+ All Categories
Home > Documents > Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen...

Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen...

Date post: 16-May-2021
Category:
Upload: others
View: 0 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
4
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005 Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Januarie 2020 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community NUWEJAARSGEBED (Outeur: Onbekend) Dankie, Heer vir wat verby is - vir geluk wat my geskenk is, vir pyn en smart wat my na U gelok het. Dankie, Here, vir die jaar wat voorlê, vir nog 'n kans om reg te maak wat ek verbrou het, nog 'n kans om U te vind in hierdie wêreld so verward. Soveel dinge is daar in my siel verborge, wat slegs U, my Heer, van weet. Gee my krag om reg te maak dit wat ek probeer verberg, wat ek met sorg in vroomheid hul, sodat geen mens moet weet dat Satan ook hier in my hart kom skuil. Gee my krag, o Heer, en geloof daarby om U te volg waar U my ook heen mag lei. Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer. Skenk my die genade om 'n beter, reiner mens te wees en as die lewe soms so donker word, laat my tog besef - dit is slegs die wyse waarop U my nader aan U trek. Ag Heer, en gee my tog in hierdie jaar geduld met elke mens en vriend'likheid in oorvloed die vermoë om my dagtaak ten beste te voltooi, die krag om ander by te staan in tyd van nood, die vermoë om enige kritiek stil en kalm te aanvaar asook 'n heldere verstand om al my eie foute te besef. Maar beste nog, o Heer, skenk my die nederigheid van gees om dag vir dag my siel in salige gebed tot voor U troon te lei. Amen. 12 Januarie 2020 Eerste Sondag na Epifanie Handelinge 10:34-43 Petrus se toespraak by Kornelius. Jesaja 42:1-9 Hier is my dienaar. Psalm 29 Die stem van die Here is magge. Maeus 3:13-17 Jesus word deur Johannes gedoop. 19 Januarie 2020 Tweede Sondag na Epifanie 1 Korinërs 1:1-9 God is getrou en sal jou laat vasstaan. Jesaja 49:1-7 Ek maak jou ’n lig van die nasies. Psalm 40:1-11 Die Here red en vra gehoorsaam- heid. Johannes 1:29-42 Jesus se doop – Jesus is Seun van God. 26 Januarie 2020 Derde Sondag na Epifanie 1 Korinërs 1:10-18 Paulus geroep om Evangelie te verkondig. Jesaja 9:1-4 Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien. Psalm 27:1, 4-9 Die Here is my lig en my redder. Maeus 4:12-23 Bekeer julle, die koninkryk van God is naby. 5 Januarie 2020 Jesaja 60:1-6 Die nuwe dagbreek en terugkeer na Jerusalem. Psalm 72:1-7 Ons erken die een wat sorgsaam heers en met deurnis na sy kinders kyk. Efesiërs 3:1-12 Oproep tot verootmoediging. Maeus 2:1-12 Jesus is in Betlehem.
Transcript
Page 1: Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer. Skenk

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005

Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Januar ie 2020

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community

NUWEJAARSGEBED (Outeur: Onbekend)

Dankie, Heer vir wat verby is - vir geluk wat my geskenk is, vir pyn en smart wat my na U gelok het.

Dankie, Here, vir die jaar wat voorlê, vir nog 'n kans om reg te maak wat ek verbrou het,

nog 'n kans om U te vind in hierdie wêreld so verward. Soveel dinge is daar in my siel verborge, wat slegs U,

my Heer, van weet. Gee my krag om reg te maak dit wat ek probeer verberg,

wat ek met sorg in vroomheid hul, sodat geen mens moet weet dat Satan ook hier in my hart kom skuil.

Gee my krag, o Heer, en geloof daarby om U te volg waar U my ook heen mag lei.

Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer.

Skenk my die genade om 'n beter, reiner mens te wees en as die lewe soms so donker word, laat my tog besef -

dit is slegs die wyse waarop U my nader aan U trek. Ag Heer, en gee my tog in hierdie jaar geduld met elke mens en

vriend'likheid in oorvloed die vermoë om my dagtaak ten beste te voltooi, die krag om ander by

te staan in tyd van nood, die vermoë om enige kritiek stil en kalm te aanvaar asook 'n heldere

verstand om al my eie foute te besef. Maar beste nog, o Heer, skenk my die nederigheid van gees om dag vir dag my siel in salige gebed tot voor U troon te lei.

