+ All Categories
Home > Documents > gaangrootradio.co.zagaangrootradio.co.za/.../Frans-Kruger-snitte-uit-boek-vir-o… · Web viewMet...

gaangrootradio.co.zagaangrootradio.co.za/.../Frans-Kruger-snitte-uit-boek-vir-o… · Web viewMet...

Date post: 15-Oct-2019
Category:
Upload: others
View: 11 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
22
Got-cha! Maar, jy kan vrykom Frans Kruger Baie dankie aan almal wat die boek moontlik gemaak het, deur hul insette en getuienisse. Voorblad ontwerp deur: Amelde van Huyssteen Wat beteken gotcha? I have got you (used to express satisfaction at having captured, or defeated someone, or uncovered their faults). To keep someone captive. Ek het jou (gebruik om satisfaksie te toon waar iemand gevang, of oorwin is, of selfs om iemand se foute uit wys). 1
Transcript

Got-cha!Maar, jy kan vrykom

Frans Kruger

Baie dankie aan almal wat die boek moontlik gemaak het, deur hul insette en getuienisse.

Voorblad ontwerp deur: Amelde van Huyssteen

Wat beteken gotcha?

I have got you (used to express satisfaction at having captured, or defeated someone, or uncovered their faults). To keep someone captive.

Ek het jou (gebruik om satisfaksie te toon waar iemand gevang, of oorwin is, of selfs om iemand se foute uit wys).

Ek stel voor dat u as ouer die boek self eers lees alvorens U dit vir u kind gee om te lees .

1

VoorwoordHet jy ook al daaraan gedink, dat vandat ons ons oë in die oggend oopmaak, totdat ons in die aand gaan slaap, alles wat ons doen, na luister of na kyk, alles met ‘n keuse te doen het? Wil ek, of wil ek nie?In die boek word daar ‘n hele klomp goed vir jou op die “tafel” gesit om na te kyk en dan kan jy besluit of dit die waarheid is of nie en as dit die waarheid is, wat gaan jy daarmee doen?

Jy sal seker saam stem dat dit mos nie reg is as jy sien dat daar ‘n groot vuur is, wat deur die wind aangedryf word en die vuur is oppad na mense toe wat lê en slaap en jy waarsku hulle nie? So is dit vir my belangrik om veral die tieners, maar ook die pappas en mammas met jong kindertjies deur middel van hierdie boek te waarsku dat alles in die wêreld nie altyd is, wat dit voorgee om te wees nie. Die spreekwoord sê: “Voorkoming, is beter as genesing”. Met al die dinge waaraan kinders veral by die skool blootgestel word, asook alles wat hulle op die TV-skerm en hul Smartfone sien, doen en hoor, is ouers oor die algemeen baie naïef om te dink en te glo dat hul kinders baie onskuldig is en nooit iets vekeerd sal doen nie.

Dit is nie meer snaaks dat vandag se kinders, laerskool en hoërskool, nie net bloot gestel word aan drank, dwelms en seks nie, maar ook daarmee besig is. Ons wil sê: “Ouers, skrik wakker voordat dit te laat is! Weet jy wat in jou kind se lewe aan die gang is? Die vyand vra nie toestemming, om jou kind se lewe te vernietig nie”. Om ‘n voorbeeld te gebruik. So ‘n klompie jare gelede het ‘n ma oor haar matriek dogter gespog, wat so ‘n voorbeeldige kind is, maar nie bewus was van dit waardeur haar dogter gegaan het nie. Sy het vir ‘n aborsie gegaan wat deur die seun wat met haar uitgegaan het, betaal was.

2

Inhoud

Goeie of slegte naam.……………………………………….6Seuns is gewoonlik maar die vlieg in die salf..……………..9Wie en wat is ek?............................................................14Seks die volle storie…. Deel een…………………………..20Seks die volle storie…. Deel twee…………………………27Seks die volle storie…..Deel drie………………………….31Uit die tuin geskop…………………………………………33Tricks and trades van die duiwel…………………………..38Die vyand het gekom om te steel te slag en te verwoes…...44Is dit maar hoe dit moet wees?.........................................59Aanval op die liggaam……………………………………..64Nog ‘n groot PASSOP!!!.................................................72In watter kleur gaan jy trou?............................................76Hoe lyk jou lewe, waar staan jy?.....................................85

