+ All Categories
Home > Documents > MINISTRY OF EDUCATION...aardverwarming, omgewingsdegradering, wanverspreiding van rykdom, toenemende...

MINISTRY OF EDUCATION...aardverwarming, omgewingsdegradering, wanverspreiding van rykdom, toenemende...

Date post: 10-Jan-2020
Category:
Upload: others
View: 15 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
32
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION NAMIBIA SENIOR SECONDARY CERTIFICATE (NSSC) 2012 FIRST IMPLEMENTATION: JANUARY 2013 FIRST EXAMINATION: OCTOBER/NOVEMBER 2014 DEVELOPED IN COLLABORATION WITH UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SYLLABUS HIGHER LEVEL SYLLABUS CODE: 8314 GRADES 11 - 12
Transcript

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

NAMIBIA SENIOR SECONDARY CERTIFICATE (NSSC)

2012 FIRST IMPLEMENTATION: JANUARY 2013

FIRST EXAMINATION: OCTOBER/NOVEMBER 2014

DEVELOPED IN COLLABORATION WITH UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS

AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SYLLABUS

HIGHER LEVEL

SYLLABUS CODE: 8314

GRADES 11 - 12

Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia ©Copyright NIED, Ministry of Education, 2012 NSSCH Afrikaans Second Language Syllabus Gr 11 - 12 ISBN: 978-99945-2-064-0 Printed by NIED Publication date: 2012

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding 1

2. Rasionaal 1

3. Doelstellings 2

4. Oorsig oor die leerinhoud 2

4.1 Algemeen 2

4.2 Lys van goedgekeurde Letterkundewerke 2

4.3 Ander bronne 3

5. Leerinhoud 4

5.1 Luister en praat 4

5.2 Lees 6

5.3 Skryf 8

5.4 Taalgebruik 11

5.5 Letterkunde 13

6. Assessering 14

6.1 Assesseringsdoelstellings 14

6.2 Skematiese uiteensetting van vraestelle 14

6.3 Gewigswaarde van vraestelle 14

6.4 Beskrywing van vraestelle 15

6.5 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle 16

7. Omskrywing van simbole 17

8. Woordelys 19

Bylae A: Inligting oor die afneem van die mondelinge komponent 21

Bylae B: Nasienskema vir deurlopende skryfwerk 26

Bylae C: Generiese nasienskema vir die geskrewe letterkundevraestel 27

Bylae D: Nasienskema vir gesprek oor literêre werke 28

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 1

1. INLEIDING

Die sillabusse vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSCH) is ontwerp as kursusse wat twee jaar duur en word geëksamineer na suksesvolle voltooiing van die Junior Sekondêre Sertifikaat. Die sillabus is ontwerp om te voldoen aan die vereistes van die National Curriculum for Basic Education in Namibia en is deur die National Examinations, Assessment and Certification Board (NEACB) goedgekeur. Die hoofafdelings is: • Doelstellings • Leerinhoud • Assessering • Omskrywing van simbole Die Afrikaans Tweedetaalsillabus sal leerders se vermoë ontwikkel om mondelings en skriftelik akkuraat, gepas en effektief te kommunikeer. Leerders sal aangemoedig word om 'n wye woordeskat op te bou en om oortuigend, akkuraat en duidelik te kommunikeer. Daar sal van hulle verwag word om in 'n verskeidenheid style en genres te werk, geskik vir spesifieke teikengroepe. Die evaluering van praat- en luistervaardighede sal gebaseer wees op die voorgeskrewe letterkunde. Die nasionale kurrikulumriglyne wat van toepassing is op Senior Sekondêre Onderwys (Graad 11 & 12) en op gelykwaardige stadiums in nieformele onderwys, as deel van 'n lewenslange leerproses, erken die unieke karakter van die leerder en onderskryf die filosofie van leerdergerigte onderwys. Die nasionale riglyne vir die Namibiese kurrikulum streef om: • te erken dat leer die ontwikkeling van waardes en houdings sowel as kennis en

vaardighede behels; • selfbewussyn sowel as begrip vir die houding, waardes en oortuigings van ander in 'n

meertalige en multikulturele gemeenskap te bevorder; • respek vir menseregte en vryheid van spraak aan te moedig; • insig en begrip te kweek vir kritieke globale aangeleenthede in 'n vinnig veranderende

wêreld wat die lewenskwaliteit van mense beïnvloed: die MIV/vigs-pandemie, aardverwarming, omgewingsdegradering, wanverspreiding van rykdom, toenemende konflik, tegnologiese revolusie en toenemende globalisering.

• te erken dat, soos inligting in verskillende vorme meer toeganklik raak, leerders hoër kognitiewe vaardighede van analise, interpretasie en evaluering moet ontwikkel om die inligting effektief te kan gebruik;

• leerders uit te daag en aan te moedig om hulle volle potensiaal te ontwikkel en positief by te dra tot die omgewing, ekonomie en samelewing.

Daarom moet die Namibiese sillabusse geleenthede bied vir die ontwikkeling van sleutelvaardighede wat van toepassing is op al die verskillende studievelde. Sulke vaardighede kan nie in isolasie ontwikkel nie en kan verskil in verskillende kontekste, afhangende van die studieveld. Hierdie vaardighede sluit die volgende in (die vaardighede wat by taalonderrig van toepassing is, word met 'n asterisk aangedui): • kommunikasievaardighede* • syfervaardighede • inligtingsvaardighede* • probleemoplossing* • selfdissipline en mededingende vaardighede* • sosiale en samewerkingsvaardighede* • fisieke vaardighede • werk- en studievaardighede*

2. RASIONAAL

Die tale wat as tweede tale in die gemeenskap gepraat word en in die skole onderrig word, lewer 'n belangrike bydrae tot die Namibiese samelewing. Tale stimuleer persoonlike groei en

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 2

dra by tot die ontwikkeling van 'n wye algemene kennis, gesindhede, kritiese vaardighede en morele waardes. Hierdie potensiaal word versterk deur die ryk en gevarieerde erfenis van literêre en vakkundige werk wat in die nasionale tale byeengebring is. Afrikaans word steeds deur 'n aansienlike deel van die Namibiese bevolking as tweede taal gepraat, en bied as sodanig 'n wye spektrum van studie- en werkgeleenthede.

3. DOELSTELLINGS

Die doelstellings van die sillabus is dieselfde vir alle leerders. Dit word hier onder uiteengesit en dit beskryf die opvoedkundige doel van 'n kursus in Afrikaans Tweede Taal vir die NSSCH-eksamen. Die lys is nie in volgorde van belangrikheid nie. Die sillabus het ten doel om: • die vermoë te ontwikkel om Afrikaans effektief, akkuraat en gepas te gebruik in gesproke

en geskrewe kommunikasie; • leerders in staat te stel om gepas te reageer op wat hulle hoor, lees en beleef; • leerders aan te moedig om variasie in die taal te waardeer en te geniet; • leerders aan te moedig om die lees van letterkunde te geniet en aspekte van universele

belang verder te verken; • 'n gesonde basis te skep vir die vaardighede wat vereis word vir verdere studie en

werkgeleenthede in Afrikaans; • leerders se persoonlike ontwikkeling en begrip van hulself en ander te ontwikkel; • kritiese denkvaardighede te ontwikkel, asook vaardighede van analise en sintese,

evaluering, die maak van afleidings en die aanbied van 'n eie opinie.

4. OORSIG OOR DIE LEERINHOUD

4.1 ALGEMEEN

Die leerinhoud is dieselfde vir alle leerders. Die gedeelte van die sillabus waarin die leerinhoud aangegee word, bevat doelstellings vir die bemeestering van vaardighede in: 4.1.1 Luister en praat 4.1.2 Lees 4.1.3 Skryf 4.1.4 Taalgebruik 4.1.5 Letterkunde 'n Uitvloeisel van die kommunikatiewe benadering tot taalonderrig is dat die basiese taalvaardighede geïntegreerd aangebied word, soos taal in die werklike lewe gebruik word, en nie geforseerd in onderdele geskei moet word nie. Daarom moet die doelstellings vir luister- en praatvaardigheid asook dié vir lees- en skryfvaardigheid geïntegreerd aangebied word en die toepaslike aspekte van taalgebruik voortdurend daarby betrek word.

