+ All Categories
Home > Documents > Sparkle Maart 2015

Sparkle Maart 2015

Date post: 08-Apr-2016
Category:
Upload: bellatrix-dameskoshuis
View: 269 times
Download: 25 times
Share this document with a friend
Description:
 
47
1 | Page
Transcript
Page 1: Sparkle Maart 2015

1 | P a g e

Page 2: Sparkle Maart 2015

2 | P a g e

Inhoudsopgawe:

1. Onderhoude 3

2. Bellatrix Shout outs 11

3. JOOL raak Jolig 12

4. Eerstejaars konsert 2015 14

5. Grappies 15

6. Beauty tips and tricks 16

7. Nuus op die sportgronde 17

8. Ernstig: Dronk bestuur 18

9. Fashion: Winter 2015 Must Haves 19

10. Winter 2015’s Hottest Colour 21

11. Couch Potato 22

12. Blikkieskos net waar jy kyk 24

13. Canvas 25

14. Opgewondenheid met ‘n tikkie onsekerheid 26

15. Akademiese Raadgewers 28

16. CANSA Relay 33

17. Going Bridal 34

18. Bellatrix Kalender 41

19. Azelle van Staden 45

20. Betty Boop 47

Page 3: Sparkle Maart 2015

3 | P a g e

1. As jy ‘n celebrity vir ‘n dag sou kon wees: Wie en

hoekom? Ek dink nie sy is al ‘n celebrity nie, maar dit sal die dame wees wat Travis

Fimmel (Vikings) se vrou word.

2. As jy ‘n superpower kon hê, wat sou dit wees? Daar is twee wat ek wil hê:

Eerstens wil ek minds kan read en

Tweedens wil ek met masjienerie of diere kan kommunikeer.

3. Jou guilty pleasures? Rice crispies en kondensmelk 00:00 die aand

Enige Hip-hop musiek – veral Eminem en 50c

Wiskunde vir pret. Haha! En sudoku.

4. As jy in ‘n fliek kon speel, watse fliek en hoekom?

Tomb Raider as Lara Croft. Dis super adventurous en stylvol en baie badass!

5. Noem een ding wat op jou bucketlist is voor jy doodgaan. Net een? Ummm… Ek wil scuba in die Carribean.

6. Noem een goeie en een swak eienskap van jouself. Goeie: Regverdig

Swak: Soms Impulsief

7. Hoe ervaar jy die termyn as Primaria? Ek geniet elke oomblik daarvan. Uitdagings is vir my lekker en ek leer elke dag iets nuut van myself en mede

trixies. Dis ook vir my lekker om probleme te identifiseer en oplossings daarvoor te vind, sodat Bellatrix ‘n baie

geringe koshuis kan bly.

8. Wat is jou grootste uitdaging as Prim?

Page 4: Sparkle Maart 2015

4 | P a g e

My grootste uitdaging as prim is om almal se persoonlikheidsverskille heeltyd in gedagte te hou wanneer

belangrike besluite geneem word of wanneer ek genader word met ‘n probleem. Mense se ervarings rondom

seer hartsake verskil en wat vir een baie erg is, is vir ‘n ander persoon slegs ‘n paar minute se omkrap.

9. Watter raad sal jy aan toekomstige HK-lede gee? Wees bereid om ‘n lewensstyl, klerestyl en roetine verandering te ondergaan. Jou tyd bly nie jou tyd nie. Maak

seker wat van jou verwag word indien jy as Hk wil dien.

Komitees het baie werk, ja, maar HK is ‘n onophoudelike werk vir 365 dae lank.

As jy wil HK staan, maak seker jy toets jou limiete rondom stresvlakke, die juggle tussen akademie, gesondheid,

koshuis en persoonlike lewe.

Staan komitees en dis natuurlik baie belangrik om jou netwerke te verbreed.

