+ All Categories
Home > Documents > MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare...

MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare...

Date post: 03-Jun-2019
Category:
Upload: lengoc
View: 406 times
Download: 13 times
Share this document with a friend
24
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION UPPER PRIMARY PHASE JUNIOR SECONDARY PHASE SENIOR SECONDARY PHASE 2009 NATIONAL SUBJECT POLICY GUIDE FOR AFRIKAANS FIRST AND SECOND LANGUAGE GRADES 5-12
Transcript
Page 1: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

UPPER PRIMARY PHASE JUNIOR SECONDARY PHASE SENIOR SECONDARY PHASE

2009

NATIONAL SUBJECT POLICY GUIDE FOR

AFRIKAANS FIRST AND SECOND LANGUAGE

GRADES 5-12

Page 2: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia © Copyright NIED, Ministry of Education, 2008 National Subject Policy Guide for Afrikaans First and Second Language Grades 5-12 ISBN: 99916-52-88-4 Printed by NIED Website: http://www.nied.edu.na Publication date: 2008

Page 3: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

INHOUDSOPGAWE 1 INLEIDING ................................................................................................... 12 DOELSTELLINGS VAN DIE NASIONALE VAKBELEID ...................... 13 VAKSPESIFIEKE ASPEKTE ...................................................................... 13.1 Die samestelling van fases en toepaslike grade ............................................ 13.2 Periodes .......................................................................................................... 23.3 Sillabusse ....................................................................................................... 23.4 Werkskemas ................................................................................................... 23.5 Skriftelike lesvoorbereiding ........................................................................... 23.6 Tuiswerk ........................................................................................................ 33.7 Maksimum benutting van tyd ........................................................................ 33.8 Onderrig- en leermateriaal ............................................................................. 33.9 Assessering .................................................................................................... 63.10 Nasien en moderering .................................................................................... 63.11 Leerdergerigte onderrig ................................................................................. 63.12 Deurlopende Professionele Ontwikkeling ..................................................... 74 VAKBESTUUR ............................................................................................. 74.1 Hiërargie van bestuur ..................................................................................... 74.1.1 Skoolhoof ....................................................................................................... 74.1.2 Departementshoof............................................................................................ 74.1.3 Vakhoof .......................................................................................................... 84.1.4 Vakonderwyser ............................................................................................... 94.2 Kontrole van skriftelike werk en tuiswerk ..................................................... 104.3 Vakvergaderings ............................................................................................ 104.4 Vakmateriaal .................................................................................................. 104.5 Die Vakadviseur ............................................................................................ 104.6 Nisvakgroepe ................................................................................................. 104.7 Onderwysersentrums (TRCs) en die Skoolbibilioteek .................................. 114.8 Skoolpraktikum (SBS) ................................................................................... 115 LÊERS ........................................................................................................... 115.1 Voorbereidingslêer ........................................................................................ 115.1 Administratiewe lêer ...................................................................................... 125.3 Bronnelêer ....................................................................................................... 125.4 Vaklêer ........................................................................................................... 135.5 Vraestellêer .................................................................................................... 146 WOORDELYS................................................................................................ 14Bylae A Voorbeeld van ‘n jaarbeplanner ..................................................................... 15Bylae B Voorbeeld van lesvoorbereiding ..................................................................... 16

Page 4: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten
Page 5: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 1

1. INLEIDING Die sukses van 'n onderwysprogram word grootliks bepaal deur doeltreffende vakorganisasie. Die doel van hierdie vakbeleid is om vakbestuur in die skool te begelei, maar dit streef ook terselfdertyd daarna om elke individuele onderwyser die ruimte te laat om inisiatief te neem, veral in die aanbied van die vakinhoud en fasilitering van die leerproses. Hierdie vakbeleid is van toepassing op die onderrig van Afrikaans Eerste en Tweede Taal in die Senior Primêre, Junior Sekondêre en Senior Sekondêre fases in alle staatskole in Namibië. Die dokument is gebaseer op die generiese vakbeleid wat deur NIED ontwikkel is, maar bevat ook vakspesifieke inligting wat nét op Afrikaans van toepassing is. Elke Afrikaansonderwyser moet in besit wees van 'n kopie van hierdie dokument. Dit kan in die Administratiewe lêer geliasseer word. Die dokument is gebaseer op die Generiese Vakbeleid wat deur NIED ontwikkel is en voorgeskryf word, maar bevat ook vakspesifieke inligting wat net op Afrikaans van toepassing is. Dit is belangrik dat vakonderwysers ook die National Curriculum for Basic Education gereeld sal raadpleeg om te verseker dat hulle by die riglyne van die Ministerie van Onderwys hou. Behalwe die riglyne wat in hierdie dokument neergelê is, is daar sekere sake wat hanteer moet word in elke skool se eie interne vakbeleid, bv. riglyne rakende die voorlegging van eksamenvraestelle en toetse, moderering en tik van vraestelle, uitleenprosedure en instandhouding van apparaat, ensovoorts. Sien die woordelys op bladsy 14 vir die Engelse titels van dokumente wat in hierdie dokument in Afrikaans gegee word.. 2. DOELSTELLINGS VAN DIE NASIONALE VAKBELEID Hierdie dokument is die amptelike vakbeleid van Afrikaans Eerste (T1) en Tweede Taal (T2). Dit maak voorsiening vir 'n goed georganiseerde en prakties georiënteerde program in die onderrig en die bestuur van Afrikaans in die skool en het ten doel om: • riglyne te verskaf aan vakhoofde vir die kontrole van onderrig- en leeraktiwiteite • leiding aan onderwysers te gee oor administratiewe pligte en die beplanning van onderrig

ten einde die doelstellings te bereik soos uiteengesit in die Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers

