SAN KENNES EN INNERVERING Werkswinkel Jaci van Niekerk
Proposal full title: PROmoting Global REsponsible research and Social and Scientific innovation, ProGReSS
Project web-‐site: www.progressproject.eu
Name of the Coordinator: Prof. Doris Schroeder ([email protected])
Title
2
Table of Contents SAN KENNES EN INNERVERING .................................................................................................................................. 3 DAG 1 – 19 MAART 2014 ......................................................................................................................................... 4 DORIS SCHROEDER, KOORDINEERDER VAN DIE PROGRESS PROJEK .................................................................................... 4 ANDRIES STEENKAMP, SASC ........................................................................................................................................................ 4 RACHEL WYNBERG, UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD ................................................................................................................. 5 JACI VAN NIEKERK, UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD .................................................................................................................. 7 CAROL VAN WYK, DEPARTMENT VAN WETENSKAP EN TEGNOLOGIE ................................................................................... 9 ROGER CHENNELLS, SASI ........................................................................................................................................................... 10 VOORDEEL-‐VERDELINGS OOREENKOMS OORSIG: HG&H EN SASC .................................................................................... 10 VINESH MAHARAJ, UNIVERSITEIT VAN PRETORIA (VOORMALIG WNNR) ........................................................................ 11
DAG 2 .......................................................................................................................................................................... 13 MEDIA KONTRAKTE ..................................................................................................................................................................... 13 NAVORSINGS KONTRAKTE .......................................................................................................................................................... 14 ANDER NAVORSING ...................................................................................................................................................................... 14 VRAE VAN DIE VLOER ................................................................................................................................................................... 16 SAKEPLAN? .................................................................................................................................................................................... 17 DIE PAD VORENTOE ...................................................................................................................................................................... 18 VOLGENDE STAPPE ....................................................................................................................................................................... 18
ADDENDUM 1 ........................................................................................................................................................... 19 BYWONINGSREGISTER: DAG 1 EN 2 .......................................................................................................................................... 19
Title
3
SAN Kennes en Innervering WANNEER: 19 en 20 Maart 2014 WAAR: Kalahari Lodge, Kimberley, Suid Afrika WIE: Die werkswinkel is deur 34 persone bygewoon op Dag 1, en 31 op Dag 2 (Sien
asseblief Addendum 1 vir die volledige register).
Title
4
DAG 1 – 19 Maart, 2014 Ds Mario Mahango het die dag se gebeure met n gebed geopen. Dit was gevolg deur n rondte self-‐voorstellings.
Doris Schroeder, Koordineerder van die ProGReSS Projek Profesor Schroeder het almal verwelkom en vir Leana bedank vir die puik organisering van die werkswinkel. Wat beteken dit om verantwoordelike navorsing in die Kalahari te doen? Die navoorsing moet eties aanvaarbaar, volhoubaar en maatskaplik wenslik wees. Twee voorbeelde sal bespreek word:
1) Databasis opname van tradisionele kennis (National Recordal System (NRS)) 2) Die Zembrin voordeel-‐verdelings ooreenkoms (Sceletium tortuosum)
Andries Steenkamp, SASC Andries het gepraat oor die afgelope dekade van werk met verskeie organisasies en regeringsdepartemente met betrekking tot San plante kennis. Dit het begin in 2001 met onderhandelinge met die WNNR rondom Hoodia; dit was die eerste keer dat die beskerming van hul kennis ernstig oorweeg is, en hulle het baie geleer. Die San Raad het ʼn ooreenkoms rakende ʼn databasis met die WNNR, en het ʼn aantal onderhandelinge aangegaan met verskillende maatskappye oor voordeel-‐verdeling (in Engels ‘benefit sharing’) rondom verskillende plante. Die San Raad is steeds besig met die ooreenkomste -‐ hulle moet meer nuttig vir gemeenskappe gemaak word. Die San is 'kinders van die natuur’, daarom is dit noodsaaklik om hul erfenis te beskerm. Huidige wetgewing en regulasies help nie regtig vir die San om hul kennis te beskerm nie. Een voorbeeld is die taal: hulle tale word nie elke dag gebruik nie, dus mag hul tale in die nabye toekoms verlore gaan. Die San 'leef saam met die natuur' en maak volhoubaar gebruik van natuurlike hulpbronne. Hulle eet nie net plante en diere vir voeding nie, maar gebruik hulle ook vir mediese doeleindes. Die San-‐mense jag net wat hulle nodig het om te eet – nie meer nie. Dit is belangrik vir hulle om deel te neem aan sulke werkswinkels (soos vandag sʼn), omdat hulle hulp met die beskerming van hul kennis nodig het. In hierdie verband is hulle baie kwesbaar. Uitdagings
€ Huidiglik is daar kontrakte by die Departement Omgewingsbewaring wat nie gefinaliseer word nie.
€ Die afgelope 10 jaar was die San ‘on a mission’; nou het hulle vasgebrand, daarom is hierdie werkswinkel so belangrik.
€ Die San wil niks wegneem van enigeiemand nie, maar hulle wil hul kennis en hulpbronne beskerm sodat almal weet wat aan hulle behoort.