4.2 LYS VAN GOEDGEKEURDE LETTERKUNDEWERKE

'n Voorgeskrewe lys van gedigte en ander letterkunde tekste sal aan die begin van elke siklus deur NIED bekendgemaak word.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 3

4.3 ANDER BRONNE

Die taalhandboeke wat deur die Afrikaans Kurrikulumkomitee goedgekeur is vir gebruik in die skole word in die handboekkatalogus aangedui. Skole mag ook handboeke gebruik wat voorheen in die handboekkatalogus verskyn het, maar tans nie meer daarin gelys word nie. Benewens hierdie handboeke sal dit ook nodig wees om tekste uit 'n verskeidenheid ander bronne by die onderrig te betrek, byvoorbeeld uit koerante, tydskrifte, ensiklopedieë en die Internet. Verder is dit belangrik dat die onderwyser 'n goeie Afrikaanse verklarende woordeboek, soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 'n Engels-Afrikaans tweetalige woordeboek asook die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls by die onderrig sal betrek.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 4

5. LEERINHOUD

5.1 LUISTER EN PRAAT

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Kommunikasie inligting en idees kommunikeer • onderhoudend te kan gesels • inligting en feite duidelik oor te dra • idees logies te ontwikkel • idees op samehangende wyse aan te bied • argument, idees en inligting te onderskei en oor te dra

2. Artikulasie, intonasie en beklemtoning

duidelik praat en gepaste intonasie en beklemtoning gebruik

• uitspraak van woorde en intonasie te gebruik om betekenis oor te dra • gevoel uit te druk deur die gepaste gebruik van intonasie en woordklem

3. Woordeskat gepaste woordeskat gebruik in verskillende situasies

• 'n uitgebreide woordeskat te gebruik • die betekenis van woorde en frases in konteks te verduidelik

4. Gepaste reaksie gepas reageer in verskillende situasies • meer buigsaamheid te toon ten opsigte van nuwe, aktuele idees • bewus te wees van verskillende teikengehore en styl en register daarby te kan

aanpas • gepaste vrae te stel om inligting te verifieer • gepas te reageer in 'n dialoog of gesprek • eie standpunt oor te dra in 'n gesprek

5. Aanbieding vaardigheid ontwikkel in mondelinge aanbieding

• vaardigheid te toon in 'n verskeidenheid mondelinge aktiwiteite, byvoorbeeld te reageer op vrae oor spesifieke onderwerpe soos toekomsplanne, sake van die dag

• 'n kort toespraak te lewer voor 'n gehoor ( soos 'n klasgroep of lede van 'n vereniging)

• 'n meer formele toespraak te lewer (soos in 'n debat of by 'n saalbyeenkoms) • 'n onvoorbereide praatjie oor 'n onderwerp te lewer

6. Gesindheid oordra taal gebruik om eie gesindheid te vestig en weer te gee

• instemming en afkeer uit te druk • genot, teleurstelling, vrese, ensovoorts oor te dra • op gepaste wyse van ander te verskil • 'n bepaalde standpunt in te neem of teen te staan • onsekerheid uit te spreek of op te klaar • andere te oortuig en uitdrukking te gee aan entoesiasme

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 5

5.1 Luister en praat (vervolg)

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

7. Bespreking en debattering

literêre aspekte deur gesprekvoering en debattering uitklaar

• 'n opinie te verdedig • 'n standpunt te debatteer • 'n argument af te sluit • oplossings vir werklike of denkbeeldige probleme te bedink • buigsaamheid te toon in die inneem van 'n standpunt

8. Onderhandeling onderhandelingsvaardighede ontwikkel • eie opinie duidelik uit te druk • ander persone se standpunt te herformuleer om begrip te toon • alternatiewe standpunte voor te stel waar van toepassing • erkenning te gee aan ander persone se opinies • standpunte en voorstelle saam te vat ten einde instemming of kompromie te bereik

9. Aktief luister aktief na inligting luister vir 'n verskeidenheid doeleindes

• vir plesier en genot te luister (byvoorbeeld na gedigte en kortverhale) • inligting te verstaan • volgorde van gebeure te identifiseer • oorsaak en gevolg aan te dui • inligting te gebruik en toe te pas • inligting te interpreteer en saam te vat (byvoorbeeld deur ooreenkomste en

verskille of voor- en nadele uit te wys) • die verwagte uitkoms van gesprekke te voorspel • inligting te gebruik om 'n taak te voltooi • aantekeninge te maak na aanleiding van inligting wat hulle hoor

10. Evaluering die kern van 'n praatjie of gesprek identifiseer of evalueer

• geskikte hoofpunte te selekteer • die toonaard van die spreker te interpreteer • bedoeling, gesindheid, toon en temas te herken • afleidings te maak uit wat gehoor is

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 6

5.2 LEES

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Instruksies en aanwysings volg

instruksies en aanwysings lees en verstaan • geskrewe instruksies op gepaste wyse uit te voer • inligting te verstaan en oor te dra deur op sleutelwoorde te reageer soos:

- verduidelik / dui aan - identifiseer - bepaal - beskryf - illustreer - vergelyk - kontrasteer/onderskei - definieer - stel saam/lys - verken - analiseer - interpreteer - evalueer - bewys/motiveer - stel vas - som op

2. Begrip 'n wye verskeidenheid tekste lees en verstaan wat binne hulle ervaringsveld val en die belangstellings van jongmense uit verskillende kulturele agtergronde verteenwoordig

• die oorsigtelike strekking van 'n teks te bepaal • inligting korrek te interpreteer • inligting uit 'n teks saam te vat, te verduidelik en te evalueer • verskillende tekste te vergelyk en verskille en ooreenkomste uit te wys • eksplisiete en implisiete houding van skrywers te herken • voorbeelde van beeldspraak en ironie te herken en verduidelik • spesifieke en relevante inligting uit die volgende tipes tekste te haal:

- brosjures - verslae - artikels (uit koerante, tydskrifte, ens.) - resensies (van boeke en films) - prosa

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 7

5.2 Lees (vervolg)

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

3. Gebruik van verskillende leestegnieke

'n verskeidenheid leestegnieke toepas • 'n verskeidenheid tekste te vluglees om die oorsigtelike strekking te bepaal • soekleestegnieke te gebruik om spesifieke inligting te vind • intensief te lees vir begrip • naslaanwerke effektief te gebruik, bv.:

- woordeboeke vir verskillende doeleindes - ensiklopedieë vir algemene en spesifieke inligting

4. Uitgebreid lees uitgebreid lees vir 'n breër algemene kennis en genot deur gebruik te maak van beskikbare biblioteekfasiliteite

• 'n verskeidenheid tekste vir genot te lees en verstaan, bv. boeke, koerante, tydskrifte • tekste te lees om spesifieke inligting en algemene kennis te bekom (bv. gidse) • tekste uit verskillende genres (romans, kortverhale, dramas en gedigte) te lees,

verstaan engeniet en op kernaspekte daarvan te reageer (kernaspekte soos storielyn, karakters, tema, milieu en die skrywer se bedoeling)

5. Krities lees tekste uit verskillende bronne krities lees • te onderskei tussen feite en menings • die skrywer se bedoeling en uitgangspunt te identifiseer • gevolgtrekkings te maak uit tekste • tekste te kan vergelyk (om verbande in te sien) • verskillende tekste te ontleed en argumente konstruktief en logies weer te gee • ingeligte standpunte en houdings te vestig

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 8

5.3 SKRYF

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Die skryf van vloeiende, weldeurdagte skryfstukke

goed georganiseerde en samehangende sinne, paragrawe en langer stukke skryf

• volsinne in 'n paragraaf te gebruik om 'n spesifieke idee of tema te beskryf of verduidelik

met entoesiasme, volwassenheid en oortuiging skryf om 'n lesersvriendelike styl te ontwikkel

• inleidende, inhouds- en slotparagrawe te skryf • gedagtes te ontwikkel en te verbind • konsepstukke te beplan, te orden en te redigeer • gepaste styl en register te gebruik met aanvoeling vir die teikengehoor

