+ All Categories
Home > Documents > White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en...

White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en...

Date post: 25-Oct-2020
Category:
Upload: others
View: 4 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
9
Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd H/A Shango Solutions HHK House h/v. Ethel laan en Ruthsingel Northcliff Gauteng Posbus 2591 Cresta 2118 Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731 E-pos: [email protected] Website: www.shango.co.za White Rivers Exploration (Pty) Ltd Prospekteerregverw: FS 30/5/1/1/3/2/1/10273 EM Aansoek vir die Verandering van die Prospekteerreg- en Omgewingsmagtiging vir die Bothaville NE Ext A-projek Maart 2019 Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek. Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare deelnameproses (ODP). Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV). Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek
Transcript
Page 1: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd H/A Shango Solutions

HHK House

h/v. Ethel laan en Ruthsingel

Northcliff Gauteng

Posbus 2591

Cresta

2118

Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731

E-pos:

[email protected] Website: www.shango.co.za

White Rivers Exploration (Pty) Ltd

Prospekteerregverw: FS 30/5/1/1/3/2/1/10273 EM

Aansoek vir die Verandering van die Prospekteerreg-

en Omgewingsmagtiging vir die

Bothaville NE Ext A-projek

Maart 2019

Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en

geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek.

Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare

deelnameproses (ODP).

Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die

formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die

omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV).

Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te

voorsien van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die

voorgenome projek

Page 2: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

0

1. Inleiding .............................................................................................................................................. 1

2. Doel van die AID ................................................................................................................................. 1

3. Projekligging ....................................................................................................................................... 1

4. Projekbeskrywing ............................................................................................................................... 4

5. Geologie en mynbouteikens ............................................................................................................... 4

6. Regulatoriese vereistes ...................................................................................................................... 5

7. Tipiese impakte wat verband hou met hierdie aktiwiteite ................................................................... 5

8. Basiese assesseringsproses .............................................................................................................. 6

9. Beskikbaarheid van die Basiese Assesseringsverslag en besonderhede van die Ope Dag ............. 6

10. Tydperk waarvoor die Veranderde Omgewingsmagtiging vereis word ............................................. 7

11. Behoefte aan en wenslikheid van die projek ...................................................................................... 7

12. Openbare deelnameproses ................................................................................................................ 7

13. Uitnodiging om te registreer ............................................................................................................... 7

Figuur 1: Liggingskaart. .............................................................................................................................. 3

Tabel 1: Eiendombesonderhede. ............................................................................................................... 2

Page 3: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

1

1. INLEIDING

White Rivers Exploration (Pty) Ltd (hierna White Rivers Exploration genoem) is in besit van ’n uitgevoerde

Prospekteerreg (FS 30/5/1/1/2/10273 PR) en ’n goedgekeurde Omgewingsbestuursplan (OBP) kragtens die Wet

op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002, soos gewysig) (WOMPH).

Die Prospekteerreg is uitgevoer deur die Departement van Mineralehulpbronne (DMH) Vrystaatse Streekskantoor

op die 8ste September 2015. Die projek staan bekend as Bothaville NE Ext A en beplan die nie-indringende

ontginning van die volgende grondstowwe: goud, silwer, steenkool, diamante (alluviaal), platinumgroepmetale,

seldsame aardelemente, swael en uraan.

White Rivers Exploration wil graag veranderinge aanbring aan hulle huidige prospekteerbedrywighede deur

indringende bedrywighede in te sluit by die Prospekteerwerkprogram (PWP). Die veranderinge beteken dat daar ’n

bykomende 8 (agt) boorgate sal wees. Gedurende Jaar 4 sal daar vier gate gesink word en na gelang van die

resultate van hierdie boorfase sal ’n verdere vier gate in Jaar 5 gesink word.

Om die huidige prospekteerbedrywighede aan te pas, is dit nodig dat ’n Artikel 102-templaat, tesame met ’n

Omgewingsmagtigingsaansoek om verandering, ingevul word en by die regulerende owerheid, die DMH, ingedien

word vir besluitneming. Die proses vir die aansoek om verandering vereis die indiening van ’n Basiese

Assesseringsverslag (BAV) en Omgewingsbestuursprogram (OBPV), asook dat ’n Openbare Deelnameproses

(ODP) onderneem moet word. Shango Solutions (Pty) Ltd (Shango Solutions) is deur White Rivers Exploration

aangestel as die Omgewingsassesseringspraktisyn (OAP) om hulle by te staan om aan hierdie vereistes te

voldoen.

