+ All Categories
Home > Documents > MINISTRY OF EDUCATION...NSSC AFRIKAANS SECOND LANGUAGE ORDINARY LEVEL SYLLABUS 2006 AFRIKAANS SECOND...

MINISTRY OF EDUCATION...NSSC AFRIKAANS SECOND LANGUAGE ORDINARY LEVEL SYLLABUS 2006 AFRIKAANS SECOND...

Date post: 26-Jan-2021
Category:
Upload: others
View: 5 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
80
MINISTRY OF EDUCATION NAMIBIA SENIOR SECONDARY CERTIFICATE THESE PAPERS AND MARK SCHEMES SERVE TO EXEMPLIFY THE SPECIFICATIONS IN THE LOCALISED NSSC AFRIKAANS SECOND LANGUAGE ORDINARY LEVEL SYLLABUS 2006 AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SPECIMEN PAPERS 1 - 4 AND MARK SCHEMES ORDINARY LEVEL GRADES 11 – 12
Transcript
  • MINISTRY OF EDUCATION

    NAMIBIA SENIOR SECONDARY CERTIFICATE

    THESE PAPERS AND MARK SCHEMES SERVE TO EXEMPLIFY THE SPECIFICATIONS IN THE LOCALISED

    NSSC AFRIKAANS SECOND LANGUAGE ORDINARY LEVEL SYLLABUS

    2006

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE SPECIMEN PAPERS 1 - 4 AND MARK SCHEMES

    ORDINARY LEVEL

    GRADES 11 – 12

  • Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia © Copyright NIED, Ministry of Education, 2005 NSSCO Afrikaans First Language Specimen Paper Booklet Grades 11 - 12 ISBN: 99916-69-51-5 Printed by NIED Publication date: 2005

  • TABLE OF CONTENTS Paper 1: Reading And Directed Writing Specimen Paper (Core).............................................1

    Paper 1: Mark Scheme (Core)................................................................................................15

    Paper 2: Reading And Directed Writing Specimen Paper (Extended) ...................................21

    Paper 2: Mark Scheme (Extended) .........................................................................................39

    Paper 3: Listening Specimen Paper ........................................................................................45

    Paper 3: Mark Scheme...........................................................................................................51

    Paper 4: Oral Assessment (Teacher's/Examiner's Notes) Specimen Paper ............................55

    Paper 4: Oral Assessment (Instructions To Candidates) Specimen Paper..............................69

  • 1

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 1: READING AND DIRECTED WRITING SPECIMEN PAPER

    (CORE) Additional materials: Answer paper Time: 1 hour 30 minutes INSTRUCTIONS TO CANDIDATES Write your name, Centre number and candidate number in the spaces provided on the answer paper/answer booklet. Answer all questions. Write your answers on the separate answer paper provided. If you use more than one sheet of paper, fasten the sheets together. INFORMATION FOR CANDIDATES The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Tyd: 1 uur 30 minute INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Skryf jou naam, Sentrumnommer en kandidaatnommer in die ruimtes voorsien op die antwoordblad/ antwoordboek. Beantwoord alle vrae. Skryf jou antwoorde op die afsonderlike antwoordboek wat aan jou voorsien is. Indien jy meer as een bladsy gebruik, bind hulle aan mekaar vas. INLIGTING VIR KANDIDATE Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van 'n vraag gegee. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel.

    This question paper consists of 14 printed pages.

  • 2

    AFDELING 1

    Oefening 1 : Vrae 1 – 4 Die meegaande leesstuk verskaf inligting oor ‘n verskeidenheid produkte. Beantwoord vrae 1 – 4 deur middel van soeklees.

    Giftige insekdoder Die infrarooilig trek vlieënde insekte aan en speel binne sekondes klaar met hulle. Dis veilig en higiënies – die dooie insekte val in ‘n bakkie wat maklik uitgehaal en skoongemaak kan word. Grootte: 20 cm.

    Veeldoelige sakmes Dié topgehalte sakmes van vlekvrye staal het 11 nuttige funksies: dis ‘n skêr, kurktrekker, mes, saag, sterskroewedraaier, blikpriem, botteloopmaker, naelvyl en –skoonmaker, skroewedraaier, skub-skraper en haakuithaler. Grootte: 9 cm.

    Koordlose baard- en haarknipper Knip jou baard, snor of wangbaarde netjies of kry jou hare weer in fatsoen. Die liggewig knipper het 5 verstelbare posisies, ‘n borseltjie, lemskerm en ‘n bêresakkie. Werk met 2 AA-batterye (nie ingesluit nie). Grootte: 14 cm.

    Stoomstrykyster Met dié liggewig stoomyster kan jy sommer so op die hanger kreukels uit klere stoom of gordyne pars sonder om dit af te haal. Dit werk met 110-240V elektrisiteit – gebruik dit oral ter wêreld terwyl jy reis. Grootte: 23 cm.

    Die Shoprider

    Word voorsien met handige mandjie en batterylaaier van hoë gehalte

    Onmiddellike aflewering landwyd Wye reeks kleure beskikbaar

  • 3

    1. Watter produk sal handig te pas kom as jy gaan visvang?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 2. Noem een voordeel van die stoomstrykyster.

    ………………………….………………………………………………………… [1] 3. Wat gebeur met die insekte wat deur die infrarooilig doodgemaak is?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 4. Watter twee produkte werk met batterye?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] [Totaal: 5]

  • 4

    Oefening 2 Vrae 5 – 9 Lees die volgende brokkies inligting wat in die Huisgenoot van 17 Mei 2002 verskyn het en beantwoord vrae 5 – 9 deur die antwoorde op die stippellyne in te vul. Volsinne is nie nodig nie. Kyk baie goed na wat daar binne is die volgende keer wanneer jy die koskas of yskas oopmaak. Want baie van die goed waaraan jy net as kos dink, kan ook medisyne of selfs skoonheidsmiddels wees. Ons het ‘n tipiese koskas oopgemaak en die kenners gevra om vir ons te vertel wat jy alles met die produkte daarbinne kan maak. Stel dit op proef, veral die grondboontjie-botter is glo ‘n uitstekende plaasvervanger vir lyfroom.

    Bron: Huisgenoot, 17 Mei 2001

    medisyne uit die koskas

    PIESANGS bevat baie kalium wat die liggaam help om doeltreffend van sy afvalstowwe ontslae te raak. Ryp piesangs kan hardlywigheid verlig en piesangs wat nog aan die groen kant is, kan op sy beurt weer verligting vir diarree bring. Die binnekant van ‘n piesangskil is bekend daarvoor dat dit vuiligheid uit ‘n verstopte vel kan trek. Vryf dit oor jou swartkoppies en los dit vyftien minute lank aan voordat jy dit afwas.

    KNOFFEL is algemeen bekend as ‘n wondermiddel wat cholesterol verlaag en verkoue, griep en brongitis beveg. Dit het ‘n sterk antibakteriese aksie en is baie goed vir keelinfeksies en kan ook help om hoë bloeddruk en hipertensie teen te werk. Bak knoffel so 20 tot 25 minute heel met skil en al. As ‘n voorgereg stimuleer dit die maagsappe.

    EIERS word tradisioneel gebruik om hare te laat blink. Was jou hare in ‘n sagte sjampoe. Spoel goed af en vryf dan die gele van twee eiers in. Draai jou kop in kleefplastiek toe. Los dit vyftien minute lank en spoel met warm water af. Klits die wit van die twee eiers, vryf dit in, los vyf minute lank aan en spoel af.

    OLYFOLIE EN LEMOEN-, SUURLEMOEN- OF LEMMETJIESAP Dis ‘n uitstekende mengsel vir swanger vroue om rekmerke te keer. Olyfolie wat koud uitgedruk is, bevat baie voedsame vitamiene en noodsaaklike minerale en sal die vel help om te rek en te vergroot soos wat die baba groei. Voeg ‘n paar druppels sitrussap by om die olie lekkerder te laat ruik. Masseer liggies kloksgewys in om die maag en naeltjie.

  • 5

    5. Wat kan jy aansmeer indien jou lyfroom op is?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 6. Waarmee kan ‘n mens ‘n vuil vel skoonmaak?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 7. Wat kan jy gebruik as jou keel seer is?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 8. Watter effek het eiers op ‘n mens se hare?

    ………………………….………………………………………………………… [1] 9. Waarmee kan ‘n mens die slegte reuk van olyfolie verbeter?

    ………………………….………………………………………………………… [1]

    [Totaal: 5]

  • 6

    Oefening 3 Vrae 10 – 12 Lees die volgende reisrubriek oor gastehuise in townships en beantwoord dan vrae 10 tot 12 op die reëls wat daarvoor voorsien word.