2. Die skryf van 'n verskeidenheid tekste

gepaste tekste skryf vir verskillende doeleindes

• informele briewe te skryf • formele briewe te skryf (bv. brief aan die pers, klagtes, aansoek om

betrekking/dekbrief) • artikels vir skool- en plaaslike koerante te skryf • die volgende tipes verslae te skryf:

- ongeluk - misdaad - sport - sosiale aktiwiteite

• die volgende tipes opstelle te skryf: - verhalend - beskrywend - beredeneerd - argumenterend

• die volgende tipes opsommings te maak: - paragraafvorm - opsommings in aantekeningvorm

• toesprake te skryf • resensies te skryf • e-pos boodskappe te skryf • vorms in te vul • 'n CV saam te stel

3. Stylgebruik differensieer tussen gesproke en geskrewe taal

• die korrekte register te gebruik • taal skeppend te gebruik • aanhalings en die direkte en indiekte rede korrek te gebruik in die skryf van

verskillende stukke soos onderhoude, artikels, verslae • die korrekte vorm te gebruik vir verskillende skryfstukke

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 9

5.3 Skryf (vervolg)

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

4. Duidelikheid en bondigheid

buigsaamheid toon in die skryf van stukke met feitelike inligting, gevoelswaarde en stukke wat menings/opinies oordra

• die onderwerp korrek te interpreteer • feitelike inligting duidelik oor te dra (invul van vorms) • gedagtes en gevoelens in verskillende registers uit te druk • eie menings en standpunte logies en oortuigend te verdedig • vaardighede van analise en interpretasie te gebruik in reaksie op tekste

5. Begrip begrip openbaar van gelese tekste • spesifieke inligting te selekteer uit - literêre bronne - resensies - brosjures - filmresensies - artikels

6. Spelling en leestekens

korrek spel en leestekens korrekaanwend • die volgende leestekens korrek te gebruik: - punt - komma - aanhalingstekens - dubbelpunt - kommapunt - aandagstreep - vraagteken - uitroepteken - hakies - stippels, beletselteken (...)

• die volgende skryftekens korrek te gebruik: - afkappingsteken - kappie - deelteken - koppelteken - aksenttekens (gravis en akuut)

• hoofletters korrek te gebruik • basiese spelbeginsels te begryp en dit korrek toe te pas:

- lettergreepverdeling - los en vas skryf van woorde - verwarrende woorde (bv. ly x lei)

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 10

5.3 Skryf (vervolg)

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

7. Taalgebruik gepaste grammatikale strukture in hul skryfwerk gebruik

• die taalstrukture wat in Afdeling 5.4 gelys is korrek te gebruik

8. Woordeskatge-bruik

gepaste woordeskat in 'n verskeidenheid kontekste effektief gebruik

• gepaste woordeskat duidelik en ondubbelsinnig te gebruik • gepaste woordeskat in 'n verskeidenheid situasies te gebruik (bv. persoonlik, sosiaal,

akademies) • 'n ryke verskeidenheid woordeskat te gebruik om te beskryf, verduidelik en

beredeneer • korrekte terminologie en spesifieke woorde te gebruik vir bepaalde temas en/of

onderwerpe

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 11

5.4 TAALGEBRUIK

Alhoewel die verskillende aspekte van taalgebruik hier apart gelys word, vorm dit die grondslag van alle taalvaardighede en moet dus deurlopend geïntegreerd onderrig word. Die hoofdoel met die bestudering van taalstruktuur is om leerders te help om die taal meer akkuraat en gepas te gebruik. Kennis van en vaardigheid in die aanwending van taalstruktuur is 'n voorvereiste vir analise, evaluering, verbandlegging, ens.

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Taalgebruik 'n verskeidenheid taalstrukture doeltreffend gebruik

• die onderstaande aspekte van naamwoorde korrek te gebruik: - selfstandige naamwoorde (alle verskillende soorte) - enkelvoud en meervoud - verkleining - manlik en vroulik - die kies en/of invul van die korrekte woord

• die onderstaande voornaamwoorde korrek te gebruik: - persoonlike - besitlike voornaamwoorde - vraende voornaamwoorde - wederkerende en wederkerige voornaamwoorde - aanwysende voornaamwoorde - betreklike voornaamwoord - onpersoonlike - onbepaalde voornaamwoorde

• die onderstaande aspekte van byvoeglike naamwoorde korrek te gebruik: - trappe van vergelyking - intensiewe vorme - predikatiewe en attributiewe gebruik - verboë vorme

• die bepaalde en onbepaalde lidwoorde korrek te gebruik • die onderstaande aspekte van die werkwoord korrek te gebruik:

- tyd (teenwoordige, verlede en toekomende) - predikatiewe en attributiewe gebruik - hoofwerkwoorde - hulpwerkwoorde - koppelwerkwoorde - die infinitief - skeibare en onskeibare werkwoorde

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 12

5.4 Taalgebruik (vervolg)

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Taalgebruik (vervolg)

'n verskeidenheid taalstrukture reg gebruik (vervolg)

• die verskillende soorte bywoorde korrek te gebruik: - bywoorde van tyd - bywoorde van plek - bywoorde van wyse

• voegwoorde korrek te gebruik om sinne of sinsdele te skakel • afleidings en samestellings te vorm • hoof- en rangtelwoorde korrek te gebruik en korrek te spel • voorsetsels in vrye en vaste uitdrukkings korrek te gebruik

basiese aspekte van betekenis verstaan en in konteks korrek gebruik

• letterlike en figuurlike taalgebruik korrek aan te wend • algemene idiome, vaste uitdrukkings en vergelykings in Afrikaans korrek te gebruik • die onderstaande betekenisaspekte te verstaan en korrek te gebruik:

- sinonieme - antonieme - homonieme en homofone - een woord vir baie - verwarrende woorde - anglisismes

basiese aspekte van sinsbou in Afrikaans korrek gebruik

• die onderstaande sinstipes korrek te gebruik: - stelsinne - vraagsinne - bevelsinne

• eenvoudige sinne te kan uitbrei • enkelvoudige sinne te kan saamvoeg om saamgestelde en veelvoudige sinne te vorm • sinne en sinsdele te kan reduseer (verkort) • sinne te kan omskakel van een soort na 'n ander, bv. vraagsinne na stellings verander • die omgekeerde woordorde te herken en gebruik • direkte en indirekte rede korrek te gebruik • ontkenning korrek te gebruik • lydende en bedrywende vorm (passief en aktief) korrek te gebruik

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2012 13

5.5 LETTERKUNDE

Vaardighede Algemene Doelstellings Leerders sal:

Spesifieke Doelstellings Leerders behoort in staat te wees om:

1. Kennis en begrip kennis en begrip van verskillende soorte tekste ontwikkel

• gebeure in tekste oor te dra • gedetailleerde beskrywings van intrige, tema en karakters te gee • letterlike betekenis van tekste te verduidelik • inligting uit tekste te selekteer en korrek aan te haal • die bedoeling van die skrywer te verstaan

2. Kritiese interpretasie

tekste krities bespreek • verskillende standpunte te onderskei • verskillende temas, beeldspraak en simboliek in tekste te bespreek • analise van intrige en karakters te gee • gepaste taal te gebruik in hulle kritiese analise van tekste, byvoorbeeld beeldspraak,

ironie, sarkasme, satire, ensovoorts • die verband tussen karakters en intrige en tussen verskillende karakters te identifiseer • krities op kontekstuele en tekstuele vrae te reageer

3. Oordeel en persoonlike respons

eie opinies ontwikkel oor aspekte van tekste uit verskillende genres

• tekste te waardeer • 'n ingeligte persoonlike respons op tekste te kommunikeer • verhoudings in tekste te bespreek • eie aannames, gevoelens en houdings te verwoord en bespreek • temas en karakters te vergelyk en teenoor mekaar te stel • meer ingewikkelde kwessies te oorweeg • bewys te lewer van onafhanklike denke en oordeel

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 14

6. ASSESSERING

6.1. ASSESSERINGSDOELSTELLINGS

Leerders behoort in staat te wees om aan die hand van 'n reeks stimuli: 1. inligting te verstaan en oor te dra; 2. feite, idees en opinies te orden en gepas aan te bied; 3. inligting te evalueer en daaruit te kies wat gepas is vir spesifieke doeleindes; 4. die algemene strekking van 'n teks te volg, hoofpunte te identifiseer, afleidings

te maak en tot gevolgtrekkings te kom; 5. implisiete bedoelings en houdings te herken; 6. ondervinding te verwoord en uitdrukking te gee aan gevoelens, gedagtes en

verbeelding; 7. effektief te kommunikeer in gesproke en geskrewe taal en gepaste woordeskat te

gebruik; 8. 'n gepaste aanvoeling vir die teikengehoor en bewustheid van styl te openbaar; 9. 'n bewustheid te toon van grammatikale strukture, paragrafering, spelling en

punktuasie; 10. gepas op inligting, idees en houdings te reageer; 11. die wyse waarop skrywers taal aanwend om bepaalde effek te verkry te herken

en waardeer.

