+ All Categories
Transcript

LitNet Akademies

’n Akademiese joernaal vir die

Geesteswetenskappe en Natuurwetenskappe

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011

Redaksie: LitNet Akademies

Hoofredakteur Etienne van Heerden (PhD, LLB), Universiteit van Kaapstad

Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies Uitvoerende redakteur: LitNet

Geesteswetenskappe-redakteur

Francis Galloway (DLitt), Universiteit van Pretoria

Natuurwetenskappe-redakteur Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Hendrik Geyer (MSc in Teoretiese Fisika, PhD in Teoretiese Kernfisika, FRSSAf), Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Jannie Hofmeyr (BSc Hons in Biochemie, MSc in Biochemie, PhD, FRSSAf), Universiteit Stellenbosch

Personeel

Produksiebestuurder Margaret Rossouw (BSc in Fisioterapie, HonsBEd, MPhil in Vertaling)

Redaksionele bestuurder

Naomi Bruwer (MA in Afrikaans-Nederlands), Senior inhoudsbestuurder by LitNet

Geesteswetenskappe-taaladviseur

Nicky Grieshaber (MA)

Finansiële bestuurder Ronel Terblanche (BJuris)

Adviesraadslede van LitNet Akademies

Ruth Baitsewe, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Andries Bezuidenhout, Universiteit van die Pretoria – Suid-Afrika Frikkie Botha, Bestuurder: QCanes, BSES Limited – Australië Gerrit Brand, Universiteit van Stellenbosch – Suid-Afrika Guillaume Brümmer, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Naomi Bruwer, Inhoudsbestuurder by www.litnet.co.za – Suid-Afrika Joel Claassen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Eugene Cloete, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Neil Cochrane, Universiteit van Suid-Afrika – Suid-Afrika Ronald Cools, Katholieke Universiteit Leuven – België Scarlett Cornelissen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Darryl David, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika Leon Dicks, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Ian Dubery, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Heilna du Plooy, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Jat du Toit, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Kobus Eloff, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Hans Ester, Radboud Universiteit Nijmegen – Nederland Eep Francken, Universiteit Leiden – Nederland Francis Galloway, LitNet Akademies: Geesteswetenskappe-redakteur – Suid-Afrika Ena Jansen, Vrije Universiteit van Amsterdam – Nederland Thys Human, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Jerzy Koch, Adam Mickiewicz Universiteit, Poznań – Pole Chris Koen, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika Derek Litthauer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Catharina Loader, Universiteit van Wenen – Oostenryk Amanda Lochner, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Braam Louw, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Johann Lutjeharms, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Johan Malherbe, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Jean Meiring, Universiteit van Cambridge – Engeland Johan Meyer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Albert Neitz, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Desmond Painter, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Marius Potgieter, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika Sakkie Pretorius, The Australian Wine Research Institute – Australië Heinrich Raubenheimer, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika Helgard Raubenheimer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Koot Reinecke, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Egmont Rohwer, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika Vasti Roodt, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Alfred Schaffer, Uitgeverij De Bezige Bij – Nederland Arnold Schoonwinkel, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Hendrik Swart, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika Christo van der Rheede, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans – Suid-Afrika Etienne van Heerden, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Ian van Rooyen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika Hannes van Staden, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika Helize van Vuuren, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit – Suid-Afrika Steward van Wyk, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika Emile van Zyl, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Rudi Venter, Nasou Via Afrika Uitgewers – Suid-Afrika

Louise Viljoen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Andries Visagie, Universiteit van Suid-Afrika – Suid-Afrika Gideon Wolfaardt, Ryerson University – Kanada André Weideman, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika Hein Willemse, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Uitgewer: LitNet LitNet Akademies is ʼn geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal. Besoek: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cat=201&limit=10&page-=0&sort=D&cause_id=1270&cmd=cause_dir_news E-pos: [email protected] Telefoonnommer: 021 886 5169 ISSN 1995-5928

Ondersteun deur:

Inhoudsopgawe Afdeling: Natuurwetenskappe

Naasbeste benadering met gladstrykers Carl Rohwer - Universiteit Stellenbosch 1 Afdeling: Geesteswetenskappe Die Nasionale Party se amptelike beleid teenoor die kleurlingstemregkwessie, 1925–1939: Politieke opportunisme of beginselvastheid? Clarence Williams - Departement Onderwysstudies, Universiteit van Wes-Kaapland

21

Digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde Burgert A. Senekal - Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat

46

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur Hennie van Coller - Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat

66

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte Nina Botes - Departement Letterkunde, Universiteit Antwerpen, en Neil Cochrane - Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika

112

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ’n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer Nina Botes - Departement Letterkunde, Universiteit Antwerpen, en Neil Cochrane - Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika

152

Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies Bertha Spies - Departement Musiek, Universiteit van Pretoria 188

’n Vergelykende studie van toelatingskriteria van ’n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite Renette Blignaut en Isabella Venter - Departement Statistiek en Rekenaarwetenskap, Universiteit van Wes-Kaapland

210

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping Rianne van Vuuren - Nagraadse student, Instituut vir Toekomsnavorsing, Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool

227

Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se “Cooler as ekke” Martina Viljoen - Departement Musiek, Universiteit van die Vrystaat

244

“Binne ’n halfuur het ek wit geword”: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse fiksionele uitbeeldings van voorkoms Jessica Murray - Departement Engels, Universiteit van Suid-Afrika 270 Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over Pieter Odendaal - Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

286

Ontronding in Kharkamsafrikaans? Daan Wissing

309

Afdeling: Natuurwetenskappe

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Naasbeste benadering met gladstrykers

C.H. RohwerUniversiteit Stellenbosch

Summary

When formalising the art of smoothing data it is convenient to introduce the concept of aseparator, as an operator that separates a given sequence x of data into that which is required(Sx, or the signal) and that to be eliminated (x − Sx, or the noise). For linear smoothersprojections often suffice. In this case we automatically have that Sx is a best approximationin the 2 norm to x, from the vector space that is the range of S. The Lebesgue Inequalityensures near best approximation in other norms.

When smoothers are general, or non-linear, one can generalise this projection into a separa-tor. In the LULU theory of smoothers all compositions of the basic LULU operators are suchthat Sx is still a near best approximation to x from the range of S.

In this article relevant established results are summed up that prove precisely this; all ope-rators like S have Sx between two approximations ULx and LUx to x, which have the sameimage sets. Best approximations from these image sets exist in all the p norms for sequences,and LUx, LUx and Sx yield approximation errors bounded by the same Lebesgue-type factorand the best-approximation error.

The new results that are derived in this article are, firstly, that ULx and LUx always haveapproximation errors inside a factor of two from each other and, secondly, that there is a de-rivable approximation, which is between these two, which does not approximate more badly.Important implications for choices in Discrete Pulse Transforms are derived.

Opsomming

As die kuns van gladstryking van data geformaliseer word, is dit nuttig om die konsepvan ’n skeier (separator) in te voer as ’n operator S wat ’n gegewe ry x skei in dit watbenodig word Sx, of die sein, en dit wat verwyder moet word, of die geraas. Vir lineeregladstrykers sal projeksies dikwels genoegsaam wees. In hierdie geval is Sx outomaties’n beste benadering in die 2-norm tot x, vanuit die beeldruimte van S. Die Lebesgue-ongelykheid verseker naasbeste benadering in ander norme.

As die gladstrykers algemeen, of nielineer, is, kan mens hierdie projeksies veralgemeentot separators. In die LULU-teorie van gladstrykers is alle komposisies S van die basieseLULU-operatore sodanig dat Sx steeds naasbeste benaderings, uit die beeldruimte van S,tot x gee.

In hierdie artikel word relevante gevestigde resultate opgesom wat presies dit bewys:alle operatore soos S het Sx tussen twee benaderings ULx en LUx tot x, wat dieselfde

1ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

beeldversamelings het. Beste benaderings vanuit hierdie beeldversameling bestaan in aldie gewone p-norme vir rye, en ULx, LUx en Sx lewer benaderingsfoute begrens deurdieselfde Lebesgue-agtige faktor en die beste benaderingsfout.

Die nuwe resultate wat in hierdie artikel afgelei word, is eerstens dat ULx en LUx altydbenaderingsfoute binne ’n faktor 2 van mekaar het, en tweedens dat daar ’n afleibarebenadering in dieselfde beeldversameling le, wat tussen ULx en LUx is, en nie swakkeras albei benader nie. Belangrike implikasies vir keuses in Diskrete-Puls-Transforms wordafgelei.

Extended abstract

Defining a primitive n pulse as a sequence that is zero elsewhere and constant on anindex set i + 1, i + 2, . . . , i + n, such sequences are significant in the so-called LULUtheory of smoothers. The fundamental pair of LULU smoothers UnLn and LnUn mapsuch n pulses onto the zero sequence θ. Since smoothers often have to be non-linear, it isunclear how they will recover an underlying signal s from a sequence x = s+ v, where vis a sequence of such pulses contaminating s. Often such pulses can be partially removedby removing any “bulge” or “pit” that is respectively larger or smaller than neighbours, inthe sequence x. This is done by UnLn and LnUn, but since they are non-linear there isa fundamental ambiguity involved. Considering the simplified case, of a constant sectionin x, a pulse will be removed by both. If two pulses are adjacent they are, in principle,indistinguishable from a 2n pulse and will not be removed by either. If the two pulses arenear each other it is uncertain whether this perhaps constitutes a longer upward pulsewith a downward pulse superimposed. In this case UnLnx < LnUnx, and this separationof the LULU interval of x, indicates this fundamental uncertainty in interpretation [5]. Ingeneral, where there is trend in x, UnLnx = LnUnx indicates this.

The well-known median smoothers Mn, popularised by Tukey in various compositions,yield a sequence between; UnLnx 6 Mnx 6 LnUnx [3]. The common range of theoperators UnLn and LnUn is fundamental in the theory, and can be shown to be pre-cisely that set of “roots” of the median smoothers Mn which are absolutely summable.This set consists of n-monotone sequences x, which are such that {xi, xi+1, . . . , xi+n+1}

is monotone increasing (non-decreasing) or monotone decreasing (non-increasing) foreach index i. Clearly they contain no “bulges” or “pits” of width less than, or equal to, n.

In the selection of a smoother S for a specific task, it is of serious, if secondary, consi-deration whether the smoothed sequence Sx is a good approximation to x, since we canseldom be sure to obtain x exactly from the contaminated sequence s = x+v. With linearsmoothers it is easy to resort to the theory of Digital Filters, where the use of the usualinner product yields the convenient 2 norm. In such a case the projections are ideal, notonly consistently separating a sequence into signal and noise, but also ensuring that theimage is a best approximation in the 2 norm. The Lebesgue Inequality ensures that theimage is also a near-best approximation in the other usual p norms, provided the relevantoperator norm is bounded.

Long ago Bovic and Restrepo [1] showed that there are best approximations in the mo-notonicity classes forming the range of UnLn and UnLn, but that these need not beunique. Critical advances later came from the realisation that non-linear operators can-not be projections, but the concept of projection can be generalised to that of a separatorS, such that S is idempotent (S2 = S) and co-idempotent ((I − S)2 = I − S). All com-positions of the basic LULU operators Ln and Un are separators, and without the use of

2ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

projections, a set of Lebesgue-type inequalities were proved for UnLn and LnUn, and alloperators mapping into the interval of ambiguity [UnLnx, LnUnx]. This was done for allthe usual p norms, and used minimal Lipschitz constants [5]. Further results proved thatno subsequent smoothing with LULU operators could improve the approximations in twoimportant norms. [4] [6].

Subsequent research revealed the natural norms of smoothing, specifically for imageprocessing, to be the Total Variation and the 1 norm. Particularly the Total Variation,which becomes a norm in the vector space of absolutely summable functions,as T(x) =Σ|xi+1 − xi| 6 ||x||1, is natural in LULU theory. This is mainly due to the fact that, whe-never S is a composition of LULU smoothers, it is a separator and is Variation Preservingin the sense that

T(x) = T(Sx) + T((I− S)x).

A Discrete Pulse Transform (DPT), and the computationally fast version called a FastPulse Transform or Roadmaker Algorithm, is a sequential smoothing of a sequence x withsmoothers Si, given by Sn−1Sn−2 · · ·S1x = SnSn−1 · · ·S1x+rn(x), with rn(x) as the n-thresolution component.

With a sequence xwith support in [1,N] this yields x =∑N

i=1 ri(x), and T(x) =∑N

i=1 T(rix),which is a “pulse spectrum” of x, or a type of Parseval Identity, as found in the Fourier orWavelet Transforms.

Given the task of selecting a DPT for a specific task, a natural trade-off associated withthe interval of ambiguity [UnLn, LnUn] presents itself. In choosing either Sn = LnUn orSn = UnLn we may find that the pulse spectrum is loaded towards the higher resolutionlevels like T(r1(x)) and T(r2(x)), or towards the lower resolution levels like T(rN(x)) andT(rN−1(x)) etc. In the same way the power spectrum of a sequence gives information onthe design of a linear smoother, for a given task. We can select a smoother to eliminatethe first resolution levels, with the motivation that this is populated primarily by pulsesresulting from additive noise that is identically independently generated by a distribution[5]. Additionally we could eliminate underlying trend, or drift, by omitting lower resolu-tion levels. It is important to consider whether we go for the better approximation, or forthe removal of as much expected noise as possible.

This article surveys the approximation problems already solved, and presents new impor-tant results.

The essence of the established results is that best approximations, in the common rangeM0 of LnUn and UnLn to a given sequence x exist, and both the operators give near-bestapproximations that do not exceed a Lebesgue-type constant in error, relative to a bestapproximation. The same factor is applicable to any operator mapping into the interval[UnLnx, LnUnx]. This is true in any of the usual p norms. Stated as a theorem it givesthe following.

Theorem. Let x ∈ M0 and || · ||p the usual p norm. Then, for each y ∈ Mn, and P anyoperator mapping into the LULU interval [UnLnx, LnUnx], we have

||Px− y||p 6 (2n+ 1)1p ||x− y||p.

Two important observations are that this is clearly true also if y is a best approximation,and that the optimality of the bound (2n+ 1)

1p is not established.

An old question is whether a best approximation is always in this LULU interval. Expe-rience suggests that the two sequences UnLnx and LnUnx are competitive, and very easy

3ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

to compute, particularly in a DPT. The new results derived and presented in this articleare the following. A theorem is presented and proved, which demonstrates that, provi-ded x is in Mn−1, the two approximations UnLnx and LnUnx differ in approximationerror by a ratio of at most 2 or ||Lnx − x|| 6 2||LnUnx − x|| 6 4||UnLnx − x||. Suggestedby this result, a related smoother Wn is defined and proved to be as good an approxi-mation as both, and therefore in general better. All this is done for the two norms thatare arguably natural for the LULU theory and its applications: the 1 norm and the TotalVariation norm. Some important implications of this result for the selection of smoothersfor a DPT are discussed. Experience suggests that the best approximation in Mn to asequence x ∈Mn−1 is actually better by a factor of not more than 2 to either UnLnx andLnUnx, and that Wn is therefore easily mistaken for a best approximation. The questionof why this approximationWnx is not always a best approximation is given new life, withan argument as to why a best approximation, where it differs from Wnx, is not to bepreferred.

On requiring a natural additional attribute of the best approximation, it may well beinside the LULU interval. This is stated as a conjecture.

Inleiding

Die fenomenale vooruitgang in tegnologie, en spesifiek in die sensortegnologie, het ’neienaardige probleem laat ontstaan: ’n oorvloed van metingsdata. Ons voorvaders in diewetenskap sou dit beswaarlik kon vooruit sien, veral nie in die omgewing van die enormerekenaarkapasiteit en spoed wat beskikbaar is nie. As voorbeeld kan sensitiewe versnel-lingsmeters beskou word, wat veroorsaak dat een internasionale aardbewingsnavorsings-maatskappy in een sekonde meer aardbewingsdata versamel as die totale mensdom tot1980. Aardbewings is fraktaal van aard, sodat die kleintjies ewe beduidend vir navorsingen interpretasie beskou kan word.

Vanaf kosmologie tot fundamentele partikelfisika ontstaan soortgelyke probleme: ontset-tend hoe resolusie van meetinstrumente, rekenaarspoed en teorie vir interpretasie. Watis die probleem?

Interpretasie is die beperking. Elkeen wat toegang tot die inkomende data het kan hoog-stens ’n paar aspekte op ’n slag ondersoek, en juis die oorvloed data kan dit wat waar-geneem moet word, verswelg. Een persoon wil ’n betrokke aardbewing se aankomstyeby verskillende sensore bepaal om dit te lokaliseer, terwyl ’n ander sy energievrystellingoor tyd bestudeer. Om hierdie rede is daar huidig ’n wye belangstelling in Multiresolusie-Analise (MRA). Dikwels is die probleem ook baie dringend, waar mens vinnig moet rea-geer, byvoorbeeld om ’n myn betyds te ontruim wanneer ’n rotsbarsting, wat maar net ’nklein aardbewing is, veiligheid bedreig.

Wiskundig kan ons dit vereenvoudig deur ’n stel metings as ’n ry x van getalle xi beskou,wat natuurlik eindig is, maar gemaklik algemeen hanteer kan word deur byvoorbeeldnulle voor en agter aan te heg sodat die 1-norm van x bestaan.

Ons kan dus navorsing in “skeiers” (“separators”) S motiveer. Dit is operatore, of bereke-ningsalgoritmes, wat data soos x skei in Sx, of dit wat vir ’n spesifieke doel nodig is, endie res x − Sx. Mens kan dit na analogie van ’n spesifieke isotoopskeiding betrag. Deurparallelisering kan mens algemeen ’n stel reele digitale tydrye op ’n slag betrag. Hierdieondersoek het begin by die ondersoek na gladstrykers (“smoothers”), waar histories dielineeres (filters) deeglik bestudeer is, meesal vir die ontwikkeling van oudiotransmissie.

4ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

In sy eenvoudigste vorm wil mens byvoorbeeld hoe frekwensie en lae frekwensie skei.Heel natuurlik het daaruit gevolg dat mens “geraas” van verskeie tipes met hierdie meto-des as ongewens kan verwyder, meestal natuurlik net binne perke. Dit is dan ook natuur-lik dat mens komposisies van sulke skeiers kan gebruik om byvoorbeeld eers “sein” van“geraas” te probeer skei, en dan die deel van die sein wat dringend relevant is van die res.Dit lei tot ’n vorm van Multiresolusie-Analise (MRA), deurdat S1 gekies word as ’n skeierwat hoe-resolusie-detail afskil sodat x = S1x+ (x− S1x), met R1 = x− S1x wat as eersteresolusievlak beskou kan word. Dan word die “gladder” gedeelte S1x weer geskei deurS2 te kies om S1x op te breek in S2S1x en die tweede resolusievlak R2 = S1x−S2S1x. Ditword voortgesit sover as benodig. Deur die resolusiekomponente te betrag, kan dan be-sluit word oor wat benodig word as sein Sx, en watter van die verskillende resolusievlakkeverander of weggelaat word. Klaarblyklik kom ’n benaderingsprobleem te voorskyn. Sxword gesoek wat eenvoudiger of “gladder” is, en die essensiele benodigde informasie noggenoegsaam benaderd bevat. Die fout x − Sx moet dus nie te groot wees in vergelykingmet ander, moontlik beter benaderings van dieselfde tipe nie.

Met die koms van digitale tegnologie het nog ’n probleem ontstaan, wat mens loswegdie probleem van impulsiewe geraas kan noem. Daar kan byvoorbeeld elke nou en dan’n enkele reuse-getal deur ’n transmissiefout ontstaan wat glad nie vergelykbaar met syonmiddellike bure is nie. Dit sal glad nie help om elke punt met die gemiddelde vanhom en sy twee bure te vervang nie, wat ’n eenvoudige lineere gladstryking sou wees.Lineere gladstrykers, en hul gepaardgaande lineere teorie, is nie toepaslik nie. Wesentlikse Heissenberg se onsekerheidsbeginsel, wat in hierdie konteks suiwer wiskundig gesienkan word: ’n kort puls het ’n wye spektrum. Verder is ook skielike veranderings vangrootte lastig en produseer hulle, as impulse in die differensies, ook sintetiese artifaktein terme van lokale ossilasies. Daar moes noodwendig na nielineere gladstrykers gekykword. Dit is min of meer in twee pogings te klassifiseer: die Robuuste Statistiek endie meer pragmatiese, praktiese pogings. Tukey en ander het mediaangladstrykers asvoorgladstrykers gebruik om impulsiewe geraas te verwyder, gevolg deur bekende lineeretegnieke vir die oorblywende.

’n Teorie is gesoek, en hoewel Mallows basiese aksiomas gekies het wat baie sinvol was,was die konsensus dat so ’n teorie van nielineere gladstrykers moeilik te vind is, indiennie onmoontlik nie. Oorspronklik naıef ten opsigte van ander pogings, is LULU-teoriein die afgelope drie dekades uit praktiese toepassings ontwikkel. Later het dit duidelikgeword dat die operatore, wat sentraal is in die teorie, spesifieke eenvoudige morfologiesefilters is. Hulle het egter baie sterk spesifieke eienskappe wat ontbloot is deur ’n anderperspektief. Hulle is ook deur sterk ongelykhede verwant aan die mediane wat deurTukey populer geword het, sodat baie van die goeie maar “enigmatiese” gedrag van diemediane verstaanbaar word. Die heel eerste artikel in die Journal of Approximation Theoryhet vinnige benadering met lokaalmonotone rye behandel. ’n Latere artikel het bewys datfundamentele LULU-gladstrykers, sowel as baie verwante gladstrykers, almal naasbestebenaderings gee met betrekking tot die beeldruimtes van die operatore. Die belangrikheidhiervan is duidelik dat die eenvoudige, lokale gladstrykingsoperatore benaderings geewat, binne ’n vaste faktor, ’n nie baie slegter benadering gee as ’n “beste benadering”.Dit geld in elk van die gewone p-norme. Bovic en Restrepo het bewys dat sulke bestebenaderings bestaan, maar hul konstruksies was berekeningsduur en nielokaal.

Hierdie resultaat is as genoegsaam beskou totdat dit duidelik geword het dat die TotaleVariasie die natuurlike norm is in die gladstrykerteorie. Die sterkste motivering het oor-spronklik gekom van die ontdekking dat alle LULU-gladstrykers nie net Totale Variasieverminder nie, maar in die som van die Totale Variasie van sy skeidingskomponente pre-sies behou, net soos Pythagoras se stelling die kwadrate van die 2-norm van ’n lineereprojeksie behou. Dit suggereer die gebruik daarvan in ’n teorie van gladstryking, deurdatrekursief gladgestryk kan word met ’n presiese maatstaf van hoeveel van die Totale Vari-

5ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

asies van die oorspronklike ry reeds verwyder is. Dit is wat in die teorie van lineere filtersmet die 2-norm se kwadraat gedoen word met die Parseval-identiteit.

Van al die gewone p-norme is die 1-norm die mees robuuste. Die relevante norme in dieteorie van nielineere gladstrykers kan dus as die 1-norm en Totale Variasie beskou word,en daar is verskeie sterk verbande tussen die twee norme afgelei.

In hierdie artikel word belangrike bestaande resultate oor die benaderingseienskappe vanLULU-gladstrykers, sowel as verwante operatore soos die mediane, verduidelik. Verderword lank bestaande vrae oor die benadering in die Totale Variasie-norm, en die 1-norm,ondersoek en sommiges opgeklaar. Hoewel die redenasies en bewysmetodes vreemd isvir enigiemand wat met die gewone vektorruimtes en lineere teorie vertroud is, is dieargumente basies en eenvoudig om te interpreteer. Bowenal is dit nuttig vir sommigekeuses vir ’n Diskrete-Puls-Transform (DPT).

1. Basiese resultate vir komposisies van min.- en maks.-operatore

LaatM0 = `1 die bekende vektorruimte wees van rye wat absoluut sommeerbaar is metdie gewone definisies van sommering en skalaarvermenigvuldiging. Die p-norme, virp = 1, 2, 3, . . . , sowel as die sup-norm (p = ∞), sal dan ook bestaan. Addisioneel sal dieT-norm as T(x) = Σ|xi+1−xi|, wat maar net die totale variasie van x is, gedefinieer word,aangesien dit oenskynlik natuurlik is in hierdie analise.

In die teorie wat volg, is die verskillende ordes en parsiele ordes gebaseer op die gewonevolledige orde op die reele getalle R.

Definisie 1:

(a) Gegee x, y ∈M0. Dan is x 6 y as en slegs as xi 6 yi, ∀i.

(b) Laat S,G operatore wees wat x ∈ M0 afbeeld op Sx ≡ S(x) ∈ M0 en Gx ≡ G(x)respektiewelik. Dan is S 6 G wanneer. Sx 6 Gx, ∀x ∈M0.

(c) Die operator S is monotoon as dit orde tussen x en y behou, of

x < y ⇒ Sx 6 Sy.

In die Wiskundige Morfologie (Mathematical Morphology (MM)) word die term mo-notoon gebruik, en ons sal dit ook hier gebruik, hoewel in die ontwikkeling vanLULU-teorie die term sintoon gebruik is, na aanleiding van Lothar Collatz se ge-bruik.

(d) Die operator S is buurordebehoudend (neighbour trend preserving (ntp)) as

∀i, xi < xi+1 ⇒ (Sx)i 6 (Sx)i+1 en xi = xi+1 ⇒ (Sx)i = (Sx)i+1.

Die volgende eenvoudige operatore is fundamenteel in die teorie van gladstrykers [5].

Definisie 2:

(a) Die “skuif-operator” E is sodanig dat vir x ∈M0, (Ex)i = xi+1, vir elke indeks i.

6ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

(b) Die identiteitsoperator I beeld x ∈ M0 af op homself, en die nul-operator 0 beeldx ∈M0 af op die nulry (nulvektor) inM0. Vir enige operator A is A0 ≡ I.

(c) Die negasie-operator N beeld x ∈M0 af op −x.

(d) Die maks. operator∨

beeld x ∈M0 af op∨x, sodat (

∨x)i = maks{xi, xi+1}

(e) Die min. operator∧

beeld x ∈M0 af op∧x, sodat (

∧x)i = min{xi−1, xi}.

(f) Vir twee operatore S en G is die komposisie SG sodanig dat (SG)x = S(Gx), vir elkex ∈M0. Die som en skalaarveelvoude van S en G word soos gebruiklik gedefinieer.

(g) Die mediaan-operator Mn gee vir elke x ∈M0 dat

(Mnx)i = mediaan {xi−n, · · · , xi, · · · , xi+n}.

(h) LULU-operatore is komposisies van operatore van die vorm Ln =∨n ∧n en Un =∧n ∨n vir n > 0.

Omdat baie van die operatore ter sprake “gladstrykers” is, word nog ’n paar definisiesgegee.

Definisie 3:

(a) Die operatorG is ’n gladstryker asGE = EG,G(x+c) = G(x)+c, waar c ’n konstantery is, en S(αx) = αSx vir elke skalaar α > 0.

(b) G is idempotent as GG = G en ko-idempotent as (I−G)2 = I−G, en G is ’n skeieras G idempotent en ko-idempotent is.

(c) G is volledig orde-behoudend (fully trend preserving ftp) as G en I−G buurordebe-houdend of ntp (neighbour trend preserving) is.

Ter wille van insig is dit duidelik dat ’n gladstryker se eienskappe di van as-onafhanklik-heid en skaal-onafhanklikheid is. Dit het eenvoudige heuristiese motiverings.

Die ko-idempotensie is minder bekend, en is maklik heuristies motiveerbaar [5]. Virlineere operatore is idempotenisie en ko-idempotensie dieselfde eienskap, maar hier isdie fundamentele operatore meestal nielineer. Die begrip ko-idempotensie is wesentliknoodsaaklik in ’n algemene gladstrykingsteorie, en dit is waarskynlik ’n groot leemte indie lank bestaande teorie van wiskundige morfologie dat hierdie begrip nie inslag gevindhet nie. (Ronse het dit wel erens ingevoer, maar die idee is blykbaar algemeen onderskatwat sy waarde betref.) So is die idee van ’n skeier, as veralgemening van ’n projeksie,blykbaar nerens uitgelig of na waarde geskat nie. Dit is sentraal in LULU-teorie.

Stelling 1:

Vir elke natuurlike getal n is

(a)∧n 6

∨n ∧n 6 I 6∧n ∨n 6

∨n.

(b)∧n

=∧n ∨n ∧n en

∨n=

∨n ∧n ∨n, die Galois-verband.

(c) (∨n ∧n

)2 =∨n ∧n 6 (

∧n ∨n ∨n ∧n)2 =

∧n ∨n ∨n ∧n 6Mn 6∨n ∧n ∧n ∨n

> (∨n ∧n ∧n ∨n

)2 =∧n ∨n

= (∧n ∨n

)2 .

(d)∨n ∧n

=∨n ∧n ∨n−1 ∧n−1 and

∧n ∨n ∧n−1 ∨n−1=

∧n ∨n. (Inslukstelling)

7ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

(e) Alle komposisies van∨

en∧

is monotoon.

Bewys: Die bewys is in die monograaf [5] oor die onderwerp, maar volg maklik uit eerstebeginsels. Die insluiting van Mn in die ongelykhede is egter subtiel, maar noodsaaklik.

Stelling 2:

(a) Komposisies van ftp-operatore is ftp.

(b) Alle komposisies van Ln en Un is ftp.

(c) ’n Operator P wat ftp is, is Variasiebehoudend (Variation Preserving (VP)) , deurdatT(x) = T(Px) + T(x − Px). P is dus ook variasieverminderend, of strenger gese,variasie-nietoenemend.

Bewys: Sien [5].

Belangrik om op te let is dat∧

en∨

nie ftp, en dus ook nie variasiebehoudend, is nie.

Stelling 3: Laat || · || ≡ || · ||1. Dan geld vir n = 0, 1, 2, . . . en k 6 n,

(a) ||∨n+1

x−x|| = ||∨n

x−x||+ 12T(∨n

x) en ||∧n+1

x−x|| = ||∧n

x−x||+ 12T(∧n

x).

(b) T(∧k ∨n

x− x) = T(∨n

x− x) − k2T(∨n

x) en T(∨k ∧n

x− x) = T(∧n

x− x) −k2T(∧n

x).

(c) T(∨x) en T(x) > T(

∨x) 6 T(x). Net so is alle komposisies van

∨en

∧variasiever-

minderend.

Bewys: Die stelling is bewys [5], vanaf 2||∧x− x|| = T(x) = 2||

∨x− x||, ’n fundamentele

resultaat, wat eenvoudig en die moeite werd is om te illustreer.

Dit volg deur die som 0 = Σ(xi+1 − xi) in ’n som van positiewe differensies E+ en diesom van negatiewe differensies E− te skei sodat E− + E+ = 0. Omdat (

∨x)i − xi =

maks(xi, xi+1) − xi > 0 is E+ = Σ((∨x)i − xi) = ||

∨x − x|| . Soortgelyk is E− =

Σ(xi − (∧x)i) = −||

∧x− x||. Maar T(x) = E+ − E−, wat die gelykheid gee.

Die laaste gedeelte is op ’n omslagtige manier bewys, maar kan eenvoudiger, en insigge-wend, van bogenoemde resultaat volg.

T(∨x) = 2||

∧∨x−

∨x|| = 2Σ(

∨x−

∧∨x)i, omdat

∨>

∧∨= 2Σ(

∨x− x)i + 2Σ(x−

∧∨x)i

= 2||∨x− x||− 2||

∧∨x− x||, omdat

∨>

∧∨> I

= T(x) − T(x−∧∨

x), omdat (∧∨

x)i − xi uit pulse geskei deur nulle bestaan

= T(∧∨

x), omdat∧∨

variasiebehoudend is

Die 1-norm het ’n eie heuristiese motivering vir sy relevantheid in die teorie van nielineeregladstrykers. Dit is die norm wat robuust is, wat met die volgende eenvoudige argumentgemotiveer kan word. Laat x0, x1, . . . , x2n ’n ry metings van die lengte van ’n tafel wees,wat algemeen foute op het. Deur die aanname dat die tafel se lengte konstant moetwees, wat in sy laaste konsekwensies natuurlik nie waar is nie, kan gesoek word na

8ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

hierdie konstante waarde c. Deur aan te neem dat die metings xi = c + ei is, met fouteei gekontamineer word, skei ons die vektor x in ci = c en ei deur c so te kies dat dievektor e = [e0, e1, . . . , e2n] die naaste aan x is in ’n gekose norm. Die 2-norm is populerom verskeie redes, maar hoofsaaklik omdat dit deur ’n binneproduk ge’induseer word endus ’n maklike bekende oplossing gee: c is die gemiddeld van die waardes xi. Dit is baiegoed as benadering mits die metingsfoute ei “goedgeaard” is. Dit sal byvoorbeeld geld asei uit afkappingsfoute kom in die meetproses.

As een van die metings egter deur ’n fout in die teken van die eksponent so erg ver-steur word dat dit met ’n faktor van 1014 vergroot word, sal die gemiddeld ook met ’nsoortgelyke faktor vergroot, en dus ’n sinlose waarde gee. Dit is die probleem van impul-siewe geraas. As die 1-norm egter gekies word, sal die vektor e geminimeer word presieswanneer c = mediaan{x0, x1, . . . , x2n} gekies word. Enkele groot of klein waardes, by-voorbeeld maks{xi} en min{xi}, het geen invloed op die waarde van c nie. Daarom ishierdie die mees robuuste norm. Ter vergelyking is dit insiggewend dat die keuse vanc = 1

2(min{xi} + maks{xi}) die beste keuse is in die ∞-norm, of die sup-norm. Hierdie

is die toepaslike keuse as die foute ei deur harmoniese vibrasies veroorsaak word, soosbyvoorbeeld in die geval van ’n vibrerende veer of snaar. Dit is algemene ervaring dat ’nvibrerende snaar oenskynlik in twee posisies sigbaar is. Die sup-norm is egter die minsrobuuste van die p-norm, soos intuıtief duidelik is.

2. Die monotoonheidsklasse, en Diskrete-Puls-Transforms

Definisie 4:

(a) Die ry x is n-monotoon as {xi, xi+1, . . . , xi+n, xi+n+1} monotoon is vir alle i, d.w.s.xi 6 xi+1 6 · · · 6 xi+n+1 of xi > xi+1 > · · · > xi+n+1.

(b) M+n = Beeld(

∧n ∨n), M−

n = Beeld(∨n ∧n

) en Mn =M−n ∩M+

n .

Let op die gebruik van die woord Beeld as die benaming vir die versameling van beeldevan die operator, omdat die versamelings nie algemeen vektorruimtes is nie. By ’n lineereoperator is Beeld(A) = Beeldruimte(A).

Soos gebruiklik vir operatore is P0 = I, sodatM+0 =M−

0 =M0 = l1. Dit is duidelik datidempotente operatore gelyk is aan die identiteitsoperator I op die beeldruimte.

Stelling 4: Met U = Un =∧n ∨n en L = Ln =

∨n ∧n is

(a) Mn = Beeld(UnLn) = Beeld(LnUn) .

(b) Mn = {x; x is n− monotoon}

Bewys: Die stellings is bewys [5], maar ’n bewys van (a) is insiggewend en eenvoudig omte herhaal. Ons let op dat L(UL) 6 UL, omdat L 6 I. Verder het ons dat (LU)L > (UL)L =U(LL) = UL, omdat LU > UL en LL = L. Dus is LUL = UL, en Beeld(UL) ⊂ Beeld(U).Dus is Beeld(UL) ⊂M−

n ∩M+n =Mn.

Omgekeerd volg dit maklik dat x ∈Mn impliseer dat daar twee rye y en z bestaan sodatx = Ly = Uz. Maar dan is Lx = L(Ly) = Ly = x en U(Lx) = Ux = U(Uz) = Uz = x.Dit beteken dat x in Beeld(UL) is. ’n Soortgelyke argument as bostaande geld vir diegelykheidMn = Beeld(LU), sodat (a) bewys is.

9ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Dit is duidelik dat ons ’n geneste ry versamelings het sodat M0 ⊃ M1 ⊃ M0 ⊃ · · · ⊃Mn ⊃ · · · , waarvan die deursnit slegs monotone rye bevat, omdat monotone rye absoluutsommeerbaar kan wees slegs as hulle identies die nulry is. Hierdie versamelings gee ookdirek die “wortels” (roots) van die mediaan-operatore wat inMn le. (Die ander is almalperiodies en le dus nie inMn nie.) Daar is dus genoegsame rede om belang te stel in diebenaderingseienskappe van die versamelingsMn. Dit is duidelik dat hulle baie groot iswanneer n klein is.

In die vroee negentigs van die vorige eeu het Restrepo en Bovic presies dit gedoen, enaangetoon dat beste benaderings tot in arbitrere rye bestaan m.b.t. die p-norm, onderandere [1]. Die algoritmes wat aangegee is vir die konstruksie van diesulkes het egterdie ernstige nadeel gehad dat hulle nielokaal is. Dit is nie goed vir implementering inreele tyd nie, en daar is oral ook sleggeaardheid, in die sin dat ’n verandering by ’n puntveranderings arbitrer weg kan veroorsaak.

Dit sal uit ons verdere analise heuristies duidelik word hoekom dit so is, en so sal bly. Dieverhouding tussen die mediane en die LULU-operatore lei tot afskattings, wat toon datgladstryking met albei tipes naasbeste benaderings gee. Ongelykhede van die Lebesgue-tipe bestaan as bewyse hiervan. Dit is belangrik en nuttig en kan opgesom word uitbasiese resultate wat bewys is [5].

Stelling 5: Laat x, y rye wees in M0, en c = p√2n+ 1, met p > 1. As U =

∧n ∨n enL =

∨n ∧n, geld:

(a) ||Ux−Uy||p 6 c||x− y||p en ||Lx− Ly||p 6 c||x− y||p, met c minimaal.

(b) As y ∈ Mn is, ||LUx − LUy||p 6 c||x − y||p en ||ULx − ULy||p 6 c||x − y||p, met cminimaal.

(c) As y ∈Mn en UL 6 P 6 LU, geld vir enige s ∈Mn dat ||Px−s||p 6 (1+c)||x−s||p.

Dit is insiggewend om die resultate van hierdie stelling te interpreteer. Daar is drie be-langrike intervalle ter sprake vir afbeeldings van ’n ry x deur LULU-operatore. Daar isdie boonste omhulsel van Ux en die onderste omhulsel Lx, met Lnx 6 UnLnx 6Mnx 6LnUnx 6 Unx. Rofweg gese “skep” die gladstryker Un net afwaartse pulse van wydtenie meer as n af, en Ln net opwaartse pulse. Die interval [Lx,Ux] is dus nie robuust nie,en vorm net ’n omhulsel vir beelde. Belangriker is die interval [ULx, LUx], wat as dieprimere LULU- interval beskou kan word, want beide opwaartse en afwaartse pulse kanverwyder word deur beide. Duidelik is dus dat Lx 6 x 6 Ux maar dat x nie noodwendigin [ULx, LUx] is nie. Beide UnLnx en LnUnx is inMn, terwyl Lnx en Unx slegs gewaar-borg is om inM−

n ∪M+n te wees. Daar is populere gladstrykers wat beelde gee wat in die

interval [UnLnx, LnUnx] le. Die Mediaan Mn, alle magte Mkn, R = lim

k→∞Mkn en M∗n, die

rekursiewe weergawe van Mn, hoewel slegs R en M∗n gewaarborg is om n-monotoon tewees [5], wat verband hou met die probleme wat ervaar is met ’n teorie vir die Mediane.

Weens die onsimmetriese robuustheideseienskappe van LnUn en UnLn, veral as n > 1,sal verdere intervalle belangrik word. Spesifiek is intervalle van die vorm [Fnx,Cnx]belangrik, waar Fn en Cn rekursief gedefinieer word deur Fn = UnLnFn−1 en Cn =LnUnCn−1 met C0 = F0 = I. Hierdie intervalle is binne [UnLnx, LnUnx], en Beeld(Fn) =Beeld(Cn) =Mn soos eenvoudig bewys kan word uit Stelling 1.

Die gladstrykers Fn en Gn is komposisies van gladstrykers en verwyder dus in die alge-meen meer variasie wanneer hulle inMn afbeeld. In die algemeen sal hulle dus slegterbenaderings gee as die gladstrykers LnUn en UnLn, maar die afskattings van bostaandestelling geld steeds.

10ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Variante van Fn en Gn wat Komposisies is van LnUn en UnLn, maar wel in ander volg-orde van keuses, soos byvoorbeeld U3L3L2U2U1L1 is ook moontlike keuses. Om methierdie keuses te help is dit wenslik om, moontlik skerp, afskattings te kry tussen diebenaderings tot x wat in Mn verkry word wanneer x in Mm−1 is. Hierdie afskattingsmag ook nuttig wees ir die insig wat benodig word om afbeeldings in Mn te vind watoptimaal is in ’n spesifieke sin.

’n Sterk, vermoede dat beste benaderings uitMn binne die LULU-interval [UnLnx, LnUnx]le, het lank bestaan, maar het alle bewyspogings ontwyk. Dit was totdat ’n eenvoudigeteenvoorbeeld die vermoede, ten minste vir n > 1, verkeerd bewys het.

Voorbeeld 1: Laat x = δi1 + δi2 wees en w = δi0 + x. Dan is w ∈ M2 met ||w − x||1 =1, terwyl L2U2x = U2L2x = 0 met ||L2U2x − x|| = ||U2L2x − x|| = 2. Klaarblyklik isw 6∈ [U2L2x, L2U2x], en is w ’n beter benadering as enige ry in die interval, en heelwaarskynlik ’n beste benadering tot x uitM2. Verder is w nie eens in [L2x,U2x] nie, ennie uniek nie.

Hierdie voorbeeld illustreer die subtiliteite van die benaderingsprobleme ter sprake, sowelas die waarde van Stelling 5. Verder sal die faktor 2, wat voorkom in die relatiewebenaderingsfoute, gereeld in verdere ondersoeke verskyn. Dit is ook kleiner as die grensdeur Stelling 5 verskaf. Omdat die benaderingsprobleem vir gladstrykers ’n sekondereprobleem is, aangesien gladstryking, of skeiding, die primere doel is, sal ’n relatief kleinfaktor nie te versmaai wees nie. Die interval [UnLnx, LnUnx] lyk steeds na ’n kritiekegebied om op te konsentreer. Dit is dan ook ’n bydraende rede hoekom verdere navorsingin hierdie verband aandag behoort te geniet, ten spyte van die moeisame en vreemdeprobleme. Elke inkrementele stap in die uitbou van insig lyk waardevol.

3. Fundamentele voorlopige resultate

Dit wil voorkom of vordering in begrip van naasbeste benadering sal afhang van dievolgende fundamentele hulpstellng (lemma) en sy duaal. Die duaal van so ’n stellingis direk afleibaar uit die identiteit LnN = NUn, waar N die negasie-operator is, sodatN(x) ≡ −x.

Lemma: Laat Lnxi = max{min{xi−n, · · · , xi}, · · · ,min{xi, · · · , xi+n}}. Dan volg:

(a) As xi = Lnxi, dan is daar ’n j ∈ [i − n, i] sodat min{xj, . . . , . . . , xj+n} = xi en dusdat xj, xj+1, . . . , xj+n > xi

(b) As xi > Lnxi, is daar twee indekse ` en r met ` < i < r en r − ` 6 n + 1 sodatx`, xr < xi, Lnx` = x` en Lnxr = xr.

Bewys:

(a) Omdat elke versameling {xj, . . . , xj+n}, met j ∈ [i− n, i], vir xi bevat, is

min{xj, . . . , xj+n} 6 xi,

sodat die maksimum van die minima nie groter as xi is nie. As xi = Lnxi moet eenvan die versamelings alle elemente nie kleiner nie as xi he.

(b) Neem nou aan dat xi > Lnxi.

Elkeen van min{xi, xi+1, . . . , xi+n} < xi en min{xi−n, . . . , xi} < xi.

11ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

T(x) = 33.6348

+

T(L1U

1x) = 18.0938

T(U1L

1x) = 18.0116

+

T(L2U

2x) = 9.573

T(U2L

2x) = 9.5589

+

T(L3U

3x) = 2.0518

T(U3L

3x) = 2.0103

T(I−L1U

1x) = 15.541

T(I−U1L

1x) = 15.6233

T(I−L2U

2x) = 8.5209

T(I−U2L

2x) = 8.4527

T(I−L3U

3x) = 7.5212

T(I−U3L

3x) = 7.5485

Figuur 1: Twee dekomposisies van ’n ry xmet LU enUL. Let op dat rye deur histogrammevoorgestel word.

Neem die kleinste indeks van die waardes {xi, . . . , xi+n} wat kleiner as xi is, en `die grootste indeks van {xi−n, . . . , xi} wat kleiner as xi is.

Dan is r− ` 6 n+ 1 anders bevat min{x`, x`+1, . . . , xn} geen element wat kleiner asxiis nie.

Die maksimum wat Lnxi definieer is dus groter as xi, wat teenstrydig is met dieaanname.

Gevolgtrekking: As x ∈ M−n−1 is x = Ln−1x en bevat geen opwaartse pulse korter as

n nie. Dan is x − Lnx orals nul behalwe by disjunkte intervalle van wydte n, waar ditkonstant is.

Wanneer ’n ry x gladgestryk word, boet ons onafwendbaar algemeen benadering tot xin. Ons “skuur ’n plank” om hom gladder te kry, en onafwendbaar verloor ons van dieoorspronklike hout. Ons kan ook “afgeskuurde poeier” gebruik om “gate op te vul” ensodoende weer verder wegbeweeg van die oorspronklike hout. Dit lei onafwendbaar tot’n mate van keuse of ons “gate vul” of “knoppe afskil”. Verder kan ons eers gate vul metU en daarna knoppe afskil met L wat tot ’n operator LU lei, of andersom. Vir ’n tipiese ryx met goedgeaarde geraas op sal LUx en ULx nie baie verskil nie. Dit is nie voorspelbaarwatter een nader is aan die oorspronklike ry nie. In die totale-variasie-norm is dit dui-delik dat, weens die feit dat beide operatore variasiebehoudend is, dit so is dat die tweekomposisies se beelde afwisselend nader of verder in totale variasie van die oorspronklikekan verskil. Dit word duidelik in Figuur 1 waar ’n ry bestaande uit drie beduidende pulsemet goedgeaarde geraas gekontamineer is. Rekursiewe dekomposisie gee 3 opeenvolgensgladder benaderings vir beide keuses LU en UL. Die benaderingsfoute is baie eenders en

12ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

gee afwisselend effens beter benaderingsfoute.

Om met keuses te help is die volgende stelling nuttig:

Stelling 6: Vir x ∈Mn−1 geld ||UnLnx− x||1 6 2||LnUnx− x||1 en

||LnUnx− x||1 6 2||UnLnx− x||1.

Bewys: Laat L = Ln, U = Un en W = LU en w = Wx vir tydelike eenvoud van notasie.Beskou eers A = {i : xi > ULxi} en B = {i : xi > Lxi}. Omdat UL > L is A ⊂ B. Volgensdie lemma bestaan B uit disjunkte intervalle van die vorm Bi = {i, i+ 1, . . . , i + n − 1} =[i, i + n − 1]. Met herindeksering kan die notasie weer tydelik vereenvoudig word deuri = 0 te kies.

Van die lemma volg verder dat j ∈ [−n+ 1,−1] ∪ [n, 2n− 1] impliseer dat

Lx−1 = x−1 < x0 = x1 = x2 = · · · = xn−1 > xn = Lxn

en xj = Lxj vir j ∈ [0, n− 1]

dus is is Lxj = Lx0 vir j ∈ [0, n− 1].

Die operatore U, L,W = LU,UL is almal ftp, sodat hulle beelde die gelykhede op [0, n−1]erf.

Omdat x ∈ Mn−1 (x is (n − 1)-monotoon) en x−1 < x0, xn−1 > xn en x ∈ Mn−1, volgdat

x−n+1 6 · · · 6 x−1 < x0 = x1 = · · · = xn−1 > xn > xn+1 > · · · > x2n−1.

U, L,W,UL is almal differensie-nietoenemend. Spesifiek is dus ook

Ux−1 6 Ux0 = Ux1 = · · · = Uxn−1 > Uxn.

Van kritieke belang vir die bewys van die stelling is dat Ux−1, Uxn < Ux0 nie kan waarwees nie. Weens die lemma se duaal sal Ux−1 < Ux0 dan impliseer dat Ux−1 < Ux0 6· · · 6 Uxn−1 6 Uxn, en Uxn < Uxn−1 sal weer soortgelyk impliseer dat Ux−1 > Ux0.Dit is teenstrydig.

Beskou eers die geval waar Ux−1 6 Ux0, en dus ook Uxn = Ux0.

(a) Dan isWxj = L(Ux)j konstant op [0, n]. As ` ∈ [n, 2n−2] is x` > x`+1 en LUx` = x`.

Omdat I−LU = I−W ftp is, volg dat (x−w)` > (x−w)`+1 of (w−x)` < (w−x)`+1.

Dus is wn − xn 6 w` − x` 6 · · · 6 w2n−1 − x2n−1. Hieruit volg die volgendeongelykhede.

As j ∈ [0, n− 1] geld:

0 < xj −ULxj = xj −wj +wj −ULxj

= xj −wj +wn−1 −ULxn−1

6 xj −wj +wn −ULxn

6 xj −wj +wn+j − xn+j,

13ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Dus is

|xj −ULxj| 6 |xj −wj|+ |wn+j − xn+j|,

Sommering oor die indekse j = 0, . . . , n− 1, gee

n−1∑j=0

|xj −ULxj| 6n−1∑j=0

|wj − xj|+

2n−1∑j=n

|wj − xj| =

2n−1∑j=0

|wj − xj|.

(b) Die tweede geval kan bewys word deur ’n soortegelyke argument te voer in die in-terval [−n+ 1,−1].

Nou is Uxn−1 > Uxn, en is die som van bo begrens deur

n−1∑j=0

|wj − xj|+

−1∑j=−n+1

|wj − xj| =

n−1∑j=−n+1

|wj − xj|.

Ons weet nie watter van die twee gevalle geld nie, maar die eerste deel van elkeenis dieselfde, en definitief is dit dus in beide gevalle waar dat

n−1∑j=0

|xj −ULxj| 6n−1∑j=0

|wj − xj|+

−1∑j=−n+1

|wj − xj|+

2n−1∑j=n

|wj − xj|

Die laaste twee somme is oor intervalle waar LUxj = ULxj = xj.

Op hierdie stadium is die bewys eers halfpad klaar. Daar is nou afskattings vir die somoor B, omdat elkeen van die intervalle Bi waaruit B bestaan, soortgelyke resultate gee.

’n Soortgelyke bewys soos tot hier gevoer, moet nou volg vir die geval waar xi < ULxi.(Die derde geval waar xi −ULxi = 0 lewer klaarblyklik geen bydrae tot ||ULx− x||1 nie.)

Laat dus D = {i : xi < ULxi}. Omdat W = LU > UL, volg direk dat as j ∈ D, dan is

j ∈ {i : xi < LUxi =Wxi}

sodat 0 6 ULxj − xj 6 wj − xj.

Dus is∑j∈D

|ULxj − xj| 6∑j∈D

|wj − xj|. Saamgevat, omdat D∩A = φ, gee die resultate tot

dusver dat

∑j∈D∪B

|ULxj − xj| 6∑

j∈D∪B

|xi −wi|+ 2∑

j∈B∪S

|xj −wj|

6 ||x−w||1 +∑

j∈D∪B

|xj −wj| 6 2||x−w||1

Dit bewys uiteindelik die stelling se eerste gedeelte. Die tweede volg uit dualiteit metNLU = LUN, aangesien geen nugter mens die bostaande moeite wil herhaal nie. �

Aangesien beide LnUn en UnLn naasbeste benaderings tot ’n beste benadering gee, magdit moontlik wees om ’n beter kandidaat as beide te konstrueer. Klaarblyklik mag diesoektog in die interval [UnLnx, LnUnx] belowend wees. ’n Eerste resultaat volg.

14ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Stelling 7: Laat x ∈Mn−1. Daar bestaan ’n ry w ∈Mn sodat

||w− x||1 6 ||x− LnUnx||1, ||x−UnLnx||1

Bewys: Die bewys volg deur konstruksie van so ’n ry. Laat A = {i : L1U1xi−U1L1xi > 0},dus die versameling indekse wees, waar LUx 6= ULx. A bestaan uit disjunkte intervalleBi van die vorm [i, i + n] = {i, i + 1, . . . , i + n} sodat LUxi−1 = ULxi−1 en LUxi+m+1 =

ULxi+m+1. Op elkeen van hierdie intervalle is σu =

i+m∑j=i

|xi − LUxi| en σ` =

i+m∑j=i

|xi −

ULxi| berekenbaar.

Laat γi = (σu < σ`), dus die veranderlike wees, sodat γi = 1 as σu < σ`, en γi = 0andersins.

Kies dan

Wnxj =Wxj =

{LUxj, as j 6∈ AγiLUxj + (1− γi)ULxj, vir j ∈ Bi ⊂ A.

Dit is duidelik dat LUxj = ULxj =Wxj, vir j 6∈ A, en algemeen is ULx 6 w 6 LUx, en ditbly nog nodig om te bewys dat w ∈Mn, of dat w n-monotoon is .

Beskou j ∈ A. Dan is j in een van die disjunkte intervalle Bi, en verder is

t+m∑j=1

|xi −wi| = min

i+m∑j=1

|xj −ULxj|,

i+m∑j=1

|xj − LUxj|

.Sommering or alle intervalle van hierdie tipe, asook alle ander indekse, waar die terme

|xj −wj| = |xj − LUxj| = |xj −ULxj| dieselfde is, gee

||x−w||1 =∑j

|xj −wj| 6∑j

|xj −ULxj|,∑j

|xj − LUxj|.

Ons weet dat as LUx > ULx vir j ∈ Bi = {i, i + 1, . . . , i +m}, en x ∈ Mn−1, dan bestaandie rye (I − LU)x en (I − UL)x elkeen uit nie-oorvleuelende blokpulse van wydte n. Dieeen ry blokpulse oorvleuel volledig met die ander se blokpulse of glad nie [5]. ’n Blokpulsontstaan as ’n konstante seksie in ’n ry groter is as albei die buurwaardes of kleiner is asalbei die buurwaardes. Duidelik volg dat m > n.

Om te bewys dat w ∈ Mn is dit voldoende om te toon dat daar geen versameling T ={k, k + 1, . . . , k + n + 1} bestaan wat nie monotoon is nie. Dit kan net wees as daaroorvleueling van T met twee van die indeksversamelings Bi = [i, i + n] en Bj = [i, j + r]van A is, waar w = LUx in een en w = ULx in die ander is en i+m, j ∈ T . Duidelik, weereens, is dat r > n. Aangesien LUxj−1 = ULxj−1 en LUxi+m+1 = ULxi+m+1, volgensaanname vir Bi en Bj, het ons dat

i < k < i+m+ 1 < j < k+ n+ 1 < j+ r.

Van dualiteit kan ons aanneem dat w = LUx op [j, j + m + 1]. Op [i + m + 1, j − 1] isw = LUx = ULx. Indien w = LUx op Bi is w klaarblyklik monotoon op T omdat daar

15ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

w = LUx, wat n-monotoon is. Die geval waar w = ULx op Bi bly oor. As nou eerstensaangeneem word dat (I − UL)x ’n negatiewe blokpuls het, wat eindig by i +m, het onsdat

xi+m−n−1 > xi+m−n = · · · = xi+m < xi+m+1.

Omdat UL ftp is, volg dat

ULxi+m−n−1 > LULxi+m−n = · · · = ULxi+m 6 ULxi+m+1.

Omdat x ∈Mn−1 volg verder dat

xi+m < xi+m+1 6 · · · 6 xj 6 · · · 6 xi+m+n.

Klaarblyklik moet die blokpuls wat by j begin ’n positiewe waarde he sodat xj < xj+1.Hieruit volg dat xj < xj+1 6 · · · 6 xj+n, omdat x ∈ Mn−1 en w = LUx hierdie ordes erfomdat LU ftp is. Omdat k+ n+ 1 ∈ [j, j+ n] is dit duidelik dat

wk 6 wk+1 6 · · · 6 wk+n+1,

wat teenstrydig sou wees met ’n aanname dat w op T niemonotoon is.

’n Soortgelyke argument sou volg as ons aanneem dat (I − LU)x ’n positiewe blokpulswas.

Dus is w ∈Mn. �

Die mediaan-operatoreMn het populer geword vir die verwydering van (spesifiek impul-siewe) geraas van rye, waarna lineere prosessering veiliger is. Hulle voortoepassing maakdie gewone lineere seinprosesseringsalgoritmes meer robuust. Sonder om hier tegnies teraak, is die mediane simmetries in hul gedrag: Mn(x) = −Mn(−x). Hulle is dus ewerobuust opwaarts en afwaarts.

Die LULU-operatore, daarenteen, is nie simmetries in hierdie sin nie L(−x) = −U(x)ens. Hulle is egter voorspelbare boustene van ’n teorie vir nielineere gladstrykers, het ’nvinnige, paralleliseerbare implementering, en lei tot ’n hanteerbare gelyktydige teorie virbenaderingseienskappe. Hierdie teorie is selfs toepaslik op afskatting van benaderingsei-enskappe van die mediane, en komposisies, weens die ongelykhede Ln 6 UnLn 6Mn 6LnUn 6 Un, wat geldig is. ’n Voorbeeld hiervan is die volgende stelling, wat op verskeiemaniere veralgemeen sou kon word, maar dit is nie die doel hier nie.

Stelling 8: Laat p > 1. Vir elke x ∈M0 geld die volgende:

(a) ||(L1U−M1)x||pp + ||(M1 −U1L1)x||

pp = ||(L1U1 −U1L1)x||

pp

(b) ||(LnUn −Mn)x||1 + ||(Mn −UnLn)x||1 = ||(LnUn −UnLn)x||1

Bewys: Omdat LnUn >Mn > UnLn geld die volgende:

(LnUn −Mn)xi + (Mn −UnLn)xi = (LnUn −UnLn)xi.

Sommering bewys deel (b).

16ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

In die geval van p = 1 is dit bewys [6] dat

(L1U1 −M1)x > 0⇒ (M1 −U1L1)xi = 0 en

(M1 −U1L1)x > 0⇒ (L1U1 −M1)x = 0, sodat deel (a) bewys is.

Dit is insiggewend om weer voorbeeld 1 te beskou, maar in sy duale vorm.

Voorbeeld 1: Laat x = −δi1 − δi2 ’n blokpuls wees en w = −(δi0 + δi1 + δi2),

U3x = 0 en U2x = x. Daar is geen beter benadering uit die beeldversameling van U2 nie,maar wel uit die beeldversameling van U3, naamlik U3w = w en ||w − x||1 = 1, terwyl||U3x− x||1 = 2.

Voorbeeld 2: Laat x = −δi0 − δi2 ’n nulry wees met twee afwaartse enkelpulse by 0 en 2.

U1x = 0 en ||U1x− x||1 = 2, terwyl U1L1x in die beeldversameling van U1 le, en

||U1L1x−w||1 = 1.

In voorbeeld 1 is die beter benadering nie in die interval [L2x,U2x] nie, en in die tweedegeval is w wel in [L1x,U1x] en in [U1L1x, L1U1x].

Hierdie resultate illustreer weer eens die onafwendbare gevolg van ’n eenvoudige teen-strydigheid tussen twee behoeftes: die doel van ’n gladstryker en die doel van benadering,of die doel van “pulse” van voorgeskrewe kortstondigheid, of om wydte te verwyder, endie doel om nie te ver van ’n onderliggende “sein” of struktuur af te wyk nie.

Wanneer na die benaderingseienskappe van gladstrykingsoperatore gekyk word, behoortdie benadering prioriteit te kry. Wanneer na die gladstryking van benaderingsoperatoregekyk word, behoort gladstryking prioriteit te he. ’n Kompromis is dus onafwendbaar.

4. Resultate vir die T -norm

Vir ekwivalente resultate in die T -norm is dit moontlik om soortgelyke resultate af telei as hier bo, met vermoedelik effens meer kompleksiteit in bewyse. Daar kan egter ’nkortpad gevind word deur ’n fundamentele verband tussen die T -norm en die p = 1-normte gebruik.

T(x) = Σ|xi+1 − xi| 6 2||x||1.

Belangrik hier is dat in x ∈ Mn−1, LUx en ULx rye met nie-oorvleulende blokpulse is[5], sodat dit dadelik volg dat

T(I− LU)x =2

n||(I− LU)x||1 en T(I−UL)x =

2

n||(I−UL)x||1

Dadelik volg hieruit ’n resultaat analoog aan die van Stelling 6.

17ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

Stelling 9: Vir x ∈Mn−1 geld:

T(UnLnx− x) 6 2T(LnUnx− x) enT(LnUnx− x) 6 2T(UnLnx− x).

Bewys: T(LnUnx− x) =2n||LnUnx− x||1 en Stelling 6. Die duaal volg soortgelyk. �

Verder is daar die veralgemening van Stelling 7, wat maklik volg uit die definisie van dieoperator W, soos gegee in die bewys van Stelling 7.

Stelling 10: Vir x ∈Mn−1 geld

T(Wnx− x) 6 T(LnUnx− x), T(UnLnx− x).

Bewys: Dit is bewys datWn ftp is, en datWnx−x uit nie-oorvleuende blokpulse bestaan.Dus is T(Wnx− x) =

2n|Wnx− x||1. Van Stelling 7 volg die bewering. �

Verder is dit insiggewend om na voorbeeld 1 te kyk. In die T -norm gee hierdie voorbeeldnie ’n beter benadering as beide L2U2 en U2L2 nie! Dit gee ruimte om die volgendehipotese te konstateer.

Hipotese: Laat x ∈Mn−1. Dan is Wnx ’n beste benadering tot x in die T -norm.

Tot dusver was pogings om die hipotese te bewys onvrugbaar te midde van oenskynlikekompleksiteit. Daar het egter altyd ’n vermoede gebly dat ’n eenvoudige bewys moetbestaan. Die beskouing van ’n separator as ’n veralgemening van ’n (lineere) projeksie,wat altyd ’n optimale benadering gee in die 2-norm, laat die gedagte dat ’n separatorwat ftp is, en dus variasiebehoudend is, ’n optimale benadering moet gee. Hierdie ideeverdien verdere navorsing.

5. Gevolgtrekking

Bestaande resultate vir die naasbeste benadering van ’n ry x, soos saamgevat in Stelling5, is verskerp vir die gevalle waar x “gladder” is deurdat x ∈Mn−1. Die duale separatorsLnUn en UnLn het benaderingsfoute binne ’n faktor 2 van mekaar, en deur hul beeldryeop ’n spesifieke manier te benut, word ’n ry w inMn geskep wat x beter benader as beideLnUnx enUnLnx. ’n Hipotese word opgestel dat dit die beste benadering (uitMn) binnedie interval [UnLnx, LnUnx] is.

Soortgelyke resultate vir meer algemene x, met ’n faktor groter as 2, lyk haalbaar, maarvir die beperking totMn−1 is die belangrike resulate hier afgelei.

Daarvoor kan die volgende redenasie aangevoer word. By die seleksie van ’n gladstrykervir ’n algemene ry word primer gekies uit rekursiewe weergawes van die vorm Cn enFn, waar Cn = LnUnCn−1 en Fn = UnLnFn−1. Die rede hiervoor is die groter robuust-heid van hierdie komposisies teenoor uitskieters. Terselfdertyd is hierdie operatore betervir die verwydering van additiewe geraas, bestaande uit ’n ry onafhanklike identies ver-spreide getalle uit ’n distribusie. Hierdie gladstrykingsoorwegings is primer teenoor diesekondere vraag van benaderingseienskappe.

By ’n DPT van ’n ry x word ’n gegewe ry x deur rekursiewe “afskil” van resolusievlakke,in ’n som van rye, wat uit pulse bestaan, ontbind. Die ry x word deur S1 afgebeeldop die “gladder” ry S1x ∈ M1 en die eerste resolusievlak r1(x) = S1x − x. Dan word

18ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

rekursief afgebeeld deur die ry Sn−1Sn−2 · · ·S1x af te beeld op SnSn−1 · · ·S1x, met rn(x)die verskil. As Si variasiebehoudend is, geld dat

T(x) =

n∑i=1

T(ri(x)) + T(Sn(x)).

Die basiese voorbeelde is Cn en Fn, wat dus gee dat

T(x) = T(Cn(x)) +

n∑i=1

T(Ci(x) − Ci−1(x))

en

T(x) = T(Fn(x)) +

n∑i=1

T(Fi(x) − Fi−1(x)).

Van Stelling 9 verskil die eerste resolusievlakke se Totale Variasie met hoogstens ’n faktor2. Vir ’n lokale ry, dus een wat nul is buite ’n eindige interval, sal T(Cnx) en T(Fnx)uiteindelik gelyk wees vir groot n. Die afgeleide benaderingsresultate is dan juis belangrikwanneer n klein is. As byvoorbeeld dan die eerste n resolusievlakke weggelaat word virekonomie of eenvoud, het ons te doen met die benaderings Cnx en Fnx. As mens die beterbenadering wil kies, sou mens op elke stadium van gladstryking Wn, soos in Stelling 6gekonstrueer, verkies bo LnUn of UnLn.

As mens egter gesuperponeerde geraas wil elimineer, sal mens verkies om ’n gladstrykerSi so te kies dat die vroee resolusievlakke, wat oor die algemeen meer pulse sal bevat, sogroot as moontlike Totale Variasie het. Dit kan byvoorbeeld gedoen word deur Cn of Fnop elke stadium te kies, of deur analoog aan die definisie van Wn in Stelling 6, Sn so tekies dat

Sn(x) = (1− γi)LnUn(x) + γiUnLn(x).

Dit gee ’n Totale Variasie in die resolusievlak wat bewysbaar nie minder is as wat beideLnUnx en UnLnx lewer nie. Dit sal ook algemeen effens minder oorblywende pulsegee as die eerste resolusievlakke weggelaat word, wat byvoorbeeld ekonomiese koderingbevorder.

Laastens, maar baie belangrik, is dat al die komposisies van LULU-operatore sowel asWn en Sn ftp is, en dus vormbehoudend is in die volgende sin: die verskille tussenopeenvolgende waardes in die benaderings het nie opponerende tekens in die beeldry nie.Wanneer sulke benaderings slegs met ander vormbehoudende benaderings kompeteer,mag hul wel bewysbaar optimaal wees. Die bostaande hipotese, sowel as soortgelykeswat die 1-norm aanbetref, is dus moontlik makliker bewysbaar as dit beperk word totvormbehoudende benaderings.

Dit word tans bestudeer.

Bibliografie

[1] Bovik, A.C., Restrepo, A. (1993) Locally Monotonic Regression, IEEE Transaction onSignal Processing. Sept. 1993, Vol. 41, No 9.

19ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

LitNet Akademies Jaargang 8(2) Augustus 2011

[2] Mallows, C.L. (1980). Some theory of non-linear smoothers, Ann. Stat. 8 (4),695-715.

[3] Rohwer, C.H. (1989). Idempotent one-sided approximation of median smoothers.J. Approx. Theor. 58 (2), 151-163.

[4] Rohwer, C.H. (2004). Quasi-inverses and approximation with min-max operators.In: Supplemento ai rendiconti del Circolo matematico di Palermo, Serie II, Vol. 76.

[5] Rohwer, C.H. (2005). Non-linear Smoothing and Multiresolution Analysis. ISNM.Vol. 150. Birkhauser.

[6] Rohwer, C.H. (2006). Quasi-inverses and the approximation with min-max opera-tors in the `1-norm. Quaest. Math. 29.

[7] Rohwer, C.H., Toerien, L.M. (1991). Locally monotone robust approximation ofsequences, J. Comput. Appl. Math. 36, 399-408.

[8] Rohwer, C.H., Laurie, D.P. The Discrete Pulse Transform. (2006) SIAM J. Math.Anal, Vol. 38 (3), 1012-1034.

Ontvang 16 Maart 2011; geplaas 26 Augustus 2011.

20ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die Nasionale Party se amptelike beleid teenoor die kleurlingstemregkwessie, 1925–1939: Politieke

opportunisme of beginselvastheid?

Clarence Williams Departement Onderwysstudies Universiteit van Wes-Kaapland

Summary 

The official policy of the National Party with regard to the coloured franchise question, 1925–1939: Political opportunism or consistency? 

In 1925 the official policy of the National Party was that the coloureds should be economically and politically integrated with the whites, but not socially. It was thus proposed by Gen. J.B.M. Hertzog, the leader of the National Party, that the qualified franchise of the coloureds in the Cape  Province  and  Natal  not  only  be  retained,  but  extended  in  a  modified  form  to  the northern provinces. The coloured voters in the northern provinces would initially be placed on separate voters’ rolls and would be allowed to elect one white representative in the House of Assembly. These proposals were contained in the Coloured Persons’ Rights Bill. 

Barely four years later the National Party embarked on a subtle attack on the political rights of  the  coloureds.  By  extending  the  franchise  to  white  women  with  the  Women’s Enfranchisement Act of 1930 and enfranchising all white adult males in South Africa without qualifications with the Franchise Laws Amendment Act of 1931 the National Party effectively diminished the power of the coloured vote in the Cape Province and to a lesser extent in Natal. This was  aggravated  by  the  Electoral  Laws  Act  of  1931 which  opened  the  floodgates  for anyone  to  challenge  whether  coloureds  and  blacks  fulfilled  the  franchise  qualifications. Subsequently  hundreds  of  coloureds  were  disenfranchised.  With  these  developments  the National  Party  succeeded  in  establishing  a  political  colour  bar  between  the  whites  and coloureds  in the Cape Province. This represented a major departure  from the stated official policy of  the National Party  in 1925. The next  logical  step would be  to place  the  coloured voters on separate voters’ rolls. 

From 1934 the “Purified” National Party under the leadership of D.F. Malan proceeded with a blatant and unambiguous assault on the coloured franchise. In South African historiography only cursory reference is made to this apparently radical turnabout in the official policy of the National Party with regard to the coloured franchise question. 

There are some historians who claim that the policy of the National Party showed a measure of  consistency.  The  aim  of  this  article  is  to  determine  whether  the  official  policy  of  the National Party with  regard  to  the  coloured  franchise  question  from 1925  to 1939 was an example of political opportunism or principled consistency. 

The private documents of politicians like F.S. Malan, T. Boydell and A.L. Geyer, as well as other archival  sources, were  consulted,  as were  the  bibliographies  of  politicians  like  Gen.  J.B.M. 

21

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hertzog, Dr D.F. Malan and Sen. F.S. Malan, but these sources did not shed much light on the research question. Consequently  the article  is based primarily on contemporary,  secondary, official and periodic publications. Due  to  the  fact  that  the  struggle  regarding  the  coloured franchise was waged primarily  in Parliament, extensive use was made of the Debates of the Assembly. 

The author concludes  that  the political policy of  the National Party was dominated by  two considerations:  the  struggle  to maintain Afrikaner nationalism against British  imperialism, and the struggle to protect white supremacy against the perceived threat of the Black Peril. All other considerations were subordinate to these two driving forces. From the second decade of  the  20th  century  the  National  Party  regarded  itself  as  the  representative  of  Afrikaner nationalism, while  the South African Party, and  later  the United South African Party, were perceived as representative of British imperialism. In the Cape Province the coloured vote was decisive  in a number of key  constituencies. Because  the  coloureds  voted overwhelmingly  in favour of  the English­oriented political parties  they were regarded as a  threat  to Afrikaner nationalism. In the process the coloured voters found themselves in the arena of the struggle between Afrikaner nationalism and British imperialism. 

The Coloured Persons’ Rights Bill and  the  establishment  of  the Afrikaanse Nasionale Bond were  attempts  by  the National  Party  to woo  the  coloured  vote  and  to  promote Afrikaner nationalism in the process. The Bill was also an attempt to drive a wedge between coloureds and blacks to ensure the perpetuation of white supremacy in South Africa. From 1925 to 1929 the National Party actively wooed the coloured vote. However, during the 1929 elections the coloureds voted overwhelmingly  in favour of the South African Party. After that election the National Party could end its attempt to win the coloured vote and actively contribute towards the erosion of the coloured vote. A contributory factor was the fact that by 1930 it was evident that  the National Party’s attempt  to use  the  coloureds as a  bulwark against  the  threat of black domination had been unsuccessful. 

After  the 1929  elections  the National Party decided  to  increase  its  support at  the polls  by other means, among others by extending  the  franchise to white women and minimising  the power  of  the  coloured  and  black  vote,  as  indicated  above.  Various  dubious  reasons were proffered  for  why  the  franchise  could  not  be  extended  to  coloured  women  and  why  the political equalisation of white men and women was  imperative even  though  it removed  the National Party even  further  from attaining  its expressed goal of political equality with  the coloureds.  In 1930 and 1931  it  became  obvious  that  both Hertzog  en Malan  regarded  the coloureds as culturally  inferior to the whites, and therefore not entitled to political equality with  the  whites.  Culture  was  thus  used  as  an  excuse  to  erode  the  political  rights  of  the coloureds.  It  is  doubtful whether  the National Party  had  ever  committed  itself  to  political equality between coloureds and whites. 

Contrary  to Hertzog’s Smithfield  speech  in 1925 and  subsequent public declarations of  top­ranking officials of the National Party before the 1929 elections the Coloured Persons’ Rights Bill did not  represent an attempt  to place  coloured and white  voters on an  equal political footing.  In  fact,  if  it had been enacted  it would have resulted  in greater disparities between coloured and white  voters. The Bill  can,  therefore,  be  regarded as a deliberate attempt  to mislead the coloured voters. Hertzog tried to obscure the fact that the policy of the National Party regarding the coloured franchise issue had drastically changed by emphasising the fact that the National Party was still consistently in favour of the presence of male coloured voters on the common voters’ rolls in the Cape Province and Natal. Malan had also initially resisted attempts by  the  conservative nationalists  to have  the  coloureds placed on  separate  voters’ rolls – not on the basis of principled considerations, but because it could be used by the South African  Party  to  garner  the  support  of  dissident  coloured  voters  who  had  previously supported the National Party. 

After Fusion and the establishment of the Purified National Party the agitation to remove the coloureds from the common voters’ rolls became official party policy under the leadership of 

22

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Malan. This represented a radical turnabout  in the official policy of the National Party with regard  to  the  coloured  franchise  question,  and  the  main  reason  was  to  attract  the conservative  white  vote.  The  Purified  National  Party  was  thus  motivated  by  political opportunism. 

To  summarise:  the  policy  of  the  National  Party  towards  the  coloured  franchise  was  not determined  by  deep  moral  or  principled  considerations.  The  policy  therefore  lacked consistency, and was an example of political opportunism. The coloured vote was used as a political  football  depending  on  the  circumstances.  The  National  Party  was  prepared  to sacrifice the coloured franchise in order to secure a victory of Afrikaner nationalism against British imperialism and against the Black Peril.  

Keywords:  coloured  franchise,  National  Party,  Coloured  Rights  Bill,  women’s  franchise, franchise laws 

Opsomming

In 1925 was die Nasionale Party (NP) se amptelike beleid dat die kleurlinge ekonomies en polities by die blankes geïntegreer moes word, maar nie sosiaal nie. Genl. J.B.M. Hertzog, die NP-leier, het gevolglik voorgestel dat die gekwalifiseerde stemreg van kleurlinge in die Kaapprovinsie en Natal behoue moes bly en ook na die noordelike provinsies uitgebrei moes word. Noordelike kleurlingkiesers sou aanvanklik op afsonderlike kieserslyste geplaas word en een blanke verteenwoordiger in die Volksraad kon verkies. Skaars vier jaar later het die NP tot ’n subtiele aanslag op die kleurlinge se politieke regte oorgegaan. Vanaf 1934 het die “Gesuiwerde” NP ’n onverbloemde aanslag op die kleurlingstemreg geloods. Na hierdie oënskynlik radikale ommeswaai in die NP se beleid word daar in Suid-Afrikaanse historiografie slegs sydelings verwys. Sommige historici beweer selfs dat die NP-beleid ’n mate van konsekwentheid getoon het. Die doel van hierdie artikel is om te probeer bepaal of die betrokke NP-beleid vanaf 1925 tot 1939 ’n voorbeeld van wispelturige opportunisme of prinsipiële konsekwentheid was. Kleurlinge het tradisioneel vir die Engels-georiënteerde partye gestem. Vanaf 1925 tot 1929 het die NP daadwerklik gepoog om die kleurlingstem te werf. Tydens die 1929-verkiesing het kleurlinge egter oorweldigend vir die Suid-Afrikaanse Party (SAP) gestem. Die NP kon dus hierna van sy vryery na die kleurlingstem afsien en selfs daadwerklik tot die aftakeling daarvan bydra. Verder was dit teen 1930 duidelik dat die NP se poging om die kleurlinge as wig teen die bedreiging van die swart oormag te gebruik, misluk het. Na Samesmelting kon die NP alle pretensies staak en openlik vir afsonderlike parlementêre verteenwoordiging van die kleurlinge agiteer. Hierdeur het hulle die kleurlingstem uit die arena van die stryd tussen Afrikaner-nasionalisme en Britse imperialisme en die stryd teen die Swart Gevaar verwyder. Die vernaamste bevinding van hierdie artikel is dat die NP se beleid teenoor die kleurlinge nie beginselvas was nie, maar ’n voorbeeld van politieke opportunisme.

Trefwoorde: kleurlingstemregkwessie, Nasionale Party, Kleurlingregte-wetsontwerp, die vrouestemreg, stemregwette

23

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

1. Inleiding

Ten spyte van ernstige leemtes in die Suid-Afrikaanse historiografie oor hierdie onderwerp is daar heelwat werke wat op verskillende aspekte van die onderwerp lig werp. In hierdie verband is ongepubliseerde verhandelinge van onskatbare waarde. Coetzer (1975) behandel die rassevraagstuk as verdelingsfaktor tussen die Nasionale Party (NP) en die Suid-Afrikaanse Party (SAP) vanaf 1924 tot 1929 breedvoerig. Le Roux (1972) dui die veranderde houding van die NP aan die hand van verskeie kongresbesluite vanaf 1935 tot 1939 aan sonder om ’n bevredigende verklaring vir die ommeswaai in beleid te gee. Verder plaas hy die klem op die kleurlingstemregkwessie1 as geskilpunt tussen die NP en die Verenigde Party (VP). Haines (1978) behandel die opposisie teen die Kleurlingregte-wetsontwerp slegs sydelings. Shifrin (1962) gee ’n breedvoerige uiteensetting van die Kleurlingregte-wetsontwerp asook die motiewe wat daartoe aanleiding gegee het. Hy poog ook om ’n moontlike verklaring te gee vir waarom daar besluit is om nie die wetsontwerp deur te voer nie. Shifrin (1962) bied ’n nuttige inleiding tot die onderwerp. Sy behandel egter die wetsontwerp in isolasie en laat na om dit in ’n breë konteks te plaas.

Van der Ross (1986) gee ’n tentatiewe verklaring waarom die NP van die Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het sonder om die verwikkelinge rondom die kleurlingstemregkwessie in breër konteks te plaas. Verder lê hy klem op die reaksie van die politieke bewegings onder die kleurlinge tot die vernaamste uitdagings wat hulle moes trotseer.

Giliomee (1995) gee heelwat kritiese insigte rondom die kwessie. Volgens hom (1995:219) het Hertzog se beleid nooit ’n volte face ondergaan nie – soos sommige historici te kenne gee.

Lubbe (1991) se studie bied ’n kritiese oorsig van die NP se vryery na die kleurlingstem tydens die 1929-verkiesing, wat sy beskou as ’n formatiewe historiese moment in die politieke gekiedenis van die kleurlinge. Lubbe (1997) bied ook ’n insiggewende blik op die politieke opportunisme van die NP en Die Burger tydens die berugte Swart Gevaar-verkiesing van 1929.

Thompson (1949) se werk bevat ’n waardevolle kroniek oor die stryd tussen die noordelike tradisie en die Kaapse liberale tradisie rakende die kleurlingstemregkwessie.

Schoeman (1977) gee ’n betekenisvolle oorsig van die parlementêre verkiesings van 1929, 1933 en 1938.

Die biografieë van genl. J.B.M. Hertzog (Neame 1962 en Van den Heever 1946), dr. D.F. Malan (Malan 1959; Thom 1980) en sen. F.S. Malan (Cloete 1976) werp min lig op die onderwerp. Verder verwaarloos algemene werke soos Breitenbach (1974), Cope (1965), Cronje (1948) en Walker (1968) ook die onderwerp.

Aangesien die stryd oor die kleurlingstemreg in 1930 en 1931 in die parlement gevoer is, is daar vir die doel van hierdie artikel aansienlik van Debatte van die Volksraad gebruik gemaak. Die private dokumente van politici soos F.S. Malan (AG 583), T. Boydell (AG 1473) en A.L. Geyer (AG 1890) is geraadpleeg, maar het geen insiggewende feite opgelewer nie. Gevolglik berus hierdie artikel hoofsaaklik op kontemporêre, sekondêre, amptelike en periodieke publikasies. Politieke organisasies van die kleurlinge, soos die African Political Organisation (APO) en die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB), bestaan lank nie meer nie en amptelike dokumente is oor die jare heen vernietig, of het verdwyn. Gevolglik is hulle reaksie tot die politieke

24

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

bedrywighede van hierdie tydperk hoofsaaklik aan die hand van periodieke publikasies en enkele dokumente en pamflette wat in die Nasionale Suid-Afrikaanse Biblioteek beskikbaar is, nagespeur.

In 1925 het genl. Hertzog, leier van die NP, sy party se standpunt ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie uiteengesit. Volgens die NP moes die kleurlinge op ekonomiese en politieke gebied by die blankes geïntegreer word, maar nie op sosiale gebied nie. Die blankes in die Kaapprovinsie was aan dieselfde beskawingstoets as die kleurlinge en swartes onderworpe om vir die stemreg te kwalifiseer, in teenstelling met die blankes in die noordelike provinsies, wat ’n ongekwalifiseerde stemreg geniet het. Volgens Hertzog het politieke gelykstelling enersyds beteken dat die gekwalifiseerde stemreg van kleurlinge in die Kaapprovinsie en Natal behoue sou bly. Andersyds sou die gekwalifiseerde stemreg na kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei word. Die kleurlingkiesers in die noordelike provinsies sou aanvanklik op afsonderlike kieserslyste geplaas word. Hulle sou dan toegelaat word om een blanke verteenwoordiger in die Volksraad te verkies. Na sewe jaar sou die Goewerneur-Generaal deur die parlement gemagtig kon word om die kleurlingkiesers op die algemene kieserslyste in die noordelike provinsies te plaas. In latere weergawes van hierdie wetsontwerp is die periode na tien jaar verander. In ruil vir hierdie vergunning moes die kleurlinge die verwydering van die grondwetlike beskerming van hul regte, ’n klassifikasie van kleurlinge en die verwydering van die swart stem van die gemeenskaplike kieserslyste aanvaar.

Skaars vier jaar later het die NP tot ’n subtiele aanslag op die politieke regte van die kleurlinge oorgegaan. Vanaf 1934 het die “Gesuiwerde” NP ’n onverbloemde aanslag op die kleurlingstemreg geloods. Binne ’n dekade het die NP se amptelike beleid dus verander vanaf ’n beleid van politieke gelykstelling van die kleurlinge met die blankes tot een van afsonderlike parlementêre verteenwoordiging. Na hierdie oënskynlik radikale ommeswaai in die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie word daar in die Suid-Afrikaanse historiografie slegs sydelings verwys.

Hedendaagse rubriekartikels oor die geskiedenis van die NP bewys dat misverstande rondom die kwessie voortduur. Die politieke kommentator Scholtz (2004:15) beweer byvoorbeeld dat die kleurlingstemreg gedurende die tydperk 1924–34 nie slegs aanvaar is nie maar in stand gehou is. Aan die ander kant beweer ’n historikus soos Giliomee (1995) dat daar wel ’n kentering in die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie plaasgevind het, maar daar bestaan meningsverskille oor watter faktore daartoe aanleiding gegee het.

Die doel van hierdie artikel is om te probeer bepaal of die NP se amptelike beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie vanaf 1925 tot 1939 beginselvastheid getoon het en of dit ’n voorbeeld van opportunisme was.

2. Generaal Herzog se Kleurlingregte-wetsontwerp, 1926–1932

Volgens Walker (1936:17) was die stemreg nie ’n twispunt gedurende die eerste vyftien jaar van die Unie van Suid-Afrika nie. In 1925 is dit egter ’n brandpunt gemaak. Walker skryf dit aan twee faktore toe: die sensusverslag van 1921, wat die merkwaardige toename in die swart bevolking relatief tot die blankes aangedui het, en die Randse Opstand van 1922, wat ’n aksie ten gunste van die kleurslagboom was. Dit was veral

25

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

laasgenoemde wat aanleiding gegee het tot die Pakt tussen die Nasionaliste en die Arbeiders wat in 1924 aan bewind gekom het om blanke Suid-Afrika teen die swart oormag te beskerm.

Die basis van Hertzog, die Suid-Afrikaanse premier en leier van die NP, se segregasiebeleid ten opsigte van die swartes was die strewe om die blanke beskawing teen die swart bedreiging te beskerm (Scholtz 1979:283). Op 13 November 1925 het Hertzog te Smithfield ’n uiteensetting van sy beoogde beleid ten opsigte van die swartes en kleurlinge gegee. Hierdie toespraak (in Scholtz 1979) het die grondslag gevorm van die Hertzog-wetsontwerpe wat vanaf 1926 tot 1936 die politieke toneel oorheers het. Volgens Hertzog kon die swartes se aandrang op sosiale, ekonomiese en politieke gelykstelling met die blankes op die lange duur tot die ondergang van die blanke bevolking lei. Hy het verskeie redes aangevoer waarom die bestaande swart stemreg in die Kaapprovinsie ongewens was. Die vernaamste rede was dat dit later tot agitasie vir die uitbreiding daarvan na die noordelike provinsies sou aanleiding gee. Hertzog het hierna verwys as “die dreigende euwel” wat uiteindelik tot die ondergang van die blankes sou lei (Scholtz 1979:283). Hy het geredeneer dat aangesien die noordelike provinsies nie bereid was om die Kaapse stemreg na die noorde uit te brei en dat swartes tot parlementslede verkies mag word nie, die Kaapse stemreg noodwendig verander moes word. Hertzog het gevolglik, onder andere, die uitbreiding van die bestaande Naturelleraadstelsel in die swart gebiede voorgestel, die stigting van ’n permanente Uniale Naturelleraad, en die vervanging van die Kaapse stemreg vir swartes deur ’n spesiale vorm van verteenwoordiging in die hele Suid-Afrika. Vir hierdie radikale en verreikende voorstelle sou ’n tweederdemeerderheid van beide Huise van die Parlement benodig word. Om die aanvaarding van hierdie voorstelle te fasiliteer het Hertzog ook ’n beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg geformuleer. Shifrin (1962:35) het hierna verwys as “the sugar coating around the pill of the abolition of the Cape native franchise”.

Hertzog het sy beleid ten opsigte van die kleurlinge reeds in 1919 geformuleer. Volgens Hertzog (in Lewis 1987:124) het die kleurlinge in vele opsigte nader aan die blankes gestaan, en in feitlik alle opsigte van die swartes verskil:

Hy het ontstaan en bestaan in ons midde; ken geen ander beskawing dan die van die Europeaan, hoeseer hy ook dikwels daarin te kort skiet; is ’n lewens-beskouing toegedaan, wat in die grond ter saak die van die Europeaan is en spreek die taal van die Europeaan as moedertaal.

Om hierdie redes kon daar geen sprake van politieke en ekonomiese segregasie tussen die kleurlinge en die blankes wees nie. Hy het gevolglik voorgestel dat ’n gekwalifiseerde stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei word. Hy het drie redes hiervoor aangevoer: geen ander oplossing sou die nodige tweederdemeerderheid van beide Huise van die Parlement kry nie; daar was op grond van die geringe getalle van die kleurlinge in die noordelike provinsies geen regverdiging vir die besluit om verskillende beleidsrigtings toe te pas nie; en die behoud van die dualisme het niemand bevoordeel nie, maar slegs die bestaande situasie bemoeilik.

Hertzog het die kleurlingstemregkwessie onafskeidbaar met die swart vraagstuk gekoppel – die uitbreiding van ’n gekwalifiseerde stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies sou geskied slegs indien daar instemming was om die swart vraagstuk op te los langs die weg wat deur die NP aangekondig is. Die hoofdoel van die Hertzog-wetsontwerpe was dus om blanke oppergesag te vestig (Lewis 1987:126).

26

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hertzog het nagelaat om te verklaar dat die NP gehoop het om kleurlingstem by die stembus te wen met hierdie oënskynlik goedgunstige gebaar.

’n Ontleding van Hertzog se Kleurlingregte-wetsontwerp toon dat dit nie op diepe morele oortuiging berus het nie. Du Pre (1992:64) stel dit onomwonde dat die NP gedurende die periode 1924 tot 1934 nie gedryf is deur oorwegings soos “the Coloured man’s dignity or citizenship, nor about humanitarian and moral considerations and a Christian conscience” nie. In dieselfde trant beweer Giliomee (1995:2002) dat die lot van die kleurlinge uiteindelik bepaal is nie deur hul rasse-identiteit nie, maar deur die politieke belange van die belanghebbende politieke partye. Die NP was gedryf deur politieke opportunisme. Die vernaamste indruk wat die Smithfield-toespraak laat, is dat dit van die allergrootste belang was dat die blanke bevolking en die Europese beskawing in Suid-Afrika bestendig en gehandhaaf moes word (Lewis 1987:126). Die grootste enkele bedreiging was die uitbreiding van die Kaapse stemreg na die swartes in die noordelike provinsies.

Hertzog het herhaaldelik beweer dat hierdie beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg eenparig deur die Volksraadslede van die NP ondersteun is (Van der Ross 1986:83–4). Daar was egter binne die NP heelwat teenkanting teen die teenwoordigheid van kleurlinge op die gesamentlike kieserslyste in die Kaapprovinsie en die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noorde, ten spyte van Hertzog se openbare verklarings dat dit nie die geval was nie. Reeds in 1922 is ’n mosie vir die aparte verteenwoordiging van kleurlinge by ’n takvergadering van die NP in Oudtshoorn aanvaar (Du Plessis 1954:42). Op 2 November 1922 is ’n soortgelyke mosie in Malmesbury by die Kaaplandse kongres van die NP ingedien, maar dit is nie tot ’n stemming gebring nie (Du Plessis 1954:17). In 1925 het die Transvaalse hoofkomitee van die NP onder leiding van Tielman Roos, die minister van justisie, die Eerste Minister versoek om die kleurlingvraagstuk te los totdat ’n bevredigende oplossing vir die swart vraagstuk gevind kon word (Anon. 1925c:ongenommer). Roos het enkele maande vroeër gewaarsku dat die Transvalers nooit sou instem tot die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies nie (Anon. 1925a:6). Ook in die Vrystaat was daar sterk teenkanting teen Hertzog se Kleurlingregte-wetsontwerp (Coetzer 1975:322).

Daar was egter bemoedigende tekens. Volgens Le Roux en Coetzer (1982) het Hertzog se uiteensetting van die NP se beleid, behalwe vir die negatiewe kommentaar vanuit die Transvaal, gunstige reaksie uitgelok. Berigte in die amptelike mondstukke van die NP (soos Anon. 1925b:6) was ten gunste van die Hertzog-voorstelle. Lubbe (1991:19) meen dat die meeste Nasionaliste die voorgestelde beleid ten opsigte van die kleurlinge “om opportunisties redes” gesteun het. Ook Lewis (1987:120) is die mening toegedaan dat die meeste Nasionaliste die nuwe bedeling ten opsigte van die kleurlinge ondersteun het “out of a self-interest desire to win Coloured votes”. Volgens Giliomee (1995:216) was afwering van die Swart Gevaar ’n groter beweegrede om die kleurlingstemreg na die noordelike provinsie uit te brei as die weerstand daarteen binne die geledere van die Nasionaliste.

In 1926 het Hertzog sy rassebeleid in vier wetsontwerpe beliggaam: die Naturelle-grondwysigingswetsontwerp, die Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp, die Unie-naturelleraadswetsontwerp, en die Kleurlingregte-wetsontwerp. Die Kleurlingregte-wetsontwerp het beoog om politieke regte na die kleurlinge in die noordelike provinsies uit te brei. Die wetsontwerp het vir ’n raad wat deur die Goewerneur-Generaal aangestel word, voorsiening gemaak. Hierdie raad sou ’n lys opstel van geregistreerde manlike kleurlinge in die Kaapprovinsie, en manlike kleurlinge ouer as 21 in die ander drie provinsies. Verder moes die raad alle swartes

27

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

van die kieserslyste in die Kaapprovinsie verwyder. Die kleurlingkiesers in die noordelike provinsies sou aanvanklik op aparte kieserslyste geplaas word. Hulle sou toegelaat word om een blanke verteenwoordiger in die Volksraad te verkies. Na sewe jaar sou die Goewerneur-Generaal deur die Parlement gemagtig word om die kleurlingkiesers op die gemeenskaplike kieserslyste te plaas.

Die verwydering van die swartes van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie was ongetwyfeld die middelpunt waarom die wetsontwerpe gewentel het. Die opheffing van klousule 35 van die Suid-Afrika-wet was bedoel om die verwydering van die swartes van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaap te vergemaklik, maar dit het ook beteken dat die kleurlinge in die toekoms met slegs ’n gewone meerderheid in plaas van ’n tweederdemeerderheid in die Volksraad en Senaat verwyder sou kon word. Hierdie bepaling was omstrede. Die definisie van kleurling het aan die absurde gegrens. Daarvolgens sou ’n seun van ’n gemengde huwelik (byvoorbeeld tussen ’n blanke en ’n swarte, of ’n kleurling en ’n swarte) wat voor die deurvoering van die wetsontwerp gebore is, as kleurling geklassifiseer word, terwyl sy broer wat later gebore is, as ’n swarte geklassifiseer sou word. Volgens Lubbe (1991:23) sou die eng definisie van die begrip kleurling ’n beduidende aantal kleurlinge van hulle stemstatus ontneem.

Die besluit om lyste van die kleurlingkiesers in die Kaapprovinsie op te stel, kom vreemd voor, aangesien die kleurlinge nog steeds op die gemeenskaplike kieserslyste sou wees. Volgens Malan (in Anon. 1926c:5) was die doel hiervan om ’n skeiding tussen kleurlinge en swartes te trek. Deur aparte kieserslyste vir swartes in die Kaapprovinsie op te stel sou daar wel ’n skeiding tussen die groepe getrek word. Volgens Artikel 11 van die Kleurlingregte-wetsontwerp moes alle stemgeregdigde kleurlinge hul kleurlingskap voor ’n spesiale raad bevestig om te verseker dat slegs blankes en kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslyste verskyn. Later is die artikel gewysig sodat bepaal is dat slegs twyfelagtige gevalle na ’n registrasieraad verwys moes word. Indien die wetsontwerp in sy oorspronklike vorm aanvaar sou gewees het, sou die Artikel definitief tot ’n afname van kleurlingkiesers op die gemeenskaplike kieserslyste gelei het.

Ook die besluit om die Kleurlingregte-wetsontwerp aan die ander wetsontwerpe te koppel kom vreemd voor in die lig van Hertzog se stellinge oor die wesenlike verskille tussen die kleurlinge en die swartes wat ’n differensiasie in beleidsrigtings tussen die twee bevolkingsgroepe nie slegs wenslik nie, maar uiters noodsaaklik gemaak het. Die enigste moontlike verklaring hiervoor is dat die NP bereid was om toegewings ten opsigte van die kleurlinge te maak slegs indien dit aan die party die nodige tweederdemeerderheid in ’n gesamentlike sitting van beide Huise van die Parlement sou besorg om sy Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp deur te loods.

Smuts het die koppeling van die Kleurlingregte-wetsontwerp met die ander wetsontwerpe as ’n politieke set beskou. Indien die SAP teenkanting teen die politieke segregasie van die swartes sou uitspreek, sou die Nasionaliste die SAP daarvan beskuldig dat hulle gekant was teen die uitbreiding van die kleurlinge se politieke regte. Daarteenoor, indien die SAP die segregasievoorstelle sou goedkeur, sou hulle die ondersteuning van die swart kiesers in die Kaapprovinsie verloor (Lewis 1987:137).

Daar is te kenne gegee dat die Kleurlingregte-wetsontwerp ’n poging was om gelyke politieke regte tussen die kleurlinge en blankes te bewerkstellig. Toe die wetsontwerp in die Gesamentlike Sitting onder bespreking was, het Smuts dit beskryf as “’n vertrapping van die leer van gelyke regte”. Die wetsontwerp het volgens hom beoog

28

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

om “’n skyn van stemreg” na die noorde uit te brei wat g’n selfrespekterende kleurling sou aanvaar nie (in Anon. 1929d:6).

Alhoewel die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB) die wetsontwerp in breë trekke verwelkom het, het selfs hulle beswaar aangeteken omdat dit nie gelyke politieke regte vir die kleurlinge teweeg sou bring nie (Lewis 1987:137). Verder is daar beoog om die Natalse kleurlinge in die 1926- en 1927-weergawes van die wetsontwerp van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder. Daar is verder ook geen poging aangewend om direkte verteenwoordiging van die kleurlinge in die Volksraad in te stel nie. Ook in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat sou die kleurlinge op aparte kieserslyste geplaas word – onderworpe aan sekere kieskwalifikasies. Alhoewel die Kleurlingregte-wetsontwerp dus die stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies sou uitbrei, was die bedoeling geensins om die kleurlinge op ’n gelyke basis met die blankes te plaas nie. Inteendeel, die politieke regte van die kleurlinge sou wesenlik aangetas word met die opheffing van klousule 35 wat hul stemreg verskans het. Lubbe (1991:23) meen dat die proses van die aftakeling van die kleurlinge se stemreg reeds in 1925 begin het met die aanvaarding van afsonderlike registrasievorms vir blankes en “nieblankes”. Die gevolg was dat daar in 1929 450 minder kleurlingkiesers was as in 1921, ten spyte van ’n toename van die kleurlingbevolking gedurende hierdie tydperk.

Die publikasie van die vier wetsontwerpe in ’n buitengewone staatskoerant op 23 Julie 1926 het uiteenlopende reaksies uitgelok. Vanaf 1926 tot 1932 het Hertzog verskeie pogings aangewend om die vier wetsontwerpe met die nodige tweederdemeerderheid in ’n gesamentlike sitting van beide Huise van die Parlement goedgekeur te kry. Die SAP het egter hewig daarteen beswaar aangeteken en voorgestel dat die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk by ’n nasionale konvensie besleg moes word. In 1929 kon die NP nie daarin slaag om ’n tweederdemeerderheid vir die wetsontwerpe te kry nie, alhoewel die rekords toon dat die Nasionaliste ten gunste van die wetsontwerp gestem het (Unie van Suid-Afrika 1929, kol. 291–2). Toe die Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp in 1930 na ’n gesamentlike komitee verwys is, het Hertzog besluit om nie die Kleurlingregte-wetsontwerp deur die komitee te laat ondersoek nie (Unie van Suid-Afrika 1936:3).

Teen 1930 was dit duidelik dat daar ’n kentering in die beleid van NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie plaasgevind het. Daar heers heelwat misverstand oor die redes vir hierdie kentering, aangesien daar nooit ’n amptelike verklaring in hierdie verband uitgereik is nie. In die volgende afdeling van hierdie artikel sal daar gepoog word om ’n moontlike verklaring vir hierdie beleidsverandering te gee.

3. Waarom Hertzog van sy Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het

Een van die vernaamste redes waarom Hertzog van sy Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het, was die kleurlinge se optrede tydens die 1929-verkiesing.

Vanaf 1902 tot 1930 was die African People’s Organization (APO) onder leiding van dr. A. Abdurahman die invloedrykste liggaam onder die kleurlinge. Die APO het die Kleurlingregte-wetsontwerp geheel en al verwerp. Abdurahman (in Anon. 1926b:ongenommer) het die wetsontwerp beskryf as “one of the biggest political frauds that any political party had ever attempted to ‘palm off’ on the Coloured people of Southern Africa”.

29

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB) is in 1924 gestig om die APO te besweer. In die D.F. Malan-versameling (Lêernommer 1/1/8 in die Eben Dönges-sentrum by die Universiteit Stellenbosch) is daar ’n afskrif van die Beginsels en Konstitusie van die ANB in Malan se handskrif. Daar is ook verskeie wysigings aan die oorspronklike dokument in Malan se eie handskrif aangebring. W.B. de Villiers beweer dat hy, Malan en oudsenator Hofmeyr die program opgestel het (Pretorius 1960:116). Daar is dus bewyse dat die Nasionaliste wesenlik bygedra het tot die stigting en beleidsvorming van die ANB. Die ANB het besluit dat elke tak die reg sou hê om met ’n meerderheid stemme te besluit watter party of kandidaat hulle sou ondersteun (D.F. Malan-versameling, Lêernommer 1/1/8:17). In die praktyk het die ANB egter volle ondersteuning aan die NP toegesê. In ’n brief aan die pers het W.H. le Grange, die leier van die ANB, erken dat die ANB vir sy fondse en literatuur van die NP afhanklik was (Van der Ross 1986:79). Hertzog het gehoop dat die kleurlinge tydens die 1929-verkiesing ten gunste van die NP sou stem.

In 1929 was dit die eerste keer dat die rassevraagstuk “stelselmatig deur die NP en sy pers vir partypolitieke en verkiesingsdoeleindes uitgebuit” is (Lubbe 1991:15). Lubbe (1997:111) meen dat die NP se besluit om die “Swart Gevaar” as wapen in die 1929-verkiesing te gebruik, nie hoofsaaklik gebaseer was op ’n vrees vir neerlaag by die stembus of ’n poging om die aandag van hul mislukkings af te lei nie. Volgens Lubbe (1997:112) was die NP se vernaamste dryfveer die strewe om ’n tweederdemeerderheid in die Parlement te verkry sodat Hertzog se rassewetsontwerpe volgens grondwetlike vereistes aanvaar kon word: ”Major consideration was the disenfranchisement of the Cape African which since June 1926 had not been possible because the Nationalists’ efforts were consistently being thwarted by the SAP in parliament.” Hiermee is Murray (1986:253) dit eens.

Die NP het gehoop dat die Swart Gevaar-verkiesingsveldtog daarin sou slaag om die Nasionaliste te verenig, om konserwatiewe SAP-ondersteuners aan te moedig om vir die NP te stem, om die steun van blanke werkers te verseker, en om die kleurlingstem op die NP te verenig (Lubbe 1997:113). Lubbe (1997:116) voer aan dat die hele verkiesingsveldtog in 1928-1929 gefokus het op die diepgewortelde rassisme wat gedurende hierdie tydperk onder blanke Afrikaners – ongeag klas – geheers het. Volgens haar was redaksionele kommentaar en briewe aan die pers in alle NP-gesinde dagblaaie deurspek met houdings van kulturele meerderwaardigheid, statusbewussyn en kleurvooroordeel. Dit is gevoed deur vurige toesprake van prominente NP-leiers. Hertzog, die nasionale NP-leier, is veral gebruik om steun onder die blankes in Natal, die Transvaal en die Oranje-Vrystaat te werf (sien as voorbeeld Anon. 1929f:7), terwyl Malan, die Kaaplandse leier van die NP, hom op die verkiesingsveldtog in die Kaapprovinsie toegespits het.

Verskeie taktieke is gebruik om vrees vir die swartes in te boesem. Lubbe (1997:121) maak melding van die verwysing na die Voortrekkers en die triomf van die Christelike beskawing oor barbarisme op 16 Desember 1838. Daar is selfs na die 1929-verkiesing as ’n ander Bloedrivier verwys. Daar is ook prominensie verleen aan insidente van swart onlus en misdaadstatistiek, en die afname in blanke geboortesyfers. Die NP is voorgehou as die enigste kampvegter vir blanke beskawing, terwyl die SAP – heeltemal verkeerdelik – as die propagandiste van rassegelykheid en integrasie gebrandmerk is (Murray 1986:253). ’n Stem vir die NP is as ’n stem vir blanke Suid-Afrika bestempel.

’n Ontleding van die 1929-verkiesing toon egter dat hierdie verkiesing nie op die politieke regte van die kleurlinge gefokus het nie. Gedurende die Nasionaliste se veldtog is daar tydens politieke vergaderings met blanke kiesers om opportunistiese redes glad nie melding gemaak van die uitbreiding van die politieke regte van die

30

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kleurlinge nie. Tydens politieke vergaderings van kleurlingkiesers wat deur die ANB gereël is en waar Malan soms opgetree het, is daar egter klem gelê op die merkwaardige groei van die ANB sedert 1924 en die bydrae wat die Pakt-regering tot die ekonomiese opheffing van die kleurlingbevolking gelewer het (Anon. 1928:4; 1929c:9; 1929b:7; 1929e:5). Giliomee (2004:392) verwys na laasgenoemde as strategieë “to woo the Coloureds into its fold”. Die kleurlinge is ook gewaarsku dat hulle eerste deur die swartes verswelg sou word, aangesien hulle swakker was as die blankes (Lubbe 1997:119).

Volgens Du Pre (1992:59) het die kleurlinge in 1929 11,45 persent van die geregistreerde kiesers in die Kaapprovinsie verteenwoordig, en was hulle in staat om ’n beslissende rol in minstens 10 van die 58 kiesafdelings te speel. Die ANB het tydens die 1929-verkiesing alles in die stryd gewerp om die SAP in die oë van die kleurlinge in onguns te bring (Van der Ross 1986:82–9). ’n Ontleding van die verkiesingsuitslae toon egter dat die “Swart Gevaar”-veldtog nie die gewenste uitwerking op die kleurlingkiesers gehad het nie en dat hulle grotendeels vir die SAP gestem het. Noemenswaardige uitsonderinge was Stellenbosch, die Paarl, Swellendam en Riversdal (Lubbe 1991:26). Na raming het slegs tien persent van die kleurlinge in die stedelike kiesafdelings van die Kaapprovinsie vir die NP gestem (Giliomee 1995:218).

Dit was duidelik dat die NP die sentimente van die kleurlinge verkeerd geëvalueer het. Volgens Van der Ross (1986:80) het die Nasionaliste die invloed van die APO, en veral Abdurahman, hopeloos misreken, asook die kleurlinge se lojaliteit teenoor die Britse Koninkryk. Die kleurlinge se ondersteuning van die SAP tydens die 1929-verkiesing was nietemin verrassend, aangesien die NP se beleid van gelyke politieke en ekonomiese regte tydens die 1924-verkiesing aansienlike ondersteuning onder die kleurlingkiesers geniet het (Lewis 1987:126). Toe dit tydens die 1929-verkiesing blyk dat die ANB nie daarin geslaag het om kleurlingsteun te werf nie, het die NP bande met die ANB begin verbreek.

Volgens Lubbe (1991:16) verteenwoordig die 1929-verkiesing ’n waterskeiding in die NP se politieke beleid ten opsigte van die kleurlinge. Daar was na die 1929-verkiesing druk vanuit die geledere van die NP vir Hertzog om van die Kleurlingregte-wetsontwerp af te sien. Volgens ’n toenemende aantal Nasionaliste kon die vryery na die kleurlingstem beëindig word sonder enige politieke nadele by die stembus. By die daaropvolgende kongres van die Kaaplandse NP op 4 September 1929 is ’n voorstel ingedien om ’n afsonderlike stemreg aan kleurlinge toe te ken (Anon. 1929a:7). Op hierdie stadium het Malan, die Kaaplandse leier van die NP, egter nog aangedui dat hy nie ten gunste van die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste was nie: “As daar nog ’n skeidslyn gaan wees tussen blankes en kleurlinge, sal die moeilikheid toeneem. Die opposisie sal lekker gebruik daarvan maak en die saak in ’n verkeerde lig stel.” In 1929 het Malan dus geen beginselbeswaar geopper teen die politieke skeiding tussen die blankes en kleurlinge nie, maar daarteen besluit aangesien so ’n stap nadelige gevolge vir die NP sou inhou.

Hertzog het gehoop dat die toegewinge rakende die kleurlingregte die SAP sou oorreed om die Hertzog-wetsontwerpe in hul geheel te aanvaar. Hertzog het egter nie rekening gehou met die teenstrydige elemente binne die SAP nie. Enersyds was daar die liberale groep wat hoofsaaklik uit oud-Unioniste bestaan het; hulle het ’n gelykstellingsbeleid voorgestaan. Andersyds was daar groepe in Natal en aan die Witwatersrand wat vir Smuts sou verkwalik het indien hy met Hertzog se segregasieplanne sou saamwerk (Coetzer 1975:292–305). Dit het Smuts genoodsaak om ’n laat-maar-loop-beleid te volg. Vroeg in 1926 was dit reeds duidelik dat Hertzog se pogings tot samewerking met die SAP misluk het. Ten spyte van toegewinge ten opsigte van die kleurlingstemreg was

31

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die SAP nie bereid om aan Hertzog die vereiste tweederdemeerderheid te gee om sy wetsontwerpe deur te voer nie. Hertzog kon gevolglik sy Kleurlingregte-wetsontwerp laat vaar en probeer om sy ander drie wetsontwerpe deur middel van gekose en gesamentlike komitees deur te voer. Shifrin (1962:35) se siening dat hierdie wetsontwerp slegs “the sugar coating around the pill of the abolition of the Cape native franchise” was, blyk dus waar te wees.

Met sy wetsontwerp het Hertzog ook probeer om ’n wig tussen die kleurlinge en die swartes in te dryf. Volgens Malan was daar ‘n sterk moontlikheid dat die kleurlinge met die nodige raadgewing en simpatieke behandeling as “the bulwark and safeguard of the whites and white civilization” sou kon dien (Giliomee 1995:208). Die wetsontwerp het egter die teenoorgestelde invloed gehad, soos die Non-European Conferences in Kimberley in 1927 en in Kaapstad in 1930 bewys het (Van der Ross 1986:90). Hier was dus nog ’n rede om van die Kleurlingregte-wetsontwerp af te sien.

Lubbe (1991:28) bied ’n interessante verklaring vir die veranderende beleid van die NP ten opsigte van die kleurlinge:

In die 1929-verkiesing het Afrikanernasionalisme met behulp van Die Burger ’n stewige hupstoot gekry, en hierdie nasionalisme het dit moeilik gevind om te onderskei tussen vrees vir swart verswelg en die wenslikheid van groter politieke regte vir die kleurlinge.

Die ervaring van die NP met die kleurlingkiesers tydens die 1929-verkiesing was ’n beslissende faktor in die NP se besluit om die kleurlinge se stemreg af te takel (Lubbe 1991:28). Nadat Hertzog van die Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het, het die NP – nog steeds onder leiding van Hertzog – vanaf 1930 begin met ’n aanslag op die kleurlingstemreg. Alhoewel die aanslag aanvanklik, tot 1934, nog baie subtiel en verdoesel was, het dit ’n besliste beleidsverandering verteenwoordig. Van der Ross (1986:89) se stelling dat Hertzog se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie deurgaans konsekwent gebly het en dat sy opregtheid en integriteit bo alle twyfel was, kom dus vreemd voor. Dieselfde geld die uitspraak van Giliomee (1995:219) dat beide Hertzog en Malan se beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg oor die jare heen konsekwent gebly het. Die feit bly staan dat die NP in 1926 bereid was om die politieke regte na kleurlingmans in die noordelike provisies uit te brei en om hulle op lang termyn polities op gelyke voet met die blankes te plaas. Na die 1929-verkiesing het die Kleurlingregte-wetsontwerp geleidelik van die politieke toneel verdwyn totdat dit in 1935 heeltemal laat vaar is. Lewis (1987:145) stel dit pertinent: “The franchise legislation of 1930–1 marked the collapse of the Nationalists’ New Deal for Coloureds, and exposed the New Deal for the fraud that it was.”

Daar sal vervolgens vasgestel word hoe Hertzog om polities opportunistiese redes daadwerklik bygedra het tot die uitbreiding van die blanke stem wat as gevolg daarvan tot die aftakeling van politieke gelykheid tussen die kleurlinge en blankes gelei het. Hertzog was wel konsekwent in soverre hy as leier van die NP nie wou instem tot die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie nie. Daarteenoor het Malan ná Samesmelting en die stigting van die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP) die nuwe party verbind tot die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie.

32

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

4. Die subtiele aanslag op die politieke regte van die kleurlinge, 1930–1934

4.1   Die Vrouestemreg­wetsontwerp van 1930  

Reeds aan die begin van die 20ste eeu het sekere Suid-Afrikaanse vroue vir die uitbreiding van die stemreg na vroue geagiteer (Shifrin 1962:50). Aan die begin van die twintigerjare was sowel die Arbeidersparty as die SAP ten gunste van hierdie stap, terwyl die NP daarteen gekant was (Anon. 1924:9). Die saak is in 1924 en 1926 na ’n gekose komitee van die Parlement verwys. Daar is aanbeveel dat die stemreg slegs na blanke vroue uitgebrei moes word op dieselfde grondslag as dié waarop blanke mans dit geniet het (Anon. 1926a:11). In 1927 het die SAP in die Volksraad voorgestel dat die stemreg na vroue ongeag ras uitgebrei moes word (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 61). Sowel Hertzog as Malan was gekant teen hierdie stap totdat die swart vraagstuk bevredigend opgelos was. Hertzog het soos volg op hierdie voorstel gereageer:

Ek sê wat ek altyd gesê het dat ons politiek die kleurling op dieselfde basis as die blanke moet stel. As ek aan ’n beskaafde blanke vrou die stemreg gaan gee, dan is ek ook bereid om dit te gee aan die kleurlingvrou wat die blanke se beskawing bereik het. (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1892)

Malan (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1882) het veral beswaar gemaak teen die feit dat daar nie ’n onderskeid tussen kleurlingvroue en swart vroue bestaan het nie. Dit sou beteken dat die stemreg net aan blanke vroue uitgebrei kon word, en daarteen het hy beswaar geopper, aangesien hy persoonlik graag die stemreg aan kleurlingvroue wou gee (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1883).

Die uitdaging was duidelik: indien die SAP sou help om die Hertzog-wetsontwerpe deur te voer, sou die NP bereid wees om die stemreg na vroue uit te brei. Die SAP was egter van mening dat die uitbreiding van ’n gekwalifiseerde stemreg na vroue nie ’n bedreiging vir die blanke beskawing ingehou het nie. Smuts se standpunt was: “Ek laat my nie afskrik deur die paar kleurlinge nie. Laat ons die blanke vrou die stemreg gee” (Unie van Suid-Afrika 1927, kol. 61302). Die SAP was die mening toegedaan dat baie swart vroue nie aan die stemkwalifikasie-vereistes sou voldoen nie: die blanke kiesers sou na raming met ongeveer 300 000 vermeerder, in teenstelling met die kleurlinge en swartes, wat met slegs 12 000 sou vermeerder (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1293). Smuts het ook die aandag gevestig op die inkonsekwentheid van die NP se argument: die NP was bereid om die stemreg na kleurlingmans in die noordelike provinsies uit te brei, terwyl hulle verseg het om dit na ’n hand vol kleurlingvroue in die Kaap uit te brei (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1302).

In die verkiesingsveldtog van 1929 het die ANB die belofte van Hertzog dat hy ook die stemreg aan kleurlingvroue sou uitbrei, beklemtoon. Volgens die ANB-pamflet moes die belofte van 1928 beskou word as deel van die beleid om die kleurlinge polities en ekonomies op dieselfde basis as die blankes te plaas. Dit was dus noodsaaklik dat die NP die verkiesing wen, sodat hulle die belofte kon nakom (ANB 1929).

Die uitslag van die 1929-verkiesing het, volgens Lubbe (1991:27), ook gelei tot die NP se besluit om voorts liewer op die werwing van die blanke vrouestem te konsentreer as op die stem van kleurlingmans. Vanaf 1928 het die NP ook gereeld aan veral die Nasionale Vroueparty belowe dat Hertzog sy belofte ten opsigte van die uitbreiding van die stemreg aan die blanke vroue gestand sou doen, maar by hierdie geleenthede is daar geen melding gemaak van die NP se voornemens om ook die stemreg aan

33

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kleurlingvroue uit te brei nie (Anon. 1929d:6; 1930:6). In 1930 het Hertzog die belofte wat hy in 1928 gemaak het, nagekom, maar net ten opsigte van die blanke vroue. Op 6 Maart 1930 het hy die Vrouestemreg-wetsontwerp in die Volksraad ingedien. Die doel van die wetsontwerp was om die stemreg na alle blanke vroue van Suid-Afrika uit te brei (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Hierdie was nie ’n gekwalifiseerde stemreg nie. Volgens Hertzog was die feit dat die stemreg van manlike blankes in die Kaap aan ’n beskawingstoets onderworpe was, “’n growwe fout” en om die blanke vroue in die Kaap aan ’n soortgelyke toets te onderwerp, sou die fout “verdubbel” en “intensiveer”. Hertzog se rassisme het duidelik geblyk in sy regverdiging van hierdie besluit. Volgens hom was die opvoedingskwalifikasie nie ’n beskawingstoets nie: “Beskawing het so goed as niks of weinig te doen met intellektuele geskooldheid, maar dit het alles te doen met karakter, met die gemoed” (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Syns insiens is beskawing bepaal deur sedelike beginsels en godsdienstige begrippe wat die karakter vorm. Hy was dus bereid om skoolopvoeding as ’n maatstaf van beskawing vir kleurlinge en swartes te aanvaar, terwyl blankes daarvan vrygestel moes wees omdat sedelike beginsels en godsdienstige begrippe by hulle inherent aanwesig is: “Ek beweer dat daar geen blanke man of vrou in Suid-Afrika is waarvan ons anders mag verwag as dat hulle wel deeglik as beskaaf beskou word” (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34).

Hertzog het drie redes aangevoer waarom hy nie bereid was om die stemreg na die kleurlingvroue uit te brei nie (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Eerstens was die blankes bevooroordeeld teen so ’n stap. Tweedens het hy die SAP geblameer vir die NP se besluit. As hulle nie die Kleurlingregte-wetsontwerp tesame met die ander wetsontwerpe in 1928 verwerp het nie, sou daar ’n duidelike skeidslyn tussen die kleurlinge en swartes gewees het. Derdens sou die uitbreiding van die stemreg na die kleurlingvroue onder bestaande bepalinge die deur vir swart vroue oopmaak, en hierteen het die NP beginselbesware gehad.

Hierdie redes was hoogs aanvegbaar. Die vooroordeel van sommige groepe blankes teenoor die kleurlinge was ’n algemeen-aanvaarde feit. Toe Hertzog egter ’n paar jaar vroeër sy wetsontwerp deur die Parlement probeer voer het, was die vooroordeel blykbaar nie ’n faktor nie. Die verwerping van die Hertzog-wetsontwerpe deur die SAP het, volgens Hertzog, beteken dat daar nie ’n duidelike skeidslyn tussen kleurlingvroue en swart vroue bestaan het nie. Dit sou dus volgens hom onmoontlik wees om tussen swart en kleurling te onderskei.

Shifrin (1962:54) stel ’n pertinente vraag as sy vra waarom Hertzog dan nie voorsiening in sy wetsontwerp gemaak het vir ’n onderskeid tussen kleurlingvroue en swart vroue as dit dan so ’n ernstige struikelblok was nie. Of dit wel so ’n ernstige struikelblok was, is twyfelagtig, aangesien daar reeds in die praktyk op verskeie terreine ’n onderskeid tussen kleurlinge en swartes getref is. Volgens die Kommissie van Ondersoek insake die Kaapse kleurlingbevolking van 1937 is daar sedert Uniewording tussen 40 en 50 wette aangeneem wat ’n onderskeid op grond van ras en kleur getref het en die meeste van hierdie onderskeidings was tot die swartes beperk (Unie van Suid-Afrika 1937:215–6). So was daar byvoorbeeld ’n onderskeid getref tussen stedelike swartes en kleurlinge met betrekking tot die dra van passe. Ook die Pensioenwet van 1928 het tussen kleurlinge en blankes enersyds en swartes andersyds gedifferensieer (Giliomee 1995:214–5). Toe Hertzog se Naturelle-wetsontwerp in 1936 deurgevoer is, was daar verder ’n duidelike skeidslyn tussen kleurlinge en swartes getref; tog was daar geen poging aangewend om die stemreg na kleurlingvroue in die Kaapprovinsie uit te brei nie. Lubbe (1991:28) se kommentaar in hierdie verband is insiggewend: die inbou van ’n beskawingstoets in die Vrouestemregwet was nie vir die NP ’n aanvaarbare kompromis

34

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

nie, as gevolg van die verwerping van die NP se beleid by die stembus tydens die 1929-verkiesing.

Ten spyte van enkele besware teen sekere klousules van die wetsontwerp het die SAP ten gunste daarvan gestem.

Die Vrouestemregwet het verreikende implikasies ingehou. In die eerste plek het dit bygedra tot die uitskakeling van die kleurblinde Kaapse stemreg en die weg gebaan vir verdere stappe in hierdie rigting. Terselfdertyd het die toevoeging van die vrouestem tot die getal blanke kiesers in die Kaapprovinsie die mag van die kleurlingstem by die stembus aansienlik verminder (Le Roux en Coetzer 1982:403). Hierna het die inperking van die kleurlingstemreg volgens Giliomee (1995:220) ’n eie dinamika ontwikkel. Verdere stappe in dieselfde rigting was nou net ’n kwessie van tyd.

4.2   Wysigingswetsontwerp op Stemreg van 1931  

Een ongerymdheid wat die Vrouestemreg tot gevolg gehad het, was dat blanke mans in die Kaapprovinsie steeds aan ’n kwalifikasietoets onderworpe was, terwyl hul vroulike eweknieë gelyke politieke regte met die blankes van die res van Suid-Afrika geniet het. Hierdie ongerymdheid het aan die NP die geleentheid gebied om die Wysigingswetsontwerp op Stemreg in 1931 deur te voer en die politieke mag van die kleurlinge daardeur nog verder af te takel. In 1929 het die kleurlingkiesers naamlik 11,45 persent van die totale Kaapse kieserskorps uitgemaak; hierdie persentasie het in 1931 tot 6,3 persent gedaal (Union Year Book, no. 23/1946, aangehaal deur Shifrin 1962:57), toe omtrent 10 000 blanke mans tot die kieserslyste gevoeg is (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 661–2), asook as gevolg van die uitbreiding van die stemreg tot slegs blanke vroue die vorige jaar.

Hierdie wet het ook die politieke segregasie tussen blankes en gekleurdes ’n stap verder gevoer deurdat daar nou ook ’n onderskeid tussen blanke en gekleurde mans in die Kaapprovinsie getref is.

Malan het hierdie wet probeer regverdig met ’n argument soortgelyk aan die een wat Hertzog die vorige jaar gebruik het: as gevolg van ’n tradisie van 1 000 jaar en die feit dat blankes lank reeds aan verpligte onderwys onderworpe was, moes daar aangeneem word dat elke blanke beskaafd is en aan al die kieskwalifikasies voldoen. Omdat die gekleurdes nog nie aan verpligte onderwys onderworpe was nie, sou daar van hulle verwag word om bewys te lewer dat hulle aan die kieskwalifikasies voldoen as hulle die stemreg wou hê.

Uit die opposisiebanke het daar beskuldigings van “’n groot bedrog”, “verraad” en “huigelagtige uitlatings” teen die NP opgestyg, omdat die wetsontwerp beskou is as ’n verbreking van ’n plegtige belofte dat die kleurlinge op politieke gebied op gelyke voet met die blankes geplaas sou word (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 668–75). Op hierdie beskuldigings het Hertzog geantwoord:

My beleid wat ek nog altyd verkondig het van die eerste dag af was, dat die Kleurlinge van Suid-Afrika so bestuur moet word, dat hulle uiteindelik polities by ons opgeneem word, maar ek het nooit gesê op dieselfde basis nie [...] (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 668–75)

Hierdie stelling was egter teenstrydig met die stelling wat Hertzog in 1928 gemaak het: “Ek sê wat ek altyd gesê het, dat op politieke gebied ons die blankes en die kleurlinge gelyk behandel” (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1892). Ook Malan het, volgens

35

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Smuts, in 1929 tydens die Kaaplandse kongres van die ANB enersluidende uitsprake gelewer: “Tans egter word die standpunt van genl. Hertzog verstaan en op prys gestel (deur die Kleurlinge), naamlik dat hulle deur die hele Unie op ’n gelyke politieke voetstuk moet staan” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 673).

Die wetsontwerp het die algemene goedkeuring van die Nasionaliste geniet. Een noemenswaardige uitsondering was dr. A.J. Stals, wat ten gunste van politieke en ekonomiese gelykstelling tussen blankes en kleurlinge was. Sy standpunt het hy op die volgende oorwegings gebaseer: “die gemeenskaplike erfgenootskap vir blanke en kleurling van die blanke beskawing in Suid-Afrika”, “die gemeenskaplike taal en godsdiens”, “die noue ekonomiese verhouding tussen blankes en kleurlinge”, “die gebrek aan afsonderlike grondbesit van die kleurlinge” en “die toenemende trap van beskawing wat deur die kleurling bereik is” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 683). Syns insiens het toestande sedert 1921 onveranderd gebly en was daar dus geen rede vir die veranderde gedragslyn nie. Nieteenstaande sy ernstige bedenkinge het Stals besluit om as partyman ten gunste van die wetsontwerp te stem.

Die wetsontwerp is sonder veel weerstand aanvaar, omdat die SAP se posisie ongekonsolideerd was.

R.W. Close, ’n lid van die SAP, het die situasie raak opgesom:

Daardie wetgewing (Vrouestemregwet) was bedoel om die hoeksteen te wees van hierdie wetsontwerp en ek beweer dat hierdie wetsontwerp bedoel is as ’n hoeksteen vir verdere pogings in dieselfde rigting. (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 674)

Latere verwikkelinge in dieselfde jaar nog sou die juistheid van hierdie siening staaf.

4.3   Die Wysigingswetsontwerp op Kieswette van 1931  

In 1930 is daar op voorstel van L. Blackwell van die SAP ’n gekose komitee aangestel om die doeltreffendheid van die kieswette na te gaan (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4542). Die aanbevelings van die gekose komitee het gelei tot die Wysigingswetsontwerp op Kieswette wat in 1931 in die Volksraad ingedien is. Die mees omstrede bepaling was ongetwyfeld die een met betrekking tot die bewyslas. Volgens Malan het onkunde en die versaking van pligte aan die kant van die registrasie-amptenare veroorsaak dat mense onwettiglik op die kieserslyste geplaas is (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die bewyslas het voorheen op die beswaarmaker berus om te bewys dat ’n persoon onwettig as ’n kieser geregistreer was. Volgens Malan was hierdie stelsel onbevredigend, omdat dit moeilik was vir ’n private beswaarmaker om bewyse te lewer om ’n man van die kieserslys geskrap te kry. Die bewyslas sou voortaan op die kieser berus om bewys te lewer dat hy wel oor die nodige kwalifikasie beskik. Indien hy in gebreke sou bly om dit te doen, sou sy naam summier van die kieserslys verwyder word.

Op die oog af het die wetsontwerp gelyk na ’n poging om die kieserslyste te “suiwer”. Dit is egter betekenisvol dat die beoogde wetgewing nie op die blanke vrou betrekking sou hê nie. Indien daar ’n klag teen ’n blanke vrou ingedien sou word, sou daar nie van haar verwag word om die teendeel te bewys nie, omdat daar ’n “rewolusie en ’n burgeroorlog” sou ontstaan (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die bewyslas sou ook op die beswaarmaker berus in die geval waar die suiwer Europese afkoms van ’n aansoeker om registrasie bevraagteken sou word, omdat dit vir die aansoeker moeilik sou wees “om in die hof te bewys dat hulle van suiwer blanke afkoms is” (Unie van

36

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die wetgewing sou net betrekking hê op die Kaapprovinsie en Natal, waar verskeie kieskwalifikasies van toepassing was.

Die wetsontwerp was ’n verdere poging om die aantal gekleurde kiesers te verminder, aangesien hulle tydens verkiesings vir die SAP gestem het. Hierdie gevolgtrekking word gestaaf deur ’n verklaring wat F.C. Erasmus, sekretaris van die NP, op 23 Januarie 1931 tydens ’n vergadering in Malmesbury gemaak het: “Waarskynlik sal binnekort veranderings in die Kieswet gemaak word waardeur die NP gebaat sal word” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 5170).

Die SAP het hewige kritiek uitgespreek teen die bepaling dat die persoon teen wie ’n klagte ingebring is, verplig sou word om sy saak in ’n hof te verdedig. Om verskillende redes (lang afstande, verlies van lone, weiering van werkgewer) sou baie persone nie in staat wees om hulle saak in die hof te verdedig nie (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4564, 4575, 5150). Die gevolg hiervan sou wees dat talle wettiglik geregistreerde kiesers se name van die kieserslyste geskrap sou word. Verder kon die beoogde wetgewing ook daartoe lei dat daar tegelyk teen ’n groot aantal gekleurde kiesers beswaar aangeteken kon word (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4555–61).

Op 21 Mei 1931 het L. Blackwell, ’n SAP-Volksraadslid, gewaarsku dat die wetgewing tot grootskaalse besware deur enigeen en almal kon lei (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4555–61).

Blackwell se vrees is aanstons bewaarheid, want die Nasionaliste het die wet gebruik om van talle kleurlingkiesers ontslae te raak. In The Sun is daar met eentonige reëlmaat berigte geplaas wat dit bevestig het. By die tweejaarlikse registrasie van kiesers in 1933 is daar byvoorbeeld beswaar aangeteken teen 394 kleurlingkiesers op die kieserslyste van die Paarl. Op die eerste dag van die hofsitting het 250 van die kleurlingkiesers opgedaag om bewyse te lewer dat hulle wel oor die nodige kieskwalifikasies beskik. Op die tweede dag was daar minder as 100, en later selfs nog minder. Die rede hiervoor was die vrees vir die verlies van lone en sake. Daar was selfs ’n geval waar ’n werker ontslaan is omdat hy nie gaan werk het nie (Anon. 1933:7). Van die 109 persone wat wel voor die hof verskyn het, is 77 se besware as ongegrond beskou, 18 se besware toegelaat, drie teruggetrek en 11 teruggehou. Diegene teen wie die besware toegelaat is se huise is onrealisties laag geëvalueer; hulle het gevolglik voortaan nie meer aan die kieskwalifikasies voldoen nie (Anon. 1933:7). Die deputasie van die APO wat in 1935 deur J.H. Hofmeyr, minister van binnelandse sake, te woord gestaan is, het ook getoon hoe onsimpatiek die polisie-amptenare die registrasie van kleurlingkiesers gehanteer het, veral in dorpe soos Elim en Bredasdorp (Anon. 1935:1).

Die nuwe wetgewing het die gewenste effek gehad. In 1935 was daar 1 306 minder kleurlingkiesers as in 1931. Dit het beteken dat die kleurlingkiesers in 1935 slegs 5,6 persent van die totale Kaapse kiesers uitgemaak het in vergelyking met 6,3 persent in 1931.

Gedurende die jare 1930–34 is die mag van die kleurlingstem dus drasties verminder met die Vrouestemregwet, die Wysigingswet op Stemreg en die Wysigingswet op Kieswette. Verder is daar ook ’n kleuronderskeid tussen blankes and kleurlinge in die Kaapprovinsie getref. Die volgende logiese stap sou wees om die kleurlinge op aparte kieserslyste met hulle eie blanke verteenwoordigers te plaas. Hierdie stap is vanaf 1934 onverbloemd en ondubbelsinnig deur die “Gesuiwerde” Nasionale Party aangepak.

37

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

5. Die onverbloemde aanslag op die kleurlingstemreg deur die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP), 1934–1939

Vanaf 1924 tot 1933 het Malan as minister van binnelandse sake Hertzog se rassebeleid heelhartig ondersteun. Daar was egter binne die NP teenkanting teen die teenwoordigheid van kleurlinge op die gesamentlike kieserslyste en die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noorde. Pogings om die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder is herhaaldelik aangewend, maar is teengestaan deur die party se hoofleiers, omdat dit deur die SAP uitgebuit sou word om kleurlingsteun by die stembus te versterk.