    GAUTENGSE TOWNSHIP-ERVARINGS Deur Hanneke du Preez

    Ja, daar is die stowwerige strate, die armoedige huisies en die aanklaende plakkerskampe. Maar daar is ook die miljoenêrswonings, historiese bakens, lewendige kleinsake-ondernemings en warmhartige mense. Geen wonder nie dat mense al hoe meer townships as een van die “moet-siens” op hul besoekerslysie het, en die dapperes wil voel hoe dit voel om in ‘n township te oornag. Waar daar ‘n behoefte is, is daar spoedig ‘n entrepreneur. In Orlando-Oos, een van die 32 townships in Soweto, is daar Mma Matsi’s, vir ‘n ware township-ervaring. Die vierkamerhuisie (sitkamer, kombuis en twee slaapkamers) – sonder tuin of fieterjasies – het in die agterplaas nog drie aangeboude kamers waarin ‘n dubbelbed netjies pas. Hier kan ‘n mens regtig deel wees van die alledaagse lewe in Soweto, want daar is geen ruimte wat die gas skei van die gesins- of gemeenskapslewe nie. Die deure van die slaapkamers loop uit op ‘n klein stukkie plaveisel wat die kamers met die huis verbind. Ontbyt word aangebied en bestaan hoofsaaklik uit pap. Ongelukkig is daar nie ‘n eetkamer of etenstafel nie, so dit kan staan-staan in die kombuis geëet word of op jou skoot. Die prys? R200 per persoon vir bed en onbyt. Daar het al buitelanders (Amerikaners, Franse en Duitsers) gebly – teen hierdie prys. Die ander uiterste, ook in Soweto, maar nou in die spogbuurt Protea Glen, is Maweni, ‘n imposante spierwit herehuis met glas en marmer van R8 miljoen, met balkonne wat uitkyk op die reusagtige Soweto met sy 3,5 miljoen inwoners. Die grootste kenmerk van die huis is sy koel ruimtes en memorabilia van Godfrey Moloi (ook genoem die “Godfather van Soweto”), met foto’s, skilderye en beeldhouwerke wat sy veelbewoë lewe uitbeeld totdat hy verlede jaar oorlede is. Die sitkamergedeelte is indrukwekkend, maar die binnenshuise poele verg sorg. Die vier slaapkamers is ruim met elk ‘n eie luukse badkamer waar geen koste ontsien is nie. Verder is daar ‘n swembad, marmervloere met ondervloerse verhitting, ‘n sauna en stoomkamer. Godfrey se vrou, Musa, bedryf nou die gastehuis. Ongeskeduleerde township-ekskursies word aangebied waar Soweto se historiese plekke, sjebiens, stokvels, hostelle en plakkerskampe besoek word. Tariewe vir bed en ontbyt is R300 per persoon. Die grootste verrassing was die Lyken-gastehuis in Soshanguve, 25 minute se ry van Pretoria se middestad. Daar is ‘n kroegie, sitkamer, eetkamer en kombuis, met ‘n opgeleide kok wat ons onaangekondigde besoek en versoek om middagete omgetower het in ‘n heerlike ete van hoender, rys en groente teen R25 per bord. Die agt kamers is elk toegerus met ‘n televisiestel, telefoon en en suite badkamer. Die kamers is beskikbaar teen R75 per persoon, wat ontbyt insluit! Die kulturele toer sluit af met ‘n vertoning van tradisionele en gumboot-danse wat sommer ‘n huppel in jou stap sit. Dan kan jy ook nog jou fortuin laat vertel deur die inwonende sangoma teen R50. Die volledige pakket vir ‘n ete, kulturele toer en danse is R100 per persoon.

    Bron: Insig – Junie 2002

  • 7

    Oefening 3 Vrae 10 – 12 10. Is townships net bekend vir hulle armoede? Gee 'n rede vir jou antwoord.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 11. Waarom is gaste bereid om R200 te betaal vir bed en ontbyt in Mma Matsi’s?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 12. Wat beteken dit as daar gesê word dat daar in die Maweni-gastehuis

    “geen koste ontsien is nie”?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 5]

  • 8

    Afdeling 2 Oefening 1 Vrae 13 – 18 Vrae 13 tot 16 is gebaseer op die onderstaande artikel. Beantwoord hierdie vrae op die reëls wat daarvoor voorsien word.

    Die prins en die dubbelganger HOOFFOTO EN REGS: Matthew Turpin moet gereeld handtekeninge uitdeel vir mense wat dink hy is prins William (HEEL REGS)

    Die skare wat buite Buckingham-paleis saamgedrom het vir die daaglikse ruiling van die wagte was teleurgesteld toe hulle hoor dié dag s’n is afgestel. Maar toe sien hulle ‘n lang jong man in ‘n donker baadjie en net daar vergeet hulle van die wagte. Dis mos HY! Hulle vra sy handtekening en wil saam met hom poseer vir ‘n foto. Baie, veral vroue en meisies, wil hom soen. Matthew Turpin is ‘n doodgewone agtienjarige, maar tog behandel mense hom soos ‘n prins. Die knaap van 1,88 m lyk so baie na prins William dat hy ‘n kontrak gekry het by ‘n agentskap wat spesialiseer in mense wat soos bekendes lyk. “My familie en vriende sê al jare lank vir my ek lyk soos Wills, maar ek het nooit kon droom dit sou tot so iets lei nie,” sê Matthew. “Ek voel baie gevlei. Dit lyk vir my die meeste meisies dink prins William is baie aantreklik.” Matthew is opgeraap deur die Londense agentskap Lookalikes. “Hy is beslis een van ons beste dubbelgangers,” vertel Francesca Krachai, baas van die agentskap. “Sy vooruitsigte is uitstekend. Hy kan modelwerk en persoonlike optredes doen. Hy kan lag-lag R1 200 000 per jaar daarmee verdien. “Ek veronderstel ek het ál meer soos die prins begin lyk. Dit lyk asof ons dieselfde soort klere dra en dieselfde kleur hare het. Al verskil is sy titel en rykdom.” Matthew probeer diplomaties vir die meisies vertel wie hy regtig is maar party weier om te glo hy is nie William nie. Hoe sal hy reageer as hy in William vasloop. “Ek sal vir hom sê hy moet nooit ‘n baard kweek nie. Ek sal dit pes om ook een te moet kry.”

    Bron: Huisgenoot, 7 Maart 2002

    1.

    2.

    3.

    4.

    5.

    7.

    8.

    6.

  • 9

    13. Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 in die negatiewe vorm oor.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 14. Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 5 in die indirekte rede oor.

    Begin met:

    Francesca Krachai ……………………………......................………………………...…

    ………………………….………………………………………………………… [2] 15. Verduidelik wat die woord dubbelganger beteken.

    ………………………….………………………………………………………… [1] 16. Skryf die sin van paragraaf 7 oor en vul die leesteken in wat weggelaat is.

    ………………………….………………………………………………………… [1] 17. Verbind die onderstreepte sinne in paragraaf 8 deur gebruik te maak van die voegwoord

    “want”.

    ………………………….………………………………………………………… [1] 18. In paragraaf 8 is 'n leesteken verkeerd gebruik. Skryf hierdie sin oor en voorsien dit

    van die korrekte leesteken.

    ………………………….………………………………………………………… [1]

    [Totaal: 8]

  • 10

    Oefening 2 Vraag 19 Gebruik die volgende inligting om die vorm korrek te voltooi.

    ATKV-Applous Doelstelling van Applous: Die primêre doelstelling van ATKV-Applous is die bevordering van die Afrikaanse lied en jeugkoorsang. Die doel is om deur koorsang die Afrikaanse lied asook die genot van koorsang te bevorder. Jy is Johannes M. Keja en jy rig die koor by Rundu Primêre Skool af. Julle is nog nie lank aan die gang nie (julle het nog nooit opgetree nie en jy soek nog iemand om julle te begelei), maar die 18 seuns en dogters het goeie stemme en is baie opgewonde, daarom het die skoolhoof, mev. A. Mungundu, ingestem dat julle aan die kompetisie van die ATKV mag deelneem. Julle skool se adres is Posbus 399, Rundu, Namibië en die telefoonnommer/faks is 068-4612. Jy het nie ‘n telefoon by die huis nie, maar jou selfoonnommer is 0812461230. Die skoolhoof kan by haar huis gekontak word by telefoon 3734.

    [Totaal: 7]

    applous INSKRYWINGSVORM: LAERSKOLE Vir faksdoeleindes: Maak afskrif, faks ingevulde vorm terug aan (011) 886-8939. Kyk op webwerf www.atkv.org.za 1. Naam van skool: _________________________________________________________ 2. Posadres: ____________________________________________ Poskode:___________ 3. Tel.: (Skool) ______________________________________________Kode:__________ 4. Faks: ____________________________________________________Kode: __________ 5. Skoolhoof se tel: (huis) _____________________________________Kode: __________ 6. Koorleier se noemnaam en van: (mnr./mev./mej.)________________________________ 7. Tel: (h)__________________Kode: (__________) 8. Sel: ______________________ 9. Begeleier se noemnaam en van (mnr./mev./mej.)_________________________________ 10. Aantal koorlede: __________________________________________________________ Meer ervare Minder ervare Seuns Dogters Gemengde Koor 11.

  • 11

    Oefening 3 Vrae 20 – 21 Lees die volgende artikel deur Liesel Krause-Wiid en skryf jou opsomming in notavorm.

    Bron: finesse, Feb. 2001 20. Noem vier negatiewe dinge wat na ‘n mislukking kan volg:

    • ………………………………………………………………. • ………………………………………………………………. • ………………………………………………………………. • ………………………………..………………………………. [4]

    21. Noem vier positiewe dinge wat na ‘n mislukking kan volg:

    • ………………………………………………………………. • ………………………………………………………………. • ………………………………………………………………. • ………………………………………………………………. [4]

    [Totaal: 8]

    Woema - Liesel Krause-Wiid Enige vorm van mislukkking is genoeg om jou terneergedruk te laat. Jou selfbeeld ly daaronder, dit ontneem jou passie vir die lewe en dit laat jou toekomsvisie verkrummel. Dink egter mooi daaroor na en jy sal gou besef dat jou mislukkings deel uitmaak van die trappe na sukses. Soveel suksesvolle mense skryf hul suksesresepte toe aan vorige mislukkings. Hulle getuig dat hulle geleer het uit mislukkings van die verlede en daarom nie weer dieselfde of soortgelyke foute gemaak het nie. Boonop het die oorbegin deursettingsvermoë in hul persoonlikhede ingebou en het hulle mislukkings hulle ‘n gaping in die mark of lewe laat raaksien. Wanneer jy te midde van die hoeveelste mislukking weer opstaan, weet dat dit jou die mens maak wat jy is en jou onderskei van minder suksesvolle mense. Baie interessant is dat die Chinese se skryfteken vir mislukking en geleentheid een en dieselfde is. Hulle glo dus daarin om hul mislukkings in geleenthede te omskep. Kreatiewe denke sal jou help om in jou mislukking ‘n gaping te sien en ‘n geleentheid daarvan te maak.