• vakbestuur landswyd te koördineer ter wille van groter eenvormigheid • te verseker dat Afrikaansonderwysers tevrede en suksesvol is in hul onderrig, in belang

van die leerders in die besonder en die land in die algemeen. 3. VAKSPESIFIEKE ASPEKTE Die samestelling van fases en toepaslike grade Die tydstoekenning vir Afrikaans (T1 en T2) is as volg: Graad 5-7: 6 periodes per 5-dag siklus Graad 8-10: 4 periodes per 5-dag siklus en 5 periodes per 7-dag siklus Graad 11-12: 6 periodes per 5-dag siklus en 7 periodes per 7-dag siklus

Page 6: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2

3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten minste een dubbelperiode insluit wat benut kan word vir byvoorbeeld deurlopende skryfwerk. 3.3 Sillabusse 'n Sillabus is 'n kursusbeskrywing vir 'n vak in die kurrikulum. Dit is 'n bondige, algemene verklaring van die beoogde onderrig wat die volgende beskryf: • Die doel van die vak – dit is die uiteensetting en doelstellings wat die kursus omskryf. • Die inhoud van die vak – dit word normaalweg in terme van temas en onderwerpe

beskryf, maar in die taalsillabusse word dit volgens die taalvaardighede ingedeel. • Doelstellings - omskryf in terme van wat onderrig behoort te word op 'n sekere vlak. • Vaardighede is die betekenisvolle kognitiewe aktiwiteite, bekwaamheid, gesindheid en

waardes wat alle leerders behoort te toon en wat geëvalueer kan word. • Assessering beskryf hoe die bemeestering van taalvaardighede geassesseer moet word

and hoe die kursus geëvalueer moet word. [Neem asseblief kennis dat die term Algemene Doelstellings (vir Doelstellings) en Spesifieke Doelstellings (vir Basiese Vaardighede) in die Senior Sekondêre sillabusse gebruik word.] Onderwysers moet die sillabus goed ken en hulle onderrig moet volgens die sillabus beplan word en nie volgens die handboek nie. Alle toepaslike Afrikaans-sillabusse moet in die Vaklêer beskikbaar wees. 3.4 Werkskemas Elke Afrikaansonderwyser moet aan die begin van die jaar 'n werkskema opstel om onderrig en deurlopende evaluering vir die jaar te beplan - dit moet in termyne verdeel wees. Indien meer as een onderwyser in 'n spesifieke skool Afrikaans gee vir een graad, moet hulle dieselfde werkskema gebruik. Die werkskema moet volgens die sillabus opgestel word en nie volgens 'n handboek nie. Indien die sillabus verander, moet die werkskema dienooreenkomstig aangepas word. Die werkskema moet in die Voorbereidingslêer gehou word en 'n kopie in die Vaklêer as verwysing. Voorsiening moet gemaak word om afgehandelde werkseenhede op 'n weeklikse basis af te merk. Die Skoolbestuur moet dit gereeld kontroleer om vordering te bepaal. 3.5 Skriftelike Lesvoorbereiding Skriftelike lesvoorbereiding is verpligtend vir elke onderwyser, ongeag ondervinding. Daaglikse of weeklikse skriftelike voorbereiding moet gedoen word op die vorm soos deur die skool voorsien, lank genoeg voordat dit in die klas aangebied word, om voldoende tyd toe te laat vir die voorbereiding van onderrighulpmiddels. Indien meer as een onderwyser in ‘n spesifieke skool Afrikaans gee vir een graad, moet lesbeplanning verkieslik gesamentlik gedoen word.

Page 7: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 3

'n Volledige lesplan sal die datum, beskikbare tyd, tema en onderwerp, onderrigmateriaal, lesdoelwitte, basiese vaardighede wat bereik moet word en tuiswerk aandui. Aanvullende onderrig en deurlopende assessering behoort deel uit te maak van die lesbeplanning. Dit kan voorbereide praatjies, begripstoetse, grammatika oefeninge, diktee, kort take oor voorgeskrewe literatuur en deurlopende skryfwerk insluit. Voorsiening behoort gemaak te word om leerders se lees-, skryf- en spelvermoë in Afrikaans voortdurend te verbeter. Na elke lesaanbieding behoort die onderwyser krities oor die les na te dink. Skriftelike refleksies moet saam met die les geliasseer word vir toekomstige verwysing en aanpassings. Sien Bylae B vir 'n voorbeeld van skriftelike lesvoorbereiding. 3.6 Tuiswerk Kwaliteit tuiswerk is 'n baie belangrike aspek van akademiese sukses. Dit versterk die onderwyser se insette in die klaskamer en bevorder die leerproses. Leerders behoort daagliks goed beplande tuiswerk te kry. In die geval van skole met koshuise, moet die skoolhoof, in samewerking met die superintendent van die koshuis, toesien dat daar voldoende studietye vir die leerders is. 3.7 Maksimum benutting van tyd Sukses in die Afriaanseklas is daarvan afhanklik dat die beskikbare tyd maksimaal benut word. Daar word verwag dat: • die onderwyser en leerders elke klas sal bywoon soos aangedui op die rooster • die onderwyser en leerders soggens betyds sal opdaag vir skool en vir elke klas • lesse só beplan word dat die beskikbare tyd ten volle benut word • die skoolhoof en skoolbestuur 'n voorbeeld sal stel rakende kwaliteit tydsbenutting. 3.8 Onderrig- en Leermateriaal Afrikaansonderwysers behoort kreatief en innoverend te wees om hul eie praktykgerigte onderrig- en leermateriaal te versamel en te ontwikkel. Onderwysers moet voortdurend aanvullende leesstukke en oefeninge, wat aansluit by temas in die taalhandboek, versamel. Daar moet gepoog word om kontemporêre tekste te vind, asook tekste wat by die leerders se belangstelling pas. 3.8.1 Onderwysershandleiding Hierdie baie belangrike amptelike dokument rig die onderrig- en leerproses in die klaskamer en behoort ten volle gebruik te word. 'n Kopie van die handleiding moet in die Vaklêer gehou word en elke Afrikaansonderwyser moet 'n kopie hê. Op die oomblik (2009) is slegs die handleidings vir Afrikaans Eerste en Tweede Taal vir Graad 11 en 12 beskikbaar. Skole sal in kennis gestel word wanneer die handleidings vir Graad 5 - 7 en Graad 8 - 10 beskikbaar is. 3.8.2 Hulpmiddels en apparaat Onderwysers mag nie die taalhandboek en skryfbord as voldoende hulpmiddels vir taalonderrig beskou nie, maar moet 'n verskeidenheid hulpmiddels inspan om die leerproses effektief en stimulerend te maak.