Die aansoek vir die verandering van die Prospekteerreg is ingevolge Artikel 102 van die WOMPH ingedien en die

aansoek vir die verandering van die Omgewingsmagtiging is ingevolge Artikel 31 van die

Omgewingsimpakassessering (OIA) Regulasies (soos gewysig) ingedien by die Streeksbestuurder van die

Vrystaatse DMH. Erkenning van ontvangs van die aansoek vir ministerstoestemming om die Prospekteerreg te

verander is op die 3de Mei 2018 gelewer en erkenning van ontvangs van die aansoek om die uitgereikte

Omgewingsmagtiging te verander is op die 3de Julie 2018 gelewer.

2. DOEL VAN DIE AID

Openbare deelname maak 'n integrale deel uit van die basiese assesseringsproses. Die AID bied die leser die

geleentheid om inligting te verkry, kommentaar te lewer, kommerwekkende kwessies te opper en met die

ontwikkeling van die proses saam te werk. Die verspreiding van hierdie dokument is noodsaaklik om die leser in te

lig oor hoe om by die proses betrokke te raak.

Hierdie dokument is daarop gemik om die leser van basiese inligting rakende die voorgenome projek te voorsien,

wat die volgende insluit:

'n Bekendstelling van die projek, asook besonderhede oor die ligging.

'n Aanduiding van die voorgenome aktiwiteite en die regsraamwerk waarbinne die projek uitgevoer word.

'n Oorsig van basislyn-omgewingsinligting en omgewingsimpakte wat potensieel kan voorkom.

'n Verduideliking van die openbare deelnameproses (ODP) wat gevolg sal word.

ʼn Verduideliking van hoe om as ʼn belanghebbende en geraakte party (B&GP) betrokke te raak.

3. PROJEKLIGGING

Die projekgebied dek ’n lugomvang van 9 510.03 hektaar (ha), soos in die jongste Regulasie 2(2)-plan. Tabel 1 dui

die eiendomsbesonderhede binne die projekgebied aan. Dit is geleë in die Magistraatsdistrik van Bothaville,

Page 4: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

2

ongeveer 30 kilometer (km) suid van die dorp Bothaville in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika. Vier-en-twintig

(24) plaasdele strek oor die aansoekgebied (Figuur 1).

Tabel 1: Besonderhede van eiendom.

Plaasnaam Plaasgedeelte Algemene landmeterskode

1 Beestkraal-Noord 186 0 F00500000000018600000

2 Brak–Spruit 222 0 F00500000000022200000

3 Concord 392 0(RE) F00500000000039200000

4 Concord 392 1 F00500000000039200001

5 Concord 392 2 F00500000000039200002

6 Damplaats 220 0(RE) F00500000000022000000

7 Damplaats 220 1 F00500000000022000001

8 Diepwater 50 0 F00500000000005000000

9 Doornheuvel 242 0 F00500000000024200000

10 Eureka 761 0(RE) F00500000000076100000

11 Eureka 761 1 F00500000000076100001

12 Gelukskraal 56 0 F00500000000005600000

13 Kaalplaats 51 0 F00500000000005100000

14 Lyden 264 0 F00500000000026400000

15 Mealie Bult 20 0 F00500000000002000000

16 Roode Rand 35 0(RE) F00500000000003500000

17 Roode Rand 35 1 F00500000000003500001

18 Roode Rand 35 2 F00500000000003500002

19 Spitshoek 868 0 F00500000000086800000

20 Tarantaaldraai 156 0(RE) F00500000000015600000

21 Tarantaaldraai 156 1 F00500000000015600001

22 Uitkijk 147 0 F00500000000014700000

23 Weestevreden 269 0(RE) F00500000000026900000

24 Weestevreden 269 1 F00500000000026900001

Page 5: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

3

Figuur 1: Liggingskaart map.

Page 6: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

4

4. PROJEKBESKRYWING

Die volgende nie-indringende prospekteerbedrywighede word uiteengesit as deel van die veranderde PWP gedurende

Jaar 1 tot Jaar 3 van die projek:

1. Data-insameling

Lessenaarstudies:

Dataverkryging: [Jaar 1: 12 maande]

Databasis, kaartopstelling en ontwikkeling van die geologiese model: [Jaar 1: 6 maande]

Veldbesoek: [Jaar 1: 1 week]

2. Geofisiese opnames

Geofisiese opname: [Jaar 2 en 9: 24 maande]

Seismiese opname: [Jaar 3: 12 maande]

Datasamestelling en interpretasie: [Jaar 3: 12 maande]

Verfyning van die geologiese model: [Jaar 2 en 3: 24 maande]

3. Ligging van die sleutel- historiese boorgatkern, en heraantekening en hertoetsing [Jaar 3: 12 maande]

As deel van die veranderde PWP, sal die volgende indringende en nie-indringende prospekteerbedrywighede

onderneem word gedurende Jaar 4 en Jaar 5 van die projek:

4.1 Boorwerk [Jaar 4: 6 maande]

Gegrond op die aanvanklike geologiese model wat daargestel is, sal ’n diamantboorprogram onderneem word wat

bestaan uit vier boorgate (elk tot ’n diepte van 700 meter (m)).