Die gevoel ten gunste van die politieke segregasie tussen die blankes en kleurlinge het teen die agtergrond van die gebeure wat hier bo geskets is, vinnig toegeneem. Adv. F.C. Erasmus, sekretaris van die NP in die Kaapprovinsie, het sy party se standpunt soos volg saamgevat:

Op politieke gebied het die Kleurlinge in die Kaapprovinsie ’n mag by die stembus geword buite alle verhouding tot hul getalsterkte [...] 25 000 stemgeregtigde kleurlinge en 175 000 blanke manlike kiesers, maar deur hulle blokstem smoor hulle met die 12 000 naturellekiesers die blanke stemreg; hulle keer die skaar om na die kant wat hulle verkies – en dis gewoonlik die Suid-Afrikaanse Party-kant in nie minder as twaalf uit die huidige 58 kiesafdelings. (Anon. 1932:2)

Erasmus het toe laat blyk dat die NP van sy beleid van politieke gelykheid ten opsigte van die kleurlinge afgesien het:

Dit moet egter teen hierdie tyd duidelik wees dat die party tot ’n ander sienswyse geraak het – miskien omdat hy ontdek het dat die kleurlinge self nie die mate van gelykheid wat die party hulle aangebied het, wou aanvaar nie en verkies het om by die naturelle gereken te word. (Scholtz 1979:308)

Drie afleidings kan van hierdie stelling van Erasmus gemaak word, naamlik dat die NP se beleid van politieke gelykstelling tussen kleurlinge en blankes beperk was, dat die NP reeds voor Samesmelting van hierdie beleid afgesien het (dit wil sê terwyl Hertzog nog die leier van die NP was), en dat daar selfs binne NP-geledere nie sekerheid was presies waarom daar van hierdie beleid afgesien is nie. Volgens ’n berig in Die Burger (Anon. 1938:6) sou die aparte verteenwoordiging van die kleurlinge ’n punt in die NP se verkiesingsprogram van 1934 gewees het as dit nie was vir die besluit om ’n koalisieregering tussen die NP en die SAP te vorm nie.

Daar was verskeie redes waarom Malan en sy volgelinge teen die samesmelting met die SAP gekant was. Die vernaamste twispunt was die grondwetlike status van Suid-Afrika in die Gemenebes van Nasies. Gevolglik het hulle weggebreek en op 5 Desember 1934 die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP) gestig.

Malan en die GNP het gou besef dat daar ’n sterk gevoel teen die teenwoordigheid van kleurlingkiesers op die Kaaplandse kieserslyste was, en hulle het besluit om dit as wapen teen die Verenigde Party (VP) te gebruik. Die besluit ten gunste van die aparte verteenwoordiging van die kleurlinge is in 1936 in beide die program van beginsels en aksieprogram van die GNP ingesluit (Du Plessis 1954:43–4). Die kleurlingstem was nadelig vir die GNP en om hierdie rede moes dit verwyder word uit die arena van die

38

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

politieke stryd tussen die GNP en die VP, wat volgens die Malanniete ’n stryd tussen die Afrikaner-republikanisme en Britse imperialisme was. Giliomee (2004:392) voer verder aan dat die Samesmelting en die blanke vrouestemreg ’n beslissende rol in die besluit van die GNP gespeel het. Volgens verwagtinge sou die gematigde VP alle kleurlinge op hulle verenig. Die mag van die kleurlingstem het ook drasties afgeneem as gevolg van die toekenning van die stemreg aan blanke vroue. Giliomee (2004:393) som die situasie soos volg op: “The actual cost to a party that ignored the coloured vote was much reduced.”

Samesmelting van die NP en die SAP het die deurvoering van die Hertzog-wetsontwerpe moontlik gemaak, omdat ’n tweederdemeerderheid nou binne bereik was. Toe die Naturelleverteenwoordiging-wetsontwerp in 1936 aan die Parlement voorgelê is, het Malan die geleentheid aangegryp om voor te stel dat aparte parlementêre verteenwoordiging ook op die kleurlinge van toepassing gemaak moes word. Dit was die eerste daadwerklike poging van die GNP om die kleurlinge op aparte kieserslyste te plaas.

Joubert (1974:7) het Malan se beredenering soos volg saamgevat:

In talle opsigte word die kleurling reeds anders behandel as die blankes; die kleurlinge moet uit die politiek gelig word; die ervaring van ander lande bewys dat veelrassige bevolkings die beste deur aparte verteenwoordiging gedien word; in gebiede waar blankes en kleurlinge saamgevoeg was of is – soos in die kerk of politiek – ontstaan daar altyd wrywing.

Volgens talle Nasionaliste was die vernaamste oorweging die handhawing van die blanke beskawing in Suid-Afrika (Joubert 1974). Later in die debat het talle Nasionaliste ter ondersteuning van Malan se wysiging dat die kleurlinge en swartes op aparte kieserlyste geplaas moes word, klem gelê op die misbruik van die kleurlingstem deur blanke politici (Joubert 1974:35–41). Hiervolgens het die SAP in die verlede tydens verkiesings probeer om die kleurlingstem te vang met behulp van verskeie beloftes. Na die verkiesings is hierdie beloftes vergeet. Malan se wysiging is met ’n oorweldigende meerderheid deur die verenigde vergadering van die twee Huise van die Parlement verwerp: 136 het daarteen gestem, en slegs 22 daarvoor (Joubert 1974:49).

Teen die einde van 1938 het daar ’n ongekende opbloei in Afrikaner-nasionalisme plaasgevind. Kultuur en politiek het een begrip geword. Op feitlik elke gebied het organisasies wat Afrikaner-nasionalisme bevorder het, tot stand gekom. Daar was byvoorbeeld die Afrikaner-Studentebond, die Voortrekkers, die Afrikaner-Broederbond, die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings. Hierdie neiging het ook in die handel voorgekom, waar eie banke, assuransieverenigings en vakunies gestig is.

Dié oplewing van Afrikaner-nasionalisme is by die Uniale Kongres van die GNP in November 1938 uitgebuit. Le Roux (1972:326) beskou die kongres as die belangrikste in die geskiedenis van die NP: “Hier het hy sy geloofsbelydenis oor die behoud van die blanke beskawing vir altyd geboekstaaf.” By hierdie kongres is daar beginselbesluite geneem teen gemengde huwelike en bloedvermenging, ten gunste van aparte woonbuurte vir blankes en gekleurdes, en ten gunste van ekonomiese en politieke segregasie tussen blankes en gekleurdes.

In September 1939 het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en is die kleurlingvraagstuk vir eers op die agtergrond geskuif. Na die oorlog het die Nasionaliste hulle aanslag op die kleurlingstemreg in alle erns voortgesit.

39

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

6. Slotbeskouing

Soos in die inleiding gestel, heers daar meningsverskille onder historici en politieke kommentators of die NP se amptelike beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie vanaf 1925 tot 1939 opportunisme of beginselsvastheid getoon het. Vir die doel van hierdie artikel word die amptelike beleid van die NP beskou as die beleid wat aanvaar en verkondig is tydens nasionale en provinsiale kongresse en wat beliggaam is in verskeie wetsontwerpe wat deur die NP vir goedkeuring aan die Parlement voorgelê is. Daar word erkenning gegee aan die feit dat daar binne NP-geledere aansienlike opposisie was teen die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie. Hierdie kan hoogstens as die sienswyse van afvalliges beskou word en nie as die NP se amptelike beleid nie. ’n Feit wat ook dikwels buite rekening gelaat word, is dat Hertzog ná Samesmelting en die stigting van die GNP nie meer die amptelike leier van die party was nie, en sy standpunt kan dus nie meer as verteenwoordigend van die NP se amptelike beleid beskou word nie. Sy konsekwente uitsprake ten opsigte van die teenwoordighied van die kleurlingkiesers op gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie en Natal konstitueer dus geensins konsekwentheid in die amptelik beleid van die NP nie. Vanaf Samemelting het Malan die amptelike beleid van die GNP beliggaam soos by nasionale en provinsiale kongresse aanvaar en verkondig. Soverre dit hierdie artikel betref, sal daar uitspraak gelewer word of Hertzog, as leier van die NP, se beleid ten opsigte van die politieke posisie van die kleurlinge tussen 1925 en 1934 enigsins verander het. Verder sal daar uitspraak gelewer word of Malan, as leier van die NP in die Kaappovinsie en later as nasionale leier van die GNP, se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie verander het.

Die NP se politieke beleid is deur twee oorwegings oorheers: die stryd om Afrikaner-nasionalisme teen Britse imperialisme gestand te hou, asook die stryd om blanke oppergesag teen die Swart Gevaar te verskans en uit te bou. Alle ander oorwegings was ondergeskik aan hierdie twee dryfvere. In hierdie verband het die NP in die jare 1925 tot 1939 konsekwent opgetree. Dit is teen hierdie agtergrond dat die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie beoordeel moet word.

Vanaf die tweede dekade van die 20ste eeu was die NP verteenwoordigend van Afrikaner-nasionalisme, terwyl die SAP, en later die VP, verteenwoordigend van Britse imperialisme was. In die Kaapprovinsie het die kleurlingstem sedert 1910 ’n beslissende rol in ’n aantal sleutelsetels gespeel. Aangesien die kleurlinge oorwegend vir die Engels-georiënteerde politieke partye gestem het, is hulle as ’n bedreiging vir Afrikaner-nasionalisme beskou. Hiermee het die kleurlinge hulle in die arena van die stryd tussen Afrikaner-nasionalisme en Britse imperialisme en die stryd teen swart oorheersing bevind. Die Kleurlingregte-wetsontwerp en die stigting van die ANB was ’n poging om die kleurlingstem agter die NP te kry en om Afrikaner-nasionalisme te bevorder. Terselfdertyd is met die wetsontwerp beoog om ’n wig in te dryf tussen die kleurlinge en die swartes en om sodoende mee te help om blanke oppergesag in Suid-Afrika te bestendig. Toe dit blyk dat die wetsontwerp nie die gewenste uitwerking gehad het nie, is daar besluit om die wetsontwerp te laat vaar en om ondersteuning aan die ANB te onttrek. Giliomee (1995:202) meen heeltemal tereg dat die politieke lot van die kleurlinge nie deur hulle rasse-identiteit bepaal is nie. Dit is ook nie bepaal deur diepe morele en beginselgegronde oorwegings nie, maar deur die politieke belange van die heersende politieke party. Dit dui daarop dat politieke opportunisme ’n beslissende rol gespeel het in die bepaling van die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie.

40

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die Swart Gevaar-verkiesing van 1929 het aan die lig gebring watter magtige wapen die rassevraagstuk in die Suid-Afrikaanse politiek was. Na die samesmelting tussen die NP en die SAP het die GNP die kleurlingstemregvraagstuk as strydpunt aangegryp in die strewe om politieke mag te bekom. Die aftakeling van die kleurlingstemreg was dus nie ’n doel op sigself nie, maar slegs ’n middel om politieke mag te bekom en sodoende Afrikaner-nasionalisme te beveilig teen die aanslag van Britse imperialisme en die Swart Gevaar.

Alhoewel die aftakeling van die kleurlingstem teen 1939 nog nie afgehandel was nie, was die grondslag daarvan toe reeds gelê. Na 1939 was dit slegs ’n kwessie van tyd voordat die kleurlingstem heeltemal afgetakel sou word. Verder kon daar voortgegaan word met verskeie beperkende maatreëls om te probeer om die kleurlinge in ’n posisie van permanente onderhorigheid te dwing en om sodoende Afrikaner-nasionalisme en blanke heerskappy te probeer beveilig.

Met betrekking tot die stryd teen Britse imperialisme en die Swart Gevaar was die NP, en later die GNP, konsekwent in sy beleidsrigtings. Die beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie getuig egter van politieke opportunisme. Die kleurlingstem is gebruik as ’n politieke speelbal na gelang van omstandighede. In 1925 het Hertzog te kenne gegee dat die NP ten gunste van gelyke politieke regte tussen kleurlinge en blankes was. ’n Ontleding van die Smithfield-toespraak asook die Kleurlingregte-wetsontwerp toon egter dat wat Hertzog voorgestel het, nie ’n beleid van politieke gelykstelling tussen die twee bevolkingsgroepe was nie – anders as wat te kenne gegee is – maar hoogstens ’n onderneming dat die bestaande regte van die manlike kleurlingkiesers in die Kaapprovinsie behoue sou bly en mettertyd op dieselfde basis na die kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei sou word. Gelyke regte sou beteken het dat kleurlinge net soos die blankes ook direkte verteenwoordiging in die parlement sou geniet – iets wat die NP nooit verkondig het nie. Die Kleurlingregte-wetsontwerp was verder onderworpe aan streng voorwaardes wat die bestaande regte van die kleurlinge nadelig sou beïnvloed. Alhoewel Hertzog te kenne gegee het dat die formulering van die wetsontwerp op diepe morele oortuiging berus het, was dit nie die geval nie. Na die 1929-verkiesing, toe dit geblyk het dat die kleurlinge oorweldigend vir die SAP gestem het, het die NP besluit om die wetsontwerp te laat vaar. Dit het beteken dat die NP onder leiding van Hertzog na die 1929-verkiesing nie meer bereid was om die bestaande politieke regte van die kleurlinge in die Kaapprovinse na die noordelike provinsies uit te brei nie. Dit het ’n ommeswaai in die NP se beleid verteenwoordig.

Na die 1929-verkiesing het die NP besluit om sy ondersteuning by die stembus op ander maniere te bevorder deur onder andere die mag van die swart en kleurlingstem af te takel. Met die Vrouestemregwet van 1930, die Wysigingswet op Stemreg van 1931 en die Wysigingswet op Kieswette van 1931 het die NP onder leiding van Hertzog die mag van die kleurlingstem aansienlik ingekort in belang van die NP en ten koste van die SAP. Verskeie twyfelagtige redes is aangevoer waarom die stemreg nie na kleurlingvroue uitgebrei kon word nie en waarom gelykstelling tussen blanke vroue en mans uiters noodsaaklik was, ten spyte van die feit dat dit die oogmerk van politieke gelykstelling van die kleurlinge met die blankes nog verder sou benadeel. Dit het in 1930 en 1931 geblyk dat beide Hertzog en Malan die kleurlinge as minder beskaaf as die blankes beskou het, en gevolglik was hulle nie geregtig op politieke gelykheid met die blankes nie. Beide het nooit probeer verduidelik op watter wetenskaplike basis hulle die kleurlinge as ’n aparte ras beskou het nie. Volgens Lewis (1987:146) het die kleurlinge se heterogeniteit dit onmoontlik gemaak. Hertzog het die feit dat die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie drasties verander het, probeer verdoesel deur te verwys na die feit dat die NP nog steeds ten gunste was van die

41

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

teenwoordigheid van die kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie en Natal. In hierdie verband kan Hertzog se beleid as konsekwent beskou word. Daar bestaan egter geen twyfel nie dat die NP onder Hertzog se beleid vanaf 1925 tot Samesmelting ’n ommeswaai ondergaan het. Die NP was nie meer voornemens om die bestaande politieke regte van die kleurlinge in die Kaapprovinsie na die kleurlinge in die noordelike provinsies uit te brei nie, en het intussen die politieke magte van die blankes aansienlik uitgebrei ten koste van die kleurling- en swart stem. Malan het ook aanvanklik ná 1929 nog probeer wal gooi teen Nasionaliste in die Kaapprovinsie wat die kleurlinge op aparte kieserslyste wou plaas – nie om beginselgegronde redes nie, maar omdat dit deur die SAP by die stembus uitgebuit sou word. Na Samesmelting en die stigting van die GNP het die agitasie om die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder amptelike partybeleid onder Malan geword. Dit het ’n radikale ommeswaai van die NP se beleid van 1925 verteenwoordig en die hoofrede hiervoor was politieke opportunisme.

Die doel van hierdie artikel was om te bepaal of die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie in die periode onder bespreking ’n radikale ommeswaai ondergaan het en, indien wel, watter faktore daarvoor verantwoordelik was. In verband met laasgenoemde verskaf Giliomee (1995:202), op grond van die teorie van Horowitzi, ’n nuttige konteks waarbinne die NP se veranderde beleid beskou kan word:

[T]he intensification of segregation and the contraction of democratic freedoms result less from class struggles than from battles among political elites about the best ways of promoting their own or their party’s prospects. Whether they resort to the politics of exclusion depends in the first place not on their historical and cultural identities but on the opportunities for sectional political gain which extension or contraction of the franchise offers. Culture can be pushed into the service of either.

Die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg was nie gebaseer op kuturele oorwegings nie, alhoewel kultuur voor 1929 gebruik is as basis vir die beoogde uitbreiding van die kleurlingstemreg en daarna om die stemreg van die kleurlinge in te perk. Sodoende is die politieke belange van die NP bevorder.

Bibliografie

Afrikaanse Nasionale Bond (ANB). 1929. To all Cape coloured friends in the Union. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

Anon. 1924. You can trust him. Smuts’ (sic) great nation-building policy for South Africa. Cape Times, 16 Junie, bl. 9.

—. 1925a. Dis jammer. Die Burger, 12 September, bl. 6.

—. 1925b. Die groot toespraak. Die Burger, 14 November, bl. 6.

—. 1925c. Premier’s native policy. Cape Argus, 14 November, ongenommer.

—. 1926a. Votes for European women. Select Committee’s Report. Cape Times, 17 Junie, bl. 11.

42

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 1926b. Pact condemned by coloured people. Fooled and deluted. The wrongs of the Rights Bill. Cape Argus, 17 Junie, ongenommer.

—. 1926c. Dr. Malan se verpletterende antwoord. Die Burger, 30 September, bl. 5.

—. 1928. Vooruitgang van kleurlingbevolking. Opregtheid van Nasionale regering. Die Burger, 21 November, bl. 4.

—. 1929a. Belangrike besluite op Nasionale Kongres. Die Burger, 5 September, bl. 7.

—. 1929b. Dr. Malan in die Eikestad. Wat Nasionale Party vir kleurlinge doen. Die Burger, 2 Mei, bl. 7.

—. 1929c. Kleurlinge ontwaak. Monstervergadering bespreek toestande. Die Burger, 30 April, bl. 9.

—. 1929d. Sprekende feite. Die Burger, 14 Mei, bl. 6.

—. 1929e. Stem vir die regering. Kleurlinge vergader in stadsaal. Wie hul beste vriend is. Die Burger, 23 Mei, bl. 5.

—. 1929f. Waarom Nasionale beleid moet seëvier. Genl. Hertzog spreek reusevergadering op Barberton toe. Die Burger, 27 Mei, bl. 7.

—. 1930. Genl. Hertzog en vrouestemreg. Hy sal sy belofte hou. Die Burger, 27 Mei, bl. 6.

—. 1932. Bewaar S.A. vir die blankes. Gee kleurlinge eie kiesafdelings. Die Burger, 9 April, bl. 2.

—. 1933. Nearly 300 coloured voters struck off the roll at Paarl. Nationalist Party’s mean action. The Sun, 27 Oktober, bl. 7.

—. 1935. Registration and Electoral Law grievances. The Sun, 5 April, bl. 1.

—. 1938. ’n Bogpraatjie van genl. Hertzog. Die Burger, 21 April, bl. 6.

Breitenbach, J.J. (red.). 1974. South Africa in the modern world (1910–1970). Pietermaritzburg: Shuter en Shooter.

Cameron, T. (red.). 1986. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. In woord en beeld. Kaapstad: Human & Rousseau.

Cloete, G.S. 1976. ’n Ontleding van direkte kleurlingverteenwoordiging op die munisipale vlak in Suid-Afrika tot 1971. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Coetzer, P.W. 1975. Die verhouding tussen die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924–1929. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Cope, J. 1965. South Africa. Londen: Benn.

Cronjé, G. 1948. Voogdyskap en apartheid. Pretoria: Van Schaik.

Du Plessis, O. 1954. Separate representation of voters. Kaapstad: Verenigde Party.

43

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Du Pre, R.H. 1992. Strangers in their own country. A political history of the “Coloured” people of South Africa, 1652–1992: An introduction. History for the Laymen Series – II. Oos-Londen: Southern History Association.

Giliomee, H. 1995. The non-racial franchise and Afrikaner and Coloured identities, 1910–1994. African Affairs, 94(375):199–225.

—. 2004. The Afrikaners: Biography of a people. Kaapstad: Tafelberg.

Haines, R.J. 1978. The opposition to General J.M.B. Hertzog’s segregation bills, 1925–1936: A study in extra-parliamentary protest. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Natal.

Joubert, D. (red.). 1974. Die Kaapse stemreg: Verteenwoordiging vir swart en bruin in 1936, Brandpunte 5. Kaapstad: Tafelberg.

Le Roux, J.H. 1972. Die “Gesuiwerde” Nasionale Party, 1935–1940. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Le Roux, J.H. en P.W. Coetzer. 1982. Die Nasionale Party, Deel 2, Die eerste bewindsjare, 1924–1934. Bloemfontein: Instituut vir Eietydse Geskiedenis, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Lewis, G. 1987. Between the wire and the wall: A history of South African “Coloured” politics. Kaapstad en Johannesburg: David Philip.

Lubbe, H.J. 1991. Vergeet die Arbeiders en wen die “Kleurlinge”: Die “Swart Gevaar”-propaganda in Kaapland gedurende die parlementêre verkiesingstryd van 1928 tot 1929. Kronos, 18:15–28.

—. 1997. The myth of “Black Peril”: Die Burger and the 1929 election. South African Historical Journal, 37:107–32.

Malan, D.F. 1959. Afrikaner-volkseenheid en my ervarings op die pad daarheen. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.

Murray, B.K. 1986. Van die Pakt tot die begin van apartheid, 1924–1948. Die tydperk van 1924 tot 1939. In Cameron (red.) 1986.

Neame, L.E. 1962. The history of apartheid. Londen: Pall Mall Press.

Pretorius, G. 1960. Man van die daad: ’n Biografie van Bruckner de Villiers. Kaapstad: HAUM.

Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika, 1910–1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Scholtz, G.D. 1979. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, Deel VII, 1924–1939. Johannesburg: Perskor-Uitgewery.

Scholtz, L. 2004. Net begrafnis lê voor. Die Burger, 17 April, p. 15.

Shifrin, T. 1962. New deal for coloured people. Ongepubliseerde BA Honneurs-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

44

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Thom, H.B. 1980. D.F. Malan: A political biography. Kaapstad: Tafelberg.

Thompson, L.M. 1949. The Cape coloured franchise. Johannesburg: South African Institute of Race Relations.

Unie van Suid-Afrika. 1927. Debatte van die Volksraad, 28 Januarie tot 29 Junie 1927. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1927–8. Debatte van die Volksraad, 14 Oktober 1927 tot 1 Junie 1928. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1929. Verenigde Vergadering van albei Huise van die Parlement, 12 tot 25 Februarie 1929. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1930. Debatte van die Volksraad, 17 Januarie tot 28 Maart 1930. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1931. Debatte van die Volksraad, 30 Januarie tot 6 Junie 1931. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1936. Reports and proceedings of the Joint Committees of both Houses of Parliament on the Native Bills, 1930–1935. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1937. Verslag van die Kommissie van Ondersoek insake die Kaapse kleurlingbevolking, UG no. 54. Pretoria: Staatsdrukker.

Van den Heever, C.M. 1946. Generaal J.B.M. Hertzog. Johannesburg: Central News Agency.

Van der Ross, R.E. 1986. The rise and decline of apartheid. A study of political movements among the Coloured people of South Africa 1880–1985. Kaapstad: Tafelberg.

Walker, E.A. 1936. The Cape native franchise. Kaapstad: The Continuation Committee of the National Conference on the Native Bills.

—. 1968. A history of southern Africa. Londen: Longmans.

Eindnota

1 Om praktiese redes is daar besluit om die terme blankes, kleurlinge en swartes te gebruik wanneer daar na die onderskeie bevolkingsgroepe in die tyd onder bespreking verwys word. Waar die term naturel egter in wette en wetsontwerpe bevat is, word die oorspronklike terme behou. Die gebruik van hierdie rassekategorieë impliseer egter nie die aanvaarding daarvan nie.

45

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde

Burgert A. Senekal

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans Universiteit van die Vrystaat

Summary 

The digitisation of NALN’s collection of newspaper clippings: Enabling 21st­century research in Afrikaans literature 

The contemporary world  is an extremely complex environment due to globalisation and the internet. Within this globalised interdependent framework, researchers, both in an academic context  and  in  non­academic  settings  such  as  business,  cannot  expect  to  succeed without incorporating resources  that extend  the reach of  the  individual's environment and expedite the  processing  of  information. Not  only  has  the  amount  of  information  circling  the  globe increased rapidly over the past two decades, but museums and libraries have had to downsize their  staff,  which  effectively  means  that  fewer  resources  are  available  to  handle  more information  and  in  addition  serve  a  larger  population.  If  the  humanities’  basic  tasks  are “preserving,  reconstructing,  transmitting,  and  interpreting  the  human  record”  (Frischer 2009:15), technology  is the key, enabling research across  international borders, distributing data,  findings  and  insights  globally,  and  managing  the  deluge  of  information  that  is characteristic  of  the  21st­century world. Within  this  context,  digitisation  –  the  process  of converting analogue documents to a digital format – occupies a privileged position, enabling the distribution of  information globally (and thereby contributing to  information overload), as well  as  safeguarding  the  preservation  of  important historical material. Digitisation  has become a global trend, and although many South African heritage institutions have been slow to make  the  transition  from  analogue  to  digital  – mainly  because  of  budget  constraints  – museums and archives in South Africa have realised the potential that digitisation holds, and are now digitising their collections. 

Digitisation  has  numerous  benefits,  including  making  information  available  globally  and adding  to  a  museum’s  archival  role  by  providing  faithful  copies  to  researchers  without exposing the original documents to the elements and to wear and tear, and because handling digital  material  saves  time,  enabling  staff  to  attend  to  the  collection,  retrieval,  and preservation  of  analogue  documents.  In  addition,  digitisation  enables  using  information technology for research purposes, including in lexicography, linguistics, historiography, and in literary analysis. This allows  the analysis of data  sets  that are much  larger  than a human researcher can handle, and abroad  researchers  in what  is known as  the digital humanities recently  began  campaigning  for  the  better  integration  of  information  technology  in  social science  research. Schwarte et al.  (2010:9) argue,  “The  study of history usually  requires  the extraction of relevant data out of  large corpora. This data extraction  is typically very time­consuming  if done manually;  time which  is afterwards  lacking  for  the actual research.  It  is therefore urgently necessary to make data on the one hand accessible, and on the other hand 

46

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

automate the process of data extraction and presentation.” However,  in order  for advanced software to utilise these  large sets of  information a significant body of documents has to be available in a suitable digital format. 

After obtaining funding from the private sector in late 2009 the digitisation project conducted by the University of the Free State’s Department of Afrikaans and Dutch, German and French at the National Afrikaans Literary Museum and Research Centre (NALN) in Bloemfontein was started early in 2010. The project involves digitising newspaper clippings and magazine and journal articles numbering over 300 000 documents, covering literary reviews, polemics and other  Afrikaans  cultural matters.  As  such,  the  so­called  clippings  collection  is  unique  and comprehensive,  and  researchers working  on  Afrikaans  literature  have  used  this  collection extensively. Borgman (2010:10) specifically mentions newspaper articles as one of the types of data necessary for research in the humanities, together with letters, books, articles, diaries and more. The digitisation of  such a collectionordinarily has  the  twin goals of preservation and access: “Firstly, by making a digital copy of old and fragile materials, the handling of the original  document  is  reduced.  Second,  having made  a  digital  copy,  the  document may  be accessed  simultaneously by many more users  in diverse  locations,  subject only  to whatever access  controls are appropriate  for  the document, while  the original may be accessed only from within the Special Collections area” (Thomas, Cramond, Emery and Scott 2005:10). The primary  objective  of  the  current  digitisation  project  is  to  enhance  NALN’s  preservation function,  but with Afrikaners  now  dispersed  across  the  globe,  digitisation  also  enables  the more  efficient  distribution  of  information  to  researchers  overseas,  since NALN  is  both  the guardian of Afrikaans’s literary heritage and a research centre. Executed by the author under the  guidance  of  Prof.  H.P.  van  Coller,  the  project  has  only  recently  found  its  feet,  but  in addition to the benefits this project holds for the museum, the project can also contribute to establishing  Afrikaans  literature more  firmly within  the  global  information  network,  and creates  new  possibilities  for  research  in  Afrikaans  literature,  both  qualitatively  and quantitatively. 

This article examines the historical background of the project, the progress made so far, and practical  lessons  learned  –  from  scanning  resolutions  and  file  formats  to working within budget  constraints  and with  a  limited  number  of  personnel.  Throughout  the  discussion  of scanning,  image  enhancement,  conversion  to  Portable  Document  Format  (PDF),  Optical Character Recognition (OCR), metadata and Information Retrieval (IR) the article examines different available options, the shortcomings and benefits associated with each, and why this project  chose  to  take  a  specific  route.  Because  numerous  similar  projects  have  been undertaken overseas,  the article  shows how  those  involved  in  this project have  learnt  from publications  on  other  digitisation  projects,  adapting  lessons  learnt  to  the  constraints  and requirements  of  the  project  after  extensive  research  and  testing.  The  article  furthermore notes that digitisation requires a sharp, never­ending learning curve: cyber­infrastructure is not adequate, because  it  is  currently  sufficient, but must  stay updated and keep pace with international  developments.  In  following  publications  in  the  digital  humanities,  the  article lastly  explores  opportunities  created  by  digitisation  to  conduct  research  in  a  new  way through  advanced  data mining  and  visualisation  software.  It  is  argued  that  this  has  the potential  to  stimulate a  fresh appreciation of  the printed  text:  “The development of digital collections  does  not  require  the  destruction  of  books  [or  other  sources];  instead,  it  may provoke more  interest  in  their existence and provide different opportunities  for  their  study through keyword and structured searching” (Willett 2004). 

This digitisation project is neither the largest of its kind in the country nor the first, but has already managed to contribute to the debate on the digitisation of heritage material in South Africa – a contribution this article aims to make as well. 

Keywords: Digitisation, digital humanities, information technology, archives, NALN 

47

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Opsomming

Digitalisering het vele voordele, insluitend die wêreldwye beskikbaarstelling van inligting, die aanvulling van ’n museum se bergingsfunksie deur getroue kopieë aan navorsers te verskaf sonder dat die oorspronklike dokumente aan die elemente en slytasie onderwerp word, en tydbesparings vir personeel wat hulle in staat stel om meer aandag aan die versameling, ontsluiting en bewaring van dokumente te bestee. Verder bemiddel digitalisering die gebruik van inligtingstegnologie vir navorsingsdoeleindes, soos reeds in die buiteland onder andere in die leksikografie, linguistiek, historiografie, en heelwat in die letterkunde onderneem is. Sodoende kan die ontleding van datastelle onderneem word wat veel groter is as wat ’n menslike navorser kan hanteer, en in die buiteland het navorsers binne wat as die digitale geesteswetenskappe bekend staan, hulself onlangs begin beywer om inligtingstegnologie beter binne geesteswetenskaplike navorsing te integreer. Ten einde gevorderde sagteware te kan benut om hierdie groot hoeveelhede inligting te hanteer, moet ’n beduidende korpus analoogdokumente egter digitaal beskikbaar wees. Crane, Babeu en Bamman (2007:120) skryf: “We need to increase physical and intellectual access to every type of content and we need methods that are automated and can be applied to large bodies of content.” Die Universiteit van die Vrystaat se digitaliseringsprojek by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein het pas sy voete gevind, maar bo en behalwe die voordele wat dit vir die museum inhou, kan die projek ook daartoe bydra om die Afrikaanse letterkunde stewiger in die globale inligtingsnetwerk te vestig én nuwe moontlikhede vir navorsing binne die Afrikaanse letterkunde skep. Binne die raamwerk van sowel buitelandse digitaliseringsprojekte as die digitale geesteswetenskappe bespreek hierdie artikel die vordering wat binne die eerste jaar gemaak is, die lesse wat geleer is, en die potensiaal wat digitalisering binne die Afrikaanse letterkunde inhou.

Trefwoorde: Digitalisering, digitale geesteswetenskappe, inligtingstegnologie, argiewe, NALN

1. Inleiding

Die hedendaagse wêreld is ’n uiters komplekse omgewing as gevolg van globalisasie en die internet. Binne hierdie geglobaliseerde interafhanklike konteks kan navorsers, sowel in ’n akademiese sfeer as in nie-akademiese opsette soos die sakewêreld, nie verwag om sukses te behaal sonder die inkorporering van middele wat die reikwydte van die individu se leefwêreld vergroot en die verwerking van inligting bespoedig nie. Boiangiu, Spataru, Dvornic en Bucur (2008:67) voer aan: “The future of cultural development throughout the world is demanding more than ever for a larger distribution and a better preservation in time of knowledge”, en tegnologie is die sleutel hiervoor. Sedert die vroeë steentydperk was tegnologie altyd die oplossing om met beperkte mannekrag beter resultate op te lewer; en binne enige organisasie – museum, besigheid of universiteit – verhoog tegnologie nie alleen produktiwiteit nie, maar beskik dit ook oor die vermoë om ’n kwalitatiewe verbetering van dienslewering te bewerkstellig deur die menslike dimensie meer vaartbelyn te maak. Soos Nuance Software (2010) se webblad dit stel: “Every 12 filing cabinets require an additional employee to maintain. And this is just the beginning of what it costs to manage paper in an increasingly digital world.” Ten spyte van die groei van die algemene bevolking en

48

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

ook van studentegetalle oor die afgelope twee dekades, het museums en biblioteke begrotingsbesnoeiings beleef: die James Hardiman Biblioteek by die Nasionale Universiteit van Ierland in Galway het byvoorbeeld ’n 11,7 persent-besnoeiing in personeel beleef (Cox 2010:7), en NALN se personeel is ook drasties besnoei en herontplooi. Die behoefte bestaan dus om met minder personeel meer te vermag, en hierdie tendens blyk wêreldwyd toe te neem.

Die hoeveelheid inligting het ook radikaal toegeneem sedert die algemene beskikbaarstelling van rekenaars en die internet in die negentigerjare. Die direkteur van Google, Eric Schmidt, beweer dat die mensdom van aanvang tot 2003 vyf eksagrepe (exabytes) se data gegenereer het, terwyl daar tans vyf eksagrepe elke twee dae gegenereer word (Tynan 2010). Schmidt noem dit ’n “data tsunami”: een eksagrepe bestaan uit 1018 grepe, met ander woorde een een miljoen teragrepe (Skokowski 2010). Dit kom neer op 125 miljoen geheuestokkies (flash drives) van vier gigagrepe elk wat per dag tot die globale inligtingsnetwerk toegevoeg word.

Crane, Babeu en Bamman (2007:117) glo akademici moet radikaal nuwe tegnologie en sosiale konvensies ontwikkel om te kan bou op die “sterrestelsels data” wat nou vorm aanneem, en beperkte vordering is reeds gemaak: universiteite het toegang tot hoëspoed-internet en aanlyn-argiewe van akademiese joernale wat navorsing bespoedig; kommunikasie geskied vinniger deur middel van e-posse; en navorsing word vinniger in ’n publiseerbare formaat verwerk deur middel van woordverwerkingsprogramme.

Die gebruik van inligtingstegnologie het sowel kwantitatiewe as kwalitatiewe implikasies: aangesien minder tyd spandeer word om deur argiewe te soek sonder dat enigiets gevind word, kan meer tyd spandeer word om die inhoud van dokumente te ontleed (Bingham 2010:229).

Lynch (2008) glo dat die impak van tegnologie op die wetenskap breed beskou moet word:

When we speak of the changes wrought by information technology, we consider information technology in its broadest sense: not only high-performance computing and advanced computer communication networks but also sophisticated observational and experimental devices and sensor arrays attached to the network, as well as software-driven technologies such as high-performance data management, data analysis, mining and visualisation, collaboration tools and environments, and large-scale simulation and modelling systems.

Die gevorderde sagteware (programmatuur) waarna Lynch verwys, is egter steeds nie deel van die hoofstroom binne die geesteswetenskappe in die buiteland of in Suid-Afrika nie, en Borgman (2010:3) noem dat die natuurwetenskappe die geesteswetenskappe vooruit is in die VSA en die Verenigde Koninkryk (VK), waar onderskeidelik na kuberinfrastruktuur en eScience verwys word:

Digital scholarship remains emergent in the humanities, while eScience has become the norm in the sciences. The humanities need not emulate the sciences, but can learn useful lessons by studying the successes (and limitations) of cyberinfrastructure and eScience initiatives.

Afgesien van die algemene gebruik van die internet, woordverwerkers en programme soos EndNote en Mendelay vir akademiese doeleindes, beskik inligtingstegnologie oor

49

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die vermoë om navorsing op ’n nuwe manier te benader. In die buiteland het die begrip digitale geesteswetenskappe onlangs opgang begin maak (vir ’n oorsig oor dié ontwikkeling, sien Hockey 2004:3–17). Frischer (2009:15) definieer digital humanities as “the application of information technology as an aid to fulfill the humanities’ basic tasks of preserving, reconstructing, transmitting, and interpreting the human record”.

Inligtingstegnologie is onder andere al aangewend in die leksikografie (Wooldridge 2004), die linguistiek (Hajič 2004), die historiografie (bv. Thomas 2004; Schwarte, Haccius, Steenbuck en Steudter 2010), en die letterkunde (bv. Rommel 2004). In alle fasette waarmee die geesteswetenskappe hulle bemoei, kan tegnologie dus aangewend word, en behoort dit gebruik te word ten einde nie binne die “data-tsoenami” verlore te raak nie.

Digitale dokumente skep die geleentheid om navorsing anders te benader, veral deur die ontleding van groter datastelle (Borgman 2010:8). Schreibman, Siemens en Unsworth (2004:xxvi) let daarop dat ’n rekenaar ’n navorser in staat stel om verbintenisse tussen tekste en terme, patrone, samevoegings en afwesighede te identifiseer wat die navorser nie daarsonder sou kon doen nie. Vir hulle bied die digitale geesteswetenskappe “a new horizon for humanities scholarship, a paradigm as powerful as any that has arisen in any humanities discipline in the past”.

Craig (2004:282–5) noem ook hoe rekenaarmatige stilistiese analise kan help om dispute oor skrywerskap van ouer tekste op te los, en die impak wat dit kan hê op ons begrip van die literêre kanon. Die volume inligting wat hiervoor ontleed moet word, is egter veels te groot vir ’n mens om akkuraat te verwerk en dus skep die rekenaar moontlikhede om tot heel nuwe insigte rakende die (Afrikaanse) literêre sisteem te kom. Deur middel van digitale koerantartikels kan ’n navorser byvoorbeeld uitvind wanneer ’n term sy verskyning gemaak het, of wanneer ’n kwessie in die media opgeduik het – so het ’n Amerikaanse navorser byvoorbeeld ’n vroeër gebruik van die woord jazz ontdek as wat voorheen bekend was (Bingham 2010:228). Data-ontginning is ook al gebruik om sentimentaliteit in 19de-eeuse Amerikaanse fiksie te ontleed (Horton, Taylor, Yu en Xiang 2006), asook die representasie van geslagtelikheid in Shakespeare se werke (Hota, Argamon, Koppel en Zigdon 2006).

Die digitalisering van analoogdokumente is egter die fondament waarop alle ander tegnologiese middele berus: sonder bruikbare digitale weergawes van dokumente bestaan daar geen moontlikheid om gevorderde sagteware aan te wend om groter volumes data te verwerk nie. Borgman (2010:11) is deel van ’n koor navorsers binne die digitale geesteswetenskappe wanneer hy vra dat ’n “kritiese massa” digitale hulpbronne opgebou word om meer algemene studies met ’n groter reikwydte te bemagtig. Schwarte e.a. (2010:9) voer aan:

The study of history usually requires the extraction of relevant data out of large corpora. This data extraction is typically very time-consuming if done manually; time which is afterwards lacking for the actual research. It is therefore urgently necessary to make data on the one hand accessible, and on the other hand automate the process of data extraction and presentation.

Digitale dokumente het ook verskeie ander voordele bo analoogdokumente, en hier word slegs ’n paar genoem in navolging van Rothenberg en Bikson (1999:69):

Digitale dokumente kan foutloos gekopieer word, wat beteken dat dit aan studente en kollegas deurgegee kan word sonder om die kwaliteit van die dokument te verminder. ’n Kenmerk van analoogkopiëring (fotostate) is dat

50

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

daar altyd ’n mate van ruis (noise) met elke kopie intree, wat beteken dat inligting verlore kan gaan.

Digitale dokumente kan oor netwerke versprei word. In plaas daarvan dat ’n fotostaat gemaak moet word om aan ’n kollega te gee, kan dit bloot aangeheg word in ’n e-pos, wat tyd en geld bespaar.

Digitale dokumente kan deur ’n wye verskeidenheid media versprei word, insluitend CD’s en DVD’s, asook geheuestokkies en inderdaad papieruitdrukke. Dit maak inligting makliker oordraagbaar en gevolglik meer vryelik beskikbaar, wat Malhan (2006:6) ’n “demokratisering” van inligting noem: “Everyone having connectivity to the Internet can access the same information at the same time using search engines. Scientists in the developing countries can access research journals at the same time their counterparts do in the developed countries.”

Die elektroniese opspoor van dokumente, asook die soek vir inligting binne dokumente, is eksponensieel vinniger. Digitale dokumente wat op ’n persoonlike rekenaar of op ’n bediener gestoor word, kan byvoorbeeld met behulp van elektroniese soekfunksies opgespoor word.

Sien ook Malhan (2006:5) in dié verband.

Digitalisering voldoen gevolglik aan twee kernvereistes vir navorsing in die geesteswetenskappe: “We need to increase physical and intellectual access to every type of content and we need methods that are automated and can be applied to large bodies of content” (Crane e.a. 2007:120).

Om hierdie redes, asook bogenoemde mannekragbesnoeiings, het die Universiteit van die Vrystaat (UV) sedert 2008 betrokke geraak by die digitalisering van NALN se versameling koerantknipsels. Hierdie artikel bepreek die vordering wat gemaak is, die lesse wat geleer is, en die potensiaal wat digitalisering binne die Afrikaanse letterkunde inhou.

2. Agtergrond

Borgman (2010:4) glo wetenskaplikes moet self betrokke raak by die implementering van inligtingstegnologie: “Only those who do the work and who require the infrastructure are in a position to take the field forward. Librarians and technology developers are essential partners, but those who conduct the research must take the lead.” Ná eerste samesprekings in 2007 met betrokkenes in die Vrystaatse Provinsiale Regering het Hennie van Coller van die UV in 2008 begin met onderhandelings om befondsing te verkry vir ’n digitaliseringsprojek by NALN. Befondsing is uiteindelik in Oktober 2009 ontvang, maar as gevolg van verskeie oponthoude het die digitaliseringsprojek eers in Mei 2010 begin. Intussen is die UV se projek op administratiewe vlak by die Erfenisstigting se Korttermyningrypingsplan (KTIP)1

ingelyf. Ten spyte daarvan dat die projek deur die privaatsektor befonds word en die UV-personeel hiervoor kontrakteer, bly dit ’n projek in diens van en tot voordeel van NALN alleenlik (behalwe dat enigiets wat tot NALN se voordeel strek, indirek ook die Afrikaanse gemeenskap bevoordeel).

NALN se knipselversameling bewaar items wat handel oor ’n geraamde 8 000 Afrikaanse skrywers, ’n versameling wat strek oor nagenoeg 125 jaar en ’n geskatte 350

51

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

000 tot 400 000 knipsels insluit (Liebenberg 2009:1). Party van hierdie knipsels is oorspronklikes wat op A4-papiere geplak is, terwyl ander fotostate is, en nog ander in hul oorspronklike publikasievorm is. ’n Knipsel bestaan egter gereeld uit ’n hele aantal bladsye (’n artikel uit ‘n tydskrif tel byvoorbeeld as een knipsel), en daarom is die aantal bladsye wat gedigitaliseer moet word, veel meer as die aantal knipsels.

Die digitalisering van hierdie tipe versameling het primêr ten doel om inligting te bewaar, asook om toegang aan alle belanghebbende partye te verleen (Gatos, Mantzaris, Perantonis en Tsigris 2000:77). Thomas, Cramond, Emery en Scott (2005:10) skryf:

Digitization projects are about preservation and access. Firstly, by making a digital copy of old and fragile materials, the handling of the original document is reduced. Second, having made a digital copy, the document may be accessed simultaneously by many more users in diverse locations, subject only to whatever access controls are appropriate for the document, while the original may be accessed only from within the Special Collections area (skrywers se beklemtoning).

In NALN se geval moet die knipselversameling beskikbaar wees vir navorsingsdoeleindes vanaf skoolvlak tot die vlak van professionele navorsers – en nie alleen landswyd en binnelands nie: met Afrikaanssprekendes deesdae dikwels op ander kontinente en met Afrikaans wat al hoe meer belangstelling in die buiteland wek, stel digitalisering navorsers in staat om vanaf enige plek toegang tot NALN se knipselversameling te verkry. Borgman (2010:10) noem juis koerantknipsels as een van die vorme van data wat noodsaaklik is vir navorsing binne die geesteswetenskappe, tesame met briewe, boeke, artikels, dagboeke ensovoorts. Alhoewel die meeste van hierdie ander formate voorlopig buite die bestek van die huidige digitaliseringsprojek val, word wel beoog om na afloop van die voltooiing van die knipselversameling na hierdie versamelings uit te brei.

Terwyl onderhandelings vir befondsing deur Van Coller onderneem is, het ek navorsing onderneem oor die waarde en nut van digitalisering, asook oor die werkswyse met betrekking daartoe, en die hoof van NALN, Otto Liebenberg, is ook gekontak om NALN se behoeftes te bepaal. Projekte soos die Gutenberg-projek, Towards A New Age of Partnership (TANAP), die Million Book Project (MBP), Gallicia, en American Memory, asook pogings deur maatskappye soos Google, Yahoo en Amazon, verskaf waardevolle lesse in digitalisering wat by die plaaslike projek geïntegreer is. So verskaf Rothenberg en Bikson (1999) byvoorbeeld ’n waardevolle analise van die digitalisering van die Nederlandse Nasionale Argief, en Pramod, Ambati, Pratha en Jawahar (2006) praktiese lesse in verband met die Million Book Project (MBP).

3. Toerusting

Soos Pramod e.a. (2006:426) opmerk, benodig ’n digitaliseringsprojek gepaste hardeware (apparatuur), soos skandeerders en rekenaars, en die regte sagteware om die projek binne ’n realistiese tydraamwerk te voltooi. Hier moet die projekleier hom vergewis van wat op die mark bestaan, én van wat die behoeftes van die projek is. Wat hardeware aanbetref, moet die regte skandeerder en rekenaar(s) gekies word om die formaat van die oorspronklike dokumente te akkommodeer – dit is byvoorbeeld oorbodig om ’n duurder oorhoofse skandeerder aan te skaf vir koerantknipsels wat op

52

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

A4-papier geplak is, maar ’n sogenaamde flatbed is totaal ongeskik vir die skandering van groot getalle boeke.

Sagteware verg ’n nóg groter assessering van die beskikbare middele en die vereistes van die projek: om sagteware spesifiek vir die betrokke digitaliseringsprojek te ontwikkel, is ideaal, soos in die geval van die Australiese digitalisering van koerante (Holley 2007:6–7), maar tans bestaan die kundigheid hiervoor nie binne die digitalisering van NALN se knipsels nie, en om ’n privaatmaatskappy te kontrakteer, is bloot te duur. Daar bestaan boonop reeds talle programme wat in die behoeftes van so ’n projek kan voorsien.

’n Kwessie wat tydens die digitaliseringswerksessie by die Universiteit van Pretoria (UP) op 11 en 12 November 2010 geopper is, was watter rol sogenaamde oopbron-sagteware (open source-sagteware) kan speel om insetkoste te verlaag. Gratis databasis-programme soos MySQL, mSQL en PostgreSQL word wêreldwyd in die digitale wetenskappe benut (Ramsay 2004:186), maar Platt (2010:4) waarsku:

Often the question might arise: to open source, or not to open source? While using open source software is the current trend, institutions should look closely at their resources to determine if they can support the technological and human resources required to work with open source software packages.

Omdat oopbron-sagteware nie verhandel word nie, word dit nie vergesel van tegniese ondersteuning of opleiding nie. Neem ook in ag dat baie oopbron-programme ’n verdere inset van die gebruiker verg omdat dit nie volledig is nie. Platt (2010:4) skryf byvoorbeeld met betrekking tot DSpace: “In DSpace, the level of programming needed to make customizations beyond changing the color scheme of the website can be daunting for someone without experience in both programming and website design.” Terwyl Platt wel die tegniese-ondersteuningstruktuur gehad het om oopbron-sagteware te gebruik, het die digitaliseringsprojek by NALN eerder gesteun op sagteware wat kommersieel beskikbaar is.

4. Die digitaliseringsproses

Digitalisering verwys na al die stappe betrokke in die omskakeling van ’n hardekopie of papierkopie (analoogkopie) na ’n elektroniese (digitale) kopie (Singh 2003:12), insluitend die toevoeging van metadata. Pramod e.a. (2006:428–30) onderskei tussen vyf fases tydens die digitaliseringsproses: skandering, verwerking, herkenning en rekonstruksie, gehaltebeheer, en die oplaai van digitale dokumente op die webblad. Daar bestaan volgens Willett (2004:243–4) verskeie enkoderingsopsies:

Eerstens kan ’n elektroniese transkripsie gemaak word, wat by uitstek die mees kompakte vorm van ’n teks is en gevolglik die minste geheue van die rekenaar en bediener opneem, wat ook beteken dat dit die maklikste oor netwerke versprei kan word, selfs wanneer die eindverbruiker ’n stadige internetkonneksie het. Die mees akkurate benadering volgens Deegan en Tanner (2004:494) is die sogenaamde hertik-tegniek (rekeying-tegniek): twee of drie tiksters tik die betrokke dokument oor, en dan word sagteware gebruik om die verskille tussen die drie weergawes te bepaal (Microsoft Word 2007 kan byvoorbeeld so ’n vergelyking doen). Die kanse dat drie tiksters dieselfde fout sal maak, is minimaal, maar die nadeel hiervan is dat dit tyd- en gevolglik geldrowend is, en die formaat van die dokument gaan ook verlore.

53

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tweedens kan ’n digitale beeld geskep word in formate soos TIFF of JPEG (sien hier onder), maar dit het die nadeel dat voltekssoektogte bemoeilik word.

Derdens bestaan die opsie van ’n geënkodeerde teks, gewoonlik in Text Encoding Initiative (TEI), wat uitstekende toegang tot die inligting verleen, maar soos die eerste opsie tyd- en geldrowend is, en ook die formaat van die dokument vernietig.

Die vierde opsie word deur die Gutenberg-projek gevolg en behels die enkodering van inligting in die eenvoudigste vorm moontlik: ’n gewone teksdokument (.txt). Dieselfde nadele van die eerste en derde opsies geld, maar projek Gutenberg se stigter, Michael Hart, glo hierdie opsie skep die grootste waarskynlikheid dat die digitale dokument steeds in die afsienbare toekoms leesbaar sal wees.

Die vyfde opsie is om ’n soekbare PDF met behulp van karakterherkenningsagteware te skep. Alhoewel die akkuraatheid swakker is as byvoorbeeld by die eerste opsie, is die kostebesparings noemenswaardig, en soos hier onder in meer besonderhede verduidelik word, is hierdie opsie vir die digitalisering van NALN se knipselversameling gekies.

Die digitaliseringsproses by NALN verloop as volg:

4.1   Skandering 

Koerantknipsels word met ’n resolusie van 300 spd (stippels per duim (spd))na Tagged Image File Format (TIFF) geskandeer, aangesien dié formaat ’n internasionale standaard is (soos byvoorbeeld gebruik deur die UV) én makliker bewerk word as dokumente in Portable Document Format (PDF). TIFF en PDF, tesame met Extensible Markup Language (XML), is die algemeenste formate wat wêreldwyd in digitale databasisse gebruik word (Hodge en Frangakis 2004:29; sien ook Platt 2010:7). Beide TIFF en PDF is die voorkeurformaat wanneer die oorspronklike vorm van ’n dokument belangrik is, soos die geval is met die Victorian Electronic Records Strategy (VERS) en ook NALN (XML behou nie die oorspronklike formaat nie). Tydens die digitalisering van die IIUM Biblioteek in Maleisië is daar ook na TIFF geskandeer (Abdullah en Marsidi 2008:20), asook tydens die digitalisering van Australië se koerante (Holley 2007:7). JPEG (Joint Photographic Experts Group) is ongeskik vir swart-en-wit dokumente en word vir geen digitaliseringsprojek aanbeveel nie, aangesien dit ’n vorm van kompressie is waardeur besonderhede verlore gaan. Ook kan ’n mens nie ’n samestelling in JPEG skep nie, maar wel in TIFF en PDF.

Aanvanklik sou ’n resolusie van 600 spd gebruik gewees het (in navolging van die Million Books Project), maar ’n hoër resolusie veroorsaak dat die digitale dokumente meer besonderhede bevat, wat ook beteken dat meer ruis (noise) ontstaan. 300 spd word in elk geval deur Nuance se Omnipage, ABBYY Finereader en SimpleSoftware se SimpleIndex aanbeveel, en tydens die digitalisering van die IIUM Biblioteek – wat ook teks eerder as foto’s gedigitaliseer het – is ’n resolusie van tussen 200 en 300 spd gebruik (Abdullah en Marsidi 2008:20). Skandering word meestal na grys gedoen, aangesien dit beter vir karakterherkenning- oftewel Optical Character Recognition (OCR)-sagteware is. Serfontein (2011) van die UV se rekenaardienste voer aan:

Met 300 spd kry jy die beste akkuraatheid tydens OCR sonder om spoed of lêergrootte prys te gee. Indien faktore soos OCR-akkuraatheid, skanderingspoed, OCR-spoed en lêergrootte in ag geneem word, kan daar by ’n

54

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

lesing van 200 spd na 300 spd ’n verbeteringsgaping waargeneem word wat dubbel so groot is as enige ander metings. Van 300 spd na 400 spd is die verbeteringsgaping baie klein, maar nog steeds daar voor dit begin afneem.

’n Verdere voordeel van ’n resolusie van 300 spd eerder as 600 spd is die grootte van die geheue wat benodig word vir TIFF-dokumente: soos New Hampshire Universiteit ’n “megabyte shock” (Platt 2010:7) ervaar het toe hulle 600 spd-TIFF-skanderings 30 tot 80 megagrepe per bladsy opgeneem het, het die digitalisering van NALN se knipselversameling ook gereeld die rekenaar se geheue opgebruik. Groter dokumente neem langer om tussen rekenaars of tussen die rekenaar en bediener oor te dra, en neem meer spasie op enige bergingsmedium (CD, DVD of hardeskyf) op. Verheldering is een manier om die hoeveelheid geheue wat ’n dokument opneem, te reduseer (sien volgende onderafdeling ), maar wanneer teks eerder as foto’s gedigitaliseer word, is ’n resolusie van 300 spd ideaal. Wanneer tydskrifartikels met kleurfoto’s egter gedigitaliseer word, word dit teen ‘n resolusie van 600 spd ingeskandeer.

4.2   Verheldering 

Analoogkopiëring (bv. fotostate), asook die omskakeling vanaf analoog na digitaal, veroorsaak dat ’n mate van ruis ontstaan. In die geval van die digitalisering van NALN se koerantknipsels moet daar boonop ook dokumente gedigitaliseer word wat reeds met ’n swak fotostaatmasjien gekopieer is, asook die standaardruis wat onvermydelik is. Dit is van kardinale belang dat digitale dokumente skoon is: “The key to ‘better’ data – that is, data suitable for curation, reuse, and sharing – is capturing data as cleanly as possible and as early as possible in its life cycle” (Borgman 2010:13). Om hierdie rede word voorkeur aan oorspronklike dokumente bo fotostate verleen, indien moontlik. Waar kommersiële karakterherkenningsagteware betrokke is, is “high accuracy [...] usually available only with some of the recognition languages, on very clean scans with little or no background images and relatively simple layouts” (Hu, Rose en Bederson 2009:396).

Met duurder hardeware word die hoeveelheid ruis beperk, maar die begroting van die huidige digitaliseringsprojek is relatief klein (die Fujitsu fi-5900c kos byvoorbeeld nagenoeg tien keer meer as ons HP n8460). Sagteware soos Accusoft se ScanFix, wat in die Million Book Project gebruik is, kan andersins ruis effektief verminder, maar dit is ook duurder as wat ons begroting toelaat.

Soektogte op die internet het ook ’n verskeidenheid belowende programme opgelewer (soos Readiris en ClearImage), maar Paperport se Auto Enhance- funksie het uiteindelik ’n gepaste oplossing gebied. Dit is ’n maklike, eenklik-manier om ’n koerantberig se agtergrond te verwyder en die teks vir karakterherkenning te verhelder, en is een van die goedkoopste opsies beskikbaar. Indien nodig word TIFF-dokumente verder in Adobe Photoshop skoongemaak, kleur-enkodering gestandaardiseer, ensovoorts.

Aangesien die projek met groot volumes werk, en beperkte mannekrag het (slegs twee personeellede), word die digitaliseringsproses sover moontlik geoutomatiseer, en prosesse is uitgewerk in bykans elke program waarmee gewerk word wat dokumente nie een vir een nie, maar in honderde of duisende verwerk, indien moontlik. Gehaltebeheer verg egter altyd ’n menslike inset.

Hier is ’n voorbeeld van ’n dokument wat sodanig verhelder is:

55

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Volumes verander die werkswyse egter geheel en al. Nuance se Paperport kan byvoorbeeld nie die Auto Enhance-funksie toepas op veel meer as 500 dokumente op een slag nie, terwyl Adobe Acrobat nie veel meer as 1 000 dokumente op ’n slag omskakel na soekbare PDF nie. Ook is karakterherkenning akkurater wanneer met kleiner hoeveelhede gewerk word. Met toetse van 250 dokumente is hierdie probleme dus nie uitgewys nie, en daar moes telkens teruggegaan word om die werkswyse van voor af uit te werk. Hierdie tendens het ook ’n belangrike les opgelewer: daar moet nooit gewerk word aan die meester-TIFF-dokumente nie, sodat foute nie die herskandering van dokumente noodsaak nie. Ook beteken die berging van die TIFF-dokumente dat nóg ’n formaat van internasionale standaard gebruik word, wat die moontlikheid verhoog dat digitale dokumente in die komende dekades steeds bruikbaar sal wees.

Die totale versameling koerantknipsels vanaf 1993 tot 2001 is nou reeds geskandeer en elektronies verhelder – 74 141 digitale dokumente altesaam.

4.3   Omskakeling na PDF 

NALN benodig nie bloot teks nie, maar dokumente wat, sover sinvol, getrou aan die oorspronklikes is, natuurlik met inagneming daarvan dat die digitale kopie altyd sal verskil van die analoogkopie, omdat dit binne ’n ander formaat is (Hutcheon 2006:16). Soos Borgman (2010:9) te kenne gee: “[O]ne person’s noise is often another person’s signal”; die formaat waarin dokumente verskyn, dra self betekenis, en daarom is teks alleen nie die enigste oorweging by digitalisering nie. Internasionale instansies soos die Victorian Electronic Records Strategy (VERS) en JSTOR (Journal Storage) verkies juis PDF-dokumente, omdat dit die oorspronklike vorm van ’n dokument behou. PDF word onder andere as formaat gebruik deur die International Union of Crystallography (IUCr) – een van die leiers op die gebied van digitalisering (Hodge en Frangakis 2004:16) – asook die VSA se National Records Administration (Hodge en Frangakis 2004:29) en die Profiles in Science Project van die Nasionale Museum van Geneeskunde in die VSA (Hodge en Frangakis 2004:39). Ook het New Hampshire Universiteit hierdie formaat vir verspreidingsdoeleindes gekies (Platt 2010:7), want “Information in the

56

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

repository should be not just available, but accessible to all. This includes maintaining file sizes to enable faster load times, ensuring that even users with dial-up modems can download the files in a reasonable amount of time” (Platt 2010:8).

PDF is deur Adobe ontwikkel en in 1993 geloods, en is tans ’n ISO-standaard (ISO 32000) (Adobe Systems Incorporated 2011).

Daar bestaan verskillende tipes PDF-enkoderings:

1. PDF wat nie soekbaar is nie (geen karakterherkenning-sagteware is gebruik nie, byvoorbeeld SA Media se dokumente op hul webblad).

2. PDF waar die teks onttrek is (wanneer ’n TIFF omgeskakel word na ’n teks en dan na ’n PDF omgeskakel word, soos deur FineReader of OmniPage).

3. PDF wat verskuilde teks agter die beeld enkodeer.

Tipes 1 en 3 lyk identies, maar 3 bemagtig ’n voltekssoektog, wat tipe 1 nie toelaat nie. Tipe 2 is altyd ’n skoner, meer leesbare dokument, maar verg dat ’n kontroleerder die karakterherkenning verifieer – daarsonder word skandeerfoute deur die PDF gereproduseer.

Hier is ’n voorbeeld van ’n omskakeling met behulp van FineReader:

’n Verdere nadeel van tipe 2 is dat strepe, handskrif en lettertipes verlore gaan, wat beteken dat die digitale kopie nie getrou is aan die analoogkopie nie. Om hierdie rede is besluit om na tipe 3 PDF-dokumente oor te skakel aangesien dit ’n middeweg (of wat Deegan en Tanner (2004:496) ’n “hibridiese oplossing” noem) verteenwoordig: dit bly getrou aan die oorspronklike, maar bemagtig ’n voltekssoektog.

Alhoewel tipe 3 nie so akkuraat is soos ’n tipe 2 wat deur ’n kontroleerder nagegaan is nie, wys bostaande voorbeeld van tipe 2 dat die karakterherkenningsagteware in hierdie paragraaf 100 persent akkuraat was – grotendeels te danke aan die gehalte van die TIFF. Die verlies van inligting wat met ’n tipe 3-omskakeling gepaard gaan, word dus deur effektiewe voorbereiding beperk. Deegan en Tanner (2004:496) skryf juis dat so ’n hibridiese vorm baie geskik is vir koerantknipsels, veral omdat dit toegang tot groot volumes inligting bemagtig terwyl onkoste heelwat laer is as by ander opsies. Foute kan in elk geval oor die hoof gesien word in soektogte deur van sogenaamde “fuzzy matching” gebruik te maak: ’n soekenjin (soos Paperport) verwag dan klein herkenningsfoute te wagte wanneer deur die teks gesoek word.

57

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

’n Sekuriteitsenkodering is noodsaaklik om die verspreiding en gesaghebbendheid van digitale dokumente te reguleer, en Adobe Acrobat word hier as een van die markleiers geag; dit is dan ook in die digitalisering van die IIUM Biblioteek aangewend (Abdullah en Marsidi 2008:19). NALN se digitale dokumente sal uiteindelik ook voorsien word van ’n sekuriteitsenkodering en logo wat beide NALN se eiendomsreg van die oorspronklike erken en NALN se gesaghebbendheid behou. Hier is natuurlik ook vele ander opsies: dokumente kan digitaal onderteken word om gesaghebbendheid te verseker, of ander annotasies kan outomaties oor die hele versameling ingevul word wat NALN se eiendomsreg identifiseer; ensovoorts. Soos altyd word opsies vir hulle goedkeuring aan NALN voorgelê.

4.4   Karakterherkenning 

Sagteware soos Nuance OmniPage, ABBYY FineReader en Adobe Acrobat word algemeen gereken as die markleiers op die gebied van karakterherkenningsagteware (Abdullah en Marsidi 2008:15), en die Million Book Project (MBP) het 90 tot 95 persent akkuraatheid met behulp van ABBYY FineReader verkry (Pramod e.a. 2006:434). Hierdie program is ook aangewend by die Universiteit van New Hampshire (Platt 2010:8), en tydens die digitalisering van Australië se koerante (Holley 2007:13). Kae en Learned-Miller (2009:5) noem egter dat OmniPage 15 (die nuwe weergawe is 17) in hulle eksperimente die akkuraatste program was, alhoewel dit later oortref is deur die oopbron-program Tesseract.

Alhoewel FineReader dus die bekendste is, verskil akkuraatheid van projek tot projek, en die verskille tussen die genoemde drie programme se akkuraatheid en aankooppryse is so minimaal dat die keuse van ’n program afhang van die gebruiker se persoonlike voorkeur.

Die Text+Berg-projek gebruik beide FineReader en Omnipage, en vergelyk dan die resultate in ’n karakterherkenningsweergawe van die hertik-metode. In hul projek was FineReader die akkuraatste (99,26 persent teenoor OmniPage se 96,21 persent), maar die kombinasie het resultate verbeter, en hulle ondersoek ook die gratis program Tesseract (Volk, Marek en Sennrich 2010:63–5). By die toekomstige digitalisering van manuskripte – wat ’n groter herkenningsakkuraatheid verg – kan Text+Berg se voorbeeld gevolg en al vier programme gebruik word.

Aangesien die digitaliseringsprojek by NALN PDF’s genereer wat tot bogenoemde tipe 3-PDF hoort, word karakterherkenningsresultate nie nagegaan nie. Deegan en Tanner (2004:496) skryf dat dit ook die werkswyse is van die Forced Migration Online-projek, want “What is important to users of FMO is documents or parts of documents dealing with key topics, rather than that they can retrieve individual instances of words or phrases.” Só ’n werkswyse sal egter nie deug wanneer manuskripte gedigitaliseer word vir potensiële geoutomatiseerde linguistiese of stilistiese analise – wat ’n akkuraatheid van meer as 99,99 persent verg – nie, maar aangesien die knipselversameling dieselfde funksie verrig as die dokumente van FMO, beteken die bykomende onkoste verbonde aan die regstelling van herkenningsfoute dat hierdie opsie tans te duur is.

In die toekoms kan moontlikhede ondersoek word om ’n Afrikaanse woordeboek met hierdie sagteware te integreer, wat die akkuraatheid van die karakterherkenning sal verbeter (Hu e.a. 2009:396).

Die TIFF-dokumente van alle skanderings word dus nie alleenlik behou ter wille van bewaring nie, maar ook in afwagting van toekomstige tegnologiese ontwikkeling:

58

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

verbeterings in karakterherkenning soos byvoorbeeld deur Kae en Learned-Miller (2009) geïllustreer, kan toekomstige resultate heelwat verbeter.

AnyDoc en Cardiff Teleform is twee seldsame programme wat handskrif kan herken, en kan in die toekoms oorweeg word om oorspronklike korrespondensie en handgeskrewe manuskripte elektronies leesbaar te maak. Beide het egter hul beperkings, en die digitalisering van handgeskrewe manuskripte sal in die toekoms veel makliker deur middel van tiksters voltrek kan word, met die oorspronklike bloot ’n gewone PDF wat nie soekbaar is nie.

4.5   Metadata 

Die term metadata het alombekend geraak sedert 1994, en kan volgens die Association for Library Collection and Technical Services (ALCTS) se taakspan oor metadata soos volg gedefinieer word: “Metadata are structured, encoded data that describe characteristics of information bearing entities to aid in the description, discovery, assessment and management of the described entities” (Singh 2003:16). Sonder bruikbare metadata kan ’n gebruiker nie digitale dokumente vind nie, en metadata is dus ’n noodsaaklike komponent van enige digitaliseringsprojek. Dublin Core is een van die internasionale standaarde (NISO Standaard Z39.85) vir die skep van metadata (Platt 2010:6). Dit is ’n vorm van wat Besser (2004:564) ontdekkingsmetadata (discovery metadata) noem, maar daar bestaan ook ander vorme, soos strukturele metadata, wat gebruik word om die bladsye van ’n digitale boek om te blaai, en administratiewe metadata, wat gebruik word om seker te maak dat verskillende bladsye van ’n digitale boek bymekaar bly. Aangesien die digitaliseringsprojek by NALN verskillende bladsye reeds in die regte volgorde kombineer, word hier slegs na ontdekkingsmetadata verwys.

NALN beskik reeds oor ’n databasis (Inmagic DB/Text) waarop alle metadata (trefwoorde, publikasies, skrywers, datums, onderwerpe, ensovoorts) ingevul is. DB/Text is spesifiek vir biblioteekdoeleindes ontwikkel, en aangesien ’n groot gedeelte van NALN se versamelings uit dokumente bestaan, is dit veral hiervoor geskik. Om duplisering te vermy, koppel ons gevolglik nie metadata direk aan digitale dokumente self nie, maar skakel eerder digitale dokumente met die databasis deur middel van ’n hiperskakel (hyperlink) op die databasis.

Hierdie koppeling beteken dat die digitale dokument dieselfde naam moet dra as die aanwinsnommer op die databasis, en die herbenoeming van digitale dokumente in ooreenstemming met die oorspronklike knipselnommer was een van die grootste uitdagings van die projek. Aangesien die getal knipsels op tussen 350 000 en 400 000 geskat word, is die individuele herbenoeming van digitale dokumente nie ’n koste-effektiewe oplossing nie. Neem ook in ag dat knipsels gereeld uit meer as een bladsy bestaan (tussen 1 en 25 bladsye), dus is die aantal enkelbladsy-dokumente wat herbenoem moet word, veel meer as die geskatte 400 000 knipsels. Omdat ’n knipsel nie noodwendig uit een bladsy bestaan nie, is daar geen konstante volgorde waarop outomatiese herbenoemingsagteware berus nie en daarom was ons verplig om dokumente individueel te herbenoem. Adobe Bridge is vir ’n tyd lank gebruik omdat dit ’n makliker gebruikerskoppelvlak (user interface) verskaf as Windows Explorer, en later is ’n Acrobat-plug-in (Autosplit) opgespoor wat die proses met bykans 50 persent bespoedig het. Laasgenoemde opsie verg dat bladsye in ’n enkele PDF van honderde bladsye op ’n slag gekombineer word; hierna word boekmerke (bookmarks) ingesit wat dieselfde naam as die knipselnommer dra, en dan word die dokument weer outomaties geskei (split) sodat die nuwe dokument – ’n knipsel met al sy bladsye – dieselfde naam as die boekmerk (en daarom ook die oorspronklike knipselnommer) dra. Dit lyk

59

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

heelwat meer omslagtig as wat dit is: met hierdie metode herbenoem ’n mens dan slegs tussen ’n derde en die helfte van die dokumente. Die grootte van dokumente was egter ’n probleem, omdat ’n dokument wat uit meer as 1 000 bladsye bestaan, te lomp geword het om mee te werk.

Die grootste komponent van die probleem is dat knipselnommers in handskrif op die bladsye aangebring is. Karakterherkenningsagteware kan nie handskrif lees nie, en eksperimente is gedoen met ReadIris Pro om te kyk of dié sagteware nie ook die knipselnommer akkuraat kan lees nie. Toetse was egter onsuksesvol, en in opvolg is Perceptive Software se ImageNow en Cardiff se Teleform ondersoek, maar ook sonder sukses. SimpleSoftware se SimpleIndex verskaf egter ’n makliker gebruikerskoppelvlak wat dit moontlik maak om dokumente individueel maar vinnig te herbenoem. Ook het SimpleIndex ’n funksie om outomaties veelbladsy-dokumente te genereer, wat beteken dat knipsels wat oor meer as een bladsy strek, nie later gekombineer hoef te word nie. Om ’n tydrowende herhaling te vermy, word dokumente dus met behulp van SimpleIndex herbenoem en gekombineer voordat karakterherkenningsagteware gebruik word om die teks soekbaar te maak.

4.6   Inligtingsherwinning 

Soektogte kan op NALN se databasis gedoen word, wat dan aan die digitale dokument gekoppel is. NALN se personeel kan byvoorbeeld op die databasis soek na knipsels oor Etienne Leroux, en dan word ’n lys van knipsels opgelewer wat deur middel van die trefwoorde gevind word. Hierna kan die knipsel gedruk of ge-e-pos word.

Die ideaal is dat hierdie soekfunksies ook aan die algemene verbruiker beskikbaar sal wees deur middel van die internet, soos byvoorbeeld die geval met JSTOR se webblad is. Kopieregkwessies moet egter nog uitgeklaar word; soos in die geval met die IIUM Biblioteek kan dit moontlik beteken dat slegs geregistreerde gebruikers toegang tot die volteks van dokumente kan verkry (Abdullah en Marsidi 2008:7); of die gebruiker kan ‘n lys van knipsels saamstel en deur NALN se personeel aanvra.

Voltekssoektogte kan ook gedoen word vanaf ’n platform soos Adobe Acrobat, Stottler Henke se Aware, of Christian Ghisler se Total Commander – of selfs Windows 2007 se soekfunksie – wat dan deur die teks van al die dokumente soek vir trefwoorde of -frases. Sodoende kan elke voorkoms van ’n term opgeroep word, alhoewel hierdie metode gewoonlik langer neem as ’n databasis-soektog wat slegs deur die metadata soek.

Nuance se PaperPort 12 Pro het onlangs belowende resultate opgelewer toe dié program se soekfunksie gebruik is om voltekssoektogte uit te voer en dit binne sekondes deur 60 000 bladsye kon soek. Boonop is die toets gedoen op dokumente wat nog nie deur die karakterherkenningsproses was nie – hier is deur TIFF-beelde gesoek sonder die gebruik van OmniPage, FineReader of Acrobat.

Data-ontginning- of data-herwinningsagteware soos WordCruncher of Eaagle Full Text Mapper kan ook moontlik gespesialiseerde soektogte en dataverwerking bemagtig, wat nuwe moontlikhede vir navorsing in die Afrikaanse letterkunde skep. Laasgenoemde program help met die visualisering van inligting, soos Craig (2004:273–7) doen wanneer hy Shakespeare se dramatekste rekenaarmatig vergelyk, en Berzak, Richter en Ehrler (2010) in die vergelyking van Fidel Castro se toesprake. Ook Steve Ramsay het reeds sodanige eksperimente onderneem met die ontleding van Shakespeare se Anthony and Cleopatra (Warwick 2004:375). Volgens Warwick het hierdie eksperimente letterlik ’n heel nuwe visie van die betrokke drama geskep het, en Jessop (2008:281) skryf:

60

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

The numerous visual metaphors that are used to describe our cognitive processes hint at the nexus of relationships between what we see and what we think. We say we “see” when we mean that we “understand”; we try to organize and make our ideas “clear” by bringing them into “focus”, and so on. When faced with tasks that require substantial thought or organisation of ideas we will often reach for a pen and paper to “sketch out” (another visual metaphor) our thoughts.

Sulke sagteware sou byvoorbeeldkon help om te bepaal watter skrywers die sigbaarste in NALN se versameling van die eerste dekade van die 21ste eeu is, asook in watter posisie hulle val én wanneer hulle die sigbaarste was. Sulke data kan gebruik word om die ontwikkeling van die Afrikaanse literêre kanon na te vors. Vir Warwick (2004:379) is dit een van die mees opwindende geleenthede wat rekenaars binne die geesteswetenskappe bied, want “A new way of looking at a text can lead to a way of reading it that is unconstrained by the bindings of the printed medium.”

Beide databasis- en voltekssoektogte het voor- en nadele, maar in beginsel is die vermoë om voltekssoektogte te doen bloot aanvullend tot NALN se bestaande stelsel. Dit skep nuwe navorsingsmoontlikhede, en vergemaklik die opspoor van inligting, maar vervang geensins die analoogversameling of die werk wat kundiges reeds gedoen het nie.

5. Volhoubaarheid

Wanneer die UV se projek voltooi is, moet NALN uiteraard kan voortgaan met die digitalisering van knipsels soos dit daagliks tot die versameling toegevoeg word. ’n Personeellid van NALN is reeds opgelei om 2010 se knipsels te skandeer en te stoor, en sy het reeds 1 627 bladsye ingeskandeer. Soos die projek verder ontwikkel, sal NALN se personeel bemagtig word om die hele proses selfstandig te behartig.

6. Slot

Berging van inligting is slegs een funksie van inligtingsinstellings soos NALN; die ander is die verlening van toegang tot inligting en die opbou en instandhouding van versamelings (Rothenberg 1999:2). Die digitalisering van NALN se argief moet dus gesien word as een element in die museum se strategiese raamwerk, en nie as vervanging van die analoogversameling nie. Digitalisering sal vir seker die bergingsfunksie aanvul deur getroue kopieë aan navorsers te verskaf sonder dat die oorspronklike dokumente aan die elemente en slytasie onderwerp word, en omdat dit tydbesparings vir personeel sal meebring wat hulle in staat sal stel om meer aandag aan die versameling, ontsluiting en bewaring van dokumente te bestee, maar digitalisering kan nie die analoogversameling vervang nie. Soos Willett (2004) skryf:

The development of digital collections does not require the destruction of books [of ander bronne - BS]; instead, it may provoke more interest in their existence and provide different opportunities for their study through keyword and structured searching.

As ’n digitale verwerking van ’n analoogkopie het digitalisering ook die potensiaal om ’n nuwe kyk na die analoogkopie te prikkel: “Adaptation is repetition, but repetition

61

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

without replication” (Hutcheon 2006:7) – nuwe inligting ontstaan altyd. Besser (2004:558) skryf ook:

Though the promise of digital technology in almost any field has been to let one do the same things one did before but better and faster, the more fundamental result has often been the capability of doing entirely new things.

Die potensiaal van digitalisering om die navorsingsmoontlikhede binne die Afrikaanse letterkunde uit te brei was een van die eerste lesse wat in die eerste jaar van die digitaliseringsprojek geleer is, en dit berus op ’n volledige korpus digitale dokumente.

’n Aantal verdere lesse is geleer. Die belangrikste hiervan is die besef dat digitalisering ’n baie groot mate van aanpasbaarheid verg: soos die formaat van dokumente, personeelvaardighede en ander omstandighede verander, bied tegnologie altyd al hoe beter oplossings, maar ’n projekleier moet bereid wees om aanpasbaar te bly. Dit veronderstel ook dat digitalisering ’n skerp, nimmereindigende leerkurwe het: kuberinfrastruktuur is nie perfek omdat dit tans voldoende is nie, maar moet bygewerk bly en in pas met internasionale ontwikkelinge. Platt (2010:10) het tot ’n bykans identiese slotsom gekom:

Learning and implementing standards for metadata, master files and access files was time-consuming, but taking the time to establish standards in the beginning doubtless saved a great deal of trouble for the future. Even so, it will be necessary to keep up with developing industry standards, and it would not be surprising if further adjustments are needed down the road. A digital repository is much like a physical building; periodic maintenance, remodelling, and wear and tear should be anticipated and expected. (Sien ook Holley 2007:6.)

Die digitaliseringsprojek by NALN het pas sy voete gevind, maar die vordering wat hier gemaak word, kan nie alleen NALN help om ‘n hoër gehalte diens aan navorsers en die publiek te lewer nie, dit kan ook help om die Afrikaanse letterkunde stewiger in die globale inligtingsnetwerk te vestig.

Bibliografie

Abdullah, S. en S. Marsidi. 2008. Digitisation of Arabic materials in IIUM Library: Challenges and problems. World Congress of Muslim Librarian and Information Scientists, Putra.

Adobe Systems Incorporated 2011. Adobe fast facts. http://www.adobe.com/aboutadobe/pressroom/pdfs/fastfacts.pdf (1 Februarie 2011 geraadpleeg).

Berzak, Y., M. Richter en C. Ehrler. 2010. Similarity-based navigation in visualized collections of historical documents. Proceedings of the ECAI 2010 Workshop on Language Technology for Cultural Heritage, Social Sciences, and Humanities, Lissabon, Portugal.

Besser, H. 2004. The past, present, and future of digital libraries. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Bingham, A. 2010. The digitization of newspaper archives: Opportunities and challenges for historians. Twentieth Century British History, 21(2):225–31.

62

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Boiangiu, C., A. Spataru, A. Dvornic, en I. Bucur. 2008. Merge techniques for large multiple-pass scanned images. Proceedings of the 1st WSEAS International Conference on Vizualisation, Imaging and Simulation.

Bor Ng, K. en J. Kucsma (reds.). 2010. Digitisation in the real world: Lessons learned from small and medium-sized digitization projects. New York: Metropolitan New York Library Council.

Borgman, C. L. 2010. The digital future is now: A call to action for the humanities. Digital Humanities Quarterly, 1–30.

Bunke, H. en A.L. Spitz (reds.). DAS06. Berlyn: Springer Verlag.

Cox, J. 2010. Academic libraries in challenging times. An Leabharlann: The Irish Library, 19(2):7–13.

Craig, H. 2004. Stylistic analysis and authorship studies. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Crane, G., A. Babeu en D. Bamman. 2007. eScience and the humanities. International Journal on Digital Libraries, 7:117–22.

Deegan, M. en S. Tanner. 2004. Conversion of primary sources. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Frischer, B. 2009. Art and science in the age of digital reproduction: From mimetic representation to interactive virtual reality. I Congreso Internacional de Arqueología e Informática, Sevilla.

Gatos, B., S. Mantzaris, S. Perantonis en A. Tsigris. 2000. Automatic page analysis for the creation of a digital library from newspaper archives. International Journal on Digital Libraries, 3:77–84.

Hajič, J. 2004. Linguistics meet exact sciences. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Hockey, S. 2004. The history of humanities computing. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Hodge, G. en Frangakis, E. 2004. Digital preservation and permanent access to scientific information: The state of the practice. Verslag geborg deur The International Council for Scientific and Technical Information (ICSTI) en CENDI.

Holley, R. 2007. Australian newspapers digitisation program: Helping communities access and explore their newspaper heritage. Australian Media Traditions Conference, Charles Sturt University, Bathurst.

Horton, T., K. Taylor, B. Yu en X. Xiang. 2006. “Quite right, dear and interesting”: Seeking the sentimental in nineteenth century American fiction. Digital Humanities, 81–2.

Hota, S., S. Argamon, M. Koppel en I. Zigdon. 2006. Performing gender: Automatic stylistic analysis of Shakespeare’s characters, Digital Humanities, 82–3.

Hu, C., A. Rose en B.B. Bederson. 2009. Locating text in scanned books. Proceedings of the 2009 Joint International Conference on Digital Libraries, Austin, Texas.

Hutcheon, L. 2006. A theory of adaptation. Londen: Routledge.

63

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Jessop, M. 2008. Digital visualization as a scholarly activity. Literary and Linguistic Computing, 23(3):281–93.

Kae, A. en E. Learned-Miller. 2009. Learning on the fly: Font-free approaches to difficult OCR problems. 10th International Conference on Document Analysis and Recognition, Barcelona.

Liebenberg, O. 2009. Persoonlike korrespondensie: e-pos, 27 Julie.

Lynch, C.A. 2008. The institutional challenges of cyberinfrastructure and e-research. EDUCAUSE Review, 43(6). http://www.uh.cu/static/documents/TD/The%20Institutional%20Challenges.pdf (9 Desember 2010 geraadpleeg).

Malhan, I. 2006. Trends of building and accessing digital collections and problems of digital divide in the emerging digital era. Sri Lankan Journal of Librarianship and Information Management, 2(1):5–10.

Skokowski, P. 2010. Data tsunami – 5 Exabytes of data created every 2 days? http://www.accellion.com/blog/2010/08/data-tsunami-5-exabytes-of-data-created-every-2-days (9 Desember 2010 geraadpleeg).

Platt, A. 2010. Developing an institutional repository at Southern New Hampshire University: Year One. In Bor en Kucsma (reds.) 2010.

Pramod, S.K., V. Ambati, L. Pratha en C. Jawahar. 2006. Digitizing a million books: Challenges for document analysis. In Bunke en Spitz (reds.) 2006.

Ramsay, S. 2004. Databases. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Rommel, T. 2004. Literary studies. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Rothenberg, J. 1999. Avoiding technological quicksand: Finding a viable technical foundation for digital preservation. Report to the Council on Library and Information Resources. Amsterdam: European Commission for Preservation and Access.

Rothenberg, J. en T. Bikson, 1999. Carrying authentic, understandable and usable digital records through time. Report to the Dutch National Archives and Ministry of the Interior, RAND-Europe.

Schreibman, S., R. Siemens en J. Unsworth (reds.). 2004a. A companion to Digital Humanities. Oxford: Blackwell.

—. 2004b. The Digital Humanities and Humanities Computing: An introduction. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Schwarte, A., C. Haccius, S. Steenbuck en S. Steudter. 2010. Usability enhancement by mining, processing and visualizing data from the Federal German Archive. Proceedings of the ECAI 2010 Workshop on Language Technology for Cultural Heritage, Social Sciences, and Humanities, Lissabon, Portugal.

Serfontein, S. 2011. Persoonlike korrespondensie: e-pos, 25 Januarie.

Singh, S. 2003. Digital library: Definition to implementation, Ranganathan Research Circle, 1–18.

64

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Thomas, W.G. 2004. Computing and the historical imagination. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Thomas, S., S. Cramond, M. Emery en P. Scott. 2005. The digital library: Current perspectives and future directions. Adelaide: University of Adelaide Library.

Tynan, D. 2010. Prepare for data tsunami, warns google CEO. http://www.pcworld.com/article/202817/prepare_for_data_tsunami_warns_google_ceo.html?tk=hp_new (9 Desember 2010 geraadpleeg).

Volk, M., T. Marek en R. Sennrich. 2010. Reducing OCR errors by combining two OCR systems. Proceedings of the ECAI 2010 Workshop on Language Technology for Cultural Heritage, Social Sciences, and Humanities, Lissabon, Portugal.

Warwick, C. 2004. Print scholarship and digital resources. In Schreibman e.a. (reds.) 2004.

Willett, P. 2004. Electronic texts: Audiences and purposes. In Schreibman e.a. (reds.). 2004.

Wooldridge, R. 2004. Lexicography. In Schreibman e.a. 2004.

http://www.nuance.com. 2010. http://www.nuance.com/for-business/by-solution/document-imaging-and-scanning/index.htm (9 Desember 2010 geraadpleeg).

Eindnota

1 Die Erfenisstigting se kontrak met die Departement Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning is nie verleng vir ‘n tweede jaar nie, maar ten tye van die skrywe van hierdie artikel was daar geen aanduiding dat dit die digitaliseringsprojek sal skaad nie.

65

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur

H.P. van Coller

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans Universiteit van die Vrystaat

Summary 

Literature in the margins. The place of middlebrow literature in the literary system

The article  is based on  the assumption  that any  literary  system or  literary  field  (which are treated here as synonyms) consists of different entities or components that are dedicated to establishing clear boundaries and even hierarchy. Within this system there  is a canon based on  inclusion  and  exclusion.  These  in­  and  excluding mechanisms  are  based  on  poetic  and ideological viewpoints, therefore also on aesthetic judgements.

It  is especially “middlebrow” (Dutch middelmaat; Afrikaans middelmoot)  literature that has always been seen as a disguised threat to the established canon. In any given literary system the ratio of “middlebrow”  literature to “high”  literature  is problematic, because  it relates to the way  culture  is  considered  and  the  value  that  is  placed  on  the  discernment  of  such  a specific category – one that essentially constitutes a compromise (between “high” and “low”). 

Middlebrow refers to culture that is neither high nor low. Yet the concept is clearly negative in nature, as evidenced by Virginia Woolf’s unsent letter to the New Statesman in the ’30s of the 20th century, which was  included and published  in The death of the moth and other essays (1942), in which she sees the “middlebrow” as an intellectually inferior group compared with those groups that are actually cultivated. The term highbrow is synonymous with intellectual and always carries the connotation of the elite and “high” culture. 

In a recent article Huigen (2009) engages with Francken and Praamstra (2008b)  following an  article  in  which  they  claim  that  literature  should  be  studied  from  the  viewpoint  of “literariness”. Huigen  (2009:254)  considers  such a position  internationally  “obsolete”. With reference  to Edward Said and T.E. Hulme, Huigen  (2009:254) claims  that aesthetic aspects play a role only  in  the  “level of  text  interpretation, not  in  the definition of  the corpus”. For Huigen  “literariness”  is  a  normative  concept  and  not  a  neutral  instrument with which  to categorise  texts. He  points  out  that  the  term  is  derived  from  the Russian  Formalists, who viewed literary language as a special form of language that deviates from normal, everyday language. The problem is, Huigen continues, that the “literary” form of language also appears in texts that do not belong to literature (like advertisements), and much depends on how the texts are read – one could read a weather report in a literary way. 

Huigen’s  “functionalist”  approach  to  literature  (also  known  as  historicism  or  cultural relativism) is tantamount to an abdication of the own historical position and the result is an absolute relativism. If contemporaries’ definition of literature should be taken as a guideline, then  it  follows  logically that their estimate of value should prevail. Huigen’s position denies 

66

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

the  fact  that  a  definition  of  literature  is  also  based  on  intrinsic  properties  (or  can  be), although precisely the signalling of these characteristics over  time (often by peers)  led  to a body  of  literary  works  (the  canon)  arising  and  expanding,  and  not  through  individual preferences.  Huigen’s  position  emphasises  the  discontinuity  rather  than  continuity  of literature as an evolving system. 

There has been a discussion about intrinsic value for decades (and even centuries). Herrnstein Smith (1984:11) stated, “all value is [...] the product of the dynamics of the economic system.” Even  Bourdieu’s  (1984:29)  notion  of  habitus  endorses  this  view.  It  is  a  system  of  action, perception and appreciation  that people  in a particular  social class have  internalized  since childhood. Therefore, the dominant social class’s taste is regarded as legitimate. 

Value is never simply relational. Many similarities exist between the canons of music, painting, visual arts and  literature  in  the  sense  that  the  selection of  items  is not only determined by historical positions  (i.e.,  contemporary assessments), but based on  intrinsic properties over time.  Mere  concentration  on  contemporaries’  statements  denies  an  entire  corpus  of (diachronic) reception. 

Huigen’s position  implies that external conditions dominate  for a definition of  literature, or that there is no continuity in terms of intrinsic properties. As early as 1922 Tynjanov claimed the  opposite,  namely  that  literary  evolution  also  entails  internal  changes.  Alienation (Sklovskij’s  concept  of  ostranenie)  rests  precisely  on  breaking  through  expectations  with respect to the inherent properties of texts (Fokkema and Ibsch 1977:10–26). 

In  this article  it  is argued  that any definition of  literature also  involves  intrinsic properties, although  such a definition  is  indeed  time­bound. Within a  certain  time and place  there  is, however, a “stabilisation” of ideas about what literature is. Within these ideas there is always a  difference  between  “literature”  and  “middlebrow”  literature.  Since  the  Romantic  era literature has been  seen as a phenomenon  that attempts  to break  through and distinguish itself from other discourses. Sequential approaches since Russian Formalism assumed that the literary system, as a distinct system, is also based on intrinsic characteristics. The expectation horizon  lies  precisely  in  the  reader’s  knowledge  of  including  intrinsic  characteristics  of literary  works.  Without  much  fear  of  contradiction,  it  could  be  said  that complexity/ambiguity/polyhedrality forms a basic component of such a definition. 

The  claim  that  all  books  can  be  read  in  a  particular  literary way  confirms  precisely  the perennial features of literature, as in fact the reference to “some” advertising texts illustrates literature’s inherent distinguishing qualities. Another such example is Huigen’s reference to “a literary reading strategy” that can be applied to a weather report. A reading strategy or way of  reading  is  achieved  only  by  repeated  use  with  the  understanding  that  it  was  formed because the object of inquiry necessitated it. 

Van  Boven  (2009:288)  assumes  that  middlebrow  constantly  determines  its  position  with respect to the dominant culture and is therefore engaged in a “counter­discourse”. Obviously this happens  explicitly  in only a  few novels. Van Boven analyses  three novels  in which  this phenomenon  occurs.  She  deduces  that  these  are  “middlebrow”  novels  from  the  position assigned to them by critics, the profile of the authors, and, it should be added, their sale and listing. 

In Afrikaans literature there are many texts that either present themselves as middlebrow (or are  classified  as  such)  or  that  make  judgements  about  “higher”  art  forms,  especially literature.  In  this  article  three  novels  are  analysed  to  illustrate  this: Marie  Linde’s  Onder bevoorregte mense (1925), Joan Hambidge’s Die swart sluier (1998) and Jaco Kirsten’s Om na ’n wit plafon te staar (subtitled ’n Reguit roman) (2009). 

All  three  novels  are  reflections  on Afrikaans  spiritual  life  and  especially  (the  direction  of) Afrikaans literature. 

67

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Linde  is  in  conflict with many of  the aspects  that were  central  to poetic notions of  (male) critics (like E.C. Pienaar) at the time – especially the insistence on nationalist art. Therefore, this novel is a strong counter­discourse. 

Hambidge’s work is a mockery of a particular subgenre, the smut novel, but it is also a satire on the Afrikaans literary canon and all the bizarre processes of canonisation. 

Kirsten’s  “straight”  novel,  commenting  on  contemporary  South  Africa,  especially  on  the failures and excesses inspired by political correctness, constitutes a serious reflection on what it means to write in Afrikaans at the current point in time. 

Keywords: canon, canonisation, literary field, middlebrow literature, poetics, taste, views on literature 

Opsomming

Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur ’n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit ’n onderskeid tussen “hoë” en “lae” vorme van kultuur/literatuur – ’n onderskeid wat in die postmodernistiese era voorkom. Vervolgens word aangetoon dat smaak in hoë mate sosiaal verankerd in historiese verband is. Die begrip intrinsieke waarde word sterk deur aanhangers van ’n funksionalistiese benadering tot tekste bevraagteken. So ’n benadering gaan daarvan uit dat die begrip letterkunde histories bepaald is en neerkom op individuele oordele van literatore. In hierdie artikel word so ’n benadering as ekstreem bestempel, omdat dit relativisties of “historisisties” (n.a.v. Wellek 1960:10) is. Om die oordeel van wat literêr sou wees totaal oor te laat aan tydgenote, impliseer prysgawe van die eie historiese posisie en veronderstel dat die waarde-oordele van tydgenote aanvaar moet word. In hierdie artikel word ’n tussenin-posisie nagestrewe: die begrip literêr is histories verankerd, maar berus telkens ook op intrinsieke eienskappe van tekste. In die Wes-Europese literatuurteorie sedert die Russiese Formaliste het die opvattings oor hierdie intrinsieke eienskappe gestabiliseer. Daarom kan aanvaar word dat die middelmoot-literatuur nie slegs ’n kategorie is wat buite ’n bepaalde literêre kanon val op grond van ekstrinsieke oorwegings nie, maar ook intrinsiek onderskeibaar is van wat op ’n gegewe moment as “literêr” beskou word. In die artikel word uitgegaan van die hipotetiese aanname dat die middelmoot-literatuur nie net die literêre sisteem en kanon wil binnedring deur die volg van bepaalde strategieë nie, maar dat dit ook dikwels vanuit die periferale posisie wat dit binne ’n literêre veld inneem, kommentaar lewer op die kanon. Drie Afrikaanse romans uit verskillende historiese periodes word vervolgens ontleed as voorbeelde van sodanige “terugskryf” teen die kanon.

Trefwoorde: kanon, kanonisering, literêre veld, middelmoot-literatuur, poëtikale opvattings, smaak, literatuuropvattings

1. Inleidende opmerkings: Uitgangspunte

Oor die bestaan van ’n sogenaamde “middelmoot-literatuur” bestaan daar geen eenstemmigheid nie, veral nie in ’n postmoderne tydsgewrig nie. Wat vroeër “hoë” en ”lae” kultuurvorme geheet het, word nou gesien as deel van dieselfde

68

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kultuurspektrum; trouens, selfs van ’n spektrum is daar soms geen sprake nie – alle kultuuruitinge word gelyk geag. As ’n fenomeen kwalik bestaansreg gegun word, spreek dit vanself dat ’n definisie daarvan moeilik, selfs onmoontlik, raak.

Die hieropvolgende betoog word onderlê deur ’n reeks voorlopige aannames of “werkhipoteses”. Eerstens word uitgegaan van die aanname dat enige literatuursisteem of literêre veld (wat hier as bruikbare sinonieme hanteer word) bestaan uit verskillende entiteite of komponente, met ’n bepaalde orde en hiërargie. Binne so ’n sisteem is daar ’n kanon wat gebaseer is op insluiting en uitsluiting. Hierdie in- en uitsluitingsmeganismes is gebaseer op poëtikale én ideologiese uitgangspunte, dus óók op estetiese oordele. Herskrywers (kritici én skrywers) en hekwagters is almal kanoniseerders en daarom beskermers van die kanon én van die sisteemkern (kyk in hierdie verband Van Coller 1992:167; 2001:65–70; 2002:69–71). Hulle aksies berus op hul literatuuropvattings wat ingebed is binne ’n historiese konteks van soeke na die essensie van literatuur, hoewel hierdie opvattings tyd-ruimtelik bepaal is.

2. Die literêre sisteem

Oor die literêre sisteem is al boekdele geskrywe en dis algemeen bekend dat die literêre sisteemteorie teruggaan op sisteemmodelle of -teorieë wat hul beslag gekry het in ander dissiplines, veral die natuurwetenskappe en sosiologie. Dit beteken dat daar verskeie ooreenkomste bestaan tussen verskillende sisteemteorieë. Daarmee word nie te kenne gegee dat dié denke daarom wetenskaplike geldigheid verkry nie. In wese is die sisteemteorie ’n radikale kontekstualisering wat van heuristiese waarde is. Die inherente gebrek aan sisteemdenke is die onmoontlikheid van verifikasie omdat dit ’n interpretatiewe konstruksie is. Maar die feit dat die onbewuste (of onderbewuste) óók “onbewysbaar” is, beteken nie dat die werking daarvan nie beskrywe kan word nie, of dat opeenvolgende geslagte dieptepsigoloë se (kliniese) eksperimente en beskrywings waardeloos sou wees nie. Gebruikmaking van sisteemdenke (byvoorbeeld op die gebied van literêre vertaling, literêre geskiedskrywing en kanonisering) het ook reeds tot waardevolle insigte gelei (kyk Even-Zohar 1990; Schmidt 1989, 1992, 1996; Bourdieu 1993; Barnard 1998).

Die literatuursisteem is nie hermeties geslote nie, maar hou relasies met ander sisteme binne samelewingsverband in stand. Desondanks streef dit na ’n sekere outonomiteit (of selfgenoegsaamheid) en bevat dit ’n “harde” kern wat beskerm word teen indringing of radikale wysiging. Lakotos (1970) se beskrywing van ’n wetenskaplike sisteem of paradigma bestaan uit ’n harde, stabiele en moeilik deurdringbare kern en ’n “sagter”, meer aanpasbare periferie en is ’n elegante beskrywing wat ook op sisteme toegepas kan word. Hoewel sisteemgrense dikwels vaag is, bestaan hulle wel en is hulle ook belangrik. Enersyds moet indringers of aanvallers van die sisteem uiteraard eers die sisteemgrens(e) oorskry of deurdring; andersyds is wysiging van die kern ook afleibaar juis uit die sisteemgrensgebied. ’n Mens word verlei om in konkrete terme te praat: aanvalle op enige politieke sisteem (byvoorbeeld ’n onafhanklike land) impliseer grensoorskryding. In die geskiedenis – ook die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die laat 20ste eeu – is talle grensoorloë bekend. In die Romeinse Ryk was Caesar se Galliese veldtogte ’n vorm van grensbeskerming en het die uitgestrekte grense wat beskerm moes word, uiteindelik bygedra tot die val van die Ryk. In die Suid-Afrikaanse geskiedenis is grensoorloë geen onbekende begrip nie en het die meeste oorloë wat plaasgevind het, meestal gegaan om beskerming van die grens teen indringers. Maar veranderinge aan die harde kern van so ’n land (byvoorbeeld die heersende politieke paradigma) word ook op die grens sigbaar. Dink maar aan die val van die muur in

69

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Duitsland en die daaropvolgende verslapping en uiteindelike verdwyning van grenskontroles.

Daar bestaan verskeie maniere om ’n sisteem aan te val of binne te dring: De Geest (1966) se model illustreer iets hiervan (kyk ook Van Coller en Odendaal 2005). ’n Grens kan, soos dikwels in die geskiedenis gebeur het, aangeval word deur middel van ’n openlike konfrontasie. Sodanige indringing gee gewoonlik aanleiding tot ’n volskaalse konvensionele oorlog en die wenner neem beheer oor. Die Tweede Anglo-Boereoorlog en die talle ander oorloë van die 20ste eeu is meestal sprekende voorbeelde hiervan. Soms word daar gerebelleer teen ’n politieke gesag en dit gaan dikwels gepaard met terrorisme. Die talle staatsgrepe in veral Afrika en Suid-Amerika in die 20ste eeu vergestalt iets hiervan. Daar kan voorts infiltrasie plaasvind in die vorm van vermomming, soos in die geval van die houtperd van Troje. Infiltrasie kan egter ook veel meer subtiel geskied deur ’n langdurige vorm van verbloeming, soos gewoonlik die geval is met spioenasie en die optrede van ’n dormante agent (“sleeper”) wat soms vir dekades onaktief is.

In literêre terme was die aanslag van die Dertigers (of die Nederlandse Tagtigers en Vyftigers) ’n volskaalse openlik-verklaarde oorlog waarin almal geweet het: ”The winner takes it all.” Daar was verskeie rebellies in die Afrikaanse letterkunde: dié van die Sestigers, die Tagtigers, die “little magazines” en dergelike suksesvolle en minder suksesvolle staatsgrepe. Baie gevestigde kritici het oor Breyten Breytenbach gevoel soos die Trojane oor die Griekse geskenk. Hy was volksvreemd, anargisties, kommunisties en sou die volk van binne rysmier. Maar daar is selfs so gevoel oor Etienne Leroux tydens die Silbersteins-debakel én trouens ook oor Jochem van Bruggen met sy Ampie-trilogie (Viljoen 1998; Botha 1998:588; Botha 1999:647). ’n Voorbeeld van verbloeming sou kon wees waar ’n bekende literêre skrywer ’n werk onder ’n skuilnaam skryf. Weens die onbekendheid van die skrywer ontvang die werk geen aandag nie. Latere onthulling van die identiteit van die skrywer sou kon bydra tot ’n “herontdekking” van hierdie vergete werk.

3. Die middelmoot, “middelmaat” of “middlebrow”

Dit is veral die middelmoot-literatuur (Engels: middlebrow literature; Nederlands middelmaat-literatuur) wat altyd gesien is as gevaar in vermomming.

In stukken van Helman, Du Perron en Ter Braak vallen woorden als “gevaarlijk” en “vals”, net als andere ongunstige typeringen zoals “schijnkunst”, “kwasi-kunst”, “Erzatz”, “zwendel” en “kitsch”. De woordkeuze maakt duidelijk waar de schoen wrong: het ging hier om literatuur die niet inzette op eenvoudige ontspanning, maar wel degelijk aanspraak maakt op een literaire status, door “de schijn van hogere bedoelingen”, door de inzet van literaire technieken en middelen die echter in een smakelijk publieksproduct waren verwerkt. Dat vond men vals en gevaarlijk. (Van Boven 2009:287)

Een van die wesenlike bestanddele van die term middelmaat in Nederlands was die verband wat daar bestaan het tussen dié term en die burgerlike “middelklasse” – hulle wat in Nijhoff se woorde beskryf is as “de enorme hoeveelheid bank-, kantoor en winkelpersoneel, dat een boord draagt en een vouw in zijn broek” (Van Boven 2009:287). Daardie snobisme van die intellektuele adel bestaan eweneens by die Afrikaanse Dertigers en hul intellektuele woordvoerder, N.P. Van Wyk Louw. Al was hierdie voorkeur in idealistiese terme verwoord, was dit onmiskenbaar wie die woord gevoer het. In Louw (1961:67) se verwysing na Elise Muller se roman Die vrou op die

70

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

skuit as “’n mooi nuwe werkie van die ou soort” skemer daar duidelik ’n bepaalde snobisme deur.

4. Die middelmoot-literatuur en sy verhouding tot die sisteemkern

Die verhouding van die sogenaamde “middelmaat”-, “middlebrow”- of “middelmoot”-literatuur tot die “hoë” literatuur binne enige bepaalde literêre sisteem is problematies, omdat dit verband hou met die wyse waarop kultuur beskou word en watter waarde geheg word aan die onderskeiding van so ’n bepaalde kategorie wat in wese ’n tussenvorm (tussen “hoog” en “laag”) veronderstel.

Peterson (1997) toon aan dat sogenaamde merkers van hoë status nie “natuurlik” is nie, maar tydsgebonde. Statusmerkers verander saam met die hele intellektuele basis waarop hulle gebaseer is en die veranderende magsverhoudings. In die jare tussen die Revolusie en Burgeroorlog in die VSA was status direk aan die familienaam, reputasie en sosiale aanvaarding verbonde. Daarom was dit moeilik om in ’n ander stad aanvaar te word en het pogings tot aanvaarding dikwels met bekendstellingsbriewe gepaard gegaan. Die volgende statusmerker was optrede en voorkoms, en daarom is mense ook ingelei in die reëls van etiket. Dit het te algemeen geraak en is vervang deur merkers van affiliasie. Daar is selfs voortgegaan met die saamstel van die sogenaamde Social Register (1888). Insluiting is jaloers beskerm en jou naam kon slegs met groot moeite én deur bekendstelling en die ondersteuning van ander lede toegevoeg word. ’n Kerkgenootskap was ’n ander vorm van so ’n “register”. Tot op daardie stadium was status in die VSA gebaseer op sosiale, morele en ekonomiese kapitaal (Bourdieu 1984) en nie op kulturele kapitaal nie (Peterson 1997:81). Smaak, veral vir die kunste, is as moreel belangrik beskou. Die lesingtoere van Matthew Arnold in die jare sewentig van die 19de eeu in die VSA het ’n belangrike rol gespeel in hierdie verband.

Spoedig is kunswaardering gesien as tekenend van ’n ontwikkelde persoon. Die toe-eiening van kuns as statusmerker het nie bloot ontstaan nie, maar was die resultaat van ’n klasgebaseerde sosiale beweging. Daar is aanvaar dat nie alle mense in staat was om die “hoë” kunsvorme te waardeer nie en die wetenskaplike begronding hiervoor is gevind in die teorieë van die frenologie1 waardeur die hoë voorkop (“high brow”) van Shakespeare gekontrasteer is met die lae voorkop (“low brow”) van ’n kannibaal. Uiteraard was dit ook ’n rasgebaseerde onderskeiding (Peterson 1997:83).

Met die opkoms van die massavermaak in die laaste dekades van die 19de eeu is dié vorme van vermaak almal as die antitese van hoë kultuurvorme gesien en daarom ook hewig aangeval. Aan die begin van die 20ste eeu was die opkomende rolprentbedryf en die Afro-Amerikaanse musiek (soos ragtime, jazz en swing) die teiken van aanvalle. Dit herinner nogal aan die hewige aanval van die verteller in Leroux se roman, Die mugu, op rolprentteaters as die moderne mens se tempels:

Soos alle chromiumpaleise is die argitektuur vals: met die eerste oogopslag oorweldig die toon van die struktuur jou, alles lyk weelderig en duur – maar as jy dit van digterby beskou en daaraan krap, krummel en flenter dit weg […] vir geestelike ontvlugting is daar die chromiumpaleise, vir verdwene helde is daar moordenaars, filmsterre en menslike stories opgedis deur sinies-bekwame joernaliste. (Leroux 1958:129)

71

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In die jare dertig van die 20ste eeu het verskeie mense gevoel dat daar ’n nuwe kategorie geskep behoort te word – “[there were] many people who were too respectable to be called lowbrows and were too Philistine in their tastes to be called high” (Peterson 1997:84). Widdemer (1933) het toe die term middlebrow geskep, ’n term wat later al wyer bekend geraak het. Lynes (1954:313) het reeds in 1949 beweer dat:

the militant highbrow […] sees the prime threat to highbrow purity coming not from the entertainment-oriented lowbrow, but from the middlebrow, whom he regards as “a pretentious and frivolous man or woman who uses culture to satisfy social or business ambitions: who, to quote Clement Greenberg in Partisan Review, is busy devaluating the precious, infecting the healthy, corrupting the honest, and stultifying the wise”. (Aangehaal deur Peterson 1997:85)

Vroeg reeds was daar by baie skrywers ’n belangstelling in die sogenaamde “laer” kunsvorme soos jazz, en veral ná die Tweede Wêreldoorlog was daar groeiende belangstelling in volkskuns, veral by die intellektueles. By konserwatiewe humanistiese intellektuele (soos T.S. Eliot) en selfs Marxiste (soos Theodor Adorno) was daar in die jare veertig en vyftig van die 20ste eeu die gevoel dat die hoër vorme bedreig word deur die massakultuur wat hulle eintlik verdoem het. In die Nederlandse letterkunde is die name van Ed du Perron en Menno ter Braak bekend, en hier te lande ook die geskrifte van N.P. Van Wyk Louw, wie se vers-epos, Raka (1942), in wese hieroor handel. Selfs vandag bestaan die onderskeid tussen hoë en lae kultuur in byvoorbeeld die geskrifte van Allan Bloom (Peterson 1997:86).

Dit was veral Bourdieu (1984, 1986 en 1993), bekend as die “smaaksosioloog”, wat daarvan uitgegaan het dat smaak ’n kriterium was vir die tref van ’n klasonderskeid. Dit is egter veel minder die geval as in Frankryk, waar klasonderskeidinge meer rigied is. Daar is ’n groeiende eklektisisme in die VSA en daarom word al hoe meer gepraat van die “kulturele omnivoor”.

Peterson en Kern (1996) gaan op die spoor van DiMaggio (1987) en Lamont (1992) van die veronderstelling uit dat daar in die jare negentig belangrike kulturele verskuiwings ten aansien van smaak plaasgevind het. Daar is ’n verskuiwing van die “highbrow snob” na wat hulle die omnivoor noem. Eersgenoemde het slegs belangstelling in hoë kultuurvorme, terwyl laasgenoemde oop is vir verskeie kultuuruitinge. Laasgenoemde houding beteken nie dat onderskeidings tussen vorme van kultuur geminag word nie; dit is meer ’n houding van kultuurrelativisme waarbinne dinge begryp en geniet word binne eie verband en volgens eie voorwaardes.

Daar word verskeie redes deur hulle aangevoer vir hierdie verandering in smaak:

a. Daar is strukturele verandering wat verband hou met veral die media wat hoë kunsvorme wyer beskikbaar gestel het en van sy eksklusiwiteit en ontoeganklikheid ontneem het. Terselfdertyd het die media ook die verskillende soorte estetiese smake van mense aan mekaar bekend gestel. Hierdie vermenging is uiteraard ook teweeg gebring deur migrasie en klas-mobiliteit.

b. Daar was verder ’n belangrike verskuiwing in waardes. Ná die Tweede Wêreldoorlog is enige vorm van uitsluiting en eksklusiwiteit én van verskille tussen mense eintlik verdag.

c. Daar was ook fundamentele veranderings in die domein van die kunste, waar die begrip van intrinsieke waarde aanvaarding verloor het: “It became increasingly obvious

72

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

that the quality of art did not inhere in the work itself, but in the evaluations made by the art world” (Peterson en Kern 1996:905).

d. Vroeër is aangeneem dat jonger mense veral deur “stadia” gaan op weg na die hoë kultuur. Sedert die vyftigerjare van die 20ste eeu is hierdie “laer” vorme eerder toenemend gesien as alternatief tot die elite-kultuur.

e. In die verlede het statusgroepe populêre kultuur gedefinieer op wyses wat hul eie belange gedien het. Waar daar eers die pogings was om populêre kultuur te ondermyn en onderdruk, word dit nou eerder in die dominante statusgroep se kultuur geïnkorporeer.

In ’n studie deur Van Eijck en Knulst (2005) word bevind dat wat Nederland betref, daar ook ’n toename was aan “kulturele omnivore” en dat die deelname van mense in die ouderdomsgroep 20–40 in wat bestempel kan word as “hoë” kultuur (“highbrow culture”), dramaties vanaf die laaste kwart van die 20ste eeu afgeneem het. Daar was daarmee gepaard ook ’n afname in wat hulle “leisure reading” noem (Van Eijck en Knulst 2005:515). In hul bevindinge skryf hulle dit toe aan ’n paar faktore: tradisionele “highbrow culture” word gekoppel aan blanke waardes (binne die Suid-Afrikaanse konteks aan “Eurosentrisme”) en so ’n voorkeur word as diskriminerend teenoor ander groepe ervaar. Een van hul belangrikste bevindings is dat die onderwysstelsel smaak bepaal. In Nederland het die geïntegreerde onderwysstelsel ’n bepalende rol in die wegbeweeg van “hoë” kultuurvorme gespeel, én die leerdergerigte benadering in die onderwys het dit ook versterk.

Dit is die middelmoot-literatuur wat die werklike ondermyner is van die sisteem, omdat dit dikwels vir dekades skynbaar sy plek ken en hom dan skielik binne die sisteem nestel. As term is dit verwant aan “middlebrow”, wat skynbaar neutraal verwys na kultuur wat nie hoog óf laag is nie. Tog is die term middlebrow duidelik negatief van aard, soos blyk uit Virginia Woolf se ongestuurde brief aan die New Statesman wat in die dertigerjare van die 20ste eeu gepubliseer is en ook opgeneem is in The death of the moth and other essays (1942), waarin sy die “middlebrow” sien as dié groep wat intellektueel minderwaardig is vergeleke met die werklik gekultiveerdes. Die term highbrow is sinoniem met intellektueel en dra altyd die konnotasie van die elite- en “hoë” kultuur.

In die tagtigerjare van die 20ste eeu was daar groot bekommernis onder Afrikaanse kultuurverenigings dat die volk nie meer lees nie. Dit was vermoedelik omdat die letterkundige werke ontoeganklik geraak het en die temas dikwels onaanvaarbaar was. In daardie tyd is simposia oor “goeie gewilde prosa” gereël en hierdie term is gebruik naas die sinoniem hiervan, “middelmoot-literatuur”. Maar ook laasgenoemde term is deur skrywers, soos Marzanne Leroux-Van der Boon (1992), as die kus van die dood ervaar:

Dis in dié tye dat die etiket “middelmootskrywer” wat om jou nek gehang is, jou verskriklik skawe. Dat jy begin soek na definisies, dat jy begin wonder of dit die enigste taal ter wêreld is waar skrywers so meedoënloos in kategorieë ingedeel word, dat die woord LETTERKUNDE vir jou ’n yslike probleem is. Jy kyk na jou boeke wat vir skole voorgeskryf word en jy wil wanhopig skree: maar ek het tog beter goed geskryf as dit!

In die onderhoud met haar (Leroux-Van der Boon 1992) blyk ook dat sy glo dat “hoë” literatuur nie Engelssprekende kinders raak nie; “(d)is die middelmoot-werke wat liefde vir Afrikaans by hulle aankweek”. Sy wil vir die man op straat skrywe, wil dié

73

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

dinge wat hy voel en nie kan verwoord nie, vir hom onder woorde bring “sodat hy verligting kan voel”. Retories vra sy of dit nie is wat ’n skrywer moet doen nie – kennelik is sy taak nie om letterkunde te pleeg wat hoofsaaklik deur professore uitgelê kan word nie!

Uit Leroux-Van der Boon se betoog is dit duidelik dat sy meen dat toeganklikheid en tema as onderskeidende kenmerke gebruik word in die kategorisering van letterkunde. Die geval van Eleanor Baker illustreer iets van hierdie kategorisering. Vir baie lank was Baker se werk wat onder haar skuilnaam Christene le Roux én onder haar eie naam gepubliseer is, sinoniem met “goeie gewilde prosa”. Oor Splinterspel (1973) het Brink (1974) snydend geoordeel: “Min boeke krap my meer om as dié wat wesenlik ingestel is op ’n tydskrifferige ontspanningsmark, maar dan aangebied word met literêre pretensie”, maar later laat blyk hy dat Baker onbekend is aan hom en het hy kennelik vergeet dat hy ooit ’n boek van haar gerensenseer het (Human-Nel 2009:303). Tog is dit dieselfde Brink (1984) wat skielik op ’n steeds moeilik verklaarbare wyse ’n radikale ommekeer maak en Baker se roman Weerkaatsings (1984) bestempel as “een van die subtielste prosawerke wat lank (sic) in Afrikaans verskyn het” (Human-Nel 2009:294). Dalk was hierdie roman ’n dramatiese verbetering op haar eie vorige werk; dalk het Brink Baker persoonlik ontmoet; dalk het sy eie maatstawwe meteens verander. Hoe ook al, met een klap is Baker die kanon binnegehaal.

Soos Human-Nel aantoon (2009:306 e.v.), het Baker ’n stryd gestry met kanoniseerders omdat haar temas “vroulik” was (dit het veral gehandel oor moederskap, die eise van ’n huishouding, huwelikspanning en onvervuldheid vanweë die rol wat die maatskappy as’t ware dikteer), omdat dit toeganklik was en die binêre opposisie tussen populêre en ernstiger tekste deurbreek het, én omdat die rasseproblematiek selde in haar werk sentraal gestaan het. Daar kan aanvaar word dat haar kanonisering daarom baanbrekend was, omdat dit die weg gebaan het vir ander vroueskrywers. Mettertyd het baie vroulike skrywers se werk (mét vroulike temas) aanvaarbaar geraak vir die manlike hekwagters van die Afrikaanse kanon. Human-Nel (2009:97 e.v.) beweer dat die kanon altyd ’n konstruksie was van wit Afrikaanse mans. Hierdie sogenaamde vroulike, huislike temas het in verskillende literêre sisteme manlike kritici teen die bors gestuit – dalk één van die redes waarom Chapman (2003:202) in die volgende terme van Elisabeth Eybers praat:

Elisabeth Eybers [...] continues to produce finely wrought verses about her personal responses to love, sickness, parenthood, age and death [...] she does epitomise, however, a verwynde [sic!] [refined] ideal that in this country we find in several white middle-class women poets, for whom culture means the holiday cruise to the art museums of the Mediterranean and nature means the family household.

5. Iets oor die definiëring van literatuur

In ’n onlangse artikel polemiseer Huigen (2009) met Francken en Praamstra (2008b) na aanleiding van ’n artikel waarin hul beweer dat literatuur bestudeer behoort te word uit die standpunt van “literariteit”. Op die onderliggende kwessie van die polemiek, naamlik die (weergawe van die) geskiedenis van die Nederlandstalige literatuur in Suid-Afrika, wil ek hier nie verder ingaan nie; wél op Huigen se standpunte ten aansien van die omskrywing van die begrip literatuur wat hy hier helder verwoord. In billikheid teenoor Huigen moet ek byvoeg dat hy hom – hoewel nie eksplisiet nie - eintlik uitlaat oor historiese definisies van literatuur (“letterkunde”).

74

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Francken en Praamstra (2008b) se standpunt “dat slechts die teksten voor een literatuurgeschiedenis in aanmerken komen die ‘een aspect van literariteit bezitten’” word nogal summier afgemaak deur Huigen (2009:254) en hy beskou so ’n standpunt internasionaal “achterhaald”. Met verwysing na Edward Said en T.E. Hulme beweer Huigen (2009:254) dat estetiese aspekte slegs ’n rol speel “op niveau van tekstinterpretatie, niet van de afbakening van het corpus”. “Literariteit” is vir Huigen ’n normatiewe begrip en geen neutrale instrument om tekste mee te kategoriseer nie. Hy wys daarop dat die begrip afkomstig is van die Russiese Formaliste, wat literêre taal sien as ’n spesiale vorm van taalgebruik wat afwyk van gewone, alledaagse taal.

Die probleem is, vervolg Huigen, dat “literêre” vorme van taalgebruik ook voorkom in tekste wat nie tot die letterkunde behoort nie (soos reklametekste) en dat baie afhang van die wyse waarop die tekste gelees word; ’n mens kan ’n weerberig op ’n literêre manier lees.

Er bestaat geen literaire essentie, zoals Francken en Praamstra lijken te denken, op grond waarvan literaire van niet literaire teksten onderscheiden kunnen worden. De social-culturele omstandigheden en de individuele lezer bepalen in de moderne periode wat als literatuur aangemerkt wordt […] alleen teksten waarvan de kritikus of literatuurkritikus wel van houdt, worden als literatuur tot het corpus gerekend dat voor beschrijving en evaluatie in aanmerking komt. (Huigen 2009:255)

Huigen se standpunt lewer enkele probleme op, ook van metodologiese aard:

Wat Huigen op die spoor van ander ’n “funksionalistiese” benadering van literatuur noem, “waarbij de onderzoeker zich voor de afbakening van het onderzoeksgebied door de uitspraken van tijdgenoten laat leiden” (2009:257), sou goedskiks (en dalk presieser) eerder ’n “historisistiese” (kultureel relativistiese) benadering van literatuur op die spoor van Wellek en Warren (1976:38 e.v.) genoem kan word. Dit kom neer op ’n afstanddoening van die eie historiese posisie, en die gevolg is volstrekte relativisme. Indien tydgenote se omskrywing van literatuur as rigsnoer geneem moet word, dan volg dit logies dat ook hul waardeskatting daarvan behoort te geld.

Huigen se standpunt ontken die feit dat ’n definisie van letterkunde óók (kan) berus op intrinsieke eienskappe.

Dat juis die sinjalering van hierdie eienskappe deur die tyd heen (telkens deur tydgenote) daartoe gelei het dat ’n korpus letterkundige werke (die kanon) ontstaan het op aangroeiende wyse en nie deur individuele voorkeure nie.

Huigen se standpunt beklemtoon die diskontinuïteit eerder as die kontinuïteit van literatuur as ’n evoluerende sisteem.

Ten opsigte van die eerste probleem stel ek die volgende: As jy die beslissingsmag ten aansien van die ontologiese status van die letterkundige werk oorgee aan tydgenote, dan moet jy dit ook doen wat die waarde daarvan betref. Dan beland jy in ’n moeras waarin Georg Philipp Telemann ’n beter komponis as Wolfgang Amadeus Mozart is; Willem Kloos en Jacques Perk tweede viool speel in die teenwoordigheid van Jacob Cats en Nicolaas Beets; en William Shakespeare geringer geag word as ander vergete tydgenote – juis omdat hulle in hul eie tyd onderskat is. Skrywers van literatuurgeskiedenisse en samestellers van bloemlesings kan hulle nooit net verlaat op omskrywings en evaluerings van die verlede nie. Hoewel hulle uiteraard ook histories

75

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

gebonde is aan wat Foucault (1994) hul eie ”diskursiewe formasie” noem, laat hulle hul ook lei deur dit wat juis die eie tyd oorstyg het (dus ook die oordele van tydgenote).

Oor die kwessie van intrinsieke waarde sê Van Rees, Vermunt en Verboord (1999:351):

Characteristic of cultural goods is that their intrinsic meaning and value cannot be assessed in a univocal manner, from a single perspective; the archimedean point required to achieve this is lacking. Any provisional assessment of a product’s meaning is associated with a particular view of art and culture and even on criticism itself, that is, on the method used to perform classifications.

Dit is ’n uitspraak wat Huigen se standpunt ondersteun en duidelik van ’n “ekonomiese perspektief” uitgaan.

Oor intrinsieke waarde bestaan daar al vir dekades (en selfs eeue) ’n gedagtewisseling. Herrnstein Smith (1984:11) het verklaar dat “all value is radically contingent being neither an inherent property of objects nor an arbitrary projection of subjects, but, rather the product of the dynamics of the economic system”. Bourdieu (1984:29) se opvatting van habitus onderskryf ook hierdie standpunt. Dit is ’n stelsel van optrede, persepsie en waardering wat mense wat tot ’n bepaalde sosiale klas behoort, van kindsbeen af geïnternaliseer het. Daarom word die dominante sosiale klas se smaak as legitiem beskou.

Waarde is egter nooit nét relasioneel nie. Baie ooreenkomste bestaan tussen die kanons van die musiek, skilderkuns, beeldende kuns en literatuur in dié opsig dat geselekteerde items nie net op grond van historiese posisies (dus eietydse evaluerings) bepaal word nie, maar ook op grond van intrinsieke eienskappe. Deur te stel dat tydgenote se uitsprake deurslaggewend behoort te wees, ontken jy by implikasie ’n hele stuk resepsie. Waarom sou tydgenootlike lesings van Shakespeare beter en belangriker wees as die kreatiewe en kritiese resepsie van Shakespeare se werk oor die afgelope 500 jaar? Dit is tog nie so dat hierdie resepsie nét iets sê oor opeenvolgende geslagte kritici se uitgangspunte en nie ook oor Shakespeare se werk nie. Om te beweer dat daar geen literêre essensie bestaan waarvolgens literêre tekste onderskei kan word nie, is te ekstremisties verwoord.

Huigen se standpunt, soos saamgevat in die derde kolpunt (“bullet”) hier bo, impliseer dat eksterne omstandighede oorheers by ’n definisie van literatuur of dat daar geen kontinuïteit ten opsigte van intrinsieke eienskappe bestaan nie. Yuri Tynjanov het reeds in 1922 die teenoorgestelde beweer, naamlik dat literêre evolusie óók interne verandering veronderstel. Vervreemding (Sklovskij se begrip ostranenie) berus juis op deurbreking van die verwagting ten opsigte van inherente eienskappe van tekste (kyk o.a. na Fokkema en Kunne-Ibsch 1977:10-26).

Ek gaan daarvan uit dat enige definisie van letterkunde óók intrinsieke eienskappe betrek, hoewel sodanige definisie weliswaar tydsgebonde is. Binne ’n bepaalde tyd en plek is daar egter ’n “stabilisering” van opvattings oor wat letterkunde is. Daarbinne is daar altyd ’n verskil tussen “letterkunde” en “middelmoot”-literatuur (of hoe sodanige literatuur ook al genoem word). Sedert die Romantiek is literatuur gesien as fenomeen wat verwagtinge deurbreek en ook onderskeibaar is van ander diskoerse. Opeenvolgende benaderingswyses van die Russiese Formaliste af het aanvaar dat die literêre sisteem, as onderskeibare sisteem, óók berus op intrinsieke kenmerke. Die verwagtingshorison berus juis op die leser se kennis van onder meer intrinsieke kenmerke van letterkundige werke. Sonder veel vrees vir teëspraak sou beweer kon word dat kompleksiteit/meerduidigheid/veelvlakkigheid ’n kernbestanddeel van so ’n

76

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

definisie vorm: karakters moet nie bloot eendimensioneel (goed óf sleg) wees nie, ’n storie/plot/gebeure moet iets van ’n noodwendigheid en logika vertoon, die struktuur moet oortuigend wees, die woordgebruik en styl gepas, die vertelwyse bykans noodwendig. Om te beweer dat jy alle boeke op ’n bepaalde literêre wyse kan lees, bevestig juis die standhoudende kenmerke van literatuur.

Om te redeneer dat “enkele” reklametekste wél tot literatuur gereken kan word, impliseer juis dat literatuur onderskeidende inherente eienskappe bevat, omdat alle reklametekste andersins tot die letterkundige domein sou behoort. Nog so ’n voorbeeld is Huigen se verwysing na ’n sogenaamde literêre leesstrategie wat toegepas kan word op ’n weerberig. ’n Leesstrategie of leeswyse kom slegs tot stand deur herhaalde gebruik met die veronderstelling dat dit gevorm is omdat die objek van ondersoek dit genoodsaak het.

Talryke boeke oor intrinsieke eienskappe van letterkundige werke, oor prosaritme, prosa-eindes, die wit in die poësie, versreëleindes en dies meer bewys dat daar talle kritici en skrywers is wat my uitgangspunte deel. In die res van die artikel wil ek ook die sogenaamde middelmoot-literatuur definieer as ’n onderskeibare kategorie literatuur wat nie net bestaan danksy die willekeur van kritici, of literatuur is wat buite tydgenootlike definisies van letterkunde val nie. Dit vertoon onderskeibare, intrinsieke eienskappe of kenmerke wat verskil van dié van daardie tekste met “literaire essentie”.

6. The Book-of-the-Month Club

’n Belangwekkende studie is dié van Radway (1988) waarin sy ’n deeglike ondersoek uitvoer na The-Book-of-the-Month Club in die VSA. Dit word beskou as “the quintessential ‘middlebrow’ forum” met al die intellektuele snobisme daaraan verbonde (517) en daarom konsentreer sy veral op die kriteria aan die hand waarvan boekkeuses gemaak word. Binne die heersende sosiale struktuur word hoë waarde geheg aan “rationality, complexity, irony, reflexivity, linguistic innovation and the ‘disinterested’ contemplation of the well-wrought artifact” (518). Wat belangrik is, is om te besef dat wanneer literêre werke wat nie hierdie eienskappe bevat nie, as mislukkings bestempel word, dit ’n uitdrukking van sosiale mag is “which rules out the possibility of recognizing that such works and institutions might be valuable to others because they perform functions more in keeping with their own somewhat different social position” (519).

Die kriteria wat deur die keurders vir hierdie gewilde boekklub gebruik word, is nie klinkklaar nie. Dit gee wel blyke van ’n bepaalde verwagting, naamlik dat ’n boek “goed geskryf” moet wees, en dit beteken skynbaar “characterized by economy, condensation, and precision”. Dit is wel duidelik dat die boekklub sy gekose tekste sien in opposisie met blote ontspanningsliteratuur of “trash”. Hulle beklemtoon ook dat “some books can simultaneously excite the senses and stand up to aesthetic contemplation and scrutiny” (529).

7. ’n Nederlandse debat: Thomas Vaessens se studie, De revanche van de roman

In 2009 verskyn ’n boek van Thomas Vaessens, De revanche van de roman, wat verskeie aspekte waarna reeds verwys is, opnuut onder die loep neem. Vaessens is hoogleraar in die Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam en is een van ’n

77

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

jonger geslag literatore (soos Geert Buelens en Jos Joosten) wat polemies omgaan met gevestigde literêre uitgangspunte én met die literêre kanon. In sy werk maak Vaessens korte mette van die letterkunde as ’n “puur estetische” verskynsel. Hy onderskei drie stappe in die na-oorlogse Nederlandse roman. Eerstens oorheers by skrywer én kritikus ’n selfgenoegsame outonomiteitsopvatting wat die roman aan sy eie stilistiese wette meet. Hierdie “humanistiese tradisie” het literêre gehalte probeer onderskei aan die hand van universele kriteria, moes die mens kultureel vorm en literêre oordele het berus by sogenaamde bevoegde kenners.

As tweede golf onderskei hy die postmodernisme wat die eersgenoemde uitgangspunte bevraagteken of “dekonstrueer”, maar ook die kanon wat op hierdie uitgangspunte gebaseer is. Binne die postmodernisme word alles aanvaar (“everything goes”) en literêre outoriteit word ondermyn. Die postmodernisme het ’n groter relativering, ook van die eie literatuurbegrip, gebring, maar het deur bepaalde filosofiese en taalkundige speletjies ook in selfgenoegsame afsondering beland. In beide opvattings ontbreek maatskaplike betrokkenheid en is daar van kontak met mense geen sprake nie.

Veral ná 11 September 2001 is mense, volgens Vaessens, intens bewus van die realiteit van ons bestaan. Die nuwe geslag Nederlandse skrywers (soos Arnon Grunberg, Leon de Winter, Marjolijn Februari en Charlotte Mutsaers) word deur Vaessens “laatpostmodern” genoem. Hulle stel hulle veral ten doel om die verband tussen literatuur en gemeenskap te herstel en veel meer lesers te bereik, wat ook impliseer dat hulle tekste toegankliker raak. Vir Vaessens is maatskaplike betrokkenheid van skrywers (in hul boeke én persoonlik) van die grootste belang. Daarsonder verloor die letterkunde volgens hom sy relevansie in die huidige tydsgewrig.

Vaessens trek hom weinig aan van die etiket “populist” wat om sy nek gehang word en hoewel hy juridiese beskerming van skrywers wel voorstaan, vind hy dit belaglik dat skrywers hulle verskuil agter personasies in hulle boeke en die outonomiteit van die teks: “Ik vind het prettig wanneer schrijvers zeggen: ik neem nu als politicus stelling ook al gaat het ten koste van de zo hoog geprezen onafhankelijkheid van de schrijver” (Vaessens 2010:3). Vir Vaessens is die “revitalisering” van literatuur, die herstel van die band tussen literatuur en gemeenskap, veral deur die sosiaal-politieke relevansie en toeganklikheid daarvan, van die grootste belang. Dit is temas wat by herhaling voorkom by voorstanders van die middelmoot-literatuur én by skrywers van werke wat as sodanig getipeer word.