10. As jy jou universiteitslewe oor kon begin, wat sou jy anders doen? As ek dit nou kon oor begin, sou ek Bedryfs-ingeneurswese wou swot. Toe ek begin het in 2011, was dit nie ‘n

studie opsie nie.

Verder sou ek al my klasse bywoon en vroeër begin leer vir party toetse.

Minder series kyk in my eerstejaar en as tweedejaar beter keuses gemaak het rondom eet en oefengewoontes.

Ek sou dalk ook ‘n kêrel of twee kans gegee het. Haha! Vroeër vrede gemaak het daarmee dat ek en my

skoolvriendinne mekaar ontgroei het.

Ek is glad nie spyt oor enige iets nie, maar sou definitief ‘n minder ernstige persoon wees.

Page 5: Sparkle Maart 2015

5 | P a g e

Primarius van Laureus – Jurgen

In hierdie uitgawe gaan ons bietjie ons sleep koshuis se Primarius beter leer ken.

1. As jy op ‘n eiland gestrand is wat is die 3 items/ mense wat jy graag sal

wil saamvat?

My kussing, ’n tent en ’n sokkerbal.

2. Vir watter rugby span skree jy?

Cheetahs

3. Wat is jou lewens motto?

Great minds discus Ideas.

Average minds discuss events.

Small minds discuss People.

4. Waarvoor is jy bang?

Paddas.

5. Wat is 2 goed wat jy wil doen voor jy eendag doodgaan.

Alaska toe gaan en my helicopter lisensie doen.

6. Vir waste Hk-lid was jy oorspronklik die bangste en hoekom?

Leeu, “sy skree op my”...

7. Jou most embarrassing moment?

Toe ek van die trappe in die oudit afgeval het tydens Sêr 2013.

8. Beskryf jouself in 5 woorde.

Geduldig, Hulpvaardig, Snaaks, Bedagsaam en Credible

9. Wat se die laaste sms op jou foon?

“Help! daar’s ’n muis in my huis”

10. As jy president kon wees vir een dag, wat sou jy doen?

Ek sou ’n pot en pons op die unie gebou se gras gehou het!

11. Wat sal jou superhero naam wees en theme song?

The Blue Flash, themesong: Star Wars

12. Wat is jou pick up line?

Do you believe in love at first sight, or should I walk by again?

Page 6: Sparkle Maart 2015

6 | P a g e

13. Bellatrix quiz….

1. Watter HK-lid eet die lelikste – Mich

2. Watter HK-lid het 11 tone – Ilze

3. Watter HK-lid is verloof – Krish

4. Watter HK – lid snork – Nelene

5. Watter HK-lid hou nie van studeer nie - Dew

Page 7: Sparkle Maart 2015

7 | P a g e

1. As jy ‘n celebrity vir ‘n dag sou kon wees: Wie en

hoekom? Ellen DeGenerous want sy het al die geld en beroemdheid, maar saam dit

help sy baie mense. Haar werk gee haar plesier en geld en dan saam dit het

sy ‘n awesome talk show ook! Ek meen, wat meer wil jy hê.

2. As jy ‘n superpower kon hê, wat sou dit wees? Definitief teleport! Ek sal net die wêreld vol toer!

3. Jou guilty pleasures? Ek slaap nooit sonder kouse nie.

4. As jy in ‘n fliek kon speel, watse fliek en hoekom? Enige Step Up movie… ek sal wat gee om soos enige een van daai dansers te kan wees. Mooi mense,

mooi lywe, mooi musiek en mooi talente! Alles in een!

5. Noem een ding wat op jou bucketlist is voor jy doodgaan. Ek wil baie graag nog eendag Rome toe gaan, ek dink dis een van die mooiste plekke op aarde en dis

vol van geskiedenis

6. Noem een goeie en een swak eienskap van jouself.

Goeie eienskap is dat ek ‘n baie lojale persoon is. ’n Slegte eienskap is definitief dat ek min geduld het.

Ek wil iets nou dadelik doen of gedoen hê.