Title
5
Roger het n paar gedagtes bygevoeg Ons praat oor die Kalahari en volhoubare navorsing in die Kalahari, asook oor plaaslike kennis. Ons praat oor 'kinders van die natuur’, mense wat leef in ʼn natuurlike habitat met en uit die natuur. Die kennis van die San weerspieël hierdie werklikheid. Een van die eerste en belangrikste mylpale in die afgelope dekade was die ondertekening van die Hoodia ooreenkoms in 2003. Roger sien homself as ʼn persoon wat die voorreg gehad het om saam met die San te werk as ʼn prokureur. Ten opsigte van kennis, veral van die ouer mense onder die San, gaan hulle kennis verlore wanneer ou mense sterf (byvoorbeeld, vyf ‘biblioteke’ het verlede jaar ‘gesluit’). Maar daar is hoop om hul kennis te beskerm. Dit is nie te laat nie, maar dit is inderdaad baie laat. In 2004 is die skepping van ʼn tradisionele kennis databasis voorgestel. Die eerste databasis ooreenkoms was met die WNNR. Die San het nie toe veel geweet oor hoe om hul kennis te beskerm deur die gebruik van tegnologie nie. Daar was praktiese kwessies wat beskou moes word, byvoorbeeld die verlies van ʼn rekenaar in ʼn vuur. In hierdie konteks, sal die NRS help om kennis te beskerm en ook om die data te beskerm. Uitdagings
€ Sosio-‐ekonomiese realiteite speel ook ʼn rol; daarom het dit lank geneem voordat erkenning gegee is aan die San se regte ten opsigte van tradisionele kennis beskerming.
€ Die San mag dalk hulle grond/land verloor het, maar hulle het nie hulle kennis verloor nie – dis een belangrike bate wat hulle steeds het.
€ Die Khoi is nie verteenwoordig vandag nie. Mens moet in ag neem dat baie van hierdie kennis reeds deur die San gedeel is met ander gemeenskappe. In meeste van die onlangse onderhandelinge was die Khoi teenwoordig.
KOMMENTAAR/OPMERKINGS EN VRAE € Mario het bekommernis uitgespreek dat slegs San-‐mense van Suid-‐Afrika verteenwoordig
is by die werkswinkel en gewonder wat sou dan gebeur met diegene van naburige lande? € Andries het uitgevra na die redes vir die vertraging rondom die ooreenkomste. Hy het
gevoel dat die San Raad miskien meer druk op die betrokke mense moet plaas om vinniger op te tree.
Rachel Wynberg, Universiteit van Kaapstad Rachel het verwys na n reeks fotos in haar praatjie. Die naam "Rooi" bos (Rooibos) is meer as 100 jaar gelede in Europa gebruik tydens die Suid-‐Afrikaanse Uitstalling in Londen (1907). Dit het een van die mees bekende drankies geword – bekend as ‘Rooi Bush’; en is hoofsaaklik gebruik deur die "elite". Nog ʼn foto wys ʼn stuk Hoodia gordonii in ʼn bottel. Dit dateer uit 1874.
Title
6
Rachel het opgemerk dat hierdie fotos wys dat San innervering in die bio-‐ekonomie nie nuut is in Europa en ander Westerlike lande nie. Daar was patente ʼn honderd jaar gelede, maar nie so baie soos vandag nie. Wat het verander? Die onderhandeling van voordeel-‐verdelings ooreenkomste is nuut; groter erkenning van tradisionele kennis -‐ wetlik, sowel as polities; die tradisionele kennis het verander, so ook die San self; die vereiste vir vooraf ingeligte toestemming (‘prior informed consent’) is ook n nuwe verwikkeling. Dit behoort duidelik te wees – in hierdie dag en datum -‐ dat maatskappye nie wins uit hierdie plante kan maak sonder die deel van voordele en erkenning van diegene wat hul kennis voorsien het nie; navorsers kan ook nie kennis vergaarder sonder om eers die gemeenskap om toestemming te vra nie. In 2004 is die Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit uitgevaardig. Dit stel duidelik dat voordeel-‐verdelings ooreenkomste in plek gestel moet word. Ongelukkig weens ʼn belangrike vergadering van die Departement van Omgewingsake, kon niemand van die departement vandag se werkswinkel bywoon en meer besonderhede oor die Wet op Biodiversiteit weergee nie. Daar is steeds heelwat uitdagings Een van die belangrikste uitdagings is hoe om kennishouers te identifiseer. Daar is ook ʼnuwe’ kennis houers. Rachel het ʼn foto van iemand wat rooibos verwerk rondom die begin van die 20ste eeu gewys. Dit bied ʼn goeie voorbeeld vir die verduideliking van die kompleksiteit van die probleem: In die ou dae is rooibos saad met ʼn hout blok met ʼn stuk rubber daarop geskraap. Die saad sal nie ontkiem tensy dit stukkend gemaak is nie, in die natuur word dit gebyt deur miere. Die rooibosbedryf sou nie bestaan het sonder hierdie blok van hout en die kennis van hoe om dit te gebruik om saad oop te skraap nie. Die vrou wat hierdie kennis met ander gedeel het, Treintjies Swarts, moet erken word. Ongelukkig weet ons nie aan watter gemeenskap sy behoort het nie (Jaci het probeer om haar of haar graf in Clanwilliam te vind (ingeval sy reeds oorlede is), maar ongelukkig kon sy niks vind nie). Een skyfie het die geografiese verspreiding van die natuurlike habitat van Hoodia en die gebiede waar die San in Suid-‐Afrika woon uitgebeeld. Verbasend, oorvleuel hulle nie! In 2000 was daar ʼn koerantberig oor Sceletium getiteld "Woede oor wetenskaplikes wat plante aan maatskappy verkoop". Sommige mense het beweer dat hulle die kennis oor hierdie plant besit, maar hulle het dit eintlik vanaf die San verkrei. Dit is duidelik dat daar probleme verwant aan die verspreiding van voordele onder mense en gemeenskappe bestaan.