Komrij (2009:2) laat hom ietwat neerhalend oor Vaessens uit:

Professor Vaessens heeft, en daar wordt hij ruim voor betaald, een paar meningen over literatuur. Als je de nevel ervan wegblaast blijken het respectabele waarheden te zijn, ‘t is alleen jammer voor zijn imago van vernieuwer en revolutionair dat het waarheden zijn die al tientallen jaren door velen worden verkondigd. Professor Vaessens is bezig ivoren torens te slechten die allang niet meer bestaan.

Die hele aandrang op betrokke literatuur en maatskaplike “engagement” (selfs die aandrang op groter toeganklikheid en relevansie van letterkundige werke) is in die Suid-Afrikaanse konteks inderdaad ’n bietjie verouderd. Ook Schouten (2011) wys daarop dat die begeerte van Vaessens na “straatrumoer” niks nuuts is nie, maar iets is wat al dekades lank met tussenposes in die Nederlandse letterkunde geopper word.

Wesentliker kritiek spreek uit ’n stuk van ’T Hart (2010). Hy beskuldig Vaessens daarvan dat hy ’n bepaalde literêre leeswyse volg waardeur romans gesien word as

78

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

“morele debatte” en die stories hervertel asof dit gaan om avonture van die bure. Veral bring Vaessens die morele standpunte van die verskillende personasies in kaart en dui hy die simboliese ruimtes aan waarbinne die romans hulle afspeel. Maar oor die manier waarop morele kwessies aan die orde gestel word, swyg Vaessens; ook oor skryfwyses, stilistiese en retoriese repertoire en die skryftradisie waarbinne die werk staan (2010:3). Al die aspekte waarna ’T Hart hier verwys, word gewoonlik gesien as kenmerkend van letterkundige werke. ’n Ander vraag wat gestel sou kon word, is in watter mate die skrywers wat Vaessens uitkies, werklik as verteenwoordigend van die eietydse Nederlandse romans gesien kan word en of maatskaplike betrokkenheid vir hulle almal vooropstaan.

In sy Kellendonk-lesing maak die digter Komrij (2011) ’n hele paar stellings wat met die voorafgaande verband hou en inspeel op die hele polemiek van “straatrumoer” sonder om maar een maal na enige kritikus, skrywer óf boek te verwys. Die skrywer is die draer van maskers wat aan hom ook ’n sekere immuniteit verleen, asof hy beskut is deur die hortus conclusus , die ommuurde tuin. Van die skrywer kan verwag word dat hy met beide bene binne die maatskappy staan, maar nie as persoon wat ou vroutjies die straat oorhelp of “outentieke” karakters skep wat vir die gemiddelde leser bestem is nie, “het befaamde middelbare meisje dat verslingerd is aan chicklit en dat soort Kluun-literatuur” (Komrij 2011:15).

Skrywers skryf nie altyd oor hulself nie en daar hoef nie altyd empatie met romanpersonasies te bestaan nie: “[W]at ons word aangesmeerd als ’maatschappelijk bevlogen’ of ’uit het leven gegrepen’ literatuur is welbeschouwd een literatuur die parasiteert op een verstikkende alledaagsheid en ons geen enkel uitzicht of vergezicht biedt” (Komrij 2011:18). Wat Komrij die markgedrewe moderne era verwyt, is die beheptheid met die sogenaamde “realistiese weergawe” soos wat die mense dan graag sou wou hê. En die aandrang daarop dat “toeganklike” werke “na die mense gebring” moet word.

Waarvoor Komrij pleit, is geen estetiese houding van afsydigheid nie. Maar die literatuur kan nooit straatrumoer wees nie. Literatuur behoort tot die siel van die gemeenskap en behoort ernstig opgeneem te word. Dit kan lughartig wees, maar blote verstrooiing kan dit ook nie wees nie. Groot literatuur, “dat complex van traditie, topoi en grandiose verhaallijnen”, is opgeoffer aan politieke gedienstigheid. Sonder sy afstand en sy “maskers” is die literatuur gedoem.

8. “The middlebrow talks back”: Die weerwraak van die middelmoot

Van Boven (2009:288) wys daarop dat die term middlebrow een is wat moeilik as neutrale beskrywende term gebruik kan word, al is daar baie pogings in hierdie verband. ’n Verdere groot probleem is om die sosiologiese standpunt (wat deur o.a. Bourdieu voorgestaan word en deur Huigen aangehang word) te versoen met ’n meer teksgerigte benadering (soos in Angelsaksiese studies) waarna Van Boven verwys. Van Boven (2009:288) staan ’n benadering voor wat “middlebrow” sien as ’n groep werke met ’n generiese identiteit van sy eie – omdat, sê sy, “we anders niet verder komen dan een herhaling van het beeld van de middlebrow-roman als […] the ‘other’ of the modernist or avant-garde novel”.

In haar benadering fokus sy dus op die “middlebrow”-romans as ’n groep werke met ’n eie posisie en eie agenda, dus vermenging van hoë en triviale elemente. Verder gaan sy

79

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

daarvan uit dat die “middlebrow” deurgaans sy eie posisie bepaal ten opsigte van die dominante kultuur en derhalwe besig is met ’n sogenaamde “counter-discourse”. Vanselfsprekend gebeur dit slegs in enkele romans eksplisiet. Van Boven ontleed vervolgens drie romans waarin hierdie fenomeen voorkom. Dat dit om “middlebrow”-romans gaan, lei sy af uit die plek wat kritici daaraan toegewys het, die profiel van die skrywers, en, sou bygevoeg kon word, die verkope en die aanbieding self.

9. Drie Afrikaanse middelmoot-romans as voorbeeld van ’n “counter-discourse”

In die Afrikaanse letterkunde is daar heelwat tekste wat hulle óf aanbied as middelmoot óf as sodanig geklassifiseer word, én wat uitsprake maak oor “hoër” kunsvorme, veral die letterkunde. Hier onder word drie sodanige tekste bespreek.

9.1   Onder bevoorregte mense 

Marie Linde (skuilnaam van Elise Bosman) se debuutwerk Onder bevoorregte mense (1925) het in 1924 ’n prosawedstryd gewen. Roos (1992:44) verwys na Rob Antonissen en P.C. Schoonees se aanvanklike resepsie daarvan: hoewel hulle besprekings patroniserende kensketsings van hierdie roman – wat dan ligte leesstof vir dames sou wees – bevat, word die kritiek (selfs van Schoonees, wat aanvanklik vleiend was) algaande krasser.

Antonissen (1956:160) meen dat die werk enkele goeie eienskappe bevat, soos “goeie tipering van die milieu, ten dele inwendige motivering van die gebeure, en die behandelde tema self. Tog bly dit maar middelmatige literatuur, weens die onbelangrikheid van die hoofpersoon en die kragtelose skryftrant.” Ook Dekker (1958:150) vind Linde se eersteling haar beste werk, en sonder haar realisme en die kritieklose wyse waarop die egoïstiese Ben uitgebeeld word, as verdienstelik. Die uitbeelding van Bettie raak algaande “oppervlakkig”. Kannemeyer (1978:197) eggo Antonissen byna woordeliks in sy aanprysing van die milieuskildering en Dekker wat betref die uitbeelding van Ben “wat objektief en sonder enige vooroordeling van die kant van die verteller voorgestel word” en van die hoofkarakter wat “geen diepte” het nie.

Roos (1992:51) gee ’n paar moontlike redes vir die verskuiwing in waardering van hierdie soort boeke (Onder bevoorregte mense van Marie Linde, Oogklappe van Meg Ross en Eva Walter se Eensaamheid). Sy spekuleer dat die kritici “wat sedert die veertigerjare die norme daargestel en die geskiedenis geskryf het” negatief was oor hierdie romans wat nie ingepas het in “’n geïdealiseerde Volk- en vaderlandvisie nie” en wat nie “die mite van die Boer en sy liefhebbende, hardwerkende vrou onderskryf het nie” (Roos 1992:51). In hierdie soort romans vervolg Roos, het die vroulike karakter se “konvensionele rol as ondersteuner, moeder, verdrukte of selfs rebellieuse eggenote” geen plek nie.

Kannemeyer (1978:199) beskou Linde se “woordstroom oor kleinburgerlike sake op die lange duur onhoudbaar. Daarby is die skyn van diepsinnigheid wat sy met die ideologie en toespitsing op aktuele sake wil bereik, uiters pretensieus.”

John (1994:15) beweer dat die roman ook gelees kan word as ’n worsteling “met die vraag wat dit beteken om ’n kunstenaar in Suid-Afrika gedurende die twintigerjare van hierdie [die 20ste] eeu te wees.” Hy voer aan dat die werk gemarginaliseer is deur die

80

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Afrikaanse kanonisering omdat dit ideologies onaanvaarbaar sou wees vir Afrikaanse kritici, want dit was “ontgogelend krities ingestel […] ten opsigte van die heersende estetiese ideaal.” Volgens John word ’n Europees-gesentreerde kunsinstelling in hierdie roman afgewys ten gunste van “’n onafhanklike Afrikaanse estetiek”. Dit sou dan volgens John “die Afrikaanse estetiese uitdrukking, die moontlikheid om op universaliteit aanspraak te maak [ontneem], aangesien dit ’n groepsgebondenheid pertinent aandui as ’n voorvereiste vir ’n gangbare Suid-Afrikaanse estetiek.”

Onder bevoorregte mense word gewoonlik bestempel as ’n sosiale-probleem-roman wat sentreer rondom aktuele vraagstukke van die twintigerjare van die 19de eeu, soos sosiale klasseverskil en die armblanke-vraagstuk, vroueregte, die nasionalisme en die kuns as sosiale verskynsel. Die opera- en liederesangeres Adeline Rademeyer en haar advokaatman, Hendrik, stel eers vir Bettie Erkel aan as kindermeisie, alvorens hulle haar later ook aanneem. “Jy’s ’n proefneming [...] ’n eksperiment [...] moet dit maar nie vergeet nie,” word sy op wrede wyse deur Adeline aan dié Pygmalion-proefneming herinner (95). In die proses word Bettie se voorkoms verander, begin sy ’n smaak ontwikkel vir klassieke musiek en dans, leer sy Engels vlot praat én trou sy later met ’n bon vivant-skilder wat elf jaar in die buiteland gewoon het, maar wat tog sy Afrikaner-wortels herontdek (137-8).

Hierdie roman is derhalwe ook ’n ontwikkelingsroman waarin die armoedige weeshuismeisie, Bettie, se sosiale evolusie geteken word. Stand is egter ’n skeldwoord waaraan sy nie kan ontkom nie en by geleentheid sê sy vir haar spieëlbeeld: “Jy is nie ’n meid nie en jy is nie ’n dame nie” (84). Die sosiale verwagtings waaraan ’n “dame” moet voldoen, soos brug-, tennis- en klavierspeel, sing en briewe skryf (345) is die tipiese eietydse eienskappe van ’n Engelse dame. Daarteenoor ag Ben se vader die beskeie Bettie, wat sonder astrantheid is, hoog (343).

Dit sou nie absurd wees om hierdie roman ook as satire te lees nie. Hooghartige, “kunssinnige” mense met ’n minagting vir die eie, Afrikaanse kultuur, soos Adeline, Ben en Aletta word by tye genadeloos gesatiriseer. Maar ook die oppervlakkige Bettie ontkom dikwels nie aan kritiek nie. As satiriese norm geld Hendrik, die ryk advokaat wat in ’n Engelse omgewing leef, maar trou bly aan nasionale beginsels en ook Ben se vader met sy afkeer van pretensie en hooghartigheid.

Die roman is meer as ’n blote aanval op tradisionele rolle en waardes. Die onafhanklike Adeline met haar skynbaar promiskue verlede wat sy sorgvuldig verborge hou vir haar man (223) bly weliswaar onvervuld in haar huwelik omdat sy haar kreatiwiteit wil uitleef, maar sy besef dat dit ook ongelukkigheid meebring (438). Wat sterk na vore kom in die roman, is nie primêr kritiek op die tradisionele huwelik nie, maar die standpunt dat geluk wél ook te vind is buite die huwelik, soos mevrou Stahl, Aletta en Enid aantoon.

In die roman word korte mette gemaak van die pretensieuse kunstenaar (25), die romantiese beeld van die kunstenaar wat ’n boheemse bestaan voer (154), al die “ismes” wat die kuns oorheers (210) en die opvatting dat die estetiese alleen opgesluit is in die klassieke Europese kunsvorme soos die opera, liedere en dergelike meer.

Maar John oordryf wanneer hy beweer dat die estetiese ideaal in hierdie roman (bloot) een is wat na ’n Afrikanerkuns streef. Wat beweer word, is dat die skone, die “klassieke”, óók kan voorkom in die volkskuns, iets waarmee Van Wyk Louw dit volkome eens sou gewees het. By verskeie geleenthede word gesê dat Afrikaanse volksliedere juis ’n Europese herkoms het. Hendrik spreek sy waardering uit vir “daardie eenvoudige liedjies” wat vir hom baie mooier klink “as al die klassieke operas

81

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

waarmee jy so dweep” en “Adeline verswyg maar vir hom dat die lied ‘Lied der Meermädchen’ wat sy soëwe gesing het uit ‘Oberon’ afkomstig is” (193).

Louis Cloete is die voorloper van die Dertigerdigter:’n gekultiveerde man wat poësie uit Frans vertaal, maar wat vir sy tesis Afrikaanse volkliedjies as onderwerp het! (169). Daar word verwys na tradisionele Afrikaanse verse soos “Di steweltjies van Sannie”, “Wanneer kom ons troudag Gertje” (197) en “Mooie meisies, fraai bloeme” (198), maar daar word ook verwys na Leipoldt se digbundel Uit drie wêrelddele (1923) wat die nasionale en lokale verbystrewe. Dit waarvoor in hierdie roman gepleit word, het duidelik nasionalistiese ondertone: trots op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur (24, 29, 38, 53, 117, 137, 138), moedertaalonderrig (247) en ’n eie Afrikaanse geesteslewe, maar óók waardering van die klassieke en Europese (111 en 112). En hoewel dit lyk asof daar ’n voorkeur vir blote realistiese kuns uitgespreek word (138, 139, 154), word óók gepleit vir representasie van die skoonheid van die menslike liggaam (217). In feite is hierdie roman ’n besinning oor die rigting van die (Suid-)Afrikaanse kuns en literatuur in ’n tydperk toe emansipasie nog net ’n ideaal was en beliggaam dit baie van die ideale wat veral deur Van Wyk Louw verwoord is.

Hoewel hierdie roman vanweë onder andere die (vroulike) tematiek deur kritici bestempel is as ’n “damesroman” en derhalwe as middelmoot-literatuur, is dit steeds ’n besinning oor die Afrikaanse geesteslewe én veral die (rigting van) die Afrikaanse letterkunde. Met veel van die aspekte wat destyds sentraal gestaan het in die poëtikale opvattings van die (manlike) kritici (soos E.C. Pienaar), is die skryfster dit oneens – veral die blote aandrang op nasionalistiese kuns. Daarom vorm hierdie roman deel van ’n sterk kontradiskoers.

9.2   Die swart sluier 

As gekyk word na die vroeëre definisies van middelmoot-literatuur as toeganklike literatuur, voldoen die poësie van Joan Hambidge in hoë mate daaraan.2 Dit is toeganklike poësie; dit beantwoord gewoonlik aan die verwagtinge van Hambidge-lesers, daar dit dikwels bepaalde stylgrepe vertoon (byvoorbeeld die intertekstualiteit; die parodie); dit is vol patos en patetiek; dit is dikwels praatverse wat die “gewone praattaal” representeer. Dit is veral die selfbewustheid (wat ooreenstem met die die literêre funksie van Roman Jakobson) en die talle verwysings (na filmsterre, digters, skrywers en dergelike) wat aandui dat dit nie as middelmoot bedoel is nie.

Hambidge se roman Die swart sluier (1998) word egter wél doelbewus aangedien as “hygroman”, dit wil sê behorende tot die ontspanningsliteratuur, hoewel dit eintlik geen roman is nie, maar verskeie novelettas. Dit is reeds die storie, wat handel oor ’n skrywer, Sonja Verbeek, haar liefdesverhouding(s) en haar besoek aan die Welkomse Leeskringseminaar, wat die leser laat vermoed dat daar ’n slang in die gras van dié liefdesparadys is. In wese is hierdie roman ’n persiflage van ’n bepaalde subgenre, naamlik die hygroman, maar dit is ook ’n satire op die Afrikaanse literêre kanon én al die bisarre prosesse van kanonisering. Beroemde (of dan bekende) figure uit die kanon skuur skouers met ewe bekende romankarakters, wat vanselfsprekend aanleiding gee tot vermaaklike tonele.

Knap is die gebruikmaking van bepaalde beskrywings uit bekende Afrikaanse romans, soos die beskrywing van die “Allesverloren se plastiekswaan” wat Leroux se Welgevonden oproep. Die satire strek egter verder as bloot literêre alliansies en onderonsies (ook van amoreuse aard). Daar word die spot gedryf met literatore se voortdurende verwysing na Franse (taal)filosowe (19), wat vanselfsprekend ook selfspot is, die opgeblase styl van skrywers word geparodieer (32), bepaalde tekste (Die

82

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

son struikel, 45), die “manlikheid” van Strachan-karakters (72), en selfs met navorsing oor die plaasroman (79). ’n Stukkie metakommentaar word ook ingevoeg (68), op die een vlak as satire van die metanarratiewe werkwyse wat destyds hoogty gevier het in die Afrikaanse letterkunde (soos in Koos Prinsloo se Jonkmanskas), op ’n ander as aanwysing van hoe hierdie teks van Hambidge ook gelees sou kon word: as ’n teken wat moontlik heenwys na “(outo)biografiese” aspekte van die skrywer, te wete lewe én poëtika. Wat in ’n ander genre (byvoorbeeld ’n “ernstige” roman) dalk beskou sou kon word as selfbehep, oppervlakkig of gewoon laf, word binne die vorm van die middelmootliteratuur (want die “hygroman” was bedoel as intelligente vermaak) ’n vorm van kommentaar op kernaspekte die Afrikaanse literêre sisteem.

Hierdie roman kan derhalwe as ’n kontradiskoers beskou word; by tye ’n skerp aanval op aspekte van die kanon, maar vanweë die “verpakking” daarvan in die vorm van ’n middelmootteks, geredeliker aanvaar en makliker verteerbaar deur die sisteem en sy agente soos kritici.

9.3   Om na ’n wit plafon te staar 

’n Onlangse Afrikaanse roman wat eweneens sigself (volgens die omslag, die aanslag én bemarking) aanvanklik aandien as blote ontspanning, is Jaco Kirsten se werk Om na ’n wit plafon te staar (2009) met as subtitel ’n Reguit roman. In hierdie “reguit” roman word eerstens op ’n nogal onthutsend reguit manier kommentaar gelewer op die eietydse Suid-Afrika, veral die gebreke en vergrype ingegee deur politieke korrektheid. Die roman speel af in die binnekringe van ’n dagblad wat herinner aan Die Burger en die binnewerkinge van ’n magtige persgroep wat ook nie soveel verskil van Naspers nie. Hierdie indruk van ’n sleutelroman word versterk deurdat selfs buitestanders bepaalde karakters soos Koos Bekker, Lizette Rabie, Amanda Gouws en André P. Brink dadelik kan herken.

Kirsten lewer egter ook deurgaans kommentaar op die literêre lewe van vandag en skets ’n prentjie wat bepaald nie vleiend is nie. Sy hoofkarakter, Lourens Erasmus, staan ook ver van die metroman wat sensitief, sag, pasifisties is en dus die droombeeld van geëmansipeerde vroue versinnebeeld. Hy is ’n geskeide man wat diens gedoen het op die grens, wat nie nee sê vir terloopse seks nie, wat van rugby hou en wie se enigste toegewing wat drank betref, die feit is dat hy Diet Coke by sy rum drink. Lourens het ’n hekel aan mannetjiesagtige vrouens en verwyfde mans wat bars van politieke korrektheid, pretensie en skynheiligheid van alle aard. Onder sy bruuske uiterlike skuil daar ’n goeie mens met bepaalde waardes (soos eerlikheid en openhartigheid) wat nie skroom om sy sê te sê nie. Omdat hy verwar word met die gay Laurens Erasmus kry hy die opdrag om ’n roman te skrywe. Hierdie worstelstryd om binne ’n spertyd iets neer te pen (wat ’n mens gerus ook sou kon sien as metakommentaar) bied genoeg ruimte vir besinning oor die eietydse Afrikaanse letterkunde, die skryfproses self, skryfskole, kunsredaksies (veral boekeredakteurs), die aard van ’n roman én die politieke voorskriftelikheid waaraan ’n eietydse Afrikaanse skrywer onderworpe is.

Oor Kontrei, wat hoë lof ingeoes het, word kortweg gesê: “Genugtig, Kleinboer, nogal ’n debutant, skryf ’n boek oor meidnaai en wen ’n prys” (21). En: “Eben Venter is dalk een van die laaste van ’n geslag wat kan skilder met woorde” (24). Hy besef dat dit deesdae moeilik is vir ’n wit man om ’n boek te publiseer. Daarom oorweeg hy dit om ’n boek in Standaardafrikaans voor te lê, maar te maak asof hy bruin of swart is, “[e]en wat dalk van ’n voormalige Model C-skool is en Ôfrikôns praat soos Elana Afrika” (32). Wanneer hy sê “’n kroeg is ’n plek van transformasie” (56), blyk dit dat Lourens ook sy Leroux (en bes moontlik sy Jaco Fouché) ken. Temas is ’n ander mynveld. Mislukte liefde is

83

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

slegs vir vroueskrywers beskore, en hy sien ook nie kans om sy seksuele wasgoed in die openbaar op te hang (soos Kleinboer) nie.

Van sy siniese vriend kry hy die volgende ses wenke (64):

Skrywe oor enigiets wat esoteries is, want resensente is dol daaroor – “kak soos intertekstualiteit en so aan […] resensente is mal daaroor en dit laat hulle slim voel as hulle dit raak sien. Veral Joan Hambidge is goed daarmee en miskien gooi sy ’n bietjie van Umberto Eco en die semiotiek in. En as jy gelukkig is, dan fok sy jou nie op met ’n verwoestende resensie nie.”

“Die ander formule is om ’n moderne weergawe van ’n ou storie te doen.”

“En dan kan jy natuurlik heeltemal jags wees en net oor naai skryf.”

“Of jy kan oor dwelmmiddels skryf.”

“[D]aar is eintlik net iets soos tien of so stories […] alles is eintlik ’n klomp kak wat al reeds geskryf is.”

“[V]eral jong skrywers moet skryf oor die goed waarmee hulle vertroud is.”

Veel later vra Lourens se uitgewer sy hiperpolities-korrekte redakteur: “Maar is dit nie die doel van skrywers, van kunstenaars om heeltyd die heersende orde te bevraagteken nie? Om vrae te vra, om heilige koeie te slag om […] die hele openbare diskoers eerlik te hou nie?” (176).

So word hierdie boek wat “nooit geskryf [is] vanuit die benoude dampkring van die Afrikaanse literêre wêreld nie” (196) ’n ernstige besinning oor die vraag wat dit beteken om in die huidige tydsgewrig in Afrikaans te skrywe. Nie in die vorm van ’n metaroman of postmodernistiese geskrif wat maklik as pretensieus sou kon deurgaan nie, maar juis in die vorm van ’n (skadelose) ontspanningswerk. Hierdie roman word sodoende ’n “terugskryf” teen die kanon in, eintlik teen die eietydse bewakers van die kanon wat politiese korrektheid só verabsoluteer dat eerlikheid by die deur uitgegooi word.

10. Samevatting

Met hierdie ondersoek wou ek eerstens aantoon dat die middelmootliteratuur, en dus ook letterkunde, die teenhanger daarvan, onderskei (kan) word as aparte kategorieë. Werke wat as middelmoot, “middlebrow”, “middelmaat” of selfs “populisties” beskrywe word, is meestal toeganklik, (lokaal-)realisties en maatskaplik betrokke. ’n Eenvoudige verhaalstruktuur, ouktoriële vertelwyse, “telling” eerder as “showing”, blokkarakterisering, groot ooreenstemming tussen storie en verhaal, en beantwoording aan lesersverwagtings word wyd gesien as kenmerkend van hierdie tipe literatuur (kyk o.a. Botha, Botha, Olivier e.a. 1990:85-107).

Dit is egter ook so dat bepaalde werke binne ’n bepaalde historiese tyd as middelmoot geklassifiseer word omdat hulle nie beantwoord aan die heersende ideologiese en/of poëtikale opvattings nie. Uit Roos (1992:49–51) se opname blyk duidelik dat al drie die “damesromans” waarna sy verwys wat taal en styl betref, hoegenaamd nie agter staan by tydgenootlike romans van manlike skrywers soos D.F. Malherbe en Jochem van Bruggen nie; hier “is ’n skerper toon, ’n meer betrokke tematiek, ’n realistieser

84

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

perspektief en is die karakters meer gekompliseerd”. Sy opper dan die legitieme vraag of die (manlike) kritici “wat sedert die veertigerjare die norme daargestel en die geskiedenis geskryf het, dalk nie vrede gehad [het] met hierdie romans wat glad nie ingepas het in ’n geïdealiseerde Volk- en Vaderlandvisie nie; met werke wat geensins as didakties/moraliserend, of selfs as romanties-realisties beskryf kan word [nie]” (Roos 1992:51). Die studie van Human-Nel (2009) bevestig in hoë mate hierdie vraag van Roos.

Schoonees beoordeel Onder bevoorregte mense in 1924, 1939 en in 1950 telkens anders en toenemend negatief (Roos 1992:45). Vanselfsprekend kan sy oordele toegeskryf word aan sy veranderende visie van literatuur, maar dit wil ook voorkom asof dit ’n illustrasie is van ’n strategiese posisie-inname binne die literêre veld waar ’n kritikus sy eie oordele aanpas by dié van die heersende sienings. Wat egter duidelik is, is dat die benaming “middelmoot” ’n bepaalde werk tot die vergeethoek verdoem en onskadelik maak. Dit kan gesien word uit die reeds gesiteerde oordele van (manlike) literatuurhistorici wat in hoë mate mekaar eggo.

Ek het ten slotte probeer aantoon dat die periferale posisie van middelmootliteratuur egter ook soms bepaalde voordele inhou vir die skrywers daarvan. Dit bied aan hulle die beskutting om aanvalle op die heersende literêre sisteem te loods, om “terug te skrywe” by wyse van spreke. En dit is dalk juis hierdie “terugskrywe” wat later vir hulle ’n plek binne die kanon gaan gee.

Al drie werke waaraan ek aandag gegee het, is binne veral historiese verband belangrik, maar ook intrinsiek nie sonder meriete nie. Roos (1992) bespreek Linde se werk uitvoerig en oorwegend positief. Kirsten se werk is geslaagd indien ’n redelik standaard definisie van ’n goeie boek gebruik word: dit is vlot geskryf, het ’n interessante storie, bevat knap karakteriserings en is ’n geslaagde kombinasie van erns en luimigheid (kyk ook Radway hier bo vir ander kenmerke wat ruimskoots by Kirsten voorkom). Wat dit egter onomstootlik as letterkunde kenmerk volgens heersende verwagtings, is die metanarratiewe aard daarvan, metafiksie synde een van die belangrikste kenmerke van eietydse prosawerke. Hambidge se roman is ’n rasegte satire en daarom in ’n mate ook tydgebonde omdat die satire ’n gerigte aanval is; in haar geval van die Afrikaanse letterkunde – veral – op ’n bepaalde tydstip.

Al drie werke is egter belangrik omdat hulle op ’n geslaagde (lees: literêre) wyse kommentaar lewer op die letterkunde én die letterkundige bedryf van ’n bepaalde era. Dit alleen waarborg hulle ’n vaste, hoewel periferale, posisie in die kanon.

Bibliografie

Antonissen, R. 1956. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.

Baker, E. 1973. Splinterspel. Johannesburg: Perskor.

—. 1984. Weerkaatsings: ’n Sprokie. Kaapstad: Human & Rousseau.

Barnard, R. 1998. Kanoniseringsprosesse in die Afrikaanse literatuursisteem: Die rol van N.P. Van Wyk Louw. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

Botha, E. 1998. Etienne Leroux. In Van Coller 1998.

85

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 1999. Jochem van Bruggen. In Van Coller 1999.

Botha, M.C., E. Botha, F. Olivier, H. de Kock, E. Baker, H. van Coller, E. van Heerden en M. Prins. 1990. Fasette van ’n fokus op 80. Tydskrif vir Letterkunde, 28(1):85–107.

Bourdieu, P. 1984 [1979]. Distinction: A social critique of the judgement of taste. Cambridge, MA: Harvard University Press.

—. 1986 [1983]. The forms of capital. In Richardson (red.) 1986.

—. 1993. The field of cultural production. Essays on art and literature. Cambridge: Polity Press.

Brink, A.P. 1974. Dié boek word ’n aanklag teen uitgewer. Rapport, 31 Oktober, bl. 19.

—. 1984. Só trap resensent darem nie modder op goeie, lekker boek nie! Rapport, 20 Januarie, bl. 14.

Chapman, M. 2003. Southern African literatures. Pietermaritzburg: UKZN Press.

De Geest, D. 1966. Literatuur als systeem, literatuur als vertoog. Bouwstenen voor een functionalistische benadering van literaire verschijnselen. Leuven: Peeters.

—. 1997. Systems theory and discursivity. Canadian Review of Comparative Literature, 24(1):161–75.

Dekker, G. 1958. Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Kaapstad: Nasou Beperk.

DiMaggio, P. 1987. Classification in the arts. American Sosiological Review, 5:440–5.

Even-Zohar, I. 1990. Polysystem studies. Poetics Today, 11(1):1–268.

Faubion, J.D. (red.). 1994. Michel Foucault, aesthetics, method and epistemology. Londen: Penguin.

Fokkema, D.W. en E. Kunne-Ibsch. 1977. Theories of literature in the twentieth century. Londen: C. Hurst & Co.

Foucault, M. 1994. On the archaeology of the sciences: Response to the epistemology circle. In Faubion (red.) 1994.

Fouché, J. 1997. Paartie by Jake’s. Kaapstad: Queillerie.

Francken, E. en O. Praamstra (reds.). 2008. Heerengracht Zuid-Afrika. Nederlandse literatuur van Zuid-Afrika. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.

—. 2008. Een vierde kwartier in de Nederlandse koloniale en postkoloniale literatuur. De Nederlandse literatuur van Zuid-Afrika. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, 124(2):141–58.

Hambidge, J. 1998. Die swart sluier. Kaapstad: Tafelberg.

Herrnstein Smith, B. 1984. Contingencies of value. In Von Hallberg (red.) 1984.

86

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hjort, M. (red.). 1992. Rules and conventions. Literature, philosophy, social theory. Baltimore: Johns Hopkins University Press.

Huigen, S. 2009. Kwesties van literariteit en (dis)continuïteit in Nederlandstalige Zuid-Afrikaanse literatuur. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, 125(3):253–63.

Human-Nel, M.J. 2009. Die impak van sosiologiese verandering op die plek van vroueskrywers in die Afrikaanse literêre kanon. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

John, P. 1994. “O, my kuns!” ’n Semiotiese analise van die estetiese problematiek in Onder bevoorregte mense deur Marie Linde. Tydskrif vir Letterkunde, 32(2):12–24.

Kannemeyer, J.C. 1978. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Kaapstad: Academica.

Kirsten, J. 2009. Om na ’n wit plafon te staar. ’n (Reguit) roman. Kaapstad: Tafelberg.

Komrij. G. 2009. Lucifer in het hooi. Komrij Blog, Zaterdag 29 Augustus 2009. http://www.komrij.blogspot.com/search?=vaessens (9 April 2011 geraadpleeg).

—. 2011. De triomf en treurigheid van de vermomming. Kellendonklezing. Macxmedia: Nijmegen.

Lakatos, I. 1970. Falsification and the methodology of scientific research programmes. In Lakatos en Musgrave (reds.) 1970.

Lakatos, I. en A. Musgrave (reds.). 1970. Criticism and the growth of knowledge. Cambridge: Cambridge University Press.

Lamont, M. 1992. Money, morals, and manners: The culture of the French and the American upper-middle class. Chicago, IL: University of Chicago Press.

Leroux, E. 1958. Die mugu. Kaapstad: H.A.U.M.

Leroux-Van der Boon, M. 1992. Middelmoot-etiket kan jou “skawe”. Onderhoud met Theunis Engelbrecht. Beeld Kalender, 23 Julie, bl. 2.

Linde, M. 1925. Onder bevoorregte mense. Pretoria: J.L. van Schaik.

Louw, N.P. Van Wyk. 1961. Vernuwing in die prosa. Kaapstad: Human & Rousseau.

Lynes, R. 1954. The tastemakers. New York:Harper.

Peterson, R.A. en R.M. Kern. 1996. Changing highbrow taste: From snob to carnivore. American Sociological Review, 61(5):900–7.

Peterson, R.A. 1997. The rise and fall of highbrow snobbery as a status marker. Poetics, 25(2/3):75–92.

Radway, J. 1988. The Book-of-the-month Club and the general reader:On the uses of “serious” fiction. Critical Inquiry, 14(3):516–38.

Richardson, J.G. (red.). 1986 [1983]. Handbook of theory and research for the sociology of education. New York: Greenwood.

87

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Roos, H. 1992. Drie “dames-romans”. Tydskrif vir Letterkunde, 30(2):41–52.

Ross, M. 1925. Oogklappe. Pretoria: J.L. van Schaik Bpk.

Schmidt, S.J. 1989. Die Selbstorganisation des Sozialsystems Literatur im 18. Jahrhundert. Frankfurt am Main: Suhrkamp.

—. 1992. Conventions and literary systems. In Hjort (red.) 1992.

—. 1996. A systems-oriented approach to literary studies. Canadian Review of Literature, 24(1):119–36.

Schouten, R. 2011. Cynische romans zijn niet cool meer. Trouw. http://www.trouw.nl/tr/nl/4324/Nieuws/article/detail/1131420/2009/04/04/Cynische-romans-zijn-niet-cool-meer.dhtml (9 April 2011 geraadpleeg).

’T Hart, K. 2010. Het moet van de professor allemaal anders. De Groene Amsterdammer. http://www.groene.nl/2009/15/het-moet-van-de-professor-allemaal-anders (9 April 2011 geraadpleeg).

Van Boven, E. 2009. De middlebrow-roman schrijft terug. Visies op elite en “hoge literatuur” in enkele publieksromans rond 1930. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde, 125 (3):285–305.

Vaessens, T. 2009. De revanche van de roman. Literatuur, autoriteit en engagement. Nijmegen: Uitgeverij Vantilt.

—. 2010. Onderhoud met Thomas Vaessens: “Schrijvers durven het publieke debat niet aan”. NRC Boeken. http://www.nrcboeken.nl/interview/schrijvers-durven-het-publieke-debat-niet-aan (9 April 2011 geraadpleeg).

Van Coller, H.P. 1992. Die Afrikaanse letterkunde en taalvaardigheid binne die konteks van kommunikasie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 32(3):165–77.

—. (red.). 1998. Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Deel 1. Pretoria: J.L. van Schaik.

—. (red.). 1999. Perspektief en profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Deel 2. Pretoria: J.L. van Schaik.

—. 2001. N.P. Van Wyk Louw as kanoniseerder. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 41(1):63–72.

—. 2002. Die saamstel van bloemlesings as kanoniserende handeling. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 42(1):66–77.

Van Coller, H.P. en Odendaal, B.J. 2005. Die verhouding tussen die Afrikaanse en Nederlandse literêre sisteme. Deel 1: Oorwegings vir ’n beskrywende model. Stilet, 17(3):1–17.

Van Eijck, K. en W. Knulst. 2005. No more need for snobbism: Highbrow cultural participation in a taste democracy. European Sociological Review, 21(5):513–28.

Van Rees, K. en G. Dorlijn. 2006. Het Nederlandse literaire veld 1800–2000. In Van Rees en Dorlijn (reds.) 2006.

88

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Van Rees, K., J. Vermunt en M. Verboord. 1999. Cultural classification under discussion. Latent class analysis of highbrow and lowbrow reading. Poetics, 26(5/6):349–65.

Van Rees, K. en G. Dorlijn (reds.). 2006. De productie van literatuur. Het Nederlandse literaire veld 1800-2000. Nijmegen: Vantilt.

Viljoen, H. 1998. Breyten Breytenbach. In Van Coller (red.) 1998.

Von Hallberg, R. (red.) 1984. Canons. Chicago: University of Chicago Press.

Walter, E. 1925. Eensaamheid. Pretoria: J.L. van Schaik Bpk.

Wellek, R. 1960. Literary theory, criticism, and history. The Sewanee Review, 68(1):1–19.

Wellek, R. en A. Warren. 1976 [1949]. Theory of literature. Harmondsworth: Penguin Books.

Widdemer, M. 1933. Message and middlebrow. Saturday Review of Literature, 18 Februarie, bl. 433–4.

Woolf, V. 1942. The death of the moth. New York: Harcourt Brace.

Eindnotas

1 Die frenologie was ’n pseudowetenskaplike en intellektueel gediskrediteerde teorie wat geglo het dat mense se uiterlike tekenend is van onder andere hulle intelligensie. Mense met hoë voorkoppe sou hiervolgens besonder slim wees. Vandag word die term highbrow met ironie gebruik (http://en.wikipedia.org/wiki/Highbrow[2010/02/11).

2 Roos (1992: 41) bestempel “gewilde prosa” as “dié soort verhaal wat gewoonlik binne ’n eenvoudige vertelstruktuur ’n lokaal-realistiese milieu uitbeeld”.

89

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Ten spyte van ernstige leemtes in die Suid-Afrikaanse historiografie oor hierdie onderwerp is daar heelwat werke wat op verskillende aspekte van die onderwerp lig werp. In hierdie verband is ongepubliseerde verhandelinge van onskatbare waarde. Coetzer (1975) behandel die rassevraagstuk as verdelingsfaktor tussen die Nasionale Party (NP) en die Suid-Afrikaanse Party (SAP) vanaf 1924 tot 1929 breedvoerig. Le Roux (1972) dui die veranderde houding van die NP aan die hand van verskeie kongresbesluite vanaf 1935 tot 1939 aan sonder om ’n bevredigende verklaring vir die ommeswaai in beleid te gee. Verder plaas hy die klem op die kleurlingstemregkwessie1 as geskilpunt tussen die NP en die Verenigde Party (VP). Haines (1978) behandel die opposisie teen die Kleurlingregte-wetsontwerp slegs sydelings. Shifrin (1962) gee ’n breedvoerige uiteensetting van die Kleurlingregte-wetsontwerp asook die motiewe wat daartoe aanleiding gegee het. Hy poog ook om ’n moontlike verklaring te gee vir waarom daar besluit is om nie die wetsontwerp deur te voer nie. Shifrin (1962) bied ’n nuttige inleiding tot die onderwerp. Sy behandel egter die wetsontwerp in isolasie en laat na om dit in ’n breë konteks te plaas.

Van der Ross (1986) gee ’n tentatiewe verklaring waarom die NP van die Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het sonder om die verwikkelinge rondom die kleurlingstemregkwessie in breër konteks te plaas. Verder lê hy klem op die reaksie van die politieke bewegings onder die kleurlinge tot die vernaamste uitdagings wat hulle moes trotseer.

Giliomee (1995) gee heelwat kritiese insigte rondom die kwessie. Volgens hom (1995:219) het Hertzog se beleid nooit ’n volte face ondergaan nie – soos sommige historici te kenne gee.

Lubbe (1991) se studie bied ’n kritiese oorsig van die NP se vryery na die kleurlingstem tydens die 1929-verkiesing, wat sy beskou as ’n formatiewe historiese moment in die politieke gekiedenis van die kleurlinge. Lubbe (1997) bied ook ’n insiggewende blik op die politieke opportunisme van die NP en Die Burger tydens die berugte Swart Gevaar-verkiesing van 1929.

Thompson (1949) se werk bevat ’n waardevolle kroniek oor die stryd tussen die noordelike tradisie en die Kaapse liberale tradisie rakende die kleurlingstemregkwessie.

Schoeman (1977) gee ’n betekenisvolle oorsig van die parlementêre verkiesings van 1929, 1933 en 1938.

Die biografieë van genl. J.B.M. Hertzog (Neame 1962 en Van den Heever 1946), dr. D.F. Malan (Malan 1959; Thom 1980) en sen. F.S. Malan (Cloete 1976) werp min lig op die onderwerp. Verder verwaarloos algemene werke soos Breitenbach (1974), Cope (1965), Cronje (1948) en Walker (1968) ook die onderwerp.

Aangesien die stryd oor die kleurlingstemreg in 1930 en 1931 in die parlement gevoer is, is daar vir die doel van hierdie artikel aansienlik van Debatte van die Volksraad gebruik gemaak. Die private dokumente van politici soos F.S. Malan (AG 583), T. Boydell (AG 1473) en A.L. Geyer (AG 1890) is geraadpleeg, maar het geen insiggewende feite opgelewer nie. Gevolglik berus hierdie artikel hoofsaaklik op

90

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kontemporêre, sekondêre, amptelike en periodieke publikasies. Politieke organisasies van die kleurlinge, soos die African Political Organisation (APO) en die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB), bestaan lank nie meer nie en amptelike dokumente is oor die jare heen vernietig, of het verdwyn. Gevolglik is hulle reaksie tot die politieke bedrywighede van hierdie tydperk hoofsaaklik aan die hand van periodieke publikasies en enkele dokumente en pamflette wat in die Nasionale Suid-Afrikaanse Biblioteek beskikbaar is, nagespeur.

In 1925 het genl. Hertzog, leier van die NP, sy party se standpunt ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie uiteengesit. Volgens die NP moes die kleurlinge op ekonomiese en politieke gebied by die blankes geïntegreer word, maar nie op sosiale gebied nie. Die blankes in die Kaapprovinsie was aan dieselfde beskawingstoets as die kleurlinge en swartes onderworpe om vir die stemreg te kwalifiseer, in teenstelling met die blankes in die noordelike provinsies, wat ’n ongekwalifiseerde stemreg geniet het. Volgens Hertzog het politieke gelykstelling enersyds beteken dat die gekwalifiseerde stemreg van kleurlinge in die Kaapprovinsie en Natal behoue sou bly. Andersyds sou die gekwalifiseerde stemreg na kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei word. Die kleurlingkiesers in die noordelike provinsies sou aanvanklik op afsonderlike kieserslyste geplaas word. Hulle sou dan toegelaat word om een blanke verteenwoordiger in die Volksraad te verkies. Na sewe jaar sou die Goewerneur-Generaal deur die parlement gemagtig kon word om die kleurlingkiesers op die algemene kieserslyste in die noordelike provinsies te plaas. In latere weergawes van hierdie wetsontwerp is die periode na tien jaar verander. In ruil vir hierdie vergunning moes die kleurlinge die verwydering van die grondwetlike beskerming van hul regte, ’n klassifikasie van kleurlinge en die verwydering van die swart stem van die gemeenskaplike kieserslyste aanvaar.

Skaars vier jaar later het die NP tot ’n subtiele aanslag op die politieke regte van die kleurlinge oorgegaan. Vanaf 1934 het die “Gesuiwerde” NP ’n onverbloemde aanslag op die kleurlingstemreg geloods. Binne ’n dekade het die NP se amptelike beleid dus verander vanaf ’n beleid van politieke gelykstelling van die kleurlinge met die blankes tot een van afsonderlike parlementêre verteenwoordiging. Na hierdie oënskynlik radikale ommeswaai in die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie word daar in die Suid-Afrikaanse historiografie slegs sydelings verwys.

Hedendaagse rubriekartikels oor die geskiedenis van die NP bewys dat misverstande rondom die kwessie voortduur. Die politieke kommentator Scholtz (2004:15) beweer byvoorbeeld dat die kleurlingstemreg gedurende die tydperk 1924–34 nie slegs aanvaar is nie maar in stand gehou is. Aan die ander kant beweer ’n historikus soos Giliomee (1995) dat daar wel ’n kentering in die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie plaasgevind het, maar daar bestaan meningsverskille oor watter faktore daartoe aanleiding gegee het.

Die doel van hierdie artikel is om te probeer bepaal of die NP se amptelike beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie vanaf 1925 tot 1939 beginselvastheid getoon het en of dit ’n voorbeeld van opportunisme was.

2. Generaal Herzog se Kleurlingregte-wetsontwerp, 1926–1932

91

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Volgens Walker (1936:17) was die stemreg nie ’n twispunt gedurende die eerste vyftien jaar van die Unie van Suid-Afrika nie. In 1925 is dit egter ’n brandpunt gemaak. Walker skryf dit aan twee faktore toe: die sensusverslag van 1921, wat die merkwaardige toename in die swart bevolking relatief tot die blankes aangedui het, en die Randse Opstand van 1922, wat ’n aksie ten gunste van die kleurslagboom was. Dit was veral laasgenoemde wat aanleiding gegee het tot die Pakt tussen die Nasionaliste en die Arbeiders wat in 1924 aan bewind gekom het om blanke Suid-Afrika teen die swart oormag te beskerm.

Die basis van Hertzog, die Suid-Afrikaanse premier en leier van die NP, se segregasiebeleid ten opsigte van die swartes was die strewe om die blanke beskawing teen die swart bedreiging te beskerm (Scholtz 1979:283). Op 13 November 1925 het Hertzog te Smithfield ’n uiteensetting van sy beoogde beleid ten opsigte van die swartes en kleurlinge gegee. Hierdie toespraak (in Scholtz 1979) het die grondslag gevorm van die Hertzog-wetsontwerpe wat vanaf 1926 tot 1936 die politieke toneel oorheers het. Volgens Hertzog kon die swartes se aandrang op sosiale, ekonomiese en politieke gelykstelling met die blankes op die lange duur tot die ondergang van die blanke bevolking lei. Hy het verskeie redes aangevoer waarom die bestaande swart stemreg in die Kaapprovinsie ongewens was. Die vernaamste rede was dat dit later tot agitasie vir die uitbreiding daarvan na die noordelike provinsies sou aanleiding gee. Hertzog het hierna verwys as “die dreigende euwel” wat uiteindelik tot die ondergang van die blankes sou lei (Scholtz 1979:283). Hy het geredeneer dat aangesien die noordelike provinsies nie bereid was om die Kaapse stemreg na die noorde uit te brei en dat swartes tot parlementslede verkies mag word nie, die Kaapse stemreg noodwendig verander moes word. Hertzog het gevolglik, onder andere, die uitbreiding van die bestaande Naturelleraadstelsel in die swart gebiede voorgestel, die stigting van ’n permanente Uniale Naturelleraad, en die vervanging van die Kaapse stemreg vir swartes deur ’n spesiale vorm van verteenwoordiging in die hele Suid-Afrika. Vir hierdie radikale en verreikende voorstelle sou ’n tweederdemeerderheid van beide Huise van die Parlement benodig word. Om die aanvaarding van hierdie voorstelle te fasiliteer het Hertzog ook ’n beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg geformuleer. Shifrin (1962:35) het hierna verwys as “the sugar coating around the pill of the abolition of the Cape native franchise”.

Hertzog het sy beleid ten opsigte van die kleurlinge reeds in 1919 geformuleer. Volgens Hertzog (in Lewis 1987:124) het die kleurlinge in vele opsigte nader aan die blankes gestaan, en in feitlik alle opsigte van die swartes verskil:

Hy het ontstaan en bestaan in ons midde; ken geen ander beskawing dan die van die Europeaan, hoeseer hy ook dikwels daarin te kort skiet; is ’n lewens-beskouing toegedaan, wat in die grond ter saak die van die Europeaan is en spreek die taal van die Europeaan as moedertaal.

Om hierdie redes kon daar geen sprake van politieke en ekonomiese segregasie tussen die kleurlinge en die blankes wees nie. Hy het gevolglik voorgestel dat ’n gekwalifiseerde stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei word. Hy het drie redes hiervoor aangevoer: geen ander oplossing sou die nodige tweederdemeerderheid van beide Huise van die Parlement kry nie; daar was op grond van die geringe getalle van die kleurlinge in die noordelike provinsies geen regverdiging vir die besluit om verskillende beleidsrigtings toe te pas nie; en die behoud van die dualisme het niemand bevoordeel nie, maar slegs die bestaande situasie bemoeilik.

92

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hertzog het die kleurlingstemregkwessie onafskeidbaar met die swart vraagstuk gekoppel – die uitbreiding van ’n gekwalifiseerde stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies sou geskied slegs indien daar instemming was om die swart vraagstuk op te los langs die weg wat deur die NP aangekondig is. Die hoofdoel van die Hertzog-wetsontwerpe was dus om blanke oppergesag te vestig (Lewis 1987:126). Hertzog het nagelaat om te verklaar dat die NP gehoop het om kleurlingstem by die stembus te wen met hierdie oënskynlik goedgunstige gebaar.

’n Ontleding van Hertzog se Kleurlingregte-wetsontwerp toon dat dit nie op diepe morele oortuiging berus het nie. Du Pre (1992:64) stel dit onomwonde dat die NP gedurende die periode 1924 tot 1934 nie gedryf is deur oorwegings soos “the Coloured man’s dignity or citizenship, nor about humanitarian and moral considerations and a Christian conscience” nie. In dieselfde trant beweer Giliomee (1995:2002) dat die lot van die kleurlinge uiteindelik bepaal is nie deur hul rasse-identiteit nie, maar deur die politieke belange van die belanghebbende politieke partye. Die NP was gedryf deur politieke opportunisme. Die vernaamste indruk wat die Smithfield-toespraak laat, is dat dit van die allergrootste belang was dat die blanke bevolking en die Europese beskawing in Suid-Afrika bestendig en gehandhaaf moes word (Lewis 1987:126). Die grootste enkele bedreiging was die uitbreiding van die Kaapse stemreg na die swartes in die noordelike provinsies.

Hertzog het herhaaldelik beweer dat hierdie beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg eenparig deur die Volksraadslede van die NP ondersteun is (Van der Ross 1986:83–4). Daar was egter binne die NP heelwat teenkanting teen die teenwoordigheid van kleurlinge op die gesamentlike kieserslyste in die Kaapprovinsie en die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noorde, ten spyte van Hertzog se openbare verklarings dat dit nie die geval was nie. Reeds in 1922 is ’n mosie vir die aparte verteenwoordiging van kleurlinge by ’n takvergadering van die NP in Oudtshoorn aanvaar (Du Plessis 1954:42). Op 2 November 1922 is ’n soortgelyke mosie in Malmesbury by die Kaaplandse kongres van die NP ingedien, maar dit is nie tot ’n stemming gebring nie (Du Plessis 1954:17). In 1925 het die Transvaalse hoofkomitee van die NP onder leiding van Tielman Roos, die minister van justisie, die Eerste Minister versoek om die kleurlingvraagstuk te los totdat ’n bevredigende oplossing vir die swart vraagstuk gevind kon word (Anon. 1925c:ongenommer). Roos het enkele maande vroeër gewaarsku dat die Transvalers nooit sou instem tot die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies nie (Anon. 1925a:6). Ook in die Vrystaat was daar sterk teenkanting teen Hertzog se Kleurlingregte-wetsontwerp (Coetzer 1975:322).

Daar was egter bemoedigende tekens. Volgens Le Roux en Coetzer (1982) het Hertzog se uiteensetting van die NP se beleid, behalwe vir die negatiewe kommentaar vanuit die Transvaal, gunstige reaksie uitgelok. Berigte in die amptelike mondstukke van die NP (soos Anon. 1925b:6) was ten gunste van die Hertzog-voorstelle. Lubbe (1991:19) meen dat die meeste Nasionaliste die voorgestelde beleid ten opsigte van die kleurlinge “om opportunisties redes” gesteun het. Ook Lewis (1987:120) is die mening toegedaan dat die meeste Nasionaliste die nuwe bedeling ten opsigte van die kleurlinge ondersteun het “out of a self-interest desire to win Coloured votes”. Volgens Giliomee (1995:216) was afwering van die Swart Gevaar ’n groter beweegrede om die kleurlingstemreg na die noordelike provinsie uit te brei as die weerstand daarteen binne die geledere van die Nasionaliste.

In 1926 het Hertzog sy rassebeleid in vier wetsontwerpe beliggaam: die Naturelle-grondwysigingswetsontwerp, die Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp, die Unie-naturelleraadswetsontwerp, en die Kleurlingregte-wetsontwerp. Die

93

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Kleurlingregte-wetsontwerp het beoog om politieke regte na die kleurlinge in die noordelike provinsies uit te brei. Die wetsontwerp het vir ’n raad wat deur die Goewerneur-Generaal aangestel word, voorsiening gemaak. Hierdie raad sou ’n lys opstel van geregistreerde manlike kleurlinge in die Kaapprovinsie, en manlike kleurlinge ouer as 21 in die ander drie provinsies. Verder moes die raad alle swartes van die kieserslyste in die Kaapprovinsie verwyder. Die kleurlingkiesers in die noordelike provinsies sou aanvanklik op aparte kieserslyste geplaas word. Hulle sou toegelaat word om een blanke verteenwoordiger in die Volksraad te verkies. Na sewe jaar sou die Goewerneur-Generaal deur die Parlement gemagtig word om die kleurlingkiesers op die gemeenskaplike kieserslyste te plaas.

Die verwydering van die swartes van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie was ongetwyfeld die middelpunt waarom die wetsontwerpe gewentel het. Die opheffing van klousule 35 van die Suid-Afrika-wet was bedoel om die verwydering van die swartes van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaap te vergemaklik, maar dit het ook beteken dat die kleurlinge in die toekoms met slegs ’n gewone meerderheid in plaas van ’n tweederdemeerderheid in die Volksraad en Senaat verwyder sou kon word. Hierdie bepaling was omstrede. Die definisie van kleurling het aan die absurde gegrens. Daarvolgens sou ’n seun van ’n gemengde huwelik (byvoorbeeld tussen ’n blanke en ’n swarte, of ’n kleurling en ’n swarte) wat voor die deurvoering van die wetsontwerp gebore is, as kleurling geklassifiseer word, terwyl sy broer wat later gebore is, as ’n swarte geklassifiseer sou word. Volgens Lubbe (1991:23) sou die eng definisie van die begrip kleurling ’n beduidende aantal kleurlinge van hulle stemstatus ontneem.

Die besluit om lyste van die kleurlingkiesers in die Kaapprovinsie op te stel, kom vreemd voor, aangesien die kleurlinge nog steeds op die gemeenskaplike kieserslyste sou wees. Volgens Malan (in Anon. 1926c:5) was die doel hiervan om ’n skeiding tussen kleurlinge en swartes te trek. Deur aparte kieserslyste vir swartes in die Kaapprovinsie op te stel sou daar wel ’n skeiding tussen die groepe getrek word. Volgens Artikel 11 van die Kleurlingregte-wetsontwerp moes alle stemgeregdigde kleurlinge hul kleurlingskap voor ’n spesiale raad bevestig om te verseker dat slegs blankes en kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslyste verskyn. Later is die artikel gewysig sodat bepaal is dat slegs twyfelagtige gevalle na ’n registrasieraad verwys moes word. Indien die wetsontwerp in sy oorspronklike vorm aanvaar sou gewees het, sou die Artikel definitief tot ’n afname van kleurlingkiesers op die gemeenskaplike kieserslyste gelei het.

Ook die besluit om die Kleurlingregte-wetsontwerp aan die ander wetsontwerpe te koppel kom vreemd voor in die lig van Hertzog se stellinge oor die wesenlike verskille tussen die kleurlinge en die swartes wat ’n differensiasie in beleidsrigtings tussen die twee bevolkingsgroepe nie slegs wenslik nie, maar uiters noodsaaklik gemaak het. Die enigste moontlike verklaring hiervoor is dat die NP bereid was om toegewings ten opsigte van die kleurlinge te maak slegs indien dit aan die party die nodige tweederdemeerderheid in ’n gesamentlike sitting van beide Huise van die Parlement sou besorg om sy Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp deur te loods.

Smuts het die koppeling van die Kleurlingregte-wetsontwerp met die ander wetsontwerpe as ’n politieke set beskou. Indien die SAP teenkanting teen die politieke segregasie van die swartes sou uitspreek, sou die Nasionaliste die SAP daarvan beskuldig dat hulle gekant was teen die uitbreiding van die kleurlinge se politieke regte. Daarteenoor, indien die SAP die segregasievoorstelle sou goedkeur, sou hulle die ondersteuning van die swart kiesers in die Kaapprovinsie verloor (Lewis 1987:137).

94

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Daar is te kenne gegee dat die Kleurlingregte-wetsontwerp ’n poging was om gelyke politieke regte tussen die kleurlinge en blankes te bewerkstellig. Toe die wetsontwerp in die Gesamentlike Sitting onder bespreking was, het Smuts dit beskryf as “’n vertrapping van die leer van gelyke regte”. Die wetsontwerp het volgens hom beoog om “’n skyn van stemreg” na die noorde uit te brei wat g’n selfrespekterende kleurling sou aanvaar nie (in Anon. 1929d:6).

Alhoewel die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB) die wetsontwerp in breë trekke verwelkom het, het selfs hulle beswaar aangeteken omdat dit nie gelyke politieke regte vir die kleurlinge teweeg sou bring nie (Lewis 1987:137). Verder is daar beoog om die Natalse kleurlinge in die 1926- en 1927-weergawes van die wetsontwerp van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder. Daar is verder ook geen poging aangewend om direkte verteenwoordiging van die kleurlinge in die Volksraad in te stel nie. Ook in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat sou die kleurlinge op aparte kieserslyste geplaas word – onderworpe aan sekere kieskwalifikasies. Alhoewel die Kleurlingregte-wetsontwerp dus die stemreg na die kleurlinge in die noordelike provinsies sou uitbrei, was die bedoeling geensins om die kleurlinge op ’n gelyke basis met die blankes te plaas nie. Inteendeel, die politieke regte van die kleurlinge sou wesenlik aangetas word met die opheffing van klousule 35 wat hul stemreg verskans het. Lubbe (1991:23) meen dat die proses van die aftakeling van die kleurlinge se stemreg reeds in 1925 begin het met die aanvaarding van afsonderlike registrasievorms vir blankes en “nieblankes”. Die gevolg was dat daar in 1929 450 minder kleurlingkiesers was as in 1921, ten spyte van ’n toename van die kleurlingbevolking gedurende hierdie tydperk.

Die publikasie van die vier wetsontwerpe in ’n buitengewone staatskoerant op 23 Julie 1926 het uiteenlopende reaksies uitgelok. Vanaf 1926 tot 1932 het Hertzog verskeie pogings aangewend om die vier wetsontwerpe met die nodige tweederdemeerderheid in ’n gesamentlike sitting van beide Huise van die Parlement goedgekeur te kry. Die SAP het egter hewig daarteen beswaar aangeteken en voorgestel dat die Suid-Afrikaanse rassevraagstuk by ’n nasionale konvensie besleg moes word. In 1929 kon die NP nie daarin slaag om ’n tweederdemeerderheid vir die wetsontwerpe te kry nie, alhoewel die rekords toon dat die Nasionaliste ten gunste van die wetsontwerp gestem het (Unie van Suid-Afrika 1929, kol. 291–2). Toe die Naturelle-verteenwoordigingswetsontwerp in 1930 na ’n gesamentlike komitee verwys is, het Hertzog besluit om nie die Kleurlingregte-wetsontwerp deur die komitee te laat ondersoek nie (Unie van Suid-Afrika 1936:3).

Teen 1930 was dit duidelik dat daar ’n kentering in die beleid van NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie plaasgevind het. Daar heers heelwat misverstand oor die redes vir hierdie kentering, aangesien daar nooit ’n amptelike verklaring in hierdie verband uitgereik is nie. In die volgende afdeling van hierdie artikel sal daar gepoog word om ’n moontlike verklaring vir hierdie beleidsverandering te gee.

3. Waarom Hertzog van sy Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het

Een van die vernaamste redes waarom Hertzog van sy Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het, was die kleurlinge se optrede tydens die 1929-verkiesing.

Vanaf 1902 tot 1930 was die African People’s Organization (APO) onder leiding van dr. A. Abdurahman die invloedrykste liggaam onder die kleurlinge. Die APO het die Kleurlingregte-wetsontwerp geheel en al verwerp. Abdurahman (in Anon.

95

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

1926b:ongenommer) het die wetsontwerp beskryf as “one of the biggest political frauds that any political party had ever attempted to ‘palm off’ on the Coloured people of Southern Africa”.

Die Afrikaanse Nasionale Bond (ANB) is in 1924 gestig om die APO te besweer. In die D.F. Malan-versameling (Lêernommer 1/1/8 in die Eben Dönges-sentrum by die Universiteit Stellenbosch) is daar ’n afskrif van die Beginsels en Konstitusie van die ANB in Malan se handskrif. Daar is ook verskeie wysigings aan die oorspronklike dokument in Malan se eie handskrif aangebring. W.B. de Villiers beweer dat hy, Malan en oudsenator Hofmeyr die program opgestel het (Pretorius 1960:116). Daar is dus bewyse dat die Nasionaliste wesenlik bygedra het tot die stigting en beleidsvorming van die ANB. Die ANB het besluit dat elke tak die reg sou hê om met ’n meerderheid stemme te besluit watter party of kandidaat hulle sou ondersteun (D.F. Malan-versameling, Lêernommer 1/1/8:17). In die praktyk het die ANB egter volle ondersteuning aan die NP toegesê. In ’n brief aan die pers het W.H. le Grange, die leier van die ANB, erken dat die ANB vir sy fondse en literatuur van die NP afhanklik was (Van der Ross 1986:79). Hertzog het gehoop dat die kleurlinge tydens die 1929-verkiesing ten gunste van die NP sou stem.

In 1929 was dit die eerste keer dat die rassevraagstuk “stelselmatig deur die NP en sy pers vir partypolitieke en verkiesingsdoeleindes uitgebuit” is (Lubbe 1991:15). Lubbe (1997:111) meen dat die NP se besluit om die “Swart Gevaar” as wapen in die 1929-verkiesing te gebruik, nie hoofsaaklik gebaseer was op ’n vrees vir neerlaag by die stembus of ’n poging om die aandag van hul mislukkings af te lei nie. Volgens Lubbe (1997:112) was die NP se vernaamste dryfveer die strewe om ’n tweederdemeerderheid in die Parlement te verkry sodat Hertzog se rassewetsontwerpe volgens grondwetlike vereistes aanvaar kon word: ”Major consideration was the disenfranchisement of the Cape African which since June 1926 had not been possible because the Nationalists’ efforts were consistently being thwarted by the SAP in parliament.” Hiermee is Murray (1986:253) dit eens.

Die NP het gehoop dat die Swart Gevaar-verkiesingsveldtog daarin sou slaag om die Nasionaliste te verenig, om konserwatiewe SAP-ondersteuners aan te moedig om vir die NP te stem, om die steun van blanke werkers te verseker, en om die kleurlingstem op die NP te verenig (Lubbe 1997:113). Lubbe (1997:116) voer aan dat die hele verkiesingsveldtog in 1928-1929 gefokus het op die diepgewortelde rassisme wat gedurende hierdie tydperk onder blanke Afrikaners – ongeag klas – geheers het. Volgens haar was redaksionele kommentaar en briewe aan die pers in alle NP-gesinde dagblaaie deurspek met houdings van kulturele meerderwaardigheid, statusbewussyn en kleurvooroordeel. Dit is gevoed deur vurige toesprake van prominente NP-leiers. Hertzog, die nasionale NP-leier, is veral gebruik om steun onder die blankes in Natal, die Transvaal en die Oranje-Vrystaat te werf (sien as voorbeeld Anon. 1929f:7), terwyl Malan, die Kaaplandse leier van die NP, hom op die verkiesingsveldtog in die Kaapprovinsie toegespits het.

Verskeie taktieke is gebruik om vrees vir die swartes in te boesem. Lubbe (1997:121) maak melding van die verwysing na die Voortrekkers en die triomf van die Christelike beskawing oor barbarisme op 16 Desember 1838. Daar is selfs na die 1929-verkiesing as ’n ander Bloedrivier verwys. Daar is ook prominensie verleen aan insidente van swart onlus en misdaadstatistiek, en die afname in blanke geboortesyfers. Die NP is voorgehou as die enigste kampvegter vir blanke beskawing, terwyl die SAP – heeltemal verkeerdelik – as die propagandiste van rassegelykheid en integrasie gebrandmerk is (Murray 1986:253). ’n Stem vir die NP is as ’n stem vir blanke Suid-Afrika bestempel.

96

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

’n Ontleding van die 1929-verkiesing toon egter dat hierdie verkiesing nie op die politieke regte van die kleurlinge gefokus het nie. Gedurende die Nasionaliste se veldtog is daar tydens politieke vergaderings met blanke kiesers om opportunistiese redes glad nie melding gemaak van die uitbreiding van die politieke regte van die kleurlinge nie. Tydens politieke vergaderings van kleurlingkiesers wat deur die ANB gereël is en waar Malan soms opgetree het, is daar egter klem gelê op die merkwaardige groei van die ANB sedert 1924 en die bydrae wat die Pakt-regering tot die ekonomiese opheffing van die kleurlingbevolking gelewer het (Anon. 1928:4; 1929c:9; 1929b:7; 1929e:5). Giliomee (2004:392) verwys na laasgenoemde as strategieë “to woo the Coloureds into its fold”. Die kleurlinge is ook gewaarsku dat hulle eerste deur die swartes verswelg sou word, aangesien hulle swakker was as die blankes (Lubbe 1997:119).

Volgens Du Pre (1992:59) het die kleurlinge in 1929 11,45 persent van die geregistreerde kiesers in die Kaapprovinsie verteenwoordig, en was hulle in staat om ’n beslissende rol in minstens 10 van die 58 kiesafdelings te speel. Die ANB het tydens die 1929-verkiesing alles in die stryd gewerp om die SAP in die oë van die kleurlinge in onguns te bring (Van der Ross 1986:82–9). ’n Ontleding van die verkiesingsuitslae toon egter dat die “Swart Gevaar”-veldtog nie die gewenste uitwerking op die kleurlingkiesers gehad het nie en dat hulle grotendeels vir die SAP gestem het. Noemenswaardige uitsonderinge was Stellenbosch, die Paarl, Swellendam en Riversdal (Lubbe 1991:26). Na raming het slegs tien persent van die kleurlinge in die stedelike kiesafdelings van die Kaapprovinsie vir die NP gestem (Giliomee 1995:218).

Dit was duidelik dat die NP die sentimente van die kleurlinge verkeerd geëvalueer het. Volgens Van der Ross (1986:80) het die Nasionaliste die invloed van die APO, en veral Abdurahman, hopeloos misreken, asook die kleurlinge se lojaliteit teenoor die Britse Koninkryk. Die kleurlinge se ondersteuning van die SAP tydens die 1929-verkiesing was nietemin verrassend, aangesien die NP se beleid van gelyke politieke en ekonomiese regte tydens die 1924-verkiesing aansienlike ondersteuning onder die kleurlingkiesers geniet het (Lewis 1987:126). Toe dit tydens die 1929-verkiesing blyk dat die ANB nie daarin geslaag het om kleurlingsteun te werf nie, het die NP bande met die ANB begin verbreek.

Volgens Lubbe (1991:16) verteenwoordig die 1929-verkiesing ’n waterskeiding in die NP se politieke beleid ten opsigte van die kleurlinge. Daar was na die 1929-verkiesing druk vanuit die geledere van die NP vir Hertzog om van die Kleurlingregte-wetsontwerp af te sien. Volgens ’n toenemende aantal Nasionaliste kon die vryery na die kleurlingstem beëindig word sonder enige politieke nadele by die stembus. By die daaropvolgende kongres van die Kaaplandse NP op 4 September 1929 is ’n voorstel ingedien om ’n afsonderlike stemreg aan kleurlinge toe te ken (Anon. 1929a:7). Op hierdie stadium het Malan, die Kaaplandse leier van die NP, egter nog aangedui dat hy nie ten gunste van die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste was nie: “As daar nog ’n skeidslyn gaan wees tussen blankes en kleurlinge, sal die moeilikheid toeneem. Die opposisie sal lekker gebruik daarvan maak en die saak in ’n verkeerde lig stel.” In 1929 het Malan dus geen beginselbeswaar geopper teen die politieke skeiding tussen die blankes en kleurlinge nie, maar daarteen besluit aangesien so ’n stap nadelige gevolge vir die NP sou inhou.

Hertzog het gehoop dat die toegewinge rakende die kleurlingregte die SAP sou oorreed om die Hertzog-wetsontwerpe in hul geheel te aanvaar. Hertzog het egter nie rekening gehou met die teenstrydige elemente binne die SAP nie. Enersyds was daar die liberale groep wat hoofsaaklik uit oud-Unioniste bestaan het; hulle het ’n gelykstellingsbeleid voorgestaan. Andersyds was daar groepe in Natal en aan die Witwatersrand wat vir

97

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Smuts sou verkwalik het indien hy met Hertzog se segregasieplanne sou saamwerk (Coetzer 1975:292–305). Dit het Smuts genoodsaak om ’n laat-maar-loop-beleid te volg. Vroeg in 1926 was dit reeds duidelik dat Hertzog se pogings tot samewerking met die SAP misluk het. Ten spyte van toegewinge ten opsigte van die kleurlingstemreg was die SAP nie bereid om aan Hertzog die vereiste tweederdemeerderheid te gee om sy wetsontwerpe deur te voer nie. Hertzog kon gevolglik sy Kleurlingregte-wetsontwerp laat vaar en probeer om sy ander drie wetsontwerpe deur middel van gekose en gesamentlike komitees deur te voer. Shifrin (1962:35) se siening dat hierdie wetsontwerp slegs “the sugar coating around the pill of the abolition of the Cape native franchise” was, blyk dus waar te wees.

Met sy wetsontwerp het Hertzog ook probeer om ’n wig tussen die kleurlinge en die swartes in te dryf. Volgens Malan was daar ‘n sterk moontlikheid dat die kleurlinge met die nodige raadgewing en simpatieke behandeling as “the bulwark and safeguard of the whites and white civilization” sou kon dien (Giliomee 1995:208). Die wetsontwerp het egter die teenoorgestelde invloed gehad, soos die Non-European Conferences in Kimberley in 1927 en in Kaapstad in 1930 bewys het (Van der Ross 1986:90). Hier was dus nog ’n rede om van die Kleurlingregte-wetsontwerp af te sien.

Lubbe (1991:28) bied ’n interessante verklaring vir die veranderende beleid van die NP ten opsigte van die kleurlinge:

In die 1929-verkiesing het Afrikanernasionalisme met behulp van Die Burger ’n stewige hupstoot gekry, en hierdie nasionalisme het dit moeilik gevind om te onderskei tussen vrees vir swart verswelg en die wenslikheid van groter politieke regte vir die kleurlinge.

Die ervaring van die NP met die kleurlingkiesers tydens die 1929-verkiesing was ’n beslissende faktor in die NP se besluit om die kleurlinge se stemreg af te takel (Lubbe 1991:28). Nadat Hertzog van die Kleurlingregte-wetsontwerp afgesien het, het die NP – nog steeds onder leiding van Hertzog – vanaf 1930 begin met ’n aanslag op die kleurlingstemreg. Alhoewel die aanslag aanvanklik, tot 1934, nog baie subtiel en verdoesel was, het dit ’n besliste beleidsverandering verteenwoordig. Van der Ross (1986:89) se stelling dat Hertzog se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie deurgaans konsekwent gebly het en dat sy opregtheid en integriteit bo alle twyfel was, kom dus vreemd voor. Dieselfde geld die uitspraak van Giliomee (1995:219) dat beide Hertzog en Malan se beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg oor die jare heen konsekwent gebly het. Die feit bly staan dat die NP in 1926 bereid was om die politieke regte na kleurlingmans in die noordelike provisies uit te brei en om hulle op lang termyn polities op gelyke voet met die blankes te plaas. Na die 1929-verkiesing het die Kleurlingregte-wetsontwerp geleidelik van die politieke toneel verdwyn totdat dit in 1935 heeltemal laat vaar is. Lewis (1987:145) stel dit pertinent: “The franchise legislation of 1930–1 marked the collapse of the Nationalists’ New Deal for Coloureds, and exposed the New Deal for the fraud that it was.”

Daar sal vervolgens vasgestel word hoe Hertzog om polities opportunistiese redes daadwerklik bygedra het tot die uitbreiding van die blanke stem wat as gevolg daarvan tot die aftakeling van politieke gelykheid tussen die kleurlinge en blankes gelei het. Hertzog was wel konsekwent in soverre hy as leier van die NP nie wou instem tot die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie nie. Daarteenoor het Malan ná Samesmelting en die stigting van die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP) die nuwe party verbind tot die verwydering van die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie.

98

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

4. Die subtiele aanslag op die politieke regte van die kleurlinge, 1930–1934

4.1   Die Vrouestemreg­wetsontwerp van 1930  

Reeds aan die begin van die 20ste eeu het sekere Suid-Afrikaanse vroue vir die uitbreiding van die stemreg na vroue geagiteer (Shifrin 1962:50). Aan die begin van die twintigerjare was sowel die Arbeidersparty as die SAP ten gunste van hierdie stap, terwyl die NP daarteen gekant was (Anon. 1924:9). Die saak is in 1924 en 1926 na ’n gekose komitee van die Parlement verwys. Daar is aanbeveel dat die stemreg slegs na blanke vroue uitgebrei moes word op dieselfde grondslag as dié waarop blanke mans dit geniet het (Anon. 1926a:11). In 1927 het die SAP in die Volksraad voorgestel dat die stemreg na vroue ongeag ras uitgebrei moes word (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 61). Sowel Hertzog as Malan was gekant teen hierdie stap totdat die swart vraagstuk bevredigend opgelos was. Hertzog het soos volg op hierdie voorstel gereageer:

Ek sê wat ek altyd gesê het dat ons politiek die kleurling op dieselfde basis as die blanke moet stel. As ek aan ’n beskaafde blanke vrou die stemreg gaan gee, dan is ek ook bereid om dit te gee aan die kleurlingvrou wat die blanke se beskawing bereik het. (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1892)

Malan (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1882) het veral beswaar gemaak teen die feit dat daar nie ’n onderskeid tussen kleurlingvroue en swart vroue bestaan het nie. Dit sou beteken dat die stemreg net aan blanke vroue uitgebrei kon word, en daarteen het hy beswaar geopper, aangesien hy persoonlik graag die stemreg aan kleurlingvroue wou gee (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1883).

Die uitdaging was duidelik: indien die SAP sou help om die Hertzog-wetsontwerpe deur te voer, sou die NP bereid wees om die stemreg na vroue uit te brei. Die SAP was egter van mening dat die uitbreiding van ’n gekwalifiseerde stemreg na vroue nie ’n bedreiging vir die blanke beskawing ingehou het nie. Smuts se standpunt was: “Ek laat my nie afskrik deur die paar kleurlinge nie. Laat ons die blanke vrou die stemreg gee” (Unie van Suid-Afrika 1927, kol. 61302). Die SAP was die mening toegedaan dat baie swart vroue nie aan die stemkwalifikasie-vereistes sou voldoen nie: die blanke kiesers sou na raming met ongeveer 300 000 vermeerder, in teenstelling met die kleurlinge en swartes, wat met slegs 12 000 sou vermeerder (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1293). Smuts het ook die aandag gevestig op die inkonsekwentheid van die NP se argument: die NP was bereid om die stemreg na kleurlingmans in die noordelike provinsies uit te brei, terwyl hulle verseg het om dit na ’n hand vol kleurlingvroue in die Kaap uit te brei (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1302).

In die verkiesingsveldtog van 1929 het die ANB die belofte van Hertzog dat hy ook die stemreg aan kleurlingvroue sou uitbrei, beklemtoon. Volgens die ANB-pamflet moes die belofte van 1928 beskou word as deel van die beleid om die kleurlinge polities en ekonomies op dieselfde basis as die blankes te plaas. Dit was dus noodsaaklik dat die NP die verkiesing wen, sodat hulle die belofte kon nakom (ANB 1929).

Die uitslag van die 1929-verkiesing het, volgens Lubbe (1991:27), ook gelei tot die NP se besluit om voorts liewer op die werwing van die blanke vrouestem te konsentreer as op die stem van kleurlingmans. Vanaf 1928 het die NP ook gereeld aan veral die Nasionale

99

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Vroueparty belowe dat Hertzog sy belofte ten opsigte van die uitbreiding van die stemreg aan die blanke vroue gestand sou doen, maar by hierdie geleenthede is daar geen melding gemaak van die NP se voornemens om ook die stemreg aan kleurlingvroue uit te brei nie (Anon. 1929d:6; 1930:6). In 1930 het Hertzog die belofte wat hy in 1928 gemaak het, nagekom, maar net ten opsigte van die blanke vroue. Op 6 Maart 1930 het hy die Vrouestemreg-wetsontwerp in die Volksraad ingedien. Die doel van die wetsontwerp was om die stemreg na alle blanke vroue van Suid-Afrika uit te brei (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Hierdie was nie ’n gekwalifiseerde stemreg nie. Volgens Hertzog was die feit dat die stemreg van manlike blankes in die Kaap aan ’n beskawingstoets onderworpe was, “’n growwe fout” en om die blanke vroue in die Kaap aan ’n soortgelyke toets te onderwerp, sou die fout “verdubbel” en “intensiveer”. Hertzog se rassisme het duidelik geblyk in sy regverdiging van hierdie besluit. Volgens hom was die opvoedingskwalifikasie nie ’n beskawingstoets nie: “Beskawing het so goed as niks of weinig te doen met intellektuele geskooldheid, maar dit het alles te doen met karakter, met die gemoed” (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Syns insiens is beskawing bepaal deur sedelike beginsels en godsdienstige begrippe wat die karakter vorm. Hy was dus bereid om skoolopvoeding as ’n maatstaf van beskawing vir kleurlinge en swartes te aanvaar, terwyl blankes daarvan vrygestel moes wees omdat sedelike beginsels en godsdienstige begrippe by hulle inherent aanwesig is: “Ek beweer dat daar geen blanke man of vrou in Suid-Afrika is waarvan ons anders mag verwag as dat hulle wel deeglik as beskaaf beskou word” (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34).

Hertzog het drie redes aangevoer waarom hy nie bereid was om die stemreg na die kleurlingvroue uit te brei nie (Unie van Suid-Afrika 1930, kol. 1729–34). Eerstens was die blankes bevooroordeeld teen so ’n stap. Tweedens het hy die SAP geblameer vir die NP se besluit. As hulle nie die Kleurlingregte-wetsontwerp tesame met die ander wetsontwerpe in 1928 verwerp het nie, sou daar ’n duidelike skeidslyn tussen die kleurlinge en swartes gewees het. Derdens sou die uitbreiding van die stemreg na die kleurlingvroue onder bestaande bepalinge die deur vir swart vroue oopmaak, en hierteen het die NP beginselbesware gehad.

Hierdie redes was hoogs aanvegbaar. Die vooroordeel van sommige groepe blankes teenoor die kleurlinge was ’n algemeen-aanvaarde feit. Toe Hertzog egter ’n paar jaar vroeër sy wetsontwerp deur die Parlement probeer voer het, was die vooroordeel blykbaar nie ’n faktor nie. Die verwerping van die Hertzog-wetsontwerpe deur die SAP het, volgens Hertzog, beteken dat daar nie ’n duidelike skeidslyn tussen kleurlingvroue en swart vroue bestaan het nie. Dit sou dus volgens hom onmoontlik wees om tussen swart en kleurling te onderskei.

Shifrin (1962:54) stel ’n pertinente vraag as sy vra waarom Hertzog dan nie voorsiening in sy wetsontwerp gemaak het vir ’n onderskeid tussen kleurlingvroue en swart vroue as dit dan so ’n ernstige struikelblok was nie. Of dit wel so ’n ernstige struikelblok was, is twyfelagtig, aangesien daar reeds in die praktyk op verskeie terreine ’n onderskeid tussen kleurlinge en swartes getref is. Volgens die Kommissie van Ondersoek insake die Kaapse kleurlingbevolking van 1937 is daar sedert Uniewording tussen 40 en 50 wette aangeneem wat ’n onderskeid op grond van ras en kleur getref het en die meeste van hierdie onderskeidings was tot die swartes beperk (Unie van Suid-Afrika 1937:215–6). So was daar byvoorbeeld ’n onderskeid getref tussen stedelike swartes en kleurlinge met betrekking tot die dra van passe. Ook die Pensioenwet van 1928 het tussen kleurlinge en blankes enersyds en swartes andersyds gedifferensieer (Giliomee 1995:214–5). Toe Hertzog se Naturelle-wetsontwerp in 1936 deurgevoer is, was daar verder ’n duidelike skeidslyn tussen kleurlinge en swartes getref; tog was daar geen poging aangewend om die stemreg na kleurlingvroue in die Kaapprovinsie uit te brei

100

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

nie. Lubbe (1991:28) se kommentaar in hierdie verband is insiggewend: die inbou van ’n beskawingstoets in die Vrouestemregwet was nie vir die NP ’n aanvaarbare kompromis nie, as gevolg van die verwerping van die NP se beleid by die stembus tydens die 1929-verkiesing.

Ten spyte van enkele besware teen sekere klousules van die wetsontwerp het die SAP ten gunste daarvan gestem.

Die Vrouestemregwet het verreikende implikasies ingehou. In die eerste plek het dit bygedra tot die uitskakeling van die kleurblinde Kaapse stemreg en die weg gebaan vir verdere stappe in hierdie rigting. Terselfdertyd het die toevoeging van die vrouestem tot die getal blanke kiesers in die Kaapprovinsie die mag van die kleurlingstem by die stembus aansienlik verminder (Le Roux en Coetzer 1982:403). Hierna het die inperking van die kleurlingstemreg volgens Giliomee (1995:220) ’n eie dinamika ontwikkel. Verdere stappe in dieselfde rigting was nou net ’n kwessie van tyd.

4.2   Wysigingswetsontwerp op Stemreg van 1931  

Een ongerymdheid wat die Vrouestemreg tot gevolg gehad het, was dat blanke mans in die Kaapprovinsie steeds aan ’n kwalifikasietoets onderworpe was, terwyl hul vroulike eweknieë gelyke politieke regte met die blankes van die res van Suid-Afrika geniet het. Hierdie ongerymdheid het aan die NP die geleentheid gebied om die Wysigingswetsontwerp op Stemreg in 1931 deur te voer en die politieke mag van die kleurlinge daardeur nog verder af te takel. In 1929 het die kleurlingkiesers naamlik 11,45 persent van die totale Kaapse kieserskorps uitgemaak; hierdie persentasie het in 1931 tot 6,3 persent gedaal (Union Year Book, no. 23/1946, aangehaal deur Shifrin 1962:57), toe omtrent 10 000 blanke mans tot die kieserslyste gevoeg is (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 661–2), asook as gevolg van die uitbreiding van die stemreg tot slegs blanke vroue die vorige jaar.

Hierdie wet het ook die politieke segregasie tussen blankes en gekleurdes ’n stap verder gevoer deurdat daar nou ook ’n onderskeid tussen blanke en gekleurde mans in die Kaapprovinsie getref is.

Malan het hierdie wet probeer regverdig met ’n argument soortgelyk aan die een wat Hertzog die vorige jaar gebruik het: as gevolg van ’n tradisie van 1 000 jaar en die feit dat blankes lank reeds aan verpligte onderwys onderworpe was, moes daar aangeneem word dat elke blanke beskaafd is en aan al die kieskwalifikasies voldoen. Omdat die gekleurdes nog nie aan verpligte onderwys onderworpe was nie, sou daar van hulle verwag word om bewys te lewer dat hulle aan die kieskwalifikasies voldoen as hulle die stemreg wou hê.

Uit die opposisiebanke het daar beskuldigings van “’n groot bedrog”, “verraad” en “huigelagtige uitlatings” teen die NP opgestyg, omdat die wetsontwerp beskou is as ’n verbreking van ’n plegtige belofte dat die kleurlinge op politieke gebied op gelyke voet met die blankes geplaas sou word (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 668–75). Op hierdie beskuldigings het Hertzog geantwoord:

My beleid wat ek nog altyd verkondig het van die eerste dag af was, dat die Kleurlinge van Suid-Afrika so bestuur moet word, dat hulle uiteindelik polities by ons opgeneem word, maar ek het nooit gesê op dieselfde basis nie [...] (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 668–75)

101

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hierdie stelling was egter teenstrydig met die stelling wat Hertzog in 1928 gemaak het: “Ek sê wat ek altyd gesê het, dat op politieke gebied ons die blankes en die kleurlinge gelyk behandel” (Unie van Suid-Afrika 1927–8, kol. 1892). Ook Malan het, volgens Smuts, in 1929 tydens die Kaaplandse kongres van die ANB enersluidende uitsprake gelewer: “Tans egter word die standpunt van genl. Hertzog verstaan en op prys gestel (deur die Kleurlinge), naamlik dat hulle deur die hele Unie op ’n gelyke politieke voetstuk moet staan” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 673).

Die wetsontwerp het die algemene goedkeuring van die Nasionaliste geniet. Een noemenswaardige uitsondering was dr. A.J. Stals, wat ten gunste van politieke en ekonomiese gelykstelling tussen blankes en kleurlinge was. Sy standpunt het hy op die volgende oorwegings gebaseer: “die gemeenskaplike erfgenootskap vir blanke en kleurling van die blanke beskawing in Suid-Afrika”, “die gemeenskaplike taal en godsdiens”, “die noue ekonomiese verhouding tussen blankes en kleurlinge”, “die gebrek aan afsonderlike grondbesit van die kleurlinge” en “die toenemende trap van beskawing wat deur die kleurling bereik is” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 683). Syns insiens het toestande sedert 1921 onveranderd gebly en was daar dus geen rede vir die veranderde gedragslyn nie. Nieteenstaande sy ernstige bedenkinge het Stals besluit om as partyman ten gunste van die wetsontwerp te stem.

Die wetsontwerp is sonder veel weerstand aanvaar, omdat die SAP se posisie ongekonsolideerd was.

R.W. Close, ’n lid van die SAP, het die situasie raak opgesom:

Daardie wetgewing (Vrouestemregwet) was bedoel om die hoeksteen te wees van hierdie wetsontwerp en ek beweer dat hierdie wetsontwerp bedoel is as ’n hoeksteen vir verdere pogings in dieselfde rigting. (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 674)

Latere verwikkelinge in dieselfde jaar nog sou die juistheid van hierdie siening staaf.

4.3   Die Wysigingswetsontwerp op Kieswette van 1931  

In 1930 is daar op voorstel van L. Blackwell van die SAP ’n gekose komitee aangestel om die doeltreffendheid van die kieswette na te gaan (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4542). Die aanbevelings van die gekose komitee het gelei tot die Wysigingswetsontwerp op Kieswette wat in 1931 in die Volksraad ingedien is. Die mees omstrede bepaling was ongetwyfeld die een met betrekking tot die bewyslas. Volgens Malan het onkunde en die versaking van pligte aan die kant van die registrasie-amptenare veroorsaak dat mense onwettiglik op die kieserslyste geplaas is (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die bewyslas het voorheen op die beswaarmaker berus om te bewys dat ’n persoon onwettig as ’n kieser geregistreer was. Volgens Malan was hierdie stelsel onbevredigend, omdat dit moeilik was vir ’n private beswaarmaker om bewyse te lewer om ’n man van die kieserslys geskrap te kry. Die bewyslas sou voortaan op die kieser berus om bewys te lewer dat hy wel oor die nodige kwalifikasie beskik. Indien hy in gebreke sou bly om dit te doen, sou sy naam summier van die kieserslys verwyder word.

Op die oog af het die wetsontwerp gelyk na ’n poging om die kieserslyste te “suiwer”. Dit is egter betekenisvol dat die beoogde wetgewing nie op die blanke vrou betrekking sou hê nie. Indien daar ’n klag teen ’n blanke vrou ingedien sou word, sou daar nie van haar verwag word om die teendeel te bewys nie, omdat daar ’n “rewolusie en ’n burgeroorlog” sou ontstaan (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die bewyslas sou

102

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

ook op die beswaarmaker berus in die geval waar die suiwer Europese afkoms van ’n aansoeker om registrasie bevraagteken sou word, omdat dit vir die aansoeker moeilik sou wees “om in die hof te bewys dat hulle van suiwer blanke afkoms is” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4546–50). Die wetgewing sou net betrekking hê op die Kaapprovinsie en Natal, waar verskeie kieskwalifikasies van toepassing was.

Die wetsontwerp was ’n verdere poging om die aantal gekleurde kiesers te verminder, aangesien hulle tydens verkiesings vir die SAP gestem het. Hierdie gevolgtrekking word gestaaf deur ’n verklaring wat F.C. Erasmus, sekretaris van die NP, op 23 Januarie 1931 tydens ’n vergadering in Malmesbury gemaak het: “Waarskynlik sal binnekort veranderings in die Kieswet gemaak word waardeur die NP gebaat sal word” (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 5170).

Die SAP het hewige kritiek uitgespreek teen die bepaling dat die persoon teen wie ’n klagte ingebring is, verplig sou word om sy saak in ’n hof te verdedig. Om verskillende redes (lang afstande, verlies van lone, weiering van werkgewer) sou baie persone nie in staat wees om hulle saak in die hof te verdedig nie (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4564, 4575, 5150). Die gevolg hiervan sou wees dat talle wettiglik geregistreerde kiesers se name van die kieserslyste geskrap sou word. Verder kon die beoogde wetgewing ook daartoe lei dat daar tegelyk teen ’n groot aantal gekleurde kiesers beswaar aangeteken kon word (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4555–61).

Op 21 Mei 1931 het L. Blackwell, ’n SAP-Volksraadslid, gewaarsku dat die wetgewing tot grootskaalse besware deur enigeen en almal kon lei (Unie van Suid-Afrika 1931, kol. 4555–61).

Blackwell se vrees is aanstons bewaarheid, want die Nasionaliste het die wet gebruik om van talle kleurlingkiesers ontslae te raak. In The Sun is daar met eentonige reëlmaat berigte geplaas wat dit bevestig het. By die tweejaarlikse registrasie van kiesers in 1933 is daar byvoorbeeld beswaar aangeteken teen 394 kleurlingkiesers op die kieserslyste van die Paarl. Op die eerste dag van die hofsitting het 250 van die kleurlingkiesers opgedaag om bewyse te lewer dat hulle wel oor die nodige kieskwalifikasies beskik. Op die tweede dag was daar minder as 100, en later selfs nog minder. Die rede hiervoor was die vrees vir die verlies van lone en sake. Daar was selfs ’n geval waar ’n werker ontslaan is omdat hy nie gaan werk het nie (Anon. 1933:7). Van die 109 persone wat wel voor die hof verskyn het, is 77 se besware as ongegrond beskou, 18 se besware toegelaat, drie teruggetrek en 11 teruggehou. Diegene teen wie die besware toegelaat is se huise is onrealisties laag geëvalueer; hulle het gevolglik voortaan nie meer aan die kieskwalifikasies voldoen nie (Anon. 1933:7). Die deputasie van die APO wat in 1935 deur J.H. Hofmeyr, minister van binnelandse sake, te woord gestaan is, het ook getoon hoe onsimpatiek die polisie-amptenare die registrasie van kleurlingkiesers gehanteer het, veral in dorpe soos Elim en Bredasdorp (Anon. 1935:1).

Die nuwe wetgewing het die gewenste effek gehad. In 1935 was daar 1 306 minder kleurlingkiesers as in 1931. Dit het beteken dat die kleurlingkiesers in 1935 slegs 5,6 persent van die totale Kaapse kiesers uitgemaak het in vergelyking met 6,3 persent in 1931.

Gedurende die jare 1930–34 is die mag van die kleurlingstem dus drasties verminder met die Vrouestemregwet, die Wysigingswet op Stemreg en die Wysigingswet op Kieswette. Verder is daar ook ’n kleuronderskeid tussen blankes and kleurlinge in die Kaapprovinsie getref. Die volgende logiese stap sou wees om die kleurlinge op aparte kieserslyste met hulle eie blanke verteenwoordigers te plaas. Hierdie stap is vanaf 1934 onverbloemd en ondubbelsinnig deur die “Gesuiwerde” Nasionale Party aangepak.

103

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

5. Die onverbloemde aanslag op die kleurlingstemreg deur die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP), 1934–1939

Vanaf 1924 tot 1933 het Malan as minister van binnelandse sake Hertzog se rassebeleid heelhartig ondersteun. Daar was egter binne die NP teenkanting teen die teenwoordigheid van kleurlinge op die gesamentlike kieserslyste en die uitbreiding van die stemreg na die kleurlinge in die noorde. Pogings om die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder is herhaaldelik aangewend, maar is teengestaan deur die party se hoofleiers, omdat dit deur die SAP uitgebuit sou word om kleurlingsteun by die stembus te versterk.

Die gevoel ten gunste van die politieke segregasie tussen die blankes en kleurlinge het teen die agtergrond van die gebeure wat hier bo geskets is, vinnig toegeneem. Adv. F.C. Erasmus, sekretaris van die NP in die Kaapprovinsie, het sy party se standpunt soos volg saamgevat:

Op politieke gebied het die Kleurlinge in die Kaapprovinsie ’n mag by die stembus geword buite alle verhouding tot hul getalsterkte [...] 25 000 stemgeregtigde kleurlinge en 175 000 blanke manlike kiesers, maar deur hulle blokstem smoor hulle met die 12 000 naturellekiesers die blanke stemreg; hulle keer die skaar om na die kant wat hulle verkies – en dis gewoonlik die Suid-Afrikaanse Party-kant in nie minder as twaalf uit die huidige 58 kiesafdelings. (Anon. 1932:2)

Erasmus het toe laat blyk dat die NP van sy beleid van politieke gelykheid ten opsigte van die kleurlinge afgesien het:

Dit moet egter teen hierdie tyd duidelik wees dat die party tot ’n ander sienswyse geraak het – miskien omdat hy ontdek het dat die kleurlinge self nie die mate van gelykheid wat die party hulle aangebied het, wou aanvaar nie en verkies het om by die naturelle gereken te word. (Scholtz 1979:308)

Drie afleidings kan van hierdie stelling van Erasmus gemaak word, naamlik dat die NP se beleid van politieke gelykstelling tussen kleurlinge en blankes beperk was, dat die NP reeds voor Samesmelting van hierdie beleid afgesien het (dit wil sê terwyl Hertzog nog die leier van die NP was), en dat daar selfs binne NP-geledere nie sekerheid was presies waarom daar van hierdie beleid afgesien is nie. Volgens ’n berig in Die Burger (Anon. 1938:6) sou die aparte verteenwoordiging van die kleurlinge ’n punt in die NP se verkiesingsprogram van 1934 gewees het as dit nie was vir die besluit om ’n koalisieregering tussen die NP en die SAP te vorm nie.

Daar was verskeie redes waarom Malan en sy volgelinge teen die samesmelting met die SAP gekant was. Die vernaamste twispunt was die grondwetlike status van Suid-Afrika in die Gemenebes van Nasies. Gevolglik het hulle weggebreek en op 5 Desember 1934 die “Gesuiwerde” Nasionale Party (GNP) gestig.

Malan en die GNP het gou besef dat daar ’n sterk gevoel teen die teenwoordigheid van kleurlingkiesers op die Kaaplandse kieserslyste was, en hulle het besluit om dit as wapen teen die Verenigde Party (VP) te gebruik. Die besluit ten gunste van die aparte verteenwoordiging van die kleurlinge is in 1936 in beide die program van beginsels en aksieprogram van die GNP ingesluit (Du Plessis 1954:43–4). Die kleurlingstem was nadelig vir die GNP en om hierdie rede moes dit verwyder word uit die arena van die

104

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

politieke stryd tussen die GNP en die VP, wat volgens die Malanniete ’n stryd tussen die Afrikaner-republikanisme en Britse imperialisme was. Giliomee (2004:392) voer verder aan dat die Samesmelting en die blanke vrouestemreg ’n beslissende rol in die besluit van die GNP gespeel het. Volgens verwagtinge sou die gematigde VP alle kleurlinge op hulle verenig. Die mag van die kleurlingstem het ook drasties afgeneem as gevolg van die toekenning van die stemreg aan blanke vroue. Giliomee (2004:393) som die situasie soos volg op: “The actual cost to a party that ignored the coloured vote was much reduced.”

Samesmelting van die NP en die SAP het die deurvoering van die Hertzog-wetsontwerpe moontlik gemaak, omdat ’n tweederdemeerderheid nou binne bereik was. Toe die Naturelleverteenwoordiging-wetsontwerp in 1936 aan die Parlement voorgelê is, het Malan die geleentheid aangegryp om voor te stel dat aparte parlementêre verteenwoordiging ook op die kleurlinge van toepassing gemaak moes word. Dit was die eerste daadwerklike poging van die GNP om die kleurlinge op aparte kieserslyste te plaas.

Joubert (1974:7) het Malan se beredenering soos volg saamgevat:

In talle opsigte word die kleurling reeds anders behandel as die blankes; die kleurlinge moet uit die politiek gelig word; die ervaring van ander lande bewys dat veelrassige bevolkings die beste deur aparte verteenwoordiging gedien word; in gebiede waar blankes en kleurlinge saamgevoeg was of is – soos in die kerk of politiek – ontstaan daar altyd wrywing.

Volgens talle Nasionaliste was die vernaamste oorweging die handhawing van die blanke beskawing in Suid-Afrika (Joubert 1974). Later in die debat het talle Nasionaliste ter ondersteuning van Malan se wysiging dat die kleurlinge en swartes op aparte kieserlyste geplaas moes word, klem gelê op die misbruik van die kleurlingstem deur blanke politici (Joubert 1974:35–41). Hiervolgens het die SAP in die verlede tydens verkiesings probeer om die kleurlingstem te vang met behulp van verskeie beloftes. Na die verkiesings is hierdie beloftes vergeet. Malan se wysiging is met ’n oorweldigende meerderheid deur die verenigde vergadering van die twee Huise van die Parlement verwerp: 136 het daarteen gestem, en slegs 22 daarvoor (Joubert 1974:49).

Teen die einde van 1938 het daar ’n ongekende opbloei in Afrikaner-nasionalisme plaasgevind. Kultuur en politiek het een begrip geword. Op feitlik elke gebied het organisasies wat Afrikaner-nasionalisme bevorder het, tot stand gekom. Daar was byvoorbeeld die Afrikaner-Studentebond, die Voortrekkers, die Afrikaner-Broederbond, die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings. Hierdie neiging het ook in die handel voorgekom, waar eie banke, assuransieverenigings en vakunies gestig is.

Dié oplewing van Afrikaner-nasionalisme is by die Uniale Kongres van die GNP in November 1938 uitgebuit. Le Roux (1972:326) beskou die kongres as die belangrikste in die geskiedenis van die NP: “Hier het hy sy geloofsbelydenis oor die behoud van die blanke beskawing vir altyd geboekstaaf.” By hierdie kongres is daar beginselbesluite geneem teen gemengde huwelike en bloedvermenging, ten gunste van aparte woonbuurte vir blankes en gekleurdes, en ten gunste van ekonomiese en politieke segregasie tussen blankes en gekleurdes.

In September 1939 het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek en is die kleurlingvraagstuk vir eers op die agtergrond geskuif. Na die oorlog het die Nasionaliste hulle aanslag op die kleurlingstemreg in alle erns voortgesit.

105

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

6. Slotbeskouing

Soos in die inleiding gestel, heers daar meningsverskille onder historici en politieke kommentators of die NP se amptelike beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie vanaf 1925 tot 1939 opportunisme of beginselsvastheid getoon het. Vir die doel van hierdie artikel word die amptelike beleid van die NP beskou as die beleid wat aanvaar en verkondig is tydens nasionale en provinsiale kongresse en wat beliggaam is in verskeie wetsontwerpe wat deur die NP vir goedkeuring aan die Parlement voorgelê is. Daar word erkenning gegee aan die feit dat daar binne NP-geledere aansienlike opposisie was teen die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie. Hierdie kan hoogstens as die sienswyse van afvalliges beskou word en nie as die NP se amptelike beleid nie. ’n Feit wat ook dikwels buite rekening gelaat word, is dat Hertzog ná Samesmelting en die stigting van die GNP nie meer die amptelike leier van die party was nie, en sy standpunt kan dus nie meer as verteenwoordigend van die NP se amptelike beleid beskou word nie. Sy konsekwente uitsprake ten opsigte van die teenwoordighied van die kleurlingkiesers op gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie en Natal konstitueer dus geensins konsekwentheid in die amptelik beleid van die NP nie. Vanaf Samemelting het Malan die amptelike beleid van die GNP beliggaam soos by nasionale en provinsiale kongresse aanvaar en verkondig. Soverre dit hierdie artikel betref, sal daar uitspraak gelewer word of Hertzog, as leier van die NP, se beleid ten opsigte van die politieke posisie van die kleurlinge tussen 1925 en 1934 enigsins verander het. Verder sal daar uitspraak gelewer word of Malan, as leier van die NP in die Kaappovinsie en later as nasionale leier van die GNP, se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie verander het.

Die NP se politieke beleid is deur twee oorwegings oorheers: die stryd om Afrikaner-nasionalisme teen Britse imperialisme gestand te hou, asook die stryd om blanke oppergesag teen die Swart Gevaar te verskans en uit te bou. Alle ander oorwegings was ondergeskik aan hierdie twee dryfvere. In hierdie verband het die NP in die jare 1925 tot 1939 konsekwent opgetree. Dit is teen hierdie agtergrond dat die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie beoordeel moet word.

Vanaf die tweede dekade van die 20ste eeu was die NP verteenwoordigend van Afrikaner-nasionalisme, terwyl die SAP, en later die VP, verteenwoordigend van Britse imperialisme was. In die Kaapprovinsie het die kleurlingstem sedert 1910 ’n beslissende rol in ’n aantal sleutelsetels gespeel. Aangesien die kleurlinge oorwegend vir die Engels-georiënteerde politieke partye gestem het, is hulle as ’n bedreiging vir Afrikaner-nasionalisme beskou. Hiermee het die kleurlinge hulle in die arena van die stryd tussen Afrikaner-nasionalisme en Britse imperialisme en die stryd teen swart oorheersing bevind. Die Kleurlingregte-wetsontwerp en die stigting van die ANB was ’n poging om die kleurlingstem agter die NP te kry en om Afrikaner-nasionalisme te bevorder. Terselfdertyd is met die wetsontwerp beoog om ’n wig in te dryf tussen die kleurlinge en die swartes en om sodoende mee te help om blanke oppergesag in Suid-Afrika te bestendig. Toe dit blyk dat die wetsontwerp nie die gewenste uitwerking gehad het nie, is daar besluit om die wetsontwerp te laat vaar en om ondersteuning aan die ANB te onttrek. Giliomee (1995:202) meen heeltemal tereg dat die politieke lot van die kleurlinge nie deur hulle rasse-identiteit bepaal is nie. Dit is ook nie bepaal deur diepe morele en beginselgegronde oorwegings nie, maar deur die politieke belange van die heersende politieke party. Dit dui daarop dat politieke opportunisme ’n beslissende rol gespeel het in die bepaling van die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie.

106

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die Swart Gevaar-verkiesing van 1929 het aan die lig gebring watter magtige wapen die rassevraagstuk in die Suid-Afrikaanse politiek was. Na die samesmelting tussen die NP en die SAP het die GNP die kleurlingstemregvraagstuk as strydpunt aangegryp in die strewe om politieke mag te bekom. Die aftakeling van die kleurlingstemreg was dus nie ’n doel op sigself nie, maar slegs ’n middel om politieke mag te bekom en sodoende Afrikaner-nasionalisme te beveilig teen die aanslag van Britse imperialisme en die Swart Gevaar.

Alhoewel die aftakeling van die kleurlingstem teen 1939 nog nie afgehandel was nie, was die grondslag daarvan toe reeds gelê. Na 1939 was dit slegs ’n kwessie van tyd voordat die kleurlingstem heeltemal afgetakel sou word. Verder kon daar voortgegaan word met verskeie beperkende maatreëls om te probeer om die kleurlinge in ’n posisie van permanente onderhorigheid te dwing en om sodoende Afrikaner-nasionalisme en blanke heerskappy te probeer beveilig.

Met betrekking tot die stryd teen Britse imperialisme en die Swart Gevaar was die NP, en later die GNP, konsekwent in sy beleidsrigtings. Die beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie getuig egter van politieke opportunisme. Die kleurlingstem is gebruik as ’n politieke speelbal na gelang van omstandighede. In 1925 het Hertzog te kenne gegee dat die NP ten gunste van gelyke politieke regte tussen kleurlinge en blankes was. ’n Ontleding van die Smithfield-toespraak asook die Kleurlingregte-wetsontwerp toon egter dat wat Hertzog voorgestel het, nie ’n beleid van politieke gelykstelling tussen die twee bevolkingsgroepe was nie – anders as wat te kenne gegee is – maar hoogstens ’n onderneming dat die bestaande regte van die manlike kleurlingkiesers in die Kaapprovinsie behoue sou bly en mettertyd op dieselfde basis na die kleurlinge in die noordelike provinsies uitgebrei sou word. Gelyke regte sou beteken het dat kleurlinge net soos die blankes ook direkte verteenwoordiging in die parlement sou geniet – iets wat die NP nooit verkondig het nie. Die Kleurlingregte-wetsontwerp was verder onderworpe aan streng voorwaardes wat die bestaande regte van die kleurlinge nadelig sou beïnvloed. Alhoewel Hertzog te kenne gegee het dat die formulering van die wetsontwerp op diepe morele oortuiging berus het, was dit nie die geval nie. Na die 1929-verkiesing, toe dit geblyk het dat die kleurlinge oorweldigend vir die SAP gestem het, het die NP besluit om die wetsontwerp te laat vaar. Dit het beteken dat die NP onder leiding van Hertzog na die 1929-verkiesing nie meer bereid was om die bestaande politieke regte van die kleurlinge in die Kaapprovinse na die noordelike provinsies uit te brei nie. Dit het ’n ommeswaai in die NP se beleid verteenwoordig.

Na die 1929-verkiesing het die NP besluit om sy ondersteuning by die stembus op ander maniere te bevorder deur onder andere die mag van die swart en kleurlingstem af te takel. Met die Vrouestemregwet van 1930, die Wysigingswet op Stemreg van 1931 en die Wysigingswet op Kieswette van 1931 het die NP onder leiding van Hertzog die mag van die kleurlingstem aansienlik ingekort in belang van die NP en ten koste van die SAP. Verskeie twyfelagtige redes is aangevoer waarom die stemreg nie na kleurlingvroue uitgebrei kon word nie en waarom gelykstelling tussen blanke vroue en mans uiters noodsaaklik was, ten spyte van die feit dat dit die oogmerk van politieke gelykstelling van die kleurlinge met die blankes nog verder sou benadeel. Dit het in 1930 en 1931 geblyk dat beide Hertzog en Malan die kleurlinge as minder beskaaf as die blankes beskou het, en gevolglik was hulle nie geregtig op politieke gelykheid met die blankes nie. Beide het nooit probeer verduidelik op watter wetenskaplike basis hulle die kleurlinge as ’n aparte ras beskou het nie. Volgens Lewis (1987:146) het die kleurlinge se heterogeniteit dit onmoontlik gemaak. Hertzog het die feit dat die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie drasties verander het, probeer verdoesel deur te verwys na die feit dat die NP nog steeds ten gunste was van die

107

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

teenwoordigheid van die kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslyste in die Kaapprovinsie en Natal. In hierdie verband kan Hertzog se beleid as konsekwent beskou word. Daar bestaan egter geen twyfel nie dat die NP onder Hertzog se beleid vanaf 1925 tot Samesmelting ’n ommeswaai ondergaan het. Die NP was nie meer voornemens om die bestaande politieke regte van die kleurlinge in die Kaapprovinsie na die kleurlinge in die noordelike provinsies uit te brei nie, en het intussen die politieke magte van die blankes aansienlik uitgebrei ten koste van die kleurling- en swart stem. Malan het ook aanvanklik ná 1929 nog probeer wal gooi teen Nasionaliste in die Kaapprovinsie wat die kleurlinge op aparte kieserslyste wou plaas – nie om beginselgegronde redes nie, maar omdat dit deur die SAP by die stembus uitgebuit sou word. Na Samesmelting en die stigting van die GNP het die agitasie om die kleurlinge van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder amptelike partybeleid onder Malan geword. Dit het ’n radikale ommeswaai van die NP se beleid van 1925 verteenwoordig en die hoofrede hiervoor was politieke opportunisme.

Die doel van hierdie artikel was om te bepaal of die amptelike beleid van die NP ten opsigte van die kleurlingstemregkwessie in die periode onder bespreking ’n radikale ommeswaai ondergaan het en, indien wel, watter faktore daarvoor verantwoordelik was. In verband met laasgenoemde verskaf Giliomee (1995:202), op grond van die teorie van Horowitzi, ’n nuttige konteks waarbinne die NP se veranderde beleid beskou kan word:

[T]he intensification of segregation and the contraction of democratic freedoms result less from class struggles than from battles among political elites about the best ways of promoting their own or their party’s prospects. Whether they resort to the politics of exclusion depends in the first place not on their historical and cultural identities but on the opportunities for sectional political gain which extension or contraction of the franchise offers. Culture can be pushed into the service of either.

Die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg was nie gebaseer op kuturele oorwegings nie, alhoewel kultuur voor 1929 gebruik is as basis vir die beoogde uitbreiding van die kleurlingstemreg en daarna om die stemreg van die kleurlinge in te perk. Sodoende is die politieke belange van die NP bevorder.

Bibliografie

Afrikaanse Nasionale Bond (ANB). 1929. To all Cape coloured friends in the Union. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

Anon. 1924. You can trust him. Smuts’ (sic) great nation-building policy for South Africa. Cape Times, 16 Junie, bl. 9.

—. 1925a. Dis jammer. Die Burger, 12 September, bl. 6.

—. 1925b. Die groot toespraak. Die Burger, 14 November, bl. 6.

—. 1925c. Premier’s native policy. Cape Argus, 14 November, ongenommer.

—. 1926a. Votes for European women. Select Committee’s Report. Cape Times, 17 Junie, bl. 11.

108

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 1926b. Pact condemned by coloured people. Fooled and deluted. The wrongs of the Rights Bill. Cape Argus, 17 Junie, ongenommer.

—. 1926c. Dr. Malan se verpletterende antwoord. Die Burger, 30 September, bl. 5.

—. 1928. Vooruitgang van kleurlingbevolking. Opregtheid van Nasionale regering. Die Burger, 21 November, bl. 4.

—. 1929a. Belangrike besluite op Nasionale Kongres. Die Burger, 5 September, bl. 7.

—. 1929b. Dr. Malan in die Eikestad. Wat Nasionale Party vir kleurlinge doen. Die Burger, 2 Mei, bl. 7.

—. 1929c. Kleurlinge ontwaak. Monstervergadering bespreek toestande. Die Burger, 30 April, bl. 9.

—. 1929d. Sprekende feite. Die Burger, 14 Mei, bl. 6.

—. 1929e. Stem vir die regering. Kleurlinge vergader in stadsaal. Wie hul beste vriend is. Die Burger, 23 Mei, bl. 5.

—. 1929f. Waarom Nasionale beleid moet seëvier. Genl. Hertzog spreek reusevergadering op Barberton toe. Die Burger, 27 Mei, bl. 7.

—. 1930. Genl. Hertzog en vrouestemreg. Hy sal sy belofte hou. Die Burger, 27 Mei, bl. 6.

—. 1932. Bewaar S.A. vir die blankes. Gee kleurlinge eie kiesafdelings. Die Burger, 9 April, bl. 2.

—. 1933. Nearly 300 coloured voters struck off the roll at Paarl. Nationalist Party’s mean action. The Sun, 27 Oktober, bl. 7.

—. 1935. Registration and Electoral Law grievances. The Sun, 5 April, bl. 1.

—. 1938. ’n Bogpraatjie van genl. Hertzog. Die Burger, 21 April, bl. 6.

Breitenbach, J.J. (red.). 1974. South Africa in the modern world (1910–1970). Pietermaritzburg: Shuter en Shooter.

Cameron, T. (red.). 1986. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. In woord en beeld. Kaapstad: Human & Rousseau.

Cloete, G.S. 1976. ’n Ontleding van direkte kleurlingverteenwoordiging op die munisipale vlak in Suid-Afrika tot 1971. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Coetzer, P.W. 1975. Die verhouding tussen die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924–1929. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Cope, J. 1965. South Africa. Londen: Benn.

Cronjé, G. 1948. Voogdyskap en apartheid. Pretoria: Van Schaik.

Du Plessis, O. 1954. Separate representation of voters. Kaapstad: Verenigde Party.

109

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Du Pre, R.H. 1992. Strangers in their own country. A political history of the “Coloured” people of South Africa, 1652–1992: An introduction. History for the Laymen Series – II. Oos-Londen: Southern History Association.

Giliomee, H. 1995. The non-racial franchise and Afrikaner and Coloured identities, 1910–1994. African Affairs, 94(375):199–225.

—. 2004. The Afrikaners: Biography of a people. Kaapstad: Tafelberg.

Haines, R.J. 1978. The opposition to General J.M.B. Hertzog’s segregation bills, 1925–1936: A study in extra-parliamentary protest. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Natal.

Joubert, D. (red.). 1974. Die Kaapse stemreg: Verteenwoordiging vir swart en bruin in 1936, Brandpunte 5. Kaapstad: Tafelberg.

Le Roux, J.H. 1972. Die “Gesuiwerde” Nasionale Party, 1935–1940. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Le Roux, J.H. en P.W. Coetzer. 1982. Die Nasionale Party, Deel 2, Die eerste bewindsjare, 1924–1934. Bloemfontein: Instituut vir Eietydse Geskiedenis, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Lewis, G. 1987. Between the wire and the wall: A history of South African “Coloured” politics. Kaapstad en Johannesburg: David Philip.

Lubbe, H.J. 1991. Vergeet die Arbeiders en wen die “Kleurlinge”: Die “Swart Gevaar”-propaganda in Kaapland gedurende die parlementêre verkiesingstryd van 1928 tot 1929. Kronos, 18:15–28.

—. 1997. The myth of “Black Peril”: Die Burger and the 1929 election. South African Historical Journal, 37:107–32.

Malan, D.F. 1959. Afrikaner-volkseenheid en my ervarings op die pad daarheen. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.

Murray, B.K. 1986. Van die Pakt tot die begin van apartheid, 1924–1948. Die tydperk van 1924 tot 1939. In Cameron (red.) 1986.

Neame, L.E. 1962. The history of apartheid. Londen: Pall Mall Press.

Pretorius, G. 1960. Man van die daad: ’n Biografie van Bruckner de Villiers. Kaapstad: HAUM.

Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika, 1910–1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Scholtz, G.D. 1979. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, Deel VII, 1924–1939. Johannesburg: Perskor-Uitgewery.

Scholtz, L. 2004. Net begrafnis lê voor. Die Burger, 17 April, p. 15.

Shifrin, T. 1962. New deal for coloured people. Ongepubliseerde BA Honneurs-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

110

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Thom, H.B. 1980. D.F. Malan: A political biography. Kaapstad: Tafelberg.

Thompson, L.M. 1949. The Cape coloured franchise. Johannesburg: South African Institute of Race Relations.

Unie van Suid-Afrika. 1927. Debatte van die Volksraad, 28 Januarie tot 29 Junie 1927. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1927–8. Debatte van die Volksraad, 14 Oktober 1927 tot 1 Junie 1928. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1929. Verenigde Vergadering van albei Huise van die Parlement, 12 tot 25 Februarie 1929. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1930. Debatte van die Volksraad, 17 Januarie tot 28 Maart 1930. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1931. Debatte van die Volksraad, 30 Januarie tot 6 Junie 1931. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1936. Reports and proceedings of the Joint Committees of both Houses of Parliament on the Native Bills, 1930–1935. Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

—. 1937. Verslag van die Kommissie van Ondersoek insake die Kaapse kleurlingbevolking, UG no. 54. Pretoria: Staatsdrukker.

Van den Heever, C.M. 1946. Generaal J.B.M. Hertzog. Johannesburg: Central News Agency.

Van der Ross, R.E. 1986. The rise and decline of apartheid. A study of political movements among the Coloured people of South Africa 1880–1985. Kaapstad: Tafelberg.

Walker, E.A. 1936. The Cape native franchise. Kaapstad: The Continuation Committee of the National Conference on the Native Bills.

—. 1968. A history of southern Africa. Londen: Longmans.

Eindnota

1 Om praktiese redes is daar besluit om die terme blankes, kleurlinge en swartes te gebruik wanneer daar na die onderskeie bevolkingsgroepe in die tyd onder bespreking verwys word. Waar die term naturel egter in wette en wetsontwerpe bevat is, word die oorspronklike terme behou. Die gebruik van hierdie rassekategorieë impliseer egter nie die aanvaarding daarvan nie.

111

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte

Nina Botes

Departement Letterkunde Universiteit Antwerpen

Neil Cochrane

Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap Universiteit van Suid-Afrika

Summary

Generic markers in the short story cycle: Part 1: Theoretical foundations

This article forms the first part of a two-part study of the short story cycle in Afrikaans with the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer. This part focuses on theoretical issues pertaining to the genre of the short story cycle, while the second part focuses on the generic markers of Die dag toe ek my hare losgemaak het.

This article focuses first on the difference between short story cycles, unified volumes of short stories and short story sequences in the Afrikaans literary tradition. Recently in the Afrikaans tradition there has been an increase in the production of volumes of short stories that are linked in some way, with texts such as Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) by Willemien Brümmer, Alle paaie lei deur Die Strand (2008) by Corlia Fourie, Op reis met ’n hond (2010) by Anna Kemp, Maal (2010) by Nicole Jaekel Strauss, In die mond van die wolf (2010) by Paul C. Venter and Die sneeuslaper (2010) by Marlene van Niekerk. In Afrikaans literary criticism shorter texts that are linked in some way and published in a single volume are usually labelled “eenheidsbundels” (unified volumes). Older examples often mentioned by critics include ’n Wêreld sonder grense (1984) by Alexander Strachan, Jaarringe (1966) by Henriette Grové and Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown (1985) by Fransi Phillips. However, when we consider a few examples mentioned by critics, it appears that this is an umbrella term used for a variety of texts displaying various degrees of coherence (of the volume) and autonomy (of the individual short texts).

Using a combination of international genre theories of the short story cycle and Afrikaans theoretical views on this phenomenon, three types of texts traditionally labelled unified volumes in the Afrikaans literary tradition are distinguished based on the degree of autonomy and coherence: the short story cycle, the unified volume and the short story sequence. It is argued that the short story cycle differs from the unified volume in that the volume-level coherence of the short story cycle influences the interpretative possibilities of the autonomous texts, while in the unified volume the shared theme (or other organising principle) creates an overall impression without altering, influencing or adding to the meaning of the individual texts when read within the context of the volume. Some theorists of the short story cycle prefer the term short story sequence for the genre (Kennedy 1995, Luscher 1989). In this context,

112

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

however, the term is not used as such, but as the term proposed by Aucamp (1978:56) to refer to texts dealing with the same theme or sharing some other organising principle. In the case of the short story sequence, links between stories can function either in the manner of the short story cycle (with the bonds between texts altering the individual texts) or in the manner of unified stories (with an overall impression, but with no or little change to the interpretative possibilities of the texts). In the case of the short story sequence, not all the texts of a volume fit into the sequence, and sequences need not be bound in a single volume.

Secondly, some theoretical issues pertaining to the short story cycle are expanded upon using Ingram (1971), Mann (1989), Dunn and Morris (1995), Kennedy (1995), Lundén (1999) and Nagel (2004). Different approaches to a definition of the genre, namely author-centred, reader-centred and text-centred approaches, are critically reviewed. It is argued that Ingram’s original delineation of the short story cycle, with its strong focus on authorial intention and the reader’s experience of the narrative, is insufficient in describing a genre in which the tension between autonomy and coherence is the most important characteristic. More recent theoretical views on the short story cycle provide a more useful approach to this genre by focusing on the textual characteristics of autonomy and coherence.

As part of the theoretical review the generic possibilities of the short texts that create the larger whole are discussed. While both Ingram (1971) and Mann (1989) regard these texts as short stories, Dunn and Morris (1995) argue that these texts need not be short stories and that the term short story cycle should be replaced with the term composite novel for this reason. In their view the autonomy of the short text is signalled by the presence of a title. Using the views of Ferguson (2003) and Alderman (1985), it is argued that the delineation of this genre proposed by Dunn and Morris (1985) is too wide in scope to distinguish between the short story cycle and the novel. A combination of the views of Dunn and Morris (1995) and Mann (1989) offers a more useful demarcation of the short texts that a cycle is composed of.

The last theoretical issue discussed in this article is the ways in which the shorter texts engage with one another to form a cycle. A number of theorists have argued that the term cycle is inadequate for describing the dynamic links between texts, and have subsequently proposed a number of alternatives: composite novel (Dunn and Morris 1995), short story sequence (Kennedy 1995) and short story composite (Lundén 1999). The functionality of these terms is evaluated and it is argued that the concept of a cycle is indeed a functional description of the relationship between the short texts. It also appears that since 2001 the term short story cycle has been readopted by a number of theorists (Lynch 2001, Nagel 2004, Whalan 2007).

Based on the critical review six conventions of the short story cycle are identified. Firstly, the short texts may belong to different genres, but are usually short prose. Secondly, although the short texts are mostly prose, a variety of genres may be found in a short story cycle, including texts that are not necessarily of a literary nature, such as visual or instructional texts. Thirdly, the majority of texts in a cycle should be of a literary nature. Fourthly, the majority of short texts should be autonomous, although not all the texts are necessarily autonomous. Fifthly, the texts in a short story cycle should be connected in such a way that the total meaning of the cycle is greater than the sum of the meanings of the autonomous texts. Lastly, these short texts should be published in a single volume so that the reader can experience the collection as a whole and to distinguish the colelction from longer prose cycles.

Thirdly, a number of coherence markers identified by Dunn and Morris (1995) are discussed, namely setting, a single protagonist, a collective protagonist, textual patterns and storytelling. Throughout the article, arguments are clarified and illustrated through examples, with a strong focus on South African English and Afrikaans examples.

According to Snyman (2011) the absence of a proper description of and terminology for this genre in Afrikaans has an impact on the marketing of texts in this genre, which is especially problematic as Afrikaans writers are experimenting with the possibilities of the genre. This study attempts to illuminate some of the issues pertaining to this genre. In the second part of

113

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

the study, “Generic markers in the short story cycle: Part 2: An application to Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer”, the theoretical issues discussed in this article are used as point of departure to determine how the tension between autonomy and coherence functions in Die dag toe ek my hare losgemaak het.

Keywords: short story cycle, composite novel, autonomy, coherence, generic markers, unified volume of short stories, coherence markers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my hare losgemaak het

Opsomming

Hierdie artikel vorm die eerste deel van ‘n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die aanwesigheid van spanning tussen die korter, outonome tekste waaruit die siklus bestaan en die groter, koherente geheel van die bundel. In hierdie artikel, wat die teoretiese onderbou van die studie vorm, word eerstens aandag gegee aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Tweedens word teoretiese genrekwessies rondom die kortverhaalsiklus breedvoerig aan die hand van die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004) ondersoek om ‘n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus daar te stel. Laastens word uitgebrei op ‘n aantal koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) skakels tussen afsonderlike verhale in ‘n kortverhaalsiklus kan bewerkstellig, naamlik ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling. Hierdie teoretiese beskouing word in die tweede deel van die studie (―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ‘n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer‖) aangewend in ‘n ontleding van Die dag toe ek my hare losgemaak het om te bepaal hoe die generiese kodes van die kortverhaalsiklus in hierdie teks tot stand kom en wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter siklus is. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om ‘n bydrae te lewer tot ―‘n beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans‖ (Snyman 2011) deur eerstens ‘n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklus-genre te bied en tweedens ‘n toepassing daarvan aan die hand van ‘n Afrikaanse voorbeeld te onderneem.

Trefwoorde: kortverhaalsiklus, saamgestelde roman, outonomie, koherensie, generiese merkers, eenheidsbundels, koherensiemerkers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my hare losgemaak het

1. Inleiding

Die afgelope paar jaar verskyn ‘n beduidende aantal tekste wat opgebou is uit ‘n aantal korter tekste wat elk ‘n afgeronde geheel is, maar tog op een of ander wyse met mekaar skakel sodat die korter tekste saam ook een of ander tipe geheel vorm. Alle paaie lei deur Die Strand (2008) word byvoorbeeld op die flapteks aangebied as Corlia Fourie se ―tweede roman‖, maar Harper (2008:13) noem in haar resensie dat ―elke hoofstuk eintlik ‘n kortverhaal is wat ook selfstandig kan staan. Sommige hoofstukke is inderdaad voorheen as kortverhale gepubliseer.‖ Tog is die groter geheel ook ‘n eenheid wat as ‘n langer prosateks beskou kan word, aangesien die verskillende

114

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

eenhede saam die ontwikkeling van ‘n enkele protagonis, Stella Burger, van jong meisie tot ouer vrou uitbeeld.

‘n Soortgelyke struktuur word aangetref in Op reis met ’n hond (2010) van Anna Kemp. Volgens Viljoen (2010a) word die vertellings saamgebind deur ‘n verskeidenheid middele:

Die agt verhale in die bundel vertoon ‘n groter samehang as wat ‘n mens normaalweg in so ‘n bundel aantref, omdat dieselfde ek-verteller in feitlik al die verhale optree. Die bundel-eenheid word verder ondersteun deur die deurlopende teneur van verlies en vervreemding. Die verhale word ook op ‘n meer konkrete vlak saamgebind deur motiewe soos dié van die hond wat in die titel genoem word en op die mooi-ontwerpte voorblad figureer.

Volgens Van Vuuren (2010:15) is ―hierdie narratiewe [in Op reis met ’n hond] eintlik nie onafhanklike kortverhale nie, maar hang saam in ‘n soort boek-van-verhale, met meestal dieselfde omtrekke van dieselfde donker gestemde protagonis of hoofkarakter‖. Ook in Maal (2010) van Nicole Jaekel Strauss word die ―beweging in die rigting van die roman se groter omvang [...] onderstreep deur die delikate wyse waarop van die verhale bymekaar inhaak‖ (Viljoen 2010b:9). Crous (2010:19) wys op die strukturele ooreenkomste tussen hierdie twee tekste:

Opvallend van die (sic) twee kortverhaalbundels wat hierdie jaar verskyn het, naamlik Nicole Jaekel Strauss se Maal (produk van die Universiteit van Kaapstad se skryfskool) en Kemp se boek onder bespreking (produk van die Universiteit van Pretoria se skryfskool) is die sterk klem wat geplaas word op die eenheidsidee. Die bundels word nie meer ‘n versameling los verhale wat onder een titel saamgevoeg word nie. Die onderskeie verhale speel onderling op mekaar in. Karakters kom in meer as een verhaal voor en mens voel by tye jy lees eerder ‘n novelle.

Ook in Paul C. Venter se kortverhaalbundel In die mond van die wolf (2010) is daar ‘n sterk mate van eenheid tussen die afsonderlike kortverhale aanwesig. In hierdie geval word die verhale saamgesnoer deur herhalende karakters en ruimte. Cilliers (2010:6) noem hierdie teks byvoorbeeld ―‘n fyn beplande, ineengestrengelde kortverhaalbundel‖ en noem dat dit soos ‘n roman benader moet word: ―Die twintig kortverhale in die bundel [...] word chronologies as ‘n eenheid aangebied, dus moet die bundel liefs soos ‘n roman van voor af gelees word.‖

‘n Ander onlangse voorbeeld van ineengeweefde verhale wat saam ‘n groter geheel vorm, is Marlene van Niekerk se Die sneeuslaper (2010). Visagie (2010:9) wys daarop dat hierdie verweefde struktuur ‘n impak op die leser se interpretasie het:

Die verhale in Die sneeuslaper sluit by mekaar aan deurdat sommige karakters in meer as een verhaal opduik. Elke verhaal bied egter ‘n vars perspektief en verruim of ontwrig die leser se interpretasie wat nie tot ruste kan kom binne die grense van ‘n enkele verhaal nie.‖

Dit is dan ook hierdie tipe struktuur – ‘n aantal korter, outonome tekste wat saam ‘n groter geheel vorm – wat Willemien Brümmer se kortverhaaldebuut, Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008), kenmerk. Op die titelblad en flapteks word dié versameling tekste as ―kortverhale‖ benoem, maar met die lees van die bundel word dit duidelik dat Die dag toe ek my hare losgemaak het saamgestel is uit ‘n aantal korter, outonome verhale

115

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

wat gesamentlik ‘n groter, koherente geheel vorm. Gesamentlik beeld die verhale ‘n protagonis, Mia Ragel Albertyn, se ontwikkeling van meisie tot volwasse vrou uit (soos ook in Alle paaie lei deur Die Strand van Corlia Fourie die geval is).

Van Niekerk (2009:239) noem Die dag toe ek my hare losgemaak het dan ook ‘n ―mini-roman‖, terwyl Van Niekerk (2008:22) verwys na die ―aaneengekoppelde verhale van dié bundel‖. Volgens Cochrane (2008:9) bied ―die chronologiese struktuur [...] interessante moontlikhede aan die leser wat die bundel in sy geheel as ‘n tipe miniatuur-Bildungsroman óf elke verhaal as ‘n selfstandige eenheid kan lees‖.

Die skakeling van outonome korter tekste in ‘n groter geheel is reeds geruime tyd bekend in die Afrikaanse literatuurtradisie. De Vries (1989:13) noem in hierdie verband dat kortverhaalbundels van die sestigerjare ‘n tendens toon en

al hoe verder wegbeweeg van sommer maar ‘n willekeurige bymekaargooi van ‘n aantal geslaagde tekste [...] Hoewel elke teks in Duiwel-in-die-bos van Chris Barnard, Winterreis van Henriette Grové en Katastrofes van Breytenbach eerstens bedoel is om ‘n afgeronde eenheid te wees, is daar in elkeen van hierdie bundels struktuurelemente wat ‘n mens laat vermoed dat die bundel as eenheid juis só saamgestel is, hetsy bewustelik of onbewustelik.

Sedertdien verskyn daar ‘n groot aantal kortverhaalbundels waarin die verhale onderling op een of ander wyse met mekaar skakel. Interessante kortverhaalbundels in dié verband is onder meer Henriette Grové se Jaarringe (1966), Die donker melk van daeraad (1992) van George Weideman, Fransi Phillips se Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown (1985) en Herfsverhale (1992), Johann Botha se Groot vyf (1997), Chris Pelser se Soveel nagte plotseling (1991) en Alexander Strachan se ’n Wêreld sonder grense (1984).

Hierdie bundels staan in Afrikaans almal onder een noemer bekend: die eenheidsbundel. Aucamp (1978:56) beskryf hierdie tipe bundel as volg:

Daar is maniere waarop die skrywer sy reg kan bevestig om ‘n bepaalde tema/onderwerp tot in die oneindige toe te verken. Vir die digter en die kortverhaalskrywer is die sogenaamde eenheidsbundel ‘n uitvlug. (Dat dié soort bundel maklik ‘n kunsmatigheid kan word, is nie nou ter sake nie: dit gaan hier bloot om ‘n strategie.) Die jongste kortverhaalbundels in Afrikaans is meesal van dié aard: tekste wat deur tema en/of stemming, of selfs deur ‘n bepaalde verteltegniek, tot eenheid gebind word, met ‘n oorkoepelende titel ter verseëling van dié eenheid. Met sy bowetone van geweld en seks, som die titel Heupvuur die Afrika- en manswêreld van Haasbroek se bundel op. Welma Odendaal noem haar bundel Getuie vir die naaktes – ‘n gepaste titel vir verhale wat op die outsider-figuur konsentreer. Dink aan Duiwel-in-die-bos van Chris Barnard, met duiwel en bos as gemene delers, of aan Dubbeldoor en Vliegoog van De Vries.

Volgens Smuts (2003:100) is ―die mees voor die hand liggende bindings tussen tekste in eenheidsbundels [..] tematiese ooreenkomste en sirkulerende motiewe en simbole‖. Snyman (2011) beskou dan ook Sewe duiwels en wat hulle gedoen het (1905) van Jan Lion Cachet en Jaarringe van Grové as eenheidsbundels, terwyl Scheepers (2010:9) naas ’n Wêreld sonder grense ook onlangse bundels soos In die mond van die wolf en Die dag toe ek my hare losgemaak het as eenheidsbundels identifiseer.