6.2 SKEMATIESE UITEENSETTING VAN VRAESTELLE

Leerders wat hierdie kurrikulum gevolg het en die gepaste vraestelle skryf, kan Graad 1 – 4 verwerf. Al vier komponente sal bydra tot die finale punt. Die vraestelle sien soos volg daar uit:

NSSCH

Vraestel 1 (2½ uur) Lees en gerigte skryfwerk

Vraestel 2 (1½ uur) Deurlopende skryfwerk

Vraestel 3 (2 uur 45 minute) Letterkunde

Vraestel 4 (Ongeveer 15 minute) Praat en luister oor literêre tekste

6.3 GEWIGSWAARDE VAN VRAESTELLE:

VRAESTEL PUNTE GEWIGSWAARDE

1 50 50%

2 20 20%

3 50÷2=25 25%

4 10÷2=5 5%

TOTAL 100 100%

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 15

6.4 BESKRYWING VAN VRAESTELLE

VRAESTEL OMSKRYWING VAN VRAE PUNTE

Vraestel 1 Lees en gerigte

skryfwerk (2½ uur)

Hierdie vraestel toets leerders se begrip en skryfvermoë in reaksie op ongesiene tekste, asook die vermoë om idees te ontwikkel en te struktureer in 'n verskeidenheid gewone genres. Afdeling 1 – Leesstuk gevolg deur vrae wat antwoorde in volsinne verwag en een addisionele vraag wat 'n paragraaflengte antwoord verwag.

10

Afdeling 2 – Leesstuk met ses meervoudige keuse-vrae wat begrip toets van die hoofgedagtes van die struktuur en argument, en vier oop vrae wat ander aspekte toets soos taalgebruik en die skrywer se houding oor die onderwerp.

20 Afdeling 3 – Leerders moet op 'n verskeidenheid maniere reageer op een of meer leesstukke, met byvoorbeeld 'n opsomming, brief, verslag, toespraak, die teks van 'n radio-uitsending, voortsetting van 'n storie, ontwikkeling van 'n idee in die leesstuk, ensovoorts. Een vraag word gevra, wat onderverdeel mag wees. Die leesstukke kan feitelik of argumenterend wees of uit 'n literêre teks kom.

20 [50]

Vraestel 2 Deurlopende skryfwerk (1½ uur)

Hierdie vraestel toets leerders se vaardigheid in deurlopende skryfwerk. Ses onderwerpe word gegee, wat 'n verhalende, beskrywende, argumenterende of beredeneerde skryfstuk verwag. Leerders moet ongeveer 350-500 woorde skryf oor een onderwerp.

[20] Vraestel 3

Letterkunde (2 uur 45 min)

Leerders se kennis en begrip van letterkunde sal getoets word deur middel van 'n vraestel wat ekstern opgestel word en intern gemerk word, gebaseer op drie genres: prosa, drama en poësie. Leerders moet drie vrae beantwoord, een oor elke genre. Leerders mag die tekste raadpleeg tydens die eksamen. Daar mag geen notas in wees nie, maar onderstreepte paragrawe sal toegelaat word. Die voorgeskrewe tekste word deur NIED bekendgemaak per omsendbrief. Die vraestel sal uit drie afdelings bestaan. Prosa (Afdeling A) en drama (Afdeling B) sal 20 punte elk tel. Twee vrae sal oor elk van hierdie genres gevra word: tekstueel en kontekstueel. Leerders kan of die kontekstuele vraag of die langvraag beantwoord. Die lengte van die opstel moet 350-500 wees. Twee vrae sal gestel word oor die poësie (Afdeling C). Leerders moet een van die twee beantwoord. Die lengte van hierdie antwoord moet tussen 150 en 200 woorde wees en dit sal 10 punte tel (20÷2; ½ punte word boontoe afgerond). Die vrae sal handel oor interpretasie van die inhoud asook persoonlike en kritiese response oor aangeleenthede soos karakter, milieu, styl en tema.

(20+20+10)

50÷2 [25]

Vraestel 4 Praat en luister oor

literêre tekste (15 minute)

Leerders se vaardigheid om die inhoud en eienskappe van DRIE van die literêre tekste (een uit elke genre) te bespreek, sal getoets word. Leerders mag die tekste raadpleeg tydens die mondelinge eksamen. Daar mag geen notas in wees nie, maar onderstreepte paragrawe sal toegelaat word. Die mondelinge vraestel sal afgeneem word deur die eksaminator/onderwyser. Die kriteria in Bylae D moet gebruik word. Die mondelinge toets moet afgeneem word kort na die merk van Vraestel 3. Die gesprek sal 15 minute duur, en die leerders moet individueel geëksamineer word. Die gesprek sal gebaseer word op die leerders se geskrewe antwoorde en onderwerpe uit al drie genres sal bespreek word. Die gesprek moet dan ontwikkel in 'n wyer eksaminering van die tekste. Die leerders moet kennis van die inhoud hê en persoonlike kritiese response kan gee. 20÷4=[5]

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 16

6.5 VERBAND TUSSEN DIE ASSESSERINGSDOELSTELLINGS EN DIE VRAESTELLE

Assesserings-doelstellings

Vraestel 1 Lees &Gerigte

Skryfwerk

Vraestel 2 Deurlopende Skryfwerk

Vraestel 3 Geskrewe

Letterkunde

Vraestel 4 Mondelinge gesprek oor Letterkunde

1 √ √ √ √

2 √ √ √ √

3 √ √ √

4 √ √ √ √

5 √ √ √

6 √ √ √ √

7 √ √ √ √

8 √ √ √ √

9 √ √ √ √

10 √ √ √ √

11 √ √ √

Let wel:

Omdat assessering, soos onderrig, geïntegreerd geskied, is dit nie moontlik om vir elke vaardigheid 'n presiese puntetotaal aan te dui nie. Een vaardigheid (assesseringsdoelstelling) oorvleuel met ander.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 17

