2 Bespreek 'n uitdagende onderwerp . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 453.3 Lees vir inligting . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 553.4 Leesaktiwiteite . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 66

4 Kwartaal 44.1 Die boodskap in 'n teks . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .. . . . . . . . . . . . . 794.2 Kom ons spel . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 85

Attributions . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 95

Page 6: Afrikaans Huistaal Graad 6

iv

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 7: Afrikaans Huistaal Graad 6

Chapter 1

Kwartaal 1

1.1 Interpretasie van 'n boodskap1

1.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL

1.1.2 Graad 6

1.1.3 Module 1

1.1.4 INTERPRETASIE VAN `N BOODSKAP

1.1.4.1 Aktiwiteit 1:

1.1.4.2 Om `n boodskap te interpreteer en te bespreek

1.1.4.3 [LU 3.2.1]

Figure 1.1

Wat wil die bostaande skets vir my en jou sê? Bespreek dit in groepe en gee terugvoering.

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m23392/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

1

Page 8: Afrikaans Huistaal Graad 6

2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

1.1.4.4 Aktiwiteit 2:

1.1.4.5 Om stil te lees [LU 3.1.1]

1.1.4.6 Om te soeklees en a�eidings uit kontekstuele leidrade te maak [LU 3.1.2]

1. Lees die onderstaande gedeeltes aandagtig deur en beantwoord die vrae daaroor gestel.

(a) Berge en vullis om te oorwin

Dis om van te huil! Waar daar mense is, is daar gemors. Is daar hoop? Dalk kan die kreef ons help. �Wil jymy sê die kreef, die lekkerny vir smulpape? Ja, dis nes jy daar sê, die kreef.�

Die kreef is voorwaar `n netjiese kêrel. Hy herbenut sy dop elke keer as hy �vervel�. Soos die jong larwegroei, werp hy van tyd tot tyd die harde skelet aan sy buitekant af. Sodra hy so afgedop het, ontwikkel hy `nlus vir kalsiumkarbonaat � wat hy inkry deur sy eie afgedopte dop te verorber, asook die skulpe van anderdiere, soos bv. seekastaiings. In die natuur word niks vermors nie. Die produkte van enige natuurproses wordin ander natuurprosesse opgeneem. Die blare wat in die herfs van die bome val, verander in voedingstowwevir die plante. Spinnekoppe vreet gereeld hul eie webbe op en herwin so die proteïen daarin en maak hulomgewing skoon.

Van die vroegste tye af is die mens egter `n rommelmaker. Die beskawing het feitlik sinoniem gewordmet die vullishoop. Maar dit is net in die afgelope paar dekades, en veral sedert die ontwikkeling van die�weggooi-gemeenskap�, dat afval so `n probleem geword het.

(Huisgenoot, 16 Julie 1992)

(a) Ek kan nie "hoor" wat ek "sien" nie!

Miskien het jy al bostaande uitdrukking gehoor toe Ma gesê het jy moet die hoëtroustel sagter stel.In die meeste plekke waar konsentrasie vereis word, word stilte vereis - die eksamenlokaal, die kerk, die

operasiesaal - noem maar op. Geraas het in die twintigste eeu so 'n probleem geword dat alle leidendemoondhede wette maak om meer stilte te verkry. Die intensiteit van geluide wat geraas veroorsaak, word indesibel (dB) uitgedruk.

Die oor kan geluide tussen 0 desibel en 180 desibel waarneem. Om `n goeie nagrus te kry, word `ngeluidsterkte van hoogstens 25 desibel vereis. Die buurseun se motor�ets wat Pa en Ma so verpes, segeluidskerpte is ongeveer 80 dB. Die geluidskerpte in `n fabriek is ongeveer 120 dB en dié van `n supersoniesevliegtuig ongeveer 140 dB. Die gevaar lê veral in hierdie �simfonie� van klanke, want as jy vir te lank aan tehoë geraasvlakke blootgestel word, kan dit tot beskadiging van jou gehoor lei.

2. Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gelese gedeeltes.

(a) Wat is `n smulpaap? Slaan dit in die HAT of `n goeie woordeboek na.(b) Watter goeie voorbeeld stel die kreef aan ons?(c) Ons behoort tot die �weggooi�-gemeenskap beteken:

(i) Ons lewe in `n era waarin nie meer kwaliteitsgoedere gemaak word nie.(ii) Ons lewe in `n tydvak waarin baie goedere weggegooi word nadat ons dit gebruik het, bv. goedkoop

balpuntpenne.(iii) Ons lewe in `n era waarin dit lyk asof die wêreld ons �weggegooi� het.

Skryf slegs die korrekte nommer neer.

(a) Wat word bedoel met �simfonie� van klanke soos dit in leesstuk (b) voorkom?(b) Wat is die kerngedagte wat die twee leesstukke aan mekaar bind?(c) Soek woorde in die leesstukke wat min of meer die volgende beteken:(d) om weer te gebruik(e) om gulsig op te eet

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 9: Afrikaans Huistaal Graad 6

3

(a) Maak duidelike, verklarende sinne met die volgende woorde:(b) lekkerny(c) dekade

1.1.4.7 Aktiwiteit 3:

1.1.4.8 Om alfabeties te rangskik

1.1.4.9 [LU 6.1.2]

1.1.5 Alfabetiese volgorde

(a) Die betekenis van die word smulpaap moes in die HAT of `n goeie, verklarende woordeboek nageslaanword. Hoe het jy dit gevind? Die telefoongids rangskik ook mense se vanne volgens die alfabet. Dierekenaar stel maklik `n alfabetiese lys saam. Hoe werk dit? Eerstens moet jy jou alfabet ken. Wie kandit opsê? Die beginletter van die woord wat gerangskik moet word, is belangrik. Indien die beginlettervan twee woorde dieselfde is, kyk dan na die tweede letter. Woorde wat met die letter a begin, wordeerste geplaas, dan dié wat met `n b begin, ensovoorts.

(b) Rangskik nou die vetgedrukte woorde in die leesstuk in alfabetiese volgorde.

1.1.5.1 Aktiwiteit 4:

1.1.5.2 Om `n visuele teks (plakkaat) te ontwerp

1.1.5.3 [LU 4.1.3]

1.1.6 ONTWERP PLAKKATE EN BESPREEK (groepwerk)

Ontwerp `n plakkaat om die gevare van besoedeling vir die mensdom aan te toon. Julle kan groepe vorm enelke groep kan een soort besoedeling aanspreek, bv. omgewingsbesoedeling, geraasbesoedeling, lugbesoedel-ing, ens.

1.1.6.1 Aktiwiteit 5:

1.1.6.2 Om op gestruktureerde manier `n mening te lug oor `n uitdagende onderwerp

1.1.6.3 [LU 2.1.3]

Rolspeel nou die plakkate om jul boodskap oor te dra.

1.1.6.4 Aktiwiteit 6:

1.1.6.5 Om terugvoering te gee

1.1.6.6 [LU 2.1.4]

Ontwerp `n plakkaat om mense bewus te maak van herwinning. Gee nou mondelinge terugvoering in verbandmet verskeie herwinningsprojekte waarvan jy kennis dra.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 10: Afrikaans Huistaal Graad 6

4 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

1.1.7 �Hallo, Sumari, ek dog jy is nog op vakansie. Nee jong, ek is maar net besigom my spaartyd nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord breek omte kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.�

1.1.7.1 Aktiwiteit 7:

1.1.7.2 Om begrip te toon van styl en register

1.1.7.3 [LU 4.1.4]

Afrikaans soos bostaande steek Groenie dwars in die krop, want dit word deur Anglisismes besoedel. (Watis Anglisismes en waar kom dié woord vandaan?) Daar is mos inderdaad goeie Afrikaanse woorde wat onskan gebruik in plek van dié Engelshede. Skryf dit korrek oor.

1.1.7.4 Aktiwiteit 8:

1.1.7.5 Om bewus te word van leenwoorde en om nuutskeppinge te gebruik

1.1.7.6 [LU 6.1.12]

Afrikaans het egter baie woorde by Engels geleen omdat ons nie geskikte woorde het nie, bv. woorde soosrugby, krieket en poskantoor. Afrikaans het ook baie woorde uit ander tale geleen waarsonder ons baie armersou wees. Woorde soos pasella en donga is van Afrika-tale geleen.

`n Uitdaging: Beantwoord die vrae wat opgestel is uit woorde wat ons van ander tale geleen het.

Woorde Geleen uit

apart Frans

niksnuts Duits (Germaans)

mielie handelstaal 17de eeuse seemanstaal

gehawend Nederlandse seemanstaal

sosatie Maleis

gogga Khoi

aitsa Khoi

tronk Deur Maleis uit Portugees

koejawel 17de eeuse handelstaal

dros dros Nederlandse seemanstaal

eina Khoi

Table 1.1

LEIDRADE

1. Pienk vrug met baie pitte2. Plek waar misdadigers aangehou word3. `n Ander woord vir `n insek4. Blokkies vleis op `n stokkie5. Baie geel pitte6. Nie saam nie7. Wegloop sonder toestemming8. _____ , maar jy is uitgevat!

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 11: Afrikaans Huistaal Graad 6

5

9. Iemand wat niks beteken nie10. Stukkend en . . .. . .. daar uitsien11. ______ , dis baie seer

1.1.8 Assessering

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor.

2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op `n logiese, samehangende en gestruktureerdemanier (bv. plakkaat aanbiedings, verslae, debatte);

2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op `n logiese manier.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese,kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie- en nie-�ksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte,romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke);

3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan;

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.);

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto's, TV-advertensies, dramas entoneelstukke, en, indien beskikbaar, video's/�lms, rekenaarprogramme en CD-ROM's);

3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap;

3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:

3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskeiden-heid doeleindes te skryf.

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 12: Afrikaans Huistaal Graad 6

6 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe;

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, gra�ka en ontwerpduidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe metfoto's;

4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na `n ander;

4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk;

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.1 woordvlak:

• kies, gebruik en eksperimenteer met `n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belang-stelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;

4.4.3 paragraafvlak:

• skryf `n kernsin en sluit relevante inligting in om `n samehangende paragraaf te ontwikkel;

• toon verskillende maniere om paragrawe te skakel en gra�ka gepas in te sluit om `n samehangendegeheel te vorm.

Table 1.2

1.1.9 Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie terugvoeringAktiwiteit 22(a) `n Lekkerbek. Iemand wat van lekker kosse hou.(b) Hy gebruik (herbenut) sy dop (afvalmateriaal) as hy vervel.(c) (ii)(d) Al die klanke saam vorm `n �simfonie� van klanke soos dié van `n orkes. Die klanke saam vorm ook

`n sterk klank wat uit verskillende klanke bestaan.(e) Die mens besoedel sy omgewing met afvalmateriaal, geraas, ens.(f) (i) Herbenut(ii) Verorber, vreet(g) (i) Melktert is `n lekkerny wat oud en jonk geniet.(ii) `n Dekade is `n tydperk van tien jaar.Aktiwiteit 3 (b)

• alle• beskadiging• bestaande• bestaande• buurseun• desibel

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 13: Afrikaans Huistaal Graad 6

7

• eksamenlokaal• gehoor• geluide• geraas• intensiteit

Aktiwiteit 7(a) �Goeiedag, Sumari, ek dog jy is nog met vakansie. Nee jong, ek is maar net besig om my vrye tyd

nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord verbeter om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons perdag kan optel.�

Aktiwiteit 8(b) Dwars:1. koejawel2. tronk3. gogga4. sosatie5. mielie6. apartAf:7. dros8. aitsa9. niksnut10. gehawend11. eina

1.2 Woorde om die korrekte betekenis oor te dra2

1.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL

1.2.2 Graad 6

1.2.3 Module 2

1.2.4 Woorde om die korrekte betekenis oor te dra

1.2.4.1 Aktwiteit 1:

1.2.4.2 Om woorde te gebruik om betekenis korrek oor te dra

1.2.4.3 [LU 4.4.1]

Bostaande leenwoorde verryk ons taal, maar Anglisismes besoedel ons taal. Skryf die volgende sinne inkorrekte Afrikaans oor:

• Die goeie besigheidsman maak baie geld.• Die olietenkskip het om die lighuis gevaar.• Sit die lig af, want die krag kos duur.• My nuwe brille maak my ore seer.• Ek gaan die prokureur sien i.v.m. hierdie saak

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m23393/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 14: Afrikaans Huistaal Graad 6

8 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

1.2.4.4 Aktiwiteit 2:

1.2.4.5 Om na voorgelese teks te luister

1.2.4.6 [LU 1.1

`n Artikel gaan vir jou voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel vir jou voorgelees sodat jy dit kangeniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf vir jou voorgelees word en jy moet dan diehoofgedagte in elke paragraaf bepaal.

Die Kweekhuise�ekMeer as `n dekade gelede het daar reeds stemme opgegaan wat waarsku dat die wêreld geen hoop het

as die natuurlike hulpbronne nie oordeelkundig benut en bewaar word nie. Van die groot terugslae wat dieaarde die afgelope jare beleef het, is die wêreldwye toename in besoedeling, `n verskerpte kweekhuise�ek endie toenemende osoonuitputting. In hierdie teks gaan ons aandag gee aan die kweekhuise�ek. Enigiemandwat al binne `n kweekhuis was, sal weet dat dit baie warm binne is vanweë die feit dat die glaspaneledie sonlig binnelaat en terselfdertyd keer dat die hitte weer na buite ontsnap. Sodoende word die idealeklimaatstoestand binne die kweekhuis geskep wat bevorderlik is vir die kweek van plante. So ook versekerdie atmosfeer wat die aarde omring dat alle lewende wesens op aarde �oreer. Sonder die atmosfeer kandie mensdom nie bestaan nie. Die aarde sal koud en leweloos wees, soos die oppervlak van die maan. Dieatmosfeer vervul dieselfde funksie as die glaspanele van `n kweekhuis. Dit laat die sonlig binne en dit houdie hitte binne.

Nou is dit egter so dat die atmosfeer van die aarde besig is om `n verandering te ondergaan as gevolgvan besoedeling deur chemikalieë in die vorm van gasse. Die oormatige vrystelling van gasse op aardeveroorsaak dat daar te veel hitte vasgevang word binne die atmosfeer. Een van die grootste sondebokke iskoolstofdioksied wat deur mense vrygestel word elke keer as hulle uitasem. Die hoofbron van besoedelingdeur koolstofdioksied is egter die verbranding van steenkool, olie, petrol en hout. Waterstofdioksied is nog `ngas wat vrygestel word deur die uitlaatgasse van motors wat petrol verbrand en kragsentrales wat steenkoolverbruik. Metaangas, weer, word deur verrottende plante vrygestel.

Namate die wêreldbevolking toeneem (ons praat van `n bevolkingsontplo�ng), word groter hoeveelhedevan al hierdie gasse vrygestel. Die gasse bou in die atmosfeer op en verhinder dat genoegsame hoeveelhedevan die son se hitte in die ruimte ontsnap. Hierdie verskynsel van oorverhitting staan bekend as �globaleverhitting�. Indien die aarde se temperatuur met slegs `n paar grade styg, kan die ys rondom die Noord- enSuidpool begin smelt en gevolglik sal die seevlak styg. Ook die weerpatrone sal verander.

Sommige wetenskaplikes huldig die mening dat die seevlak twee meter kan styg teen die middel vanhierdie eeu. Kusgebiede sal verdwyn onder die stygende water, en so ook laagliggende lande soos Holland.Groot stede soos New York en Londen sal doodeenvoudig oorstroom word. Waardevolle landbougrond salvernietig word deur die sout in die seewater. Gevolglik sal voedseltekorte ontstaan.

Dan weer bied die aarde ook eie oplossings vir sy probleme. Seewater absorbeer koolstofdioksied. Plank-ton, die klein organismes wat in seewater aangetref word, absorbeer meer koolstofdioksied hoe kouer diewater is. Indien die water verhit, sal die plankton minder koolstofdioksied absorbeer.

Plante op land, veral in die reënwoude, absorbeer ook koolstofdioksied. Die reënwoude word egter verni-etig deurdat die mens stelselmatig besig is met die uitkap en afbrand van die woude in `n poging om grond virlandboudoeleindes te herwin. Oorverhitting van die atmosfeer word bevorder deur die enorme hoeveelheidkoolstofdioksied wat as gevolg van die verbrandingsproses vrygestel word.

Dit is ons, die aardbewoners, se verantwoordelikheid om te verseker dat `n nuwe, regverdige, gelyke enomgewingsgesonde samelewing geskep word. Ons moet sorg dat die aarde gesond bly.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 15: Afrikaans Huistaal Graad 6

9

1.2.4.7 Aktiwiteit 3:

1.2.4.8 Om die hoofgedagte in voorgelese teks te identi�seer

1.2.4.9 [LU 1.5]

(a) Noudat jy na die teks oor die kweekhuise�ek geluister het, merk met `n [U+F034] die onderstaandestelling wat jy as die hoofgedagte van die artikel beskou.

Metaangas word deur verrottende plante vrygestel

Die atmosfeer van die aarde is besig om te verander;

Teen die middel van die eeu gaan die seevlak met twee meter styg.

Table 1.3

(a) Paragraaf vir paragraaf gaan nou aan jou voorgelees word en daarna twee of drie gedagtes wat in daardieparagraaf voorkom waaruit jy moet kies. Onthou, ons soek die hoofgedagte in elke paragraaf. Merkmet `n [U+F0D6] in die ooreenstemmende blokkie.

Paragraaf 1

Die atmosfeer vervul dieselfde funksie as die glaspanele van `n

kweekhuis � dit laat sonlig binne en hou die hitte binne.

Dit is baie warm binne-in `n kweekhuis.

Besoedeling is `n groot probleem in die wêreld.

Table 1.4

Paragraaf 2

Koolstofdioksied is `n groot sondebok wat vrygestel word as mense

asemhaal.

Die atmosfeer ondergaan `n verandering a.g.v. besoedeling deur

chemikalieë in die vorm van gasse.

Table 1.5

Paragraaf 3

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 16: Afrikaans Huistaal Graad 6

10 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Ys rondom die Noord- en Suidpool sal begin smelt.

Die aarde word oorverhit omdat gasse in die atmosfeer opbou en

verhoed dat die son se hitte ontsnap.

Table 1.6

1.2.4.10 Aktiwiteit 4:

1.2.4.11 Om die hoofgedagte in teks op te som

1.2.4.12 [LU 3.8.1]

Soek nou saam met jou maats die hoofgedagtes van paragrawe 4 tot 7. Jou onderwyser sal die gedeeltes virjou uitdeel en jy moet dit aandagtig individueel deurlees. Besluit nou in groepe wat die hoofgedagtes is.Skryf dit neer.

1.2.4.13 Aktiwiteit 5:

1.2.4.14 Om oor skryfwerk te besin en foute te korrigeer

1.2.4.15 [LU 4.1.5]

Die leerders het aan `n opstelkompetisie deelgeneem waar voorstelle gemaak is om die stad (of jou tuisdorp)skoon te hou. Die Hou die Kaap in die Haak Vereniging het die volgende brief aan die skool gestuur. Letwel, onderstaande wemel van die foute.

Figure 1.2

7 Mei 2001Geagte SkoolhoofDankie dat u, u studente aangemoedig het om deel te neem in die onlangse Hou die Kaap in die Haak

Opstelkompetisie.Sommige van die opstelle was baie goed veral die van u skool en dit is baie lekker vir ons om `n Serti�kaat

van verdienste aan Jakob Wiese en Marie Smit toegeken.Ons stuur hierdie Serti�kaat aan u en vertrou dat u die Serti�kaat so gou as moontlik sal oorhandig.Nogals dankie en ons vertrou dat u ons Vereniging nog steeds in die toekoms sal ondersteun.Johan SmithOMGEWINGSRAADGEWER

(a) Hierdie brief wemel van die foute. Sien dit na en ken `n punt uit 10 daaraan toe.(b) Skryf die brief korrek oor, of skryf `n brief aan mnr. Smith en maak beswaar teen sy swak gebruik van

Afrikaans. As jy aan mnr. Smith skryf, moet jy dit op `n taktvolle en beleefde manier doen.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 17: Afrikaans Huistaal Graad 6

11

1.2.4.16 Aktiwiteit 6:

1.2.4.17 Om te vluglees

1.2.4.18 [LU 3.1.2]

Lees die onderstaande gedeelte oor die Knysna-papegaai deur en beantwoord die vrae daaroor gestel. Vierminute word vir die deurlees hiervan toegelaat.

Die Knysna-PapegaaiDie Knysna-papegaai is een van die talle bedreigde diere in ons land. Die Knysna-papegaai is ook bekend

as die bruinnek-, rooiskouer- of groenpapegaai. Sy algemene kleur is groen. Hy het `n rooi voorkop en ken,en sy skouers is opvallend rooi. Hierdie rooi vere kom nie by jong voëls voor nie. Die Knysna-papegaai is `ngroot papegaai wat tot 350 mm lank word.

Die broeityd is in Mei en van September tot Oktober. Die voëls maak hul neste in gate hoog op indie dooie takke of stamme van bome. Die eiers is glanswit en daar is gewoonlik vier in `n broeisel. Hullekom slegs in die woude van Oos-Kaapland voor en wel in die hoogste en natste dele van die bergwoude ophoogtes van omtrent 1 000 tot 1 200 m. Hulle wei bedags in klein groepies van 5 tot 30 voëls in laagliggendegedeeltes.

Hulle onderneem gereelde swerfvlugte van selfs so ver as 130 km vanaf hul slaapplekke. Op pad na hulweiplekke vlieg hulle hoog en vinnig en maak baie geraas. As hulle wei, is hulle egter betreklik stil. Hulleleef van die vrugte van geelhout- en olienhoutbome en die sade van die swartwattelboom. Die skil en dievleis van die vrugte word nie geëet nie. Die pitte, egter, word met hul sterk snawels oopgebreek en slegs diekern van die pit word geëet. Hul bewegings in die bome en op takke is stadig soos dié van `n papegaai in `nhok.

Die volksnaam �Knysna-papegaai� is `n heeltemal verkeerde benaming, want hulle kom nie in die Knysna-bosse voor nie. Hulle getalle word vinnig minder, want die area waar hulle leef, naamlik die inheemse bosse,word vernietig. Daar vind ook groot onwettige handel in Knysna-papegaaie plaas.

Hulle word onwettig in bosse gevang deur `n volgroeide papegaai in `n hok te plaas wat dan as `n lokvoëldien. Die wilde voëls wat deur die geroep van die gevange voël gelok word, gaan dan op takke sit wat metvoëllym besmeer is. Jong voëls word ook uit neste verwyder net voordat hulle kan vlieg.

(Verwerk uit: Bedreigde Spesies van die Departement van Natuur- en Omgewingsbewaring, KaapseProvinsiale Administrasie.)

Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkelslegs die korrekte letter by elke stelling.

Die Knysna-papegaai is ook bekend as die

• rooiskouerpapegaai• rooivlerkpapegaai• groennekpapegaai

Die Knysna-papegaai word so groot soos

• 750 mm• 120 mm• 350 mm

Die voëls maak hul neste

• in gate laag teen die stam• in gate hoog teen die stam• in die toppe van bome• in gate hoog op in dooie takke van bome

Terwyl hul vlieg

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 18: Afrikaans Huistaal Graad 6

12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

• is hul stil• maak hulle baie geraas• vlieg hul in `n V-formasie

Hulle eet slegs

• die skil van die vrugte wat hul eet• die saad van die swartwattelboom• die pitte van die vrugte wat hul eet• die kern van die pit van die vrugte wat hul eet

Die Knysna-papegaai kom voor

• slegs in die woude van die Oos-Kaap• slegs in die Knysna-bosse• in die Knysna-bosse en in die bosse van die Oos-Kaap

As hulle kos vreet,

• is hulle redelik stil• raas hulle baie• raas hulle en vlieg in die lug rond met die vrugte wat hulle eet

Hulle word onwettig bekom deur

• volwasse papegaaie in hokke te sit wat as lokvoëls dien• eiers uit die neste te verwyder• voëlgom aan die neste te smeer

Hulle kom ver van hul skuilplekke voor, tot so ver as

• 30 km• 230 km• 130 km

Die hoofrede vir die afname in hulle getalle is dat

• hul natuurlike woonplek (habitat) verwoes word• hul deur jagters as `n lekkerny gejag word• hul verkoop nou gewettig is

1.2.4.19 Aktiwiteit 7:

1.2.4.20 Om hoo�etters en punktuasie reg te gebruik

1.2.4.21 [LU 6.2.9]

(a) Hoekom word Mei, September en Oktober met hoo�etters gespel?

