+ All Categories
Home > Documents > Huiseienaarsvereniging Home Owners’ Association · 2015 show a tendency to more summer rainfall....

Huiseienaarsvereniging Home Owners’ Association · 2015 show a tendency to more summer rainfall....

Date post: 29-Jan-2021
Category:
Upload: others
View: 0 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
12
1 Kliek hier vir Engels Huiseienaarsvereniging Home Owners’ Association For a better lifestyle... Vir ‘n beter lewenstyl... EKO-LANDGOED ECO ESTATE www.montechristoestate.co.za Op ons Webwerf Sekuriteit Monte Christo Reënval Verjaar jy in Maart? Vir die herfstuin Troeteldiere Herstel van paaie Spyskaart vir Maart Die projek om die biometriese sekuriteitstelsel en skandeerders op te gradeer, vorder goed. Die hardeware, batterye en kabels is reeds geïnstalleer, en die proses om die sagteware en databasis te laai, is op dreef. Die finale oorskakeling tussen die ou en nuwe stelsels sal hopelik teen die einde van die maand gedoen kan word, want die proses geniet hoë prioriteit. Daar word tans algemene instandhoudingswerk aan die Sekuriteitskantoor-kompleks gedoen. Gee asseblief u samewerking deur versigtig in en uit te beweeg. Onthou ook dat u toegang het tot die Landgoed se Paniek-stelsel. Gaan kyk op ons webwerf in verlede maand se Nuusbrief hoe om aan te sluit. Neem asseblief kennis dat die volgende nuut op ons webwerf geplaas is: Nuwe Reëls ten opsigte van bou-aktiwiteite. Die prosedure wat gevolg moet word indien jy wil bou of veranderings wil aanbring. Dit is baie belangrik dat jy hiervan sal kennis neem voordat jy aanbouings aan jou bestaande huis wil aanbring, of ‘n nuwe huis wil bou. Neem asseblief kennis dat daar geen Nuusbrief in April sal wees nie.
Transcript
  • 1

    Kliek hier vir Engels

    Huiseienaarsvereniging Home Owners’ Association

    For a better lifestyle...

    Vir ‘n beter lewenstyl...

    EKO-LANDGOED ECO ESTATE

    www.montechristoestate.co.za

    Op ons Webwerf Sekuriteit Monte Christo Reënval Verjaar jy in Maart? Vir die herfstuin Troeteldiere Herstel van paaie Spyskaart vir Maart

    Die projek om die biometriese sekuriteitstelsel en skandeerders op te gradeer, vorder goed. Die

    hardeware, batterye en kabels is reeds geïnstalleer, en die proses om die sagteware en databasis te

    laai, is op dreef. Die finale oorskakeling tussen die ou en nuwe stelsels sal hopelik teen die einde van

    die maand gedoen kan word, want die proses geniet hoë prioriteit.

    Daar word tans algemene instandhoudingswerk aan die Sekuriteitskantoor-kompleks gedoen. Gee asseblief u samewerking deur versigtig in en uit te beweeg. Onthou ook dat u toegang het tot die Landgoed se Paniek-stelsel. Gaan kyk op ons webwerf in verlede maand se Nuusbrief hoe om aan te sluit.

    Neem asseblief kennis dat die volgende nuut op ons

    webwerf geplaas is:

    ➢ Nuwe Reëls ten opsigte van bou-aktiwiteite.

    ➢ Die prosedure wat gevolg moet word indien jy

    wil bou of veranderings wil aanbring.

    Dit is baie belangrik dat jy hiervan sal kennis neem

    voordat jy aanbouings aan jou bestaande huis wil

    aanbring, of ‘n nuwe huis wil bou.

    Neem asseblief kennis dat

    daar geen Nuusbrief in

    April sal wees nie.

    http://www.montechristoestate.co.za/

  • 2

    Mense vra my dikwels of ons in ‘n winter- of somerreënvalstreek bly. Indien my aanname reg is dat die

    somerseisoen strek vanaf November tot April en die winterseisoen vanaf Mei tot Oktober, dan dui die

    data van reënval wat ek sedert 2015 byhou ‘n neiging na meer reënval in die somer. Die totale reënval

    vir die maande November 2015 tot Januarie 2020 was 829mm in die somertydperk en 599mm vir die

    wintertydperk. Maar die data is nog te min om ‘n betekenisvolle patroon te bevestig.

    Die volgende grafiek werp meer lig hierop.

    Statistiek van die afgelope vier jaar wys die volgende:

    • Die reënval in 2019 (281mm) was 17% minder as die reënval in 2018 (339mm).