  • 12

    Afdeling 3

    Oefening 1 Vraag 22 Skryf ‘n brief van 100 woorde aan ‘n vriend/-in waarin jy hom/haar vertel van die N$100 000 wat jy in ‘n kompetisie gewen het. Vertel hom/haar: • Hoe jy gevoel het toe jy die nuus gehoor het. • Wat jy beplan om met die geld te doen. Die adres boaan is nie nodig nie.

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    [Totaal: 10]

  • 13

    Oefening 2 Vraag 23 Lees die onderstaande teks oor wat tieners oor hulle ouers te sê het. Skryf dan ‘n artikel vir jou skoolkoerant oor hoe jy die verhouding tussen ouers en tieners ervaar. Jou artikel moet ongeveer 150 woorde lank wees.

    Pa’s en ma’s kan darem só outyds en uncool wees. Vra enige tiener. Wat sou jý graag aan jou ouers wou verander? Tamaryn Schultz (gimnas) My ouers is wonderlik, maar ek sou deur die dak spring as hulle ‘n klomp geld wen. Ons kry nie swaar nie, maar dis ‘n stryd om geld bymekaar te kry en borge te vind vir my deelname oorsee. Ek neem gemiddeld vier keer per jaar oorsee deel, en dit kos baie. Carl Stemmet (filmmaker en oud-KTV-aanbieder) Ek sou nie omgee as my ma my toelaat om meer op die rekenaar te speel nie. Maar ek weet dis eintlik goed hulle hou my in toom en dwing my om te

    leer. Hulle is baie goeie ouers wat my toelaat om my belangstellings uit te leef. Evette Venter (model) My ma kan taamlik hardkoppig en my pa oorbeskermend wees, maar hulle is die beste ouers en sulke eienskappe maak hulle juis interessanter en mensliker. Hulle kan ook onvoorspelbaar wees, maar ek kom agter ek het dieselfde temperament geërf! Christo Davids (akteur) Ons is ‘n hegte gesin – ek het nog vier broers en ‘n suster. Ek sou nie my goeie ouers wou verander nie, maar ek wens ek kan omstandighede vir hulle verander. My pa is ‘n konstruksiewerker en werk is baie skaars; ek sou meer geleenthede vir hom wou skep.

    Bron: Sarie, 17 November 1999

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..………

    …………………………………………………………………………………………..……… [Totaal : 12]

  • 14

  • 15

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 1: MARK SCHEME

    (CORE)

  • 16

    Afdeling 1 Oefening 1 Vrae 1 – 4 1. Die (veeldoelige) sakmes [1] 2. * Kan sommer op die hanger stryk.

    (hoef nie klere af te haal nie.) (√) * Jy kan daarmee reis. * Jy kan dit oral ter wêreld gebruik.

    (enige 1) [1] 3. Die dooie insekte val in 'n bakkie. [1] 4. (Koordlose) baard- en haarknipper (√)

    en ‘n shoprider (√) [2] [Totaal: 5]

    Oefening 2 Vrae 5 – 9 5. grondboontjiebotter [1] 6. piesangskille [1] 7. knoffel [1] 8. Dit laat dit blink [1] 9. sitrus(sap) [1]

    [Totaal: 5] Oefening 3 Vrae 10 – 12 10. Nee, (√) want daar is ook miljoenêrswonings/historiese bakens / en lewendige

    kleinsake-ondernemings. (√) [2] 11. Jy word regtig deel van die alledaagse lewe in Soweto, (√) want daar is

    geen ruimte wat die gas skei van die gesins- of gemeenskapslewe nie. [2] 12. Daar is glas en marmer van R8 miljoen gebruik.

    Die huis het binnenshuise poele. Die marmervloere het ondervloerse verhitting. Daar is 'n sauna en stoomkamer. (enige 1) [1]

    [Totaal: 5]

  • 17

    Afdeling 2

    Oefening 1 Vrae 13 – 18 13. Hulle vra nie sy handtekening nie en wil nie saam met hom vir ‘n foto

    poseer nie. (Die gebruik van die bywoord “nie” moet oral korrek aangewend word vir die volledige twee punte) [2]

    14. Francesca Krachai vertel dat hy beslis een van hulle beste dubbelgangers is.

    (+√ omgekeerde woordorde) [2] 15. Dit is 'n persoon wat baie soos iemand anders lyk. [1] 16. Matthew probeer diplomaties vir die meisies vertel wie hy regtig is,

    maar party weier om te glo dat hy nie William is nie. [1] 17. Ek sal vir hom sê hy moet nooit ‘n baard kweek nie, (½) want ek(½)

    sal dit pes om ook een te moet kry. [1] 18. Hoe sal hy reageer as hy in William vasloop? [1]

    [Totaal: 8]

  • 18

    Oefening 2 Vraag 19

    14 x ½ [7]

    Oefening 3 Vrae 20 – 21 20. Negatiewe dinge

    * laat jou terneergedruk * selfbeeld ly daaronder * ontneem jou passie vir die lewe * verkrummel jou toekomsvisie (4)

    21. Positiewe dinge

    * is trappe na sukses / jy kan leer uit jou foute * leer jou deursettingsvermoë * laat sien (wys jou) ‘n gaping in die mark of lewe / skep geleenthede * dit maak jou die mens wat jy is / onderskei jou van minder suksesvolle mense (4)

    [8]

    applous INSKRYWINGSVORM: LAERSKOLE Vir faksdoeleindes: Maak afskrif, faks ingevulde vorm terug aan (011) 886-8939. Kyk op webwerf www.atkv.org.za 1. Naam van skool: Rundu Primêre Skool (½) 2. Posadres: Posbus 399, (½) Rundu, (½) Namibië (Geen poskode) (½) 3. Tel.: (Skool) 4612 Kode: 068 (½) 4. Faks: 4612 Kode: 068 (½) 5. Skoolhoof se tel: (huis) 3734 Kode: 068 (½) 6. Koorleier se noemnaam en van: (mnr/mev/mej) mnr. Johannes Keja (Moet alles korrek wees) (½) 7. Tel: (h) - (geen telnr.) (½) 8. Sel: 0812461230 (½) 9. Begeleier se noemnaam en van: (mnr/mev/mej) (½) vir niks hier ingevul nie 10. Aantal koorlede: 18 (½) 11. Meer ervare Minder ervare Seuns Dogters Gemengde Koor √ (½) √ (½)

  • 19

    Afdeling 3 Oefening 1 Vraag 22 Sien aangehegte nasienskema [10] Oefening 2 Vraag 23 Sien aangehegte nasienskema [12]

    [TOTAAL: 60] Wenke vir gebruik van nasienskema: • ‘n Skryfstuk bestaan uit 2 afdelings / dele.

    nl. Inhoud en Styl, en Taal en Struktuur. Elkeen van hierdie dele word afsonderlik bepunt

    • Elke afdeling bestaan weer uit 5 vlakke (“levels”) (let wel: nie punte nie). Die vlakke 1-5 beteken dus van uitstekend (5) tot uiters swak (1).

    • Die merker besluit nou op watter vlak die skryfstuk se (i) Inhoud & Styl en (ii) Taal en Struktuur lê. Onthou: Die vlakke in ‘n skryfstuk hoef nie te korreleer nie, m.a.w. ‘n skryfstuk kan ‘n goeie of oortuigende inhoud hê, terwyl die Taal & Struktuur swak(-ker) kan wees, en andersom, dus: goeie Taal + Struktuur, maar ‘n swak inhoud.

    • Nou bring jy dié 2 vlakke by mekaar uit, m.a.w. beweeg regs op die Inhoud & Styl vlak wat jy gekies het vir die betrokke skryfstuk en af op die Taal & Struktuur vlak. Jy kry nou die punt uit die betrokke totaal (hetsy 9, 12 of 16).

    • Let wel: Gebruik hierdie nasienskema dwarsdeur die jaar vir álle skryfwerk, dit

    verseker dat: - jy vertroud en gemaklik raak met dié soort van nasien - jy konsekwent is in jou manier van nasien, sowel as in puntetoekenning, wat

    weer tot die leerlinge se voordeel strek.

  • 20

  • 21

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 2: READING AND DIRECTED WRITING SPECIMEN PAPER

    (EXTENDED) Additional materials: Answer paper Time: 2 hours 30 minutes INSTRUCTIONS TO CANDIDATES Write your name, Centre number and candidate number in the spaces provided on the answer paper/answer booklet. Answer all questions. Write your answers on the separate answer paper provided. If you use more than one sheet of paper, fasten the sheets together. INFORMATION FOR CANDIDATES The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. Care in the use of language and sentence construction will count in your favour. Tyd: 2 uur 30 minute INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Skryf jou naam, Sentrumnommer en kandidaatnommer in die ruimtes voorsien op die antwoordblad/ antwoordboek. Beantwoord alle vrae. Skryf jou antwoorde op die afsonderlike antwoordboek wat aan jou voorsien is. Indien jy meer as een bladsy gebruik, bind hulle aan mekaar vas. INLIGTING VIR KANDIDATE Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van 'n vraag gegee. Versorging van taalgebruik en formulering sal in jou guns tel.

    ______________________________________________________________________________ This question paper consists of 18 printed pages.

  • 22

    AFDELING 1

    Oefening 1 : Vrae 1 – 6 Die meegaande leesstuk verskaf inligting oor ‘n verskeidenheid produkte. Beantwoord vrae 1 – 6 deur middel van soeklees.

    Giftige insekdoder Die infrarooilig trek vlieënde insekte aan en speel binne sekondes klaar met hulle. Dis veilig en higiënies – die dooie insekte val in ‘n bakkie wat maklik uitgehaal en skoongemaak kan word. Grootte: 20 cm.