Title
7
Een van die uitdagings is om te verseker dat die oorspronklike hulpbronne beskerm word. Vandag is daar groot plantasies. Hoe kan mens voordele kry om hierdie hulpbronne te bewaar? Die Bio-‐ekonomie Strategie is vrygestel deur die DWT in Februarie vanjaar (2014), maar daar is steeds geen implementeringsplan daarvoor nie. Daar is baie geleenthede in die mark. Soms gebruik maatskappye die beeld van die San, bv. in produkte met die handelsnaam "Bushman’s Secret" vir gewig en eetlus bestuur. So, dit gaan nie net daaroor dat hul kennis uitgebuit is sonder hul toestemming nie, maar ook hul ‘beeld’. Die skoonheidsmiddels-‐bedryf is baie geïnteresseerd om Commiphora te gebruik in die voorbereiding van parfuum. Maar die medisyne-‐industrie stel nie meer so baie belang nie. Een rede hiervoor kan wees dat die verteenwoordigers van die medisyne-‐ondernemings nie weet hoe om te onderhandel nie, gegewe die kompleksiteit van die regulasies. Daarom is regulasies some ʼn hindernis vir kommersiële gebruik, wat, as die San sou deelneem, hulle ook sal benadeel, selfs al was die wette en regulasies daarop gemik om hulle (as kennishouers) te beskerm.
OPMERKINGS EN VRAE € Roger het opgemerk dat die naam "Bushman’s Secret" ʼn opsomming van hierdie
werkswinkel is op een of ander manier. Die vraag is – wie het vir hulle hierdie ‘geheime’ vertel? Met ander woorde, hoe het die sakemanne hierdie kennis van die San verkry?
€ Leana het opgemerk dat daar soms ʼn misbruik van die San en ander mense was deurdat hul naam en foto's gebruik is om produkte te verkoop.
€ Pieter het gepraat oor ‘Bushman’s Secret’ in die konteks van waarde en krag, wat aandui dat die San oor die jare verander het. Die gebruik van die woord ‘San’ het verander in die taal en hy byvoorbeeld, wou ʼn Boesman genoem word, en nie ʼn San nie.
Jaci van Niekerk, Universiteit van Kaapstad Jaci het haar praatjie in Afrikaans aangebied, gebaseer op die pamflet wat uitgehandig is oor traditionale kennis databasisse rondom die wereld. Hier volg n opsomming: Terminologie: Tradisionele kennis (TK) databasisse bestaan uit versamelings van inligting wat verband hou met TK, en staan ook bekend as inheemse kennis (IK) registers, IK bestuur stelsels, of TK biblioteke. In Suid Afrika staan die nasionale TK databasis bekend as die National Recordal System’ (NRS). Waarom moet ons TK beskerm? Alhoewel sommige TK aangeteken is in die literatuur, of in museums, is die meeste TK lewend -‐ en loop dus die risiko om mettertyd verlore te gaan. Selfs aangetekende TK mag verlore word as dit op papier of digitaal opgeneem is sonder dat kopieë veilig bewaar word. Sommige is egter van
Title
8
mening dat die opname van TK dit vervreem van die landskap en mense waar dit ontstaan het, en dat dit toegang daartoe deur kennis-‐houdende gemeenskappe beperk. Faktore wat lei tot verlies of erosie van TK
€ Verstedeliking € Globalisering € Verlies van tale € Afname in biologiese hulpbronne € Onsekere grondbesit
Misbruik van TK Daar is wydverspreide kommer dat TK as die basis vir patente gebruik kan word sonder die toestemming van kennis houers. Die bekende geval van Hoodia is een so ʼn voorbeeld, waar patente geliasseer is -‐ gebaseer op San TK -‐ maar sonder die toestemming van die San of ʼn ooreenkoms waarby voordele gedeel word. Databasisse kan patent toetsbeamptes help om misbruik van TK te vermy. Hoe kan ons TK beskerm? Die beskerming van TK is ʼn komplekse wetlike-‐, politiese en menseregte kwessie. Praktiese maniere van TK bewaar bestaan reeds, byvoorbeeld die vestiging van kulturele sentrums soos !Khwa ttu in die Wes-‐Kaap of ‘skole’ vir tradisionele geneeshere. Verskeie lande, insluitend Suid-‐Afrika, vereis dat tydens die indiening van patente, bekend gemaak moet word waar die hulpbronne vandaan kom en of TK gebruik is, al dan nie. Patent toetsbeamptes kan gehelp word deur TK databasisse wat sogenaamde ‘bekendmaking ooreenkomste’ (disclosure agreements) bevat. TK databasisse kan ook help om TK te erken en te bewaar. Tipes TK beskerming Beskerming van TK behoort in die algemeen aan een van twee kategorieë -‐ verdedigende of positiewe beskerming. Verdedigende beskerming is hoofsaaklik gemoeid met die verbod op die misbruik van TK; terwyl positiewe beskerming behels dat gemeenskappe aktief hulle regte verdedig, en sodoende voordeel trek uit hul kennis. Tradisionele kennis databasisse Net soos TK databasisse verskil in omvang, doel en prosedure, bied hulle verskillende vlakke van verdedigende en positiewe beskerming. Terwyl sommige databasisse bestaan vir die uitsluitlike gebruik van inheemse gemeenskappe, is ander toeganklik vir die publiek en/of patent kantore. Suid Afrika se nasionale TK databasis
