+ All Categories
Home > Documents > Inflammatoriese / infektiewe neurologiese toestandelearning.ufs.ac.za/FST409_ON/Resources/2...

Inflammatoriese / infektiewe neurologiese toestandelearning.ufs.ac.za/FST409_ON/Resources/2...

Date post: 14-Jun-2019
Category:
Upload: vuongtuyen
View: 215 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
27
Inflammatoriese / infektiewe neurologiese toestande
Transcript

Definisie

Dit is ‘n infeksie/inflammasie van die

meninges van die brein (dit is sisteme van

membrane wat die sentrale senuwee

stelsel omsluit).

TB meningitis is die mees algemene vorm.

Definisie vervolg

TB meningitis is ‘n Mycobacterium tuberculosis

infeksie van die meninges van die brein.

Enkefalitis is akute inflammasie van die brein.

Brein abses is ‘n abses wat deur inflammasie en

geinfekeerde materiaal veroorsaak word.

Reye sindroom is ‘n fatale siekte wat verskeie

organe kan aantas soos bv die brein en lewer.

Patologie: TBM

Mycobacterium tuberculosis van die meninges is inflammasie van die basis

van die brein.

Wanneer die inflammasie in die breinstam, by die subarachnoide area

voorkom kan die kraniale senuwees ook geaffekteer wees.

Infeksie begin gewoonlik in die longe en kan na die meninges versprei deur

van verskillende roetes gebruik te maak. Dit kan ook versprei word deur

bloed, omdat dit deur die bloedbreinskans kan beweeg.

Dit kan ook veroorsaak word deur ‘n ruptuur in die kortikale area van die

brein. Nog ‘n kleiner deel van pasiente kan dit kry dmv ‘n ruptuur van die

benige deel van die vertebrale kolom.

Patologie: Enkefalitis

Die virus repliseer buite die sentrale senuwee sisteem en

gaan die SSS binne dmv hematogenese verspreiding of dmv

die neurale kanale.

Die virus word oorgedra deur mense, muskiete of vlieë.

As die virus oor die bloedbreinskans beweeg, sal die virus in

die neurale selle inbeweeg wat dan die gevolg het van

wanselfunksie, perivaskulêre kongestie, bloeding en ‘n

inflammatoriese uitwerking.

Grysstof word meer geaffekteer as die witstof.

Patologie: Brein Abses

Bakteriële absesse is skaars in die brein, daar is amper altyd ‘n

primere infeksie iewers in die liggaam wat eers opgeklaar moet

word voordat die groot probleem aangespreek kan word.

As die primere infeksie nie aangespreek word nie sal dit ‘n terugval

tot gevolg hê.

Trauma soos bv. skedel frakture, koeëls en ander voorwerpe druk

teen die brein vas en verooorsaak ‘n ooglopende abses.

Die area van die primere infeksie kan die area van abses in die

brein aandui:

◦ Middel oor – middel en posterior kraniale fossa

◦ Kongenitale hart siektes – middel serebrale arterie

◦ Infeksie by die frontale sinusse – subdurale sinusse

◦ Fungi en parasiete - kom voor in immuunonderdrukte pasiënte.

Patologie: Reye sindroom

Die patogenese is onduidelik.

Mitochondriale disfunskie is betrokke wat oksidatiewe fosforilasie

en vetsure beta-oksidasie in ‘n virus geinfekteerde gasheer inhibeer.

Histologiese veranderinge sluit in astrosiet edeem en die verlies

van neurons in die brein, edeem en vet degenerasie van die

proksimale lobules in die niere.

Alle selle het geswelde mitochondria wat verminderd is, te same

met die glikogeen afname en minimale weefsel inflammasie.

Verhoogde interkraniale druk word veroorsaak.

Oorsake

TBM word veroorsaak deur Mycobacterium Tuberculosis.

Enkefalitis = hoofsaaklik virusse. Dit kan ook deur bakteriee

bv Lyme Siekte of TB en syfilis of parasiete soos

toxoplasmosis veroorsaak word.

Brein abses = viruses, fungi en bakteriee.