    Veeldoelige sakmes Dié topgehalte sakmes van vlekvrye staal het 11 nuttige funksies: dis ‘n skêr, kurktrekker, mes, saag, sterskroewedraaier, blikpriem, botteloopmaker, naelvyl en –skoonmaker, skroewedraaier, skubskraper en haakuithaler. Grootte: 9 cm.

    Koordlose baard- en haarknipper Knip jou baard, snor of wangbaarde netjies of kry jou hare weer in fatsoen. Die liggewig knipper het 5 verstelbare posisies, ‘n borseltjie, lemskerm en ‘n bêresakkie. Werk met 2 AA-batterye (nie ingesluit nie). Grootte: 14 cm.

    Stoomstrykyster Met dié liggewig stoomyster kan jy sommer so op die hanger kreukels uit klere stoom of gordyne pars sonder om dit af te haal. Dit werk met 110-240V elektrisiteit – gebruik dit oral ter wêreld terwyl jy reis. Grootte: 23 cm.

    Die Shoprider

    Word voorsien met handige mandjie en batterylaaier van hoë gehalte

    Onmiddellike aflewering landwyd Wye reeks kleure beskikbaar

  • 23

    1. Watter produk sal handig te pas kom as jy gaan visvang?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 2. Watter twee produkte werk met batterye?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 3. Noem die voordele van die stoomstrykyster.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [3] 4. Wat gebeur met die insekte nadat hulle doodgeskok is?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 5. Noem ‘n nuttige toevoeging tot die Shoprider.

    ………………………………………………………………………….………… [1] 6. Watter produk kan handig wees vir mense wat hul voorkoms wil opknap tydens 'n

    kampeervakansie?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 9]

  • 24

    Oefening 2 Vrae 7 – 11 Lees die volgende brokkies inligting wat in Rapport van 1 Junie 2002 verskyn het en beantwoord vrae 7 – 11.

    Pret op die net – Louis Nel

    Kanniedood kry maat ‘n Merkwaardige gloeilamp wat al langer as honderd jaar brand, het ‘n maat gekry. Die ongebruikte gloeilamp, wat deur ‘n vrou tussen haar pa se besittings gevind is, lyk presies soos die een wat al sedert 1901 in die brandweerstasie van die dorpie Livermore in Kalifornië brand. Die vrou het dit na die brandweerstasie gebring waar dit – met ‘n versigtige toename in kragtoevoer - aan-geskakel is. Sie (http://www.sfgate.com/cgibin.article). Die een wat in die brandweerstasie brand, is volgens die Guinness Book of Records die oudste werkende een ter wêreld. Die Livermore-gloeilamp het selfs aardbewings oorleef en is nog net een keer afgeskakel toe dit na die dorp se nuwe brandweerstasie geneem is. E-pos se ‘superheld’ Sowel nuwelinge as meer gesoute gebruikers van e-pos kan heelwat leer by hierdie webplek (www.emailman. com.) met alles en nog wat oor e-pos. eMailman word nie verniet die “elektroniese superheld” genoem nie; hier is hulp en inligting oor net mooi alles wat met e-pos te make het.

    Vir dié wat stap en trap My hart trek sommer so met ‘n punt na al die verre plekke as ek na die webplek Bike & Hike (www.bikeandhike.co.za) kyk. Dis ‘n webplek wat elkeen wat dit enigsins oorweeg om ‘n fietsry- of stapvakansie in die buiteland te onderneem, gerus kan aandoen. Hier kry ‘n mens (in Engels en Afrikaans – hoe verfrissend!) inligting oor toerpakkette. Jy kies die land, streek en soort vakansie (stap of fietsry) en jy kry ‘n oorsig van die toerprogram, met stap-/fietsry-afstande, wát die toer insluit en uitsluit (soos fietse en toerusting, bed-en-ontbytverblyf, etes, trein- en boottariewe en vervoerbesprekings).

    Water-waarnemer ‘n Satelliet wat die aarde se waterstelsels gaan monitor, is onlangs deur Nasa gelanseer. Die satelliet, Aqua, is die tweede in Nasa se Aardewaarnemingstelsel (EOS). Die eerste, Terra, is in Desember 1999 gelanseer. Wetenskaplikes wil met die hulp van Aqua meer oor die oorsake van die aarde se klimaat-verandering te wete kom en vasstel of wêreldverwarming verantwoordelik is vir die abnormale weer wat die aarde beleef. ‘n Oulike webplek waar ‘n mens meer oor die Aqua-sending – en ook allerlei ander ruimtesake – kan leer, is Space Today Online. Die webbladsye oor Aqua is by www.spacetoday.org/ Satellites/TerraAqua/ Aqua.html Google ken nie einde Daar is net geen einde aan die goeie en innoverende dienste wat Google (www.google.com) lewer nie. Die nuutste toevoeging – is ‘n nuussoekdiens. Die diens, beskikbaar by http://news.google. com, stel ‘n mens in staat om binne ‘n japtrap nuusberigte oor ‘n bepaalde saak uit nuusmedia van die wêreld te vind. Die nuussoekenjin soek deur die afgelope week se nuus in tydskrifte en koerante. Die webplek bied ook ‘n oorsig van die jongste nuus, ingedeel in die volgende kategorieë: voorbladnuus, wêreldnuus, Amerikaanse nuus, sakenuus, vermaaklikheidsnuus, tegnologie-nuus en sportnuus.

    Bron: Rapport, 9 Junie 2002

  • 25

    7. Op watter manier is verseker dat die ongebruikte gloeilamp nie sal blaas as hulle hom aanskakel nie?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 8. Watter twee dinge maak die wêreld se oudste, werkende gloeilamp so besonders?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 9. Wie sal belangstel in die webplek Bike & Hike (www.bikeandhike.co.za)?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 10. Wat is die een enkele ooreenkoms tussen al hierdie brokkies?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 11. Watter soekenjin sal jy gebruik as jy die jongste nuushooftrekke soek?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 6]

  • 26

    Oefening 3 Vrae 12 – 15 Lees die volgende reisrubriek oor gastehuise in townships en beantwoord dan vrae 11 tot 14 op die reëls wat daarvoor voorsien word.

    GAUTENGSE TOWNSHIP-ERVARINGS Deur Hanneke du Preez Ja, daar is die stowwerige strate, die armoedige huisies en die aanklaende plakkerskampe. Maar daar is ook die miljoenêrswonings, historiese bakens, lewendige kleinsake-ondernemings en warmhartige mense. Geen wonder nie dat mense al hoe meer townships as een van die “moet-siens” op hul besoekerslysie het, en die dapperes wil voel hoe dit voel om in ‘n township te oornag. Waar daar ‘n behoefte is, is daar spoedig ‘n entrepreneur. In Orlando-Oos, een van die 32 townships in Soweto, is daar Mma Matsi’s, vir ‘n ware township-ervaring. Die vierkamerhuisie (sitkamer, kombuis en twee slaapkamers) – sonder tuin of fieterjasies – het in die agterplaas nog drie aangeboude kamers waarin ‘n dubbelbed netjies pas. Hier kan ‘n mens regtig deel wees van die alledaagse lewe in Soweto, want daar is geen ruimte wat die gas skei van die gesins- of gemeenskapslewe nie. Die deure van die slaapkamers loop uit op ‘n klein stukkie plaveisel wat die kamers met die huis verbind. Ontbyt word aangebied en bestaan hoofsaaklik uit pap. Ongelukkig is daar nie ‘n eetkamer of etenstafel nie, so dit kan staan-staan in die kombuis geëet word of op jou skoot. Die prys? R200 per persoon vir bed en onbyt. Daar het al buitelanders (Amerikaners, Franse en Duitsers) gebly – teen hierdie prys. Die ander uiterste, ook in Soweto, maar nou in die spogbuurt Protea Glen, is Maweni, ‘n imposante spierwit herehuis met glas en marmer van R8 miljoen, met balkonne wat uitkyk op die reusagtige Soweto met sy 3,5 miljoen inwoners. Die grootste kenmerk van die huis is sy koel ruimtes en memorabilia van Godfrey Moloi (ook genoem die “Godfather van Soweto”), met foto’s, skilderye en beeldhouwerke wat sy veelbewoë lewe uitbeeld totdat hy verlede jaar oorlede is. Die sitkamergedeelte is indrukwekkend, maar die binnenshuise poele verg sorg. Die vier slaapkamers is ruim met elk ‘n eie luukse badkamer waar geen koste ontsien is nie. Verder is daar ‘n swembad, marmervloere met ondervloerse verhitting, ‘n sauna en stoomkamer. Godfrey se vrou, Musa, bedryf nou die gastehuis. Ongeskeduleerde township-ekskursies word aangebied waar Soweto se historiese plekke, sjebiens, stokvels, hostelle en plakkerskampe besoek word. Tariewe vir bed en ontbyt is R300 per persoon. Die grootste verrassing was die Lyken-gastehuis in Soshanguve, 25 minute se ry van Pretoria se middestad. Daar is ‘n kroegie, sitkamer, eetkamer en kombuis, met ‘n opgeleide kok wat ons onaangekondigde besoek en versoek om middagete omgetower het in ‘n heerlike ete van hoender, rys en groente teen R25 per bord. Die agt kamers is elk toegerus met ‘n televisiestel, telefoon en en suite badkamer. Die kamers is beskikbaar teen R75 per persoon, wat ontbyt insluit! Die kulturele toer sluit af met ‘n vertoning van tradisionele en gumboot-danse wat sommer ‘n huppel in jou stap sit. Dan kan jy ook nog jou fortuin laat vertel deur die inwonende sangoma teen R50. Die volledige pakket vir ‘n ete, kulturele toer en danse is R100 per persoon.