Title
9
Suid-‐Afrika se nasionale TK databasis, die NRS, is die eerste internet-‐gebaseerde nasionale digitale stelsel wat TK dokumenteer. Dit sluit elemente van ʼn paar van die databasise hierbo in, maar is egter uniek aangesien dit multimedia (soos video opname) gebruik om TK aan te teken, en dit bevat inligting oor plantspesies ook. Die NRS is bekend gestel in die Noordwes-‐Provinsie in 2013. Aanvanklik sal die NRS fokus op tradisionele medisinale kennis en tradisionele kos, en sal later uitbrei om TK in verband met landbou, kuns en kunsvlyt ook in te sluit. TK beskerming deur middel van die NRS is beide verdedigend en positief. Ten slotte Databasisse en registers moet nie gesien word as die antwoord op die beskerming van TK teen verlies en erosie nie, maar eerder as ʼn komponent van ʼn veel wyer benadering wat internasionale sowel as nasionale wetgewing en belyd in ag neem. Die vestiging en instandhouding van ʼn databasis bevat ʼn element van vertroue. Dit is iets wat gekoester moet word en versterk moet word deur gesamentlike inisiatiewe waardeur inheemse mense en gemeenskappe die geleentheid gebied word om beheer oor hul TK in databasisse uit te oefen, en om aktief deel te neem aan navorsing gebaseer daarop.
Carol van Wyk, Department van Wetenskap en Tegnologie Carol het gepraat oor die National Recordal System (NRS). Die NRS spruit uit die IKS (Inheemse Kennisstelsels) Beleid van 2004. Dit is die grootste Suid-‐Afrikaanse inisiatief wat dokumente en die bewaring en beskerming van inheemse kennis tot die voordeel van die gemeenskappe van Suid-‐Afrika betref. Die NRS neem onaangetekende IK op in verskeie multi-‐media formate en beoog om gemeenskaps IK te bevorder. Die stelsel versamel voetsoolvlak gemeenskap ervarings in plaaslike tale, en word tegnies ondersteun deur die National Indigenous Knowledge Management System (NIKMAS). Die doelwitte van die NRS is:
€ Bewaring van IK € Bevordering van IK en gemeenskappe € Beskerming van IK (beide positief en verdedigend)
o Positiewe beskerming: die ontwikkeling van meganismes of regte wat verhoed dat ander IK misbruik, bv. registers, databasisse.
o Defensiewe beskerming: die verlening van eienaarskap, sodat ander nie patente, kopiereg, handelsmerke, ens kan indien nie.
€ Ontwikkeling van IK -‐ verantwoordelike navorsing gebaseer op ʼn gesonde wetlike raamwerk en ondersteun deur toepaslike wetgewing
POTENSIËLE VOORDELE VAN TE WERK GAAN MET DIE NRS Voordele van die bestuur van ʼn Inheemse Kennis System Dokumentasie Sentrum (IKSDC)
Title
10
• 1 x IK gemeenskap koördineerder word aangestel • 3 x IK-‐opnemers word aangestel • Opleiding en bemagtiging • Die oordrag van kennis
Voordele vir IK-‐delelende gemeenskappe
• Erkenning • Gemeenskap identiteit • Volhoubare lewensbestaan • Ekonomiese waarde • Verbeterde lewenskwaliteit
Roger Chennells, SASI Roger het namens HG&H Pharmaceuticals gepraat, want hulle kon nie die werkswinkel bywoon nie.
DIE SCELETIUM STORIE – HGH EN DIE SAN Oorsig 1986 Navorsing begin 1995 Onderhoude / toetsing vir afhanklikheid 1996 Aktiewe komponent geïdentifiseer, patent 2005 Eerste gestandaardiseerde dosisse 2006 Halls Investments (VSA) raak betrokke by die projek; vorm HG&H Pharmaceuticals en belê
rondom R15 miljoen in navorsing en ontwikkeleing (R&D) 2007 HG&H kontak die San vir die eerste keer; wil 'die regte ding doen' 2008 Voordeel-‐verdelings ooreenkoms -‐ betaal vooraf hoewel geen geld gemaak is nie 2009 Kliniese studies suksesvol met betrekking tot veiligheid; verkoop nie as ʼn medisyne nie,
maar as ʼn gesondheids-‐produk; maar doeltreffendheid nog nie bewys nie 2010 Permit verkry; die eerste wat deur die Minister uitgegee is 2012 Zembrin op die Suid-‐Afrikaanse mark vrygestel 2013 Zembrin op die VSA mark vrygestel Die mark het gegroei van R35 000, tot R1,5 miljoen tot R5 miljoen. Plante word gekweek om gehalte stamme te kry. Zembrin se kliniese toetse is afgehandel en het gewys dat dit veilig is en goed verdra word; dit verbeter kognitiewe funksie en verminder angs.