116

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Wanneer die voorbeelde wat tot dusver genoem is, van nader beskou word, blyk dit egter dat die mate van outonomie (van die afsonderlike kortverhale) en koherensie (van die groter geheel) in ‘n groot mate wissel. Die mate van koherensie tussen die verskillende verhale wat geskep word deur verteller, karakters en ruimte in Strachan se ’n Wêreld sonder grense is byvoorbeeld baie sterker as die koherensie van tema wat in Sewe duiwels en wat hulle gedoen het van Cachet aan bod kom. Op soortgelyke wyse skep die ―oorkoepelende spanningslyn‖ (Snyman 2011) van Die dag toe ek my hare losgemaak het van Brümmer en ook van Alle paaie lei deur Die Strand van Fourie baie sterker koherensie tussen die verhale as wat die tematiese verwantskappe en ordening van verhale in Grové se Jaarringe byvoorbeeld tot gevolg het.

Dit val ook op dat daar in sommige van hierdie voorbeelde veral skakeling tussen sekere verhale in een bundel is. Daar is byvoorbeeld die Kersverhale (―Kom herwaarts getroues‖, ―Die Betlehem-ster‖ en ―Gebed om ‘n wonderwerk‖) in Jaarringe van Grové, asook die verhaalgroepe wat karakters deel (byvoorbeeld in ―Die konsert‖, ―Het begin‖ en ―Witbroodjie‖) of rondom die tema van moederskap op mekaar inspeel (byvoorbeeld ―Katinka kook‖, ―Die fees van Gent‖, ―Aangekla‖ en ―Piekniek in die park‖) in Jaekel Strauss se Maal, wat baie sterker met mekaar skakel as met die res van die onderskeie bundels. Dit laat die vraag ontstaan of daar in sekere van hierdie gevalle werklik sprake is van bundeleenheid, en of daar nie eerder sprake is van eenheid tussen verhaalgroepe nie.

Die probleem van wisselende mates van koherensie tussen verhale blyk ook wanneer tema as ‘n tradisionele ordeningsbeginsel van ‘n eenheidsbundel in ‘n paar van hierdie voorbeeldbundels beskou word. Die tema boosheid in Duiwel-in-die-Bos (1968) van Chris Barnard wat dinamies van verhaal tot verhaal ontwikkel om die verskillende manifestasies van boosheid en die ontwykende aard daarvan te ondersoek, kan byvoorbeeld nie eintlik vergelyk word met die verskillende sondes van Sewe duiwels en wat hulle gedoen het van Cachet of die ―samehorigheid‖ van tema en aanbieding (Pakendorf 2007:4) wat Tom Dreyer se Polaroid (2007) en ‘n groot aantal ander onlangse tekste kenmerk nie. Die meeste kortverhaalbundels toon immers ‘n mate van eenheid deur tema en styl. In hierdie verband wys Human (2007:13) op ―die huidige tendens – ‘n mens sou dit ook ‗mode‘ kon noem – om ‘n kortverhaalbundel rondom ‘n sentrale tema of ordenende beginsel saam te stel‖. Aucamp (1978:150) vra ook reeds in ‘n lesing in 1977: ―Hoe het dit gebeur dat die eenheidsbundel binne die Afrikaanse letterkunde tot ‗norm‘ gepromoveer is?‖

Hierdie kwessies laat ‘n aantal vrae oor huidige tendense in die Afrikaanse kortverhaalkuns ontstaan. Is die term eenheidsbundel as sambreelterm geskik om te verwys na bundels waarin daar bloot ooreenkomste tussen verhale aangedui kan word – dikwels deur tematiese verwantskappe tussen verhale of deur herhalende motiewe, en dan ook ―soms ná vernuftige speurtogte‖ (Aucamp 1978:150) – aan die een kant, en bundels (veral onlangse bundels soos Die dag toe ek my hare losgemaak het, In die mond van die wolf, Op reis met ’n hond en Die sneeuslaper) waarin die verhale so dig verweef is deur ‘n verskeidenheid tegnieke dat die interpretasie van die korter tekste gewysig word deur die spesifieke plasing daarvan binne bundelverband? En hoe kan daar funksioneel onderskei word tussen bundels waar daar sterk koherensie tussen al die verhale tot stand kom (soos in Die dag toe ek my hare losgemaak het) enersyds en bundels waarin daar slegs sterk koherensie tussen sommige verhale is (soos in Maal) andersyds?

‘n Aanknopingspunt tot hierdie kwessies word gedeeltelik gevind in Brink (2008:9) se resensie van Die dag toe ek my hare losgemaak het, waarin hy hierdie bundel se generiese kodes met internasionale ontwikkelings in verband bring: ―Dit behoort tot ‘n genre wat

117

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die afgelope paar dekades in die wêreldliteratuur al meer prominent geraak het: op die oog af ‘n versameling kortverhale wat elkeen afsonderlik kan bestaan, maar wat ook as ‘n groeiende groter geheel saamgelees kan word.‖

Dit wil voorkom asof Brink met hierdie uitspraak suggereer dat die struktuur van Die dag toe ek my hare losgemaak het vergelykbaar is met dié van tekste soos Dubliners (1914) van James Joyce, Sherwood Anderson se Winesburg, Ohio (1919), Ernest Hemingway se In our time (1925), Olinger stories (1964) van John Updike, Lives of girls and women (1971) van Alice Munro, John Fowles se The ebony tower (1974) en Jamaica Kincaid se Annie John (1983). Hierdie tekste ressorteer onder ‘n vorm wat sedert die eerste verskyning van ‘n teoretiese werk oor hierdie genre, Ingram se Representative short story cycles of the twentieth century: Studies in a literary genre (1971), as die short story cycle bekend staan, alhoewel ‘n aantal ander terme ook al vir hierdie vorm voorgestel is: composite novel, short story sequence, short story composite, story-novel, fragmentary novel en rovelle. Die verskillende terminologiese kwessies word later in die artikel ondersoek, maar vir die doeleindes van hierdie artikel word die term wat Ingram voorstel, as primêre term vir hierdie vorm gekies en as kortverhaalsiklus vertaal.

Hierdie moontlike verband tussen die struktuur van Die dag toe ek my hare losgemaak het en die vorm wat as die short story cycle in Engelse literatuurkritiek bekend staan, bring ook ‘n aantal ander kwessies onder die soeklig. Is dit byvoorbeeld juis om aan te voer dat eenheidsbundel die Afrikaanse term vir hierdie vorm is? Of bied teorieë oor die kortverhaalsiklus ‘n meer genuanseerde beskouing van die spesifieke aard van hierdie tipe tekste en daarby as ‘n vorm wat op spesifieke wyses van die beskouing van ‘n Afrikaanse eenheidsbundel verskil? Wat is dan die spesifieke genrekonvensies van die kortverhaalsiklus? En sou ‘n beskrywing van hierdie genre nuttig wees om ook ander Afrikaanse tekste mee te benader, of is Die dag toe ek my hare losgemaak het ‘n geïsoleerde voorbeeld van hierdie genre wat Brink in die Afrikaanse letterkunde identifiseer?

Snyman (2011) noem dat die onduidelikheid oor hierdie vorm ‘n impak het op die produksie en bemarking van hierdie tipe tekste, en dat ―[d]ie gebrek aan ‘n behoorlike beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans [...] waarskynlik ‘n rol hierin [speel]‖. Hierdie studie poog om in hierdie verband ‘n bydrae te lewer.

2. Probleemstelling

Die oorhoofse doel van hierdie studie is om outonomie en koherensie as generiese merkers in Die dag toe ek my hare losgemaak het te ondersoek volgens teoretiese beskouings van die kortverhaalsiklus of saamgestelde roman as genre.

Hierdie artikel, wat as eerste deel van die studie die teoretiese uiteensetting vorm, word in terme van drie aspekte gestruktureer. Eerstens sal bepaal word of daar ‘n verskil is tussen die tipe bundel wat in die Afrikaanse tradisie as eenheidsbundels bekend staan en die genre wat in internasionale genrekritiek ‘n kortverhaalsiklus genoem word. Tweedens sal uiteenlopende teoretiese beskouings oor die kortverhaalsiklus ontleed word ten einde ‘n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus vir die doeleindes van hierdie studie daar te stel. Derdens sal ‘n uiteensetting verskaf word van die onderskeie beginsels wat volgens Dunn en Morris (1995) koherensie tussen afsonderlike tekste kan bewerkstellig, naamlik ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling.

118

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hierdie teoretiese raamwerk sal in die tweede deel van die studie (―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ‘n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer‖) as vertrekpunt gebruik word in ‘n ontleding van die generiese kodes van Die dag toe ek hare losgemaak het, veral wat betref die strukturele en tematiese gevolge van hierdie kodes.

3. Teoretiese uitgangspunte

3.1 Die onderskeid tussen eenhede, siklusse en reekse in die kortprosa

Versamelings kortprosatekste wat op een of ander manier met mekaar skakel, is ‘n bekende literêre gegewe. Veral in die Afrikaanse literatuurtradisie, waarin daar selfs ‘n sterk voorkeur vir die sogenaamde eenheidsbundel begin ontstaan het, is dit nodig om te onderskei tussen verskillende tipes versamelings en verskillende wyses waarop outonomie en koherensie in elk van hierdie tipes versamelings tot stand kom.

De Vries (1989:13) noem dat daar reeds in die sestigerjare die tendens ontstaan het om kortverhale nie maar willekeurig bymekaar te gooi in ‘n bundel nie, maar as eenheid op ‘n spesifieke wyse saam te stel, ―hetsy bewustelik of onbewustelik‖. Aan die einde van die sewentigerjare noem Aucamp (1978:150) dat die ―eenheidsbundel binne die Afrikaanse letterkunde tot ‗norm‘ gepromoveer is‖ en dat ―daar wel ‘n voorskriftelikheid aan die posvat is omtrent eenheidsbundels‖ (1978:151). Meer onlangs wys Human (2007:13) ook op die ―huidige tendens – ‘n mens sou dit ook ‗mode‘ kon noem – om ‘n kortverhaalbundel rondom ‘n sentrale tema of ordenende beginsel saam te stel‖.

Weens die bevoorregte posisie wat eenheidsbundels in die kortverhaaltradisie in Afrikaans beklee, is dit nie verbasend dat die begrip eenheid soms as kwalitatiewe maatstaf aangewend word in die evaluering van kortverhaalbundels nie. In ‘n onlangse resensie van Jaekel Strauss se kortverhaalbundel Maal vel die resensent byvoorbeeld ‘n implisiete waarde-oordeel deur gebruik te maak van eenheid om gehalte te meet:

Goeie kortverhaalbundels kan tekste wees wat ‘n besonder ryk leeservaring opdis: nie net kan die onderskeie verhale as selfstandige stories gelees word nie, maar die goeie outeur het ook die vermoë om al die verhale van die bundel saam te heg en te omsluit in ‘n betekenis wat uitgroei bo dié van die dele waaruit dit bestaan. Dit word gewoonlik gedoen deurdat bepaalde motiewe herhaal, sodat wedersydse toespelings tussen die verhale plaasvind. (Van den Berg 2010:7)

Aucamp (1978:148) noem in hierdie verband dat ―beskrywende terme [veral vir kortprosatekste] met verloop van tyd verkeerdelik waarde-oordele word‖. Binne die konteks van sulke evaluatiewe uitsprake, waarvolgens bundels waarin die verhale op een of ander wyse met mekaar skakel, ―beter‖ geag word as heterogene bundels, is dit dan ook nie verbasend dat ‘n groot aantal kortverhaalbundels as eenheidsbundels saamgestel word nie. Aucamp (1978:150) lê ook die rede vir die hiërargies-bevoorregte posisie van die eenheidsbundel voor die deur van kritici, ―want vir die kritikus hou die eenheidsbundel dié voordeel in dat daar met gemene delers gewerk kan word‖. Hy wys egter daarop dat eenheid in ‘n kortverhaalbundel nie gehalte waarborg nie:

Maar as daar verwantskappe tussen verhale aangewys kan word, soms ná vernuftige speurtogte, wil dit nie sê dat ‘n bundel literêr geslaag het nie. Nee,

119

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

daar kán nie gesê word dat die bundel geslaag het nie, want idee is losgemaak van ander elemente waarmee dit osmoties saamleef, naamlik karakter, tyd, ruimte en handeling [...] En bundeleenheid hóéf nie op tema of stemming te berus nie [...]. Gehalte; [...] dít bly die oppermagstigste eenheidsbewerker. Waar tema en idee oorheers, bestaan die gevaar dat mindere verhale en gedigte, selfs prulle, vergoelik word omdat hulle bydra tot ‘n boeiende intellektuele argument. (Aucamp 1978:150–1; sy kursivering)

Implisiet in hierdie uitspraak van Aucamp is dat eenheidsbundels nie altyd tot ‘n verrykende leeservaring lei nie. Hy beskryf hierdie probleem aan die hand van Grové se bundel Jaarringe:

Aanverwante verhale, onmiddellik ná mekaar gelees, het die manier om mekaar uit te kanselleer.

Lees bv. vier, vyf verhale in Jaarringe onmiddellik ná mekaar; die eendersheid van vertelgrepe en ―metafisika‖ is geneig om verdowend in te werk op die leser. Maar lees enige verhaal in Jaarringe in isolasie, al is dit in die betreklike isolasie van ‘n bloemlesing, en jy is opnuut verstom oor die vertellersgawe van Henriette Grové. (Aucamp 1978:150)

Opsommend kan daar dus aangevoer word dat eenheidsbundels wel ‘n mate van koherensie tussen die verhale daarstel, al is dit gewoonlik bloot deur tema of stemming. In ander bundels wat tot dusver ook as eenheidsbundels in die Afrikaanse literatuurkritiek beskou is, is die koherensie egter so sentraal tot ‘n interpretasie van die teks dat kritici nie saamstem oor die generiese kodes van die teks nie. ‘n Funksionele voorbeeld in hierdie verband is Strachan se ’n Wêreld sonder grense – ‘n teks wat onlangs deur beide Snyman (2011) en Scheepers (2010) in hulle besprekings van Die dag toe ek my hare losgemaak het en In die mond van die wolf ‘n eenheidsbundel genoem word en beskou word as voorloper van die vorm van die onlangse tekste wat in die inleiding van hierdie artikel genoem word.

Smuts (1984:13) skryf in sy resensie van ’n Wêreld sonder grense dat dit ‘n eenheidsbundel is, maar dat daar meer skakeling tussen die verhale is as wat met vroeëre eenheidsbundels die geval is:

Die noukeuriger beplanning van ‘n groter geheel waarin afsonderlike tekste verrykend op mekaar inspeel, is bekend uit o.m. kortverhaalbundels van Barnard, De Vries en Aucamp. Strachan voer dit tot op hede waarskynlik die verste in Afrikaans. Binding word bereik deur byvoorbeeld korresponderende temas, deurlopende karakters, oorkoepelende ruimtes, sirkulerende simbole en ‘n eenheid t.o.v. perspektief en vertellerstem.

Uiteindelik argumenteer Smuts (1984:13) dat Strachan met hierdie teks ―by ‘n nuwe subgenre uitkom deurdat hy die eenheidsbundel tot baie na aan die episodiese roman bring‖.

Ook volgens Anker (2008:99) vertoon ’n Wêreld sonder grense ‘n digter samehang as wat gewoonlik met die eenheidsbundel die geval is:

120

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hierdie verhaal [die slotverhaal, ―Visioen‖] kan in ‘n groot mate gelees word as die laaste hoofstuk van ‘n novelle; die tekste is veel meer verwikkeld as in die geval van ‘n gewone bundel, of selfs ―eenheidsbundel‖, wat gewoonlik nie veel meer as temas of enkele karakters deel nie.

Aucamp (1984:12) is ook van mening dat ’n Wêreld sonder grense tekenend is van ‘n langer prosateks:

Vir my is ’n Wêreld sonder grense eerder ‘n bepaalde soort roman, een waarvan Afrikaans eintlik net een ander voorbeeld het, En kyk, ’n wit perd van Wiets Beukes. Wat hierdie twee ―romans‖ bind, is ‘n byna eksentrieke weglaat van brugpassasies en hoofstukke.

Op grond van hierdie uitsprake is dit duidelik dat ’n Wêreld sonder grense nie eintlik as ‘n eenheidsbundel beskou kan word nie, aangesien die tekste daarin ‘n baie nouer samehang bewerkstellig as wat met die eenheidsbundel die geval is.

Wanneer daar verder ondersoek ingestel word na die generiese eienskappe van hierdie teks, is dit insiggewend dat Van Coller (1984:6) noem dat ’n Wêreld sonder grense ―een van die beste voorbeelde van ‘n prosasiklus in Afrikaans‖ is. Ook Smuts (1984:13) argumenteer dat die teks ooreenkomste met die siklus vertoon.

Hierdie beskouings van Van Coller en Smuts van ’n Wêreld sonder grense as ‘n tipe prosasiklus skakel ook met Brink (2008:9) se uitspraak oor Die dag toe ek my hare losgemaak het as ‘n aparte genre wat ―in die wêreldliteratuur meer prominent geraak het: op die oog af ‘n versameling kortverhale wat elkeen afsonderlik kan bestaan, maar wat ook as ‘n groeiende groter geheel saamgelees kan word‖. By die bekendstelling van Die dag toe ek my hare losgemaak het verwys Brink ook na hierdie vorm as ‘n ―kortverhaal-roman‖ (Snyman 2011). Dit is ‘n interessante afwyking van die tradisionele Afrikaanse benoeming eenheidsbundel, en in die Engelse literatuurkritiek is story-novel ‘n ander term vir die kortverhaalsiklus (Lundén 1999:12). Die uitsprake deur Brink (2008), Smuts (1984) en Van Coller (1984) dui daarop dat Die dag toe ek my hare losgemaak het en ’n Wêreld sonder grense potensieel meer produktief as kortverhaalsiklusse (eerder as eenheidsbundels) gelees kan word.

Ingram (1971:19), die eerste teoretikus oor die kortverhaalsiklus, omskryf hierdie vorm as ―a book of short stories so linked to each other by their author that the reader‘s successive experience on various levels of the pattern of the whole significantly modifies his experience of each of its component parts‖.

Dit is wel die geval met ’n Wêreld sonder grense. Van Coller (1984:6) noem byvoorbeeld dat die slotverhaal funksioneel vir die siklus is omdat dit die eerste verhaal in reliëf plaas, en dat die sikliese aard van die bundel

‘n sekere belangrikheid selfs aan mindere verhale [verleen] omdat hulle bepaalde motiewe ontwikkel (byvoorbeeld die fasade van onverskilligheid en die skuldbesef in ―Koebaai‖), sekere noodsaaklike voorbereidende inligting verskaf (byvoorbeeld ―Die muurprent‖ ten opsigte van Jock se apatie) óf as belangrike aanvulling dien vir ander verhale (vergelyk byvoorbeeld ―Nagvlug‖ se relativerende funksie van ―Vergelding‖).

Dit is ook die geval met byvoorbeeld Die dag toe ek my hare losgemaak het, soos in die volgende deel van hierdie studie aangetoon word.

121

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Dit is nie die geval met wat tradisioneel in Afrikaans die eenheidsbundel genoem word nie. Die mate van koherensie in die eenheidsbundel is meestal beduidend minder as in die kortverhaalsiklus, want by die eenheidsbundel skep die gedeelde tema, stemming of verteltegniek hoogstens ‘n geheelindruk, maar sonder dat die afsonderlike verhale binne bundelverband ‘n bykomende betekenis of interpretasiemoontlikheid verkry wat verlore gaan wanneer die verhale in isolasie gelees word. Gevolglik is die hantering van elemente wat eenheid in die eenheidsbundel skep, soms minder funksioneel of word dit ‘n ―kunsmatigheid‖ (Aucamp 1978:56). In die kortverhaalsiklus, aan die ander kant, is die skakeling tussen verhale meestal funksioneel beide op kortprosa- en eenheidsvlak. Daar bestaan egter nie deurlopende konsensus oor die funksionaliteit van eenheidsmerkers in die interpretasie van hierdie tipe tekste nie.

Die resepsie van ’n Wêreld sonder grense belig ook ‘n ander kwessie oor die kortverhaalsiklus. Aucamp (1984:12) noem in sy resensie van die teks ‘n aantal voorbeelde van ―aaneengeskakelde kortverhale‖ in die Engelse en Duitse letterkunde, onder andere Winesburg, Ohio van Anderson en Dubliners van Joyce. Alhoewel Aucamp nie spesifiek die term gebruik nie, beskou teoretici van die kortverhaalsiklus hierdie twee Engelstalige kortverhaalbundels as voorbeelde van die kortverhaalsiklus. Aucamp is egter huiwerig om ’n Wêreld sonder grense met hierdie vorm te verbind, aangesien die spanning tussen outonomie en koherensie in Strachan se teks anders is as in dié van Anderson en Joyce:

Tog is al die verhale in die gemelde bundels [onder meer Anderson se Winesburg, Ohio en Joyce se Dubliners] outonoom, soos bloemlesings keer op keer uitwys, al sou die tematiese of streeksverwantskap tussen verhale hóé sterk wees. Dis hier waar Strachan se bundel problematies word. Behalwe dat sommige karakters deurlopend is, is daar ook kruisverwysings wat die outonomie van afsonderlike tekste raak. Die openingsverhaal, ―Herinnering‖, en ―Grootmanne se hoesgoed‖, is waarskynlik die beste voorbeelde van selfstandige kortverhale, maar die slotteks, ―Visioen‖, steun byvoorbeeld swaar op die leser se voorkennis van Jock. (Aucamp 1984:12)

As gevolg van hierdie kwessies oor outonomie van die afsonderlike tekste in die bundel beskou Aucamp ’n Wêreld sonder grense eerder as ―‘n bepaalde soort roman‖. Die wisselende mates van outonomie van die tekste in ’n Wêreld sonder grense – met sekere tekste wat as outonome kortverhale beskou kan word (soos ―Grootmanne se hoesgoed‖) en ander wat nie op sigself heeltemal geslaagd is nie en eerder ander tekste in die bundel ondersteun (soos ―Die muurprent‖) en nog ander wat nie eintlik outonoom kan funksioneer nie, maar tog funksioneel vir die bundel is juis omdat dit ‘n verdere interpretatiewe sleutel verskaf (soos ―Visioen‖) – veroorsaak dat teoretici verskil in hulle klassifikasie van die teks: volgens Aucamp (1984) is hierdie teks eerder ―‘n bepaalde soort roman‖ omdat nie al die tekste outonoom kan funksioneer nie; Van Coller (1984) beskou ’n Wêreld sonder grense as ‘n prosasiklus; vir Anker (2008:99) is die teks eerder ‘n novelle; Snyman (2011) en Scheepers (2010) beskou albei hierdie teks as ‘n eenheidsbundel; en Smuts (1984) kom tot die slotsom dat ’n Wêreld sonder grense ‘n nuwe subgenre daarstel en ‘n hibriede vorm iewers tussen die eenheidsbundel en die episodiese roman is. Tog raak hierdie teoretici sonder uitsondering een van die sentrale kwessies van die kortverhaalsiklus aan, naamlik die spanning tussen outonomie en koherensie. Dit is sentraal tot die kortverhaalsiklus, soos Ingram (1971:19) aandui: "Every short story cycle displays a double tendency of asserting the individuality of its components on the one hand and of highlighting, on the other hand, the bonds of unity which make the many into a single whole.‖

122

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Volgens Bruwer (2003:5) is ―[e]enheid versus outonomie [...] ‘n konsep wat byna sonder uitsondering deur alle ondersoekers van siklusse aangeraak word, hetsy dit op kortverhaal-, poësie- of prosasiklusse betrekking het‖. Hierdie eienskappe en moontlikhede van die kortverhaalsiklus word in die volgende afdeling breedvoerig bespreek. Soos duidelik blyk uit die verskillende uitsprake oor ’n Wêreld sonder grense, kan daar wel afgelei word dat die term eenheidsbundel nie geskik is vir tekste waarin die spanning tussen outonomie van die korter tekste en koherensie van die groter geheel so sentraal is nie. Gevolglik word die term kortverhaalsiklus vir hierdie tipe tekste gebruik.

Omdat daar die afgelope ruk ‘n aantal tekste verskyn het waarin die kwessie van outonome korter tekste in ‘n groter geheel ‘n rol speel (opmerklik as produkte van skryfskole aan universiteite), is dit ook nodig om ‘n ander moontlikheid van skakels tussen tekste hier te belig.

Jaekel Strauss se kortverhaalbundel Maal word byvoorbeeld ook deur resensente as eenheidsbundel benoem, of in dieselfde asem as tekste soos Op reis met ’n hond genoem. Tog is daar beduidende verskille tussen hierdie twee tekste. Laasgenoemde maak van ‘n deurlopende verteller gebruik en werk met meer spesifieke motiewe en ruimtes. In Maal, aan die ander kant, is daar wel karakters wat in meer as een verhaal voorkom (maar nie deurlopend nie), meer uiteenlopende ruimtes en vertellers, en ‘n wyer verskeidenheid tematiese kwessies wat in verskillende verhale aan bod kom. Dit veroorsaak dat daar nie uitermate sterk koherensie tussen al die verhale in die bundel voorkom soos in die kortverhaalsiklus nie, alhoewel sekere tematiese elemente (soos die stedelike ruimtes, die voorbereiding en eet van maaltye as motief en gesinsdinamiek as tema) wel ‘n mate van eenheid tussen die verhale in bundelverband skep. Hoewel daar byvoorbeeld ooreenkomste gevind kan word in die gedeelde temas van familiemaaltye, gesinsdinamiek en sielkundige kwessies in ―Dryf‖ en ―Witbroodjie‖, is daar nie ander elemente wat die verhale met mekaar bind nie. Die temas van hierdie twee verhale skep saam ‘n geheelindruk van die verskillende implikasies wat sielkundige kwessies op familiebande kan hê, maar sonder dat die twee verhale ‘n bykomende betekenis verkry wanneer hulle saam gelees word wat nie in een van die verhale afsonderlik heeltemal realiseer nie.

Viljoen (2010b:9) noem in haar resensie van die bundel dat daar sinvolle samehang tussen groepe verhale (en dus nie die bundel as geheel nie) is:

Die beweging in die rigting van die roman se groter omvang word verder onderstreep deur die delikate wyse waarop van die verhale by mekaar inhaak. Só leer ken ‘n mens in ―Proviand‖ die man van die vrou in ―Piekniek in die park‖ wat nie van haar gestorwe kind kan afskeid neem nie, terwyl die klein sigeunerdief in eersgenoemde verhaal terugkeer as ‘n wrokkige trekarbeider in ‘n later verhaal. Dit is egter veral in ―Die konsert‖, ―Het begin‖ en ―Witbroodjie‖, wat gesamentlik die verhaal van ‘n suksesvolle konsertpianis en haar dwelmverslaafde broer vertel, waarin die samehang besonder sinvol is.

In ‘n onderhoud met Daniel Hugo noem Jaekel Strauss self dat al die verhale nie met mekaar skakel nie, al word dieselfde karakters in sommige verhale aangetref:

Ek het aanvanklik gedink ek gaan die boek so struktureer dat élke storie in die boek ‘n verbintenis het tot een of ander storie in die boek sodat dit amper ‘n sirkelbundel is, maar op die ou einde het ek daarteen besluit. So ek het maar net soos wat die gier my gevat het ‘n ou karakter gebruik, of iemand met wie ek

123

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

nog nie klaar was nie weer êrens anders ingedruk. (Hugo en Jaekel Strauss 2010)

‘n Soortgelyke geval kan gevind word in Grové se bundel Jaarringe, waarin die Kersverhale sterker met mekaar skakel as met die res van die bundel (Smuts 2003). Ook in Breyten Breytenbach se bundel Katastrofes (1964) is daar ‘n aantal verhale wat baie nouer by mekaar aansluit as met die res van die verhale in die bundel.

Dit is interessant dat al drie hierdie bundels – Grové se Jaarringe, Breytenbach se Katastrofes en Jaekel Strauss se Maal – op grond van geheelelemente ook as eenheidsbundels getipeer is. Dit laat die vraag ontstaan of daar dalk terminologie bestaan wat wel hierdie sterk onderlinge verhaalkoherensie in eenheidsbundels of in heterogene bundels kan beskryf.

Aucamp (1978:56–7) argumenteer dat daar twee maniere is waarop ‘n skrywer ‘n bepaalde tema of onderwerp in meer as een verhaal kan benut. Die eerste moontlikheid wat Aucamp noem, is die eenheidsbundel. Die tweede moontlikheid is verhaalreekse:

Nog ‘n manier waarop die skrywer kan laat blyk dat hy doelbewus met dieselfde tema bly werk, is die ―reeks‖-tegniek – vgl. ―kersverhaal‖ en ―kersverhaal 2‖, en ―selfmoord 1‖, ―selfmoord 2‖ en ―selfmoord 3‖, almal van Breyten Breytenbach, en opgeneem in Katastrofes. En dan is daar die ―Brood‖-verhale van Abraham H. de Vries, t.w. ―Brood: variasie op ‘n tema (Dubbeldoor); ―Brood(2)‖ (Vliegoog) en ―Brood (3)‖ (Twee maal om die son).

Wat konstitueer ‘n reeks? Sekerlik nie die ―wiskundige‖ eis dat daar van teks tot teks progressie moet wees nie: tematiese en tegniese ooreenkomste sou eerder die vertrekpunt moet wees.

Hoewel Aucamp hier veral op tema fokus, sou dit eweneens van toepassing kon wees op epiese elemente soos karakter, tyd en ruimte. Al word dit nie aangedui deur die titels van die verhale soos in die voorbeelde wat Aucamp noem nie, sou die drieluik in Maal (―Die konsert‖, ―Het begin‖ en ―Witbroodjie‖) – waarvan Viljoen (2010b:9) die samehang as besonder sinvol beskou – as sodanig benader kon word. Ook die verhale oor Johanna Appelgryn (―Die legende van Johanna Appelgryn‖ in Die geel geluid van die son, 1991 en ―Vuur in die bloed‖ in Geniet die oorlog, die vrede gaan erger wees, 1993) van P.H. Roodt kan in hierdie opsig vermeld word. Uiteraard kan hierdie reekse binne die kader van ‘n enkele bundel voorkom (soos in Katastrofes, Jaarringe en Maal) of binne meer as een bundel (soos in die geval van Roodt en De Vries s‘n).

Uit hierdie oorsig is dit duidelik dat outonome kort tekste op ‘n verskeidenheid wyses met mekaar kan skakel en dat elk van hierdie beginsels ‘n ander impak op die koherensie van die geheel het. In die geval van die eenheidsbundel bestaan daar skakels tussen die verskillende verhale wat veroorsaak dat die bundel ‘n bepaalde geheelindruk skep op grond van die tema of motiewe wat in die teks aan bod kom. In die kortverhaalsiklus is die skakels tussen die verhale meer prominent en word die interpretasie van die enkelteks beïnvloed wanneer dit binne bundelverband gelees word. In die geval van die kortverhaalreeks kan die effek soortgelyk wees aan dié van die eenheidsbundel óf die kortverhaalsiklus, veral as die reeks binne ‘n enkele kortverhaalbundel aangebied word. Die kortverhaalreeks beïnvloed egter nie noodwendig bundeleenheid nie (ook omdat opeenvolgende tekste in ‘n reeks nie noodwendig in dieselfde bundel voorkom nie), hoewel verhaalreekse dikwels in

124

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

eenheidsbundels – waarin die eenheid op ‘n bykomende aspek van die hele bundel berus – voorkom.

In die volgende afdeling verskuif die fokus na teoretiese uiteensettings van die kortverhaalsiklus.

3.2 ’n Problematiese genre: uiteenlopende teoretiese beskouings oor die kortverhaalsiklus

Daar verskyn regdeur die 20ste eeu tekste wat as kortverhaalsiklusse gereken kan word, soos Three lives (1909) van Gertrude Stein, Dubliners van Joyce, In our time van Hemingway, Go down, Moses (1942) van William Faulkner, Olinger stories van Updike, The ebony tower van Fowles, Annie John van Kincaid en The stories of Eva Luna (1991) van Isabel Allende. Dunn en Morris (1995:xix-xxxi) bied ‘n verteenwoordigende lys van tekste behorende tot dié genre in Engels vanaf 1820 tot 1993.

In die Afrikaanse letterkunde kan die volgende tekste benewens ’n Wêreld sonder grense ook as kortverhaalsiklusse beskou word: Barnard se Duiwel-in-die-Bos, Phillips se Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown en Herfsverhale, Pelser se Soveel nagte plotseling, Weideman se Die donker melk van daeraad, Botha se Groot vyf, en ook ‘n aantal onlangse tekste, insluitend Die dag toe ek my hare losgemaak het (Brümmer), Alle paaie lei deur Die Strand (Fourie), In die mond van die wolf (Venter), Op reis met ’n hond (Kemp) en Die sneeuslaper (Van Niekerk).

Hierdie genre is ook in die Engelstalige Suid-Afrikaanse letterkunde redelik bekend. Prominente voorbeelde is: The Little Karoo (Pauline Smith 1925), Mafeking road (1947) en Cold stone jug (1948) (Herman Charles Bosman), The collector of treasures (Bessie Head, 1977), The hajji and other stories (Ahmed Essop, 1978), Fools and other stories (Njabulo Ndebele, 1983), You can’t get lost in Cape Town (Zoë Wicomb, 1987), Footprints in the quag: Stories and dialogues from Soweto (Miriam Tlali, 1989), en Ivan Vladislavić se The exploded view (2004) en Portrait with keys (2006).

Daar is ook al ‘n aantal akademiese studies oor die Engelse kortverhaalsiklus in Suid-Afrika onderneem (vgl. Adendorff 1986; Marais 1992, 1995, 1996, 2001 en 2005). Volgens Bruwer (2003:13) is die kortverhaalsiklus al breedvoerig in Suid-Afrika ondersoek:

Merkwaardig baie is in Suid-Afrika gepubliseer oor die kortverhaalsiklus, terwyl die langer prosagenres sover minder aandag geniet het; merkwaardig veral gesien in die lig daarvan dat daar in Afrikaans prosasiklusse van sulke hoogstaande gehalte, soos die sikliese werk van Etienne Leroux, Strachan en Schoeman bestaan.

Wanneer ondersoek ingestel word na Afrikaanse kortverhaalsiklusse as spesifieke tipe prosasiklus word dit egter duidelik dat daar in werklikheid redelik min oor hierdie genre in Afrikaans gepubliseer is ten spyte van die prominente plek wat die kortverhaal in die Afrikaanse letterkunde beklee. Bruwer (2003:9–13) skenk in haar studie van Henk van Woerden en die langer prosasiklus kortliks aandag aan die kortverhaalsiklus en die poësiesiklus (sy is ook een van die enkele ondersoekers wat wel die term kortverhaalsiklus gebruik), maar die navorsingsliteratuur oor die Suid-Afrikaanse kortverhaalsiklus is beperk tot toepassings op Suid-Afrikaanse Engelse tekste. Die bekendste vollengte-studie wat tot dusver oor outonomie en koherensie in Afrikaanse kortverhaalbundels onderneem is, is die MA-verhandeling van Smuts getiteld ―Die

125

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kortverhaalbundel as eenheid‖ (1982). Sy toon aan dat Duiwel-in-die-Bos van Barnard as ‘n siklus funksioneer, al verwys sy deurgaans na die teks as ‘n eenheidsbundel.

Weens die gebrek aan teoretiese besinnings oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans verskuif die aandag gevolglik na internasionale tekste oor hierdie verskynsel.

Hoewel verskeie resensente van vroeëre kortverhaalsiklusse die komplekse generiese merkers in sommige van hierdie tekste uitwys, kan Ingram (1971) se Representative short story cycles of the twentieth century: Studies in a literary genre as die eerste teoretiese uiteensetting van die kortverhaalsiklus beskou word. Belangrike opvolgwerke sluit in dié van Mann (The short story cycle: A genre companion and reference guide, 1989), Dunn en Morris (The composite novel: The short story cycle in transition, 1995), Kennedy e.a. se essays (Modern American short story sequences: composite fictions and fictive communities, 1995), Lundén (The united stories of America: Studies in the short story composite, 1999), Lynch (The one and the many: English-Canadian short story cycles, 2001), Nagel (The contemporary American short-story cycle: The ethnic resonance of genre, 2004) en Whalan (Race, manhood, and modernism in America: the short story cycles of Sherwood Anderson and Jean Toomer, 2007). Soms word daar ook in meer algemene tekste oor die kortverhaal en teoretiese versamelings ruimte afgestaan aan die kortverhaalsiklus (sien byvoorbeeld Lohafer en Clarey 1989, Reid 1977, Kelley 2000, Davis 2001, Donahue 2003, Kleppe 2004, Junquera 2007 en Birkenstein 2010).

Soos reeds vermeld, gebruik Ingram (1971:19) die term short story cycle, wat ons as kortverhaalsiklus vertaal het, om te verwys na ―a book of short stories so linked to each other by their author that the reader‘s successive experience on various levels of the pattern of the whole significantly modifies his experience of each of its component parts‖.

Die spanning tussen die enkele en die meervoudige staan sentraal: ―Every short story cycle displays a double tendency of asserting the individuality of its components on the one hand and of highlighting, on the other hand, the bonds of unity which make the many into a single whole‖ (Ingram 1971:19). Hierdie spanning beklee volgens Ingram (1971:203) so ‘n sentrale posisie dat kortverhaalsiklusse as ‘n aparte genre beskou moet word en nie sonder meer as ‘n afgeleide vorm van die kortverhaalbundel of roman nie.

Mann (1989) en Tomashevsky (1978) deel hierdie beskouing en laasgenoemde beklemtoon die rangskikking van die verskillende tekste in ‘n enkele volume (1978:82) – ‘n aspek wat Ingram (1971:19–20) beweer volgens die skrywer se diskresie plaasvind. Op grond van skrywersintensie onderskei Ingram (1971:17) tussen saamgestelde siklusse (wat die skrywer van meet af geskryf het met die bedoeling om ‘n siklus te vorm), gerangskikte siklusse (wat ná voltooiing as kortprosa bymekaargevoeg is deur die skrywer of redakteur) en voltooide siklusse (‘n geval waarin die skrywer iewers in die loop van die skryf van die individuele tekste bewus geraak het van sekere bindingsmotiewe en dit toe verder uitgebrei het tydens die voltooiingsproses).

Kennedy (1995:ix) staan krities teenoor hierdie skrywergesentreerde beskouing van hierdie tipe tekste:

But this plausible scheme of classification depends crucially upon details of composition history that may remain ambiguous or even inaccessible to the scholar-critic […]. In a sense, every single-author volume of stories manifests certain narrative homologies, commonalities of style or sensibility, that (in the absence of scholarly evidence) might be construed as a predetermined design.

126

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Given the ultimate inscrutability […] of authorial intention, we face the impossibility of distinguishing in certain cases between ordered sequences and mere selections of stories editorially arranged.

Skrywersintensie en genetiese agtergrondinligting kan dus nie die vernaamste aanduiding van die soort siklus wees nie. Eerder moet dit gaan om die graad van koherensie tussen die verhale. Hoewel Die dag toe ek my hare losgemaak het byvoorbeeld eers op ‘n later stadium in die skryfproses tot siklus ontwikkel het (vgl. Brümmer aangehaal in Swanepoel 2008:12), vertoon dit ‘n baie sterk mate van koherensie en kan dit eerder as ‘n saamgestelde siklus beskou word.

‘n Belangrike kwessie met betrekking tot Ingram (1971) se omskrywing (―a book of short stories so linked by their author that the reader‘s successive experience on various levels of the pattern of the whole significantly modifies his experience of each of its component parts‖) is sy beskouing dat die leeservaring beduidend verander, waardeur die graad van ervaring as konseptuele maatstaf aangewend word. Hoe word die reikwydte van daardie veranderde leeservaring gemeet? Omdat ‘n ―beduidend veranderde leeservaring‖ gebaseer is op ‘n subjektiewe ervaring van die narratief, sal lesers heel moontlik verskil in hulle evaluasie van die spanning tussen outonomie en koherensie in enige bundel korter tekste. Dit is moontlik ook waarom hierdie genre dikwels nie herken word deur resensente, teoretici en bemarkers nie – ‘n probleem waarop Alderman (1985:135) wys.

Ingram se definisie van die kortverhaalsiklus, met sy sterk fokus op skrywersintensie en leeservaring, laat ‘n duidelike gaping in die omskrywing van ‘n genre waarin outonomie en koherensie tussen verskillende teksgedeeltes die belangrikste kenmerk is. Dit wil dus voorkom of ‘n teksgerigte benadering tot hierdie genre tot ‘n meer bruikbare omskrywing kan lei.

Ferguson (2003) noem in hierdie verband dat beide die skrywer en die leser ‘n belangrike rol speel: die skrywer moet die teks bewustelik op een of ander wyse kodeer en die leser moet in staat wees om die generiese kodes – en dus die skakeling tussen koherensie en outonomie – raak te sien en te dekodeer. Wat met skrywers- en lesersgerigte benaderings agterweë gelaat word, is die tekstuele kenmerke wat die skrywer inbou en wat die leser moet kan herken om die betrokke versameling tekste as ‘n kortverhaalsiklus te kan ervaar.

Nagel (2004:11) wys daarop dat Ingram se definisie te min aandag skenk aan die tekstuele elemente wat outonomie en koherensie in die kortverhaalsiklus tot stand laat kom:

The problem with this approach to a definition is that it has its inception in assumptions not about the works themselves but about the consciousness and intentions of the author and in speculations about the responses of prospective readers. It would seem more felicitous to attempt a definition based on the stories and volumes themselves rather than on authors and readers.

‘n Verdere kwessie met Ingram se omskrywing van die kortverhaalsiklus is die genrekonvensies van die outonome tekste wat saam ‘n geheel (die kortverhaalsiklus) vorm. Ingram se beskouing dat dié tekste noodwendig kortverhale moet wees, word gedeel deur Mann (1989:6), maar sy kwalifiseer hierdie uitspraak:

127

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

[...] I should emphasize here that I consider many works of short fiction [...] as ―short stories‖ [...] I identify them as ―short stories‖ if they are an appropriate size (shorter than novels and generally longer than a few pages), if they contain some kind of development (physical or psychological) or revelation, and if they create a sense of closure.

Soos met byna alle beskouings van genrekonvensies is daar uiteraard uitsonderings. Phillips se Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown, een van die tekste wat Brink as behorende tot hierdie genre beskou, is waarskynlik nie wat Mann as ‘n ―gepaste‖ lengte beskou nie, aangesien die meeste van die stories nie eens ‘n halwe bladsy lank is nie. Net so is daar in baie van hierdie stories nie sprake van ontwikkeling nie, en nog minder enige ervaring van sluiting. Tog het die teks ‘n ―sikliese verloop‖ (Marais 1986:16) en kan dit as ‘n kortverhaalsiklus beskou word.

Weens soortgelyke probleme in die omskrywing van die outonome korter tekste wat saam ‘n kortverhaalsiklus vorm, argumenteer Dunn en Morris (1995:7) dat die term storie nie gepas is in die benoeming van hierdie genre nie. Volgens hierdie teoretici is die genre van die kortverhaalsiklus ‘n strukturele estetika wat die grense van die outonome tekstipe wat die geheel skep, oorskry:

Consider also that neither story nor short story appears anywhere in our definition. Again it so happens that most composite novels are composed entirely of shorter texts that are immediately identifiable as short stories (or ―sketches‖ or ―vignettes‖). But this need not always be the case. Jean Toomer‘s Cane (1923), for example, contains, among its text-pieces, poems and a one-act play; E.M. Broner‘s A Weave of Women (1978) includes rituals and ceremonies; Ntozake Shange‘s Sassafrass, Cypress and Indigo (1982) contains recipes […] The point is that the composite novel‘s structural aesthetic permits the inclusion of text-pieces that the short story cycle might reject, text-pieces that have not traditionally been thought of as ―stories‖ or even ―fiction‖ or ―prose‖. (Dunn en Morris 1995:7)

Hierdie inklusiewe beskouing van die genre laat toe dat ook tekste soos Gertrude Stein se Tender buttons (1914) as behorende tot hierdie genre beskou kan word (Dunn en Morris 1995:xxii). Soos reeds genoem, sou dit dan ook ‘n meer gepaste beskouing van die outonome korter tekste wees wanneer tekste soos Phillips se Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown in berekening gebring moet word.

Weens die probleem met Ingram en Mann se definisies van die kortverhaalsiklus stel Dunn en Morris (1995:5) ‘n nuwe term voor: composite novel (saamgestelde roman). Hulle noem twee redes waarom dié term verkies word: omdat romans meer populêr is as kortverhale en omdat dié term die geheel beklemtoon, terwyl die ouer term short story cycle die integriteit van die korter tekste beklemtoon. Hulle is uiteindelik versigtiger met die formulering van ‘n omskrywing: ―The composite novel is a literary work composed of shorter texts that – though individually complete and autonomous – are interrelated in a coherent whole according to one or more organising principles‖ (1995:xiii).

Hoewel hulle laasgenoemde uitspraak kwalifiseer deur die verskillende moontlike samebindende faktore te identifiseer, is hierdie definisie op sigself problematies, want die korter tekste hoef hiervolgens nie eens noodwendig prosa te wees nie. Hoewel hierdie definisie dus minder eng is as dié van Ingram en Mann, is dit terselfdertyd te omvangryk om as praktiese riglyn te dien. Boonop los hierdie omskrywing nie die probleem in Ingram en Mann se definisies op nie: dit is steeds nie duidelik wat ‘n

128

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

beduidend veranderde leeservaring of koherente eenheid behels nie, aangesien die meeste kortverhaalbundels ten minste ‘n mate van eenheid vertoon in terme van tema of styl. Argumentshalwe sou ook aangevoer kon word dat enige teks in boekvorm ‘n koherente eenheid vorm. Deur Ingram en Mann se definisies van hierdie genre te korrigeer, verbreed Dunn en Morris die teoretiese grense van hierdie genre in so ‘n mate dat dit betekenisloos word.

Ferguson (2003) is ook van mening dat Dunn en Morris se definisie die grense van verskillende genres laat vervaag:

These definitions, in order to encompass all the works the critics want to write about, remain capacious and relatively vague. As one reads into these recent volumes, a disquieting sense arises that the idea of ―sequence‖ or ―cycle‖ or ―composite novel‖ has been so broadly applied as to cover nearly any collection of stories (since after all, writers do work out their themes and vision from one story to another) or even works more usually or productively read as novels [...] The categorization depends primarily not on what the author did but what the critic wants to do.

Alderman (1985:135) bied ‘n ander perspektief op die kortverhaalsiklus. Hy spreek die kwessie van outonome tekste in die kortverhaalsiklus of saamgestelde roman aan deur te verwys na die verskeidenheid genres wat moontlik outonoom kan funksioneer:

Briefly, this often unrecognized genre consists of separate stories (sometimes novellas, sketches, or parables, sometimes interspersed with poetry or even essays) that form a dynamic relationship with each other and with the reader. For the integrated connection is known above all for its tension between cohering, centripetal forces and separating, centrifugal forces.

Hierdie definisie is veral nuttig vir die beskouing van korter, outonome tekste wat saam die geheel vorm, aangesien dit meer inklusief is as Mann (1989:6) se vae omskrywing van die kortverhaal en ook meer presies is as Dunn en Morris (1995) se onduidelike definisie van korter tekste. Die verwysing na die Bakhtiniaanse middelpuntsoekende en middelpuntvlietende kragte som voorts die tipe verhouding tussen outonome tekste en die koherensie van die geheel op.

Met sy verwysing na die dinamiese verhouding wat die tekste met mekaar en met die leser vorm, sluit Alderman hier aan by die lesersgerigte definisie van Ingram (1971:17) en Mann (1989:15). In hierdie definisie word daar dan soortgelyk verwys na die vae dinamiese verhouding, wat basies dieselfde probleem skep as Ingram en Mann se konsep van ‘n beduidend veranderde leeservaring en Dunn en Morris se idee van ‘n koherente eenheid. ‘n Dinamiese verhouding tussen tekste kan geskep word deur ‘n gedeelde tema in ‘n bloemlesing oor byvoorbeeld gay-kortprosa deurdat die leser ‘n verantwoordelikheid opgelê word om die verskillende nuanses van identiteit, soos dit in die verskillende tekste tot uiting kom, te verken. Plaaslik sou ‘n mens kon aanvoer dat die mees prominente kortverhaalbloemlesing in Afrikaans, De Vries se Die Afrikaanse kortverhaalboek, ‘n dinamiese verhouding tussen die verskillende tekste en met die leser vorm deur die rofweg chronologiese en tendens-ontwikkeling van die kortverhaal in Afrikaans te illustreer – hoewel hierdie teks beslis nie ‘n kortverhaalsiklus is nie.

Die grootste probleme in die omskrywing van hierdie genre het dus te make met die graad van outonomie en koherensie, die verhouding tussen hierdie twee kenmerke op

129

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

tekstuele vlak, en die manier waarop dit vir die leser as aanduiding kan dien dat die tekste met mekaar verband hou en ‘n bykomende betekenis van die afsonderlike tekste en die groter geheel kan inhou.

Hierdie kwessie word verder gekompliseer deur Dunn en Morris se uitspraak dat ‘n verskeidenheid tekstipes deel kan vorm van ‘n kortverhaalsiklus, dat die verskillende tekste nie noodwendig ewe outonoom hoef te wees nie, en dat slegs getitelde teksgedeeltes as outonome tekste kan funksioneer:

Prologues and epilogues, forewords, framing vignettes, interchapters, artwork, drawings of various kinds, even photographs – any of these or some combination may be included in a composite novel. The reasonable approach here seems to be to accept that all text-pieces need not be equally autonomous for a work to meet the genre criteria of the composite novel. Generally speaking [...] the text-pieces that make up a composite novel must be named, must have titles. Only then can they achieve the autonomy necessary to function dynamically within the whole text. (Dunn en Morris 1995:9–10)

Die probleem met die aanwesigheid van ‘n titel as maatstaf vir outonomie kan dalk beter begryp word wanneer outonomie in ander genres oorweeg word. Verskeie gedigte het om verskillende redes nie titels nie, net soos vele visuele kunswerke wêreldwyd as Ongetiteld bekend staan. Shakespeare se sonnette is byvoorbeeld sonder titels gepubliseer. Die feit dat die sonnette slegs genommer is en nie van ‘n titel voorsien is nie, veroorsaak egter nie dat die sonnette slegs saam as ‘n totale, koherente teks gelees kan word nie – elke sonnet dra uiteraard op sigself betekenis en sou ook outonoom kon funksioneer, selfs al was dit nie genommer nie, omdat die struktuur van die sonnet dit ‘n afgeronde eenheid maak en nie enige paratekstuele gegewe soos ‗n titel nie. Gardner (1966:190) noem dat titels vir korter tekste in ‘n enkele volume eers met die ontwikkeling van die drukpers gevestig geraak het. Mulvihill (1998:204) toon aan dat titels wel baie vroeër reeds vir individuele gedigte gebruik is, maar stem saam met Gardner dat titels vir kort gedigte in ‘n volume oorspronklik ingespan is met die oog op die leser, ―as a primarily pragmatic innovation of pre-print commercial publication of collections of poems for a growing poem-consuming public‖. ‘n Ongetitelde teksgedeelte kan dus teoreties steeds al die ander eienskappe van ‘n outonome teks vertoon (soos byvoorbeeld om ‘n koherente kortverhaal te wees), terwyl ‘n titel geen waarborg vir die outonomie van ‘n teks is nie. Selfs al was titels nie vir enige van die outonome tekste in Die dag toe ek my hare losgemaak het verskaf nie, sou hierdie tekste steeds outonoom funksioneer. ‘n Titel skep nie outonomie nie.

Ten einde ‘n bruikbare omskrywing daar te stel van die outonome teksgedeeltes waaruit die kortverhaalsiklus saamgestel is, moet aandag gegee word aan die genres waartoe hierdie teksgedeeltes behoort eerder as om kunsmatige ordeningsbeginsels soos titels as maatstaf te gebruik.

Hoewel ‘n verskeidenheid genres in die kortverhaalsiklus aangetref kan word en hierdie tekste nie noodwendig ewe outonoom hoef te wees nie, behoort die meerderheid van die korter tekste ten minste outonoom te wees en duidelik op grond van die struktuur van die korter teks daardie outonomie te handhaaf. Met ander woorde: as die outonome teks ‘n kortverhaal is, moet die kortverhaal op sigself verhaalmatigheid (die eienskap van die kortverhaal wat dit van ander kortprosatekste onderskei, aldus Botha 1992:236) illustreer sonder dat dit vir die leser nodig is om die res van die bundel te lees om daardie element te laat realiseer. As die teks ‘n skets is, moet dit eweneens ‘n afgeronde teks wees, sodat dit nie vir die leser nodig is om buite

130

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die grense van die afgeslote eenheid te beweeg om tot ‘n interpretasie van die eenheid te kom nie.

Die outonome tekste waaruit ‘n kortverhaalsiklus saamgestel is, moet dus grootliks as ―selfstandig in (sic) eie reg‖ (Van Coller 1992:482) kan funksioneer. As sodanig is die term kortprosasiklus of kortkunssiklus miskien meer gepas as die term kortverhaalsiklus, maar aangesien laasgenoemde die meer gevestigde term is, sal dit vir die doeleindes van hierdie artikel behou word.

Een van die ander kwessies met Dunn en Morris (1995:9–10) se beskouing van die kortverhaalsiklus (of soos hulle dit noem, the composite novel – die saamgestelde roman) is die verwerping van die siklus-konsep. Hulle motiveer dit as volg:

In addition, a ―cycle‖ in anyone‘s definition implies cyclical motion, a circular path, a return to the beginning, all of which preclude linear development. Thus the term short story cycle itself is doubly problematic: it not only implies inferior status in the generic hierarchy [in the sense that the short story is inferior to the novel], but also prescribes or at least suggests generic limitations.

Wat Dunn en Morris met hierdie uitspraak uit die oog verloor, is dat die kortverhaalsiklus op sy beurt weer skakel met ander literêre genres, soos die poësiesiklus en die langer prosasiklus. Om die kortverhaalsiklus ‘n ―saamgestelde roman‖ te noem, impliseer dus ook ‘n ontkenning van die ooreenkomste tussen die kortverhaalsiklus en ander literêre genres wat ook opgebou is uit die spanning tussen outonome tekste wat op een of ander wyse gesamentlik ‘n groter geheel vorm.

Dunn en Morris is egter nie die enigste teoretici wat die siklus-konsep met verwysing na hierdie genre verwerp nie. Luscher (1989:148-9) is ook krities oor die term cycle en verkies die term short story sequence, wat hy beskryf as ―a volume of stories, collected and organized by their author, in which the reader successively realizes underlying patterns of coherence by continual modifications of his perceptions of pattern and theme‖.

Luscher se voorkeur vir die benaming sequence (reeks) eerder as cycle is dus gebaseer op die leser se interpretasie van die tekste as ‘n groeiende geheel, wat volgens hom opvolgend is. Hoewel dit so is dat die leser stelselmatig (soos die leesproses van teks tot teks verloop) ‘n interpretasie van die geheel vorm, beteken dit nie dat dit ‘n lineêre proses vooropstel nie. Die patrone wat in die groter geheel tot stand kom, het byvoorbeeld dikwels tot gevolg dat vroeëre interpretasies van vorige dele van die geheel gewysig word deur ‘n outonome teks wat later in die groter geheel aangebied word. Dikwels moet ‘n kortverhaalsiklus as eenheid herlees word om die betekenis van die geheel (wat deur die afsonderlike eenhede geskep word) te laat realiseer. Hierdie aspek word in die volgende deel van die studie in die ontleding van Die dag toe ek my hare losgemaak het verhelder, maar hier is dit belangrik om te besef dat die eerste verhaal in so ‘n bundel (in hierdie geval ―Skeikunde-eksperiment‖) byvoorbeeld in so ‘n mate deur die interpretasie van ‘n ander verhaal (byvoorbeeld ―Kunstenaars‖) gewysig kan word dat daar teruggekeer moet word na die eerste verhaal om sy totaalbetekenis te laat realiseer. Die leser se dinamiese onderhandeling van betekenis (dus die interpretasieproses) verloop nie noodwendig lineêr soos wat die leesproses verloop nie.

In ‘n ander teks gebruik Luscher (1995:160) ook die frase sequential arrangement. Hier gebruik hy dit nie om te verwys na die leser se stelselmatige interpretasieproses nie,

131

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

maar om te verwys na ‘n chronologiese ordening in tekste wat ‘n enkele protagonis deel.

Daar kan egter geargumenteer word dat hierdie chronologiese ordening van gebeure ook nie noodwendig ‘n lineêre interpretasie van die teks tot gevolg het nie. Daar is immers in ‘n siklus gewoonlik skakels wat die outonome tekste op so ‘n wyse met mekaar verbind dat daar selfs in chronologiese kortverhaalsiklusse ‘n sikliese element ter sprake is. In Die dag toe ek my hare losgemaak het, byvoorbeeld, is daar ‘n chronologiese ordening van verhale, maar die laaste verhaal skakel siklies met die eerste verhaal, en saam wentel al die verhale rondom ‘n kern wat nie deur chronologie beïnvloed word nie. Dit is ook waarom Ingram oorspronklik na hierdie genre as ‘n tipe siklus verwys, veral omdat die patrone van herhaling en ontwikkeling so ‘n prominente rol in die siklus speel. Ingram (1971:20–1) verduidelik dat hierdie elemente soos ‘n wiel funksioneer: soos die herhalende elemente om die kern roteer, beweeg die hele wiel vorentoe en vind ontwikkeling plaas.

Lundén verkies die term short story composite wat deur Silverman voorgestel is:

A group of stories written by one author, arranged in a definite order, and intended to produce a specific effect. Though every story of the composite can be understood in isolation, the stories have an added dimension when seen as co-ordinate parts of the larger whole. (Silverman aangehaal in Lundén 1999:14)

Hierdie omskrywing, en ook die term short story composite (kortverhaalsamestelling), is egter ontoereikend om die verskil tussen ‘n kortverhaalsiklus en minder hegte kortverhaalbundels soos die eenheidsbundel (of selfs die heterogene bundel) aan te dui. Enige bundel kortverhale word op een of ander wyse saamgestel uit ‘n verskeidenheid verhale, en die term samestelling dui nie die spesifieke mate van koherensie tussen die verskillende verhale in ‘n kortverhaalsiklus aan nie.

Ook word verhale in enige bundel op ‘n spesifieke manier saamgestel (‘n ―definite order‖) met die doel om ‘n spesifieke effek te verkry. Aucamp beskryf sy besluite by die ordening van verhale in ‘n bundel as volg:

Die groepeer van verhale, die opeenvolging van verhaalgroepe, kan as uitstaltegniek gesien word. Ek probeer dié verhale bymekaar hou wat tot dieselfde emosionele of tegniese ―klimaat‖ behoort. Dié tegniek is nie sonder nadele nie, want iewers gaan dié ordening iets kunsmatigs hê - ‘n verhaal in groep III sou met ewe veel reg in groep I kon staan, of iets van dié aard. Ook die interpretasie van ‘n bundel kan deur so ‘n ordening aan bande gelê word: die kritikus soek nou naarstiglik na die gemene deler binne elke groep, en verwaarloos miskien die bespreking van ieder verhaal as ‘n stukkie bouwerk [...] Anna M. Louw [het] my dié ―verkoopsielkunde‖ geleer: begin ‘n kortverhaalbundel met een van jou beste verhale. (Aucamp aangehaal in Smuts en Aucamp 1971:5-6)

Smuts (2003:100) toon ook aan dat Henriette Grové die verhale in Jaarringe op ‘n spesifieke wyse rangskik met die doel om ‘n sekere effek te bereik en dat hierdie rangskikking van die verhale ‘n bykomende dimensie aan die verhale verleen wanneer dit binne bundelverband gelees word:

[I]n die breë moet Grové se afwyking van ‘n chronologiese ordening volgens eerste verskyningsdatums van die afsonderlike tekste wel geïnterpreteer word

132

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

as ‘n doelbewuste strategie van die skryfster om die leser se resepsie van sowel die enkelverhaal as die bundel in sy geheel te beïnvloed. Sy suggereer daardeur vir die leser dat sy wil hê die verhale moet in ‘n bepaalde volgorde gelees word [...] Dat Grové [...] ―Kom herwaarts getroues‖ en ―Die Betlehem-ster‖ langs mekaar in die bundel geplaas het is, uit eenheidsoogpunt gesien, begryplik: sy wil die leser daartoe lei om hierdie twee tematies verwante tekste met mekaar te skakel. Dit val egter op dat sy nie haar derde Kersverhaal saam met die ander twee groepeer nie, iets wat die indruk wek dat sy reken die eerste twee hang nouer met mekaar saam as wat hulle met die derde skakel.

Tog is Jaarringe nie in sy geheel ‘n kortverhaalsiklus nie. Lundén se omskrywing van hierdie vorm (soos hy dit noem, die short story composite) is, soos Dunn en Morris (1995) se omskrywing, te wyd om funksioneel tussen die kortverhaalsiklus en ander tipes kortverhaalbundels te onderskei. Een van die groot redes waarom Lundén (1999:17-8) krities staan teenoor die term short story cycle is dat hy ook, soos Dunn en Morris, die sikliese aspek wat deur die term gesuggereer word, problematies vind:

It is true that the term ―cycle‖ has lost much of its original meaning of completed circle, but the word still connotes, if not complete roundness, at least a sense of coherence, finality, and closure. The ―representative‖ short story composite […] is not characterized by the roundness evoked by ―cycle‖. […] Cyclicality also suggests a continuity of sorts, something which the short story composite betrays in a number of ways, for example by chronological disruption. In addition, many composites include texts – what I call ―fringe stories‖ – which are not easily integrated into any cyclical pattern.

Die vraag is dus wat presies met ‘n literêre siklus bedoel word.

Nagel (2004:2) noem dat die siklus-konsep in die letterkunde al sedert Chaucer twee idees vooropstel, naamlik ―that each contributing unit of the work be an independent narrative episode, and that there be some principle of unification that gives structure, movement, and thematic development to the whole‖. Volgens hierdie beskouing hoef die siklus se struktuur nie kontinuïteit of chronologie as basis te hê soos Lundén dit beskou nie. Mann (1989:15) beskou ‘n literêre siklus as ‘n teks met ‘n spanning tussen outonomie en koherensie:

While there are various conventions associated with the genre […] there is only one essential characteristic of the short story cycle: the stories are both self-sufficient and interrelated. On the one hand, the stories work independently of one another: the reader is capable of understanding each of them without going beyond the limits of the individual story. On the other hand, however, the stories work together, creating something that could not be achieved in a single story.

Bruwer (2003:5) wys uit dat ondersoekers van alle siklusse (kortverhaal-, poësie- of langer prosasiklusse) die konsep van eenheid versus outonomie sonder uitsondering aanraak. Spies (1992:478) noem ook dat die literêre siklus dui ―op ‘n opeenvolging van werke (gedigte, vertellings, dramas, romans) wat a.g.v. hulle inhoud en formele samehange ‘n minder of meer geslote geheel-van-dele verteenwoordig‖.

Die siklus hoef dan nie noodwendig, soos Lundén (1999:117-8) argumenteer, ―a sense of coherence, finality, and closure‖ daar te stel nie, maar verwys eerder na outonome tekste wat rondom ‘n sentrale spilpunt – die gedeelde betekenis – wentel. Dus is Ingram

133

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

(1971:19) se metafoor van ‘n wiel wel gepas om die dinamiese verhouding tussen die outonome tekste en die groter geheel te beskryf: soos die herhalende elemente om die kern roteer, beweeg die hele wiel vorentoe en vind ontwikkeling plaas. Die patrone van ontwikkeling wat geskep word, kan dan ook op ‘n aantal wyses funksioneer om die betekenis van die teks te wysig: ―liniêr (die chronologiese ontwikkeling van aksie), multigerig (soos by tematiese en simboliese uitbreiding of verdieping) of verdiepend of verbredend‖ (Bruwer 2003:6).

Ingram (1971) se beskouing van die kortverhaalsiklus sluit ook aan by Van Coller (1992:482) se siening van die prosasiklus:

Die siklus is ‘n sigself geslote geheel van outonome dele wat kring om ‘n sentrale kern (tema; persoon; gebeure; idee) en dié standhoudende kern voortdurend ontwikkel en herhaal in chronologiese, onverwisselbare volgorde, om oplaas, ná die ontwikkeling voltrek is, weer onafwendbaar terug te keer na die beginpunt, en wel in ‘n gewysigde vorm sodat ‘n totaalbetekenis daargestel word wat in geeneen van die afsonderlike dele ten volle gerealiseer is nie.

Hierdie definisie mag wel van toepassing wees op langer prosasiklusse. In ‘n kortverhaalsiklus hoef die kern egter nie noodwendig in chronologiese, onverwisselbare volgorde in die verskillende outonome dele herhaal te word nie, tensy chronologie ‘n inherente kenmerk van die narratief is, soos wel met Die dag toe ek my hare losgemaak het die geval is. In gevalle waar een protagonis regdeur die siklus aangetref word, is die chronotopiese ontwikkeling van so ‘n aard dat chronologie wel onontbeerlik is vir die siklus. In Three lives van Stein, om ‘n voorbeeld te noem, is daar egter nie ‘n gedeelde protagonis of chronologiese verloop soos in Die dag toe ek my hare losgemaak het nie. Dit sou dus teoreties haalbaar wees om steeds die eenheid in die totale teks te herken, selfs al sou die tekste in ‘n ander volgorde gelees word.

Van Coller se teksgerigte definisie is wel nuttig vir ‘n beskouing van die kortverhaalsiklus, omdat dit ‘n konkreter maatstaf vir die meting van koherensie bied: eerder as die vae idees van ‘n beduidend veranderde leeservaring of ‘n koherente geheel of ‘n dinamiese eenheid wat teoretici spesifiek met betrekking tot die kortverhaalsiklus tot dusver voorgestel het, noem Van Coller uitdruklik dat die kern ―voortdurend ontwikkel en herhaal‖ moet word om uiteindelik ‘n totale betekenis te skep wat ―groter [is] as die som van individuele betekenisse. Die interpretasie van enkelwerke word dus ook beïnvloed deur die funksie wat dit vervul binne die groter geheel‖ (Van Coller 1992:483).

By implikasie beteken dit ook dat outonomie nie verkry word deur enige ordeningsbeginsels wat die teks omring (soos titels) nie, maar slegs deur die interpretasiemoontlikhede van die teks. Hierdie beskouing omseil ook die skrywers- en lesersgerigte definisies van Ingram (1971:17) en Mann (1989:15). Die verskillende betekenisse wat gegenereer word uit die interafhanklikheid tussen afsonderlike verhale, sal in die volgende artikel aan die hand van Die dag toe ek my hare losgemaak het geïllustreer word.

Die kortverhaalsiklus is volgens Brada-Williams (2004:451) ―a notoriously difficult genre to define‖. Tog kan die volgende kenmerke van die kortverhaalsiklus uit die voorafgaande teoretiese begronding afgelei word:

‘n Kortverhaalsiklus bestaan uit verskeie tekste met ‘n aantal konvensies wat daarmee gepaard gaan, hoewel daar uiteraard altyd uitsonderings sal wees:

134

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die tekste wat saam ‘n kortverhaalsiklus vorm, kan tot verskillende genres behoort, maar is meestal kortprosa, soos in Die dag toe ek my hare losgemaak het van Brümmer en Duiwel-in-die-Bos van Barnard.

Hierdie tekste moet grootliks prosa wees om dit van ander siklusse te onderskei, hoewel ‘n verskeidenheid tekste – literêr en andersins – deel daarvan kan vorm. In Alle paaie lei deur die strand word die omslagfoto byvoorbeeld in die teks herhaal (ble. 121 en 135) en kan dit as ‗n outonome betekenisdraende visuele teks beskou word. Tog vervul dit ook ‘n spesifieke funksie binne die groter geheel, naamlik om die begin van die verskillende fases in Stella se lewe aan te dui. Dit sou ook byvoorbeeld teoreties haalbaar wees om ‘n kortverhaalsiklus te skep op dieselfde wyse as wat George Weideman in Verskombuis (2006) die literêre genre poësie met die nieliterêre genre resepte afwissel.

Hoewel kortverhaalsiklusse saamgestel kan word uit ‘n verskeidenheid tekste en genres, en nie al hierdie tekste noodwendig literêr hoef te wees nie (byvoorbeeld as daar visuele tekste of instruktiewe tekste, soos resepte, voorkom), moet die meerderheid tekste in die bundel literêr wees, hoe arbitrêr hierdie maatstawwe ook al is. ‘n Mens kan byvoorbeeld nie ‘n foto-essay ‘n kortverhaalsiklus noem nie.

Die verskillende tekste waaruit die kortverhaalsiklus opgebou is, moet grootliks outonoom wees, hoewel nie al die tekste noodwendig outonoom hoef te wees nie. In ’n Wêreld sonder grense is daar byvoorbeeld duidelik outonome kortverhale, soos ―Herinnering‖ en ―Grootmanne se hoesgoed‖, maar ook tekste wat nie heeltemal outonoom kan funksioneer nie, soos die slotteks, ―Visioen‖, wat ―swaar [steun] op die leser se voorkennis van Jock‖ (Aucamp 1984:12).

Die tekste in ‘n kortverhaalsiklus moet op so ‘n wyse verband hou dat die totale betekenis van die siklus meer is as die som van die betekenisse van die outonome tekste.

Hierdie tekste moet ook as ‘n kortverhaalsiklus in ‘n enkele band uitgegee word, sodat die leser dit van meet af as ‘n geheel kan lees en om dit van langer prosasiklusse te onderskei.

In hierdie afdeling is die algemene kenmerke van ‘n kortverhaalsiklus uiteengesit aan die hand van die belangrikste teoretiese bydraes oor die genre. Hieruit blyk dat die belangrikste generiese merkers van die kortverhaalsiklus die spanning tussen outonomie en koherensie behels. Hierdie spanning tussen die outonome korter tekste en die koherensie van die groter geheel is meer prominent as in die geval van die eenheidsbundel, aangesien die betekenis van die totaal groter is as die som van die dele.

Daar is ook aangetoon dat teoretici tot op hede nie ‘n bevredigende naam vir hierdie genre kon voorsien nie. Die belangrikste argumente in hierdie verband is in hierdie afdeling uiteengesit en krities bekyk. Die oorspronklike term wat Ingram (1971) voorgestel het, naamlik short story cycle, wat as kortverhaalsiklus vertaal word, is vir die doeleindes van hierdie artikel gekies om na hierdie genre te verwys, omdat die siklus-konsep die spanning tussen outonomie en koherensie ondervang. Dit moet egter nie gesien word as ‘n voorskriftelike term vir die genre nie, maar bloot as ‘n term wat hier funksioneel gebruik kon word om die genre in Afrikaans te ondersoek.

135

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Alvorens daar in die volgende afdeling aandag geskenk word aan die spesifieke wyses waarop koherensie in die kortverhaalsiklus tot stand kan kom, is dit ook nodig om kortliks die gebruik van die term genre te motiveer. Die vraag is of ‘n bundel kortverhale wat ‘n siklus vorm, wel as ‘n aparte genre geklassifiseer kan word, aangesien dit nie die geval is met poësiesiklusse of langer prosasiklusse nie.

Vir die doeleindes van hierdie artikel word die kortverhaalsiklus wel as ‘n aparte genre beskou, om twee redes: Eerstens is dit duidelik dat die spanning tussen outonomie en koherensie in die kortverhaalsiklusse die eienskappe van die teks op so ‘n wyse wysig dat dit anders is as die kortverhaalbundel, roman of novelle. Die effek van hierdie spanning tussen outonomie en koherensie is uniek tot hierdie vorm en kan dus as ‘n generiese kenmerk beskou word. Hierdie spanning beklee ook volgens Ingram so ‘n sentrale posisie dat kortverhaalsiklusse as ‘n aparte genre beskou moet word en nie sonder meer as ‘n afgeleide vorm van die kortverhaalbundel of roman nie (Ingram 1971:203).

‘n Soortgelyke beskouing word ook deur Kennedy (1995:xi) aangebied:

The tension between unity and multiplicity [...] has an obvious correlation to the poetics of the story sequence, which relies on a balancing of centrifugal and centripetal impulses and on the ambiguous interplay between its discrete narrative parts and the formal or aesthetic whole. Critical neglect of the genre in recent decades remains almost inexplicable. Perhaps the very ambiguities that complicate formal definition have likewise deterred theoretical reflection.

Lundén (1999:11) spreek hom, soos Ingram (1971), uit teen die idee dat hierdie genre soms as ‘n hibriede vorm tussen die kortverhaal en roman beskou word:

During the twentieth century, the critics who did see it as a distinct genre were frustrated by its evasive nature and by the subsequent difficulty of defining it […] Like the prose poem, it was often looked upon as a hybrid form, and was as such often denied legitimacy.

Op grond van die spesifieke aard van die kortverhaalsiklus wat veroorsaak dat dit nie as iets tussen die roman en die kortverhaalbundel beskou kan word nie, word dit byna sonder uitsondering deur teoretici as ‘n aparte genre beskou.

‘n Tweede rede waarom daar vir die doeleindes van hierdie artikel gekies word om die kortverhaalsiklus as aparte genre te beskou, het te make met meer praktiese implikasies. Aucamp (1978:148) noem dat beskrywende terme later verkeerdelik as waarde-oordele begin funksioneer. Dit is wat byvoorbeeld met die eenheidsbundel gebeur het. Soos vroeër in die artikel aangedui is, het die eenheidsbundel met verloop van tyd ‘n hiërargies-bevoorregte posisie bo die heterogene kortverhaalbundel ingeneem. ‘n ―Voorskriftelikheid‖ oor eenheidsbundels het begin posvat (Aucamp 1978:151).

Om hierdie potensiële probleme met die kortverhaalsiklus te vermy, tipeer ons gevolglik die kortverhaalsiklus as ‗n aparte genre. Dit is ‘n vorm met sy eie konvensies, uitdagings en leeservarings en behoort nie gesien te word as ―beter‖ of ―meer geslaagd‖ as heterogene kortverhaalbundels nie. ‘n Heterogene bundel behoort geëvalueer te word uitsluitlik op grond van die gehalte van die individuele kort tekste; ‘n kortverhaalsiklus behoort geëvalueer te word op grond van die geslaagdheid van die geheel (wat ook impliseer dat die geheel nie sal slaag as die korter tekste nie ook

136

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

individueel slaag nie). In die volgende afdeling word ondersoek ingestel na die spesifieke wyses waarop die afsonderlike tekste met mekaar kan skakel om koherensie tussen die outonome kort tekste te bewerkstellig.

3.3 Spesifieke koherensiemerkers in die kortverhaalsiklus

Daar is verskeie maniere waarop die outonome tekste met mekaar kan skakel om ‘n groter geheelbetekenis te genereer. Volgens Mann (1989:iv) kan basies enige strukturele element van die narratief ‘n samebindende patroon genereer: ―repeated and developed characters, themes or ideas, imagery, myth, setting, plot or chronological order and point of view‖. Sy noem egter dat groter koherensie tussen die outonome tekste moet bestaan as wat gewoonlik die geval met kortverhaalbundels is (1989:16). Mann se beskouings sluit aan by dié van Ingram.

Nagel (2004:15) identifiseer soortgelyke aspekte en noem dat dit verskillende funksies kan hê:

Indeed, a central point is that in the short-story cycle each component work must stand alone (with a beginning, middle, and end) yet be enriched in the context of the interrelated stories. In contrast to the linear development of plot in a novel, the cycle lends itself to diegetical discontinuities, to the resolution of a series of conflicts, to the exploration of a variety of characters, to the use of a family or even a community as protagonist, to the exploration of the mores of a region or religion or ethnic group, each story revealing another aspect of the local culture.

Dunn en Morris (1995:14–6) is meer spesifiek oor die tipes koherensie en organiseer hulle bespreking van organiserende beginsels volgens vyf aspekte wat koherensie kan verskaf: ‘n gedeelde ruimte,‘n enkele protagonis, ‘n kollektiewe protagonis, patrone en vertelling.

3.3.1 Ruimte

Volgens Nagel (2004:17) is ruimte histories een van die koherensiemerkers wat die meeste in die kortverhaalsiklus voorkom. Ruimte speel ook ‘n belangrike rol in die ―village sketch‖, of kontreibundel, wat in die Afrikaanse letterkunde al hoe verder wegbeweeg van die gemoedelike realisme wat gewoonlik met die kontreiverhaal of regionale literatuur geassosieer word (Van Zyl 1992:420) na ‘n meer kritiese blik op spesifieke sosiale realiteite. Wanneer ruimte as koherensiemerker funksioneer, speel al die korter verhale (of ten minste die meerderheid) in dieselfde fisiese, psigologiese of simboliese ruimtes af, met prominente bakens wat regdeur die siklus voorkom met die funksie om al die gebeure deur ‘n kontinue ervaring van plek saam te snoer (Nagel 2004:17).

Prominente kortverhaalsiklusse waarin ruimte kohesie skep, is onder meer Dubliners van Joyce en Winesburg, Ohio van Anderson. In eersgenoemde bundel word die ruimte toenemend ontwikkel. In die eerste verhale, waar jong vertellers gebruik word, word die ruimte nie so negatief geskets as in die latere verhale, waarin ouer vertellers, ontnugter met die lewe in Dublin, aan bod kom nie. Dunn en Morris (1995:41–2) beskryf die effek van die ruimte in hierdie kortverhaalsiklus as volg:

From the beginning, though there are no obvious interconnective devices such as recurring characters and cross-references, Joyce creates in fifteen stories an

137

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

integrated composite picture of what passes for life in Dublin […] Dublin, then, provides a field of reference that includes attitudes and beliefs, as well as history and tradition.

Hierdie beskouing sluit aan by dié van Ingram (1971:25) waarin die simboliese gebruik van ruimte ‘n sentrale posisie in die kortverhaalsiklus beklee:

The writers of today often seem intent on building mythic kingdoms of some sort. Faulkner has his Yoknapatawpha County, Steinbeck his Pastures of Heaven, Camus his kingdom of solidarity, Joyce his city of paralysis, and Anderson his Winesburg. Heroes, usually diminished in stature, roam the imaginary streets and plains of these kingdoms.

Ook in die Afrikaanse letterkunde is daar kortverhaalsiklusse waarin ruimte ‘n prominente rol speel. Scheepers (2010:9) wys daarop dat Venter se In die mond van die wolf ruimte as samebindende faktor aanwend:

Dit is kortverhale wat afsonderlik op eie literêre voete staan, maar ook as eenheid gelees moet word. Skrywers soos Alexander Strachan en Willemien Brümmer en andere het dit al gedoen, maar met ‘n tema as eenheid (Strachan se grensverhale) of ‘n sentrale karakter (Brümmer se Mia). Venter maak hier die ruimte, ‘n woeste en beeldskone streek in die Karoo, die sogenaamde Ouveld, sy bindende gegewe. […] Die ruimte as belangrikste epiese element kom nie te dikwels voor in kortverhale nie […] In hierdie verhale is die ruimte egter ‘n tasbare teenwoordigheid, ‘n rolspeler net so belangrik soos enige van die eksentrieke en kleurryke karakters wat verskyn, en jare later in gereïnkarneerde vorm wéér verskyn.

In die Engelse Suid-Afrikaanse letterkunde, met sy sterk fokus op gemeenskappe in die kortverhaalsiklus (vgl. Marais 2001), speel die ruimte ook ‘n belangrike rol. Marais (2011:199) skets dan ook die ontwikkeling van identiteit in die kortverhaalsiklus in Suid-Afrika aan die hand van die ruimtelike aspek van die narratief:

It would appear that the early (exclusively white) examples of the cycle form in South Africa witness a relatively un-self-conscious fictionalization – sometimes even elegiac romanticization – of the nexus of identity and place. In the peak years of the apartheid epoch […], among both black and white writers, such disingenuity is problematized, since notions of ―belonging‖ and being dispossessed are patently a result of systemic social engineering premised on the elaborated fallacy/fiction of ―race‖.

Hoewel ruimte dus as een van die belangrikste koherensieskeppers in ‘n kortverhaalsiklus kan funksioneer, is dit redelik min dat dit die enigste middel is wat verhale op mekaar afstem. In Anderson se Winesburg, Ohio, byvoorbeeld, funksioneer Winesburg as deurlopende ruimte (al word dit minder duidelik beskryf as die ruimte in Joyce se Dubliners), maar dit is veral die herhalende karakters, deurlopende verteller en ontwikkelende temas en motiewe wat die teks tot ‘n kortverhaalsiklus laat ontwikkel, soos Nagel (2004:6) aantoon.

3.3.2 Die enkele protagonis

Die tweede element wat volgens Dunn en Morris (1995:15) koherensie kan skep, is ‘n enkele protagonis.

138

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Mann (1989:9) sonder ‘n paar kenmerke van die protagonis in die Bildungsroman-kortverhaalsiklus uit: die leser ontmoet die protagonis as ‘n kind in die eerste verhale, waarna sy/haar ontwikkeling in die daaropvolgende verhale voltrek word;‘n reeks leidende figure speel ‘n rol in die ontwikkeling van die karakter, tesame met ‘n reeks toetse of inisiasie; ook is daar die seksuele ontwaking van die protagonis, maar dit kan potensieel skadelik wees as dit die protagonis se ontwikkeling op ander gebiede beperk. Aan die einde word die onderdrukkende dorp verlaat en betree die protagonis die groter wêreld. Volgens Mann (1989:9) is die kortverhaalsiklus ‘n uiters gepaste genre vir hierdie tipe verhaal:

The form of the cycle is especially well suited to describe the maturation process, since it allows the writer to focus on only those people and incidents that are essential to character development. Frequently with these cycles, subordinate characters surface for only a story or two and then disappear entirely with no explanation being necessary.

‘n Soortgelyke struktuur word aangetref in ’n Wêreld sonder grense (al is die ontwikkeling van die protagonis nie Bildung nie). Aucamp (1984:12) noem in hierdie verband dat daar ―‘n byna eksentrieke weglaat van brugpassasies en hoofstukke‖ is en daar word in hierdie teks ook slegs gefokus op die insidente wat bydra tot karakterontwikkeling. Anderson se Winesburg, Ohio word deur Dunn en Morris (1995:53) beskou as ‘n kortverhaalsiklus wat ‘n Bildungsroman-struktuur vooropstel, aangesien George Willard se ontwikkeling ‘n sentrale posisie in die narratief beklee. In die Afrikaanse kortverhaalsiklusgenre sou Alle paaie lei deur Die Strand van Fourie as voorbeeld van hierdie struktuur beskou kon word, aangesien die kortverhaalsiklus die enkele protagonis, Stella Burger, se ontwikkeling van kind na volwasse vrou en moeder uitbeeld en sy leer om haarself te aanvaar ten spyte van die problematiese verhouding met haar ma. Uiteindelik vervul Stella al die sosiale en persoonlike rolle wat van haar verwag word.

Maar nie alle kortverhaalsiklusse met ‘n enkele protagonis toon ooreenkomste met die Bildungsroman nie, soos Dunn en Morris (1995:15) uitwys:

[I]n some cases this [protagonist] may be a narrator-protagonist, in others a central figure whose progress is charted in story after story, creating a bildungsroman or kunstlerroman effect; and in still others a figure who – though always the central, unifying focus – appears and reappears sporadically.

In Strachan se ’n Wêreld sonder grense, byvoorbeeld, is daar ‘n sentrale, naamlose figuur wat in al die verhale behalwe die voorlaaste een, ―By die huis‖, ook as verteller optree. Hoewel hy verandering ondergaan, is dit nie Bildung nie; soos Aucamp (1984:12) aandui, is dit wel die verhaal van ‘n ―seun wat man en mens word‖, maar dan ―uiteindelik weer on-mens‖. In Wicomb se You can’t get lost in Cape Town word Frieda Shenton se ontwikkeling geskets van haar kinderjare tot volwasse vrou. Hier is óók nie sprake van tradisionele Bildung nie. Die protagonis bly ‘n buitestander wat nie die opponerende kragte tussen haarself en die groter wêreld kan versoen nie.

Ook in Op reis met ’n hond van Kemp is daar ‘n deurlopende verteller-protagonis, soos Van Vuuren (2010:15) aandui:

[H]ierdie narratiewe [is] eintlik nie onafhanklike kortverhale nie, maar hang saam in ‘n soort boek-van-verhale, met meestal dieselfde omtrekke van dieselfde donker gestemde protagonis of hoofkarakter. Sy is ‘n vrou wat in

139

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Durban woon, liefhebber van die Duitse letterkunde [...], en vervolg deur honde en hul ekskresie.

Dit is duidelik dat die enkele protagonis ‘n verskeidenheid vorme in die kortverhaalsiklus kan aanneem, met meerduidige funksies.

3.3.3 Die kollektiewe protagonis

Die derde element wat Dunn en Morris as koherensiemerker in die kortverhaalsiklus identifiseer, is ‘n kollektiewe protagonis. Volgens hierdie teoretici is ‘n kollektiewe protagonis meer kompleks as die enkele protagonis, en

often used to forge complex interconnective links in composite novels that cut a wide swath through historical time, or in those whose focus is multigenerational or multicultural. As we define it, the collective protagonist is a ―composite‖ – perhaps literally (a couple, a family, a club or a special interest group), or perhaps figuratively (a generation, a personality type, an archetypal embodiment). (Dunn en Morris 1995:15)

Mann (1989:30) beskou byvoorbeeld die verskillende protagoniste in Joyce se Dubliners as ‘n kollektiewe protagonis: ―Since there is no protagonist who reappears and develops in the process of the book, critics often fail to notice that the book presents the gradual maturation of what one might consider the archetypal Dubliner.‖

Joanne V. Creighton (aangehaal in Mann 1989:10) is ook van mening dat die siklus hom meer leen tot gemeenskapsnarratiewe as romans:

The composite [or cycle] lends itself to an exploration of the unique cultural identity shared by a group of people, whereas the novel is suited to an intensive study of an individual or a few individuals. The composite, in other words, offers a panoramic view of a setting and its people, whereas the novel‘s form demands limitation of focus to individuals.

Met betrekking tot die Suid-Afrikaanse kortverhaalsiklus is Creighton se uitspraak oor ‘n ruimte en sy mense betekenisvol juis omdat die gemeenskap – en daarmee saam ‘n spesifieke milieu – so ‘n prominente rol in die Suid-Afrikaanse letterkunde speel. Marais (2001:202) wys byvoorbeeld uit dat die genre van die kortverhaalsiklus met vrug aangewend word om ‘n versplinterde samelewing te ondersoek:

[I]n South Africa, specifically, the cycle form has proved especially appropriate to a rendering of the tensions inherent in a multifarious and fractured society in the process of attempting to transform itself into a unified but culturally heterogeneous democracy.

Weens hierdie spesifisiteite van die groter Suid-Afrikaanse samelewing speel ruimte en gemeenskap saam ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse Engelse kortverhaalsiklus, soos Adendorff (1986) met verwysing na siklusse van Herman Charles Bosman, Pauline Smith, Ahmed Essop en Bessie Head aandui.

140

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

3.3.4 Tekstuele patrone

Die vierde koherensiemerker wat Dunn en Morris (1995:15) identifiseer, is tekstuele patrone, waaronder hulle twee subtipes onderskei, naamlik storiepatrone en motiefpatrone:

The text-pieces of a pattern-related composite novel […] may feature identical story patterns or reflect identical, sharply etched motif patterns. In some works, then, pattern recurs exactly in each text-piece so that the same outline is visible in and interconnects them all. In other composite novels an identical pattern may structure one text-piece after another until, after having thus set a pattern precedent through repetition, a final text-piece startles (or encapsulates) through variation.

Lundén (1999:24) is skepties oor Dunn en Morris se beskouing van patrone en meen dat dit volgens hulle beskouing maar bloot ‘n ander term vir tema is. In ‘n sekere mate is dit waar vir motiefpatrone, aangesien motiewe in ‘n literêre werk gedeeltelik die tema vergestalt, soos Du Plooy (1992:326) uitwys:

Wanneer ‘n motief herhaaldelik in ‘n bepaalde werk voorkom en ‘n bepalende en organiserende invloed in daardie literêre werk word, word so ‘n motief die draer van die tema […] Die motief is ‘n konkrete tekselement en die tema die abstrakte betekenis van die teks as geheel.

‘n Afrikaanse voorbeeld in hierdie verband is Barnard se Duiwel-in-die-Bos. Smuts (1982) toon aan dat die titel die kern van die geheel vorm. Die teenstelling tussen goed en kwaad vorm die sentrale tema, en die verskillende gesigte van kwaad sluit in seksualiteit, geweld, vrees en stilte. Die ontwykende aard van boosheid word in elke verhaal verder ontwikkel, sodat die bundel as geheel die tema van boosheid vergestalt op ‘n wyse wat nie in een van die afsonderlike verhale realiseer nie.

Soos in die volgende artikel aangetoon sal word, bevat ook Die dag toe ek my hare losgemaak het ‘n aantal motiewe wat die tema ontwikkel. Belangrike motiewe in hierdie verband is glas en kos, soos Cochrane (2008:9) aandui:

Daar is ‘n aantal motiewe in die bundel teenwoordig wat herhaaldelik in die 12 verhale voorkom. Hierdie motiewe funksioneer as bindingselemente en snoer die individuele verhale as ‘n eenheid saam.

Eerstens vervul die breekbaarheidsmotief wat deur konstante verwysings na glas, kristal en porselein ondersteun word, ‘n belangrike funksie deur die psigiese, emosionele en fisieke breekbaarheid van die karakters te beklemtoon.

Tweedens funksioneer kos en die voorbereiding [...] daarvan as verdere bindingsmotief waardeur die emosionele leefwêrelde (van ontnugtering tot rou selferkenning) van karakters weerspieël word [...] In elkeen van hierdie gevalle belig die kosmotief ‘n ander aspek van die onderskeie karakters se bestaan.

Storiepatrone, die tweede patroontipe wat Dunn en Morris (1995:15) onderskei, skakel soos motiewe ook met die tema van ‘n teks. Dit gaan hier om ooreenstemmende plotlyne wat die leser deur die identiese of ooreenstemmende aksie of struktuur in elke verhaal as ‘n eenheid kan herken. As voorbeeld noem hulle Stein se Three lives en H.D. se Palimpsest (1926). In Three lives speel al drie tekste af in die fiktiewe dorpie

141

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Bridgewater, hoewel dit slegs kortliks in elke teks genoem word en hierdie ruimte nie bydra tot die koherensie tussen die drie tekste nie. Elke teks, naamlik ―The good Anna‖, ―Melanctha‖ en ―The gentle Lena‖, fokus (soos die titels ook aandui) op die lewe van een vrou, maar sonder die tradisionele dramakurwe wat ontwikkel van die uiteensetting na die klimaks na die denouement. Fitz (1971:231) vergelyk byvoorbeeld Stein se skryfstyl met Kubisme in die visuele kuns. Volgens Heldrich (1997:435) is daar ‘n besliste verband tussen metonimie, Kubisme en die kortverhaalsiklus in Three lives, veral in die verhoudings tussen vroue in die drie tekste:

Through these various metonymic functioning relationships, Stein builds a sense of thematic contiguity across the various planes or surfaces of the cycle. She also constructs a semblance of community between these disparate women […] The metonymies of Three lives also act to provide different perspectives or viewpoints on a particular subject. Friendships, which sometimes cross over into intimate relationships, suggest metonymic contiguity, while each instance offers a distinct perspective furthering the notion of friendship itself in the text as a whole.

Dunn (1987:55–6) beskou die tema van Three lives in ‘n soortgelyke lig en argumenteer dat die plot die sentrale patroon in Three lives is,waardeur ‘n homososiale of ten minste feministiese tema vergestalt word:

The most important type of unifying repetition […] has been so far overlooked. Both [Three lives and Palimpsest] tell three typically ―female‖ plots (those of the spinster, the married woman, and the ―loose‖ woman), yet both change the traditionally accepted lines of plot development […] In all three stories, then, Stein alters the traditional patterns in two ways: first, in the fact that marriage is not the pivotal point upon which the success or failure of her three women depends, and second, in the fact that each woman finds her only significant happiness through relationships with other women.

Hierdie argument word versterk deur die feit dat ―Melanctha‖ ‘n herskrywing is van Things as they are (1950) – wat Stein reeds in 1903 geskryf het en waarin ‘n lesbiese tema aan bod kom (Bridgman 1961:350). Volgens Stein was vriendskap egter nie die hooftema van Three lives nie; sy noem in ‘n onderhoud dat die siklus eerder gaan om stagnasie: ―The theme is an essentially new one: the theme of how little progress or development there is in most human lives, how much repetition‖ (Stein aangehaal in Fitz 1973:231).‖

Hierdie tema kom volgens Franke (1999:82) ook na vore deur karakterisering:

―The Good Anna‖ and ―The Gentle Lena‖ thus look at the habitual and, in a sense, pre-reflected, aspects of language and human nature. They depict people who are firmly fixed in their unchanging habits […] Moreover, the stories depict the stagnation of knowledge, a mode of life that does not allow new experiences to shape one‘s ideas of it […] Anna and Lena‘s nature is rooted in a ―firm old world sense of what was the right way for a girl to do‖ and ―old world ignorance‖.

Hierdie karakters word deur herhalende frases en motiewe as staties en onveranderlik uitgebeeld. Melanctha is die enigste van die vroue in Three lives wat buite die tradisioneel vroulike ruimte beweeg in haar ―wanderings‖ (wat volgens Dunn 1987:56 ‘n eufemisme vir seksuele emansipasie is), maar ook haar lewe verval in ‘n patroon.

142

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

―Melanctha‖ bied dus ‘n alternatief op die lewens van die ander vroue, maar op die ou einde word ook haar lewe ‘n herhaling van keuses en situasies, waardeur die tema van herhaling en die gebrek aan progressie ten spyte van verskillende keuses in mense se lewens vergestalt word.

Patrone as element wat koherensie in die kortverhaalsiklus kan skep, is dus, soos Lundén (1999:24) aanvoer, baie nou gekoppel aan tema. Deur aandag te gee aan sekere van die aspekte waarop tema vergestalt word, naamlik motief- en storiepatrone, kan daar wel noukeuriger aangetoon word hoe tema in die kortverhaalsiklus in die outonome teksgedeeltes funksioneer en hoe dit dan in die groter konteks van die geheel ontwikkel sodat die tekste dinamies met mekaar skakel om ‘n siklus te vorm.

3.3.5 Vertelling

Die vyfde en laaste moontlike organiserende beginsel in die kortverhaalsiklus is volgens Dunn en Morris (1995:16; hulle kursivering) vertelling (―storytelling‖):

Composite novels whose interconnections are established through this principle may feature a narrator who, aware of the difficulties (or joys) of telling a story, makes the telling process itself the primary focus. […] Thus in some composite novels the focus may […] be […] on a developing story – the work‘s focus, in other words, is the transactional process involved in getting the story told.

Onder hierdie vyfde beginsel verwys Dunn en Morris (1995:88–99) na twee uiteenlopende vertelmodusse. Enersyds is daar in vertelling as koherensiemerker in die kortverhaalsiklus die moontlikheid van ‘n selfbewuste verteller wat op metafiksionele wyse kommentaar lewer op die teks, andersyds ook strategieë van oorvertelling wat aan orale tradisies herinner. Onder die eerste moontlikheid word metafiksioniste soos Robert Coover (Pricksongs & Descants, 1969) en John Barth (Lost in the Funhouse, 1968) se tekste as kortverhaalsiklusse verstaan.

‘n Afrikaanse voorbeeld van ‘n kortverhaalsiklus waarin vertelling as koherensiemerker aangewend word, is Van Niekerk se Die sneeuslaper. Die bandteks rig reeds die aandag op die prominensie van die vertelling in hierdie teks:

Die vertel van verhale het dikwels te doen met afhanklikheid – en met mag. Wie kies jy uit om jou storie voor te vertel? Watter moment kies jy en hoe bied jy dit aan? Wat presies wil jy jou leser aandoen, of spaar? En dan: Is ‘n mens altyd vry om dit alles te bepaal? [...] In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt.

Verskillende vertelsituasies word in die vier verhale, onderskeidelik ‘n intreerede, grafrede, veldwerkverslag en lesing, ondersoek. Die verskillende aspekte van vertelling word sentraal in die narratief, in so ‘n mate dat Crous (2010:13) Die sneeuslaper as Van Niekerk se ―kunsteoretiese besinning‖ beskou.

Ook volgens Human (2010) is die konsep van vertelling in Die sneeuslaper sentraal:

Aan die hand van vier verweefde verhale oor vriendskap (en hoe slim speel die vertellings nie op mekaar in nie?) word nagedink oor die betekenis van die vertelkuns, die ontstaan en aard van stories, en die moontlike waarde van verhalende tekste.

143

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Visagie (2010:9) beskou ook die maak en vertel van stories as die sentrale spilpunt waarom die bundel wentel:

Dit is immers nie die verhaal self wat die bron van plesier is nie; ―dis die glipraam van die aanbod wat tel, en die verskole tersydes. Handelinge en gebeure moet herhaal wees, of omgekeerd of geminiaturiseerd.‖ Van Niekerk skryf dus verhale oor die maak van verhale, ‘n tradisie wat skrywers soos Koos Prinsloo en Johann de Lange in die 1980‘s gevestig het.

De Jong-Goossens verwys in haar resensie van die Nederlandse weergawe, De sneeuwslaper (2009), na die Ourobouros-simbool om die sikliese effek van die vertellings te illustreer: ―Deze vier verhalen staan ieder op zichzelf, maar hebben iets of iemand gemeen [...] Het zijn verhalen als Ourobouros die zijn eigen staart opeet. Wie het vatten kan, vatte het‖ (De Jong-Goossens 2010:32).

Die tweede moontlikheid van vertelling as koherensieskepper in die kortverhaalsiklus is die tipe vertelling wat herinner aan die orale tradisies, veral wat oorvertelling en meerstemmigheid betref.

Dunn en Morris (1995:93) verwys in hierdie verband na Bernardo Atxaga se Obabakoak (1988):

Atxaga‘s composite novel reveals a treasure trove of stories as one might hear them while attending a tertulia – a village storytelling session. Because a tertulia‘s offerings are neither preset nor prescriptive, one may hear tales from almost all generic traditions (including crime stories, romances, personal memoirs, and fairy tales) by one tale-teller or many.

Marais (2001:203) toon aan hoe vertelling as eenheidsmerker ook in die Engelse Suid-Afrikaanse kortverhaalsiklus aangewend word. Sy verwys byvoorbeeld na ―Women at work‖, die eerste gedeelte van Sindiwe Magona se Living, loving, and lying awake at night (1991), as ‘n kortverhaalsiklus waarin huiswerkersnarratiewe aangetref word wat – in teenstelling met gemedieerde verhale soos Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) – hulle ervarings daarstel deur ―alternative fictive conventions derived from popular, oral story telling traditions that are […] not necessarily chronological‖ (Isabel Hofmeyr aangehaal in Marais 2001:197).

In die Afrikaanse literatuurtradisie is A.H.M. Scholtz se vertellingswyse in Vatmaar (1995) dalk die beste voorbeeld van hierdie polifoniese vertelstyl, hoewel die afsonderlike hoofstukke in die meeste gevalle nie outonoom kan funksioneer nie. Venter (1995:8) noem byvoorbeeld dat die stories wat op mekaar inspeel, die geheue van die gemeenskap vorm:

Die roman is los van bou […] In so ‘n sestigtal hoofstukke vertel ‘n hele aantal fiktiewe vertellers hulle verhale oor Vatmaar en sy mense. Elke storie voer die verhaallyn verder of vul ‘n vorige vertelling aan […] Terselfdertyd dra elke storie by tot ‘n sentrale romanidee, naamlik dat die mens net mens binne ‘n gemeenskap is. En die geheue van hierdie gemeenskapbestaan is die stories wat vertel word.

Hierdie beskouing van die rol van verskillende stories binne die groter romanstruktuur herinner sterk aan die spanning tussen outonomie en koherensie soos dit in die

144

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kortverhaalsiklus funksioneer. Marais (2001:202–3) koppel dan ook die konsep van vertelling aan die Suid-Afrikaanse kortverhaalsiklus in Engels:

In a general sense, then, it would appear that the inherent dualism or hybrid character of this genre – its position somewhere between the novel and the short story proper – lends it to the type of metafictional interrogations and technical innovations […] Moreover, it is surely not surprising that in a deeply ruptured society, such as this, where the national/historical narrative is in the process of being radically ―rewritten‖/imagined, that narrative fiction tends to reflect an acute sense of the storied nature of reality.

Die vyf koherensiemerkers in die kortverhaalsiklus wat Dunn en Morris (1995:30–99) in hulle omvattende bespreking identifiseer – ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n saamgestelde protagonis, patrone en vertelling – bied ‘n waardevolle beginpunt om te verstaan hoe die koherensie tussen outonome tekste in ‘n kortverhaalsiklus tot stand kom.

Die meeste ander beskouings oor die kortverhaalsiklus identifiseer soortgelyke aspekte wat koherensie daarstel, alhoewel dit selde so duidelik omskryf word soos Dunn en Morris se kenmerke. Mann (1989:8–14) identifiseer byvoorbeeld ook karakter (waaronder sy ‘n enkele en saamgestelde protagonis verstaan), tema en ruimte. Nagel (2004:16) noem dat hierdie drie aspekte die duidelikste koherensiemerkers in die kortverhaalsiklus is.

Lundén staan egter krities teenoor Ingram (1971), Mann (1989) en Dunn en Morris (1995) se fokus op aspekte wat koherensie skep, omdat hierdie beskouings dikwels die eenheid beklemtoon ten koste van die versplinterde aard van die narratief wat tot stand kom juis deur die spanning tussen outonomie en koherensie. Met verwysing na Mann (1989) skryf Lundén (1999:24):

[W]hile she brings out many subtle connections between the stories in theme, plot, myth, imagery, and character, she does not seem particularly aware of the silences, gaps, lacunae, and contradictions that characterize these composites. She fails to see how many themes find expression in the narrative strategies of disruption.

Vir Lundén raak die fokus op eenheid in die kortverhaalsiklus veral problematies wanneer die genre vanweë sy fragmentariese aard aangewend word om temas van isolasie te ondersoek, soos in Winesburg, Ohio van Anderson.

Ook Dunn en Morris (1995) se beskouing van die kortverhaalsiklus as ‘n ―saamgestelde roman‖ is volgens Lundén problematies, veral omdat die koherensiemerkers wat hulle identifiseer, ook koherensie in die roman skep en dus nie die spesifisiteite van die kortverhaalsiklus voldoende in ag neem nie. Aangesien karakters, ruimte, tyd, plot en vertellers die basiese elemente van enige narratief is, kan die kortverhaalsiklus nie op grond daarvan van die roman onderskei word nie.

Nagel (2004:15) beklemtoon dan ook dat die sentrale onderskeid tussen die kortverhaalsiklus en die roman die outonomie van die afsonderlike teksgedeeltes is:

Unlike the stories in a cycle, the subordinate units of a novel, its episodes or chapters, are incomplete in themselves, dependent for artistic completion on the other units that comprise the whole. When chapters from novels were

145

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

published in magazines in the nineteenth century, they were inherently incomplete, requiring chapters in subsequent issues of the magazine for the completion of the plot or situation. In contrast, the stories that comprise cycles were nearly always complete aesthetic works by themselves.

As ‘n gevolg van hierdie outonomie is die effek van die kortverhaalsiklus ook anders as dié van die roman. In die geval van die kortverhaalsiklus, waarin die ontwikkeling van ‘n enkele protagonis gestalte kry op ‘n wyse wat herinner aan die Bildungsroman, kan daar byvoorbeeld slegs gefokus word op die momente wat nodig is vir karakterontwikkeling, en bykarakters kan verskyn en weer verdwyn sonder dat hulle deel hoef te vorm van die eenheid van aksie, soos Mann (1989:9) uitwys.

4. Samevatting

In hierdie artikel is spesifieke teoretiese kwessies aangaande die genre van die kortverhaalsiklus verken.

Eerstens is aandag geskenk aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Daar is aangetoon dat die term eenheidsbundel as oorkoepelende term vir twee tipes tekste gebruik word: enersyds om te verwys na kortverhaalbundels waarin enkele bindingselemente (soos ‘n gedeelde tema) tussen die onafhanklike kortverhale nagespeur kan word en wat daartoe lei dat die bundel ‘n sekere geheelindruk by die leser skep; en andersyds om te verwys na versamelings tekste waarin daar ‘n spesifieke spanning tussen die outonome korter tekste en die koherente groter geheel tot stand kom en wat as gevolg van hierdie spanning op so ‘n wyse met mekaar skakel dat die betekenis van die bundel as geheel groter is as die som van die betekenisse van die individuele korter tekste. Hierdie tweede tipe bundel, wat in Afrikaans onder die noemer van die eenheidsbundel bekend staan, word in internasionale kritiek as ‘n afsonderlike genre – die kortverhaalsiklus – beskou. Hierdie genre het die afgelope paar jaar meer prominent geraak in die Afrikaanse literatuurtradisie, maar daar is steeds ‘n ―gebrek aan ‘n behoorlike beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans‖ (Snyman 2011).

Tweedens is sekere teoretiese kwessies rakende die kortverhaalsiklus breedvoerig bespreek aan die hand van die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004). Die belangrikste kenmerk van die genre – ‘n spanning tussen die outonome korter tekste en die groter, koherente geheel – en die verskillende benaderings van teoretici is krities bespreek. Voorts is aandag geskenk aan enkele terminologiese en generiese kwessies, veral wat betref die generiese eienskappe van die korter tekste en die wyses waarop die groter geheel tot stand kom (as siklus, reeks of samestelling).

Derdens is spesifieke koherensiemerkers wat Dunn en Morris (1995) identifiseer, aan die hand van enkele voorbeelde uiteengesit. Daar is uitgebrei op ruimte, die enkele protagonis, die kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling as moontlike koherensiemerkers.

Hierdie teoretiese uiteensetting van die kortverhaalsiklus word in die volgende deel van die studie, getiteld ―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ‘n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer‖, as vertrekpunt gebruik om te bepaal hoe die generiese kodes van die kortverhaalsiklus in die betrokke werk tot stand kom en wat die gevolge van die spanning tussen

146

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

outonomie en koherensie in hierdie teks is. Daar word dus in die tweede gedeelte gepoog om die teoretiese kwessies wat in hierdie artikel aan bod kom, aan die hand van ‘n Afrikaanse voorbeeld te verhelder.

Bibliografie

Adendorff, T.E. 1986. South African short story cycles: A study of Herman Charles Bosman‘s Mafeking Road, Pauline Smith‘s Little Karoo, Ahmed Essop‘s The Hajji and other stories and Bessie Head‘s The collector of treasures, with special reference to region and community. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Durban: Universiteit van Natal.

Alderman, T.C. 1985. The enigma of The ebony tower: A genre study. Modern Fiction Studies, 31(1):135–48.

Anker, W.P.P. 2008. Nomades, oorlogmasjiene, Freud en The Doors: ‘n Skisoanalise van Alexander Strachan se ―Visioen‖ (1984) met verwysing na Apocalypse Now. LitNet Akademies, 5(3):94–109. http://www.oulitnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=58937&cat_id=201

Anon. 1971. Gesprekke met skrywers 1. Kaapstad: Tafelberg.

Aucamp, H. 1978. Kort voor lank: Opstelle oor kortprosa. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1984. ‘n Dinamiese debuut. Die Vaderland, 11 Oktober, bl. 12.

—. 2005. Is poësie die enigste bedreigde genre in Afrikaans? Die Burger, 26 September, bl. 15.

Bendixen, A. en J. Nagel (reds.). 2010. A companion to the American short story. Malden: Blackwell.

Birkenstein, J. 2010. ―Should I stay or should I go?‖ American restlessness and the short-story cycle. In Bendixen en Nagel (reds.) 2010.

Botha, E. 1992. Kortverhaal. In Cloete (red.) 1992.

Brada-Williams, N. 2004. Reading Jhumpa Lahiri‘s ―Interpreter of maladies‖ as a short story cycle. Melus, 29(3/4):451–64.

Bridgman, R. 1961. Melanctha. American Literature, 33(3):350–9.

Brink, A.P. 2008. Nuwe, opwindende stem in SA letterkunde. Die Burger, 4 Augustus, bl. 9.

Brown, J. (red.). 2000. American women short story writers: a collection of critical essays. New York: Garland Publishing.

Brümmer, W. 2008. Die dag toe ek my hare losgemaak het. Kaapstad: Human & Rousseau.

147

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Bruwer, A.S. 2003. Henk van Woerden se ―Kaapse trilogie‖ as vorm van bekentenisliteratuur. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

Cilliers, S. 2008. Deurleefde debuut. Volksblad, 22 September, bl. 10.

—. 2010. Venter se bundel fyn beplan. Volksblad, 29 Maart, bl. 6.

Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.

Cochrane, N. 2008. Sterk debuut deur belowende skrywer. Beeld, 6 Oktober, bl. 9.

Crous, M. 2010. Mens hoop skrywer is reeds besig met ‘n volgende teks. Beeld, 13 Desember, bl. 19.

Davis, R.G. 2001. Negotiating place / recreating home: Short story cycles by Naipaul, Mistry and Vassanji. In Viola en Durix (reds.) 2001.

De Jong-Goossens, R. 2010. De sneeuwslaper. Zuid-Afrika, Februarie, bl. 32.

De Vries, A. 1989. Kortom 2: ’n Inleiding tot Die Afrikaanse kortverhaalboek. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

—. 1998. Kort vertel: Aspekte van die Afrikaanse kortverhaal. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.

Donahue, P. 2003. The postmodern short story: forms and issues. In Iftekharrudin, Boyden, Rorberger en Claudet (reds.) 2001.

Dunn, M.M. 1987. Altered patterns and new endings: Reflections of change in Stein‘s Three lives and H.D.‘s Palimpsest. Frontiers, 9(2):54–9.

Dunn, M. en A. Morris. 1995. The composite novel: The short story cycle in transition. New York: Twayne.

Du Plooy, H. 1992. Motief. In Cloete (red.) 1992.

Du Toit, P.A. 1974. ‘n Ondersoek na Afrikaanse beskouings oor die kortverhaal met besondere verwysing na enkele nuwer Afrikaanse verhale. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Grahamstad: Rhodes Universiteit.

Ferguson, S. 2003. Sequences, anti-sequences, cycles, and composite novels: The short story in genre criticism. Journal of the Short Story in English, 41. http://jsse.revues.org/index312.html (21 September 2010 geraadpleeg).

Fitz, L.T. 1973. Gertrude Stein and Picasso: The language of surfaces. American Literature, 45(2):228–37.

Franke, A. 1999. Keys to controversies: Stereotypes in modern American novels. New York: St Martin‘s Press.

148

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Gabrielli, V. (red.). 1966. Friendship's garland: Essays presented to Mario Praz on his seventieth birthday. Rome: Edizioni di Storia e Letteratura.

Gardner, H. 1966. The titles of Donne's poems. In Gabrielli (red.) 1966.

Harper, S. 2008. Strandpad lei van meisie tot volwasse vrou. Beeld, 12 Mei, bl. 6.

Heldrich, P. 1997. Connecting surfaces: Gertrude Stein‘s Three lives, cubism, and the metonymy of the short story cycle. Studies in Short Fiction, 34:427–39.

Human, T. 2007. Uiteenlopende bundel trakteer leser met om- en afdraaipaaie. Beeld, 14 Mei, bl. 13.

—. 2010. Welluidendheid van wegglyende woorde. Rapport, 6 November. http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Welluidendheid-van-wegglyende-woorde-20101104 (6 November geraadpleeg).

Hugo, D. en N. Jaekel Strauss. 2010. Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, Maal. RSG Leeskring, 7 September.

Ibáñez, J.R., J.F. Fernández en C.M. Bretones (reds.) 2007. Contemporary debates on the short story. Bern: Peter Lang.

Iftekharrudin, F., J. Boyden, M. Rohrberger en J. Claudet (reds.). 2003. The postmodern short story: forms and issues. Westport: Praeger.

Ingram, F.L. 1971. Representative short story cycles of the twentieth century: Studies in a literary genre. Den Haag: Mouton.

Junquera, C.F. 2007. Fluid boundaries in Judith Ortiz Cofer‘s Silent dancing. In Ibáñez, Fernández en Bretones (reds.) 2007.

Kelley, M. 2000. Gender and genre: The case of the novel-in-stories. In Brown (red.) 2000.

Kennedy, J.G. (red.). 1995. Modern American short story sequences: Composite fictions and fictive communities. Cambridge: Cambridge University Press.

Keuris, M. 1992. Tyd in die literatuur. In Cloete (red.) 1992.

Kleppe, S.L. 2004. Faulkner, Welty, and the short story composite. In Winther, Lothe en Skei (reds.) 2004.

Lohafer, S. en J.E. Clarey (reds.). 1989. Short story theory at a crossroads. Baton Rouge: Louisiana State University Press.

Lundén, R. 1999. The united stories of America: Studies in the short story composite. Amsterdam en Atlanta: Rodopi.

Luscher, R.M. 1989. The short story sequence: An open book. In Lohafer en Clarey (reds.) 1989.

149

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 1995. John Updike‘s Olinger Stories: New light among the shadows. In Kennedy (red.) 1995.

Lynch, G. 2001. The one and the many: English-Canadian short story cycles. Toronto: University of Toronto Press.

Mann, S.G. 1989. The short story cycle: A genre companion and reference guide. Westport: Greenwood Press.

Marais, R. 1986. Genietlike eksperimentele werk. Die Vaderland, 7 April, bl. 16.

Marais, S. 1992. Ivan Vladislavić‘s re-vision of the South African story cycle. Current Writing, 4:29–43.

—. 1995. Getting lost in Cape Town: Spatial and temporal dislocation in the South African short fiction cycle. English in Africa, 22(2):29–43.

—. 1996. Contemporary South African short fiction cycles: Subjectivity and location. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Durban: Universiteit van Natal.

—. 2001. Discontinuity-in-relationship: Apartheid in the South African short fiction cycle. In Yousaf (red.) 2001.

—. 2005. ―Queer small town people‖: Regional communities and the modern short story cycle. Current Writing,17(2):14–36.

Mulvihill, J. 1998. For public consumption: The origin of titling the short poem. The Journal of English and Germanic Philology, 97(2):190–204.

Nagel, J. 2004. The contemporary American short-story cycle: The ethnic resonance of genre. Baton Rouge: Louisiana State University Press.

O‘Toole, L.M. en A. Shuckman (reds.). 1978. Russian poetics in translation 5. Oxford: Oxon Publishing.

Pakendorf, G. 2007. Stories wys op verlange na iets buitengewoons. Rapport, 4 November, bl. 7.

Reid, I. 1977. The short story. Londen: Methuen.

Scheepers, R. 2010. Venter se Ouveld plek waar verhale geil groei. Die Burger, 10 Mei, bl. 9.

Scholtz, M.G. 1992. Roman. In Cloete (red.) 1992.

Smuts, J.P. en H. Aucamp. 1971. Hennie Aucamp in gesprek met J.P. Smuts. In Anon. 1971.

Smuts, J.P. 1984. ‘n Sterk nuwe stem. Die Burger, 13 September, bl. 13.

—. 2003. Twee Kersverhale van Henriette Grové. Tydskrif vir Letterkunde, 40(1):97–108.

150

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Smuts, R. 1982. Die kortverhaalbundel as eenheid. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Pretoria: Universiteit van Pretoria.

Snyman, M. 2011. Roman kort ‘n eenduidige naam. Rapport, 6 Maart. http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2011/03/04/R2/6/boek06.html (10 Maart 2011 geraadpleeg).

Spies, L. 1992. Siklus in die poësie. In Cloete (red.) 1992.

Swanepoel, M. 2008. Stories in haar bloed. Beeld, 9 Augustus, bl. 12.

Tomashevsky, B. 1978. Literary genres. In O‘Toole en Shuckman (reds.) 1978.

Van Coller, H.P. 1984. Prosadebuut toon talent. Die Volksblad, 8 September, bl. 6.

—. 1992. Siklus in die prosa. In Cloete (red.) 1992.

Van den Berg, C. 2010. Verhale om aan te smul. Volksblad, 9 Oktober, bl. 7.

Van Niekerk, A. 2008. Belowende beendere, maar waar is die murg? Rapport, 21 September, bl. 22.

Van Niekerk, J. 2009. Resensie van Die dag toe ek my hare losgemaak het. Tydskrif vir Letterkunde, 46(1):239–41.

Van Vuuren, H. 2010. Bundel oor vervreemding tegnies knap. Die Burger, 13 Desember, bl. 15.

Van Zyl, W. 1992. Regionale literatuur. In Cloete (red.) 1992.

Venter, L.S. 1995. Boeiende Vatmaar ‘n belangrike gebeurtenis in Afrikaanse prosa. Beeld, 4 Desember, bl. 8.

Viola, A. en J.P. Durix (reds.). 2001. Telling stories: Postcolonial short fiction in English. Amsterdam: Rodopi.

Viljoen, L. 2010a. Op reis met ’n hond ‘n besonder belowende debuut. LitNet. http://www.oulitnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id =1270&news_ id= 96349 (25 Januarie 2011 geraadpleeg).

— 2010b. Kortverhale in Maal presies en meesleurend. Die Burger, 27 September, bl. 9.

Visagie, A. 2010. Bruisende literêre talent aan woord. Die Burger, 22 November, bl. 9.

Whalan, M. 2007. Race, manhood, and modernism in America: The short story cycles of Sherwood Anderson and Jean Toomer. Knoxville: The University of Tennessee Press.

Winther, P., J. Lothe en H.H. Skei (reds.). 2004. The art of brevity: Excursions in short fiction theory and analysis. Columbia: University of South Carolina Press.

Yousaf, N. (red.). 2001. Apartheid narratives. Amsterdam: Rodopi.

151

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ‘n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het

van Willemien Brümmer

Nina Botes Departement Letterkunde

Universiteit Antwerpen

Neil Cochrane Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap

Universiteit van Suid-Afrika

Summary

Generic markers in the short story cycle: Part 2: An application to Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer

This article forms the second part of a two-part study of the short story cycle in Afrikaans with the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer. In the previous article (“Generic markers in the short story cycle: Part 1: Theoretical foundations”), some issues pertaining to the short story cycle were discussed. First, it was shown that the Afrikaans term eenheidsbundel (unified volume of short stories) is an umbrella term for three types of linked short story volumes that can be distinguished based on the level of tension between autonomy and coherence, namely the short story cycle, unified volume of short stories and short story sequence.

Secondly, a number of theoretical issues pertaining to the short story cycle were discussed using Ingram (1971), Mann (1989), Dunn and Morris (1995), Kennedy (1995), Lundén (1999) and Nagel (2004). The different approaches (author-centred, reader-centred and text-centred) to the short story cycle were discussed. It was argued that a text-centred approach is the most functional for this textual form, as the most important characteristic of this genre is the tension between the autonomous shorter texts and the coherence of the volume. The generic possibilities of the short texts that create the larger whole were illuminated and it was shown that a combination of the views of Dunn and Morris (1995) and Mann (1989) offer a useful demarcation of the short texts comprising a cycle. Different descriptive terms for this genre were evaluated and it was found that the concept of a cycle offers a useful way of understanding the nature of autonomy and coherence in this genre. Based on the critical review, six conventions of the short story cycle were identified.

Thirdly, a number of coherence markers identified by Dunn and Morris (1995) were discussed, namely setting, a single protagonist, a collective protagonist, textual patterns and storytelling.

152

152

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In this article the previous article is used as a theoretical basis to investigate the generic markers in Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer.

This article focuses firstly on the autonomy of the short texts. Each of the texts in Die dag toe ek my hare losgemaak het can be regarded as a short story when measured against theoretical views on the genre of the short story offered by Du Toit (1974), Aucamp (1978) and Botha (1992). The autonomy of the texts is also signalled by paratextual elements, including the blurb, reviews and interviews.

Secondly, the coherence of the greater whole is investigated using the coherence markers identified by Dunn and Morris (1995) as our point of departure, specifically the single protagonist, setting and textual patterns. It is argued that the single protagonist, Mia Ragel Albertyn, is the most noticeable unifying factor. While each of the short stories focuses on one element of the protagonist’s development, the text as a whole focuses on the gradual development of the protagonist. As such, Die dag toe ek my hare losgemaak het displays a similarity to the Bildungsroman. Important elements in the protagonist’s development include successive confrontations with hereditary depression from which both Mia and her father suffer, Mia’s gradual sexual initiation, her maturation process regulated by her mother, and various relationships necessary for her development.

Other unifying elements include the setting (with the majority of the stories set in either Cape Town or on the family farm and with prominent landmarks referenced throughout), a continual third-person narrator focalising through Mia, and specific motif patterns. The motif of food functions in different ways in the narrative, every time connected to Mia’s rite of passage at that moment in her development, ranging from sexual initiation to self-acceptance. In a number of stories the central action is also organised around a family meal, and the problematic relationships of the family are explored through this trope. The glass motif illustrates the vulnerability of Mia, her father and her grandmother caused by depression. These motifs signal the different phases of Mia’s development, but at the same time also create dynamic links between stories as they are developed and expanded throughout the narrative. As a result the different themes are further explored through “dynamic patterns of recurrence and development” (Ingram 1971:20).

Thirdly, the effect of the tension between autonomy and coherence in Die dag toe ek my hare losgemaak het is investigated according to the implications it has on the levels of structure and meaning. Although the maturation of a protagonist is usually associated with novels, Die dag toe ek my hare losgemaak het reveals that the short story cycle can also be a useful genre for this type of narrative, as it allows a focus on “only those people and incidents that are essential to character development” (Mann 1989:9). Because every short story represents one crisis moment in the development of the protagonist, subordinate characters like Nick, Phillip, Mario and Andries are utilised only where they contribute to the action, and can disappear with no explanation being necessary. Similarly, the events and relationships leading to Mia’s becoming a mother – which had no impact on her development – are not narrated; only the development of her being a mother is included. Thus, details that are important for causality in the genre of the novel, but unimportant in character development, can be left out when using the genre of the short story cycle.

Since each short story represents a crisis moment in the development of the protagonist, with no passages bridging the different moments of crisis, the handling of time in the short story cycle is different from that in the novel: in Gérard Genette’s terms, the short story cycle utilises ellipses and summary to a much greater extent than the novel. Consequently the narrative speed is greater in the short story cycle than in the novel, as narrative time of the whole (the cycle) consists of only small narrative times of the short stories, with no narrative time (ellipses) between the stories. In addition, the crisis moments of each story, with no, or very short, alternating moments of equilibrium, create a greater level of tension than the traditional Bildungsroman. Thus the intensity of the short story is combined with the gradual

153

153

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

development of the protagonist. As a result, the intensity of the short story is imitated in combination with information volumes usually associated with the novel.

The tension between autonomy and coherence also has implications for an interpretation of the narrative. Each short story cycle has certain interpretative possibilities when read in isolation. Themes include the relationship between mother and daughter, the relationship between father and daughter, depression, the family as a unit, loneliness and the search for meaningful relationships. However, when read as a coherent whole, the stories link with one another, expanding the interpretative possibilities of the different stories and transforming the meaning of certain aspects of each story, thereby creating “dynamic patterns of recurrence and development” (Ingram 1971:20). The global theme of Die dag toe ek my hare losgemaak het, namely the ways in which one is shaped by different relationships, is not realised completely in any of the stories when they are read in isolation.

As a whole, this two-part study attempts to illuminate some of the issues relating to the short story cycle and to contribute to scholarship on this genre in Afrikaans.

Keywords: short story cycle, composite novel, autonomy, coherence, generic markers, unified volume of short stories, coherence markers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my hare losgemaak het

Opsomming

Hierdie artikel vorm die tweede deel van ‘n studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer. In die eerste deel van hierdie studie (―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte‖) is aandag gegee aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse en is daar uitgebrei op die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004). In hierdie artikel word drie van die koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) as skakels tussen tekste in ‘n kortverhaalsiklus kan funksioneer, naamlik die enkele protagonis, ruimte en tekstuele patrone, as vertrekpunt gebruik om te bepaal wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter siklus in Die dag toe ek my hare losgemaak het is. Die assosiatiewe verbande tussen die verhale skep ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20) waardeur spesifieke temas ontwikkel. Sentraal is die ontwikkelingsproses van ‘n enkele protagonis, ‘n verhaalgegewe wat meestal met die romanvorm geassosieer word. Deur tydspronge, ingeperkte vertelde tyd en eenlynigheid van handeling word ‘n effek verkry wat soortgelyk is aan die kenmerkende organisasie van die kortverhaal in die hantering van ‘n narratiewe struktuur en inligtingsvolumes wat met die roman geassosieer word. Daar word aangevoer dat Die dag toe ek my hare losgemaak het dus nie bloot as ‘n afgewaterde vorm van die roman of as ‘n sterk eenheidsbundel beskou kan word nie, maar as ‘n tekstuele gegewe wat tot ‘n afsonderlike genre behoort. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om ‘n bydrae te lewer tot ―‘n beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans‖ (Snyman 2011) deur eerstens ‘n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklus-genre te bied en tweedens ‘n toepassing daarvan aan die hand van ‘n Afrikaanse voorbeeld te onderneem.

Trefwoorde: kortverhaalsiklus, saamgestelde roman, outonomie, koherensie, generiese merkers, eenheidsbundels, koherensiemerkers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my hare losgemaak het

154

154

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

1. Inleiding

In die vorige deel van hierdie studie, ―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte‖, is aandag geskenk aan verskeie teoretiese kwessies oor die kortverhaalsiklus. Eerstens is daar gefokus op die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Daar is aangetoon dat die kortverhaalsiklus, anders as die eenheidsbundel, ‘n spanning tussen die outonome korter tekste en die groter koherente geheel daarstel wat veroorsaak dat die betekenis van die geheel groter is as die som van die betekenis van die individuele tekste en dat die interpretasie van die enkelwerk dikwels gewysig word deur die plasing daarvan binne bundelverband. Tweedens is verskeie generiese kwessies aangaande die kortverhaalsiklus verken aan die hand van ‘n aantal teoretiese beskouings, insluitend dié van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004). Laastens is uitgebrei op ‘n aantal wyses waarop koherensie volgens Dunn en Morris (1995) in die kortverhaalsiklus tot stand kan kom, naamlik ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n saamgestelde protagonis, tekstuele patrone en vertelling.

In hierdie artikel, wat die tweede deel van die studie vorm, word ‘n toepassing van hierdie teoretiese uiteensetting op Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van Willemien Brümmer onderneem. Hierdie teks is prominent deel van ‘n korpus belangwekkende tekste wat tot die genre van die kortverhaalsiklus behoort en wat die afgelope paar jaar verskyn het. Ander tekste wat in hierdie verband genoem kan word, is Alle paaie lei deur Die Strand (Corlia Fourie, 2008), In die mond van die wolf (Paul C. Venter, 2010), Op reis met ’n hond (Anna Kemp, 2010) en Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk, 2010).

Hierdie genre is egter nie nuut nie, en terugskouend kan ‘n aantal ander Afrikaanse tekste as kortverhaalsiklusse beskou word. Enkele voorbeelde sluit in: Chris Barnard se Duiwel-in-die-Bos (1968), Fransi Phillips se Sewe-en-sewentig stories oor ’n clown (1985) en Herfsverhale (1992), Chris Pelser se Soveel nagte plotseling (1991), Die donker melk van daeraad (1994) van George Weideman, en Johann Botha se Groot vyf (1997).

Alderman (1985:135) noem dat tekste in hierdie genre, wat gekenmerk word deur ‘n spanning tussen die outonomie van die korter tekste en die koherensie van die geheel, dikwels nie deur resensente, teoretici en bemarkers wêreldwyd as kortverhaalsiklusse herken word nie. Volgens Snyman (2011) is dit ook die geval met Afrikaanse tekste wat tot hierdie genre behoort en is dit ‘n gevolg van ‘n ―gebrek aan ‘n behoorlike beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans‖.

Dit is dan ook spesifiek die geval met Die dag toe ek my hare losgemaak het, wat volgens die bandteks ‘n ―kortverhaalbundel‖ sou wees. Terselfdertyd bevestig hierdie bemarkingsteks ook die spanning tussen die outonomie van die korter tekste en die koherensie van die bundel:

Hierdie kortverhale beeld op treffende en insiggewende wyse Mia Ragel Albertyn se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas buite Ladismith, van twaalfjarige kind tot ‘n jong moeder. Voorop staan telkens die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans.

155

155

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die resensies van Die dag toe ek my hare losgemaak het bevestig ook die aanwesigheid van beide outonomie (van die kortverhale) en koherensie (van die bundel as geheel), hoewel slegs Brink (2008:9) daarop wys dat hierdie teks tot ‘n afsonderlike genre behoort. Van Niekerk (2008:22) verwys byvoorbeeld na ―die aaneengekoppelde verhale‖. Van Niekerk (2009:239) beskou die enkele protagonis en chronologiese rangskikking as die belangrikste eenheidsmerkers:

Eerder as ‘n losse groepering van tekste, is dié ‘n deurgekomponeerde bundel waar elke verhaal dieselfde hoofkarakter het – Mia Ragel Albertyn – wat in verskillende lewensfases haar verskyning maak. Gevolglik kan die bundel byna as ‘n soort ―mini-roman‖ gelees word, veral omdat die verhale chronologies op mekaar volg, beginnende by Mia se twaalfde verjaardag. Tog bly dit ‘n kortverhaalbundel en die verhale staan ook beslis op hul eie. Elke verhaal vorm ‘n afsonderlike eenheid, maar die verhale bou ook op mekaar voort en elke verhaal verkry bykomende betekenis deur die verhale waardeur dit omring word.

Volgens Cochrane (2008:9) bied die ―chronologiese struktuur […] interessante moontlikhede aan die leser wat die bundel in sy geheel as ‘n tipe miniatuur-Bildungsroman óf elke kortverhaal as ‘n selfstandige eenheid kan lees‖, maar hy wys ook daarop dat sekere motiewe ―funksioneer as bindingselemente en snoer die individuele verhale as ‘n eenheid saam‖.

Uit die resensies van Die dag toe ek my hare losgemaak het blyk dit dat resensente en bemarkers wel die belangrikste eienskap van die kortverhaalsiklus – die spanning tussen outonomie en koherensie – herken het, maar dit (weens die gebrekkige teoretisering oor hierdie genre in die Afrikaanse literatuurkritiek) nie as behorende tot ‘n spesifieke vorm identifiseer het nie. Volgens Snyman (2011) is dit ook die geval met ‘n aantal ander onlangse tekste (sien ook die vorige deel van hierdie studie, ―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte‖). Hierdie artikel poog om saam met Deel 1 van die studie ‘n bydrae tot die teorie oor die Afrikaanse kortverhaalsiklus te lewer.

2. Probleemstelling

Die oorhoofse doel van hierdie studie is om outonomie en koherensie as generiese merkers in Die dag toe ek my hare losgemaak het te ondersoek volgens teoretiese beskouings van die kortverhaalsiklus of saamgestelde roman as genre.

In die eerste deel van die studie is die teoretiese uiteensetting onderneem. Eerstens is ‘n onderskeid getref tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Tweedens is uiteenlopende teoretiese beskouings oor die kortverhaalsiklus krities bespreek en ‘n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus vir die doeleindes van hierdie studie daargestel. Derdens is koherensiemerkers wat Dunn en Morris (1995) identifiseer, aan die hand van enkele voorbeelde uiteengesit.

In hierdie artikel word die teoretiese uiteensetting gebruik om die generiese merkers van Die dag toe ek my hare losgemaak het van Brümmer te ondersoek. Eerstens sal kortliks gefokus word op die outonomie van die korter tekste. Tweedens sal Dunn en Morris (1995) se beskouing van die elemente wat koherensie tussen outonome tekste in die kortverhaalsiklus bewerkstellig, as vertrekpunt dien om te bepaal hoe koherensie tussen die afsonderlike kortverhale in Die dag toe ek my hare losgemaak het tot stand kom.

156

156

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die fokus sal op die enkele protagonis, tydshantering, ruimte en motiewe val om te bepaal of hierdie elemente voldoende assosiatiewe verbande tussen die tekste lê vir ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20). Derdens sal ondersoek ingestel word na die strukturele en tematiese gevolge van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter geheel, veral ten opsigte van die wyses waarop ‘n effek verkry word wat verskil van onderskeidelik die roman en die minder koherente kortprosabundel.

