+ All Categories
Home > Documents > Nuusbrief MarApr 2013

Nuusbrief MarApr 2013

Date post: 26-Mar-2016
Category:
Upload: zander-van-der-westhuizen
View: 259 times
Download: 21 times
Share this document with a friend
Description:
 
Popular Tags:
9
Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102 Dienssentrum vir Pretoria-Oos Maandae/Mondays 11:00 12:00 by Valleisig The Service Centre for Pretoria East Woensdae/ Wednesdays 10:00 11:00 @ Garsfontein Welkom aan diegene bo 60! We welcome those over 60! Maart / april 2013 Valentynsdag Stoomtreinrit na Cullinan
Transcript
Page 1: Nuusbrief MarApr 2013

Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102

Dienssentrum

vir

Pretoria-Oos

Maandae/Mondays 11:00 – 12:00 by Valleisig

The Service

Centre for

Pretoria East

Woensdae/ Wednesdays 10:00 – 11:00 @ Garsfontein

Welkom aan diegene bo 60!

We welcome those over 60!

Maart / april 2013

Valentynsdag

Stoomtreinrit na Cullinan

Page 2: Nuusbrief MarApr 2013

D A G B O E K ! ! !

Doen ASB alle besprekings by Judy 083 325 2102

19 MRT -09.30 Fliek 0ggend: Valleisig Buitesaal Toegang

R10 p.p Ligte Middagete R20 Lede & Nie-lede R25

13 APR - 17:00 Pasgamaal by Garsfontein Gemeente

Aangebied deur ’n Joodse Christen Predikant,

wie se eie pa hom laat dood verklaar het nadat

hy die Christen geloof aangeneem het. Kom

luister en ervaar die ware betekenis van

nagmaal. Beperkte kaartjies beskikbaar.

Lede R100 & nie-lede R120 p.p.

24 APR - ALGEMENE JAARVERGADERING

Verversings om 09h30. Vergadering begin stiptelik om 10h00.

Gasspreker: ds Ferdie Classens

14 MEI - 09.30 DAGUITSTAPPIE NA OLYF PLAAS.

Vertrek van Valleisig om 9h00. Koste R150 p.p.

Vervoer en heerlike verversings ingesluit. Bring ‘n

botteltjie saam vir gratis olyfolie.

26 JUN - GAUTREIN NA ROSEBANK Bespreek vroegtydig. Meer

besonderhede later ! !

Marétha Nortjé is lid van Garsfontein NG Gemeente, waar sy dien as voorsitter van Elengos Ondersteuningsbediening. Nie net is Marétha ‘n stigterslid van El-pidá Dienssentrum nie, sy is die Onder-voorsitter. Marétha het groot geword op ‘n plaas naby Lydenburg waar sy ook matrikuleer. Hierna doen sy haar BA (PolWet) aan die Uni-versiteit van Pretoria, en behaal later ‘n diploma in Openbare Skakelwerk. In 2011 behaal sy ‘n diploma in Narratiewe Pas-torale Berading deur Coram Deo (UP). Sy is getroud met Louis en hulle het tweeling dogters, Helene en Annette, tans 11jaar oud. Op die oomblik dien Marétha as raadslid op CMR Gauteng Oos, en as CMR Faerie Glen se voorsitter.

‘n Teksvers wat haar lewe beïnvloed is Efesiers 1 ver 18-20

Marétha Nortjé

Page 3: Nuusbrief MarApr 2013

By kry jy

1. Mediese dienste soos bloeddruklesings en bloedsuikermetings, word

Maandae by Valleisig en Woensdae by Garsfontein kerke gedoen.

2. Voetsorg word ook Maandae by Valleisig en Woensdae by Garsfontein kerke aangebied.

3. Haarkappery word elke Maandag vanaf Valleisig bedryf.

4. Tuisversorging word op aanvraag gedoen, veral na operasies. Kontak Amanda by 082 785 7005.

5. Wondsorg is op aanvraag beskikbaar.

6. Gratis Pilatus oefeninge elke Maandag by Valleisig gemeente.

7. Gratis trauma berading is beskikbaar by Tygerpoort Gemeente.

8. Gratis vervoer in tye van nood kan op aanvraag gereël word.

9. Uitstappies word gereeld onderneem.

10. Fliek oggende met gratis springmielies en sap word gereeld gehou. Bekostigbare ligte ete word daarna te koop aangebied.