Amen.

12 Januarie 2020

Eerste Sondag

na Epifanie

Handelinge 10:34-43 Petrus se toespraak by Kornelius.

Jesaja 42:1-9

Hier is my dienaar.

Psalm 29

Die stem van die Here is mag&ge.

Ma(eus 3:13-17

Jesus word deur Johannes gedoop.

19 Januarie 2020

Tweede Sondag

na Epifanie

1 Korin&ërs 1:1-9 God is getrou en sal jou laat

vasstaan.

Jesaja 49:1-7

Ek maak jou ’n lig van die nasies.

Psalm 40:1-11

Die Here red en vra gehoorsaam-

heid.

Johannes 1:29-42

Jesus se doop – Jesus is Seun van

God.

26 Januarie 2020

Derde Sondag

na Epifanie

1 Korin&ërs 1:10-18

Paulus geroep om Evangelie te

verkondig.

Jesaja 9:1-4

Die volk wat in donkerte geleef

het, het ’n groot lig gesien.

Psalm 27:1, 4-9

Die Here is my lig en my redder.

Ma(eus 4:12-23

Bekeer julle, die koninkryk van

God is naby.

5 Januarie 2020

Jesaja 60:1-6 Die nuwe dagbreek en terugkeer

na Jerusalem.

Psalm 72:1-7

Ons erken die een wat sorgsaam

heers en met deurnis na sy kinders

kyk.

Efesiërs 3:1-12 Oproep tot verootmoediging.

Ma(eus 2:1-12

Jesus is in Betlehem.

Page 2: Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer. Skenk

1 Desember hou ons gemeente ‘n dag van lofprysing en

musiek. Ons het ‘n mooi groot opkoms gehad by beide ons

dienste. Van die mooiste versierings tot die mees talentvolle

musikante het opgetree. Dit is ‘n wonderlike tyd van die jaar

waar ons die koms van Jesus afwag en herdenk. Ons Verlosser

en Koning word gebore….PRYS SY NAAM!

AAN WIE BEHOORT KERSFEES?

Elke jaar word Kersfees ingelui met luide musiek en allerlei versierings in die winkelsentrums en strate. Liedere soos Jingle Bells en verwerkings van Stille Nag en ander Kersliedjies, word tot vervelens toe herhaal. Baniere met Mer-ry Xmas en ander Kerswense word afgewissel met adverten-sies en afslagpryse, terwyl Kersvaders oral rondstaan en kinders lok. Wêreldwyd vier die mensdom fees, met die een gedagte: Koop, koop, koop en winkeliers aanskou die geharwar en glimlag breed. Ons lewe in ‘n materialistiese wêreld.

Het die geldgod Kersfees gekaap?

Aan wie behoort Kersfees dan werklik?

Sentreer Kersfees hoofsaaklik om bogenoemde lewens-beskouing? Of wel ook om die Kind wat 2000 jaar gelede in Bethlehem gebore is? Hierdie Kind wat later die stofpaaie van Nasaret bewandel het, vir die mensdom gepreek het en uiteindelik aan ‘n kruis gesterf en weer opgewek is?

Ek deel die siening van dr. Katts, oud-Moderator van die Volkskerk van Afrika, as hy sê: “Xmas is God’s Feast.

The meaning and purpose of the Christian Feast comes from the GIVER.” Ten diepste behoort Kersfees aan God, juis omdat Hy die een is wat die Kers(die LIG )-fees moontlik ge-maak het en aan die mensdom gegee het.

“God walked down with a little baby in His arms and gave the Baby to a world of sinners.”

Daarom, aan God al die eer !

James Horne

Page 3: Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer. Skenk

Gemeente-nuus en Bekende gesigte

Hierdie is die eerste maand wat ek foto’s van gemeentelede ontvang het. Die nuwe jaar wil ek kraag elke maand ‘n oulike brokkie nuus..van

buite ons normale kerklike jaar en beplanning plaas. Stuur jou foto met die storie aan: [email protected]

Lang, Lang ist es her!

Rate wer das ist. Im

Standesamt, Zillhausen.

