+ All Categories
Home > Documents > Agribulletin 150828

Agribulletin 150828

Date post: 23-Jul-2016
Category:
Upload: laeveld-bulletin
View: 251 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
Description:
Monthly Agricultural Publication
16
August 2015
Transcript
Page 1: Agribulletin 150828

August 2015

Page 2: Agribulletin 150828

August 20152

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

VIR ALLE MEGANIESE SNOEI EN DEKLAAGBEWERKING VAN

ASOOK LUGDRUK SNOEITOERUSTING

NORTHERN MOTORS TZANEENANDREW THORNHILL 083 627 0833WICUS THORNHILL 082 809 1808

Avokados Mangos Makadamias Lietsjies Pekanneute Sitrus

Macadamia growers in South Africa should step up and invest in marketing to ensure the continuation of a good demand and prices, as there is a bright future for the industry.

This was the key recommendation to the SA Macadamia Growers’ Association (SAMAC) at the international symposium (IMS) held in Skukuza in the KNP earlier this month.

Operations manager for Subtrop, Mr Barry Christie, said with all the feedback they have been getting, it proved to be the best IMS ever held. The venue in die KNP played a role and Going Africa Conferencing who was con-tracted to present the symposium, added to the success.

During a pre-symposium technical tour some eighty delegates visited six macadamia farms in the district where they focused on various farming practices. Christie said the ba-sic di� erence between the agricultural indus-try in SA and Australia is the minimum wage, which is about R1 500 a day in Australia. They rely heavily on mechanical harvesting. This has resulted in high soil erosion in many areas.

SA farmers still make use of hand labour for harvesting, which give them a competitive ad-vantage in terms of pro� tability.

The MEC for Agriculture, Rural Development, Land and Environmental A� airs, Mr Andries

Gamede, thanked SA farmers in his opening address for their contribution to making this country a better place to stay. He also encour-aged commercial farmers to make a di� erence by mentoring emerging growers.

Excellent presentations on marketing were delivered by Mr Jaap van Oenen (Nether-lands), Ms Lynne Ziehlke (Australia,) Mr Mi-

chael Waring (Australia) and Ms Chen Yuxiu (China). Chen predicted there will be more than 200 000 ha of macadamias

established in China.On the last day of the symposium a round ta-

ble discussion on marketing was held, chaired by Mr Derek Donkin, CEO of Subtrop in Tza-neen. Until now not much marketing was necessary, but everyone agreed that this will change.

There was also a closed session on interna-tional research collaboration, mostly repre-sented by delegates fron SA and Australia. The plea was to collaborate where possible to reduce duplication and save costs.

SAMAC to step up marketingProjected World Macadamia Production 2015 - 2020

Note: Figures from Colombia, Paraguay and Zimbabwe not included

Note: Figures from Colombia, Paraguay and Zimbabwe not included

New Macadamia Plantings

Page 3: Agribulletin 150828

August 2015 3agri©

10161wk150227dm

Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

Vir `n volledige reeks:• Mikro-element blaarvoeding• Na-oesbederfmiddels• Plaagdoders• Swamdoders• Citrosol Wakse

Wenkem S.A.(EDMS) BPK. (PTY) LTDReg № 1988/003854/07

[email protected]@wenkem.co.za

Wenkem S.A.

agri©10161wk150227dm

agri©10161wk150227dm

071 819 3269

agri©10161wk150227dm

Die slagting van Suid-Afrika se renoster-bevolking is omtrent gelyk met die aan-wasgetal, wat beteken dat die uitwis-singsproses van die spesie nou aan die gang is, sê mnr Janssen Davies van die Kruger Nasionale Park en gewese voor-sitter van die park se ereveldwagters.

Davies was ‘n gasspreker by die inter-nasionale makadamiasimposium wat onlangs in Skukuza gehou is. Die groot aantal buitelandse verteenwoordigers

by die simposium kon vir die eerste keer verneem wat die werklike toestand van renosterstropery in die land is.

Volgens Davies was die getal renosters in 1900 in Afrika en Asië sowat 500 000. Dit het in 1970 gekrimp na 70 000 en in 2012 was dit geraam op net 29 000.

In Asië is alle renoster-soorte hoogs bedreig of klaar uitgewis, terwyl swartrenosters in Afrika tus-sen 1970 en 1993 met 96% van 6 500 tot 2 300 gedaal het. Dié situasie speel hom af teen die reddingspoging van die witrenoster in Suid-Afrika, waarvan net 50 in die jaar 1900 oorgebly het. Van-dag is daar meer as 20 000 van hulle, danksy die harde werk van wyle dr Ian Player en ander in die sestigerjare.

Davies het gesê 2 000 stropers het verlede jaar die KNP binnegekom en grootliks bygedra tot die stroping van 1 215 renosters in 2014.

Volgens hom is geïntegreerde strate-giese bestuur van renosters in SA nodig. Dit sluit onder meer verpligte ingry-

pings, vermeerdering van getalle, in-ternasionale samewerking, langtermyn maatreëls, wetgewing en beleid in.