7. Hoe ervaar jy die termyn as onderprim? Makliker as die eerste een, hulle sê mos als is makliker die tweede keer!

Page 8: Sparkle Maart 2015

8 | P a g e

8. Wat is jou grootste uitdaging as onderprim?

Ek dink die grootste uitdaging is om die balans te handhaaf tussen wat goed is vir die koshuis en wat

ons as HK besluit goed is, om objektief te wees en aan die groot prentjie te dink.

9. Watter raad sal jy aan toekomstige HK-lede gee? Die beste raad wat ek kan gee is dat elke persoon wat oorweeg om HK te staan seker moet maak wat

dit behels om HK te wees. Jy moet bereid wees om meer te gee as wat jy kan en jy moet eerlikwaar ’n

liefde vir die koshuis hê, anders sal dit ’n straf wees vir jou.

10. As jy jou universiteitslewe oor kon begin, wat sou jy anders doen?

Dis nogals moeilik… ek dink ek doen altyd soveel as wat ek kan en neem deel aan soveel moontlik, al

wat ek sal doen is seker maak ek eet gesonder en oefen meer!

Page 9: Sparkle Maart 2015

9 | P a g e

Jean beter bekend as HOPLA

Page 10: Sparkle Maart 2015

10 | P a g e

– –

Page 11: Sparkle Maart 2015

11 | P a g e

!!!!!!Bellatrix shout outs!!!!!!!

Aan al die DEBAT girls…

May no one ever dull your sparkle

Liefde Johesma

Aan almal in die koshuis…

Baie dankie aan almal wat my ondersteun het en help geld insamel het vir my studies danksy jul almal kan ek nou studeer. Ook dankie aan OFM wat my boeke gesponser het vir die jaar.

Julle is almal amazing.

Lovies Zanelle

Shout out vir Izanke…

Ek wil jou as my kuiken he…

Van Leandri

Page 12: Sparkle Maart 2015

12 | P a g e

Jool raak joolig

Met aankondiging van die komitee was almal bietjie skepties oor hoe hierdie diverse groep

mense saam gaan werk aan ‘n killer vlot. Na die eerste aksie het hierdie komitee soos sussies

geword en mekaar ondersteun soos nog nooit te vore. Vinnig het hul bevriend geraak met

Laureus se Jool-komitee en werk almal saam soos ‘n goed geöliede masjien. Die tema is gekou,

geherkou en uiteindelik geïnterpreteer as die 7 sondes. Daar is deurnag gewerk aan die

popkoppe by die klubhuis en as jy ‘n kwas kon vashou of weet hoe skuurpapier lyk, is jy aan die

werk gesteek. Op die Joolplaas is daar van vroeg tot laat gewerk om nie vlot op schedule te hou.

Daar het ook ‘n tradisie ruiling plaasgevind tussen die kultuur komitee en die Jool komitee.

Die deurnag voor die vlot moet uit gaan was almal hard aan die werskaf, HK-lede, eerstejaars,

JOOL komitee en bouspan het almal saam gestaan en ONS vlot saam klaar gemaak. Soos ‘n ware

susterbond het Bellatrix, tesame met hul sleep, saam gestaan en die vlot was klaar. Hierna het

moeë span van komitee lede en eerstejaars 10km aangepak om geld in te samel vir SJGD.

Met Joolympics se cycle challenge het ons 1049.40km getrap. Ons eindig met Prakjool 8ste in

Vlotbou en 5de met Popkoppe. Nelene en Nathan word ook aangewys as die JOOL paartjie van

die jaar. Lien het werklik moeite gedoen met elke komitee lid en projek van JOOL wat sy

aangepak het en nog gaan aanpak en hiervoor wil die komitee en die koshuis net dankie sê.

Here’s to honour.

Page 13: Sparkle Maart 2015

13 | P a g e

Page 14: Sparkle Maart 2015

14 | P a g e

Deur: Elizma Oosthuizen

Met ‘n uistekende teks en rolle wat fantasties vertolk is, kan daar gesê word, dat vanjaar se eerstejaarskonsert

weereens ‘n reuse sukses was.