3. Outonomie in Die dag toe ek my hare losgemaak het

Uit die resensies van Die dag toe ek my hare losgemaak het wat hier bo genoem word, is dit duidelik dat die enkele protagonis en die chronologiese struktuur die herkenbaarste koherensiemerkers in hierdie kortverhaalsiklus is. Daarbenewens funksioneer ook die ruimte en herhalende motiewe – spesifiek glas en kos – as elemente wat die mate van eenheid van die siklus verhoog. Dit is ook opmerklik dat die bundel deurgaans gebruik maak van ‘n derdepersoonsverteller wat deur Mia fokaliseer.

Daar is egter ook duidelike aspekte wat die outonomie van die afsonderlike tekste bevestig. Elke teks in hierdie bundel kan beskryf word as ‘n ―korter prosateks [...] wat wel ‘n storie vertel‖, wat volgens Du Toit (1974:251) die eenvoudigste beskrywing van ‘n kortverhaal is. Al die tekste in Die dag toe ek my hare losgemaak het bevat ook ‘n keerpunt of verandering, ‘n aspek wat Aucamp (1978:149–50) met voorbehoud as kenmerkend van die kortverhaal beskou. Elkeen van die tekste getuig boonop van ‘n ―artistieke organisasie‖ opvallend van die kortverhaal met

die sorgvuldige wyse waarop titel, aanvangsin en slotsin op mekaar afgestem is; die konsentrasie op een of dan weinig karakters; eenlynigheid van handeling; ekonomiese suggestieryke konstituering van ruimte en tyd; die fusie van al hierdie elemente binne ʼn bepaalde toonaard of stemming ter verkryging van één effek. (Botha 1992:236)

Die twaalf tekste in Die dag toe ek my hare losgemaak het kan volgens hierdie maatstawwe as kortverhale beskou word, ‘n term wat die outonomie van die afsonderlike teksgedeeltes bevestig, maar terselfdertyd ook ‘n term wat in genreteorie hoogs problematies is omdat dit dikwels, net soos die term eenheidsbundel, gebruik word as evaluatiewe eerder as beskrywende term. (Vgl. Aucamp 1978:148–51 en De Vries 1998:24–5 vir ‘n uiteensetting oor die kortverhaal se posisie in die hiërargie van kortteksgenres.)

Die outonomie van die twaalf korter tekste word verder bevestig deur die bandteks, wat dit as kortverhale klassifiseer, deur resensente (vgl. Brink 2008, Van Niekerk 2008, Van Niekerk 2009, Cochrane 2008 en Cilliers 2008) wat dit as kortverhale benoem, en deur die feit dat drie van die verhale, naamlik ―Toe Toorvoet stil geword het‖, ―Het jou!‖ en ―Ragel is ek gedoop‖ vroeër as afsonderlike verhale gepubliseer is.

In ‘n onderhoud met Martie Swanepoel noem Brümmer dat hoewel Die dag toe ek my hare losgemaak het aaneengeskakel is, sy die bundel as kortverhale beskou:

In die laaste jaar van my meestersgraadkursus het ons saam besluit al die stories sou dieselfde hoofkarakter (Mia Ragel Albertyn) hê, en dat hulle min of meer chronologies op mekaar sou volg. Die verhale het dus nou ‘n byna

157

157

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

romanmatige struktuur, hoewel ek steeds verkies om daaraan te dink as kortverhale. (Brümmer in Swanepoel 2008:12)

Daar word op grond van hierdie beskouings aangeneem dat die outonomie van die verskillende tekste in Die dag toe ek my hare losgemaak het nie betwisbaar is nie. Derhalwe verskuif die fokus in die onderstaande bespreking na die geïntegreerde wyses waarop koherensie tussen die verhale tot stand kom, veral deur die protagonis, tydshantering, ruimte en motiewe. Deurgaans sal aangestip word hoe hierdie elemente in verskillende verhale lei tot ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20) en spesifieke skakels tot stand bring.

4. Koherensie in Die dag toe ek my hare losgemaak het

Soos reeds genoem, is die enkele protagonis, Mia Ragel Albertyn, die prominentste aanduiding dat die verhale in Die dag toe ek my hare losgemaak het as ‘n kortverhaalsiklus beskou kan word, veral omdat die verhaalverloop chronologies aangebied word.

In die openingsverhaal, ―Skeikunde-eksperiment‖, word Mia twaalf jaar oud en word die basiese gegewens van haar lewe uiteengesit. Haar pa is ‘n chemikus met ‘n neiging tot obsessiewe gedrag, soos die volgende aantoon: ―Sy‘t opgehou nadat sy hom eendag met gebalde vuiste op en af in sy studeerkamer sien loop het, sy Nike-tekkies wat oor die plankvloer piep. ‗Ek moet, ek móét, het hy geprewel‘‖ (12).

Mia se ma was ‘n aktrise wat iets van haarself moes prysgee vir haar familie: ―Partykeer dink sy aan haar ma as iemand wat sonder binnegoed is noudat sy nie meer optree nie‖ (12).

Mia is ‘n sensitiewe, pieperige kind (―Dis seker van al die deur-glas-kyk dat sy self breekbaar is‖, 11) met ‘n sterk verbeelding.

Alhoewel die ruimte in hierdie verhaal nie ‘n groot rol speel nie (Mia is immers nog ‘n jong kind, en as sodanig is die huis en haar pa se werkskamer die mees prominente ruimtes), word daar tog verwys na die groter ruimte: hulle huis in Milnerstraat en haar pa se Benz.

Al kan Mia dit op hierdie ouderdom nog nie formuleer nie, is sy bang vir die erflas van sielkundige probleme waaraan haar pa ly. Sy glo dat sy daarvan kan ontsnap deur nie dieselfde take as haar pa te verrig nie, daarom dat sy ophou om haar wetenskap-huiswerk te doen: ―Wanneer sy moes leer van uitsetting en inkrimping, het sy prentjies geteken van prinsesse wat woon in glaspaleise‖ (13). Tog blyk dit reeds hieruit dat Mia sekere eienskappe met haar pa deel. Soos sy haarself as ‘n prinses in ‘n glaspaleis verbeel, dink sy aan haar pa as ―‘n brein wat in ‘n glaspot aan die lewe gehou word‖ (11). Albei is dus ewe breekbaar en is vasgevang in ‘n struktuur waaruit hulle skynbaar nie kan ontsnap nie. Mia se ma is die een wat die glas versorg en die familie funksioneel moet hou, en dit is daarom ook nie toevallig dat sy uit The glass menagerie aanhaal nie: ―My glass collection takes up a lot of time. Glass is something you have to take good care of‖ (14).

Hierdie dubbele glasmotief waardeur beide Mia en haar pa as broos uitgebeeld word, maar wat hulle albei ook binne ‘n breekbare struktuur plaas, vorm ‘n belangrike motief wat later in die bundel ontwikkel word. Enersyds dui die glasstruktuur wat Mia en

158

158

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

haar pa omring, op ‘n leefplek wat hulle beskerm, maar andersyds dui die glas ook op ‘n grens waardeur hulle nie kan breek om na ander mense uit te reik nie:

Party aande droom sy van die glaspot. Sy loop nader – tot só naby dat dit opwasem en sy met haar vinger ‘n streep deur die mistigheid moet trek om tot binne te kan sien. Maar wanneer sy vir haar pa ‘n boodskap op die glas probeer skryf, lees hy dit altyd verkeerdom. (11)

Mia is bewus van die ongewenste aspekte van haar pa se persoonlikheid – veral sy obsessiewe gedrag. Derhalwe identifiseer sy veel eerder met haar ma, met wie sy ‘n liefde vir die kunste en glasornamente deel. Wanneer Mia se verjaarsdag aanbreek en haar pa haar geskenk uithaal, sien sy dat dit breekbaar is en verwag sy dat dit die eenhoring van glas is wat sy en haar ma by ‘n winkel gesien het. Groot is haar teleurstelling wanneer sy dit oopmaak en besef die geskenk behoort tot haar pa se wêreld en dat dit ‘n wetenskapstel is. Haar pa probeer haar betrek by een van die eksperimente, maar dit is eers wanneer hy die kuns van transformasie gebruik om vir haar ‘n glasdiertjie uit proefbuise te maak dat hy die familie tot ‘n eenheid saamsnoer: die wetenskap, die kunste en die verbeelding word voorgestel in die skep van die diertjie en hiermee word die kern van die familie voorgestel.

Hier word die glasmotief ‘n belangrike sleutel tot die res van die verhale, want ten spyte van Mia en haar pa se broosheid en hulle onvermoë om met mekaar te kommunikeer, kry Mia se pa dit reg om hulle te versoen – juis omdat hy die chemiese samestelling van glas en die moontlike wyses waarop dit getransformeer kan word, verstaan. In die slot van hierdie verhaal vra Mia se pa vir haar: ―Mia, watter verbinding het nou hier ontstaan?‖ (21). Dit bied die sleutel tot die res van die verhale: telkens gaan dit om die interaksie tussen Mia en die mense rondom haar en die bedoelde of onbedoelde gevolge van dié verbintenisse.

Die tweede verhaal, ―Het jou!‖, gaan oor Mia se seksuele ontwaking. Mia is nou amper dertien. Anders as die eerste verhaal wat in hulle huis in Kaapstad afspeel, vorm die Albertyn-familieplaas naby Ladismith die agtergrond vir hierdie verhaal. Weer eens is daar sprake van ‘n bekende omgewing waarin die jong protagonis haar bevind. Hierdie bekende ruimte is egter vir Mia ‘n meer bevrydende ruimte, waarbinne sy haar kreatiwiteit kan uitleef. Dit word duidelik wanneer die plaas met die stad gekontrasteer word:

In haar grootwordhuis in Tamboerskloof is wense moeiliker. Daar woon hulle in ‘n deurmekaar dubbelverdieping met diefwering en alarms […] Daar kyk mense jou snaaks aan as jy wil hê die dinge in jou kop moet waar word. (22)

In hierdie verhaal is Mia besig met ‘n ander verbintenis as in ―Skeikunde-eksperiment‖. As jong kind is sy skrikkerig maar tog opgewonde oor die seksuele: ―Sy is bang, maar ook nie bang nie; dit voel warm in haar maag‖ (30). Wanneer sy, Hennerik en Betjie op Oujaarsaand donkerkamertjie in die verbode sitkamer speel, is dit duidelik dat Mia probeer om betekenisvolle interaksie met iemand te hê en terselfdertyd haar seksualiteit te ontdek, ‘n aspek wat sentraal is tot haar ontwikkeling.

Mia se versugting om met oorgawe te leef en nie bloot in ‘n glaspot te bestaan soos haar pa nie, word reeds in die eerste verhaal duidelik gestel:

Daarna, as Mia vir haar huiswerk moes konsentreer op die uitruiling van ione, het sy eerder geluister na die kinders wat balspeel in die straat voor hulle huis:

159

159

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

kinders wat mekaar slaan en hulle knieë oopval op die teerpad. Sy‘t jaloers na hulle pleisters gekyk by die skool.

Wanneer sy moes leer van uitsetting en inkrimping, het sy prentjies geteken van prinsesse wat woon in glaspaleise. (13)

In ―Het jou!‖ is Mia nie meer die een wat deur die venster kyk hoe ander kinders speel nie, maar is sy self die een wat speel en ontdek.

Die speletjie het egter rampspoedige gevolge wanneer ‘n waardevolle koppie in die verbode rooisitkamer breek:

Sy stamp vir Hennerik teen sy bors dat hy terugval teen die hoekkas met die goue teestel. ‘n Koppie breek met ‘n dowwe plofgeluid op die mat. (30)

Mia se ma, wat die een is wat na haar glasversameling-familie moet omsien (soos dit in die eerste verhaal duidelik gestel word), is die een wat hulle uitvang (dit is waarop die titel dui), maar ook die een wat vir Mia moet vang voor sy val en breek. Mia se ma hou haar dus terug, omdat sy nog nie gereed is vir hierdie inisiasie nie, en verseker dan ook dat die brose Mia nie seerkry nie.

Hier is dus ‘n duidelike toespeling op die eerste verhaal en die rolle wat elke familielid binne die gesinseenheid vertolk. Alhoewel slegs een koppie op die ou einde breek, is dit verteenwoordigend van die eerste krakie in ‘n proses om die mure om haar af te breek – maar Mia noem ook jare later teenoor haar psigiater dat sy altyd geweet het dat sy ook sou breek (119).

Die tydsprogressie tussen die eerste twee verhale is nie baie groot nie. ―Skeikunde-eksperiment‖ se vertelde tyd is ‘n paar dae rondom Mia se twaalfde verjaarsdag, terwyl ―Het jou!‖ se vertelde tyd net meer as twee weke beslaan: Mia, Hennerik en Betjie speel ‘n paar dae saam, en dan speel hulle ―‘n week later, op Oujaarsaand‖ (28), donkerkamertjie, en ná nog ‘n week verlaat Martha en haar kinders die plaas (31). Tussen die twee verhale lê onvertelde tyd van ‘n paar maande, want in die tweede verhaal is dit ―die Desembervakansie net voor sy standerd vyf toe gaan‖ (23).

Tog het daar ‘n duidelike verandering by Mia ingetree: waar sy in die eerste verhaal nog baie onskuldig gefokus het op lig, glas en die winkel waar dit aanhou blink (14), begin sy tentatief die waaghalsige, sensuele kant van haar persoonlikheid ontdek in die donkerkamerspeletjie met Hennerik.

Hoewel die tydsverloop in die verhaal kort is, suggereer dit ‘n stelselmatige ontwikkelingsproses. Eers is sy huiwerig om die sprong te waag:

Meteens voel die spelery vir haar anders – asof hulle uit kristalglase drink wat haar ma net oor Kersfees en Nuwejaar uithaal. Sy‘s te bang om hulle verby die kombuis te neem – na die binnekamers waar die kleure donkerder en die sonlig minder word. Tog maak die gedagte om hulle dieper die huis in te neem haar opgewonde. (27)

Wanneer sy wel oor die drumpel tree, word dit metonimies voorgestel in die kinders se resies:

160

160

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die afstand tussen die kombuis met sy vrolike, geelgespikkelde vloer en die rooisitkamer aan die donker kant van die huis voel na vir altyd. Sy byt op haar onderlip, asem weer in en hardloop: ―Ko‘s kyk wie‘s eerste daar!‖. (28)

Daar het dus ‘n verandering ingetree tussen die eerste twee verhale: Mia het groter geword, en haar belangstelling sluit nou seuns in. In die tweede verhaal het daar ‘n verdere verandering ingetree in die sin dat Mia, wat aanvanklik te bang is om haar seksualiteit te verken, dit op die ou einde tog waag om saam met Hennerik donkerkamertjie te speel.

Dit is met die lees van die eerste twee verhale duidelik dat ons hier te make het met ‘n struktuur wat herinner aan ‘n ontwikkelingsroman. Waar Mia in die eerste verhaal haar sin kry sonder enige gevolge (haar pa gee in en maak vir haar ‘n glasdiertjie as versoeningsgebaar, terwyl sy eintlik die een is wat haar pa se wêreld verwerp), leer sy nou dat haar keuses ook sekere gevolge het wat sy nie kon voorsien nie. Die feit dat Martha geblameer word vir Hennerik se optrede en die plaas moet verlaat, terwyl Mia eintlik die een is wat die speletjie aan die gang gesit het, laat ‘n blywende indruk op Mia: ―Mia sal dit altyd onthou: hoe Martha en Betjie en Hennerik teen sononder in die Benz geklim het‖ (31).

Mia se ―rites of passage‖ word tot ‘n hoogtepunt gevoer in die derde verhaal, ―Free-range whole bird‖. Met die aanvang van die verhaal is Mia ‘n sestienjarige (32), dus het daar omtrent drie jaar verloop tussen die tweede en die derde verhaal. Hoewel daar in latere verhale terugflitse na die verlede is, is hierdie ook die enigste verhaal in die bundel waarin daar ‘n beduidende tydsprong gemaak word, want daar verloop twee jaar tussen die dag waarop Mia afkom op haar ouers se intieme oomblik en die dag waarop sy en haar ma haar laaste skooldag vier (36). Hierdie verhaal sentreer weer rondom Mia se seksuele ontwaking, maar nou gepaardgaande met haar groei tot volwasse vrou.

In die eerste deel van die verhaal word beskryf hoe Mia ongemaklik voel met haar eie liggaam. Sy wens ―dat sy van haar lyf ontslae kan wees‖ (32) en dit manifesteer op fisiese vlak as ‘n eetversteuring (33). Sy voel gewalg wanneer sy sien hoe haar ma byna op erotiese wyse ‘n hoender bewerk:

Haar rug is na Mia gekeer terwyl albei hande oor die wit, knoppiesrige vel beweeg. By sy agterstewe pas sy meer drukking toe. Sy neem koljander uit die rakkie en herhaal die masseeraksie. Haar groen oë het ‘n veraf uitdrukking. Haar glimlag sluit nie vir Mia in nie.

Toe sy die hoender met haar linkerhand stewig vasvat en haar regterhand diep by sy agterstewe insteek, kan Mia dit nie hou nie. ―Ek‘s nie meer honger nie,‖ blaf sy en mik vir die deur. (35)

Wanneer Mia later die aand masturbeer, fantaseer sy oor ‘n seun wat saam met haar vioolles neem. Daar is opvallende ooreenkomste in die beskrywing van hierdie oomblik en die beskrywing van haar ma se voorbereiding van die hoender:

Haar hand word sy vingers wat soos palings oor haar knoppierige vel swem. Sy voel die skubbe en die sagte plekkies. Die vleisreuk van vroeër meng met dié van die stof onder haar bed en die rose wat by haar venster oprank. (36)

161

161

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hieruit blyk dit dat die kosmotief en kosvoorbereiding funksioneer as ‘n simbool van vroulike sensualiteit en seksualiteit.

In die tweede deel van die verhaal – twee jaar later – is dit veral Mia se fisieke verandering wat opval: teenoor haar ―wegkruiptepels wat haar wit skoolhemp net-net by haar borskas laat tuit [het]‖ toe sy sestien was (32), is haar borste nou voller, ―asof die bandjies van haar blou Woolworths-bra swaarder dra as voorheen‖ (36). Mia is dus nou fisies volwasse. Mia se ma het bestanddele vir ‘n feesmaal gekoop om Mia se laaste dag as skoolkind te vier, en sy haal ‘n hoender uit terwyl sy duidelik onthou van die keer toe Mia sestien was: ―‘n Oomblik vonkel haar oë ondeund – dié keer sonder om vir Mia uit te sluit‖ (37–8). Dit is egter in die sterk slot van die verhaal dat Mia se nuwe ontwikkeling voltrek word:

Sonder dat haar ma vir haar die resep hoef voor te sê, prakseer sy ‘n mengsel van heuning, pesto en sojasous. Haar hande beweeg eers aarselend, dan al meer geoefen, sekuur. Soos palings swem hulle oor die beentjies, die snytjies en die sagte plekkies, al is dit haar eerste keer […] ―Mooi,‖ sê sy. ―Ek het gedink jy sou weet hoe.‖ (38)

Hierdie verhaal illustreer Mia se ontwikkeling van tiener tot vrou. Meer sentraal as haar seksuele ontwaking is egter die veranderende verhouding met haar ma, wie se goedkeuring Mia nodig het om haar nuwe identiteit ten volle te aanvaar. Hierdie verhaal kontrasteer dan ook met die vorige een, waarin Mia se ma haar donkerkamerspeletjies summier kortgeknip het. Die titel van die vorige verhaal, ―Het jou!‖, dra by tot die kontras: waar Mia vroeër gevange was en nog onder haar ma se vlerk moes skuil, is sy nou volwasse en moet sy transformeer na ‘n ―Free-range whole bird‖ en haar totale identiteit as onafhanklike, volwasse vrou verken.

Mia se ma, wat in die eerste verhaal beskryf word as ―die deurskynende spook wat Mia se dae verdeel in ure, haar ure in minute‖ (12), is ook die een wat Mia se ontwikkeling opdeel in fases en meer of minder gesag uitoefen na gelang van elke ontwikkelingstadium. Dit word duidelik wanneer ―Het jou!‖ en ―Free-range whole bird‖ saam gelees word.

Van Niekerk (2009:241) wys op die verband tussen kos en ontwikkeling: ―Onder andere sinjaleer die verskillende maaltye in die bundel die verskillende fases van Mia se volwassewordingsproses – die vernaamste tema van die bundel.‖

Volgens Cochrane (2008:9) word die ―emosionele leefwêrelde (van ontnugtering tot rou selferkenning) van karakters‖ weerspieël in die voorbereiding van kos.

Hierdie aspek van die kosmotief word veral treffend aangewend in die vierde verhaal in die bundel. In ―Ons probeer harder‖ word die twintigjarige Mia se ervarings gekontrasteer met dié van haar ma. In die eerste deel van die verhaal is ‘n terugflits na Mia toe sy in graad twee was en balletklasse, waarvoor sy geen aanleg had nie, geneem het. Sy het aangehou met die klasse, want sy het geglo sy ―moet net harder probeer‖ om dit reg te kry (40) – ‘n lewensbeskouing wat sy van haar ma geërf het.

Die volgende terugflits, weer na Mia se laerskooldae, handel oor haar ma se vrugtelose kookklasse. Hierdie terugflitse dui die toon aan vir die res van die verhaal, waarin Mia ‘n rampspoedige braai vir haar verjaarsdag hou, op die aandrang van Nick, ‘n man wat sy onlangs ontmoet het. Uit die staanspoor is Mia die een wat opofferings in die

162

162

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

verhouding moet maak: ―Tot in daardie stadium was die ongeskrewe reël dat sy hom Vrydagaande ná sy repetisie by The Fringe sou kry, en dat sy saam met hom huis toe sou gaan – wanneer hý daarvoor gereed was‖ (48).

Dit is soortgelyk aan die verhouding tussen Mia se ouers:

Eers het haar ma net ‘n byspeler geword, en toe ‘n verhoogassistent. ‘n Paar jaar later het haar eens belowende loopbaan tot stilstand gekom. Van toe af was Mia se pa die hoofspeler. Hy was die middelpunt van elke gesprek – die plofbare genie. (47)

Wanneer Nick aandring op ‘n braai vir Mia se verjaarsdag, stem sy onwillig in: ―Nou goed, Nick, ‘n braai sal dit wees‖ (49). Dit eggo Mia se ma se reaksie op haar pa se versoek om haar kookklasvaardighede te demonstreer: ―Nou goed, my man, volgende Dinsdagaand‖ (42).

Dit is veral in die voorbereiding van die maaltyd dat Mia en haar ma se ervarings, jare uitmekaar, sinvol op mekaar inspeel. Mia kon as kind nie haar ma se konsternasie begryp nie: ―Sy‘t die resep hardop geprewel. Vir die eerste keer het haar mooi, slim ma vir Mia geklink na ‘n laerskoolkind wat sukkel om te lees‖ (42). Die feit dat Mia se ma ‘n belowende loopbaan opgeoffer het om ‘n derderangse tuisteskepper te word, laat hierdie selferkenningsproses meer ironies voorkom. Jare later bevind Mia haar in dieselfde bootjie: ―Sy‘t haar ma se ou Kook en geniet uit die kombuiskas gehaal en geblaai na die aartappelslaai – al kom sy gewoonlik goed sonder ‘n resepteboek klaar. Die woorde het voor haar geswem‖ (50).

Dit is betekenisvol dat Mia se ma die aanvaarding van haar lot en die opoffering van haar ideale aan Mia voorhou as ‘n deugdelike eienskap wanneer Mia vra of jy jouself moet opoffer ter wille van die liefde: ―Om lief te hê is harde werk. Baie harde werk‖ (47).

Wanneer ―Ons probeer harder‖ saam met ―Free-range whole bird‖ gelees word, word kos ‘n motief wat die band tussen Mia en haar ma en Mia se ontwikkeling weerspieël. Die motief van die kosmaakproses in ―Free-range whole bird‖ toon ‘n verband met Mia se inisiasie wat in ―Ons probeer harder‖ verder ontwikkel word, weer eens deur kosvoorbereiding as ‘n betekenisdraende motief te ontgin. Dit word duidelik dat Mia moet leer om haarself te laat geld. Mia se ma laat die kos brand omdat haar familie haar nie waardeer nie en haar verjaarsdag vergeet:

Teen sononder het sy by die kombuis ingeloop en haar ma met ‘n toe pak rys voor die stoof sien staan. Die plate was aan, maar dit het gelyk asof sy nie weet wat om met die rys te doen nie. (48)

‘n Soortgelyke proses herhaal hom wanneer Nick nie raaksien hoeveel moeite Mia doen nie en selfs met ‘n ander meisie op Mia se verjaarsdagpartytjie flankeer:

Sonder om water by te gooi, het sy die aartappels in die ysterpot gesit. Met die pot in haar hande het sy by die kombuisvenster uitgestaar, die hitte van die stoof wat na haar gesig opwalm. (51)

Wanneer Nick vra waar Mia aartappelslaai leer maak het, antwoord sy betekenisvol dat sy dit by haar ma geleer het. Dit is hier veral belangrik dat Mia juis kies om nié dieselfde opofferings as haar ma vir iemand anders te maak nie. Haar ma aanvaar

163

163

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

byvoorbeeld gelate dat haar man en kind haar verjaarsdag vergeet, maar Mia kies om nie dieselfde foute te maak nie (49). Vir Mia is dié keuse alleenlik moontlik omdat sy haar distansieer van haar ma se onderdanige optrede en die negatiewe gevolge wat daarmee gepaard gaan, maar sy kan daardie keuse maak slegs omdat sy in haar ma se lewe die destruktiewe gevolge van soortgelyke keuses kan herken.

In ―Free-range whole bird‖ betree Mia dus die wêreld van die volwasse vrou, ‘n wêreld wat in ―Ons probeer harder‖ verder gekompliseer word. Dit is die wêreld van haar ma, maar Mia kies, anders as haar ma, wel om selfgeldend op te tree. Wanneer Nick ‘n ander meisie na Mia se verjaarsdagbraai bring, is dit juis die gedagte aan haar ma wat haar innerlike krag gee terwyl sy dans (53–4) en haar uiteindelik die selfvertroue bied om haarself te laat geld:

―Toe ek klaar gedans het, het ek tot by hulle geloop. Eers het hy die meisie stywer vasgehou, toe het hy haar weggestoot.‖ Sy haal diep asem, voel hoe die woede weer in haar opbou. ―Ek het vir hulle gesê hulle moet trap. Weg. Fokkof.‖ (54)

Hierdeur word Mia bemagtig, terwyl haar keuses ook vir haar ma ‘n triomf word, omdat dit ‘n alternatief tot haar eie keuses daarstel (―haar ma se oë blink‖, 55).

Hoewel Mia dus sekere eienskappe met haar ma deel, soos die hardkoppigheid om vol te hou met iets waarvoor sy geen aanleg het nie en die neiging om opofferings te maak ten koste van haarself, is hier sprake van voortsetting én transformasie. Mia weier om dieselfde foute as haar ma binne verhoudingsverband te maak en hierdeur word haar ma se ontnugtering Mia se bevryding. Daardeur verkry nie net Mia nie, maar ook haar ma, weer selfrespek. Brink (2008:9) noem in dié verband dat daar ‘n dialektiek tussen die twee wêrelde geskep word, ―‘n verwikkelde gesprek, met die gevolg dat daar ook telkens ‘n proses van transformasie ontstaan‖. In hierdie geval het Mia haarself getransformeer tot ‘n selfgeldende vrou en verby die grense van tradisionele genderrolle en sosiale norme beweeg. Die ―verbindings‖ wat hier ontstaan het (en wat toespeel op die eerste verhaal) is kompleks. Deur die parallelle tussen Mia en haar ma te belig, word gesuggereer dat Mia potensieel dieselfde opofferings vir ‘n lewensmaat sou maak as wat haar ma gemaak het. Hier is dus sprake van ‘n voortsetting. Mia maak egter op die ou einde ander keuses as haar ma – en dit is vir beide Mia en haar ma ‘n transformasie waardeur hulle ―verbinding‖ versterk word.

In die volgende verhaal, ―Kunstenaars‖, vind daar weer ‘n familie-ete plaas. Mia is nou al ‘n nagraadse student (57), dus het daar ‘n paar jaar verloop sedert die rampspoedige braai wat in die vorige verhaal beskryf is. In ―Kunstenaars‖ vertel Mia se pa van ‘n kunswerk wat hy tydens ‘n besoek aan Italië gekoop het. Dit is ‘n houtskooltekening van ‘n familie wat op die rand van ‘n put staan, maar wat Mia nog nooit gesien het nie, omdat haar pa haar wou weerhou van die donker en depressiewe inhoud daarvan. Die tekening dien as ‘n metafoor vir Mia se pa se depressie: ―Ek wou myself herinner aan hoe dit was, daai tyd in L‘Aquila. Maar ek wou nie hê jy moes daarvan weet nie. Ek wou so graag hê jou lewe moes maklik wees‖ (63). Cochrane (2008:9) noem dat die kunswerk in hierdie verhaal ―dien as verdere vooruitskouing op Mia se latere ineenstorting‖.

Dit is ook in hierdie verhaal dat die leser die eerste keer bewus word dat Mia se pa nie net obsessief is nie (soos hy in die eerste verhaal deur Mia se oë beskou word), maar dat hy ook aan depressie lei. In hierdie verhaal word die kosmotief aangewend om die geestestoestand van Mia se pa te beklemtoon:

164

164

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Haar ma het gehoes en ‘n gekookte aartappel met haar vurk fyngemaak. Oor die bleekwit het sy stukkies beet gerangskik.

Haar pa het oneindig weerloos gelyk […] Hy‘t stil geword – so lank dat Mia gesien het hoe haar ma haar hele aartappel-landskap met beet deurweek. (57)

Hierdie beskrywing word veral relevant wanneer dit in verband gebring word met die kosmotief in die latere verhaal ―Die sneeukoningin‖, waarin Mia ‘n bevrore eend probeer opsny (107). Die voorbereiding van die eend ―word op metaforiese vlak gelyk gestel aan haar rondkrap in haar eie bloed en derms en die erkenning van haar eie skadukant‖ (Cochrane 2008:9). Die visuele effek van wit aartappels en rooi beet in ―Kunstenaars‖ herinner aan die beskrywing in ―Die sneeukoningin‖:

Sy sluk, kyk om haar na die kombuisteëls wat met roesbruin sop bespat is. Sy kyk af na haar kneukels, sien die rooi wat van haar vingers afdrup tot op haar spierwit romp.

Meteens is dit vir haar ‘n amper onmoontlike mooi: rose wat in sneeu groei. (107)

In ―Kunstenaars‖ word vermeld hoe Mia se pa ―weer in dinge delf‖ (57), wat verband hou met die aanvaarding van sy depressie. Dit word voorgestel deur die tekening wat Mia se pa opskeur: ―Die lem het in die montering ingesink […] Ek kon nie vinnig genoeg sny nie; ek het die lem opsy gegooi en met my kaal hande begin skeur‖ (62). Die introspektiewe moment wat Mia se pa hier beleef, is soortgelyk aan die introspeksie waaraan sy haarself in ―Die sneeukoningin‖ onderwerp: ―Sy trek die klam lyf van die voël nader, mik na die opening, steek met die blink lem die donkerte in. Sy hou die mes met albei hande vas, steek weer. Die mes klief deur vleis en been‖ (107). Wanneer Mia se pa die heel tekening aan haar wys, word gesuggereer dat ‘n mens depressie te bowe kan kom slegs as jy dit as ‘n deel van jou lewe aanvaar. Die familie in die tekening ontkom ook aan die put:

Hy skud sy kop en rol die prent verder oop […] Rondom die put is keistene, verdonker deur drie skaduwees. Bo in die hoek, ‘n entjie weg van die rand van die put, sien sy ‘n man, ‘n vrou en ‘n kind. Gefikseer staar hulle na die bodem, soos na ‘n hellevaart waaraan hulle naelskraaps ontkom het. (63)

Anders as die drie voorafgaande verhale skakel hierdie verhaal nóú met die eerste verhaal, waarin Mia en haar pa se ingewikkelde verhouding die eerste keer aan bod kom. Waar Mia in die eerste verhaal geweier het om wetenskap te doen omdat sy bang was dat sy soos haar pa sal word, is sy nou in die proses om vrede te maak met die persoonlikheidsaspekte wat hy aan haar oorgedra het: ―Sy kyk hom vas in die oë. ‗Ek is jou dogter, Pa.‘ En toe, sagter: ‗Mag ek dit sien?‘‖ (63). In die slot van die verhaal word die genot van familiesamesyn bevestig:

Mia sit roerloos, nes die meisie in haar blou pajamas agter die glasskuifdeur. Haar pa lig albei sy hande op, en ná ‘n oomblik kom dit tot rus op haar en haar ma se skouers – asof hy dit al ‘n duisend keer in sy gedagtes gedoen het. (64)

Die slot skakel duidelik met die begin van die verhaal wanneer Mia onthou hoe sy as kind saam met haar pa gaan stap het en deur die skuifdeur van ‘n huis ‘n meisie in blou pajamas gesien het en dit as die toppunt van geluk beskou het (56). Die serene oomblik

165

165

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

van geluk skakel ook met die slot van die eerste verhaal waarin Mia se pa hulle wêrelde versoen deur ‘n diertjie van glas te maak en die familie-eenheid bevestig word:

Mia se ma kom by die deur in. Sy kom staan agter Mia se pa, kyk met stipte konsentrasie hoe hy die laaste glasbuis uit die polistireen haal. Haar gesig wat soms so verbleik lyk, is meteens vir Mia mooi.

[…] Haar pa help die diertjie om wankelrig op sy vier pootjies op die werkstafel te staan. (21)

Anders as in die eerste verhaal, waar Mia se pa ‘n maklike manier kon vind om hulle verskillende wêrelde saam te snoer, word dit in hierdie verhaal duidelik dat daar nie maklike oplossings is vir die probleme waarmee die familie worstel nie. Dit is deurgaans ‘n proses van aanvaarding van die self en die familielede. In ―Kunstenaars‖ word die tema van ouer/kind-verhoudings wat in ―Skeikunde-eksperiment‖ aan bod kom, verder ontwikkel, terwyl eersgenoemde op sy beurt ook skakel met die tema van depressie en selfaanvaarding wat veral in ―Die sneeukoningin‖ ondersoek word.

Soos ―Kunstenaars‖ handel die volgende verhaal, ―Ragel is ek gedoop‖, ook oor Mia en haar familie se stryd teen depressie. Dit is die enigste verhaal wat nie in Kaapstad of op die familieplaas afspeel nie, maar op Beaufort-Wes.

Mia gaan besoek haar ouma Ragel se huis om as joernalis ‘n storie oor die vloed van 1941 te doen – sy is dus nou afgestudeer. Net soos Mia en haar pa word haar ouma Ragel beskryf in terme van breekbare materiaal, hierdie keer as ‘n porseleinpop, ―soos die een op die Albertyn-familieplaas wat gemaak is om soos ouma Ragel te lyk en wat elke jaar volgens die jongste Victoriaanse mode aangetrek is: Mademoiselle‖ (65). Die vergelyking tussen hulle strek ook wyer, want ―daar was nóg iets, iets anderwêrelds wat hulle aan mekaar bind‖ (66). Mia kan egter nog nie erken dat dit die erflas van depressie is nie: ―Seker dáárom dat sy partykeer half skaam is oor haar tweede naam. Die Ragel verswyg sy omdat sy bang is dit sal iets oor haar verklap – iets wat sy self nog nie verstaan nie‖ (66).

Wanneer Mia se pa vir haar die storie van ouma Ragel vertel, is daar ooglopende parallelle met die vorige verhaal, veral in die patrone van haar pa se vertelling. In ―Kunstenaars‖ word die volgende vermeld: ―Hy praat met lang pouses tussen sy woorde, moeisaam. Mia luister sonder om hom in die rede te val – ‘n mens onderbreek nie sy stories nie‖ (58). In ―Ragel is ek gedoop‖ is die storie net so pynlik om te vertel: ―Hy‘t stadig gepraat en sy aartappels het koud geword. Kort-kort het hy gestop en verdwaas, soos deur ‘n digte laag mis, na Mia gekyk. Sy moes hom telkens terugtrek: ‗En toe, Pappa?‘‖ (68).

Wanneer ―Kunstenaars‖ en ―Ragel is ek gedoop‖ saam gelees word, is die suggestie dat haar pa se eie verhaal vir hom net so moeilik is soos sy ma se verhaal: omdat albei verhale eintlik ook sý verhaal is, word die oorerflikheid van depressie bevestig.

Depressie is egter nie die enigste sielkundige kwessie in die familie nie; daar is ook sprake van dwelmafhanklikheid. Ouma Ragel is in ―Ragel is ek gedoop‖ reeds afhanklik van alkohol: ―Met ‘n ringlose hand tas sy na die bottel jenever van die vorige aand. Die vloeistof is warm hande wat oor haar lyf streel‖ (69). Wanneer hierdie verhaal gelees word, verkry die vorige verhaal dus bykomende betekenis. Mia se pa drink die

166

166

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

aand in ―Kunstenaars‖ meer wyn as gewoonlik: ―Mia sien die pienk punt van sy tong soos wat hy sy mond oopmaak om sy wynglas daarin om te keer. ‘n Druppel dieprooi spat tot op haar mou‖ (59).

Daar is terugskouend beskou ‘n onheilspellende progressie in ―Kunstenaars‖: ―Hy staan op, loop na die bottel rooiwyn op die kas agter hom, skink sy glas tot bo toe vol‖ (62). Maar anders as sy ma, het Mia se pa nog nie die stryd teen depressie verloor nie: ―My ma het dit goedgedink om die voordeur oop te maak sodat die water kon inkom‖ (69).

Nadat Mia haar ouma se huis besoek het, erken sy ook haar erflas van depressie en potensiële middelafhanklikheid:

Sy neem ‘n dorstige sluk wyn sodat selfs haar kleintongetjie daarvan skeeftrek, keer dan die res van die glas ook in haar keel uit […] Sy moet hard konsentreer om die wanhoop uit haar stem te hou: ―Ragel is ek gedoop.‖ (71)

Dit is op hierdie punt in die bundel dat die leser kan sien hoe die tema van oorerflike depressie stelselmatig ontvou. Mia het in die eerste verhaal slegs haar pa se obsessiewe gedrag waargeneem en dit kinderlik as ‘n gevolg van sy fokus op die wetenskap geïnterpreteer. Sy het geglo dat sy haar pa se las sal ontkom as sy net nie haar wetenskaphuiswerk doen nie (12). In ―Free-range whole bird‖ sien Mia hoeveel opofferings haar ma moes maak in die verhouding met haar pa, want hy ―was die middelpunt van elke gesprek – die plofbare genie‖ (47). Die leser besef dus in hierdie verhaal dat die situasie met Mia se pa die familiedinamiek kompliseer, maar is nog nie seker wat die rede daarvoor is nie.

In ―Kunstenaars‖ word dit duidelik dat Mia se pa al sedert Mia se kinderdae, toe hy vir ‘n ruk in Italië was, aan ‘n geestesongesteldheid ly. Daar word gesuggereer dat Mia, wat net so broos soos haar pa is, ook daaraan ly. Dit is egter eers in ―Ragel is ek gedoop‖, waarin ouma Ragel se reaksie op die vloed beskryf word, dat die leser besef dat dit inderdaad ‘n oorerflike depressie is. In hierdie verhaal, waarin die leser finaal besef dat Mia ‘n depressielyer is, ondergaan Mia ‘n proses van selfaanvaarding. Hierdie aanvaarding spreek ook uit die Bybelse motto: ―Den drinkbeker dien Ik drinke, zult gij wel drinken, en met den doop gedoopt worden, daar Ik mede gedoopt worde‖ (Markus 10:39). Die lydensbeker van depressie en die pynlike erkenning daarvan bring Mia uiteindelik tot ‘n hoër vlak van selfbegrip en -aanvaarding en bied aan haar ‘n vorm van verweer téén die lot wat haar opgelê is.

Hierdie aanvaarding van haar erflas word tot ‘n hoogtepunt gevoer in ―Toe Toorvoet stil geword het‖. Die ou familieplaas is die ‖termometer van die gemoed‖ en van die tragedies wat in die familie afspeel, soos die ruimtelike beskrywing suggereer:

Haar ma het haar vertel dit was ‘n heks wat in haar woede die berg middeldeur wou slaan. Sy‘t nooit die berg heeltemal oopgesplyt nie, maar die vloek wat daarop sou rus, was dat hy verskillende gesigte sou hê (72).

Die idee van ‘n familievloek word ook aangedui deur die aanhaling van lord Byron: ―Some curse hangs over me and mine‖ (73).

Daar is ooglopende parallelle tussen hierdie verhaal en die voorafgaande verhale. Soos Mia in ―Het jou!‖ vir Hennerik al hoe dieper die huis wou inlei, het sy ook die begeerte om vir die getroude Phillip die familieplaas te wys. En net soos die teekoppie in ―Het

167

167

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

jou!‖ gebreek het, net so breek ouma Ragel se singende beker uit 1938, wat suggereer dat die gebeure in hierdie verhaal Mia emosioneel sal skaad.

Die getroude Phillip herinner sterk aan Nick uit ―Ons probeer harder‖, want hier is weer sprake van ‘n man wat Mia uitbuit terwyl sy die een is wat al die opofferings maak (―Sy moet op haar tong byt‖, 79). Ten spyte van haar vorige verhouding (met Nick) is Mia steeds optimisties oor verhoudings, selfs met die getroude Phillip. Sy begeer om haarself emosioneel aan hom te ontbloot, sodat hy haar volkome kan leer ken:

Hulle ry verby die Portugese restaurant en die Total-garage by Ladismith, en sy haal vir die hoeveelste keer haar blik van die pad om seker te maak hy‘s nog daar. Sy kan haar opgewondenheid amper nie bedwing nie; wil hom alles van die dorp wys. Teen die einde van die naweek moet hy die plek ken soos vir háár. Soos wat hy weet van die skoenlappervormige litteken net bo die spleet van haar boude, of die manier waarop sy haar hande op en af flap wanneer sy loop. (75)

Mia se verwagtings realiseer egter nie. Phillip stel nie belang in Mia se familiegeskiedenis of emosionele landskap nie: ―Hy draai sy rug op haar, stap doelgerig oor die krakende gangvloer na die hoofslaapkamer, verby die portrette van haar voorouers‖ (79). Mia gee nie moed op nie en probeer tot hom deurdring (―Sy bring haar mond nader om met haar lippe oor sy nat oë te vee‖), maar dit word uiteindelik duidelik dat Phillip nie daarin belangstel om Mia se emosionele leefwêreld te leer ken nie:

Weer antwoord hy nie. Met verbasende krag draai hy haar om op haar maag. Sy gesig is ver van hare. Sy probeer haarself opstoot, maar hy druk haar terug.

[…] ―Kýk na my, Phillip.‖

Hy hoor haar nie. Of hy maak asof hy haar nie hoor nie.

Toe hy klaar is, draai hy weg van haar en kyk na die muur. Vir die eerste keer sien Mia hoe diep die krake is: op een plek kan jy deur die muur sien tot in die studeerkamer. (80)

Uiteindelik verdryf Mia se voorvaders Phillip van die plaas af, en Mia sien vir die eerste maal hoe haar voorvaders vir Phillip moet lyk:

Vir die eerste keer in jare sien sy hoe dreigend die portret bo die eetkamertafel van haar oupagrootjie se pa lyk – berispend amper. Langs hom staan sy tweede vrou, haar dun, bleek lippe opmekaar gepers asof sy op die punt was om iets te sê, maar haar ingehou het toe die fotograaf begin kiek. (82)

Met die ooreenkomste tussen Mia en haar oumagrootjie Elizabeth word gesuggereer dat Mia dan ook vir Phillip net so ―versteurd‖ (82) voorkom: ―Wanneer daar kuiergaste na die huis kom, kyk hulle soms betekenisvol na dié skildery en dan na Mia‖ (79). Phillip dring dan ook daarop aan om die plaas te verlaat, maar Mia put weer krag uit haar familie – soos sy ook weens haar ma haarself kon laat geld teenoor Nick in ―Ons probeer harder‖ – en sy besluit om terug te keer na die plaas, om nie haar familie of haar erflas van depressie te ontken om iemand anders tevrede te stel nie:

168

168

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Sy swaai die Golfie om en ry terug in die rigting van Ladismith en van Toorvoet.

―Is jy gek, Mia Albertyn?‖ vra Phillip deur geklemde kake.

Haar stem is rustig, asof sy met ‘n kind praat: ―Nee, ek het maar net onthou waar ek vandaan kom.‖

Op lug ry sy, op lig. (84)

Hierdeur word dit duidelik dat Mia bevrydend kan leef slegs as sy haar erflas, wat nie positief of helend op sigself is nie, kan aanvaar – omdat dit ook ‘n kernaspek van haar identiteit is. Daar word gesuggereer dat selfverwesenliking en bevryding slegs deur ontdekking van beide positiewe en negatiewe persoonlikheidseienskappe en kompromislose keuses kan plaasvind.

Bevryding is ook ‘n sentrale aspek in die titelverhaal, wat sterk put uit sprokies soos Rooikappie en Raponsie. In hierdie verhaal ontvou die verhouding tussen Mia en die oorlogsfotograaf Mario, wat in ‘n spel van verleiding vir Mia ―jag‖. Mia is egter nie ‘n blote slagoffer soos die protagonis in die twee sprokies nie, soos Brink (2008:9) aantoon:

[Mia word deel van] die Rooikappieverhaal van die dier […] wat haar naïwiteit bedreig – met die wonderlike kinkel dat wanneer die ―skurk‖, die oorlogsfotograaf (juis!) wat Mia as sy slagoffer teiken, haar vra om vir die fotosessie te ontklee, dit sy self is wat ten slotte, nadat hy haar klere laat uittrek het, in ‘n laaste gebaar van medepligtigheid – en ‘n huldeblyk aan Raponsie in haar toringsel – self haar hare losmaak. In ‘n vroeë vorm van die verhaal was dit hy wat haar beveel het om dit te doen; in hierdie veel sterker weergawe is dit sy self wat die inisiatief, en daarmee die verantwoordelikheid, neem.

Mia is bewus daarvan dat die spel met Mario gevaarlik is; tog raak sy opgewonde by die gedagte aan interaksie met hom: ―Twee weke later het die e-pos gekom wat haar koud én warm laat voel het – soos destyds op skool as die hoofseun jou matriekafskeid toe vra, maar jy weet hy dra ‘n mes in sy broeksak‖ (88). Dit herinner aan die vorige verhoudings wat Mia met mans gehad het – die opwinding wat sy ervaar het in haar spel met Hennerik in ―Het jou!‖ (―Sy is bang, maar ook nie bang nie; dit voel warm in haar maag‖, 30); haar bewuste keuse om met Nick ‘n verhouding aan te knoop (―As sy daaraan terugdink, was dit asof sy by ‘n afgrond wóú afdonder‖, 44) en die keuse om Phillip beter te leer ken (―Toe die sessie verby was, het sy tot by die projektor geloop en hom vir ‘n onderhoud gevra, al was hy nie een van die groot name op die konferensie nie‖, 73).

Sentraal in hierdie uitbeelding van Mia se verhoudings met mansfigure is haar drang om die ―glaspaleis‖ of toringsel waarbinne sy bestaan, af te breek in ‘n poging om ‘n betekenisvolle verhouding met iemand te hê. Dit word reeds in die eerste verhaal gesuggereer wanneer sy gefrustreerd raak met haar broosheid en jaloers toekyk hoe die ander kinders met oorgawe lewe:

Daarna, as Mia vir haar huiswerk moes konsentreer op die uitruiling van ione, het sy eerder geluister na die kinders wat balspeel in die straat voor hul huis: kinders wat mekaar slaan en hul knieë oopval op die teerpad. Sy‘t jaloers na hul pleisters gekyk by die skool.

169

169

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Wanneer sy moes leer van uitsetting en inkrimping, het sy prentjies geteken van prinsesse wat woon in glaspaleise. (13)

Deur haar verhoudings probeer Mia haarself bevry en die skanse om haar afbreek om ten volle deel te neem aan die lewe, al beteken dit dat sy in die meeste gevalle seerkry. Elke verhouding is ‘n tipe inisiasie waardeur nog ‘n krakie in die glaspaleis verskyn, maar terselfdertyd bly die brose Mia nie onaangetas nie; sy is immers self breekbaar, soos in die eerste verhaal genoem word: ―Dis seker van al die deur-glas-kyk dat sy self breekbaar is‖ (11).

Mia se inherente spanning wentel duidelik om die vrees om haarself bloot te stel en die smagting na ‘n vervulde lewe:

―Ek het gewens my ma wou die skoorsteen toestop sodat die jakkals nie oor die dak kon klouter en in die skoorsteen afgly nie. Ek het gewens my pa wou ‘n spesiale mus oor die dak se kop trek.‖ Sy huiwer. ‖Maar ek kon dit nie help om snags deur my kamervenster te loer nie.‖ (86)

Anders as in ―Het jou!‖, waar Mia se ma die donkerkamerspeletjie in die sitkamer kortknip voor die kinders te veel skade aanrig, is Mia nou volwasse en moet sy verantwoordelikheid vir haar keuses in ‘n ander tipe verleidingspel aanvaar:

Haar skouers begin ruk, droë rukke sonder dat die trane kom.

―Hy‘t die boek uit my hande geneem, die sitkamergordyne toegetrek en sy kamera gaan haal.‖

[…]

―Ek het my hare losgemaak‖. (95)

Hoewel elk van die verhale wat op Mia se seksuele inisiasie en interaksie met mans fokus (―Het jou!‖, ―Ons probeer harder‖, ―Toe Toorvoet stil geword het‖ en ―Die dag toe ek my hare losgemaak het‖), afsonderlike kortverhale is wat elk die enkele pynlike ervaring uitbeeld, word die psigologiese effek van hierdie herhaalde seerkrymomente in ―Die sneeukoningin‖ ondersoek. Op hierdie stadium van Mia se ontwikkeling is sy ontnugter met verhoudings. Andries, ‘n nuwe minnaar in haar lewe, beplan om haar te vra om te trou, en sy is die een wat van ‘n emosionele verbintenis wegskram. Die rolle is nou omgekeer: Mia is nie meer die een wat al die opofferings in die verhouding maak nie; en Andries is die een wat, soos die jonger Mia in die vorige verhale, oor en oor probeer:

Vir die hoeveelste keer sien sy haarself in hom, soos wat sy wás: hoe meer jy weggestoot word, hoe harder probeer jy; hoe onsigbaarder word jy. Versigtig beweeg sy nader aan hom om hom te troos soos wat sy haarself sou wou getroos het. […]

Sy dink aan haar vorige liefdesrampe: Nick, die akteur wat haar by haar eie verjaardagpartytjie verneuk het; Phillip wat terug is na sy vrou en tweelingseuns; Mario die oorlogfotograaf wat gedink het sy kamera is ‘n geweer. Soos om oor en oor in dieselfde muur vas te hardloop – vinniger en vinniger, totdat sy só duiselig was dat sy glad nie kon voel nie. (100)

170

170

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die ooreenkomste tussen Mia en haar voorvaders word ook verder in hierdie verhaal bevestig: ―Sy herken skaars die kil blou oë wat na haar terugkyk in die spieël. Haar gelaatstrekke lyk asof hulle in klip gegiet is: onbuigbaar, hard. Sy‘s bang as sy probeer glimlag, sal daar krake verskyn‖ (106).

Hierdie beskrywing herinner sterk aan die skildery van oumagrootjie Elizabeth in die plaashuis in ―Toe Toorvoet stil geword het‖. Elizabeth was ‘n vurige vrou en daar is ‘n duidelike ooreenkoms tussen Mia en haar oumagrootjie:

Haar oë is brandend van ‘n vreemde drif, haar wange koorsig. Wanneer daar kuiergaste na die huis kom, kyk hulle soms betekenisvol na dié skildery en dan na Mia. (79)

Maar wanneer Mia later na die skildery kyk, is die vurigheid weg, en Elizabeth lyk net so leweloos soos Mia nou in ―Die sneeukoningin‖ lyk:

Die skildery lyk skielik anders, asof dit net uit buitelyne bestaan. Die delikate pienk skadu‘s onder Elizabeth se wangbene is weg. Haar mond is twee potloodstrepe sonder vlees. Haar oë is kleurloos: haar blou irisse en die wit daaromheen het verdwyn sodat net die oogkasse oorbly. (83)

Mia is ook bewus daarvan dat die vuur uit haar weg is. Daarom dat sy ‘n gevoel van verlies ervaar wanneer sy en Andries oor die vuurtoring praat:

―Hoekom is sy in die vuurtoring?‖

―Omdat sy so baie vuur in haar het, natuurlik.‖

Meteens het sy tranerig gevoel. Sy‘t op haar lip gebyt en vooruit gestap. (102)

Daar word dus gesuggereer dat Mia deur haar verhoudings met mans haarself uit ‘n toring bevry het (‘n motief wat ‘n hoogtepunt bereik in die vorige verhaal waarin Mia haar hare losmaak), maar dat sy nie skotvry daarvan kon afkom nie. Wanneer sy die eend wat sy vir Andries en sy ouers moet maak, nie kan ontdooi nie, herinner dit sterk aan die ander verhale waarin die voorbereiding van maaltye ‘n belangrike rol speel, veral ―Free-range whole bird‖ en ―Ons probeer harder‖:

Paniekerig lees sy die fyngedrukte aanwysings op die plastiek wat om die eend gedraai is […]

Met bewende hande skeur sy die plastiek af, tas na die opening waar sy haar hand moet insteek om die binnegoed uit te haal. Sy kan voel dis nog taamlik bevrore. Sy beur met albei hande aan die bleek stukke vlees wat na mekaar reik oor die holte, soos arms wat vat-vat na mekaar. Iets kraak, gee mee. (106)

Hier word die voorbereiding van voedsel weer eens ‘n desperate poging om sin te maak van iets wat tot mislukking gedoem is. Net soos Mia nie ballet kon doen as kind nie, en net soos haar ma geen talent vir kookkuns het nie, net so kan sy nie die bevrore eend ontvries of in stukke breek om gouer te ontdooi nie. Waar sy in ―Free-range whole bird‖ gedroom het dat sy in ‘n vrieskas is waaruit haar ma haar moet bevry (32) (op daardie stadium ‘n aanduiding dat Mia se ma haar beskerm teen pynlike inisiasie omdat sy nog nie daarvoor gereed is nie) is Mia nou weer in ‘n steriele, ―bevrore‖ staat

171

171

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

waarin sy nie na ander mense kan uitreik nie – maar nou sonder die potensiaal om te verander:

Haar voetstappe is swaar toe sy die eend na die blinkskoon kombuis neem en hom in die mikrogolf sit. Toe sy die defrost-knoppie druk, gebeur daar egter niks: die groen lettertjies flits nie oor die skerm nie, die blad begin ook nie draai nie. Sy maak seker hy is aan by die kragprop, probeer dan weer.

Die masjien is steeds dood. (106)

Die bevrore eend word dan ook ‘n metafoor vir Mia se gedelf in haarself, ‘n introspektiewe verkenning:

Sy steek weer haar hand in en beur en pluk tot alles om haar vingerpunte nat en pap is. Dieper en dieper grawe sy, maar al wat sy tussen die bevrore wande kry, is roesbruin binnegoed onder haar naels. (107)

Hierdie aspek word ook bevestig in Cochrane (2008:9) se resensie:

In die verhaal […] word die skoonmaak en letterlike slagting van ‘n bevrore eend vir Mia ‘n selfbevestigende daad deurdat dit op metaforiese vlak gelyk gestel word aan haar rondkrap in haar eie bloed en derms en die erkenning van haar eie skadukant.

Tog is die bloed, soos Brink (2008:9) ook aandui, ―terselfdertyd ‘n teken van vernietiging én van lewe‖. Daarom dan ook dat die bloedvlek op haar romp vir haar so mooi is, en waarom sy Andries met bloed merk (107).

Soos reeds genoem, is hierdie proses van selferkenning soortgelyk aan die proses wat haar pa in ―Kunstenaars‖ ondergaan.

In die volgende verhaal, ―Skerwe‖, wat twee maande later afspeel, word dit gou duidelik gemaak dat Mia en Andries se verhouding tot niet is. In die verhaal neem die spanning wat in die vorige verhale oor Mia se depressie opgebou is, ‘n wending en word sy in die hospitaal opgeneem. Reeds van die eerste verhaal af is die depressie van die Albertyn-familie ‘n gegewe, dus is dit nie vir die leser ‘n verrassing nie. Terwyl Mia deur die hospitaal loop, onthou sy hoe haar porseleinpop Mathilde gebreek het. Mia wou as dogtertjie haar pop, wat sy nooit uit die glaskas laat kom het nie, bemagtig. Dit word ‘n duidelike simbool van Mia se eie drang na bemagtiging en inisiasie:

Mia het gedink aan haar hand om Mathilde se pols jare gelede: hoe sy die porseleinpop uit die glaskas gehaal en klompitie-klomp die trappe af gelei het. ―Jy moet sélf loop,‖ het sy vir die pop gesê. ―Jy moet die wye wêreld verken.‖ (109)

Terselfdertyd herinner die pop ook aan die beskrywing van Mia se ouma Ragel (65) en haar reaksie op die vloed:

Sy laat gly ‘n kam deur haar hare en trek ‘n syerige kamerjas oor haar wit nagrok aan. Sukkel-sukkel, met die mure wat wil omkantel, loop sy na die voorhuis. (69)

172

172

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hierdeur word die ooreenkoms tussen Mia en haar ouma versterk. Net soos Mia in die vorige verhale meer verbrokkel wanneer sy na iemand uitreik, is dit ook Mathilde se lot:

Klompitie-klomp het Mia haar oor die baksteentuinpaadjie gelei. Naby die swaar ysterhek het sy haar pa gesien. Sy‘t vir Mathilde gehelp om met ‘n porseleinhand aan haar pa se been te raak. ―Kyk, Pa, Mathilde sê hallo.‖ Sy‘t die pop opgelig na hom, haar porseleinhande om sy nek laat vou.

Hy‘t die pop tussen sy T-hemp en woltrui sitgemaak. Om ekstra seker te maak, het hy die trui by sy jeans ingesteek, haar met sy regterarm gestut.

[…]

Sy sien die blonde haarstuk wat uitgesprei lê oor die tuinpaadjie. Die res van Mathilde se kop het in fyn stukkies gebreek – só erg dat jy nie kan sien wat ‘n neus of ‘n oog was nie. (111–2)

Omdat Mia op hierdie ouderdom nog nie haar emosies kon verwoord nie, word hierdie poppespel ‘n teken dat Mia reeds op hierdie ouderdom gesmag het na betekenisvolle interaksie met mense en ook die ―wye wêreld‖ wou verken. Mia se spel met haar pop word in haar volwasse lewe geëggo wanneer sy ook ―breek‖ en ‘n ineenstorting kry.

Mia en haar pa se verhouding word verder in hierdie verhaal geproblematiseer. Net soos met Mathilde, het Mia se pa haar op sy manier probeer beskerm sodat sy nie breek nie. Tydens een van die depressie-episodes wat Mia se pa tydens haar kinderjare beleef, kry hy byvoorbeeld die plan om eerder selfmoord te pleeg – dus om homself op te offer sodat Mia bevry word:

Hy‘t stadiger gepraat, asof hy iets wou sê waaroor hy baie lank reeds dink: ―Ek het my berekeninge gemaak; ek wil jou bevry.‖

[…]

Hy‘t sy arm losgeskud, tot reg voor Mia geloop. Sy hand het gebewe toe hy oor haar hare vee. ―Sonder my sal jou lewe soveel makliker wees.‖ (114)

Mia se pa, bewus van die depressie in sy familie wat soos die skakels van ‘n ketting elke geslag verbind, is in hierdie irrasionele oomblik van mening dat hy die ketting van depressie kan verbreek as hy selfmoord pleeg en sodoende Mia die lot spaar. Dit skakel met Mia se kinderlike blik op depressie in die eerste verhaal, waarin sy glo dat die enigste manier om nie soos haar pa te word nie, is om op te hou om haar wetenskaphuiswerk te doen:

Die enigste huiswerk wat sy nooit doen nie, is wetenskap – die vak waaraan haar pa soms tot ná middernag werk; wat hom na konferensies reg rondom die aardbol laat vlieg.

Sy‘t opgehou nadat sy hom eendag met gebalde vuiste op en af in sy studeerkamer sien loop het, sy Nike-tekkies wat oor die plankvloer piep. ―Ek moet, ek móét,‖ het hy geprewel. (12)

173

173

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Mia probeer dan ook in die terugflits na haar kinderjare in ―Skerwe‖ van haar pa ontsnap:

Haar pa het van die kombuistafel opgestaan en met gebalde vuiste heen en weer gestap. Hy‘t aanmekaar gepraat soos die hoofspreker by ‘n konferensie. Suutjies, sonder dat hy moet sien, het Mia haar stoel agtertoe geskuif oor die teëlvloer. Sy‘t haar asem opgehou, gemik na die kombuisdeur. (114)

Hierdie vroeë onbegrip van depressie het in ―Skerwe‖ plek gemaak vir ‘n aanvaarding van die onvermydelikheid van oorgeërfde depressie in beide Mia en haar pa. Mia weet byvoorbeeld dat dit ‘n bom is ―wat reeds by geboorte begin tik het‖ (113), terwyl haar pa nou sterk genoeg is om haar deur hierdie moeilike tyd te help – juis omdat hy deur dieselfde lyding moes gaan. Anders as in Mia se kinderjare, waar sy emosioneel sterker was, is haar pa nou haar steunpilaar. Die siklus van oorerflike depressie het hom voltrek.

Dit word treffend geïllustreer deur die besoek van Mia se pa aan haar in die kliniek wat kontrasteer met haar kinderjare:

Met hangskouers het hy na die bruin deurmatjie voor die kombuisdeur geloop. ―Sal jy omgee as ek eers ‘n bietjie ...‖ Hy‘t sy gesig na Mia gedraai en afgesak tot op die stekelrige mat. ―Jou pa is moeg, my kind.‖

Hy‘t hom op die mat opgekrul, sy knieë opgetrek tot by sy ken.

―Sag slaap,‖ het Mia gesê. (115)

In ‘n soortgelyke toneel tref Mia se pa haar jare later aan:

―My Mia-dogter?‖ Sy stem is sag soos watte, teer.

[…]

Haar spiere het reeds soveel verslap dat dit moeilik is om te praat. ―Ek‘s vaak, Pappa.‖

Hy sit die bord op die kassie langs haar bed neer, en toe versigtig, uiters versigtig, streel hy oor haar hare. (120)

Die tweede laaste verhaal in die bundel, ―The persistence of memory‖, is ook ‘n teruggryp na die verlede. Hier word die kring van die gesin verder uitgebrei om ook Mia se tante se middelafhanklikheid te belig. Mia se neef, Chris, openbaar aan haar dat sy ma onder die invloed van alkohol was toe sy en Chris se broer, Riaan, verongeluk het (128). Daar word gesuggereer dat dit weens sy ma se agtelosigheid as gevolg van alkoholmisbruik was dat Riaan ‘n agterstand gehad het (―Seker van al die val dat ‘n mens goed twee keer vir hom moes sê‖, 128). Uiteindelik vertel Chris vir Mia dat Riaan hom gemolesteer het:

Sy skouers begin ruk. ―Dìs waar hy … dit gedoen het. Hy‘t gedink die masjien sou maak dat niemand my hoor nie.‖ Sy stem is sag, skaars hoorbaar. ―Ek het nie geskree nie. Ek het gedink dis wat boeties doen.‖ (129)

174

174

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Uiteindelik word dit duidelik dat Chris en Mia ook as kinders seksueel geëksperimenteer het. Volgens Cilliers (2008:10) bied hierdie verhaal ‘n verklaring vir Mia se inisiasieproses deur verskeie seksuele verhoudings:

Daar kan gespekuleer word waarom sy wat so skaam is, ingestel bly op seksuele verhoudings met mans. Sou alles dalk begin het toe haar neef, Chris, toe elf jaar oud, haar gemolesteer het toe sy ses was?

Hierdie interpretasie van die belang van hierdie verhaal binne bundelverband is egter ‘n beperkende beskouing van Mia se emosionele leefwêreld. Mia was nie van kindsbeen af ‘n slagoffer wat keer op keer misbruik is en waarvan die beginpunt molestering deur haar neef was nie. Soos in die ander verhale waarin Mia seksuele verkenningstogte onderneem, is sy aktief betrokke en neem sy ‘n bewustelike besluit om daaraan deel te neem, soos uitgebeeld word in die slot van ―Die dag toe ek my hare losgemaak het‖. Ook in ―The persistence of memory‖ is Mia medepligtig: ―Bewend lig sy die muskietnet vir hom op‖ (130). Mia was dus as kind al bewus daarvan dat interaksie met iemand bevrydend kan wees en sy het dit ook aangemoedig. As volwassene weet sy dat nie een van die verhoudings haar vervul het nie:

Ek werk. As joernalis. En nee, ek is nie getroud soos jy nie. Ek het al baie boyfriends gehad – te veel. Maar eintlik is ek nog die hele tyd alleen, presies soos daai tyd. Ek is nog steeds double-jointed, en ek het nog presies dieselfde issues. Al wat verander het, is dat my vel dalk effe dikker is. Dalk ken ek meer woorde. (124)

Die laaste verhaal vorm weens die chronologiese, onverwisselbare volgorde van die teks ook die laaste deel van die siklus. Hierdie verhaal verteenwoordig ‘n nuwe fase in Mia se lewe en twee veranderings staan voorop: Mia is nou die moeder van ‘n seuntjie, Liam, en haar pa is ernstig siek. Mia se rol het dus verander van kind na ouer. Mia se pa vra vir haar: ―Maar is dit nie wonderbaarlik hoe die res van ons die waansin op die nippertjie bly vryspring nie?‖ (133). Dit herinner aan die houtskooltekening in ―Kunstenaars‖ waarin die familie in die tekening staar na die bodem van die put ―soos na ‘n hellevaart waaraan hulle naelskraaps ontkom het‖ (63).

Soos Mia stelselmatig deur die loop van die bundel vrede maak met haar depressie, word dit duidelik dat dit wel nie ―wonderbaarlik‖ is nie – eerder is dit ‘n pynlike proses van selferkenning wat ‘n mens in staat stel om dit te verwerk en daarmee saam te leef.

Cochrane (2008:9) som die helingsproses in hierdie verhaal as volg op:

Die groeiproses wat sy ondergaan, word in die slotverhaal […] gedeeltelik voltrek, alhoewel dit duidelik gestel word dat emosionele heling nie iets is wat ooit volkome bereik kan word nie. Die beste wat die mens in sy feilbaarheid kan doen, is om sy bestaan te aanvaar vir wat dit is, sonder om kitsoplossings vir komplekse lewensproblematiek voor te hou.

Mia bly dan ook die ―waansin op die nippertjie vryspring‖ deur haar depressie te bestuur deur ‘n kombinasie van terapie, medikasie en lewenstyl (134). Haar redes eggo veral die verhaal ―Ons probeer harder‖:

Selfs toe sy van Liam se pa weg is, het sy dit reggekry om in beheer te bly. Nie dat dit maklik was nie. Toe sy uiteindelik erken dit werk nie – Liam was maar drie maande oud – het sy gevoel sy word uitmekaar geskeur. Jou kop en jou

175

175

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

hart spat in smerige stukkies, maar om te swig sou neerkom op mislukking. (134)

Hierdie verbetenheid is kenmerkend van beide Mia en haar ma, soos in ―Ons probeer harder‖ aangetoon is. Vir Van Niekerk (2009:240) is hierdie verhaal as sodanig tekenend van bemagtiging:

In die slotverhaal van die bundel word die tema van oorerwing uiteindelik in ‘n positiewe lig geplaas met die aanhaling uit Goethe se Faust: ―Wat jy van jou vadere geërf het: verdien dit self om dit te besit‖ (138). Waar dit op ‘n stadium in die bundel lyk of Mia verder en verder spiraal in die onkeerbare oorsaak-en-gevolg van familie en gesinslede se persoonlikhede en probleme, en eie traumatiese kindertydervarings (vergelyk die voorlaaste verhaal, ―The persistence of memory‖), gee hierdie laaste verhaal aan haar die mag om lewegewende besluite oor haarself en haar eie kind te maak.

Die beskouing van depressie wat in Die dag toe ek my hare losgemaak het aan bod kom, is egter nie so eenvoudig nie. Veel eerder as mag oor lewegewende besluite, is dit eerder Mia se interaksie met haar pa wat haar opnuut haar seun laat waardeer, alhoewel daar reeds aanduidings is dat hy ook ―breekbaar‖ is, soos sy oupa en ma: ―Eers toe sy hom oneindig dankbaar teen haar vasdruk, voel sy hoe klein sy handjies is‖ (142).

Liam voel ongemaklik by Mia, net soos Mia as kind ongemaklik by haar pa gevoel het:

Miesies Bardien maak hom met ‘n sagte blou kombersie teen die holte van haar breë rug vas en Mia sien hoe sy handjie oor hare vat. Hy draai sy kop weg van sy ma, na die ander kinders wat op sagte kussings sit. (133)

Soos dit regdeur die bundel duidelik word, is depressie nie ‘n statiese toestand nie. Mia se geestestoestand aan die einde van hierdie verhaal dui wel op groter stabiliteit as in die voorafgaande verhale, maar dit is nie ‘n vaste, statiese eindpunt nie – dit is ‘n daaglikse stryd wat op ‘n stadium ook verloor kan word. Mia se redding is haar ma se krag en verbetenheid wat sy ook geërf het, en die feit dat sy haar depressie erken, hoewel dit ook enige dag die oorhand kan kry.

In bostaande bespreking is aangetoon hoe die verhale met mekaar skakel. Die enkele protagonis, Mia Ragel Albertyn, ondergaan ‘n groeiproses waarvan seksuele inisiasie, haar verhouding met haar ouers en mans, depressie en selfaanvaarding deel vorm. Hierdie ontwikkelingsproses manifesteer slegs as die verhale as ‘n chronologiese eenheid gelees word; afsonderlik beskou, verteenwoordig elke kortverhaal slegs een aspek van hierdie ontwikkelingsproses.

Die gedeelde motiewe – spesifiek dié van kos en glas – is enersyds aanduidings van die verskillende fases van Mia se ontwikkeling, maar andersyds ook skakels tussen die verhale. Daardeur word die verskillende temas deur die gebruik van motiewe in elke verhaal herhaal, maar ook uitgebrei, met die gevolg dat daar ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20) tot stand kom. Wanneer die bundel as eenheid gelees word, vergestalt dit ‘n tema wat nie in enige van die afsonderlike dele ten volle realiseer nie.

In die laaste deel van die ontleding sal daar gefokus word op die spanning tussen die outonome kortverhale en die koherente geheel op strukturele en tematiese vlak.

176

176

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

5. Die spanning tussen outonomie en koherensie in Die dag toe ek my hare losgemaak het

5.1 Strukturele aspekte

Die spanning tussen outonomie en koherensie in hierdie kortverhaalsiklus het sekere implikasies op beide struktuur- en betekenisvlak. Mia se volwassewording word uitgebeeld deur belangrike gebeure wat deel van haar psigologiese-ontwikkelingsproses vorm. Die innerlike ontwikkeling van die protagonis word gewoonlik geassosieer met die roman, en dan spesifiek genres soos die Bildungsroman, Erziehungsroman en Künstlerroman.

Scholtz (1992:441) som die tradisionele plotlyn van die ontwikkelingsroman as volg op:

Die tematiese kern van hierdie romansoort is die vormende invloed van bepaalde gebeurtenisse op die ontwikkeling van die individu se karakter. Die sentrale figuur is, struktureel gesien, die eenheidskeppende prinsipe in hierdie roman […] [D]aar word aangetoon hoe hy deur sukses en mislukking gevorm word om die aanslae van die lewe te kan hanteer.

Implisiet in hierdie verklaring is dat daar afwisselende momente van krisis en ewewig is. Daar is ‘n stelselmatige opbou na elke gebeurtenis of aksie wat ‘n invloed op die karakter se ontwikkeling het, en die tydperk tussen verskillende gebeurtenisse word gevul met die eksposisie van kousale faktore. Mann (1989:9) noem dat die siklus funksioneel is om die ontwikkeling van ‘n enkele protagonis uit te beeld omdat dit die ontwikkelingsproses kan uitbeeld sonder die kousale faktore wat meer dikwels in romankoherensie voorkom:

The cycle is especially well suited to describe the maturation process, since it allows the writer to focus on only those people and incidents that are essential to character development. Frequently with these cycles, subordinate characters surface for only a story or two and then disappear entirely with no explanation being necessary.

Aucamp (1984:12) noem met verwysing na ’n Wêreld sonder grense dat daar ―‘n byna eksentrieke weglaat van brugpassasies en -hoofstukke [is] [...] Dis of Beukes en Strachan hulle van die dwingelandy wou bevry van die ‗slacker passages‘ in die roman, soos Elizabeth Bowen na ‗panoramas‘ verwys.‖

Dit is ook die geval met Die dag toe ek my hare losgemaak het: karakters soos Nick, Phillip, Mario en Andries kom voor in enkele verhale, en die feit dat elke gedeelte ‘n kortverhaal is – met funksionele tydspronge tussen elke verhaal – laat toe dat die wyses waarop manlike karakters uit Mia se lewe verdwyn, nie vertel hoef te word nie. Die kortverhaalsiklus is meer as ‘n gerieflike struktuur wat die skrywer toelaat om besonderhede (wat belangrik vir kousaliteit maar onbelangrik vir die ontwikkeling van die protagonis is) weg te laat: hierdie struktuur beïnvloed naamlik ook die leser se ervaring van die protagonis se ontwikkelingsproses.

Hierdie aspek kan beskryf word aan die hand van Genette se uiteensetting van tydshantering in die roman. Keuris (1992:544) beskryf die twee versnellingsmeganismes wat Genette identifiseer as samevatting (groot tydsduur wat in ‘n paar sinne gedek word) en ellips (weggelate tyd wat veroorsaak dat die verteltempo nog vinniger is as in

177

177

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die samevatting). Hoewel die ellips as versnellingsmeganisme ook in die ontwikkelingsroman aangetref word, is die tyd wat weggelaat word, gewoonlik minder as in die geval van ‘n kortverhaalsiklus. Soortgelyk is daar meer samevattings in die roman, omdat dit gewoonlik noodsaaklik is vir die romankoherensie. In Die dag toe ek my hare losgemaak het is die ellipse tussen die verhale groter as die totale vertelde tyd van al die verhale saam. Die vertelde tyd is dus in elke kortverhaal baie kort: in ―Skeikunde-eksperiment‖ is die vertelde tyd ‘n paar dae rondom Mia se twaalfde verjaarsdag; in ―Het jou!‖ is dit twee weke en in ―Free-range whole bird‖ twee dae met ‘n tydsprong van twee jaar tussenin. Dit word afgewissel met terugflitse waarin tyd stilstaan in byvoorbeeld ―Ons probeer harder‖ waarin Mia haar balletklasse en haar ma se kooklesse in herinnering roep.

Die kombinasie tussen die kort vertelde tyd in elke verhaal en tydspronge tussen verhale in die kortverhaalsiklus stel ‘n meer intense belewenis van Mia se ontwikkelingsproses voorop.

Boonop kan elke kortverhaal as ‘n aparte krisismoment in Mia se groter ontwikkeling beskou word. Daar is min oomblikke van ewewig teenwoordig, aangesien die meerderheid ewewigsmomente slegs in die leser se verbeelde beskouing van die tye tussen verhale bestaan. Die leser se totale leeservaring word deur ‘n staat van hoogspanning gekenmerk. Hierdeur word die intensiteit van die kortverhaal gekombineer met die romanmatige en stelselmatige ontwikkeling van die protagonis, met die gevolg dat die kortverhaalsiklus as geheel die effek van die kortverhaal naboots in kombinasie met die inligtingvolume van die roman. Die uiteindelike effek is ‘n verlengde belewenis van die intensiteit wat met die kortverhaal geassosieer word.

5.2 Tematiese aspekte

Die spanning tussen outonomie en koherensie in die kortverhaalsiklus het nie uitsluitlik strukturele implikasies nie; dit beïnvloed ook die betekenis van die narratief. Elke afsonderlike kortverhaal belig ‘n enkele aspek van Mia se ontwikkelingsproses, byvoorbeeld die erkenning van Mia se volwassenheid deur haar ma in ―Free-range whole bird‖ of die eerste liefdesteleurstelling in ―Ons probeer harder‖.

In elkeen van die verhale word ‘n spesifieke tema ontgin. Wanneer hierdie verhale saam gelees word, funksioneer elke verhaal as krisismoment in Mia se totale ontwikkeling, sodat die temas van al die verhale gesamentlik funksioneer om ‘n oorkoepelende betekenis daar te stel.

Elke verhaaltema vorm ‘n onderdeel van die groter tema. Wanneer dié tema opgebreek word volgens die temas van die onderskeie verhale, word dit duidelik dat veral ses elemente die belangrikste hoekstene van die oorkoepelende tema vorm.

5.2.1 Die verhouding tussen ma en dogter

Die verhale wat sterk op hierdie tema fokus, kom veral in die eerste deel van die siklus voor. ―Het jou!‖ fokus veral op die beskermende rol wat Mia se ma moet speel, terwyl die veranderende rolle tussen ma en dogter soos Mia grootword, uitgebeeld word in ―Free-range whole bird‖. In ―Ons probeer harder‖ kan Mia se ma haar nie meer teen pynlike ervarings beskerm soos in ―Het jou!‖ nie, maar dit word in hierdie verhaal duidelik dat Mia haar ma se ―goeie‖ kenmerke aangeneem het, sonder om onkrities dieselfde foute as haar ma te begaan. Die verskillende aspekte van die moeder/dogter-verhouding wat in hierdie verhale aan bod kom, bied ‘n groter beeld van die

178

178

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

verskillende rolle wat Mia en haar ma aanneem en die oorerflike eienskappe tussen ouers en kinders.

Die kosmotief funksioneer in elk van hierdie verhale as ‘n aanduiding van Mia se ontwikkeling: waar sy in ―Het jou!‖ kaassmeertoebroodjies eet, word haar volwasse status in ―Free-range whole bird‖ erken deurdat sy ‘n ete op haar eie voorberei. Die jukstaposisies in ―Ons probeer harder‖ tussen die rampspoedige familiemaaltyd en Mia se ewe rampspoedige braai toon aan dat Mia haar ma se foute in ‘n mate herhaal, maar op die ou einde neem sy as volwassene die besluit om nie dieselfde dienende rol as haar ma te speel nie.

5.2.2 Die verhouding tussen pa en dogter

Die verhouding tussen Mia en haar pa is meer kompleks as die ma-dogter-verhouding, omdat beide pa en dogter geraak word deur depressie en hulle verskillende reaksies op die siekte ‘n impak op hulle verhouding het. Hierdie tema kom veral ter sprake in ―Skeikunde-eksperiment‖, ―Kunstenaars‖, ―Skerwe‖ en ―Om die waansin vry te spring‖.

In ―Skeikunde-eksperiment‖ gaan dit veral oor eienskappe van ouers wat kinders nie wil besit nie. Mia weet daar is iets aan haar pa se identiteit wat sy wil vryspring, maar haar pa is tog ‘n ―towenaar‖ wat op die ou einde hulle wêrelde versoen en ‘n held in Mia se oë word.

In ―Kunstenaars‖ aanvaar Mia die persoonlikheidsaspekte van haar pa wat sy as kind so problematies gevind het: ―Ek is jou dogter, Pa […] Mag ek dit sien?‖ (63). In die slot van die verhaal word dit duidelik dat geluk binne familieverband moontlik is slegs as al die gesinslede mekaar onvoorwaardelik aanvaar.

In ―Skerwe‖ word ‘n genuanseerde blik op die problematiese pa-dogter-verhouding gebied. Mia se pa kan vertroosting bied en met haar probleme identifiseer. Hierbenewens fokus die verhaal ook op die negatiewe impak van haar pa se depressie op die jonger Mia.

In ―Om die waansin vry te spring‖ is dit die verhaal van haar pa wat Mia in staat stel om haar lewe weer in oënskou te neem en haar kind opnuut te waardeer. Die aanhaling uit Faust – ―Wat jy van jou vadere geërf het: verdien dit self om dit te besit‖ (138) – skakel met die eerste verhaal, waarin Mia juis nie dit wou besit wat sy van haar vader geërf het nie. Hier is sprake van ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20), waarin die herhaling van situasies aangewend word om Mia se ontwikkeling aan te stip.

5.2.3 Oorgeërfde depressie

Hierdie tema toon ‘n noue verbintenis met die tweede tema. Benewens die verhale waarin Mia en haar pa se verhouding beskryf word, is dit ook in ―Ragel is ek gedoop‖, ―Toe Toorvoet stil geword het‖, ―Die sneeukoningin‖ en ―The persistence of memory‖ dat die tema van oorgeërfde depressie en die stelselmatige aanvaarding daarvan uitgebeeld word. Die tema van hierdie verhale wentel veral om die idee dat Mia haar depressie kan bestuur slegs as sy dit in die gesig staar en dit nie probeer ontken of wegwens nie. Mia kan bevrydend leef slegs as sy haar skadukant ook erken. Al is dit vir haar ‘n pynlike proses, is die ―rondkrap in haar eie bloed en derms‖ (Cochrane 2008:9) nodig, omdat dit die enigste manier is waarop sy kan groei.

179

179

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

‘n Interessante perspektief kom na vore wanneer Mia se ontwikkelingsgang met dié van haar pa gekontrasteer word. Mia beskou haar pa in die openingsverhaal as iemand wat beskut in sy glaspot bly en deur haar ma teen die aanslae van die lewe beskerm word. Mia, daarenteen, wil ―self loop‖, soos Mathilde, en die wye wêreld verken. Dit veroorsaak dat sy gereeld seerkry, maar hierdeur juis bemagtig word om haar depressie sinvol te bestuur, soos uit die slotverhaal blyk. Haar pa neem baie langer om sy depressie te aanvaar en word weens depressie gehospitaliseer wanneer Mia as ‘n volwassene vir hom ‘n maaltyd voorberei. Daarteenoor word Mia reeds voor haar swangerskap gedwing om haar depressie te aanvaar. Die kontras tussen Mia en haar pa in dié opsig suggereer dat depressie alleenlik deur direkte konfrontasie oorwin kan word.

5.2.4 Die gesin as eenheid

Verskeie perspektiewe op die gesin word in hierdie kortverhaalsiklus gegee en daar is ‘n konstante spanning tussen die gesin as ‘n destruktiewe mag en die gesin as sublieme eenheid. Verhale wat hier veral belangrik is, is ―Skeikunde-eksperiment‖, ―Kunstenaars‖, ―Ragel is ek gedoop‖, ―Skerwe‖ en ―Om die waansin vry te spring‖. Die oomblikke waarin die gesinslede na mekaar kan uitreik (soos in die slot van die eerste verhaal, waarin Mia se pa hulle gesinsband deur die eenhorinkie bevestig, of die slot van ―Kunstenaars‖, waarin Mia en haar pa mekaar aanvaar en hulle ooreenkomste herken), word moontlik gemaak slegs deur die voorafgaande krisismomente van selferkenning: Mia se pa moet byvoorbeeld een van sy depressiefases herleef en deur ‘n proses van selferkenning gaan voordat hy en Mia na mekaar kan uitreik. Die spanninge wat daar in gesinsverband voorkom, soos in ―Skerwe‖, waarin Mia se pa haar met ‘n bord gooi, vorm dan ook deel van die proses waardeur elke familielid moet groei om mekaar te verstaan en uiteindelik na mekaar uit te reik.

5.2.5 Eensaamheid en die soeke na vervullende verhoudings

Die verhale ―Het jou!‖, ―Ons probeer harder‖, ―Toe Toorvoet stil geword het‖, ―Die dag toe ek my hare losgemaak het‖, ―Die sneeukoningin‖ en ―The persistence of memory‖ is hier van belang. In dié verhale is weer eens sprake van die dinamiese patroon van herhaling en ontwikkeling en word aangetoon hoe herhaaldelike pynlike ervarings Mia verhinder om funksionele verhoudings aan te knoop en in stand te hou. Mia se verhouding met mans verskil van die verhouding wat sy met haar ouers het, wat ten spyte van die problematiese aard daarvan steeds ‘n mate van geborgenheid waarborg.

Die verhoudings wat Mia met mans het, is tekenend van ‘n onvermoë om iemand ten volle te begryp. Andries in ―Die sneeukoningin‖ begryp byvoorbeeld nie Mia se komplekse psigologiese ervaring van verhoudings nie en draai verward weg van haar (107).

Van Niekerk (2008:22) merk tereg op dat Mia uiteindelik besef ―hoe mense met mekaar saamleef: elkeen in sy eie kapsule, onbereikbaar‖.

Isolasie, die onvermoë tot kommunikasie en die skanse tussen Mia en die wêreld kom as tematiese variasies ter sprake in ―Skeikunde-eksperiment‖, waar Mia en haar pa elk in ‘n glasstruktuur bestaan en mekaar gevolglik nie kan verstaan nie. Binne familieverband is daar egter tog sprake van begrip vir en empatie met mekaar, wat verder ontwikkel deur Mia se selfaanvaardingsproses. In kontras hiermee bly enige poging tot sinvolle kommunikasie met iemand anders onmoontlik.

180

180

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

5.2.6 Oorkoepelende tema

Laastens is daar sprake van ‘n oorkoepelende tema wat nie in enige van die afsonderlike verhale volledig manifesteer nie. Die fokus val hier veral op die wyses waarop Mia deur haar gesin gevorm is en hoe dit bepalend is vir die keuses wat sy moet uitoefen om met haar depressie saam te leef in verskillende situasies en met verskillende mense. Dit is ‘n samevoeging van die elemente van al die verhale, sodat ‘n totale betekenis van die ontwikkeling van die protagonis vergestalt word: die impak van depressie op haar lewe, die maniere waarop haar familie haar redding en haar lot is, die maniere waarop ‘n mens tot selfaanvaarding kan kom, en die maniere waarop Mia deur verhoudings gevorm word. In dié verband is die struktuur van die kortverhaalsiklus veral funksioneel om te illustreer hoe Mia se perspektiewe verander. Haar begrip van haar pa en haar eie depressie verander in so ‘n mate (van die eerste tot laaste verhaal) dat sy ‘n betekenisvolle verhouding kan hê, al is dit slegs met haar seun.

Mia se prioriteite verander: waar sy aan die begin selfgesentreerd is en fokus op die invloede van verskillende mense op haar ontwikkeling (Nick, Phillip, Mario en Andries), is Liam se pa nie belangrik genoeg om hom by die slotnarratief in te sluit nie. Liam is nou die een wat haar verdere ontwikkeling bepaal en Mia fokus uitsluitlik op haar moederskap – soos haar ma háár loopbaan moes opoffer om vir Mia ‘n goeie moeder te wees. Die stiltes tussen die verhale is dus net so betekenisvol soos die verhale self. Mia kan inderdaad nie verslag oor ‘n leeftyd doen nie, maar soos in hierdie kortverhaalsiklus aangedui word: ―Jy begin seker by jou pa‖ (139).

6. Samevatting

Hierdie studie bestaan uit twee artikels.

Die eerste, ―Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte‖, bied ‘n uiteensetting van ‘n aantal kwessies met betrekking tot die kortverhaalsiklus. Daarin is eerstens aangetoon dat dit funksioneel is om te onderskei tussen die tipe tekste wat in Afrikaans as eenheidsbundels bekend staan en die genre van die kortverhaalsiklus wat toenemend in Afrikaans ontgin word. Tweedens is die belangrikste kenmerke van die kortverhaalsiklus uiteengesit aan die hand van Ingram (1971) se aanvoorstudie en beskouings van Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004). Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die spanning tussen die korter, outonome teksgedeeltes waaruit die siklus bestaan en die groter, koherente geheel. Derdens is die vyf elemente wat Dunn en Morris (1995) identifiseer as moontlike koherensiemerkers in die kortverhaalsiklus, naamlik ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling, aan die hand van enkele voorbeelde uiteengesit.

In hierdie tweede deel van die studie is die wisselwerking tussen die afsonderlike kortverhale en die geheel in Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) ondersoek volgens Dunn en Morris (1995) se beskouing van die wyses waarop koherensie tussen kortverhale tot stand kom. Daar is gefokus op die ontwikkeling van die enkele protagonis, ruimte, tydshantering, die herhalende motiewe glas en kos en die verhoudings tussen Mia en die ander karakters in die siklus. Die assosiatiewe verbande wat tussen die verhale gelê word deur herhalende karakters, ruimtes en patrone skep ―dynamic patterns of recurrence and development‖ (Ingram 1971:20) waardeur die

181

181

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

temas ouer/kind-verhoudings, seksuele ontwikkeling, eensaamheid en depressie funksioneel ontwikkel.

Die verskillende aspekte van Mia se ontwikkelingsproses wat in die afsonderlike kortverhale ontvou, skep saam ‘n geheelbeeld van Mia se ontwikkeling van twaalfjarige kind tot volwasse moeder. Hoewel hierdie ontwikkelingsproses van die protagonis meestal met die romanvorm geassosieer word, is aangetoon dat ook die kortverhaalsiklus-genre hiervoor geskik is.

In Die dag toe ek my hare losgemaak het word ‘n effek geskep wat in dié opsig drasties verskil van die roman en die minder koherente kortverhaalbundel. Soos aangetoon, kan die kortverhaalsiklus – deur die gebruik van tydspronge, ingeperkte vertelde tyd en eenlynigheid van handeling – ‘n effek verkry wat soortgelyk is aan die opvallende artistieke organisasie van die kortverhaal. Terselfdertyd kan die siklus ook die groter inligtingsvolumes wat met die roman geassosieer word, akkommodeer – soos ‘n vertelde tyd van omtrent twintig jaar in die geval van Die dag toe ek my hare losgemaak het.

Die implikasie van hierdie besonderse effek is dat Die dag toe ek my hare losgemaak het nie bloot as ‘n afgewaterde vorm van die roman of as ‘n sterk eenheidsbundel beskou kan word nie, maar as ‘n teks behorende tot ‘n afsonderlike genre.

Bibliografie

Adendorff, T.E. 1986. South African short story cycles: A study of Herman Charles Bosman‘s Mafeking Road, Pauline Smith‘s Little Karoo, Ahmed Essop‘s The Hajji and other stories and Bessie Head‘s The collector of treasures, with special reference to region and community. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Durban: Universiteit van Natal.

Alderman, T.C. 1985. The enigma of The ebony tower: A genre study. Modern Fiction Studies, 31(1):135–48.

Anker, W.P.P. 2008. Nomades, oorlogmasjiene, Freud en The Doors: ‘n Skisoanalise van Alexander Strachan se ―Visioen‖ (1984) met verwysing na Apocalypse Now. LitNet Akademies, 5(3):94–109. http://www.oulitnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=58937&cat_id=201

Anon. 1971. Gesprekke met skrywers 1. Kaapstad: Tafelberg.

Aucamp, H. 1978. Kort voor lank: Opstelle oor kortprosa. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1984. ‘n Dinamiese debuut. Die Vaderland, 11 Oktober, bl. 12.

—. 2005. Is poësie die enigste bedreigde genre in Afrikaans? Die Burger, 26 September, bl. 15.

Bendixen, A. en J. Nagel (reds.). 2010. A companion to the American short story. Malden: Blackwell.

Birkenstein, J. 2010. ―Should I stay or should I go?‖ American restlessness and the short-story cycle. In Bendixen en Nagel (reds.) 2010.

182

182

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Botha, E. 1992. Kortverhaal. In Cloete (red.) 1992.

Brada-Williams, N. 2004. Reading Jhumpa Lahiri‘s ―Interpreter of maladies‖ as a short story cycle. Melus, 29(3/4):451–64.

Bridgman, R. 1961. Melanctha. American Literature, 33(3):350–9.

Brink, A.P. 2008. Nuwe, opwindende stem in SA letterkunde. Die Burger, 4 Augustus, bl. 9.

Brown, J. (red.). 2000. American women short story writers: A collection of critical essays. New York: Garland Publishing.

Brümmer, W. 2008. Die dag toe ek my hare losgemaak het. Kaapstad: Human & Rousseau.

Bruwer, A.S. 2003. Henk van Woerden se ―Kaapse trilogie‖ as vorm van bekentenisliteratuur. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

Cilliers, S. 2008. Deurleefde debuut. Volksblad, 22 September, bl. 10.

—. 2010. Venter se bundel fyn beplan. Volksblad, 29 Maart, bl. 6.

Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.

Cochrane, N. 2008. Sterk debuut deur belowende skrywer. Beeld, 6 Oktober, bl. 9.

Crous, M. 2010. Mens hoop skrywer is reeds besig met ‘n volgende teks. Beeld, 13 Desember, bl. 19.

Davis, R.G. 2001. Negotiating place / recreating home: Short story cycles by Naipaul, Mistry and Vassanji. In Viola en Durix (reds.) 2001.

De Jong-Goossens, R. 2010. De sneeuwslaper. Zuid-Afrika, Februarie, bl. 32.

De Vries, A. 1989. Kortom 2: ’n Inleiding tot Die Afrikaanse kortverhaalboek. Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau.

—. 1998. Kort vertel: Aspekte van die Afrikaanse kortverhaal. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.

Donahue, P. 2003. The postmodern short story: forms and issues. In Iftekharrudin, Boyden, Rorberger en Claudet (reds.) 2001.

Dunn, M.M. 1987. Altered patterns and new endings: Reflections of change in Stein‘s Three lives and H.D.‘s Palimpsest. Frontiers, 9(2):54–9.

Dunn, M. en A. Morris. 1995. The composite novel: The short story cycle in transition. New York: Twayne.

Du Plooy, H. 1992. Motief. In Cloete (red.) 1992.

183

183

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Du Toit, P.A. 1974. ‘n Ondersoek na Afrikaanse beskouings oor die kortverhaal met besondere verwysing na enkele nuwer Afrikaanse verhale. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Grahamstad: Rhodes Universiteit.

Ferguson, S. 2003. Sequences, anti-sequences, cycles, and composite novels: The short story in genre criticism. Journal of the Short Story in English, 41. http://jsse.revues.org/index312.html (21 September 2010 geraadpleeg).

Fitz, L.T. 1973. Gertrude Stein and Picasso: The language of surfaces. American Literature, 45(2):228–37.

Franke, A. 1999. Keys to controversies: Stereotypes in modern American novels. New York: St Martin‘s Press.

Gabrielli, V. (red.). 1966. Friendship's garland: Essays presented to Mario Praz on his seventieth birthday. Rome: Edizioni di Storia e Letteratura.

Gardner, H. 1966. The titles of Donne's poems. In Gabrielli (red.) 1966.

Harper, S. 2008. Strandpad lei van meisie tot volwasse vrou. Beeld, 12 Mei, bl. 6.

Heldrich, P. 1997. Connecting surfaces: Gertrude Stein‘s Three lives, cubism, and the metonymy of the short story cycle. Studies in Short Fiction, 34:427–39.

Human, T. 2007. Uiteenlopende bundel trakteer leser met om- en afdraaipaaie. Beeld, 14 Mei, bl. 13.

—. 2010. Welluidendheid van wegglyende woorde. Rapport, 6 November. http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Welluidendheid-van-wegglyende-woorde-20101104 (6 November geraadpleeg).

Hugo, D. en N. Jaekel Strauss. 2010. Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, Maal. RSG Leeskring, 7 September.

Ibáñez, J.R., J.F. Fernández en C.M. Bretones (reds.). 2007. Contemporary debates on the short story. Bern: Peter Lang.

Iftekharrudin, F., J. Boyden, M. Rohrberger en J. Claudet (reds.). 2003. The postmodern short story: forms and issues. Westport: Praeger.

Ingram, F.L. 1971. Representative short story cycles of the twentieth century: Studies in a literary genre. Den Haag: Mouton.

Junquera, C.F. 2007. Fluid boundaries in Judith Ortiz Cofer‘s Silent dancing. In Ibáñez, Fernández en Bretones (reds.) 2007.

Kelley, M. 2000. Gender and genre: the case of the novel-in-stories. In Brown (red.) 2000.

Kennedy, J.G. (red.). 1995. Modern American short story sequences: Composite fictions and fictive communities. Cambridge: Cambridge University Press.

Keuris, M. 1992. Tyd in die literatuur. In Cloete (red.) 1992.

184

184

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Kleppe, S.L. 2004. Faulkner, Welty, and the short story composite. In Winther, Lothe en Skei (reds.) 2004.

Lohafer, S. en J.E. Clarey (reds.). 1989. Short story theory at a crossroads. Baton Rouge: Louisiana State University Press.

Lundén, R. 1999. The united stories of America: Studies in the short story composite. Amsterdam en Atlanta: Rodopi.

Luscher, R.M. 1989. The short story sequence: An open book. In Lohafer en Clarey (reds.) 1989.

—. 1995. John Updike‘s Olinger Stories: New light among the shadows. In Kennedy (red.) 1995.

Lynch, G. 2001. The one and the many: English-Canadian short story cycles. Toronto: University of Toronto Press.

Mann, S.G. 1989. The short story cycle: A genre companion and reference guide. Westport: Greenwood Press.

Marais, R. 1986. Genietlike eksperimentele werk. Die Vaderland, 7 April, bl. 16.

Marais, S. 1992. Ivan Vladislavić‘s re-vision of the South African story cycle. Current Writing, 4:29–43.

—. 1995. Getting lost in Cape Town: Spatial and temporal dislocation in the South African short fiction cycle. English in Africa, 22(2):29–43.

—. 1996. Contemporary South African short fiction cycles: Subjectivity and location. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Durban: Universiteit van Natal.

—. 2001. Discontinuity-in-relationship: Apartheid in the South African short fiction cycle. In Yousaf (red.) 2001.

—. 2005. ―Queer small town people‖: Regional communities and the modern short story cycle. Current Writing,17(2):14–36.

Mulvihill, J. 1998. For public consumption: The origin of titling the short poem. The Journal of English and Germanic Philology, 97(2):190–204.

Nagel, J. 2004. The contemporary American short-story cycle: The ethnic resonance of genre. Baton Rouge: Louisiana State University Press.

O‘Toole, L.M. en A. Shuckman (reds.). 1978. Russian poetics in translation 5. Oxford: Oxon Publishing.

Pakendorf, G. 2007. Stories wys op verlange na iets buitengewoons. Rapport, 4 November, bl. 7.

Reid, I. 1977. The short story. Londen: Methuen.

185

185

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Scheepers, R. 2010. Venter se Ouveld plek waar verhale geil groei. Die Burger, 10 Mei, bl. 9.

Scholtz, M.G. 1992. Roman. In Cloete (red.) 1992.

Smuts, J.P. en H. Aucamp. 1971. Hennie Aucamp in gesprek met J.P. Smuts. In Anon. 1971.

Smuts, J.P. 1984. ‘n Sterk nuwe stem. Die Burger, 13 September, bl. 13.

—. 2003. Twee Kersverhale van Henriette Grové. Tydskrif vir Letterkunde, 40(1):97–108.

Smuts, R. 1982. Die kortverhaalbundel as eenheid. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Pretoria: Universiteit van Pretoria.

Snyman, M. 2011. Roman kort ‘n eenduidige naam. Rapport, 6 Maart. http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2011/03/04/R2/6/boek06.html (10 Maart 2011 geraadpleeg).

Spies, L. 1992. Siklus in die poësie. In Cloete (red.) 1992.

Swanepoel, M. 2008. Stories in haar bloed. Beeld, 9 Augustus, bl. 12.

Tomashevsky, B. 1978. Literary genres. In O‘Toole en Shuckman (reds.) 1978.

Van Coller, H.P. 1984. Prosadebuut toon talent. Die Volksblad, 8 September, bl. 6.

—. 1992. Siklus in die prosa. In Cloete (red.) 1992.

Van den Berg, C. 2010. Verhale om aan te smul. Volksblad, 9 Oktober, bl. 7.

Van Niekerk, A. 2008. Belowende beendere, maar waar is die murg? Rapport, 21 September, bl. 22.

Van Niekerk, J. 2009. Resensie van Die dag toe ek my hare losgemaak het. Tydskrif vir Letterkunde, 46(1):239–41.

Van Vuuren, H. 2010. Bundel oor vervreemding tegnies knap. Die Burger, 13 Desember, bl. 15.

Van Zyl, W. 1992. Regionale literatuur. In Cloete (red.) 1992.

Venter, L.S. 1995. Boeiende Vatmaar ‘n belangrike gebeurtenis in Afrikaanse prosa. Beeld, 4 Desember, bl. 8.

Viola, A. en J.P. Durix (reds.). 2001. Telling stories: Postcolonial short fiction in English. Amsterdam: Rodopi.

Viljoen, L. 2010a. Op reis met ’n hond ‘n besonder belowende debuut. LitNet. http://www.oulitnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id= 1270&news_id=96349 (25 Januarie 2011 geraadpleeg).

186

186

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

— 2010b. Kortverhale in Maal presies en meesleurend. Die Burger, 27 September, bl. 9.

Visagie, A. 2010. Bruisende literêre talent aan woord. Die Burger, 22 November, bl. 9.

Whalan, M. 2007. Race, manhood, and modernism in America: the short story cycles of Sherwood Anderson and Jean Toomer. Knoxville: The University of Tennessee Press.

Winther, P., J. Lothe en H.H. Skei (reds.). 2004. The art of brevity: excursions in short fiction theory and analysis. Columbia: University of South Carolina Press.

Yousaf, N. (red.). 2001. Apartheid narratives. Amsterdam: Rodopi.

187

187

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies

Bertha Spies

Departement Musiek Universiteit van Pretoria

Summary 

Thematic physiognomy creates access to three divergent 20th‐century compositions

In the absence of traditional structural coherence, functional tonal harmony and traditional operatic heroes, how does one make  sense of  three divergent 20th‐century  compositions  in which, respectively, these qualities do not feature? The object of this article is to show that the immediacy of thematic physiognomy can provide a conceptual framework to help understand this music, which  is  often  regarded  as  complex  and  inaccessible. Melodies  normally  speak directly to the listener because they seem to represent the face of the music. Depending on a person’s  frame  of mind, a particular  face may  communicate  various messages. Although a melodic  construct  as  a  static  image may  signify  a  specific mood  (Affekt),  its  potential  to generate meaning increases dramatically when the lines and contours change in the course of a work. In this article melodic structures are investigated in their original rhythmical state. 

The article has  two main parts,  the  first dealing with  thinking and  the  second with doing. Firstly, my point of departure  is a historical perspective on melody as a  field of knowledge, showing the traditional neglect of melody in the study of music theory. In 1989 Carl Dahlhaus regarded the study of melody as the poorest discipline of traditional music theory (1989:66). Nevertheless, Igor Stravinsky, one of the most prominent composers of the 20th century, states that  “melody must keep  its place at  the  summit of  the hierarchy of elements  that make up music.  Melody  is  the  most  essential  of  these  elements,  not  because  it  is  immediately perceptible, but because  it  is  the dominant voice of  the  symphony – not only  in  the  specific sense, but also figuratively speaking” (1947:40). 

Because  melody  speaks  directly  to  the  listener  without  first  having  been  subject  to systematisation  it  is an obvious vehicle  for rhetorical  ideas –  the  immediacy of  the melodic contours of thematic physiognomy can, therefore, promote communication to the listener. 

Although rhetorical principles can be traced back  to antiquity,  Joachim Burmeister was  the first  to  explore  the  connections  between  rhetoric  and music  in  a  systematic way  (Palisca 1993:viii). In his Musical Poetics of 1606 he defines melody as “an affection consisting of an intervallic sequence of pitches, devised or made to produce musical movement that will evoke affections  in  a  person who  is  not  altogether  unmusical”  (Rivera  1993:57).  In  spite  of  the decline of rhetoric in the 18th century, “its importance as the first systematic framework for work‐specific musical analysis was considerable; and  it has recently enjoyed something of a revival” (Morgan 2005:290–1). 

188

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In  the  18th  century  the  idealisation  of  the  natural  sciences  led  to  the  codification  and classification of musical material, and in order to raise the status of music theory to the high standard  of  the  natural  sciences,  composer  and  theorist  Jean‐Philippe  Rameau  based  his important  theories  on mathematical  principles.  In  the  preface  to  his  Traité  de  l’harmonie réduite à ses principes naturels (1722) he writes that “[m]usic is a science which should have definite rules; these rules should be drawn from an evident principle; and this principle cannot really  be  known  to  us without  the  aid  of mathematics”  (Gossett  1971:xxxv).  According  to musicologist and critic Paul Henry Lang an overemphasis on rational thinking and pursuing the ideals of science in the 18th century did not promote music as an art (1941:442). As music of  the 20th  century became  increasingly  complex and  inaccessible  to uninformed  listeners, music aesthetics came to be associated with class privilege. 

Like  linguistic patterns and phrases,  temporal musical  images  such as  themes and motives, more  than  vertical  constructions  such  as  chords,  can  create  a  coherent musical  language which helps to make sense of a musical  text. As Michael Rogers explains, a chord “has  little meaning  by  itself. Halting  the movement may  be necessary  to  glimpse a detail  that might otherwise  pass  unnoticed  in  the  rush,  but  placing  it  back  into  the  living  flow  of  action  is necessary to hear and understand its role as part of a continuous chain of events” (2004:52). It is the transformation of a static principle into a dynamic one which constitutes music and which distinguishes  it  from  the plastic arts.  Jean‐Jacques Nattiez believes  that music as  “an experiencing of time, in an immediate fashion” is the characteristic which directly involves the listener and what makes a composition immediately recognisable (1990:118). The question is: Can sophisticated systematised theoretical knowledge play a role in musical aesthetics when the experience of music as an art is the focus of attention? 

The  second  part  of  the  article  shows  how  direct  experience  of  thematic  physiognomy  can facilitate an understanding of the meaning of the individual work as a whole. A hermeneutic approach takes the changing thematic physiognomy in the course of three different works as point of departure: Charles  Ives's Concord Sonata  for piano  (first published  in 1920), Henri Dutilleux's sonata for oboe and piano (1947), and Benjamin Britten's opera Billy Budd (1951). In  these works  the  signifying potential of  thematic physiognomies  creates  links with extra‐musical meaning, more specifically aspects of the human condition, that is, the potential of the human spirit (Ives’s Concord Sonata), human memory and the changing growth of personality (Dutilleux’s sonata for oboe and piano) and the outsider in society (Britten’s Billy Budd). 

In  order  to  facilitate  an  understanding  of  the  Concord  Sonata,  the  philosophies  of  the Transcendentalist authors are taken  into account. In his Essays before a Sonata Ives set out the Transcendentalist  ideas which had  influenced his conception of this sonata. Contrary  to tradition, Ives does not  introduce themes at the beginning of a movement –  in the course of the work melodic  fragments gradually  converge and  fuse  to  form a  theme at  the  end of a movement or at  the end of  the work. Over  the course of  four movements  the melody which eventually crystallises out at the end of the sonata is what Ives refers to as the “human‐faith‐melody”. This demonstrates his admiration for Ralph Waldo Emerson's courage, the courage of  a  kind  heart,  of  believing  in  freedom,  of  the  willingness  to  be  reformed,  and  also  the “courage that would make the impossible possible” (Ives 1969:31). 

In Dutilleux’s sonata for oboe and piano a theme also grows in an unpredictable way from a cell: “I use small cells which are gradually developed. Perhaps I was influenced by literature – by Proust – concerning the concept of memory.” Although Dutilleux “has never set the words of Proust  to music,  […]  there are aesthetic  links between  the writer and composer”  (Potter 1997:60,  59).  In  Proust’s  seven‐volume  À  la  recherche  du  temps  perdu memories  provide conceptual structures which help the Narrator to engage with the real world around him. In Dutilleux’s music “themes almost always recur in varied form, paralleling Proust’s belief in the instability of personality” (Potter 1997:vii). The main themes of the three movements show a gradual  crystallisation  of  the  basic  melodic  cell  which  is  repeatedly  emphasised  as  the prominent angular, pentatonic three‐note formation at the end of the work. 

189

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Memories of the past are also the point of departure in Benjamin Britten's Billy Budd when, in the prologue of  the opera, Captain Vere cannot  forgive himself  for allowing a man who he feels  is  blameless  to  hang.  This  innocent  young  foretopman  is  the  outsider  in  Herman Melville's short novel, which, with the exception of the prologue and epilogue, takes place on a British warship during  the Napoleonic wars. The way  in which  the physiognomy of  themes that  represent  the main  characters  changes  in  the  course  of  the  opera  reveals  a musical narrative which musically  represents  the  dramatic  plot  of  the  opera.  For  example,  in  the prologue  an  ambiguous  major‐minor  third  interval  signifies  the  troubled  psychological condition  of  Captain  Vere.  But  this  blurred  effect  is  eliminated  when  the  major  third symbolises his more focused mind in anticipation of the attack on a French ship. The original ambiguous motive returns in the epilogue when it accompanies Vere's words: “We committed his body to the deep. The seafowl enshadowed him with their wings, their harsh cries were his requiem.”  However,  the  blurred  effect  is  finally  eroded  when  the  descending minor  third crystallises out as a musical counterpart of “in peace” in Vere's final lament. 

By following the changing shapes and contours of melodic constructs in the work as a whole, the hermeneutic approach demonstrated here contributes towards and enriches the aesthetic project  in which  “traditional philosophies of art have neglected  the  specificity of art works, preferring to deal with art at the level of generality and universality” (Paddison 1993:2). This strategy, which  also  involves  extra‐musical  ideas,  is  an  answer,  albeit  on  a  small  scale,  to another  criticism  against  traditional  aesthetics,  namely  that  it  has  tended  to  ignore  the socially  conditioned  character  of  art.  It  also  shows  that  melodic  structures  can  play  a meaningful role  in  the rehabilitation of an aesthetics of music which  is not associated with exclusive  theoretical  knowledge  and  class  privilege.  By  allowing  the music  to  speak  to  us through  its  thematic  physiognomy  –  and  not  applying  preconceived  templates, whether  of ideological origin or as sophisticated analytical strategies – understanding and interpretation become creative acts.  

Opsomming

Hoe kan drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies verstaan en waardeer word wanneer tradisionele strukturele samehang, funksionele tonale harmonie en tradisionele operahelde respektiewelik ontbreek? Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat die direkte belewing van tematiese fisionomie ’n konseptuele raamwerk kan verskaf wat ’n mens help om hierdie musiek, wat dikwels as kompleks en ontoeganklik beskou word, beter te verstaan. Om hierdie doel te bereik, word die gestalte en kontoere van melodiese strukture in hulle oorspronklike ritmiese gestaltes ondersoek. Die eerste gedeelte van die artikel is ’n historiese perspektief op die melodieleer wat die tradisionele verwaarlosing van melodie in die studie van musiekteorie, asook musikale poëtiek, retoriek en estetiese aangeleenthede, betrek. In die tweede gedeelte word aangetoon hoe die direkte belewing van tematiese fisionomie die verstaan van die individuele werk in die geheel kan bevorder. ’n Hermeneutiese benadering neem die veranderende tematiese fisionomie in die loop van drie werke as uitgangspunt. Die komposisies wat in die demonstrasie gebruik word, is Charles Ives se Concord Sonata vir klavier (die eerste maal gepubliseer in 1920), Henri Dutilleux se sonate vir hobo en klavier (1947), en Benjamin Britten se opera Billy Budd (1951). In hierdie artikel word aangetoon dat melodiese strukture ’n betekenisvolle rol kan speel in die rehabilitasie van ’n musiekestetika wat nie met eksklusiewe teoretiese kennis en klasvooroordele geassosieer word nie. Deur by buitemusikale aangeleenthede en idees aan te sluit, is hierdie benadering ’n antwoord, al is dit op klein skaal, op die kritiek teen die tradisionele estetika, naamlik dat dit geneig is om die sosiaal-gesitueerde aard van kuns te ignoreer.

190

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Trefwoorde: melodie, historiese perspektief, tematiese fisionomie, 20ste-eeuse komposisies, musiekestetika

1. Inleiding

Musiekteorie as ’n dissipline beslaan ’n breë spektrum van dink en doen. Dit is ’n veld wat strek van byvoorbeeld antieke Griekse teorie tot praktiese handleidings vir die aspirantkomponis, of van gesofistikeerde ontledingstrategieë tot die studie van basiese tegniese vaardighede (in omgangstaal bekend as musiekteorie).1 In die geskiedenis van die dissipline het hierdie uiteenlopende aard neerslag gevind in ’n wye verskeidenheid teoretiese tradisies.2 Ten spyte van die wyd uiteenlopende aard van hierdie aktiwiteite is musiekteoretici gekritiseer weens "a perceived modernist mentality innocent of questions concerning cultural or social context” (Christensen 2002:12). In sy hoogs invloedryke kommentaar op die musiekwetenskap het Kerman (1985:72–3) in die 1980’s byvoorbeeld gekonsentreer op musiekontleders se oormatige besorgdheid oor ’n kontekslose musiekteks (“close reading”). Hy vergelyk die werkswyse van musiekwetenskaplikes en musiekontleders soos volg:

Where the analysts’ attention is concentrated on the inner workings of a masterpiece, the musicologists’ is diffused across a network of facts and conditions impinging on it. To be sure, there has already been occasion to see how far musicologists have, in general, fallen short of this ideal. That is the trouble. Especially in the postwar years, their concentration on limited positivistic tasks had the decided effect of sidestepping “the music itself”; too often their encounters with actual pieces of music seemed hasty and disappointingly superficial. […] For if the musicologists’ characteristic failure is superficiality, that of the analysts is myopia.3

Benewens aanklagte van solipsisme word musiekteorie as dissipline ook daarvan beskuldig dat dit nie genoegsaam aandag gee aan ouditiewe persepsie en die belewing van musiek nie. Aangesien musiek deur middel van klank kommunikeer, kan die luisteraar nie geïgnoreer word nie. Luisteraars is nie net mense wat konserte bywoon of na CD’s luister nie. Komponiste, teoretici, musiekwetenskaplikes, sangers en instrumentaliste luister ook na die manier waarop musiek op ’n kunstige wyse gefatsoeneer word om oor tyd te ontvou. “If we are to understand music, we must investigate how music and listeners interact,” skryf Guck in haar pleidooi vir ’n meer mensgerigte benadering tot die verstaan van musiek (2006:194).4 Om beter na musiek te luister, help om dit beter te verstaan. Ricoeur (1988:157) skryf soos volg oor die rol van die “verbruiker”, in sy geval die leser van ’n woordteks: “[I]t is only through the mediation of reading that the literary work attains complete significance.” Dewey (1934:106) het reeds in die dertigerjare van die vorige eeu geskryf dat die kunswerk eers voltooi is wanneer dit beleef word deur iemand anders as die persoon wat dit geskep het, en dat elke waarnemer ’n kunswerk op sy of haar eie, besondere manier beleef.

In vorige artikels het ek aangetoon hoe die veranderende fisionomie van temas en motiewe in die temporele ontplooiing van die musiek die betekenis van ’n werk in die geheel kan aandui. In Alban Berg se opera Wozzeck(1925) kan sirkelfigure die onontkombare benarde posisie van die onderdrukte voorstel, en die sistematiese erodering van die musikale sirkel kan weer die disintegrasie van die hoofkarakter se psige simboliseer (Spies 2002). In Benjamin Britten se opera Death in Venice(1973) kan

191

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die motief wat uit ’n meerduidige majeur en mineur derde interval bestaan, die rasioneel-emosionele dualisme van Aschenbach se psige voorstel. Die manier waarop hierdie twee intervalle in die loop van die opera aangewend word, kan ook die verwikkelingsintrige musikaal simboliseer (Spies 2001).

Melodie spreek direk tot die luisteraar, want normaalweg verteenwoordig dit die musikale oppervlak, of die gesig, van die musiek. Soos wat ’n mens se gesig verskillende boodskappe kan uitstuur na gelang jou innerlike gemoedstoestand verander, so kan die verskillende maniere waarop musikale lyne geplooi en gerangskik word, ook verskillende affekte uitbeeld. Hoewel ’n melodiese gestalte as statiese konstruk ’n sekere affek kan voorstel, word die potensiaal om betekenis te genereer egter dramaties verhoog wanneer so ’n melodiese gestalte in die loop van ’n werk verander. Daarom word die term fisionomie bo gestalte verkies. Volgens Dufrenne (1973:266, 269) is melodie “the way in which sounds are moulded into a musical entity, just as the parts of a face form a physiognomy, and psychological traits a personality. [...] [I]t is the presence of themes which etches the physiognomy of the musical work.” Die direkte belewing van melodiese gestaltes help dus ook om die onderliggende boodskappe wat veranderende fisionomie ten opsigte van die werk in die geheel uitstuur, beter te verstaan. Dit is moontlik om melodiese gestalte en kontoere direk te beleef indien tematiese fisionomie in sy oorspronklike ritmiese gedaante betrek word, dit wil sê, sonder dat melodiese strukture tot toonhoogtes alleen gereduseer word, ’n strategie wat tipies van die tradisionele musiekteorie is.

Nicholas Cook glo dat “there are important varieties of musical meaning (and, from the music theorist’s perspective, possibly the most interesting) that fall into the gap between an approach that sees meaning as inherent in the music, […] and one that claims it to be a purely social construction” (2001:176). Watter benadering ook al gevolg word, interpretasie van ’n musiekteks is net moontlik as daar wél ’n teks is. Verder het Lawrence Kramer in 1993 reeds gewaarsku: “[I]f a postmodernist musicology can develop only as a musicology without music, then our situation is pretty grim” (1993:27). Kramer verwys meer spesifiek na die rol van die luisteraar: “What would happen if we gave up listening with the kind of deep engagement, the heightened perception and sense of identification, that both grounds and impels criticism?” (1993:27).

My benadering is ’n interpretasie van die musiek, en nie ’n poging om interpretasie op die musiek af te dwing nie, om Cook se beskrywing te gebruik (2001:172).

Die artikel bestaan uit twee dele, wat onderskeidelik die dink en die doen op die gebied van die musiekteorie verteenwoordig. Die eerste gedeelte is ’n historiese perspektief op die melodieleer wat die tradisionele verwaarlosing van melodie in die studie van musiekteorie, asook musikale poëtiek, retoriek en estetiese aangeleenthede, betrek. In die tweede gedeelte word drie verskillende werke uit drie verskillende lande gebruik om aan te toon hoe die direkte belewing van tematiese fisionomie die verstaan van die individuele werk in die geheel kan bevorder. Deur na te spoor hoe die tematiese fisionomie in die loop van die werke verander, help dit om hierdie 20ste-eeuse komposisies, wat dikwels as kompleks en ontoeganklik beskou word, beter te verstaan.

Hier word egter geen veralgemenende uitsprake oor 20ste-eeuse musiek gemaak nie, aangesien slegs drie komposisies in die demonstrasie betrek word. Volgens Max Paddison, skrywer van Adorno's aesthetics of music, het die tradisionele filosofie van die kunste in die vestiging van ’n benadering wat deur algemene en universele uitsprake gekenmerk word, die spesifieke aard van kunswerke verwaarloos (1993:2).

192

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

2. ’n Historiese perspektief op die melodieleer

In die ontleding van musiek word melodie dikwels afgeskeep, terwyl tonaliteit, toonhoogte en toonhoogtestrukture (wat as toonlere, intervalle en akkoorde bestudeer word) gewoonlik die meeste aandag kry. Kan die verwaarlosing van melodie teruggevoer word na ’n tradisionele wantroue in die studie van melodie, soos wat die vooraanstaande 20ste-eeuse komponis Igor Strawinsky (1947:40) lank gelede uitgewys het?

Under the influence of the learned intellectualism that held sway among music-lovers of the serious sort, it was for a time fashionable to disdain melody. I am beginning to think, in full agreement with the general public, that melody must keep its place at the summit of the hierarchy of elements that make up music. Melody is the most essential of these elements, not because it is immediately perceptible, but because it is the dominant voice of the symphony – not only in the specific sense, but also figuratively speaking.

’n Ander beroemde 20ste-eeuse komponis, Paul Hindemith, was verstom oor die verwaarlosing van melodie in die opleiding van komponiste (1940:209),5 en Dahlhaus beskou melodie as die armste dissipline van die tradisionele musiekteorie (1989:66).

Van die vroegste pogings om ’n melodieleer te ontwikkel, sluit in Seth Calvisius se Melopoeia, or method of composing melody, which is commonly called musica poetica van 1592 (Palisca 1993:viii).6 Die term melopoeia verwys hier egter na die studie van komposisie, wat in daardie tyd hoofsaaklik kontrapuntaal van aard was (Dahlhaus 1989:62), dit wil sê, die studie van musikale lyne wat gekombineer word, eerder as statiese vertikale strukture (akkoorde). Duitse skrywers het na die uitvoerende kunste en komposisie verwys as musica poetica, wat in die 16de eeu deel uitgemaak het van musica practica (Palisca 1993:vii,viii).7

In die 18de eeu skryf Mattheson in sy Der vollkommene Capellmeister (1739) dat “[t]his art of making a good melody comprises that which is most essential in music. Hence, it is quite amazing that such an important feature, on which most depends, has been neglected by virtually every teacher until now” (Harris 1981:298). Hy glo dat dit feitlik onmoontlik is om, wat die skepping van ’n “goeie” melodie betref, vaste reëls neer te lê en dat goeie smaak uiteindelik die deurslaggewende faktor is.

Weens die oorheersing van vokale musiek en die minderwaardige posisie van instrumentale musiek was daar volgens Dahlhaus (1984:123) geen melodieleer in die laat 18de en die 19de eeu nie – die skryf van melodie was beperk tot die onderskeiding tussen singbare en onsingbare intervalle en ’n paar geïsoleerde instruksies oor hoe om die betekenis van die woorde musikaal te verklank.8

Volgens Dahlhaus (1989:62) is die studie van melodie, wat ook steun op die wisselwerking tussen harmonie, metrum en ritme, in die 18de eeu negatief beïnvloed deur die skeiding van hierdie dissiplines.9 Vir hom skyn dit asof die studie van melodie in die 19de eeu vasgevang was tussen die voortsetting van die kontrapuntale, vokale tradisie met sy lys verbode intervalle enersyds, en andersyds die ondergeskiktheid van melodie aan harmonie en ritme omdat dit as onleerbaar beskou is, ’n situasie wat wel ruimte skep vir ’n estetiese benadering, maar nie voordelig was vir die ontwikkeling van vaardighede nie. Die moontlikheid vir die totstandkoming van ’n sistematiese studie van melodie is uiteindelik gekelder toe daar in die 19de eeu die beskouing

193

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

ontstaan het dat melodie die resultaat van inspirasie was, eerder as iets wat geskep word (Dahlhaus 1989:63).10

Hoewel antieke Griekse en Romeinse redeneerkuns reeds melding maak van retorika, is musikaal-retoriese figure eers in die kontrapuntale lyne van die 17de eeu ingevoer. Burmeister was die eerste wat die verband tussen retoriek en musiek op ’n sistematiese wyse ondersoek het (sien Dahlhaus 1984:122; Palisca 1993:viii). In sy Musical poetics van 1606 omskryf hy melodie as “an affection consisting of an intervallic sequence of pitches, devised or made to produce musical movement that will evoke affections in a person who is not altogether unmusical” (Rivera 1993:57). Burmeister se terminologie vir musikale strukture toon ook die invloed van die retoriese tradisie – hy noem ’n periode ’n "affection”, en die exordium van ’n musiekstuk verwys na “the first period or affection of the piece” (Rivera 1993:203). Wat melodiese figure betref, identifiseer hy ses spesies wat almal met die retoriese tradisie verbind kan word, naamlik parembole (invoeging of interpolasie), palillogia (herhaling), climax (herhaling van toonhoogtes op verskillende toonhoogtevlakke), parrhesia (’n enkele dissonant tussen konsonante), hyperbole (’n melodie wat hoër as die boonste grens van die modus beweeg) en hypobole (’n melodie wat laer as die onderste grens van die modus beweeg) (Rivera 1993:177–83).

Die hoofstuk met die titel “The genera of songs or melody making” beslaan slegs ’n halwe bladsy in Burmeister se boek. Hy identifiseer drie melodiese genera, naamlik diatoniese, chromatiese en enharmoniese genera, na aanleiding van die rangskikking van hele tone en halwe tone in die tetrachord (’n toonleersegment bestaande uit vier note).

Mattheson beskou redevoering as die bron van uitvinding en ’n lied as ’n musikale rede (in Harris 1981:171, 298). Ten spyte van die afname in belangstelling in die retoriek in die 18de eeu spreek Morgan (2005:290–1) vandag die volgende mening uit: “[Its] importance as the first systematic framework for work-specific musical analysis was considerable; and it has recently enjoyed something of a revival.” Clifton (1983:209) beweer dat musikale retoriek deur die mens in sy totale wese beleef word, en nie net deur die gehoor of die intellek nie. Aangesien melodie direk tot die luisteraar spreek sonder dat dit eers onderwerp hoef te word aan sistematisering en reduksie tot tegniese konstrukte en abstrakte teoretiese idees, is dit ’n ooglopende draer van retoriese idees – die onmiddellikheid van melodiese kontoere en ritmiese effekte wat inherent is aan tematiese fisionomie kan dus kommunikasie tussen skepper en luisteraar bevorder.11

In teenstelling met Jean-Jacques Rousseau se idee dat die oorsprong van melodie in die affekte gesoek moet word, het Jean-Philippe Rameau geglo dat melodie sy oorsprong in die harmonie het (Christensen 1993:1; Gossett 1971:152). Sy idee was dat alle musiek basies harmonies is, en hy beskou akkoorde dus as die primêre musikale konstrukte (Christensen 1993:28). Verder het die 18de-eeuse rasionalisme en die idealisering van die natuurwetenskappe daartoe aanleiding gegee dat Rameau sy teorieë op wiskundige beginsels gebaseer het. In die voorwoord tot sy Traité de l’harmonie réduite à ses principes naturels (1722) skryf hy:

Music is a science which should have definite rules; these rules should be drawn from an evident principle; and this principle cannot really be known to us without the aid of mathematics. Notwithstanding all the experience I may have acquired in music from being associated with it for so long, I must confess that only with the aid of mathematics did my ideas become clear and did light replace a certain obscurity of which I was unaware before. (Aangehaal in Gossett 1971:xxxv)

194

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die oormatige klem op statiese vertikale strukture ten koste van melodiese en motiefstrukture maak nie voorsiening vir luisteraars se estetiese belewing nie, want akkoorde word normaalweg bestudeer as gesistematiseerde kennis van statiese konstrukte wat in tyd gevries is. Volgens die hoogaangeskrewe musiekhistorikus Paul Henry Lang was die oorbeklemtoning van rasionele denke en die onderwerping aan natuurwetenskaplike ideale van die 18de eeu nie bevorderlik vir musiek as ’n kunsvorm nie:

[T]he arts, especially music, were struggling for equality with the sciences, for to be classified with the sciences meant to be accorded a higher intellectual rank. Hence we have the many rationalistic codifications of simple musical practice, codifications and summaries which freeze the elastic spirit of living art into inexorable rules and definitions. (Lang 1941:442)12

’n Estetiese belewing van musiek voorveronderstel egter nie noodwendig rasionalistiese kodifiserings, sistematiserings en gesofistikeerde tegniese kennis nie, want in ’n postmoderne samelewing hoef betekenisgewing nie noodwendig wetenskaplik geverifieer te word nie. Goehr en Bowie (2001:612) verwys na die vryheid van die subjek en beweer selfs dat musiek immuun is teen wetenskaplike verklaring. Clifton (1983:37) beweer egter vanuit ’n fenomenologiese oogpunt dat persoonlike belewing nie as ’n onwetenskaplike strategie beskou hoef te word nie en formuleer sy siening van die musiekteorie soos volg: “[M]usic theory is not an inventory of prescriptions or a corpus of systems, but rather, an act: the act of questioning our assumptions about the nature of music and the nature of man [sic] perceiving music.”

Soos wat 20ste-eeuse musiek toenemend komplekser en ontoeganklik vir oningeligte luisteraars geword het, is musiekestetika met klasbevoorregting vereenselwig. In ’n poging om die probleem van ’n verpolitiseerde estetika te probeer oplos het Armstrong (2000) estetika probeer losmaak van bevoorregting deur dit te beskou as ’n belewing wat elke persoon behoort te hê. Sy doen dit meer eksplisiet in deel II van The radical aesthetic, wat handel oor “The poetics of emotion”. Haar probleem is dat “the constitutive nature of affect has been ignored or bracketed in contemporary theory because of its seeming resistance to analysis” (2000:16, 13).

Soos linguistiese patrone en frases kan melodiese konstrukte soos motiewe en temas, eerder as vertikale strukture (akkoorde), ’n soort musiektaal skep wat help om ’n musiekteks wat ook oor tyd afspeel, te verstaan.13 Rogers (2004:52) sê ’n akkoord “has little meaning by itself. Halting the movement may be necessary to glimpse a detail that might otherwise pass unnoticed in the rush, but placing it back into the living flow of action is necessary to hear and understand its role as part of a continuous chain of events”. Dit is die vloei van die musiek en die transformasie van statiese konstrukte (soos vertikale akkoorde) na dinamiese konstrukte wat die wese van musiek verteenwoordig en wat musiek van die beeldende kunste onderskei. Wat semiotiek betref, sê Tarasti (1994:18): “Almost all theories of musical semiotics have aimed at transferring the moving character of music to a static one, continuity to discontinuity, temps de durée to temps d'espace.” Hy glo egter dat musiek ’n kinetiese gebeure is wat in die tyd ontplooi en pleit dus vir die studie van verbindings tussen die kleinste betekenisvolle eenhede. Nattiez (1990:118) glo ook dat die temporele belewing van musiek as ’n belewing van tyd daardie eienskap is wat die luisteraar direk betrek en wat ’n komposisie onmiddellik herkenbaar maak.

195

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Kramer (2007:44–5) beklemtoon die belangrikheid van melodie onder die opskrif “The fate of melody and the dream of return”.14 Hy beskryf die verband tussen melodie en harmonie soos volg:

[I]t is important to distinguish between the closed circle of harmony and the open road of melody, between harmonic design and melodic process. The distinction is almost one of ritual versus adventure. Harmony is only an abstraction until it is brought to life in the interplay of melody, texture, and rhythm. Harmonic structure is the stage for the drama of melodic events, it defines the space, sets the scene, creates the atmosphere, but it is subsumed by the action that it houses. This is not to deny its power but to define it. Harmony (tonal and otherwise) gives a concrete audible form to the meaningfulness of melody and its destinies. But it is the melody and the destinies that the meaning befalls, and belongs to. […] Exceptional cases aside, what one hears in a classical piece is not the harmony per se but a melodic and/or rhythmic and/or textural action with a harmonic dimension. (My kursivering)

Sistematisering en kategorisering is wesenlik belangrike strategieë om musiekteorie as ’n dissipline te organiseer, maar wanneer die resultate van hierdie werkswyse toegepas word op die belewing van musiek, word die saak ingewikkeld. In ’n postmoderne samelewing wat toeganklikheid voorop stel, het hierdie probleem meer relevant en meer kompleks geword. Die vraag is nou: Kan gesofistikeerde gesistematiseerde kennis ’n rol speel in musiekestetika wat die artistieke belewing van musiek voorop stel?

Een manier waarop hierdie probleem benader kan word, is om temas, melodiese motiewe en ander melodiese konstrukte as uitgangspunt te neem. So ’n benadering skep toegang vir meer luisteraars, omdat gesofistikeerde tegniese en gesistematiseerde kennis nie ’n voorvereiste vir estetiese genieting is nie.

3. Ontleding van drie komposisies

Deur die veranderende tematiese fisionomie in die loop van ’n komposisie te volg, help dit om drie 20ste-eeuse komposisies beter te verstaan. Indien die verstaan van ’n kunswerk as ’n bewustelike handeling beskou word, kan tematiese fisionomie dus die basis vorm vir ’n melodiese poëtika, of melopoëtika. Die soeke na betekenis agter die note of die musiekteks word hier vergemaklik indien verbande met die letterkunde getrek word. Die resultate het nie betrekking op 20ste-eeuse musiek in die algemeen nie, maar net op die werke wat hier ontleed word, naamlik Charles Ives se Concord Sonata vir klavier (1920), Henri Dutilleux se sonate vir hobo en klavier (1947) en Benjamin Britten se opera Billy Budd (1951). Hierdie drie komposisies verteenwoordig drie verskillende genres, naamlik klaviersonate, kamermusiek en opera. Die feit dat die drie werke by idees uit die letterkunde of by die letterkunde self (Billy Budd) aansluit, vergemaklik die bevordering van Kramer se idee dat “all music is in some sense texted music, music allied to the cultural activity of text-production. Where no text is given, our job is to find one” (1989:167). Om te help om hierdie musiek beter te verstaan, word verder aangesluit by buitemusikale aangeleenthede en idees – in die geval van Ives se Concord Sonata, die filosofiese idees van die Transendentale skrywers; in Dutilleux se hobosonate, die menslike geheue en die progressiewe groei van die menslike persoonlikheid; en in Britten se Billy Budd, die benarde posisie van die buitestander.