Voordeel-‐verdelings ooreenkoms oorsig: HG&H en SASC In die voordeel-‐verdelings ooreenkoms is die primêre begunstigdes die San; en die sekondêre begunstigdes die Nama-‐gemeenskappe uit die dorpies Paulshoek en Nourivier; en die ontwikkelaar is HG&H. Terme:
Title
11
• 5% + 1% (bemarking) van die netto wins (50% aan Paulshoek en Nourivier) • Eerste drie jaar -‐ minimum R250,000 p.a. (€ 19.111) • Betalings daarna sou afhanklik wees van verkope en winste. •
Kommentaar en vrae € Mario het opgemerk dat dit normaal is vir kennis om in gemeenskappe oorgedra te word. € Michael het gevra of die patent sal verstryk binne twee jaar (2016)?
Die antwoord was dat die prokureurs waarskynlik besig was met die voorbereiding van ander patente met effens verskillende eise wat die kennis vir ʼn verdere 20 jaar sal beskerm. Dit blyk om standaard prosedure in sulke gevalle te wees.
€ Gebruik die kontemporêre San kougoed? Ja, veral vir babas wanneer hulle rusteloos is of koliek het. Mario: Ek het nie geweet nie, omdat dit nie groei waar ek woon nie, maar ek van ander daaroor geleer.
Ope vraag: Is hierdie ʼn model vir innervering?
Vinesh Maharaj, Universiteit van Pretoria (voormalig WNNR) Vinesh het beklemtoon dat dit belangrik is om die medisyne-‐ontwikkelings siklus te verstaan -‐ dit neem 5-‐20 jaar om n produk tot by die mark te kry en kos sowat $1 miljard. Die DWT is tans besig met ʼn hersiening van Hoodia data en kliniese studies en sal weldrae ʼn aanbeveling ten opsigte van die pad vorentoe maak. Oorsig van die Hoodia ooreenkoms Die WNNR het begin met navorsing oor Trichocaulon pilifera -‐ nou bekend as Hoodia pilifera. Maar H. gordonii is gekies omdat dit makliker is om te groei, groter is, vinniger groei, en dieselfde aktiewe bestandeel het. Daar was ʼn kumulatiewe belegging van R0.5 miljard en 14 kliniese studies is gedoen. Lesse geleer vanuit die verhouding met Unilever
• Meer deursigtigheid is nodig • Die San moes ingesluit gewees het in die navorsings program (sommige San-‐lede het wel
met Unilever ʼn gesprek gevoer) • Daar moes meer deursigtigheid tussen die WNNR en Unilever gewees het (in ag geneem
die lisensie-‐ooreenkoms met Unilever) • Die San moes betrokke gewees het met Hoodia plantasies
Uitdagings gebonde aan voordeel verdeling • Mensgemaakte grense vs kulture en biodiversiteit oor grense • Wie het die kennis? Volle verteenwoordiging is nodig • Hoe onderhandel mens ʼn kontrak wanneer toekomstige voordele onbekend is en gekoppel
is aan die uitkoms van kliniese toetse? Is voordele altyd geld?
Title
12
• Hoe om handelsgeheime/kennis beskerming met deursigtigheid te balanseer? • Voorsiening van plante -‐ beperk deur lisensie-‐ooreenkomste • Hoe om potensiële toekomstige voordele te administreer? • Op watter stadium van die produk ontwikkeling siklus moet voordeel-‐verdeling
ooreenkomste met die eienaars van IK onderteken word? • Baie lang tyd vanaf die projek idee tot kommersiële sukses • Kommunikasie ‘las’ is deel van die bedryf in ons interafhanklike wêreld -‐ groot aantal
vennote; behoeftes en verwagtinge van die aandeelhouers moet in ag geneem word Moontlike oplossing vir baie van die uitdagings Vestig n wetlike raamwerk en navorsings program met kennishouers tydens die navorsing stadium. Bioprospektering ooreenkoms onderteken met die SA San Raad in 2004
• Bevorder navorsing en ontwikkeling op grond van kennis en is inklusief van San-‐mense • Aktiewe deelname deurgans die program • Beskerm die regte en kennis van die San • Voorsiening vir publikasies, patentering, voordeel verdeling en kommersialisering
ʼn Werksprogram om IK-‐houers te bemagtig
• Die skepping van ʼn foto-‐databasis (2003) • Kennis opgelaai deur IK-‐houers en wetenskaplikes • Volledige opname van inheemse kennis • IK-‐houers kan dit dan gebruik vir onderhandelinge vir navorsing, ontwikkeling en
kommersialisering
KOMMENTAAR € Stuur ʼn befondsing voorstel aan die NRF vir werk met die San en Khoi om inligting op te
neem en te bewaar, opleiding in die kweek van plante, vervaardiging van produkte, en die vestiging van ʼn toevoer ketting (supply chain)
€ Die Hoodia ervaring het gelei tot groter samewerking; byvoorbeeld die San is betrokke by ʼn nuwe WNNR-‐projek -‐ die ontwikkeling van ʼn anti-‐rimpel room. En positiewe publisiteit vir die WNNR as die leier van die voordeel-‐sharing ooreenkoms?