    Bron: Insig – Junie 2002

  • 27

    Oefening 3 Vrae 12 – 15 12. Is townships net bekend vir hulle armoede? Hoekom sê jy so?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 13. Hoekom is gaste bereid om R200 te betaal vir bed en ontbyt in Mma Matsi’s?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 14. Wat beteken dit as ‘n mens sê dat daar in die Maweni-gastehuis “geen koste ontsien is

    nie”?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 15. Waarom is die Lyken-gastehuis ‘n wenner?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 7]

  • 28

    AFDELING 2 Oefening 1 Vrae 16 – 21 Lees die onderstaande artikel en beantwoord dan vrae 15 tot 20 op die reëls wat daarvoor voorsien word.

    Die prins en die dubbelganger Die skare wat buite Buckingham-paleis saamgedrom het vir die daaglikse ruiling van die wagte was teleurgesteld toe hulle hoor dié dag s’n is afgestel. Maar toe sien hulle ‘n lang jong man in ‘n donker baadjie en net daar vergeet hulle van die wagte. Dis mos HY! Hulle vra sy handtekening en wil saam met hom poseer vir ‘n foto. Baie, veral vroue en meisies, wil hom soen. Matthew Turpin is ‘n doodgewone agtienjarige, maar tog behandel mense hom soos ‘n prins. Die knaap van 1,88 m lyk so baie na prins William dat hy ‘n kontrak gekry het by ‘n agentskap wat spesialiseer in mense wat soos bekendes lyk. “My familie en vriende sê al jare lank vir my ek lyk soos Wills, maar ek het nooit kon droom dit sou tot so iets lei nie,” sê Matthew. “Ek voel baie gevlei. Dit lyk vir my die meeste meisies dink prins William is baie aantreklik.” Matthew is opgeraap deur die Londense agentskap Lookalikes. “Hy is beslis een van ons beste dubbelgangers,” vertel Francesca Krachai, baas van die agentskap. “Sy vooruitsigte is uitstekend. Hy kan modelwerk en persoonlike optredes doen. Hy kan lag-lag R1 200 000 per jaar daarmee verdien. “Ek veronderstel ek het ál meer soos die prins begin lyk. Dit lyk asof ons dieselfde soort klere dra en dieselfde kleur hare het. Al verskil is sy titel en rykdom.” Matthew probeer diplomaties vir die meisies vertel wie hy regtig is maar party weier om te glo hy is nie William nie. Hoe sal hy reageer as hy in William vasloop. “Ek sal vir hom sê hy moet nooit ‘n baard kweek nie. Ek sal dit pes om ook een te moet kry.”

    Bron: Huisgenoot, 7 Maart 2002

    1.

    2.

    3.

    4.

    5.

    7.

    8.

    6.

  • 29

    16. Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 in die negatiewe vorm oor.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 17. Skryf die eerste sin van paragraaf 5 in die bedrywende vorm oor. Begin as volg:

    Die……………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 18. Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 5 in die indirekte rede oor.

    Begin met:

    Francesca Krachai …………………………………………………………………….….

    ………………………………………………………………………….………… [1] 19. Verbind die onderstreepte sinne in paragraaf 8 deur gebruik te maak van

    die voegwoord “omdat”.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 20. In paragraaf 8 is ‘n leesteken verkeerd gebruik. Skryf hierdie sin oor en voorsien dit

    van die korrekte leesteken.

    ………………………………………………………………………….………… [1] 21. Skryf in een sin, van nie meer as 15 woorde nie, waaroor die artikel handel.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2]

    [Totaal: 10]

  • 30

    Oefening 2 Vrae 22 - 26 Lees die onderstaande teks oor rekenaarvirusse en voer dan opdragte 21 – 24 uit op die reëls wat daarvoor voorsien word.

    Voorkom e-pos virusse

    Rekenaarvirusse is erg, baie erg. Leer hoe om hulle uit te ken E-pos maak dit vir die sadistiese skeppers van rekenaarvirusse maklik om hul kwade hande-werk te versprei. Die virusse dring jou rekenaar meestal deur e-pos-aanhangsels binne. Dit kan die inligting op jou hardeskyf beskadig, en jy kan selfs al jou inligting verloor. Maar jy kan jou rekenaar teen virusse beskerm. Eerstens moet jy virus-werende sagteware van ‘n goeie gehalte op jou rekenaar laat installeer en gedurig die jongste weergawe bywerk. Norton AntiVirus of McAfee VirusScan is albei uitstekend en is beskikbaar by kleinhandelaars wat sagteware verkoop. Ondersoek elke aanhangsel met jou antivirale sagteware voor jy dit oopmaak, selfs al kom dit van iemand wat jy ken. Dié mens weet waarskynlik nie eens daar is ‘n virus op haar rekenaar en dat sy dit vir jou aangestuur het nie. Onthou, jy kan nie ‘n virus optel deur die inhoud van ‘n e-pos-boodskap te lees nie – jou rekenaar word net aan die virus blootgestel as jy die aanhangsel oopmaak. Verskeie internet-diensver-skaffers, soos World Online, ondersoek jou e-pos namens

    jou en isoleer besmette boodskappe. Vra jou internet-diensverskaffer of hulle so ‘n diens lewer. Indien nie, is dit raadsaam om na ‘n diensverskaffer oor te skakel wat wel dié diens lewer. Sorg laastens dat jy gereeld rugsteunkopieë maak – selfs al maak jy net kopieë van die noodsaaklikste inligting om tyd te spaar. As jy een keer per week die inligting op jou rekenaar rugsteun, sal dit jou baie verdriet spaar indien daar wel ‘n virus deurglip. Poetse As jy e-pos het, is die kans goed dat jy minstens elke paar weke massapos met ‘n virus-waarskuwing kry, of ‘n petisie vir die een of ander verdienstelike saak. Dit lyk miskien of jou vriende vir jou ‘n guns bewys, maar die slegte nuus is dat die meeste van dié sogenaamde waarskuwings poetse is, en sommige is in werklikheid virusse. So kan jy ‘n e-pos-poets uitken: • Die mens wat dit gestuur

    het, het dit nie self geskryf nie.

    • Die bewoording ‘Stuur dit aan almal wat jy ken’ is ‘n verklikker.

    • Dit bevat stellings soos ‘Dit is nie ‘n poets nie’.

    • Die feite word oordrewe benadruk, en daar is baie hoofletters en uitroep-tekens.

    • Die skryfstyl is eerder emosioneel as feitelik.

    • Dit is dikwels onlogies of teenstrydig.

    • Poetse verwys selde na betroubare bronne.

    Daar is verskeie webwerwe wat jy kan besoek om die boodskappe wat in jou posbus land te toets vir virusse. Probeer die volgende: http://antivirus.about.com/cs/ hoaxes/index.html of www.symantec.com/avcenter/ hoax - albei bevat omvattende lyste. Vir goeie raad en wenke oor hoe om poetse op te spoor, gaan na die webwerf http://urbanlegends.about.com. Voorkom dat jy self ‘n virus aanstuur deur eers die geloofwaardigheid van die boodskap vas te stel.

    Bron: dit, Julie 2002

  • 31

    22. Watter twee dinge kan met inligting op jou rekenaar gebeur indien dit met ‘n virus besmet word?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 23. Skryf drie maniere neer waarop jy jou rekenaar teen virusse kan beskerm.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [3] 24. Op watter manier kom virusse meestal jou rekenaar binne?

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 25. Noem twee kenmerke waaraan jy 'n e-pos poets kan uitken.

    ………………………….……………………………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [2] 26. Hoe kan jy self keer dat jy dalk ‘n virus aanstuur?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 10]

  • 32

    Oefening 3 Vraag 27 Maak ‘n opsomming in paragraafvorm oor die lewensloop van Wilma Newhoudt-Druchen. Jy moet die inligting in die teks in jou eie woorde (ongeveer 100) weergee. Skryf die aantal woorde wat jy gebruik tussen hakies aan die einde van jou opsomming.

    Op drie word Wilma Newhoudt Druchen doof. Dis die begin van ‘n lang pad van aanpassing. Maar Wilma behaal sukses: sy verwerf nagraadse kwalifikasies oorsee en beklee tans ‘n prominente posisie in die parlement waar sy haar beywer vir die regte van dowes.

    kommunikasiespesialis

    lerinda steyn Wilma Newhoudt-Druchen beklee die portefeulje vir kommunikasie vir die ANC in die parlement. Sy vertel in gebaretaal en met behulp van haar tolk, Ronel, dat, afgesien van die bevrediging wat sy uit haar beroep put, haar portefeulje baie goed by haar en haar man, Bruno, se stokperdjie aansluit. Bruno is ook doof en die twee se gunstelingtydverdryf, wanneer daar wel ‘n blaaskansie is, is om met behulp van ‘n DVD-dekodeerder, saam na video’s met onderskrifte te kyk. Een van haar ideale wat sy met haar posisie wil bereik, is juis om die SAUK sover te kry om meer programme te maak wat vir gehoorgestremde mense toeganklik is. Dit was nooit een van Wilma se drome om Parlement toe te gaan nie. “Die DPSA (Disabled people South Africa) het my op die ANC-lys genomineer. Selfs toe het ek nie gedink dat dit ‘n werklikheid sou word nie,” vertel sy. “Vandag geniet ek die werk baie.” Doof na breinvliesontsteking Wilma het as gevolg van breinvliesontsteking wat sy op driejarige ouderdom gekry het, doof geword.