Hy het ook voorgestel dat renosters na laer-risiko gebiede verskuif word en groter eienaarskap van die diere onder-soek word. “Renosterhoring is meer werd as goud.”

Die afgelope tien jaar het die KNP se

ereveldwagters R300 miljoen vir ver-skeie projekte ontvang. In 2014/15 is R45 miljoen ontvang. Dié geld word al-les bestee om stropers mee hok te slaan, soos die opleiding van en toerusting vir veldwagters, gespesialiseerde items soos nagsigtoerusting, snu� elhonde, voertuie, ‘n Bat Hawk-vliegtuig, helikop-terbrandstof, ensovoorts.

Oorsese gaste leer meer oor renosters

BO: Renosters kry nekbande wat sorg dat hul bewegings gemonitor kan word. ONDER: ’n Opsporingsvliegtuig staan in ‘n

bosskuiling in die KNP.

Page 4: Agribulletin 150828

August 20154

Tel: 015 304 3009 / 082 902 6972

Plant hire Construction, Waste Management Earthworks

Veeboere in Limpopo sal hul voerpro-gramme vorentoe deeglik moet beplan in die lig van weerkundiges se waarsku-wing dat die streek ‘n droër klimaatsiklus betree, waarsku dr HC Visser, voorsitter van die Rooivleisprodusente (LIMRPO) in die provinsie.

Hy het onlangs op LIMRPO se jaarkon-gres gesê dis veral in die westelike distrikte en dele van die laeveld waar weidingstoestande weens die lae reen-seisoen verswak het.

Wat veesiektes betref, het hy gesê ‘n magdom van aksies en forums is deur die jaar bygewoon om die veiligheid van RPO-lede se kuddes te verseker. Invoer-beheer op lewende diere vanaf die buur-lande is deur die nasionale RPO gedruk om wetlike maatreëls teen dieresiektes toe te pas.

“Daar was egter ‘n tydelike terugslag met die ophe� ng van die maatreëls, maar ons sorg voortdurend dat die kor-rekte reëls toegepas word. Dit is uiters belangrik dat SA se vrye status van bek- en klouseer beskerm moet word.”

Dié maatreëls het ook gesorg dat ‘n

groot hoeveelheid Swartwitpense wat uit Zambië hierheen ingevoer sou word, betyds gekeer is.

Snotsiekte het vanjaar die verwagte verliese veroorsaak en hy verwag dit sal die res van die jaar voortduur op plekke waar produsente nie hul vee kan skuif nie. Die nasionale RPO het gehelp met die invoer van ‘n entstof teen dié siekte en die proses is reeds aan die gang om die nodige goedkeuring daarvan te ver-kry. Boere wat bereid is om hul kuddes vir proewe met die entstof beskikbaar te stel, word versoek om LIMRPO se kan-toor te skakel.

Veediefstal is ‘n goeie knou toegedien met die vervolging van ‘n veedief wat etlike vragte in die provinsie gesteel het. Visser het bygevoeg dat die nasionale fo-rum vir die voorkoming van veediefstal nou ‘n handleiding gepubliseer het wat produsente met al die regte inligting voorsien. Die forum is deesdae weer ak-tief en het reeds verskeie vergaderings ge-hou om op hoogte te bly met dié voort-durende euwel.

Veeboere teen droë toestande gemaan

Westfalia, wat beskryf word as Tzaneen se internasio-nale avokado-reus, het ‘n ooreenkoms met ‘n groot Chi-leense produsent gesluit om avo’s heeljaar aan wêreld-markte te lewer.

In samewerking met die maatskappy Subsole in Chile is ‘n nuwe liggaam gestig, wat avo’s binne en buite sei-soen om die beurt sal uitvoer. Dit is bekend as Westsole.

‘n Berig op die webblad van Fresh Fruit Portal SA lui dat ‘n “venstertydperk” tussen Mei en Julie jaarliks geen

produksie van dié twee groepe oplewer nie. Nou gaan hulle saam avo’s uit Colombië wêreldwyd versprei tot-dat hulle self weer kan voorsien.

In die “venstertydperk” koop verspreiders hoofsaak-lik hul vrugte van Spanje, maar die gehalte daarvan is onder verdenking. Subsole se voorsitter, mnr Miguel Allamand, het in onderhandelings gesê die oplossing lê in die aanbieding van ‘n produk wat altyd van hoë ge-halte is. Westfalia se produkte voldoen aan dié vereiste.

Westsole sal met die in-

trap van die seisoen eers Westfalia se avo’s verskeep, gevolg deur Colombese vragte en daarna avo’s van Chile. Waar hulle in die verlede sterk mededingers was, werk hulle vorentoe saam om die wêreldmark voltyds van hoëgehalte avo’s te voorsien.

As basis vir die nuwe ooreenkoms het Westsole reeds 200 ha grond in Chile aangeskaf vir die vestiging van nuwe avoboorde. Dit sal na verwagting uitbrei tot groot hoogtes in die toekoms en die bedryf vir albei lande tot voordeel strek.