7. OMSKRYWING VAN SIMBOLE (NSSCH AFRIKAANS TWEEDE T AAL)

Die onderstaande omskrywings van simbole word verskaf om 'n algemene aanduiding te gee van die vlakke van vaardigheid wat deur leerders bereik behoort te word om 'n spesifieke simbool te behaal. Die omskrywings moet geïnterpreteer word in samehang met die leerinhoud soos uiteengesit in die sillabus en gedagtig aan die feit dat leerders die taal op tweedetaalvlak neem. Die simbool wat toegeken word, sal afhang van die mate waarin die leerder in die geheel voldoen het aan die kurrikuluminhoud. Tekortkomings in sommige aspekte kan gebalanseer word deur beter prestasie in ander. Vir 'n 1-Simbool behoort die leerder: 1. argumente en inligting op 'n gevorderde vlak te kan verstaan, oordra en verdedig; 2. feite, idees en opinies op 'n gevorderde vlak te kan verstaan, orden en aanbied; 3. relevante inligting uit tekste te kan evalueer en selekteerom onafhanklike denke te toon; 4. die algemene strekking in 'n verskeidenheid tipes tekste te kan verstaan en die hoofpunte en

detail te identifiseer, afleidings te maak en tot gevolgtrekkings te kom; 5. subtiele onderliggende bedoelings en houdings te kan herken en verduidelik; 6. ervaring, gevoelens en verbeelding uiters effektief te kan uitdruk en beskryf; 7. effektief, gepas en duidelik te kan kommunikeer met gebruik van 'n gesofistikeerde

woordeskat; 8. styl in verskillende take goed te kan afwissel sodat dit pas by die doel en teikengehoor; 9. goedgekonstrueerde paragrawe en saamgestelde sinne te skryf, grammatikareëls na te kom

en korrek te spel en punktueer. 10. uitstekend op inligting, idees en houdings te reageer; 11. die wyse waarop skrywers taal aanwend om bepaalde effek te verkry skeppend te kan

herken en waardeer. Vir 'n 2-Simbool behoort die leerder: 1. argumente en inligting te kan verstaan, oordra en gedeeltelik verdedig; 2. feite, idees en opinies voldoende te kan verstaan, orden en aanbied; 3. relevante inligting uit tekste te kan evalueer en selekteeren verduidelikings te kan verskaf

om 'n mate van onafhanklike denke te toon; 4. die algemene strekking in 'n verskeidenheid tipes tekste te kan verstaan en die hoofpunte te

identifiseer, afleidings te maak en tot gevolgtrekkings te kom; 5. duidelike onderliggende bedoelings en houdings te kan herken en verduidelik; 6. ervaring, gevoelens en verbeelding effektief te kan uitdruk en beskryf; 7. effektief, gepas en duidelik te kan kommunikeer met gebruik van 'n wye verskeidenheid

woordeskat; 8. styl in verskillende take te kan afwissel sodat dit pas by die doel en teikengehoor; 9. redelik voldoende paragrawe en 'n verskeidenheid sinne te skryf, grammatikareëls na te

kom en korrek te spel en punktueer. 10. goed op inligting, idees en houdings te reageer; 11. die wyse waarop skrywers taal aanwend om bepaalde effekte te verkry voldoende te

herken en waardeer.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 18

Vir 'n 3-Simbool behoort die leerder: 1. argumente en inligting te kan verstaan en oordra; 2. feite, idees en opinies op 'n elementêre vlak te kan verstaan, orden en aanbied; 3. inligting uit tekste te kan evalueer en selekteer en eenvoudige verduidelikings te kan

verskaf; 4. sommige hoofpunte in tekste te kan identifiseer en enkele afleidings daaruit te maak; 5. ooglopende bedoelings en houdings te kan herken; 6. ervaring, gevoelens en verbeelding te kan beskryf en verduidelik; 7. geslaagd te kan kommunikeer met gebruik van 'n geskikte woordeskat; 8. styl in 'n mate in verskillende take te kan afwissel; 9. basiese paragrawe en 'n mate van sinsverskeidenheid sinne te skryf, enkele grammatikareëls

na te kom en so te spel en punktueer dat kommunikasie nog slaag. 10. redelik op inligting, idees en houdings te reageer; 11. die wyse waarop skrywers taal aanwend om bepaalde effek te verkry bevredigend te

herken en waardeer.

Vir 'n 4-Simbool behoort die leerder: 1. inligting op 'n baie elementêre vlak te kan verstaan en oordra; 2. feite, idees en opinies op 'n baie elementêre vlak te kan verstaan, orden en aanbied; 3. inligting uit tekste te kan evalueer en selekteer in antwoord op vrae en baie elementêre

verduidelikings te kan verskaf; 4. sommige hoofpunte in tekste te kan verstaan; 5. die mees ooglopende bedoelings te kan herken; 6. ervaring, gevoelens en verbeelding te kan beskryf; 7. gedeeltelik geslaagd te kan kommunikeer met gebruik van 'n beperkte woordeskat; 8. styl in 'n geringe mate in verskillende take te kan afwissel; 9. baie elementêre sinne en paragrawe te kan skryf, enkele grammatikareëls na te kom en so te

spel en punktueer dat kommunikasie gedeeltelik slaag. 10. in 'n mate op inligting, idees en houdings te reageer; 11. die wyse waarop skrywers taal aanwend om bepaalde effek te verkry te herken.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 19

8. WOORDELYS

alliterasie herhaling van dieselfde konsonante (medeklinkers) in woorde na aan mekaar

analise ontleding van 'n teks om dit te verstaan antiklimaks n onverwagte, dikwels teleurstellende einde antonieme woorde met min of meer teenoorgestelde betekenis argumenterende opstel 'n opstel waarin 'n standpunt verdedig word, probeer word

om die leser te oortuig assonansie herhaling van vokale (klinkers) in woorde na aan mekaar attributiewe byvoeglike naamwoord die b.nw. staan vóór die selfstandige naamwoord beeldspraak figuurlike taal, bv. Vergelykings, metafore, personifikasie beredeneerde opstel 'n opstel waarin argumente vir verskillende standpunte

aangebied word denotasie die saaklike (letterlike betekenis van 'n woord of

uitdrukking ekplisiet uitdruklik vermeld, duidelik verklaar figuurlike taal wanneer beeldspraak (soos vergelykings, metafore,

personifikasie) gebruik word geïmpliseerde taal betekenis wat nie eksplisiet uitgedruk word nie genre n soort letterkunde, bv drama, kortverhale, gedigte, roman,

volksverhale gevoelstaal taal wat persoonlik is, wat sterk gevoelens wek homofone woorde met dieselfde klankvorm, maar wat in betekenis en

spelling verskil homonieme woorde met dieselfde klank- en spelvorm, maar wat in

betekenis verskil implisiet sonder om direk en duidelik vermeld (gesê) te word intonasie stembuiging; modulasie van die stem by praat intrige/knooppunt verwikkelde situasie wat 'n skrywer uitdink en waarop die

verhaal gebaseer is ironie woordgebruik waarmee 'n mens die teenoorgestelde sê van

wat jy bedoel klanknabootsing (onomatopee) die gebruik van woorde om die klanke wat hulle beskryf, te

skep klem (in 'n woord of 'n sin) om 'n lettergreep in 'n woord of 'n woord in 'n sin te

benadruk klimaks (hoogtepunt) die opwindendste of belangrikste deel van 'n storie konflik botsing tussen karakters of individue, groepe,

omstandighede konnotasie wat gesuggereer word deur 'n woord of ding kontekstueel die breë en onmiddellike situasie waarin iets voorkom;

kontekstuele vrae kontras (antitese, teenstelling) kontrasteer

stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word

kopkaart 'n grafiese voorstelling in die vorm van sleutelwoorde en illustrasies

letterlike taal die eenvoudigste, mees direkte betekenis van woorde metafoor gebruik een ding om 'n ander met soortgelyke eienskappe

te beskryf milieu (sien ruimte) agtergrond; die plek en tyd waarbinne 'n verhaal afspeel personifikasie beeldspraak waardeur menslike eienskappe aan lewelose

dinge toegeken word predikatiewe byvoeglike naamwoord die b.nw. staan ná die selfstandige naamwoord

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 20

redigeer in behoorlike vorm op skrif bring register die spreker/skrywer se gebruik van taal, wat wissel na

gelang van gespreksonderwerp, situasie, gehoor resensie beoordeling van 'n boek, kunswerk, opvoering, film ruimte die plek en tyd waarbinne 'n verhaal afspeel sarkasme bytende, bittere spot satire letterkundige geskrif waarin menslike swakhede of

tekortkomings bespotlik voorgestel word, soms met die bedoeling om tot verbetering aan te spoor

simbool 'n teken/voorwerp wat 'n ander saak verteenwoordig sinonieme woorde met min of meer dieselfde betekenis sintese verbinding, samevoeging van afsonderlike elemente tot 'n

nuwe geheel stereotipe vaste siening oor 'n spesifieke soort persoon stippels (ook beletselteken genoem) Dit is 'n stylmiddel. In die poësie word dit ellipties

aangewend en in die drama staan dit in die plek van 'n onvoltooide sin of woord.