€ Die ervaring met Hoodia ook gelei tot geld vir samewerking wat omhein is deur die DWT € Roger het opgemerk dat die San ʼn vennoot benodig; hulle voel dat hulle die WNNR kan
vertrou en saam vorentoe kan beweeg aangesien die instelling en individue binne dit bekend is -‐ hulle kan bou op hierdie verhouding
Title
13
DAG 2 – 20 Maart, 2014 A. Beginsels wat betrokkenheid met die San begelei
Media Kontrak a) Algemene waarnemings b) Wanneer moet daar vir geld gevra word? c) Wat is die gevare? d) Voordele Navorsings Kontrak a) Bioprospektering b) Geld c) Ander vorme van navorsing? d) Wat is die prioriteite/gevare?
TERUGVOERING VAN GROEPE:
Media Kontrakte a) Algemeen
• Opvoerings: toestemming moet verleen word vir ʼn spesifieke tydperk. • Onderhandel eerstens, bestuur dan die proses. Byvoorbeeld, moet nie eers toelaat dat
foto's geneem word en dan praat nie -‐ doen dit vroegtydig. • Elke organisasie moet ʼn kontrak teken om seker te maak die San word nie uitgebuit nie. • ʼn Pryslys moet aan die kontrak geheg word; dit moet elke jaar hernu word. • Die tipe media publikasie is ter sake; byvoorbeeld, is ‘royalties’ (tantieme) dalk van
toepassing in die geval van ʼn boek? • Toestemming is ʼn belangrike kwessie: Is daar fotos geneem tydens optredes? Waar sal die
video opeindig? Of motors wat stop en fotos neem. • Die durasie van ʼn aktiwiteit (fotografie-‐projek, advertensie ens) moet duidelik uiteengesit
word. • Die kontrak(te) moet beskikbaar wees op die San Raad se webwerf. • Die kontrak moet sê watter groepering (Khomani ens) die persoon aan behoort.
b) Geldsake
• Bespreek geld wanneer dit kom by onderhandeling. • Vind uit – is die maatskappy daarop uit vir self-‐verryking? • Maak seker watter soort maatskappy jy te doen mee het, vra dan vir dienooreenkomstige
voordele (bv. die Vodacom-‐advertensie -‐ hulle is ʼn groot maatskappy). • ʼn Administratiewe fooi moet van toepassing wees wanneer kontrakte geteken word. • ʼn Prys lys wat billik en gebalanseerd is moet opgestel word vir verskillende aktiwiteite.
Title
14
c) Gevare • Inligting kan in die verkeerde hande beland. • Daar is ʼn behoefte aan meer inligting verdeling om te voorkom dat die verkeerde inligting
versprei. • Beter kommunikasie -‐ byvoorbeeld deur middel van ʼn nuusbrief of radio-‐uitsendings. • Aktiwiteite moet nie sonder die betrokke gemeenskapsleiers se kennis plaasvind nie. • Mense hou nie daarvan om kontrakte te teken en vir geld te vra nie, maar die gevaar van
uitbuiting bestaan andersins.
d) Voordele • Werksgeleenthede vir gemeenskappe. • Die San se beeld is beskerm teen misbruik.
Navorsings Kontrakte a) Bioprospektering
• Onderskei tussen kommersiële en nie-‐kommersiële navorsing, dws watter tipe persoon of organisasie is van plan om navorsing te doen?
• Praat met die persoon -‐ wat is die doel van die navorsing? Dring aan op volledige bekendmaking.
• Of die navorsing kommersiële of privaat is -‐ is dit in die San se beste belang? • Die voorlegging (Engels – proposal) -‐ lees dit mooi en verstaan dit; dit moet die tydperk van
die projek noem. • Is daar ʼn begroting vir mense vanuit die gemeenskap wat help? • Voordele moet met die gemeenskap gedeel word. • Is daar enige gemeenskaps voordeel na die projek verby is?
b) Geld
• Studente mag dalk sê dat hulle nie geld het vir vertolking nie. In die verlede (in Platfontein) het dit gebeur dat n student R20 per dag aanbied!
• Administratiewe assistente en tolke moet behoorlik betaal word. • Sommige universiteite bepaal dat mense wat deelneem aan navorsing nie betaal mag word
nie.
Ander navorsing • Tipe navorsing -‐ die navorser moet verklaar watter soort navorsing beplan word -‐ dws ʼn
plante studie, of ʼn PhD-‐studie ens [Hy of sy mag sê: ek het nie geld nie, bring kospakkies ... wanneer hy/sy klaar is met sy navorsing is hy/sy is goed-‐ opgely, skryf dalk ʼn boek -‐ dit word gepubliseer, die San kan nie ʼn prokureur bekostig nie!].
• Watter ander organisasies is betrokke?
Title
15
• Die tydperk van navorsing moet bespreek word – daar is ʼn behoefte om ʼn beperking te stel; navorsers moet ʼn jaarlikse verslag lewer; en elke twee jaar moet ʼn evaluering van die hele proses gebeur.