Westfalia en Chile het nuwe avo-plan

Page 5: Agribulletin 150828

August 2015 5

Representative: Werner Smith 072 668 4378Technical Advisor: Alan Faul 082 881 0301

Water Soluble FertilizersLiquid Blends

Foliar FertilizersSoil enhancement products

Formulated MixesCoir/Growing Medium

Fertilizer Recommendations

Specialize in...Specialize in... FERTILIZERS.

Specialise in….

•WaterSolubleFertilizers•FoliarFertilizers•FormulatedMixes•FertilizerRecommendations

•LiquidBlends•SoilEnhancementProducts•Coir/GrowingMedium

Opkomende sitrusboere se sukkeldae kan voortaan tot ‘n einde kom met die stigting van ‘n ontwikkelings-maatskappy wat hulle gaan help met vaardighede, toe-gang tot � nansiële hulp en uitvoermoontlikhede.

Die Sitruskwekersvereniging (CGA) het die maatskap-py (GDC) op die been gebring met die oog op verbete-ring van transformasie in die sitrusbedryf.

Die uitvoerende hoof van die CGA, mnr Justin Chad-wick, het gesê dis ongelukkig so dat baie geesdriftige

kwekers op restitusiegrond sit en agteruit boer weens ‘n gebrek aan vaardighede, geld en regeringsonder-steuning. Hulle het ook ‘n magdom struikelblokke om die uitvoermark te bereik.

‘n Aanvanklike bedrag van R6 miljoen is vir 2015 be-willig om die maatskappy aan die gang te sit. Dis ‘n vy� aarplan en die bedrag sal jaarliks met vyf persent verhoog word.

Die GDC sal hom veral toespits op produksie-in-

frastruktuur, tegniese ondersteuning, sakebestuur, toegang tot � nansiële steun, marktoegang en projek-bestuur.

• Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) het gister sy jaarvergadering in Johannesburg gehou. Verskeie items wat groot waarde vir sitrus-boere inhou, is op die agenda ingesluit. AgriBulletin sal einde September hieroor verslag doen.

Die uitvoerprogram van sitrusvrugte uit SA lê op die oomblik net oor die halfpad-kerf, met Valencia-lemoene wat nou vol-stoom na die buiteland vertrek.

Volgens syfers van die Sitruskwekersver-eniging (CGA) is 22,8 miljoen kartonne valencias van ‘n geskatte oes van 49,1 miljoen reeds verpak, waarvan 14,8 mil-joen klaar hul bestemmings bereik het.

Nawels loop ook einde se kant toe, met 22,7 miljoen van die geraamde 23 miljoen kartonne waarvan 21,4 miljoen uitgevoer is.

Die totaal vir alle sitrus word geraam

op 111,4 miljoen kartonne, waarvan 71,7 miljoen reeds verskeep is.

Met vier uit ‘n toegelate vyf onderskep-pings vir swartvlek (onder suurlemoene) deur die Europese Unie het die bedryf sover geen bykomende struikelblokke nie. Dit dui op ‘n suksesvolle seisoen vir die lemoenboere van Letaba en die an-der produserende streke.

Die CGA het intussen gesprekke met lede van die Amerikaanse ambassade in SA gevoer vir groter uitvoermoont-likhede na Amerika, waar sitrus uit Wes-Kaapland reeds ‘n vastrapplek gekry het.

Sitrus-uitvoer oor halfpadkerf

CGA help nuwe sitrusboere

Letaba Bosveldjagters (BJV) gaan voor-taan meer aan ledegeld opdok en gaan ‘n � nansiële jaar van agtien maande tegemoet.

Die Bosveld Jagters- en Wildbewa-ringsvereniging in Polokwane het gesê die verhogings het noodsaaklik ge-word, terwyl die jaarafsluiting van ein-de Augustus na einde Februarie 2017

aangeskuif word.Die ledegeld vir die volgende agtien

maande is soos volg:Gesin: R950 + R475 = R1 425Seniors: R700 + R350 = R1 050Juniors: R150 + R75 = R225Lede sal tegemoet gekom word met

die keuse om vir ses, twaalf of die volle agtien maande te betaal.

BJV-ledegeld styg

Page 6: Agribulletin 150828

August 20156

Wire is as essential as soil on any farm, says Mr Alf da Gama of Polokwane, sales manager of Consolidated Wire Industries (CWI).

The company has been manufacturing premium mild steel wire and wire products in South Africa since 1949, producing wire for local and internation-al markets.

Its manufacturing plant situated in Vanderbijlpark has been operational since the early 1950’s and em-ploys in excess of 500 permanent employed sta� members. Their products conform to national and international speci� cations and are sold in various countries around the world including Africa, Europe, the Far East, Middle East, Australia and Canada.

Da Gama said about 70% of his stock in Polokwane are sold to farmers and agriculture in Limpopo. The company also applies the latest technology wire-drawing machines to produce hard drawn wire suit-able for applications such as the manufacturing of nails, core wire for welding rods, cold heading as well as steel wool wire.

He can be contacted on 082 442 8085.

Alf is the wire man

Ground Up Fertilizer van Tarlton in Johannesburg het hom reeds in die Letaba-distrik gevestig met ‘n reeks volledige kunsmis-programme vir veral groentepro-dusente.