(a) Die Knysna-papegaai hou van die saad van die geelhout-, olienhout- en swartwattelboom. Hoekom isdaar `n komma tussen geelhout en olienhout?

(b) Die wetenskaplike het gesê: �Die Knysna-papegaai is `n bedreigde spesie.� Hoekom is die laaste gedeeltevan bostaande sin in aanhalingstekens? Hoekom is daar `n dubbelpunt voor die eerste aanhalingsteken?Let wel dat ons na `n dubbelpunt met `n kleinletter begin as ons iets opsom. Die Knysna-papegaai sedieet bestaan uit die volgende sade: geelhoutsaad, olienhoutsaad en die sade van die swartwattelboom.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 19: Afrikaans Huistaal Graad 6

13

(c) Wanneer ons iets uitroep of iets met krag wil sê, gebruik ons `n uitroepteken soos in die volgendegevalle: Die Knysna-papegaai word bedreig! Red hom!

(d) Skryf nou die volgende gedeelte i.v.m. die strandwolf oor deur die korrekte leesstekens te gebruik:

Die strandwolf is `n alleenlopende sku nagdier. Hy kom deesdae verspreid in limpopo voor. Op die vergader-ing van wetenskaplikes het professor Hayes met krag uitgeroep die mens is aandadig aan die strandwolf sevinnig-dalende getalle.

1.2.4.22 Aktiwiteit 8:

1.2.4.23 Om samehangende paragrawe te skryf

1.2.4.24 [LU 4.4.3]

Skryf twee paragrawe (ongeveer 120 woorde) oor `n bedreigde dier (spesie) in ons land of elders in die wêreldof vertel van die onwettige handel in wilde diere.

1.2.4.25 Aktiwiteit 9:

1.2.4.26 Om korrekte woordverdelings te maak

1.2.4.27 [LU 6.1.7]

Die Suid-Kaaplandse dorp, Hermanus, het sy ontstaan te danke aan `n fontein wat `n sekere HermanusPieters gelok het. Vandag is die dorp `n bekende strand- en aftreedorp. Pieters, `n Hollander, het vroeg indie negentiende eeu na die Kaap gekom. Hy was `n reisende onderwyser wat ook skape aangehou het. Diedorp was voorheen bekend as Hermanuspietersfontein.

Hermanus is bekend vir sy pragtige, veilige strande, die strandmeer bekend as Kleinriviersvlei, die Fern-kloof Natuurreservaat en die hengelwaters van Walkerbaai.

(a) Die woord strandmeer bestaan uit twee betekenisvolle dele. Noem die twee dele.

Verdeel nou die volgende twee woorde in betekenisvolle dele: hengelwaters en natuurreservaat.Die twee woorde kan egter nog verder in deeltjies, wat ons lettergrepe noem, verdeel word. Om woorde in

lettergrepe te verdeel is die eenvoudigste reël om dit stadig uit te spreek. Spreek die volgende woorde stadiguit: Hollander, negentiende, skape en veilige. `n Lettergreep moet altyd `n klinker bevat. Ken jy nogdie klinkers? Wie kan hulle opnoem? Twee klinkers wat saam `n klank vorm, noem ons `n tweeklank, bv.oei en eeu. `n Lettergreep moet dus `n klinker of `n tweeklank bevat. Is die letter y `n klinker, `n tweeklankof `n medeklinker?

Verduidelik hoekom jy so sê. Hoekom moet ons leer om woorde in lettergrepe te verdeel?

(a) Verdeel die vetgedrukte woorde in die teks (no. 11) in lettergrepe. Maak van skuinsstrepies gebruik.

1.2.4.28 Aktiwiteit 10:

1.2.4.29 Om `n paragraaf uit `n kernsin te ontwikkel

1.2.4.30 [LU 4.4.3]

Ontwerp `n brosjure i.v.m. `n interessante plek (dorp of stad), `n interessante natuurtuin of natuurpark inons land. Die boek, Nasionale Parke van S.A. deur René Gordon, sal jou baie help. Die brosjure moet dievolgende inligting bevat: hoe om daar te kom, waar dit geleë is, besienswaardighede, ontspanning, tariewe,waar om vir akkommodasie te bespreek, ens. Julle kan in groepe werk. Hou nou `n uitstalling van julpogings.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 20: Afrikaans Huistaal Graad 6

14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

1.2.5 Assessering

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 21: Afrikaans Huistaal Graad 6

15

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne `n wyeverskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister en reageer krities daarop (soos stories,legendes, gedigte, toneelstukke, debatte en praatjies);

1.5 luister vir inligting in `n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, tele-visiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesi�eke besonderhede.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese,kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie- en nie-�ksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte,romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke);

3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan;

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.);

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto's, TV-advertensies, dramas entoneelstukke, en, indien beskikbaar, video's/�lms, rekenaarprogramme en CD-ROM's);

3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap;

3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:

3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskeiden-heid doeleindes te skryf.

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 22: Afrikaans Huistaal Graad 6

16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe;

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, gra�ka en ontwerpduidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe metfoto's;

4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na `n ander;

4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk;

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.1 woordvlak:

• kies, gebruik en eksperimenteer met `n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belang-stelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;

4.4.3 paragraafvlak:

• skryf `n kernsin en sluit relevante inligting in om `n samehangende paragraaf te ontwikkel;

• toon verskillende maniere om paragrawe te skakel en gra�ka gepas in te sluit om `n samehangendegeheel te vorm.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en gram-matika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 werk met woorde:

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die tweede lettergegee word;

6.1.7 herken en gebruik korrekte woordverdelings;

6.1.12 begryp dat tale woorde by mekaar leen en gebruik nuutskeppinge doeltre�end;

6.2 werk met sinne:

6.2.9 gebruik hoo�etters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt,afkappingsteken, aanhalingstekens.

Table 1.7

1.2.6 Memorandum

Aktiwiteit 1 (a)(i) Die goeie sakeman maak baie geld.(ii) Die olieskip het om die vuurtoring gevaar.(iii) Skakel die lig af, want die krag kos duur.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 23: Afrikaans Huistaal Graad 6

17

(iv) My nuwe bril maak my ore seer.(v) Ek gaan die prokureur spreek i.v.m. hierdie saak.Aktiwiteit 3(a) Die atmosfeer van die aarde is besig om te verander.(b) Paragraaf 1: Besoedeling is `n groot probleem in die wêreld.Paragraaf 2: Die atmosfeer ondergaan `n verandering a.g.v. besoedeling deur chemikalieë in die vorm

van gasse.Paragraaf 3: Die aarde word oorverhit omdat gasse in die atmosfeer opbou en verhoed dat die son se

hitte ontsnap.Aktiwiteit 4Paragraaf 4: Kusgebiede sal verdwyn onder die stygende water, en so ook laagliggende lande soos Holland.Paragraaf 6: Plante op land, veral in die reënwoude, absorbeer ook koolstofdioksied.Paragraaf 7: Ons moet sorg dat die aarde gesond bly.Aktiwiteit 5(b) 7 Mei 2001Geagte SkoolhoofDankie dat u u leerlinge (leerders) aangemoedig het om aan die onlangse Hou-die-Kaap-in-die-Haak

Opstelkompetisie deel te neem.Sommige van die opstelle was baie goed, veral dié van u skool. Dit is vir ons aangenaam om `n serti�kaat

van verdienste aan Jakob Wiese en Marie Smit toe te ken.Ingeslote vind die serti�kate. Ons vertrou dat u die serti�kate so spoedig moontlik aan die twee leerlinge

sal oorhandig.Nogmaals baie dankie en ons vertrou dat u ons vereniging steeds in die toekoms sal ondersteun.Johan SmithOMGEWINGSRAADGEWERAktiwiteit 6(i) a(ii) c(iii) b of d(iv) b(v) d(vi) a (paragraaf twee, vierde sin)(vii) a(viii) a(ix) c(x) aAktiwiteit 7(a) Dis die name van maande van die jaar.(b) Wanneer ons items (voorwerpe) opnoem, word hulle met `n komma geskei.(c) Dis die wetenskaplike se direkte woorde.Dit skei die direkte woorde van die res van die sin.(e) Die strandwolf is `n alleenlopende, sku nagdier. Hy kom deesdae verspreid in die Noordelike Provinsie

voor. Op die vergadering van wetenskaplikes het professor Hayes uitgeroep: �Die mens is aandagtig aan diestrandwolf se vinnig dalende getalle�.

Aktiwiteit 8 Eie paragraweAktiwiteit 9(a) strand en meerhengel en watersnatuur en reservaatWoorde moet soms opgebreek word aan die einde van `n sin wanneer daar nie meer plek op die bladsy is

nie.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 24: Afrikaans Huistaal Graad 6

18 CHAPTER 1. KWARTAAL 1

(b)

• Her/ma/nus• Ont/staan• Fon/tein• Af/tree/oord• Hol/lan/der• On/der/wy/ser• Ska/pe• Prag/ti/ge

Aktiwiteit 10Eie brosjures

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 25: Afrikaans Huistaal Graad 6

Chapter 2

Kwartaal 2

2.1 Interpreteer 'n boodskap uit 'n visuele teks1

2.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL

2.1.2 Graad 6

2.1.3 Module 3

2.1.4 INTERPRETEER `N BOODSKAP UIT `N VISUELE TEKS

2.1.5 Aktiwiteit 1:

2.1.6 Om `n boodskap uit `n visuele teks te interpreteer [LU 3.2.1]

2.1.7 Om spelling in `n woordeboek na te slaan [LU 6.1.6]

2.1.8

2.1.9 SOEK DIE VERSKILLE

2.1.10 Prent 1

Figure 2.1

Prent 21This content is available online at <http://cnx.org/content/m23396/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

19

Page 26: Afrikaans Huistaal Graad 6

20 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Figure 2.2

Merk die verskille tussen die twee prente. Skryf slegs die voorwerpe wat in elke prent ontbreek neer.Skryf nou langs elke voorwerp 'n woord neer wat die voorwerp goed sal beskryf. As ek jy is, skryf ek sommerdie beskrywende woord in kleur, want dit is eintlik 'n inkleurwoord. Let op jou spelling.

2.1.11 Aktiwiteit 2:

2.1.12 Om die korrekte register (formaliteitsgraad) van taal te gebruik

2.1.13 [LU 2.4.1]

Rolspeel die sketse. Veronderstel die seun gesels in prent 1 met sy suster, maar in prent 2 gesels die seunmet 'n meisie op wie hy 'n ogie het.Let daarop dat die woordkeuse in die twee situasies gaan verskil.

2.1.14 Aktiwiteit 3:

2.1.15 Om te luister na spesi�eke besonderhede in `n voorgelese teks

2.1.16 [LU 1.5]

2.1.17 Luister aandagtig na die volgende. Jy gaan die gedeelte slegs een keerhoor. Luister vir detail en ook vir `n groot verskil.

Hendricks Motors: Motors met 'n groot verskilGert André

Figure 2.3

Werk is deesdae maar skaars, baie skaars. Werkgewers soek werknemers met 'n verskil.Mnr. Hendricks besit 'n motorhawe wat spesialiseer in die verkoop van eenjaar-oue motors. Hy stel twee

werknemers vir 'n maand op proef aan. Die een wat die beste verkope handhaaf, kry die werk.Dis 'n warm Saterdagoggend net voor twaalf. Almal maak al gereed om die naweek te gaan ontspan.

Die temperatuur in die vertoonlokaal is 34 ◦C en die humiditeit baie hoog. Desmond Smith en sy aanvalligevroutjie kom binnegestap. Hulle pyl reguit op 'n tamatierooi duinebesie af. Net die ding om 'n vaal vakansiemee op te kikker. Rustige, luilekker dae langs die blou seewater terwyl vroutjie sonbrand. Visvang is mosnou 'n sport vir manne. Al dié beelde vlieg deur Desmond se gedagtes. "Kan ek help?" vra die verkoopsman,Gert Swart. "Ja Meneer, ek stel belang in dié outjie."

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 27: Afrikaans Huistaal Graad 6

21

"Dit spyt my, maar dis reeds verkoop," antwoord Gert. "Kan ek u dalk die ander voertuie wys? Disalmal eenjaar-oue modelle, Meneer. Die beste wat u in die stad sal kry." "Dan stap ons maar weer," groetdie teleurgestelde Desmond.

Op pad uit, by die dubbele glasdeur, loop Desmond en sy vroutjie vas teen André James, die anderverkoopsman. André merk dadelik op dat die kliënte vakansiegangers is. Die blonde vrou, haar hare kortgekap, is geklee in 'n los somersrok en sy dra 'n breërand strooihoed in haar linkerhand. Die man dra 'nT-hemp, 'n kort broek met leersandale en sy sonbril is teruggeskuif oor sy hare. "Lyk my die son het julgeknou. Byt die grotes?" sê-vra André. "Nee wat, nog nie eens 'n byt gehad nie," antwoord Desmond. "Omdaar te kom, het 'n mens 'n vierwielaangedrewe voertuig nodig," gee André blitsvinnig raad. "Kom ek wysu die rooie wat gister hier aangeland het: lae kilometerlesing, driejaarwaarborg op die onderstel en enjin.Net die outjie wat u soek." "Meneer, ek soek eintlik 'n duinebesie, maar dis blykbaar reeds verkoop," gaanDesmond voort. " Meneer, as u werklik by die plekke wil kom waar die grotes byt, het u 'n vierwiel nodig.Hier het u nou die beste van twee wêrelde, 'n dubbelkajuit en 'n vierwielaangedrewe voertuig. Een van diedae is daar kinders en waar gaan hulle sit? Sê nou 'n reënbui oorval julle en die grotes byt? Mevroutjie, sitsolank, ek bring vir u 'n koeldrankie terwyl ek en u man die tegniese dingetjies deurkyk."

"Ek neem hom, Meneer. Soos u sê: wil ek speel of wil ek visvang?" Desmond haal sy tjekboek uit. Andréstaan nader. "Die bakkie het nog nie 'n kappie nie, Meneer. Sien, u wil dalk..."

Beantwoord die vrae na aanleiding van die voorgelese gedeelte.

• Na watter tipe werknemers het mnr. Hendricks gesoek?• Hoe het mnr. Hendricks se motorhawe verskil van die gewone motorhawe wat in tweedehandse voertuie

spesialiseer?• Hoe het André geweet Desmond en sy vroutjie is met vakansie?• Watter voordele het die dubbelkajuit bo die duinebesie gehad? Noem enige twee.• Wat was die groot verskil tussen André en Gert?

2.1.18 Aktiwiteit 4:

2.1.19 Om te bespreek hoe die sprekers (in die teks) van mekaar verskil

2.1.20 [LU 1.3.3]

Hoe het die twee verkoopsmanne verskil? Identi�seer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker seliggaamstaal, inhoud, register en woordkeuse in groepsverband.

2.1.21 Aktiwiteit 5:

2.1.22 Om taal aan te wend om te manipuleer

2.1.23 [LU 2.4.2]

Rolspeel die toneel tussen André, Desmond en sy vroutjie. Verkoop 'n boot en ski's aan Desmond en syvrou. Oortuig die dame sy kan ski en komplimenteer haar met haar atletiese voorkoms. Onthou, jy moetDesmond en sy vrou oorreed. Gebruik dus beskrywende woorde om dit te doen.

2.1.24 Aktiwiteit 6:

2.1.25 Om self `n slot te skryf

2.1.26 [LU 5.4.2]

Die leesstuk Hendricks Motors: Motors met 'n groot verskil eindig met: "Sien, u wil dalk..." Voltooinou die dialoog skriftelik tussen André en Desmond. Stel jouself in André se plek en oortuig Desmond om

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 28: Afrikaans Huistaal Graad 6

22 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

'n kappie vir die dubbelkajuit vierwielaangedrewe voertuig te koop. Jy kan hom selfs oortuig om die kappiete laat spuitverf. Onthou, jy moet in dialoogvorm skryf.

2.1.27 Aktiwiteit 7:

2.1.28 Om die gepastheid van taal te evalueer

2.1.29 [LU 3.6.1]

Luister aandagtig na die volgende gedeelte wat aan jou voorgelees word.Spiky, die plaaslike boelie, stap die straat af. Hy is op pad na sy meisie, Liz. Met lang, afgemete treë

stap hy. Met kammende vingers deur sy regop hare stap hy. Hy dra 'n T-hemp waarop staan: "Don't killthe world." Sy nuwe, pampoengeel bostrappers druk so 'n bietjie. Die ekstra paar sokkies moet nog hulwerk doen. Uittrap sal hy hulle. Dalk was dit sy e�e hoë trappery wat die rustige Bull ontstig het. Bullstorm...

Hier volg Spiky se weergawe van die petalje aan sy meisie, Liz:�Sien, ek loop nog so doodonskuldig, besig met my eie gedagtes, toe ek hom sien, dis nou Bull. Die

brandsiek brak storm op my af. Hy kom eintlik so dwars aangeskuif. Die stof staan so 'n wolk, so asof 'ntrop skaap deur die Karoo storm. Sy slagtande steek by sy kwylende bek uit. Ek gaan staan stil, doodstil.Dis alles pure verniet. Ek probeer hom paai, maar hy byt dwarsdeur my nuwe Levis. Dis toe dat ek myselfmoes verdedig. Ek laat loop met my nuwe bostrappers. Die yster-insetsel tref hom teen die kaak. Tjankendblaas hy die aftog, haat in sy oë.�

Hier volg mev. Haussmann se weergawe van die petalje aan haar vriendin:�Dis alles daardie boelie, Spiky, se skuld. Almal loop deur: onskuldige kinders, weerlose diere en selfs ou

vredeliewende Bull. Bull was besig om voor op die gras aan 'n sappige beentjie te kou, toe Spiky kortpadoor die erf steek. Skoppend stap die niksnuts van 'n Spiky en trap met sy smerige pote skoon bo-op dieonskuldige Bull. Bull knor so e�e net om te wys dis sy been, toe trek daardie skorriemorrie los. Skop skoonmy getroue, vredeliewende huisdier se kaak af. Ek gaan 'n eis instel, jy sal sien.�

Soos jy sal agterkom, word dieselfde insident verskillend deur twee verskillende persone beskryf. Hoekom?Verskaf redes vir jou antwoord.

2.1.30 Aktiwiteit 8:

2.1.31 Om meer van selfstandige naamwoorde te leer

2.1.32 [LU 6.2.10]

Die voorafgaande gedeelte is reeds aan jou voorgelees en jy het die verskil in siening van mev. Haussmannen Spiky vir ons aangetoon. Lees nou weer die gedeelte aandagtig deur.

Wat het al die vetgedrukte woorde in gemeen?Ja, dis korrek. Al die vetgedrukte woorde is die name van mense, diere of dinge. Hulle word

selfstandige naamwoorde genoem.

• Skryf die vetgedrukte woorde wat met hoo�etters gespel is langs mekaar neer.• Die woorde wat jy neergeskryf het, kan ons ook "noemname" noem. Dit is plekke, dae, maande,

diere en mense se "eie name". Kortom, alle woorde wat ons met 'n hoo�etter skryf en "noemname"is, word eiename genoem. Eiename is dus 'n soort selfstandige naamwoord. Skryf nou nog enigedrie eiename neer, bv. jou gunsteling dag van die week, die maand van die jaar waarin jy verjaar, jouvriend/vriendin se naam, jou held/heldin se naam, ens.

(b) Bull het 'n stofwolk gemaak soos 'n trop skape wat deur die Karoo storm. Versamelname beskryfgroepe dinge. Voltooi nou die onderstaande beskrywing deur dit van die korrekte versamelname te voorsien:

Spiky en sy meisie is deur 'n ______________ rowers oorval.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 29: Afrikaans Huistaal Graad 6

23

Liz is van haar _______________ pêrels beroof wat Spiky vir haarmet haar verjaarsdag gegee het. Spiky en Liz was saam met 'n_______________toneelspelers op pad na die teater.

2.1.33 Aktiwiteit 9:

2.1.34 Om meer van die byvoeglike naamwoord te leer

2.1.35 [LU 6.2.12]

Jy sal oplet dat al die byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige naamwoorde in die laaste paragraafstaan.

Volgens mev. Haussmann loop al die onskuldige kinders onder Spiky deur. Ons kan ook bostaande soosvolg sê: Al die kinders wat onskuldig is, loop onder Spiky deur. Die woord onskuldig staan nou na dieselfstandige naamwoord kinders. Die byvoeglike naamwoord onskuldige het nou na onskuldig verander.

Verskaf nou die byvoeglike naamwoorde tussen hakies in die onderstaande gedeelte na hulle regtevorm. Soms sal dit nie nodig wees om die byvoeglike naamwoord te verbuig nie. Let op hoe die byvoeglikenaamwoorde help om atmosfeer te skep. Skryf slegs die korrekte byvoeglike naamwoord en die meegaandeselfstandige naamwoord neer.

Stadig stap ek in die (kronkel) voetpaadjie af. Dis met mos begroei. Die deurknop is (koud) toe ek ditmet my (sweet) hand oopdraai en die (kraak) voordeur oopstoot. Dis stil. Die (klam) lug en (muf) reuk van'n huis wat lank toegestaan het, spoel teen my voorkop. Die plankvloer is (glad) onder my (beef) voete. Ekskakel die lig aan. Die kat...

2.1.36 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne `n wyeverskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.3 identi�seer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register enwoordkeuses:

1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag enmag, houding teenoor karakters);

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 30: Afrikaans Huistaal Graad 6

24 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

1.5 luister vir inligting in `n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, tele-visiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesi�eke besonderhede.

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor:

2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning open-baar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies);

2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:

2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid vanverskillende teikengroepe;

2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en metiemand te identi�seer.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie en nie-�ksietekste vir verskillende doeleindes:

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto's):

3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap

3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillendesoorte tekste:

3.6.1 identi�seer en evalueer die soort en gepastheid van `n teks se taal en register vir die bedoeldeteikengroep.

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting virleer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 31: Afrikaans Huistaal Graad 6

25

5.4 gebruik taal om skeppend te dink:

5.4.1 beskryf wat hy/sy visualiseer nadat `n teks gelees of gehoor is;

5.4.2 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat hy/sy sou verkies.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 werk met woorde:

6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.6 gaan spelling en betekenis in `n woordeboek of tesourus na,

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herkenen deur betekenis uit die konteks af te lei,

6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;

6.2 werk met sinne:

6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Table 2.1

2.1.37 Memorandum

Aktiwiteit 1

Ontbrekende voorwerpe Beskrywende woorde

duikpak nousluitende, veelkleurige, ens.

duikbril duursame, ingevoerde, ens.

sonbril donkerkleurige, ens.

verkyker sterk, duur, ens.

sandale of plakkies plastiek, gemaklike, ens.

Table 2.2

Aktiwiteit 2 RolspelAktiwiteit 3

(i) Werknemers wat goeie verkope handhaaf. Werknemers wat motors maklik kan verkoop. Werknemersmet inisiatief. (Enige een.)

(ii) Hy het slegs eenjaaroue motors verkoop.(iii) Desmond en sy vrou se kleredrag het verraai dat hulle met vakansie is.(iv) Die dubbelkajuit bied beskerming teen reën, kan plekke bereik (vierwielaangedrewe) wat die duinebesie

nie kan nie en bied plek vir kinders (passasiers). (Enige twee.)(v) André het sy kliënte fyner waargeneem en kan hul behoeftes beter bepaal. André het beter verkoopteg-

nieke gehad. André het meer inisiatief getoon. (Enige een.)