stylfigure besondere gebruik van woorde met die doel om 'n spesifieke effek te bereik, bv. humor, kontras, sarkasme, antiklimaks

teikengroep die bedoelde lesers, luisteraars, toeskouers of waarnemers tekstueel volgens die teks; soos in die teks vergelyking vorm van beeldspraak waarin vergelyk word verslag berig oor 'n bepaalde saak vertellersperspektief verteller se standpunt vanuit 'n spesifieke hoek gesien

(alwetend, eerste- en derdepersoonsvertelling) verskil tussen lees- en skryftekens Leestekens is skeidingstekens wat in die skrif aan lesers

oorbring wat die spreker gewoonlik op hoorbare wyse oordra deur stembuiging, pousering, ensovoorts. Die volgende leestekens word gewoonlik onderskei: punt, dubbelpunt, kommapunt, komma, stippels, aandagstreep, hakies, vraagteken, uitroepteken. Skryftekens is onderskeidingstekens wat in die grammatika gebruik word om die juiste uitspraak van 'n letterteken aan te dui. Die volgende skryftekens word normaalweg onderskei: afkappingsteken, aksenttekens, deeltekens, hoofletters, kappie, koppelteken.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 21

BYLAE A: INLIGTING OOR DIE AFNEEM VAN DIE MONDELING E KOMPONENT

1. Algemeen Die mondelinge evaluering vind plaas in die tydperk voor die hoofeksamen soos gestipuleer op die eksamenrooster. Elke sentrum moet self besluit op die mees geskikte datum vir die mondelinge eksamen. Sentrums moet vroegtydig verseker dat die afneem van die mondelinge evaluering in 'n geskikte, afgesonderde lokaal gaan plaasvind en dat die digitale opnemer in 'n goeie werkende toestand is. Sentrums moet hou by die datums wat vasgestel is vir die afhandeling van die mondelinge evaluering en vir die betydse deurstuur van die puntelyste en opnamesna die DNEA sodat daar genoeg tyd is vir eksterne moderering om plaas te vind. Dit is uiters belangrik dat hierdie materiaal nie laat is nie. Waar moontlik, moet daar slegs een eksaminator per sentrum aangewys word. Elke sentrum moet sy eie eksaminator aanwys. Gewoonlik is hierdie eksaminator een van die taalonderwysers, maar dit mag ook iemand wees wat nie aan die skool verbonde is nie. 'n Groep buurskole mag besluit om dieselfde persoon te kies om die eksamen in hul skole af te neem, in welke geval elke sentrum verantwoordelik sal wees vir die korrek ingevulde vorms en volledige opnames. (Die DNEA is nie verantwoordelik vir enige fooie wat aan 'n buitepersoon betaal moet word nie.) By sentrums waar daar groot getalle kandidate is wat geëvalueer moet word en daar van meer as een eksaminator gebruik gemaak sal moet word, moet interne moderering plaasvind sodat al die kandidate volgens dieselfde standaard geëvalueer word. Elke sentrum moet die volgende na DNEA stuur: (1) 'n klankskyf met die digitale klankopnames van 'n verteenwoordigende groep kandidate; (2) voltooide MSI vorms; (3) voltooide Opsommende Puntelys(te) vir Mondelinge Evaluering (Oral Assessment Summary Form). Sentrums moet baie nougeset hou by die instruksies wat op die vorms gegee word vir die voltooiing en terugstuur daarvan.

2. Klankopnames van die kandidate Elke sentrum sal verantwoordelik wees om 'n voorbeeld van die klankopnames van kandidate op 'n klankskyf te verskaf. Die vereistes van die grootte van die voorbeeld van kandidate is agter op die Opsommende Puntelys aangedui. Die onderwyser wat verantwoordelik is vir interne standaardisering van die sentrum, moet verseker dat die voorbeeldopnames verteenwoordigend is van die hele spektrum van punte. Die opnames moet verteenwoordigend wees van punte van die hoogste tot die swakste punt. Waar daar meer as een onderwyser betrokke is, moet die voorbeeld dieselfde hoeveelheid geëvalueerde kandidate van elke onderwyser insluit. Paragraaf 6 bevat die instruksies vir die opnames van die voorbeeld wat ingestuur moet word. Die klankskyf sowel as die ander relevante dokumente moet na DNEA gestuur word. Die voorbeeldkandidate wie se mondelinge evaluering opgeneem is, se besonderhede moet duidelik op die klankskyf aangedui word.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 22

3. MS1 Vorm Die rekenaargedrukte puntelys vir evaluering wat deur die skool voltooi word, bestaan uit drie dele: • die boonste kopie moet in die koevert na DNEA versend word. • die middelste kopie (dit is vir gebruik deur die eksterne moderator) moet ook saam met die

klankskyf met die voorbeeldkandidate se opnames en die Opsommende Puntelys na DNEA versend word.

• Die laaste kopie moet by die sentrum bewaar word ingeval stukke deur die pos verlore raak of vir verdere navrae, tot nadat die uitslae gepubliseer is.

Die MS1 Vorm moet voltooi word deur die punt van elke kandidaat vanaf die kolom vir Totale Punt op die Opsommende Puntelys op hierdie vorm oor te dra.

4. Opsommende puntelys vir Mondelinge Evaluering (Oral Assessment Summary Form) Hierdie dokument word gebruik om elke kandidaat se punt in die verskillende kategorieë in te dra. Instruksies vir die invul van hierdie dokument word op die agterkant van die vorm gegee. Maak asseblief seker dat al die punte korrek opgetel is. Die Opsommende Puntelys vir Mondelinge Evaluering moet punte vir elke kategorie en van elke kandidaat aandui, nie slegs die wat gekies is as die voorbeeldkandidate nie. Plaas asseblief 'n asterisk (*) in die kantlyn langs die name van die kandidate wie se opnames gekies is as die voorbeeldgroep. Die klankskyf met die opnames van die voorbeeldgroep kandidate, die voltooide MS1 en die Opsommende Puntelys vir die Mondelinge Evaluering moet so gou as moontlik na die afhandeling van die mondelinge evaluering by elke sentrum aan DNEA versend word. Moenie wag vir die sperdatum voordat dit versend word nie.

5. Die afneem van die mondelinge evaluering behoort as volg te geskied: Stap 1: Skakel die digitale opnemer aan. Gee die kandidaat se naam en eksamennommer. Verwelkom die kandidaat en verduidelik kortliks wat in die verloop van die evalueringsessie gaan gebeur. Stap 2: Opwarmingsfase: Lei 'n algemene bespreking deur die kandidaat 'n paar vrae oor homself/haarself, die skool, ensovoorts, te vra om hom/haar so gewoond te laat raak aan die eksamensituasie. Die doel van hierdie stap is om die kandidate op hul gemak te stel. Dit behoort tussen 2 -3 minute te duur.Hierdie fase word nie geëvalueer nie. Stap 3: Die hoofgedeelte van die toets: die gesprek gebaseer op die drie literêre werke wat behandel is. Ewe veel tyd moet aan die drie tekste afgestaan word. Hierdie afdeling van die toets moet ongeveer 10-12 minute duur. Die totale tydsduur van die mondelinge evalueringstoets, van die begin af (Stap 2) tot aan die einde (Stap 3), behoort ongeveer 15 minute te wees. Neem kennis dat alhoewel Stap 2 en Stap 3 opgeneem moet word, slegs Stap 3 geëvalueer moet word.

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 23

Die mondelinge evalueringstoets mag slegs in Afrikaans afgeneem word. Gedurende die afneem van die mondelinge evaluering moet eksamenomstandighede deurentyd in die lokaal gehandhaaf word. Genoegsame toesig moet voorsien word sodat kandidate wat die eksamenlokaal verlaat na die afneem van die toets, nie met die ander kandidate wat wag om geëvalueer te word, kan kommunikeer nie. Geen ander persoon, behalwe 'n ander onderwyser/eksaminator of afgevaardigde van DNEA, behoort gedurende die afneem van die toets in die lokaal toegelaat te word nie. Kandidate moet individueel geëksamineer word. Kandidate mag nie toegelaat word om enige aantekeninge in die eksamenlokaal in te bring of om woordeboeke te raadpleeg nie. Die eksaminator moet so sit dat hy/sy na die kandidaat front met 'n tafel of lessenaar tussen hulle. Kandidate moenie sien as die eksaminator enige aantekeninge op die Opsommende Puntelys of enige ander papiere maak nie.