Die eienaar is mnr Alan Faul, ‘n boorling van Letsitele, terwyl mnr Werner Smith, verteenwoordiger, self langer as dertig jaar in Tzaneen ge-bly het.

Die maat-skappy spesia-

liseer in plantvoeding en bemark alle oplosbare kunsmis en blaar-toedienings. Hulle formuleer hul eie mengsels om aan die spesi� eke gewasse se voedingsbenodigd-hede te voldoen.

Volgens Smith is Faul ‘n spesia-lis op die samestelling van kuns-misprogramme wat vir boere uitgewerk word na gelang van grond- en waterontledings.

Die maatskappy het ‘n depot in Tzaneen se nuwe nywerheidsge-bied, vanwaar hulle die gebied be-dien. Faul is bereikbaar by 082 881 0301 en Smith by 072 668 4378.

Mnr Kobus Grobler van Letsitele staan tussen sy komkommers wat uitsluitlik met die produkte van Ground Up gevoed word.

Kunsmisgroep vestig in Tzaneen

Page 7: Agribulletin 150828

August 2015 7

Pomeloboere van Letsitele is in hul skik met van-jaar se oes, nadat dié vrug se uitvoer-getalle groter hoogtes as die ver-wagte oesskatting behaal het.

Hul opbrengs staan op 4,6 mil-joen kartonne, wat beter is as 2014 se uitvoer en ook hoër as die geskatte 4,4 miljoen kartonne vir die seisoen.

Hoedspruit se op-brengs is ook hoër en staan op 4,2 miljoen kartonne, aansienlik meer as die 3,7 miljoen vir 2014.

Mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging (CGA), sê dis goeie nuus vir die bedryf wat weens ‘n wêreldwye ooraanbod na ‘n afname geneig het. Die geraamde 15,3

miljoen kartonne vir vanjaar lyk al meer na ‘n bereikbare teiken.

Minstens die helfte van die uitvoer-pomelo’s is na Japan en Noord-

Europa. Japan se besendings het van 3,4 miljoen tot 3,2 miljoen

gedaal, maar vroeë uit-voere na Europa het gestyg van vier mil-

joen tot 4,3 miljoen.Die Chinese mark het ook ‘n styging van ‘n miljoen kartonne tot

1,5 miljoen getoon, wat nagenoeg tien persent van die uitvoer verteen-

woordig.Ander tradisionele markte het konstant gebly en stem

ooreen met die syfers vir 2014.

Pomeloboere is in hul skik

AgriLimpopo gee sy volle ondersteuning aan die Karaan-plan as deel van die nasionale ontwikkelingsplan om grondhervorming in die provinsie gebalanseerd te kry.

Dié plan, wat voorgestel is deur prof Mohamed Karaan van die Universiteit van Stellenbosch se land-boufakulteit, bepaal kortliks dat ‘n boer saam met ‘n swart vennoot ‘n nuwe plaas koop. Die boer betaal 50% van die koopprys en die ander helfte behoort aan die vennoot met staatsgeld.

Dit verskil van die aanvanklike Nkwinti-uitspraak dat ‘n boer 50% van sy eie grond aan sy werkers moet afstaan en verseker dat die beginnerboer ‘n vastrap-plek kry, terwyl die boer waarde tot sy bestaande praktyk toevoeg.

Dit was een van die resolusies wat verlede week by AgriLimpopo se jaarvergadering geneem is.

Die organisasie het ook aanbeveel dat beginner-boere deur klein koõperasies op die been gehelp word. Groot belangstelling is reeds in Limpopo vir so ‘n beweging getoon.

Die uitvoerende hoof van AgriLimpopo, mnr Willem van Jaarsveld, sê ‘n mandaat is ook deur lede gegee om te kyk na landbouplanne van die verlede wat nou in rake lê en stof vergaar. Die modelle is dalk nie meer van toepassing nie, maar dit bevat waardevolle in-ligting wat aangepas kan word vir praktiese gebruik in die regering se NOP. Hulle hoef nie te wag op AgriSA om dié opdiep van inligting in die hande te kry nie.

‘n Sterk resolusie wat vorentoe ‘n groot invloed op voedselproduksie kan hê, is om te kyk na grond wat weens restitusie na die staat teruggeplaas is, maar in onbruik verval het. AgriLimpopo het opdrag om te sien dat gewillige en bekwame boere op dié grond geplaas word om dit weer diensbaar te maak.

Die jaarlikse � naliste in die Jongboer-kompetisie gaan voortaan toegang kry tot AgriLimpopo se jaar-likse kongres om hul insette oor landbou te kan gee.

Nog sake wat by die vergadering aandag geniet het, is die ewige kwessie van werkpermitte. Van Jaarsveld sê daar word al jare lank gesukkel om dié proses vlot verloop te kry, maar die haakplek lê klaarblyklik by die amptenare op grondvlak wat nie uit die korrup-sieketting gewikkel kan word nie. “Ons gaan foto’s en name van dié mense publiseer wanneer daar weer sulke struikelblokke in aansoekers se pad kom.”