    Wilma se breinvliesontsteking het vir heelwat aanpassings in hul gesin gevra. “Ek moes van voor af leer loop en my gesin moes leer om na my gesig te kyk wanneer hulle met my praat sodat ek hul lippe kon lees. “Ons het aan die Afrikaanse NG-kerk behoort. Ek kon niks van die eredienste verstaan nie. My pa, wat toe ‘n diaken was, het by my gesit en alles wat die predikant gesê het vir my in Engels herhaal,” vertel Wilma. Wilma sê dat dit vir haar aan die begin moeilik was om by haar horende gesin aan te pas. “Veral omdat ons gesin baie lief is vir sing. Ek kon glad nie die wysie van enige liedjie hou nie. Maar moenie dink dat dit my daarvan afgesit het om te sing nie.” Na matriek is Wilma na die Universiteit van Kaapstad waar sy twee jaar B.Sc. studeer het. “Ek het geredeneer dat ek met ‘n B.Sc.-kursus al die notas van die bord sou kon afskryf, terwyl ‘n B.A.-kursus my sou dwing om feitlik alles te moet liplees,” vertel Wilma. “Dit was steeds moeilik sonder ‘n tolk.” Na twee jaar het sy deeltyds deur UNISA verder studeer en gewerk. Daarna is sy Washington toe waar sy by Gallaudet Universiteit verder studeer het.

    Bron: finesse, Februarie 2001

  • 33

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    [Totaal: 10]

  • 34

    AFDELING 3 Oefening 1 Vraag 28 Skryf ‘n brief van 150 woorde aan ‘n vriend/-in waarin jy hom/haar vertel van die N$100 000 wat jy in ‘n kompetisie gewen het. Vertel hom/haar: • Hoe jy gevoel het toe jy die nuus gehoor het • Wat jy beplan om met die geld te doen. Die adres boaan is nie nodig nie.

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    [Totaal : 12]

  • 35

    Oefening 2 Vraag 29 Lees die onderstaande teks oor wat tieners oor hulle ouers te sê het. Skryf dan ‘n artikel vir jou skoolkoerant oor hoe jy die verhouding tussen ouers en tieners ervaar. Jou artikel moet ongeveer 200 woorde lank wees.

    Pa’s en ma’s kan darem só outyds en uncool wees. Vra enige tiener. Wat sou jý graag aan jou ouers wou verander? Tamaryn Schultz (gimnas) My ouers is wonderlik, maar ek sou deur die dak spring as hulle ‘n klomp geld wen. Ons kry nie swaar nie, maar dis ‘n stryd om geld bymekaar te kry en borge te vind vir mydeelname oorsee. Ek neem gemiddeld vier keer per jaar oorsee deel, en dit kos baie. Carl Stemmet (filmmaker en oud-KTV-aanbieder) Ek sou nie omgee as my ma my toelaat om meer op die rekenaar te speel nie. Maar ek weet dis eintlik goed hulle hou my in toom en dwing my om te leer. Hulle is baie goeie ouers wat my toelaat om my belangstellings uit te leef. Evette Venter (model) My ma kan taamlik hardkoppig en my pa oorbeskermend wees, maar hulle is die beste ouers en sulke eienskappe maak hulle juis interessanter en mensliker. Hulle kan ook onvoorspelbaar wees, maar ek kom agter ek het dieselfde temperament geërf! Christo Davids (akteur) Ons is ‘n hegte gesin – ek het nog vier broers en ‘n suster. Ek sou nie my goeie ouers wou verander nie, maar ek wens ek kan omstandighede vir hulle verander. My pa is ‘n konstruksiewerker en werk is baie skaars; ek sou meer geleenthede vir hom wou skep.

    Bron: Sarie, 17 November 1999

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    ………………………………………………………………………………………………….. [Totaal: 12]

  • 36

    Oefening 3 Vraag 30 30.1 Skryf ‘n opstel van 200 woorde waarin jy jou mening gee oor die invloed van

    televisie in ons lewens. Die onderstaande mag as gedagtes dien, maar jy kan ook heeltemal van jou eie idees gebruik maak.

    • TV maak jou lui en passief • TV verbeter jou algemene kennis • TV verbeter jou taalgebruik • TV belemmer kommunikasie tussen gesinslede • TV bevorder geweld en misdaad

    OF

    30.2 Is advertensies vir die radio of in tydskrifte en koerante ‘n goeie of ‘n slegte ding?

    Skryf ‘n opstel van ongeveer 200 woorde waarin jy jou mening gee. Die onderstaande mag as gedagtes dien, maar jy kan ook heeltemal van jou eie idees gebruik maak.

    • “Advertensies is sleg, omdat dit mense dinge laat begeer wat hulle nie kan

    bekostig nie.” • “Hoe sal ons weet wat om te koop as dit nie geadverteer word nie?” • “Advertensies maak koerante en tydskrifte kleurvol en interessant.” • “Jy’s ‘n gek indien jy alles glo wat in advertensies staan.”

  • 37

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    …………………………………………………………………………………………………..

    [Totaal: 16]

  • 38

  • 39

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 2: MARK SCHEME

    (EXTENDED)

  • 40

    Afdeling 1 Oefening 1 Vrae 1 – 6 1. Die (veeldoelige) sakmes [1] 2. (Koordlose) baard- en haarknipper (√)

    en ‘n shoprider (√) [2] 3. * Kan sommer op die hanger stryk

    (hoef nie klere af te haal nie) * Jy kan daarmee reis * Jy kan dit oral ter wêreld gebruik [3]

    4. Dit val in ‘n bakkie. [1] 5. ‘n Mandjie [1] 6. Koordlose baard- en haarknipper [1]

    [Totaal: 9] Oefening 2 Vrae 7 – 11 7. Die kragtoevoer is geleidelik vermeerder. [1] 8. Dit het al aardbewings oorleef en is nog net een keer afgeskakel/

    brand al langer as honderd jaar [2] 9. Mense wat belangstel in ‘n fietsry- of stapvakansie / die wat stap en trap

    LW: in die buiteland (“buiteland” moet in die antwoord wees vir punt) [1] 10. webwerwe/-blaaie

    op die internet [1] 11. Google [1]

    [Totaal: 6] Oefening 3 Vrae 12 – 15 12. Nee, (√) want daar is ook miljoenêrswonings/historiese bakens / en lewendige

    kleinsake-ondernemings. (√) [2] 13. Jy word só regtig deel van die alledaagse lewe in Soweto, (√) want daar is

    geen ruimte wat die gas skei van die gesins- of gemeenskapslewe nie. [2] 14. Glas en marmer van R8 miljoen

    binnenshuise poele ondervloerse verhitting sauna en stoomkamer (enige 2) [2]

    15. Dit bied soveel teen so ‘n billike prys / Dit is baie goedkoop / Kamers is

    maar R75 p.p. mét ontbyt. [1] [Totaal: 7]

  • 41

    Afdeling 2

    Oefening 1 Vrae 16– 21 16. Hulle vra nie sy handtekening nie en wil nie saam met hom vir ‘n foto

    poseer nie. (Die gebruik van die bywoord “nie” moet oral korrek aangewend word vir die volledige twee punte) [2]

    17. Die Londense agentskap Lookalikes het Matthew opgeraap.

    (verlede tyd + woordorde) [2] 18. Francesca Krachai vertel dat hy beslis een van hulle beste dubbelgangers

    is. (√ ) (Sin moet 100% korrek wees vir 1 punt) [1] 19. Ek sal vir hom sê hy moet nooit ‘n baard kweek nie, (√) omdat ek(√)

    dit sal pes om ook een te moet kry. (omgekeerde woordorde) [2] 20. Hoe sal hy reageer as hy in William vasloop? [1] 21. Die artikel gaan oor Matthew Turpin (‘n doodgewone man) (√) wat baie

    na prins William lyk. [2] (1 punt = woordorde) (1 punt = “na prins William lyk”)

    [Totaal: 10] Oefening 2 Vrae 22 - 26 22. - Dit kan die inligting op jou hardeskyf beskadig.

    - Jy kan selfs al jou inligting verloor. [2] 23. Installeer viruswerende sagteware.

    Ondersoek elke aanhangsel met jou antivirale sagteware. Maak (gereeld) rugsteunkopieë. [3]

    24. As jy ‘n e-pos aanhangsel oopmaak

    [Die antwoord lê nie slegs in die sin nie: “Die virusse dring jou rekenaar binne.” Hiervoor verdien kandidaat slegs 1 punt] [2]

    25. * afsender het dit nie self geskryf nie

    * bewoording "stuur dit aan almal wat jy ken" * Stellings soos "Dit is nie 'n poets nie." * feite oordrewe benadruk en talle hoofletters en uitroeptekens * skryfstyl is emosioneel * inhoud onlogies of teenstrydig * verwys selde na betroubare bronne

    (enige 2) [2] 26. Stel eers die geloofwaardigheid van die boodskap vas. [1]

    [Totaal: 10]

  • 42

    Oefening 3 Vraag 27 Inhoud (6 punte) - Op 3-jarige ouderdom breinvliesontsteking - Word doof - Na matriek: Universiteit van Kaapstad - 2 jaar B.Sc. studeer - Gewerk en deeltyds studeer by UNISA - Washington toe – verder studeer - Pos in parlement vir ANC - Beklee die portefeulje vir kommunikasie - Getroud met Bruno Taalgebruik: ( 4 punte) 1 = formulering swak, meestal aangehaal, irrelevante inligting 2 = formulering beperk, soms aangehaal, geringe aanvoeling vir opsommingsvaardigheid 3 = formulering redelik goed, goeie opsommingstyl, poog om idees in die regte volgorde te groepeer, gebruik meestal eie woorde 4 = formulering uitstekend, goeie opsommingsvaardighede, uitstekende groepering en volgorde van inhoud, gebruik eie woorde

    (6 punte vir feite) 4 punte vir Taal & Styl)

    [Totaal: 10]

    Afdeling 3 Oefening 1 Vraag 28 [Totaal : 10] Oefening 2 Vraag 29 [Totaal : 12] Oefening 3 Vraag 30 [Totaal : 16] Sien aangehegte nasienskema

    [TOTAAL: 90÷3X2=60]

  • 43

    Wenke vir gebruik van nasienskema: * ‘n Skryfstuk bestaan uit 2 afdelings / dele.

    nl. Inhoud en Styl, en Taal en Struktuur. Elkeen van hierdie dele word afsonderlik bepunt

    * Elke afdeling bestaan weer uit 5 vlakke (“levels”) (let wel: nie punte nie). Die vlakke 1-5 beteken dus van uitstekend (5) tot uiters swak (1).