4.2 Hersien geologiese model [Jaar 4: 6 maande]

Die data wat verkry is van die aantekening en toetsing van die historiese boorgate sal geïntegreer word by die

geologiese model om die geologie en die boorgatteikens te bevestig.

5.1 Boorwerk [Jaar 5: 4 maande]

Indien daar sukses behaal word met die boorprogram in Jaar 4, sal ’n addisionele vier gate (elk tot ’n diepte van 700 m)

oorweeg word. Dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat die boorwerk in Jaar 5 afhang van die positiewe

uitkomste van die boorwerk in Jaar 4.

5.2 Finalisering van die 3D- geologiese model [Jaar 5: 3 maande]

Die 3D- geologiese model sal, na gelang van die aantekening en toetsing van die kern, bygewerk en gefinaliseer word

vir gebruik gedurende hulpbronskatting.

5.3 Kodevoldoening-hulpbronskatting [Jaar 5: 3 maande]

Die gefinaliseerde geologiese model tesame met die resultate van die historiese ontleding en enige resultate van die

boorprogram sal gebruik word om ’n kodevoldoening-hulpbronskatting uit te voer.

5.4 Konsepstudie [Jaar 5: 2 maande]

Indien die ontginningsbedrywighede belowende resultate lewer, sal ’n konsepstudie gedoen word. Gedurende hierdie

ondersoek sal hulpbronne in reserwes omskep word en ’n konsep-mynplan en –rooster sal opgestel word. Dit sal dan

wys of die neerslag ekonomies ontginbaar is of nie.

5. GEOLOGIE EN MYNBOUTEIKENS

Die oppervlakgeologie van die prospekteergebied bevat (i) dun Kwarternêre sedimente, meestal onlangse sand en

gruis in die riviervalleie, asook (ii) die Karoo-dolerietgroep en (iii) die sedimentêre rotse van die Karoo-supergroep. Die

Witwatersrand-supergroep wat gouddraend is, is oor die algemeen bedek deur 500 m van die Karoo-supergroepstrata

Page 7: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

5

wat hoofsaaklik bestaan uit horisontale lae van sandsteen en skalie van die Ecca-groep. Die Ecca-groep bevat

steenkool wat taamlik vlak voorkom en wat moontlik ontgin kan word.

Die Welkom-goudveld het elf myne gehuisves in die driehoek tussen Allanridge, Welkom en Virginia, 270 km suidwes

van Johannesburg. Hierdie myne het geskiedkundig altesaam meer as 9.6 miljoen kilogram Au (goud) gelewer. Die

Sentraal-Randgroep van die Witwatersrand-supergroep is teenwoordig by Bothaville, met vier potensieel ekonomiese

spoelafsettings. Die versteende riwwe by Bothaville is die Basaalrif, Groot Spoelklipkonglomeraat, A-rif en die B-rif.

Benewens goud, is die primêre ontginningsteiken silwer, uraan, swael, diamante, seldsame aardelemente en die

platinumgroep metale, en is dit histories ontgin as neweprodukte van goudmynbou.

6. REGULATORIESE VEREISTES

Die voorgestelde veranderinge sal die volgende aansoekprosesse met hulle verwante bedrywighede insluit:

Hersiene PWP sodat boorwerk ingesluit is.

BAV en OBPV.

Onderneem van ’n ODP.

Daar word verwag dat die volgende NEMA-gelyste bedrywighede deur hierdie aansoek veroorsaak sal word:

RK R. 326 (van 2017), Aktiwiteit 31 (Deel 2): ’n Omgewingsmagtiging kan verander word deur die volgende

proses te volg wat in hierdie Deel voorgeskryf word indien hierdie veranderinge sal lei tot ’n verandering in die

bestek van ’n geldige Omgewingsmagtiging waar sodanige verandering sal lei tot ’n hoër vlak van of ’n

verandering in die aard van die impak waar sodanige vlak of verandering in die aard van die impak nie:

(a) Geassesseer is en ingesluit is by die aanvanklike aansoek om Omgewingsmagtiging nie; of

(b) In aanmerking geneem is tydens die aanvanklike Omgewingsmagtiging nie en die verandering self, op

sigself, nie ’n gelyste of gespesifiseerde aktiwiteit uitmaak nie.