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 32: Afrikaans Huistaal Graad 6

26 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Aktiwiteit 4

(i) Werknemers wat goeie verkope handhaaf. Werknemers wat motors maklik kan verkoop. Werknemersmet inisiatief. (Enige een.)

Aktiwiteit 5 RolspelAktiwiteit 6 Eie slot (dialoog)skaars volopwerknemers werkgewerswarm koudontspan inspanhoog laagaanvallig onaantreklik, lelikreguit skeef, kromrustige woelige, besigebeste swaksteteleurgestelde opgewondeAktiwiteit 7Beide Spiky en mev. Haussmann is nie objektief nie. Bull is mev. Haussmann se hond en sy sien die

insident subjektief. Sy sien net die goeie in Bull raak. Spiky hou heel waarskynlik nie van honde nie en siennet die negatiewe in Bull raak. Hy noem Bull se slagtande en sy kwylende bek.

Aktiwiteit 8(a) Bull, Levis, Spiky, Liz, Karoo(b) Bende, string of snoer, geselskapAktiwiteit 9kronkelende voetpaadjiedeurknop is koudswetende handkrakendeklam lugmuwwe reukplankvloer is gladbewende voete

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 33: Afrikaans Huistaal Graad 6

27

2.2 Gebruik byvoeglike naamwoorde om betekenis oor te dra2

2.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL

2.2.2 Graad 6

2.2.3 Module 4

2.2.4 GEBRUIK BYVOEGLIKE NAAMWOORDE OM BETEKENIS OOR TEDRA

2.2.4.1 Aktiwiteit 1:

2.2.4.2 Om `n verskeidenheid byvoeglike naamwoorde te gebruik om betekenis oor te dra

2.2.4.3 [LU 4.4.1]

2.2.5 DIE KARAKTERVOLLE HUISIE

Figure 2.4

Byvoeglike naamwoorde kan inspan word om verskillende sieninge oor dieselfde saak weer te gee. Jy moetkommentaar oor die huisie uit die oogpunt van enige twee van die volgende persone skryf:

(Maak eers saam met jou maats 'n lys van byvoeglike naamwoorde wat jy by elke persoon sal kan gebruik.)

• 'n nutsman• 'n huisagent• 'n moontlike koper van die huis• 'n skilder (kunstenaar)• 'n gesondheidsinspekteur

2.2.5.1 Aktiwiteit 2:

2.2.5.2 Om inligting duidelik in geskrewe teks oor te dra [LU 4.1.2]

2.2.5.3 Om te beskryf wat gevisualiseer word [LU 5.4.1]

Skryf nou kommentaar oor die huisie soos gesien deur enige twee van die genoemde persone. Kies jou woordeso dat die verskil in hul sieninge duidelik na vore kom. Elke stuk moet ongeveer tagtig woorde bevat.

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m23397/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 34: Afrikaans Huistaal Graad 6

28 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

2.2.5.4 Aktiwiteit 3:

2.2.5.5 Om taal te gebruik om gevoelens oor te dra [LU 2.1.1]

2.2.5.6 Om taal te gebruik om te manipuleer [LU 2.4.2]

2.2.6 LUISTER

(a) Hoe lees 'n mens vertolkend (met 'n verskil)?

Toonhoogte, tempo en intensiteit wissel volgens die aard en die betekenis van die inhoud. As ons opgewonde,bang, kwaad, onthuts of beledig is, praat ons anders as wanneer ons treurig, verslae, rustig of simpatiek is.Vra jul onderwyser om vir jul Pieter en die Wolf van Proko�ev te speel. Die bandopname en kompakskyf(CD) is by biblioteke beskikbaar. Let op hoe die musiek se tempo, toonhoogte en intensiteit wissel. Vergelykdie vinnige, hoë note (die voëltjie) met die stadige, lae note as die gevaar dreig.

(a) Die woordjie Albert gaan op drie maniere aan jou voorgelees word, bv. as Albert se ma

kwaad is;

verras is; en as

hy sy toon gestamp het.

Table 2.3

Luister aandagtig. As die woordjie �Albert� bv. derde gelees word soos wanneer Albert se ma verras is,skryf dan `n syfer 3 in die blokkie daarnaas, ens.

(a) Doen nou dieselfde met: �Het jy dit gedoen?�

bewonderend

kwaad

Table 2.4

(a) Doen soos bostaande: �Ons het alles probeer. Niks wou help nie, maar môre is nog 'n dag.�

opgewonde

verslae

Table 2.5

�Faan, sê my: Hoe is ek? Ek bedoel as jy 'n seun was, ek meen, sê nou jy was nie my broer nie, sal jygedink het . . . ek is oulik? Sou jy vir my in die kerk geloer het? Huh?�

Lees bostaande verliefderig.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 35: Afrikaans Huistaal Graad 6

29

2.2.6.1 Aktiwiteit 4:

2.2.6.2 Om te lees met die oog op begrip

2.2.6.3 [LU 3.1.2]

Lees die onderstaande gedeelte aandagtig deur en beantwoord die vrae. Ses minute word vir die deurleesvan die stuk toegelaat.

Niks nuut onder die son nieSo verskillend, maar ai, tog so dieselfde. Dit is nou as ons ons kleredrag vergelyk met dié van ons

voorgeslagte. Die grootste verskil vandag tussen mans en vroue se kleredrag is dat mans langbroeke dra envroue rokke. Griekse en Romeinse mans het "rompe" gedra, terwyl baie vroue vandag weer langbroek dra.Dit lyk asof die kringloop voltooi is.

In die Griekse en Romeinse beskawings het mans en vroue 'n tipe rok, die "chiton" gedra; knielengte virmans en enkellengte vir vroue. Dit het kort moue gehad. Die "chiton" was 'n reghoekige stuk materiaalwat nêrens gestik was nie. Jong mans het bo-oor die "chiton" 'n mantel gedra wat vasgemaak was oor eenskouer. Vandag dra mans en vroue weer baiekeer dieselfde soort klere, maar vroeër het klere tussen mansen vroue baie verskil en natuurlik ook baie verskil van ons hedendaagse modes. Kom ons kyk 'n bietjie nadie verskille.

In die begin van die eeu was modes baie gekompliseerd. Klere kon nie maklik gedupliseer word nie, wantfabrieke was in die beginstadium. Net rykes kon modeklere bekostig wat deur ontwerpers gemaak is. Gewonemense het maar hul eie klere gemaak.

In die Edwardiaanse Tydperk (1900 - 1918) was die modegier onder vroue die S-kurwe. 'n S-kurwigekorset is onder rokke gedra wat hul boesem vorentoe en agterstewe agtertoe gestoot het. Rokke was voorlaag gesny, die arms kaal en lang handskoene is gedra.

Die korset is gemaak van harde repe walvisbeen van die mond van 'n sekere walvis. Alle klere is geborduurmet kant en sy. Hoede het die uitrustings afgerond en is versier met vere of nagemaakte blomme. Mansklerewas in hierdie tydperk nie so ongemaklik soos vroue s'n nie, maar reëls i.v.m. korrekte kleredrag wasbaie streng. Brittanje se koning Edward VII (die tydperk is na hom vernoem) het gehelp dat die tradisiesgehandhaaf word. Hy het somtyds die toe baie gewilde pak, vandag ons dagpak, gedra, maar (soos die meestemans) gereeld 'n formele baadjie (jastipe) gedra wat laag af tot op die dybeen gestrek het. Die baadjie wasdubbelbors en net in twee kleure, swart of donkergrys. Dit is gedra met 'n gestreepte broek of 'n broekmet 'n blokpatroon. Hierby is 'n keil gedra. Hemde het 'n gestyselde kraag gehad en dit is afgerond met'n strikdas. As hul gaan jag het, of 'n tydjie in die buitelug deurgebring het, was hul net so formeel. 'nNorfolk-baadjie is gedra. Die baadjie was van tweed (soort materiaal) en het 'n gordel gehad. Hierby is 'nkniebroek, lang sokkies en 'n pet gedra.

Vanaf 1918 tot 1929 (tydperk net na die Eerste Wêreldoorlog) moes vroue in fabrieke begin werk omoorlogsimplemente te vervaardig, want die mans moes veg. Vroueklere het gemakliker geword. Lang, los,vormlose baadjies by kuitlengte rompe is gedra. Hoede het breë rande gehad en was laag oor die voorkop.Meisies het soos seuns probeer lyk en die middel van hul klere was laag oor die heupe. Haarstyle was kort.

Vanaf 1920 - 1930 het sonbrand hoogmode geword. Voorheen was 'n wit vel hoogmode. Dit het betekenjy was 'n ware dame, want jy het nie nodig gehad om buite te werk nie. Nou was 'n netjiese gesonbrande vel'n statussimbool. Die eenstuk baaikostuum het sy verskyning gemaak. Vanaf 1939 tot 1945 (tydperk vandie Tweede Wêreldoorlog) het mans hoofsaaklik uniforms gedra en vroueklere was gemaklik en eenvoudig,want daar was 'n tekort aan materiaal vir modeklere.

Vroulikheid en elegansie was die mode in die 1950's. In 1946 was daar 'n atoomontplo�ng op die eilandBikini Atol in die Noordelike Stille Oseaan. Die bikini, na die atoomontplo�ng genoem, het net so 'nontplo�ng op die modefront in die vyftigerjare veroorsaak.

'n Rewolusie het op die modefront in die 1960's plaasgevind. Die modes begin op jongmense konsentreer.Die miniromp maak sy verskyning en ma's probeer nou soos hul dogters lyk. Mans dra nou kleurvolle hemde- groen, pers, blou, rooi, ens. Selfs pakke is nou beskikbaar in ander kleure as bloot swart en grys.

Vanaf 1970 tot in die 1990's was daar een groot verskil. Daar is nie meer een modegier nie, maarverskeie. Daar is nou meer vryheid van keuse en modes is meer individualisties. Die nuutste modegier is juis

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 36: Afrikaans Huistaal Graad 6

30 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

om eksklusiewe klere te dra. Mans- en vroueklere het deesdae baie raakpunte, amper soos die Romeine enGrieke van ouds. Reeds in 1850 is die eerste "uniseks" kledingstuk (die "chiton" uitgesluit) ontwerp deur 'ngoudprospekteerder. Hy het 'n kledingstuk (broek) benodig wat baie slae kon verduur.

Hy maak toe vir hom 'n broek van blou denim waarvan die sakke met koperklinknaels vas was. Sy naamwas Levi Strauss. Eers is Levis of jeans slegs deur cowboys en werksmense gedra, maar in 1970 het dit diewêreld se gewildste drag op die modefront geword - gedra deur beide geslagte, alle ouderdomsgroepe, alleklasse, na die teater en as ontspanningsdrag.

Vandag word sweetpakke, T-hemde, leerbaadjies, wye oortrektruie en sportskoene (tekkies) deur beidegeslagte gedra. Ver verwyder van die "chiton", maar tog so baie dieselfde. Die kringloop is voltooi.

Vry verwerk uit: Fashion, Eleanor van ZandtVoor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkel

slegs die Π by die korrekte antwoord.

• Die grootste verskil deesdae tussen mans- en vroueklere is dat

• mans kortbroeke dra en vroue rompe dra• mans kort hare dra en meisies lang hare dra• mans langbroek dra en vroue rokke dra• Die kledingstuk wat Romeinse mans en vroue gedra het, was die

• "chiton"• S-kurwe korset• lendekleed• Watter een pas nie? In die Edwardiaanse tydperk was

• rokke voor laag gesny• arms van dames bedek• alle klere geborduur met kant en sy• Watter een pas nie? In die begin van hierdie eeu

• het gewone mense hulle eie klere gemaak• kon net rykes modeklere bekostig• het die meeste fabrieke wapens gemaak en kon nie klere vervaardig nie• was fabrieke nog in hulle beginstadium• Die Edwardiaanse Tydperk is vernoem na koning

• Edward V• Edward VII• Edward IX• In die Edwardiaanse tydperk

• het mans meestal wat vandag bekend staan as 'n dagpak gedra• het mans meestal 'n jastipe dubbelborsbaadjie by 'n gestreepte broek gedra• het mans meestal 'n Norfolk-baadjie by 'n broek met 'n blokpatroon gedra• Die hoofkenmerk van vroueklere gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dat

• klere elegant was• klere sportief was

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 37: Afrikaans Huistaal Graad 6

31

• klere vormloos was• klere individualisties was• Manshemde in die Edwardiaanse tydperk

• het 'n gestyselde kraag gehad• was altyd van sy gemaak• was altyd met kant versier• Rompe gedurende die Eerste Wêreldoorlog

• was knielengte• was enkellengte• was kuitlengte• het wyd uitgeklok• Sonbrand het 'n statussimbool onder vroue geword

• voor die Tweede Wêreldoorlog• na die Tweede Wêreldoorlog• gedurende die Tweede Wêreldoorlog• Gedurende die Eerste Wêreldoorlog

• het meisies soos seuns probeer lyk• het seuns probeer om soos meisies te lyk• het seuns en meisies slegs uniforms gedra• Gedurende die 1950's het die mode gefokus

• op gemaklike kleredrag• op sportiewe kleredrag• op vroulike en elegante kleredrag• Die bikini swembroek is vernoem na

• die ontwerper daarvan, John Bikini• die eerste model wat een gedra het, Bikini Atol• 'n atoomontplo�ng op die eiland Bikini Atol• In die sestigerjare van die vorige eeu

• probeer ma's soos hul dogters lyk• probeer dogters soos hul ma's lyk• maak die bikini swembroek die eerste keer sy verskyning• Watter een pas nie? Vanaf 1970 tot in die 1990's

• was klere individualisties• was daar nie slegs een modegier nie• was kleredrag hoofsaaklik "uniseks"• was die neiging om eksklusiewe klere te dra• Die eerste "uniseks" kledingstuk was waarskynlik

• die Norfolk-baadjie

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 38: Afrikaans Huistaal Graad 6

32 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

• die Chiton• jeans• Jeans is hoofsaaklik eers gedra deur

• dames• "cowboys"• kunstenaars• Waar of Onwaar. Sê hoekom jy so sê.

• Levi Strauss het 'n materiaal gesoek wat baie duursaam was.• Levi Strauss was 'n bekende ontwerper.• Jeans is klasgebonde.

2.2.6.4 Aktiwiteit 5:

2.2.6.5 Om sinne saam te stel

2.2.6.6 [LU 4.4.2]

2.2.7 KLEURE EN GEURE

Gebruik die beskrywende woorde in die kolomme hieronder en gaan as volg te werk: Kies 'n soortnaam uitkolom A, asook 'n "kleurwoord" uit kolom B. Soek nou 'n aksie uit kolom C wat hierby pas en kleur dieaksie in met 'n woord uit kolom D.

Voorbeeld: Die rooi maan loer skamerig.Probeer 'n sekere atmosfeer of stemming oordra. Skryf vyf beskrywende sinne neer. Jy mag nog woorde

by die kolomme voeg.

A B C D

sonsondergang grys gloei aanhoudend

maan rooi waai skamerig

son helder skitter helder

wolke blink gly moeisaam

wind brons loer eensklaps

bloeisel vaal blink langsaam

blare donker skyn gedurig

gras glinster sak opwindend

skoenlapper wasig wink dowwerig

berg dowwe styg skielik

Table 2.6

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 39: Afrikaans Huistaal Graad 6

33

2.2.7.1 Aktiwiteit 6:

2.2.7.2 Om vir speelse doeleindes te skryf

2.2.7.3 [LU 4.1.1]

Die haikoe is 'n Japannese digvorm en bestaan uit drie reëls van sewentien lettergrepe. Die eerste reël hetvyf lettergrepe; die tweede sewe en die derde weer vyf. 'n Haikoe is soos 'n beskrywende "foto" wat'n gevoel vasvang. Jy kan selfs die lettergrepe in die reëls wissel solank daar net sewentien lettergrepe is.Gebruik nou die sinne wat jy by 7 (a) gemaak het en maak 'n haikoe-gedig daarvan. Visualiseer die �foto�wat jy wil beskryf.

Voorbeeld: Die rooie maantjieloer skamerig tesamemet wolkies daar ver

2.2.7.4 Aktiwitwit 7:

2.2.7.5 Om minder algemene woorde korrekte spel

2.2.7.6 [LU 6.1.3]

2.2.8 KOM ONS SPEL

Woordeskat: Kies 'n gepaste woord uit die onderstaande kolom en voltooi die sinne wat volg. Maak baieseker van die spelling van die nuwe woorde wat jy in die module geleer het.

weerlose, werkgewer, petalje, spesialiseer, geïnspekteer, dubbelkajuit,individualisties, werknemer, nutsman, gesondheidsinspekteur

(i) Vandag is dit mode om klere te dra wat _________________ is.(ii) Die ________________ dier is genadeloos deur die man geskop.(iii) Na die ______________________ by die motorhawe het die __________

van die motorhawe die ____________________ afgedank.

(i) Hy _______________ in die verkoop van eenjaar-oue motors.(ii) Die _____________ kan alles in en om die huis herstel.(iii) Die ______________ het die gehawende huisie _____________ .(iv) Die ______________ voertuig is 'n ideale ontspanningsvoertuig.

2.2.8.1 Aktiwiteit 8:

2.2.8.2 Om woordeskat deur woordvorming te ontwikkel

2.2.8.3 [LU 1.8]

Die hardlopende kinders het hulle uit die brandende huis gehaas terwyl gillende ouers hulle met blydskapontvang het. Die skitterende optrede van die brandweer was 'n opvallende kenmerk van die dag.

• Onderstreep al die woorde in bostaande paragraaf wat op -ende eindig. Maak toe jou oë enprobeer om hulle met jou vinger in die lug te skryf.

• Maak sinne met die volgende woorde wat op -ende eindig:

trillende, skokkende, bloedstollende, �adderende en treurende

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 40: Afrikaans Huistaal Graad 6

34 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

2.2.8.4 Aktiwiteit 9:

2.2.8.5 Om homofone te verstaan

2.2.8.6 [LU 6.1.11]

Woorde met y en ei

Onderstreep die woord met die korrekte spelling in elke sin.i) As 'n mens deur die wêreld (reis, rys), sien jy hoe mense se kleredrag verskil.ii) Dit is 'n (fyt, feit) dat jongmense vandag verkies om individualistiese klere te dra.iii) Ons kan nie op hom (peil, pyl) trek nie.iv) Hy (wei, wy) sy aandag aan die ontwerp van nuwe klere.v) Die (steil, styl) van die klere is baie modern.Maak nou verklarende sinne met die woorde wat jy nie onderstreep het nie.

2.2.9 Assessering

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor:

2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning open-baar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies);

2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:

2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid vanverskillende teikengroepe;

2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en metiemand te identi�seer.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie en nie-�ksietekste vir verskillende doeleindes:

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 41: Afrikaans Huistaal Graad 6

35

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto's):

3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap

3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillendesoorte tekste:

3.6.1 identi�seer en evalueer die soort en gepastheid van `n teks se taal en register vir die bedoeldeteikengroep.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

4.2 ontwikkel en organiseer eie idees deur die skryfproses:

4.2.3 hersien werk deur op inhoud, gepaste taal, struktuur en styl te fokus en terugvoering van klasmaatsen onderwyser te gebruik;

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.1 woordvlak:

• kies, gebruik en eksperimenteer met `n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belang-stelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;

• spel dikwels gebruikte woorde korrek en gaan spelling van nuwe woorde na;

4.4.2 sinsvlak:

• gebruik `n verskeidenheid saamgestelde en veelvoudige sinne.

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor:

2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning open-baar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies);

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 42: Afrikaans Huistaal Graad 6

36 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:

2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid vanverskillende teikengroepe;

2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en metiemand te identi�seer.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie en nie-�ksietekste vir verskillende doeleindes:

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto's):

3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap

3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillendesoorte tekste:

3.6.1 identi�seer en evalueer die soort en gepastheid van `n teks se taal en register vir die bedoeldeteikengroep.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

4.2 ontwikkel en organiseer eie idees deur die skryfproses:

4.2.3 hersien werk deur op inhoud, gepaste taal, struktuur en styl te fokus en terugvoering van klasmaatsen onderwyser te gebruik;

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.1 woordvlak:

• kies, gebruik en eksperimenteer met `n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belang-stelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 43: Afrikaans Huistaal Graad 6

37

• spel dikwels gebruikte woorde korrek en gaan spelling van nuwe woorde na;

4.4.2 sinsvlak:

• gebruik `n verskeidenheid saamgestelde en veelvoudige sinne.

Table 2.7

2.2.10 Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie antwoordeAktiwiteit 2 Eie kommentaarAktiwiteit 4

(i) dat mans langbroek dra en vroue rokke dra(ii) chiton(iii) arms van dames bedek(iv) het die meeste fabrieke wapens gemaak en kan nie klere vervaardig nie(v) Edward VII(vi) het mans meestal `n jastipe dubbelborsbaadjie by `n gestreepte broek gedra.(vii) klere vormloos was(viii) het `n gestyselde kraag gehad(ix) was knielengte(x) voor die Tweede Wêreldoorlog(xi) het meisies soos seuns probeer lyk(xii) op vroulike en elegante kleredrag(xiii) `n atoomontplo�ng op die eiland Bikini Atol(xiv) probeer ma's soos hul dogters lyk(xv) is klere hoofsaaklik �uniseks�(xvi) jeans(xvii) �cowboys�(xviii) Waar, werksmense moes `n kledingstuk hê wat baie slae kon verduur.

Onwaar, hy was `n goudprospekteerder.Onwaar, almal dra dit deesdae (alle klasse).Aktiwiteit 5(i) - (v) Laat leerlinge groepe vorm en toepaslike byvoeglike naamwoorde by elke nommer soek. Hul

moet ook fokus op korrekte spelling (Woordeboek).Aktiwiteit 6 Eie haikoe-gedigteAktiwiteit 7 (a)

• individualisties• weerlose• petalje, werkgewer, werknemer• spesialiseer• nutsman• gesondheidsinspekteur, inspekteer• dubbelkajuit

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 44: Afrikaans Huistaal Graad 6

38 CHAPTER 2. KWARTAAL 2

Aktiwiteit 8

(i) hardlopende (ii) Eie sinne

brandendegillendeskitterendeopvallendeAktiwiteit 9(i) reis

(i) feit(ii) peil(iii) wy(iv) styl(v) fors(vi) peil

• rys - Ons eet rys.• fyt - Sy het fyt in haar vinger en dis baie seer.• pyl - Die man pyl op die misdadiger af.• wei - Die koeie wei langs die draad. Jy wei nie genoeg

oor die saak uit nie.

• steil - Die bult is steil.• vors - Hy is die vors van die ryk koninkryk.• pyl - Hy skiet met `n pyl en boog.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 45: Afrikaans Huistaal Graad 6

Chapter 3

Kwartaal 3

3.1 Om a�eidings uit 'n tekes te maak1

3.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL

3.1.2 Graad 6

3.1.3 Module 5

3.1.4 OM AFLEIDINGS UIT `N TEKS TE MAAK

3.1.5 Aktiwiteit 1:

3.1.6 Om uit gelese teks a�eidings te maak

3.1.7 [LU 3.1.2]

Lees die onderstaande deur en bewoord die vrae:KOOP JY DIE NAAM?Dit maak nie regtig saak hoe duur die bande van 'n motor is, of dat 'n eksotiese parfuum se bottels in

Venesië geblaas is, of dat 'n beroemde vulpen vervaardig word van die hitteskild wat vir die ruimte-pendeltuig,Columbia, gebruik is nie.

Wat saak maak, sê die mense wat probeer peil hoe verbruikers se grille werk, is die naam. Hoe die produklyk of wat dit is, is skynbaar van minder belang as die naam of die kenteken wat baie duidelik aangebringmoet word.