3

Hoofstuk 1

‘n Goeie of ‘n slegte naam

Hoe sê julle as jy iets doen, of sê, wat jou naam skade bring? “Ek het my naam nou met ‘n plank geslaan” of “ek het nou my naam geruk”. Daar is baie mense wat hulle name so skade aan doen, hulle name deur die “modder sleep” en ongelukkig werk dit so dat meisies hulle name makliker in die oë van die wêreld deur die “modder sleep” as wat ‘n seun dit sal doen.Om ‘n voorbeeld te gebruik: ouens wat drink en dronk word, word nie in die dieselfde lig gesien as ‘n meisie wat drink en dronk word nie. Dit is amper of dit van ‘n seun verwag kan word, maar nie van ‘n meisie nie. Jy het seker ook al jou naam met ‘n plank geslaan, jou naam so ‘n bietjie skade aangedoen, of hoe? Deur dit wat ons doen en sê, vertel ons mos eintlik aan die wêreld daar buite, wie of wat ons is. Die vraag is, strewe ons daarna om opreg en eerlik te lewe, mense ons sal respekteer vir die manier wat ons leef?

Kom ons kyk bietjie na die verskillende karaktereienskappe van integriteit.

In Efesiërs 6:1-3 lees ons die volgende: “Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis.Eer jou vader en jou moeder" is ‘n baie belangrike gebod. En daar is nog ‘n belofte by: sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde."

Het jy ook al gehoor hoeveel kinders back chat hul ouers en dan wil hulle hê dat dit goed met hulle moet gaan.

Omdat die mens instaat is om keuses te kan maak, kom daar dan ook ander goed ook na vore. Die eerste een is verantwoordelikheid.

In die Bybel lees ons:“n Goeie naam is beter as om baie geld te hê…” Spreuke 22:1“n Goeie naam is beter as lekkerruikgoed” Prediker 7:1“Vir ‘n vrou met integriteit, is haar goeie naam belangrik…” Spreuke 11:16Bostaande Skrifgedeeltes is geneem uit die Boodskap.

4

Hoofstuk 2

Seuns is gewoonlik maar die vlieg in die salf…

Terwyl ek een aand in die karvaanpark waar ons gekampeer het, gestort het, het ek na ‘n paar jong seuns geluister wat in die ablusieblok van die karavaan park waar ons gekampeer het, doenig was.Uit wat hulle gepraat het, het ek geweet hier kom ‘n ding. Dit was ‘n ge-hare gel en deodorant spuitery. Ek vra toe vir hulle nadat ek klaar gestort het, waarheen is hulle oppad? Een ou sê toe dat hulle ‘n paar nuwe meisies gesien het, wat ook saam met hul ouers kampeer en hulle gaan die meisies op chat. So ‘n ruk daarna het ek na ‘n “Talk Show” op tv gekyk waar die persoon met ‘n agtienjarige ou gepraat het wat al met sewe en sestig meisies seks gehad het.Die jongste een was dertien; waarvoor hy dan ook aangekla en tronk toe gestuur is, vir wat genoem word statutêre verkragting. (Meisies onder die ouderdom van sestien word deur die land se wette verbied en beskerm om seks te hê). Hy het 'n band en soos hy gesê het, het hy baie aanhangers en die meeste is meisies. Hy het ook twee kindertjies, twee skoolmeisies wat by hom swanger geraak het. Hy het met die een getrou, maar is ná nege maande weer geskei.

My kosbaarste besitting weggegee

Die verhaal van ‘n hoërskoolmeisie: Seuns het maar net hulle “way” as dit by meisies kom, veral as hulle doel is om haar in die bed te kry.So 2 jaar terug het ek ‘n ou ontmoet wat 3 jaar ouers as ek is. Hy was toe in graad 9 en ek in graad 6, min het ek geweet wat dit vir my gaan inhou. Ons het so aan en af op WhatsApp gepraat en om eerlik te wees, elke gesprek het sexual uitgedraai. Hy het my “geflouse” met sy oulike praatjies en vir my gesê, hoe lekker dit vir my in hoërskool gaan wees net omdat hy daar is.

5

Hoofstuk 3

Wie en wat is ek?