Page 8: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 4

Elke skool moet 'n interne beleid hê wat die gebruik en kontrole van hulpmiddels en apparaat reguleer. Die beleid moet duidelike riglyne bevat oor die uitteken en terugbesorg van beskikbare items, asook gereelde inspeksie en instandhouding daarvan. 'n Volledige lys van apparaat wat by die skool beskikbaar is, moet deel wees van die skool se interne vakbeleid. Elke Afrikaansklas behoort 'n oorhoofse projektor te hê, veral vir die vertoon van prente. Aangesien kassetspelers vinnig besig is om verouderd te raak en uit te faseer, moet 'n goeie CD-speler beskikbaar wees vir die speel van musiek, liedjies, getoonsette gedigte en ander luistertekste. Aangesien daar vandag so 'n groot verskeidenheid materiaal van hoogstaande gehalte in Afrikaans op die Internet beskikbaar is, behoort elke Afrikaansonderwyser die Internet as bron by sy onderrig te betrek. Onbeskikbaarheid van Internetkonneksie by die skool is nie 'n verskoning om die bron nie te gebruik nie. Graad 12-onderwysers sal binnekort ook van digitale opnemers gebruik moet maak om mondelinge eksamens op te neem en op CD aan die DNEA te stuur. Lesmateriaal wat die onderwyser op die skryfbord skryf, moet altyd gestruktureerd aangebied word en nie 'n lukrake, deurmekaar neerpen van enkele woorde wees nie. 3.8.3 Klasatmosfeer en wandversiering Die belangrikste faktor in klasatmosfeer is die onderwyser self. 'n Vriendelike, hardwerkende en goed georganiseerde onderwyser, wat betrokke is by die leerders en altyd deeglik voorberei is, skep die regte atmosfeer vir die onderrig van Afrikaans, selfs onder die moeilikste omstandighede. Wandversiering is prente, kaarte, plakkate en/of voorwerpe wat teen die mure uitgestal word om onderrig interessant te maak. Leerders sal beter begrip hê omdat hulle die voorwerp oor 'n langer periode kan sien en makliker kan onthou. Idees vir wandversiering en uitstallings is: • toepaslike prente en foto's wat leerders stimuleer om vrae te stel • plakkate wat sekere reëlmatighede in Afrikaans aandui, bv. meervouds- en

verkleiningsuitgange, spelreëls, woorde wat gereeld verkeerd gespel word, idiome, ensovoorts

• loktekste van nuwe boeke in die biblioteek (Dit word gewoonlik op die stofomslag van boeke gedruk, maar kan ook deur die leerders geskryf en geïllustreer word.)

• leerders se klas- of tuiswerk kan uitgestal word • werklike voorwerpe en/of modelle Muuruitstallings kan gekombineer word met uitstallings op tafels van boeke of interessante items uit die omgewing. As leerders tyd spandeer om te lees of besprekings te voer oor interessante uitstallings, word die leerproses pret. Leerders moet geleentheid kry om by te dra tot uitstallings en dit moet gereeld verander word.