Dink maar aan die volgende name en probeer produkte daar byvoeg: Cartier, Pierre Cardin, ChristiaanDior of Poco Rabanne.

Nie die geur, glans, waarborg of mode is so deurslaggewend nie. Dit geld vir enigiets en alles, van diegroot handgemaakte motor met die RR op sy snoet tot polshorlosies en roomys.

Die gewildheid van 'n naam wissel soms van gemeenskap tot gemeenskap en saam met die vlak vaningeligtheid van sekere groepe. As dit bloot gaan om die bekendheid van 'n handelsnaam wat mense maklikonthou, is Coca-Cola los voor op die jongste wêreldranglys, die Europese ranglys - en by gekleurde Suid-Afrikaners.

By blankes word die bekende koeldrank geklop deur Pick 'n Pay en Checkers, sê mej. Sue Grant van diemarknavorsers Markinor, na aanleiding van 'n opname wat hulle 'n paar maande gelede gemaak het.

Blanke Suid-Afrikaners onthou die handelsnaam Pick 'n Pay die beste en plaas dit ook bo-aan die lysvan maatskappye wat hulle die meeste bewonder.

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m23398/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

39

Page 46: Afrikaans Huistaal Graad 6

40 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Gekleurde Suid-Afrikaners se rangorde vir maatskappye wat hulle bewonder, stem baie meer ooreen methandelsname wat hulle spontaan onthou. Daar is uitsonderings soos Toyota wat hoog opgegee word onder diemaatskappye wat hulle bewonder, maar nie hoog op die lys is van handelsname wat hulle spontaan onthouhet nie.

Hoe dit ook al sy, die Suid-Afrikaanse rangorde se klem val hoofsaaklik op kos en verskil baie van dié inEuropa en die wêreld, waar voedsel, benewens koeldrank, beperk is tot McDonalds se hamburgers.

SUID-AFRIKA SE TOP TIEN

Blankes Ander Groepe

Pick 'n Pay Coca-Cola

Checkers SAB

Coca-Cola OK Bazaars

OK Bazaars Pick 'n Pay

Woolworths Lever Bros

Koo Checkers

Edgars Eskom

Toyota Shell

Volkswagen Clover

Philips Toyota

Table 3.1

(a) Bespreek gou die volgende vrae in groepe:(b) Waaraan koppel julle die volgende name: Pierre Cardin, Christiaan Dior, Cartier?(c) Op watter handgemaakte motor sal jy die kenteken RR aantref?(d) In watter land word die motor gemaak?(e) Beantwoord nou die volgende vrae individueel:(f) Watter handelsnaam word wêreldwyd die maklikste onthou?(g) Watter twee handelsname klop bostaande handelsnaam onder blanke Suid-Afrikaners?(h) Wat is, volgens die artikel, die belangrikste aspek wat `n produk verkoop?(i) Verskaf een woord uit die leesstuk vir die volgende:

• omhulsel wat teen hitte beskerm• dit gee die deurslag• iets in `n spesi�eke orde plaas• Hoe verskil die Suid-Afrikaanse rangorde (alle bevolkingsgroepe) van die wêreldrangorde?• Hoekom leef die naam Bugatti vandag nog voort?

3.1.8 Aktiwiteit 2:

3.1.9 Om na `n voorlesing te luister en die hoofgedagtes op te som

3.1.10 [LU 1.5]

`n Artikel gaan voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel voorgelees sodat jy dit kan geniet eninligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf voorgelees word en jy moet dan die hoofgedagte inelke paragraaf bepaal en neerskryf.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 47: Afrikaans Huistaal Graad 6

41

Skryf `n artikel oor Venesië, verslind jy die stad (dalk by herhaling) met smaak. Dit is immers Venesië.Jy kry nooit genoeg van die stad nie! Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan van omtrent die gansemensdom wat al bevoorreg was om dié romantiese stad te beleef. Kyk maar na vele skrywers, digters,draaiboekskrywers, silwerdoeksterre, koninklikes, politici en gewone toeriste wat hier inspirasie gevind het.

Ja, dit is vuil en verwaarloos en bouvallig en beknop, rommel dryf op die kanale en opdrifsels woelrusteloos op die trappe en onwelriekende reuke bekruip jou dikwels onverwags in `n stegie, maar dit worddeur die res van Venesië verswelg.

Dis `n stad van teenstellings en dalk is dit juis dít wat altyd iets nuuts en bekoorliks oplewer, selfs albesoek `n mens die stad keer op keer. Dis kil in sy verlatenheid (veral saans) en knus in sy oorvol geroesemoesvan besoekers (veral bedags). Daar is straatsmouse en ontwerperswinkels, glaskrale, rustige gondels enongeduldige watertaxi's. Daar is McDonald's-eetplekke en pizza-toonbankies teenoor strikdaskelners metcordon bleu-spyskaarte. Jy hoor vals trekklavierdeuntjies teenoor klassieke vioolwerke.

Venesië het eksotiese Murano-glasontwerpe teenoor kitsch sypaadjie-aandenkings van plastiek. Lu-idrugtige massas op St. Markus-plein en Rialto-brug teenoor godverlate stegies en pleintjies; wellustigemanne, bejaardes, joviale gondeliers en fris vrugteverkopers. Dis polsend, sterwend, opwindend, hartseer,vreedsaam, onheilspellend. Dis Venesië.

Die St. Markus-plein is jou baken met sy omsoomde kante van eksotiese boetieks en restaurants waar `nkoppie cappuccino soveel soos `n ete kos, maar met soveel �nesse aangebied word deur `n strikdaskelner enmet vioolmusiek in die voorgrond.

Die duiwe in hulle honderde is al deel van elke St. Markus-plein foto; hulle pik aan jou roomys en sit netwaar jy wil hê hulle moet sit. Van vroegdag af sit-lê moeë toeriste aan die voet van die bekende kloktoringom energie op te bou vir die terugstap na waar hulle vandaan kom, want in Venesië word baie gestap.

Die kronkelende doolhof van St. Markus-plein na die Rialto-brug op die �Grand Canale�, is `n belewenis, `nslakkegang tussen die winkels en stalletjies en die soekende toeriste na `n toilet (waaraan daar `n groot skaarsteis). Vir die koopverslaafdes is die Rialto-brug `n moet. Daar is leerartikels, kamee-juwele, porseleinmaskersen �poppe, syserpe, Murano-glasjuwele, aandenkings en dan die vars somervrugtemark.

Nou vir jou ontdekkingstog. Kies enige. Nou gaan ek en u begin stap (verkieslik vroeg sodat jy tyd kaninruim om te verdwaal). Êrens beland `n mens in die pleintjies (piazzas) waar ou Italiaanse vroue kuier endie manne `n bier sit en drink en hier en daar `n loslyf tiener verby giggel met `n vriend.

Kruis die kanale met gewone gondels. Neem `n rit per watertaxi op die �Grand Canale� en kyk op na dieverskillende boustyle van eertydse adel se woonplekke met stylvolle kandelare. Ry af tot by die waterkant enhaal vroegoggend `n boot na Burano, `n eiland bekend vir sy kantbedryf. Kleurryke visserhuise, karaktervolleseekosrestaurante, `n skewe kloktoring (soos Pisa), maak die vervalle eiland `n heerlike besoekpunt. Met syvuil kanale, grootoog-katte, singende gondeliers, afgeskilferde, skewe geboue, kleurryke stalletjies, geurigepizzas en ryk cappuccino-geure, bly hierdie een van die mees fassinerende stede ter wêreld.

Maretha van der Merwe (Die Burger, 30 Oktober 2001)

(a) Noudat jy na die artikel oor Venesië geluister het, merk met `n [U+F0D6] by die onderstaande wat jybeskou as die hoofgedagte van die artikel.

Venesië � die vervelige stad

Venesië � `n stad van kontras

Venesië � die vuil stad

Table 3.2

(a) Paragraaf vir paragraaf gaan nou aan jou voorgelees word, en daarna twee of drie hoofgedagtes wat indaardie paragraaf voorkom waaruit jy moet kies. Jy moet weer eens `n regmerkie maak by die gedagtewat jy verkies.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 48: Afrikaans Huistaal Graad 6

42 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Paragraaf 1

Venesië is `n stad met baiedraaiboekskrywers, silwerdoek-sterre en koninklikes.

Venesië se andersheid gryp dieverbeelding aan.

Table 3.3

Paragraaf 2

(i) Skryf die hoofgedagte in jou eie woorde neer.

Paragraaf 3

Daar is baie McDonald's-eetplekke en pizza-toonbankiesin die stad.

Dis `n stad van teenstellings.

Daar is baie fris vrugteverkopersin Venesië.

Table 3.4

Paragraaf 4

Cappuccino word deur strik-daskelners en met vioolmusiekaangebied.

Die St. Markus-plein is joubaken.

Table 3.5

Paragraaf 5

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 49: Afrikaans Huistaal Graad 6

43

Daar is `n groot skaarste aan toi-lette in Venesië.

Die duiwe in hulle honderde isdeel van die St. Markus-plein.

Table 3.6

Paragraaf 6

In Venesië beland `n mens orals in klein pleintjies.

Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug `n moet.

Table 3.7

Paragraaf 7

In Venesië moet `n mens vroe-goggend `n boot na Burano haal.

Venesië bly een van die meesfassinerende stede ter wêreld.

In Venesië is daar baie grootoog-katte.

Table 3.8

3.1.11 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne `n wyeverskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde(ASe)

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 50: Afrikaans Huistaal Graad 6

44 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.5 luister vir inligting in `n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, tele-visiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesi�eke besonderhede.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie- en nie-�ksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte,romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie- en nie-�ksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte,romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

Table 3.9

3.1.12 Memorandum

Aktiwiteit 1 (a)(i) Bekende ontwerpers(ii) Rolls Royce

(i) Brittanje

(b)(i) Coca-Cola

• Pick `n Pay en Checkers• Die kenteken (die naam)• Hitteskild, deurslaggewend, rangorde• Ons rangorde fokus hoofsaaklik op kos.• Die naam leef in mense se koppe voort, want `n Bugatti was `n beroemde sportmotor.• Marknavorsers

Aktiwiteit 2(a) Venesië � `n Stad van kontras(b)Paragraaf 1 � Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan.Paragraaf 2 � Die stad is vuil, maar dit word deur die res van die stad verswelg.Paragraaf 3 � Dis `n stad van teenstellingsParagraaf 4 � Die St. Markus-plein is jou bakenParagraaf 5 � Die duiwe in hulle honderde is deel van die St. Markus-plein.Paragraaf 6 � Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug `n moet.Paragraaf 7 � Venesië bly een van die mees fassinerende stede ter wêreld.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 51: Afrikaans Huistaal Graad 6

45

3.2 Bespreek 'n uitdagende onderwerp2

3.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL

3.2.2 Graad 6

3.2.3 Module 6

3.2.4 BESPREEK `N UITDAGENDE ONDERWERP

Was dit nie vir advertensies nie, sou ons dagblaaie maklik vyf maal duurder gekos het en sou ons nienaastenby so `n verskeidenheid programme op TV kon geniet nie. Dit is egter belangrik dat ons ons nie deuradvertensies laat breinspoel nie.

Bestudeer die onderstaande advertensie en doen dan die aktiwiteite soos gevra.

Figure 3.1

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m23399/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 52: Afrikaans Huistaal Graad 6

46 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

3.2.5 Aktiwiteit 2:

3.2.6 Om `n uitdagende onderwerp te bespreek

3.2.7 [LU 2.1.3]

Hou `n klasdebat oor die volgende onderwerp: Dit is belangrik / nie belangrik nie om vandag slank en uiterlikaantreklik te wees.

3.2.8 Aktiwiteit 2:

3.2.9 Om `n visuele teks (plakkaat) te ontwerp

3.2.10 [LU 4.1.3]

van ondervoeding aan die ander kant uit te beeld. Jy kan individueel werk en dan jou poging hier invoeg ofjulle kan in groepe werk en jul pogings (plakkaatgrootte) êrens in die klaskamer uitstal.

3.2.11 Aktiwiteit 3:

3.2.12 Om idees vir `n onderwerp te ontwikkel

3.2.13 [LU 4.2.1]

Ons weet dat duisende mense daagliks in die wêreld sterf weens ondervoeding en wanvoeding. Stel nou `ngebalanseerde dieet saam vir `n week. Vergelyk dit met jou dieet van die afgelope week. Jy kan gebruikmaak van geheuekaarte, vloeidiagramme, lyste, ens.

3.2.14 Aktiwiteit 4:

3.2.15 Om werk netjies aan te bied [LU 4.3]

3.2.16 Om oor taal te praat [LU 6.6]

Drink Coca-ColaDie borrelgasdrankiewat skuimsprankelenden goudbruin vonkelvan lokgenot.Elke mondvol smaak rondvolmet lekkerprikprikkels op die tongen laat die mond dagvars.Die woorde skuimsprankelend, lokgenot en lekkerprikprikkels is neologismes (nuwe skeppings) wat lekker

op die oor val en dadelik aandag trek. Die belangrikste aspek van 'n advertensie is dat dit die aandag moettrek. Indien die leser nie die advertensie tussen al die ander uitsonder en lees nie, is die hele boodskapverlore. Daar is verskillende maniere om aandag te trek: eerstens die visuele, soos bv. die illustrasie, diekleur, die uitleg, die lettertipe en tweedens die kopie, d.w.s. die woorde, die boodskap, die opskrif, ens.'n Goeie advertensie moet dus die leser oorreed, nie verouderd wees nie, nie misleidend wees nie en op 'nteikengroep gemik wees.

Kies nou enige advertensie uit `n tydskrif. Beoordeel nou die advertensie aan die hand van die gegewekriteria.

Beoordeel jou advertensie aan die hand van die volgende punte:

• Illustrasie: (Trek dit jou aandag? Is dit gepas? Is dit groot genoeg? Tref dit die teikengroep?)• Kleur: (Is dit kleurvol genoeg? Is die regte kleure gekies? Trek dit dadelik jou aandag?)

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 53: Afrikaans Huistaal Graad 6

47

• Lettertipe: (Is dit groot en duidelik genoeg? Staan dit duidelik uit? Word kleure afgewissel?)• Boodskap: (Is dit kort en kragtig? Staan die naam van die produk vir die leser duidelik uit? Word

interessante uitdrukkings gebruik?)• Opskrif: (Is dit groot genoeg? Maak dit die leser nuuskierig? Pas dit by die advertensie?)• Is daar enige neologismes? Skryf dit neer.• Hoe sal jy die advertensie verbeter?

3.2.17 Aktiwiteit 5:

3.2.18 Om uit Engels in Afrikaans te vertaal

3.2.19 [LU 5.3.5]

In `n veeltalige land moet ons inligting van een taal na `n ander kan omskakel. Vertaal die volgende stukkeoor die popster Bjork in keurige Afrikaans. Gebruik `n goeie woordeboek. Moenie in die slagyster trap enwoord vir woord vertaal nie. Laat jou onderwyser/es jou met die eerste een of twee paragrawe help. Jullekan ook `n paragraaf of twee in groepe aanpak.

BJoRKBjork operates on a di�erent wavelength. She is eccentric, slightly out of sync. Who else would wear a

dress made out of a paper lantern or in the shape of a swan? Yet she is so shy she rarely gives interviews.She once described herself as �skinless� as if too much exposure would harm her. She lives more comfort-

able with the sounds she hears in her head, which range from the crack of ice to the �ight of butter�ies.Bjork's main di�culty is talking: �It took me a long time to get around words,� she says. I wasn't a big

fan of words. I sang noises until I was 20. To put words in my songs was an e�ort to communicate with thehumans.� The humans? Bjork speaks as if she is another creature. Film director Lars van Trier called hera madwoman. Others hail her as a musical genius.

Bjork, 35, is a tiny el�ike �gure. She grew up in a purple-painted communal house in Reykjavik, Iceland,raised by hippie parents. In rebellion, by the age of 15, she founded a punk band called Spit and Snot.Then came The Sugarcubes. Now she is a global icon. She wrote much of her �rst solo album, Debut, inthe evening when her son, Sindri, was asleep. Her last solo album, Homogenic, was louder than life. �Itwas the most extrovert, ampli�ed, can-you-hear-me music.� The new album, Vespertine, is the opposite. �Ihave gone inwards,� she says. It was composed during the darkness and sleet of an Icelandic winter, andshe believes her country's weather had a dramatic impact on her vision. �You have to �ght the weather allthe time,� she says. �People who go there think Icelanders are really stressed out. We've got this awkwardthing, which is 24-hour darkness in the winter, and a 24-hour daylight in summer. It means that in winteryou're just inside and get everything done on your own, and then in summer you go absolutely mad, likebears after hibernating.

Magazine, Sunday Times, 30 September 2001

(a) Vertaling in groepe(b) Vertaling individueel Jou leerkrag sal aan jou verduidelik hoeveel en watter paragrawe jy individueel

moet vertaal.

3.2.20 Aktiwiteit 6:

3.2.21 Om vir speelse en skeppende doeleindes te skryf

3.2.22 [LU 4.1.1]

3.2.23 LIMERIEKE

Philip de Vos is `n limeriekskrywer van formaat. Nou wat vir `n ding is `n limeriek? Dis `n soort rympie met`n herkenbare ritme en rympatroon.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 54: Afrikaans Huistaal Graad 6

48 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Twee katte van die straatSokkies en sy maatHet die grote stry gekryNaels uit word woes bakleiKrap en skreeu hul intamatiestraat.Vry verwerk uit Die Burger 1/11/2001`n Tipiese limeriek bestaan uit vyf reëls:

• In reël een word `n stelling gemaak of `n situasie geskets.• In reëls twee tot vier word `n probleem genoem of word gesê wat gebeur.• In Reël vyf word die oplossing of gevolg gegee.

Die rympatroon lyk as volg:(1) a staat(2) a maat(3) b gekry(4) b baklei(5) a straatSkryf nou jou eie limeriek hieronder deur bostaande riglyne te volg.

3.2.24 Aktiwiteit 7:

3.2.25 Om idiomatiese uitdrukkings te gebruik

3.2.26 [LU 6.4.6]

In die limeriek by nr. 6 sien ons dat die twee katte in groot moeilikheid was; hul was in tamatiestraat.Idiomatiese taalgebruik of idiome is soos speserye in kos, dit maak ons taal geurig.

Voorbeeld: Hy het Morné se �ets geleen, dit het gebreek en nou sit hy in tamatiestraat.

Skryf idiome neer waarin jy die volgende sleutelwoorde gebruik. Illustreer die idiome soos hierbo.

• kat en hond• kalf• halwe eier• duim• lang tande

3.2.27 Aktiwiteit 8:

3.2.28 Om `n resensie te skryf

3.2.29 [LU 4.1.2]

In die meeste tydskrifte en koerante verskyn daar resensies, bv. CD-resensies. Lees die onderstaande tweeCD-resensies en skryf dan jou eie resensie oor `n CD van jou keuse. Dalk kan jul `n paar in die klas speel envasstel wie se resensie die oorspronklikste is.

CHEB MAMIIDelalli (***)Dié CD is Cheb Mami se eerste vrystelling sedert �Desert Rose� met Sting. Bekend as die Prins van Rai,

is dié energieke jongeling van Algerië reeds langer as `n dekade bekend. �Delalli� (wat �geliefde� beteken) is sybeste album nog. Die eerste snit �Le Rai C'est Chic� is `n danstre�er met Sting en behoort hoofstroomaandagvan plaaslike radiosenders te kry. (IP)

I Hope you dance (**)

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 55: Afrikaans Huistaal Graad 6

49

Stroopsoet-country deur `n vrou met `n soet stem en `n nog soeter smaak in lirieke. Sy snik van verloreliefde, verlore kanse, eensaamheid, en wens ook deurgaans dat dit eendag beter sal gaan. Sterkte, suster.(GB)

3.2.30 Aktiwiteit 9:

3.2.31 Om hoo�etters korrek te gebruik

3.2.32 [LU 6.2.9]

Lees die onderstaande leesstukke deur.�Gogga maak vir baba bang��Gogga maak vir baba bang. Antjie Somers gaan jou vang.� Dink vrees. Dink spierwit kneukels in `n

krampagtige greep om `n Renault stuurwiel. Dink 3 l - V6 agter in `n Clio . . . en hy's op pad. Kan nie wágdaarvoor nie.

Mense hou van vrees. Adrenalien. Dié gevoel dat `n groot en vreesaanjaende krag elkeen van jou sinapsegebruik om xilofoon te speel.

Dit laat jou juig dat jy lewe. Dat jy elke greintjie lewe uit jou bestaan gaan uitwring.En dis presies waarom motors soos die Renault Clio 3 l � V6 gebou word.Nie om twee snotneuse, `n vlooisak van `n hond en `n dikbek wederhelf mee te vervoer nie.Dié motor het sy eerste verskyning in 1998 al op die Paryse Motorskou gemaak en is verlede jaar in

beperkte getalle op die Europese mark losgelaat.Motorburger: 25/11/2001, Jaco Kirsten`Sak-freaks' kan nou baljaarNuut op die lysie vir sak-freaks is Fish�nger se nuwe reeks Safe Tra�c, wat ons verlede week genoem

het in `n berig oor sakke wat tieners dra. Vandeesweek wys ons julle hoe dié nuwe konsep, wat verlede weekbekend gestel is en teen Desember op winkelrakke sal pryk, lyk. Maar moet nie te lank talm nie, want almalis gaande oor die gewilde Fish�nger-sakke. Die nuwe reeks sal beslis nie lank op die rakke bly nie. Fish�nger-sakke tel ook onder die pryse in Jip se Mej. Matriek-kompetisie wat vanjaar in die Bloemendal-restaurantgehou word.

Soos die vorige reekse, word die nuwe Safe Tra�c-reeks individueel gemaak. Dit word van die allertaaistebestanddele, waaronder PVC, vervaardig en het `n rubberafwerking.

Dis `n heel eerste in die wêreld � die malse modebykomstigheid hierdie somer vir ouens en meisies. Nieeen van die sakke lyk dieselfde nie. Daarom is dit heeltemal onmoontlik dat jy iemand met net so `n saksoos jy sal raakloop. En dit word gewaarborg deur `n unieke metaalplaatjie met `n ingeponste nommer.

Nie een van die sakke lyk dieselfde nie. Daarom is dit heeltemal onmoontlik dat jy iemand met net so `nsak soos jy sal raakloop. En dit word gewaarborg deur `n unieke metaalplaatjie met `n ingeponste nommer.

Die Burger � November 2001Beantwoord nou onderstaande vrae n.a.v. bostaande leesstukke

(a) Hoekom word Antjie Somers, Renault, Clio, Paryse Motorskou en Europese met hoo�etters geskryf?(b) Skryf nou die eiename uit �Sak-freaks kan nou baljaar� hieronder neer. Moenie die eiename herhaal

nie. Daar is sewe.(c) Skryf die name van die week langs mekaar neer met `n komma tussen elkeen.(d) Skryf jou adres hieronder neer.(e) Hoekom word pa in die eerste sin met `n hoo�etter geskryf, maar nie in die tweede sin nie?

(i) My ma het aan Pa `n Renault Clio present gegee.(ii) My ma het aan my pa `n Renault Clio present gegee.(iii) Gebruik nou die woordjie oom op dieselfde wyse.(iv) Skryf `n gewilde tydskrif se naam hieronder neer.(v) Skryf `n naam van `n boek wat jy onlangs gelees het, hieronder neer.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 56: Afrikaans Huistaal Graad 6

50 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(vi) Kan jy `n algemene reël saamstel? Besluit in groepe.

3.2.33 Aktiwiteit 10:

3.2.34 Om die ontkennende vorm gepas te gebruik

3.2.35 [LU 6.2.7]

In die eerste sin van die derde paragraaf van �Gogga maak vir baba bang� by Aktiwiteit 3.5 lees ons dievolgende: Dit laat jou juig dat jy lewe. `n Mens sou dit ontkennend kan stel, naamlik : Dit laat jou nie

juig dat jy lewe nie. Let op die dubbele gebruik van die woordjie nie. Dis eie aan Afrikaans.