Hierdie jaar se eerstejaarskonsert het op 21 Januarie 2015 plaasgevind in die Sanlam Ouditorium. Reeds van

vroeg af in R&O is oudisies gehou om die beste karakters, dansers en sangers vir die produksie te kies.

Die tema van vanjaar se LAT-dit-REUn eerstejaarskonsert was: ‘n Vrou se Handsak. Met hierdie tema het die

skrywers van die teks vrye teuls gehad, waarna ‘n ligte, humoristiese vertoning aangebied is, wat die beoordelaars

en gehoor laat skaterlag en van genot laat kraai het. Die mannetjies skeermes het himself bevind in ‘n vrou se

Louis Vuitton handsak, en het probeer uitkom met die hulp van Venus.

Met uitstekende dekor, waaraan die kultuurkomitees van beidie Bellatrix en Laureus, ure spandeer het (en selfs ‘n

nag gedeurnag het om klaar te kry), danspassies wat gesorg het vir stywe bene en blou kolle, hees stemme van

die sangers en toneelspelers, het die LAT-dit-REUn span beslis ‘n skitterende teaterproduksie op die planke gebring.

‘n Algehele sewende plek is verower met Liam Jennings wat aangewys is as derde beste akteur. Die Eie

Komposisie het ook algeheel ‘n eerste plek behaal het.

Page 15: Sparkle Maart 2015

15 | P a g e

Page 16: Sparkle Maart 2015

16 | P a g e

Beauty tips & tricks: “5 beauty tricks every girl should know”:

If you want to extend the life of your favorite mascara, put 3 to 4 drops of

eyedrops inside your mascara tube and pump the wand a few times.

Scrub the inside of a banana peel on your teeth for instant whitening. Do this

before brushing your teeth.

Rinsing your hair in brown tea or light coffee will add instant highlights which will

brighten naturally in the sun.

Put Vaseline on your eyelashes before bed and they will grown thicker as well as

be stronger after 10 days of application.

Always apply foundation with downward strokes- it’s much less visible then when

you use upward strokes.

Page 17: Sparkle Maart 2015

17 | P a g e

NUUS OP DIE SPORTGRONDE Korfbal

Atletiek

#

Eerstejaars Netbal … …

Page 18: Sparkle Maart 2015

18 | P a g e

Daardie tye wanneer die Bourbons en Impala kuier so lekker was dat jy dink “ag wat my woonstel is nie so vêr

nie en ek is nog by my volle positiewe”, is dit dan dalk beter om te stap of om iemand te bel wat nugter is om

jou te kom haal. Niemand weet of dit dalk jou tyd is om te gaan nie.

Alkohol volgens die departement van vervoer is betrokke by tot 60% van padsterftes, sowat 9 000 gevalle, in

Suid-Afrika elke jaar.

Feite wat jy moet weet:

Die maksimum straf vir dronk bestuur is R120 000 of 6 jaar tronkstraf

‘n Magistraat kan jou lisensie permanent kanselleer as jy skuldig gevind word aan dronk bestuur

Jy sal ‘n kriminele rekord hê as jy skuldig gevind word aan dronk bestuur.

Alkohol affekteer jou visie

Page 19: Sparkle Maart 2015

19 | P a g e

Fashion:

“5 must-haves for Winter2015”

1. Faux fur: fur is all over the streets and storefronts this winter. Bit too drastic? Try a fuzzy scarf or fur lined parka.

2. High heeled ankle booties: over-the-knee-boots are so last year! This year the bootie is standing in the spotlight to show off your toned legs…

3. Biker jacket: leather is still hot and trending this year. This season we see the biker take on other trends in outwear, such as elongated and cropped shapes, and even new coat hybrid style.