    * Die merker besluit nou op watter vlak die skryfstuk se (i) Inhoud & Styl en (ii) Taal en Struktuur lê. Onthou: Die vlakke in ‘n skryfstuk hoef nie te korreleer nie, m.a.w. ‘n skryfstuk kan ‘n goeie of oortuigende inhoud hê, terwyl die Taal & Struktuur swak(-ker) kan wees, en andersom, dus: goeie Taal + Struktuur, maar ‘n swak inhoud.

    * Nou bring jy dié 2 vlakke by mekaar uit, m.a.w. beweeg regs op die Inhoud & Styl vlak wat jy gekies het vir die betrokke skryfstuk en af op die Taal & Struktuur vlak. Jy kry nou die punt uit die betrokke totaal (hetsy 9, 12 of 16).

    * Let wel: Gebruik hierdie nasienskema dwarsdeur die jaar vir álle skryfwerk,

    dit verseker dat: - jy vertroud en gemaklik raak met dié soort van ansíen - jy konsekwent is in jou manier van nasien, sowel as in puntetoekenning,

    wat weer tot die leerlinge se voordeel strek.

  • 44

    BYLAE C: NASIENSKEMA VIR GESKREWE WERK

    1 2 3 4 5 NSSCO AFRIKAANS TWEEDE TAAL

    INHOUD & STYL TA

    AL

    & S

    TR

    UK

    TU

    UR

    ·Verbeeldingryke gebruik van woordeskat ·Idioom en sinsbou feitlik foutloos ·Vorm, aanbieding en register feitlik foutloos ·Interessante paragrafering

    ·Vloeiende, geskikte gebruik van woordeskat en idioom ·Enkele kleiner foute ·Feitlik korrekte vorm, aanbieding en register ·Korrekte para-grafering

    ·Eenvoudige sinne en verbindingstruktuur korrek gebruik ·Eenvoudige, vol-doende woordeskat ·Be-perkte idioom ·Foute kom voor, maar belemmer nie begrip ·Vorm , aanbieding en register toon leemtes · Leemtes in paragrafering

    ·Idioom- en sinsboufoute veroorsaak verwarring ·Beperkte en/of niepassende woordeskat ·Vorm en aanbieding erg hinderlik ·Register onvanpas ·Swak/geen paragrafering

    ·Totale onvermoë om te kommunikeer ·Gebrekkige woordeskat ·Onvolledige sinne ·Geen paragrafering ·Geen skryftegnieke ·Foute oorweldigend

    TOTALE 10 12 16 10 12 16 10 12 16 10 12 16 10 12 16

    1 ·Oorspronklik ·Instruksies ten volle uitgevoer ·Inligting korrek geïnterpreteer ·Vorm uiters gepas

    9-10 11-12 14-16 8 9-10 12-13 7 8 10-11 6 7 9 5 6 8

    2 ·Oortuigend ·Die meeste instruksies kor-rek uitgevoer ·Die meeste inligting korrek geïnterpreteer ·Afwykings affekteer nie die teks as geheel nie ·Vorm geskik

    8 9 12-13 7 8 10-11 6 7 9 5 6 8 4 5 7

    3

    ·Net-net oortuigend ·Sommige instruksies is uitgevoer ·Afwykings kom voor ·Nierelevante inligting word gebruik ·Vorm aanvaarbaar ·Doodgewone, gemiddelde inhoud

    7 8 10-11 6 7 9 5 6 8 4 5 7 3 4 6

    4 ·Inhoud slegs plek-plek relevant ·Afwykings pla ·Die meeste instruksies nie uitgevoer nie ·Vorm toon leemtes ·Herhalend

    6 7 9 5 6 8 4 5 7 3 4 6 2 3 4-5

    5 ·Deurmekaar ·Heeltemal nierelevant ·Geen instruksies uitgevoer nie ·Geen vorm ·Waninterpretasie van tema ·Onsamehangend

    5 6 8 4 5 7 3 4 5-6 2 2-3 3-4 0-1 0-1 0-2

    Punteberekening: Inhoud & Styl 3 = 4 OF 5 OF 7 Taal & Strukt. 4 10 12 16 (As die Inhoud en Styl in Kategorie 3 val, en die Taal en Struktuur in Kategorie 4, sal die punte wees soos aangedui in die voorbeeld. Indien die onderwerp heeltemal verkeerd geïnterpreteer is, word geen punte toegeken nie.

  • 45

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 3: LISTENING SPECIMEN PAPER

    Candidates answer on the question paper. No additional materials are required. TIME: Approximately 30 minutes INSTRUCTIONS TO CANDIDATES Write your name, Centre number and candidate number in the spaces at the top of this page. Answer all questions. Write your anwers in the spaces provided on the question paper. INFORMATION FOR CANDIDATES: The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question of part question. TYD: Ongeveer 45 minute INSTRUKSIES AAN KANDIDATE: Skryf jou naam, sentrumnommer en kandidaatnommer in die spasies boaan hierdie bladsy. Beantwoord alle vrae. Skryf al jou antwoorde in die spasies wat daarvoor voorsien word in die vraestel. INLIGTING VIR KANDIDATE Die aantal punte word tussen hakies [ ] aangedui aan die einde van elke vraag of gedeelte van 'n vraag. Erkenning: Hierdie vraestel was die CIE-vraestel van 1999. Geringe veranderings is in die puntetoekenning gemaak om aan te pas by die veranderde punteverdeling in die gelokaliseerde sillabus.

    This question paper consists of 6 printed pages and 1 blank page.

  • 46

    Afdeling 1 Oefening 1 Vrae 1 – 6 Vir vrae 1 tot 6 sal julle ‘n reeks situasies hoor. Beantwoord elke vraag op die reël wat daarvoor voorsien word. Jou antwoord moet so kort as moontlik wees. Jy sal elke situasie twee keer hoor. 1. ‘n Radio-omroeper lees die volgende weerberig. In watter deel van die land bestaan die

    grootste kans op reën?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 2. Die volgende vergelyking word getref. Watter voordeel het ‘n radiodrama bo ‘n

    verhoogdrama wat tyd en plek betref?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 3. ‘n Boer praat met klante wat slaggoed wil koop. Wat is die massa van die swaarste

    slagding?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 4. ‘n Aardrykskunde-onderwyser verduidelik aspekte van atmosfeer aan sy klas.

    (a) Waarom moet ons die atmosfeer as deel van die aarde beskou?

    …..………….………………………..…………………………….……… [½]

    (b) Wat sou gebeur het as dit nie deel van die aarde was nie?

    …..………….………………………..…………………………………..…… [½] 5. ‘n Sleepwaentjiehandelaar maak ‘n stelling. Noem twee eienskappe van die waentjie

    wat jou verseker van jarelange sleepgenot.

    ……………………………………………..…………………………………..…………

    ……………………………………………………………………………… [½ x 2=1] 6. ‘n Ouer bel die skoolhoof. Hoeveel dae sal die kind van die skool afwesig wees?

    ………………………………………………………………………….………… [1] [Totaal : 6]

  • 47

    Afdeling 2 Oefening 1 Vraag 7 ‘n Graad 7-onderwyser spreek die Graad 7-ouers toe tydens ‘n ouer-onderwysers-vergadering aan die begin van die jaar. Luister na die praatjie en voltooi die onderstaande notas. Jy sal die praatjie twee keer hoor. Onderwysers Registeronderwyser vir Graad 7A is

    …………..………………………………………………………… [1] Tuiswerk Al die tuiswerk moet deur die ouer

    ……………………………………………………………………… [1] Skryfbehoeftes Leerlinge moet die volgende van hul eie hê: liniaal, potlood, pen,

    gom en ..………….………………………………………………. [1] Handboeke en Teen hierdie datum moet alle handboeke in die leerling se besit skryfboeke oorgetrek wees.

    ……………………………………………………………….……… [1] Gelde betaalbaar By die registeronderwyser: boekgelde; skoolfonds en

    …………………………………………………………….…….….. [1] Verlore boeke Reëling met betrekking tot verlore handboeke:

    ………………………………………………………….….……… [1]

    [Totaal: 6]

  • 48

    Oefening 2 Vrae 8 – 19 Jy sal nou ‘n radio-onderhoud hoor wat gevoer word met ‘n kenner van die El Niño-verskynsel, dr. Piet Eloff. Luister na die gesprek en dui aan of ‘n stelling waar of onwaar is deur ‘n regmerkie (√) in die toepaslike blokkie te maak. Al die stellings moet gemerk word. Jy sal die gesprek twee keer hoor. Waar Onwaar8. El Niño het in die jare sewentig van hierdie eeu ontstaan.

    9. Die uitdrukking El Niño is van Spaanse oorsprong.

    10. El Niño is al byna ‘n eeu lank bekend aan vissermanne.

    11. Die noordelike halfrond se weerpatrone word nie deur El Niño

    beïnvloed nie.

    12. Hierdie weerverskynsel veroorsaak net droogtes.

    13. Een van die gevolge van El Niño is dat dit minder reën in

    somerreënvalgebiede.

    14. As gevolg van die droogtes sal boere ‘n verlies aan inkomste

    hê.

    15. Ons sal meer vir vleis en melk moet betaal omdat natuurlike

    weiding minder is.

    16. Versekeringsmaatskappye sal gedy omdat boere al meer polisse

    koop.