• Skryf twee ontkennende sinne uit die leesstukkie neer.• Maak die volgende sinne ontkennend. Mooi dink!

(i) Martli het `n vraag gevra.(ii) Sarel is die wenner.(iii) Was jy al ooit oorsee?(iv) Iemand het dit gesê?(v) Iets het verlore gegaan.

3.2.36 Aktiwiteit 11:

3.2.37 Om die funksie en gebruik van getal, verkleinwoorde en geslag te verstaan

3.2.38 [LU 6.1.10]

(a) Voltooi die volgende kolomme:

ENKELVOUD MEERVOUD VERKLEINWOORD

lys

reekse

prysies

kompetisie

meisies

wekie

bestanddeel bestanddele

modebykomstighede

ou

winkelrak winkelrakkies

sakkie

Table 3.10

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 57: Afrikaans Huistaal Graad 6

51

Dis weer pure parstyd in die BolandDis parstyd in die Boland. Op Bloemendal, tussen die Durbanville-heuwels, is Magdaleen (Tottie)

Langeveldt en haar parsskêrtjie besig om die sauvignon blanc in die balies te kry.Sewe jaar reeds volg sy die seisoene van die druif. �Ek het mooi geleer om die wingerd op te bou, die oes

af te haal en hoe om te pars.�Magdaleen is leidster van die gedugte Bloemendal-vrouespan. Hulle veertien vroue is �famous�, sê sy

terwyl sy `n bietjie regop staan en haar rug kans gee. Haar blinkgevatte skêrtjie hou sy gereed in die hand.�Baie mense weet van ons. Ons is die voorsnyers hier. Ons sny vinnigter as die mans, ons vingers kry dit

net reg.�En as ons rye uit is, moet ons nog vir hulle gaan help ook!�Vroue het in baie opsigte die rugsteun in die wynbedryf geword, sê Jackie Coetzee, eienaar/wynmaker

van Bloemendal. �Daar is nie net `n toename in vroulike wynmakers nie, maar ook in vroulike werkers �soos Magdaleen � in die wingerd.�

Met hul sagter aanslag is hulle veral goed in die oplei van die wingerd, sê Coetzee. �Hulle is werklik `nkundige klomp, ek gebruik hulle ook in die spesialiteitsblokke op die plaas.�

Magdaleen sê sy't met afkyk en mooikyk by die ou hande geleer �wat om met `n wingerd te maak�. `nKursus in arbeidsverhoudinge en toesighouding, waarin sy eksamen moes skryf, het haar `n verdere hupstootas spanleier gegee, vertel sy.

�Ek as werknemer probeer om `n goeie spangees hier te hê.�Die plukkery hou vir `n maand en `n half aan, maar daar is heeljaar werk vir die vroue. In die kelder

botteleer, etiketteer en verpak hulle die wyn.Maar parstyd bly die lekkerste. �Dan jaag almal, almal is vrolik, hier's nuwe mense wat bykom, ons

ontmoet mekaar in die land en dan's ons vrolik by mekaar.�Alles gebeur tussen die �paletjies�, verduidelik sy. Dis die opleipale tussen die wingerdstokke. �Jy kry jou

ponskaartjie met jou naam op (sy vroetel in haar voorskootsak vir hom), jy kry jou balie en dan vat jy joupaal en jy begin te sny. Van daai paal tot daai paal is daar agt stokke in `n boom, so kry jy jou balie vol,en jy kry `n pons, en dan kom die draer en jy slaat weer oor na die volgende paletjie.�

Die trossies val een vir een, wys sy met haar knippertjie. �As jy een mis moet jy later terugkom om joupaal skoon te sny.�

Magdaleen is in die Tygerberg gebore. Al is Bloemendal nie haar geboorteplek nie, sê sy, het sy daarkom wortel skiet. Haar man, Johannes, is een van die drywers, hy ry op die oomblik met die trekker diedruiwe rond.

Sy het reeds voorheen saam met `n vrouespan gewerk, by `n skrootwerf op die Vissershokpad. �Régtemanswerk. Ek was daar ook toesighouer. Toe kry my man hier werk, en ons trek hierheen. Ek is bly onshet hier kom vashaak, druiwe is vir my beter as skroot. Ek sal maar hier aangaan soveel as my liggaam mykan dra.�

(Kaapse draai deur Hanlie Retief, Rapport 2 Maart 2003)(b) Skryf die swartgedrukte woorde uit bostaande leesstuk neer en daar langsaan die teenoorgestelde

geslag. (Daar is 10 woorde.)(c) Verskaf die teenoorgestelde geslag van die swartgedrukte woorde in die volgende sinne:

(i) My kêrel is my broer se vriend.(ii) Die bruid en strooimeisie was mooi aangetrek.(iii) Die koning is `n wewenaar.(iv) Die beoordelaar het die sanger aan die bloemiste voorgestel.

(d) Ons fokus nou net op die laaste twee paragrawe van �Dis weer pure parstyd in die Boland. Skryf vyfeiename uit die laaste 2 paragrawe van die leesstuk neer.

(e) Wat is `n skrootwerf?(f) Regte manswerk. Ek was daar ook toesighouer. Skryf die teenoorgestelde geslag van die swartge-

drukte woorde neer.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 58: Afrikaans Huistaal Graad 6

52 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(g) �Ek sal maar hier aangaan soveel as my liggaam my kan dra.� Skryf die verkleinwoord van liggaamneer.

(h) Haar man, Johannes, is een van die drywers. Skryf die enkelvoud van drywers neer.

3.2.39 Assessering

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor:

2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op `n logiese, samehangende en gestruktureerdemanier (soos: plakkaataanbiedings, verslae, debatte).

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedrukword (soos kennisgewings, verslae);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, gra�ka en ontwerpduidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe metfoto's);

4.2 ontwikkel en organiseer idees deur die skryfproses:

4.2.1 hou `n dinkskrum oor idees vir `n onderwerp en ontwikkel idees deur `n wye verskeidenheid bronne teraadpleeg, gepaste inligting te kies en idees te organiseer deur strategieë soos kopkaarte, vloeidiagrammeen roosters te gebruik;

4.3 lewer netjiese werk met spesi�eke aandag aan aanbieding (soos: omslag, inhoudsopgawe, uitleg, gepasteillustrasies of gra�ka).

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting virleer te verkry, verwerk en gebruik.

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 59: Afrikaans Huistaal Graad 6

53

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.3 verwerk inligting:

5.3.5 verander inligting van een taal na `n ander.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.2 werk met sinne:

6.2.7 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;

6.2.9 gebruik hoo�etters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt,afkappingsteken, aanhalingstekens;

6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:

6.4.6 toon kennis van die gebruik van `n verskeidenheid idiomatiese uitdrukkings;

6.6 gebruik metataal:

6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor taal te praat (terme soos neologismes).

Table 3.11

3.2.40 Memorandum

Aktiwiteit 13.3 (a)(i) Hulle baklei soos kat en hond

(i) Die kalf is in die put, so dit help nie dat jy nou wil studeer nie(ii) `n Halwe eier is beter as `n leë dop(iii) Hy suig die storie uit sy duim en dis heeltemal onwaar(iv) Sy eet met lang tande, want sy is reeds versadig

Aktiwiteit 3

• Dis eiename (noemname)• Fish�nger, Safe Tra�c, Desember, Jip, Mej. Matriek-kompetisie, Bloemendal-restaurant en PVC• Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondag• Eie adres• Hier word Pa as `n eienaam (noemnaam) gebruik.• Bv. Sal Oom my met die taalleer help?

Dit is my oom se motor.

• Bv. Die Huisgenoot• Bv. Sirkelmaan (enige titel)

(i) Eiename (noemname) van plekke, mense, tydskrifte, straatname, ens. word altyd met `n hoo�etter gespel.Aktiwiteit 4(a) Kan nie wag daarvoor nie.Nie om twee snotneuse, `n vlooisak van `n hond en `n dikbek wederhelf mee te vervoer nie.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 60: Afrikaans Huistaal Graad 6

54 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(b)(i) Martli het nie `n vraag gevra nie(ii) Sarel is nie die wenner nie

• Was jy nog nooit oorsee nie?• Niemand het dit gesê nie• Niks het verlore gegaan nie

Aktiwiteit 5(a)

• lys lyste lysie• reeks reekse reeksie• prys pryse prysie• kompetisie kompetisies kompetisietjie• meisie meisies meisietjie• week weke wekie• bestanddeel bestanddele bestanddeeltjie• modebykomstigheid modebykomstighede modebykomstigheidjie• ou ouens outjie• winkelrak winkelrakke winkelrakkie• sak sakke sakkie

(b)

• sy � hy• leidster � leier• Bloemendal-vrouespan � Bloemendal-manspan• vroue � mans• eienaar � eienares• wynmaker - wynmaakster• vroulike � manlike• werkers � werksters• spanleier � spanleidster• werknemer � werknemer/werkneemster

(c)(i) nooi, suster, vriendin

(i) bruidegom, strooijonker(ii) koningin, weduwee(iii) beoordelares, sangeres, bloemis

10.(c) Magdaleen, Tygerberg, Bloemendal, Johannes, Vissershokpad(d) `n Plek waar afvalmetaal verwerk en geberg word(e) vrouewerk, toesighoudster(f) liggaampie(g) drywer

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 61: Afrikaans Huistaal Graad 6

55

3.3 Lees vir inligting3

3.3.1 AFRIKAANS HUISTAAL

3.3.2 Graad 6

3.3.3 Module 7

3.3.4 LEES VIR INLIGTING

1. Dis `n erkende feit dat ons samelewing onder velerlei euwels (�wortels van vele kwaad�) gebuk gaanen dat ons almal hierdeur beïnvloed word. Dwelmmisbruik, middelafhanklikheid, drink en bestuur,misdaad, ens., is maar net `n paar van die �wortels van vele kwaad� wat bitter vrugte dra.

(a) Lees die volgende berig oor drankmisbruik aandagtig.

Lugdienste Gaan Vlerke Van Besopenes KnipKAAPSTAD � Besope lugpassasiers se dae van moles maak, is dalk binnekort verby.In `n poging om lugwoede te bekamp, sal die SAL voortaan strenger optree teenoor passasiers wat vlugte

onaangenaam en gevaarlik maak.Mnr. Rich Mkhondo, SAL-woordvoerder, sê die kaptein van enige vliegtuig het die reg om passasiers wat

te veel alkohol ingeneem het, van die vliegtuig te laat verwyder en te laat aankla.Oortreders sal `n waarskuwing kry. Hulle kan egter ook aangekla en beboet word.Die SAL en ander lugdienste stel tans `n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelik

oortree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie.Alle passasiers sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word. � (Hanlie Booysen)Die Burger, 2 Februarie 2002

(a) Vul die ontbrekende woorde in sonder om weer na die voorafgaande volledige artikel te kyk:

Besope _______________ se dae van moles maak, is dalk binnekortverby. In `n poging om lugwoede te bekamp, sal die ___________voortaan strenger optree teenoor _____________ wat vlugteonaangenaam en gevaarlik maak. Mnr. Rich Mkhondo, SAL-woordvoerder, sê die ____________van enige vliegtuig het die regom passasiers wat te veel ______________ ingeneem het, van die__________________te laat verwyder en te laat aankla. Oortreders sal `n__________________kry. Hulle kan egter ook aangekla en_________ word. Die SAL en ander ________________ stel tans`n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelikootree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie. Alle_________________ sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word.(Hayley Booysen)Die Burger, 2 Februarie 2002

LU/AS 3.1.2

Table 3.12

(a) Lees die volgende berig aangaande misdaad aandagtig deur:

3This content is available online at <http://cnx.org/content/m23400/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 62: Afrikaans Huistaal Graad 6

56 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Klant Byt Polisieman Aan Sy HandLAINGSBURG. � `n Aggressiewe klant wat hier in `n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die

eienaar in `n woordewisseling daarmee gegooi het, het boonop daarna `n geregsdienaar aan die hand gebyten geweier om te laat los.

Die 24-jarige mnr. Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouws ná die voorval 23 dagga-sigarettegevind het, is hier in die landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en aanranding van`n polisieman.

Sers. Gouws, wat na die kafee ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onderdie invloed van dwelms was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het sers. Gouws aan dielinkerhand gebyt. Ná `n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.

Verwerk uit Die Burger

(i) Onderstreep die korrekte antwoord sonder om weer na bostaande berig te kyk:

`n Aggressiewe (klant, man) wat hier in `n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die eienaar in `nwoordewisseling daarmee (gegooi, geslaan) het, het boonop daarna `n geregsdienaar aan die (vinger, hand)gebyt en geweier om te laat los. Die (24-jarige, 30-jarige) Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouwsná die voorval 23 dagga-sigarette gevind het, is hier in die (hooggeregshof, landdroshof ) skuldig bevind aandie onwettige besit van dagga en aanranding van `n (sersant, polisieman). Sers. Gouws, wat na die (kafee,supermark) ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onder die invloed van (dwelms,dagga) was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het (geweier, ingewillig) dat hy deursoekword. `n Hewige (woordewisseling, geveg) het tussen die twee uitgebreek en mnr. Skermand het sers. Gouwsaan die linkerhand gebyt. Ná `n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.

LU/AS 3.1.2

Table 3.13

Lees die berigte by 1.1 en 2.1 hardop aan `n groep maats voor. Lees soos `n nuusleser oor die radio of optelevisie sal lees.

LU/AS 3.1.1

Table 3.14

1. Lees onderstaande berig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Lees eers die vraeen dan die teks, dan weet jy vir watter inligting om te soek.

PADGEBRUIKERS GEMAANWes-Kaapse Dodetal Styg; Oos-Kaap s'n DaalDie gesindheid van motoriste in die Wes-Kaap moet nóú verander om `n �swart feestyd van padsterftes�

te keer, volgens `n verteenwoordiger van die veldtog Kom Veilig Daar.Na verwagting sal 25 persent van vanjaar se padslago�ers vandeesmaand op Suid-Afrika se paaie sterf.

Dis voorwaar `n swart boodskap in wat veronderstel is om `n feestyd te wees. Is dit nie `n skrikwekkendegedagte nie? Veral as `n mens in ag neem dat navorsing bewys dat 50 persent van alle padslago�ers voor `nongeluk sterk drank gebruik het.

Mnr. Kenny Africa het aan Die Burger gesê hy is moedeloos omdat vanjaar se feestyd-padsterftesyfer indié provinsie by die vakansie-halfpadmerk al baie hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar is,het Helen Coetzee berig.

Volgens statistieke wat Woensdag bekend gemaak is, het 70 mense van 1 tot 25 Desember op Wes-Kaapsepaaie gesterf. Verlede jaar was dit 58. Die Wes-Kaapse totaal vir die feestyd was 106 padsterftes.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 63: Afrikaans Huistaal Graad 6

57

Die hoofoorsake van ongelukke is volgens Africa nog dieselfde: spoed, drankmisbruik, bestuurders watnie rus nie en te kort volgafstande handhaaf.

�Dit kom neer op mense se gesindheid. Dit moet verander, anders kom daar `n slagting met die terugkeervan vakansiegangers.�

Africa het gesê `n bestuurder wat naby Vredenburg teen 240 km/h gery het, is met R1 500 beboet, eenwat buite die Paarl teen 140 km/h in `n 70 km/h-gebied gery het, is `n boete van R1 000 opgelê, en een watbuite Laingsburg teen 122 km/h in `n 60 km/h-gebied gery het, is `n boete van R1 500 opgelê.

Africa sê dié boetes is �belaglik� en dien nie as afskrikmiddel nie.Mnr. Richard Benson van Ry Veilig, `n nie-regeringsorganisasie wat hom vir padveiligheid beywer, het

gesê die regering vorder jaarliks R16 miljard in met belasting op petrol en motorverkope, waarvan slegs R20miljoen in verkeersverwante sake teruggeploeg word.

Volgens Benson is die regering se mikpunt van `n 5%-vermindering in padsterftes te laag.Benewens spoed, speel die oormatige gebruik van alkohol ook `n groot rol in padongelukke. Spoed het uit

die aard van die saak veral betrekking op motor- en motor�etsryers, terwyl drankmisbruik alle padgebruikers(ook voetgangers) raak.

Dit is `n erkende feit dat wanneer die alkoholgehalte van bloed bo `n sekere vlak styg, `n mens se reaksietydaansienlik verswak. Dit beteken dus dat `n motoris met `n sopie of twee agter die blad, in `n krisissituasienet daardie breukdeel van `n sekonde stadiger reageer � en dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken.Studies het getoon dat die meeste jong bestuurders wat saans vir verkeersoortredings aangekeer word, alkoholgebruik het. Dikwels is huispartytjies die plek waar jong mense die eerste keer met alkohol kennis maak. Ditis die plig van ouers om dit wat te drinke aangebied word op tienerpartytjies, goed te kontroleer. Dit is baiebelangrik dat tieners hul verantwoordelikheid en voorreg besef, want deesdae raak tieners in `n al hoe grotermate mobiel.

Ondanks al hierdie skokfeite neem die dodetal op ons paaie jaarliks toe. Is dit dalk `n kwessie van: �Ditkan nie met my gebeur nie?�

`n Paar gulde reëls om in gedagte te hou: alkohol en petrol is nie `n gesonde mengeldrankie nie; spoedlaat dinge � ook ongelukke � soveel vinniger gebeur; verkeersreëls is nie gemaak om gebreek te word nie.

Op Gautengse paaie het sedert 1 Desember 115 mense gesterf, in KwaZulu-Natal 97, in die Oos-Kaap enVrystaat elk 64, in Mpumalanga en Noordwes elk 60, in die Noordelike Provinsie 17 en in die Noord-Kaap16. Die landwye totaal is 563.

• Die helfte minder mense het sedert die begin van die feestyd op paaie in die Oos-Kaap gesterf as in dieooreenstemmende tydperk verlede jaar, het Burton Fourie eergister uit Port Elizabeth berig.

Volgens mnr. Tsepho Machaea, woordvoerder vir die padveiligheidsprojek Kom Veilig Daar, het altesame64 mense vanjaar hul lewe op die provinsie se paaie verloor.

In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het die dodetal reeds op 120 gestaan.

• Byna 40% van al die sterfgevalle op Suid-Afrikaanse paaie is voetgangers, het mnr. Dullah Omar,minister van vervoer, op Oukersdag by `n padblokkade van die veldtog Kom Veilig Daar op Georgegesê.

�As elke motoris en voetganger gehoor gee aan ons padreëls, sal ons dié slagting kan beperk.�Verwerk uit Die Burger, 29 Desember 2001 en SALUS (Volume 12 nr. 6)

a) Beantwoord die volgende vrae skriftelik deur bostaande artikel te raadpleeg:

• Wat bedoel mnr. Africa as hy sê dat die boetes vir spoedoortredings belaglik is?• `n Mens hoef nie besope te wees om `n gevaar op die pad te wees nie. Watter invloed het die gebruik

van alkohol op die mens wat `n oorsaak van padongelukke kan wees?• Wat verstaan jy onder die volgende?

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 64: Afrikaans Huistaal Graad 6

58 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

• `n skrikwekkende gedagte

• vandeesmaand

• tieners raak in al hoe groter mate mobiel• Watter grootste enkele aspek van motoriste in die Wes-Kaap (en ook in ander provinsies) moet verander

om die baie sterftes op ons paaie met feestyd te keer?• Wat het die skrywer in gedagte as hy/sy sê: �Is dit dalk `n kwessie van dat dit nie met my kan gebeur

nie?�• Wat word met die volgende uitdrukkings bedoel?

• Alkohol en petrol is nie `n gesonde mengeldrankie nie.

• `n Sopie of twee agter die blad.

• `n Swart boodskap.

LU/AS 3.1.2

Table 3.15

• Ontwerp `n teken (embleem) om motoriste van die gevaar van drink en bestuur bewus te maak.

LU/AS 4.1.3

Table 3.16

`n Artikel gaan aan julle voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel vir julle voorgelees sodatjulle dit kan geniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf aan julle voorgelees word enjulle moet dan die hoofgedagte in elke paragraaf bepaal en onderstreep. Elkeen gaan ook `n artikel, wat diehoofgedagte saamvat, skryf.

LU/AS 1.5

Table 3.17

Sakelui met `n dodelike produkSnags staan hulle skouer aan skouer op plekke soos Kloofstraat en Tuine en in Seepunt se Hoofweg. Hulle

praat nie Afrikaans, Engels of enige van die inheemse tale nie en verkoop dwelms. Jan Taljaard het na dieNigeriese konneksie gaan kyk wat volgens alle getuienis nie net die Suid-Afrikaanse dwelmhandel oorneemnie, maar ook nuwe markte skep. Om hul vas te trek, is `n reusetaak, want hul sorg altyd dat hulle `n alibihet.

Hulle is entrepreneurs van formaat: vindingryk, nie bang vir nuwe uitdagings of omstandighede nie enfyn beplanners wat weet wat hulle wil en doelgerig daarna werk. Jong sakelui van die jaar, moenie glo nie.Op `n glansgeleentheid gaan jy dié groep sakelui egter nie sommer kry nie. Hulle verkoop eintlik dwelms.

Die polisie verwys politiek korrek en beskrywend genoeg na hulle as �die Wes-Afrikane wat wel by diedwelmhandel betrokke is�. Navorsers en mededingers is meer op die man af en sê dis die Nigeriërs. Op straatis hulle sommer net �die Nigerians�.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 65: Afrikaans Huistaal Graad 6

59

Skewe lof kom van mense soos Peter Gastrow van die Instituut vir Sekerheidstudie in Kaapstad watruiterlik erken dat die groepe se vaardighede en veral beplanningsvermoë hulle in `n eie klas misdadigersplaas.

In `n verslag van die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelmbeheer en Misdaadvoorkoming word diegroep ook telkemale op die naam genoem. Luidens die verslag beheer Nigeriërs nie net die kokaïen- enheroïenmarkte in Suid-Afrika nie, maar het hulle die markte in groot mate geskep.

Supt. Riaan Redelinghuys van die narkotikaburo in Kaapstad gee die navorsers gelyk. In een van die meesonlangse voorbeelde van markskepping waarmee hy te doen gekry het, is `n hoërskoolseun van Brackenfellin `n inkopiesentrum deur `n �Wes-Afrikaan� genader.

Die man het aan hom `n selfoon en 15 Ecstasy-tablette gegee. Vir die tiener was die versoeking omgrootmeneer tussen sy maats te speel, net te groot en hy het dit gevat. Die volgende week het die �lantroophom op sy selfoon gebel en gesê hy het weer vir hom �iets�, maar dié keer kan hy sommer geld maak ook.

Hy het aan die tiener weer E's en ook `n bietjie kokaïen gegee. Dié keer moes hy dit onder sy maatsverkoop en kon hy dan `n deel van die wins vir homself hou. Binne `n week het die handelaar dus `n nuwemark geskep.

Pa's en ma's van tieners in die Kaapse Skiereiland is ernstig gewaarsku teen die gevare wat die gebruikvan dwelms vir jong mense inhou. Dit kom nadat die grootste besending LSD onlangs deur die polisie senarkotikaburo gevind is. Altesaam 2 000 Ecstacy-tablette, asook 844 vierkantjies (�caps�) LSD en meer as300 kg kokaïen is deur die polisie in die Bo-Kaap onderskep. Ecstasy is `n dwelmmiddel wat soms op waaiersof in lugversorgers by nagklubs gestrooi word.