6. Die maak van die opnames Sentrums moet vroegtydig verseker dat hul apparaat in 'n goeie werkende toestand is. Slegs digitale opnemers mag gebruik word. Die opnemer en die klankskyf moet 'n geruime tyd voor die afneem van die eksamen, verkieslik met 'n kandidaat of iemand anders, in die lokaal getoets word. Die opwarmingsessie kan ook as 'n geleentheid beskou word waartydens die klankgehalte getoets word. Waar moontlik, is dit verkieslik om 'n digitale opnemer te gebruik wat 'n eksterne mikrofoon het sodat aparte mikrofone vir die eksaminator en kandidaat gebruik kan word. As daar slegs een mikrofoon beskikbaar is, is dit verkieslik dat die mikrofoon so opgestel word dat dit na die kandidaat gedraai word. Dit is baie belangrik dat die klankgehalte voor die afneem van die eksamen getoets word; aanpassings aan die volume gedurende die afneem van die toets moet vermy word. Voorsorg moet getref word om geraas buite die lokaal en ook lang stiltes tydens die toets te vermy. Gedurende die afneem van die mondelinge evaluering moet gereelde toetse gedoen word om te verseker dat die klankskyf deurentyd duidelik hoorbaar is. Die opnemer mag onder geen omstandighede afgeskakel word tydens die afneem van die toets nie. Aan die einde van die opname moet die eksaminator sê: "Geen verdere opnames op hierdie klankskyf nie."

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 24

Elke klankskyf moet met die volgende aankondiging deur die eksaminator begin word: Sentrumnommer: NA9 Sentrumnaam: ABC Akademie Eksamen: 8314 Afrikaans Tweede Taal Naam van eksaminator: Me A. Xyz Datum: 1 Oktober 2013

Die opname van elke kandidaat moet baie duidelik as volg deur die eksaminator aangekondig word:

Kandidaatnommer: 0700 Naam van die kandidaat: Abdi Zacharia

Aan die einde van al die opnames moet die eksaminator baie duidelik sê: "Dis die einde van die opname." Voordat die klankskyf weggestuur word, moet die eksaminator baie seker maak dat die opname van elke kandidaat baie duidelik is.Die inhoud van die klankskyf moet baie duidelik op die etiket aangedui word.

7. Algemene raad Hou asseblief die volgende in gedagte tydens die evalueringsessie: Wees te alle tye objektief. Moenie toelaat dat enige kennis ten opsigte van die kandidaat se karakter of ingesteldheid u objektiewe evaluering beïnvloed nie. (Byvoorbeeld, kennis dat 'n kandidaat uiters konsensieus is, is irrelevant tydens die evalueringsessie.) As die kandidaat se vertoning tydens die evalueringsessie op enige wyse beïnvloed word deur moeilike persoonlike omstandighede (byvoorbeeld die dood van 'n ouer), kan daar aansoek gedoen word op die betrokke dokumentasie vir Spesiale Oorweging. Eksaminatore moenie self spesiale toegewings in sulke gevalle maak nie. Wees realisties:Onthou Afrikaans hoef nie die kandidaat se moedertaal te wees om volpunte te verdien in een van die kategorieë nie. Dis ook belangrik dat 'n eksaminator nie moontlike foute sal oorsien as die kandidaat wel 'n moedertaalspreker is nie. Wees konsekwent: Dis belangrik dat die nasienskema op dieselfde wyse aangewend word vir alle kandidate sodat 'n betroubare merietelys van die kandidate deur die sentrum verkry kan word.

Wees positief: Tydens die evaluering is dit belangrik om in gedagte te hou dat die toets gaan oor dit wat die kandidate kan doen en nie om hulle te penaliseer vir dit wat hulle nie kan doen nie. (Dit beteken nie dat aspekte soos akkuraatheid in byvoorbeeld grammatika en uitspraak misgekyk moet word nie. Hierdie is 'n herinnering dat die NSSCO mondelinge evaluering oor positiewe bepunting gaan.)

Om die mondelinge evaluering effektief af te neem, sal eksaminatore: • altyd die kandidate op hul gemak stel aan die begin van die toets (glimlag as die kandidaat

die lokaal binnekom, wys waar hulle moet sit, ensovoorts) terwyl hulle nogtans die indruk behou dat dit 'n formele eksamen is;

• nooit rondloop en die kandidate tydens die toets onnodig steur nie; • altyd geïnteresseerd lyk, al is dit baie vervelig; • nooit kandidate in die rede val met hul eie sienings nie; • nooit foute korrigeer nie; • nooit onnodige verrassing of ongeduld toon nie; • nooit die indruk gee dat daar slegs 'n 'regte' antwoord op die vrae is nie;

NSSCH Afrikaans 2nd Language Syllabus NIED 2011 25

• altyd die beste uit hul kandidate haal deur 'oop' vrae aan die kandidate te stel wat hulle in staat sal stel om goeie respons te lewer en nie net 'n klomp geslote vrae te vra waarop kandidate slegs ja/nee kan antwoord nie;

• nooit die toets afneem asof dit 'n algemene kennis toets is nie; • nooit hul opinie oor die kandidaat se vertoning tydens, of na die toets, aan die kandidaat

laat blyk nie.'n Goeie eksaminator sal gewoonlik daarin slaag om 'n kandidaat met 'n glimlag te laat gaan, ongeag van hoe goed of swak sy/haar vertoning was.

26

BYLAE B: NASIENSKEMA VIR SKRIFTELIKE STELWERK(VRAES TEL 2)

NSSCH AFRIKAANS

TWEEDE TAAL

TOTAAL: 20

ONDERWERP & STRUKTUUR (INHOUD)

TA

AL&

ST

YL

1 2 3 4 5

Oorspronklik; verbeeldingryk; effektief; uitstekende woordeskat;gevorderde struktuur; baie goeie paragrafering; foutvry.

Verbeeldingryke taalgebruik beperk; korrekte gebruik van taalidioom; bogemiddelde woordeskat; korrekte paragrafering; korrekte (gepaste) register; min foute.

Nie verbeeldingryk nie; gemiddelde woordeskat; eenvoudige sinstrukture; foute in paragrafering; onoorspronklike taalgebruik; min aanvoeling vir die gehoor ; talle foute; alledaagse styl.

Beperkte vermoë om gedagtes uit te druk; beperkte woordeskat; lomp sinstrukture; swak paragrafering; geen aanvoeling vir die gehoor nie; ernstige foute wat steur.

Totale onvermoë om te kommunikeer; gebrekkige/ontoereikende woordeskat; onvolledige en foutiewe sinne; talle ernstige foute.

1

Oorspronklik en deurdag; definitiewe sentrale tema; duidelike progressie waarneembaar; vorm afgeronde eenheid; besondere konsentrasie op onderwerp.

20-17 16-15 14-13 12-11 10-9

2

Bogemiddelde siening van onderwerp; sentrale tema wel waarneembaar; onderhoudend;oortuigend; normale bou; vorm korrek.

16-15 14-13 12-11 10-9 8-7

3

Vanselfsprekende siening van onderwerp; sentrale tema sporadies na vore; bou ietwat gefragmenteerd; hou by onderwerp; vorm redelik.

14-13 12-11 10-9 8-7 6-5

4

Geen spesifieke siening van onderwerp; sentrale tema val nie op nie; feitlik geen ontwikkeling; eenheid verval; min aantrekkingskrag; ernstige vormfoute; onnodige herhaling.

12-11 10-9 8-7 6-5 4-3

5

Inhoud slegs plek-plek ter sprake; onsamehangend;tema feitlik afwesig; geen ontwikkeling;sameflansing van gedagtes; lengtevereistes verontagsaam; sinnelose herhaling.

10-9 8-7 6-5 4-3 2-1

Indien 'n opstel of brief die lengte met meer as 30 woorde oorskry, word die inhoud slegs geëvalueer op die korrekte aantal woorde. Die inhoud word dan gepenaliseer op aspekte soos samehang, progressie, ens.