Page 20: Sparkle Maart 2015

20 | P a g e

4. Oversize knit scarf: it’s both stylish and functional.

5. Mini skirt: slits are optional while wrap styling is a favorite.

Page 21: Sparkle Maart 2015

21 | P a g e

Winter2015 hottest colour:

PANTONE 18-1438 Marsala

Marsala – a naturally robust and earthy wine red colour. Enriches the mind, body and soul, exuding confidence and stability.

Page 22: Sparkle Maart 2015

22 | P a g e

Page 23: Sparkle Maart 2015

23 | P a g e

Page 24: Sparkle Maart 2015

24 | P a g e

Blikkieskos net waar jy kyk. Deur Kristy Boucher

Op 26 Feb 2015 het al die koshuise en die ASV’s deel geneem aan Blikkieskosdag. Daar was stalletjies op

geslaan en duisende blikkieskos ingesamel. Daar was tot ‘n kompetisie om te sien wie kan die vinnigste ‘n

blikkie baked beans verorber, Tiaan Greyvenstein van Thaba Jah het koning gekraai in ‘n rekord tyd van 18

sec.

Die stalletjie wenners is as volg:

1. toTHAly-Epic met 93.10%

2. HEIWER- nooit met 91.30%

3. DA-vat-HÉ- met 90.85%

LAT-dit-REUn het 72.40% gekry vir hulle stalletjie.

Die koshuise het behoorlik geskarrel en op die ou einde met ‘n fantastiese totaal van 23 857 blikkies die

kans gehad om honger magies vol te maak. Die vrouekoshuise het ‘n totaal van 15 260 ingesamel en die

manskoshuise ‘n totaal van 5720 ingesamel het.

Huis Republiek het ‘n totaal van 4683.75 ingesamel. Klawerhof het 1945.5 ingesamel. Karlien het 1350.5

blikkies ingesamel. Bellatrix het 468 blikkies ingesamel.

Villagers het ‘n totaal van 897.5 ingesamel. Patria het 665 blikkies ingesamel en Overs het 518 blikkies

ingesamel. Laureus het 221.5 blikkies ingesamel.

Die ASV’s het ‘n totaal van 2887 blikkies ingesamel.

Page 25: Sparkle Maart 2015

25 | P a g e

CANVAS Deur: Elizma Oosthuizen

Hierdie jaar se Canvas het plaasgevind op 23 Februarie 2015 met die tema YOLO waarby alle koshuise net van ‘n 1 by 1 meter en 2 meter hoog platform vir hulle uitbeelding kon gebruik maak.

Canvas was hierdie jaar nie ‘n deurnag in die duikweg van die NWU-Potchefstroomkampus soos oudergewoonte nie, maar eerder ‘n deurnag op die Joolplaas van skeppende kuns.

Van so vroeg soos 17:00 uur het die Lat-Dit-Reun kunste span op die Joolplaas bymekaar gekom om hierdie projek aan te pak. Regdeur die nag is daar gespook en gespartel om klaar te kry met groot hulp en ywer van helpende hande in die koshuis, asook HK-lede van ander portefeuljes wat bygestaan het. Van blare vou uit draad, tot sweis, tot verf en pollie kap, almal het ingespring om ‘n sukses te maak. Teen 06:00 uur die volgende oggend moes almal klaar wees en teen 08:00 uur opgeruim waarna die beoordeling om 10:00 uur plaasgevind het.

“Dankie aan almal van die LAT-dit-REUn skeppende-kuns span wat Canvas vanjaar so groot sukses gemaak het. Almal se harde werk en toewyding word opreg waardeer”, Helene Marnewick, kunste HK-lid.

Page 26: Sparkle Maart 2015

26 | P a g e

Opgewondenheid met 'n tikkie onsekerheid. - Lorissa Scheepers

Opgewondenheid oor hierdie enkele sosiale afspraak in enige eerstejaar se dagboek is onbeskryflik.

Onsekerheid oor die dragkode ; waar die norm blyk dat jou matriekafskeidrok afgestof moet word, of eerder

daardie een "go-to" skemerkelk-rokkie?