Reye sindroom is steeds onbekend. Dit affekteer gewoonlik

kinders tussen die ouderdom van 4-12 jaar maar is

algemeenste op 6 jaar.

Risko faktore vervolg

Brein abses

◦ Kongenitale hart siekte teenwoordig met geboorte

◦ Meningitis

◦ Kroniese middel oor en sinus infeksie

◦ Tand of kaak infeksies

◦ Infeksie van die gesig of kopvel

◦ Kop besering of skedel fraktuur

◦ Traksie

◦ Shunt infeksie

◦ Diabetes mellitus

◦ Immune- onderdruk

Tekens en simptome

Enkefalitis word voor afgegaan deur ‘n virale infeksie bv. boonste

lugweg infeksie of ‘n gastro- intestinale problem soos diaree

Die simptome begin geleidelik en sluit in:

◦ Agitasie

◦ Naarheid en braking

◦ Koors

◦ Verandering in persoonlikheid en gedrag

◦ Sensitiwiteit tot lig

◦ Hewige hoofpyn

◦ Nek styfheid

◦ Bultende fontanel

Tekens en simptome vervolg

◦ Verminderde bewussyn of koma

◦ Swak voeding of geïrriteerde kinders

◦ Omgewone postuur met kop en nek in ekstensie

◦ Verhoogde asemhalingstempo en pols

◦ Verhoogde intrakraniale druk

◦ Slaaploosheid

◦ Hoë- toonhoogte huil

◦ Verandering in spraak

◦ Probleme met loop

◦ Spastisiteit

◦ Vel uitslae

◦ Verlies aan energie

Komplikasies

Brein skade

Gehoor verlies

Ophoop van vog tussen die brein en

skedel

Hidrokefalus

Konvulsies

TBM:

Wanneer TB meningitis vermoed word, moet ‘n lumbale punksie gedoen word, dit behels die onttrekking van serebrosspinale vloeistof vir toetsing, om die diagnose te bevestig.

Die volgende toetse kan ook uitgevoer word: ◦ Biopsie van die brein of meningitis

◦ Bloed kultuur

◦ Borskas X-straal

◦ Serebrosspinale vloeistof ondersoek vir sel telling, glukose en proteïen

◦ CT scan van die kop

◦ “Gram stain” en kultuur van die serebrosspinalevog

◦ “Polymerase chain reaction” (PCR)

◦ Veltoets vir tuberkulose

Behandeling vir TB meningitis moet so gou as moontlik begin as dit vermoed word, want hoe vroeër die behandeling begin, hoe beter is die uitkoms.

Alle tipes SSS tuberkulose, moet begin met ‘n kombinasie van “Bactericidal drugs” , wat kan penetreer tot in die serebrosspinalevloeistof. Die eerste linie van behandeling, moet isoniazid (INH), rifampin, and pyrazinamide bevat.

Pyrazinamide word saam met INH en rifampin gegee gedurende die eerste 2 maande van terapie, dan word dit gestop. Wanneer weerstand ‘n bekommernis is, moet ‘n 4de middel nl. Ethambutal of streptomycin bygevoeg word by die behandeling vir die 1ste 2maande.

Die optimale voortduring van behandeling is nog onseker. Die huidige riglyne is as volg: Behandeling vir TB meningitis, intrakraniale tuberkuloma of tuberkuloma met meningitis moet vir 12 maande gegee word as die TB neiging sensitief is vir die antibiotika.

Behandeling moet na 18 maande verleng word, indien die pasiënt nie pyrazinamide ontvang het met die 1ste 2 maande van sy behandeling nie. Indien die pasiënt n multidrug-resistant TB het van TBM, moet behandeling tot 24 maande verleng word. Dit is belangrik dat pasiënte met aktiewe TBM onder direkte toesig is en klinies gemonitor word.

Enkefalitis

Anti-virale middels of ander toepaslike medikasie word gebruik om

die proses van infeksie te stop of om te keer.

Komplikasies soos bv. stuipe en dehidrasie wat deur koors

veroorsaak word, word beheer en behandel.

Langtermyn komplikasies soos bv. breinskade, moet voorkom word.