11. Nutsmandiens teen bekostigbare fooie is op aanvraag beskikbaar.

12.Borde gekookte kos (1 stysel, 3 groentes en ‘n keuse vanuit 2 vleisdisse) word elke Maandag by Valleisig kerk verskaf. Disse word so gekook dat kos gevries kan word.

BAIE BELANGRIK ! ! 1. Skryf jou mediesefonds se naam en jou

lidmaatskapnommer netjies op ‘n stewige papier wat u in u beursie bêre. Plak dit ook op jou yskas vas. 2. Skryf hierby jou kroniese medikasie se name, dosis en die

milligram sterkte by elke medisyne neer.

SOU JY IETS OORKOM OF IN ‘N MOTORONGELUK BETROKKE IS, SAL DIE PARAMEDICI GOUER

STABILISEER.

Page 4: Nuusbrief MarApr 2013

How to Deal with a Knock on the Door

Often while people are away at work would-be criminals try to gain access

to your house by simply knocking on the door. They may pose as police-

men, Armed Response officers or similar, all just to gain access to your

house. The best way to avoid being caught out is to be on the lookout for

possible signs.

Here are some signs that you have a poser on your hands:

They say your current alarm service company has closed down

They have no identification like a company or police force identity card

They are not in a marked vehicle

Even if you don't currently have a security system, there are other ways

these con-artists try to catch you out:

NEVER give out any personal information regarding yourself or your

home

NEVER give out confidential information such as your ID or credit card

numbers

DON'T OPEN - Through a locked door, always tell them you are not in-

terested

GRATIS

Pilatus Oefeninge vir EL-PIDÁ LEDE Word fiks en bly gesond.

Kom oefen elke Maandagoggend van 10h00 tot 10h45 saam met An-

elenie, by Valleisig Gemeente, h/v Tipperary en Mayostraat.

Trek gemaklike klere aan en bring sokkies vir die voete.

Het jy ‘n storie om te vertel? Ons wil dit graag

hoor. Stuur dit asb vir Judy,sodat almal dit kan

geniet! !

Page 5: Nuusbrief MarApr 2013

Waarheen sal 2013 ons neem?

Volgens statistiek is daar ongeveer 23,000 tot 28,000 persone bo die ouderdom van 65jaar in die Ooste van Pretoria. Die gemiddelde aftree ouderdom het in die laaste jare verhoog van 55jaar tot 70jaar. ‘n Groep predikante het bymekaar gekom en El-pidá Dienssentrum vir Pretoria Oos, gestig. El-pidá is nie gekoppel aan enige kerklike instansie, ras of spesifieke groep nie – alle persone bo die ouderdom van 60jaar is welkom om aan te sluit. Kerke word egter huidiglik gebruik as ‘n platform om die ouer persone binne die gemeenskap te bereik. El-pidá benodig nou ‘n perseel vanwaar die dienssentrum voltyds bedryf kan word. So ‘n perseel sal meebring dat mediese dienste, sosiale aktiwiteite en maaltyd daagliks verskaf kan word. Finansies is egter ‘n groot struikelblok. Sosiale aktiwiteite speel ‘n strategiese rol om die ouer persoon aktief besig te hou, en skep ‘n gesonde gemoed en liggaam. Hier kom die behoefte aan vervoer na vore. ‘n Eie bussie kan die ouergarde meer dikwels uitgeneem om sake te doen en ook meer kulturele byeenkomste bywoon. Uitstappies en funksies is dikwels te duur vir pensioenarisse om gereeld by te woon vanwee die busvoervoer - borgskap kan hier ‘n belangrike rol speel. Om dienste te lewer word mediese toerusting en apparaat benodig, bv bloeddrukmeters, bloedsuikermeters, voetspa’s en handdoeke. Huidiglik gebruik die vrywilligers die kastrolle en stowe van die kerke om die kos te kook. ‘n Groot gastoof moet aangekoop word met ‘n groot oond om voedsel meer ekonomies te kan voorsien. ‘n Groot yskas om groente in te berg word benodig. ‘n Voedselverwerker, bakplate en stoompotte word ook benodig.

Atterbury Teater bied El-pidá lede spesiale afslag pryse.

Besprekings moet gemaak word by Anneke 086 111 6122

REKENAAR OPLEIDING Basiese beginsels vir die gebruik van rekenaarklasse gaan in Junie aangebied word. Indien u belangstel gee sommer nou u naam op by Judy.

SKYPE MET FAMILIE Ons gaan op ‘n Saterdagoggend in Junie die geleentheid gee vir persone om met hul ver familie te skype…………….stel jy belang, gee vandag nog jou naam op!