Magistratant Zillhausen

Foto Vlnr:

(Trauzeuge)Ernst Pfeiffer, Lorna

en Herbert Pfeiffer.

Foto 1:

James Horne met die 1995

Wêreldbeker in sy kantoor, waar hy

skoolhoof was van Laerskool Paul

Greyling in Vishoek.

Hy was op die bestuur van die WP

Rugby-Unie en kon sodoende verlof

van die SA Rugby-Unie kry om

hierdie waardevolle beker onder poli-

sie-begeleiding na sy skool te laat

kom.

Elke leerling van die skool was

bevoorreg om met die beker afgeneem

te kon word.

Foto 2:

Elke rugbyspan se kaptein staan hier

saam op die foto … en vanjaar is

hierdie beker weer SA se beker.

Doop en Skaapwagters van Betlehem

Op Sondag 15 Desember doop ons vir klein Ulrike Conradie, haar trotse oupa se

naamgenoot. Ulrich en Helene Pool se se dogter en skoonseun kom al die pad

van oorsee en het ook ’n paar jaar gelede haar boe&e hier kom doop. Wat ’n

voorreg om hierdie oggend met hulle te kon deel.

Links bo:

Ulrike saam met haar mamma Anrië�e.

Rgs bo:

Al ons gemeente se kindertjies staan

nader om die doop van naderby te

beskou.

Links onder:

Rië�e vd Merwe staan op die gallery en

die skaapwagters (vlnr) Duncan Mar&n, Gerrit vd Merwe, Willem Visser en

Andre Swart staan op die verhoog.

Dit was ‘n mooi oggend van doop en ons

Skaapwagters van Betlehem of beter

bekend as Duncan, Gerrit, Willem en

Andre asook Rië(e doen, ’n voorlesing

oor die gebeure rondom die geboorte

van Jesus. Ons het lanklaas so ‘n mooi

onthou-oggend gehad van waaroor

Kersfees eintlik gaan.

Page 4: Die Rondebossie Januarie 2020 · 2020. 1. 3. · Gee tog vir my die insig om nie my eie leed alleen te sien, maar ook die groter leed van andere met wie ek elke dag verkeer. Skenk

Wessel en Joan besoek ons gemeente!

Op Sondag 22 Desember besoek

Wessel en Joan vd Merwe ons

Huis Lückhoff-erediens!

Dit was sommer baie lekker om

hulle weer te kon sien en te hoor

hoe dit met hulle gaan.

Hulle uitreik en werk in Angola

maak ‘n baie groot verskil onder

die gemeenskap van die areas

waar hulle werk.

Hulle voel soos familie wat kom

kuier het. Indien jy wil deel word

van ons Getuienisbediening en

bereid sou wees om in kontak te bly met van ons sendelinge, kontak gerus vir

Pieter Janse van Rensburg by 082 493 8748.

Veiligheid en Sekuriteit

Soos ons reeds verduidelik het, is ons in die proses om 12 kameras in die strate rondom die kerkperseel te installeer, wat dan in die aand deur ‘n buite-firma gemoniteer word.

Ons vind reeds ‘n afname in motorvoertuig-inbrake in die strate waar ons reeds kameras installeer het. Ongelukkig kos dit baie om te doen en het van ons bure aangebied om een aand op te tree om fondse ten opsigte van hierdie

projek in te samel. Dr Ian Bell, woon langsaan die kerk-perseel in Derryweg en hy en twee vriende het ‘n groep met die naam Thr3 Point Landing. Gaan kyk gerus op

Youtube hoe hulle optree.

Ons wil vra dat die gemeente op 31 Januarie hierdie inisiatief sal kom ondersteun. Alle fondse wat geïn word,

sal ten opsigte van hierdie projek aangewend word. Bertus Brand 02 Jan

Martha Janse van Rensburg 07 Jan

Ester Freeman 09 Jan

Joleen Botha 11 Jan

Lorraine Edwards 13 Jan

Gideona Prins 13 Jan

Philip Prins 13 Jan

Juliette Kriel 15 Jan

Peetie Swart 16 Jan

Harry Shaw 21 Jan

Helene Pool 23 Jan

Grietema Burger 24 Jan

Aletta Pearce 24 Jan

Koos Venter 24 Jan

Madelief Louw 27 Jan

Willem Visser 29 Jan


Recommended