• Beheermaatreëls moet in plek wees -‐ het hulle gehou by wat hulle gesê het hulle gaan doen?
Prioriteite/gevare
• Die tydperk van die studie is belangrik. In die verlede sou iemand ʼn kontrak teken, dan iewers anders heen gaan, en terugkeer jare later – en wil dan dieselfde kontrak gebruik om meer navorsing te doen; dus MOET die kontrak stipuleer hoe lank die navorsing sal duur.
• Vra van die begin af -‐ wat kan jy gee? Werk dan uit of jy die vennootskap wil aangan of nie. • Volg die regte kanale -‐ navorsers moet deur die SASC werk -‐ hulle sal die gemeenskap leiers
uitwys; wie dan op hulle beurt dié wat sal deelneem aan die navorsing sal identifiseer. • Termyn van navorsing kontrak – die navorser bepaal die tydperk, elke 6 maande moet
hy/sy terug rapporteer; jaarlikse evaluering; dan besluit die San of dit kan voortgaan. • Die meeste universiteite het etiese komitees, maar die probleem is -‐ is daar iemand wat sal
afdwing dat navorsers doen wat hulle gesê het hulle sou doen? • In die toekoms sal die San hul eie etiese komitee moet stig.
VOORSTELLE VAN VINESH MAHARAJ: Die WNNR stelsel/benadering vir bioprospektering/kommersiële navorsing 1. Nie-‐openbaarmaking ooreenkoms/Vertroulikheids ooreenkoms (Non Disclosure Agreement)
• Stem ooreen oor watter navorsing gedoen moet word 2. Navorsings-‐samewerkings ooreenkoms
• Voorsiening vir voordeel verdeling, kommersialisering • Indien kommersialisering – dan wat?
3. Voordeel-‐verdelings ooreenkoms
• Voordeel: gemeenskappe neem deel aan die navorsing -‐ direkte, onmiddellike voordeel Ander navorsing (nie-‐kommersiële navorsing) 1. Nie-‐openbaarmaking ooreenkoms/Vertroulikheids ooreenkoms
• Besluit watter navorsing gedoen moet word
2. Navorsings-‐samewerkings ooreenkoms • Opleiding van gemeenskapslede • Navorsings vaardighede • Voordele – nie noodwendig geld nie • Vertolking – tolke moet betaal word • ‘No-‐go’ opsie: mense het die reg om NEE te sê vir navorsing
Title
16
Voorstel: Kan daar dalk ʼn sentrum opgetstel word waar alle San kennis gehou word? Miskien by !Khwa ttu?
AANBIEDING OOR DIE NRS DEUR KEDI APHANE, DWT Standaard vereistes van die DWT
€ Promosie van inligting oor die gemeenskap -‐ wat maak hulle uniek?; foto's; waar hulle woon; hul storie; hul geskiedenis; hoe hulle leef; ens.
€ Administratiewe inligting -‐ leierskap strukture, wie die leiers is, wat hulle kontakbesonderhede is.
€ Name en besonderhede van IK-‐houers. Die volgende stappe behels baie papierwerk
€ Voor ingeligte toestemming. € Foto's van IK-‐houers word vasgelê op die databasis -‐ die naam, wat hulle voorgee om te
weet, wat die eis is, waar die TK vandaan kom, bewaring, voorbereidings metode, raklewe, plaaslike name -‐ SANBI wetenskaplike name -‐ wat volgens ʼn monster (blaar, stam, wortel, ens) geidentifiseer word; SANBI verifieer nie die doeltreffendheid of gebruik nie.
€ Die San moet die organisasie waar die IKSDC gebaseer sal wees identifiseer. Dit moet ineenskakel met sekere DWT oudit voorskrifte.
Verwysingsterme vir die bestuurskomitee
€ Hulle moet mense in die gemeenskap wees wat passievol is oor TK en erfenis. € Die komitee moet die TK houers se identiteit en kennis verifieer. € Die IK koördineerder kry ʼn skootrekenaar. € Drie IK versamelaars kry elk ʼn mini-‐skootrekenaar en ʼn video kamera. € IKSDC koördineerder – kry n skootrekenaar. DWT sal help om die persoon te identifiseer.
Hy of sy benodig IT en sakevaardighede. € Stuurgroep -‐ identifiseer die gemeenskaps koördineerder en IK-‐opnemers.
Vrae van die vloer € Drie verskillende gemeenskappe (Khomani in Upington en Kalahari; Khun en Kwe in
Kimberly) Hoe kry ons ons mense by die koördineerder? € Wat van die Nama mense? DWT wil nie verwarring skep nie; DWT wil soveel as moontlik
ondersteuning en sosiale samehorigheid bevorder. € Opleiding -‐ hoe sal dit werk? € Die San-‐gemeenskap het verskillende kwalifikasies, sommige het Graad 10, 11 -‐ hoe kan
opleiding daarmee skakel? € Die Noord-‐Kaap Sentrum -‐ waar dit geplaas sal word? € Sal dit die hele inheemse bevolking, of net die drie San-‐gemeenskappe behels?
Title
17
€ Is politiek betrokke?? Wat van die Khoi-‐San? Ons wil graag politiek uit hou, indien moontlik.