Die agteruitgang van paaie in die provinsie is hoog op die organisasie se doenlys. Betrokke owerhede gaan � sies op roetes geneem word om die knelpunte uit te wys. Skade aan voertuie weens die swak pad-struktuur lei jaarliks tot verliese van miljoene rande.

Van Jaarsveld sê die beeld van AgriLimpopo gaan ook in gestalte groei met ‘n groter kommunikasie-plan. Regstreekse kontak met boere, banke en ander instansies sal op sosiale netwerke uitgebrei word, so-dat die organisasie te alle tye lewendig in Limpopo se geheue teenwoordig sal wees.

Landbou kry groter

spreekbeurt

Page 8: Agribulletin 150828

August 20158

AgriLimpopo neem kennis van die be-vindings van die Menseregtekommis-sie in verband met die kwesbaarheid van boere en hul werkers op plase in Suid Afrika.”Ons deel hul bekommernis oor die impak van plaasaanvalle op die ekonomie van die land asook die na-delige e� ekte op die landelike gemeen-sakppe waarbinne dit plaasvind” het Mnr Leon Borcherds, die president van AgriLimpopo, gesê.

Borcherds het daarop gewys dat daar baie goeie samewerking met die SAPD bestaan in die toepassing van die Landelike Veiligheidstrategie. “Ons kan egter nie staatmaak op e� ektiewe optrede van ons polisielede as hulle nie voertuie en brandstof het om hul pligte mee uit te voer nie. Verder is dit duidelik dat die nasionale minister en die nasionale kommissaris dringend aandag sal moet gee aan die opleiding van meer SAPD-lede om vakatures op die platteland te kan vul” het Borcherds bygevoeg.

Agri Limpopo is bekommerd dat onverantwoordelike uitsprake deur waningeligte meningsvormers oor menseverhoudings op plase, tog wel ’n rol speel in die geweldige brutaliteit van plaasaanvalle.

“Dit is nodig dat ondersoekbeamptes sowel as lede van die NVG opgelei moet word om insig te kry in die to-tale negatiewe impak van misdade soos plaasaanvalle en veediefstal. Dit sal hopelik nuwe erns bring waarmee hierdie sake in die regsplegingsproses hanteer sal word” het Borcherds gesê.

AgriLimpopo doen ’n beroep op wet-gewers en die NVG om strawwe vir plaasaanvallers, plaasmoordenaars en vee- en wilddiewe, in lyn te bring met die ernstigheid van hierdie misdade. Ver-al moet verswarende omstandighede ingebou word weens die uiterse kwes-baarheid van die slago� ers.

Navrae kan gerig word aan mnre Leon Borcherds by 082 378 4621 of Willem van Jaarsveld by 082 451 7913.

MRK-verslag oor plaasmoorde wys leemtes uit

Kragtige nuwe dinamika is vanjaar in die struktuur van AgriLimpopo ingebou wat dié organisasie kan uitlig tot ‘n in-vloedryke stem in landwye landbousake as deel van die nasionale ontwikkelings-plan.

Verlede week is AgriLimpopo se grondwet herskryf en voorsien nou vir groter veerkragtigheid. Waar die alge-mene bestuursraad voorheen die sep-ter geswaai het, sal die jaarlikse kongres voortaan die hoogste besluitnemer wees.

Mnr Willem van Jaarsveld, uitvoerende hoof, het die kernvergadering in Polok-wane beskryf as die grootste algemene jaarvergadering wat nog ooit in die provinsie gehou is. Dit is deur ‘n rekord-getal lede bygewoon en vyf resolusies (meer as ooit tevore) is deur die raad bekragtig.

Voortaan sal die dagbestuur besluit hoe-veel mense op die uitvoerende raad sal dien. Dit word verdubbel en sluit ok twee vorige presidente in, wie se uitgebreide kennis en ervaring van landbousake opnuut ingespan sal word.

Hulle is mnr Francois van den Berg, wat met sy uitgebreide kennis oor watersake na natuurlike hulpbronne sal omsien, en dr Theo de Jager, wat met sy kennis oor

grondsake na transformasie sal kyk.Die bestuurspan se krag is ook ver-

skerp met die aanwysing van sekundi vir elke lid, waarin verskeie jonger lede van die provinsie na vore sal kom.

Die president, mnr Leon Borcherds, en sy adjunk, mnr Pieter Vorster, is onbe-strede as leiers herkies. Van Jaarsveld het gesê dit was ‘n duidelike boodskap van lede dat hulle tevrede is met die rigting wat die bestuurspan aandui.

AgriLimpopo bult sy spiere

Page 9: Agribulletin 150828

August 2015 9

Delivering safe and a� ordable protein to feed the grow-ing world population has never been at greater risk. We are already consuming one-and-a half times the natural resources we should use in a year.

This stern warning comes from a food security report released by the ENOUGH-movement which is commit-ted to building a food-secure world by 2050. The move-ment is spearheaded by Elanco, a global company that develops and markets products to improve animal health and food animal production in more than 75 countries.