`n Nuwe militêre bewind in die tagtigerjare in Nigerië en die feit dat dwelmbase daar strenger vasgevat is,het die Nigeriërs na Afrika laat uitwyk. Ook Suid-Afrika is geteiken en vandag is Durban een van die grootmarkte vir crack, heroïen en kokaïen en sommer ook `n stad waar baie Nigeriërs hul gevestig het. Handelaarsverskaf aanvanklik kosteloos dwelmmiddels, m.a.w. hul sorg dat die kraantjie aanvanklik oop bly totdat `nmark geskep is, baie mense verslaaf is en dan as die gewoonte gevestig is, word die skroewe skerp aangedraaien moet baie duur vir dwelms betaal word. Dit word later so duur dat verslaafdes moet roof en selfs moordpleeg om dit te kan bekostig.

80% van die kokaïen waarop in Afrika beslag gelê word, word in Suid-Afrika gevind. Die Goudstadwas eers die mekka van dwelmhandelaars, maar nou is Kaapstad die teiken. Tien jaar gelede was kokaïen`n betreklik �rykmansdwelm� en heroïen onbekend. Nou lyk die prentjie anders, want kokaïen is nou naasdagga en Mandrax, die gewildste dwelm in Kaapstad en die voorkoms daarvan die hoogste in die Moederstad.Altesame 56% van alle aangehoudenes in Kaapstad wat vrywillig getoets is, het spore van minstens een dwelmin hul liggaam gehad, teenoor 50% in Durban en 29% in Gauteng. In Mitchells Plain en Seepunt was diesyfer onderskeidelik 64% en 65%.

In Seepunt het 14% van die mense kokaïen gebruik kort voordat hulle aangekeer is. Heroïenverwantegevalle het in vyf jaar van 3% na 10% opgeskiet. Die ergste is dat dit meestal jong mense was. Na ramingverteenwoordig wit tieners sowat 90% van die heroïengebruikers in die land. Dié dwelm word deesdaetoenemend onder skoolkinders in veral Bellville se omgewing gekry. Dat die Nigeriërs na Kaapstad gekom,die plek behoorlik deurgekyk en eindelik verower het, is gewis.

Verwerk uit Die Burger, 15 Januarie 2002

(a) Onderstreep die hoofgedagtes in bostaande artikel, Sakelui met `n dodelike produk, en skryf dan in joueie woorde `n kort artikel waar jy die hoofgedagtes saamvat. Jou artikel moet nie langer as honderdwoorde wees nie. Jy vat dus net die hoofgedagtes (hoof-boodskap) saam.

LU/AS 4.4.3

Table 3.18

(a) Bespreek die volgende stelling (dink daaroor en beredeneer dit): Armoede in Suid-Afrika lei daartoedat mense hulle tot dwelmhandel wend.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 66: Afrikaans Huistaal Graad 6

60 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

LU/AS 5.1.3

Table 3.19

(a) Skryf die meervoud van pa en ma uit die negende paragraaf van die artikel neer.(b) Onderstreep die lettergreep wat die klem in onderstaande woorde dra in rooi en skryf dan die meervoud

van die woorde neer. Spreek die woorde hardop uit om te bepaal waar die klem val.

ouma

oupa

komma

sofa

dahlia

kamera

Table 3.20

• Waar val die klem in bostaande woorde as jy dit hardop uitspreek?• Doen nou dieselfde met onderstaande woorde:

pa

ma

karba

hoera

Yamaha

Table 3.21

(iii) Waar val die klem nou?

(i) Wat kan jy uit bogenoemde t.o.v. die vorming van meervoude a�ei?

(iv) Waarom word ouma dus nie met `n afkappingsteken (`) geskryf nie?

LU/AS 6.2.10

Table 3.22

(e) Om die dwelmhandelaars vas te trek, is boonop `n reuse taak, want hulle het altyd `n alibi. Slaandie betekenis van die woord alibi in `n verklarende woordeboek na en skryf dit hieronder neer.

(i) Skryf die meervoud van alibi neer.

(i) Wat sal die meervoude van die volgende woorde wees?

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 67: Afrikaans Huistaal Graad 6

61

ski

taxi

rabbi

sari

Table 3.23

(i) Wat kan jy uit die bogenoemde t.o.v. die vorming van meervoude a�ei?(ii) Kan jy sien dat `n afkappingsteken hier belangrik is, anders sou ons probleme met die uitspraak van

die woorde in die meervoud gehad het?

(a) Om `n foto van `n dwelmverslaafde te sien wat aan onttrekkingsimptome ly, is baie ontstellend.

Skryf die meervoud van foto neer:

• Wat kan jy dus verwag van die vorming van die meervoude van die volgende woorde: solo, radio enbanjo?

• Skryf ook die meervoude van die volgende woorde wat op `n �o eindig, neer:

kano

eggo

kommando

dinamo

Table 3.24

• Lei nou `n spelreël t.o.v. die vorming van meervoude van bogenoemde af.

• Maak seker dat jy die betekenis van al die woorde waarmee jy meervoude gemaak het, ken.• Weet jy wat `n balju is? Skryf die meervoud van balju neer.

Kan jy a�ei wat die meervoud van skadu sal wees? Skryf dit neer.

(i) Woorde wat eindig op `n beklemtoonde a, `n i, o of u, kry `n

in die meervoud.

LU/AS 6.2.10

Table 3.25

(a) Pa's en ma's van tieners in die Kaapse Skiereiland is gister ernstig gewaarsku.

Watter woordsoort is die vetgedrukte gedeelte in bostaande sin?

(i) Is daar woorde wat vir ons sê hoe? waar? of wanneer? die ouers gewaarsku is?

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 68: Afrikaans Huistaal Graad 6

62 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Noem die woorde en skryf langsaan of dit vir jou sê hoe, waar of wanneer pa's en ma's gewaarsku is.Kan jy dus in bogenoemde geval sien dat daar twee woorde is wat vir ons meer van die werkwoord

(gesegde) �is gewaarsku� vertel? Die woorde gister en ernstig is dus bywoorde.Gister is `n bywoord van tyd (wanneer?) en ernstig `n bywoord van manier of wyse (hoe?). Die ander

twee bywoorde het te doen met waar `n aksie plaasvind.Hy staan daar. Waar staan hy? Daar. Daar is dus `n bywoord van plek. Sy hardloop vorentoe.

Waar? Vorentoe. Vorentoe is `n bywoord van rigting. Nog sulke woorde is hiernatoe, agtertoe ensoontoe.

Skryf drie sinne neer en gebruik hiernatoe, agtertoe en soontoe as bywoorde van rigting.

LU/AS 6.2.11

Table 3.26

3.3.5 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne `n wyeverskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.3 identi�seer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register enwoordkeuses:

1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag enmag, houding teenoor karakters);

1.5 luister vir inligting in `n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, tele-visiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesi�eke besonderhede.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 69: Afrikaans Huistaal Graad 6

63

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie- en nie-�ksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte,romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedrukword (soos kennisgewings, verslae);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, gra�ka en ontwerpduidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe metfoto's);

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.3 paragraafvlak:

• skryf `n kernsin en sluit relevante inligting in om `n samehangende paragraaf te ontwikkel.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 werk met woorde:

6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.6 gaan spelling en betekenis in `n woordeboek of tesourus na,

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herkenen deur betekenis uit die konteks af te lei,

6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;

6.2 werk met sinne:

6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 70: Afrikaans Huistaal Graad 6

64 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Table 3.27

3.3.6

3.3.7 Memorandum

Aktiwiteit 1 (b)lugpassasiersSALpassasierskapteinalkoholvliegtuigwaarskuwingbeboetpassasiers(d) klantgegooihand24-jarigelanddroshofpolisiemankafeedwelmsgeweiergevegAktiwiteit 2(i) Omdat die boetes nie as afskrikmiddel dien nie.(ii) Dit verswak mense se reaksietyd aansienlik.(iii) `n Gedagte wat `n mens bang maak.Hierdie maand.Al hoe meer tieners het die gebruik van motors.(iv) Hul gesindheid.(v) Die dodetal neem jaarliks toe omdat mense dink dat hulle nooit in `n ongeluk betrokke sal raak nie,

en dus nie verkeersreëls gehoorsaam nie.(vi) Dit kan noodlottig wees as `n mens sterk drank inneem voordat jy bestuur.Een of twee drankies gedrink.Slegte nuus.Aktiwiteit 3 Eie ontwerp.Aktiwiteit 4Paragraaf 1

• Jan Taljaard het na die Nigeriese konneksie gaan kyk wat volgens alle getuienis nie net die Suid-Afrikaanse dwelmhandel oorneem nie, maar ook nuwe markte skep.

Paragraaf 2

• Hulle verkoop eintlik dwelms.

Paragraaf 3

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 71: Afrikaans Huistaal Graad 6

65

• Navorsers en mededingers is meer op die man af en sê dis die Nigeriërs.

Paragraaf 4

• ... die groepe se vaardighede en veral beplanningsvermoë hulle in `n eie klas misdadigers plaas.

Paragraaf 5

• Luidens die verslag beheer Nigeriërs nie net die kokaïen- en heroïenmarkte in Suid-Afrika nie, maarhet hulle die markte in groot mate geskep.

Paragraaf 6

• Vir die tiener was die versoeking om grootmeneer tussen sy maats te speel, net te groot en hy het ditgevat.

Paragraaf 7

• Binne `n week het die handelaar dus `n nuwe mark geskep.

Paragraaf 8

• Handelaars verskaf aanvanklik kosteloos dwelmmiddels, m.a.w. hul sorg dat die kraantjie aanvanklikoop bly totdat `n mark geskep is, ...

Paragraaf 9

• Kokaïen is nou, naas dagga en Mandrax, die gewildste dwelm in Kaapstad en die voorkoms daarvandie hoogste in die Moederstad.

Paragraaf 10

• Na raming verteenwoordig wit tieners sowat 90% van die heroïengebruikers in die land.

Aktiwiteit 5

(a) pa's en ma's(b) oumas

oupaskommassofasdahliaskameras(i) op die eerste lettergreep van elk woord(ii) pa'sma'skarba'shoera'syamaha's(iii) op die laaste lettergreep(iv) Wanneer `n woord op `n a eindig, word die meervoud soos volg bepaal:As die a onbeklemtoon is (�kort� a), voeg `n mens net `n s by. Indien die a beklemtoon is (`n �lang� a),

kry die woord in die meervoud `n `s.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 72: Afrikaans Huistaal Graad 6

66 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(v) Die eerste lettergreep word beklemtoon, en nie die laaste een (a) nie. Dis `n �kort�, onbeklemtoondea.

(c) Bewering dat `n mens op die oomblik toe `n misdaag gepleeg is, op `n ander plek was.(i) alibi's(ii) ski'staxi'srabbi'ssari's(iii) Die vokaal (i) aan die einde van die woord is `n �skep� i (ie-klank). Indien daar slegs `n s bygevoeg

word, sou dit die uitspraak belemmer. Dis m.a.w. ook `n beklemtoonde i.(iv) Ja

(a) foto's

(i) Hulle sal almal `n afkappingsteken (`s) hê.(ii) kano'seggo'skommando'sdinamo's(iii) Woorde wat op `n beklemtoonde (�lang�) o eindig, kry `s. Slegs `n s sou die uitspraak belemmer,

want dit sou `n kort, onbeklemtoonde o-klank impliseer.(v) balju'sskadu's(vi) `sAktiwiteit 6(i) werkwoord (is gewaarsku = werkwoord)(ii) ernstig � hoe?Kaapse Skiereiland � waar?gister � wanneer?(iii) Almal moet hiernatoe kom om kos te kry.Ons moes agtertoe skuif om voor plek te maak.Hulle het soontoe gegaan om rugby te speel.

3.4 Leesaktiwiteite4

3.4.1 AFRIKAANS HUISTAAL

3.4.2 Graad 6

3.4.3 Module 8

3.4.4 LEESAKTIWITEITE

1. DIE VERMISTE JUWELEKISSIE

Mev. Natalie Haussman is `n stralerjakker. Sy was al drie keer getroud. Haar vorige man, mnr. DieterHaussman, die skatryk nyweraar, het sy verlaat en vir `n jaar lank oorsee gaan rondrits. Sy het duur smaak,volg Paryse modes slaafs na en is versot op skuimbaddens, sjampanje en kaviaar. Haar spandabelrigheid hethaar egter begin inhaal en deesdae word sy gereeld in die vermeende dwelmhandelaar, Claus von Bodenstein,se geselskap gesien. Sy huur tans die Koninginsuite in die bekende vyfster Maynardville Hotel in Kaapstad.Sy bring ook baie tyd op haar jag, Die Victoria, wat in die Kaapse seiljaghawe voor anker lê, deur. Hier

4This content is available online at <http://cnx.org/content/m23401/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 73: Afrikaans Huistaal Graad 6

67

onthaal sy en Claus von Bodenstein van sy berugte vriende. In die Kaapse gesiene kringe word ge�uisterdat sy `n koerier vir kokaïene is.

1. Ek is seker nadat jy bostaande gedeelte gelees het, jy verskeie �beelde� in jou geestesoog (verbeelding)gevorm het. Gebruik nou taal skeppend en beskryf vir ons (mondelings) wat jy visualiseer.

2. Visualiseer en beskryf die Koninginsuite3. Visualiseer die seiljag Victoria4. Visualiseer en beskryf Claus von Bodenstein

LU/AS 5.4.1

Table 3.28

• Die aand van 25 Mei 2002 was daar, volgens mev. Haussman, `n inbraak in haar suite en is haarjuwelekissie gesteel. Sy is, volgens haar, in haar aantrekkamer oorval en van agter met `n marmer-beeldjie oor die kop geslaan. Sy het nie die aanvaller gesien nie. Sy het later haar bewussyn herwinen ontvangs geskakel wat die polisie ontbied het. In haar kamer op `n Koning Lodewyk XIV-tafeltjieis twee glase drank gevind, asook `n bottel whisky. Daar is ook 500 g kokaïen in `n kaslaai gevind. `nSwart klapmus, wat mev. Haussman ontken hare is, is op die vloer aangetref.

• Wat het gebeur? Jy is die speurder. Los die diefstal op. Bestudeer die illustrasie deeglik en stel `npolisieverslag saam. Jou verslag sal die volgende opskrifte hê: Saaknommer; Datum van misdaad;Ondersoekbeampte; Lêernommer.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 74: Afrikaans Huistaal Graad 6

68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Figure 3.2

LU/AS 4.1.2

Table 3.29

1.2 Die deurwag, mnr. Johan Schwartz, het die dag van die diefstal `n verdagte karakter die hotelsien binnegaan, min of meer die tyd toe die diefstal volgens mev. Haussman plaasgevind het. Kom onsveronderstel jy was die deurwag. Kies een van die skurke, knip dit uit en plak ditop `n vel papier. Beskryfdie karakter so volledig moontlik. Gee aandag aan fynere besonderhede. Bou só `n identikit van die krimineelop.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 75: Afrikaans Huistaal Graad 6

69

Figure 3.3

Figure 3.4

Figure 3.5

Figure 3.6

LU/AS 4.1.1

Table 3.30

1. Sersant Jordaan het ook die saak ondersoek en die volgende vrae aan mev. Haussman gestel. Beant-woord die vrae in die direkte woorde soos jy dink mev. Haussman dit beantwoord het. Beantwoordasseblief in volsinne.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 76: Afrikaans Huistaal Graad 6

70 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(a) �Hoe laat is u in u hotelkamer oorval?�(b) �Waarmee is u aangeval?�(c) �Hoe dink u het die aanvaller toegang tot u suite verkry?�(d) �Saam met wie het u `n drankie geniet voordat u aangeval is?�(e) �Hoekom het u ontvangs geskakel en nie die polisie nie?�(f) �Aan wie behoort die klapmus wat op die kamervloer lê?�(g) �Wat word alles saam met u juwelekissie vermis?�(h) �Is u juwele verseker en vir watter bedrag?�(i) �Wanneer het u laas met mnr. Claus von Bodenstein kontak gemaak?�(j) �Ek en my ondersoekspan het kokaïen in u suite gevind. U sal ons na die polisiekantoor moet vergesel.

Wil u u regsverteenwoordiger skakel?�(k) Die antwoorde wat jy neergeskryf het, is die direkte woorde soos mev. Haussman geantwoord het.

Mnr. Jordaan se vrae is ook in die direkte rede. Wanneer ons die direkte rede gebruik, is diedirekte woorde wat die persoon gesê het, altyd tussen aanhalingstekens. Mev. Haussman hetsersant Jordaan geantwoord: �Ek het saam met `n vriendin, Mieke Laubser, `n drankie geniet.� Diewoorde tussen aanhalingstekens is dus mev. Haussman se direkte woorde. As jy bv. ook deel van dieondersoekspan was en later die inligting aan `n kollega moet deurgee, sal jy dalk soos volg rapporteer:Mev. Haussman het gesê dat sy saam met haar vriendin, Mieke Laubser, `n drankie geniet het. Hierword dus van die indirekte rede gebruik gemaak. Die aanhalingstekens word nou weggelaat.

(l) Skryf nou al die antwoorde (direkte rede) van (a) tot (j) in die indirekte rede oor. Jy was deel vandie ondersoekspan en vertel nou aan iemand anders wat mev. Haussman geantwoord het.

(m) Daar is dus twee maniere om te skryf wat iemand anders gesê het. Kyk na die volgende voorbeelde:

• Mev. Haussman sê: �Ek het mnr. Von Bodenstein gister laas gesien.�• Mev. Haussman sê dat sy mnr. Von Bodenstein gister laas gesien het.• Wanneer `n insident egter in die verlede gebeur het, is daar `n paar aspekte waarop ons moet let. Kom

ons veronderstel mev. Haussman is verlede week aangeval. Nou sal bogenoemde sinne so daar uitsien:• Mev. Haussman het gesê: �Ek het mnr. Von Bodenstein gister laas gesien.�• Mev. Haussman het gesê dat sy mnr. Von Bodenstein die vorige dag laas gesien het.

• Wanneer iets dus in die verlede gebeur het en dit word oorvertel, moet daar op die volgende geletword:

gister verander na die vorige dagmôre verander na die volgende daghierdie verander na daardie

(a) Skryf die volgende sinne in die indirekte rede oor:

(i) Sersant Jordaan het gevra: �Waar was u gister, mev. Haussman?�(ii) Sersant Jordaan het gesê: �U sal môre in die hof moet verskyn, mev. Haussman.�(iii) Mev. Haussman het gevra: �Hoekom moet ek hierdie skande verduur?�

(a) Skryf die volgende sinne in die direkte rede oor:(b) Mev. Haussman sê dat sy aan `n stralerjakkerlewe gewoond is.(c) Mnr. John Schwartz het gesê dat hy die vorige dag `n verdagte persoon opgemerk het.(d) Sersant Jordaan het aan mev. Haussman gevra of sy beoog het om die volgende dag na Switserland

te vertrek.(e) Mev. Haussman het gesê dat hulle hulle nie aan skinderstories steur nie.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 77: Afrikaans Huistaal Graad 6

71

LU/AS 6.2.8

Table 3.31

1. In `n veeltalige land moet ons inligting van een taal na `n ander kan omskakel. Vertaal die volgendegedeelte oor dwelmondersoeke by skole in keurige Afrikaans. Gebruik `n goeie woordeboek. Moenie indie slagyster trap en woord vir woord vertaal nie. Laat jou onderwyser/es jou met `n paragraaf of tweehelp. Julle kan ook `n paragraaf of twee in groepe aanpak.

DRUG TESTING AT SCHOOLS WELCOMEDCathy Retief-NelThe new national drug testing policy, currently in the pipeline, has been welcomed by schools and parents

in the Helderberg.The National Department of Education's Education 2000 Plus report showed that drugs, especially dagga

and Mandrax and to a lesser extent cocaine, were easily accessible to learners.The report showed that 55 percent of learners knew someone who was using dagga or drug substitutes

such as glue.Learners said drugs were available to them in their own homes, or alternatively, there was always some-

where nearby where you could buy drugs. Hawkers selling food at the gates to schools also sold drugs.In the Western Cape, the problem that can be described as a crisis, has prompted principals of many

schools, among them the most prestigious private schools, to conduct random drug-screening.Education Minister Kader Asmal placed a moratorium on drug testing at schools, saying, � . . .the process

constitutes a violation of children's rights�.Sarah Fisher, head of the Cape Town drug and alcohol education programme (Bridges, based in Somerset

West) said studies showed primary learners were drinking heavily and experimenting with dagga, slimmingpills and, in some instances, cocaine.

The WCED has developed an education model for dealing with learners at risk. John Smith, headmasterof Princetown High said: �Should a learner's behaviour, appearance, schoolwork or general attitude changenotably, teachers will write their comments in a book and when we feel there is cause for concern, we willact.�

The learner is called in, his parents are involved and permission to do a drug test is requested. Once thisis received and the result is positive, everything is done to help the learner. �There seems to be one commondenominator and that is the lack of a family support system,� said Mr Smith. Alcohol is an even biggerproblem than drugs at many schools.

�I do not see drug testing as a violation of human rights, in that we are responsible for the well-beingand the future of our young people and need to take drastic measures to ensure this,� said Mr Smith.

A social worker, Mrs Coomans, had the following to say: �I realise one cannot place the blame squarelyon the shoulders of parents, but some are inclined to give their children too little attention and too muchmoney to keep them entertained while they are at work, out and about, or enjoying a weekend away.� Thiswas an opinion shared by other concerned parents.

Some learners expressed their opinion, but did not want to be named, or quoted individually, for fear ofbeing accused of �betraying� their friends and their schools, but did admit that drug and alcohol abuse wasrife among 12-18-year-olds.

Helderberg Sun, 29 November 2001

LU/AS 5.3.5

Table 3.32

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 78: Afrikaans Huistaal Graad 6

72 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

Beredeneer die volgende stelling uit kontrasterende (teenoorgestelde) oogpunte: Navorsing oor dwelm-middels wakker nuuskierigheid oor dwelmisbruik aan en lei tot dwelmmisbruik. Eers word uitdie oogpunt beredeneer dat dit wel so is en dan uit die oogpunt dat dit nie so is nie.

Bogenoemde word as groepwerk afgehandel. Julle kan julle kerngedagtes wat beide sienswyses toelig, opblaaibordvelle of ongedrukte koerantpapier aanbring.

LU/AS 5.1.4

Table 3.33

1. BB-HUISMAATS SE ROKERY OOK POSITIEF, Sê RAAD

Adele StiehlerJOHANNESBURG. � Die rokery in die Big Brother-huis stuur eintlik `n baie positiewe boodskap uit.Só het mnr. Peter Ucko, oud-direkteur van die Nasionale Raad teen Rook, gister op die tweejaarlikse

vergadering van die Gautengse Middelafhanklikheidsforum gesê.Volgens hom het die raad klagtes van die publiek ontvang oor die huismaats se rokery en besluit om die

huismaats se rokery te monitor.Hoewel Ucko meen die huismaats rook onwettig in die huis omdat dit eintlik `n werkplek en openbare

gebou is, het hy gesê die positiewe sy van die situasie moet nie geïgnoreer word nie.�Dit is `n werklikheidsprogram. Die werklikheid is dat mense rook. Wat wel goed is, is dat die koste

van sigarette gereeld ter sprake kom wanneer die huismaats hul begroting beplan. Dit wys dat sigarette duuris en dat dit `n uitwerking op gesinne se begroting het.

�Die feit dat Ferdi binne twee weke opgehou rook het, wys dit kan gedoen word. Leigh het ook met diehulp van `n sproei opgehou rook.�

Hy meen een van die positiefste punte is dat al die rokers reeds uitgestem is. �Al die potensiële wennersis nie-rokers.�

Ucko het gesê die raad het `n brief van �Karen van Somerset-Wes� ontvang waarin sy sê sy is uitersdankbaar vir Big Brother, omdat sy op dié program die eerste keer die sproei gesien het waarmee Leighopgehou rook het.

Karen, wie se tone glo weens rookverwante probleme geamputeer is, het nou ook met die sproei opgehourook.