Die meeste mense wat vir enkefalitis behandel word, sal in die ICU

behandel word. ‘n Suurstofmasker sal gebruik word om asemhaling

te verbeter en voedingspype sal gebruik word om voedingstowwe

te verskaf en dehidrasie te voorkom.

Brein Abses

Voordat die abses gelokaliseerd raak, kan antimikrobiale

terapie gebruik word.

Beheer van die intrakraniale druk is essensieel.

Wanneer ‘n abses gevorm het, word chirurgiese verwydering

gebruik of dreinering gekombineerd met antibiotika vir 4-8

weke.

Die teenwoordigheid, grootte en hoeveelheid absesse word

bepaal deur ‘n CT scan of MRI.

Reye sindroom

Behandeling vir Reye sindroom is slegs ondersteunend, aangesien daar geen kuur is nie.

Die mediese span fokus daarop om dehidrasie te voorkom, elektroliete balans te behou, voedings inname te beheer en kardiorespiratoriese status te onderhou.

Meganiese ventilasie word benodig as asemhaling oneffektief begin raak.

Intrakraniale druk en bloeddruk kan gemonitor word.

Klein hoeveelhede insulien kan gegee word om glukose metabolisme te verbeter.

Kortikosteroïede = verminder swelling in die brein.

Diuretika = raak ontslae van oortollige vloeistof.

Akute hantering

Laat die pasiënt se vlak van pyn en irriteerbaarheid jou lei.

Posisionering is baie belangrik – probeer om ‘n neutrale belyning te hou.

Passiewe bewegings en strekke binne perke van pyn vir nekstyfheid en

geassosieerde uitval van motorbeheer.

Verhoog tonus dmv “sweep tapping”, kompressie en gewigdra aktiwiteite.

Indien die intrakraniale druk so geweldig is, sal die pasiënt geintubeer

word.

◦ Dus kan 2° longkomplikasies ontstaan agv intubasie → AHO’e, klop/skud/vibreer, PD

(nie trendelenburg posisie nie), suig en manuele hiperinflasies (MH).

◦ Eleveer die kop ±15° om die intrakraniale druk te verlaag.

Sub-akuut / kroniese hantering Passiewe mobilisasie, strekke en neural mobilisasie deur volle OVB.

↑ tonus dmv “sweep tapping”, kompressie en gewigdra aktiwiteite.

Aktief geassesteerde en aktiewe mobilisasies.

HOL van balans, propriosepsie en sensasie.

Bedmobiliteit

Verplasings

↓ hoofpyn dmv hoofpynmassering en snellerpunt terapie.

↓ nekstyfheid dmv strekke, aktiewe bewegings, SWM en elekteroterapie. OMT kan gebruik word as die pasiënt instaat is om verbale terugvoer te gee oor wat hy/sy voel.

Behou OVB en spierlengte dmv passiewe/aktiewe bewegings.

Verbeter proksimale stabiliteit, heup, knie en enkel beheer dmv gewigdra, kompressie tapping en mm. versterking.

HOL van loop

Voorsorgmaatreëls tov velsorg agv verlies van sensasie.

Voorkom druksere en verbeter sirkulasie dmv sirkulasie oefeninge, passiewe/aktiewe bewegings en drukverligting.

Presentation and Outcome of Tuberculosis

Meningitis in a High HIV Prevalence Setting

Mycobacterium tuberculosis is ‘n algemene vernietigende oorsaak van

meningitis in HIV-geïnfekteerde persone en veroorsaak ‘n hoë

mortaliteitssyfer.

‘n Studie is gedoen op ‘n sekondêre hospitaal (GF Jooste hospitaal in die

Kaap) om te bepaal of pasiënte wat HIV-geassosieërde TB meningitis het,

se mortaliteit sal verlaag as ARV’s deel vorm van hulle TB behandeling.

Meningitis is in 211 patiënte gediagnoseer, waarvan 120 TB meningitis was.

106 van bogenoemde pasiënte was HIV positief.

Die pasiënte se behandeling is gekombineer met ARV’s en daar is gevind

dat die mortaliteitssyfer gedaal het.


Recommended