Page 9: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 5

3.8.4 Handboeke Taalhandboeke Die ideaal is dat elke leerder 'n taalhandboek moet hê vir Afrikaans. Die vakonderwyser is ten volle verantwoordelik vir kontrole van die handboeke. Leerders moet opgevoed word om boeke met respek te hanteer en dit as waardevolle hulpmiddels te beskou. Alle handboeke moet met plastiek oorgetrek wees. ‘n Volledige lys van handboeke wat gebruik word, moet in die Vaklêer geliasseer word. Voorgeskrewe literêre werke Veral in die Senior Sekondêre fase moet elke leerder verkieslik 'n kopie hê van elke letterkundewerk wat behandel word. In die Junior Sekondêre en Senior Primêre fases kan die onderwyser oor die weg kom met een stel boeke vir die klas, wat in die klas gehou word en deur al die klasgroepe van 'n bepaalde graad gebruik word. Die titels van voorgeskrewe literêre werke vir Graad 11 en 12 word elke 3 jaar per omsendbrief deur NIED aangekondig. Die titels van goedgekeurde werke vir Graad 5 - 7 en Graad 8 - 10 word nie per omsendbrief bekendgemaak nie, maar verskyn in die amptelike boekkatalogus solank dit in die handel beskikbaar is. Wanneer sodanige titels uit druk is, word dit nie meer in die boekkatalogus gedruk nie, maar skole kan voortgaan om dit te gebruik. Woordeboeke In die Afrikaansklas moet daar ook 'n paar eksemplare van ‘n goeie verklarende woordeboek beskikbaar wees, en ten minste een kopie van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Leerders moet gereeld aangemoedig word om hierdie bronne te raadpleeg. In die Tweedetaalklas sal 'n goeie tweetalige woordeboek waarskynlik ook nuttig te pas kom. Naslaanwerke vir onderwysers Daar bestaan vandag 'n wye verskeidenheid naslaanwerke wat die Afrikaansonderwyser se taalkennis kan opskerp en verfyn. Die onderstaande lys is nie volledig nie, maar kan gerus oorweeg word vir aankoop uit die skoolfonds indien dit nie in die amptelike boekkatalogus gelys word vir onderwysergebruik nie: - Taalkommissie. 2002. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Pharos. Kaapstad - Gouws, R. e.a. 2004. Nuwe Woordeboek sonder grense. M.M. Longman. Kaapstad - Combrink, Louise, e.a. Taalkonteks. Juta & Kie. Kenwyn - Müller, Dalene. 2003. Skryf Afrikaans van A –Z. Pharos. Kaapstad - Prinsloo, Anton F. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Pharos. Kaapstad - Viljoen, H.C. (Red.) 2006. Kuberwoordeboek (Tweetalig). Protea Boekhuis. Pretoria - De Stadler, L.G. 2007. Tesourus van Afrikaans. Pharos. Kaapstad 3.8.5 Skriftelike boeke Elke skool kan sy eie reëlings tref ten opsigte van lêers of oefeningboeke vir leerders se notas, skriftelike stelwerk, toetse en ander oefeninge. Oefeningboeke moet netjies oorgetrek wees met ten minste bruin papier, met die leerder se naam, graad en die titel van die boek buite-op. Dit kan ook met plastiek oorgetrek word indien verkies.

Page 10: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 6

3.9 Assessering 'n Volledige rekord van leerders se punte vir al die verskillende taalvaardighede, soos voorgeskryf in die verskillende sillabusse, moet in die onderwyser se Administratiewe lêer gehou word. 'n Kopie van elke opdrag moet in die Bronnelêer beskikbaar wees. Meer inligting oor assessering in Afrikaans kan in die volgende dokumente gekry word: • Die sillabusse • National Curriculum for Basic Education 2009 • Towards improving Continuous Assessment in Schools: a Policy and Information Guide

('n NIED-publikasie) • Riglyne in onderwysershandleidings • DNEA-omsendbriewe • Omsendbriewe van Formele Onderwys oor assessering en promosie • Guidelines for Teachers on Setting and Marking Assessments, DNEA January 2005 3.10 Nasienwerk en moderering Die volgende aspekte is van belang by die nasien van skriftelike werk: • Alle skriftelike werk wat vir deurlopende evaluering gebruik word, moet deur die

onderwyser nagesien en bepunt word. • Alle werk wat deur die onderwyser gemerk word (dit sluit uiteraard ook toetse en interne

eksamens in), moet so gou as moontlik aan die leerders teruggegee word. As daar te veel tyd verloop tussen die inlewer van 'n bepaalde stuk werk en die terugvoer wat die leerder daarop kry, vind daar geen leer plaas nie.

• Leerders moet hulle nagesiende werkstukke / toetse sien voordat die punte gefinaliseer word.

• Die departementshoof of vakhoof moet ten minste 5% van alle werkstukke / toetse / eksamenvraestelle modereer.

• Nasienwerk is nie 'n foutejag nie. Om foute raak te sien en aan te dui, is wesentlik deel van nasien, maar dit is ewe belangrik om goeie dinge raak te sien en aan te toon. Daarom moet nasienwerk netjies en positief wees. Geen neerhalende opmerkings mag by 'n leerder se werk geskryf word nie. Onderwysers word aangemoedig om by soveel skriftelike take as moontlik positiewe opmerkings te skryf, maar by deurlopende skryfwerkstukke (veral kreatiewe skryfstukke) is dit verpligtend.

• Onderwysers mag ook sekere werkstukke deur leerders self of deur klasmaats laat merk, maar punte behaal vir sulke werk mag nie vir deurlopende evaluering gebruik word nie. Verder kan onderwysers in sekere skryfstukke, soos paragrawe of briewe of ander korter skryfstukke slegs sekere aspekte merk, bv. net leestekens of woordorde of vormlike aspekte, maar dan moet dit so aangedui word en die werkstukke mag nie vir formele deurlopende evalueringspunte gebruik word nie.