RK R. 327 (van 2017), Aktiwiteit 20: Enige aktiwiteit, ingeslote die bedryf van daardie aktiwiteit wat ʼn

prospekteerreg kragtens artikel 16 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne,

2002 (Wet 28 van 2002), vereis, ingeslote (a) gepaardgaande infrastruktuur, strukture en grondwerk, wat

direk verband hou met prospektering vir ʼn mineraal, of (b) die primêre verwerking van ʼn minerale hulpbron,

ingeslote winning, onttrekking, klassifikasie, konsentrasie, vergruising, sifting of was; maar uitgeslote die

sekondêre verwerking van ʼn minerale hulpbron, ingeslote smelting, veredeling, reduksie, raffinering,

kalsinering of vergassing.

RK R. 324 (van 2017), Aktiwiteit 12(b): Die uithaal van inheemse plantegroei oor ʼn gebied van 300

vierkante meter of meer, buiten waar sodanige uithaal van sodanige inheemse plantegroei vir

onderhoudsdoeleindes, onderneem in ooreenstemming met die onderhoudsbestuursplan, nodig is (i) binne

enige kritiek-bedreigde of bedreigde ekostelsel wat ingevolge artikel 52 van die WNOB gelys is, of voor die

publisering van so 'n lys, binne ʼn gebied wat as kritiek-bedreig in die Nasionale Ruimtelike Bio-

diversiteitsassessering 2004 geïdentifiseer is en (ii) binne kritieke biodiversiteitsgebiede soos in

biostreeksplanne geïdentifiseer.

7. TIPIESE IMPAKTE WAT VERBAND HOU MET HIERDIE AKTIWITEITE

Die volgende impakte sal, onder andere, deur die basiese assesseringsverslag beoordeel en daarby ingesluit word:

Veiligheids en sekuriteitsrisiko’s vir grondeienaars

en wettige bewoners.

Inmenging met grondgebruik.

Sin vir die plek.

Verlies aan/vernietiging van habitat.

Skade aan bestaande infrastruktuur.

Persepsies en verwagtinge.

Verwydering van plantegroei.

Grond-onstabiliteit/ saampersing/besoedeling.

Erosie en sedimentasie.

Versteuring van/skade aan erfeniskenmerke.

Geraas.

Page 8: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

6

Bekendstelling van uitheemse spesies.

Vlugtige vrystelling (stof).

Koolwaterstofstortings/kontaminasie.

Besoedeling van oppervlak en grondwater.

Opwekking en storting van afval.

8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES

Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese assesseringsproses wat gevolg word, word hier onder beskryf.

Aanvang en toepassing

Stel aansoekvorms saam en stuur dit in.

Openbare deelnameproses

Identifisering van B&GPs.

Voorbereiding van kennisgewingdokumente (AID, brief, advertensie, terreinkennisgewing,

registrasievorm).

Kennisgewing aan B&GPs en relevante belanghebbendes van die projek.

Plasing van terreinkennisgewings en advertensie.

Basiese assesseringsverslag (BAV) en omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV)

Saamstel van basislyn-omgewingsdata en identifisering van potensiële impakte wat met die projek verband

hou.

Assessering van alternatiewe projekaspekte.

Spesialisstudies onderneem (indien van toepassing).

Potensiële impakte word getakseer en versagtende maatreëls voorgestel.

Moniteringsprogramme word voorgestel om seker te maak dat versagtende maatreëls doeltreffend is.

Voorlopige BAV/OBPV word aan die publiek en die owerhede beskikbaar gestel vir openbare oorsig en

kommentaar .

Finale BAV/OBPV word bygewerk en sluit alle kommentaar in voordat dit voorgelê word aan die DMH

DMH aanvaar die BAV/OBPV of vra vir bykomende inligting.