In die soeke na betekenis glo Clifton (1983:6) dat, om mee te begin, die komposisie toegelaat moet word om met ons te “praat”, “to let it reveal its own order and

196

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

significance”. Daar is verskeie maniere waarop ’n komposisie tot luisteraars spreek en verskeie maniere waarop luisteraars met uiteenlopende agtergronde die musiek beleef. Die musiekteks kan dus vanuit verskillende invalshoeke benader word. In hierdie hermeneutiese benadering word, weens beperkte ruimte, net op melodie en melodiese konstrukte gekonsentreer, omdat dit, soos hier bo aangetoon is, ’n verwaarlooste studieveld is. Dit spreek vanself dat nie alle 20ste-eeuse komposisies vir so ’n benadering geskik is nie. ’n Ander strategie sal byvoorbeeld gevolg word by die bestudering van werke waarin metrum, timbre en tekstuur struktuur- en betekenisbepalend funksioneer.

3.1   Charles Ives: Klaviersonate no. 2, “Concord, Mass., 1840–1860” 

Die tweede klaviersonate van Ives (in 1920–1921 privaat uitgegee) is vernoem na ’n klein dorpie in Massachusetts. Belangrike Amerikaanse skrywers soos Ralph Waldo Emerson, Henry David Thoreau, Amos en Louisa May Alcott, Nathaniel Hawthorne, Herman Melville en Walt Whitman word met Concord geassosieer. Die datums in die titel van die werk is ’n aanduiding van die periode waartydens Transendentalisme in die Verenigde State van Amerika gefloreer het. Om die Concord Sonata beter te verstaan, moet die filosofie van die Transendentale skrywers Emerson, Hawthorne, die Alcotts en Thoreau in ag geneem word, want die vier bewegings van die sonate is onderskeidelik op hulle skryfwerk gebaseer.

In sy Essays before a sonata (in die res van die artikel Essays genoem) het Ives die Transendentalistiese idees wat die skepping van die sonate beïnvloed het, uiteengesit. Hy bewonder Emerson se moed, die moed van ’n goedhartige persoon, die moed om in vryheid te glo, die bereidheid om self hervorm te word, en ook die moed wat die onmoontlike moontlik maak. Emerson glo in die “universal mind, an institution congenital with the common or over-soul” (Ives 1969:31, 34).

Weens die oënskynlike onsamehangendheid en afwesigheid van herkenbare argitektoniese musiekstrukture word die Concord Sonata dikwels beskou as moeilik om te volg. Die fragmentering van musikale idees en ’n teenoormekaarstelling van uiteenlopende style bemoeilik sake verder. Wanneer die veranderende fisionomie van die verskillende temas en motiewe in die loop van die sonate egter verreken word, hoef die luisteraar nie op argitektoniese strukture te steun nie. Die klem val hier dus eerder op die verstaan van die proses as op die produk.

In teenstelling met wat tradisioneel die geval is, stel Ives nie die temas aan die begin van ’n beweging bekend nie. Hierdie strategie van hom kan teruggevoer word na sy opmerking oor die manier waarop Emerson ’n lesing of ’n preek benader. Emerson het op lukrake wyse begin praat, soos wat die idees in sy gedagtes opgekom het. Gevolglik het die kern van die argument eers teen die einde van die lesing of die preek duidelik geword. Op dieselfde wyse word fragmente van musikale idees op willekeurige wyse aan die begin van die sonate bekend gestel. In die loop van die werk kom hierdie melodiese fragmente geleidelik by mekaar uit om ’n tema aan die einde van ’n beweging of die einde van die werk te vorm.15 Die melodie wat in die loop van die vier bewegings uiteindelik in die sonate uitkristalliseer, is wat Ives die “human-faith-melody” noem (kyk voorbeeld 1). Ives (1969:47–8) beskryf die alomteenwoordigheid van hierdie melodie soos volg in sy Essays:

All around you, under the Concord sky, there still floats the influence of the human-faith-melody – transcendent and sentimental enough for the enthusiast or the cynic, respectively – reflecting an innate hope, a common interest in

197

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

common things and common men16 – a tune the Concord bards are ever playing while they pound away at the immensities with a Beethoven-like sublimity, and with, may we say, a vehemence and perseverance, for that part of greatness is not so difficult to emulate.

Voorbeeld 1: Ives, Concord Sonata, iv (Thoreau): “Human-faith-melody” (p. 67, sisteem 2 – p. 68, sisteem 1)17

Nadat fragmente van die “human-faith-melody” in die koda van die eerste beweging voorgekom het, verskyn dit vier keer in die derde beweging (The Alcotts) waar dit gevarieer word. In die laaste beweging (Thoreau) vorm die melodie, wat deur ’n fluit met klavierbegeleiding gespeel word, ’n fokuspunt in die sonate in die geheel. (Gaan na http://www.youtube.com/watch?v=6r7rxbqDw-s (by 9’33”) om daarna te luister.)

Slegs twee motiewe in hierdie tema word bespreek, naamlik die Concord-motief en die openingsmotief van Beethoven se vyfde simfonie in c mineur, wat onderskeidelik “C” en “B1” in voorbeeld 1 gemerk is. (“B2” verteenwoordig die tweede motief in die simfonie se hooftema.) Die onderbroke Concord-motief aan die begin van die “human-faith-melody” verskyn ook aan die begin van die sonate. (Gaan na http://www.youtube.com/watch?v=-AyG0GU199U om daarna te luister.)

Voorbeeld 2: Ives, Concord Sonata, i, (Emerson), opening

Aan die begin van die sonate is die Concord-motief versteek, want dit begin in die loop van ’n stygende heeltoon-toonleer, en die vierde noot van die motief, wat vyf trappe na onder spring, maak hier deel van die begeleiding uit. In die proses van bekendstelling krimp die dalende sprong van ’n vyfde geleidelik (met vierkantige hakies in voorbeeld 2 gemerk) om by ’n interval uit te kom wat enharmonies gelyk is aan die majeur derde,

198

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

naamlik die prominente dalende sprong van B1. Die twee Beethoven-motiewe verskyn in omgekeerde orde, die eerste twee intredes van B2 is versteek, en ’n duidelike Beethoven-motief kristalliseer eers uit wanneer B2 vir die derde keer klink.

Die feit dat die Concord- en die twee Beethoven-motiewe kontrasteer wat tempo, dinamiek en artikulasie betref, verteenwoordig die epies-liriese dualisme wat tradisioneel met die sonatevorm geassosieer word. Die verskil is egter dat die twee verskillende temas nie in argitektonies-geïsoleerde areas (soos in sonatevorm) voorkom nie maar dat hulle ’n gemeenskaplike ruimte deel.

Ives verwys na die “orakel” aan die begin van Beethoven se simfonie, maar vir hom beteken die openingsfiguur baie meer as die tradisionele simbolisering van die noodlot wat aan die deur klop. Vir hom simboliseer die klopfiguur “the spiritual message of Emerson's revelations, even to the ‘common heart’ of Concord – the soul of humanity knocking at the door of the divine mysteries, radiant in the faith that it will be opened – and the human become the divine” (Ives 1969:36). In die loop van die sonate word die Beethoven-idee gevarieer deur middel van verkleining, vergroting, omkering, omgekeerde beweging en verskillende style van artikulasie. In die derde beweging word die motief onvoltooid gelaat, sodat die luisteraar self die patroon moet voltooi, so asof dit die wêreld van die oppersiel (“over-soul”) simboliseer. (Kyk die einde van voorbeeld 3 en voorbeeld 1. Gaan na http://www.youtube.com/watch?v =gXHjeSamzno&feature= related (by 32”) om daarna te luister.)

Voorbeeld 3: Ives, Concord Sonata, iii (The Alcotts), p. 53, sisteme 2 en 3

In die laaste beweging (Thoreau) word die sprong van ’n dalende majeur en mineur derde wat op die herhaalde note in die Beethoven-motiewe volg, getransformeer om melodiese lyne of kettings van parallelle derdes te vorm, of die derde word chromaties opgevul om ’n ryk, sensuele klankeffek te vorm. Hierdie vol, ryk klank saam met die gekristalliseerde “human-faith-melody” herinner in die laaste beweging aan een van Ives se beskrywings van hierdie melodie as synde sowel sentimenteel as transenderend (sien aanhaling uit sy Essays hier bo).

Ten spyte van uiteenlopende musikale kodes, waarvan die meeste nie eers hier genoem is nie, kan ’n mens die musiek beter verstaan as die veranderende tematiese fisionomie in die sonate in die geheel gevolg word. Wanneer die “human-faith-melody” deur die fluit met klavierbegeleiding gespeel word, transendeer dit nie net die fisiese medium

199

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

van die genre nie, maar verteenwoordig dit ook op ’n metafisiese vlak Ives se vertroue in mense se vermoë om bo hulself uit te styg.

3.2   Henri Dutilleux: Sonate pour hautbois et piano (1947) 

Toe Ives besig was om sy Concord Sonata te voltooi, was Marcel Proust besig met sy monumentale À la recherche du temps perdu (Recherche in die res van die artikel). Hy het hierdie roman in sewe volumes tussen 1912 en sy dood in 1922 geskryf. Henri Dutilleux het dikwels na Proust se invloed op sy musiek verwys (Dutilleux 2005; Potter 1997:59). Volgens Potter (1997:59) het Dutilleux egter nooit ’n teks van Proust getoonset of ’n komposisie op ’n spesifieke werk van Proust gebaseer nie. Dit was eerder gemeenskaplike estetiese aangeleenthede en ander betekenisvolle gemeenskaplikhede wat die verbande tussen die werke van Dutilleux en Proust moontlik maak.

Die verteller in Recherche, op soek na sy verlore verlede, glo in die superioriteit van die onwillekeurige geheue (Potter 1997:79). Herinnerings verskaf konseptuele raamwerke wat die verteller help om ’n greep op die wêreld rondom hom te verkry. Dutilleux noem spesifiek Proust se invloed wat tyd en geheue betref op die manier waarop Dutilleux tematiese transformasie hanteer, ’n prosedure wat hy as croissance progressive (progressiewe tematiese groei) beskryf: “[T]hemes almost always recur in varied form, paralleling Proust’s belief in the instability of personality” (Potter 1997:9, vii). Progressiewe tematiese groei kan dus beskryf word as die musikale manifestering van Proust se idee van die veranderende persoonlikheid. Net soos wat ’n persoon nie volledig gevorm is nie (dus nie ’n finale produk is nie), maar met verloop van tyd mag verander, is ’n idee ook nooit volledig gevorm nie, maar ontwikkel dit stadig in die bewussyn om ’n geleidelike, spirituele evolusie tot gevolg te hê. Die gevolg is dat ’n musikale tema nie in sy finale gedaante voorgestel word nie, maar op onvoorspelbare wyse vanuit ’n sel ontwikkel. Dutilleux (in Potter 1997:60) beskryf sy werkswyse soos volg:

I use small cells which are gradually developed. Perhaps I was influenced by literature – by Proust – concerning the concept of memory. […] When I started to use this “procedure”, if you want to call it that, I was not entirely conscious of it. I became aware of it later, and I have gradually exploited it.

Hoewel Dutilleux vir die eerste maal die konsep van croissance progressive doelbewus in sy eerste simfonie (1951) toegepas het, het ’n ontleding van die Sonate pour hautbois et piano aangetoon dat spore van progressiewe tematiese groei reeds in hierdie werk van 1947 voorgekom het (Potter 1997:60).18 Hierdie sonate, wat uit drie bewegings bestaan (Aria, Scherzo, Final), is ’n betreklik kort werk van ongeveer 12 minute.

Die basiese sel wat die eindpunt van progressiewe groei in hierdie sonate vorm, word aan die einde van die werk herhaaldelik beklemtoon. Dit is ’n hoekige drienootformasie wat ’n pentatoniese effek skep weens die kombinasie van die mineur derde met ’n heeltoon volgens tradisionele vertikale konstruksie bereken (in voorbeeld 4 met vierkantige hakies gemerk).19 (Gaan na http://www.youtube.com/watch? v=VpRrT5cDejM (by 3’50”) om daarna te luister.)

200

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Voorbeeld 4 : Dutilleux, Sonate pour hautbois et piano, slot

Om die vergelyking met ander drienootformasies wat in die uitkristallisering van die basiese sel voorkom te vergemaklik, word die grootte van die twee segmente wat deur die drie note gevorm word, in ’n aantal halftone uitgedruk. Soos in die geval van tradisionele drieklanke word die drienootformasies as vertikale konstruksies in nouste ligging en vanaf die laagste segment benoem. Die laaste gemerkte sel in voorbeeld 4 sal dan beskryf word as s(2+3).

Die openingsmate van die sonate bevat ’n variasie van die s(2+3) basiese sel, naamlik s(1+5) met sy groter buitelyn, naamlik 6 halftone in plaas van 5 (met bogies in voorbeeld 5 gemerk). Hier het die klein segment van die basiese sel gekrimp van s2 na s1 en die groot segment van s3 na s5 vergroot. Die note wat die buitelyn van die eerste s(1+5) vorm, is ook prominent as heelnote in die trapsgewyse beweging van die regterhand deur die hobo nageboots (met kruisies in voorbeeld 5 gemerk). Die basiese sel verskyn by die draaipunt van die koepelvorme in die linkerhand (maat 2 en maat 4, met vierkantige hakies gemerk). (Gaan na http://www.youtube.com/watch? v=0vr4u1D0urk om daarna te luister.)

Voorbeeld 5 : Dutilleux, Sonate pour hautbois et piano, i, mate 1–111

Die eerste tema eindig met sel s(1+3) in maat 10, ’n ander variasie van die basiese sel. Die eerste prominente intrede van die basiese sel in die hobo-party is ’n herhaalde B-A-D aan die einde van ’n crescendo, net voor die klimaks op F wat die lang slotmaat van die beweging aankondig. Voor hierdie klimaks klink die basiese sel in die verbygaan op lae dinamiese vlak en in die middelregister.

201

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die tweede beweging (Scherzo) begin ook met ’n klavierinleiding van vier mate. Hoewel die basiese sel ritmies in die hobo-party weggesteek is, verskyn dit ook op die draaipunt van die waaieragtige figuur (met vierkantige hakies in voorbeeld 6 gemerk). Wanneer die opening-F uiteindelik melodiese momentum in maat 9 verkry, begin dit met ’n duidelike s(1+3)-sel gevolg deur ’n s(1+4)-sel aan die einde van die maat. (Gaan na http://www.youtube.com/watch?v=0vr4u1D0urk (by 2’56”) om daarna te luister.)

Voorbeeld 6: Dutilleux, Sonate pour hautbois et piano, ii, mate 52–10

Die liriese tweede tema (hobo in mate 48–106) bevat wel sewe basiese selle, maar hulle is nie individueel prominent nie, weens die eenvormige aard van die ritme. Die ligte

derde tema het die basiese sel C, E♭, F as uitgangspunt, met F wat geornamenteer is. Die hooftema van die laaste beweging, wat eers in die klavierinleiding voorkom, begin met

’n ander variasie van die basiese sel, naamlik B♭, E♭, F, dit is, s(5+2). Nadat die crescendo aan die einde van die eerste hoofseksie met ’n s(3+2)-sel begin (maat 33), eindig die seksie met ’n gedeeltelike voorbereiding vir die slotmate met twee ritmies-geïsoleerde basiese selle in maat 37 en maat 38 onderskeidelik, albei nou as hoekige figure gefatsoeneer. Nadat die middelseksie geen basiese selle meer vertoon nie, eindig die herhaling van die hoofseksie (wat in maat 152 begin) met die geaksentueerde hoekige basiese selle wat in voorbeeld 4 voorkom.

Om die progressiewe groei van die basiese sel te volg, moet die sonate in die geheel in oënskou geneem word. Indien, as kort voorbeeld, slegs die hooftemas van die drie bewegings in ag geneem word, ontwikkel die basiese s(2+3)-sel uit ’n s(1+5)-sel aan die begin van die sonate, deur ’n s(1+3)-sel aan die begin van die hooftema van die tweede beweging, ’n s(5+2)-sel aan die begin van die derde beweging om uiteindelik in die laaste mate van die sonate in sy prominente hoekige formasie uit te kristalliseer.

3.3   Benjamin Britten: Billy Budd (1951) 

Die manier waarop die temas en motiewe wat die hoofkarakters in Benjamin Britten se Billy Budd verteenwoordig, in die loop van die opera verander, skep ’n musikale narratief wat die dramatiese verwikkelingsintrige op musikale wyse uitbeeld. Hierdie opera, wat op Herman Melville se novelle gebaseer is, betrek nie die statiese kontrastering van goed en kwaad nie, maar kontrasteer eerder die mens se geaardheid met sy/haar dade, dit is die teenoormekaarstelling van wat ’n mens is en wat ’n mens doen. Die ongeletterde Billy is “sweet, innocent, and harmless, yet he kills. Claggart is evil, perverted, and mendacious, yet he dies a victim. Vere is sagacious and responsible, yet he allows a man whom he feels to be blameless to hang” (Johnson 1980:82).

Herinneringe uit die verlede is ook die uitgangspunt in hierdie opera – in die proloog kan kaptein Vere homself nie vergewe vir Billy Budd se dood nie. Hierdie onskuldige jong voormas-man is die buitestander in Melville se novelle wat, met die uitsondering van die proloog en die epiloog, op die Britse oorlogskip HMS Indomitable tydens die Napoleontiese oorloë afspeel. John Claggart, die skip se skeepsprovoos, is jaloers op die aantreklike jong nuweling wat hakkel as hy onder emosionele druk is. Op ’n slinkse manier gebruik hy persone in die laer range om vals inligting te verskaf wat Billy as die organiseerder van ’n muitery uitwys. Wanneer Billy voor kaptein Vere moet verskyn,

202

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

hakkel hy en uit frustrasie slaan hy Claggart met een hou dood, ’n daad wat die doodsvonnis tot gevolg het.

In teenstelling met die tradisionele operaformaat waarin arias, ensembles en kore prominent figureer, is die musikale uitbeelding van komplekse karakters die fokus in Billy Budd. Billy word musikaal voorgestel deur vinnige, hoekige vyfnootfigure wat deur die houtblaasinstrumente gespeel word. Wanneer Claggart in die eerste toneel van die opera vir Billy vra waar sy huis is, hakkel hy voordat hy antwoord: “... found in a basket tied to a good man’s door”.20

Voorbeeld 7 : Britten, Billy Budd, bedryf I, toneel 1

In die opera stel die hakkelfiguur die onvolmaakte voor. Dit verskyn byvoorbeeld in Vere se proloog wanneer hy oor die aard van die goeie filosofeer. “I am an old man who has experienced much. [...] Much good has been shown me and much evil, and the good has never been perfect. There is always some flaw in it, some defect, some imperfection in the divine image, some fault in the angelic song, some stammer in the divine speech.” (Gaan na http://www.youtube.com/watch?v=p1Zz2P32jYA (by 1’12”) om daarna te luister.)

Die onheilspellende effek van die triller wat deur ’n gedempte trompet gespeel word (voorbeeld 7), suggereer die ramp wat op Billy wag. Wanneer Claggart valslik vir Vere vertel dat Billy die Nuweling probeer omkoop het om aan die muitery deel te neem, word die triller deel van die melodiese lyn asof om te suggereer dat die gevoel van onheil inderdaad besig is om ’n werklikheid te word.

Claggart word musikaal voorgestel deur ’n motief wat twee ewe groot dalende spronge (volmaakte vierde) bevat. In die meeste gevalle word die motief deur die tromboon met sy prominente, dominerende klankkleur gespeel. Aan die ander kant stel die meerduidige kombinasie van ’n majeur en ’n mineur derde die troebel, psigologiese toestand van kaptein Vere voor (met vierkantige hakies in voorbeeld 8 gemerk). Die angstige effek word verder verhoog deur die tremolofiguur wat deurgaans deur die strykers gespeel word. Die feit dat hierdie patroon deur die hoofgroep van die standaardsimfonieorkes gespeel word, simboliseer Vere se posisie in die skip se hiërargie. (Gaan na http://www.youtube.com/watch?v=p1Zz2P32jYA (by 4”) om daarna te luister.)

203

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Voorbeeld 8: Britten, Billy Budd, proloog, mate 1–7

In die proloog begelei ’n melodiese rangskikking van die meerduidige majeur-mineur derde Vere se woorde “so much is confusion”. By die uitbeelding van ’n meer gefokuste Vere word die meerduidige effek egter uitgeskakel: wanneer die kaptein aan die begin van die tweede bedryf vir die Indomitable se aanval op ’n Franse skip voorberei, word

die stygende majeur derde (B♭ – D) deur die trompette gespeel. Sowel die stygende kontoer as die militaristiese kleur van die trompette stuur ’n eenduidige boodskap uit.

In die epiloog verskyn die meerduidige strykersbegeleiding weer wanneer Vere sing: “We committed his body to the deep. The seafowl enshadowed him with their wings, their harsh cries were his requiem.” Die meerduidige effek word egter finaal uitgeskakel wanneer die dalende mineur derde prominent figureer in Vere se laaste treurlied: “I am an old man now, and my mind can go back in peace.” Nadat die

interval “in peace” (B♭ – G) uitgebeeld het, eindig alle frases met hierdie dalende interval, gemerk morendo (wegsterwend). (Gaan na http://www.youtube.com/ watch?v=XT_Han266eE (by 3’50”) om daarna te luister.)

4. Ten slotte

Aangesien tematiese fisionomie direk toeganklik is, stel dit luisteraars in staat om toegang tot sogenaamde ontoeganklike musiek te verkry, en aangesien die luister na musiek ’n aktiewe proses van interpretasie betrek (Martin 1995:56), kan luisteraars self op skeppende wyse aan betekenisgewing deelneem. Deur melodie en melodiese konstrukte in drie 20ste-eeuse komposisies te ondersoek, bevorder dit nie net toegang tot die musiekteks nie, maar skep dit ook ’n nuwe manier van verstaan van en waardering vir hierdie musiek. Hierdie demonstrasie het probeer aantoon dat wanneer veranderende tematiese fisionomie in die ontleding van musiek as uitgangspunt geneem word, dit beter begrip vir die werk in die geheel kan bevorder, ’n projek wat in die rigting van die musiekhermeneutiek beweeg.

Die doel van hierdie artikel was om aan te toon dat die direkte belewing van melodie en melodiese konstrukte, ’n verwaarlooste aspek in die studie van musiekteorie, ’n betekenisvolle rol kan speel in die rehabilitasie van ’n musiekestetika wat nie noodwendig op eksklusiewe musiekteoretiese kennis gebaseer hoef te word nie. Dit is dus ’n benadering waarin gesofistikeerde tegniese inligting nie noodsaaklik is vir ’n

204

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

beter verstaan van musiek nie en wat musiek-estetiese belewing dus vrywaar van aanklagte van elitisme en klasbevoordeling.

Aangesien die soeke na betekenis die werk in die geheel betrek, is hierdie hermeneutiese projek ’n bydrae tot en verryking van die estetiese projek waarin “traditional philosophies of art have neglected the specificity of art works, preferring to deal with art at the level of generality and universality” (Paddison 1993:2). In die studie van drie uiteenlopende werke is aangetoon hoe die betekenisgewende vermoë van veranderende tematiese fisionomie gekoppel kan word met buitemusikale betekenis – al drie werke het te doen met aspekte van die menslike toestand, dit is die positiewe potensiaal van die menslike gees, die menslike geheue, en die teenstrydigheid tussen wat ’n mens is en wat ’n mens doen. Hierdie benadering beweeg dus ook op die terrein van ’n tweede probleem wat Paddison (1993:3) noem, naamlik dat “traditional aesthetics has tended to ignore the socially conditioned character of art and its institutions”.

Deur die musiek toe te laat om self eers deur middel van tematiese fisionomie te spreek voordat dit volgens ’n vooropgesette templaat benader word, hetsy ’n ideologie of ’n gesofistikeerde ontledingstrategie, word die verstaan van die musiek en die vertolking daarvan skeppende handelinge. Indien melodie en melodiese konstrukte in die ontleding van musiek meer kan help om verbande te trek tussen tegniese ontleding, sosio-psigologiese aangeleenthede en die vertolking van spesifieke komposisies, behoort die aanklag van eksklusiwiteit en hiërargiese onderskeiding nie meer te geld nie en behoort die musiekestetika weer die geleentheid te kry om as dissipline te ontwikkel.

Bibliografie

Armstrong, I. 2000. The radical aesthetic. Oxford: Blackwell Publishers.

Christensen, T. 1993. Rameau and musical thought in the Enlightenment. Cambridge: Cambridge University Press.

Christensen, T. (red.). 2002. The Cambridge history of Western music theory. Cambridge: Cambridge University Press.

Clifton, T. 1983. Music as heard: A study in applied phenomenology. New Haven: Yale University Press.

Cook, N. 2001. Theorising musical meaning. Music Theory Spectrum, 23(2):170–95.

Dahlhaus, C. 1984. Die Musiktheorie im 18. und 19. Jahrhundert. Erster Teil: Grundzüge einer Systematik. In Zaminer (red.), volume 10, 1984.

—. 1989. Die Musiktheorie im 18. und 19. Jahrhundert. Zweiter Teil: Deutschland. In Zaminer (red.), volume 11, 1989.

Dewey, J. 1934. Art as experience. New York: Perigee Books.

205

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Dufrenne, M. 1973. The phenomenology of aesthetic experience. Vertaal deur Edward S. Casey. (Oorspronklike titel: Phénoménologie de l'expérience esthétique, 1953.) Evanston, Ill.: Northwestern University Press.

Goehr, L. en A. Bowie. 2001. Philosophy of music III: Aesthetics. In Sadie (red.) 2001.

Gossett, P. 1971. Treatise on harmony: Jean-Philippe Rameau. Vertaling, inleiding en notas deur P. Gossett. New York: Dover Publications.

Guck, M.A. 2006. Analysis as interpretation: Interaction, intentionality, invention. Music Theory Spectrum, 28(2):191–209.

Harris, E.C. 1981. Johann Mattheson's “Der Vollkommene Capellmeister”: A revised translation with critical commentary. Michigan: UMI Research Press.

Hindemith, P. 1940. Unterweisung im Tonsatz I (Theoretischer Teil). Mainz: Schott.

Ives, C.E. 1969. Essays before a sonata and other writings. Onder redakteurskap van H. Boatwright. Londen: Calder en Boyars.

Johnson, B. 1980. The critical difference: Essays in the contemporary rhetoric of reading. Baltimore: John Hopkins University Press.

Kramer, L. 2007. Why classical music still matters. Berkeley: University of California Press.

Kerman, J. 1985. Musicology. Londen: Fontana Press.

Kramer, L. 1989. Dangerous liaisons: The literary text in musical criticism. 19th-Century Music, 13(2):159–67.

—. 1993. Music criticism at the postmodern turn: In contrary motion with Gary Tomlinson. Current Musicology, 53:25–35.

Lang, P.H. 1941. Music in western civilization. Londen: Dent.

Martin, P.J. 1995. Sounds and society: Themes in the sociology of music. Manchester: Manchester University Press.

Morgan, R.P. 2005. Review of The Cambridge History of Music. Onder redakteurskap van T. Christensen. Music Analysis, 24(i-ii):283–300.

Nattiez, J-J. 1990. Music and discourse: Toward a semiology of music. Vertaal deur C. Abbate. Princeton: Princeton University Press.

Paddison, M. 1993. Adorno's aesthetics of music. Cambridge: Cambridge University Press.

Palisca, C.V. 1993. Joachim Burmeister: Musical Poetics. Voorwoord deur die reeksredakteur. In Rivera 1993.

Potter, C. 1997. Henri Dutilleux: His life and works. Londen: Ashgate.

206

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Rameau, J-P. 1971. Treatise on harmony (1722). Vertaal deur P. Gossett. New York: Dover Publications.

Ricoeur, P. 1988. Time and narrative. Volume 3: Narrated time. Vertaal deur K. Blamey en D. Pellauer. (Oorspronklike titel: Temps et Récit, 1985.) Chicago: The University of Chicago Press.

Rivera, B.V. 1993. Joachim Burmeister: Musical Poetics (1606). Vertaling, inleiding en notas deur B.V. Rivera. New Haven: Yale University Press. Rogers, M.R. 2004. Teaching approaches in music theory: An overview of pedagogical philosophies. Tweede hersiene uitgawe. Carbondale: Southern Illinois University Press.

Sadie, S. (red.). 2001. The new Grove dictionary of music and musicians, volume 19. Londen: Macmillan.

Spies, B.M. 2001. The musical magic of ambiguity in Benjamin Britten's Death in Venice. Literator, 22(3):39–57.

—. 2002. Alban Berg’s Wozzeck: Revisiting a historically sedimented metaphor. South African Journal of Musicology, 20:47–61.

—. 2006. The temporal musical sign: In search of extrinsic musical meaning. Semiotica, 162(1/4):195–216.

—. 2008. From tonality to atonality: The function of the trichord. Musicus, 36(2):28–40.

Stravinsky, I. 1947. Poetics of music in the form of six lessons. Cambridge, Mass.: Harvard University Press.

Tarasti, E. 1994. A theory of musical semiotics. Bloomington: Indiana University Press.

Zaminer, F. (red.). 1985–. Geschichte der Musiktheorie. Volumes 1–12. Darmstadt: Wissenschaftliche Buchgesellschaft.

Partiture 

Britten, B. 1960. Billy Budd. Londen: Boosey & Hawkes.

Dutilleux, H. 1948. Sonate Pour Hautbois et Piano. Paris: Éditions Musicales Alphonse Leduc.

Ives, C.E. 1947. Piano Sonata No. 2, “Concord, Mass., 1840–1860”.Tweede uitgawe. New York: Arrow Music Press.

Eindnotas

1 Hierdie artikel is gebaseer op ’n referaat wat gelewer is by ’n internasionale kongres met die tema Representation in music / Musical representation in Istanbul (Oktober 2010). Ek wil professor Daniel P. Goosen van die Universiteit van Suid-Afrika hartlik bedank

207

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

vir die lees van die oorspronklike dokument en vir sy waardevolle kommentaar oor poëtiek en filosofiese aangeleenthede.

2 Christensen bespreek “[w]idely diverging conceptions of music theory” in sy inleiding tot The Cambridge history of Western music theory (2002:1). Die inhoudsopgawe van hierdie boek demonstreer die wye verskeidenheid van dink en doen op die gebied van die musiekteorie. Dieselfde verskynsel word ook aangetref in die reeks met die titel Geschichte der Musiktheorie van die Berlynse Staatliches Institut für Musikforschung met Zaminer (1985–) as hoofredakteur. Twaalf van die beplande vyftien volumes het reeds verskyn.

3 ’n Uitgebreide aanhaling word hier gebruik om aan te dui dat Kerman (1985) nie net die musiekteoretikus kritiseer nie, maar ook die musiekwetenskaplike, wat in die enger betekenis op die musiekhistorikus dui.

4 Waar my artikel op melodiese strukture konsentreer, is Guck (2006) meer geïnteresseerd in vertikale akkoordstrukture.

5 “Es ist erstaunlich, dass der Unterricht im Tonsatz bis heute keine Melodielehre kennt.”

6 Melopoiia sive melodiae concendae ratio, quam vulgo Musicam poeticam vocant.

7 Die term poetica is afgelei van die Griekse poieo, wat beteken “om te maak, te produseer, of te skep”. Die term musica poetica is die eerste maal gebruik deur Heinrich Faber in sy boek met dieselfde titel (1548).

8 “Die 'Melodielehre', die es explizit nicht gab und nicht zu geben brauchte, beschränkte sich auf die Unterscheidung zwischen sanglichen und unsanglichen Intervallen und einige verstreute Bemerkungen űber 'Inventionen', zu denen ein Komponist dadurch gelangen konnte, daß er Details des Textes musikalisch ausdrűckte oder symbolisierte.”

9 “Die Trennung der Disziplinen, die sich im 18. Jahrhundert durchsetzte, war darum für die Melodielehre ruinös. Zu einer Vermittlung zwischen Harmonielehre, Rhythmik oder Metrik und Syntaxtheorie, einer Vermittlung, aus der sich eine Melodielehre entwickeln ließ, gab es kaum Ansätze.”

10 “Es scheint demnach, als sei die Melodielehre im 19. Jahrhundert in die unglückliche Alternative geraten, einerseits in der Tradition des Kontrapunkts zu einer bloßen Liste verbotener Intervalle zu verkümmern und andererseits in der Überlieferung der Harmonielehre und der Rhythmustheorie als 'Überbau' zu erscheinen, der sich über den Bereich des Lehrbaren erhebt, also zwar eine Ästhetik, aber keine Handwerkslehre zuläßt. […] Der Übergang von der Empfindsamkeit zur romantischen Inspirationsästhetik, die in einer Melodie nichts Gemachtes, sondern ein Produkt der Eingebung sah, war ein kleiner Schritt. Die Inspirationsästhetik aber, an der im 19. Jahrhundert niemand zweifelte, bedeutete den Ruin der Melodielehre, sofern sie, um überhaupt eine Lehre zu sein, gezwungen war, die ästhetische Reflexion in technische Unterweisung umzusetzen.”

11 Ek het vroeër aangetoon hoe sekere musikaal-retoriese figure in die loop van ’n komposisie die verstaan van die werk in die geheel kan bevorder wanneer dit nie as statiese nie maar as dinamiese verskynsels beskou word (Spies 2006).

208

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

12 Musiek was deel van die sogenaamde sewe vrye kunste (“liberal arts”) in die laat Hellenistiese pedagogie. Saam met wiskunde, meetkunde en sterrekunde het dit die quadrivium, die hoër groep van die sewe kunste, in die vroeë Middeleeue gevorm (Lang 1941:59). Die groepering van musiek saam met die natuurwetenskappe en die implikasies daarvan is egter die onderwerp vir ’n ander geleentheid.

13 In my artikel oor drienootformasies in atonale musiek val die fokus hoofsaaklik op die melodiese manifestering daarvan (Spies 2008).

14 Lawrence Kramer is professor in Engels en musiek by Fordham Universiteit.

15 ’n Ontleding van die Concord Sonata verskyn in Waldo Weyer se meestersgraad-skripsie met die titel “Die interpretasie van Charles E. Ives se Concord Sonate volgens sy Essays before a sonata”, Noordwes-Universiteit 2004.

16 Himnes en feestelike musiek (Country Band March) in die Concord Sonata verteenwoordig episodes uit die alledaagse lewe.

17 In die afwesigheid van tradisionele tydmaattekens en maatstrepe word bladsy- en sisteemnommers gebruik.

18 ’n Ontleding van die Sonate pour hautbois et piano verskyn in Bernarda Swart se skripsie met die titel “Proust se geheuekonsep in Dutilleux se Sonate vir hobo en klavier (1947)”, Noordwes-Universiteit 2006.

19 Aangesien intervalinhoud ’n sterker aanduider van die aard van ’n akkoord as die volgorde van die segmente is, kan s(3+2) ook die basiese sel verteenwoordig.

20 Hierdie en verdere aanhalings kom uit die libretto van E.M. Forster en Eric Crozier.

209

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

’n Vergelykende studie van toelatingskriteria van ’n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite

Renette Blignaut en Isabella Venter

Departement Statistiek en Rekenaarwetenskap Universiteit van Wes-Kaapland

Summary 

Comparative study of admissions criteria of a selection of South African universities

The new school­leaving certificate, the National Senior Certificate (NSC), was awarded for the first time  in 2008. This necessitated a relook at the entrance requirements  for university, as the school subjects offered, and the evaluation thereof, had changed considerably compared with those for the previous school­leaving certificate (Senior Certificate). It became important for  universities  to  adjust  their  admission  requirements  from  the  2009  first­year  intake onwards. 

The admission requirements of nine universities (considered by FinWeek, 18 March 2010, to be  similar  in  terms of effectiveness and classification) were compared. The universities are: the University of the Free State (UOFS), the University of the Western Cape (UWC/WestCapU), the University of KwaZulu­Natal (UKZN), the University of Pretoria (UP/UPret), North­West University  (NWU/NWestU),  the  University  of  the  Witwatersrand  (WITS/UWits),  the University of Cape Town  (UCT), Rhodes University  (Rhodes/RhodesU) and  the University of Stellenbosch  (US/UStell).  (The  second  abbreviation  appearing  in  some  cases  is  the abbreviation used in Figure 1, which was taken directly from Finweek.) 

Effectiveness is defined by FinWeek as a combination of the following: undergraduate success rate;  graduates  as  percentage  of  total  enrolment;  research  output  units  and  contracted research, while classification of institutions is defined as a range from mainly undergraduate training institutions to mainly research­led institutions. 

This study considered how the nine selected South African universities utilise the NSC results to select students for their mathematical statistics and computer science degrees. Some of the universities use only the NSC results for placement, while others use a combination of the NSC results and some additional admission tests. At most universities the NSC results are combined into  an  admission  point  score  (APS).  This  APS  is  calculated  differently  at  the  different universities. 

The following questions were investigated: 

How is the APS calculated by each of the nine universities considered in this study?  What minimum APS  is  required  for  general  entrance  to  undergraduate  studies  at 

these universities? 

210

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

What  minimum  APS  do  students  need  to  enter  a  three­year  programme  in mathematical statistics or computer science at these nine universities? 

To  compare  the  admission  requirements  of  the  universities  considered,  the  entrance requirements documents of the various universities were studied and compared. Furthermore, secondary data of the University of the Western Cape were used to illustrate the differences in the APSs for these universities. 

A sample of 176 students who matriculated in 2008 with six or more designated NSC subjects and who were in their first year at UWC in 2009 was considered for this study. The UWC data were used  to  calculate  the APSs according  to  the 2011 admission  requirements of  the nine universities. In general, students have to offer a minimum of four subjects from the designated subject list, with a level 4 (≥50 percent) or more, to qualify for university admission. For this study only students who had completed six or more designated subjects were considered. 

To  further  contain  the  study,  only  students  that  could  possibly  have  qualified  for  a mathematical  statistics  or  computer  science  degree  were  considered.  These  programmes require  school  mathematics  and  not  mathematical  literacy  as  a  subject.  Both  these programmes are offered at all the universities considered in this study and could, therefore, be compared. The method for calculating the APS differs substantially between the universities, as does the minimum score required for university admission. 

To compare the minimum required APS  for admission to the respective selected universities the research data of 176 UWC students were used.  It was  found that only 11 percent of the 176 students admitted to UWC would have qualified for admission at UCT. Although UWC and Rhodes use similar methods for calculating their APSs they have very different minimum APS requirements:  Rhodes  requires  an  APS  of  40,  whereas  UWC  requires  an  APS  of  only  27. Consequently Rhodes would have accepted only 18 percent of the students that were accepted by UWC. Due to the stricter mathematics requirement for the programmes considered, fewer students  qualify  for  these  programmes  than  would  have  qualified  for  general  university admission. 

In order  to see what APS would be necessary  for a student studying at UWC  to successfully complete a first year, the 2009 end­of­year university results of the 176 students of this pilot study were used. Of  the 176 UWC  students  that  started  their  studies  in 2009, only 108  (61 percent) progressed to the next academic year in 2010. Their average UWC APS was 41,4 with a 95 percent confidence interval of (40,4; 42,3). If a simplified method is used for calculating the APS, namely  summing  the  school  scores  (without  life orientation  (LO)),  the 95 percent confidence interval for the mean APS of the students that progressed is (30,4; 32,1). It needs to be noted that both UWC and Rhodes use a more complex method of calculating the APS which inflates the APS by approximately 10 points. 

Currently  universities  differ  considerably  in  their  calculation  of  the  APS  as  well  as  their minimum entrance requirements. A simplified and standardised method for the calculation of the APS would allow learners and other stakeholders to easily determine the APS required to be selected for a particular tertiary programme. For most programmes further school subject requirements  are  specified.  For  the  mathematical  statistics  and  computer  science programmes at the universities studied, the difference in the school mathematics requirement is most pronounced. 

According  to  this  pilot  study  the  APS  a  student  requires  to  successfully  complete  the  first academic year at UWC, is approximately 30 when the simplified method to calculate the APS is used (summing the scores of six designated school subjects (without LO)). An APS of 30  is currently being used by UP, UKZN and UFS as the minimum requirement for selection. Their method of calculating the APS is very similar to the method proposed by this study. 

211

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Additional  studies would  need  to  be  carried  out  to  confirm  the  results  of  this  pilot  study. Further studies are also needed to determine how the scores of the non­designated subjects should be adjusted for possible inclusion in the calculation of the APS. 

The  NSC  is  now  standardised  across  South  Africa.  If  the  APS  is  also  calculated  in  a standardised  manner  it  should  be  sufficient  to  use  this  information  to  determine  which students would be able to succeed at university. The minimum admission requirement could vary from university to university depending on the programme for which a student applies. The minimum  APS  for  a  programme  should  be  carefully  considered  and  adjusted  so  that selected  students  have  a  chance  to  succeed.  If  academically  underprepared  students  are selected  for  tertiary  studies  the universities  should  be aware  that  these  students will need extensive extra­curricular assistance. Without additional  interventions  these underprepared students will have no chance of succeeding at university, which is ethically unjustifiable. 

Key words:  entrance  requirements;  school­leaving  certificate; National  Senior  Certificate; APS; admission point score; South African universities; admission criteria 

Opsomming

Die nuwe Suid-Afrikaanse skoolverlatersertifikaat (die Nasionale Seniorsertifikaat) is die eerste keer in 2008 toegeken. Dit het die hersiening van die toelatingsvereistes vir universiteite genoodsaak. Daar is besluit om die toelatingskriteria vir verskeie universiteite te vergelyk. Die data van ’n steekproef van studente wat in 2009 by die Universiteit van Wes-Kaapland vir voorgraadse studie aanvaar is, is gebruik om die toelatingskriteria van geselekteerde universiteite te vergelyk. Om die studie te beperk, is die toelatingsvereistes van slegs twee programme vergelyk, naamlik rekenaarwetenskap en wiskundige statistiek. Daar is bevind dat verskillende metodes gebruik is om die toelatingspunttellings te bereken en dat die minimumvereistes vir die onderskeie universiteite aansienlik verskil. ’n Gestandaardiseerde metode om ’n toelatingspunttelling te bereken kan moontlik help om studente vir verdere studie in spesifieke programme te identifiseer, en ook om studente te identifiseer wat addisionele bystand sal benodig. Die resultate van ’n loodsstudie (by die Universiteit van Wes-Kaapland uitgevoer) het getoon dat studente wat ’n telling van 30 (die som van ses aangewese Nasionale Seniorsertifikaat-skoolvakke) behaal het vir die toelatingspunttelling, suksesvol was in die voltooiing van hul eerste jaar aan die universiteit.

Trefwoorde: toelatingsvereistes; skoolverlatersertifikaat; Nasionale Seniorsertifikaat; toelatingspunttelling; Suid-Afrikaanse universiteite; toelatingskriteria

1. Inleiding

Die nuwe skoolverlatersertifikaat, die Nasionale Seniorsertifikaat (NSS), is vir die eerste keer in 2008 toegeken. Dit het ’n hersiening van die toelatingsvereistes vir universiteite genoodsaak (sien Tabel 1), aangesien die skoolvakke wat aangebied word en die evaluasie daarvan aansienlik verander het in vergelyking met die vorige skoolverlatersertifikaat (die Seniorsertifikaat). Dit het vir universiteite belangrik geword om hul toelatingsvereistes aan te pas vir die eerstejaar-inname van 2009 en daarna.

212

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 1: Vergelyking van die baccalaureusgraadvereistes vir die Seniorsertifikaat met die Nasionale Seniorsertifikaat

Die toelatingsvereistes van nege universiteite, deur Finweek (2010a; 2010b) beskou as eenders ten opsigte van effektiwiteit en klassifikasie, sal in hierdie artikel vergelyk word.

“Effektiwiteit” word deur Finweek omskryf as ’n kombinasie van die volgende: voorgraadse sukseskoers; gegradueerdes as ’n persentasie van totale inskrywings; navorsingsuitset-eenhede en gekontrakteerde navorsing.

Volgens Finweek strek die “klassifikasie” van instellings van hoofsaaklik voorgraadse-opleidingsuniversiteite tot hoofsaaklik navorsingsgerigte universiteite. Die universiteite wat ondersoek en vergelyk gaan word, is hoofsaaklik navorsingsgerig, soos aangedui in die omraamde gedeelte in Figuur 1. Hulle is: die Universiteit van die Vrystaat (UVS/UOFS) moet ons oral dan inskryf , die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK/WestCapU), die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), die Universiteit van Pretoria (UP/UPret), Noordwes-Universiteit (NWU/NWestU), die Universiteit van die Witwatersrand (WITS/UWits), die Universiteit van Kaapstad (UK/UCT), Rhodes Universiteit (Rhodes/RhodesU) en die Universiteit Stellenbosch (US/UStell) (Die

213

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

tweede afkorting, soos in sommige gevalle aangedui, is die afkorting wat in Figuur 1 deur FinWeek gebruik is.).

Figuur 1: Klassifikasie van Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings (direk geneem uit Finweek 2010b:65)

Hierdie artikel ondersoek hoe die nege gekose Suid-Afrikaanse universiteite die NSS-uitslae aanwend vir die keuring van hulle studente vir hul grade in wiskundige statistiek en rekenaarwetenskap. Sommige van die universiteite wat vir hierdie studie gekies is, gebruik slegs die NSS-uitslae vir plasing, terwyl ander ’n kombinasie van die NSS-uitslae en ’n paar bykomende toelatingstoetse gebruik. By die meeste universiteite word die NSS-uitslae gekombineer tot ’n toelatingspunttelling (TPT). Die TPT word egter verskillend deur die verskillende universiteite bereken. Die artikel ondersoek die volgende vrae:

Hoe word die TPT bereken deur elk van die nege universiteite wat in hierdie studie ondersoek word?

Watter minimum-TPT word vereis vir algemene toelating tot voorgraadse studie by hierdie universiteite?

Watter minimum-TPT benodig studente vir ’n driejaarprogram in wiskundige statistiek of rekenaarwetenskap by hierdie nege universiteite?

In 2005 is daar opdrag gegee vir ’n Nasionale Normtoets (NNT) deur Hoër Onderwys Suid-Afrika (HOSA) om kriteriumgerigte inligting te verskaf ter aanvulling van die nuwe nasionale skoolverlaterseksamens gebaseer op ’n nuwe skoolkurrikulum. As gevolg hiervan is ’n studie by deelnemende universiteite uitgevoer om die geletterdheid en wiskundige vaardigheid van studente wat in 2009 vir die eerste keer universiteit toe is, vas te stel. Die idee met die studie wat gelas is, was om die NNT-uitslae met die skoolverlatersuitslae te korreleer ten einde universiteite te help om seleksiekriteria te verfyn, asook om kurrikula vir oorbruggingskursusse vir studente wat bykomende onderrig benodig (MacGregor 2009) te beplan. Die NNT, soos in 2005 deur HOSA versoek, was bedoel om die NSS te normeer (Morris 2009).

Die doelwitte van die NNT is soos volg omskryf:

214

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

om intreevlakvaardighede in AKADEMIESE GELETTERDHEID, KWANTITATIEWE GELETTERDHEID en WISKUNDE te assesseer

om te help met kurrikulumontwikkeling vir beide standaard- en grondslagkursusse

om bykomende inligting te voorsien om te help met die plasing van studente in geskikte kurrikulêre roetes (bv. standaard-, verlengde, uitgebreide en oorbruggingsprogramme); en

om hoër onderwys te help om die Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae te interpreteer (Hoër Onderwys Suid-Afrika 2010).

Volgens Nan Yeld, dekaan van die Sentrum vir Hoëronderwysontwikkeling (CHED) van UK, was die NNT “nie eintlik bedoel om veel te sê oor wat aangaan by skole nie. Wat dit probeer doen, is om ’n eenvormige stel hulpmiddels te skep sodat hoëronderwysinstellings meer sal weet oor wat hulle moet doen” (Morris 2009:1; ons vertaling).

Sewe universiteite het deelgeneem aan die NNT-loodsstudie in 2009, die eerste jaar van inname van NSS-studente. Die deelnemende universiteite was die UK, UKZN, Mangosuthu Universiteit van Tegnologie, US, Rhodes, UWK en WITS. Die Wiskunde-NNT word voltooi deur studente vir wie skoolwiskunde ’n vereiste vir hul beoogde studierigting is. Van die 9 771 studente wat die wiskunde-NNT voltooi het, is 92,5 persent gekategoriseer as “basies” (waar aansienlike bykomende ondersteuning benodig word) en “intermediêr” (waar daar waarskynlik bykomende ondersteuning benodig word). Slegs 737 (7,5 persent) van die studente is gekategoriseer as “bekwaam”, wat beteken dat hulle waarskynlik geen bykomende ondersteuning benodig nie. (Sien Figuur 2.)

Figuur 2: Wiskunde-uitslae van die 2009-NNT (Morris 2009:1)

Van die 12 202 studente wat die Akademiese Geletterdheid-NNT voltooi het (sien Figuur 3), is slegs 47,4 persent gekategoriseer as “bekwaam” (Morris 2009:1).

215

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Volgens die NNT-loodsstudie was ’n kommerwekkende aantal eerstejaarstudente dus nié bekwaam in die taal van onderrig nie. Dit was ook die bevinding van ’n onlangse artikel wat vermeld het dat leerders by sommige skole funksioneel ongeletterd is (Van der Westhuizen 2010). Hierdie onhoudbare situasie kan moontlik toegeskryf word aan die skoolstelsel wat leerders toelaat om na die volgende vlak te vorder sonder dat hulle die nodige vaardighede in die laer vlak verkry het, met die gevolg dat slegs 20 persent van skoolverlaters universiteit toe kan gaan (Jansen 2009). Van die studente wat die NSS met vrystelling slaag, sal slegs ’n breukdeel aansoek doen om aan ’n universiteit te studeer. Die NNT-loodsstudie het getoon dat minder as die helfte van die studente wat om universiteitstoelating aansoek gedoen het, oor die nodige akademiese geletterdheid beskik het, en dat slegs 7,5 persent die wiskundige vaardigheid gehad het om op universiteit te slaag.

Figuur 3: Akademiese Geletterdheid-uitslae van die 2009-NNT (Morris 2009:1)

Om die toelatingsvereistes van die ondersoekte universiteite te vergelyk, is die verskillende universiteite se dokumente oor toelatingsvereistes bestudeer en vergelyk. Voorts is sekondêre data van UWK gebruik om die verskille in die TPT’s vir hierdie universiteite te illustreer.

2. Materiale en metodes

’n Steekproef van 176 studente wat in 2008 met ses of meer aangewese NSS-vakke gematrikuleer het (sien Tabel 2, Departement van Onderwys 2005) en wat in 2009 in hulle eerste jaar aan die UWK was, is in hierdie studie ondersoek. Die UWK-data is gebruik om die TPT’s volgens die toelatingsvereistes vir 2011 vir die nege ondersoekte universiteite te bereken (sien Tabel 6 en Tabel 7). Die data is ontleed om die TPT’s van die geselekteerde universiteite te verstaan en te vergelyk (sien Figuur 1).

216

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 2: NSS-vakke op die aangewese lys

In die algemeen moet studente ’n minimum van vier vakke vanuit die aangewese vaklys (sien Tabel 2) met ’n vlak 4 (≥50 persent) of hoër punt geslaag het (Departement van Onderwys 2008:8) om te vir universiteitstoelating kwalifiseer. Vir hierdie studie is slegs studente wat ses of meer aangewese vakke voltooi het, ondersoek.

Om die studie verder te beperk, is slegs studente wat moontlik kon kwalifiseer vir die program in wiskundige statistiek of rekenaarwetenskap, ondersoek. Hierdie programme vereis wiskunde (nie wiskundige geletterdheid nie) as vak. Beide hierdie programme word aangebied by al die universiteite wat in hierdie studie ondersoek is en kon dus vergelyk word in terme van hul toelatingsvereistes. Die universiteite se metodes vir die berekening van die TPT verskil aansienlik van mekaar, en so ook die minimumtelling wat vir universiteitstoelating vereis word. Sommige universiteite gebruik ’n minder komplekse stelsel om die TPT te bereken; hulle is in Tabel 6 saamgegroepeer.

Vir die berekening van die TPT oorweeg die UK alle vakke, maar laat enige tellings van minder as 3 (<40 persent) buite berekening, sluit die telling 8 (≥90 persent) in, en sluit nie die telling vir lewensoriëntering (LO) in nie. Die vereiste minimum-TPT vir universiteitstoelating by die UK is 36 (Universiteit van Kaapstad 2010b).

Vir hul berekening van die TPT oorweeg die UP alle vakke, maar tel slegs die skoolkodes 1 tot 7 op sonder om die telling vir LO in te sluit. Hulle vereis ’n minimum-TPT van 30 (Universiteit van Pretoria 2010).

Beide die NWU en die UKZN tel die skoolkodes 1 tot 8 van alle vakke op (met uitsluiting van die telling vir LO) om die TPT te bereken. Die vereiste minimum-TPT vir hierdie twee universiteite verskil egter aansienlik, met die NWU wat 20 vereis (Noordwes-Universiteit 2010) en die UKZN 30 (Universiteit van KwaZulu-Natal 2010).

217

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die UVS bereken die TPT deur alle vakke te gebruik. Dit laat egter enige tellings van minder as 2 (<30 persent) buite berekening, sluit die telling 8 (≥90 persent) in, en voeg een punt by as die telling vir LO meer as 5 is. Die minimum-TPT-toelatingsvereiste vir die UVS is 30 (Universiteit van die Vrystaat 2010).

Die US kon nie ingesluit word in hierdie tabelle nie, omdat hulle van studente vereis om ’n toelatingseksamen af te lê wat gebruik word om die toelatingstelling te bereken. Die toelatingseksamen (toelatingstelling) beslaan 40 persent en die NSS 60 persent van die TPT. Om die gemiddeld van elke student se NSS-uitslae te bereken, word slegs die aangewese vakke gebruik; nie-aangewese vakke, asook LO, word nie by hierdie berekening ingesluit nie. Die gemiddeld van die toelatingseksamen en die NSS-gemiddeld moet 55 persent of meer wees. ’n Verdere minimum-skoolvereiste vir die twee ondersoekte programme in hierdie studie is: ’n telling van 4 of meer vir Afrikaans of Engels (eerste of eerste addisionele taal) en ’n telling van 5 of meer vir wiskunde (Universiteit Stellenbosch 2010; Nel en Kirstner 2010).

Die universiteite met die meer komplekse TPT-berekenings word in Tabel 7 aangegee . Om die TPT te bereken, gebruik WITS ’n geweegde telling vir Engels, wiskunde en LO. Vir al die ander vakke word tellings van 3 tot 8 in die berekening ingesluit. Om toegelaat te word tot WITS word ’n minimum-TPT van 37 benodig (Universiteit van die Witwatersrand 2010).

Rhodes-universiteit gebruik ’n geweegde telling vir Engels en wiskunde of wiskundige geletterdheid, en vir al die ander vakke (met uitsluiting van LO) word slegs tellings van 3 tot 8 ingesluit. Rhodes vereis van studente ’n minimum-TPT van 40 (Rhodes Universiteit 2010).

Die UWK gebruik ’n geweegde telling vir Engels, LO en wiskunde of wiskundige geletterdheid en die skoolvlaktellings vir al die ander vakke van vlak 1 tot 8. Die minimum-TPT vir die UWK is 27 (Universiteit van Wes-Kaapland 2010:42).

Vir die twee ondersoekte programme (wiskundige statistiek en rekenaarwetenskap) word verdere vereistes ook in Tabel 6 en Tabel 7 aangegee.

3. Resultate

Om die vereiste minimum-TPT vir die verskillende geselekteerde universiteite te vergelyk, is die loodsstudiedata van die 176 UWK-studente gebruik. Tabel 3 dui die persentasie studente aan wat vir die onderskeie universiteite sou kon kwalifiseer volgens hul TPT, soos bereken deur elke universiteit se toelatingsreëls (sien Tabel 6 en Tabel 7). Die persentasie studente wat toegelaat sou kon word tot die programme in wiskundige statistiek en rekenaarwetenskap van elk van hierdie universiteite word ook aangedui en is gebaseer op die bykomende toelatingsvereistes vir hierdie programme.

Soos te sien in Tabel 3 sou slegs 11 persent van die studente wat tot die UWK toegelaat is, kwalifiseer vir toelating tot die UK. Alhoewel die UWK en Rhodes soortgelyke metodes gebruik om die TPT te bereken, kan die groot verskil tussen die getal studente wat toegelaat kon word tot Rhodes (18 persent) en tot die UWK (100 persent) toegeskryf word aan hul verskillende minimum-TPT-vereistes: Rhodes vereis ’n TPT van 40, waarteenoor die UWK ’n TPT van slegs 27 vereis. Vanweë aan die strenger wiskunde-vereiste vir die betrokke programme kwalifiseer minder studente vir hierdie programme as wat vir algemene universiteitstoelating sou kwalifiseer.

218

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 3: Persentasie van die 176 studente wat by die verskillende universiteite sou kwalifiseer

Studente wat gekwalifiseer het vir die twee programme by die UWK en wat ook by die nege geselekteerde universiteite aanvaar sou kon word, word in Figuur 4 aangedui.

Figuur 4: Studente wat vir die geselekteerde universiteite en die ondersoekte programme kwalifiseer

Om uit te vind watter TPT ’n UWK-student sou moes hê om ’n eerste jaar suksesvol te voltooi, het ons die universiteitsuitslae van die 176 studente van hierdie loodsstudie aan die einde van 2009 gebruik om vas te stel wie na die tweede jaar gevorder het. Om na die tweede jaar by die UWK te vorder, benodig ’n student 90 of meer krediete uit ’n moontlike 120 vir die eerste jaar. Van die 176 ondersoekte UWK-studente het 61 persent na die volgende akademiese jaar gevorder.

Wanneer die UWK-metode gebruik word om die TPT te bereken, is die 95 persent-vertrouensinterval (VI) vir die gemiddelde TPT van die studente wat na die tweede jaar gevorder het (40,4; 42,3). Die 95 persent-vertrouensinterval vir die gemiddelde TPT van studente wat nie die eerste jaar geslaag het nie, is (35,6; 38,1). Dertien persent van hierdie studente het nie herregistreer in 2010 nie (sien Tabel 4).

219

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 4: Vergelyking van die UWK-TPT en die vordering van die 176 geselekteerde studente na die tweede akademiese jaar

As ’n vereenvoudigde metode gebruik word om die TPT te bereken (deur die skooltellings bymekaar te tel (sonder LO)), is die 95 persent-vertrouensinterval vir die gemiddelde TPT van die studente wat gevorder het (30,4; 32,1). Vir dié wat nie geslaag het nie, is die 95 persent-vertrouensinterval vir die gemiddelde TPT (26,6; 28,5). Dit is nodig om te noem dat die meer komplekse metode wat die UWK gebruik om die TPT te bereken, die TPT met ongeveer 10 punte vermeerder (sien Tabel 4 en Tabel 5).

Tabel 5: Vergelyking van die vereenvoudigde TPT en vordering na die tweede akademiese jaar by die UWK

By verdere ontleding van die studente wat hul eerste jaar suksesvol aan die UWK voltooi het, is daar bevind dat die gemiddelde UWK-TPT van die 108 studente wat na hul tweede jaar gevorder het, 41,4 was (sien Tabel 4). ’n Paar studente met ’n laer UWK-TPT (so laag as 32) was egter suksesvol (sien Figuur 5). Dit bewys dat alhoewel die TPT ’n goeie aanwyser van potensiaal is, die afsnypunt baie moeilik is om vas te stel.

220

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Figuur 5: UWK-TPT van die studente wat hul eerste jaar suksesvol voltooi het

Wanneer die vereenvoudigde TPT-metode dus gebruik word – slegs die som van die skooltellings (sonder LO) – is daar gevind dat die gemiddelde TPT van die 108 studente wat na die tweede jaar gevorder het, 31,3 was (sien Tabel 5). ’n Paar studente met ’n laer TPT (byvoorbeeld 23) was ook suksesvol (sien Figuur 6).

4. Bespreking

Te wyte aan die land se geskiedenis verskil skole in Suid-Afrika baie van mekaar ten opsigte van die beskikbaarheid van hulpbronne en ook ten opsigte van die gehalte van onderrig. Dit is waarskynlik dat ’n student wat wel oor die potensiaal sou kon beskik om op universiteit te slaag, so ’n geleentheid mag verbeur as gevolg van swakgehalte-onderrig of die gebrek aan hulpbronne by die skool waar hy/sy skoolopleiding ontvang het. Sommige studente voltooi hul skoolopleiding in minder ideale omstandighede. Dit mag hul skoolverlatersertifikaat-uitslae in so ‘n mate negatief beïnvloed dat dit ontoereikend is vir toelating tot enige universiteit.

In navorsing in Portugal (Botelho, Pinto, Portela en Silva 2001) het die navorsers tot die slotsom gekom dat benewens die student se akademiese vermoë (deur die hoërskooluitslae bepaal), hul keuse van sekondêre skool hul kanse beïnvloed om vir tersiêre opleiding gekeur te word. Dieselfde kan waarskynlik gesê word van studente in Suid-Afrika. Boonop het Suid-Afrikaanse leerders dikwels nie ’n keuse ten opsigte van watter skool om by te woon nie, en woon hulle gewoonlik die skool in die gebied waar hulle woon, by. Dus sal studente van voorheen benadeelde gebiede waarskynlik die skole in daardie gebiede bywoon. Baie van hierdie skole ly steeds onder hulpbrontekorte en dit beïnvloed hul leerders se kanse om vir tersiêre opleiding te kwalifiseer.

221

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Figuur 6: Som van skoolkodes van die studente wat hul eerste jaar suksesvol voltooi het

Die Alternative Admissions Research Project (AARP) is by die UK begin en het ’n metode daargestel om studente te identifiseer wat nie die minimumvereistes vir ’n voorgraadse program het nie, maar die potensiaal het om te slaag. Studente kon deur middel van hul AARP-uitslae toegang tot ’n uitgebreide program verkry (Universiteit van Kaapstad 2010a) indien hul skoolprestasie nie voldoende was nie. Die NNT, wat in 2005 deur HOSA gelas is, sou die NSS normeer (Morris 2009) en was nie bedoel om ’n alternatief vir die AARP te wees nie. Die doel van die NNT-studie was om die studie se uitslae te korreleer met die skoolverlatersuitslae ten einde die (in daardie stadium) onbekende gehalte van die NSS-leerders te verstaan en te evalueer. Die HOSA-loodsprogram het trouens aangetoon dat die meeste studente wat in 2009 vir universiteitstoelating gekeur was (en wat die normtoets geskryf het), sleg gevaar het in die NNT: slegs 7,5 persent is gekategoriseer as wiskundig bekwaam (en het nie bykomende ondersteuning benodig nie) en minder as die helfte was akademies geletterd. Studente uit benadeelde skole wat sleg gevaar het in hul skoolverlaterseksamens sou dus waarskynlik ook sleg gevaar het in die NNT. Dit is daarom duidelik dat die NNT nie gebruik kan word as ’n alternatiewe maatstaf vir universiteitstoelating nie. Indien die AARP aangepas sou word vir die NSS, sou dit ’n beter instrument wees om studente met potensiaal vir universiteitstudie te keur.

In die Verenigde State van Amerika (VSA) is die sogenaamde Scholastic Aptitude Test (SAT) in 1926 ingestel deur die Kollegeraad om toelatings tot tersiêre opleiding te standaardiseer. Baie kolleges gebruik hierdie toets, benewens sekondêreskool-uitslae, as deel van hul toelatingsbeleid. Daar is gevind dat hierdie metode sukses op tersiêre vlak slegs in ’n beskeie mate kan voorspel. Tussen die twee, SAT en hoërskoolprestasie, is laasgenoemde in die algemeen ’n beter voorspeller (McDonald, Newton, Whetton en Benefield 2001:5).

In beide Israel en die VSA is bevind dat ’n bedryf rondom voorbereiding en opleiding vir toelatingstoetse ontstaan het. Uit die literatuur blyk dit dat toelatingstoetse mans bevoordeel, asook sekere etniese groepe (McDonald e.a. 2001:73). In Suid-Afrika sal die voorbereiding van studente vir universiteitstoelatingstoetse ook die meer welgestelde gedeelte van die bevolking wat die ekstra onderrig kan bekostig, bevoordeel, en dit

222

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

mag negatief inwerk op die toelating van sekere etniese groepe, wat die reeds benadeeldes nog verder sal benadeel. Daar word ook na hierdie tendens verwys in ’n artikel deur Atkinson en Geiser:

Baie verdienstelike lae-inkomste- en minderheidstudente word uitgewerk in hierdie kompetisie, en vrae rondom regverdigheid en gelykheid word met toenemende dringendheid geopper. Onderliggend aan al hierdie vrae is ’n groter besorgdheid dat die huidige regime van toelatingstoetsing dalk ons onderwysdoelwitte belemmer eerder as bevorder. (Atkinson en Geiser 2009:2; ons vertaling)

Die NNT sal duur wees: die administrasie, huur van lokale, toesighouers, opstel van toetse, nasien, ensovoorts sal ’n bykomende uitgawe wees vir die universiteit, asook vir die potensiële student. Die geld vir die opleiding van studente vir die NNT-eksamen sou beter aangewend kon word vir bykomende voorbereiding vir die NSS.

Tans verskil universiteite aansienlik ten opsigte van hul berekening van die TPT, asook ten opsigte van hul minimumtoetalingsvereistes. ’n Vereenvoudigde en gestandaardiseerde metode vir die berekening van die TPT sal dit vir leerders moontlik maak om maklik te bepaal wat hul TPT is en of hulle vir ’n bepaalde tersiêre program gekeur kan word. Vir die meeste programme behoort verdere vereistes gespesifiseer te word. Vir die programme in wiskundige statistiek en rekenaarwetenskap is die verskille in die skoolwiskundevereiste die duidelikste, en dit is moontlik dat hierdie vereiste in die toekoms gestandaardiseer sou kon word.

Volgens hierdie loodsstudie is die vereiste TPT om die eerste akademiese jaar suksesvol aan die UWK te voltooi ongeveer 30 wanneer ’n vereenvoudigde metode gebruik word om die TPT te bereken (die som van die tellings van ses aangewese skoolvakke (sonder LO)). ’n TPT van 30 word tans gebruik by die UP, UKZN en UVS as die minimumvereiste vir keuring (sien Tabel 6). Hierdie universiteite se berekeningsmetode vir die TPT is baie dieselfde as die metode wat deur hierdie studie voorgestel word.

Bykomende studies sal uitgevoer moet word om die resultate van hierdie loodsstudie te bevestig. Verdere studies, waar ook nie-aangewese vakke ingesluit word, is nodig om vas te stel hoe die tellings van nie-aangewese vakke aangepas sou kon word vir moontlike insluiting by die TPT.

Die NSS is reeds regoor Suid-Afrika gestandaardiseer. Indien die TPT ook op ’n gestandaardiseerde manier bereken word, sal dit voldoende wees om hierdie inligting te gebruik om vas te stel watter studente op universiteit kan slaag. Die minimumtoelatingsvereiste sou van universiteit tot universiteit kon verskil na gelang van die program waarvoor die student aansoek doen. Die minimum-TPT vir ’n program behoort versigtig oorweeg en aangepas te word sodat gekeurde studente ’n kans staan om te slaag. Dit is nie eties verdedigbaar om akademies onvoorbereide studente vir tersiêre studies te keur sonder om uitgebreide bystand aan hulle te verskaf nie.

Bibliografie

Atkinson, R.C. en S. Geiser. 2009. Reflections on a century of college admissions tests. Centre for Studies in Higher Education, 4:1–21.

223

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Botelho, A., L. Pinto, M.A. Portela en A. Silva. 2001. The determinants of success in university entrance. Braga: NIMA.

Departement van Onderwys. 2005. Minimum admission requirements for higher certificate, diploma and bachelor’s degree programmes requiring a National Senior Certificate. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2008. Higher Education Act (Act 101 of 1997). Minimum admission requirements for higher certificate, diploma and bachelor's degree programmes, 31231. Pretoria: Staatsdrukker.

Finweek. 2010a. Getting a grip on tertiary education: A review of SA universities. Finweek, 18 Maart, bl. 64–80.

—. 2010b. Universiteite-oorsig 2010: ’n Vergelyking van SA universiteite. Finweek, 18 Maart, bl. 65.

Hoër Onderwys Suid-Afrika. 2010. National benchmark tests as a national service to higher education. http://www.nbt.ac.za/index.php?option=com_content&view= article&id=12&Itemid=10 (6 Januarie 2010 geraadpleeg).

Jansen, J. 2009. Afrikaanse Taalraad. http://www.afrikaansetaalraad.co.za/?p=1188 (3 Junie 2010 geraadpleeg).

MacGregor, K. 2009. University world news Africa edition. http://www.universityworldnews.com/article.php?story= 20090816082047397 (24 Mei 2010 geraadpleeg).

Matrikulasieraad. 2005. Endorsements. http://www.hesa-enrol.ac.za/mb/endsum.htm (21 Julie 2010 geraadpleeg).

McDonald, A.S., P.E. Newton, C. Whetton en P. Benefield. 2001. Aptitude testing for university entrance: A literature review. Slough: National Foundation for Educational Research.

Morris, M. 2009. National benchmark tests create a stir – and a small storm. Monday Paper,28(13):1.

Nel, C. en L. Kirstner. 2010. http://stbweb02.stb.sun.ac.za/sotl/SOTL_previous/SOTL_ 2010/Nel%20Kistner%20-%20First%20impressions%20on%20the%20new% 20NSC%20and%20access%20test%20results.pdf (13 Oktober 2010 geraadpleeg).

Noordwes-Universiteit. 2010. Admission requirements for undergraduate studies. http://www.puk.ac.za/akawww/Toelatingsvereistes_2011.pdf (30 April 2010 geraadpleeg).

Rhodes Universiteit. 2010. Student handbook 2010/11. https://www.ru.ac.za/documents/Applying/2011%20RhodesStudent Handbook.pdf (30 April 2010 geraadpleeg).

224

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Universiteit van Kaapstad. 2010a. Centre for Higher Education Development. http://www.ched.uct.ac.za/departments/adp/interfac_proj/aarp (6 Januarie 2010 geraadpleeg).

—. 2010b. Criteria for admission. http://www.uct.ac.za/apply/criteria/eligibility (30 April 2010 geraadpleeg).

Universiteit van KwaZulu-Natal. 2010. Faculty of Science and Agriculture. http://www.ukzn.ac.za/applying-to-ukzn-undergraduate/entrancere- quirements/qulification-specific/ukzn-faculty-of-science-and-agriculture.aspx (4 Mei 2010 geraadpleeg).

Universiteit van Pretoria. 2010. Admission requirements for 2011. http://web.up.ac.za/default.asp?ipkCategoryID=9238&subid= 9238&ipklookid=15 (30 April 2010 geraadpleeg).

Universiteit Stellenbosch. 2010. Amendment of admission requirements for 2011. http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Maties/English/Admission _requirements (11 Augustus 2010 geraadpleeg).

Universiteit van die Vrystaat. 2010. Admission requirements for studies at the University of the Free State. http://studentportal.uovs.ac.za/documents/13/2011/2011_Revised _Faculty%20Information.pdf (4 Mei 2010 geraadpleeg).

Universiteit van Wes-Kaapland. 2009. University calendar general information. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.

—. 2010. University calendar general information (Part 1). Kaapstad: Universiteit van Wes-Kaapland.

Universiteit van die Witwatersrand. 2010. Guide for applicants 2011. http://web.wits.ac.za/NR/rdonlyres/E237D2FC-C0F8-475F- 9F83-CC43EFF6EF83/0/GuideForUndergraduates2011 _8to17.pdf (4 Mei 2010 geraadpleeg).

Van der Westhuizen, C. 2010. Die land se kinders is op ’n pretvaart na nêrens. Rapport Nuus, 7 Februarie, bl. 1.

225

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 6: Universiteite wat ’n vereenvoudigde TPT-berekening gebruik – vir toelating in 2011

Tabel 7: Universiteite wat ’n meer komplekse TPT-berekening gebruik – vir toelating in 2011

226

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren Nagraadse student

Instituut vir Toekomsnavorsing Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool

Summary 

Future studies: Instrument of future creation

Thinking  about  the  future  has  been  part  of  human  civilisation  since  the  earliest  times. Humanity  needs  the  future  and  subsequently  strives  to  form  adequate  images  of  future realities  (futura).  Despite  its  historical  roots,  futures  studies  remains  a  relatively  recent academic discipline and  intellectual  tool. For  this  reason, debate about  the basic questions regarding future studies remains useful.   

Futures studies tools such as scenario planning, environmental scanning, trend analysis, the Delphi method and  systems  thinking are generally used by practitioners and academics.  In terms of the theoretical underpinning of future studies more work remains necessary. Despite many  futurists’  agreeing  on  the  rationale,  role  and  aims  of  future  studies,  approaches  to future  studies  differ  significantly.  The  approach  to  future  studies  in  this  article  is transdisciplinary  and  action­orientated.  The  aim  of  this  article  is  to  propose  an  initial contemporary  future  framework which  can  be  used  as  a  theoretical  but  also  a  practical methodology to create futures insight. 

The future is not given, as there is a multitude of possible futures of which one can manifest. Futures studies encourages thinking on how today’s actions (or lack thereof) will become the reality  of  tomorrow.  This  includes  efforts  to  analyse  the  causes,  patterns  and  sources  of change  and  stability  with  the  aim  of  creating  foresight  and  alternative  futures.  Despite technological progress being an  integral part of our  society  today,  civilisation  is  seemingly racing  itself  into a  “pathologically  short attention  span”, according  to one author, a  trend which,  he  continues,  is  “boosted  by  the  acceleration  of  technology,  the  short­horizon perspective of market­driven economics, the next­election perspective of democracies, and the distractions of personal multitasking” (Brand 1999:2). 

Future  studies  takes  the  longer  view.  It  is  mainly  concerned  with  understanding  social realities  or  “constructs” which  create  the  future as well as  the development of  sustainable future­oriented visions which can  inspire communities and entities (Slaughter 1999:305). In this regard future studies serves as an instrument to research the practical attainment of such views. Social reality can be described as encompassing processes (how things are being done), structures  (how  things  are  interrelated),  outcomes  (why  things  are  done),  context  (the environment’s influence) and ordering (how things are kept intact) (Gharajedaghi 2006:29). 

When  focusing on knowledge of  the  future,  there  is more  than one  term  that  can be used. Seeing that the meanings of these terms differ,  it remains  important to distinguish between concepts like prediction, forecasting and foresight in order to understand the boundaries and 

227

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

limitations of  future  studies. This  is done  in  the article  to  contribute  to understanding  the boundaries and limitations of future studies. 

The term  foresight, especially, takes  forecast  further, and  is a term generally used  in  future studies. Foresight is the ability to have a conception of what is likely to happen in the future and  take  the  appropriate  action  to  aid  or  avoid  it  (Collins  Cobuild  2001:616).  Slaughter (1995:1)  stresses  that  foresight  is  not  the  ability  to  predict  the  future,  but  is  a  human attribute  that allows mankind  to weigh up pros and  cons,  to  evaluate different  courses  of action and  to  invest possible  futures on every  level with enough reality and meaning to use them as decision­making aids. The simplest possible definition of foresight is: “opening to the future  with  every  means  at  our  disposal,  developing  views  of  future  options,  and  then choosing between them”. 

Foresight can act to promote knowledgability in humans and as such it operates as a ”higher­order”  language.  Truly  understanding  the  present  is  part  of  such  a  knowledgeability. Acknowledging that many of the prior actions of foresight have served the interests of those in power is also part of such a knowledgeability. This includes the understanding that language and  technology  should  not  be  regarded  as  neutral,  and  endeavouring  to  view  the  present outside  the  confines  of  a  short­term  approach.  Instead  of  seeking  stability,  understanding surprise,  limits,  disturbance,  consciousness  and  transformation  is  likewise  part  of  such  a knowledgability (Hayward 2005).  A multitude of methods can be used to produce the knowledgeability that underlie insight. A framework for such a model is proposed in this article. The search for future insight can take place if the overreaching driving forces which will have a significant impact on the future can be identified. The technology, war/conflict, social, economic and political environments within which human activity takes place generate these driving forces. 

As a result of the environmental scan the three most prominent driving forces were identified. These driving forces are the centrality of networks, especially social networks, technological innovation and the prominence of transformation, especially institutional transformation, in human endeavours. 

These three  issues related to geopolitics and socio­economic environments are substantially different in the contemporary world compared with anything in past human experience. The first  is  the  integration  of  the world  community  and  the  rise  of  networks,  especially  social networks. Second, the spread of technology and the growing wealth of many new states and networks  have  resulted  in  the  simultaneous  emergence  of  a  host  of  new middle­ranking military, political and economic powers across the world, but also great  inequality between states, groups and  individuals. Thirdly,  societal  change has been accelerated  to new  levels, resulting in transformation being a constant reality affecting nearly all social entities. 

Within this framework, futures methodologies could be used with the aim of making a positive contribution  in  search  for  a  better  life  in  South  Africa  and  Africa.  The  communication  of scenarios developed by Anglo American, Nedcor/Old Mutual and Mont Fleur during the  late 1980s and early 1990s, for example, played a significant role in convincing decision makers to choose the high road to a negotiated settlement and not the low road to demise. It seems to be the right time for futures studies techniques to contribute to sustainable development not only in South Africa, but also in Africa. 

New ideas are not always the most critical element for the futurist. Of greater importance is to develop strategies and to mobilise political will with the aim of implementing solutions. For the  futurist  the  challenge  remains  to  create  a  link  between  the  decision­maker  and  the possible solutions. 

228

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Key  words:  Future  studies,  foresight,  futures  framework,  networks,  transformation, technology, futurist and futures methodologies 

Opsomming

Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige realiteite (futura) te skep. Toekomsstudie as ’n transdissiplinêre toekomsgerigte intellektuele oefening is, ten spyte van sy geskiedkundige wortels, ’n relatief onlangse verskyning. Heelwat toekomsstudie-instrumente soos scenariobeplanning, omgewingsverkenningnavorsing, tendensontleding, die Delphi-metode en stelseldenke word met sukses deur praktisyns en akademici aangewend. Die toekoms is nie ’n statiese gegewe nie. Daar is ’n magdom moontlike toekomste waarvan een ’n werklikheid kan word. Toekomsstudie moedig denke aan oor hoe vandag se optredes (of die gebrek daaraan) môre se werklikheid word. Dit sluit pogings in om die oorsake, patrone en bronne van verandering en stabiliteit te ontleed, met die doelwit om toekomsinsig te bewerkstellig en alternatiewe toekomste te ontwerp. Die raamwerktoekomsstudie-model wat in hierdie artikel voorgestel word, identifiseer verandering, netwerke en tegnologiese nuwighede as die dryfkragte wat toekomsinsig kan bewerkstellig. Dit voorsien ’n raamwerk waarbinne toekomsstudiemetodologieë gebruik kan word om ’n positiewe bydrae te lewer tot die soeke na ’n beter lewe in Suid-Afrika en Afrika. So byvoorbeeld het die kommunikasie van die scenario’s wat gedurende die laat jare tagtig en vroeë jare negentig deur Anglo American, Nedcor/Ou Mutual en Mont Fleur ontwikkel is, ’n wesenlike rol gespeel om die oorgangsonderhandelaars in Suid-Afrika te oortuig om die hoofpad na ’n skikking te kies en nie die roete na ondergang nie. Dit lyk tog of dit nou weer ’n geskikte tyd is om met toekomsstudietegnieke ’n bydrae tot nie net toekomstige volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika nie, maar ook in Afrika te lewer.

Trefwoorde: Toekomsstudie, toekomsinsig, toekomsstudiemodel, netwerke, transformasie, tegnologie, futuris en toekomsstudiemetodologieë

1. Inleiding

Om oor die toekoms te dink is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. De Jouvenel (1967:40) beskryf die mens as ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en wat gevolglik daarna streef om toepaslike beelde van toekomstige realiteite (futura) te skep. Toekomsstudie as ’n toekomsgerigte intellektuele oefening is, ten spyte van sy geskiedkundige wortels, ’n onlangse verskynsel (Bell 2007a:6). Die grondslae van toekomsstudie is uiteenlopend en sluit in die vroeë wetenskapfiksieskryfwerk, strategiese beplanning gedurende en ná die Tweede Wêreldoorlog, aanvanklike werk wat gedoen is tydens sentrale beplanning, asook dinkskrums oor toekomstige uitdagings. Hierdie uiteenlopende grondslae het bygedra tot die vestiging van toekomsstudie as ’n transdissiplinêre studieveld.1

Tradisionele dissiplines het ’n doxa, ’n spesifieke versameling klassieke en aanvaarde tekste wat gelees moet word en die basis van die dissipline daarstel. Toekomsstudie en veral toekomsnavorsing ontbreek steeds grootliks aan ’n doxa met ’n duidelike

229

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

afbakening. Die breedvoerige studies deur Bell (2007a en 2007b) en Slaughter (2005a) dien egter vandag as die basis vir die skep van sodanige doxa. Dié transdissiplinêre aard van toekomsstudie word versterk deur bogenoemde onlangse pogings om die kennisbasis te definieer en te omskryf (Inayatullah en Wildman 1996:725).

Aangesien toekomsstudie nog ’n betreklik jong studierigting is, is dit belangrik dat ’n debat oor die basiese vrae ten opsigte van toekomsstudie gestimuleer moet word. Die doel van hierdie artikel is om ’n aanvanklike eietydse toekomsbenaderingraamwerk voor te stel wat as teoretiese maar ook praktiese metodiek gebruik kan word om toekomsinsig te bewerkstellig. Voordat dit gedoen word, word daar konteks geskep vir die leser wat nie vertroud is met toekomsstudie nie, deur ’n oorsigtelike blik te gee oor tydspersepsie vanuit ’n toekomsstudie-perspektief en die taak van die toekomskundige in vandag se gemeenskap toe te lig.

2. Tydpersepsie en toekomsstudie

Tyd is, soos ruimte, ’n onafwendbare aspek van individuele gewaarwording en sosiale interaksie. Alles vind plaas op ’n sekere tyd en in ’n spesifieke plek. Feitlik alles verander van een tyd tot ’n ander, weliswaar teen verskillende tempo’s (Bell 2007a:5). Gewaarwordinge van tyd en die toekoms kan in elke gemeenskap geïdentifiseer word (Bell 2005). Hoewel tyd en toekoms kultureel verskillend verstaan word, is daar wel algemene stellinge wat gemaak kan word met betrekking tot tyd. Die onderskeid tussen die verlede, die hede en die toekoms is belangrik, maar hierdie drie beginsels is tog ook onderling verweef. Die mens se geskiedenis, identiteit en suksesse in die verlede beïnvloed persepsie, fokus en vermoëns om te verstaan in die hede, wat weer op sy beurt die mens se planne, projekte en toekomstige doelwitte beïnvloed. Hierdie skakels word verder versterk aangesien die vloei tussen hulle in alle rigtings is. Baie besluite wat geneem word, word deur die toekoms sowel as die verlede beïnvloed. Hierdie besluite word gedeeltelik geneem vanuit die historiese en kulturele paradigmas waarin die besluitnemer homself/haarself bevind. Daarom is die grense tussen die verlede, hede en toekoms vloeibaar en oop. In werklikheid beteken dit dat die besluitnemer nie noodwendig beperk is tot die hede nie, maar dat daar ander kreatiewe en kulturele besluite is wat ’n onbelemmerde beweging tussen die verlede, hede en toekoms vereis (Slaughter 2005b). Dus speel die toekoms selfs sonder ’n spesifieke toekomsoriëntasie ’n gewisse rol in besluitneming.

Hoewel toekomsstudie reeds globaal in die akademie sowel as in die werklikheid gevestig is, word die dissipline soms deur wanopvattings belemmer. Eksponensiële tegnologiese ontwikkeling, die groei van netwerke en globalisasie het teen die verwagtinge in nie aanleiding tot betekenisvolle groei in die gewildheid van toekomsstudie gegee nie. Toekomsgeoriënteerde denke word somtyds genegeer deur die implikasies van hoë ontwikkeling. Dit word deur die Clock of the long now-projek as volg gestel:

Civilization is revving itself into a pathologically short attention span. The trend might be coming from the acceleration of technology, the short-horizon perspective of market-driven economics, the next-election perspective of democracies, or the distractions of personal multitasking.(Brand 1999:2)

Ironies genoeg word korttermyndenke al hoe meer algemeen namate vooruitgang al hoe meer uitdagings aan die mensdom ontbloot. Gelukkig is baanbrekerswerk reeds op

230

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

teoretiese maar ook praktiese terreine gedoen deurdat dit op die toekomsstudiemetodiek en die implikasies daarvan gefokus het. Heelwat werk is ook gedoen ten opsigte van die spesifieke rol wat sowel die futuris as toekomsstudie in die samelewing kan vervul.

3. Die taak van die futuris en toekomsstudie

Toekomsstudie is hoofsaaklik gemoeid met die begrip van sosiale realiteite of “konstrukte” wat die toekoms skep en die ontwikkeling van lewensvatbare toekomsgerigte sieninge wat gemeenskappe en entiteite inspireer (Slaughter 1999:305). In hierdie verband dien toekomsstudie ook as instrument om die praktiese haalbaarheid van sodanige sieninge deeglik na te vors. Denkers in sosialestelselteorie soos Gharajedaghi beskryf hierdie sosiale realiteite wat die toekoms skep meer omvattend. Volgens Gharajedaghi (2006:29) is dit prosesse (hoe dinge gedoen word), strukture (hoe dinge saamhang), uitkomste (waarom dinge gedoen word), konteks (die omstandighede wat dinge beïnvloed) en ordening (hoe word die hele opset bymekaar gehou).

Toekomsstudie poog om die begrip van wat moontlik kan voortduur, wat moontlik kan verander en wat uniek in ons samelewing is, te belig. Deel van die dissipline is op soek na ’n sistematiese en patroon-gegronde begrip van die verlede en hede en om die waarskynlikheid van toekomstige gebeure en tendense te beredeneer. Toekomsstudie fokus in teenstelling met die wetenskap, waar ’n nouer en meer spesifieke sisteem bestudeer word, op ’n groter en meer ingewikkelde wêreldsisteem. Toekomsstudie kan op verskillende vlakke onderneem word. Dit sluit in oppervlakkige ekstrapolasie van tendense, ’n pragmatiese empiriese benadering wat óf op ’n spesifieke probleem fokus óf op ’n dieper epistemologiese of kritiese vlak wat fokus op die aannames wat spesifieke sienings van die wêreld daarstel (Slaughter 1999:145).

Die vraag ontstaan of toekomsstudie ’n unieke stel metodologieë beskikbaar stel vir kennisskepping wat vir die besluitnemer en individu in die algemeen van waarde is om die genoemde korttermynbenaderings teen te staan.

Voordat aandag verleen kan word aan die teoretiese en praktiese toepassing van toekomsstudie, is dit belangrik om ’n onderskeid te tref tussen die praktiese toepassing van toekomsstudie en die futuristiese element wat in die meeste sosiale wetenskappe teenwoordig is.

Bell (2005) identifiseer ’n aantal spesifieke toekomsaannames, wat wel gedeel mag word met ander dissiplines, maar wat as ’n geheel uniek aan ’n toekomsstudiebenadering is:

- Tyd beweeg onveranderlik in een rigting, van die verlede (waargeneem in terme van voortdurende tydelike hede) na die toekoms. Daar is ’n veelheid verskillende argumente om hierdie aanname te steun, soos biologiese ontwikkeling (mense word ouer met die verloop van tyd, nooit jonger nie), die tweede wet van termodinamika (entropie beweeg altyd in een rigting), golfbeweging (radiogolwe word byvoorbeeld nooit ontvang voordat dit gestuur word nie), die geskiedenis van die heelal (residuele galaktiese uitstraling ondersteun die idee dat tyd ’n begin, verloop, tydsduur en ’n rigting het), en aanduidings van die verlede (die fossielrekord van die hede bly as bewys van die verlede).

231

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

- Nie alles wat nog gaan bestaan, het voorheen al bestaan nie, dus is daar dinge wat nog nooit voorheen daar was nie. Dit bevorder nuwe gedagtes, nuwe begrip, nuwe ontwikkeling en nuwe reaksies.

- Die toekoms is geheel en al nie voorafbeskik nie. Hierdie aanname erken duidelik dat die toekoms nog nie bestaan nie. Die toekoms is dus nog “oop”.

- Toekomsdenke is noodsaaklik vir menslike aksie. Reaksie is moontlik sonder toekomsdenke, maar nie aksie nie, omdat aksie daarop dui dat afwagting bestaan. Dus bly beelde van die toekoms (doelwitte, intensies, hoop, vrese, aspirasies) deel van die oorsake van huidige aksie.

- Toekomstige uitkoms kan beïnvloed word deur individuele en gesamentlike aksies en die besluite wat mense neem.

- Globale interafhanklikheid moedig ’n holistiese perspektief en ’n transdissiplinêre benadering aan. Futuriste beskou die wêreld as so interverweef dat geen stelsel of eenheid as heeltemal afgesonderd beskou kan word nie. Futuriste argumenteer dat elke stelsel wat vanuit ’n toekomsperspektief bestudeer word, as ’n oop stelsel beskou moet word.

Hierdie aannames word deur Slaughter (2005b) versterk wanneer hy vier primêre redes vir die bruikbaarheid van ’n toekomsstudiebenadering identifiseer.

- Besluite het langtermyngevolge.

’n Toekomsperspektief het implikasies vir besluitneming. Elke besluit wat geneem word, impliseer ’n potensiële verandering in beleidsrigting met ’n potensieel betekenisvolle toekomstige gevolg. Terwyl sommige besluite niksseggend is en verlore raak in die konteks van groter gebeure, is ander betekenisvol en bepalend vir die hede en toekoms.

- Toekomstige alternatiewe impliseer dat keuses in die hede uitgeoefen moet word.

Namate mense bewus word van verskillende toekomstige alternatiewe, is dit moontlik om toegang te verkry tot nuwe keuses in die hede. Indien ’n onaanvaarbare toekomstige scenario voorsien word, kan opgetree word om dit te vermy. Eweneens kan opgetree word wanneer ’n wenslike toekomstige scenario geïdentifiseer word, ten einde die waarskynlikheid dat dit sal realiseer, te verhoog. Toekomstige alternatiewe dui daarop dat besluite nou geneem moet word, aangesien dit tyd neem om die mens se wil af te dwing en hulpbronne te mobiliseer wat nodig is om ’n spesifieke uitkoms te bewerkstellig of die ongewenste gevolge te vermy.

- Toekomsdenke is ’n wensliker alternatief vir krisisbestuur.

Aangesien dit nie moontlik is om die toekoms van sosiale stelsels te voorspel nie, is dit moontlik om verskillende opsies en alternatiewe deur ’n strategiese beskouing te ondersoek ten einde moontlike verwagtinge af te dwing en om gebeurlikheidsbeplanning te doen. Toekomsdenke is ’n strukturele alternatief, veral vir gemeenskappe wat in oorgang is, en is wensliker as krisisbestuur, wat duur en verkwistend is.

232

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

- Fundamentele toekomstige verandering is onafwendbaar.

Die moontlike veranderinge oor die volgende 100 jaar is waarskynlik so omvangryk, indien nie meer ingrypend nie, as wat die afgelope 1 000 jaar beleef is. Dit is juis die geval indien die waarskynlike sentrale rol wat tegnologie in toekomstige ontwikkeling sal speel, in ag geneem word. Tegnologiese verandering is nie meer lineêr nie, maar toenemend eksponensieel (Kurzweil 2006:12).

Dit is noodsaaklik om die rol van die futuris te definieer ten einde die aannames en rasionaal van toekomsstudie te verstaan. Volgens Thuraisingham (2005) lewer die futuris op ’n strategiese vlak ’n bydrae deur aanpassing by die geloofstelsels, wêreldbeskouings en paradigmas van ons samelewing voor te stel.

Bell (2007b:238) neem dit verder deur te sê:

Futurists focus on the transformation of hindsight into foresight. On the one hand, they speculate, think laterally, intuit, reason counterfactually as well as factually, cogitate linearly and dialectically, entertain outrageous – and even despised – notions, and creatively invent in order to unveil possible and probable futures. On the other hand, they specify past and present data using a multitude of standard and special methods, collecting, analyzing, and interpreting evidence in order to make posits about possible and probable futures and to construct surrogate knowledge as reliably and validly as they can. Their candidates for surrogate knowledge of the future are based on patterns of reasoning and marshalling evidence, and they can become justified belief if they remain unrefuted after being subjected to serious efforts to falsify them.

Die rede waarom die futuris hierdie take moet uitvoer, identifiseer Bell (2005) as die belangrikste fokus van die futuris - die handhawing of verbetering van die welstand van die mensdom en die lewensonderhoudende vermoëns van die aarde. Futuriste doen dit deur sistematies alternatiewe toekomste te ontdek. Betrokkenheid in voorkomende denke is ’n belangrike deel van die taak om nuwe alternatiewe visies te skep – visioenêre ontdekking van die moontlike, sistematiese ondersoeke van die waarskynlike en morele evaluasies van die wenslike.

Toekomsstudie bied ’n unieke perspektief op die sosiale wetenskappe. Dit bied akademiese navorsers en praktisyns die geleentheid om bruikbare inligting oor die toekoms te genereer – veral in die lig van onstabiliteit, verandering en onsekerheid (Kristof 2006:263). Futuriste gebruik gedeelde metodes, wat omgewingsverkenningsnavorsing, tendensanalise, die Delphi-metode, scenariobeplanning, rekenaarmodulering en stelseldenke (Bell 2005) insluit. Toekomsstudie het die potensiaal om uniek transdissiplinêr te wees en as sosiale wetenskap werklike wêreldprobleme te help oplos, indien dit gebruik kan word om insig in die toekoms te bewerkstellig.

4. Toekomsinsig as doelwit van toekomsstudie

Alhoewel futuriste redelik oor die rasionaal, rol en doelwitte van toekomsstudie ooreenkom, is daar verskillende benaderings waarop dit toegepas word. ’n Benadering wat hier voorgestel word, is transdissiplinêr van aard, maar ook geskik as raamwerk vir

233

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

gebruik in die werklikheid. Toekomsinsig word hier gestel as die primêre doelwit van toekomsstudie.

Indien die fokus op kennis oor die toekoms is, is daar meer as een konsep wat gebruik kan word om verbandhoudende, maar ook verskillende, konsepte te beskryf. Dit is veral belangrik om tussen die konsepte voorspelling (prediction), vooruitskouing (forecasting) en toekomsinsig (foresight) te onderskei. Dit sal ’n bydrae lewer om die grense en beperkinge van toekomsstudie beter te verstaan.

Die mens het ’n inherente vermoë tot spekulasie, voorspelling, toekomsinsig, modelbou en om keuses tussen alternatiewe uit te oefen, aangesien die mensdom nie in ’n voorafbepaalde wêreld vasgevang is nie (Slaughter 1994:1078). Hoewel astrologie en profesieë in die moderne wêreld as minder belangrik beskou word, het vooruitskouing ’n wenslike tegniek vir beplanners, ekonome en sosiale wetenskaplikes geword (Inayatullah 2005). Vooruitskouing is ’n voorspelling of waardering van ’n werklike waarde op ’n toekomstige tydstip (Armstrong 2001b:783). Om dit anders te stel: ’n vooruitskouing is ’n stelling van wat verwag word om in die toekoms te gebeur, veral wat ’n gebeurlikheid of situasie betref (Collins Cobuild 2001:615). Vooruitskouing, voorspelling en prognose word in die werklikheid as sinonieme gebruik (Armstrong 2001b:783).

Die doel van vooruitskouing is gegrond op die inherente behoefte om die wêreld meer stabiel te maak en om die toekoms te beïnvloed of selfs te beheer. Die vertrekpunt van vooruitskouing is dat besluitnemers met meer inligting - veral tydige inligting - meer wyse besluite kan neem. Dit is veral nou belangrik om oor meer verwante inligting te beskik, aangesien tegnologiese verandering vinnig toeneem (Inayatullah 2005). Vooruitskouing bly ’n nuttige instrument vir gebruik tydens beplanning. Beplanning en vooruitskouing is ten spyte hiervan nie noodwendig onafskeidbaar onderling verweef nie. Beplanning is gemoeid met hoe die wêreld daar behóórt uit te sien, terwyl vooruitskouing fokus op hoe dit daar sál uitsien (Armstrong 2001a:2). Beplanners kan gebruik maak van vooruitskouingsmetodes ten einde uitkomste vir alternatiewe planne te voorspel. Indien die vooruitskouings ongunstig is, kan die planne gewysig word totdat die verwagte uitkomste gewens is (Armstrong 2001a:2–3).

Die toekoms kan nie volledig vir individue of vir gemeenskappe voorgeskryf word nie. Gevolglik kan die toekoms nie werklik objektief geprojekteer word nie, maar op die meeste net voorgestel word. Die verlede verskil in dié verband, aangesien dit moontlik is om positiewe kennis daaroor te hê, maar die mens kan geen invloed uitoefen op aksies wat reeds plaasgevind het nie. Die mens kan poog om kennis te bekom deur vooruitskouing, maar betroubare voorkennis kan nie geskep word nie. Daar is geen grondslag vir ’n voorafbepaalde benadering tot die toekoms nie; die hede is deurspek van menige ongespesifiseerde moontlikhede (De Jouvenel 1967:57).

Toekomsinsig neem vooruitskouing verder en is die beginsel wat algemeen in toekomsstudies gebruik word. Toekomsinsig is die vermoë om ’n beeld te hê van wat waarskynlik in die toekoms gaan gebeur en insig te hê in die gepaste nodige optrede ten einde dit te beïnvloed (Collins Cobuild 2001:616). Slaughter (1995:1) benadruk dat toekomsinsig nie die vermoë is om die toekoms te voorspel nie:

It is a human attribute that allows us to weigh up pros and cons, to evaluate different courses of action and to invest possible futures on every level with enough reality and meaning to use them as decision-making aids. […] The simplest possible definition [of foresight] is: Opening to the future with every

234

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

means at our disposal, developing views of future options, and then choosing between them.

Volgens Slaughter (1995:48) poog toekomsinsig om die grense van persepsie op vier maniere te verbreed:

• Assessering van die implikasies van huidige aksies en besluite. (uitkomsassessering). • Opsporing en vermyding van ’n probleem voordat dit plaasvind (vroeë waarskuwing en leiding). • Oorweging van die huidige implikasies van toekomstige gebeure (pro-aktiewe strategieformulering). • Visualiseringsaspekte van gewenste toekomste (normatiewe scenario).

Die suksesvolle generering van toekomsinsigkennis kan in drie opeenvolgende fases gedoen word. In die eerste fase word alle beskikbare inligting versamel, vergelyk en opgesom as grondslag vir die produksie van toekomsinsigkennis. Fase twee fokus op die omskakeling en evaluering van hierdie kennis ten einde die uitwerking hiervan op die toekoms te verstaan, veral vanuit die oogpunt van ’n spesifieke omgewing. Fase drie behels die assimilasie en evaluasie van hierdie vlak van begrip ten einde die verbintenis tot aksie binne ’n spesifieke omgewing te bewerkstellig (Horton 1999:6). Perfekte toekomsinsig sal in die lig van die omvang van veranderlikes nouliks moontlik wees. Waarna gestrewe kan word, is om beleidmakers te betrek en die redeneringsproses te verduidelik deur duidelike, standvastige en verstaanbare voorstelle en strategiese formulerings.

Sommige individue bevraagteken die bruikbaarheid van voorspelling/ vooruitskouing/toekomsinsig. Hierdie persone huldig die mening dat die idee dat iemand die toekoms kan voorspel, of selfs insig in die toekoms kan bekom, absurd is. Sodanige individue beskou die toekoms as onwillekeurige manifestasie van gebeure wat onbekend is totdat dit plaasvind en dan slegs terugskouend ten volle verstaanbaar is (Canton 2007:8).

In terme van voorspelling is dit moontlik om met hierdie mening saam te stem, aangesien die komplekse aard van verandering beteken dat die voorspelling van gebeure in baie gevalle onmoontlik is, en selfs gevaarlik kan wees, aangesien dit onbuigsaamheid aanmoedig. Dit impliseer ’n behoefte om tot een spesifieke uitkoms verbind te word (Van der Heijden 2004:68). Dit is egter moontlik om kennis te genereer oor faktore wat die toekoms vorm. Wat nodig is, is om insig in en begrip oor aangeleenthede wat die toekoms vorm te genereer en oor moontlike gevolge vir die toekoms te besin. Die ontwikkeling en vertroeteling van toekomsinsig, met ander woorde die vermoë om besluite te neem wat nie net nou gepas is nie, maar ook op lang termyn van toepassing sal wees, bly ’n prioriteit (Roux 2006, skyfie 25). Toekomsinsig behels die ontwikkeling van ’n reeks moontlikhede van hoe die toekoms kan ontwikkel met die doel om dit genoegsaam te verstaan ten einde besluite te kan neem wat die bes moontlike toekomste kan skep (Horton 1999:5).

Toekomsinsig kan die kennisvermoëns van mense versterk en kan dus as ’n hoërordetaal funksioneer. Om die hede werklik te verstaan is deel van sodanige kennisvermoë. Erkenning dat baie aksies tydens ’n toekomsinsigproses die belange van diegene in mag bevorder het, is deel van sodanige kennisvermoë. Dit sluit in om te verstaan dat taal en tegnologie nie beskou moet word as neutraal nie en poog terselfdertyd om die teenswoordige te beskou as die resultaat van baie meer as slegs

235

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

korttermyn–verklarings. Die begrip van verrassing, grense, teenwoordigheid van netwerke, die rol van tegnologie, ontwrigting, bewussyn en transformasie eerder as die soeke na stabiliteit is eweneens deel van die kennisvermoë. Die vooroordeel van individue en instellings teen toekomsinsig is ook deel van sodanige kennisvermoë (Hayward 2005).

5. Raamwerk vir ’n toekomsstudiebenaderingmodel

’n Verskeidenheid metodes kan aangewend word om die kennisvermoëns wat toekomsinsig onderlê, te genereer. In hierdie artikel word ’n raamwerk vir sodanige model voorgestel. Die soeke na toekomsinsig kan plaasvind indien die oorhoofse dryfkragte wat ’n bepalende invloed op die toekoms kan hê, geïdentifiseer word. Die tegnologiese/wetenskaplike, ekonomiese, demografiese, politieke en sosiale omgewings waarbinne menslike aktiwiteit plaasvind, genereer die dryfkragte.

Dit is noodsaaklik om vir die doeleindes van die identifisering van dié dryfkragte vir die daarstelling van toekomsinsig slegs die belangrikste dryfkragte wat oor die grense van genoemde omgewings strek, te identifiseer. Hierdie dryfkragte moet ’n sentrale rol in die ontplooiing van die toekoms sowel as in die bestuur van strategiese verandering kan vervul. Die faktore wat geïdentifiseer is as die hoof-dryfkragte om toekomsinsig te bewerkstellig, is die omvang en teenwoordigheid van netwerke, tegnologiese nuwighede en verandering - veral institusionele transformasie. Figuur 1 is ’n voorstelling van ’n raamwerk vir ’n toekomsstudiebenaderingsmodel. In werklikheid is dit die geïntegreerde aard en wedersydse versterking van die netwerk, tegnologie en transformasiedryfkragte wat tot die daarstelling van toekomsinsig bydra.

236

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Figuur 1. ’n Model vir ’n toekomsstudiebenadering Bron: Eie samestelling

6. Die rol van netwerk-, tegnologiese en transformasie-dryfkragte

Toekomsinsig kan makliker verkry word binne die konteks van ’n makroraamwerk wat die veranderende aard van die menslike beskawing uiteensit. Volgens Toffler (1970) kan die geskiedenis van die beskawing aan die hand van drie tipes samelewings ontleed word. Hierdie siening is gegrond op die beginsel van “golwe”, waarvolgens elke golf die ouer samelewing en sy kultuur oorheers. Die eerste golf is die agraries-georiënteerde samelewing wat die eerste jagter-insamelaarfase van die mens se ontwikkeling vervang het. In hierdie samelewing is die landbou die dominante aktiwiteit. Die tweede golf volg ná die opkoms van industrialisasie. Die hoofkenmerke van die tweede golf is die kerngesin, nywerheidsgeoriënteerde onderwysstelsel, korporasies, standaardisering, sentralisering, gefokustheid en sinchronisasie. Die derde golf is die postindustriële samelewing waarin inligting die primêre ekonomiese dryfkrag word. Tydens dié golf word demassifikasie, diversiteit, kennis-gebaseerde produksie en ’n versnelling van verandering die primêre kenmerke (Toffler 1981:181–2).

Sedert die laat 1950’s is verskeie samelewings, veral in die ontwikkelende wêreld, besig om weg te beweeg van die tweede golf van ’n nywerheidsoorheersende ekonomie na ’n derdegolf-ekonomie wat in wese die huidige inligtingstydvak is. Die mens bevind hom

237

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

huidiglik in die opkoms van die derde golf, naamlik die inligtingstydvak met sy verwante ontwikkelingstransformasies (Kilibarda 2003). Elkeen van dié tydvakke word gedefinieer deur die primêre bron van welvaart wat van landbou na vervaardiging en nou na inligtingsbestuur verskuif het (Toffler en Toffler 1993:21).

Hoewel die gebruik van netwerke reeds sedert die begin van die geskiedenis eie aan die mens en sy aktiwiteite is, het die inligtingstydvak die invloed van netwerke in ons samelewing versterk, terwyl dit terselfdertyd die invloed van hiërargiese vorme van beheer en mag laat taan het (Arquilla en Ronfeldt 2001b:1). Netwerke wat deur tegnologiese nuwighede gerugsteun word - veral op die kommunikasieterrein - is besig om ons samelewing van gedaante te laat verwissel. Tegnologie en inligting word in die inligtingsera toenemend interafhanklik. Die toename in vloei van inligting, die evolusie van die wêreld-ekonomie en die vordering met oombliklike kommunikasie is alles ontwikkelingsfaktore wat globalisasie en vernuwing versterk (Masini 2005). Veranderings wat teweeg gebring word deur tegnologiese vernuwing het egter globaliserende sowel as verbrokkelende gevolge (Prince 2002:112–3). Die samelewing word gekenmerk deur nuwe vorme van samewerking en sinergie, maar terselfdertyd word die potensiaal om destruktief te wees, ook eksponensieel vergroot.

Transformasie van die samelewing sluit die inhoudsverandering in van take wat verskillende samelewingsrolspelers in nasionale sowel as internasionale interaksies uitvoer. Aan die een kant verwater wêreldwye netwerke die inligtingsmonopolie van regerings, maar terselfdertyd bemagtig ’n hoë netwerk-teenwoordigheid in die samelewing ook deursigtigheid (Aronson 2001:549). Die aard van aktiwiteite, die potensiaal vir georganiseerde aksie en die geleentheid vir toekomstige samewerking om take te verrig wat tradisioneel deur hiërargiese strukture gedoen is, word nou legio. Die impak van tegnologie word gevoel nie net ten opsigte van die mens se interaksie en rol in sy samelewing, nie maar ook teenoor die magstrukture in die samelewing.

Die opkoms van sosiale netwerke is ten nouste verbind met netwerke, transformasie en tegnologiese nuwighede. ’n Sosiale netwerk kan beskryf word as ’n netwerk van verbintenisse met ander individue en is gegrond op ’n gedeelde belang. ’n Kern-aktiwiteit van sosiale netwerke is om kommunikasie, en veral die opkoms van sosiale media, te vergemaklik. Sosiale media is media wat ontwerp is om versprei te word deur sosiale interaksie deur gebruik te maak van hoogs toeganklike en uitgeetegnieke. Sosiale media ondersteun die menslike behoefte aan sosiale interaksie deur tegnologie, wat die tradisionele uitsaaimetode (van een na baie) verander na sosiale-media-dialoog (baie na baie). Hierdie tendens ondersteun die demokratisering van kennis en inligting, wat bydra tot die transformering van mense as verbruikers van inhoud tot mense as produseerders van inhoud (Social-Media.com: 2009).

Die toekomsimpak van die transformasie, die aanwesigheid van netwerke in die samelewing en tegnologie, gaan waarskynlik op alle lewensterreine sigbaar wees, maar van besonderse belang is die invloed daarvan op hoe ons samelewing bestuur word. Nasionale mag is toenemend afhanklik van wye deelname aan, sowel as mededinging in, die skepping en gebruik van oorheersende tegnologieë (Gompert 1999:59). Die vooruitgang op veral die telekommunikasie-, inligtingtegnologiese en mediaterreine het die magspatroon die afgelope twee dekades betekenisvol verander. Die belangrikheid van inligting as ’n element van mag lê in die gebruik van inligting en verbruikbaarheid, wat dit anders maak as voorheen. Die vermoë om inligting te transformeer, om dit te verskuif, of om dit vir magsdoeleindes aan te wend, beklemtoon die oordraagbaarheid van inligting. Dit is hiermee dat tegnologie die magstruktuur verander het. Die samevoeging van wat eers afsonderlik gefunksioneer het, het massadeelname

238

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

vergemaklik en mense wêreldwyd toegang tot hierdie magsinstrument verleen (Armistead 2004:13). Hierdie potensiaal word huidiglik steeds gekniehalter deur die welvaartgaping tussen die ontwikkelde en ontwikkelende wêrelde. Hoewel hierdie kommunikasiegaping steeds groot is, het die beskikbaarheid van sekere tegnologieë reeds die bevolking in ontwikkelende gebiede begin bemagtig.

Die mensdom beleef op die oomblik versnelde verandering ten spyte van die uitdagings wat aan die wydverspreide wêreldwye ongelykheid verbind kan word. Volgens Moura (2005) is ’n universele beskawing besig om te ontwikkel. Hierdie proses behels meer as net die voortsetting van die beskawings wat deur die geskiedenis bestaan het. Alle vorige beskawings was in sommige aspekte beperk, maar in hierdie stadium is die veranderingsproses nóg vinniger en dieper as voorheen. Dit word beklemtoon deur die verspreiding van wetenskaplike kennis en operasionele stelsels tussen individue van uiteenlopende kulturele agtergronde. Die gebruik van onmiddellike–kommunikasie-kanale en hul deelname aan die wêreldekonomie skep nuwe waardes. Die menslike samelewing gaan huidiglik deur ’n makrotransformasie – nie net wat die mensdom se wetenskaplike kennis betref nie, maar ook die konseptuele grondslag wat gebruik word om huidige en toekomstige realiteite te hanteer.

Die transformasiedimensie staan nie net sentraal ten opsigte van die verkryging van toekomsinsig nie, maar bly ook relevant vir die realisering van die gewenste uitkomste (Inayatullah 2008:18). Dit is belangrik om te verstaan hoe die mensdom se gemeenskaplike gewaarwordinge soms die toekoms ondermyn en waarom so baie aspekte van optrede die mensdom se kanse op ’n belowende toekoms benadeel. Wat verstaan moet word, is watter tendense sentraal in sosio-ekonomiese en politieke verandering is.

’n Magdom vraagstukke staar Suid-Afrika, maar ook die wêreld in sy geheel, in die gesig. Die identifisering van die vraagstukke is relatief maklik; die probleem bly die mobilisering van hulpbronne om dit daadwerklik aan te spreek. Die Millenniumprojek (2010) het byvoorbeeld baie daartoe bygedra om 15 kritieke vraagstukke wat die mensdom tans konfronteer, te identifiseer.2 Dié vraagstukke is egter so omvangryk dat wêreldorganisasies en/of regerings nie alleen oplossings kan bied nie, maar die volle spektrum van menslike kundigheid en kreatiwiteit van individuele tot institusionele vlak benodig sal word. Om dié rede gaan dit toenemend van belang wees om toekomsinsig te bewerkstellig en om gefokuste studie van die dryfkragte wat die toekoms beïnvloed, te bevorder.

7. Gevolgtrekking

Dit is opvallend dat heelwat van die openbare gesprekke in Suid-Afrika (veral wanneer briewe aan die media, internet-kommentaar en webjoernaal-inskrywings in ag geneem word) steeds verbind bly aan profesieë van toekomstige ondergang. Hierdie voorspellings was reeds in die omgang van voor die totstandkoming van die huidige politieke bestel in 1994. Niemand kan ontken dat ’n magdom uitdagings steeds 17 jaar ná die politieke omwenteling in Suid-Afrika bestaan nie. Inteendeel - indien ’n mens na die Millenniumprojek en die Verenigde Nasies se millennium-doelwitte kyk, blyk dit duidelik dat heelwat ontwikkelingswerk nog voorlê. Positiewe faktore soos ’n progressiewe grondwet asook ’n ekonomie met uitstaande eerstewêreld-elemente is ook geen waarborg vir toekomstige sukses nie. State, gemeenskappe en stelsels kom tot ’n einde en word in baie gevalle deur nuwe entiteite vervang. Histories is alle beskawings

239

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

uiteindelik in ander opgeneem of het hulle tot niet gegaan. Daar is geen waarborg dat dít in die toekoms sal verander nie.

Tog kan ’n mens ook nie anders as om te wonder wanneer hierdie doemprofesieë gaan manifesteer nie, want ten spyte van alle voorspellings van ondergang gaan die vloei van die lewe voort. Die toekoms is nie ’n statiese gegewe nie. Daar is ’n magdom moontlike toekomste, waarvan een ’n werklikheid kan word. Die toekoms kan dus gesien word as ’n oop horison wat kreatief ontdek kan word. Dus, terwyl kennis ván die toekoms ons nie beskore is nie, bly kennis óór die toekoms wel moontlik. Die toekoms is nie ’n leë dop of ’n heeltemal onbekende veld nie. Dit is tasbaar, kan ontdek word, gedroom word en selfs geskep word, maar nie werklik voorspel word nie. Dit moet eerder beskou word as aktiwiteit om ’n oorhoofse insig in die menslike omstandighede te verkry met veral die doel om alternatiewe toekomste te belig.

Toekomsstudie moedig denke aan oor hoe vandag se aksies (of gebrek daaraan) môre se realiteit word. Dit sluit in pogings om die oorsake, patrone en bronne van verandering en stabiliteit te ontleed met die doel om toekomsinsig te bewerkstellig en alternatiewe toekomste te ontwerp. Die onderwerpe en metodes van toekomsstudies sluit in moontlike, waarskynlike en gewenste variasies of alternatiewe transformasies van die huidige – sosiaal sowel as “natuurlik” (byvoorbeeld onafhanklik van die menslike impak). Toekomsstudie dek ’n breë ondersoekveld en voeg die insigte van talle dissiplines saam om ’n vars blik op die toekoms te gee. Toekomsstudiemetodes/-tegnieke gaan nie noodwendig verhoed dat foute weer gemaak word nie, maar kan tog individue en organisasies in staat stel om meer gestruktureer en gefokus oor die toekoms te dink.

Die toekomsstudiebenaderingmodel soos in die artikel omskryf skets die breër raamwerk waarbinne dryfkragte en tendense geïdentifiseer kan word wat ’n bydrae kan lewer tot die skep van toekomsinsig. Die geïdentifiseerde prioriteit-dryfkragte, naamlik die mate van netwerk-teenwoordigheid in die samelewing, tegnologiese nuwighede en verandering, voorsien die ankers vir nuwe, vars en kreatiewe denke oor die toekoms. Dit skep die ruimte waarbinne instrumente soos scenariobeplanning, omgewingsverkenningnavorsing, tendensanalise, die Delphi-metode en stelselsdenke gebruik kan word om moontlike, waarskynlike en gewenste toekomste te ondersoek. Toekomsstudie poog dus om as ’n sistematiese proses alternatiewe toekomste te visualiseer met die doel om te bepaal wat nodig is om die gewenste toekoms te laat gebeur.

Die volgende stap is om genoemde toekomsstudie-metodologieë te gebruik om ’n positiewe bydrae in die soeke na ’n beter lewe in Suid-Afrika en Afrika te lewer. Metodes wat ten nouste verbind is met toekomsstudie het hulself al as van praktiese waarde bewys. So byvoorbeeld het die kommunikasie van die scenario’s wat deur Anglo American, Nedcor/Ou Mutual en Mont Fleur gedurende die laat tagtigerjare en vroeë negentigs ontwikkel is, ’n wesenlike rol gespeel om die oorgangsonderhandelaars in Suid-Afrika te oortuig om die hoofweg na ’n skikking te kies, en nie die roete na ondergang nie. Dit lyk tog of dit nou weer ’n geskikte tyd is om met toekomsstudietegnieke ’n bydrae tot nie net toekomstige volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika nie, maar ook in Afrika, te lewer. Nuwe idees is egter nie altyd die mees kritieke element vir die toekomskundige nie. Wat nog belangriker is, is om strategieë te ontwikkel en die politieke wil te mobiliseer ten einde oplossings te implementeer. Vir die toekomskundige bly die uitdaging om die verbintenis tussen die besluitnemer en die moontlike oplossings te bewerkstellig.

240

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Bibliografie Armistead, L. (red.). 2004. Information operations: Warfare and the hard reality of soft power. Washington DC: Brassey’s.

Armstrong, J.S. (red.). 2001a. Principles of forecasting: A handbook for researchers and practitioners. Boston: Kluwer Academic Publishers.

Armstrong, J.S. 2001b. The forecasting dictionary. In Armstrong (red.) 2001a.

Aronson, J.D. 2001. The communications and Internet revolution. In Baylis en Smith (reds.) 2001.

Arquilla, J. en D. Ronfeldt (reds.). 2001a. Networks and Netwars: The future of terror, crime, and militancy. Santa Monica: National Defence Research Institute, RAND.

Arquilla, J. en D. Ronfeldt. 2001b. The advent of Netwar (Revisited). In Arquilla en Ronfeldt (reds.) 2001.

Baylis, J. en S. Smith (reds.). 2001. The globalization of world politics. Oxford: Oxford University Press. Bell, W. 2005. An overview of futures studies. Volume 1: Foundations. In Slaughter (red.) 2005a.

—. 2007a. Foundations of futures studies: Human science for a new era. Volume 1: History, purposes and knowledge. 3de Uitgawe. New Brunswick, NJ: Transaction Pubs.

—. 2007b. Foundations of futures studies: Human science for a new era. Volume 2: Values, objectivity and the good society. 3de Uitgawe. New Brunswick, NJ: Transaction Pubs.

Brand, S. 1999. The clock of the long now: Time and responsibility. New York: Basic Book Publishers.

Caldwell, R. L. 2003. Driving forces. http://ag.arizona.edu/futures/fut/dfmain.html (3 September 2010 geraadpleeg).

Canton, J. 2007. The extreme future: The top trends that will reshape the world in the next 20 years. New York: Plume.

Collins Cobuild. 2001. English dictionary for advanced learners. 3de Uitgawe. Glasgow: Harper Collins Publishers.

De Jouvenel, B. 1967. The art of conjecture. New York: Basic Book Publishers.

Gharajedaghi, J. 2006. Systems thinking: Managing chaos and complexity: A platform for designing business architecture. 2de Uitgawe. Burlington: Elsevier Bpk.

Gompert, D.C. 1999. Right makes might. Freedom and power in the information age. In Khalilzad en White (reds.) 1999.

241

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hayward, P. 2005. The lineage of foresight. Volume 1: Foundations. In Slaughter (red.) 2005a.

Horton, A. 1999. A model for a successful foresight process. Foresight, 2(1):1–10.

Inayatullah, S. 2008. Six pillars: Futures thinking for transforming. Foresight, 10(1):4-21.

—. 2005. Methods and epistemologies in futures studies. Volume 1: Foundations. In Slaughter (red.) 2005a.

Inayatullah, S. en P. Wildman. 1996. Ways of knowing, culture, communication and the pedagogies of the future. Futures, 28(8):723–40.

Kilibarda, K. 2003. Defining information warfare. Infowar Monitor. http://www.infowar-monitor.net/modules.php (30 Junie 2004 geraadpleeg).

Khalilzad, Z.M. en J.P. White (reds.). 1999. The changing role of information in warfare. Washington DC: RAND Project Air Force.

Kristof, T. 2006. Is it possible to make scientific forecasts in social sciences? Futures, 38(5):561–74.

Kurzweil, R. 2006. The singularity is near: When humans transcend biology. New York: Penguin Books.

Masini, E.B. 2005. Invisible made visible. Volume 4: The Views of Futurists. In Slaughter (red.) 2005a.

Millennium Project. 2010. Global Challenges for Humanity. http://www.millennium-project.org/millennium/challeng.html (6 Oktober 2010 geraadpleeg).

Moura, P.C. 2005. A profound transformation. Volume 4: The Views of Futurists. In Slaughter (red.) 2005a.

Prince, G. 2002. The heart of war: On power, conflict and obligation in the twenty-first century. Londen: Routledge. Roux, A. 2006. Thinking about the future and scenarios. Ongepubliseerde voordrag deur die Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing vir SANAI, 25 Oktober, Pretoria.

Slaughter, R.A. (red.). 2005a. Knowledge base of futures studies. Foresight International, CD-ROM.

Slaughter, R.A. 2005b. Futures concepts. Volume 1: Foundations. In Slaughter (red.) 2005a.

—. 1999. Futures for the third millennium: Enabling the forward view.Sydney: Prospect Media.

—. 1995. The foresight principle: Cultural recovery in the 21st century. Londen: Adamantine.

242

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 1994. Why we should care for future generations now. Futures, 26(10):1077–85.

Social-Media.com. 2009. http://cncc.bingj.com/cache.aspx=social+ media 7665808581 4259&mkt (14 September 2009 geraadpleeg).

Thuraisingham, J.J.E. 2005. Mystic journey. Volume 4: The views of futurists. In Slaughter (red.) 2005a.

Toffler, A. 1970. Future shock. New York: Bantam Books.

—. 1981. The third wave. New York: Bantam Books.

Toffler, A. en H. Toffler. 1993. War and anti-war: Survival at the dawn of the 21st century. New York: Little, Brown.

Tsoukas, H. en J. Shepherd (reds.). 2004. Managing the future: Foresight in the knowledge economy. Malden: Blackwell Publishing.

Van der Heijden, K. 2004. Afterword: Insight into foresight. In Tsoukas en Shepherd (reds.) 2004.

Eindnotas

1 Toekomsstudie is multidissiplinêr in sy navorsingsaanslag, maar transdissiplinêr in sy intellektuele tradisie. Die transdissiplinêre tradisie word gedra deur stelselsdenke en toegepaste filosofie. (Kommentaar gelewer deur anonieme keurder op 6 April 2010.)

2 Volgens die Millenniumprojek word die mensdom huidiglik deur die volgende 15 kritieke vraagstukke gekonfronteer: 1. Hoe kan volhoubare ontwikkeling vir almal bewerkstellig word? 2. Hoe kan almal sonder konflik toegang hê tot voldoende water? 3. Hoe kan bevolkingsgroei en hulpbronne gebalanseer word? 4. Hoe kan werklike demokrasie vanuit outokratiese regimes ontstaan? 5. Hoe kan beleidformulering ten gunste van langtermyn-perspektiewe meer sensitief gemaak word? 6. Hoe kan die globale samesmelting van inligting en kommunikasietegnologie vir almal werk? 7. Hoe kan etiese mark-ekonomie aangemoedig word om die gaping tussen ryk en arm te vernou? 8. Hoe kan die bedreiging van nuwe en bestaande siektes verminder word? 9. Hoe kan die vermoë om besluite te neem bevorder word terwyl die aard van werk en instellings verander? 10. Hoe kan gedeelde waardes en nuwe sekuriteitstrategieë, etniese konflik, terrorisme en die gebruik van wapens vir grootskaalse vernietiging verminder word? 11. Hoe kan die veranderende status van vroue gebruik word om die mens se situasie te verbeter? 12. Hoe kan gekeer word dat transnasionaal-georganiseerde misdaadnetwerke meer invloedryke en gesofistikeerde wêreldondernemings word? 13. Hoe kan veilig en doeltreffend aan stygende energiebehoeftes voldoen word? 14. Hoe kan wetenskaplike en tegnologiese deurbrake versnel word om die mens se omstandighede te verbeter? 15. Hoe kan etiese oorwegings meer algemeen in wêreldbesluitneming ingesluit word?

243

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se “Cooler as ekke”

Martina Viljoen

Departement Musiek Universiteit van die Vrystaat

Summary 

The banal as rap identity: Jack Parow’s “Cooler as ekke”

Some  scholars  regard  the art of  rap as  the new poetics of postmodern art – a postmodern form that is fiercely intertextual, open‐ended and hybrid. Others are more pessimistic, viewing rap as a fundamentally post‐apocalyptic form which, in a thoroughly commercialised manner, only  scratches  the  decaying  surface  of  post‐industrial  values.  However,  there  is  common agreement  that  rap  is  deserving  of  serious  academic  scholarship,  and  that  it  signally transforms cultural gestures and relocates inflections of meaning in its globalised contexts of operation. 

As part of the recent trend of including non‐canonical repertoires in musicological studies this article  focuses on  the  song  “Cooler as  ekke”  (“Cooler  than  I”) by  the Afrikaans  rapper  Jack Parow (2010). My analysis is based on the reconstructive creation of a speculative context by means of which the song can be approached. In other words, I intend to read the song (both the lyrics and the music) from the construction of a particular socio‐cultural context in which intrinsic  and  extrinsic  textual meanings  are  seen  as  contextually  linked.  In  this  respect  I disagree with certain local New‐Musicological readings which, in order to escape the idea of “the music  itself” as an autonomous,  formal phenomenon, have changed the subject of their inquiry to such a degree that the musical text is no longer the focus of inquiry, but merely the fictional springboard for a politically correct discussion of gender, cultural identity, ideology or politics. 

Thus my point of departure is a methodological perspective that draws on the rap theory of Krims  (2000) while  considering  not  only  the  speculative  aspects  of my  topic,  but  also  its “empirical” dimensions. Krims proposes that rap is not only a constantly evolving syncretic or hybrid form, but that, through identifiable and relatively “stable” genre transmutations, it is representative of  “real”  social  contexts.  In  this  regard he  foregrounds  the  study of what he calls  the musical  poetics  of  rap music  and  identifies  four  genres which  he  believes  create particular  social  identities: party  rap, mack  rap,  jazz/bohemian  rap, and  reality  rap. Thus Krims argues that the internal structuring of rap music is indispensable for understanding it, and that musical meaning within this context relates to a relatively autonomous “world” of discourses, styles and genres which should not be seen as objective aspects of rap music, but rather as discursive matters dealing with its very formation of social identity. 

An  analysis  of  the musical  parameters  of  “Cooler  as  ekke”  reveals  that  the  song  parodies Krims’s (2000:63) genre of “mack rap” where the rapper addresses a fictional “opponent” and boasts about his own material success and sexual prowess. However, Parow does not employ 

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

the over‐familiar  imagery of African‐American mack rap, but uses everyday symbols of “zef” Afrikaner life to construct a very particular representation of Afrikanerskap (Afrikanerhood). 

Although Parow’s  “opponent”  in  the  song does not  represent a dominant  ethnic group,  the song does suggest a form of cultural resistance. A study of Afrikaner‐identity representations in  recent  examples  of  Afrikaans  popular  music  finds  that  such  representations  either sublimate  the  Afrikaner’s  past  or  revel  in  a  new‐found  “rainbow”  identity.  Although  these projections are not present in Parow’s “Cooler as ekke”, the manner in which the song revisits Afrikanerhood is highly offensive to some Afrikaans listeners, while to others it is suggestive of a new or shifting identity that is to be welcomed for its break with revered images from the past. 

However, it is argued that Parow’s banal streetwiseness which is constantly operative on the surface of the song, may capture the listener in ideologically convenient modes of experience that conceal more sinister aspects of the song. Therefore, as an example of banality the song may be instrumental in fetishising and libidinising (to borrow Terry Eagleton’s terms) present South African realities – and that it may apparently do this by its very obliteration of the need for analysis. 

An  ideology‐critical  interpretation of  the  song’s  reception draws on  the  theories of Visagie (1996)  and  Thompson  (1990).  Thompson  believes  that  “ideological  modes  of  operation”, which include the strategies of “legitimation”, “dissimulation”, “unification”, “fragmentation” and  “reification”,  function  strategically  within  texts  to  symbolically  construct  ideology. Although some Afrikaners (including respected academics) view the ”zef” style as “authentic” and  “credible”,  in  “Cooler  as  ekke”  the  strategies  of  “legitimation”  (the  construction  of  a certain narrative of Afrikanerhood), “unification” (the symbolic “belonging” to this narrative) and  “fragmentation”  (the  expurgation  of  the  other)  may  be  identified.  Read  from  the perspective  of Visagie’s  idea  of  the hypernorm, which points  to  the  formation  of  values  or norms  that conceptually come  to dominate all other values or norms, and  thus results  in a slanted or warped world view, it becomes evident that the song projects a decidedly one‐sided representation of Afrikaner identity. 

This  point  of  interpretative  departure  underlines  the  fact  that  within  the  current  socio‐political context of our country some Afrikaans listeners may regard “Cooler as ekke” either as a statement of “the  familiar” and “the own”, or may experience  it as a critique of outdated, pretentious  representations  of Afrikanerhood.  The  song  arouses  strong  resistance  in  other Afrikaans listeners, and thus draws crude divisive lines. 

It  is  on  this  level  that  “Cooler  as  ekke”  harbours  undertones  of  a  less  benevolent representation of Afrikaner  identity. While  the song does point  to a new kind of “politics of difference”, where  the  rapper  not  only  consciously  invokes  his Afrikaner  heritage,  but  also embraces  global  influences  (the  international  “world” of  rap and of  commercialised  status symbols,  the African roots of  “toasting” and  “boasting”,  the association of  those who  live  in lower socio‐economic contexts with the “ghetto”), ultimately an assumed shared “Afrikaner” heritage  in  this  song  clashes  crudely with  a  one‐sided  (hypernormative)  representation  of Afrikanerhood. 

However,  on  this  level  as  well,  “Cooler  as  ekke”  resists  one‐sided  interpretations.  As  a construction  of  banal  identity  the  song may  thus,  one  the  one  hand,  absolutise  a  certain understanding of Afrikaner identity, while on the other, it may exercise cultural criticism. 

Key words: Jack Parow, “Cooler as ekke”, rap theory, banality, Afrikaner identity 

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Opsomming

As deel van die onlangse neiging om niekanoniese repertoria in musikologiese studies in te sluit, fokus hierdie artikel op die Afrikaanse rapper Jack Parow se liedjie “Cooler as ekke” (2010). My ontleding berus op die rekonstruktiewe daarstelling van ’n spekulatiewe konteks waardeur die liedjie as ’n bepaalde rap-identiteit benader kan word. Met ander woorde, ek beoog om die liedjie (liriek sowel as musiek) te lees vanuit die konstruksie van ’n bepaalde geïmpliseerde sosiokulturele konteks waarbinne intrinsieke en ekstrinsieke teksbetekenisse as kontekstueel verbonde gesien word. Vanuit hierdie metodologiese perspektief, wat op Krims (2000) se rap-teorie steun, word dit duidelik dat “Cooler as ekke” ’n weergawe van Afrikaner-identiteit konstrueer wat vashou aan oorbekende, alledaagse simbole van die “zef” Afrikaanse lewe. Ofskoon Parow se “opponent” in die liedjie nie ’n oorheersende etniese groep verteenwoordig nie, word daar tog ’n tipe kulturele weerstand in die liedjie gesuggereer. Dit is egter veral die banaliteit van Parow se straatwysheid wat die luisteraar in ideologies gerieflike maniere van ervaring kan vasvang, omdat die liedjie skynbaar nie ernstig (of krities) opgeneem wíl word nie.