Page 6: Nuusbrief MarApr 2013

El-Pidá HAARSALON

Charlene 072 341 7162

PRYSE

DAMES:

Sny . . . . . . . . . . . . . R80-00

Blaas . . . . . . . . . . . R85-00

Sny+Set of Blaas . . . . R160

KLEUR:

Kleur / Strepe / Sny / Blaas R300-00

Kleur / Sny / Blaas . . . . . R250-00

Strepe / Sny / Blaas . . . . R200-00

“PERM”:

Half Kop / Perm / Sny / Set R200-00

Vol Kop / Perm / Sny / Set R300-00

MANS SNY : . . . . . . . . R 50-00

† † † PASSIESPELE

Aangebied deur NG Gemeente

GARSFONTEIN

Plek: ZITA PARK, Garsfontein Wanneer: 11—15 MAART 2013 Tyd: 19:00 Toegang: Donasie Kontak kerk kantoor: 012 361-3618 Stoele word voorsien.

DIENSTE BESKIKBAAR

Etes:

Bestel Donderdae by Judy 083 324 2102

Lede R28.00

Nie-lede R35.00

Mediese Dienste:

Suster Cathy: 012 9915635/082 873

5156

Lede Bloeddruk R 5.00

Bloedsuiker R15.00

Inspuitings (arbeid) R 5.00

Nie-lede

Bloeddruk R10.00

Bloedsuiker R20.00

Inspuitings (arbeid) R15.00

Persoonlike Sorg

Lede Voetsorg R20.00

Handesorg R20.00

Nie-lede

Voetsorg R35.00

Handesorg R35.00

Maandae : Valleisig 09h00 tot 11h00 Bel Susan: 012 991 5935

Woensdae: Garsfontein 10h00 tot 11h00

Bel Anna-Rina: 012 361 6263

Page 7: Nuusbrief MarApr 2013

JIP-JIP VIR WILDE AFRIKAANSE WOORDESKAT deur JOHANNA VAN EEDEN

Die duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul breinselle beroof.

Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n gesprek met mev. Joey Basson,

die baasbrein agter die Hoërskool Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson,

vakhoof van Afrikaans by dié skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan

te moedig om nuwe woorde in Afrikaans te skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n

Wilde Woordeboek opgeneem. Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye

wedstryd waarin oud en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587

nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde Woorde-

boek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd skep waarin deel-

nemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie van die huidige idiome,

soos agteros kom ook in die kraal, het geen betekenis vir vandag se jongmense nie.

En wat beteken spierwit en potblou? ―Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse

nuutskeppings uit te dink,'' sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wed-

stryde geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik.

Een van die woorde wat veral gewild is, is vloermoer. Dit is die Wilde Woordeboek

se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum''. Onder die nuutste Wilde Woorde-

boek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul

lywe rondpluk. Van die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n

kopspin of 'n hottentotsgoddans. 'n Oplossing word ook gebied om die Engelse

``longdrop'' te beskryf. Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon,

die gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs'' wil

bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies, vleiskitaartjies of ot-

genot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord ``stapler'' waarmee 'n mens

papiere bind? Probeer draadjiedrukker of papiervampier. Wat van iemand wat on-

geskik verklaar word vir werk? Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer

sagte plankies kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is

gerak.

Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms onverwags

verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap om iemand se

Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan byvoorbeeld só lui:

Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels glad te

vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n sponskind (softy) nie jy met daardie natuur-

like noedelhare (spiral perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy

nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou loslooit-

jie (affair) aanknoop om jouself op te beur.

. . . . . . . . ►►►►►

Page 8: Nuusbrief MarApr 2013

◄◄◄◄. . . . . Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te

stel nie, né? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy eerder 'n fundi-

vakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy wees? Spin jy jou driewiel

(gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare

skouervlieg (back seat driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat

blaas) as iemand heeltyd soos 'n koopsebliefie (rep) sy stembande om my ore rek

(nag).

Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie (hangover) ná gis-

teraand se gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). Komaan, klim uit die streskas

(unwind). As hy weer iets sê oor jou bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê

vir hom hy soek vir gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se brom-

merboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag (informele klere) vir

daai mog dit trof (blind date). As dit 'n petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyn-

trein (taxi) voor die deur stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer va-

naand alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die jeugdeeg

(make-up) van jou gesig af en snik jou sorge weg in 'n bloplappie (tissue). Hou som-

mer môre 'n vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te

betaal vir die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).

Page 9: Nuusbrief MarApr 2013

Recommended