Die dag toe jy gemaak is, het God wat die skepper, die maker van alles is, jou pa en jou ma gebruik om jou op die aarde te kry.Maak nie saak hoe jy lyk en waardeur jy al gegaan het of dalk nou deur gaan nie, besef jy hoe uniek, special jy eintlik is? ‘n Once off?Daar was nog nooit, is nie nou nie, en daar sal nooit ooit ‘n ander jy op die aarde wees nie. Jy het jou eie identiteit. Jou eie vingerafdrukke, jou eie DNA, jou eie persoonlikheid en jy het jou eie karakter en saam met dit is jy ook ‘n wenner!Die dag toe jy gemaak is, was daar ‘n moviese groot resies aan die gang gewees. Jy het teen miljoene, ander spermselle gekompeteer en moes swem dat die stof so staan, om eerste by jou ma se eiersel uit te kon kom. En Voilla!!! Jy het gewen, jy het heel eerste daaraan gekom en jy het woerts in jou ma se eiersel ingeduik, terwyl die ander net jou hakskene gesien het. So, jy is hier op die aarde met ‘n doel en hey nie ‘n glips, of ‘n mistake, of wat ook al nie, maar met ‘n doel. God het jou daarvoor beplan.

Hoofstuk 4

Seks die volle storie…. Deel een

Waar het jy gehoor?

Die eerste vraag wat gevra kan word is, wat weet jy van seks af? Wie het jou vertel, of waar het jy dit gehoor, of gesien? By jou ouers of by maats, of het jy dit op die internet gesien?Terwyl God seks ontwerp het vir die huwelik, het Satan, die vyand van die mens, dit weer ge-highjack en gee hy nie om wie hy aan sy “seks-hoek” kry nie, hy gee glad nie om oor die ouderdom, of dit tussen ‘n tienjarige meisietjie, ‘n sestienjarige-, of ‘n dertigjarige ongetroude vrou en seuns of mans is nie.

Wat weet ek ?

As jou ouers jou niks oor seks vertel het nie, wat gaan jy, jou eie kinders eendag vertel? Sal hulle dit ook by die skool of op ander maniere moet hoor? Jy kan ook nie vir iemand vertel wat die regte ding is om te doen, as jy self die verkeerde dinge doen nie. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “practice what you preach”. Moenie gekke van julleself maak nie. Moenie dink dat julle baie oulik en slim is as julle lekker met die mense kan saampraat, oor al die aardse dinge wat in die mode is nie… 1 Korinthiërs 3 vers 18

6

Hoofstuk 5

Seks die volle storie…. Deel twee….

Seks is ontwerp vir die huwelik

Trouring - verbond

Dit is nogal interresant om te hoor waste antwoorde mense gee wanneer jy hulle vra waste werklike bewys is daar dat ‘n man en ‘n vrou met mekaar getroud is? Wonder wat sal jou antwoord wees? Dalk die predikant of pastoor wat hulle trou, of die luister na die huweliksformulier en die beloftes wat afgelê word? Of die aansit van die trouringe, miskien die teken van die register, of die huweliksertifikaat wat deur die Departement van Binnelandse sake uitgereik word? Watse bewys is daar dat Adam en Eva, of selfs Abram en Sara getroud was?

7

Hoofstuk 6

Seks die volle storie…Deel 3

Mooier name

Lieg of jok?

Baie ouers leer hulle kinders dat dit nie mooi is om vir iemand te sê dat hy of sy lieg nie en dat ‘n mens eerder moet sê dat iemand nie die waarheid praat nie, of jok, of dat hy of sy leuens vertel. Ken jy dit? Lieg klink mos te hard en so plat en nie ordentlik nie.Maar in die Bybel lees ons iets anders: "Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg of mekaar bedrieg nie”. Levitikus 19:11...en moenie vir mekaar lieg nie.” Kolossense 3:9“Toe sê Petrus: Ananías, Waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?” Handelinge 5:3

Fietse

Daar is vandag baie meisies wat agter seuns aanloop, want vandag is dit mos nie meer snaaks as ‘n meisie dit doen nie. Wat noem julle meisies wat rond slaap? “Fietse”, nie waar nie? Dis 'n aaklige naam wat aan die sogenaamde goedkoop meisies gegee word. Almal wil op die fiets ry, maar niemand wil dit koop nie. Vroeër was sulke meisies flerries genoem, soos ‘n skoenlapper wat van die een blom na die ander toe vlieg, of ‘n losbol, of soos baie mense later van terte of slette begin praat het. Die Bybel noem sulke meisies hoere.