`n Debat tussen Riaad en Margaret oor tabakborge vir sport en musiekkonserte was ook `n plus-puntvir nie-rokers, het Ucko gesê. Riaad het verduidelik dat die branderrykampioenskappe en musiekkonsertesteeds plaasvind, hoewel tabakreuse nie meer die borge is nie.

Die Burger

(a) Skryf uit die berig die vetgedrukte woorde, wat met `n koppelteken geskryf is, hieronder neer. Skryfdan daarnaas, na aanleiding van die verduideliking in (i) op p. 30, tot watter groep jy dink die woordebehoort.

WOORD GROEP

Table 3.34

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 79: Afrikaans Huistaal Graad 6

73

Het jy vier opgespoor?

(i) Wanneer word `n koppelteken gebruik?

• As ons aardrykskundige name en a�eidings daarvan skryf, bv. Wes-Kaapland. Die berugtedwelmsmokkelaar woon in Bellville-Oos in Suid-Afrika.

• Woorde saamgestel met oud en nie. `n Oud-leerling van ons skool is in `n rehabilitasiesentrumopgeneem. Al die nie-rokers het beswaar aangeteken teen die rokery in die restaurant.

• `n Woord wat `n samestelling met letters en syfers is. Die graad 7-klas het `n plakkaat gemaakom ons teen die gevare van rook te waarsku. Die miljoenêr het sy geld in die e-handel gemaak. Hullekan met x-strale vasstel dat die rower die gebuite diamante ingesluk het.

• As ons woorde herhaal. Ons het staan-staan beweeg omdat alle motors vir dwelmmiddels deursoekis.

Hoekom dink jy skryf ons die volgende woorde met `n koppelteken?na-aap, see-eend, ru-olie en uie-oes.Ander gevalle. Die koppelteken word ook in die volgende gevalle gebruik: bek-af, Tygerberg-

hospitaal en kokaïen-arrestasie.

(a) Skryf nou al die ander vetgedrukte woorde uit die leesstuk (nr. 9) neer. Skryf die woord links en diebetekenisdraende dele regs.

WOORD BETEKENISDRAENDE DELE

Table 3.35

(i) Skryf die twee woorde neer waar die betekenisdraende dele met `n s gekoppel is.

Onderstreep die s in rooi. Die s is dus die verbindingsklank.

(i) Verskaf die korrekte verbindingsklank en skryf die volgende woorde korrek oor: (Skryf dus die korrektesamestelling neer.)

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 80: Afrikaans Huistaal Graad 6

74 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

• Dit kos (man/moed) om so `n gevaarlike smokkelaar aan te keer.

• Die (gelaat/kleur) van die verdagte is baie lig.

• In sy (sterf/uur) het die berugte smokkelaar erken dat hy `n koerier vir kokaïen was.

Wat is `n koerier?Wat is die teenoorgestelde van berug?

• Twee paar (dame/skoene) is op die rooftoneel aangetref.

• Die bendeleier het aan `n (mes/steek) beswyk.

LU/AS 6.1.9

Table 3.36

Hoekom het die woord só (die eerste woord in paragraaf 2) `n aksentteken?Die aksentteken word dus gebruik as jy aksent (klem) op `n spesi�eke woord wil plaas.�Toe, jy kán ophou rook as jy wil.��Jy sê hy was kwaad. Hy was bóós!Hulle móés die dief voor drie-uur aankeer.

LU/AS 6.1.4

Table 3.37

1. Kies een van die volgende onderwerpe en bespreek dit in groepe. Gee daarna terugvoering aan die klas.Julle kan ook `n klasdebat hou. Een groep verdedig die stelling en `n ander groep die teenstelling.

(a) Dit is verkeerd om by feesvieringe (partytjies en sosiale byeenkomste) alkoholiese drank voor te sit.(b) Alle tabakadvertensies moet verbied word, want sigaretrook lei net tot ellende.(c) Kinders moet geleer word hoe om alkohol te gebruik en nie te misbruik nie.(d) Die verbod op rook in alle openbare plekke is net `n lomp wet wat onnodige uitgawes teweegbring en

boonop kan die wet nie deeglik toegepas word nie.(e) `n Mens behoort nie grappies te maak oor drankmisbruik nie, want alkohol is ook `n dwelm.

LU/AS 2.1.6

Table 3.38

3.4.5 Assessering

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 81: Afrikaans Huistaal Graad 6

75

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedrukword (soos kennisgewings, verslae);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, gra�ka en ontwerpduidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe metfoto's);

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.3 paragraafvlak:

• skryf `n kernsin en sluit relevante inligting in om `n samehangende paragraaf te ontwikkel.

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leerte verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer;

5.1.3 ontwikkel `n gebalanseerde argument oor `n relevante en uitdagende vraagstuk;

5.1.4 kontraseer teenstellende perspektiewe en gee redes;

5.3 verwerk inligting;

5.3.5 verander inligting van een taal na `n ander;

5.4 gebruik taal om skeppend te dink;

5.4.1 beskryf wat sy/hy visualiseer nadat `n teks gelees of gehoor is.

Table 3.39

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 werk met woorde:

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 82: Afrikaans Huistaal Graad 6

76 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

6.1.4 gebruik skryftekens(kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, aksentteken) doeltre�end inalledaagse woorde;

6.1.6 gaan spelling en betekenis in `n woordeboek of tesourus na,

6.1.9 besef dat talle woorde uit verskillende komponente bestaan;

6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;

6.2 werk met sinne:

6.2.8 verander sinne doeltre�end van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrektegebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;

6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging.

Table 3.40

3.4.6 Memorandum

Aktiwiteit 2(a) �Kort nadat my vriend weg is, is ek aangeval.�(b) �Ek is met `n marmerbeeldjie oor die kop geslaan.�(c) �Ek dink hy het by die brandtrap opgeklim en deur die venster geklim.�(d) �Ek het `n drankie saam met my vriend wat by my gekuier het, geniet.�(e) �Ek het onvangs geskakel omdat ek nie die polisie se telefoonnommer ken nie.�(f) �Ek het nie die vaagste idee aan wie die klapmus behoort nie.�(g) �Sover ek kan agterkom, is dit net my juwelekissie wat weg is.�(h) �Ja, die juwele is verseker vir een miljoen rand.�(i) �Hy het vroeër in die aand by my gekuier.�(j) �Ja, ek wil onmiddellik my regsverteenwoordiger skakel.�

(a) Voorbeelde:(b) Mev. Haussman het gesê dat sy kort nadat haar vriend weg is, aangeval is.(c) Mev. Haussman het gesê dat sy met `n marmerbeeldjie aangeval is.(d) Mev. Haussman het gesê sy dink dat hy by die brandtrap opgeklim (het) en deur die venster geklim

het.(e) Mev. Haussman het gesê dat sy `n drankie saam met haar vriend wat by haar gekuier het, gedrink het.(f) Mev. Haussman het gesê dat sy ontvangs geskakel het omdat sy nie die polisie se nommer ken (OF:

geken het) nie.(g) Mev. Haussman het gesê dat sy nie die vaagste idee het aan wie die klapmus behoort nie.(h) Mev. Haussman het gesê dat, sover sy kon agterkom, dit net haar juwelekissie was wat weg was.(i) Mev. Haussman het bevestigend geantwoord dat die juwele vir een miljoen rand verseker is (OF was).(j) Mev. Haussman het gesê dat hy vroeër in die aand by haar was.(k) Mev. Haussman het gesê dat sy haar regsverteenwoordiger onmiddellik wou skakel.

(o) (i) Sersant Jordaan het mev. Haussman gevra waar sy dievorige dag was.(ii) Sersant Jordaan het gesê dat mev. Haussman die volgende dag in die hof moes verskyn.(iii) Mev. Haussman het gevra hoekom sy daardie skade moes verduur.(p) (i) Mev. Haussman het gesê: �Ek is aan `n stralerjakkerlewegewoond.�(ii) Mnr. John Schwartz het gesê: �Ek het gister `n verdagte persoon opgemerk.�(iii) Sersant Jordaan het gevra: �Mev. Haussman, beoog u om môre na Switserland te vertrek?(iv) Mev. Haussman het gesê: �U moet u nie aan skinderstories steur nie.�

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 83: Afrikaans Huistaal Graad 6

77

OFJulle moet julle nie...Dwelmondersoeke by skole verwelkomCathy Retief-Nel

Skole en ouers in die Helderberg-omgewing het die voorgestelde nuwe beleid ten opsigte van dwelmonder-soeke verwelkom.

Die Nasionale Departement van Onderwys se 2000 Plus-verslag het getoon dat leerders dwelms, veraldagga en Mandrax en in mindere mate ook kokaïen, sonder veel moeite in die hande kan kry.

Die verslag het ook getoon dat 55 persent van leerders iemand ken wat dagga of plaasvervangers virdwelms, soos gom, gebruik.

Volgens leerders is dwelms tuis beskikbaar, of andersins is daar altyd iemand in die omgewing wat dwelmsverkoop. Venters wat eetgoed by die skool se hekke verkoop, is ook meermale dwelmhandelaars.

In die Wes-Kaap het die probleem, wat reeds as `n krisis bestempel word, talle skoolhoofde aangespoorom leerlinge lukraak vir dwelms te laat toets. Selfs van die voorste privaatskole het by hierdie programingeskakel.

Die Minister van Onderwys, Kader Asmal, het egter `n moratorium op dwelmondersoeke by skole geplaasomdat dit, volgens hom, `n skending van kinderregte is.

Sarah Fisher, hoof van Kaapstad se dwelm-en-alkoholopvoedingsprogram (Bridges, in Somerset-Wes) hetgesê dat studies aangetoon het dat leerders in die primêre skool reeds swaar drink en met dagga, verslank-ingstablette en, in sommige gevalle, kokaïen eksperimenteer.

Die WKOD het `n onderwysmodel ontwikkel om leerders wat as risiko-gevalle geïdenti�seer word tehanteer. John Smith, skoolhoof by Hoërskool Princetown, sê: �Sou `n leerder se gedrag, voorkoms, skoolwerkof algemene houding merkbaar verander, sal onderwysers hul kommentaar in `n boek aanteken en sodra onsvoel dat daar rede tot kommer is, sal ons optree.�

Die leerder word dan ingeroep, sy/haar ouers word betrek en verlof word aangevra om `n dweltoets tedoen. Indien die uitslag positief is, word alles gedoen om die leerder te help. �Dit is duidelik dat daar in elkegeval `n gebrek is aan `n ondersteuningstruktuur in die gesin,� het mnr. Smith gesê. In die meeste skole isalkohol `n groter probleem as dwelms.

�Ek beskou nie dwelmondersoeke as `n skending van menseregte nie. Ons is verantwoordelik vir diewelstand en die toekoms van ons jongmense en daarom moet ons drastiese maatreëls tref om dit te verseker,�het mnr. Smith bygevoeg.

`n Welsynswerker, mev. Coomans, het die volgende kommentaar gelewer: �Ek besef dat `n mens nie aldie skuld op die ouers kan pak nie, maar dit is waar dat sommige ouers geneig is om hul kinders te minaandag en te veel geld te gee. Hulle meen dat dit die kinders besig sal hou terwyl hulle (die ouers) by diewerk is, uitgaan of vir `n naweek weggaan.� Ander besorgde ouers het met hierdie siening saamgestem.

Sommige leerders het hul mening gegee, maar wou nie hê dat hul genoem word of dat hulle individueelaangehaal word nie, want hulle was bang dat hulle daarvan beskuldig sou word dat hulle hul vriende enhul skool �verraai�. Hulle het egter erken dat dwelm- en alkoholmisbruik onder 12- tot 18-jariges algemeenvoorkom.

Helderberg Sun, 29 November 2001

WOORD GROEP

Big Brother-huis aardrykskundig

oud-direkteur woord saamgestel met oud

nie-rokers samestelling met nie

Somerset-Wes aardrykskundig

Table 3.41

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 84: Afrikaans Huistaal Graad 6

78 CHAPTER 3. KWARTAAL 3

(a)Omdat daar `n opeenhoping van vokale is.

WOORD BETEKENISDRAENDE DELE

Big Brother-huis huis

boodskap

oud-direkteur direkteur

tweejaarlikse jaarlikse

middelafhanklikheidsforum forum

huismaats maats

werkplek plek

werklikheidsprogram program

nie-rokers rokers

Somerset-Wes Somerset

tabakborge borge

musiekkonserte konserte

branderrykampioenskappe kampioenskappe

tabakreuse reuse

Table 3.42

(b)(i) middelafhanklikheidsforumwerklikheidsprogram(ii) mannemoedgelaatskleursterwensuurKoerier � Iemand wat iets (bv. `n bakkie) namens iemand anders vervoer. In hierdie geval word bedoel

dat dit `n dwelmsmokkelaar se handlanger (draer) is. So `n persoon word ook `n �muil� genoem.DameskoeneMessteek(c) Dit verwys na wat mnr. Ucko in die eerste paragraaf gesê het.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 85: Afrikaans Huistaal Graad 6

Chapter 4

Kwartaal 4

4.1 Die boodskap in 'n teks1

4.1.1 AFRIKAANS HUISTAAL

4.1.2 Graad 6

4.1.3 Module 9

4.1.4 DIE BOODSKAP IN `N TEKS

4.1.5 Aktiwiteit 1:

4.1.6 Om na teks te luister en die boodskap daarin te identi�seer

4.1.7 [LU 1.1]

4.1.8 Twee artikels oor dieselfde onderwerp gaan aan jou voorgelees word. Kyk ofjy die verskuilde boodskap kan formuleer nadat jy na die twee gedeeltes geluisterhet.

Die Buksie Teen die B(l)om - 1Al wat ek vir Kersfees vra, is Anna se lyf. In al sy twintigjarige glorie. En ek sal beslis nie nee sê vir

Amanda se gesiggie nie � maar sal twee keer dink voor ek byna `n outydse voet aan lengte sal weggooi virhaar 1,52 m. Maar wat van oor 20 jaar? Wanneer Vader Tyd ook by mes. Kournikova en die dertigjarigeCoetzer sy pond vleis kom eis. Daar is sewe tekens dat jou vel begin verouder, volgens `n peiling deur Proctoren Gamble se Oil of Olay: plooie en fyn lyntjies, `n dowwe voorkoms, vlekke, vergrote porieë en minder glansen soepelheid.

Alle plooie het nie dieselfde oorsaak nie. Sommige is die gevolg van die aantrekkingskrag van die aardeen weefsel wat uitsak � soos onder die oë, die nek en die kaak. Ander is die gevolg van spierbewegings soosfronslyne, plooie om die oë en lyne om die mond. Vel wat met ouderdom al hoe dunner word, is die oorsaakvan fyn plooie op die wange. As jy boonop `n sonaanbidder is, rook, jou gewig te veel wipplank ry en jynet nie van stres ontslae kan raak nie, kan die plooie erger wees. Dr. Dirk Lazarus, plastiese chirurg vanKaapstad, sê die belangrikste faktor as dit by veroudering kom, is jou gene. �Kyk dus maar hoe lyk jou ma.Dan eers kom dit waaraan jy blootgestel word soos son, stres en rook. `n Mens sal bv. nie `n Karooboer sienwat nie gou oud lyk nie.�

Kournikova, wat in Rusland gebore is, woon in Miami in die Amerikaanse staat Florida. Coetzer, `nboorling van Hoopstad in die Vrystaat, bly meestal op Hilton Head-eiland in Suid-Carolina. Lazarus meen

1This content is available online at <http://cnx.org/content/m23403/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

79

Page 86: Afrikaans Huistaal Graad 6

80 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Coetzer is slegter daaraan toe weens haar blootstelling aan toestande in Suid-Afrika. Boonop is haar gesiggieskraler. �Anna se gesig is vetter en haar lippe voller. Vet vul die plooitjies en voue en voller gesigte lyk nieso gou oud nie.� 'n Mens moet natuurlik ook vra wanneer hulle `n sonskermmiddel begin gebruik het. `nMens kan selfs aan jou eie liggaam `n groot verskil sien tussen die dele wat aan die son blootgestel word, endié wat meestal bedek is.

Me. Elsa Kruger, skoonheidsredakteur van Women's Value, sê sy wil nie eintlik een van die twee weesnie. �Tensy hulle getrou sonskerm gebruik, gaan hulle vol vlekke en plooie wees oor 20 jaar van tennisspeelin die son. Maar hulle sal mooi, gespierde lywe hê en beslis nie �appende bo-arms wat aanhou waai lanknadat jou hand opgehou wuif het nie.� Veroudering beïnvloed sportprestasies. Die enigste manier om dit tetroef, is om te bly oefen. Tussen 30 en 60 jaar verminder jou spiermassa met minstens 30% en word van dieweefsel deur vetweefsel vervang. As jy oefen as jy bo vyftig is, slaan jy boonop probleme soos hoë bloeddruk,meer liggaamsvet, been- en spierverlies, kraakbeen in die knieë en elmboë wat dunner word, osteoporose enkleiner longkapasiteit hok.

Feit is: soos Anna en Amanda nou vaar, lyk dit nie of Vader Tyd hulle gou gaan vang nie. En dit isbitter moeilik om te kies wie jy eerder oor 20 jaar sal wil wees.

Thalyta Swanepoel (Beeld)DIE BUKSIE TEEN DIE BLOM - 2Dis die Buksie teen die Bom. Dis nou die naweek se vertoonwedstryde tussen ons eie Amanda Coetzer en

Anna Kournikova, die jong Rus vir wie daar klaarblyklik te min byvoeglike naamwoorde is � in die meestemans se woordeskat.

As dit bloot van die Blonde Buksie, die Blom van Hoopstad, sou afhang, sou `n mens nog by die naweekse tennis die klem op die wedstryd kan plaas. Ons weet tog almal watter vegter daar in dié Suid-Afrikanerskuil. Met die twintigjarige Kournikova aan die ander kant van die net, is dit egter `n ander saak. Diebenaming Bom verwys immers nie na haar afslaan nie. Al praat haar eie webwerf � www.kournikova.com -van die �skills� wat haar �one of the best tennis players in the world� sou gemaak het. Gaan `n mens deurdie skakel �facts� � dis nou deur die klik op die prentjie waar sy lie�es op haar maag lê terwyl sy oor haarregterskouer loer, sien jy sy is nommer 74, teenoor Amanda se 19, op die wêreldranglys. As `n mens aanmeldop Kournikova se webwerf, kom jy later by `n klompie foto's wat op `n strand vir `n manstydskrif geneemis. Dis sulke goed wat maak dat baie mense vir Anna Kournikova nie in die eerste plek met tennis verbindnie � en wat hulle die ontmoeting tussen Anna en Amanda nie baie ernstig laat opneem nie. Soos een ouvandeesweek sê: �Dis `n sirkus. `n Baie mooi sirkus.� Daar is `n persentasie mans wat meer van Amandahou. Hulle hou van die krag wat sy uitstraal, van die persoonlikheid wat hulle in haar sien. Hulle meenAnna Kournikova is te perfek. Soos `n Barbie-pop. `n Bietjie plastiekerig. Vir die meeste mans is Anna egterblykbaar verruklik. Elkeen sê dit net op sy eie manier. `n Ou by die plaaslike oog waar ons vandeesweekoor middagete `n bier gaan drink het, kan sy gevoel in twee woorde opsom: �sexy girl�. Hierteenoor het `ndominee in `n ligsinnige oomblik in Psalm 8 gaan woorde leen toe hy gesê het: �U het haar weinig minder as`n engel gemaak.�

Min mans verwag dat Anna vir Amanda op die tennisbaan gaan klop. Nie dat die uitslag in die Strydvan die Blondines veel saak maak nie. Soos een ou sê: �Hulle moenie so baie druk op Anna plaas om te wennie. Sy moet net daar wees.�

Neels Jackson (Beeld)Verwerk uit twee artikels wat in Die Burger in November 2001 verskyn het onder die opskrif �Die buksie

teen die b(l)om�.Noudat jy na die twee artikels oor Amanda Coetzer en Anna Kourikova se tennisstryd geluister het, wat

sal jy sê is die �verskuilde boodskap/pe� in die twee artikels?(Hierdie aktiwiteit kan ook as groepwerk aangepak word.)Skryf die verskuilde boodskap/pe neer.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 87: Afrikaans Huistaal Graad 6

81

4.1.9 Aktiwiteit 2:

4.1.10 Om verskillende perspektiewe in teks te verduidelik

4.1.11 [LU 5.1.4]

Die twee artikels is uit verskillende verwysingsraamwerke geskryf. Laat jul onderwyser vir julle die konsepverwysingsraamwerk verduidelik.

Besluit nou in groepe wat julle dink die verwysingsraamwerk (maak jul a�eidings) van die twee seniorverslaggewers van Beeld, Neels Jackson en Thalyta Swanepoel, is. Maak twee kolomme.

Aktiwiteit 3:Om te bespreek watter woorde in `n teks `n reaksie by die leser ontlok[LU 3.3]Lees nou die twee artikels baie noukeurig deur. Die twee verslaggewers gebruik taal om `n reaksie (respons)

by ons te ontlok.Besluit weer eens in groepe watter woorde (sinsnedes) die verslaggewers gebruik om respons by ons te

ontlok.Aktiwiteit 4:Om teenstellende argumente te beredeneer[LU 5.1.4]Die klas word in twee groepe verdeel. Die een groep gaan die onderstaande stelling ondersteun en die

ander groep gaan dit teenstaan.Jy gaan individueel die hoofgedagtes vir en teen d.m.v. `n geheuekaart voorstel. Jy moet dus mooi luister

wat jou maats sê. Stelling: Vertoonwedstryde soos Anna Kournikova teen Amanda Coetzer en Tiger Woodsteen Retief Goosen is blote vertoonwedstryde (`n sirkus) en boonop word genoemde sportsterre hopeloos teveel betaal.

4.1.12 Aktiwiteit 5:

4.1.13 Om die stem in mondelinge werk af te wissel

4.1.14 [LU 2.3.2]

Kies vir jou `n maat. Een van julle gaan Anna Kournikova voorstel en die ander `n nuusverslaggewer. Dieverslaggewer moet `n nuus�its vir die televisie voorberei. Jou vrae moet dus goed deurdag wees. �AnnaKournikova� weer, se lyftaal en antwoorde moet haar beeld as die mooiste tennisspeelster in die wêreldondersteun. (Fokus op lyftaal, postuur, volume, toonhoogte, ens.)

4.1.15 Aktiwiteit 6:

4.1.16 Om `n teks te skryf wat inligting gee

4.1.17 [LU 4.1.2]

Ons lees in die berig van Thalyta Swanepoel oor Anna Kournikova en Amanda Coetzer hoe die son `n mensse vel kan beskadig. Velkanker is ook `n gevaar wat ons nie langer in ons land kan verontagsaam nie. Suid-Afrika het Australië verbygesteek in die groei wat velkanker onder sy inwoners toon. In Australië is daarbv. orals op die skoolgrond masjiene waar jy kosteloos sonskerm (sonroom) kan bekom om aan die gedeeltesvan jou lyf te smeer wat aan die son blootgestel word. Die toename in velkanker kan direk toegeskryf wordaan die �gat in die atmosfeer� (osoonlaag) wat veroorsaak word deurdat die osoonlaag in die atmosfeer deurbesoedeling beskadig word. Suid-Afrika is `n sonryke land wat dit nodig maak dat ons spesiale voorsorg teendie son moet tref. In Australië het elke skool `n sonbeleid.

Stel `n sonbeleid (in groepe) vir julle skool saam en skryf dit neer.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 88: Afrikaans Huistaal Graad 6

82 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

4.1.18 Aktiwiteit 7:

4.1.19 Om kennis van idiome uit te brei

4.1.20 [LU 6.4.6]

Ons het gelees dat Vader Tyd by mejj. Coetzer en Kournikova oor 20 jaar sy pond vleis sal kom eis.Iets interessants: Wat is die �plaaslike oog� waar Neels Jackson saam met die ou oom gekuier het?

Pas die idiome uit kolom B by die betekenisse uit kolom A. Verbind die idiome uit kolom B met diekorrekte betekenis uit kolom A. Verbind dit met `n kleurkryt(e) of `n balpuntpen.