    • In 2019 was daar vier maande wat die hoogste reënval gehad het die afgelope vier

    jaar (Maart, April, Mei en Junie).

    • Daar was ook in dié jaar vier maande wat die laagste reënval gehad het (Januarie,

    Februarie, Augustus en Oktober).

    • Oor die afgelope vier jaar het November 2016 (3mm) die minste reën gekry, gevolg deur Junie

    2017 (4mm), April 2018 (5mm) en Oktober 2019 (5mm).

    • Ons meeste reën het in die maande September, November en Januarie geval -- Januarie 2020

    (110mm), September 2016 (77mm), September 2019 (76mm), September 2018 (59mm) en

    November 2017 (69mm).

    • Die meeste reën per dag was op 14 November 2017 (69mm), 29 September 2019 (65mm), 7

    Januarie 2016 (60mm) en 8 September 2018 (38mm).

    0

    20

    40

    60

    80

    100

    120

    Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt. Nov. Des

    2015

    2016

    2017

    2018

    2019

    2020

    Maandelikse Reenval van Sept 2015 tot Jan 2020

    Flip du Plessis

    0

    50

    100

    150

    200

    250

    300

    2015/16 2016/17 2017/18 2018/19 2019/20

    'Winterreenval (Mei totOkt)'

    'Somerreenval (Novembertot April)'

    Somer- en Winterreënval

  • 3

    Verjaar jy in Maart? Ek het nog nooit iemand teengekom wat nie van Affodille hou

    nie. Selfs digters besing dié trompetblom se skoonheid.

    Hierdie blomme se vrolike kleur maak hulle welkom in enige tuin of

    blommeruiker. En as jy in Maart verjaar, is jy gelukkig, want dis

    jou verjaarsdagblom!

    Ongelukkig vir ons in die Suidelike Halfrond,

    is die Affodil ‘n lenteblom, en dus nie nou

    in seisoen nie. Geniet dus op jou

    verjaarsdag van die ander blomme wat

    vreugde en geluk simboliseer, soos Gerberas,

    Iceberg-rose en Hibiscus.

    Vir my is reën nie water nie. Dit reën affodille; in elke kuiltjiedruppel sien ek

    veldblomme op veraf heuwels. – Robert Lovemann

    Die herfs kruip nader, en tuinliefhebbers dink seker al daaraan hoe om hulle tuine vir die herfs

    en winter voor te berei. As jy later in die jaar kleur in jou tuin wíl hê, is dit nou die tyd om te

    beplan. Daar is ‘n hele klomp pragtige plante waaruit jy kan kies.

    Probeer gerus die ou, geurige staatmaker, die Pronkertjie. Wag tot die middel van

    April of begin van Mei om hulle te plant. Doen jou voorbereiding ‘n dag vantevore

    deur die grond met ‘n bietjie kalkwater te besprinkel, en die sade oornag in water

    te week. Onthou – hulle is rankplante. Lei hulle op teen ‘n sonnige muur, en

    siedaar – so goed soos ‘n kleurvolle skildery!

    Oorweeg dit om inheemse bolle soos Babianas, Freesias en Ixias

    vir die winter en lente te plant. En moenie die affodille vergeet nie!

    Onthou om jou bolle in ‘n koel, droë plek te bêre totdat temperature

    daal.

    Saai die saad van inheemse eenjarige blomme soos Namakwaland

    madeliefies, Nemesias, Felicias, Heliophila en Ursinias. Jy kan dit

    sommer tussen jou winterbolle plant. Geniet die tuinmaak, en onthou om water te

    bespaar waar jy kan!

  • 4

    Herstel van paaie en randstene

    Die projek om die paaie en randstene te herstel is nog aan die gang. Rietduikerstraat en

    ‘n groot gedeelte van Blue Crane is reeds gedoen. Addisionele spanne is nou ingebring

    om die werksaamhede by die hoofingang asook Guineafowlstraat te bespoedig. Daarna

    sal Bosduif- en Kroonkiewietstrate aandag kry.

    Die vervanging van alle beskadigde randstene in hierdie

    areas behoort ook eersdaags te begin.

    Ons dank aan almal se samewerking tydens hierdie

    herstelwerkproses.

    Troeteldiere bly ‘n probleem Ons Landgoed het, met goeie rede, reëls in verband met die besit en beheer van

    troeteldiere. Ongelukkig lig sommige eiendomsagente nie voornemende inwoners

    hieroor in nie.

    Ten spyte van vorige versoeke om die reëls te gehoorsaam, is daar steeds oortredings.