’n Ideologiekritiese interpretasie van die resepsie van die liedjie aan die hand van Visagie (1996) en Thompson (1990) bring aan die lig dat sommige Afrikaanse luisteraars “Cooler as ekke” binne die huidige sosiopolitieke landskonteks enersyds as ’n stelling van “die bekende” en van “die eie” mag verstaan, of andersyds as kritiek op uitgediende, pretensieuse weergawes van Afrikanerskap. In albei gevalle wek die liedjie by ander Afrikaanse luisteraars sterk weerstand. Dit is op hierdie vlak dat “Cooler as ekke” ondertone van ’n minder tegemoetkomende weergawe van Afrikaner-identiteit begin inhou waarby ’n veronderstelde gedeelde afkoms deur ’n eensydige (hipernormatiewe) tekening van Afrikanerskap weerspreek word.

Sleutelwoorde: Jack Parow, “Cooler as ekke”, rap-teorie, banaliteit, Afrikaner-identiteit

1. Die raamwerk

In plaaslike musikologiese studies is daar gedurende die afgelope dekade, in ooreenstemming met internasionale tendense, toenemend aandag aan ’n kultureel-kritiese kontekstualisering van die musikale teks geskenk.1 Volgens die Britse musikoloog Nicholas Cook (vgl. Cook 1999) is hierdie ontwikkeling ’n reaksie teen modernistiese (positiwistiese) musiekhistoriese en -teoretiese benaderings, wat die idee dat musiek suiwer in formele (strukturele) terme verstaan kan word, aanvegbaar maak.2

Uiteraard het hierdie antiformalistiese klimaat die musikologiese agenda betekenisvol verbreed, en is veral ’n nuwe bewussyn van die ideologiese en simboliese aard van musiek gevestig. Agawu (1996) skets hierdie nuwe interpretatiewe terrein as een wat polities-gemotiveerde benaderings verwelkom, veral dié wat op vraagstukke rondom ras- en genderkonstruksie of seksualiteit fokus. In hierdie nuwe benadering word dualistiese verdelings tussen “hoë” en “lae” musiekvorme vervaag, en tree musiek as ’n studieterrein van subjektiwiteit na vore (Agawu 1996):

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Non-canonical repertoires, especially of the popular variety, are in. The reception of music, understood not necessarily as an account of other listening subjects (with specific histories and geographies), but as an account developed around the individual subject, is in in a big way. One’s insights need not meet the test of intersubjective corroboration; nor do they need to be propped up by what is often presented as an over-determined theory-based analysis. The fantasies set in motion by biography, be it that of the composer, performer, or listening subject, need no longer be suppressed or even understated. And the language in which all of this is mediated is best if it highlights the performative element in writing – charged, colorful, sometimes obscure sometimes playful, but never clinical or “scientific”.

Wat die Suid-Afrikaanse musikologiese toneel betref, bring die onlangse politieke geskiedenis van die land mee dat kritiese benaderings binne die plaaslike konteks op eiesoortige vraagstukke fokus. ’n Dekade gelede bevraagteken Muller (2000a:233) die bestaansreg van Suid-Afrikaanse musikologie as ’n “suiwer” Eurosentriese instelling, terwyl Chew (1992:1 e.v.) en Erlmann (1984:73) reeds soortgelyke vrae rondom wit Suid-Afrikaanse komponiste se bevordering van Westerse kunsmusiek gestel het. Idealistiese (en soms opportunistiese) argumente gaan op ter verdediging van ’n uniek Suid-Afrikaanse musikale styl (sien byvoorbeeld Helena du Plessis in Lüdemann 1993:37), terwyl outentieke Afrika-stemme gesaghebbende werk van wit etnomusikoloë afmaak as “musikologiese partronisering” soos gebaseer op “onderdrukkende imperialistiese en kolonialistiese sisteme” (vgl. Nzewi en Nzewi 2002; my vertaling).

Meer onlangs fokus plaaslike musikologiese studies op ’n wyer verskeidenheid onderwerpe wat poog om die plaaslike kultuurerfenis op demokratiese maniere te belig. Die programme van onlangse musikologiese kongresse, en met name dié van die gekombineerde kongres van die International Musicological Society (IMS) en die South African Society of Research in Music (SASRIM) in Stellenbosch, 13–17 Julie 2010, asook onlangse uitgawes van die vaktydskrifte South African Journal of Musicology, Muziki: Journal of Music Research in Africa en Journal of the Musical Arts in Africa, lewer substansiële bewys van plaaslike musikologiese werk wat sigself aan die hand van ’n wye verskeidenheid onderwerpe intensief met ’n breër sosio-kulturele agenda bemoei. Terselfdertyd word daar gedurende die afgelope dekade plaaslik ’n ongekende aantal publikasies uitgegee – wat ’n verskeidenheid van gender-, identiteits- en breër “politieke” kwessies aanspreek.3

Hierdie proses van musikologiese hervorming het egter, soos ook binne die internasionale literatuur blyk, nie in alle gevalle tot ’n verdieping van die dissipline gelei nie. Reeds binne die eerste dekade van die “Nuwe” musikologiese strominge meen Cook (1999) dat die benaming waarskynlik reeds passé4 is, en voer hy aan:

A term like “New” musicology is guaranteed a short shelf life and this particular one is probably past its sell-by date. Not because the musicological community has rejected the message of the “New” musicology: rather because its broadened agenda has been absorbed into the musicological mainstream.

Cook gaan voort deur te redeneer dat die “Nuwe” musikologie, in ’n poging om aan die idee van “die musiek self” (as outonoom-formele verskynsel) te ontkom, by tye die onderwerp van die gesprek sodanig verander het dat daar dikwels glad nie meer oor musiek gepraat word nie, maar eerder oor gender, kulturele identiteit, ideologie of politiek.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Dat hierdie dissiplinêre koersverskuiwing eie gevare inhou, is veral duidelik in die kritiese werk van die filosoof C. Norris wanneer hy die “Nuwe” musikologie se (dikwels) ondeurdagte gebruik van postmoderne metodologie, en ’n ondeurdagte aanwending van idees vanuit dissiplines soos literêre teorie en kultuurstudie blootlê. In sy algemene kritiek teen die popularisering van postmoderne interpretasie meen Norris (1990:137) dat die vrye aanwending van spesifiek dekonstruksie gelei het tot die idee van kritiek as ’n “free-for-all hermeneutic romp, an activity where no constraints apply save those brought to bear by some arbitrary set of interpretative codes and conventions”. Sulke toepassings het meestal weinig te make met die Derridiaanse idee (vgl. Derrida 1981:3–4) dat tekste in betekenis verskuif of verdiep wanneer dit vanuit die perspektief van aannames of gapings inherent daaraan gelees word, interpretasie op inherente “gapings” daarin fokus, of dat dekonstruksie tradisionele opvattings van ’n ontleding , kritiek of metode uitvee, terwyl dit terselfdertyd ten diepste met die idee van die strukturele probleem saamhang (en dus wesenlik om ’n grondige sistematiese benadering roep).

Nietemin is ook die aard van dekonstruksie problematies, aangesien die dekonstruktiewe ontleder deurentyd gemaklik met die onbepaalbaarheid en onbeslisbaarheid van betekenis moet omgaan. Soos Derrida (1981:42–3) dit stel:

[I]t has been necessary to analyze, to set to work, within the text of the history of philosophy, as well as within the so-called literary text, [...], certain marks, shall we say, [...] that by analogy (I underline) I have called undecidables, that is, unities of simulacrum, “false” verbal properties (nominal or semantic) that can no longer be included within philosophical (binary) opposition, resisting and disorganizing it, without ever constituting a third term, without ever leaving room for a solution in the form of a speculative dialectics.

Moontlik is dit hierdie intense kompleksiteit, tesame met die aantrekkingskrag (of moontlik gewoon die makliker uitweg) van die meer sensasionele aspek van die “Nuwe” musikologie wat veroorsaak het dat benaderings binne die stroming soms tot platvloerse analitiese uiterstes gaan, eerder as wat dit werklik effektief dekonstrueer. Norris (1990:138) meen dat vrye postmoderne toepassings van kritiese teorie (“critical theory”) dikwels neig tot interpretasies wat verskuilde teksbetekenisse wil onthul, veral met die doel om een of ander subteks te ontmasker.

’n Bestudering van die referate in die program van die bogemelde IMS/SASRIM-kongres, asook van onlangs gepubliseerde werk, maak dit duidelik dat interpretasies wat by die bogemelde postmoderne denkstroom aansluit, tans binne die plaaslike musikologie baie gangbaar is. Hierdie tendens kan egter nie slegs as ’n polities korrekte soort modebewustheid afgemaak word nie, want op sigself is dit ’n aanduiding van die tipe musikologiese diskoerse wat tans heers. Moontlik nog belangriker: ofskoon die teoretiese benaderings wat in sommige van die meer ekstreme postmoderne benaderings voorkom, nie werklik diepgaande is nie, dui dit op die oorkoepelende waarneming dat musiek nooit neutraal is nie, en dat dit, spesifiek in hierdie tyd, op komplekse wyses sosiaal en kultureel bemiddel word.5

Dit is teen hierdie agtergrond dat hierdie artikel aan die hand van ’n besinning oor Jack Parow se liedjie “Cooler as ekke” tot die musikologiese diskoers wil bydra.

Populêre liedjies word reeds dekades lank as ’n belangrike speelveld vir kulturele kritiek gesien, en met name rap-musiek, wat allerweë as ’n bykans ideale gevallestudie vir analitiese teoretisering beskou word.6 In die lig van my inleiding hier bo is dit egter

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

nie my oogmerk om ’n dekonstruktiewe lesing aan te bied nie; ek beoog eerder om rekonstruktief ’n spekulatiewe konteks daar te stel waardeur “Cooler as ekke” as verteenwoordigend van ’n bepaalde rap-identiteit benader word.

Met rekonstruktief bedoel ek dat ek die betrokke liedjie vanuit die konstruksie van ’n bepaalde (geïmpliseerde) sosiokulturele konteks wil lees. Hierby wil ek egter sowel (musikaal-) intrinsieke as (sosiaal-) ekstrinsieke aspekte van die liedjie in berekening bring; met ander woorde, “Cooler as ekke” sal nie alleen deur die spekulatiewe konstruksie van ’n sosiale konteks verklaar word nie, maar formele aspekte van die liedjie gaan ook in my bespreking in ag geneem word. In hierdie verband steun my ontleding op Krims (2000) se rap-teorie waarin rap-genres as simboliese voorstellings van bepaalde etniese of geografiese identiteite geskets word, en op so ’n wyse ’n “empiriese” dimensie aan die uitleg van rap-musiek verleen.

2. Die rapper7

Jack Parow, oftewel Zander Tyler, die Afrikaanse rapper met die lang luiperdvel-keps, netjiese hangsnor en die zef lirieke (Rust 2010:142), is ’n betreklik nuwe gesig op die kommersiële Afrikaanse ligtemusiekmark. Sy bonkige tekkies en kenmerkende neonkleurige strandbroek is ewe veel deel van sy artistieke persona as sy teenwoordigheid op digitale media soos YouTube, Twitter en Facebook, waar hy wêreldwye gewildheid geniet. Sy onlangse optredes in België en Nederland was uitverkoop, en by van die vertonings het duisende mense buite saamgeluister omdat daar nie meer sitplekke beskikbaar was nie. Ten tye van die toer was Parow nommer 4 op MTV se Top 10 van gewildste sangers in albei dié lande (Edwards 2010). Hy is eenparig verkies as vanjaar se gesig vir die Pendoring-veldtog wat pryse aan die vervaardigers van die beste Afrikaanse reklameflitse uitloof. Hy is ook gevra om Pendoring se Afrikaanse kletsrymkompetisie te beoordeel omdat hy, volgens Pendoring se hoofbestuurder, Franette Klerck, “’n Afrikaanse kultusfiguur is” (Rust 2010:144).

Net so bekend soos Parow se kenmerkende voorkoms is die swetswoorde wat sy lirieke krui. Volgens Tyler (aangehaal in Rust 2010:144) vloek hy egter nie om te skok nie: “Vir my gaan dit oor eerlikheid. Ek is zef, dis wie ek regtig is. Ek kan nie lieg nie.” Hy verduidelik dat zef ’n ander woord vir kommin is – “heeltemal die teenoorgestelde van posh”. Die zefste ding wat hy tot dusver besit het, soos aan Rust (2010:144) vertel, was sy “peach-kleurige Ford Sierra met skaapvel oor die sitplekke en nagemaakte gras op die dashboard”.

Fourie (2010:3) voer aan dat zef “’n ou astrante drieletter-woord” is wat nou opnuut in die Afrikaanse spreektaal opgeduik het, en tans wêreldwyd gehoor word nadat die Kaapse musiekgroep Die Antwoord se liedjie “Zefside” opslae op die web gemaak het. Die woord is volgens haar afgelei van die naam van die Ford Zephyr wat in die 1950’s en ’60’s baie gewild in Afrikaanse middelklas-geledere was, en dui dus op ’n bepaalde “Afrikaner-nostalgie”.

Volgens Die Antwoord kan zef tans as dié “essensieel Suid-Afrikaanse styl” beskou word (Fourie 2010:3).

Frikkie Lombard8 (in Fourie 2010:3) meen die term dui op “iets wat oor die algemeen as ‘common’ gesien is, maar nou geloofwaardigheid het”.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Hiermee stem Ernst Kotzé9 (in Fourie 2010:3) saam wanneer hy aanvoer dat “dié vorm van slang [...] ’n ander soort waarde [gee] aan dit wat vantevore as ‘common’ beskryf is”; “[d]it skep ’n nuwe kultuur – wat ook as ’n parodie of alternatiewe kultuur beskou kan word – waarmee veral rap-kunstenaars probeer om ‘anders’ as die gewone te wees en só die grootste moontlike impak te maak.”

Hierdie gesigspunt verskil moontlik van dié van Tyler wanneer hy beweer dat sy musiek slegs eerlik is, en dat die inspirasie vir sy lirieke meestal aan sy “kommin” vriende se “eenlyn”-uitsprake ontleen word (Rust 2010:144). Selfs sy kunstenaarsnaam, Jack Parow, dui op ’n bepaalde pretensieloosheid en gewoonheid. Hy het hierdie verhoognaam aangeneem nadat hy Johnny Depp se vertolking van die karakter Jack Sparrow in Pirates of the Caribbean gesien het, en toe besluit het hy is Jack Parow – “the pirate of the caravan park” (Rust 2010:146).

3. Die kuns van rap

Een van die belangrikste publikasies oor rap-musiek wat gedurende die afgelope dekade die lig gesien het, is Adam Krims (2000) se Rap music and the poetics of identity. Terwyl Krims (2000:1) genoegsaam erkenning gee aan vroeëre publikasies oor die onderwerp, waarvan elk bepaalde kritieke aspekte van rap belig, fokus hy in sy studie veral op dié vorm se rol as simboliese representasie van etniese en geografiese identiteite.

Hy erken dat hierdie benadering nie noodwendig by kritiese hoofstroomsienings aansluit nie:

[S]uch an approach is not necessarily amenable to those uses of popular music that validate the latter as an upsetter of consensus and challenge to oppressive (usually discursive) hierarchies. But it is less a purpose of this book to paint rap music as cultural resistance than to outline the poetics of its functioning in the formation of ethnic and geographical identities. Krims (2000:1)

Baker (1994:186) beskou rap as die nuwe poëtiese “storie” van postmoderne kommersiële kuns wat ideaal binne die era van elektronies-gemedieerde produksie geposisioneer kan word. Hy voer aan dat rap vanaf sy ghetto-oorsprong deur middel van (steeds) toenemende hibriede gekommersialiseerde vorme tot die snel veranderende wêreld van mikrorekenaartegnologie, multivlak-opnametegnieke en videotegnieke toegetree het. Baker beklemtoon egter veral die poëtiese dimensie van rap wat in ’n groot mate geleë is in virtuose vokaliserings en swart stedelike choreografie; vir hom is dit “a postmodern form that is fiercely intertextual, open-ended and hybrid” (1994:193).

Hierteenoor is Potter (1995:20 e.v.) se siening heelwat minder optimisties wanneer hy rap as ’n fundamenteel “postapokaliptiese” vorm sien wat weinig meer bereik as om aan die “vervallende oppervlakke van postindustriële waardes te krap” (my vertaling).

Krims (2000:2) evalueer veral die historiese wortels van rap-musiek wanneer hy die aanvanklike ontstaan van die vorm as ’n kragtige manifestasie van swart identiteit sien wat, selfs in die talle hibriede transmutasies daarvan, ten diepste resoneer met “Afrodiasporic practice, signally transformed in cultural gestures and counter-gestures and in hybrid, syncretic, re-located inflections of meaning”. Hoewel die vorm egter (ook wêreldwyd) belangrike aspekte van orale Afrika-kultuur behou, bestaan dit tans uit ’n

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

komplekse mengsel van oraliteit en postmoderne tegnologie (vgl. ook Rose 1994:86). Selfs binne hierdie konteks wil Krims (2000:2) rap egter nie bloot as sinkretiese of hibriede vorm regverdig nie; dit gaan eerder vir hom om die “concrete social contexts in which it becomes imaginatively revalidated as something ‘real’, something which, to adopt the intransitive usage endemic to hip-hop culture, ‘represents’”.10

Op hierdie punt onderskei Krims (2000:3) sy benadering betekenisvol van dié van ander rap-studies deurdat hy die belang van die musikale poëtika van die vorm beklemtoon:

The central thesis offered in this book – that what I call the “musical poetics” of rap music must be taken seriously, because they are taken seriously by many people in the course of its production and consumption – is meant partially as a corrective to the vast majority of rap and hip-hop scholarship which takes the music seriously but gives little, if any, attention to its musical organization. Such approaches, I will argue, miss some of its cultural workings.

In terme van die metodologiese aanloop wat in die inleiding van hierdie artikel aangebied is, is dit belangrik om daarop te let dat dit nie Krims se bedoeling is om terug te gaan na die tipe ontledings wat uitsluitlik op “die musiek self” wil fokus nie. Hy wil eerder ’n brug slaan tussen wat hy as die musiekteoretiese en kulturele aspekte van die vorm beskryf. In hierdie opsig wil hy dus nie “suiwer” musikale parameters op sigself bestudeer nie; hy wil eerder bepaal op welke wyse hierdie parameters inspeel op die vorming van wat hy “processes of collective self-definition” noem – en vasstel volgens watter waarneembare musikale patroonmatighede sulke prosesse van voorstelling vasgelê word (Krims 2000:9). In hierdie opsig neem hy dus nie alleen ’n standpunt in wat grootliks van dié van ouer positiwistiese analitiese metodes verskil nie, maar ook van dié van die postmoderne ontleders wat kontekste skep wat soms só selfverwysend is dat dit soms glad nie meer met die musikale teks verband hou nie.

Vir Krims (2000:46) is die interne strukturering van musiek dus onontbeerlik vir die verstaan van die komplekse sosiale funksies daarvan. Hy ontwerp ’n soort sosiokulturele verwysingsisteem van rap-musiek-inhoude en -resepsie (Krims 2000:46 e.v.). In hierdie opsig verbind hy musikale betekenis met die idee van musikale genre soos van toepassing op rap-musiek, en beskou hy die betreklik outonome wêreld van diskoerse, style en genres nie as objektiewe aspekte van rap-musiek nie, maar eerder as diskursiewe aangeleenthede met betrekking tot sosiale gedrag en die bemiddeling daarvan.

Krims (2000:55–80) identifiseer vier hoof- of oorkoepelende rap-genres, naamlik partytjie-rap, pierewaaier-rap (“mack rap”), jazz-/boheemse rap, en realiteitsrap.11 Hoewel kruis-genre- en intra-genre-tropering baie algemeen binne alle transformasies/permutasies van Afrika-ontleende musiekvorme voorkom (ook in spirituals, blues en gospel), en genres dus baie dikwels in kombinasie of kombinasies aangetref word, kan Krims se kategorieë breedweg soos hier onder uiteengesit word.

3.1   Partytjie‐rap 

Hierdie genre is verteenwoordigend van die eerste voorbeelde van rap-musiek, wat bedoel was om jongmense “’n goeie tyd te laat hê”, of in Krims (2000:55) se woorde, “designed for moving a crowd, making them dance, or perhaps creating or continuing a ‘groove’ and a mood”. Partytjie-rap is verreweg die mees kommersiële van alle rap-genres. Wat die historiese oorsprong daarvan – en trouens van rap-musiek in geheel – betref, is daar ’n sterk verband met die Afrika-tradisie van “spog” (“toasting”) met die

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

rapper se verbale vermoëns wat dikwels met neerhalende uitsprake oor ’n werklike of denkbeeldige opponent gepaardgaan. (Dit is interessant om daarop te let dat hierdie gebruik vrylik binne alle rap-genres voorkom, maar veral in sogenaamde pierewaaier-rap).12

Wat die musikale karakter van partytjie-rap betref, beskryf Krims (2000:56) dit as dansmusiek met ’n prominente ritmiese aspek en, in terme van tekstuur, ’n minimale opeenstapeling van klanklae. Hierdie genre is dikwels “basgedrewe” en maak van vinnige ritmes gebruik (Party rap: http://www.allmusic.com/). Ten opsigte van verbale styl toon dit ’n merkbare verband met ’n “singerige” styl waarby frase-eindes dikwels rym, en twee- en viermaat-groeperings voorkom sodat dit maklik memoriseer en sigself tot saamsing leen (Krims 2000:56). Laasgenoemde aspek word ook versterk deur vokale koortjies of die voorkoms van ’n “hoek” wat maklik in die geheue vassteek (Party rap: http://www.allmusic.com/). Die onderwerpe van die liedjies is lig en bevat geen politieke ondertone nie (Party rap: http://www.allmusic.com/). Dit fokus op plesier, humor en die viering van die lewe – waarby seks en romanse dikwels ter sprake kom (Krims 2000:57).

3.2   Pierewaaier‐rap (“mack rap”) 

Net soos in die geval van partytjie-rap kan pierewaaier-rap (“mack rap”, of soms “pimp rap”) ook na ’n historiese Afrika-oorsprong teruggevoer word. Die pierewaaier is nie noodwendig ’n koppelaar (“pimp”) nie, maar ’n ervare “speler” wat weet hoe om vroue te beïndruk en eksplisiet in sy lirieke hieroor spog (Mack rap s.j.). Een van die mees algemene strategieë wat in hierdie genre gebruik word, is die sogenaamde “pierewaaier-tot-man”- aanspreekvorm (“mack to man address”) wat weer eens sy oorsprong in orale Afrika-tradisies het. Hiermee spreek die rap-persona ’n derde persoon aan deur te spog oor sy ervarings met vroue, sy mag oor hulle en oor sy seksuele vermoëns, of sy materiële welvarendheid (Krims 2000:62). In meer kommersiële weergawes kom ook die “pierewaaier-tot-vrou”-aanspreekvorm voor (“mack to woman address”) wat meer met populêre liefdesliedjie-genres ooreenstem (Krims 2000:63).

Krims (2000:63) wys uit dat pierewaaier-rap oor die algemeen ’n baie beperkte skopus van musikale middele vertoon, en dikwels van R&B-style13 gebruik maak, asook, in teenstelling met ander rap-genres, van lewende instrumentasie, soos ’n tromstel, baskitaar, digitale klawerborde, kitare en saksofone. Die kenmerkende opeenstapeling van klanklae, so eie aan rap, is, indien dit voorkom, nie naastenby so sterk kontrasterend as in van die ander genres nie, en dikwels word ’n gesonge refrein bygevoeg wat meestal deur ’n vrou gesing word (Krims 2000:64).

3.3   Jazz‐/boheemse rap 

Hierdie genre word dikwels as ’n soort “connoisseur”-kultuur gesien en soos die naam impliseer, vorm jazz, sowel geblik as lewend, deel van die musikale middele wat aangewend word – met name “cool jazz”, “soul jazz”, en “hard bop” (Jazz-rap: http://www.allmusic.com/). Die genre haal egter ook dikwels popmusiek vanaf die 1950’s tot die 1980’s aan (Krims 2000:66). Nietemin is die musikale styl van jazz-/boheemse rap moeiliker definieerbaar as in die geval van partytjie- of pierewaaier-rap; dit word juis deur eklektisisme gekenmerk, maar ook deur ’n bepaalde aura van “kunstigheid” (Krims 2000:66). Die verbale styl kan wissel van sangerigheid (soos by partytjie-rap) tot ’n perkussiewe-tipe praatstyl wat feitlik ’n “instrumentale” inslag het (Krims 2000:66). Die lirieke is meestal meer gesofistikeerd as by van die ander genres,

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

en maak dikwels op ’n kritiese sosiale bewustheid aanspraak. Oor die algemeen is hierdie genre meer “cool” en meer beredeneerd as ander rap-genres, en fokus dit dikwels bewustelik op sosiopolitieke vraagstukke (Jazz-rap: http://www.allmusic.com/).

3.4   Realiteitsrap 

Krims (2000:70) beskou realiteitsrap as die mees kultureel “gelade” van die verskillende rap-genres – en terselfdertyd een van die mees kommersieel-winsgewendes. Hierdie genre (spesifiek die subgenre “gangsta rap”) het dikwels ’n pedagogiese funksie. Warner (1998:33) beskryf dit as verteenwoordigend van ’n “organiese intellektualisme” wat ’n diepgaande dog gekompliseerde straatkennis openbaar.

Soos hier bo aangedui, weerspieël die lirieke die realiteite van ghetto- en ander laervlaksamelewingskontekste – dikwels verbandhoudend met heersende mediadebatte (Danielsen 2008:405). Die musikale style kan wyd varieer, maar oor die algemeen bevat dit die digte aanwending van klanklae wat ’n oormatige gebruik van geblikte “samplings”14 insluit (Krims 2000:73). Net soos by pierewaaier-rap kom lewende instrumentasie, wat R&B-style insluit, ook voor. Die styl word egter oor die algemeen deur ’n bepaalde “hardheid” gekenmerk, wat ook in die lirieke met manlikheid en “ghetto-sentrisiteit” verbind word. ’n Aggressiewe vierslagmaat word dikwels aangetref, asook klanklae wat “uit stemming” met mekaar is en botsende klankkleure (timbres) bevat (Krims 2000:73).

4. “Cooler as ekke”

Soos hier bo verduidelik, beskou Krims (2000:14) die musikale ontleding van rap-musiek nie as ’n abstrak-teoretiese aktiwiteit wat van die sosiokulturele konteks daarvan losgemaak kan word nie; eerder bepleit hy ’n benadering waar die musikale poësie van rap-genres op ’n betekenisvolle wyse inspeel op die kulturele wêreld wat dit ontsluit.

Krims (2000:15) se siening kom dus daarop neer dat rap-musiek as ’n spieël van sosiale kontekste kan funksioneer, en dat die wyse waarop dit gestruktureer is – die rymstyl, die tekstuur, die klankkleur, en die onderwerpe – ’n bepaalde kultureel-omlynde wêreld voorstel.

Die siening dat musikale betekenis nie slegs met formele elemente saamhang nie, maar binne ’n bepaalde konteks gekonstrueer word, is nie uniek aan Krims (2000) se werk nie. Martin (1995:57) voer byvoorbeeld aan dat “the meanings of music are neither inherent nor intuitively recognised, but emerge and become established (or changed or forgotten) as a consequence of the activities of groups of people in particular cultural contexts”.

Soortgelyk argumenteer Cook (2001:180) dat musikale betekenis nooit “alleen” staan nie, maar dat dit altyd deur die interpretatiewe bril van sosiale bemiddeling gestalte aanneem (Cook 1998:v) – ’n perspektief waarvolgens musikale betekenis gekonstrueer en nie gereproduseer word nie. Binne die konteks van rap-musiek is Krims (2000) se benadering egter uniek in dié opsig dat sy genremodel ’n oorspronklike interpretatiewe raamwerk bied waardeur kulturele prosesse en identiteite aan die hand van ’n kontekstuele begrip van spesifieke klankformasies verstaan kan word.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In die inleiding is daar verwys na plaaslike studies waarby kulturele en sosiopolitieke kontekste in die “Nuwe” Suid-Afrika aan die hand van musikologiese ontleding belig word. Ek lig hier onder slegs twee voorbeelde binne die terrein van onlangse populêre musiekstudies uit, en beperk my bespreking tot interpretasies van twee uiteenlopende postapartheid-Afrikaner-identiteite. Ook maak ek graag duidelik dat die besprekings wat ek in hierdie verband aanhaal, nie net op ’n sinvolle wyse spekulatief met die kontekste wat geskets word, omgaan nie, maar ook stewig op relevante empiriese gegewens steun.

Marlin-Curiel (2003) se studie oor musiek, taal en identiteit in die “Nuwe” Suid-Afrika beskryf ’n interessante herdefiniëring van Afrikaner-identiteit in die “rave”-musiek van die platejoggie DJ Opperman (Heine du Toit). Volgens haar bevestig sy eiesoortige multimediavertonings die feit dat sosiale identiteite in postapartheid-Suid-Afrika steeds deur die verlede gevorm word, en dat daar ’n sterk behoefte aan ’n rehabilitasie van Afrikaans-wees en van Afrikaans is:

I witnessed Du Toit’s act as no ordinary party, but one billed as an Afrikaans rave “that will put Afrikaans in a whole new context” (Matthews 1999). Bringing together Afrikaans-speaking musicians from varied racial and cultural backgrounds, the rave effectively repositioned Afrikaans from its place as the “language of the oppressor” to the lingua franca of cutting-edge sound. (Marlin-Curiel 2003:56)

Soos die organiseerder van die geleentheid dit stel:

The implication is that Afrikaans is now no longer God’s holy chosen language, but a versatile, modern, and extremely adaptable communication tool [...] uniquely positioned to be symbolic of how achievable unity is in South Africa.15

Marlin-Curiel (2003:55) beskryf DJ Opperman se aanbieding as ’n mengsel van ekstase-musiek (“trance music”), grepe uit toesprake van Afrikanerleiers, asook rugbykommentaar, gekoppel met visuele beelde van Afrikanersimbole, maar ook van onrusbarende flitse vanuit ons landsgeskiedenis, soos die lyk van die dertienjarige Hector Peterson wat tydens die 1976-Soweto-onluste weggedra word. Haar interpretasie van die betekenis van die musiek binne hierdie konteks is dat die politieke inklusiwiteit van die mediabeelde en -klankbane, tesame met die tegno-impak van die ekstase-musiek, ’n bepaalde subversiewe toon skep waardeur jong Afrikaners hulleself nie van hul verlede distansieer nie, maar dit eerder “omhels” en “vier” via ’n pad wat sowel helend as krities is (Marlin-Curiel 2003:55–6).

Postapartheid-Afrikaneridentiteit manifesteer egter op ’n teenstellende wyse in Bok van Blerk se liedjie “De la Rey” (2006). Lambrechts en Visagie (2009) se ideologiekritiese ontleding toon dat nostalgie in hierdie liedjie (en die gepaardgaande musiekvideo) ’n kragtige ideologiese invloed uitoefen. Deur die verheerliking van simboliese beelde uit die Afrikaner-verlede wat die bedreiginge van die hede impliseer, word die swaarkry vanuit ’n baie spesifieke periode van die Afrikaner-geskiedenis met dié van die hede in verband gebring en word “ou” nasionalistiese ideologieë op kragtige wyse herbevestig. Terwyl die liedjie binne ’n kort tyd ikoniese status bereik het, en die ou volkslied en ou landsvlag by uitvoerings daarvan gefigureer het, bevind Lambrechts en Visagie (2009:95) dat dit “geen positiewe bydrae tot ’n vooruitstrewende sosiale gemeenskap in Suid-Afrika (lewer) nie en stel dit ’n agteruitgang in Afrikaner-identiteit voor, eerder as ’n vooruitgang”. Oorkoepelend kan die liedjie as ’n eensydige uitbeelding van Afrikaner-identiteit gesien word. Binne die konteks van wat die skrywers as ’n Neo-

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Afrikaner-Protesbeweging beskryf, kan uitbeeldings van Afrikanerskap daarin verdraai word om as hipernormatiewe sienings te dien (Lambrechts en Visagie 2009:91 e.v.). Met die term hipernorm verwys Visagie (1996:79 e.v.) na ’n norm of waarde wat ’n konseptuele status aanneem en alle ander norme of waardes oorheers.16 Hierdie tipe konseptuele oorheersing impliseer altyd ’n eensydige siening van die werklikheid (uiterste voorbeelde is Nazisme of apartheid), en dui ook altyd op waardes wat ’n ideologiese (oorheersende) status in die lewe van ’n individu of groep aanneem. In my slotopmerkings sal ek duidelik maak dat vorme van konseptuele oorheersing ook ideologiese projeksies inhou wat ’n negatiewe ingesteldheid tussen groeperinge kan veroorsaak.

Dit is nie my doel om dié twee Afrikaner-identiteite in besonderhede te bespreek of met mekaar te vergelyk nie. Ek volstaan met die stelling dat hoewel dit meer opvallend is in die geval van “De la Rey”, eensydige sienings van postapartheid-Afrikanerskap in sowel DJ Opperman se “trance”-musiek as “De la Rey” geprojekteer word. Op die oog af is “De la Rey” se valse realiteit, gebore uit die verlede en die hede se swaarkry, moontlik meer misleidend en gevaarlik as die euforie van “saamwees” in ’n nuwe Suid-Afrika waar, soos Marlin-Curiel (2003:55) dit stel, die “familie-album” die gevalle Hector Petersen se foto projekteer, en ’n kommersiële tegno-“klankbaan” skrikwekkende hoorbeelde vanuit ons verlede uitblêr terwyl jongmense ekstaties dans. Moontlik het ons tans ver genoeg op die pad van die “Nuwe” Suid-Afrika gevorder om te besef dat simplistiese “reënboog-nasionalistiese” diskoerse hul eie ideologiese misleiding inhou – soos reeds uit talle post-1994-protesliedjies blyk.17

Van belang vir my bespreking van Jack Parow se “Cooler as ekke” is die idee dat hierdie liedjie ’n bepaalde beeld van eietydse Afrikanerskap skets waarin Afrikaner-verheerliking allermins aanwesig is, maar waarin die idee van die “viering” van ’n Afrikaanse “zef”-identiteit sterk na vore kom. Ek wil dus nie beweer dat die liedjie Afrikanerskap as sodanig uitbeeld nie, maar dat dit wel ’n manifestasie van Afrikanerskap projekteer waarmee sekere Afrikaanssprekendes sterk mag identifiseer, terwyl dit by ander ewe sterk weerstand mag wek. Die oorheersing van die “zef” Afrikaanse identiteit dui immers op ’n hipernormatiewe “waardeprojeksie” in die liedjie waarna ek in my slotopmerkings sal terugkeer.

Akademiese rap-studies beklemtoon dikwels die verband tussen rap-musiek en lae sosio-ekonomiese kontekste. Rose (1994:34) wys byvoorbeeld daarop dat die stedelike oorsprong van Afro-Amerikaanse rap en hip-hop voortgespruit het uit die straatpraktyke van swart musici wat hulself tot voorafopgeneemde musiek gewend het omdat hulle nie instrumente kon bekostig nie. Dieselfde konteks word deur Potter (1995:110) geskets wanneer hy aanvoer dat die eerste geslag rap-kunstenaars in Amerika elektrisiteit vanuit lamppale gesteel en hul musiek met goedkoop draaitafels, tuisgemaakte klankversterkers en ou LP’s geproduseer het. Krims (2000:96) se fokus op bepaalde konstruksies van swart etnisiteit in rap-musiek versterk visies van ekstreme armoede, asook sosiale lyding en marginalisering. Meer onlangs bevestig Barrer (2009:59), Forman (2004:203) en Keyes (2002:150) rap se status as gekultiveer en esteties gedefinieer deur middel van armoede in stedelike ruimtes waar die inwoners ekonomiese of politieke mag ontbreek.

In Suid-Afrika het rap aanvanklik onder die Kaapse bruin bevolking ontstaan. Battersby (2003:112) toon aan dat hierdie musiek veral as ’n weerstandsbeweging gesien kan word, en dat musiek van die “ou skool”-Suid-Afrikaanse rap – soos dié van die groepe Prophets of da City, Black Noise en Brasse vannie Kaap – as aktiewe sosiale kommentaar gefunksioneer het. Sy wys daarop dat interkulturele elemente in hierdie

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

groepe se werk dikwels gebruik is om subversiewe elemente in te voer en om spesifiek teen wit mag te protesteer (Battersby 2003:114). In hierdie verband verwys sy na die voorbeeld van Prophets of da City se gebruik van die bekende Afrikaanse volksliedjie “Daar kom die Alabama” – ’n liedjie wat geskiedkundig met die beeld van die “hêppie Coon” geassosieer word (Battersby 2003:114) – maar wat binne die rap-liedjie ’n subversiewe status aanneem om die idee van ’n essensialistiese identiteit (die singende bruin slaaf) te opponeer.

Suid-Afrikaanse rap verwys ook dikwels na beelde van die “ghetto” (vergelyk byvoorbeeld die naam van die plaaslike platemaatskappy Ghetto Ruff, of CD’s soos Ghetto Code van die rap-groep Prophets of da City, 1997). Battersby (2003:119) voer aan dat die idee van die ghetto in rap-musiek ’n plek van etniese trots en outentisiteit geword het. Sy wys daarop dat hoewel die ghetto in essensie met swart identiteit geassosieer word, dit ook wêreldwyd in rap-musiek met kontekste van onderdrukking verbind word. In hierdie verband verwys sy na die rapper Shamiel X wat aanvoer: “I’ve been to London, Sweden, Germany, all over the place. And everywhere, where people felt fucked by the establishment, kids were into hip-hop” (Battersby 2003:119).

Wanneer die liriek van Jack Parow se “Cooler as ekke” bestudeer word, is dit egter duidelik dat hierdie liedjie, ofskoon dit ’n tipe “klasse-oorlog” teken, oënskynlik nie behoort tot ’n sosiaal-gemarginaliseerde konteks waarin weerstand teen politieke oorheersing gebied word nie.

Cooler as ekke18

Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy rook Yves Saint Laurent sigarette Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy’t ’n tattoo van ’n slang op jou tette Jy dink jy’s cooler as ek, want jy’t ’n plakkaat van Led Zeppelin bo jou bed Jy dink jy’s cooler as ek, want jy’s elke jaar by die J&B Met

Jy’s ou nuus, ek kom met rou beats Jy lê en wag, ek gan soek iets Jy’s ice tea, ek’s witblits Jy’s lite bier, ek’s spirits Jy’s die ou met die new fresh look Ek’s die ou met die Pep Stores broek Ek watch jou, jy koekeloer oukes jy forward nog Vernon Koekemoer jokes Ek’s fantasties, jy’s spasties Ek vat an poppies, jy raak an klein kids Jy’s Tim Voster, ek’s Chris Edwards Jy’s innie bosse, ek rol innie vet shit Jy’s boring soos liedjies ommie kampvuur my styl slick sneak suutjies soos ’n vampier jou styl kak sag soos ’n pink marshmallow meisies skree vir net “one night in Parow” Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy hang saam met models en ek hang saam met slette Jy dink jy’s cooler as ekke, want ek’s ’n rapper en jy sing in falsette Jy dink jy’s cooler as ek, want ek ry op met die bus en jy vlieg op met ’n jet Jy dink jy’s cooler as ek, want jy ry in ’n Peugeot twee nul ses Jy rol met ’n selfoon in jou pen Ek rol nog met ’n 3310

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

My styl gooi sexy korrek Jy dra nog fokken Mr Price Red As ek instap skrikkie hele fokken bar Jy kry nog fokken geld by jou ma Ek los die hele jol papnat As jy instap begin die hele jollie pad vat ek’s Amerika, jy’s Irak ek bomb jou lat die kak slap spat Ek’s ’n Bic pen, jy’s ’n Mont Blanc Jy loop rond met fokken skuim op jou mond-rand Ek’s original jy’s gecopy Ek’s ’n flash drive jy’s ’n floppy Jy maak of jy alles het ma jy’s fake Jack Parow bra ek lewe soos ’n straatmeit Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy drink by Ku De Ta en ek drink by De Dekke Jy dink jy’s cooler as ekke, want jy’s die gentleman, bra eksie prette Jy dink jy’s cooler as ek, want ek hou vakansie in Hartenbos en jy hou vakansie in Quebec Jy dink jy’s cooler as ek, omdat jy die nuwe issue van One Small Seed het Jack Parow bra ek’s poes woes Jy eet caviar en couscous Ek drink Klipdrif, jy drink Peroni Jy’t vriende in Swede, ek het vriende in Benoni Ek koop al my klere by die local Pep Stores save more Jy koop al jou fokken klere by a store Jy dra net fokken Polo shirts Shame, jy luister na die Dirty Skirts My naam’s Parow, dik heavy uitgeskollie Jy lyk soos Jeremy de Tollie Jack Parow, die life van die party Jy dra net fokken Issey Miyake Jy’s too cool for school, ek’s mos kief Ek’s grasshopper, jy’s Lacoste sportief Jy lat die koek flop, ek lat die huis rys Jou meisie het ’n foto van my piel op haar Space Case.

Duidelik is “Cooler as ekke” ’n parodie van die Afro-Amerikaanse rap-model van pierewaaier-rap (vgl. Krims 2000:62). Hierdie tong-in-die-kies uitgangspunt blyk nie alleen uit die liriek hier bo nie, maar ook uit die meegaande videomateriaal waarin die rapper sy “opponent” by ’n voorstedelike padkafee bedien, en die verbale “skermutseling” begin. Anders as wat egter dikwels met parodie die geval is (ook in populêre of gekommersialiseerde kuns), is daar op die oog af geen polemiese element in die liedjie nie. Parow vier sy “kommin”, “sexy korrekte” status; hy is die “life van die party”; hy’s “kief”. Die kunstenaar se eie kommentaar oor sy werk, soos vroeër in die artikel aangehaal, laat dit ook onwaarskynlik lyk dat hy parodie suiwer aanwend om die draak te steek met sy “wortel”-kunsvorm, naamlik pierewaaier-rap. Nietemin bevat “Cooler as ekke” elemente van satire, wat veral in die alledaagsheid en “Afrikaansheid” van die liedjie gesetel is.

Op hierdie punt wil ek graag aandag gee aan die musikale poëtika van “Cooler as ekke”. Soos vroeër gemeld, ressorteer die liedjie onder Krims (2000) se kategorie van pierewaaier-rap, en wel onder die “pierewaaier-tot-man”- (“mack to man”) variant waarby Parow sy “opponent” aanspreek deur te spog oor sy ervarings met vroue

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

(insluitend die opponent se meisie), sy mag oor die skoner geslag, sy seksuele vermoëns, en (sy weergawe van) materiële welvarendheid (vgl. Krims 2000:62).

Soos in Krims (2000:63) se beskrywing van pierewaaier-rap vertoon die liedjie ’n beperkte aanwending van musikale middele, en maak dit gebruik van lewende instrumentasie, insluitende ’n tromstel en akoestiese kitaar (gespeel deur Hunter Kennedy). Daar is geen opeenstapeling van klanklae of van “sampling” nie, maar, soos veronderstel deur die genremodel, word ’n refrein gesing deur ’n bygevoegde vrouestem (vgl. Krims 2000:64). Die soniese trefkrag van die liedjie lê moontlik veral in die absolute eenvoud van musikale middele. Kennedy se kunstige kitaarspel is die enigste musikaal estetiese aspek wat ’n ryker klankkleur aan die begeleiding verleen, alhoewel die eenvoudige, herhalende aard van die musiek, wat slegs op ’n enkele tonika-akkoord en ’n maklik onthoubare ritmiese patroon steun, ’n besondere impak aan die liedjie verleen deur middel van ’n swaar ritmiese polsslag. Die musikale styl herinner egter nie aan partytjie-rap nie (vgl. Krims 2000:55), aangesien die tempo relatief stadig is, en Parow se amperse praatstyl geen sangerige element bevat nie – ten spyte van die kenmerkende Kôpse aksent en klaerige toon.

Soos reeds genoem, bevat die lirieke ’n subtiele satiriese element deurdat stereotiepe statussimbole van die “in” groep (soos Yves Saint Laurent-sigarette, ystee, “lite” bier, Peroni, Issey Miyake, Lacoste sportief (sic), ensovoorts) teenoor Parow se “rou beats”, “witblits” en “spirits” en sy “styl” wat “slick” en “suutjies sneak soos ’n vampier” afgespeel word. Dit is ’n tipiese rap-eienskap dat bekende massakultuurbeelde en -verwysings ryklik deur die teks gestrooi word; weer eens is dit kenmerkend van die “pierewaaier-tot-man”-subkategorie dat karakters uit byvoorbeeld die Afrikaanse sepie Egoli aangehaal word as identifisering met die opponent en met Parow (“Jy’s Tim Voster, ek’s Chris Edwards”; dit dui onderskeidelik op die akteurs David Vlok, die groot kwaaddoener in die storie, en Eckard Rabe, die groot held). Net so kenmerkend van hierdie subgenre is die “uithaal” van opponente in die musiekbedryf: “Jy lyk soos Jeremy de Tollie” (die voorsanger van die Kaapstad-gebaseerde alternatiewe “indie”-rockgroep, The Dirty Skirts) teenoor “Jack Parow, die life van die party”. Die hele strekking van “Cooler as ekke” se lirieke is dus ingestel op die viering van Afrikaanse “gewoonheid”, “komminheid” en “zefheid”. Soos vroeër uitgewys, word hierdie “essensieel Suid-Afrikaanse styl” (Fourie 2010:3) tans selfs deur gerekende akademici as “eg” en “geloofwaardig” gesien, en word daar gemeen dat dit ’n nuwe alternatiewe kultuur, of ’n nuwe kultuur van parodie, skep (Kotzé in Fourie 2010:3).

Watter tipe Afrikanerskap word dus in Parow se liedjie geteken?

My interpretasie van “Cooler as ekke” steun tot dusver op my interpretasie van die musikale poësie aan die hand van Krims (2000) se genresisteem. Die breër sosiale konteks waarna Krims (2000) se interpretatiewe strategie vra, is reeds plek-plek in my argument aangeraak, maar kan meer spesifiek geskets word as een waarin konsepte van identiteit op vele vlakke beding word, en kultuurgrense toenemend oorgesteek word.

Wasserman en Jacobs (2003:15) dui aan dat identiteitskonstruksie egter nie slegs as hibriditeit funksioneer nie, maar dat eksklusiewe opvattings van identiteit, soos gebaseer op ras en etnisiteit, steeds ’n kragtige invloed uitoefen.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Lambrechts en Visagie (2009) se studie bevestig hierdie bevinding nie alleen aan die hand van die koerantpolemiek nie, maar ook deur middel van Steyn (2001) se konsep van white talk waarmee sy die diskoers van transformasie ontleed. Gebaseer op ’n ontleding van briewe wat gedurende 2001 aan die Afrikaanse Sondagkoerant Rapport geskryf is, toon Steyn (2001) se navorsing ’n diepgaande krisis onder wit Suid-Afrikaners wat vrese oor die verlies van die self, van kultuur, en van bekende tradisies insluit. Lambrechts en Visagie (2009) bevind dat hierdie proses spesifiek Afrikaners traumatiseer, en dat hierdie groep daarom soek na ’n “geherkontekstualiseerde, herontdekte identiteit”.

Volgens hierdie perspektief word dit duidelik dat Jack Parow ’n weergawe van Afrikaner-identiteit konstrueer wat vashou aan oorbekende, alledaagse simbole van die “zef” Afrikaanse lewe, soos “vriende in Benoni”, ’n “Pep Stores broek”, en “Vernon Koekemoer jokes”. Parow se pierewaaier-parodie, waarop bepaalde genre-oorwegings inspeel, verklaar die feit dat sy opponent nie ’n onderdrukkende etniese groep verteenwoordig nie. Soos dit egter teen die einde van my bespreking duidelik sal word, beteken hierdie waarneming nie dat die liedjie nie wel ’n tipe kulturele weerstand suggereer nie – of dat dit bloot onskuldig op etnisiteit inspeel nie.

Op hierdie punt kan daar eerstens opgemerk word dat Parow se “zef” identiteit op ’n nuwe soort politiek van verskil dui, waardeur die rapper sy herkoms bewustelik oproep, dog terselfdertyd globale invloede omhels en inkorporeer: die internasionale “wêreld” van rap, die Afrika-wortels van “viering” (“toasts”), en die kommersiële simbole eie aan die opponent.

Verder is dit veral die banaliteit van Parow se straatwysheid wat Krims (2000) se sosiokulturele konteks op ’n betekenisvolle wyse in die liedjie konstrueer en daarom verdere oordenking verdien. Shinkle (2004:172) argumenteer dat banaliteit nie deur die subjek as bedreigend beleef word wanneer dit “beskerming” teen die trauma van die alledaagse lewe bied nie. Die openlikheid en uitdruklikheid van banaliteit voorveronderstel gevolglik ’n bykans onkritiese aanvaarding daarvan; nie van kruheid as sodanig nie, maar van die onmerkwaardigheid daarvan (Wakefield 1998:244). Soos Shinkle (2004:175) dit stel, skok banaliteit moontlik op die oppervlak, maar werk dit nie uiteindelik mee om die sosiale probleme wat dit suggereer, aan te spreek nie: “Faced with banality, we are asked to do nothing.”

Eagleton (1992:93) argumenteer dat dit ’n fout sou wees om te meen dat banaliteit om hierdie rede ideologies neutraal is. Ofskoon banaliteit gewoon as minderwaardige kuns verpak mag word, is dit nietemin instrumenteel in die “texturing [...], fetishizing, and libidinizing” van sosiale realiteit. Op die vlak van teoretisering is dit alles goed en wel – maar in terme van resepsie (die reële belewing daarvan, hetsy individueel of kollektief) kan banaliteit die subjek nietemin juis gewoond maak aan die ervaring van simbole en beelde wat aan subversiewe funksie ontneem is. Volgens Shinkle (2004:181) neig die blatante uitgesprokenheid van banaliteit om die ideologiese speelveld “gelyk” te maak. Campany (2003:132) is meer sinies wanneer hy meen dat banaliteit die subjek in ’n staat van intellektuele gevangenskap laat: “[It] can leave us in permanent limbo, obliterating even the need for analysis and bolstering a kind of liberal melancholy that shuns political explanation like a vampire shuns garlic.”

Ofskoon die nuwe Afrikaanse “zef” styl dus as “essensieel Suid-Afrikaans” gesien word, en selfs deur geleerdes as “eg” en “geloofwaardig” beskryf word (vgl. weer uitsprake aangehaal in Fourie 2010:3), wil ’n meer diepgaande kontekstualisering van “Cooler as ekke” nie hierdie siening steun nie. Die liedjie is kru en gee aanstoot,

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

moontlik juis omdat dit so ’n eensydige uitbeelding van Afrikanerskap oproep. Hierdie besware verdiep wanneer verdere implikasies van banaliteit in ag geneem word: dat dit die subjek in ideologies gerieflike maniere van ervaar vasvang.

Laat ons die stellings hier bo ook vanuit ’n ander kritiese hoek benader. Die akademiese studie van populêre kultuur word reeds die afgelope dekades as ’n belangrike afdeling van kritiese teorie beskou. Soos ek in die inleiding aangevoer het, was een van die gevolge van hierdie ontwikkeling dat voorheen aanvaarde dualistiese verdelings tussen “hoë” en “lae” kunsvorme vervaag het – soos dit ook binne “Nuwe” musikologiese studies beslag gekry het.

Die tendens om populêre kultuur as waardevolle tekste vir sosiale kommentaar te beskou, het reeds gedurende die vorige eeu impetus gekry met die werk van gerekende kultuurkritici soos Eco (1988 en 1986) en Barthes (1957). In hierdie verband kan daar byvoorbeeld na Barthes (1957:116) se bekende ontleding van ’n voorblad van die tydskrif Paris Match verwys word. Barthes interpreteer alle visuele simbole in die eenvoudige foto van ’n swart soldaat in Franse uniform aan die hand van sy teorie rondom hedendaagse mites. Op hierdie wyse konstateer hy dat die foto geen feitelike inligting oor die jong man of oor sy lewe kommunikeer nie, maar dat die afbeelding terselfdertyd méér simboliseer as wat die kyker op die oppervlak mag waarneem. Barthes (1957:116) redeneer dat die foto “Fransheid”, “militarisme” en “etniese andersheid” simboliseer. Hierdie aspekte suggereer nie as sodanig dat Frankryk ’n groot moondheid is of dat alle Franse jong mans, ongeag kleur, getrou onder die vlag dien nie. Eerder beklemtoon Barthes (1957:116) dat die kombinasie van simbole (die saluut, die Franse militêre uniform en die Algerynse nasionaliteit van die jong man) die mite van imperiale mag en onderdanige toewyding projekteer.

Hierdie voorbeeld beklemtoon die feit dat die skynbare niksbeduidendheid van populêre kulturele produkte wel belangrike seggingskrag het. En soos elders in die artikel aangevoer, geniet rap-studies reeds ’n geruime tyd al aandag vanuit gerekende akademiese geledere. Die Britse ideologiekritikus Thompson (1990:60) se idee van “ideological modes of operation” waarmee hy alle simboliese uitdrukkingsvorme benader, bied moontlik ook in hierdie verband ’n waardevolle instrument om “Cooler as ekke” vanuit ’n ideologiekritiese perspektief te bestudeer.

Thompson (1990:60) voer aan dat sogenaamde “ideological modes of operation” strategies ten opsigte van die simboliese konstruksie van ideologie funksioneer, naamlik in die vorm van “legitimation” (hierdie strategie het te make met die rasionalisering, universalisering of narratifisering van ideologiese inhoud); “dissimulation” (hiermee verwys Thompson na die verskansing van ideologiese inhoud deur middel van “verplasing”, byvoorbeeld deur die gebruik van bekende tropes, of deur verbloemende of versagtende taalgebruik); “unification” (hier gaan dit om standaardisering of ’n simbolisering van eenheid); “fragmentation” (dit het te make met differensiëring, of selfs die uitwissing van die ander); en laastens “reification” (naturalisering; “passifisering”; die projeksie van “ewigdurendheid”).

As ’n mens vanuit hierdie perspektief na Barthes (1957:116) se voorbeeld kyk, word dit duidelik dat sy interpretasie van die foto minstens met Thompson se strategieë van “legitimation”, “unification” en “reification” ooreenstem. Indien ons Thompson se begrippe op “Cooler as ekke” toepas, kan ons aflei dat die liedjie ook aan die hand van “legitimation” (die daarstelling van ’n bepaalde narratief van Afrikanerskap), “unification” (die simboliese “behoort” tot hierdie narratief) en “fragmentation” (die distansiëring van die ander) ideologies funksioneer.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In ’n onderhoud met Rust (2010:146) laat Parow blyk dat dit sy grootste aspirasie is om “mense van alle klasse te verenig, sodat almal saam kan paartie hou”. Dit is juis vir mense op wie ander neersien dat hy rap – mense soos dié in Parow, “waarop sommige uit die suidelike voorstede neersien”, “[n]es op die inwoners van Bellville en Durbanville” (Rust 2010:146).

In dieselfde berig skryf Rust (2010:145) dat meer as 600 000 musiekliefhebbers van regoor die wêreld op daardie stadium reeds op Parow se YouTube-video’s geklik het. Edwards (2010) skryf dat Jack Parow se kubergewildheid reeds dié van die Afrikaanse sangers Kurt Darren en Steve Hofmeyr oortref het en dat sy YouTube-video van “Cooler as ekke” op daardie stadium reeds deur 1,2 miljoen mense gekyk is.

Dit is egter welbekend dat Parow se musiek, ten spyte van sy groot plaaslike aanhang, by baie Afrikaners weerstand wek. Rust (2010:144) haal ’n anonieme briefskrywer aan wat op 13 Maart 2010 in Die Burger se bylaag By skryf: “Wat ’n skande dat Jack Parow met sy growwe ongeskiktheid ons Afrikaners (se naam) so gat maak”. Later die jaar berig Prins (2010) dat Parow aan die Huisgenoot Skouspel moes onttrek omdat die Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis nie daarmee gemaklik was om die “Onse Vader” te sing op ’n verhoog wat sy met Parow moes deel nie. Van die opmerkings wat hierna op Rapporteer (2010) verskyn het, lees (onveranderd weergegee): “Ek sal nie duur betaal om so skerminkel te hoor sing nie. Sies Jack het jou ouers jou nie maniere geleer nie?” (Jaco, 19 September 2010); “Ag f*k eskuus demmit Jack Parow jy is ’n vuiluil wat niemand respekteer met jou vuil praatjies nie, nou wil jy saam met ordentlike mense optree? Nee man gaan vra daai ander vuilgat Casper of jy nie saam met hom kan werk nie” (Philip, 19 September 2010); en “HOERA vir Juanita! Hierdie Parow mannetjie sal net cool wees op aarde, maar in die hel gaan jy brand boetie! Jy verlei jongmense en oortuig hulle dis cool om f...p te wees! As jy my laaitie was, het ek jou dood geb...m!! In diensplig jare sou jy dit nie gemaak het nie! Lyk my jy kon nie werk kry nie, toe besluit jy maar om vir die duiwel te werk! Vloek rustig voort jou skuim!” (andre pretoria, 19 September 2010).

In ’n rubriek getiteld “’n Ander soort Afrikaner” benader Swarts (2010) die debat vanuit ’n meer intellektuele hoek. Hy meen byvoorbeeld dat Parow se musiekvideo “Dans Dans Dans” ’n identiteitsverskuiwing binne Afrikaner-geledere uitbeeld. Swarts gee toe dat ’n mens “’n hele paar intentional fallacies (moet) pleeg en baie verbeelding (moet) gebruik om by hierdie interpretasie uit te kom”, maar nietemin lewer die video vir hom op ’n manier kritiek op “’n soort Afrikaner wat besig is om stadig maar seker uit te sterf”:

Dis die soort Afrikaner wat briewe oor die taaldebat aan Afrikaanse dagblaaie skryf, graag met mekaar oor hulle beleggings praat en onderlangs wedywer vir die duurste 4x4, die grootste strandhuis, die regte skilderye en die vetste bankrekening (en so af en toe die nuutste André Rieu-CD). Die soort wat in die 1960’s ontpop het, toe die Afrikaner begin ryk raak het. (Dis oor hulle en hul BMW’s wat Johannes Kerkorrel graag gesing het).

[...] Hulle grawe rondom die spreekwoordelike kisdeksel van die Volk in die hoop om iets van waarde te vind, net om telkens begroet te word met ’n jonger geslag wat eenvoudig nie omgee oor of identifiseer met hul strewes nie.

Swarts (2010) glo dat die identiteitsverskuiwing wat tans in Afrikaners se geledere plaasvind, deur Parow vergestalt word; dat hy “die ruwe, styllose armoede wat onder sommige van sy volksgenote geheers het [...] approprieer en op[...]hef”.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die uiteenlopende standpunte waarna hier bo verwys word, maak dit duidelik dat Parow nie in sy doel slaag om “almal saam te laat paartie hou” nie (Parow in Rust 2010:146). In “Cooler as ekke” is daar eerder (veral) sprake van ’n skeiding van “klasse” en van “groepe”, en dus sprake van ’n distansiëring van die ander (“fragmentation” in Thompson se terme).

Swarts suggereer egter dat Parow se aanhang nie alleen in ’n soort verheerliking van minder glorieuse aspekte van die Afrikaner se verlede en hede geleë is nie, maar ook in sy grondige disrespek vir uitgediende, pretensieuse voorstellings van Afrikanerskap. Van die inskrywings op Rapporteer (2010) bevestig hierdie sienings; Kafka (19 September 2010) meen selfs “Dis kunstenaars soos Parow wat sorg dat Afrikaans bloei en weer gewild word onder jong (en ouer) mense.” En in antwoord op andre pretoria wat hier bo aangehaal is: “Ou Andre jy en jou trawante is die rede hoekom ons mense soos Jack Parow het. Jou banale, enge, fanatiesisme gaan goed saam met jou baard (jy moet ten minste ’n baard he) so al wat kort is a Al Qeida lidmaatskap jou vark! haha.”

Dit is op hierdie vlak van “verdeling” – wat ooglopend in “Cooler as ekke” aanwesig is – dat die liedjie ’n minder onskuldige Afrikaner-identiteit teken. Dit is hier waar die oënskynlik onskadelike en oppervlakkige pierewaaier-skermutseling ondertone van ’n minder tegemoetkomende, ideologiese identiteitsvorming begin inhou: aan die een kant is ’n veronderstelde gedeelde afkoms ter sprake en aan die ander kant ’n eensydige (hipernormatiewe) tekening van Afrikanerskap, wat terselfdertyd growwe skeidings binne Afrikaner-geledere trek.19

Dit is immers op hierdie komplekse sosiokulturele (diskursiewe) vlak dat rap opereer – en waarop dit eensydige verklarings weerstaan. As die konstruksie van ’n banale (rap-) identiteit kan die liedjie dus aan die een kant dien om ’n bepaalde tipe Afrikaner-identiteit te verabsoluteer – maar, net soos in Barthes se voorbeeld, kan dit terselfdertyd ’n vorm van sosiale kritiek uitoefen (vgl. Swarts 2010).

Om Krims (2000:9) dus nogmaals aan te haal:

Indeed, the association of rap music with marginalized and aggrieved groups virtually guarantees that the carving out of discursive presence will take center stage in serious discussions. In addition, it is arguable that hip-hop culture, with its focus on “realness” and claims of cultural ownership, foregrounds identity with an explicitness well-nigh unprecedented even in the ethnically and gender-loaded world of popular musics.

Bibliografie

Agawu, K. 1996. Analyzing music under the new musicological regime. Music Theory Online, 2(4). http://mto.societymusictheory.org/issues/mto.96.2.4/mto.96.2.4.agawu. html?q=mto/issues/mto.96.2.4/mto.96.2.4.agawu.html (3 Desember 2010 geraadpleeg).

Akrofi, E., M. Smit en S-M. Thórsen. 2007. Music and identity: Transformation and negotiation. Stellenbosch: Sun Uitgewers.

Allen, L. 2004. Kwaito versus crossed-over: Music and identity during South Africa’s rainbow years, 1994-99. Social Dynamics, 30(2): 82-111.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Baker, H.A. 1994. Beyond artefacts: Cultural studies and the new hybridity of rap. InEzell en O’Brien O’Keefe (reds.) 1994.

Ballantine, C. 2004. Re-thinking “whiteness”? Identity, change and “white” popular music in postapartheid South Africa. Popular Music, 23(2):105–31.

Barthes, R. 1957. Mythologies. Parys: Editions du Seuill.

Barrer, P. 2009. “My white, blue, and red heart”: Constructing a Slovak identity in rap music. Popular Music and Society, 32(1):59–75.

Battersby, J. 2003. “Sometimes it feels like I’m not black enough”: Recast(e)ing coloured through South African hip-hop as a postcolonial text. In Wasserman en Jacobs (reds.) 2003.

Boloka, G. 2003. Cultural studies and the transformation of the music industry: Some reflections on Kwaito. In Wasserman en Jacobs (reds.) 2003.

Campany, D. 2003. Safe in numbness. In Green (red.) 2003.

Chew, G. 1992. Culture and value: The musical canon in a “New South Africa”. South African Journal of Musicology, 12:1-9.

Cook, N. 2001. Theorising musical meaning. Music Theory Spectrum, 23(2):170–95.

—. 1999. What is musicology? http://www.rma.ac.uk/articles/what -is-musicology.htm (10 September 2010 geraadpleeg).

—. 1998. Analysing musical multimedia. Oxford: Clarendon Press.

Cook, N. en M. Everist. 1999. Rethinking music. Oxford: Oxford University Press.

Culler, J. 1988. Framing the sign: Criticism and its institutions. Londen: University of Oklahoma Press.

Danielsen, A. 2008. The musicalization of “reality”: Reality rap and rap reality on Public Enemy’s Fear of a Black Planet. European Journal of Cultural Studies, 11(4):405–20.

Derrida, J. 1981. Positions. Vertaal deur A. Bass. Chicago: University of Chicago Press.

Eagleton, T. 1992. Capitalism, modernism, and postmodernism. In Frascina en Harrison (reds.) 1992.

Eco, U. 1988. The structure of bad taste. Amsterdam: Bert Bakker.

—. 1986. Travels in hyperreality. New York: Harcourt.

Edwards, G. 2010. Parow “cooler” as Kurt. http://m.news24.com/volksblad/Suid-Afrika/Nuus/Parow-cooler-as-Kurt-20100903 (10 November 2010 geraadpleeg).

Erlmann, V. 1984. Resensie: Jacques P. Malan, South African Music Encyclopedia, Vol II. South African Journal of Musicology, 4:73–6.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Ezell, M.J.M. en K. O’Brien O’Keefe (reds.). 1994. Cultural artefacts and the production of meaning: The page, the image, and the body. Ann Arbor: University of Michigan Press.

Floyd, S.A. 1995. The power of black music: Interpreting its history from Africa to the United States. New York: Oxford University Press.

Forman, M. 2004. “Represent”: Race, space, and place in rap music. InForman en Neal (reds.) 2004.

Forman, M. en M.A. Neal (reds.). 2004. That’s the joint! The hip-hop studies reader. New York: Routledge.

Fourie, M. 2010. Is dit “zef” om jou “kômmin” te gedra? Volksblad, 16 Februarie, bl. 3.

Frascina, F. en C. Harrison (reds.). 1992. Art in modern culture: An anthology of critical texts. Londen: Phaidon.

Froneman, W. 2010. The riches of embarrassment: On traversing hegemonies. Ongepubliseerde kongresreferaat. IMS-SASRIM Kongres. Stellenbosch, 14–17 Julie.

Galane, S. 2008. Beyond memory: Recording the history, moments and memories of South African music. Somerset-Wes: African Minds.

Green, D. 2003. Where is the photograph? Manchester: Photoworks/Photoforum.

Jazz rap. s.j. http://www.allmusic.com/explore/style/jazz-rap-d2920 (3 Desember 2010 geraadpleeg).

Janus, E. (red.). 1998. Veronica’s revenge: Contemporary perspectives on photography. Zürich: LAC Press.

Kerman, J. 1985. Contemplating music: Challenges to musicology. Cambridge, Mass.: Harvard University Press.

Keyes, C.L. 2002. Rap music and street consciousness. Chicago: University of Illinois Press.

Kramer, L. 2003. Musicology and meaning. The Musical Times, 144(1883):6–12.

Krims, A. 2000. Rap music and the poetics of identity. Cambridge: Cambridge University Press.

Lambrechts, L. en J. Visagie. 2009. “De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei?”. LitNet Akademies, 6(2):75–105. http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_6_2_lambrechts_visagie.pdf (30 November 2010 geraadpleeg).

Lucia, C. (red.). 2005. The world of South African music. Newcastle: Cambridge Scholars Press.

Lüdemann, W. 1993. Music in transition: In search of a paradigm. South African Journal of Musicology, 13:31–42.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Mack rap. s.j. http://www.urbandictionary.com/define.php?term=mack (20 November 2010 geraadpleeg).

Marlin-Curiel, S. 2003. Sampling the past: Sound, language and identity in the New South Africa. In Wasserman en Jacobs (reds.) 2003.

Martin, P. 1995. Sound and society: Themes in the sociology of music. Manchester: Manchester University Press.

Matthews, M. 1999. “Trance met ’n missie”. Daily Mail and Guardian, 17 Desember. http://www.mg.co.za/art/music/9912/9912217-transmissie.html (15 November 2010 geraadpleeg).

Mellencamp, P. (red.). 1990. Logics of television: Essays in cultural criticism. Bloomington: Indiana University Press.

Morris, M. 1990. Banality in cultural studies. In Mellencamp (red.) 1990.

Muller, S. 2008. Arnold van Wyk’s hard, strong, flinty path or making things beautiful in apartheid South Africa. Musical Times, 149 (1905):61-78.

—. 2005. Queer alliances. In Walton en Muller (reds.) 2005.

—. 2001. Exploring the aesthetic of reconciliation: Rugby and the South African national anthem. South African Journal of Musicology, 21:33-46.

—. 2000. Postmortem of biopsie? Oor middelpuntvlietende kragte, skynmodulasies, reënboë en Suid-Afrikaanse musikologie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 40(3):232–9.

—. 2000a. Sounding margins: Musical representations of white South Africa. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif. Oxford: Oxford University.

Norris, C. 2005. Music theory, analysis and deconstruction: How they might (just) get along together. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 36(1):37–82.

—. 1990. What’s wrong with postmodernism: Critical theory and the ends of philosophy. New York: Harvester Wheatsheaf.

Nzewi, M. en O. Nzewi. 2002. A contemporary study of musical arts informed by African Indigenous Knowledge Systems. Pretoria: African Minds.

Olwage, G. (red.). 2008. Composing apartheid: Music for and against apartheid. Johannesburg: Wits University Press.

Party rap. s.j. http://www.allmusic.com/explore/style/party-rap-d4403 (20 November 2010 geraadpleeg).

Potter, R.A. 1995. Spectacular vernaculars: Hip-hop and the politics of postmodernism. Albany: State University of New York Press.

Prins, G. 2010. Jack se bek is te vuil vir Juanita. http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Jack-se-bek-is-te-vuil-vir-Juanita-20100918 (25 Mei 2010 geraadpleeg).

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Pyper, B. 2005. “To hell with home and shame”: Jazz, gender and sexuality in the “Drum” journalism of Todd Matshikize, 1951–1957. In Walton en Muller (reds.) 2005.

Rapporteer. 2010. Jack se bek is te vuil vir Juanita. http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Jack-se-bek-is-te-vuil-vir-Juanita-20100918 (25 Mei 2011 geraadpleeg).

Rose, T. 1994. Black noise: Rap music and black culture in contemporary America. Hanover: University Press of New England.

Rust, R. 2010. Die plaas in zef: Jack Parow. Sarie, Augustus, ble. 42–6.

Shinkle, E. 2004. Boredom, repetition, inertia: Contemporary photography and the aesthetics of the banal. Mosaic: A Journal for the Interdisciplinary Study of Literature, 37:165–84.

Shusterman, R. 1991. The fine art of rap. New Literary History, 22:613–22.

Smith, M. 2001. The symbolism of death in Arnold van Wyk’s Five Elegies: An application of William Kimmel’s Theory Concerning the Phrygian Inflection. Ongepubliseerde verhandeling, Universiteit van Natal.

Steyn, M.E. 2001. Whiteness just isn’t what it used to be: White identity in a changing South Africa. Albany: State University of New York Press.

Swarts, J. 2010. ’n Ander soort Afrikaner.http://afrikaans.news24.com/ (25 Mei 2010 geraadpleeg).

Thompson, J. 1990. Ideology and modern culture: Critical social theory in the era of mass communication. Cambridge: Polity Press.

Thom Wium, M. 2010. My country, my dry, forsaken country: On exile in Ovid’s, N.P. Van Wyk Louw’s and Arnold van Wyk’s Tristia. Musicus, 38(1):25–35.

Titlestad, M. 2004. Making the changes: Jazz in South African literature and reportage. Pretoria: Unisa Press.

Viljoen, M. 2006. “Wrapped up”: Ideological setting and figurative meaning in African-American gospel rap. Popular Music, 25(2):265–82.

—. 2004. Two reflections on urban discourse: Holyhip as social symbolism. Muziki: Journal for Music Research in Africa, 1(1):20-40.

Viljoen, M. en N.G.J. Viljoen. 2005. The politics of the ineffable: A deconstructive reading of Hubert du Plessis’s “De Bruid”. In Walton en Muller (reds.) 2005.

Visagie, P.J. 1996. Power, meaning and culture: John Thompson’s Depth Hermeneutics and the Ideological Topography of Modernity. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Filosofie, 15(2):73–83.

—. 1994. The name of the game in Ideology Theory. Ongepubliseerde manuskrip. Universiteit van die Vrystaat.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Wakefield, N. 1998. Second-hand daylight: An aesthetics of disappointment. In Janus (red.) 1998.

Walton, C. 2005. Being Rosa. In Walton en Muller (reds.) 2005.

Walton, C. en S. Muller (reds). 2006. A composer in Africa: Essays on the life and work of Stefans Grové. Stellenbosch: SUN ePReSS.

—. 2005. Gender and sexuality in South African music. Stellenbosch: SUN ePReSS.

Warner, E. 1998. Searching for a pragmatic aesthetic: The rhetorical strategies of gangsta rappers. Myths, rituals, and drama of an outlaw music. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Wayne State University.

Wasserman, H. en S. Jacobs (reds). 2003. Shifting selves: Post-apartheid essays on mass media, culture and identity. Kaapstad: Kwela Books.

Eindnotas

1 Dit is betreklik onlangs dat Muller (2000a) die Suid-Afrikaanse musikologie aan die hand van die metafore van “siekte” en “dood” beskryf het – waarby hy veral op die plaaslike gebrek aan sensitiwiteit ten opsigte van die toe reeds internasionaal heersende kultureel-kritiese tendense gedui het. In die dekade wat verloop het sedert hierdie standpunt gepubliseer is, is die plaaslike musikologiese terrein egter toenemend deur ’n steeds dieper bewussyn van die sosiale aard van musiek verbreed. Muller (2001 en 2008), Olwage (2008) en Thom Wium (2010) is maar enkele voorbeelde van bydraes wat die verband tussen apartheid en musiek onder ’n “Nuwe” musikologiese vaandel ondersoek; Pyper (2005), Muller (2005), asook Viljoen en Viljoen (2005) is voorbeelde van ’n soortgelyke benadering ten opsigte van gender-gerigte studies.

2 Die voorwoord tot Cook en Everist (1999:v-xii) se Rethinking music bied ’n nuttige oorsig van die ontwikkeling wat tot die ontstaan van die sogenaamde “Nuwe” musikologie aanleiding gegee het – by name die rol wat Kerman se Contemplating music (1985) gespeel het.

3 In hierdie verband kan daar onder meer na die volgende verwys word: Walton en Muller (2005), Walton en Muller (2006), Titlestad (2004), Lucia (2005), Akrofi, Smit en Thorsén (2007) en Galane (2008).

4 In sy artikel “Musicology and meaning” stel ook Kramer (2003:6) die vraag of die sogenaamde “Nuwe” musikologie moontlik reeds “verouder” het.

5 Daar sou geargumenteer kon word dat sommige voorbeelde van Suid-Afrikaanse musikologie opportunisties met die idee van die “Nuwe” musikologie omgaan – juis omdat die interpretasies ter sprake weier om spekulatiewe werk met empiriese gegewens te staaf. Ek dink hier byvoorbeeld aan Walton (2005:61–70) se hoofstuk oor Rosa Nepgen in Gender and sexuality in South African music waarby die imponering van ’n politieke subteks (ofskoon humoristies) nie oortuig nie (gewoon omdat hy nie met belangrike gegewens oor sy onderwerp vertroud was nie). Muller (2000b:45 e.v.) interpreteer Arnold van Wyk se Missa in illo tempore (1979) as ’n ikonoklastiese stuk kritiek op die utopiese mites van hoogmodernistiese kultuur en die totalitêre sisteem

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

wat dit geproduseer het – en hy beskou hierdie musiek as verhef tot ’n objektiewe realiteit waaruit die subjek verwyder is. Dieselfde werk word deur Smith (2001:254 e.v.) as politieke protesmusiek gelees. In die geval van Muller (2000a) word die interpretasie van die musikale teks gemanipuleer om die hermeneutiese subteks te dien, maar in Smith (2001) steun die interpretasie hoofsaaklik op buitemusikale tekste waar die musiek se inhoud nie eens ontledend ter sprake kom nie. Smith (2001) erken darem nog dat die musiek “self” iets met sy interpretasie te make mag hê (as metafoor); in Froneman (2010) se referaat “The riches of embarrassment: On traversing hegemonies” word die onderwerp van boeremusiek uitsluitlik as subjektiwiteit (verleentheid van identiteit) benader. (Hiermee bedoel ek dat die onderwerp ook enigiets anders wat Afrikaners tans in verleentheid oor hul identiteit stel, kon wees. Boeremusiek is hier nie “musiek” nie, maar slegs ’n teoretiese konstruk wat één polities korrekte interpretatiewe agenda dien.) Hierdie referaat is by die genoemde 2010 IMS-SASRIM Kongres (Stellenbosch, 14-17 Julie) gelewer; geen kongresverrigtinge is gepubliseer nie.

6 Toonaangewende internasionale studies wat onder hierdie kategorie ressorteer, sluit in: Shusterman (1991), Rose (1994), Baker (1994), Potter (1995), Warner (1998), Krims (2000), Keyes (2002), Forman (2004), en Danielsen (2008). Plaaslike voorbeelde is onder meer Viljoen (2006 en 2004), Allen (2004), Boloka (2003) en Battersby (2003).

7 Ek gebruik die term rapper eerder as die Afrikaanse term kletsrymer – rapper korreleer met Jack Parow se eie beskrywing van sy artistieke nering en dui, binne die konteks van hierdie artikel, op dimensies van rap-musiek wat met die internasionale konteks verband hou. Sien ook eindnota 10 vir ’n onderskeid tussen rap en hip-hop.

8 Eindredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

9 Voorsitter van die Taalkommissie van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

10 Krims (2000:10-11) onderskei tussen rap en hip-hop deur te sê dat rap op ’n spesifieke tipe musiek dui (waarin kletsrym dominant is), terwyl hip-hop ’n breër (sub)kulturele verskynsel is wat visuele kuns, choreografie, kleredrag en lewenstyl omvat. Krims onderskryf nie noodwendig die siening dat hip-hop meer “outentiek” en rap meer kommersieel van aard is nie.

11 Dit is interessant om daarop te let dat hierdie breë klassifisering, ten spyte van die uiters vloeibare transmutasie en hibriede aard van rap-musiek gedurende die afgelope dekade, steeds geldig is. Hardekern-rap (“hardcore rap”) sou byvoorbeeld onder “gangsta rap” kon ressorteer; soortgelyk sou “pop rap” onder partytjie-rap kon val, “alternatiewe rap” onder jazz-/boheemse rap, en politieke rap onder realiteitsrap. Daar is egter kategorieë wat nie so maklik geplaas kan word nie, byvoorbeeld “ondergrondse hip-hop” (inspirerende rap wat fokus op liefde, spiritualiteit en vriendskap; ’n “dieper” subgenre as partytjie-rap) of “vuil- rap” (“dirty rap”) wat nie noodwendig met realiteitsrap ooreenstem nie (www.urbandictionary.com), aangesien dit pornografiese elemente bevat.

12 Floyd (1995:92–3) wys op die diepgaande kulturele “geheue” van “toasts” soos intens verbonde aan Afrika orale kultuur; die term verwys na heroïese narratiewe vanuit die Afro-Amerikaanse tradisie, en wat in rap-musiek dikwels ’n stedelike karakter aanneem.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

13 Krims (2000:63) verwys na die postdisko-tipes Rhythm and Blues-style soos dié van R. Kelly of Mariah Carey.

14 Sampling verwys na die aanwending van elektronies gekopieerde gedeeltes uit ander kommersiële musiek, ’n praktyk wat algemeen in rap-musiek aangetref word.

15 Manie Spamer (1999) soos aangehaal deur Marlin-Curiel (2003:56).

16 Visagie (1994 en 1996) formuleer die hipernorm as ’n teoretiese konstruk waarmee dominasieverhoudinge binne ’n ideologiekritiese diskoersontleding ontbloot kan word sodat ’n bepaalde ideologiese verwrongenheid na die oppervlak gebring word.

17 Ballantine (2004:115 e.v.) toon byvoorbeeld aan dat heelwat populêre kunstenaars ná die aanvanklike “reënboog-euforie” op protestemas begin fokus het en begin sing het van die verraad teenoor die armes, die verryking van mense in magsposisies, en geïnstitusionaliseerde korrupsie. Van die skerpste kritiek het gekom uit die pen van Johannes Kerkorrel, byvoorbeeld in “Sê-sê” (van die album, Ge-trans-for-meer, 1996), waarin hy verwys na “die vet sotte op die rooi tapyt” en met diegene identifiseer wat onder die nuwe bestel ly. Ook verwys hy metafories in “Die stad bloei vanaand” (van Die Ander Kant, 2000) na die “droom” van die nuwe Suid-Afrika wat “gesteel” is.

18 Geskryf en uitgegee deur Jack Parow, en vervaardig deur Justin de Nobrega op die album Jack Parow, Supra Familias, SF007, 2010. Die teks is vanaf die webblad getranskribeer. Enige “foute” is waarskynlik opsetlik.

19 Soos wat Krims (2000:152 e.v.), asook Barrer (2009) en Danielsen (2008) aandui (om maar enkele voorbeelde te noem), word rap ook in die internasionale literatuur dikwels omstrede omdat dit etniese of nasionale identiteite so kru afbaken.

Erkenning

Hierdie artikel is met die steun van die NRF (National Research Foundation) geskryf.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

“Binne ’n halfuur het ek wit geword”: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse

fiksionele uitbeeldings van voorkoms

Jessica Murray Departement Engels

Universiteit van Suid-Afrika

Summary 

“Binne ’n halfuur het ek wit geword” (Within half an hour I became white): Intersections of gender, race and class in South African fictional representations of appearance

This  article  explores  how  intersections  of  gender,  race  and  class  shape  the  evaluation  of women’s  appearance  in  selected  South  African  works  of  fiction.  These  texts  are  Pat Stamatélos’s Kroes (2005),E.K.M. Dido’s  ’n Stringetjie blou krale (2000), Zoë Wicomb’s You can’t get  lost in Cape Town (1987), Playing in the light (2006) and The one that got away (2008), Rayda Jacobs’s My father’s orchid (2006) and Kopano Matlwa’s Coconut (2007). The novels and  short  stories  that are analysed  reveal  the  extent  to which  the different authors regard  aspects  of  appearance,  such  as  hair  texture,  skin  colour  and  facial  features,  as determining  the material  circumstances of  the  female  characters’  lives.  In  the process  they construct a landscape that contains marked similarities to South African society. Gender, race and class can, however, never be regarded as wholly separate constructions. These axes are intricately  interwoven  and  must  be  considered  together  in  any  attempt  to  understand standards of appearance. By means of a  literary analysis within  the  framework of  feminist theories about the intersections of gender, race and class, the article investigates the types of pressure  that  are  exerted  on  female  characters  in  terms  of  their  appearance.  The  article illustrates  that  female  characters  often  invest  a  great  deal  of  time  and  effort  in  their appearance. However,  it  emerges  that  power  relations  in  a  racist  and  patriarchal  society strongly  encourage  women  to  conform  to  Eurocentric  standards  of  beauty.  The  article suggests  that women  are  not  engaging  in  trivialities when  they  attempt  to  change  their appearance. On the contrary, the experiences of the characters demonstrate that this may be the only way  in which women are able  to exercise a  limited amount of power  in a  context where they are oppressed – due to the intersections of gender, race and class. 

The values of colonial racism have  left deep  scars on  the evaluation of beauty  in  the South African context and these racist aesthetic legacies have only been exacerbated by apartheid. Scholars  focusing  on  gender  challenge  the  assumption  that  beauty  is  either  universal  or constant.  On  the  contrary,  the  notion  of  a  Platonic  “Ideal Woman” who  represents  some unassailable  standard  of  female  beauty  has  been  exposed  as  a myth  that  is  informed  by Eurocentric  assumptions  (Wolf  1991).  South  African  researchers  perceptively  argue  that these assumptions  about appearance  are  so  deeply  entrenched  in  local  cultural  discourses that  a  light  complexion  and  straight  hair  continue  to  be  regarded  as markers  of  beauty (Erasmus 1997, De Villiers 2003). 

270

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In the section titled “Facial features, hair and power” the article explores how selected texts represent the importance that is attached to having “good hair”, which tends to be defined as long and straight. The opposite of “good hair” is hair that is short and frizzy, and having this latter kind of hair  is  regarded by  characters as a kind of disability. These  texts  expose  the extent  to  which  real  social  power  accrues  to  women  with  “good  hair”  since  they  live  in societies where women’s life chances are profoundly shaped by their adherence to Eurocentric standards of appearance. The construction of beauty can never be separated from gender and power  relations. Wolf  (1991)  argues  that  a  system  of male  dominance  is  perpetuated  by determining  women’s  value  in  a  vertical  hierarchy  according  to  physical  yardsticks  of appearance. In this system, women are placed  in the unnatural position of having to vie  for resources that men have claimed as their own. 

In the South African society of the 1960s that is depicted in Stamatélos’s Kroes, social, political and  economic  power  were  heavily  concentrated  in  the  hands  of  white  men.  Women’s appearance can constitute a vital asset in the process of accessing some of this power, and the text  reveals  that  they  can  sometimes  accomplish  this  only  through  their  association with white men. This association, in turn, depends on their ability to approximate the Eurocentric bench mark of beauty that the male characters seem to favour. Throughout the texts that are analysed  in  this  section,  one  can  identify  a  recurring  tendency  to  associate  beauty  with whiteness.  Brown  female  characters  are  shown  to  go  to  great  lengths,  and  often  endure significant pain, to render their hair as straight as possible. Despite the effort, time, expense and  pain,  changing  the  appearance  of  one’s  hair  is  still more  feasible  than  changing  the colour of one’s skin, which explains why these women spend such seemingly disproportionate amounts of resources on their hair. All these efforts, however, can always only be temporary, since hair  that  is  frizzy will keep  returning  to  its natural  state. Women are  thus  forced  to remain in a constant state of vigilance and to be ever alert to the texture of their hair. 

In  the  section  titled  “Stigma  and  shame”  the  article  explores  how  these  pressures  affect women’s understanding of themselves and their places in society. The texts that are analysed show how characters with “good hair” flaunt this asset, while those with frizzy hair go about their  straightening  efforts  with  a  profound  sense  of  shame.  The  failure  to  conform  to Eurocentric ideals of “good hair” carries a stigma. In his seminal work on shame and stigma Goffman (1963) illustrates how stigmatised people suffer from discrimination in a variety of forms and how the discriminatory attitudes of others can drastically curtail the life chances of individuals. The experiences of the female characters in the texts bear out Goffman’s findings as the reader witnesses the shame and the secrecy that surround women’s negotiations with their hair  texture. The phenomenon of  shame has  significant gender dimensions as women appear to experience the disempowering consequences of shame more extensively than men (Bartky  1990).  Indeed,  in  the  texts  under  discussion  the  female  characters’  concern  about their  hair  texture  often  contrasts  sharply with  the  nonchalance  of male  characters  in  this regard. 

While women’s appearance can function as a mechanism for social advancement it can also be used as a point of reference against which their existing class position can be determined. The section titled “Appearance and class” demonstrates how characters associate “niceness” with  light  skin and  “good hair”, where  “niceness”  serves as a euphemism  for a middle­class status. Other euphemisms for an acceptable class position, such as decency and respectability, also  crop  up  in  the  texts.  Regardless  of  the  exact  terminology,  however,  such  a  status  is repeatedly  linked  to appearing white.  In Stamatélos’s  text  the narrator, Pattie,  is as explict about  this as  equating her  stepmother’s dark  skin with being  common and  vulgar. Mona’s dark skin and, more importantly, the symbolic currency attached to this skin colour, makes it impossible  for her  to  stay with Pattie  in an area  that  is designated  for white people under South Africa’s now defunct Group Areas Act. Yet Pattie’s ability  to  conform  to Eurocentric standards of appearance enables her to stay in this area with the white man who is her fiancé. 

271

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

This article  exposes  the  enormity of  the pressures  that women, particularly brown women, endure when it comes to regulating and altering their appearance. These pressures are traced back to  the racist  legacies of colonialism and apartheid and how these  legacies continue to shape  constructions of beauty and  the  evaluation of appearance. Throughout  the article  it emerges  that  it  would  be  a  gross  oversimplification  to  ascribe  brown  women’s  beauty regimes,  particularly  the  process  of  straightening  their  hair,  to  a  desire  to  be white.  The women who are represented in these texts often have very little room to manoeuvre and the ability to change their appearance can at least offer them some possibility for changing their life  chances  for  the better.  In order  to understand  the  complexity of women’s negotiations with Eurocentric standards of appearance the article has considered how female characters are  located at the  intersections of gender, race and class and how the resultant relations of power inform all their decisions and options. 

Keywords: beauty, appearance, hair, Pat Stamatélos, E.K.M. Dido, Zoë Wicomb, gender, race, class 

Opsomming

Hierdie artikel ondersoek hoe snypunte van gender, ras en klas die beoordeling van vroue se voorkoms in uitgesoekte Suid-Afrikaanse fiksionele tekste beïnvloed. Hierdie tekste is Pat Stamatélos se Kroes (2005), E.K.M. Dido se ’n Stringetjie blou krale (2000), Zoë Wicomb se You can’t get lost in Cape Town (1987), Playing in the light (2006) en The one that got away (2008), Rayda Jacobs se My father’s orchid (2006) en Kopano Matlwa se Coconut (2007). Die romans en kortverhale wat in hierdie artikel aan bod kom, laat blyk die mate waarin die onderskeie skrywers aspekte van voorkoms, soos haartekstuur, velskakering en gelaatstrekke, as bepalend in die lewens van die vroulike hoofkarakters beskou. In die proses konstrueer hulle ’n landskap wat herkenbare ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse samelewing vertoon. Gender, ras en klas kan egter nooit as afsonderlike konstruksies beskou word nie. Hierdie aslyne is nóú met mekaar verweef en moet dus gesamentlik in ag geneem word in enige poging om voorkomsstandaarde te verstaan. Met behulp van ’n letterkundige ontleding van die tekste binne die raamwerk van feministiese teorieë oor die snypunte van gender, ras en klas ondersoek die artikel die verskillende soorte druk wat op vroulike karakters uitgeoefen word in terme van hulle voorkoms. Alhoewel die artikel illustreer dat vroulike karakters dikwels heelwat tyd en moeite wy aan hulle voorkoms, blyk dit dat die magsverhoudinge in ’n rassistiese en patriargale samelewing sterk druk op vroue uitoefen om te voldoen aan Eurosentriese standaarde van skoonheid. Die artikel stel verder voor dat vroue nie besig is met onbenullighede wanneer hulle probeer om veranderinge aan hulle voorkoms aan te bring nie. Inteendeel, die ervarings van die karakters wys dat dit dikwels die enigste manier is waarop vroue ’n beperkte hoeveelheid mag kan uitoefen binne ’n konteks waar hulle onderdruk word – as gevolg van die samevloeiing van gender, ras en klas.

Trefwoorde: skoonheid, voorkoms, hare, Pat Stamatélos, E.K.M. Dido, Zoë Wicomb, gender, ras, klas

1. Inleiding

Erasmus (1997:12) voer aan dat die voorkoms van hare ’n belangrike kwessie bly in bruin gemeenskappe in Suid-Afrika, en dat die beoordeling van hare afhang van ’n

272

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

komplekse politieke dinamika waarop idees oor gender, ras en klas inspeel. Hierdie artikel ontleed konstruksies van skoonheid, met spesifieke klem op hare, velskakering en gelaatstrekke, in Pat Stamatélos se Kroes (2005),E.K.M. Dido se ’n Stringetjie blou krale (2000), Zoë Wicomb se You can’t get lost in Cape Town (1987), Playing in the light (2006)en The one that got away (2008), Rayda Jacobs se My father’s orchid (2006) en Kopano Matlwa se Coconut (2007). Synnott (1987:381) verduidelik dat hare straks een van die invloedrykste simbole is van sowel individuele as groepsidentiteit. Dit is so invloedryk omdat dit liggaamlik en dus uiters persoonlik is. Alhoewel persoonlik, is dit ook deel van ’n individu se openbare persona. Die voorkoms van hare kan betreklik maklik verander word. Dit beteken dat hare ’n kragtige simbool kan wees van verskille tussen, en veranderinge in, individuele en groepsidentiteite (Synnott 1987:381). Dit is juis hierdie wisselbaarheid van hare waarna daar in die artikel se titel verwys word. Hierdie woorde word geuiter deur Pattie Peters, die verteller in Stamatélos se debuutroman Kroes (2005). Pattie verbind haar gedaanteverwisseling van bruin na wit meisie uitdruklik met die verandering in die voorkoms van haar hare. Haar vriendin, Lorrain, bied vir Pattie haar “ma se hair straightener” aan en nadat hulle die “stink goed” aan Pattie se hare smeer, merk Pattie op: “My hare is reguit, soos toutjies. Binne ’n halfuur het ek wit geword” (20–1). Alhoewel meer as twee dekades, asook die verandering van die politieke bestel in Suid-Afrika, die publikasie van Wicomb se eerste bundel kortverhale en haar meer onlangse The one that got away (2008) skei, illustreer hierdie artikel dat die uitbeelding van onder andere hare ’n teer punt in die lewens van bruin vroue bly. Met behulp van feministiese teorieë oor die snypunte van gender, ras en klas ondersoek die artikel waarom vroue steeds so sterk gemaan word om hulle “kroesies in die kas” te hou (Erasmus 1997:12).

Chapkis (1986:15) meen dat sowel mans as vroue vroeg reeds leer om die vleeslike liggaam te vrees en te verag. Mans oorkom hierdie probleem deur hulself te vereenselwig met die siel en die denke, terwyl vleeslikheid op vroue geprojekteer word. In die klassieke feministiese teks The female eunuch wys Greer (1999:293) dat vroue hierdie vrees en afsku probeer beteuel deur middel van streng maatreëls waardeur die liggaam beheer en gekonstrueer word. Sy bied as voorbeelde vroue se skynbaar eindelose pogings om die kleur en tekstuur van hul hare te verander. Die natuurlike voorkoms van die liggaam moet ten alle koste verdoesel word ten einde aanvaarding te verkry in ’n samelewing wat die denke vereer en die “verkeerde” tipe liggaam verafsku. Gouws (2006:2) verduidelik dat so ’n sienswyse beskryf kan word as somatofobie. In die geval van bruin vroue word die druk om die liggaam te beheer en te fabriseer, versterk deur die vervlegting van gender- en rassepolitiek.

Erasmus (1997:12) wys daarop dat rassistiese hierargieë en die waardes van koloniale rassisme diep letsels gelaat het op die beoordeling van skoonheid in die Suid-Afrikaanse konteks.

Hier is dit egter belangrik om in gedagte te hou dat definisies van sowel kolonialisme as postkolonialisme problematies is, veral met betrekking tot die Suid-Afrikaanse situasie (Viljoen 1996). Ashcroft, Griffiths and Tiffin (1995:2) waarsku dat teoretici postkolonialisme nie sonder meer kan definieer as die tydperk ná kolonialisme of onafhanklikheid nie. So ’n benadering sou die mate waarin postkoloniale samelewings steeds gebuk gaan onder óf openlike óf meer subtiele vorme van neokoloniale onderdrukking, ignoreer. Verdere kompleksitieit kenmerk die Suid-Afrikaanse situasie omdat talle wit Afrikaanssprekendes voel dat hulle voorheen onder Britse bewind gekoloniseer was. Hulle beskou gevolglik die Republiekwording in 1961 as die aanbreek van die postkoloniale era (Viljoen 1996:4; Worden 1994:87–8; Carusi 1990:96). Vir vele Suid-Afrikaners was die apartheidsisteem egter ook ’n vorm van koloniale oorheersing. Volgens Viljoen (1996:174), “breek die einde van die koloniale fase in Suid-

273

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Afrika eers met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 aan.” Die romans wat in hierdie artikel aan bod kom, speel meestal af gedurende hierdie tweede koloniale tydperk waarna Viljoen verwys, wat strek vanaf 1961 tot 1994. Alhoewel ’n roman soos Coconut (2007) van Kopano Matlwa ná 1994 afspeel, worstel die karakters steeds met die oorblyfsels van koloniale denkwyses en magsverhoudinge (Abrahamsen 2003:195), veral met betrekking tot idees oor voorkoms.

Wolf (1991:12) meen dat die aanname dat skoonheid universeel en onveranderlik is, eintlik ’n mite is: die aanname dat die Platoniese “Ideale Vrou” die standaard vir vroulike skoonheid stel, is ’n Eurosentriese veronderstelling. Soos Erasmus (1997:12) tereg aanvoer, is hierdie aannames egter so diep gesetel in plaaslike kulturele diskoerse dat daar steeds ’n neiging is om ’n ligte vel en reguit hare as mooi te beskou. De Villiers (2003:172) verduidelik dit as volg: “Fisieke aspekte soos liggaamsbou, haarkleur en -tekstuur, velkleur, vorm van die neus, ensovoorts – juis die aspekte waarop die apartheidsideologie gebaseer is – was goed en mooi as dit soos, of byna soos, dié van die wit mens was.” Hunter (2002:178) herinner ons dat identiteit altyd relasioneel is. Gevolglik kan diegene wat as “mooi” gedefinieer word, slegs as mooi beskou word in verhouding tot diegene wat as “lelik” gedefinieer word.

Volgens Hill Collins (1991:89) vorm die relasionalitieit van identiteit ook idees oor skoonheid deurdat die skoonheidsnorme wat “witheid” ophemel, slegs kan funksioneer deur “swartheid” te af te kraak. Die simboliese krag van hare lei daartoe dat hare met ’n sekere voorkoms kan dien as “an encapsulation of the degradation of blackness” (Dash 2006:28).

Uit die teksontleding wat in die res van die artikel volg, sal dit duidelik blyk dat dit bykans onmoontlik is om die bespreking van hare, huidskakering en gelaatstrekke netjies te skei, aangesien hulle meermale saamgegroepeer word in die romans.

2. Gelaatstrekke, hare en mag

Die mate waarin reguit hare swaarder weeg as enige ander liggaamlike eienskap, duik telkens op in Suid-Afrikaanse romans. In Rayda Jacobs se My father’s orchid (2006) vra die hoofkarakter Hüd vir sy neef, Joe, hoe ’n nuwe kennis lyk. Hüd is in 1977 gebore en die eerste sewentien jaar van sy verhaal speel dus af gedurende Suid-Afrika se tweede koloniale tydperk. Joe antwoord slegs dat die meisie, Pearl, lang hare het (38). Jacobs plaas ekstra klem op die belang van hierdie beskrywing deur die frase “long hair” in ’n eie sin te herhaal. Hüd verstaan tog te goed wat Joe bedoel met sy antwoord en hy dink dat dit kan beteken dat Pearl lelik of dom is, maar dat dit alles oorskadu word deur haar “hair that could lift up and sway in the wind” (38).

Ook in Matlwa se roman Coconut (2007) onthul die verteller, Ofilwe, se beskrywing van ’n skoolmaat hoe “mooi” hare negatiewe karaktereienskappe onbelangrik laat lyk. Ofilwe beskryf die meisie, Kate, as “spoilt and haughty”, asook “rude and foul-mouthed”, met ’n “podgy face and swollen ankles” (1). Ten spyte hiervan meld Ofilwe: “But with that hair, Kate was glorious” (1). Almal in die skool was “dazzled” deur die “radiance” van Kate se “soft hair, curled slightly at its ends” (1).

In Wicomb se kortverhaal “Friends and Goffels” (2008:101–6), is die verteller eksplisiet oor die sosiale mag van reguit hare wanneer sy sê: “Everyone knew the indexes of worth amongst coloureds, knew the acceptable combinations of facial features, and that good hair would always override the other disabilities” (103). “Good hair” is die

274

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

teenoorgestelde van “short frizzy hair”. Dit is, met ander woorde, lank en reguit. Die “disabilities” waarna die verteller hier verwys, is ’n donker velkleur, “frizzy” hare, ’n plat neus en prominente wangbene. Alhoewel hierdie gelaatstrekke duidelik nie letterlike gestremdheid behels nie, onthul die tekste wat ek ontleed hoe dit inderdaad beskou kan word as ’n sosiale gestremdheid in ’n samelewing waar vroue se lewensopsies steeds in ’n beduidende mate bepaal word deur hulle ooreenstemming met Eurosentriese standaarde van skoonheid.

Volgens Wolf (1991:12) kan die konstruksie van skoonheid nooit geskei word van gender-magsverhoudinge nie. Sy beskryf dit as ’n sisteem van aannames wat manlike oorheersing in stand hou deur aan vroue waarde toe te skryf in ’n vertikale hiërargie volgens ’n liggaamlike standaard wat deur spesifieke kulturele magte gestalte verkry. Dit is ’n uitdrukking van magsverhoudinge wat vroue aanmoedig om op ’n onnatuurlike wyse mee te ding om hulpbronne wat mans vir hulself toegeëien het (Wolf 1991:12).

Stamatélos se roman (2005) speel af in Suid-Afrika in die 1960’s, ongetwyfeld ’n konteks waarin sosiale, politieke en ekonomiese mag aan wit mans behoort het. Vroue kon dikwels toegang tot sulke mag verkry slegs deur verbintenisse met wit mans. Die gesprekke tussen Pattie en Lorrain wys dan ook hoe ’n voorkoms wat voldoen aan die Eurosentriese standaard van skoonheid ’n bruin vrou in ’n posisie kan plaas waar sy toegang tot wit mans, en die sosio-ekonomiese hulpbronne wat hulle besit, kan kry. Pattie beskryf Lorrain as “beeldskoon” met haar “[l]ang reguit hare”. Sy beskou Lorrain as “alles wat [sy] wil wees” en sy sluit haar beskrywing van haar vriendin af met die kort en kragtige sin: “En sy lyk wit” (19). Lorrain help Pattie om haar hare reguit te maak sodat sy haar kan vergesel na ’n afspraak met ’n groep wit kinders. Lorrain vertel dat sy “’n oulike wit outjie losgeslaan” het en Pattie is “nie verbaas dat mense dink Lorrain is wit nie” (20). Selfs nadat Lorrain se verhouding met hierdie “wit outjie” op die rotse beland, troos sy haarself met die oortuiging dat, “as sy goed genoeg is vir een wit man, is sy goed genoeg vir ’n ander” (28).

Ook in My father’s orchid (Jacobs 2006) leer Hüd hoe ’n wit voorkoms, of die gebrek daaraan, kan bepaal watter opsies ’n vrou het in terme van verhoudings. Hüd se ouma verduidelik hoekom sy ma nie toegelaat is om met sy Moslem-pa te trou nie. Alhoewel die feit dat sy ma ’n Christen was, ’n rol gespeel het, is een van die ander redes wat aangevoer word: “Her hair wasn’t straight” (48). Die oordeel dat Avril nie goed genoeg was om met Hüd se pa te trou nie, het ’n daadwerklike impak op haar lewensomstandighede gehad. Sy moes die kind alleen grootmaak en is net in haar getroude minnaar se familiehuis toegelaat wanneer hy haar laat kom het om die plek skoon te maak.

In verskeie van die kortverhale in Wicomb se You can’t get lost in Cape Town (1987) wys die skrywer hoe witheid met skoonheid geassosieer word en hoe hierdie assosiasie vroue se verhoudingsopsies bepaal. Al die verhale in Wicomb se bundel speel af gedurende die apartheidsjare. In “Jan Klinkies” (11–20) verduidelik die verteller hoe hare inspeel op die magsdinamika in die huwelik van Truida en Jan. Die uitgebreide familie dink sleg van haar, want “Truida, in spite of her light skin, came from a dark-complexioned family and there was certainly something nylonish about her hair” (14). Die algemene opvatting in die gemeenskap is dat Truida die “struikelblok” van haar hare oorkom het en bo haar klas getrou het, terwyl Jan “regrettably married beneath him” (14). Truida moet heelwat geheime werk doen om haar hare in toom te hou en probeer verseker dat niemand weet van die “primus stove in the back room and the metal comb and the thick sweet smell of brilliantine welded to shafts of hair” (14) nie.

275

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Ten spyte hiervan word sy veroordeel, want daar kan geen twyfel wees dat “the little hairs in the nape of the neck were rolled up tightly like fronds unfurled by the cautious hot comb”.

In “Home sweet home” (83–103) maak Wicomb die verband tussen reguit hare en lewensomstandighede selfs duideliker wanneer die verteller vir tannie Nettie as volg beskryf: “Not that she would ever lose sight of those attributes that lifted her out of the madam’s kitchen, the pale skin and smooth wavy hair than won her a teacher for a husband” (102).

Die bundel as ’n geheel suggereer dat die vooruitsigte vir ’n vrou wat nie voldoen aan die skoonheidsideaal nie, bra duister is, soos die verteller se moeder in “A trip to the Gifberge” (163–182) wonder oor haar dogter: “Poor child. What can a girl do without good looks? Who’ll marry you? We’ll have to put a peg on your nose” (164).

In Wicomb se roman Playing in the light (2006) is sowel die tekstuur van vroue se hare as die skakering van hul velle steeds ’n kwessie waarna die skrywer telkens terugkeer. Die verteller, Marion, beskryf ’n meisie as “a real beauty, fair with long hair” (94) asof die lang hare en ligte vel al bewys is wat nodig is om die skoonheid van die meisie te bevestig. Alhoewel hierdie roman in die “nuwe Suid-Afrika” afspeel (24), het Marion gedurende die era van apartheid grootgeword. Die teks illustreer dus hoe negatiewe karaktereienskappe, geassosieer met afwykings van die Eurosentriese skoonheidstandaard, steeds ’n groot rol bly speel. Wanneer Marion se moeder, Helen, swanger is, is haar grootste vrees dat die “child’s hair would grow into a mass of frizzy curls; she would be slow to learn, mentally retarded” (125). Sy neem aan dat die moontlike kroeshare net die uiterlike manifestasie van intellektuele gebrekkigheid sal wees. Na Marion se geboorte blyk dit egter dat Helen se vrese ongegrond was, aangesien die kind ’n “pale skin and smooth hair” het. Dit is hierdie liggaamlike eienskappe wat dit moontlik maak vir Marion om groot te word as ’n “perfectly ordinary child who [c]ould take her whiteness, her privileges, for granted” (125). Witheid en ’n lewe van bevoorregting word hier uitdruklik verbind, maar toegang tot hierdie voorregte blyk uitsluitlik te wees vir diegene wat voldoen aan die liggaamlike norm van witheid.

Davis (2006:566) verduidelik die dinamika wat witheid, skoonheid en mag verbind soos volg: “Women of color are bombarded with cultural messages which not only link whiteness to feminine beauty, but, more importantly, to ‘gentility, female domesticity, protection from labor, the exacting standards of the elite, and Anglo-Saxon superiority’ (Peiss 1990:164) – in short, to power.” Soos in die geval van tannie Nettie is ’n ligte vel en reguit hare dus meer as net ’n merker van skoonheid. Dit word inderwaarheid ’n paspoort uit die “madam’s kitchen” (Wicomb 1987:102) en dus ’n buffer teen hande-arbeid.

In Kroes (Stamatélos 2005) raak Pattie self betrokke in ’n verhouding met ’n wit man van Griekse herkoms. Dit is hierdie verhouding wat haar laat besin oor die mate waarin “witheid” geassosieer word met sowel skoonheid as die geleentheid om haar sosio-ekonomiese omstandighede te verbeter. Wanneer haar verloofde, Laki, opmerk dat haar suster mooi is, wonder Pattie “of Dorie net vir hom pretty is omdat sy wit lyk” (137). Pattie en Laki se verhouding vervul dus in hierdie opsig ’n dubbele doel in die teks. Pattie se eie opvattings oor Laki se voorkeure word gekleur deur haar ondervindinge in ’n samelewing wat gekenmerk word deur apartheid.

276

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die roman beeld egter verder uit dat hierdie tipe houding nie noodwendig beperk is tot Suid-Afrikaanse karakters in ’n “tweede koloniale” oftewel apartheidsmilieu nie. Wicomb se beskrywings in “A clearing in the bush” (1987:37–61) stel voor dat wit gelaatstrekke inderdaad beskou word as ’n voorvereiste vir skoonheid wanneer die verteller haar vriendin, Moira, as volg beskryf: “Moira is indisputably beautiful. The smooth skin. The delicately sculpted form. The sleek brown hair” (51). Pattie trek na dieselfde woonstelblok waar Laki bly, en wanneer haar suster, Kay, geskok opmerk dat dit “wit mense se flats” is en vra of Pattie nie bang is vir die “poelies” nie, erken Pattie dat sy daar kan bly omdat “die mense [daar] dink [sy] is wit” (116).

Pattie besef dat Kay addisionele moeite met haar voorkoms doen omdat sy weet Laki “se vriende is wit en as sy goed lyk, sal hy nie skaam wees vir haar nie” (Stamatélos 2005:180).

Volgens Fredrickson en Roberts (1997:178) is daar breedvoerige bewyse dat vroue se voorkoms ’n bepalende rol kan speel in hulle ekonomiese en sosiale vooruitsigte en, as gevolg van hierdie werklikheid, “it behooves women to anticipate the repercussions of their physical appearance.” Vroue word inderwaarheid hulle eie “first surveyors” (Fredrickson en Roberts 1997:178; sien ook die toonaangewende werk van Berger 1972 in hierdie verband). Kay antisipeer hoe Laki se wit vriende haar voorkoms sal beoordeel en sy ondergaan ’n “gedaanteverwisseling” (180) om te voldoen aan die vereistes wat sy aanneem hulle sal stel.

Fredrickson en Roberts (1997:178) voer aan dat die skoonheid egter vir sosiale en ekonomiese mag verruil kan word slegs as dit in die smaak val van die dominante kultuur, wat steeds wit en manlik is. Vir Kay is die begeerte om skaamte te minimaliseer en om haar lewensomstandighede te verbeter, nou ineengevleg. Haar voorkoms is al bate wat sy besit om hierdie drome te verwesenlik en sy pas haar voorkoms dus aan om te voldoen aan die smaak van Laki se wit vriende, want, soos Pattie, wil sy ook “wit wees, met ’n wit man aan haar sy” (180).

In Dido se roman ’n Stringetjie blou krale (2000) tree die verwantskap tussen witheid en skoonheid ook sterk na vore. Die verteller, Nancy Karelse, dink haar ma was “die mooiste vrou wat [sy] al ooit gesien het” (26). Sy verduidelik dat die meeste vroue in hul laer “[v]erskillende kleure swart” was, maar haar ma “was anders. Sy was ligbruin” (26). Nancy beskou haarself as “gelukkig dat [sy] haar kleur en haar gelaatstrekke geërf het” (27). Alhoewel Nancy gebore is as ’n Xhosa met die naam Nomsa, maak haar ligte velkleur dit moontlik om hergeklassifiseer te word as ’n kleurling. Siena Hendriks neem die jong Nomsa na die Departement van Binnelandse Sake en oortuig die amptenaar dat sy en haar man die kind mag aanneem deur na haar te wys met die woorde: “baas kan self sien, sy’s uitgeknip Kleurling” (89).

Marais (2005:21) wys daarop dat liggaamlike voorkoms uiteraard ’n kritieke rol gespeel het in die prosesse waardeur bruin van wit, bruin van swart en swart van wit onderskei is. In ’n hoofstuk waarin hy die verwarrende aard van rassekategorieë bespreek, noem West (1988) dat ’n wit persoon gedefinieer is as iemand wie se voorkoms dit duidelik maak dat so ’n persoon wit is en dat hy of sy oor die algemeen nie beskou is as ’n kleurling nie.

In Nancy se nuwe lewe blyk dit egter dat die tekstuur van haar hare problematies is. Sy onthou dat haar hare “amper vir niks [nie] kroes geraak” het en dat sy omtrent net kon kyk na die “reën of mis of stoom [...] dan het dit weer dik en wollerig en gekoek geraak” (94).

277

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In Playing in the light (Wicomb 2006) besef Marion dat die strewe na witheid ’n projek is wat heelwat werk en inspanning verg. Sy verduidelik: “Vigilance is everything; to achieve whiteness is to keep on your toes” (152).

In Nancy se geval (Dido 2000) sien die leser dat die strewe na hare wat voldoen aan die standaard van witheid soortgelyke inspanning vereis. Nancy onthou die uitgebreide werk van die moeder wat haar aangeneem het om te verseker dat Nancy “[p]ap, gladde, reguit hare” (93) kry. Nancy beskryf hoe haar moeder “eers ’n klip gebruik [het] en dit op die rooiwarm kole in die stoof gesit [het]”. Nadat sy “die eerste trek met die klip oor [Nancy se] dik gesmeerde Vaseline-hare trek, het die klip uit die nat lap in haar hand gegly en [Nancy se] voorkop amper gaar gebrand” (93–4). Daarna het haar moeder “maar ’n eetvurk gebruik”. Ten spyte van die moeite en pyn was Nancy “nog nooit so bly oor [haar] haartjies soos daai dag nie”. Al wat belangrik was, was dat sy nou “[g]ladde krulle” gehad het en sy verlekker haar in die vreugde wat hierdie hare verskaf.

Hierdie beskrywing herinner sterk aan dié van die verteller Ofilwe in Coconut (Matlwa 2007). Ook hier sien die leser hoe ’n klein dogtertjie bereid is om vir ure stil te sit en fisieke pyn te verduur in ’n poging om reguit hare te kry. Ofilwe onthou hoe die haarkapster “Black Queen hair- straightener cream” aan haar hare smeer en die pynlike gevolge: “A chemical reaction. A painful exothermic chemical reaction. Burn. Burning. Burnt” (4). Wanneer die haarkapster egter vra of sy maar die room kan uitwas, weier Ofilwe, want “[she] wanted every last tiny weenie curl straight”. Sy meld dat die gevoeligheid van haar kopvel haar nie gepla het nie en dat sy nie eers bekommerd was toe sy sien hoe die wit gedeeltes van haar haarwortels na die oppervlak van haar kopvel gekom het nie, want “[she] was just delighted to be beautiful again”. Vir haar is dit die “silky soft and straight” (4) hare wat hierdie duur-verworwe skoonheid moontlik maak.

Ook in Wicomb (1987) se kortverhaal “When the train comes” (21–35) beskryf die verteller, Frieda, die “preparations” wat haar hare verg: “wet hair wrapped over large rollers to separate the strands, dried then swirled around my head, secured overnight with a nylon stocking, dressed with Vaseline to keep the strands smooth and straight” (26). Soos in die geval van Nancy, is die doelwit “gladde, reguit hare” (Dido 2000:93).

In “A trip to the Gifberge” (Wicomb 1987:163–82) onthou Frieda die maandelikse haarwassessies as “the terrible torments of the comb as [my mother] hacked with explorer’s determination the path through the tangled undergrowth, set on the discovery of silken tresses” (164).

Nancy se moeder en Wicomb se verteller illustreer ook die angs wat hierdie strewe na “wit” hare tot gevolg het. Wanneer Frieda ’n man se “exuberant bush of fuzzy hair” (26) sien, gaan haar hand onwillekeurig na haar eie hare om te verseker dat haar voorbereidings voldoende was om enige “remaining tendency to curl” te stuit. Ook in Nancy se huis het haar moeder “dit ’n gewoonte gemaak om [Nancy se] hare gestryk te hou. Sodra dit begin kroes het, het sy dit gestryk” (94).

3. Stigma en skaamte

Alhoewel vroue, en selfs baie jong meisies, genoop voel om hulle hare reguit te hou, is daar terselfdertyd druk om hierdie haarpraktyke geheim te hou. Erasmus (2001:13) onthou dat in haar gemeenskap “practices such as curling or straightening one’s hair carried a stigma of shame”. Chapkis (1986:5) verduidelik dat “[d]espite the fact that

278

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

each woman knows her own belabored transformation from female to feminine is artificial, she harbours the secret conviction that it should be effortless”. Die skoonheidspraktyke van vroue moet so sorgvuldig versteek word soos die “defekte” wat deur hierdie praktyke “reggestel” word (Chapkis 1986:6).

Die “telltale frizz” (Wicomb 2006:132) word beskou as ’n “give-away” (Wicomb 2008:69) wat ten alle koste verberg moet word. Wicomb se “Friends and Goffels” (2008:101–6) ondersoek die gevoel van skaamte wat gepaard gaan met die poging om hare aanvaarbaar te laat lyk. Meisies met lang, gladde hare, soos Myra, maak ’n punt daarvan om aandag na hulle hare te trek deur dit “vigorously” (105) rond te swaai. Vir hierdie meisies word dit ’n sosiale ruimte wat gereserveer is vir diegene wie se hare aan skoonheidstandaarde voldoen: “The ones with smooth wavy hair swopped Alice bands and slides; they discussed the intricacies of rolling and swirling shafts of hair” (105). Vir meisies soos Julie en Dot, met hulle “short, ironed quills” (105), is dinge egter heelwat anders. In hulle geval is daar “neither combing, nor mirrors propped on the bench”. Die gevoel van skaamte verhoed hulle selfs om te praat oor hare met vriendinne wie se hare soortgelyk is. Die verteller verduidelik dit as volg: “They didn’t talk to each other about hair and never mentioned the visible evidence of a hot comb that occasionally, accidentally, singed an earlobe or left a tell-tale scar on the forehead” (105–6).

In die invloedryke werk oor stigma en skaamte, Stigma: Notes on the management of spoiled identity (1963), ontleed Goffman hoe stigma binne sosiale interaksies gevorm word en hoe dit van bepaalde diskoerse afhang. Volgens Goffman (1963:3) is stigma ’n “attribute that is deeply discrediting, but is should be seen that a language of relationships, not attributes, is really needed. An attribute that stigmatizes one type of possessor can confirm the usualness of another, and therefore is neither creditable nor discreditable as a thing in itself.” Goffman (1963:5) wys hoe ’n gestigmatiseerde persoon onderwerp word aan diskriminasie in ’n verskeidenheid vorme en hoe sulke houdings die individu se lewenskanse drasties kan beperk. Die daadwerklike impak van stigma op die individu se lewe lei daartoe dat so ’n persoon dikwels probeer om die toestand te “korrigeer” deur ’n aansienlike hoeveelheid tyd en energie aan die verbloeming van die sogenaamde gebrek te wy. Die skaamte wat met die stigma verbind word, beteken dan ook dat sulke individue hierdie “werk” meestal in die geheim doen. Soos in die geval van Julie en Dot hier bo, word hierdie aktiwiteite eenvoudig nooit genoem nie, ten spyte van die bewyse wat die warm borsel op die meisies se liggame laat. Dit word dus ’n openbare geheim.

Die vraag wat opduik, is wat die impak is van hierdie tipe druk op die individu se begrip van haarself is. Dit lyk asof sy gedompel word in ’n situasie waarin sy nie kan wen nie: sy moet skaam voel as haar hare nie voldoen aan die skoonheidstandaard nie, en sy moet ook skaam wees oor die praktyke waarmee sy probeer om daaraan te voldoen. Sy het dus altyd alreeds misluk, omdat haar “skoonheid” moeiteloos moet wees (Chapkis 1986:5).

Davis (2006:575) meen ook dat “[s]hame is one of the most disempowering features of feminine experience”. Dit is ’n diep-gesetelde vermoede by vroue dat hulle op een of ander wyse defektief is. Dit is hierdie gevoel wat bepaal hoe vroue oor hulle liggame voel, hoe hulle selfbeeld ontwikkel, wat hulle interaksies is met andere, asook hulle vermoë om vryelik in die wêreld om te gaan.

In die hoofstuk “Shame and gender” ontleed Bartky (1990:85) die gender-dimensies van die verskynsel skaamte. Sy vind dat vroue meer geneig is tot skaamte as mans, en dat sulke skaamte manifesteer as ’n tipe psigiese angs, omdat vroue deur sosiale druk

279

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

aangemoedig word om te voel dat hulle inherent minderwaardig of defektief is. Volgens Bartky is hierdie skaamte nie noodwendig verbind aan enige spesifieke insident in vroue se lewens nie. Dit is eerder ’n “perpetual attunement, the pervasive affective taste of life” (1990:96) in ’n seksistiese samelewing wat vroulike liggaamlikheid as veragtelik konstrueer. Bartky se beskrywing van die gevolge van skaamte herinner sterk aan die voorstelling van die vroulike karakters se gevoel oor hulle hare in die tekste onder bespreking. Sy wys hoe skaamte lei tot die impuls tot “cringing withdrawal from others; the cringing within, this felt sometimes as a physical sensation of being pulled inward and downward; the necessity for hiding and concealment” (Bartky 1990:86).

In Wicomb se “When the train comes” (1987:21–35) beskryf Frieda die interaksies tussen ’n groep jongmense wat met skynbaar onskadelike flirtasie begin, maar wat dan ontaard in die vernedering van ’n meisie. Die vernedering word duidelik gekoppel aan die meisie se bestaande kwesbaarheid oor die voorkoms van haar hare. Wanneer die meisie die “chiffon headscarf that threatens to slip off” (25) regskuif, sien die seuns onmiddellik dat die kommer oor haar hare haar kwesbaar laat en ’n “pimply boy crows at his advantage”. Hy ruk die serp van haar kop af en terwyl sy smeek dat hy dit teruggee, verklap haar lyftaal die geweldige skaamte oor haar hare wat nou onbloot is: “Her arm is raised protectively over her head, the hand flattened on her hair” (25). Haar gebare lyk na dié van ’n persoon wat ’n fisieke aanval verwag. Terwyl sy haar gesig wegsteek in haar geboë arm, koggel die seuns haar uit met die vrae: “You want your doekie? What do you want it for hey, come on tell us, what do you want it for? What do you want to cover up?” (26). Vir Frieda, wat hierdie episode van ’n afstand af aanskou, word die meisie se skaamte dadelik op haar eie liggaam geprojekteer. Frieda is reeds sensitief oor haar gewig, en wanneer een van die seuns in haar rigting kyk, voel sy haar “body swelling out of the dress rent into vertical strips that fall to my feet” (27), maar haar groot vrees is dat die wind ook haar hare sal ontbloot tot die seuns se vermaak, en sy dink die “wind will surely lift off my hair like a wig” (27).

Fredrickson en Roberts (1997:180) voer aan dat “significant portions of women’s conscious attention can often be usurped by concerns related to real or imagined, present or anticipated, surveyors of their physical appearance”. Wanneer Frieda aan haar vader noem dat die seun “insolently” na haar kyk, meen hy dat sy haar verbeel en maan haar: “Don’t be silly. You couldn’t possibly tell from this distance” (27).

Skaamte lei tot die kragtige begeerte om weg te kruip, om te ontsnap van die pynlike blik van andere, of om eenvoudig weg te raak. Hierdie impulse gaan dan ook gepaard met gevoelens van waardeloosheid en magteloosheid (Fredrickson en Roberts 1997:181; sien ook Lewis 1992 en Tangney, Miller, Flicker en Barlow 1996).

4. Voorkoms en klas

Terwyl vroue se voorkoms ’n manier kan bied om sosiale vooruitgang te maak, word dit ook gebruik as ’n maatstaf om mense se huidige klasposisie te beoordeel. In Playing in the light (Wicomb 2006) beskryf die verteller wat sy beskou as “nice coloured people” (128): diegene wat kwalifiseer as “nice” het “at least good hair”. Hier is “nice” duidelik ’n verbloemende uitdrukking vir iemand van ’n aanvaarbare klas. Soos “goeie” of reguit hare, is ’n ligte vel ook ’n aanduiding van “ordentlikheid”. Hierdie verbintenis word uitdruklik gemaak in die beskrywing van die “light-skinned, respectable Mrs Bates” (129). Wanneer Frieda vir ’n onwettige aborsie gaan in “You can’t get lost in Cape Town” (Wicomb 1987:63–81), sien die leser hoe ordentlikheid met witheid

280

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

geassosieer word: ’n bruin vrou word as ordentlik beskou in die mate waarin sy voldoen aan ’n wit voorkoms. Die vrou wat die aborsie verrig, sê vir Frieda dat sy ’n “respectable concern” (79) bestuur en dat sy “decent women” help. Volgens die vrou is ordentlikheid die uitsluitlike terrein van wit mense en sy meld met trots dat “[n]o Coloured girl’s ever been on this sofa” (79). Frieda is egter vir die vrou aanvaarbaar en kan deurgaan as wit, omdat die vrou haar blind staar op Frieda se “educated voice” (78) en aksent. Uiterlike voorkoms is so ’n kragtige merker van aanvaarbaarheid dat dit skynbaar die voor die hand liggende feite ongedaan kan maak. Daarom is Frieda geskok oor die absurditeit van die vrou se aanname en wonder of sy blind is (78).

In Kroes (Stamatélos 2005) is Kay wel bewus van die invloedrykheid van voorkoms en wanneer “antie Mona” protesteer: “Ma Pettie is mos nie wit nie”, antwoord Kay eenvoudig: “Maar, my antie, sy lýk wit” (212).1

Ook in “Behind the bougainvillea” (Wicomb 1987:105–24) word die Shenton-familie beskryf as “respectable Coloureds” (116) omdat hulle ’n Britse voorvader gehad het. Die herinnering aan hierdie voorvader “must be kept sacred” (116) en die gesin se klasposisie, wat spruit uit hulle verbintenis met witheid, moet gekoester word deur te waak teen “defile[ment] by associating with those beneath [them]” (116).

Nancy (Dido 2000) meld dat haar moeder, “nes baie bruin mense, eers na hare, velkleur en gelaatstrekke kyk voor hulle die mens raaksien” (120). Wanneer Nancy aan haar man, Bennie, erken dat sy eintlik van Xhosa-herkoms is, kan hy dit nie verstaan nie en vra: “Hoe kan jy ’n darkie wees as jy gladde hare en ’n ligte vel het?” (150). So trots soos die Shenton-gesin op hulle wit voorvader is, so skaam is Bennie oor Nancy se Xhosa-moeder. Nancy besef dit is omdat “Bennie voel nes [sy] tot gister gevoel het: Kleurlinge is beter as swart mense” (129).

In die hiërargie van rasse is die implikasie dat wit die hoogste rang beklee en swart die laagste een, met “kleurling”2 iewers in die middel. Bennie se bewering dat een ras “beter” as ’n ander is, word gevorm deur ’n komplekse samevloeiing van aannames oor ras, klas en die moontlikhede van toegang tot sosiale en politieke mag. Dit blyk egter duidelik dat Nancy se uiterlike voorkoms, en die mate waarin hierdie voorkoms meer in ooreenstemming is met witheid as met swartheid, dit vir Bennie te moeilik maak om te aanvaar dat haar moeder ’n Xhosa was. Die werk wat vroue meestal in privaatheid doen om die tekstuur van hulle hare te “korrigeer”, word nou deur Nancy onthul en sy probeer aan Bennie verduidelik: “My hare was nie altyd so nie. En was daar nie haarsalonne nie, sal dit ook nie nou so wees nie” (150). Bennie dring egter daarop aan dat Nancy nie “’n darkie [kan] wees nie”, want sy “lyk nie soos ’n darkie nie” (150). Bennie se verwerping van Nancy na haar bekentenis is uiters brutaal, en dit word ook uitdruklik veroorsaak deur sy aannames oor swart mense en klas. Hy skree dat hy homself nie sal “verlaag om aan [haar] te raak nie”, omdat sy “dit nie werd [is] nie”. Hierdie aannames is nog meer tekenend wanneer hy haar die volgende toesnou: “Gaan bly tussen jou mense in die squatter camp in Crossroads. Jy hoort daar” (152). Die middelklasgebied waar hulle nou woon, is dus nie meer vir Nancy beskore nie.

Wanneer Pattie (Stamatélos 2005) uitvind dat haar vader by haar wil kom kuier, word haar opgewondenheid om hom weer te sien gedemp deur die besef dat sy vrou, antie Mona, hom sal vergesel. Pattie is skaam om haar stiefmoeder aan Laki voor te stel vanweë sowel haar kleur as haar klas. Sy dink by haarself: “Antie Mona is wrong!” want “sy is te donker” en sy sal dus nie inpas in die “wit gebied” waar Pattie woon nie (205). Sy waarsku herhaaldelik vir Laki: “Remember, my father’s wife is dark and a little ... platvloers” (211). Die direkte vertaling van “platvloers” is “common” of

281

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

“vulgar” - Pattie maak dus ’n baie uitdruklike verbintenis tussen Mona se donker velkleur en haar klasposisie. Dit blyk ook dat Pattie hierdie vervlegting van Mona se velskakering en haar klas met skaamte assosieer. Wanneer Laki nie verstaan wat “platvloers” beteken nie, verduidelik Pattie deur te sê Mona “can be a bit embarrassing” (211). Soos in die geval van Nancy (Dido 2000), maak Mona (Stamatélos 2005) se swartheid haar ongeskik om in die “ordentlike” wit gebied te woon waar Pattie bly en Laki moedig haar aan om eerder verblyf te reël by mevrou Soes se losieshuis, want “netnou tel [sy] moeilikheid op” (211). Alhoewel Laki deurgaans voorgestel word as ’n simpatieke karakter wat wel lief is vir Pattie, onthul die roman tog krake wat suggereer dat hy rassistiese neigings het en dat Pattie reg is om bekommerd te wees oor wat hy van Mona sal dink.

Teen die einde van die roman word Pattie se broer, Stewie, met ’n mes gesteek in die “kleurling”-woonbuurt, Stofberg. Pattie noem aan Laki dat niemand nog deur die polisie aangekeer is in verband met die aanval nie en Laki vra of daar wit mense in die Stofberg-polisiekantoor werk. Wanneer Pattie antwoord dat daar nie wit mense daar werk nie, omdat dit in Stofberg is, sê Laki: “That is why” (246). Met hierdie stelling verklap hy die rassistiese aanname wat bekwaamheid met witheid verbind, terwyl onbevoegdheid as iets beskou word wat met donker velkleure gepaard gaan.

In ’n artikel oor rasse-onderdrukking ondersoek Desmond en Emirbayer (2009:342) die “poisonous symbolic consequences” wat voortspruit wanneer mense op grond van ras geklassifiseer word. Hulle (2009:342) verduidelik dat daar die aanname bestaan dat wit mense agtermekaar, wetsgehoorsaam, moreel en intelligent is, terwyl mense wat nie wit is nie, minderwaardig, krimineel, onbetroubaar en dom is. Ten spyte van Laki se liefde vir Pattie wil dit voorkom asof hy nie immuun teen hierdie giftige simboliese oorblyfsels van rasseklassifikasie is nie. Na Laki se uitlating wat dit duidelik maak “hy vertrou nie die bruin mans in Stofberg se polisiestasie nie” (247), voel Pattie “soos iemand wat gif gedrink het” (249). Alhoewel sy herklassifiseer is as wit, skree sy op Laki: “Ek is bruin gebore en bruin sal ek vrek!” (249).

5. Slot

In sy artikel oor Coconut (Matlwa 2007) ondersoek Raditlhalo (2010:11) die identiteitskrisisse wat voorkom in die postapartheid-Suid-Afrikaanse konteks waar jong Suid-Afrikaners volgens hom “suffer from a debilitating sickness of whiteache, in which they do not wish to ‘pass for white’ but to ‘be white’”. Hy ontleed hoe die twee jong vertellers in Coconut, Ofilwe en Fikile, met groot moeite te werk gaan om hulle hare glad en reguit te hou en kom tot die gevolgtrekking dat hulle nastrewe van wit skoonheidsnorme as bewys dien van “alienation and an ingrained self-hatred” (Raditlhalo 2010:26).

Alhoewel die rassistiese nalatenskap van kolonialisme en apartheid ongetwyfeld bruin vroulike liggame as veragtelik gekonstrueer het, kan ’n meer omvattende klem op gender- en klasverhoudings die leser ’n meer genuanseerde blik op vroue se begrip van hulle voorkoms bied. Mama (1995:151) voer aan dat swart vroue wat hulle hare reguit maak, nie noodwendig wit wil wees nie – dit gaan eerder daaroor dat hulle aantreklik wil wees, veral vir mans in ’n rassistiese en patriargale samelewing wat skoonheid met blonde hare en blou oë oftewel met witheid vereenselwig. Die mate waarin mans steeds die meeste sosiale, ekonomiese en politieke mag besit, beteken dat vroue se aantreklikheid wel saak maak in terme van die geleentheid om hulle lewensomstandighede te verbeter.

282

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die tekste wat in hierdie artikel ontleed word, wys dat vroue dikwels eenvoudig nie kan bekostig om hulle voorkoms as onbelangrik te beskou nie. Die vroulike karakters se toe-eiening van wit skoonheidstandaarde is egter nooit onproblematies nie, en kan nie eenvoudig toegeskryf word aan ’n begeerte om wit te wees nie. Hierdie artikel illustreer hoe die snypunte van gender, ras en klas, asook die gepaardgaande magsverhoudinge, in die Suid-Afrikaanse samelewing spesifieke tipes druk op vroue uitoefen en dat voorkoms vir vroue ’n ruimte kan bied waarbinne hulle ’n greintjie verandering in hulle lewensomstandighede teweeg kan bring.

Bibliografie

Abrahamsen, R. 2003. African studies and the postcolonial challenge. African Affairs, 102(407):189–210.