KOLOM A KOLOM B

Jou laaste sportwedstryd speel Jakkels prys sy eie stert

Iemand wat anders is as wat hy hom voordoen Die kalf is in die put

Steel `n Wolf in skaapsklere

Een ster laat nie alles vir `n span regloop nie `n Halwe eier is beter as `n leë dop

Liewer iets as glad niks Iemand `n gat in die kop praat

Iemand wat homself prys Lang vingers hê

Iemand tot sy nadeel oorreed Met lang tande eet

Teensinnig eet `n Nuwe blaadjie omslaan

Opnuut begin Honger is die beste kok

Daar is geen ander uitweg nie Die koeël is deur die kerk

In die moeilikheid kom Hy het tiermelk gedrink

Alles is lekker as jy honger is Jou hare uit jou kop trek

Baie spyt oor iets wees Maljan onder die hoenders wees

Die enigste man onder dames wees Iets met wortel en tak uitroei

Iets heeltemal uitroei Jou rieme sty�oop

Dit is klaar gedoen en kan nie verander nie Een swaeltjie maak nie `n somer nie

Besope wees Hy het sy/haar swanesang gesing

Table 4.1

4.1.21 Aktiwiteit 8:

4.1.22 Om bewus te word van hoe taal vir verskillende teikengroepe gebruik kanword

4.1.23 [LU 2.4.1]

Ons gebruik taal in `n bepaalde register. Ons praat �anders� as ons met ons maats praat as wanneerons iets meer formeel moet meedeel. Hier is `n voorbeeld van `n leerder wat `n tenniswedstryd by sy/haarskool bygewoon het. Hy/sy gee (i) mondelings verslag aan sy/haar maat (ii) met `n saalbyeenkomsen (iii) aan die plaaslike radiostasie.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 89: Afrikaans Huistaal Graad 6

83

• �Jong, gister het Bulletjie ou Smiley Smith van die baan gevee. Na dese sal ou Smiley nie meer sowindmakerig wees nie. Smiley kon net een pot wen. Hy is lekker deur Bulletjie opgedons. Wonder watsê Thea?�

• Verlede Dinsdag het Desmond Viljoen (alias Bulletjie) vir Johann Smith in `n tenniswedstryd gewenom sodoende die eerste plek op die tennisleer in te neem. Die telling was 6 - 1 in Desmond se guns.

• Gister, Dinsdag 9 Julie, het Desmond Viljoen die eerste plek op die tennisleer ingeneem deurdat hyJohann Smith, kampioen van Die Laerskool Sonop, met 6 - 1 verslaan het. Die wedstryd is hoofsaaklikvan die agterbaan beslis en Johann Smith was nie opgewasse teen die kanonafslane van DesmondViljoen nie. Desmond Viljoen sal nou sy kroon op die spel plaas teen Michael April op Woensdag 17Julie.

Kies nou enige sportgebeurtenis en gebruik taal in `n bepaalde register. Vertel eers aan jou maat in julalgemene spreektaal wat gebeur het, berei dan `n mondelinge weergawe voor wat jy met jul saalby-eenkoms met terugrapportering aan jou skoolmaats gaan meedeel en dan berei jy `n verslag voor wat jyop die plaaslike radiostasie met die luisteraars gaan deel.

4.1.24 Assessering

Leeruitkomstes(LUs)

LU 1

LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne `n wyeverskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaarde(ASe)

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 geniet dit om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister en reageer krities daarop (soos stories,legendes, gedigte, toneelstukke, debatte en praatjies).

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltre�end in gesproke taal binne `n wye verskeidenheidsituasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindesoor:

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 90: Afrikaans Huistaal Graad 6

84 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

2.1.6 ontwikkel feitlike en beredeneerde argumente om mening te regverdig;

2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:

2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid vanverskillende teikengroepe;

2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en metiemand te identi�seer.

2.3 gebruik gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede:

2.3.2 wissel volume, toon en0 tempo vir klem en e�ek;

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos joernale,gedigte, mites, dialoë);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedrukword (soos kennisgewings, verslae);

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting virleer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer:

5.1.4 kontrasteer teenstellende perspektiewe en gee redes;

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl:

6.4.6 toon kennis van die gebruik van `n verskeidenheid idiomatiese uitdrukkings.

Table 4.2

4.1.25 Memorandum

Aktiwiteit 1Leerders se eie bydraes, maar in wese is die boodskappe o.m.(1) Die invloed van faktore soos die son, die aantrekkingskrag van die aarde, oefening, gesigsbehandeling,

veroudering en menslike gene op `n mens se voorkoms.(2) Anna Kournikova is baie aantrekliker (�sexy�) as Amanda Coetzer.(3) Sommige mans stel net in Anna Kournikova se voorkoms belang en gee nie om of sy presteer nie.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 91: Afrikaans Huistaal Graad 6

85

4.2 Kom ons spel2

4.2.1 AFRIKAANS HUISTAAL

4.2.2 Graad 6

4.2.3 Module 1

4.2.4 KOM ONS SPEL

4.2.4.1 Aktiwiteit 1:

4.2.4.2 Om korrek te spel

4.2.4.3 [LU 4.4.1

Volg die volgende metode en kyk hoe vinnig leer jy.Sien die vetgedrukte woorde (almal eindig op -like) in jou geestesoog op `n wit agtergrond (maak jou oë

toe).Die letters van die woorde word groter totdat hulle die hele �wit bladsy� vul.Sien nog steeds die woorde en skryf hul in die lug met jou oë toe.(a) Skryf hulle nou hieronder neer, maar verdeel hulle in lettergroepe. (Die eerste een word vir jou

gedoen.)

(i) Die wonderlike wedstryd is deur almal geniet. won-der-li-ke(ii) Die tennisspeler het `n dodelike afslaan.(iii) In onmiddellike reaksie op die losskakel se vuilspel het die

skeidsregter `n rooi kaart uitgehaal.

(i) Daar heers `n feestelike atmosfeer omdat Robertson weer eens die

beker gewen het. (Let wel: weer eensen weereens is albei korrek.)

(i) Die ondraaglike geraas met interskole het die vriendelike mense wat langs die skool woon, ontstel.

(a) Onderstreep die woord met die korrekte spelling:

(i) Die (�etse, vietse) hulpdoelverdediger het `n barshou gespeel.(ii) Die sokkerspeler het (gevaal, gefaal) om `n strafdoel te behaal.(iii) Daar is `n (fonds, vonds) gestig om die talentvolle seiljagvaarder te ondersteun.

4.2.4.4 Aktiwiteit 2:

4.2.4.5 Om hulpwerkwoorde reg te gebruik

4.2.4.6 [LU 6.2.11]

(a) Vul die ontbrekende woorde in:

2This content is available online at <http://cnx.org/content/m23410/1.1/>.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 92: Afrikaans Huistaal Graad 6

86 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Vrouespan Menige Rubberbootman se Tier(Die Burger, 2 Januarie 2002)

Figure 4.1

Hulle _____________ (i) wel laaste in hul klas geëindig, maar die eerstevrouespan wat aan die moordende Trans-Agulhas-wedvaart deelgeneem_____________ (ii),________ (iii) tientalle manspanne uitgestof deurdie wedren te voltooi. `n Moeë maar tevrede Sandra Minnaar (31) en Inavan Zyl (41) van die span Women Wildcat _________ (iv) gisteroggendmet hul semi-vasterompboot by die strand uitgejaag.�Toe hulle hoor ons ________ (v) deelneem, _______ vi) die mansgelag en gesê ons __________ (vii) dit nooit maak nie� ________ (viii)Minnaar vertel. Minnaar _________ .(ix) die eienaar van `nboothandelsaak op Hermanus en Van Zyl `n boekhouer op die dorp. Diewatersportgogga _______ .(x) hulle eers sowat `n jaar gelede gebyt.�_________ (xi) hulle dit weer doen? �As ons `n goeie borg_________ (xii), is ons beslis terug,� ________ (xiii) die twee.In bostaande berig tref ons al drie tye van die werkwoord (ww.) aan. Vanaf (i) tot (iv) het julle die

woordjie het ingevul. Het is `n hulpwerkwoord van tyd wat saam met die vetgedrukte werkwoorde, bv.geëindig, uitgestof en uitgejaag, help om die verlede tyd aan te dui. Let wel dat woorde wat met be-, ge-,her-, er-ont- en ver- begin, nooit `n ge- in die verlede tyd kry nie. `n Mens sê tog nie hulle het gebeginnie. By (vii) help die hulpww. sal saam met die ww. maak weer om die toekomende tyd uit te druk. By(xiii) sê die werkwoord sê weer dat ons met die teenwoordige tyd te make het.

(a) Skryf nou die regte vorm van die werkwoord neer en vul die hulpwerkwoord in waar nodig.(b) Die Stormers _____________ môre met `n voorseisoense

program begin.

• Ons ______________ die makro rugbyvleuel Jonah Lomu van

Nieu- Seeland maklik tussen die skare herken.

• Ons hokkiespan____________ gister twee doele ____________

(slaan).

• Baie rugbybeserings ________________ vroeg in die seisoen

voor wanneer spelers nog nie �ks genoeg ______________ nie.

• Gholf ___________ `n baie tegniese sport wat baie oefening vereis.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 93: Afrikaans Huistaal Graad 6

87

• Skryf die volgende kort sinnetjie in die verlede- en toekomende tyd:

Sy is `n goeie naelloper.

• Die Bafana Bafana _________ weer na die wêreldbekersokker-

toernooi verenig.Volwassenes skryf gereeld briewe aan die pers oor sake uit ons leefwêreld. Om ons voor te berei sodat

ons ook eendag ons demokratiese reg tot vryheid van spraak kan beoefen, gaan ons nou leer om `n brie�eaan die redaksie van ons skoolkoerant te skryf.

4.2.4.7 Aktiwiteit 3:

4.2.4.8 Om `n brief met `n ondersoekende strekking te skryf

4.2.4.9 [LU 4.1.1]

Pla iets betre�ende sport in jou skool jou? Miskien word sekere sportsoorte voorgetrek. Dalk kry net dieA-spanne goeie afrigting. Miskien gaan net sekere sportsoorte op sporttoere. Dalk is die fasiliteite nievoldoende nie. Spreek die saak wat jou na aan die hart lê, aan.

Onthou die volgende: Koerantruimte is beperk! Hou dus by die punt wat jy wil maak en hou jou briefsaaklik en bondig. Laat jou argument weldeurdag wees. Skryf op `n ho�ike en beskaafde toon, al is jy besigom uiting aan jou gevoelens te gee. Moenie kwetsende aanmerkings maak nie. Jy mag `n skuilnaam gebruik,maar moet ook jou volle naam en adres verskaf. Jou onderwyser/es sal jou hiermee help. Let op na dieformaat op die volgende bladsy aangetoon.

7 Julie 2005Die RedakteurDie NoordwesterPosbus 371Thabazimbi0380Geagte HeerHOKKIEVELD `N SKANDEDaar is `n saak ________________________________________________________________Die uweTeleurgesteld (6A3)J.C. de WitWeyerslaanThabazimbi0380Almal van julle neem seker sover moontlik aan jul jaarlikse massa-atletiekbyeenkoms deel. Nie almal van

ons is atlete nie, maar as `n mens jou beste gedoen het, kan jy tevrede voel. Almal van ons het seker al aan`n naelloop deelgeneem of ver- of hooggespring. Laat `n atleet in jul klas presies vir julle verduidelik hoe `nmens moet wegspring. Hy/sy moet presies die metode verduidelik, bv. watter been moet voor wees, hoe vervan die wegspringstreep, ens. `n Ander atleet kan weer aan julle verduidelik hoe `n mens moet hoogspringof verspring. Die atlete moet ook die metodes demonstreer.

4.2.4.10 Aktiwiteit 4:

4.2.4.11 Om te beskryf wat gevisualiseer is

4.2.4.12 [LU 5.4.1]

Wat moet jy nou doen?

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 94: Afrikaans Huistaal Graad 6

88 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

Jy moet nou die metodes (kies een of twee) beskrywe. Jy mag ook gebruik maak van sketse, dia-gramme (met byskrifte), ens. om die metodiek te verduidelik.

4.2.4.13 Aktiwiteit 5:

4.2.4.14 Om woorde bymekaar te pas

4.2.4.15 [LU 4.4.1]

Sê watter sportterme in kolom B by watter sportsoort in kolom A pas. Skryf slegs die sportterme teenoordie regte nommer uit kolom A neer. Nadat jy dit gedoen het (individueel), moet julle in groepe verdeel enkyk of julle nog sportterme by dié wat jy neergeskryf het, kan voeg. `n Boek soos Sport (Ooggetuie-reeks)deur Southern Boekuitgewers sal jul help as jul vashaak.

KOLOM A KOLOM B

1. sokker

vlughou

1. krieket

losskakel

1. yshokkie

aanvalsirkel

1. Amerikaanse voetbal

beuelperd

1. bofbal

rooi kaart

1. rugby

skyfstoppers

1. tennis

glipveldwerker

1. gimnastiek

skouerskutte

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 95: Afrikaans Huistaal Graad 6

89

1. hokkie

mandjie

1. basketbal

tuisbofobstruksietegnieke

Table 4.3

Leer nou om hierdie sportsoorte en sportterme korrek te spel.

4.2.4.16 Aktiwiteit 6:

4.2.4.17 Om te onthou wat gelees is

4.2.4.18 [LU 3.2.2]

Lees die onderstaande gedeelte oor tennis se twee super-susters en beantwoord die vrae. Vyf minute wordvir die deurlees daarvan toegelaat.

Serena se Titel-BeurtHerman JansenWimbledonSou die twee Williams-susters hierdie keer vergeet van hul bloedbande en mekaar bevlieg met die inten-

siteit waarmee hulle hul ander teenstanders afmaai?Sou daar in hierdie historiese kragmeting uiteindelik `n stryd tot die dood wees sonder `n sweem van `n

gekokery oor wie gaan wen?Dié vrae is gister onomwonde vir 14 000 toeskouers beantwoord op Wimbledon se hoofbaan in die vroue-

eindstryd.En dit was die jonger Serena (20) wat ondubbelsinnig met haar raket die praatwerk gedoen het.Sy het sonder genade in net 78 minute in skoon stelle klaargespeel met Venus (22), wat probeer het om

haar derde Wimbledon-enkelspeltitel in `n ry te wen.Klassiek was dit nie, maar verreweg die beste kragmeting nog tussen die twee susters wat wêreldtennis

straks baie jare lank gaan oorheers.Die telling was 7-6 (7/4) 6-3.�Dis nie pret om jou Wimbledon-kroon te verloor nie. Maak nie saak teen wie dit is nie,� het Venus op

`n perskonferensie gesê. �Ek dink ek het goed gespeel. Ek het hoë-persentasie-tennis gespeel, maar Serenahet aanhou druk en haar houe met krag teruggespeel.

Die twee susters het in 1998 die eerste keer teen mekaar gespeel. Gister was dit die negende botsing endie telling is 5-4 in Venus se guns. Maar Serena het vier van hul laaste vyf kragmetings gewen.

Venus het verlede jaar die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows gewen en Serena was verlede maandbobaas op Roland Garros.

Serena was gister sterker en skerper as Venus, wat by tye traag voorgekom het.�Ons het albei ons beste gelewer. Ons wou albei wen,� het Venus gesê.Wat gaan sy doen om volgende keer haar suster, wat nou no. 1 in die wêreld is, te klop?�Ek sal net op die baan moet gaan baklei. Dis die beste antwoord wat ek aan kan dink.�`n Verslaggewer het in gebroke Engels gevra of Serena �dapperder en gewelddadiger� as sy is. Venus: �Ek

reken jy sal jou eie aannames moet maak.�Hoe vergelyk gister se vertonings met hul vorige Grand Slam-kragmetings?�Ons is vermaaklikheidskunstenaars. Ons probeer elke keer om die toeskouers en almal wat die wedstryd

dophou, te vermaak.� Venus het gesê dit was nog nooit emosioneel moeilik om teen haar suster te speel nie.Serena is op die perskonferensie voorgestel as �Wimbledonse kampioen�.�Ja, dis ek daardie,� het sy met `n groot glimlag gesê.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 96: Afrikaans Huistaal Graad 6

90 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

�Ek voel goed. Ek is deel van die (All England Lawn Tennis & Croquet) klub.�Sy het gesê sy het laas in `n toernooi in Munchen teen Venus so goed gespeel soos vandag.�Ek kan nie selfvoldaan word nie � dan gaan spelers nog harder probeer om my te klop. Ek het aan die

begin van die jaar gesê maak nie saak wat gebeur nie, ek wil Wimbledon wen. Die Franse Ope was `n bonus.Ek wou lid word van die Wimbledon-klub, lid word van die geskiedenis.

�Ek is geestelik sterker as verlede jaar toe ek hier verloor het.�Ek wou vandag so graag wen. Ek het aan myself gesê om kalm te bly. Venus se arm het moeg geraak in

die tweede stel en sy het nie meer so goed afgeslaan nie.�Ek weet haar skouer was voor die wedstryd seer, maar sy het nie ná die tyd dit as `n verskoning gebruik

nie. Ek het besef haar afslaan is kwesbaar. Dit was oorlog.�Rapport, 7 Julie 2002Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie weer lees nie. Omsirkel

slegs die korrekte letter by elke vraag.Watter suster is die oudste?

• Serena• Venus• Hulle is `n tweeling

Hoeveel toeskouers was daar?

• 14 000• 24 000• 8 000

Wanneer het hulle die eerste keer teen mekaar gespeel?

• 1996• 1999• 1998

Waar word die Amerikaanse Ope gespeel?

• Flushing Meadows• Roland Garros• All England Lawn Tennis and Croquet Club

Watter suster het probeer om haar derde Wimbledon-titel in `n ry te wen?

• Serena• Venus

Watter suster het die Franse Ope gewen?

• Serena• Venus

Hoeveel keer (vanjaar se Wimbledon-kragmeting ingesluit) het die twee susters al teen mekaar gespeel?

• ag keer• nege keer• vyf keer

Hoeveel keer het Venus al vir Serena gewen?

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 97: Afrikaans Huistaal Graad 6

91

• vier keer• vyf keer• ag keer

Wie is no. 1 in die wêreld na die Wimbledon-kragmeting?

• Serena• Venus• Monica Seles

Hoe lank het die eindstryd geduur?

• 1 uur 28 minute• 78 minute• 89 minute

4.2.4.19 Aktiwiteit 8:

4.2.4.20 Om inligting uit relevante bronne te verkry

4.2.4.21 [LU 3.10]

Die ou Grieke het baie helde en gode gehad, soos Zeus en Venus. Venus was die godin van liefde. VenusWilliams het dus haar naam aan `n Griekse godin te danke. Weet jy wat jou naam en van beteken? Dienaam Estelle, bv., beteken sterretjie. Hoe lyk julle familiewapen en wat beteken dit? Gebruik jul plaaslikebiblioteek of skoolbiblioteek om jou te help. Die volgende bronne kan jou help:

Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek, C. PamaThe Oxford Dictionary of English Christian Names, E.G. WithycombeMy kind se naam, Willem en Eureka SteenkampDie Regte Naam, Annelize van RooyenHeraldiek in S.A., C. PamaJy kan selfs `n stamboom of familie-register ook opstel.

4.2.5 Assessering

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op dieestetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 lees `n verskeidenheid �ksie en nie-�ksietekste vir verskillende doeleindes:

3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade,a�eidings, die nagaan van begrip, ens.)

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 98: Afrikaans Huistaal Graad 6

92 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto's):

3.2.2 identi�seer en bespreek tegnieke soos beligting en byklanke, keuse van beelde, kamerahoek, vorm enontwerp, gra�ka, en die uitwerking daarvan op die kyker;

3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillendesoorte tekste:

3.6.1 identi�seer en evalueer die soort en gepastheid van `n teks se taal en register vir die bedoeldeteikengroep.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir `n wye verskei-denheid doeleindes te skryf.

4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos joernale,gedigte, mites, dialoë);

4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:

4.4.1 woordvlak:

• kies, gebruik en eksperimenteer met `n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belang-stelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;

• spel dikwels gebruikte woorde korrek en gaan spelling van nuwe woorde na;

4.4.2 sinsvlak:

• gebruik `n verskeidenheid saamgestelde en veelvoudige sinne.

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting virleer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.4 gebruik taal om skeppend te dink:

5.4.1 beskryf wat hy/sy visualiseer nadat `n teks gelees of gehoor is;

5.4.2 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat hy/sy sou verkies.

continued on next page

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 99: Afrikaans Huistaal Graad 6

93

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN �GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat engrammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 werk met woorde:

6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.6 gaan spelling en betekenis in `n woordeboek of tesourus na,

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herkenen deur betekenis uit die konteks af te lei,

6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone;

6.2 werk met sinne:

6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.2.11 verstaan die funksie en gebruik van hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde) en medewerkwoorde(hulpwerkwoorde van tyd en wyse), asook van deelwoorde;

Table 4.4

4.2.6 Memorandum

Aktiwiteit 1(ii) do-de-li-ke(iii) on-mid-del-li-ke(iv) fees-te-li-ke(v) on-draag-li-ke(b) (i) vietse(ii) gefaal(iii) fondsAktiwiteit 2 (a) (i) het(ii) het(iii) het(iv) het(v) wil(vi) het(vii) sal(viii) het(ix) is(x) het(xi) sal(xii) kry(xiii) sê(b) (i) sal(ii) kan(iii) het, geslaan(iv) kom, is(v) is(vi) (1) Sy was `n goeie naelloper.(2) Sy sal `n goeie naelloper wees.

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 100: Afrikaans Huistaal Graad 6

94 CHAPTER 4. KWARTAAL 4

(vii) isAktiwiteit 5

KOLOM A KOLOM B

1. sokker Rooi kaart

2. krieket Glipveldwerker

3. yshokkie Skyfstoppers

4. Amerikaanse voetbal Skouerskutte

5. bofbal Tuisbof

6. rugby Losskakel / rooi kaart

7. tennis Vlughou

8. gimnastiek Beuelperd

9. hokkie Obstruksietegnieke

10. basketbal mandjie

Table 4.5

Aktiwiteit 6(a) (ii)(b) (i)(c) (iii)(d) (i)(e) (i)(f) (i)(g) (ii)(h) (ii)(i) (i)(j) (ii)

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 101: Afrikaans Huistaal Graad 6

ATTRIBUTIONS 95

Attributions

Collection: Afrikaans Huistaal Graad 6

Edited by: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/col10995/1.1/License: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Interpretasie van 'n boodskap"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23392/1.1/Pages: 1-7Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Woorde om die korrekte betekenis oor te dra"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23393/1.1/Pages: 7-18Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Interpreteer 'n boodskap uit 'n visuele teks"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23396/1.1/Pages: 19-26Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Gebruik byvoeglike naamwoorde om betekenis oor te dra"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23397/1.1/Pages: 27-38Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Om a�eidings uit 'n tekes te maak"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23398/1.1/Pages: 39-44Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Bespreek 'n uitdagende onderwerp"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23399/1.1/Pages: 45-54Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 102: Afrikaans Huistaal Graad 6

96 ATTRIBUTIONS

Module: "Lees vir inligting"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23400/1.1/Pages: 55-66Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Leesaktiwiteite"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23401/1.1/Pages: 66-77Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Die boodskap in 'n teks"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23403/1.1/Pages: 79-84Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Module: "Kom ons spel"By: Siyavula UploadersURL: http://cnx.org/content/m23410/1.1/Pages: 85-94Copyright: Siyavula UploadersLicense: http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

Available for free at Connexions <http://cnx.org/content/col10995/1.1>

Page 103: Afrikaans Huistaal Graad 6

About ConnexionsSince 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials andmake them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching andlearning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors andlifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities.

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, includingEnglish, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is partof an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexionshas partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed coursematerials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.


Recommended