    Die reëls is op ons webwerf beskikbaar en sal voortaan streng toegepas word. Let veral

    op die volgende:

    Geen inwoner mag, sonder skriftelike goedkeuring van die HEV, meer as

    twee troeteldiere op sy eiendom aanhou nie.

    Op die gemeenskaplike areas

    mag troeteldiere nie los ronddwaal

    nie, maar moet onder toesig en

    aan ‘n leiband wees.

    Indien jou troeteldier op enige gemeenskaplike

    area ontlas, moet jy as die dier se eienaar die

    ontlasting onmiddellik verwyder.

    Elke troeteldier moet ʼn halsband dra, waaraan ‘n plaatjie met die kontak-

    besonderhede van die eienaar is. Diere wat daarsonder rondloop, kan gevang en

    geskut word.

    Alle katte, manlik en vroulik, moet gesteriliseer wees.

    Jou hond se geblaf mag nie van so ‘n aard wees dat dit steurnis vir ander

    inwoners veroorsaak nie.

    Die HEV het die reg om ʼn troeteldier wat ʼn steurnis op die Landgoed

    is, te verwyder, en om boetes op te lê.

  • 5

    Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Sondag 01-Mar

    E-pos

    homebaking01@ gmail.com

    Skakel of WhatsApp

    27745800891

    Koue visvoorgereg

    Varkboud

    Hoender à la King

    Geurige rys

    Soetpampoen

    Brokkoli &

    blomkoolgebak

    Vlatert

    02-Mar 03-Mar 04-Mar 05-Mar 06-Mar 08-Mar

    Selfbou Burgers:

    Maalvleis- en

    pasta Sop Slaai en brood

    Slaai, tamatie & kaas Bief Schnitzel gebak Gebakte vis Bobotie

    Vars en braai-uie Sampioensous Vars brood Beeskerrie Skyfies Hoender Schnitzel

    Komkommer Gebraaide rys Groente Sambals Patats Geelrys

    Sampioensous Slaai Slaaie Rys 2 Slaaie Karamelpampoen

    Skyfies Koffie Soetwortels Spinasie en feta

    Vrugteslaai en

    roomys

    09-Mar 10-Mar 11-Mar 12-Mar 13-Mar 15-Mar

    Lasagne Varknek Sop Heuning en soja-rib Viskoekies Selfbou slaaie

    Soetrissie en kaas Gebakte aartappel Hoender Schnitzel Skyfies Fyn wortel-aartappel Gebraaide bief

    Brood Groenboonbredie Kaassous 2 Slaaie Kruisement-ertjies Hoenderkerrie

    2 Slaaie Geglasuurde wortels Gegeurde rys Koffie Mousse Spesery-rys

    Ligte nagereg

    Gebakte

    mengelgroente Groenboonbredie

    Pampoen

    Malva & vla

    16-Mar 17-Mar 18-Mar 19-Mar 20-Mar 22-Mar

    Beeswors

    Heuning-mosterd

    hoender Sop Gebakte vis Bobotie Sop en slaai

    Mieliepap Gekruide rys Frikkadelle Aartappelwiggies Geelrys Oondhoender

    Sheba Gesmoorde wortels

    Tamatie- en

    uiesous Gemengde groente Pampoen Lamskerrie

    2 Slaaie Geroomde spinasie Spaghetti Slaai Slaai Basmati rys

    Malva & vla 2 Slaaie Ligte nagereg Wortels

    Koffie Gebakte blomkool

    Sjokolade mousse

    koek

    23-Mar 24-Mar 25-Mar 26-Mar 27-Mar 29-Mar

    Gevulde aartappels Hoenderpastei

    Gebraaide

    varkboud Gebakte vis Herderspastei Sop en brood

    Maalvleis en kaas Sous Sous Aartappelskyfies Pampoenkoekies Bief parmigiana

    Kerriegroente Skyfies Kapokaartappel Patats Vrugtebord Hoenderpastei

    Koolslaai 2 Slaaie Gebraaide wortel

    Brokkoli en

    blomkool Koffie en iets soets Gebraaide aartappel

    Groenslaai Jellie, vrugte en vla Groenslaai Gemengde groente

    Fyn ertjies

    Crème Brûlée

    30-Mar 31-Mar

    Oondhoender

    Ham- en

    kaasgevulde

    Gebraaide aartappel pannekoeke

    Mieliegebak Slaai

    Slaai Gebakte nagereg

    Spyskaart vir Maart

    mailto:homebaking01@

  • 6

  • 1

  • 1

    Huiseienaarsvereniging Home Owners’ Association

    For a better lifestyle...

    Vir ‘n beter lewenstyl...