The regional director of Elanco SA, Mr André West-erveld, said food security is often misunderstood. While it is associated with extreme hunger, it is much more than this.

“A food-secure world is one in which everyone can a� ord and access an adequate quantity and quality of food.”

He said amidst the food security debate, there is also the real issue around the sustainability of resources. Ac-cording to the World Wildlife Fund, the earth takes one-and-a-half years to regenerate the renewable sources people use in a single year. On 20 August 2013, humans crossed the line where annual resource consumption exceeded the planet’s ability to replenish, and every year that date is moving up by a few days.

“On this course, by 2030 we’ll require double the plan-et’s resources to meet our needs. We have to produce more, and do it with less. This can only be done through innovation in food production.”

Westerveld pointed out the world’s biggest problems have been solved through innovation and is celebrated in every sector of the economy. It has improved food production – advances in animal health and sanitation, disease detection, animal nutrition and comfort, genet-ic improvements, vaccines and a lot more.

Current per capita milk production around the world is not meeting basic nutritional needs. The � ndings of the 2013 Global Food Forward Analysis estimate that based on the current productivity path, we won’t even have access to a glass of milk a day on average by 2020.

“By applying today’s technology to add just half a glass more per cow, dairy producers could annually save 66 million cows, 747 million tons of feed, farmland roughly the size of Alaska and almost 2,4 trillion litres of water – the annual domestic use of Germany, France and the UK combined.”

The analysis also examined the global egg industry, � nding a startling example of what happens when in-novation is prohibited. More than a decade of disease,

social pressures and increasing regulations on safe, proven practices have dropped global hen productivity nearly an egg/hen/year after decades of increases. On the current path, we’ll need 12,6 billion birds (nearly double today’s 6,4 billion) plus the massive resources to support them to meet demand in 2050.

Westerveld concluded as a society we are con� icted in our support of innovation and technology that allows farmers to grow more food using fewer resources. All consumers have a right to expect safe food produced responsibly and industry has a responsibility when it comes to sustainable production.

“We have to invest the time, energy and resources

to better un-derstand the impact of tech-

nology in food se-curity in the con-text of people, animals and the planet.”

9

social pressures and increasing regulations on safe, proven practices have dropped global hen productivity nearly an egg/hen/year after decades of increases. On

to better un-derstand the impact of tech-

nology in food se-curity in the con-text of people, animals and the

Innovation is key to food security

to better un-derstand the impact of tech-

nology in food se-curity in the con-

Page 10: Agribulletin 150828

August 201510

Page 11: Agribulletin 150828

August 2015 11

Page 12: Agribulletin 150828

August 201512

Soos met baie ander groentesoorte, is die warmrissie-mark ook besig om te diversi� seer. Daar is ’n hoogs betalende mark vir hoë gehalte en verskeidenheid waarvan produsente gerus kan kennis neem.

Soet- en warmrissies (Capsicum annuum L.), is lid van die Solanaceae-familie, wat aartappels, tamaties en ei-ervrugte insluit. Die vrugte wissel in vorm, kleur, smaak en wanddikte, maar die meeste soorte behoort aan een van die twee hoofgroepe, die Grossum-groep, wat die matige en soet variëteite insluit, en die Longum-groep, waaronder die warm tipes val.

Rissies se brandsmaak word deur die bestanddeel capsaicin veroorsaak. Die brand van ’n rissie word in Scoville-hitte-eenhede gemeet. Die skaal is reeds in 1912 deur Wilbur Scoville ontwikkel en word vandag nog gebruik, alhoewel daar ook nuwer tegnologie in-gespan word om die capsaicin-konsentrasie te bepaal. Jalapeno- en Fresno-rissies wissel van 2 000 tot 50 000 eenhede. Soetrissies bevat min of feitlik geen capsai-

cin, wat as nul op die Scoville-skaal beskou word. Rissies � oreer in warm toestande. Omdat dit eintlik ’n

meerjarige gewas is, het dit ’n besonderse lang groeityd-perk. Die plante benodig méér hitte as tamaties; on-geveer 24º C vir vier tot vyf maande. Teen lae tempera-ture (5 tot 15º C) ontwikkel die plante stadig en swak. Misvormde vrugte kan dan ook voorkom. Langdurige bewolkte weer kan verder bydra tot die vertraging van vrugvorming. Die plante is baie gevoelig vir ryp en groeipunte kan beskadig word deur die koue tempera-ture.

Afgesien van die rissieplant se behoefte aan hitte, is die plant tóg gevoelig vir temperature hoër as 32º C, want dan aborteer dit blomme. Min, indien enige, vrugset vind plaas by temperature hoër as 35º C, veral as dit met droë, warm winde gepaard gaan. Vrugte wat wel vorm, sal misvormd wees weens die belangrike rol wat bestuiwing in die vorming van die vrug speel. Die vrugte is ook gevoelig vir sonbrandskade en variëteite

met goeie blaarbedekking moet oorweeg word.Warmrissies, of chillies, kan ’n goeie keuse wees as

gesoek word na ’n gewas wat verbou kan word oor ’n verlengde oesperiode. Produsente kan deur middel van gehalte en eenvormige hitte-eenhede, markte

ontgin en sodoende naam maak vir hulleself en selfs ook nuwe markte skep ten opsigte van uitvoere of ver-skeie verwerkte produkte.