Meisies wat sê: “Daar is baie ouens agter my aan”, Moet Onthou: Goedkoop pryse lok baie kliënte.

8

Hoofstuk 7

Uit die tuin geskop

Die Tuin van Eden, ook genoem die Paradys, het sy hoogtepunt bereik toe die mens daarin begin woon het. God het in die tuin gestap en die mens kon heeldag in sy teenwoordigheid lewe. Op ‘n dag was dit nie meer net hulle drie nie, want ‘n uitgeslape teenstander het skielik sy opwagting gemaak. Hierdie indringer was Satan (Lucifer, die duiwel), die oeroue vyand van God, wat ’n draai in die Tuin gaan maak het, om die mens, die skepping van God so ‘n bietjie van nader te bekyk. Hy het egter met ‘n skelm plan na die mens toe gegaan.

Hoofstuk 8

Tricks and trades van die duiwel.

In hierdie hoofstuk gaan ek oor ‘n klomp scary goed gesels en wat dit erger maak, is dat dit werklik gebeur het. Hierdie goed direk van die vyand af wat gekom het om te steel, te slag en te verwoes omdat almal toestemming gegee het dat ek hul verhale in die boek mag gebruik en om hulle te beskerm, het ek nie hul name bygesit nie.

Jong meisies uitgebuit…

Jong meisies word dikwels die teiken van slawehandel. Onskuldige kinders word oorsee ontvoer en dan as seksslawe verkoop. Hierdie mense is gewetenloos en ‘n mens se lewe het net een betekenis vir hulle… geld in hulle sakke.Die meisies word ge-drug en soms aan beddens vasgemaak, terwyl verskeie mans dan met haar seks het teen vergoeding. As hierdie meisies nie meer vir hulle iets werd is nie, word hulle dikwels vermoor of ge-drug op afgeleë plekke gelos, met geen benul wie hulle is of waar hulle is nie.

Hier volg ‘n paar gevalle wat ek as voorbeelde vir jou wil gee, as waarskuwings teen die vyand se sluwe planne.

9

Hoofstuk 9

Die vyand het gekom om te steel te slag en te verwoes

In die Bybel in Johannes 10 vers 10 lees ons: “Die vyand (Satan, die duiwel, die hater van die mens) het gekom om te steel, te slag en te verwoes.In die vorige klompie hoofstukke kon ons sien hoe hy mense se lewens vernietig. Aangesien hy dit nie direk doen nie, gebruik hy mense, om die vuil werk vir hom te doen, net soos wat die Here mense gebruik om sy werk hier op aarde te doen om mense uit die hande van die vyand te red.

Ons gaan dieper kyk na die dinge waarmee derduisende tieners vandag besig is, wat hulle baie seer kan maak, selfs dood kan maak, omdat hulle nie van die werklike gevare bewus is nie.

10

Hoofstuk 10

Is dit maar hoe dit moet wees? Homoseksualisme

Hierdie is n baie sensitiewe saak. Dit is ’n waarheid wat in die tere liefde wat God vir die mens het, genoem en gehoor behoort te word.

God het die man so gemaak om by die vrou in te gaan, en die vrou weer geskape om die man te kan ontvang, om so een te word. Hoe kan twee lede van dieselfde geslag, die eenword ondervind, wanneer altwee gemaak is om óf ‘in te gaan’, óf ‘om te ontvang’? Dit klink soos ’n botsing vir ons. Hierdie ‘ingangsdaad’ spreek van die man se rol as jagter-broodwinner.Die man is gemaak om die wêreld in te gaan en voorsiening vir sy gesin te maak en die vrou ontvang sy voorsiening, maar soos ons weet, het dit ook intussen verander. Dit kan alles ook vergelyk word met byvoorbeeld ‘n bedlampie. Die bedlampie kry sy krag van die muurprop af en om die liggie te laat brand is daar twee drade wat ook as geleirs bekend staan. Die een is die positiewe geleier en die ander een ‘n negatiewe geleier. Twee positiewe geleiers alleen, of twee negatiewe geleiers alleen, kan geen lig laat brand nie, hulle moet die teenoorgestelde wees. As jy iets aanmekaar wil sit gebruik ‘n mens gewoonlik ‘n boudjie en ‘n moertjie om dit stewig te hou. Die boudjie word die male en die moertjie die female genoem. Twee males alleen of twee females alleen, gaan nie die ding doen nie

Sleepovers - die teelaarde vir homoseksualisme

Daar is vandag soveel jongmense wat ouers wil waarsku, om nie hul kinders by maatjies te laat oorslaap, die sogenaamde sleepovers, nie. Hier klim seuns by seuns in die bed en dogters by dogters. Sleepovers of pamaja aande, of wat ‘n mens dit ookal wil noem, het die teelaarde vir gay verhoudings geword. Om dit aan te wakker sien ‘n mens deesdae gay verhoudings selfs in kinders se animasieboeke.