    EKO-LANDGOED ECO ESTATE www.montechristoestate.co.za

    Please take note of the following new documents on

    our website:

    ➢ New Rules on Building Activities.

    ➢ The procedure to be followed when

    you wish to build or renovate a house.

    It is very important that you familiarise yourself

    with this information before you start building or

    renovating.

    Please note that there will

    be no Newsletter in April.

    On our Website Security Monte Christo Rainfall March birthday? Autumn garden Pets Repair of roads Menu for March

    SecurityThe project to upgrade the biometric security system and scanners is in progress. The hardware,

    battery packs and cables have been installed and the process to load the software and database is on

    track. The final switchover between the old and new systems will hopefully be done by the end of the

    month, as this project has high priority.

    General maintenance is being done at the Security Office complex. Please cooperate by being careful when entering or exiting. Please remember that you can access the Estate’s Panic System. Instructions on how to join were published in the February 2020 Newsletter, which is available on our website.

    http://www.montechristoestate.co.za/

  • 2

    I am often asked whether we live in a winter or summer rainfall region. If I am correct, the summer season

    is from November to April and the winter season from May to October. The rainfall data I’ve kept since

    2015 show a tendency to more summer rainfall. The total rainfall for the months November 2015 to January

    2020 was 829mm in the summertime and 599mm in winter. However, I do not have enough data to confirm

    a meaningful pattern.

    The following graph sheds more light on this.

    My statistics of the past four years show the following:

    ➢ The rainfall in 2019 (281mm) was 17% less than the rainfall in 2018 (339mm).

    • In 2019, the months with the highest rainfall over the 4-year period were March, April, May and

    June.

    • In the same year, there were 4 months with the lowest rainfall (January, February, August and

    October).

    • Over the past four years, the lowest rainfall was during November 2016 (3mm), followed by June

    2017 (4mm), April 2018 (5mm) and October 2019 (5mm).

    • The highest rainfall was during the months of September, November and January:

    January 2020 (110mm), September 2016 (77mm), September 2019 (76mm), September 2018

    (59mm) and November 2017 (69mm).

    • The highest rainfall in one day was recorded on 14 Nov 2017 (69mm), 29 September 2019 (65mm),

    7 January 2016 (60mm) and 8 September 2018 (38mm).

    The monthly rainfall for the period September 2015 to January 2020 is shown in the following graph:

    0

    20

    40

    60

    80

    100

    120

    Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt. Nov. Des

    2015

    2016

    2017

    2018

    2019

    2020

    Monthly Rainfall Sept 2015 to Jan 2020

    0

    50

    100

    150

    200

    250

    300

    2015/16 2016/17 2017/18 2018/19 2019/20

    'Winterreenval (Mei totOkt)'

    'Somerreenval (Novembertot April)'

    Summer and Winter rainfall

    Flip du Plessis

  • 3

    “She turned to the sunlight And shook her yellow head,

    And whispered to her neighbor:

    "Winter is dead.”

    ― A.A. Milne, When We Were Very Young

    Is your birthday in March?

    I haven’t met anyone who does not like Daffodils. Even poets

    wax lyrical about this yellow trumpet’s beauty.

    The happy colour of these flowers make them a welcome addition

    to any garden or flower spray, and if your birthday is in

    March, you are lucky, because it is your birthday flower!

    Unfortunately for us in the Southern Hemis-

    phere, daffodils are spring flowers and not

    in season at this time of year, so rather enjoy

    other flowers on your birthday that symbolise

    joy and happiness, such as Gerberas, Iceberg

    roses and Hibiscus.

    It is not raining rain to me. It's raining daffodils; In every dimpled drop I

    see wild flowers on distant hills. - Robert Loveman

    As we enter the early stages of autumn, garden enthusiasts, I’m sure, are already contemplating

    what to plant and how to prepare and beautify their gardens at this time of the year. Now is the

    time to plan ahead by planting beauties like those listed below so you can enjoy colour in your

    garden later in the year.

    Try the lovely and sweet smelling Sweat pea. Prepare to plant Sweet peas a day

    ahead, water in a sprinkle of lime and soak the seeds in water overnight. Wait

    until mid-April or early May to sow the seeds. Remember, they are climbers and a

    nice and sturdy looking trellis against a sunny wall will keep them happy and

    change that dull looking wall into a veritable colourful painting!

    For winter and spring bulbs, consider planting indigenous species

    like Freesias, Babianas, Ixias, and of course, Daffodils!

    Remember to keep your bulbs in a cool, dark place until the

    weather cools down.

    Sow seeds of indigenous Annuals like Namaqualand daisy, Nemesias,

    Felicias, Heliophila (blue flax) and Ursinias. You can inter-plant these with

    your winter and spring bulbs.