3.11 Leerdergerigte onderwys Leerdergerigte onderwys vereis soms dat leerders spasie moet hê om rond te beweeg of in klein groepe te werk. Dit sal moeilik of onuitvoerbaar wees in oorvol klaskamers en onderwysers sal in sulke gevalle kreatief te werk moet gaan om te verseker dat leerdergerigte

Page 11: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 7

onderwys wel plaasvind. Uitgangspunte van leerdergerigte onderwys kan in die volgende publikasies gevind word: • Die vaksillabus • Learner-Centred Education: A Conceptual Framework ('n NIED publikasie) • How Learner-Centred are you? Al hierdie dokumente is op die NIED-webwerf beskikbaar by www.nied.edu.na. 3.12 Deurlopende professionele ontwikkeling Die skool moet die verantwoordelikheid vir indiensopleiding van personeellede deel. Werkwinkelmateriaal en uitdeelstukke moet in die Bronnelêer geliasseer word en bly die eiendom van die skool. Toepaslike dokumente uit hierdie lêer kan ook in die Administratiewe lêer van die vakonderwyser gehou word. Onderwysers moet inligting, ondervinding en strategieë wat hulle by werkwinkels teëkom met kollegas deel. 'n Register wat in die Vaklêer bygehou word, sal die datum, plek en name van onderwysers aandui wat werkwinkels in Afrikaans bygewoon het. 4. VAKBESTUUR 4.1 Hiёrargie van bestuur 4.1.1 Die Skoolhoof Die skoolhoof is verantwoordelik vir die effektiewe bestuur van elke vak in die skool en om positiewe resultate te verkry. Die skoolhoof mag derhalwe bestuursverantwoordelikhede ten opsigte van die vak aan die Vakhoof (Departementshoof/senior onderwyser) delegeer. 4.1.2 Departementshoof Die Departementshoof is nie noodwendig 'n Afrikaansonderwyser nie. Die onderstaande is sommige van die verantwoordelikhede van die Departementshoof: • evalueer skoolontwikkelingsprogramme • bestuur en lei onderrig en leer in die skool om die kwaliteit van leer te verbeter • fasiliteer en implementeer programme en aanbevelings vir verbetering • ontwikkel en bemagtig hom/haarself en ander personeellede • verseker kwaliteit en verantwoordelikheid deur sterk bestuursvaardighede, bv.:

deur te verseker dat vakhoofde en vakonderwysers by sperdatums hou deur die vakbegroting te implementeer en te kontroleer deur toerusting, hulpmiddels en handboeke te bestel, gereeld te kontroleer en deeglik

rekord te hou daarvan • kontroleer, evalueer en implementeer die kurrikulum – doen klasbesoeke, skryf verslae

en verskaf opvolgondersteuning • werk saam met en vir die gemeenskap en handhaaf 'n goeie verhouding met die publiek

en alle betrokkenes in die opvoedingsproses 4.1.3 Vakhoof Die vakhoof is 'n personeellid wat verantwoordelik is vir leiding ten opsigte van die onderrig van die vak in die skool. Dit is die vakhoof se taak om die implementering van die sillabusse vir Afrikaans te koördineer en geleenthede vir spanbou en deurlopende professionele ontwikkeling te skep om sodoende die onderwysvaardighede van die betrokke

Page 12: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 8

onderwysers te verbeter. Die vakhoof is nie 'n amptelike aanstelling of posisie nie. Die rol van die vakhoof kan waargeneem word deur die skoolhoof, onderhoof, departementshoof of 'n senior onderwyser. Die spesifieke verantwoordelikhede van die vakhoof kan die volgende insluit: Beplanning • bevorder ‘n geskikte onderrig- en leeromgewing in elke klaskamer • verseker dat alle resente vakgerigte dokumente en handboeke by die skool beskikbaar is • ontwikkel en implementeer 'n assesseringsbeleid in ooreenstemming met die voorskrifte

in die sillabus en die riglyne in die onderwysershandleiding • evalueer interne toets- en eksamenuitslae en neem stappe om swak uitslae te verbeter • implementeer sleutelareas 2 en 3 van die Nasionale Skoolstandaarde en Prestasie-

merkers • wees betrokke by die beplanning en implementering van die Plan van Aksie vir

Akademiese Vordering (PAAI) vir die skool • plaas onderwysers volgens hulle veld van spesialisering in die regte pos • identifiseer behoeftes vir ondersteuning en opleiding deur vakadviseurs en kommunikeer

dit aan die Streekkantoor • bestudeer en implementeer aanbevelings van onderwys- en eksamenverslae • identifiseer die finansiële behoeftes van die vak en lê dit aan die begrotingskomitee van

die skoolraad voor

Organisasie • aanvaar volle verantwoordelikheid vir die akademiese prestasie van vakonderwysers en

leerders • beïnvloed, verbeter en handhaaf die akademiese prestasie van Afrikaansonderwysers • bewerkstellig effektiewe kommunikasie binne Afrikaanse vakverband • verseker dat die jongste vakgerigte dokumente beskikbaar is en in gebruik is • vestig en handhaaf behoorlike vakadministrasie ten opsigte van:

Voorbereidingslêers Administratiewe lêers Bronnelêers Die Vaklêer Die Vraestellêer

• hou gereeld vakvergaderings • verseker dat voldoende handboeke, naslaanbronne vir onderwysers en leermateriaal

beskikbaar is • vestig 'n praktiese handboekkontrole stelsel en kontroleer gereeld die handboeke wat in

gebruik is • skep 'n positiewe werkomgewing vir die Afrikaansonderwysers • vestig en handhaaf goeie dissipline Bestuur en Leiding • bespreek die uitkoms van die selfevalueringsinstrument met individuele Afrikaans-

onderwysers en verskaf leiding en ondersteuning • verleen bystand aan nuwe - en beginneronderwysers • lei onderwysers om akademiese doelwitte vir hulself en hul leerders te stel • help onderwysers om verbeterde akademiese doelwitte te bereik