Jy het Jesus Christus se velossing in jou lewe nodig. Net Hy kan jou vrymaak van hierdie verdoemende manier

Ons in die Bybel in Die Boodskap-vertaling, in 2 Timoteus 2: 20 wat God dink van en wat Hy vir jou en my oor al die goed wat so okay en ook so cool is, sê:

“In ‘n spoggerige huis kry ‘n mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue- en silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout en klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe. As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God hom vergewe het, is hy so spesiaal soos een van die mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg wees sodat die Here hom vir enige iets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir ‘n jongmens so lekker lyk en wat hy so graag wil doen. Gebruik liewer jou energie op ‘n ander (positiewe) manier”.

11

12

Hoofstuk 11

Aanval op die liggaam

Besef jy dat die vyand die Bybel beter as enige mens op die aarde ken? Hy weet presies wat daarin geskryf is en ook waar dit staan. Daar is spesifiek een versie waarop hy hiper ingestel is en dit lees ons in Matthéüs 6:13: “Bewaar ons dat ons nie aan versoekings sal toegee nie, en bevry ons van die greep van die Bose.”

Aangesien die vyand daarop uit is om die mens te verlei, het hy ‘n baie groot doek oopgegooi. En op hierdie doek is daar baie goed uitgestal om die mens te kry om toe te gee aan die versoekings waarvoor hulle vir God vra om hulle van te bewaar. Al sy handelinge wys daarop dat hy soos net so baie van ons sondige mense, net een ding op sy agenda het en dit is seks.

Meisies se liggame moet die ding doen

Het jy geweet dat meisies as ‘n “sex object” gesien word? Iemand met wie jy iets kan doen om geld mee te maak, of iemand by wie jy iets kan kry, selfs teen haar wil?

Kyk maar net in hoeveel advertensies meisies deur besighede gebruik word om hul goed mee te verkoop, veral as dit op ’n uitlokkende manier is. Voorbeelde hiervan is legio: ‘n meisie in ‘n bikini by ‘n motorkar, ‘n meisie in ‘n bikini op ‘n motorfiets, ‘n meisie onder ‘n stort, of in ‘n bad om seep of sjampoe te kan verkoop. Wat van parfuums?

Dra self die gevolge

Meisies wat oor die algemeen gewaagd aantrek, wat selfs swemklere betref, wees gewaarsku: moenie soos ‘n los meisie aantrek as jy nie een is nie. Moenie jouself deur jou kleredrag adverteer as jy nie in daardie besigheid is nie. As jy gaan seerkry deur dít wat jy aanhet, dat dit van die aanklagtes in die hof was nadat vrouens verkrag was.

Watter ou gaan wegkyk as ‘n meisie voor hom staan en hy kan haar boobs sien, of as sy só vorentoe buk dat ‘n gedeelte van haar G-string uitsteek en dan geniet die seuns dit ook nog as meisies se klere kort en kaal is.

“Dit is mos sexy”, so sê die wêreld. Ek en jy moet een ding besef en dit is dat, alhoewel God vir die mens die talent gegee het om goed te ontwerp en te maak, die vyand nie aan die slaap is nie en hy gee vir die mens idees, en die idees is vir homself en sy koninkryk, daar waar hy mense gevange kan hou.

Dit wil vir my voorkom of die woord sexy eintlik beteken: “Kyk na my en dit wat ek het”.

Meisies wat gewaagd, uitlokkend aantrek, staan ook bekend as “floozies”

In Spreuke 11:22 skryf Salomo dat ‘n mooi vrou sonder diskresie (versigtigheid in hul optrede; regte lewenstyl) soos ‘n vark is, wat ‘n goue ring in sy snoet het. Dit wys daarop dat jy respek vir jou eie liggaam moet hê.