27

BYLAE C: GENERIESE NASIENSKEMA VIR DIE GESKREWE LETTERKUNDEVRAESTEL (VRAESTEL 3)

Elke vraag word uit 20 punte gemerk. Die punte vir die poësievraag moet deur 2 gedeel word. VLAK 1: (17-20 Punte) Met verwysing na die taak, sal kandidate: • 'n goed ontwikkelde begrip van die teks toon en in staat wees om temas en houdings te interpreteer. • 'n goed ontwikkelde begrip van die taak toon en in staat wees om bevoeg/kreatief daarop te reageer. • verwysings na en aanhalings uit die teks inspan om 'n standpunt skeppend te ondersteun. • besliste insig en waardering toon. • die skrywer se gebruik van karakterisering, struktuur en taal herken en waardeer. • in staat wees om vroeëre en latere gebeure sinvol te betrek. VLAK 2: (13-16 Punte) Met verwysing na die taak, sal kandidate: • goeie begrip van die teks toon en in staat wees om temas en houdings te interpreteer. • goeie begrip van die taak toon en in staat wees om bevredigend daarop te reageer. • sommige verwysings na en aanhalings uit die teks inspan om 'n standpunt te ondersteun. • 'n persoonlike reaksie op die teks toon. • die skrywer se gebruik van karakterisering, struktuur en taal herken en waardeer. • in staat wees om vroeëre en latere gebeure deels te betrek. VLAK 3: (9-12 Punte) Met verwysing na die taak, sal kandidate: • begrip van die teks toon en in staat wees om temas en houdings te interpreteer. • begrip van die taak toon en in staat wees om daarop te reageer. • bewyse uit die teks kan gebruik om 'n argument te ondersteun, alhoewel nie altyd oortuigend nie. • 'n reaksie oordra wat aandui dat sekere punte oorweeg is. • die skrywer se gebruik van karakterisering, struktuur en taal herken en waardeer • min of geen verwysing na vroeëre en latere gebeure in die teks insluit. VLAK 4: (5-8 Punte) Met verwysing na die taak, sal kandidate: • elementêre begrip van die teks toon. • 'n mate van begrip van die opdrag toon. • na die teks kan verwys, hoewel nie juis oortuigend nie. • 'n beperkte persoonlike reaksie op die teks toon. • die skrywer se gebruik van karakerisering en struktuur herken. ONDER VLAK 4 (1-4 Punte) Met verwysing na die taak, sal kandidate: • die genoemde aspekte vaagweg aan die hand van die uittreksel verken, en geneig wees om die inhoud net

oor te vertel. • skaars insig toon in die karakterisering, taalgebruik of tema. • Let Wel: 'n Nulpunt word slegs toegeken wanneer geen relevante respons tot die taak gelewer is nie.

28

BYLAE D: NASIENSKEMA VIR GESPREK OOR LITERêRE WERKE (VRAESTEL 4) Ken vir elk van die 4 aspekte (Kennis, literêre bespreking, spreker en taalgebruik) 'n punt toe uit 5. Deel dan die totaal uit 20 deur 4 om 'n punt uit 5 te kry.

Kennis en bespreking Literêre aspekte As spreker Taalgebruik

5

Die leerder is ten volle vertroud met die teks en kan detail inligting in die gesprek gebruik. Diepgaande begrip van die belangrikheid van spesifieke momente in die teks en van 'n deurlopende (konstante) persoonlike reaksie daarop.

Hanteer literêre terminologie met groot gemak. Kan logies en oortuigend redeneer en tot gevolgtrekkings kom. Kan standpunte verdedig met noukeurig geselekteerde aanhalings uit en verwysings na die teks.

Op hierdie vlak is die toets 'n gesprek waarin standpunte uitgeruil word en opinies uitgedaag word, met die leerder wat 'n aktiewe rol speel en soms selfs die leiding neem. Die leerder toon entoesiasme en die begeerte om te oorreed. Dit word volgehou regdeur die gesprek.

Beide woordeskat en strukture is genoegsaam ontwikkel om die leerder in staat te stel om inligting en idees oor te dra met volgehoue presisie. Komplekse strukture en gesofistikeerde woordeskat word met vertroue gebruik.

4

Die leerder het 'n detail kennis van die teks en verstaan die verwantskap tussen intrige en karakter en tussen die karakters. Duidelike persoonlike reaksie op die teks, alhoewel dit nie konstant voorkom nie.

Toon belangstelling in moeiliker aspekte van die teks en is in staat om eie opinie te vorm en gedeeltelik te verdedig. Verwys geredelik na struktuurelemente / verstegniese middele.

Reaksie is vlot en volgehoue en die leerder praat dikwels wyer as wat die vraag verwag en lei die gesprek in nuwe rigtings. Die atmosfeer is een van werklike gesprekvoering, al lei die eksaminator die gesprek. Die leerder is in staat om 'n standpunt te verdedig wanneer dit bevraagteken word, maar toon ook buigsaamheid.

Woordeskat is voldoende ontwikkel om inligting en idees met betrekking tot die tekste met 'n mate van presisie oor te dra. Strukture is gevarieerd en korrek gebruik, hoewel daar dalk 'n gebrek aan akkuraatheid is wanneer meer ambisieuse strukture probeer word.

3

Die leerder ken die tekste goed en kan detail van die intrige en rolle van die karakters bespreek. Blyke van 'n persoonlike reaksie.

Kan onderliggende temas, ruimte, karakters, ingesteldhede en bedoeling van die skrywer weergee. Reaksies is beperk tot die meer ooglopende kwessies wat in die teks voorkom.

Die leerder reageer vlot op vrae en mag selfs verder as die detail van die vraag self gaan; gee direk of by implikasie nuwe rigting aan die gesprek Die atmosfeer is een van gesprekvoering al moet die eksami-nator dikwels die inisiatief neem om die gesprek aan die gang te hou.

Woordeskat, hoewel steeds relatief eenvoudig, word korrek aangewend, en is voldoende om inligting en idees met betrekking tot die teks bespreek. Strukture toon 'n mate van kompleksiteit en word korrek gebruik, maar kan nie volgehou word nie

2

Beskik oor 'n redelike kennis van die teks en die hoofpunte van die intrige en belangrikste karakters.

Kan voor die hand liggende gevolgtrekkings maak uit hoofgebeure in die teks. Kan eenvoudige kwessies rondom karakters, ruimte en die verhaalverloop bespreek.

Antwoorde op vrae sal beperk wees tot die vrae self, maar tog langer en vlot uitgedruk. Daar sal steeds die atmosfeer van 'n onderhoud wees, eerder as 'n gesprek. Die leerder sal nie inisiatief neem of die rigting van die bespreking beïnvloed nie.

Woordeskat is voldoende ontwikkel om effektief te kommunikeer op 'n eenvoudige vlak. Daar sal waarskynlik onakkuraathede wees as meer gesofis-tikeerde woordeskat probeer word. Eenvoudige strukture sal akkuraat wees, met afwisselende sukses wanneer meer ambisieuse strukture probeer word.

1

Die leerder is bekend met die breë hooftrekke van die teks, maar detail kennis van die belangrikste aspekte van intrige en karakter ontbreek.

Die leerder se reaksie op die teks is beperk tot eenvoudige opinies oor die belangrikste karakters.

Reaksie is beperk tot kort, onvolledige antwoorde op vrae. Dit is onwaar-skynlik dat 'n ware gesprek sal plaasvind met die eksaminator wat dikwels sal moet vrae vra en ingryp.

Woordeskat is beperk, wat dit moeilik maak vir die leerder om inligting en idees duidelik oor te dra. Strukture is eenvoudig en kand onakkuraat wees. Die invloed van die leerder se eerste taal is sterk.

The National Institute for Educational Development P/Bag 2034 Okahandja NAMIBIA Telephone:+264 62 509000 Facsimile:+264 62 509073 E-mail: [email protected] Website: http://www.nied.edu.na ©NIED 2012

The National Institute for Educational Development

http://www.nied.edu.na


Recommended