Adam, I. en H. Tiffin (reds.). 1990. Past the last post. Theorizing post-colonialism and post-modernism. Calgary: University of Calgary Press.

Ashcroft, B., G. Griffiths en H. Tiffin (reds.). 1995. The postcolonial studies reader. Londen: Routledge.

Bartky, S.L. 1990. Femininity and domination: Studies in the phenomenology of oppression. New York: Routledge.

Berger, J. 1972. Ways of seeing. Londen: Penguin.

Boonzaier, E. en J. Sharp (reds.). 1988. South African keywords: The uses and abuses of political concepts. Kaapstad: David Philip.

Carusi, A. 1990. Post, post and post. Or, where is South African literature in all this? In Adam en Tiffin (reds.) 1990.

Chapkis, W. 1986. Beauty secrets: Women and the politics of appearance. Londen: The Women’s Press.

Dash. P. 2006. Black hair culture, politics and change. International Journal of Inclusive Education, 10(1):27–37.

Davis, K. 2006. Beauty and the female body. In Marshall (red.) 2006.

Desmond, M. en M. Emirbayer. 2009. What is racial domination? Du Bois Review, 6(2):335–55.

De Villiers, H. 2003. ’n Stringetjie blou krale (E.K.M. Dido): Kulturele identiteit en hibriditeit in ’n postapartheidskonteks. Stilet, XV(1):167–79.

Dido, E.K.M. 2000. ’n Stringetjie blou krale. Kaapstad: Kwela.

Erasmus, Z. 1997. “Oe! My hare gaan huistoe!”: Hair-styling as black cultural practice. Agenda, 32:11–6.

283

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

—. 2001. Introduction: Re-imagining coloured identities in post-apartheid South Africa. In Erasmus (red.) 2001.

—. (red.). 2001. Coloured by history, shaped by place: New perspectives on coloured identities in Cape Town. Kaapstad: Kwela.

Fredrickson, B.L. en T. Roberts. 1997. Objectification theory: Toward understanding women’s lived experiences and mental health risks. Psychology of Women Quarterly, 21:173–206.

Gerwel, G.J. 1983. Literatuur en apartheid. Konsepsies van “gekleurdes” in die Afrikaanse roman tot 1948. Kasselsvlei: Kampen.

Goffman, E. 1963. Stigma: Notes on the management of spoiled identity. New Jersey: Prentice Hall.

Gouws, A. 2006. Waarom die lyflike nie ontken kan word nie. Die Burger, 3 Augustus, bl. 10.

Greer, G. 1999. The female eunuch. Londen: Flamingo.

Hill Collins, P. 1991. Black feminist thought. New York: Routledge.

Hunter, M.L. 2002. “If you’re light you’re alright”: Light skin color as social capital for women of color. Gender and Society, 16(2):175–93.

Jacobs, R. 2006. My father’s orchid. Roggebaai: Umuzi.

Lewis, M. 1992. Shame: The exposed self. New York: Free Press.

Mama, A. 1995. Beyond the masks. Londen: Routledge.

Marais, M. 2005. Bastards and bodies in Zoë Wicomb’s David’s story. Journal of Commonwealth Literature, 40(3):21–36.

Marshall, P.D. (red.). 2006. The celebrity culture reader. Londen: Routledge.

Matlwa, K. 2007. Coconut. Auckland Park: Jacana.

Peiss, K. 1990. Making faces: The cosmetics industry and the cultural construction of gender, 1890-1930. In Ruiz en DuBois (reds.) 1994.

Raditlhalo, T.S. 2010. An indefensible obscenity: Fundamental questions of be-ing in Kopano Matlwa’s Coconut. Imbizo, 1:19–38.

Ruiz, V.L. en E.C. DuBois (reds.). 1994. Unequal sisters: A multi-cultural reader in U.S. women’s History. Londen: Routledge.

Stamatélos, P. 2005. Kroes. Kaapstad: Kwela.

Synnott, A. 1987. Shame and glory: A sociology of hair. The British Journal of Sociology, 38(3):381–413.

284

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tangney, J.P., R.S. Miller, L. Flicker en D.H. Barlow. 1996. Are shame, guilt, and embarrassment distinct emotions? Journal of Personality and Social Psychology, 70:1256–69.

Viljoen, L. 1996. Postkolonialisme en die Afrikaanse letterkunde: ’n Verkenning van die rol van enkele gemarginaliseerde diskoerse. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 3(2):158–75.

West, M. 1988. Confusing categories: Population groups, national states and citizenship. In Boonzaier en Sharpe (reds.) 1988.

Wicomb, Z. 1987. You can’t get lost in Cape Town. Londen: Virago.

—. 2006. Playing in the light. Roggebaai: Umuzi.

—. 2008. The one that got away. Roggebaai: Umuzi.

Wolf, N. 1991. The beauty myth: How images of beauty are used against women. New York: Vintage.

Worden, N. 1994. The making of modern South Africa: Conquest, segregation and apartheid. Oxford: Blackwell.

Zegeye, A. 2003. A matter of colour. In Zegeye en Harris (reds.) 2003.

Zegeye, A. en R. Harris (reds.). 2003. Media, identity and the public sphere in post-apartheid South Africa. Leiden: Brill.

Eindnotas

1 Die karakter se naam is Pattie. Sommige van die ander karakters spreek egter hierdie naam uit as “Pettie“. Ek volg telkens die betrokke karakters se spelvoorkeure na.

2 Kleurling is uiteraard ’n sensitiewe term in die Suid-Afrikaanse konteks. Ek gebruik aanhalingstekens om aan te dui dat ek bewus is van die kompleksiteit van hierdie term. Die woord word egter hier gebruik omdat dit in Dido se teks voorkom. Verskillende skrywers en teoretici het verskillende voorkeure in hierdie verband. Gerwel verkies byvoorbeeld die term gekleurd (1983). Vir ’n bespreking van die term sien ook Zegeye (2003).

285

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Pieter Odendaal

Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit Stellenbosch

Summary 

“Oortekening”(retracing) as translational strategy in Breyten Breytenbach’s oorblyfsel/voice over

Breyten  Breytenbach’s  collection  of  poems  oorblyfsel/voice  over  includes  what  he  calls “transformed  [Afrikaans]  variations”  of  twelve  poems  by  the  Palestinian  poet  Mahmoud Darwish. Breytenbach “transformed” English and French translations of these twelve poems into Afrikaans “variations”, and then proceeded to self­translate these variations into English. This article attempts to make sense of these seemingly odd self­translations. 

Several  factors  limit  the  signifying  freedom  translators  have  under  normal  production circumstances: a translator is usually judged on her ability to keep the signifieds of a source text intact in the target text. This is also why meaning equivalence is often used to evaluate a translation’s  success.  This  article  challenges  the  sole  use  of  meaning  equivalence  as  a yardstick  for  the  evaluation of  translated  texts by  investigating  the alternative  translation strategy which Breytenbach employs in oorblyfsel/voice over, a strategy which I have termed oortekening  (retracing). Not only do  I argue  that Breytenbach’s  “odd”  translation decisions make sense only when read in terms of this strategy of “oortekening”, but I also come to the conclusion that the traditional conception of translation (a conception of translation as the transporting of  signifieds  from one  system of  signs  to another)  should be  extended  to also accommodate translation strategies such as oortekening. 

Jacques Derrida’s work on  translation  serves as a  theoretical  framework  for my argument, not least because he deconstructs the traditional privileging of signifieds over signifiers when translating texts – a privileging that depends on the separability of signifier and signified. By showing  that  signifieds  and  signifiers  cannot  exist  independently  of  one  another,  Derrida problematises the traditional conception of translation as the transporting of signifieds from one  language to another, thereby  implying that translation  is strictly speaking  impossible  if understood in this way. 

Derrida  replaces  this  traditional  idea  of  translation  by  arguing  that  translation  is  the substitution of one  set of  signs with another. This  substitution attempts  to create  the  same meaning  effects  in  the  target  language  that  the original  set of  signs  creates on  the  source language. However, because  these meaning effects can never be  identical, Derrida  suggests that  translation  should  be  reconceptualised  as  an  act  that  is  both  transformative  and corrupting. The target text not only transforms the source text by modifying and augmenting it, but  can also be used  to  corrupt and  comment on  the  source  text,  thereby establishing a 

286

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

signifying tension between the source and target texts. Thus the target text defamiliarises the source text from itself by exposing alternative readings of the source text. 

Drawing  on  Derrida’s  ideas  I  turn  to  Breytenbach’s  self­translations  and  identify  all  the instances where  the  semantic content of a  target  text element differs  significantly  from  the semantic content of the corresponding source text element. Three reasons are given why these differences can be regarded as conscious decisions on  the part of  the  translator and not as mere translation “errors”: the vast number of semantic discrepancies; Breytenbach’s history of  self­translation  into  and  his  original  writing  in  English;  and  Breytenbach’s  explicit acknowledgement of these discrepancies  in his note at the end of oorblyfsel/voice over. On these  grounds  I  hypothesise  that  Breytenbach  isn’t  busy  with  a  conventional  logocentric translation, but that he consciously transforms or corrupts the source text through the use of semantic  discrepancies. More  specifically,  I  conjecture  that  certain  translation  decisions  in oorblyfsel/voice over are the consequence of physical resemblances between Afrikaans and English  signifiers  rather  than  the  consequence  of meaning  resemblances  between  the  two languages. Phonological or graphic equivalence is thus favoured over meaning equivalence in these  cases.  I  introduce  the  term  oortekening  (retracing)  to  refer  to  the  aforementioned translation strategy. Being a translated term, the word retracing cannot accurately capture the  polysemic  qualities  of  oortekening,  which  can  mean  both  to  re­sign  and  to  re­draw. Breytenbach deliberately deconstructs the conventional hegemony of signifieds over signifiers during  the  translation  process  by  choosing  to  transport  signifiers  (sounds  and  graphics) rather than signifieds from the source to the target text. This strategy of oortekeningcan also be understood as the creation of interlingual puns.  After elaborating on oortekening as a translation strategy, I identify and discuss three types of oortekening  in oorblyfsel/voice over. The  first type occurs when a source text element  is translated with a target text element that is both graphically/phonetically and semantically similar to the particular source text element, thus duplicating both the connotations and the sounds of the source text element in the target text. Some examples include the translation of “bleek”  as  “bleached”  in  poem  6.  Rather  than  translating  “bleek”  with  the  usual  “pale”, Breytenbach has chosen to use “bleached”, since “bleached” more closely resembles “bleek” on a graphic level. 

The  second  type of oortekening  is  the  consequence of a process where a  single  source  text element  is  substituted by  two  target  text elements, one of which  is an oortekening and  the other a semantic translation of the source text element. An example is “die maat” in poem 2, which  is  translated  as  “the meat  and measure”:  “meat”  here  functions  as  an  oortekening, while “measure” is a semantic translation of “maat”.  Furthermore, this type of oortekening is also used in the article to criticise Derrida’s insistence on the use of quantitative equivalence as a translative norm. 

The semantic content of the third type of oortekening significantly differs from its source text counterparts, so that the source and target text elements share few or no connotations. 

These  types  of  oortekening  are  the  most  obvious  examples  of  corrupting  translations  in oorblyfsel/voice over since they do away with the traditional norm of meaning equivalence and because they represent a kind of feedback loop that reverts the reader’s attention back to the  source  text.  These  oortekenings  cast  the  source  text  elements  in  a  new  light  and consequently alienate  the  source  text  from  itself. Breytenbach uses  the  terms  conversation and dialogue to describe these  feedback  loops that exist between the source and target text thanks to his corrupting translations. 

I then discuss various examples to support this crucial point, one of which is the translation of “ontbinding  in die donker” as “to unbind darkness”  in poem 1. The word “unbind” creates a new,  literal  reading  of  “ontbinding”  (decay),  as  a  process  of  unbinding.  The  translation 

287

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

strategy  of  oortekening makes  this  rereading  or  corruption  of  the  Afrikaans  “ontbinding” possible. 

In  summary,  the article  shows how Breytenbach points  the way  to a broader conception of translation through his use of the translation strategy of oortekening. 

Key words:  translation,  Breyten  Breytenbach,  oorblyfsel/voice  over,  “oortekening” (retracing) 

Opsomming

Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed. Reeds met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Breytenbach nie met vertaling in die konvensionele sin van die woord besig is nie – so word “donker” en “modder” in gedig 1 byvoorbeeld respektiewelik as “danker” en “madder” vertaal. Die oogmerk van hierdie artikel is om agter die spreekwoordelike kap van die byl van hierdie vertaalkeuses te kom. Jacques Derrida se werk oor vertaling sal as teoretiese raamwerk vir die ondersoek dien. Verder sal oortekening as ’n alternatiewe vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer en deskriptief ontleed word om sodoende die tradisionele opvatting van vertaling as die oordrag van betekendes uit te brei.

Trefwoorde: vertaling, Breyten Breytenbach, oorblyfsel/voice over, oortekening

1. Inleiding

Vertaling word tradisioneel as die oordrag van betekendes van een taal na ’n ander beskou en hierom word betekenisekwivalensie dikwels as evaluerende maatstaf vir vertalings gebruik. Hierdie artikel voer egter aan dat betekenisekwivalensie nie gebruik kan word om sekere vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over te evalueer nie, juis omdat Breytenbach die tradisionele opvatting van vertaling as die oordrag van betekendes uitbrei deur “oortekening” as vertaalstrategie in te span. Die doel van die artikel is daarom om sin te maak van sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in die bundel via ’n deskriptiewe ontleding en om daardeur terselfdertyd ook die tradisionele opvatting van vertaling uit te brei. In die eerste plek sal die netjiese onderskeid tussen bron- en doelteks, beide in Breytenbach se bundel en oor die algemeen, geproblematiseer word, waarna die idee van vertaling as die oordrag van Saussureaanse betekendes en Derrida se kritiek hierop bespreek sal word. Vervolgens word ’n voorlopige verstaansraamwerk vir dekonstruktiewe vertaling daargestel. Laastens word oortekening as ’n alternatiewe vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer en deskriptief ontleed deur drie soorte oortekeninge met toepaslike voorbeelde te bespreek.

2. Brontekste en doeltekste

oorblyfsel/voice over bestaan uit twaalf gedigte wat langs mekaar in Afrikaans en in Engels verskyn. Die gedigte is verwerkings van oorspronklike Arabiese gedigte van die

288

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Palestynse digter Magmoed Darwiesj. Die brontekste waarvan Breytenbach gebruik gemaak het, is egter in Engels en Frans, aangesien Breytenbach nie Arabies magtig is nie. Die tekste wat in oorblyfsel/voice over verskyn, is egter nie blote vertalings van vertalings van Darwiesj-gedigte nie: in die nota aan die einde van die bundel verwys Breytenbach na sy gedigte as “getransformeerde variasies” of “collages” van Darwiesj-gedigte (Breytenbach 2009:62). Breytenbach het soms in ’n enkele gedig van afsonderlike gedigte gebruik gemaak en hy erken ook dat sy eie stem met die gedigte vervleg is. Verder maak hy dit duidelik dat die Engelse gedigte in oorblyfsel/voice over terugwerkend uit die Afrikaanse gedigte gespruit het (62). Hier is dus sprake van drie skakels in ’n vertaalketting: die vertaling van Darwiesj se gedigte uit Arabies in Engels/Frans, Breytenbach se transformasie van hierdie weergawes in Afrikaans, en sy vertaling van die Afrikaanse weergawes in Engels.

Oor die eerste twee skakels gaan ek my nie hier uitspreek nie. Hierdie artikel fokus slegs op die laaste skakel van die bogenoemde vertaalketting, sodat die terme bronteks en doelteks voortaan onderskeidelik na die Afrikaanse en die Engelse tekste in oorblyfsel/voice over verwys. Dit is egter belangrik om daarop te let dat Breytenbach die onderskeid tussen bronteks en doelteks problematiseer: hy wys daarop dat die bron- en doeltekste interafhanklik bestaan omdat sekere elemente uit die Engelse gedigte nuwe moontlikhede in die Afrikaanse gedigte opgeroep het (62). ’n Mens sou kon beweer dat die interafhanklikheid van bron- en doelteks uniek aan Breytenbach se vertalings is omdat hy toegang tot ’n speelruimte het wat nie gewoonlik aan vertalers gegun word nie. Hierdie speelruimte, naamlik om brontekselemente na gelang van sekere doeltekselemente te kan verander en om af te wyk van die bronteksbetekenis in die doelteks, is een waartoe vertalers van literêre werke selde toegang het, omdat die bronteks gewoonlik reeds vasgelê is wanneer die vertaler die bronteks na ’n ander taal moet transponeer.

Verder is daar onder “normale” produksie-omstandighede (markverwante kontekste waar vertalings as “oorspronklike” werke verkoop word) verskeie beperkende faktore wat die speelruimte van die vertaler inperk. Onder hierdie “normale” omstandighede word die bronteks omring deur die aura van die skrywer en verwag uitgewers en literêre agente dat hierdie aura behou moet word in die doelteks sodat die vertaler se vingerafdrukke as’t ware verdwyn. Om hierdie rede word sogenaamde vertaalfoute, waar die betekenis van die doelteks afwyk van die bronteks, onder “normale” produksie-omstandighede as ongewens beskou. Slegs in uitsonderlike gevalle, soos selfvertalings, of waar die vertaler eksplisiet ’n sekere vryheid deur die bronteksskrywer gegun is en daarom nie soseer ingeperk is deur die hegemonie van die bronteks nie, verkry die vertaler toegang tot die bogenoemde speelruimte. ’n Voorbeeld van die laasgenoemde vryheid wat aan ’n vertaler gegun is, is Leon de Kock se vertalings van Cas Vos se gedigte in Duskant die donker / Before it darkens (2011). In ’n gepubliseerde e-poswisseling tussen De Kock en Vos blyk dit duidelik dat Vos sekere aanpassings aan van sy brontekste gemaak het na aanleiding van De Kock se “omdigtings” (De Kock en Vos 2011). Die interafhanklikheid van bron- en doeltekste kom eksplisiet in die genoemde e-poswisseling na vore.

Volgens Derrida (1985:131) is die interafhanklikheid van bron- en doeltekste egter ’n fundamentele kenmerk van enige vertaling en is dit daarom nie net beperk tot selfvertalings of vertalings onder uitsonderlike produksie-omstandighede nie. Volgens tradisionele opvattings van vertaling bestaan die bronteks en die doelteks onafhanklik van mekaar en skiet vertalings daarom altyd tekort, omdat hulle nooit daarin kan slaag om die volheid en die eenheid van vorm en inhoud wat in die “oorspronklike” teks voorkom, na die doeltaal oor te dra nie, sodat die doelteks altyd en noodwendig deur ’n gebrek gekenmerk word (Kruger 2004:64). Derrida problematiseer egter bostaande

289

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

geïnstitusionaliseerde magsverhouding tussen bron- en doelteks deur te beweer dat daar in enige vertaling ’n wedersydse afhanklikheid tussen bronteks en doelteks bestaan, aangesien die bronteks volgens hom afhanklik is van die doelteks vir sy eie voortlewing. Dit beteken egter nie dat Derrida beweer dat betekenis sonder enige verlies van die bronteks na die doelteks oorgedra of vervoer kan word nie. In The Ear of the Other dekonstrueer Derrida (1985:152) die tradisionele hiërargie van bronteks (oftewel die “oorspronklike” teks) versus doelteks (die vertaling) soos volg:

[T]he so-called original is in a position of demand with regard to the translation. The original is not a plenitude which would come to be translated by accident. The original is in the situation of demand, that is, of a lack or exile. The original is indebted a priori to the translation. Its survival is a demand and a desire for translation.

Derrida stel dus voor dat die verhouding tussen bron- en doelteks as ’n meer simmetriese een gekonseptualiseer word: die doelteks ontvang die impuls vir sy bestaan van die bronteks en is daarom afhanklik van die bronteks; terselfdertyd is die bronteks ook afhanklik van die doelteks vir sy eie voortbestaan.

Om hierdie rede beweer Graham (1985:27): “[T]here is no provision to mark any essential difference between an original and a translation. The two need each other in the same way, and they complement each other in the same way.”

Sodoende vervaag die grense tussen bron- en doelteks, omdat die oorlewing van die bronteks verweef is met die oorlewing van die doelteks (Kruger 2004:60).

Breytenbach erken die interafhanklikheid van die bron- en doelteks in sy bundel oorblyfsel/voice over, soos reeds aangedui, en in die lig van Derrida se bespreking van die verhouding tussen enige bron- en doelteks is dit duidelik dat Breytenbach se vertalings nie ’n unieke verhouding tussen bron- en doelteks verteenwoordig nie – hy maak bloot die implisiete interafhanklikheid tussen enige “oorspronklike” en vertaalde teks eksplisiet deur sy ongewone vertaalkeuses. Hierdie interafhanklikheid sal duidelik word wanneer die ongewone vertaalkeuses in oorblyfsel/voice over in afdeling 5 bespreek word.

3. Dekonstruksie se uitdaging aan die idee van vertaling as die oordrag van Saussureaanse betekendes

Alvorens Derrida se uitdaging aan die idee van vertaling as die oordrag van betekendes bespreek kan word, is dit belangrik om die vertaalmodel waarteen Derrida hom uitspreek, te ondersoek.

In Saussureaanse terme word vertaling tradisioneel gesien as die oordrag van betekendes (signifieds) van een taal na ’n ander ongeag die betekendes se betekenaars (signifiers). Volgens die tradisionele hiërargie van betekende versus betekenaar beklee die betekende dan ook die bevoorregte posisie tydens die vertaalproses. Hierdie tekenmodel vir vertaling, waar betekenis onveranderd van een taal na ’n ander oorgedra kan word, noem Kruger (2004:68) die “conventional logocentric approach to translation”. Die moontlikheid van vertaling berus hiervolgens op die “separability of signifier and signified” (Baker en Saldanha 2009:301), aangesien die vertaler dié twee tekenkomponente van mekaar probeer skei, waarna die betekenaar weggegooi word en die betekende na die doeltaal oorgedra word. Polley (2009:55) beaam dat die opvatting

290

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

van vertaling as die “restitution of meaning”, dit wil sê die opvatting dat ’n vertaalde teks die betekenis van die oorspronklike teks kan redupliseer of herwin, geskoei is op ’n strukturalistiese, oftewel Saussureaanse, siening van taal.

Derrida (1981:11) voer egter De Saussure se tekenmodel tot sy logiese eindpunt en beweer daarom dat betekendes nooit “teenwoordig” is nie en dat betekendes nie onafhanklik van hul betekenaars kan bestaan nie: “[E]very concept is inscribed within a chain or in a system within which it refers to the other, to other concepts, by means of the systematic play of differences.”

Graham (1985:19) belig die onrusbarende implikasies van die Derrideaanse taalmodel vir vertaling as volg:

As a result of [deconstruction], it has become as difficult to define as to defend the difference between words and concepts, sounds and meanings, or any other version of the difference between a transcendental signified and a material signifier, including between real thought and mere talk. Yet those are the very rhyme and reason that translation is supposed to distinguish by discarding the one and preserving the other in transit from language to language. Hence the effect of deconstruction has already been to question the very notions that have long defined translation.

Op grond van sy problematisering van die verhouding tussen die betekende en betekenaar maak Derrida (1981:20) die volgende radikale stelling: “[W]e [have] never had to do with some ‘transport’ of pure signifieds from one language to another, or within one and the same language, that the signifying instrument would leave virgin and untouched.” Omdat die betekende en die betekenaar nie van mekaar geskei kan word nie, blyk vertaling, in die sin van die oordrag van betekendes van een tekensisteem na ’n ander, streng gesproke onmoontlik te wees. Dit is dan ook die uitdaging wat dekonstruksie aan vertaling stel: Hoe vertaal ’n mens as vertaling onmoontlik is?

Derrida se taalfilosofie impliseer dat alle tekste onvertaalbaar is, “because there is no fixed meaning to begin with and because it is also impossible to transform the différance from one system into another in fixed form” (Kruger 2004:63). Hierdie onmoontlikheid beteken egter nie dat Derrida die fenomeen vertaling wil uitroei nie. Hy beweer bloot dat dit onmoontlik is om die veelduidigheid van die bronteks in die doelteks te reproduseer. As vertalers steeds tekste binne ’n semiotiese raamwerk wil vertaal, sal hulle anders oor die vertaalproses moet begin dink deur die verhouding tussen vertaling en betekenis te heroorweeg.

4. Voorlopige raamwerk vir ’n dekonstruktiewe vertaling

Aangesien betekenis niks anders as die gevolg van sekere geïnstitusionaliseerde betekenaareffekte is nie (Davis 2001:20) en inherent onstabiel, hoogs subjektief en konteksgebonde is, is dit noodsaaklik om die verhouding tussen betekenis en vertaling anders te konseptualiseer: vertaling kan nie meer as die oordrag van betekendes tussen bron- en doelteks beskou word nie, omdat die betekeniseffekte wat as gevolg van die “systematic play of differences” tussen betekenaars in die bronteks ontstaan, nie in die doelteks herhaalbaar is nie (Baker en Saldanha 2009:96). Vertaling is veel eerder die vervanging van een betekenaarketting (die bronteks) met ’n ander een (die doelteks), “trying to fix a signified that can be no more than an interpretation according to the intelligibilities and interests of the receiving language and culture” (Venuti 2001:171).

291

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die vertaler poog dus om betekenaarkettings in die doeltaal te skep wat soortgelyke betekeniseffekte as die betekenaarkettings in die brontaal sal veroorsaak. Die betekeniseffekte van die bronteks kan egter nooit dieselfde wees as die betekeniseffekte van die doelteks nie. Om hierdie rede stel Derrida voor dat vertaling as ’n begrip geradikaliseer moet word deur vertaling as beide transformasie én korruptering te verstaan. Die volgende bespreking van Derrida se alternatiewe opvattings van vertaling kan ons help om ’n tentatiewe raamwerk vir ’n dekonstruktiewe vertaling daar te stel wat gebruik kan word om te verstaan wat dit is wat dekonstruktiewe vertalings poog om te doen. Hierteenoor sal afdeling 5 spesifiek fokus op die “hoe” van Breytenbach se dekonstruktiewe vertalings, die vertaalstrategie wat hy inspan om transformerende/korrupterende vertalings te skep.

4.1   Vertaling as transformasie of reis 

Omdat vertaling nie meer as die passiewe oordrag van betekenis gesien kan word nie, word dit nou ’n transformasie van potensiaal deurdat die bronteks deur die doelteks getransformeer word (Kruger 2004:55). Uit ’n onderhoud op RSG waarin Breytenbach oorblyfsel/voice over bespreek, blyk dit dat hy bewus is van hierdie transformerende potensiaal van vertaling: “[Vertaling] bly iets wat groei. [...] Die een woord laat jou dink aan ’n ander woord – dis ’n voortbeweging, ’n werk in wording” (Breytenbach 2010). Die woord voortbeweging is hier van kardinale belang. Die doelteks groei organies uit die bronteks sonder om deur die konvensionele idee van die hegemonie van die bronteks ingeperk te word; ’n transformerende vertaling volg nie die bronteks slaafs na nie, maar skep verdere “avenues of difference” (Kruger 2004:67).

In sy repliek op Walter Benjamin se opstel “The task of the translator” het Derrida (1985:122, sy kursivering) die volgende oor vertaling as transformasie te sê:

[T]he task of the translator is precisely to respond to [the] demand for survival which is the very structure of the original text. […].To do this […] the translator must neither reproduce, nor represent, nor copy the original, nor even, essentially, care about communicating the meaning of the original. Translation has nothing to do with reception or communication or information. [...]. [T]he translator must ensure the survival, which is to say the growth, of the original. Translation augments and modifies the original, which, insofar as it is living on, never ceases to be transformed and to grow. It modifies the original even as it also modifies the translating language. This process – transforming the original as well as the translation – is the translation contract between the original and the translated text. In this contract it is a question of neither representation nor reproduction nor communication; rather, the contract is destined to assure a survival, not only of a corpus or a text or an author but of languages.

Breytenbach (2009:61) bied ook ’n alternatiewe blik op wat vertaling behels:

Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. Die landskap verander, winde met die reuke van onbekende groei waai soos nuus oor die hoogland na laerliggende valleie, jou skaduwee verskiet, die lied bly ’n wisseltong tussen bekend en onbekend.

Die opvatting van vertaling as transformasie of reis (en daarom ook as voortlewing) is van tematiese belang in oorblyfsel/voice over. Die Afrikaanse gedigte is, soos reeds genoem, “getransformeerde variasies” van Magmoed Darwiesj se werk. Hierdie transformasies laat die afgestorwe Darwiesj se stem toe om die landskap van Afrikaans te bewoon en sodoende voort te leef. Die Engelse vertalings transformeer weer beide

292

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die Afrikaanse weergawes en die Engelse taal. Die reis wat as gevolg van die vertaalproses ontstaan, word dan ook ’n poging om “tussen die woorde na [Darwiesj] te soek” (62).

4.2   Vertaling as korruptering 

In die artikel “Le retrait de la métaphore” maak Derrida (1977:289) die volgende tersyde opmerking rakende vertaling: “une ‘bonne’ traduction doit toujours abuser” [’n goeie vertaling moet altyd mishandel/korrupteer]”.

Lewis (1985:43) gebruik hierdie opmerking as ’n vertrekpunt om die idee van ’n “abusive translation” te ontwikkel.

[An abusive translation] will have a dual function – on the one hand, that of forcing the linguistic and conceptual system of which it is dependent, and on the other hand, of directing a critical thrust back toward the text that it translates and in relation to which it becomes a kind of unsettling aftermath.

Verder bevorder ’n korrupterende vertaling volgens Lewis (1985:41, 43) semiotiese eksperimentering, peuter dit met woordgebruik en staan dit in ’n ambivalente verhouding teenoor die bronteks. Wanneer die semantiese inhoud van ’n betrokke doeltekselement dus noemenswaardig verskil van die semantiese inhoud van die vertaalde brontekselement en hierdie verskil geregverdig kan word deur na die spanning te verwys wat sodoende tussen die bronteks en die doelteks of die doelteks en die doeltaal ontstaan, kan die vertaling as ’n korrupterende vertaling getipeer word.

Korrupterende vertalings verskil egter van die behoud van die vreemdheid van ’n bronteks in die doelteks wat kommentators soos Venuti voorstaan om die sogenaamde domestikering van vreemde tekste teen te werk. Volgens Venuti (2000:468) behels die domestikering van vreemde tekste die volgende:

[T]he translator negotiates the linguistic and cultural differences of the foreign text by reducing them and supplying another set of differences, basically domestic, drawn from the receiving language and culture to enable the foreign to be received there.

Hierteenoor stel Venuti (2000:469) ’n soort vertaling voor waarvolgens “the hierarchies that rank the values in the domestic culture are disarranged to set going processes of defamiliarization, canon formation, ideological critique and institutional change”.

Korrupterende vertalings gaan egter verder as Venuti se voorstel, omdat korrupterende vertalings nie bloot poog om die doeltaal van sigself te vervreem nie, maar ook om terug te praat met die bronteks en sodoende die bronteks van sigself te vervreem. In hierdie verband skryf Lewis (1985:43): “[I]t is as if the [abusive] translation sought to occupy the original’s already unsettled home, and thereby, far from ‘domesticating’ it, to turn it into a place still more foreign to itself.”

5. Oortekening as vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over (2009)

Met inagneming van die bostaande tentatiewe raamwerk vir ’n dekonstruktiewe vertaling kan ons nou op sekere oënskynlik vreemde vertalings in oorblyfsel/voice over

293

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

fokus waar die semantiese inhoud van ’n betrokke doeltekselement noemenswaardig van die semantiese inhoud van die ooreenstemmende brontekselement verskil. (Onthou dat die inhoud van die doelteks in elk geval nooit semanties gelyk aan die bronteks s’n kan wees nie, omdat betekenis nie tussen tale vervoer kan word sonder ’n mate van verlies nie.)

Die volgende voorbeelde ondersteun bostaande stelling:

* “vog” in gedig 3 (r. 16) word as “a vow of water” (r. 17) vertaal, eerder as die gebruiklike “vapour” wat semanties gesproke nader aan “vog” lê. * “spoel van ’n hart” (gedig 2, r. 24) word met “spoil of a heart” (r. 25) vervang, eerder as die gebruiklike “swill/sluice of a heart”. * “kreun” (gedig 10, r. 59) word nie met “groan”, “moan” of “whimper” vertaal nie (woorde wat semanties gesproke nader aan “kreun” lê), maar met “keen” (r. 59). * “verbrande tong” (gedig 10, r. 124) word “errant tongue” (r. 124), in plaas van die meer ‘toepaslike’ “burnt tongue”.

Dat Breytenbach doelbewus besig is om nie semantiese ekwivalensie in die bogenoemde gevalle na te streef nie, blyk eerstens uit die groot aantal “vertaalfoute” wat in die Engelse weergawes voorkom. Die verskille tussen die bronteks en die doelteks is so opsigtelik en volop dat die vertaalkeuses hoegenaamd nie as “vertaalfoute” afgemaak kan word nie. Tweedens is Breytenbach ’n gesoute skrywer wat ook al oorspronklike tekste in Engels geskryf het; en derdens verwoord Breytenbach die motivering vir sy vertaalkeuses as volg in sy “Nota” aan die einde van oorblyfsel/voice over:“Die Engelse weergawes [...] het terugwerkend gespruit uit my Afrikaanse pogings, met die bedoeling om ’n gesprek tussen die twee tale te bemiddel. Hulle is dus nie woordelikse ‘vertalings’ nie” (62). Breytenbach maak met hierdie opmerking as’t ware voorsiening vir moontlike kritiek teen die vertalings deur aan te toon dat hy nie bloot besig is met die tradisionele siening van vertaling as die ongekompliseerde oordrag van betekenis nie.

Uit bostaande voorbeelde behoort dit duidelik te wees dat Breytenbach nie besig is met die tradisionele opvatting van vertaling as die onproblematiese oordrag van betekendesvan een taal na ’n ander nie en dat hy veel eerder bewustelik besig is met ’n soort transformerende of korrupterende vertaling waar die betekenis van die doeltekselement noemenswaardig van die betekenis van die brontekselement verskil. Die res van die artikel bemoei sigself met die spesifieke vertaalstrategie wat Breytenbach inspan om hierdie transformerende of korrupterende vertalings te skep.

Chatzidimitriou (2009:24) se beskrwying van die ongewone vertaalkeuses wat selfvertalings dikwels kenmerk, kan help om sin te maak van die ongewone vertaalkeuses in oorblyfsel/voice over:

[T]ranslingual authors are ideal scavengers of sign systems that are obsolete or altogether absent from the normative linguistic body of the adoptive tongue. Often guided by a sense of phonetic euphoria (newly discovered aural particularities of the foreign language) or archaeological curiosity (unearthing of linguistic rarities) alone, translingual writers develop a rather unsystematic relationship to the foreign language. […] In fact, translingual writers very consciously allow the processes of intralingual and interlingual translation to intersect and the very vocabulary of their encounter to dominate the literary space: the occasional anecdote of linguistic incompetence [and] free-associations crossing linguistic lines […] construct a text fully conscious of and participating in its own textuality…

294

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Met inagneming van bostaande aanhaling is my hipotese dat sekere vertaalkeuses in oorblyfsel/voice over die gevolg van fisiese betekenaarooreenkomste eerder as die gevolg van betekenisekwivalensie tussen brontekselemente en doeltekselemente is.

Die volgende voorbeelde ondersteun hierdie hipotese: die frase “beweging van emosies” word as “burgeoning of emotions” in strofe 17 van gedig 10 vertaal. Die voor die hand liggende vertaalkeuse vir “beweging” sou “movement” wees, maar in plaas daarvan kies Breytenbach die woord “burgeoning”, aangesien “burgeoning” op ’n grafiese vlak nader aan “beweging” lê as “movement”. Om dieselfde rede word “dobbelaar” as “dabbler” in plaas van “gambler” vertaal (gedig 10), en in gedig 5 word “dors” in die bronteks met “door” in plaas van “thirst” vertaal.

Hierdie soort “vertalings” is volop in die bundel. By bogenoemde voorbeelde is dit dus duidelik dat Breytenbach kies om sekere doeltekselemente te gebruik op grond van die fisiese tekenooreenkomste wat hulle met brontekselemente deel, eerder as om betekenisekwivalensie na te streef. (Die Bylaag bevat ’n uitvoerige lys van hierdie soort vertaalkeuses wat in oorblyfsel/voice over voorkom.)

Dit lyk asof Breytenbach na ’n teken in die doelteks soek wat so veel moontlik soos die brontekselement lyk of klink sonder om noodwendig op die semantiese inhoud van die teken te konsentreer. Betekenisekwivalensie word ondergeskik aan grafiese of fonologiese ekwivalensie gestel en daarom kan daar by hierdie gevalle van ’n “oortekening” eerder as ’n betekenisvertaling van brontekselemente gepraat word. Die term oortekening is ’n neologisme wat ek voortaan sal gebruik om na die vertaalstrategie te verwys wat Breytenbach inspan wanneer hy brontekselemente vertaal op grond van hulle fisiese betekenaarooreenkomste, hetsy op fonologiese of op grafiese vlak. Verder sal ek ook die term oortekeninge gebruik om na daardie doeltekselemente te verwys wat die produkte van die strategie van oortekening is.

Grafiese en fonologiese ekwivalensie is nie op sigself ’n radikaal nuwe vertaalstrategie nie. Catford het reeds in 1965 na hierdie soort vertalings en hul belang vir vertaalteorie verwys: “Both phonological and graphological translation must be inlcuded in a general theory of translation because they help to throw light on the conditions of translation equivalence, and hence on the more complex process of total translation” (Catford 1965:23). In die lig van Derrida se differensiële model van taal blyk dit egter dat Breytenbach besig is met meer as bloot die oppervlakkige vertaling van sekere brontekselemente op grond van die betekenaarooreenkomste wat hulle met die betrokke brontekselemente toon: hy dekonstrueer die tradisionele hiërargie van betekende versus betekenaar deur aan die betekenaar die voorkeurposisie toe te wys wat gewoonlik tydens die vertaalproses aan die betekende toegewys word. Sodoende onthul Breytenbach in sy vertalings die fundamentele diskrepansie tussen die materialiteit van tekens en hul betekenisse, tussen betekenaars en betekendes – ’n diskrepansie wat te maklik vergeet word.

De Man bespreek hierdie onthullende funksie van sekere vertalings wanneer hy die Duitse vertaling van die Engelse “bread” as “Brot” ondersoek: “To mean ‘bread’, when I need to name bread, I have the word Brot, so that the way in which I mean ‘bread’ is by using the word Brot. The translation will reveal a fundamental discrepancy between the intent to name Brot and the word Brot itself in its materiality, as a device of meaning” (De Man 1986:87). Breytenbach se vertalings werp dus lig op die arbitrêre verband wat daar tussen betekenaars en betekendes in enige taal bestaan deur die tradisionele hiërargie van betekende versus betekenaar te dekonstrueer.

295

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die vertaalstrategie van oortekening kan ook anders beskryf word deur aan te voer dat Breytenbach hier met intertalige woordspel besig is. Woordspeling speel ’n belangrike rol in dekonstruktiewe besprekings van taal, omdat dit die arbitrêre verhouding tussen betekende en betekenaar in ’n taalsisteem belig en daardeur as ’n soort selfverwysing van die sisteem dien. Om hierdie rede noem Davis (2001:59) woordspeling die “handtekening” van taal. Breytenbach se voorliefde vir (intratalige) woordspel is welbekend (sien Verster 1968:137–44, 147; Van der Merwe 1975:51–61; Viljoen 1988:135–40), en Huysamer (1997:42) bring hierdie eienskap van sy poësie in verband met Derrida se taalfilosofie deur te noem dat Breytenbach se “dekonstruktiewe spel met sillabes en woordfragmente [...] die opvattings oor taal van teoretici soos [...] Jacques Derrida prakties illustreer”. Huysamer se opmerking geld ook vir die bespreking van oortekening as vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over, omdat die tekenspel tussen bron- en doeltekselemente die arbitrêre verhouding tussen betekenaar en betekende belig deurdat betekenaars wat in verskillende tekensisteme soortgelyk lyk of klink, verskillende betekeniseffekte (lees: betekendes) tot gevolg het.

Noudat oortekening as vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer is, is dit duidelik dat die dubbele bundeltitel vooruitwys na hierdie strategie. Die oortekeninge is “voice overs” – “voice overs” is letterlik die oordrag van stemme, oftewel die oordrag van klanke.

Hambidge (2009:4) het ook reeds gelet op die genoemde vooruitwysing in die titel na ’n sekere soort vertaling – sy bespreek die term voice over as ’n filmiese term en interpreteer hierdeur die Engelse vertalings as “agterna-perspektiewe” van die Afrikaanse gedigte. Eweneens dui die Afrikaanse gedeelte van die bundeltitel daarop dat daar betekenaarspore van die Afrikaans in die Engelse gedigte oorbly.

Sommige resensente het hul bedenkinge oor die vertalings in oorblyfsel/voice over uitgespreek. Pienaar (2009:5) meen byvoorbeeld dat die Engelse weergawes “nogal verrassend swak” is en raai selfs potensiële lesers aan om die vertalings “te ignoreer”. Pienaar se waarde-oordeel is geldig as betekenisekwivalensie as ’n evaluerende maatstaf dien om vertalings te beoordeel, maar betekenisekwivalensie kan nie as ’n evaluerende maatstaf vir die vertalings in oorblyfsel/voice over dien as Breytenbach op ’n bewuste vlak besig is om teen die grein van tradisionele vertalingstrategieë in te gaan nie. Om hierdie rede is dit meer sinvol om, in plaas daarvan om die vertalings krities te evalueer, eerder deur middel van ’n deskriptiewe ontleding drie soorte oortekeninge te identifiseer en vervolgens hul betekeniseffekte te bespreek.

5.1   Eerste soort oortekening 

By die soort oortekening word ’n brontekselement soms met ’n doeltekselement vertaal sodat die doeltekselement aan die een kant ’n oortekening van die brontekselement is, maar aan die ander kant ook semantiese inhoud besit wat soortgelyk aan die betekende van die brontekselement is. Sowel die konnotasies as die klanke van die brontekselement bly dus in die doelteks behoue.

Een so ’n voorbeeld is die vertaling van “bleek” as “bleached” in gedig 6. Die Afrikaanse en ooreenstemmende Engelse frases lees as volg: “so bleek soos ’n skulp” (r. 12) en “as bleached as a shell” (r. 11). Eerder as om “bleek” met die gebruiklike “pale” te vertaal, kies Breytenbach om die woord “bleached” te gebruik. Die woorde “bleek” en “bleached” lyk meer na mekaar as wat “pale” na “bleek” lyk, sodat “bleached” ’n oortekening eerder as ’n semantiese vertaling van “bleek” is. Maar “bleek” en “bleached” het ook soortgelyke semantiese konnotasies, sodat die frases “so bleek soos

296

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

’n skulp” en “as bleached as a shell” min of meer dieselfde beeld oproep. Alhoewel “bleek” en “bleached” nie presies dieselfde semantiese waarde het nie, word die betekenis van die bronteksfrase nie noemenswaardig deur die keuse van “bleached” in die doelteksfrase verander nie.

’n Tweede voorbeeld is die vertaling van “skrywer” (r. 33) as “scribe” (r. 34) in gedig 10. Weer eens is daar ’n fonologiese ooreenkoms tussen “skrywer” en “scribe” en het die elemente ook gedeelde konnotasies, sodat die betekenis van die oorspronklike “skrywer” nie heeltemal verlore gaan tydens die oortekening-proses nie.

Hierdie soort oortekening herinner baie aan een van die groot taboes in tradisionele vertaalteorie – sogenaamde faux amis, oftewel valse vriende. Valse vriende is woorde wat op grond van hul fonologiese of grafiese ooreenkomste met sekere brontekselemente dikwels as betekenisekwivalente vir brontekselemente in doeltekste gebruik word. ’n Klassieke voorbeeld is die “verkeerde” vertaling van die Engelse werkwoord “travel” as “travailler” in Frans. Die Franse woord “travailler” beteken egter “om te werk” en nie “om te reis” nie. Die “korrekte” semantiese vertaling vir “travel” sou “voyager” wees. Derrida stel voor dat die term “belles infidèles” (pragtige ongetroues) meer gepas is om na faux amis te verwys. Hierdie alternatiewe benaming vir die verskynsel van valse vriende blyk uiters gepas te wees vir die eerste soort oortekening in Breytenbach se bundel.

5.2   Tweede soort oortekening 

Die tweede soort oortekening is die gevolg van ’n proses waar ’n enkele brontekselement met twee doeltekselemente vertaal word. Die doelteks bevat twee elemente waarvan die een ’n semantiese vertaling en die ander een ’n oortekening van die brontekselement is. In hierdie gevalle word sowel die betekende as die betekenaar van ’n brontekselement dus “vertaal”. Die sinsnede “sodat die maat en die pyn waaroor jy skrywe” (gedig 2, r. 4) word byvoorbeeld as “so that the meat and the measure of your poem’s pain” (r. 4) vertaal. Hier word “maat” as’t ware twee keer vertaal: eerstens as “measure” en tweedens as “meat”. Die betekeniseffekte van die Engelse woord “measure” stem ooreen met die betekeniseffekte van “maat”, sodat die sinsnede “so that the measure of your poem’s pain” aan die tradisionele maatstaf van betekenenisekwivalensie sou voldoen. Breytenbach voeg egter die woord “meat” in die Engels by om as ’n oortekening van “maat” te funksioneer. Die Engelse sinsnede kry ook ’n verdere betekenis wat nie in die Afrikaans terug te vind is nie, alhoewel die betekenaar van “meat” reeds as’t ware in die bronteks gegee is. ’n Mens kan daarom sê dat die betekenaar van die Afrikaanse “maat” as ’n wegspringplek dien vir die byvoeging van betekenis in die Engelse sinsnede.

Die tweede soort oortekening is dus ’n voorbeeld van ’n vertaalstrategie wat tot ’n transformerende vertaling lei. Hierdie vertaalstrategie lei daartoe dat die doelteks organies groei uit die bronteks deurdat oortekening letterlik tot ’n aanwas van tekens lei.

’n Verdere voorbeeld is die naamwoordstuk “miere se koninginneryke” (gedig 10, r. 40) wat as “the mired queendoms of ants” (r. 40) vertaal word. Sowel “ants” as “mired” kan teruggevoer word na “miere”: “ants” dien as ’n betekenisvertaling van “miere” terwyl “mired” ’n oortekening van “miere” verteenwoordig. Hier onder volg ’n lys voorbeelde uit die bundel (’n uitvoeriger lys kan in die Bylaag gevind word). Die brontekselemente en hulle oortekeninge word telkens in vetdruk belig, terwyl die brontekselemente se doelteks-betekenisekwivalente in skuinsdruk aangetoon word:

297

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

* “heilige krokodille” (gedig 3, r. 14) word “sacred crocodiles of healing” (r. 15) * “skemer” (gedig 3, r. 18) word “shimmering dusk” (r. 19) * “die moeders in die gaskamers” (gedig 5, r. 14) word “gossamer mothers in gas chambers” (r. 14) * “fluit” (gedig 10, r. 5) word “fluid flute” (r. 5) * “skrik” (gedig 10, r. 14) word “from fright skirled” (r. 12) * “stadige ontploffings” (gedig 10, r. 48) word “slow studied explosions” (r. 48) * “vroulike” (gedig 12, r. 1) word “froglike and female” (r. 1).

Ten spyte van Derrida se radikale hersiening van wat vertaling behels, meen hy dat vertalings waar die doelteks nie kwantitatief ekwivalent aan die bronteks is nie, onvoldoende is: “The translation must be quantitatively equivalent to the original” (2001:180) en “as soon as one puts two or three words in the place of one, translation becomes an analytic explication; that is, it is no longer strictly speaking a translation” (Derrida 1985:155).

Breytenbach se tweede soort oorklankings weerlê egter Derrida se standpunt dat kwantitatiewe ekwivalensie altyd as ’n norm vir vertaling moet dien. Breytenbach is nie besig om te vergoed vir sy gebrekkige vertalings deur ’n ekstra doeltekselement by te voeg en daardeur die norm van kwantitatiewe ekwivalensie te breek nie. Die Engelse frases hier bo behou telkens die betekenis van die Afrikaanse uitdrukkings én borduur daarop voort deur die betekenaar oor te teken. Die bronteksbetekenis bly in die doelteks enersyds behoue en word andersyds uitgebrei deur hierdie soort oortekening.

Ter verdediging van Derrida moet bygesê word dat Breytenbach ’n sekere vryheid met betrekking tot die Engelse vertalings geniet wat nie gewoonlik aan vertalers gegun word nie, omdat hy die skrywer van die bron- én die doelteks is. Om hierdie rede is Breytenbach reeds uit die staanspoor nie so onderhewig aan die norm van kwantitatiewe ekwivalensie as die meeste ander vertalers nie.

5.3   Derde soort oortekening 

Die derde soort oortekening wat in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer kan word, is daardie oortekening van brontekselemente waar die betekenis van die brontekselement glad nie in die doelteks terug te vind is nie. Die semantiese inhoud van die brontekselement gaan dus heeltemal verlore by hierdie soort oortekening. So word “naakte ” in “naakte landskap” (gedig 1, r. 19) as “nacre” in “nacre landscape” (r. 19) vertaal. Die semantiese inhoud van “naakte” verdwyn as’t ware in die Engelse teks. Hierdie soort oortekening verskil egter van die eerste soort oortekeninge waarna reeds verwys is: by die eerste soort oortekening bly die betekenis van die brontekselement in ’n mate behoue in die doeltekselement, aangesien die twee elemente sekere semantiese konnotasies deel; by die derde soort oortekening is daar geen gedeelde konnotasies tussen die brontekselement en die doeltekselement nie.

By die derde soort oortekeninge wyk die doelteksbetekenis van die bronteksbetekenis af sodat ’n nuwe betekenis in die doelteks ontstaan wat nie in die bronteks teruggevind kan word nie. Hierdie oortekeninge is die duidelikste voorbeelde van korrupterende vertalings in oorblyfsel/voice over, omdat hulle klaarblyklik die tradisionele norm van betekenisekwivalensie laat vaar en daarom ’n soort terugvoerlus (“feedback loop”) verteenwoordig wat die leser se aandag terugvoer na die bronteks en die brontekselement opnuut belig om gevolglik die bronteks as’t ware van sigself te vervreem.

298

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In hierdie verband sal dit nuttig wees om weer Lewis (1985:43) se beskrywing van korrupterende vertalings aan te haal: “[An abusive translation seeks] to occupy the original’s already unsettled home, and thereby, far from ‘domesticating’ it, to turn it into a place still more foreign to itself.”

Breytenbach gebruik woorde soos “gesprek” en “dialoog” om die terugvoerlus te beskryf wat danksy die derde soort oortekeninge tussen die bron- en doelteks ontstaan. In ’n onderhoud op RSG (2010) sê hy dat die vertalings “’n dialoog vir [hom] as skrywer tussen die Afrikaans en die Engels” is, en aan die einde van oorblyfsel/voice over skryf hy dat die vertalings vir hom ’n gesprek tussen die Afrikaans en die Engels verteenwoordig (2009:62).

Bassnett (1998:31) stel ’n soortgelyke punt wanneer sy die selfvertalings van Samuel Beckett ondersoek deur te let op die ooglopende betekenisverskille tussen verskeie bron- en doeltekste en die dialektiese verhouding wat sodoende tussen Beckett se (Franse) brontekste en (Engelse) doeltekste ontstaan in publikasies waar hulle langs mekaar verskyn. In hierdie gevalle funksioneer die doelteks nie net as ’n herskrywing van die bronteks nie (omdat die doelteksbetekenis van die bronteksbetekenis afwyk), maar veroorsaak hierdie betekenisverskille dat ’n tweetalige leser heel moontlik weer die bronteks sal lees nadat hy/sy die betekenisveranderinge in die doelteks opgemerk het en sodoende die bronteksbetekenis sal heroorweeg.

Voorbeelde uit oorblyfsel/voice over sal bostaande punt verhelder. Die eerste voorbeeld is “ontbinding in die donker” (gedig 1, r. 23) wat vertaal word as “to unbind darkness” (r. 24). Die woord “ontbinding” is dus oorgeteken as “unbind”. Hierdie oortekening veroorsaak dat daar ’n nuwe betekenis in die Engelse teks ontstaan wat verskil van die betekenis in die Afrikaanse teks. Maar “unbind” funksioneer ook om die woord “ontbinding” van sigself te vervreem deurdat die betekenis van die woord “unbind” op die woord “ontbinding” van toepassing gemaak kan word: om iets te “unbind” is om dit los te maak of om dit te ontknoop. In die gesprek tussen die woorde “ontbinding” en “unbind” word die letterlike betekenis waarop die Afrikaanse metafoor van ontbinding geskoei is, herbelig deur “ontbinding” as ’n proses van losmaking of ontknoping te hergiet. Die strategie van oortekening maak hierdie korrupterende vertaling (Breytenbach sou die woord “gesprek” gebruik) moontlik.

Hierdie vernuwende vertaalstrategie is presies waarna Gentzler (1993:160) verwys as hy sê: “[On]e could also project a translation theory aimed at protecting differences, reinvigorating language with lost etymological resonances, thereby opening up new avenues of thought.” Die oortekening van “ontbind” as “unbind” maak nie net nuwe denkpatrone moontlik nie, maar ontbloot ook die morfemiese oorsprong van die woord “ontbind”.

’n Tweede voorbeeld is die vertaling van “laat daar musiek wees” (gedig 2, r. 21) as “let music weep” (r. 22). Die woord “weep” is ’n oortekening van “wees”. Hierdie oortekening bemiddel ’n gesprek tussen die Afrikaanse en Engelse gedigte sodat die aansporing dat daar musiek moet wees ook ’n oproep word dat hierdie musiek moet “weep”, moet ween.

Dit is belangrik om daarop te let dat die geprekke wat deur oortekeninge in die bundel moontlik gemaak word, net soos die lees van enige litêrere teks onderworpe is aan ’n subjektiewe interpretasieproses, sodat hier nie sprake van finale en afgehandelde interpretasies rakende die gesprek tussen die bron- en doelteks is nie. Wat wél duidelik is, is dat hierdie gesprek deur die strategie van oortekening bemiddel word.

299

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

’n Derde voorbeeld is die oortekening van “beminde” (gedig 12, r. 9) as “bemoaned one” (r. 9). Die intieme verhouding tussen smart en die liefde word deur hierdie oortekening onderstreep: enersyds is bemindes “bemoaned ones” omdat hulle dikwels vir die liefhebber smart veroorsaak, en andersyds is die smart wat ’n mens as gevolg van iemand anders ervaar, ’n goeie betekenaar van liefde jeens die persoon. Breytenbach kry dit reg om implisiete kommentaar op die aard van liefdesverhoudings te lewer bloot deur “beminde” as “bemoaned one” oor te teken.

Hier onder volg ’n seleksie uit die volledige lys van die derde soort oortekeninge soos dit in die Bylaag verskyn (die brontekselemente en hulle oortekeninge word telkens in vetgedrukte letters aangedui). Ek laat dit aan die leser oor om self die bemiddelde gesprek tussen die bronteks- en doeltekselement te interpreteer:

* “begelei deur ’n beier / paddas” (gedig 3, rr. 8-9) en “beguiled by a pealing / of frogs” (rr. 8-9) * “van verbygaan” (gedig 5, r. 5) en “of verbs become verbiage” (r. 5) * “die wrang smaak van die tong” (gedig 8, r. 11) en “the wrong taste of tongue” (r. 11) * “die woestyn” (gedig 10, r. 126) en “the wasting” (r. 126) * “maak dit eenvoudig” (gedig 10, r. 138) en “mask it with simplicity” (r. 137) * “jou lieflike mooityd” (gedig 12, r. 8) / “your lifelike beauty” (r. 8).

6. Slot

In die voorgaande bespreking het ons gesien hoe Breytenbach die grense tussen bronteks en doelteks laat vervaag, en ’n alternatiewe en tentatiewe verstaansraamwerk is uiteengesit wat gegrond is op Derrida se insigte oor taal. Verder is oortekening as ’n vertaalstrategie in oorblyfsel/voice over geïdentifiseer en moontlike redes vir die gebruik van hierdie oortekeninge is bespreek. Hierdie redes sluit die skep van transformerende of korrupterende vertalings in wat die tradisionele opvatting van vertaling as die oordrag van betekendes uitbrei. Ten slotte kan gesê word dat Breytenbach deur die gebruik van oortekeninge ’n brug skep waaroor betekendes en betekenaars telkens tussen die bron- en doelteks kan beweeg. Deur bron- en doeltekselemente intiem met mekaar te verweef, hou die bron- en doelteks in oorblyfsel/voice over mekaar voortdurend aan die lewe.

Bylaag

Eerste soort oortekening 

kronkelend (gedig 1, r. 2) / crinkled (r. 3)

donker ink (gedig 1, r. 15) / danker ink (r. 16)

klank (gedig 1, r. 4) / clink (r. 4)

skip (gedig 1, r. 30) / sloop (r. 32)

betekenis (gedig 3, r. 46) / tokening (r. 48)

300

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

beenbleek (gedig 5, r. 4) / bone-bleached (r. 4)

bleek (gedig 6, r. 12) / bleached (r. 11)

praat (gedig 10, r. 1) / prattle (r. 1)

geskreeu (gedig 10, r. 13) / skirled (r. 12)

skrywer (gedig 10, r. 33) / scribe (r. 34)

verwilder (gedig 10, r. 107) / bewilder (r. 107)

posbode (gedig 10, r. 114) / post-box (r. 114)

stemme (gedig 11, r. 11) / songs (r. 11)

teken (gedig 12, r. 10) / token (r. 10)

Tweede soort oortekening 

tyd tydsaam (gedig 1, r. 24) / tidal time (r. 25)

die maat en die pyn waaroor jy skrywe (gedig 2, r. 4) / the meat and the measure of your poem’s pain (r. 4)

heilige krokodille (gedig 3, r. 14) / sacred crocodiles of healing (r. 15)

die vog (gedig 3, r. 16) / a vow of water (r. 17) (ook eerste tipe)

skemer (gedig 3, r. 18) / shimmering dusk (r. 19)

gesterf (gedig 3, r. 24) / the gesture of dying (r. 27)

testament (gedig 3, r. 26) / will and testament (r. 29)

ek weier om te glo ek is hoegenaamd uitoorlê (gedig 3, r. 48) / I refuse to believe I was utterly fooled (r. 50)

lewe (gedig 3, r. 51) / lewd life (r. 53)

marmerepitaaf (gedig 4, r. 15) / murmured epitaph marbling time (r. 15)

julle wat blind op loer lê (gedig 5, r. 10) / you lying low in the lee of your blindness (r. 10)

die roos in ons wonde (gedig 5, r. 12) / rose roosting our wounds (r. 12)

die dooies se gesigte (gedig 5, r. 13) / the gazetted faces of the dead (r. 13)

die moeders in die gaskamers (gedig 5, r. 14) / gossamer mothers in gas chambers (r. 14)

301

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

die deure van ons huise (gedig 5, r. 17) / the doorways of our demure dwellings (r. 17)

die sterre (gedig 6, r. 16) / a stir of stars (r. 16)

verskroeide vlerke (gedig 6, r. 30) / scorched verses and plumes (r. 30)

dooie walvisse (gedig 8, r. 5) / domed dead whales (r. 5)

walvisse gebraak deur die maan (gedig 9, r. 9) / whales valised by moon (r. 9)

ouers (gedig 10, r. 19) / all alders and outers (r. 19)

seunskind (gedig 10, r. 21) / swanskin boy (r. 21)

bleek (gedig 10, r. 22) / bled pale (r. 22)

die droom (gedig 10, r. 25) / a doom of dreaming night (r. 25)

miere se koninginneryke (gedig 10, r. 40) / the mired queendoms of ants (r. 40)

die dobbelklippie se worp (gedig 10, r. 43) / the warp of the diceman’s throw (r. 43)

’n militêre teiken (gedig 10, r. 46) / the muleteer’s military target (r. 46)

stadige ontploffings van glas (gedig 10, r.48) / slow studied explosions of glass (r. 48)

trosse (gedig 10, r. 51) / tressed grapes (r. 51)

vrees was my voetstreep (gedig 10, r. 53) / fear versed my footsteps (r. 53)

gesigte (gedig 10, r. 42) / vestiges of faces (r. 59)

maar as die wind dit nie wou hê/ was ek nooit ’n swael (gedig 10, rr. 62-63) / but if the wind didn’t swell/ my time as swallow would have been moot (rr. 62-63)

want die suide is heemte (gedig 10, r. 67) / for the south hemmed a home (r. 67)

wat in die vroeg en die najaar uit die lug/ oor bouvalle tuit (gedig 10, rr. 69-70) / leaving ajar in spring and in fall the sky/ over ruins (rr. 69-70)

’n donker keël (gedig 10, r. 77) / a dancer-dark cone (r. 77)

wat betekenis onthul (gedig 10, r. 84) / of meaning betoken (r. 84)

beswyming (gedig 10, r. 84) / busying/ a trance (rr. 84-85)

die vroulike ek geskoot in jou (gedig 10, r. 95) / womanly I besotted in your lap (r. 95)

die bries se voue (gedig 10, r. 107) / the breeze’s bridal folds (r. 107)

of ooit weer mag word nie (gedig 10, r. 112) / or one day may weep (r. 112)

302

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

heilige krokodille (gedig 10, r. 127) / hailing the holy crocodiles (r. 127)

verdwaal in die tussengang van nagte (gedig 10, r. 140) / get lost before then/ in the vandal corridors of darkness (rr. 139-140)

sou ek my geheue lankal moes verloor (gedig 10, r. 150) / my memory would long since have been lost like geese (r. 150)

om die niet verleë te maak (gedig 10, r. 155) / to make of the void an embarrassed verse (r. 155)

dis nie liggame van klip en been en kwarts (gedig 11, r. 9) / they are neither ligaments nor lingams of stone or bone or quartz (r. 9)

ek het jou so uit die oog verloor (gedig 11, r. 20) / the eye is such a dog (r. 20)

walvisse/ as buitelande heuwels in die maanlig (gedig 11, rr. 28-29) / mantled as jewels and howls under moon (r. 29)

vroulike (gedig 12, r. 1) / froglike and female (r. 1)

niemand (gedig 12, r. 4) / no knifeman (r. 4)

pantserwa (gedig 12, r. 19) / painted war wagon (r. 20)

Derde soort oortekening 

modder (gedig 1, r. 18) / madder (r. 19)

onsigbaar oordag (gedig 1, r. 21) / cordage by day (r. 22)

ontbinding in die donker (gedig 1, r. 23) / to unbind darkness (r. 24)

die los lykevlies (gedig 1, r. 26) / the veiled fleece (r. 27)

skaduwees oor die naakte landskap (gedig 1, r. 27) / schedules over the nacre land (r. 29)

laat daar musiek wees (gedig 2, r. 21) / let music weep (r. 22)

spoel van ’n hart (gedig 2, r. 24) / spoil of a heart (r. 25)

diep en soel en somber aarde (gedig 3, r. 5) / dipped and soiled and sombre earth (r. 5)

aftakeling van herfs (gedig 3, r. 7) / articling of fall (r. 7)

begelei deur ’n beier/ paddas in ’n poel (gedig 3, rr. 8-9) / beguiled by a pealing/ of frogs in a poem (rr. 8-9)

verbyster oor hoe vinnig alles vervliet (gedig 3, r. 23) / verbosed by the speed at which everything flees (r. 25)

303

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

beledig en bespot (gedig 6, r. 8) / bleed and mock (r. 7)

maar niemand het die telefoon opgetel (gedig 3, r. 30) / but no one opened the telephone (r. 33)

om dit vir jou voor te berei (gedig 3, r. 32) / to lay it bare for you (r. 35)

[ek] kon geen handeling bedink/ wat ’n dooie man waardig sou wees nie (gedig 3, rr. 43-45) / [I] can think of no action/ awarding a dead man’s weight (rr. 46-47)

hierdie dood het geen betekenis (gedig 3, r. 42) / this doom has no tokening (r. 48)

miskien is ek ’n afgetrede ontslapene (gedig 3, r. 50) / perhaps I’m an aftertime corpse (r. 52)

hy wat met my ’n bewussyn deel (gedig 4, r. 5) / he who shares with me a musing (r. 5)

die koelte van eike (gedig 4, r. 14) / the kilter of oaks (r. 14)

om tyd vas te beitel (gedig 4, r. 15) / marbling time in a boat (r. 15)

getye se tyding/ van verbygaan (gedig 5, rr. 4-5) / gospel tides/ of verbs become verbiage (rr. 4-5)

’n dors na lewe (gedig 5, r. 9) / a door to life (r. 9)

beledig en bespot (gedig 6, r. 8) / bleed and mock (r. 7)

die verre noorde (gedig 8, r. 1) / the verged north (r. 1)

die wrang smaak van die tong (gedig 8, r. 11) / the wrong taste of tongue (r. 11)

om die blinde danseres se buik te aai (gedig 9, r. 6) / avail themselves/ of the blind dancer’s belly (rr. 5-6)

blink gespoel deur water (gedig 10, r. 2) / despoiled by water (r. 2)

die riet deur wind deurboor (gedig 10, r. 4) / the wind-disrobed reed (r. 4)

ek is die dobbelaar (gedig 10, r. 6) / I’m the dabbler (r. 6)

partykeer val die dobbelsteentjies reg (gedig 10, r. 7) / partaking of the arc of falling (r. 7)

met skraler skaduwee uit die put geskater (gedig 10, r. 10) / gestated in scarier shadow from the well (r. 10)

per abuis het ek hul trekke en skete geërf (gedig 10, r. 15) / I took the abused traits of the clan (r. 15)

die geheue (gedig 10, r. 18) / forgetting to ghee (r. 18)

304

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

wat hoeka meer weet van tou as musiek (gedig 10, r. 20) / hooked on rope much more than music (r. 20)

per ongeluk (gedig 10, r. 21) / angelic (r. 21)

om vroue met die nag/ wakker te fluister (gedig 10, rr. 23-24) / to fluster awake/ the women (rr. 23-24)

moes sneuwel soos die skrywer/ in sy broek (gedig 10, rr. 33-34) / would have snowed / like the scribe in his brook (rr. 33-34) (twee voorbeelde)

as die landskap se rug nie geknak is nie (gedig 10, r. 38) / if the landscape’s back had not been gunked (r. 38)

lig word (gedig 10, r. 57) / lag (r. 57)

blindsien (gedig 10, r. 58) / blindside (r. 58)

kreun (gedig 10, r. 59) / keen (r. 59)

bloei (gedig 10, r. 60) / bloat (r. 60)

om my vere/ te doop in die dooie see se wolke (gedig 10, rr. 70-71) / to droop/ my feathers in the dead sea’s clouds (rr. 70-71)

die gedig is slegs ’n gooi van die dice (gedig 10, r. 76) / the poem is but a geeing of dice (r. 76)

haar ritme/ se beweging van emosies (gedig 10, rr. 81-82) / the rhythm/ of its burgeoning emotions (rr. 81-82)

my voorreg (gedig 10, r. 98) / my vortex (r. 98)

o die skrille eensaamheid van die berg (gedig 10, r. 110) / ah the mountain’s twirled loneliness (r. 110)

ek het geen partituur wat ek kon wees (gedig 10, r. 111) / I have no partition in what might have been (r. 111)

die verbrande tong (gedig 10, r. 124) / an errant tongue (r. 124)

die woestyn (gedig 10, r. 126) / the wasting (r. 126)

maak dit eenvoudig (gedig 10, r. 138) / mask it with simplicity (r. 137)

my lyf/ se gawe om pyn asem vir asem te ontklee (gedig 10, rr. 151-152) / my body/ in its game of undressing pain breath by breath (rr. 151-152).

[om] die leemte te ontnugter (gedig 10, r. 154) / [to] disenchant the limits (r. 154)

die laaste asemteug (gedig 11, r. 14) / the ultimate assertion (r. 14)

305

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

o lewe, loop doekvoet (gedig 11, r. 19) / oh life, go devotedly (r. 19)

leë erwe van vergaan (gedig 11, r. 26) / a vagrant land of decay (r. 26)

buitelende heuwels (gedig 11, r. 29) / mantled as jewels and howels (r. 29)

’n ander dag sal aanbreek (gedig 12, r. 1) / another day will inbreed (r. 1)

geheel in syn gebrand (gedig 12, r. 2) / gavelled in being (r. 2)

soepel (gedig 12, r. 4) / steep-seeped (r. 4)

die swaard van selfmoord (gedig 12, r. 5) / the sword of selfhood (r. 5)

alles buite en behalwe die verlede (gedig 12, r. 6) / everything outside and beholden to death (r. 6)

asof die tyd/ sluimerend met vakansie is (gedig 12, rr. 7-8) / as if time/ were slivered on leave (rr. 7-8)

jou lieflike mooityd (gedig 12, r. 8) / your lifelike beauty (r. 8)

beminde (gedig 12, r. 9) / bemoaned one (r. 9)

skandering (gedig 12, r. 15) / squander (r. 15)

Bibliografie

Baker, M. en G. Saldanha (reds.). 2009. Encyclopedia of translation studies. Londen: Routledge.

Bassnett, S. 1998. When is a translation not a translation? In Bassnett en Lefevere (reds.) 1998.

Bassnett, S. en A. Lefevere (reds.). 1998. Constructing cultures: Essays on literary translation. Brittanje: Cromwell Press.

Breytenbach, B. 2009. oorblyfsel/voice over. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2010. Onderhoud op RSG se Leeskring.

Catford, J.C. 1965. A linguistic theory of translation. Londen: Oxford University Press.

Chatzidimitriou, I. 2009. Self-translation as minorization process: Nancy Hudson's Limbes/Limbo. SubStance, 38(2):22–42.

Davis, K. 2001. Deconstruction and translation. Manchester: St. Jerome.

306

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

De Kock, L. en C. Vos. 2011. Omdigting: ’n Proses. Versindaba. http://versindaba.co.za/2011/04/28/cas-vos-leon-de-kock-omdigting-n-proses (29 Junie 2011 geraadpleeg).

De Man, P. 1986. The resistance to theory. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Derrida, J. 1977. Le retrait de la métaphore. Analecta Husserliana,(14):273–300.

—. 1981. Positions. Vertaal deur A. Bass. Chicago: University of Chicago Press.

—. 1985. The ear of the other: Otobiography, transference, translation. Vertaal deur P. Kamuf. New York: Schocken.

—. 2001. What is a “relevant” translation? Vertaal deur L. Venuti. Critical Inquiry,27:174–200.

Gentzler, E. 1993. Contemporary translation theories. Londen: Routledge.

Graham, J.F. 1985. Introduction. In Graham (red.) 1990.

Graham, J.F. (red.). 1990. Difference in translation. Londen: Cornell University Press.

Hambidge. J. 2009. Breyten skuif grense. Volksblad, 2 November, bl. 4.

Huysamer, M. 1997. Breyten Breytenbach se digbundel Soos die so: ’n Ondersoek. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Kruger, J.L. 2004. Translating traces: Deconstruction and the practice of translation. Literator, 25(1):47–71.

Lewis, P. 1985. The measure of translation effects. In Graham (red.) 1990.

Nida, E. 1969. The theory and practice of translation. Leiden: Brill.

Pienaar, H. 2009. Breyten – “bloed, klip en been en kwarts wat spat”. Rapport, 20 September, bl. 5.

Polly, J. 2009. Opportunities of contact: Derrida and Deleuze/Guattari on translation. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van Toronto.

Steiner, G. 1975. After Babel: Aspects of language and translation. Londen: Oxford University Press.

Van der Merwe, A. 1975. Paradoks as poësie: ’n Ondersoek na enkele aspekte van die poësie van Breyten Breytenbach. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Rhodes Universiteit.

Venuti, L. 2000. Translation, community, utopia. In Venuti (red.) 2000.

—. 2001. Introduction. Critical Enquiry,27(2):169–73.

307

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Venuti, L. (red.). 2000. The translation studies reader. Londen en New York: Routledge.

Verster, J. 1968. Taal en beeld in die poësie van Breyten Breytenbach. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Viljoen, L. 1988. Breyten Breytenbach se (“yk”): ’n Semiotiese ondersoek. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Vos, C. 2011. Duskant die donker/Before it darkens. Vertaal deur L. de Kock. Pretoria: Protea Boekhuis.

308

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Ontronding in Kharkamsafrikaans?

Daan Wissing

Summary 

Derounding in Kharkams Afrikaans?

Derounding  of  the marked  (abnormal)  rounded  front  vowels  is  a  common, widely  known phonological characteristic of Afrikaans. It is therefore quite remarkable that in his book So praat  ons  Namakwalanders  (1989)  Links  claims  that  this  phenomenon  does  not  occur  in Kharkams Afrikaans, a variety of Afrikaans found in Namaqualand. In the preface of this book Fritz Ponelis writes that Links’s work came just in time, since the oldest Afrikaans dialects are changing or have already disappeared under  the comprehensive pressure  from educational institutions and practices and their endeavours towards standard language” (Ponelis’s words translated  by  me).  Ponelis  further  implies  that  this  could  also  be  the  case  in  Kharkams Afrikaans. Using this background, this article will report on the current state of affairs. 

Links’s 1989 study is limited to respondents of 76 years and older. He claims that the marked rounded  front  vowels  (SAMPA­notation  /y,  2,  9/  of  the  IPA’s  /y,  ø,  œ/  respectively)  are rounded  “sonder  uitsondering”  (without  exception).  He  bases  his  interpretations  on conclusions derived from listening to various taped conversations. He does not, however, take into consideration well­known aspects that could influence the extent of derounding. 

The method used in my study was determined by its aims. Investigation was limited to the two marked rounded  front vowels /y/ en /9/. There were  five adult men (48, 49, 67, 68 and 84 years  of  age  respectively)  and  five  adult  women  (60,  39,  50,  57  and  75  years  of  age respectively) who were available and willing to participate in the taping process. Additionally there were also ten 15­year­old  learner participants from a  local school –  five girls and  five boys.  No  preselection  process  took  place.  With  the  intention  of  identifying  a  possible diminishing  trend  in  the  occurrence  of  rounding  related  to  the  age  of  the  speakers,  the participants were divided into four age groups, namely 15­year­olds, 30–50­year­olds, 50–60­year­olds and those over 60. 

Since  electricity  was  not  always  readily  available,  a  battery­operated  tape  recorder  (an Olympus WS­210S) was used, which provided the necessary quality recordings. The stimulus material consisted of various sentences and a series of numbers that had to be read out aloud. Participants also had to name the hours of the day from one o’clock to twelve o’clock (hour = “uur”,  containing  /2/).  The  relevant  vowels,  /y/  en  /9/,  were  included  and  balanced throughout  the  stimulus  material.  All  necessary  precautions  were  taken  to  ensure  the optimum quality of all recordings. 

Modern apparatus and software, such as Adobe Audition and PRAAT, were used in the study. Auditory analysis was made considerably easier by manipulating speech signals to the extent needed. This is especially helpful when the speech tempo can be slowed down – for example to about 50 percent of the normal rate. It is also possible to isolate and loop a specific part of the recording,  enabling  the  listener  to  listen  continually  to  the  same  part  until  a  good 

309

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

interpretation can be  formed,  in this case of whether the relevant vowel  is pronounced as a rounded or a derounded vowel. 

A  total  of  1  044  usable  vowels were  obtained  for  analysis.  504 were  pronounced  by  the learners, and 540 by the adults. Of these vowels, 625 in the dataset belonged to the category Rounded, and 378  to  the category Derounded. Forty­one vowels were omitted as  they were impossible  to categorise. A simple  statistic equation1  shows  that  the difference between  the two groups is statistically highly significant; (c2) = 33,1 (degrees of freedom = 1; p = 0,0000). 

A progressive decrease in the ability of older to younger persons to produce rounded vowels was identified. There were no significant differences between the two oldest groups (c2 = 0,03; p = 0,87), or between the two youngest groups (c2 = 0,6; p = 0,46). However, the 15­year­old group  showed  substantial differences  from  the  two  oldest  groups. The 30–50­year­old and 50–60­year­old groups also  each  showed  considerable differences  from  the oldest group of 60+ years (c2 > 33; p = 0,0000). 

Although  the  number  of  speakers  in  each  category  might  not  be  enough  for  definite conclusions, the relatively high number of cases corresponding to these conclusions certainly suggests  their  exactitude.  The  high  level  of  significant  differences  also  suggests  that interpretations  can be made with a  sense of  certainty. The  two  youngest groups are much more inclined to derounding, especially in the case of /y/. 

The type of vowel is, therefore, very important in studies such as these. It has also been found that the type of  language structure used to obtain speech from the participants, namely the word  lists or sentences used, have to be carefully considered. Furthermore, the style (formal versus  informal) and  tempo of  speech  (normal versus  fast)  should also not be disregarded. Derounding is more present in sentences than in word lists. This trend is more prominent in the two youngest groups than in the two oldest ones, with the youngest group being the most noticeable. A possible explanation for the latter could be the fact that these students generally read the materials at a faster tempo than the others. 

An  acoustic  analysis was  conducted  on  the  available  speech  samples  from  the  ten  female speakers. This female group consisted of the five learners (all 15­year­olds) and the five adult women  (two  in  each  of  the  30–50­  and  50–60­year­old  categories,  and  one  in  the  60+ category) –  thus a relatively balanced distribution  from young  to old. Acoustic correlations that should be taken into consideration are, primarily, the second vowel formant (abbreviated to F2), and the first vowel formant (F1), which is also important at times. F2 is the strongest indicator of  roundedness of vowels.  In a multiple  regression analysis  these  two parameters seem to be the strongest indicators of a differentiation between Rounded and Derounded. The other  two  meaningful  parameters  are  the  harmonicity­to­noise  ratio  and  fundamental frequency  (F0),  or  tone.  A  total  of  286  usable  vowels  from  the  group  of  ten women were analysed. Of these, 183 were classified as Derounded and 103 as Rounded, based on auditory judgement during the listening phase of the first part of the study. 

The difference between F2’s Rounded and Derounded values is statistically highly significant (p  =  0,003;  result  of  a  t­test).  This  conclusion  therefore  strongly  supports  the  auditory classification  which  was  previously  made.  The  difference  with  regard  to  F1  is  similarly noteworthy (p = 0,004). 

The  comparison  between  the  two  derounded  vowels  and  the  two  basic  unrounded  vowels reveals  that  the  derounded  version  of  /y/,  viz.  [i],  takes  on  almost  the  same  acoustic characteristics as the basic unrounded phoneme /i/. In this case, the process of derounding is therefore  very  nearly  complete.  In  contrast,  there  is  a  bigger  difference  between  the derounded counterpart of /9/, viz. [@], and the basic unrounded phoneme /@/; which means that in this case this process of derounding is further from completion. 

310

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

The conclusions clearly indicate the occurrence of derounding of the marked vowels /y/ and /9/  in  the  speech  of  Kharkams  Afrikaans  speakers  in  all  four  of  the  age  groups  that participated  in this project. However,  it  is evident that  it occurs  least  in the oldest group of speakers (those above 60) and most  frequently  in the group of  learners; with the other two groups averaging somewhere in between. There is undoubtedly a process of change present, the  outcome  of which  can  only  be  speculated about. Change  in a  language  is not a  linear process, but can cease, or even turn around. 

If Links’s 1989 observations with regard to the presence (or rather absence) of derounding in the Afrikaans of his group of elderly Kharkams Afrikaans speakers are (mostly) accepted to be true, then my findings could be considered supportive of Ponelis’s hypothesised notion (Links 1989)  that Kharkams Afrikaans would also have been subject  to gradual changes. Whether this  occurred  predominantly,  or  to  a  lesser  extent,  under  the  influence  of  the  factors mentioned by Ponelis (urbanisation and cultivation), is an entirely different matter. 

The  findings  of  the  study  lead  one  to  the  conclusion  that most  of  the  factors  taken  into consideration during the planning of the study were, in fact, important. In order to control, or even eliminate,  influencing  factors  in studies such as these,  it  is strongly recommended that word lists rather than sentences be used as stimulus material. 

Key words: Derounding, Kharkams Afrikaans, experimental investigation, influencing factors, chronolectic variances  

Opsomming

Ek doen in hierdie artikel verslag van ’n ondersoek na die moontlike aanwesigheid van ontronding as fonologiese proses in Kharkamsafrikaans, ’n Namakwalandse variëteit van Afrikaans. Die twee vokale /9/ (die SAMPA-ekwivalent van IPA se /œ/-teken) en /y/ is in woordlyste en sinne deur 20 toevallig beskikbare sprekers van die dorpie Kharkams opgeneem en ontleed. Die aanleiding tot die studie is die beskrywing van Links (1989) asook Fritz Ponelis se Voorwoord tot hierdie werk. Links (1989) lig die afwesigheid van ontronding toe in die spraak van persone van 76 jaar en ouer. Ponelis (in die Voorwoord) wys op die tydigheid van die ondersoek, omdat verstedeliking en kultivering besig was om “groot bresse” te slaan, ook in daardie variëteit van Afrikaans. Ontronding sou dus waarskynlik by jongmense van die streek begin posvat het. Hierdie moontlikheid is in hierdie studie getoets. Tien graad 9-leerlinge van die plaaslike hoërskool is betrek, asook tien volwassenes van wisselende ouderdom (30–84 jaar). Ontronding is by almal gevind, die meeste by die jongste groep, en die minste by die oudste groep. In hierdie opsig is daar dus wel aanwysings van waarskynlike beïnvloeding van die kant van verstedeliking en kultivering soos deur Ponelis genoem. Mens sou hier ook kon praat van chronolektiese verskille tussen die oudste en jongste sprekers. ’n Aantal aanbevelings word gemaak met betrekking tot die ondersoekmetode wat gevolg is. Daar moet veral gewaak word teen ’n te enkelvoudige opset, soos om net van sinne gebruik te maak; lyste woorde gee duideliker resultate. Die tipe vokaal, sinsaksent, leesstyl en -tempo en gebruiksfrekwensie moet ook in ag geneem word. By die interpretasie van bevindinge soos dié moet mens natuurlik steeds in gedagte hou dat sommige prosesse onderhewig is aan meer weerstand teen verandering as ander.

Trefwoorde: Ontronding, Kharkamsafrikaans, eksperimentele ondersoek, beïnvloedende faktore, chronolektiese variante

311

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

1. Inleiding

Ontronding is ’n kenmerkende en algemene Afrikaanse verskynsel. Ek staaf hierdie bewering in Wissing (2011), ook deur te verwys na bestaande literatuur (De Villiers en Ponelis 1987; Klopper 1983; Le Roux en Pienaar 1928; Ponelis 1990; Wissing en Van Dijkhorst 2006), asook na bevindinge van onlangse uitgebreide produksie- en persepsie-ondersoeke (Wissing 2011).

Ontronding van die gemerkte2 geronde Afrikaanse vokale vorm deel van die geneigdheid tot wat Le Roux en Pienaar (1928) ’n slap artikulasiebasis noem. Dit beteken, baie ruweg gestel, dat Afrikaanssprekende, sekerlik in vergelyking met byvoorbeeld Nederlandssprekendes, relatief min moeite doen, of dat minder energie gebruik word, by die vorming van veral vokaalsegmente oor die algemeen. Meer tegnies gestel kom dit daarop neer dat die Afrikaanse vokale verder weg, na binne toe, van die uiterste grense van die kardinale vokaalkaart lê.3 Dit kan baie ruweg getipeer word as sentralisering – dit wil sê ’n beweeg in die rigting van Neutraal in Figuur 1.

Figuur 1: Vereenvoudigde artikulatoriese vokaalkaart (simbole in SAMPA-konvensie) van Afrikaans.4 Die groen-gekleurde vokale is die geronde teenhangers van die

ongeronde lede van die pare gemerkte geronde:ongeronde vokale (hier bruin gekleur). Voor – Agter is die horisontale dimensie; Hoog – Laag die vertikale dimensie.

Let op dat die klanke in Figuur 1 basiese foneme in Afrikaans verteenwoordig. Ontronde vokale, soos in hierdie studie bedoel word, stem selde presies ooreen met hulle fonologiese gelykes.

’n Opvallende beskrywing van die afwesigheid van die neiging tot ontronding van die genoemde gemerkte vokale in ’n variëteit van Afrikaans is dié van Links (1989). Op grond van sy ondersoek van Namakwalandse Afrikaans, veral dié van ouer sprekers5 van Kharkams, kom hy tot die gevolgtrekking dat “ronding (van die gemerkte geronde voorvokaal /y/,6 soos in uur – my byvoeging) sonder uitsondering onder die groep respondente algemeen is”. “Sonder uitsondering” is natuurlik ’n baie sterk stelling – sterker nog as “algemeen”. Wat dit waarskynlik beteken, is dat die afwesigheid van ontronding algemeen is onder alle Kharkamssprekers. Dieselfde geld in wese die ander

312

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

gemerkte geronde voorvokaal (/2/ in bv. neus). Die gemerkte geronde neutrale vokaal /9/ (in bv. rus) word nie as sodanig deur Links uitgesonder nie.

In die Voorwoord van Links (1989) merk Ponelis die volgende op: “Die oudste Afrikaanse streektale is aan die verander of het reeds onder die massale druk van die onderwys en die standaardtaal7 heeltemal verdwyn”, en ook: “Die noordwestelike dialek, waarvan Kharkamstaal ’n baie tipiese vorm is, het betreklik lank sy identiteit bewaar, maar ook hier het verstedeliking en kultivering, veral in die afgelope generasie of wat groot bresse geslaan.” Verder sê Ponelis: “[...] Links het dus net betyds (my nadruk) met sy uitgebreide veldwerk in Kharkams begin om die taal van die kontrei uit die mond van die oudste geslag op te teken.”

Toegepas op die verskynsel van ontronding in die Kharkams-variëteit van Afrikaans, sou Ponelis se siening enersyds geïnterpreteer kon word dat dit ten tyde van Links (1989) se waarnemings8 moontlik ook reeds onderhewig was aan die “groot bresse” wat geslaan is, maar andersyds sou die “net betydse” optekening weer kon beteken dat dit toe nog geen beduidende effek gehad het op, in ons geval, die wese van die gemerkte geronde vokale /y, 2, 9/ nie. Links het destyds slegs gekyk na die aan- of afwesigheid van ontronding in die spraak van die “oudste geslag” – die jongste was 76 jaar, die oudste 91 jaar oud.

Voordat enige diachroniese gevolgtrekkings gemaak kan word waarteen Ponelis se menings getoets sou kon word, is dit natuurlik nodig om minstens drie, maar verkieslik meer, sinchroniese snitte in die spraakgebruik van, in hierdie geval, Kharkamsafrikaans, ter beskikking te kan hê – een van die heel oudste groep sprekers, en van die jongstes, en een tussenin. ’n Sodanige meer omvattende beskrywing is die basiese doel van hierdie ondersoek. Dit sou mens dan in staat stel om die uitsprake van Ponelis in een opsig te toets.

Gegrond op die algemeen-aanvaarde aanname dat taalverandering ’n geleidelike proses is (kyk bv. Labov 1994 en Lass 1997), sou verwag kon word dat ontronding die minste by die heel oudste persone gevind sal word, op sy beurt weer merkbaar meer in die volgende oudste groep, ensovoorts. Op ’n ander vlak sou hiermee moontlik ook meer insig verkry kon word in die wese van taalverandering oor die algemeen. Mens moet natuurlik in ag neem dat bepaalde veranderinge intussen sou kon plaasvind, maar wat steeds gedoen kan word, is om die hedendaagse Kharkams-uitspraak te kan bestudeer met die oog op ’n moontlike verskil by persone van verskillende ouderdomsgroepe. Sou daar meer ontronding by jong sprekers as by oueres gevind word, sou dit minstens ondersteunende getuienis kon wees daarvoor dat taal voortdurend verander, en moontlik ook dat sodanige verandering, soos deur Ponelis verwoord word, onder invloed verkeer van (onder meer) faktore soos kultivering. Dit is moeilik om te verstaan dat verstedeliking in die geval van Kharkamsafrikaans ’n rol kon speel: al die sprekers wat betrek is, was hulle lewe lank Kharkammers. Dit is belangrik om hier die verskil in gedagte te hou tussen reële en skynbare taalverandering,9 soos dit deur Labov (1994) gedoen word. Eersgenoemde is natuurlik verkieslik, maar is selde direk beskikbaar. My studie benader die beskrywing van reële verandering ten opsigte van die proses ontronding in ’n mate, omdat twee stadia (een dié van ongeveer 1980, soos beskryf deur Links 1989) vergelyk word met dié van 2010 in hierdie studie. Natuurlik moet die nodige versigtigheid by enige gevolgtrekkings steeds aan die dag gelê word.

313

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

2. Meer oor Links se studie

Links se 1989-boek So praat ons Namakwalanders is gebaseer op sy proefskrif van 1983: “Die Afrikaans van Kharkams”.10 Hy het sy studie tot respondente van 70 jaar en ouer beperk.

Links gee ’n oorsigtelike en baie algemene beskrywing van onder meer die vokale van Kharkams, ook van die gemerkte geronde vokale wat hier bo genoem is. Van /y/ gee hy vier voorbeelde wat volgens hom taamlik frekwent in die opnames voorkom (skuur, huwelik, muurhuise en sku) (bl. 7), en ses van /2/ (deur, deurgekom, beur, skoonseun, neus en heup) (bl. 9). Van die ronde variant /y/ meen Links dat dit wil “voorkom of ronding sonder uitsondering ... algemeen is” (bl. 9) (my kursivering; ook hier onder). Die vokaal /2/ word volgens hom “op enkele uitsonderings na, deurgaans gerond uitgespreek”. Let weer op na die tiperings wat ek gekursiveer het. Vir /9/ gee Links die ses voorbeelde buk, puts, sukkel, suster, tussen, en hulle (ble. 11–12), wat volgens sy waarneming glad nie ontrond nie. Twee van die woorde (sukkel en hulle) is by my stimulussinne ingesluit.

’n Ontleding van die ses in gewone ortografie getranskribeerde gesprekke wat in die Addenda (Links 1989:89–105) opgeneem is,11 bring die volgende aan die lig. Hulle (met /9/ as vokaal)kom altesaam49 keer voor – soveel as 22 keer in die gesprek met een man wat 80 was, en slegs een keer by ’n 76-jarige vrou. Dit is dus duidelik dat die voorkoms van woorde, hier hulle, baie verskil van persoon tot persoon. Afgesien van die paar woorde met /9/ wat Links uitsonder as veel voorkomend (sien hoër op), kom die volgende woorde ook nog in hierdie stukke voor: duskant, gesukkel, kurke, kussing, pluk, rug en stukkie. Duur, Duusman, uur en vuur is ook onder die /y/-woorde gevind, en hierdeur, neuk, seun en steur by /2/.12

Links sê nie hoe hy te werk gegaan het met die bepaling van die aan- of afwesigheid van ronding nie. Op grond van formuleringe soos “dit wil voorkom of ...” is dit waarskynlik dat hy sy opnames nie woord vir woord beluister het nie. Voorts lyk dit nie asof hy bekende faktore in berekening geneem het wat die mate van ontronding sou kon beïnvloed nie – hy wys wel daarop dat sy voorbeeldwoorde taamlik frekwent in die opnames voorkom. Hoëfrekwensiegebruik is ’n algemeen erkende faktor ten gunste van die voorkoms van fonologiese prosesse oor die algemeen. Nadruk (aksent en klemtoon – sien Wissing 2007 vir ’n uiteensetting) kan ook ’n rol speel by die kwaliteit van vokale: hoe minder benadruk ’n vokaal, hoe groter is die moontlikheid dat dit gereduseer kan word, wat in ons geval neig na ontronding. Hierdie aspek is blykbaar nie deur Links in berekening gebring nie, so ook nie die tipe vokaal nie; ook dit kan in beginsel ’n bepalende faktor wees. Dit is wel in hierdie ondersoek gedoen. Laer af word ook ander belangrike faktore vermeld.

3. Die 2010-ondersoek

Die metode wat in hierdie studie gevolg is, is bepaal deur die doelstellings daarvan soos wat dit hoër op geformuleer is. Die ondersoek is beperk tot die twee gemerkte geronde voorvokale, /y/ en /9/.

3.1   Die deelnemende sprekers en die opnameproses 

Uit die aard van die saak kon dieselfde persone as wat in Links se studie betrek is, nie ook hier bestudeer word nie – 30 jaar later is dit onwaarskynlik dat hulle nog lewend

314

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

sou wees. Gevolglik was die ideaal om onder meer die oudste beskikbare persone in Kharkams te betrek. Daarnaas moes die uitspraak van persone uit verskillende (jonger) groepe ingesluit word.

’n Ideale groep sprekers sou gebalanseerd verteenwoordigend moes wees van beide geslagte en van verskillende ouderdomsgroepe, met, natuurlik, hoofsaaklik ’n aantal bejaardes aan die een kant, en ewe veel jongmense aan die ander kant, met verteenwoordigers van verskillende ouderdomsgroepe (bv. dié tussen 30 en 40 jaar oud, en dié tussen 50 en 60) tussen hierdie twee. In feite moes klaargekom word met die volgende persone wat beskikbaar en gewillig was om aan die opnameproses deel te neem: vyf mans (een elk van 48, 49, 67, 68 en 84 jaar) en vyf vrouens (een elk van 30, 39,50, 57 en 75 jaar). Dit was makliker om ’n homogene groep van tien jong sprekers te bekom. Die Hoërskool Kharkams het goedgunstiglik vyf meisies en vyf seuns, op een na almal vyftien jaar oud,13 ter beskikking gestel. Ook hier het geen voorafkeuring plaasgevind nie. Met die oog op die bepaling van ’n moontlike afnemende tendens van die teenwoordigheid van ronding ten opsigte van die ouderdom van die sprekers, is hulle in vier ouderdomsgroepe verdeel, naamlik 15 jaar, 30–50 jaar, 50–60 jaar, en 60+ jaar oud.

My benadering tydens die opnames was dat ek aan die deelnemers gesê het dat ek geïnteresseerd is in die spraak van die Namakwalandse mense nadat ek ’n boekie van ’n oudinwoner van Kharkams, Tony Links, gelees het, waarin die manier beskryf word waarop Kharkamsafrikaans gepraat word. Natuurlik het ek nie die presiese aard van my belangstelling – die uitspraak van die vokale /y/ en /9/ – genoem nie. Die vermelding van Tony se naam het kennelik ’n deur van welwillendheid en samewerking oopgemaak – hy was goed bekend aan almal; sommige was selfs naby familie. Ek sou die daaropvolgende opnamegeleentheid tipeer as ontspanne en selfs gemoedelik, wat bevorderlik is vir ’n goeie vergelykende basis vir die werk van Links, wat as lid van dié gemeenskap duidelik nie met enige beperkinge te kampe gehad het nie.

In hierdie ondersoek is gebruik gemaak van ’n battery-aangedrewe bandopnemer, omdat ek voorsien het dat daar moontlik nie oral elektrisiteit beskikbaar sou wees nie, veral nie as dit so sou uitwerk dat sommige opnames op straat gedoen moes word nie – ek het vermoed dat dit die enigste metode sou wees om mense by publieke plekke, soos vulstasies en winkels14 – te nader. Vanweë die fokus op kwaliteit-opnames wat slegs betroubare ouditiewe oordele van die spraakmateriaal ten opsigte van die kenmerk Gerond of Ontrond van vokale sou moontlik maak, was dit nie primêr van belang om goeie akoestiese ontledings te verseker nie. Hierdie opnemer (’n Olympus WS-210S, wat digitale opnames maak) is reeds met welslae in vorige studies (bv. Wissing 2011) gebruik. Ek kon dit dus ook met vertroue vir hierdie projek gebruik. Die opnames is direk op ’n harde skyf van ’n rekenaar ingevoer, vanwaar dit verder vir noukeurige inspeksie in ’n spraakverwerkingsprogram, met name Audio Audition, ingelees en ontleed is. (Vir meer besonderhede, sien verder afdeling 3.3, “Die proses van ouditiewe beoordeling”.)

3.2   Stimulusmateriaal 

Daar is van die sprekers verwag om die tyd van die dag in ure te noem – dit was met die oog op die uitspraak van /y/ in uur (eenuur, twee-uur, ... twaalfuur), en ook om ’n reeks syfers te lees, tipies in die vorm van ’n telefoonnommer. Hier is vyf nulle ingesluit (in: 100 900 70), natuurlik met die uitspraak van /9/ in nul in gedagte. Ongelukkig het die meeste lesers die herhalende nulle as dubbel-nul gelees, sodat daar dus meestal slegs

315

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

drie nul’evoorgekom het. Ter wille van die balans is daar (meestal)15 by elke leser, selfs al het enkeles vyf nulle gelees, slegs drie in ag geneem by die ontleding daarvan. Sien ook die bylaag vir die stimuli wat gebruik is.

Soos gemeld, is daar twaalf /y/-vokale aanwesig. Ten einde die wanbalans wat betref die aantal vokale (twaalf /y/’s; ses /9/’s) te herstel, is ses ekstra /9/’s toegevoeg: vier in die drie sinne (onderstreep in die Bylaag), en twee in die name van die maand Augustus. Dit gee terselfdertyd die geleentheid om die uitspraak van dieselfde vokale in lyste woorde teenoor dié in sinne met mekaar te vergelyk.

In die geval van een blinde persoon is die nommerreeks stuk vir stuk aan hom voorgesê. Hy kon die uur-reeks asook die vier maande van die jaar (kyk Bylaag) sonder hulp produseer, maar die drie sinne is ook aan hom voorgesê.

Die deelnemers is gevra om elke taak drie maal uit te voer: die eerste keer teen ’n normale pas, en die ander twee teen ’n duidelik vinniger pas. Ek het hierdie tempo gekontroleer, en lesers wat hiervan afgewyk het, gevra om die taak te herhaal. In feite is slegs die lesing teen normale tempo in berekening gebring, dit nadat geblyk het dat daar geen noemenswaardige verskil per tempo aanwesig was nie.

3.3   Die proses van ouditiewe beoordeling 

In die geval van die Links-studie is spraak met ’n konvensionele, analoog-bandopnemer opgeneem en beluister. Dit het duidelike nadele, waarvan die belangrikste is dat bande teruggespoel moet word vir herbeluistering. Individuele woorde kan nie maklik oor en oor gespeel word nie. In die huidige ondersoek, waar van moderne apparatuur en programmatuur gebruik gemaak is, kon die spraak sodanig gemanipuleer word dat ouditiewe beoordeling aansienlik vergemaklik is. Dit is veral die geval wanneer die spraaktempo vertraag kan word – sê teen 50 persent van die normale spoed. Verder is dit moontlik om ’n stuk spraak te isoleer en in ’n lus (Eng. loop) te plaas, sodat dit outomaties oor en oor gespeel word, totdat mens ’n goeie oordeel kan vorm, in hierdie geval of die betrokke vokaal as gerond of ontrond uitgespreek is.

Die volgende vier klankinsetsels illustreer hierdie aspek duidelik.16 Die lesings van die woorde eenuur en twee-uur, soos voortgebring is deur vier verskillende sprekers, word twee keer elk teen ’n vertraagde tempo in ’n lus gespeel (klik afsonderlik op die vier luidsprekertekentjies om dit te beluister). S1 is dié van ’n ou Kharkamsafrikaanssprekende man, S2 van ’n 15-jarige vroulike Kharkamsleerling; in S3 en S4 is ’n ou manlike (86 jaar) en ’n jong vroulike Afrikaanssprekende (23 jaar) aan die woord. Beide kan as Standaardafrikaanssprekend geklassifiseer word. Laasgenoemde twee word slegs ter illustrasie van die verskil tussen die twee taalvariëteite ingevoeg. S1 ontrond glad nie; trouens, sy /y/’s word opmerklik volledig gerond. Dit is minder die geval met S2, wat die eerste geval wel gerond uitspreek, maar die tweede ontrond. Beide Kharkamsafrikaanssprekendes (S1 en S2) rond wel duideliker as die twee met Standaardafrikaanse uitspraak (S3 en S4). S3 rond slegs die tweede van die twee gevalle, en dan nie baie duidelik nie; S4 nie een nie.

4. Resultate

In hierdie afdeling word die basiese bevindinge gegee sonder om diep op die betekenis daarvan ten opsigte van die navorsingsdoelstelling in te gaan. Dit word oorhoofs in die finale afdeling gedoen.

316

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

In beginsel moes 1 260 vokale geproduseer17 word, dit is 63 per persoon. In feite is 1 044 verkry. Die twee vokale /y/ en /9/ maak saam hierdie 1 044 gevalle uit: 522 per vokaal. 504 is deur die skoliere uitgespreek, en 540 deur die volwassenes. Die verskil kan daaraan toegeskryf word dat sommige vokale nie beskikbaar was vir ontleding nie, onder meer as gevolg van die ietwat andersoortige produksies van die (volwasse) blinde persoon. Ten einde hierdie redelik gebalanseerde situasie te kon bereik, is drie van die uur-lesings (dié van twee-, elf- en twaalfuur) weggelaat. Die keuse van hierdie drie items is deur middel van die metode van willekeurigesteekproeftrekking gedoen.

Soos hoër op geblyk het, was my primêre belangstelling by die bepaling van die mate van ontronding van die basiese (gemerkte) geronde vokale /y/ en /9/. Dit sluit in die moontlikheid dat dit, soos genoem deur Links (1989), steeds in die hedendaagse Kharkamsafrikaans as sodanig uitgespreek word, en of dit, soos gesuggereer deur Ponelis (in Links 1989), minder gebeur (wat natuurlik baie moeilik is om te kwantifiseer).

Altesaam behoort 625 van alle vokale in die datastel tot die klas Gerond, en 378 tot Ontrond. Die Onseker-gevalle (altesaam 41) word voorts weggelaat ter wille van ’n eenvoudiger hantering van die bevindinge; dit is min genoeg om nie ’n wesenlike invloed op die geheelbeeld te hê nie. Dit beteken dat ruim18 60 persent wel gerond is. ’n Eenvoudige statistiese vergelyking19 toon dat die verskil tussen die twee groepe hoogs beduidend is (c2) = 33,1 (vryheidsgrade = 1; p = 0,0000).

’n Fyner subgroepering word vervolgens gemaak. Dit word in terme van die vier ouderdomsgroepe gedoen wat hoër op bepaal is.

Tabel 1: Aantal kere wat vokale van die totale datastel gerond is of nie; gegee per ouderdomsgroep (N = 1 003).

Die resultate van Tabel 1 wys op ’n progressiewe afname van oud tot jonk aan die vermoë om geronde vokale as sodanig te produseer. Daar is geen betekenisvolle verskil tussen die twee oudste groepe onderling nie (c2 = 0,03; p = 0,87), ook nie tussen die twee jongstes nie (c2 = 0,6; p = 0,46). Daarteenoor verskil die 15-jarige groep wel beduidend van elk van die twee oudste groepe. Die groepe 30–50 en 50–60 verskil op hulle beurt elk hoogs beduidend van die oudste groep (c2 > 33; p = 0,0000). Hoewel die aantal sprekers per kategorie waarskynlik te min is vir baie betroubare gevolgtrekkings, vergoed die relatief groot getal gevalle per kategorie in die meeste gevalle weer hiervoor. Die baie hoë vlakke van beduidende verskille regverdig ook in ’n mate dat die interpretasies met redelike vertroue gedoen kan word.

In Tabel 2 word die inligting aangaande ontronding per spesifieke vokaal en per ouderdomsgroep gegee. In Figuur 2 word die essensie hiervan in terme van persentasies voorgestel.

317

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Tabel 2: Aantal kere wat die twee vokale /y/ en /9/ gerond of ontrond deur die vier ouderdomsgroepe geproduseer is.

Figuur 2: Aantal kere (persentasies, op die y-as vertoon) wat die twee vokale /y/ en /9/ gerond of ontrond deur die vier ouderdomsgroepe geproduseer is. Tipe vokaal en

ouderdomsgroepe word op die x-as genoem.

Dit is duidelik uit sowel Tabel 2 as Figuur 2 dat die twee jongste groepe veel meer tot ontronding geneigd is, en wel aansienlik meer in die geval van /y/. Een van die moontlike faktore wat in ag geneem moet word by die samestelling van stimulusmateriaal is die tipe vokaal; dié vermoede word inderdaad met hierdie bevindinge bevestig. Dit word hier gedoen in kombinasie met ’n ander belangrike faktor: die tipe taalstruktuur wat gebruik is in die ontlokking van die spraakproduksie van die deelnemende persone, naamlik woordelyste of sinne. Eersgenoemde kom neer op woorde wat (hoofsaaklik) in isolasie gesê is, teenoor dié wat in volsinne gelees is.

318

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Faktore soos aksent en gebruiksfrekwensie moet ook hier in ag geneem word. Spreekstyl (spontaan teenoor formeel) en spreektempo (normaal of vinnig) moet ook nie buite berekening gelaat word nie. Omdat die gebruik van woordelyste en sinne hierdie faktore grotendeels insluit, word verder nie spesiale aandag daaraan gegee nie.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat slegs die vokaal /9/ in sowel lyste as sinne voorkom. (/y/ tree hoofsaaklik in isolasie op, naamlik in uur-gevalle, voorafgegaan deur ’n telwoord). In niesinsopset kom /9/ in die syferreeks voor, spesifiek in nul, en ook in die maandnaamreeks Junie, Julie, Augustus, September), terwyl hulle, ongelukkig en sukkel in sinne optree (sien Bylaag vir besonderhede). Dit bring mee dat /9/ geredelik meer hoofaksent ontvang by die lees van nul, terwyl die betrokke vokale in die ander drie gevalle, hulle, ongelukkig en sukkel, gewoonlik sekondêre sinsaksent sal kry. Die tweede /9/ in Augustus dra bowendien sekondêre klemtoon, anders as die vokale van die ander woorde in die lyste. Ter wille van ’n optimale balans bring dit mee dat Augustus se twee vokale weggelaat sal moet word waar sinne met lyste vergelyk word; dieselfde geld /y/ (van uur), omdat dit nie in sinne voorkom nie. Figuur 3 is ’n voorstelling van die aantal kere, uitgedruk in persentasiepunte, wat die basies geronde vokale /y/ en /9/ wel as gerond deur die vier groepe lesers voortgebring is. Let op dat dit beduidend meer in lyste as in sinne gebeur. Dit is te begrype, omdat woorde in lyste met meer nadruk, en ook teen ’n stadiger tempo, gelees word.

Figuur 3: Vergelyking van aantal kere wat die vokale /9/ en /y/ in sinne teenoor lyste woorde gerond uitgespreek is, uitgedruk in persentasiepunte (y-as). Ouderdomsgroepe

word op die x-as genoem. (Klik op die figuur om dit te vergroot.)

Waar Figuur 3 slegs fokus op die mate van ronding van die twee vokale, /9/ en /y/ saam, word dit apart gedoen in sinne (Figuur 4) en in lyste (Figuur 5); let op dat dit in beide hierdie gevalle slegs vir /9/ gedoen word.

319

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Figuur 4: Vergelyking, per ouderdomvansprekers, van ronding met ontronding van die vokaal /9/ in sinne. Ouderdomsgroepe word op die x-as genoem; persentasiepunte

op die y-as.

Figuur 5: Vergelyking, per ouderdom van sprekers, van ronding met ontronding van die vokaal /9/ in woordlyste. Ouderdomsgroepe word op die x-as genoem;

persentasiepunte op die y-as.

Twee aspekte kom duidelik na vore uit Figuur 4 en 5. Eerstens is dit opvallend dat ontronding baie meer in sinne as in lyste voorkom – dit blyk grafies gesproke uit die feit dat die blou stawe in Figuur 4 laer is as die rooies, maar andersom in Figuur 5. Tweedens is hierdie neiging baie meer in die twee jongste groepe te sien as by die twee oudstes, met die heel jongste groep op sy beurt weer die mees opvallende. Hierdie twee fasette is so duidelik sigbaar dat dit onnodig lyk om dit met statistiese analises te onderskryf.

Dit is baie belangrik om nie die gedrag van die onderskeie individuele woorde buite rekening te laat nie. Kyk net na die volgende bevindinge ten opsigte van die /9/ in die

320

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

drie woorde wat in sinne voorkom (hulle, ongelukkig, sukkel). /9/ word ontrond by 98 van die 115 hulle-gevalle (vir al die sprekers saam geneem, dus sonder inagneming van ouderdom), dit wil sê ongeveer 85 persent. Ontronding kom daarteenoor baie minder voor by die ander twee woorde se /9/’s (50 persent by ongelukkig; 59 persent by sukkel).

Dit is moeilik om ’n verklaring te vind vir die hoë voorkoms van ontronding by hulle. Dit kan moontlik lê by ’n hoër gebruiksfrekwensie van hulle, of by die feit dat dit ’n ander tipe woordsoort is. Sukkel is naamlik ’n hoofklaswoord (werkwoord) – hulle en ongelukkig nie. Hoofklaswoorde soos werkwoorde en selfstandige naamwoorde word per definisie (gewoonlik) meer benadruk as ander, met ’n gevolglike kleiner kans op vokaalreduksie, in hierdie geval ontronding. ’n Teoretiese moontlikheid bestaan natuurlik dat verskeie faktore kan kombineer om ’n mindere of meerdere mate van ontronding te veroorsaak.

5. Akoestiese gegewens

Tot dusver was die klem slegs op die mate waarin ontronding van twee van die drie Afrikaanse gemerkte geronde vokale in Kharkamsafrikaans waargeneem is. Die resultate is in gewone beskrywende statistiese terme weergegee (aantal gevalle per kategorie; persentasies, ens.). Dit is daar aangeneem dat die klassifikasie van vokale as gerond of ontrond op grond van ouditiewe beoordeling korrek is. Die juistheid van hierdie aanname word vervolgens vanuit akoesties-fonetiese hoek ondersoek.

Hiervoor is slegs die spraakmonsters van die tien vroulike sprekers gebruik. Hierdie beperking is gedoen op grond van ’n aantal oorwegings. Eerstens is bevind dat daar nie ’n beduidende verskil is tussen vroue- en manspraak in die huidige opset nie. Tweedens was daar nie ’n groot verskil tussen die twee geslagte se gegewens wat wel beskikbaar was nie: vroue het altesaam slegs bietjie minder gerond (59 persent) as mans (65 persent). Wat dit betref, kan hulle informasie dus as verteenwoordigend van die hele groep geneem word. Derdens is dit bekend dat vroulike spraak makliker en ook presieser akoesties ontleed kan word, met gevolglik meer betroubare resultate (vgl. bv. Van der Merwe, Groenewald, Van Aardt, Tesner en Grimbeek 1993). Veral die tweede vokaalformant20 blyk dikwels problematies in die geval van manlike spraak te wees; en dit is juis hierdie formant wat van belang is in die huidige ondersoek.

Hierdie vrouegroep is saamgestel uit die vyf skoliere en vyf volwasse vroue, naamlik twee elk in die ouderdomsgroep 30–50 en 50–60, en een in die oudste groep (60+), dus ’n redelike verspreiding van jonk tot oud.

5.1   Die akoestiese aard van ontronding 

Hier word vlugtig gekyk na die moontlikheid wat hoër op genoem is, naamlik of die akoestiese eienskappe van die vokale wat as gerond geklassifiseer is, verskil van dié wat as ontrond beskou is. Sodanige verskil moet natuurlik ook in die regte rigting wees, dit wil sê die vokale gemerk as gerond moet akoesties ooreenstem met daardie klas Afrikaanse vokale wat ook die eienskap gerond het, en andersom. ’n Positiewe uitkoms hiervan kan as ondersteunend van die ouditiewe metode van klassifikasie beskou word.

Akoestiese korrelate wat hier in aanmerking geneem kan word, is primêr die tweede vokaalformant (afgekort tot F2), maar F1 is ook soms van belang. In ’n meervoudige-regressie-analise blyk hierdie twee parameters die twee sterkste voorspellers vir ’n

321

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

onderskeiding tussen Gerond en Ontrond te wees; die ander twee betekenisvolle parameters is harmonisiteit-tot-geraas-verhouding en grondtoon. Op hierdie tegniese aspekte kan nie hier verder ingegaan word nie. Vir volledige uiteensettings kan standaardboeke, soos dié van Kent en Read (1992) of Rietveld en Van Heuven (1997) geraadpleeg word. Inligting aangaande Afrikaans kan gevind word in Wissing (2007 en 2011).

Vervolgens word kortliks nader op die aard en rol van die tweede vokaalformant ingegaan.

Die eerste twee vokaalformante is akoestiese eienskappe (frekwensies, gemeet in Hertz, afgekort tot Hz) wat korreleer met daardie artikulatoriese eienskappe van vokale wat ooreenkom met die plek en aard van vorming daarvan. F2 korreleer sterk met die mate van ronding van vokale. Die agtervokale, wat per definisie rond is, het byvoorbeeld ’n lae F2 (sê in die omgewing van 800 Hz), terwyl voorvokale nader aan, of hoër as, 2 000 Hz lê (kyk Figuur 7 en 8 vir ’n aanduiding hiervan). F1 is weer ’n belangrike aanduiding van vokaalhoogte. Vir F1 is daar ’n indirekte eweredigheid tussen hoog en laag in akoestiese teenoor artikulatoriese terme. Artikulatories hoë vokale (wat in die boonste deel van die mondruimte gevorm word) word gekenmerk deur akoesties lae F1-waardes, en andersom: artikulatories lae vokale se F1’s is dus hoog. So het die hoë /i/ ’n lae F1 (±300 Hz), maar die lae /A/ se F1 is hoër, ongeveer 1 200 Hz. Omdat dit in hierdie werk om ronding van vokale gaan, fokus ons hoofsaaklik op die F2 van vokale, maar F1 word ook sydelings betrek, omdat dit heeltemal moontlik kan wees dat die kombinasie van F1 en F2 in elk van die twee tipes vokale, gerond en ontrond, ’n perseptueel duidelik genoeg klanksein oplewer om hulle as sodanig in luistertoetse te ervaar.

Die akoestiese ontleding wat hier volg (vgl. ook Tabel 3) is gegrond op 286 vokale van hierdie groep van tien vroulike sprekers. Daarvan is 183 as Ontrond in die luistertaak van die eerste deel van die ondersoek op grond van ouditiewe gegewens geklassifiseer, en 103 as Gerond. Onseker gevalle is ook hier, soos tevore, ter wille van eenvoudiger akoestiese en statistiese analises weggelaat. Om die kleiner as tevore datastel ietwat uit te brei, is die woord dubbel hier ingesluit (sommige lesers het “00” as “dubbel nul” gelees).

Tabel 3: Vokaalformante van al twee die vokale saam geneem, soos geproduseer deur tien vroulike sprekers. (Waardes is almal in Hertz. N tussen hakies is die totale aantal

metings per klas.)

Die verskil tussen F2 se Gerond- en Ontrond-waardes is statisties hoogs beduidend (p = 0,00321). Hierdie bevinding dien dus as sterk ondersteuning van die ouditiewe klassifikasie wat hoër op gebruik is. Die verskil ten opsigte van F1 is eweneens statisties beduidend (p = 0,004). Let op dat ontronde vokale se F2 (2 026 Hz) ooreenkomstig die teoretiese verwagting (wat hier bo uiteengesit is) wel hoër is as dié van die gerondes

322

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

(1 867 Hz). Dit beteken dat geronde vokale, soos van hierdie klas vokale verwag kan word, dieper na binne op die vokaalkaart voorkom (nader na die agterkant daarvan, waar die egte, of dan ongemerkte, geronde vokale lê).

Wanneer die twee vokale (gerond en ontrond) van die tien sprekers apart bekyk word ten opsigte van hulle akoestiese eienskappe, blyk dieselfde basiese tendense, maar dis ook duidelik dat ontronde /y/ (dit wil sê /y_O/ in Tabel 4 en Figuur 6) nie volledig ontrond is nie (dit lê regs van basiese /i/, wat die teiken is van volledige ronding). Daarteenoor vind volledige ontronding wel plaas in die geval van /9/; dit lê selfs iets links van die teiken, /@/. Let op dat Figuur 6 slegs die boonste linkerdeel van ’n volledige vokaalkaart is.

Tabel 4: Formantwaardes van die twee pare geronde en ontronde vokale, y_R en y_O, en 9_R en 9_O.

Figuur 6: Ligging van die geronde vokale /y/ en /9/, asook die ontronde vokale /y/-O en /9/-O aangedui (O = Ontrond; R = Gerond). Basiese /i/ en basiese /@/ is

bygevoeg ter wille van vergelyking.

Die vergelyking tussen die twee ontronde vokale met die twee basiese ongeronde vokale bring aan die lig dat /y/-O (d.w.s. die ontronde /y/) byna dieselfde akoestiese eienskappe aanneem as die basiese ongeronde /i/. Hier is die proses van ontronding dus na aan volledig. Daarteenoor is daar ’n groter verskil tussen /9/-O (d.w.s. die ontronde /9/) in vergelyking en die basies ongeronde /@/, wat beteken dat die proses verder van volledig is.

Laastens word die resultate gegee van ’n analise van die akoestiese struktuur van die vokale (gerond en ontrond) van die individuele woorde soos wat dit in Tabel 5 en in Figuur 7 verskyn. Dit word hoofsaaklik gedoen met die oog op ’n verdere toetsing van die juistheid van die klassifikasie as Gerond of Ontrond op ouditiewe gronde. Die visuele voorstelling in Figuur 7 toon dat alle ontronde lede van ’n woordpaar (behalwe nul_R en nul_O, wat prakties op dieselfde plek lê) inderdaad links van hulle geronde teenhangers op die akoestiese kaart lê, wat beteken dat hulle F2-waardes deurgaans,

323

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

volgens die bedoeling, groter is as die ooreenstemmende F2’s van die geronde lede van ’n paar. Dit dien as bevestiging van die genoemde klassifikasie. Op sigself is dit natuurlik nuttige inligting22 aangaande hierdie vokale.

Tabel 5: Eerste twee vokaalformante van die gemiddeld van die vokale per woord soos geproduseer deur tien vroulike sprekers.

Ook hier is Figuur 7 afgeskaal wat betref F1 en F2 tot dit wat hier toepaslik is. Let op dat alle gevalle van hulle ontrond is, en dat daar dus geen metings by Gerond ter sprake is nie.

324

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Figuur 7: Ligging van die vokale /y/ en /9/ (gerond en ontrond) soos hulle in die afsonderlike woordpare voorkom. Pare het dieselfde kleur. Pyle wys van geronde na ontronde vokale in die betrokke woorde – woorde is afgekort tot slegs die betrokke

sillabes.

6. Gevolgtrekking

Die bevindinge toon aan dat ontronding van die gemerkte vokale /y/ en /9/ wel merkbaar voorkom in die spraak van al vier verskillende groepe Kharkamssprekers wat aan hierdie projek deelgeneem het. Dit is wel duidelik dat dit die minste gebeur by die oudste groep sprekers (ouer as 60 jaar), en die meeste by die skoliere, met die ander twee ouderdomsgroepe ongeveer tussenin. Hier is dus wel duidelike aanduidings van ’n proses van verandering; oor wat die eindpunt hiervan sal wees, kan slegs gespekuleer word. Taalverandering is nie ’n lineêre proses nie; dit kan tot stilstand kom, of selfs weer omkeer. In hierdie verband is dit insiggewend om die uitspraak van hierdie Kharkammers te vergelyk met dié van hedendaagse Afrikaans. Vergelyk ook die klankinsetsels hoër op in hierdie verband. Sodanige ontronding in die standaardtaal is veral opgemerk in die spraak van die jong sprekers. Wissing (2011) vind ’n beduidende verskil tussen twintigjarige en tagtigjarige sprekers. ’n Vlugtige opvolgstudie van spesifiek die uitspraak van 25 jong Afrikaanssprekende studente23 lewer resultate op wat vergelykbaar is met dié van die jongste Kharkamsgroep.

As aangeneem word dat Links (1989) se waarnemings ten opsigte van ontronding al dan nie in die Afrikaans van sy groep bejaarde Kharkamssprekers (min of meer) korrek is, sou my bevindinge as ondersteunend geneem kon word dat Kharkamsafrikaans ook onderhewig sou wees aan geleidelike veranderinge, soos deur Ponelis (in Links 1989) gepostuleer. Of dit (hoofsaaklik, of deels) onder invloed geskied het van die faktore wat deur hom genoem is (verstedeliking en kultivering), is ’n ander vraag.

325

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Die bevindinge van die studie lei mens tot die gevolgtrekking dat die meeste van die faktore wat in ag geneem is by die beplanning daarvan, wel van belang is.24 Dit was byvoorbeeld duidelik dat die neiging tot ontronding nie in dieselfde mate by /y/ as by /9/ waargeneem is nie; /9/ ontrond minder, veral by die oudste groep sprekers. Dit is reeds genoem dat ouderdom van die sprekers ’n baie groot rol speel. Dit is dus van belang om, waar moontlik, meer as een tipe vokaal in sodanige studies as stimulusmateriaal te betrek. Eweneens het dit geblyk dat die konteks waarin woorde gelees of gesê is, ’n belangrike rol speel. Ontronding vind beduidend minder plaas in woorde wat geïsoleerd uitgespreek word as in sinne. Dit is waarskynlik omdat meer aandag aan enkelwoorde by die produksie daarvan gegee word, wat ook inhou dat dit langsamer geskied as in sinne.25 Dit kan met stelligheid aanvaar word dat woorde in lyste bowendien elkeen volledig benadruk word, anders as in sinne, waar woorde om verskeie redes soms minder, soms meer sinsaksent ontvang. Dit is baie opvallend dat daar by die heel oudste groep deelnemers (60+) geen enkele geval van ontronding van /y/ in die woordlyste opgemerk is nie; selfs by die tweede oudste groep is dit ook nog opmerklik. Die skoliere toon nie ’n soortgelyke neiging nie. Dit sou moontlik daaraan toegeskryf kon word dat sommige van veral die oudste groep volwassenes nie so goed kon lees as die skoliere nie, en die sinne dus ook stadiger, en gevolglik presieser, soos met die lyste die geval was, sou lees.26 Dit is voorts moontlik dat hulle minder op hulle gemak was met die “tegnologie” van ’n mikrofoon. Ongemak van dié aard kan ook ’n beïnvloedende faktor wees. Laastens is die frekwentheid waarmee woorde gebruik word, en moontlik hiermee saam ook die bekendheid daarvan, ’n faktor wat nie uit die oog verloor moet word nie. In hierdie studie was dit moontlik ook die geval. Dit is egter moeilik om presies te kan bepaal of byvoorbeeld die woord (on)gelukkig meer of minder gebruik word as sukkel (dit wil wel daarop lyk, al is hulle waarskynlik wel ewe bekend); sekerder is dat hulle sonder veel twyfel ’n hoër gebruiksfrekwensie het as enige van die ander woorde wat in die studie ingesluit is. Gevolglik kon hulle lys-produksies meer lyk op dié van die sinne. Hierdie opmerking/waarneming is egter weinig meer as spekulasie, en sal sistematies nagevors moet word. Meer waarskynlik is die moontlikheid dat nul (met /9/ as vokaal) as geïsoleerde woord meer aandag by die uitspreek daarvan kry (primêre aksent) as die /9/-vokaal in die woorde in die sinne, wat slegs sekondêr geaksentueer word. Daarby kan die gevolglike langsamer tempo ook hier oorweeg word.

Ten einde sodanige beïnvloedende faktore sover moontlik te beheer, of selfs uit te skakel, is dit sterk aan te beveel dat daar van woordelyste eerder as van sinne gebruik gemaak moet word in ondersoeke soos hierdie.

By die interpretasie van bevindinge soos dié moet mens natuurlik steeds in gedagte hou dat sommige prosesse onderhewig is aan meer weerstand teen verandering as ander. Ontronding is reeds vir byna ’n honderd jaar al in ons midde, en is nog steeds nie volledig voltrek nie, selfs nie in moderne Afrikaans nie.

Bylaag A

Noem/sê die twaalf ure van die dag: Eenuur, twee-uur, drie-uur, vieruur, vyfuur, sesuur, sewe-uur, agtuur, nege-uur, tienuur, elfuur, twaalfuur.

Lees /sê die nommer: 100 900 70

326

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Lees die volgende sinne: Hulle ken nie hulle nommer nie. Ek ken dit self nie. Ek sukkel ongelukkig baie daarmee. Junie, Julie, Augustus, September.

Bibliografie

Chomsky, N. en M. Halle. 1968. The sound pattern of English. New York: Harper en Row.

Claassen, G.N. en M.C.J. van Rensburg (reds.). 1983. ’n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans. Pretoria: Academica.

De Villiers, M. en F.A. Ponelis. 1987. Afrikaanse klankleer. Kaapstad: Tafelberg.

Kent, R. en C. Read. 1992. The acoustic analysis of speech. California: Singular.

Klopper, R.M. 1983. Die sosiale stratifisering van Kaapse Afrikaans. In Claassen en Van Rensburg (reds.) 1983.

Koopmans-Van Beinum, F.J. 1980. Vowel contrast reduction: an acoustical and perceptual study of Dutch vowels in various speech conditions. Amsterdam: Academische Pers.

Labov, William. 1994. Principles of linguistic change. Oxford UK & Oxford USA: Blackwell.

Lass, R. 1997. Historical linguistics and language change. Cambridge: Cambridge University Press.

Le Roux, T.H. en P. de V. Pienaar. 1927. Afrikaanse fonetiek. Kaapstad: Juta.

Links, T. 1989. So praat ons Namakwalanders. Kaapstad: Tafelberg.

Ponelis, F.A. 1990. Historiese klankleer van Afrikaans. Annale van die Universiteit Stellenbosch.

Rietveld, A. en V. van Heuven. 1997. Algemene fonetiek. Bussum: Coutinho.

Schötz, S. 2006. Perception, analysis and synthesis of speaker age. Lund: Lund University Press.

Van Bergem, D. 1995. Acoustical and lexical vowel reduction. Amsterdam: IFOTT.

Van der Merwe, A., E. Groenewald, D. van Aardt, H.E.C. Tesner en R.J. Grimbeek. 1993. Die formantpatrone van Afrikaanse vokale soos geproduseer deur manlike sprekers. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 11(2):71–9.

Wissing, D. en A. Van Dijkhorst. 2006. Is spreekstyl en spreektempo sinonieme? ’n Fonologiese ondersoek. Southern African Journal of Linguistics and Language Studies, 24(2):217–33.

327

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

Wissing, D. 2006. Het jou mô en jou pô ’n strôndhuis by Hôrtenbos? Feit of fiksie? Studies 2006, Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 24(1): 87–100.

—. 2007. Basiese akoestiese korrelate van klemtoon in Afrikaans. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 25(3):44–58.

—. 2010. Oor die status van die “oe” in afrikaans: ’n Akoestiese analise. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(1):21–30.

—. 2011. Ontronding in Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(1):1–20.

Eindnotas

1 Ek verkies om die terme gemerk en ongemerk eerder as normaal en abnormaal te gebruik. Laasgenoemde het ’n negatiewe konnotasie, wat nie hier die bedoeling is nie. Ongemerkte elemente is bloot dié wat die meeste in ’n taal, selfs tale oor die algemeen, voorkom, wat natuurliker in terme van uitspraakmoeilikheidsgraad is; hulle is neutraal; gemerktes is dan net die teenoorgestelde, is om een of ander rede spesiaal, soos die betrokke geronde voor- en neutrale vokale waaroor dit hier gaan. Chomsky en Halle (1968) het dié terme reeds in 1968 gebruik.

2 Ek verkies om die terme gemerk en ongemerk eerder as normaal en abnormaal te gebruik. Laasgenoemde het ’n negatiewe konnotasie, wat nie hier die bedoeling is nie. Ongemerkte elemente is bloot dié wat die meeste in ’n taal, selfs tale oor die algemeen, voorkom, wat natuurliker in terme van uitspraakmoeilikheidsgraad is; hulle is neutraal; gemerktes is dan net die teenoorgestelde, is om een of ander rede spesiaal, soos die betrokke geronde voor- en neutrale vokale waaroor dit hier gaan. Chomsky en Halle (1968) het dié terme reeds in 1968 gebruik.

3 Dit blyk in die spraak van veral jong Afrikaanssprekendes pos te vat waarin minstens drie van die vokale wat in Figuur 1 genoem word, verskuif, of besig is om te verskuif. Die mees opvallende is die skuif na agter van die lang /a/ (in bv. ja), veral as dit beklemtoon is (Wissing 2006), die skuif na voor van die hoë agtervokaal /u/ (in bv. goed), Wissing 2010), asook die middellae voorvokaal /E/ (in bv. mes) wat laer en effe na agter uitgespreek word, dus in die rigting van die kort /A/, sodat egter dan baie op agter klink.

4 Posisies van vokale kom min of meer ooreen met dié van die IPA-vokaalkaart. Kyk ook http://www.phon.ucl.ac.uk/home/sampa/afrikaans-draft.htm vir die IPA- en die SAMPA-fonetiesesimbool-stel plus voorbeelde.

5 Die jongste persoon met wie Links onderhoude gevoer het, is 76; die oudste 91 jaar (sien Addenda, ble. 89–105).

6 Ek gebruik slegs SAMPA-simbole; ek gee wel voorbeelde van elke nuwe simbool wat ek gebruik.

7 Ek gebruik, in ooreenstemming hiermee, die term standaardtaal, verwysende na die Afrikaans van wit sprekers. Dit is inderdaad ’n baie sensitiewe kwessie, waarop nie hier ingegaan kan word nie.

328

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

8 Volgens die datums, aangeteken by die transkripsies van Links se gesprekke met van die inwoners van Kharkams, kan aangeneem word dat sy waarnemings net ná 1980 gedoen is, dus ruim 30 jaar gelede.

9 Hy noem dit onderskeidelik “real time” en “apparent time”.

10 Onder leiding van proff. Fritz Ponelis en A.J.L. Sinclair.

11 Dit is nie duidelik of slegs hierdie ses gesprekke gevoer is en in ag geneem is in die ontledings nie.

12 Deur kom in hierdeur voor, en seun in skoonseun.

13 Die dertienjarige leerling se response het in so ’n mate ooreengestem met dié van die ander nege dat sy vir alle verdere praktiese doeleindes ook as vyftienjarige beskou is.

14 Kharkams het slegs een klein winkeltjie; geen vulstasie, poskantoor, drankwinkel, slaghuis of dergelike nie.

15 Daar is slegs in een geval hiervan afgewyk.

16 Ek gebruik die voorbeelde terselfdertyd om die twee Afrikaansvariëteite ten opsigte van die ontrondingsproses met dié van Kharkams te vergelyk. Sien hiervoor ook die afdeling “Gevolgtrekking”.

17 Die term produseer is oorkoepelende een vir lees, sê, noem, voortbring. Voortaan word sê meestal gebruik.

18 Persentasiepunte is na die naaste volgetal afgerond.

19 ’n Nonparametriese metode is gebruik, naamlik McNemar se toets, wat deur middel van ’n 2x2-tabel, waarin die totale waardes per geval, hier 370 en 153 vir die volwasse groep, en 225 en 255 vir die jong groep, opgeneem is. Die c2 word outomaties bereken, en daarvan word die meer bekende p-waarde afgelei. Let op dat ’n p van kleiner as 0,05 gewoonlik as statisties beduidend aanvaar word.

20 Laer af word die konsep vokaalformant van naderby bekyk.

21 Resultaat van ’n t-toets.

22 Die nuttigheid van inligting soos hierdie lê veral op die gebied van spraaktegnologiese toepassings. Sodanige inligting kan veral gebruik word om sulke toepassings meer natuurlik te laat klink.

23 Dit was ’n beskikbaarheidsteekproef, waarin studente gevra is om dieselfde syferreeks te lees as wat in die Kharkamsstudie gebruik is.

24 Vergelyk Koopmans-Van Beinum (1980) vir ’n volledige behandeling van hierdie faktore, asook Schötz (2006) se hantering van die belangrike aspek van ouderdom en uitspraak.

329

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: [email protected]

25 Dit is bekend dat hoe vinniger gepraat word, hoe groter is die waarskynlikheid dat ’n reël, hier ontronding, wel toegepas sal word – vgl. weer Wissing en Van Dijkhorst (2006) hiervoor.

26 Dit is bekend dat vokale meer tot akoestiese, en soms selfs fonologiese, neutralisasie geneig is in spraak van ’n hoër tempo, soos hierdie geval (vgl. bv. Van Bergem 1995).

330


Top Related