    17. ‘n Toename in dobbelary sal ‘n moontlike sielkundige gevolg

    van El Niño wees.

    18. Ons moet liewer nie inheemse bome plant nie.

    19. Koop liewer op skuld; almal weet dit is maar moeilike tye.

    [Totaal: 6]

  • 49

    Afdeling 3 Oefening 1 Vrae 20 – 25 Luister na die praatjie oor slange deur Jason, kurator van ‘n slangpark in Suid-Afrika, en beantwoord die vrae in die ruimtes wat daarvoor voorsien word. Jy sal die praatjie twee keer hoor. 20. Op watter manier kan ‘n slang vir die huisbewoner tot nut wees?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 21. Wat moet jy doen as ‘n slang ‘n skynaanval op jou loods?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 22. Hoeveel soorte giftige slange kom in Suid-Afrika voor?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 23. Watter uitwerking het die gif van ‘n spoegkobra?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 24. Noem een rede waarom ‘n boomslang se byt nie altyd noodlottig is nie.

    ………………………………………………………………………….………… [1] 25. Wanneer is ‘n giftige slang se byt onvermydelik noodlottig?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 6]

  • 50

    Oefening 2 Vrae 26 – 29 Luister na ‘n koskenner se vertelling oor Kersbome en Kerskoekies en beantwoord die vrae in die ruimtes wat daarvoor voorsien word. Jy sal die vertelling twee keer hoor. 26. Noem twee soorte versierings waarmee die eerste Kersbome in 1604 versier is.

    ………………………………………………..………………………………………..…

    ………………………………………………………………………….………… [1] 27. Waarvoor sal koningin Thérèse van Pruise veral onthou word?

    ………………………………………………………………………….………… [1] 28. Wanneer word Kersgeskenke in die volgende twee lande uitgedeel?

    (a) Engeland: ……………………………………………………………….

    (b) Duitsland: ……………………………………………………………….. [1] 29. In watter stad het die gebruik om Kerskoekies te bak ontstaan?

    ………………………………………………………………………….………… [1]

    [Totaal: 4]

  • 51

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 3: MARK SCHEME

  • 52

    Afdeling 1 Oefening 1 Vrae 1 – 6 1. Noorde en Noordweste (Albei moet genoem word vir 1 punt) [1] 2. Tyd en plek kan verskuif. (Beide “tyd” en “plek” vir 1 punt) [1] 3. 18 kg (“kg” moet by wees: Spelling: kg.) [1] 4. (a) Atmosfeer roteer saam met aarde om sy as.

    (Volle idee moet weergegee word.) (½ punt)

    (b) Oostewinde sou alle lewe op aarde onmoontlik maak. (Onderstreepte aspekte moet in antwoord genome word vir ½ punt.) [1]

    5. Duursaamheid / Veiligheid / Stabiliteit (Enige twee) (½ x 2 =) [1] 6. Twee dae / Twee. (“Dae” hoef nie by te wees nie). [1]

    [Totaal: 6]

    Afdeling 2 Oefening 1 Vraag 7 Mev. Steenkamp [1] Kontroleer en teken [1] Inkleurkryt, [1] 27 Januarie [1] fotostaatgelde [1] Leerlinge sal nie daardie spesifieke boeke in graad 7 ontvang nie. [1]

    [Totaal: 6] Oefening 2 Vrae 8 – 19 8. Onwaar 9. Waar 10. Waar 11. Waar 12. Onwaar 13. Waar 14. Onwaar 15. Waar 16. Onwaar 17. Waar 18. Onwaar 19. Onwaar

    [12 x ½] [Totaal: 6]

  • 53

    Afdeling 3 Oefening 1 Vrae 20 – 25 20. Hy vang muise. [1] 21. Moenie beweeg nie. (Nie “Maak plek vir slang om verby te kom” nie) [1] 22. 31 [1] 23. Vernietig weefsel. (Nie “afgryslike wonde” / “sonder arm of been sit” nie) [1] 24. Klein hoeveelheid gif / Tande sit agter in die bek. (Enige een) [1] 25. As die slang jou direk in die aar byt. [1]

    [Totaal: 6] Oefening 2 Vrae 26 – 29 26. Papierrose / Appels / Beskuitjies (Enige twee vir 1 punt; albei moet korrek wees) [1] 27. Brandende kerse as Kersversierings aan ‘n wyer gehoor bekend gestel. [1] 28. (a) Op Kersdag

    (b) op Oukersaand (Albei moet korrek wees vir 1 punt) [1]

    29. Dresden (Moet herkenbaar gespel word). [1]

    [Totaal: 4]

  • 54

  • 55

    MINISTRY OF EDUCATION

    Namibia Senior Secondary Certificate (NSSC)

    AFRIKAANS SECOND LANGUAGE: ORDINARY LEVEL

    PAPER 4: ORAL ASSESSMENT (TEACHER'S/EXAMINER'S NOTES)

    SPECIMEN PAPER

    TIME: 15 MINUTES

  • 56

    INHOUD BELANGRIKE INLIGTING OOR DIE AFNEEM VAN DIE TOETS Bladsy 57 NASIENSKEMA Bladsy 62 MONDELINGE EVALUERING A Hoe eerlik is jy? Bladsy 63 (Kern en Uitgebreide Kurrikulum) MONDELINGE EVALUERING B Selfone Bladsy 64 (Kern en Uitgebreide Kurrikulum) MONDELINGE EVALUERING C Video-opname Bladsy 65 (Kern en Uitgebreide Kurrikulum) MONDELINGE EVALUERING D Geliefkoosde sportsoort Bladsy 66 (Kern en Uitgebreide Kurrikulum) MONDELINGE EVALUERING E Geldinsamelingsfunksie Bladsy 67 (Kern en Uitgebreide Kurrikulum)

  • 57

    BELANGRIKE INLIGTING OOR DIE AFNEEM VAN DIE TOETS 1. Algemeen

    Die mondelinge evaluering vind plaas in die tydperk voor die hoofeksamen soos gestipuleer op die eksamenrooster. Elke sentrum moet self besluit op die mees geskikte datum vir die mondelinge eksamen. Sentrums moet vroegtydig verseker dat die afneem van die mondelinge evaluering in 'n geskikte, afgesonderde lokaal gaan plaasvind en dat die bandspeler in 'n goeie werkende toestand is. Sentrums moet hou by die datums wat vasgestel is vir die afhandeling van die mondelinge evaluering en vir die betydse deurstuur na die DNEA van die puntelyste en opnames sodat daar genoeg tyd is vir eksterne moderering om plaas te vind. Dit is uiters belangrik dat hierdie materiaal nie laat is nie. Waar moontlik, moet daar slegs een eksaminator per sentrum aangewys word. Elke sentrum moet sy eie eksaminator aanwys. Gewoonlik is hierdie eksaminator een van die taalonderwysers, maar dit mag ook iemand wees wat nie aan die skool verbonde is nie. 'n Groep buurskole mag besluit om dieselfde persoon te kies om die eksamen in hul skole af te neem, in welke geval elke sentrum verantwoordelik sal wees vir die korrek ingevulde vorms en volledige opnames. (Die DNEA is nie verantwoordelik vir enige fooie wat aan 'n buitepersoon betaal moet word nie.) By sentrums waar daar groot getalle kandidate is wat geëvalueer moet word en daar van meer as een eksaminator gebruik gemaak sal moet word, moet interne moderering plaasvind sodat al die kandidate volgens dieselfde standaard geëvalueer word. Elke sentrum sal 'n stel evalueringskaarte met aantekeninge vir die eksaminator ontvang. Eksaminatore/Onderwysers wat vir die afneem van die mondelinge evaluering verantwoordelik gaan wees, moet voor die afneem van die toets verseker dat hulle op die hoogte is van die instruksies en inligting daarin vervat. Hierdie dokumente bly vertroulik en moet in veilige bewaring bly tot aan die einde van die eksamen. Elke sentrum moet die volgende na DNEA stuur: (1) kassette met die bandopnames van 'n verteenwoordigende groep kandidate; (2) voltooide MSI vorms; (3) voltooide Opsommende Puntelys(te) vir Mondelinge Evaluering (Oral Assessment Summary Form). Sentrums moet baie nougeset hou by die instruksies wat op die vorms gegee word vir die voltooiing en terugstuur daarvan.

    2. Bandopnames van die kandidate Elke sentrum sal verantwoordelik wees om 'n voorbeeld van die bandopnames van kandidate op kasset te verskaf. Die vereistes van die grootte van die voorbeeld van kandidate is agter op die Opsommende Puntelys uitgespel. Die onderwyser wat verantwoordelik is vir interne standaardisering van die sentrum moet verseker dat die voorbeeldopnames verteenwoordigend is van die hele spektrum van punte. Die opnames moet verteenwoordigend wees van punte van die hoogste tot die swakste punt. Waar daar meer as een onderwyser betrokke is, moet die voorbeeld dieselfde hoeveelheid geëvalueerde kandidate van elke onderwyser insluit.

  • 58

    Paragraaf 6 bevat die instruksies vir die opnames van die voorbeeld wat ingestuur moet word. Die kassette, sowel as die ander relevante dokumente, moet na DNEA gestuur word. Die voorbeeldkandidate wie se mondelinge evaluering opgeneem is, se besonderhede moet duidelik op die kassette aangedui word.

    3. MS1-vorm

    Die rekenaargedrukte puntelys vir evaluering wat deur die skool voltooi word, bestaan uit drie dele: • die boonste kopie moet in die koevert na DNEA versend word. • die middelste kopie (dit is vir gebruik deur die eksteme moderator) moet ook saam

    met die kasset met die voorbeeldkandidate se opnames en die Opsommende Puntetelys na DNEA versend word.

    • Die laaste kopie moet


Recommended