Page 13: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 9

• los interne konflik tussen vakonderwysers op • gee leiding ten opsigte van die interne vakbeleid van die skool en sien toe dat dit ten

volle geïmplementeer word • moedig spanwerk aan en erken goeie werk • reël gespesialiseerde bystand aan vakonderwysers, byvoorbeeld deur vakadviseurs,

vergaderings van nisvakgroepe, ander kenners van die vak, ensovoorts • bevorder die beeld en status van die vak • wys mentors aan vir beginneronderwysers en bied 'n goeie oriёnteringsprogram aan • verskaf interne personeelopleiding aan vakonderwysers Kontrole • kontroleer die voorgeskrewe lêers op gereelde basis • modereer toetse, eksamenvraestelle, merkskemas en antwoordstelle • koördineer die opstel van vraestelle deur verskillende onderwysers van dieselfde graad • kontroleer die hoeveelheid en kwaliteit deurlopende evalueringspunte, skriftelike werk,

toetse en take • verseker akkuraatheid en kontroleer die veilige liassering van punte • doen gereeld klasbesoek, skryf elke keer 'n verslag en verskaf opvolgondersteuning • kontroleer aanvullende onderrig • vestig 'n goedgeorganiseerde en gedissiplineerde onderrig- en leeromgewing 4.1.4 Die Vakonderwyser Die Afrikaansonderwyser - as die klaskamerbestuurder - het onder andere die volgende verantwoordelikhede: • streef daarna om die doelwitte te bereik wat in die Nasionale Skoolstandaarde en

Prestasiemerkers vervat is • skep 'n klasatmosfeer wat bevorderlik is vir kwaliteit onderrig en leer • vestig 'n goedgeorganiseerde en gedissiplineerde onderrig- en leeromgewing in die

Afrikaansklas • voldoen aan die voorskrifte van die kurrikulum en die Afrikaanssillabus(se) • fasiliteer onderrig en leer binne en buite die klaskamer sodat leerders die nodige kennis

en vaardighede kan bekom • stel 'n effektiewe en doeltreffende werkskema op vir elke graad wat hy/sy onderrig • vestig 'n positiewe houding by leerders ten opsigte van Afrikaans • bevorder die vestiging van projekwerk in Afrikaans • wees kreatief en oorspronklik in daaglikse lesbeplanning en die maak van eie onderrig-

en leermateriaal • kontak die naaste TRC oor opleidingsgeleenthede, die beskikbaarheid van

inligtingsbronne, asook in verband met onderrig- en leermateriaal • skakel met die vakhoof in verband met die gladde verloop van die vak • merk en kontroleer leerders se skriftelike werk en gee terugvoer • beplan spesiale aktiwiteite om leerders se lees- en skryfvaardighede, asook hul spelling,

te verbeter • kommunikeer met ouers

Page 14: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 10

4.2 Kontrole van skriftelike werk en tuiswerk Die departementshoof/vakhoof/senior onderwyser moet vakonderwysers se nasienwerk ten minste een keer per termyn kontroleer. Die Afrikaansonderwyser moet: • die skriftelike werk van leerders op 'n gereelde grondslag nasien en spesiale aandag gee

aan korrekte taalgebruik (byvoorbeeld om volsinne te skryf), spelling, netheid, die regte formaat en uiteensetting.

• ten minste 70% - 80% van alle skriftelike opdragte, oefeninge, take en werkblaaie van elke leerder nasien en onmiddellike, opbouende, positiewe en waardevolle terugvoer gee.

4.3 Vakvergaderings Vakvergaderings moet gereeld gehou word – ten minste een keer per termyn. ‘n Agenda moet vir dié doel saamgestel en gevolg word. Notules moet in die Administratiewe lêer bewaar word. Die doel van die vakvergaderings is nie net om administratiewe sake af te handel nie. Aspekte soos beplanning, gassprekers, uitruil van idees, aanbieding van modellesse, verbetering van uitslae, verbetering van metodiek en terugvoering oor werkwinkels kan ook deel uitmaak van die agenda. 4.4 Vakbestuur ten opsigte van vakmateriaal ‘n Geskikte prosedure moet by elke skool ontwikkel word om handboeke en ander materiaal te bestel, te berg, te versprei, in te neem en te kontroleer; en jaarlikse voorraadopnames te doen. ‘n Handboek kontrolesisteem moet daarvoor ingestel word. Een persoon sal deur die skoolhoof aangewys word om verantwoordelikheid te neem vir hierdie taak. ‘n Gedetailleerde en effektiewe werkswyse moet vir Afrikaans ontwikkel word wat die tik, duplisering, merk en moderering van werkblaaie, toetse en eksamenvraestelle en die berg van hierdie dokumente bepaal. Hierdie prosedure word in die skool se interne vakbeleid uiteengesit. 4.5 Vakadviseurs Vakadviseurs beskik oor uitgebreide kennis van die betrokke vak en hulle verantwoordelikhede sluit onder andere in om te verseker dat die onderrig op standaard gehou word deur gereelde skakeling en vakleiding. Die skool moet die vakkennis en ondervinding van vakadviseurs ten volle benut. Ongelukkig het die meeste streke waarin Afrikaans aangebied word nie vakadviseurs vir Afrikaans nie. Ten spyte hiervan, en juis hierom, moet Afrikaansonderwysers voortgaan om hulle behoeftes en navrae skriftelik aan die streekdirekteur deur te gee. 4.6 Nisvakgroepe (cluster subject groups) Die doel van die vergaderings van nisvakgroepe is om effektiwiteit en bekwaamheid te verbeter en om onderwysers te ondersteun. Die bywoning van en deelname aan die vergaderings en aktiwiteite van die nisvakgroepe kan ‘n positiewe rol speel in gemeenskaplike ontwikkeling en kan die kwaliteit van onderrig- en leeraktiwiteite verbeter.