    Happy gardening and remember to always conserve water as best you can!

    https://www.goodreads.com/work/quotes/3355608https://quotes.yourdictionary.com/author/loveman-robert/

  • 4

    Other Emergency numbers

    Noodnommers

    Pets remain a problem There is a good reason for our Estate having rules about the owning and control of pets.

    Sadly, some estate agents do not inform prospective residents accordingly.

    Despite requests in previous publications regarding these rules, we still have

    transgressions. The rules are available on our website and will be strictly enforced in

    future. Please take special note of the following:

    No resident may keep more than two pets on their property without the written consent of the HOA.

    Pets may not, under any circumstances, be on

    common areas unattended, and

    have to be on a leash.

    If your pet defecates on any common

    area, you as the owner must remove the waste

    immediately.

    Each pet should wear a collar and tag with the contact details of the owner. Pets

    wandering around without it can be rounded up and impounded.

    All cats, male as well as female, have to be spayed.

    The barking of your dog may not be such as to inconvenience other residents.

    The HOA has the right to remove a pet that causes a disturbance on the

    Estate and may also impose fines.

    Repair of roads and kerbs

    The project of repairing our roads and kerbs is ongoing. Rietduiker Street and a large

    portion of Blue Crane Road has already been completed. Additional labour teams have

    been brought in to expedite work at the main entrance as well as in Guineafowl Street.

    Following this, Bosduif and Kroonkiewiet Streets will be attended to.

    The replacement of all damaged kerbs in these areas will

    also commence shortly.

    We thank everyone for their cooperation during this repair

    process.

  • 5

    Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Sunday

    01-Mar

    Email homebaking01@ gmail.com

    Call or WhatsApp

    27745800891

    Cold fish starter

    Boston butt

    Chicken à la King

    Savoury rice

    Sweet pumpkin

    Broccoli & cauli bake

    Custard slice

    02-Mar 03-Mar 04-Mar 05-Mar 06-Mar 08-Mar

    DIY Burgers Beef Schnitzel Mince& pasta bake Soup Salad and breads

    Lettuce, tomato, cheese, Mushroom sauce Fresh breads Beef curry Fried fish Bobotie

    Fried & fresh onion Fried rice Vegetables Sambals Chips Chicken schnitzel

    Cucumber, Salad Salad Rice Sweet potato Yellow rice

    Mushroom sauce Coffee Sweet carrots 2 Salads Caramel pumpkin

    Chips Spinach & feta

    ** **

    Fruit salad & ice

    cream

    09-Mar 10-Mar 11-Mar 12-Mar 13-Mar 15-Mar

    Lasagne Pork neck Soup Honey & soy ribs Fish Cakes DIY Salad bar

    Sweet chili & cheese Potato bake Chicken Schnitzel Chips Carrot/ potato mash Roast beef

    Breads Green bean stew Cheese sauce 2 Salads Minted peas Chicken curry

    2 Salads Glazed Carrots Savoury rice Coffee Mousse Spiced rice

    Light dessert Grilled mix veg Green bean stew

    Pumpkin

    Malva & custard

    16-Mar 17-Mar 18-Mar 19-Mar 20-Mar 22-Mar

    Beef sausage Honey mustard Soup Fish bake Bobotie Soup and salad

    Mielie pap chicken Meat Balls Potato wedges Yellow rice Oven roast chicken

    Sheba sauce Herbed rice Tomato &onion Mixed vegetables Pumpkin Mutton curry

    2 Salads Braised carrots gravy Salad Salad Basmati rice

    Malva & custard Creamed spinach Spaghetti Light dessert Carrots

    2 salads Cauliflower bake

    Coffee

    Chocolate mousse

    cake

    23-Mar 24-Mar 25-Mar 26-Mar 27-Mar 29-Mar

    Loaded spuds Chicken pie Roast leg of pork Grilled fish Cottage pie Soup and bread

    Mince and cheese Gravy Gravy Potato wedges Pumpkin fritters Beef parmigiana

    Curried vegetables Chips Mash Potato Sweet potatoes Fruit platter Chicken pie

    Coleslaw 2 Salads Roast carrots Broccoli & Coffee and a sweet Roast potato

    Green salad

    Jelly, fruit and

    custard Green Salad cauliflower Mixed vegetables

    Crushed peas

    Crème Brûlée

    30-Mar 31-Mar

    Oven roast chicken Ham and cheese

    Roast potato filled pancakes

    Corn bake Salad bar

    Salad Baked dessert

    Menu for March

    mailto:homebaking01@

Recommended