Senior na senior word die verwarringsvlakke verhoog met varieerende voorstelle, maar in 'n neutedop kom

almal ooreen met die fokus gerig op GEMAK!

Met dit in gedagte, en die Eerstejaarskonsert-adrenalien nog vars in my onderbewussyn, strewe ek na

gemak en gooi 'n navy-nommertjie oor my kop. Met die oog op 'n vlugtige fotosessie in die Botaniese tuine,

het die horlosie van beter geweet, en moes ek die tuine met Shoprite se parkeerarea verruil, waar 'n

horison van Trixies my welkom heet.

Na 'n kort wyle roep Eerstejaars HK-lid, Shonté Hechter, ons nader en met 'n rooi gesig pleit sy dat sy

perongeluk die tye verkeerd het. Dit was so - ons was ongeveer 'n uur te vroeg daar. Dít verduidelik die

eerstejaars by dosyne - almal net Trixies.

'n Large McDonald's milkshake agter die blad stop ons by die Madiba Banketsale, waar die beeld van

onbekende gesigte vir my een honderd sin maak - die ander koshuise het geariveer.

Geduldig wag ons ons beurt vir 'n groepsfoto af, en begin daarna inbeweeg.

Na die inloop deur 'n tonnel-erewag, ter voorbereiding vir 'n afgesonderde aand, word 'n wêreld van

moderne elegansie in 'n vereenvoudigde eerstejaars-waarderende manier ontbloot. In my lewe het ek nog

nooit die voorreg gehad om só stylvolle geleentheid by te woon nie - beslis 'n aanwins tot my herinneringe-

argiewe.

Die musiek, varieerende vingerhappies, geselskap en atmosfeer was onverbeterlik. Die uitkoms vir die aand

was gemak en dít het gesprekke, dans en kuier seepglad laat verloop.

24 Januarie 2015. 'n Aand om te onthou.

Page 27: Sparkle Maart 2015

27 | P a g e

Page 28: Sparkle Maart 2015

28 | P a g e

Akademiese Raadgewers

Chané Horn: B.Ed Senior en VOO Fase

Tips:

- Daag altyd op vir klas;

- Maak seker vir ʼn goeie deelname dat jy net 40% in die eksamen hoef te kry;

- Moet nooit proef waar jy skool gegaan het nie.

A moment in the Study Life:

- Snack: Appel in klein blokkies met suurlemoensap en asyn

- Motivational Quote: Just smile and wave

- Study Song: Brick in the wall

~*~

Ilze Nieuwenhuizen: B.com Ekonomie en Internasionale Handel

Tips:

- Maak seker jy ken en verstaan al jou grafieke in Econ!

- Wees voorbereid vir klastoetse/multikeuses – dit tel!

- Gaan skryf Toets 1. Een val weg, maar Toets 3 is altyd op die onmoontlikste tye.

- Maak gebruik van fasilitering, veral voor toetse.

A moment in the Study Life:

- Snack: Saltycracks en popcorn

- Motivational Quote: “She stood in the storm and when the wind did not blow her way, she adjusted her sails.”

– Elizabeth Eybers

Page 29: Sparkle Maart 2015

29 | P a g e

~*~

Izanke Zandberg: B.Ed Senior en VOO

Tips:

- Maak aantekeninge regdeur die jaar vir al die vakke wat oopboek

eksamen is aan die einde van die jaar;

- Bly elke dag op datum – Prioritiseer en gee aandag aan elke aspek;

- NIE more NIE! Doen dit vandag want elke dag bring sy eie uitdagings.

A moment in the Study Life:

- Snacks: Koffie, Ferdi’s quiche, Jellybeans.

- Motivational Quote: “Wake up determined each morning so you can

go to bed satisfied.”

- Song: Life After You, Daughtry.