Page 15: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 11

4.7 Onderwyssentrums (TRC's) en die skoolbiblioteek Onderwysers word aangemoedig om die hulpbronne en fasiliteite wat by onderwyssentrums aangebied word, te benut. As 'n sekere item nie by die plaaslike TRC beskikbaar is nie, kan dit deur lenings van ander onderwyssentrums of biblioteke verkry word met die hulp van die hoof van die TRC. 'n Lys van kontakpersone en 'n jaarbeplanner ten opsigte van opleidingsprogramme moet by die departementshoof gehou word. Indien die skool 'n biblioteek het, behoort 'n lys van hulpbronne en boeke wat uitgeleen kan word, aan die personeel beskikbaar gestel word, asook die reëls en prosedure vir klasbesoeke aan die biblioteek. Dit word ook aanbeveel dat prosedures moet bestaan vir projekwerk en take en die gebruik van die Internet. 4.8 Skoolpraktikum (SBS) SBS is 'n baie belangrike deel van onderwyseropleiding, aangesien dit aan die onderwysstudent die kennis verskaf en die geleentheid bied om ondervinding op te doen en om hom die rol van die onderwyser deeglik te laat leer ken. Regdeur die opleiding van die onderwyser is teoretiese en praktiese aspekte onderling aan mekaar verbonde. Eksperimentering met onderrig word gedoen deur gestruktureerde leswaarneming en lesaanbieding. Tydens SBS speel die vakonderwyser 'n belangrike rol om die onderwysstudent by te staan en 'n voorbeeld te wees van goeie praktyk. Verder moet die vakonderwyser ook voortdurend terugvoer gee aan studente wat lesse aanbied. Daarom kan die onderwyser nie die klas verlaat om ander werk te doen wanneer 'n student vir SBS by hom/haar geplaas is nie. Van onderwysstudente word verwag om krities op hulle onderwysondervindinge te reflekteer, met die doel om hul onderrig te verbeter. Op hierdie wyse sal hulle toepaslike vakkennis en -konsepte verder ontwikkel. 5. LÊERS 5.1 Voorbereidingslêer (Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser) Geskrewe lesvoorbereiding is verpligtend vir alle vakonderwysers in Namibië. Hierdie lêer bevat die geskrewe voorbereiding van die onderwyser en sluit alle toepaslike inligting in. Die Voorbereidingslêer moet weekliks deur die skoolbestuur gekontroleer word. Inhoud van die Voorbereidingslêer • Kontroleblad • Inhoudsopgawe • Onderwyser se persoonlike rooster • Sillabusse van al die vakke wat in ‘n bepaalde jaar onderrig word (jongste weergawe) • Werkskemas van al die vakke wat in ‘n bepaalde jaar aangebied word (netjies getik) • Daaglikse / weeklikse geskrewe lesvoorbereiding • Onderwyser se PAAI-dokument

Page 16: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 12

5.2 Administratiewe lêer (Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser) Die Administratiewe lêer is die lêer wat elke vakonderwyser byhou met belangrike vakinligting en enige ander inligting wat van toepassing is op die vak in die skool. (Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie lêer 'n Administratiewe lêer genoem word, om dit te onderskei van die persoonlike lêer van elke onderwyser wat in die skoolhoof se kantoor gehou word en die onderwyser se identiteitsdokument, aanstellingsbrief, en ander persoonlike inligting bevat.) Inhoud van die Administratiewe lêer • Kontroleblad • Inhoudsopgawe • Administrasie:

Persoonlike rooster Registerklas se rooster Toets- en eksamenrooster Amptelike skoolkalender van die Ministerie van Onderwys

• Klaslys van registerklas • Puntelyste met deurlopende evaluering, toets- en eksamenpunte • Beplanning: PAA1. Hierdie dokument bevat akademiese mikpunte wat deur elke

onderwyser bereik moet word. Dit word deur die skoolbestuur opgestel. • Beleidsdokumente:

Gedragskode vir onderwysers (Code of Conduct for Teachers) Die skool se interne vakbeleid vir die vakke wat die onderwyser onderrig Onderwysershandleiding vir die vak (indien beskikbaar en as dit prakties moontlik is

om dit te liasseer.) Kopie van die Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers Die onderwyser se selfevalueringsinstrument Leswaarnemingsinstrument

• Notules van vergaderings: personeel-, departementele -, vak- en nisgroepvergaderings • Omsendbriewe en verslae van die Ministerie van Onderwys (NIED en DNEA ingesluit),

streekkantoor en vakadviseurs • Handboekkontrole

Lys van genommerde handboeke in leerders se besit OF Handboekinventaris van registerklas

5.3 Bronnelêer (Verantwoordelikheid: Elke vakonderwyser) Inhoud van Bronnelêer: • Kontroleblad • Inhoudsopgawe • Werkblaaie • Projekte, opdragte, opstelonderwerpe, ens. Die merkskemas moet ook ingesluit wees. • Kursusmateriaal en uitdeelstukke wat by werkwinkels ontvang is. • Inligting oor aanvullende onderrig in die vak