13

Hoofstuk 12

Nog ‘n groot PASSOP!!!

Pasop vir dít waarna jy kyk

Asblikke

Die vyand wil 'n asblik van ons denke maak. In Hosea 4:6 lees ons: “My volk gaan te gronde weens ‘n gebrek aan kennis...”

Soos jy nou al deur die boek lees, het jy seker al agterkom hoe waar hierdie woorde is.

Daar is ‘n spreekwoord wat sê dat kennis mag is. Daar is die kennis wat ons in die wêreld opdoen, soos by skole, op universiteit, ens. Die ander kennis, daardie kennis van “Goed en Kwaad” waarvan in Genesis gepraat word, is die kennis wat ons nodig het om volgens God se standaard, reg te lewe. Ons verkry ons kennis deur ons oë en ore. Dit wat ons sien en dit wat ons hoor en daarom val die vyand juis ons oë en dit wat ons hoor, aan. Dít waarna ons kyk en luister, word afgelaai op die hardeskyf van ons denke en so word dit deel van ons databasis. Dit vuur ons aan tot aksies en dade wat andersins nie sou gebeur het nie.

14

Hoofstuk 13

In watter kleur gaan jy trou?

Baie paartjies kies vandag om eers saam te bly en later te trou. Is dit om eers te kyk of dit tussen hulle gaan uitwerk soos 'n toetsrit vir 'n motor? Die kleur wit is nog altyd in westerse kulture aan heiligheid en reinheid verbind. Het dit vandag slegs mode geword om in wit te trou, al is die meisie nie meer 'n maagd nie? Doen die bruid dit om die gaste anders te laat glo, te laat glo dat sy nog rein is? Het die wit trourok nie dalk die laken wat vroeër in die boek genoem is, as bewys van maagdelikheid vervang nie?

Ek weet van ander kulture wat op hul eie tradisionele manier trou, maar hulle glo as hulle ‘n “White wedding” het, dan is dit baie spesiaal, want hulle glo dat God hulle sal seën. Dit sal interessant wees om te kan weet hoeveel meisies wat daardie spierwit trourok aantrek, dalk tog daar diep binne in hulle skuldig voel omdat hulle nie meer ‘n virgin is nie.

Paartjies wat saambly, slaap saam. 'n Mens wonder waarom hulle dan ná die troue op honeymoon gaan, of is dit ook maar net deel van die tradisie?

15

Hoofstuk 14

Hoe lyk jou lewe, waar staan jy?

Langs hoeveel van die goed wat jy in die boek gelees het, die goed wat God nie van hou nie, wat alles sonde is, kan jy ‘n sit? Goed waaroor jy dalk skaam is en nie wil erken dat jy daarby betrokke was of dalk nog is, en nie wil hê ander moet daarvan weet nie? Die goed wat geraamtes in jou kas gaan word? Of dinge wat aan jou gedoen was waaroor jy dalk nog nooit oor gepraat het nie. Wat sê die Bybel vir ons oor al die verkeerde goed, waarmee die vyand ons vang, soos vroeër in die boek genoem is?Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Romeine 8:6 “As jou sondige natuur oor jou denke heers, lei dit tot die dood… en in vers 8 “Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie”.

Jy kan vandag die keuse maak, om weg te draai van al die verkeerde goed waarmee jy besig mag wees.

In Deuteronium 30:19 lees ons: “Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy die lewe kies dat jou nageslag mag lewe!”

Sonder Jesus Christus kan jy nie vergifnis vir jou sondes ontvang en ook nie die ewig lewe ingaan nie. Jy moet wegdraai daarvan, wat “bekering” genoem word. Dit is ‘n 180˚wegdraai van sonde af, terwyl God wat jou uit liefde gemaak het en jou dan ook baie lief het, met sy oop arms vir jou wag om net soos wat jy is, na Hom toe te kom.Johannes 14:6 “Ek (Jesus) is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behawe deur My nie.”

Handelinge 3:19 “Nou moet jullke julle sondes laat staan. Kom terug na God toe. Hy sal al julle sondes wat tussen julle en Hom staan, uit die pad vat. Hy sal nooit weer daaraan dink nie.” (geneem uit Die Boodskap)

Vandag kan die eerste dag van jou nuwe lewe word. Ongeag wat, hoor net hoe God wat jou oneindig lief het, jou sien en oor jou te sê het:

16


Recommended