€ Plaaslike radio stasies – daar is niemand in die Kalahari nie -‐ hoe word opname gedoen? € Kommunikasie in die algemeen. € Rots Kuns Sentrum -‐ in die regering se hande, museum, hoe kan dit skakel met die DWT? € Is dit ʼn langtermyn-‐projek? € Wat van vervoerkoste? € Sal daar ʼn kantoor wees vir koördineerders? € Wat gebeur wanneer die projek oor is? € Is daar enige vergoeding vir TK houers? € Wat van opleiding, en kapasiteits ontwikkeling? € Datum -‐ wanneer sal dit begin? € Hoe lank sal die projek aangaan? € Wat is die voordele verbonde aan opleiding? € Wat is die kriteria vir aanstelling? € Kan elke San-‐groep ʼn koördineerder aanstel, en daarna elke koördineerder 3 opnemers
aanstel? Kedi se antwoorde
€ Opleiding kriteria -‐ geletterde, jong mense; werklose gegradueerdes kry top prioriteit, maar ander sal nie uitgesluit word nie.
€ Radio stasies -‐ DWT het nie ʼn kontrak met die Departement van Kommunikasie nie, maar sy sal hulle kontak.
€ Rots kuns – sy sal vrae oordra aan die Departement van Kuns en Kultuur. € Noord-‐Kaap – die sakeplan moet aandui wie in die Noord-‐Kaap woon – noem die
gemeenskappe op -‐ dit is waar ons begin, 3 jaar befondsing -‐ hernubaar gebaseer op prestasie, moet sê wat dit sal kos, geen bus of taxi terugbetalings van DWT nie, miskien iemand kan die gebruik van ʼn voertuig aanbied -‐ hulle sal vergoed word deur die projek.
€ Kantoor ruimte -‐ die instelling waar die sentrum geplaas gaan word sal die kantoorruimte verskaf.
€ Daar is nie betaling vir IK houers nie, maar die waarde van NRS sal aan hulle verduidelik word.
Sakeplan? € Wie sal dit skryf? € Hoe kan almal se insette voorgestel word? € DWT het ʼn riglyn daarvoor; ʼn tenderproses sal gevolg word – wat oop vir sal wees vir
instellings in die Noord Kaap. € DST sal help om die vorms in te vul en opleiding oor die tipe vrae te vra ens.
Title
18
€ Daar is sperdatums -‐ werk word gemonitor om te sien of daar probleme is, of dit hersien moet word, dan word daar besluit om voort te gaan of nie.
Die pad vorentoe € Die groep het ingestem dat hulle belangstel om saam te werk met die NRS. € Die groep het ingestem om voort te gaan om te werk met die WNNR op die private
databasis; en om aan te hou om te konsulteer met Vinesh, selfs al het hy die WNNR verlaat.
€ Die mandaat om ʼn ander werkswinkel met die regering te beplan, met behulp van ProGReSS fondse, is ooreengekom.
Volgende stappe € Departement van Omgewingsake -‐ San voordeel-‐verdelings ooreenkomste moet opgevolg
word. € Tydraamwerk vir die volgende werkswinkel -‐ binne die volgende 4 maande (dit is later
ooreengekom om dit 1-‐3 September 2014 by !Kwatthu te hou). € Vraag wat beslis moet word -‐ moet die Khoi genooi word na die volgende werkswinkel? € Hersiening van die media kontrak.
Title
19
ADDENDUM 1 Bywoningsregister: Dag 1 en 2 NAAM VAN ORGANISASIE 1 Andries Steenkamp Suid Afrikaanse San Raad 2 Leana Snyders Suid Afrikaanse San Raad 3 Jan Pietersen Suid Afrikaanse San Raad 4 Zeka Shiwarra Suid Afrikaanse San Raad 5 Manuel Kaljorro Suid Afrikaanse San Raad 6 Chrisjan Tities WIMSA 7 Petrus Vaalbooi Khomani San 8 Annetta Dodds Khomani San 9 Johanna Ndeja Khwe CPA 10 Rebekka Kaye Khwe 11 Brenda Bladbeen Khomani San 12 Karina Shiwarra Khwe 13 Vellery Mattias !Xun 14 Ziolina Fernando !Xun 15 Mario Mahongo !Xun 16 Jafta Kapunda !Xun and Khwe CPA 17 Louis Karupangwe Khwe 18 Vasco Serneo !Xun Council 19 Louis Mungombo Suid Afrikaanse San Raad 20 Antonie Kambinda !Xun Council 21 Wilders Kaunda WIMSA 22 Michael Obach Technalia 23 Jaci van Niekerk Universiteit van Kaapstad 24 Miriam Shurman Universiteit Sentraal Lancashire (Engeland) 25 Kedi Aphane Departement Wetenskap en Tegnologie 26 Vinesh Maharaj Universiteit Pretoria 27 Roger Chennells SASI 28 Rachel Wynberg Universiteit van Kaapstad 29 Doris Schroeder Universiteit Sentraal Lancashire (Engeland) 30 Carol* van Wyk Departement Wetenskap en Tegnologie 31 Dashnie Naidoo WNNR 32 Elsabé Swart Noord Kaapse Departement
Omgewingsake 33 Lebogang* Holele Noord Kaapse Traditionele Sake 34 Miggie* Van den Berg Noord Kaapse Traditionele Sake * Nie teenwoordig op die tweede dag nie.