~*~

Shanè van Graan: Meesters in Elektroniese Ingenieurswese

Tips:

- Mens swot nie alleen nie, maak maatjies en help mekaar;

- Onthou die NW Bib, derde verdieping van G1 (Spinnekop gebou) – dis lekker stil daar;

- Skryf bewyse en stellings op ʼn witbord uit.

A moment in the Study Life:

- Snack: Super C’s en Jelly Babies;

- Motivational Quote: If you can’t explain it simply, you don’t understand it well enough – Albert Einstein

- Song: Eye of the tiger

Page 30: Sparkle Maart 2015

30 | P a g e

~*~

Andree van Zyl: BA Psychology and English

Tips:

- Psychology: Study hard from your first year;

- English: You have to love reading because you will read a lot;

- General: ABC of learning = Apply Bum to Chair

A moment in the Study Life:

- Snack: Popcorn

- Motivational quote: Do your best, because you don’t want to look back and know you could have done better.

~*~

Milanca Oosthuizen: B.Com Geoktrooieerde Rekenmeester

Tips:

- Doen altyd huiswerk. Dan verstaan jy die werk beter en dit maak jou werk minder om te leer vir toetse en

eksamens

- Woon fasilitering by. Daar word baie tips gegee en dit is voorbereiding voor toetse;

- Werk/leer saam iemand. Dan kan julle mekaar help en motiveer

A moment in the Study Life:

- Snack: Chocolate snicker en ʼn Play

- Motivational Quote: Never turn your back on something you started.

- Song: The Bravery – Above and Below

Page 31: Sparkle Maart 2015

31 | P a g e

~*~

Ilse Kluyts: B.Com Forensiese Rekenmeester

Tips:

- Moet nooit ʼn Regsvak klas mis nie en luister aandagtig – meeste van die

toets en eksamen vrae word gegee deur die semester.

- Fasilitering en huiswerk is BAIE belangrik – dit maak leerwerk aansienlik makliker

- Woon die Forensiese Aksies by en moenie skaam wees om met die dosente te

gesels nie. Julle gaan nog ʼn lang pad saam stap.

A moment in the Study Life:

- Snack: Baie koffie, bottel water en popcorn;

- Motivational Quote: “All you have to do is to decide what to do with the time

that is given you.” Gandalf

- Song: If today was your last day – Nickleback

~*~

Fiona Els: BsC Mikrobiologie en Biochemie

Tips:

- Berei voor vir al jou klasse en doen al jou huiswerk!

- Moenie moed verloor nie – daar is al mense wat die graad gedoen het en hul lewe nog.

- Maak ‘n inspiration jar en gaan kyk daarna wanneer jy moedeloos voel.

A moment in the Study Life:

- Snack: Wine gums, imperial mints en ouma se koekies

- Motivational Quote: If you are the smartest person in the room, you are in the wrong room.

- Motivational Song:Dressed for Success (Roxette)

~*~

Page 32: Sparkle Maart 2015

32 | P a g e

Danielle Pieterse: Hons Bcom Bestuursrekeningkunde

Tips:

- Begin vroeg genoeg leer, die aand voor die tyd is nie genoeg tyd nie

- Moenie uitstel nie

- Gaan klas toe

- Leer in ‘n stil plek

- Leer in die bib, almal leer so jy voel sleg as jy nie leer nie.

A moment in the Study life:

- Snack: Buttered Popcorn met Whispers

- Motivational quote: You don’t drown by falling into the pool, you drown by staying there

- Motivational song: Up – Demi Lovato and Olly Murs

Onthou! Die raadgewers is daar vir julle om te gebruik indien jy sukkel met

‘n vak! Hulle ken die regte kanale en mense en tips. Jy kan jou raadgewer

ook vra vir hulp om notas te kry. Na elke koshuis vergadering gaan hul

agter bly om ekstra hulp te verleen

Page 33: Sparkle Maart 2015

33 | P a g e

=

Page 34: Sparkle Maart 2015

34 | P a g e

Going

Bridal

Page 35: Sparkle Maart 2015

35 | P a g e

Verlowingsaksie:

Page 36: Sparkle Maart 2015

36 | P a g e

Page 37: Sparkle Maart 2015

37 | P a g e

Batchelorette:

Page 38: Sparkle Maart 2015

38 | P a g e

Page 39: Sparkle Maart 2015

39 | P a g e

Trou aksie:

Page 40: Sparkle Maart 2015

40 | P a g e

Page 41: Sparkle Maart 2015

41 | P a g e

April Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday

1 2 3 4

SJGD Sand, See

en Skulp eindig

5 6 7 8 9 10

Nasionale Debat

begin

11

12

Nasionale Debat

eindig

Reses eindig

13

Klasse begin

Proef tydperk

JOOL kandidate

sweet

Tafeltennis begin

Pluimbal hervat

Mej. Kampus

aansoeke open

14

SR: JOOL Swete

15

SR: JOOL Swete

16

JOOL stempunte

open

SJGD Marathon

Dans

Tafeltennis finaal

17

Geen aksietyd

begin

18

Goeie Vrydag

19 20

Assessering week

begin

21

Familiedag

22 23 24 25

26 27

Vryheidsdag

28 29 30

Assessering week

eindig

Proef tydperk

eindig

Mej. Kampus

aansoeke sluit

Page 42: Sparkle Maart 2015

42 | P a g e

Mei Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday

1

Werkersdag

2

3 4

Toneel Pre-lim

Hokkie WL

Sokker WL

Netbal WL

5

Loopbaanweek

begin

Toneel Pre-lim

Mej Kampus

onderhoude

6

Toneel Pre-lim

Mej Kampus

onderhoude

7

Toneel finaal

Lan League begin

8

Lan League eindig

SR: JOOL

Verkiesing sluit

Senior Rugby

9

Opedag

10

Studentbelange

Uitruilaksie begin

11

Aksie

12

Uitruil eindig

Big Prims begin

Netbal finaal

Loopbaanweek

eindig

Top Dosent

LAT-dit-REUn

Partyfest: Rio

13

Pluimbal finaal

Big Prims

14

Big Prims eindig

Pukki Talentfees

Big Prims

Taalweek Netbal

SL begin

15

Pukki Talentfees

JOOL UK

aansoeke oop

16

Netbal SL finaal

17 18

Geen aksie

tydperk begin

Prestige Kamp

aansoeke open

19 20 21 22

JOOL UK

aansoeke sluit

23

24 25 26

Top Dosent

eindig

27 28 29

Klasse eindig

30

Page 43: Sparkle Maart 2015

43 | P a g e

Page 44: Sparkle Maart 2015

44 | P a g e

Page 45: Sparkle Maart 2015

45 | P a g e

Azelle van Staden ‘n Ware Trixie met ‘n hart van pure goud is tans in ICU en ons rig ‘n versoek uit aan elke liewe Trixie om haar asb in julle gebede te hou.

Azelle is 20 jaar oud en al 3 jaar deel van Bellatrix. Sy het in haar 1ste jaar Junior Kultuur dier van die jaar en gewen, en in haar 2de jaar het sy Senior Kultuurdier van die jaar ook sommer in die sak gesteek. Sy het ‘n ware liefde vir die koshuis.

Ons wil net solank baie dank gee aan elke liewe persoon wat al boodskappe en gebede gestuur het. Jul ondersteuning word ten volle waardeer*

Page 46: Sparkle Maart 2015

46 | P a g e

Page 47: Sparkle Maart 2015

47 | P a g e

Betty Boop Sukkel jy met persoonlike problem maar weet nie hoe

om dit te hanteer nie? Sukkel om vriende te maak?

Jou ma is baie overprotective? Jy weet nie wat om te

doen in terme van jou kêrel nie?

Email vir Betty Boop. Dit word heeltemal annoniem

gehou en jou belange word beskerm.

Geen vraag is ‘n dom vraag nie en as jy net wil afpak

is jy ook meer as welkom

[email protected]


Recommended