Die segmentasie binne die groep is baie groot en nie altyd duidelik nie, en sekere groepe of segmente is meer bekend en gewild in Suid-Afrika as ander. Daar is ook baie groepe wat heeltemal onbekend is en markte kan nog ontwikkel indien die regte variëteite verkry word binne die groepe. Vir die opbou van ’n naam in die mark is dit dus belangrik om te kyk vir die klassieke eienskappe van die verskillende groepe en dan daar-voor uit te kyk.

Sekere variëteite kan egter nie meer spesi� ek inge-deel word in die segmente nie en dit veroorsaak baie verwarring onder kopers en produsente. Sakata het uitgebreide kweekprogramme op meeste van die seg-mente, asook varsmark en drogingsmarkte.

Indiese-thai tipe warmrissieFury is ’n baie bekende warmrissie-variëteit wat oor

jare goeie resultate gelewer het, met goeie vrugge-halte, hoë opbrengste en die vermoë om oor ’n lang groeiseisoen te produseer. Dit word geklassi� seer as ’n tipiese Indiese-thai chilli, met vrugte wat tussen 70 en 100 mm lank is en 10 mm dik met ’n skerp punt. Die kleur is baie eenvormig en kan beide groen of rooi geoes word. Fury het ’n goed gebalanseerde smaak, en dit is ook eenvormig in die hitte-eenhede. Die sco-ville-eenheid vir Fury is in die orde van 45 000 SHU. Die hitte eenhede kan varieer na gelang van die omge-wingstoestande, maar Fury is baie konstant.

Serrano tipe warmrissieMontero is ’n nuwe toevoeging tot Sakata se chilli-

reeks en word ingedeel as ’n klassieke Serrano chilli- daar is baie variasie in hierdie segment, maar Montero is ’n baie goeie voorbeeld van wat Serrano chillies

• Vervolg op bl 13

Klassieke warmrissies

Soos met baie ander groentesoorte, is die warmrissie- cin, wat as nul op die Scoville-skaal beskou word.

Page 13: Agribulletin 150828

Dr Evelyn Nguleka van Zambië is onlangs verkies as die eerste vroulike voorsitter van die World Farmers’ Association, wat na die belange van boere wêreld-wyd omsien. Sy is ‘n veearts en hoenderboer in Zam-bië, maar ook ‘n voorstander vir groter erkenning aan vroue in die georganiseerde landbou. Saam met haar is Dr Theo de Jager, die president van SACAU, by die vyfde jaarvergadering van die WFO wat in Milaan, Italië, gehou is.

August 2015 13

TROPHY TOYOTA - 015 309 9258

22 Botha StDuiwelskloofLimpopo

Wishing you a LEGENDARY New Year!

Grondleier• Vervolg van bl 12werlik is en hoe dit lyk. Montero het ’n dik vrugwand wat dit goeie raklewe gee, en oor-wegend word die Ser-rano chillies groen bemark. Chillies moet slegs gepluk word as dit wel � -siologies ryp is, anders kan dit ‘n swak raklewe hê. Die eenvormigheid van Montero maak dit makliker vir die produsent om te bepaal wanneer geoes kan word, en bied dan ook ’n baie goeie eenvormige produk. Die Scoville een-heid van Montero is in die orde van 10 000-25 000 SHU.Jalapeño tipe warmrissieEl Rey, MagnoBeide El Rey* en Magno is kompakte plante met baie goeie vrugset en een-vormige vruggroottes en vorm. El Rey* is hoofsaaklik gemik op die varsmark en Magno is uitstekend vir die varsmark asook die prosesse-ringsmarkte. In die volwasse stadium kan sekere Jalapeno’s wel ’n mate van krakies op die vrugwand hê — hoewel krakies wel as ’n eien-skap van die soort beskou word en wel steeds aanvaarbaar is, word daar deesdae teen krakies geselekteer. Magno se eienskappe is ideaal vir prosesse-ring met dik vrugwande en eenvormige groottes. Die scovill eenhede vir Jalapeno’s is in die alge-meen tussen 2500 en 5000 SHU.Fresno-tipe warm rissie

Bond 007 is ‘n nuwe toevoeging

tot die Sakata stal - die indeling van die Fresno-tipes is baie onduidelik in die Suid-Afrikaanse mark, maar Bond 007 is ’n baie goeie voor-beeld van die klassieke vorm en grootte. Die Fresno-tipes word oor die algemeen gebruik in die � siolo-giese rooi ryp stadium, dit verseker

dat die unieke smaak van die tipe uitgelig word. Die Scoville-ee-nhede van die Fresno tipes is in die orde van 30 000 - 50 000 SHU. Cayenne tipe warmrissie

Rajah is ‘n tipiese Cayenne-tipe wat geskik is vir beide varsmark en die drogingsmarkte. Rajah is ’n baie groei-kragtige plant en produ-seer baie hoë gehalte vrugte van

eenvormige groottes, beide lengte en dikte. Die vrugwand van Rajah is relatief dun wat die droging van die vrugte vergemaklik. Rajah word oor die algemeen gebruik as dit in die � siologiese rooi ryp stadium is. Die Scoville-eenhede van die groep is tussen 15 000 en 25 000 SHU.