Rekord van beslissing

DMH neem 'n besluit en keur die aansoek vir omgewingsmagtiging goed of af

Alle B&GPs word in kennis gestel van die uitslag van die aansoek en van hulle reg om appèl aan te teken

9. BESKIKBAARHEID VAN DIE BASIESE ASSESSERINGSVERSLAG EN BESONDERHEDE VAN

DIE OPE DAG

Die konsep-BAV sal beskikbaar gestel word vir openbare hersiening vir ’n tydperk van 30 dae vanaf die 20 Maart 2019

tot die 23 April 2019, ter insae en kommentaar van alle B&GPs. ’n Drukstuk van die verslag is by die volgende openbare

plek beskikbaar:

Plek Adres Kontakbesonderhede

Bothaville Golf Club Off Greyling Street, Bothaville

GPS koördinate: 27.394164, 26.625155

056 515 2951

083 409 5214

Daarbenewens sal ’n elektroniese afskrif ook beskikbaar wees op die webtuiste van Shango Solutions

(www.shango.co.za/public-documents/) vanaf 20 Maart 2019. Om die bevindinge van die Basiese Assesseringsproses

aan die publiek voor te lê en kommentaar oor die verslag te kry, sal daar ’n Ope Dag gehou word. Die rooster vir die

Ope Dag is soos volg:

Datum Tyd Plek Kontakbesonderhede

11 April 2019 09:00-17:00 Bothaville Golf Club 056 515 2951

083 409 5214

Ons is hier

Page 9: White Rivers Exploration (Pty) Ltd · Besoedeling van oppervlak en grondwater. Opwekking en storting van afval. 8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese

7

Alle insette van die publiek ten opsigte van die BAV en die OBPV sal geïnkorporeer word by die hersiene verslag wat by

die Bevoegde Owerheid, die DMH, ingedien sal word.

10. TYDPERK WAARVOOR DIE OMGEWINGSMAGTIGING VEREIS WORD

Die Veranderde Omgewingsmagtiging word vereis vir dieselfde tydsduur as die verwante Veranderde Prospekteerreg.

11. BEHOEFTE AAN EN WENSLIKHEID VAN DIE PROJEK

Indien die prospekteerwerk suksesvol is en ʼn hulpbron gekwantifiseer word, sal dit op ʼn moontlike lewensvatbare

ekonomiese aktiwiteit in die vorm van mynbou dui. Mynbou sal grootliks tot plaaslike ekonomiese groei bydra deur

middel van direkte indiensneming, toekomstige sakegeleenthede, mynreggelde en belastinginkomste.

12. OPENBARE DEELNAMEPROSES

Die leser word hiermee genooi om vrylik deel te neem, en enige vrae of inligting wat tot die basiese assesseringsproses

kan bydra, in te dien. Openbare deelname is ʼn noodsaaklike komponent van die proses. Dit spreek tot die reg van

B&GPs om oor die voorgenome aktiwiteite ingelig te word en betrokke te wees by die besluite wat hulle raak. Dit bied

ook aan die OAP die geleentheid om die kwessies en bekommernisse wat deur B&GPs geopper word, aan te spreek,

wat die OAP in staat stel om al die moontlike impakte van die voorgenome projek te assesseer.

13. UITNODIGING OM TE REGISTREER

Om te verseker dat jy as ’n B&GP geïdentifiseer en geregistreer word (indien jy nie reeds as een geïdentifiseer is nie)

en om kommentaar te lewer oor die BAV en OBPV, moet jy asseblief die aangehegte vraelys en jou kommentare invul

en indien by Shango Solutions teen nie later nie as 23 April 2019.

Dit is belangrik om kennis te neem dat die Basiese Assesseringproses gerig word deur wetlik gestipuleerde

tydraamwerke. Daarom vra ons dat jy, om jou volgehoue en gewaardeerde betrokkenheid by die projek te verseker,

jou registrasieversoeke en enige voorlopige kommentare indien teen nie later nie as die datum wat hierbo gegee is.

Sluit asseblief die projekverwysingsnaam (Bothaville NE Ext A) in by alle korrespondensie. Let wel dat slegs

geregistreerde B&GPs in kennis gestel sal word van verdere geleenthede van betrokkenheid by hierdie proses.

Enige navrae, kommentaar of bekommernisse ten opsigte van hierdie aansoek kan gerig word aan Shango

Solutions:

Tel: 011 678 6504

Faks: 011 678 9731

E-pos: [email protected]

Kontakpersoon: Me Nyandala Ramaru

Projeknaam: Bothaville NE Ext A

Posadres: Posbus 2591, Cresta, 2118, Suid-Afrika

Enige kommentaar of bekommernisse oor hierdie aansoek kan ook gerig word aan die DMH (en 'n afskrif

gestuur na Shango Solutions):

Tel: 057 391 1356

Faks: 057 357 6003

Kontakpersoon: Mnr Salani Shitlangu

Posadres: Privaat Sak X33, Welkom, 9460

DMH-verwysingsnommer: FS 30/5/1/1/3/2/10273 EM

Vir aandag: Myndirektoraat: Omgewingsbestuur DMH – Vrystaatse Streekskantoor


Recommended