Kontak gerus vir Leon La-buschagne by 083 585 1181 vir

navrae oor van Sakata se brandrissies.

* Eksperimenteel: Hierdie variëteit is

steeds eksperimen-teel, maar registra-sie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse

kultivar lysting.

AFWYSENDE KLOU-SULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf an-der bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie

van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van

die saad, die � siologiese eien-skappe daarvan en die omgew-

ing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige ver-lies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Page 14: Agribulletin 150828

August 201514

Page 15: Agribulletin 150828

ü Beste moontlike begin ü Groter eenvormigheid ü Konstante kwaliteit ü Opgedateerde tegnologie ü Tegniese advies ü Professionele diens ü Landswye aflewering

HishtilHOEKOM

Tel: +27 15 395 4034/43 | Faks: +27 15 395 4010 | Sel: +27 78 801 2746epos: [email protected] | Posbus 41, Mooketsi, 0825, Limpopo, Suid-Afrika

www.hishtilsa.com

Opgedateerde tegnologieOpgedateerde tegnologieOpgedateerde tegnologie

Hishtil Suid-Afrika se primêre produksie is beide geënt en nie-geënte groente saailinge wat landswyd afgelewer word.

Hishtil Suid-Afrika was gestig in 2007 in Mooketsi, Limpopo, en is deel van die Internasionale Hishtil Groep.

H I S H T I L - SUID-AFRIKA

Boere in die Letabastreek begin frons oor die daling van watervlakke in hul damme, terwyl hulle reeds met net die helfte van hul water-kwotas tevrede moet wees.

Anders as in die vorige klompie jare het die streek vanjaar heelwat minder somerreën gekry. Selfs die Tzaneendam, wat dié tyd verlede jaar nog 100% vol was, se watervlak staan op 60% en daal weekliks.

In die Letsitele-streek en Harmonie, waar baie groenteprodusente van water afhank-lik is vir hul gewasse, begin die watertafel al dieper wegkruip. Dit word ook ervaar met die vlakke van boorgate.

Mnr Barend Vorster van Mahela Boerdery sê daar is rede tot kommer oor die verbruik van water vorentoe. Die sitrus-oes is goed, maar die vrugte is vanjaar e� ens kleiner weens te min reën.

Dit is ook beaam deur mnr Jacobus Auret van Cape-span, wat sê dat ‘n paar reënbuie dié tyd van die jaar beslis ‘n verskil aan die grootte van veral valencias sou maak.

Mnr Gideon Goosen, ‘n groenteboer van Harmonie, sê sy dam se watervlak sak ook vinnig. “Jy moet onthou die dam word al hoe kleiner na onder en die vlak sak vinniger.”

Auret het gesê daar is selfs sprake dat boere wat van leiwater afhanklik is, dalk verder gekortwiek kan word. Dit is moontlik dat die waterkwotas later tot 30% verlaag kan word. Die oestyd vir sitrus is darem nie meer lank nie en die meeste boere behoort teen week 40 klaar te maak. Die plukseisoen staan nou op week 35.

Uitvoere het volgens Capespan voorspoedig verloop, behalwe vir Rusland se geldeenheid, die roebel, wat vanjaar sleg seergekry het.

Boere se water raak al minder

Werkers woel in Mahela se pakhuis om die sitrus vir die uitvoermark gereed te kry. Mnr Thys Katzke is pakhuisbestuurder by Mahela Boerdery.

August 2015 15

Viskonsentrate Beskikbaar

Ocean-Fert: Viskonsentraat

Sea-Potas: Viskonsentraat + Kalsium

Sea-Boost: Viskonsentraat + Kelp

Sea-Phos: Viskonsentraat + Fosfaat

Okita pH Plus: Vloeibare Kalsium

Okita Gypflo: Vloeibare Gips

Ander bemesting beskikbaar op aanvraag

Adriaan Badenhorst 082 850 2166Kantoor 083 715 6160

[email protected]

Agrib

ullet

in©

1039

5ef1

5073

1tb

Page 16: Agribulletin 150828

August 201516

• * Recommended retail prices are subject to change without notice and exclude CO2 tax. Terms and conditions apply.• **SD4 5 + 2 Seater Model• TM©Rugby World Cup Ltd 2008.

LAND ROVER POLOKWANE 64 Hans van Rensburg Street, Polokwane, Limpopo Tel: 015 291 9700

WORLDWIDE PARTNER

AVAILABLE FROM R541 900*

Call or visit to find out more.

Introducing Discovery’s newest family member, the new Discovery Sport.With flexible 5 + 2 seating, 2.2** ton towing capacity and Land Rover capability at heart, it’s no wonder that the Discovery Sport is the most versatile compact SUV yet.

NEW DISCOVERY SPORT

ADVENTURE.IT’S IN OUR DNA


Recommended