Page 17: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 13

5.4 Vaklêer (Verantwoordelikheid: Vakhoof) Dit is van uiterste belang om goed georganiseerd te wees om 'n vak suksesvol te onderrig en te administreer. Daarvoor moet 'n funksionele Vaklêer bygehou word. Die lêer moet gereeld gebruik word, voortdurend opgedateer word en tot die beskikking van al die vakonderwysers in die skool wees. Eenvormigheid in 'n vak maak nie net die administrasie daarvan maklik nie, maar vereenvoudig ook kontrole deur die skoolbestuur. Die Vaklêer dien as bron vir die vakonderwysers van 'n spesifieke vak en is die eiendom van die skool. Dit is daarop gemik om effektiewe organisasie en bestuur van die vak in die skool te bevorder. Daar moet 'n vaklêer vir Afrikaans in elke skoolfase (Senior Primêr, Junior Sekondêr en Senior Sekondêr) bygehou word. Vereistes waaraan die vaklêer moet voldoen: • Dit moet sitematies beplan wees • Dit moet te alle tye by die skool beskikbaar wees as deel van die skool se lêerstelsel • Vakonderwysers moet te alle tye toegang hê tot die lêer • Dit moet deurlopend bygehou word. Inhoud van die Vaklêer: • Kontroleblad • Inhoudsopgawe • 'n Kopie van die National Curriculum for Basic Education • Vakbeleidsdokumente:

Nasionale Vakbeleid vir Afrikaans ('n NIED-dokument) Die skool se interne vakbeleid

• ‘n Kopie van die skool se PAA1-dokument (Plan for Academic Improvement) • Die vakonderwysers se inligting:

Name en die grade wat hulle onderrig Roosters van die onderwysers wat die vak onderrig Persoonlike inligting: kwalifikasies en ondervinding

• Jongste sillabu(se) van toepassing op die vak en fase • Werkskemas vir alle grade (skoon kopie) • Notules van vak-/departementele vergaderings • Notules van nisgroepvergaderings • Vakadviseursverslae • Vakverwante omsendbriewe en korrespondensie • Handboeke:

'n Lys van handboektitles wat beskikbaar is in die skool, met ‘n aanduiding of dit deur die leerders gebruik word of as bron vir onderwysers dien

'n Kopie van die toepaslike bladsye uit die amptelike boekkatalogus • Inventaris van ander onderrig- en leermateriaal van toepassing op die vak • Promosiepunte vir die laaste drie jaar en 'n interpretasie daarvan • Onderwysershandleiding vir die vak (indien gepubliseer en indien dit prakties moontlik

is om dit te liasseer) • 'n Lys van die werkwinkels wat onderwysers bygewoon het. Dit moet die datum en plek

van die werkwinkel insluit en die name van onderwysers wat dit bygewoon het.

Page 18: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 14

5.5 Vraestellêer (Verantwoordelikheid: Vakhoof) Inhoud van die Vraestellêer: • Kontroleblad • Inhoudsopgawe • Voorbeeldvraestelle en -merkskemas/memorandums (waar van toepassing) • Vraestelle en memorandums per graad / toets / eksamen • Merkskemas vir die merk van opstelle en korter skryfstukke, mondelinge

praatvaardigheid, hardoplees • Graad 10 en Graad 12 eksamenverslae vir die afgelope drie jaar 6. WOORDELYS

Engels Afrikaans

advisory teacher vakadviseur compensatory teaching aanvullende onderrig cluster nisgroep CD Woordeboeke gee klankskyf of laserskyf, maar CD het so

algemeen-gebruiklik geword, dat ons daarby hou. monitor kontroleer National Standards and Performance Indicators for Schools in Namibia

Nasionale Skoolstandaarde en Prestasiemerkers

school based studies (SBS) skoolpraktikum; praktiese opleiding van studente school management skoolbestuur

Page 19: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 15

Bylae A: Voorbeeld van ‘n jaarbeplanner JAAR : 20__ GRAAD :_______ VAK :___________________ VAKONDERWYSER: ________________ (Onderrigtyd = 22-30 weke)

TE

RM

YN

1

Week 1: Jan………

Week 2: Jan……….

Week 3: Jan………..

Week 4: Feb………..

Week 5: Feb………

Week 6: Feb……….

Week 7: Feb……..

Skole Heropen…….

Week 8: Maart……..

Week 9: Maart …….

Week10: Maart…….

Week 11: Maart…….

Week 12: April……..

Week 13: April……..

Week 14: April……...

Skole sluit……….

TE

RM

YN

2

Week 15: Mei………

Week16: Mei……..

Week 17: Junie……..

Week 18: Junie…….

Week 19: Junie…….

Week 20: Junie……..

Week 21: Julie………

Skole heropen…….

Week 22: Julie………

Week 23: Julie……..

Week 24: Julie……..

Week25: Julie………

Week 26: Aug….…..

Week 27: Aug………

Week 28: Aug………

Skole sluit……….

Page 20: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 16

T

ER

MY

N 3

Week 29: Sept………

Week 30: Sept……..

Week 31: Sept……..

Week 32: Sept…….

Week 33: Okt…….

Week 34: Okt……..

Week 35: Okt………

Skole heropen…….

Week 36: Okt………

Week 37: Nov……..

Week 38: Nov……..

Week 39: Nov………

Week 40: Nov….…..

Week 41: Des………

Week 42: Des………

Skole sluit……….

Page 21: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 17

Bylae B Voorbeeld van ‘n daaglikse lesvoorbereidingsvorm

Onderwyser: Graad: Datum:

Vak: Tyd:

Tema / onderwerp:

Onderrigmateriaal en hulpmiddels wat gebruik gaan word: Lesdoelwit(te): Leerders sal: Basiese vaardighede (verwys na sillabus): Leerders behoort in staat te wees om: Lesaanbieding: 1. Huiswerkkontrole: 2. Gepaste inleiding: 3. Aanbieding van leerstof en aktiwiteite: 4. Samevatting:

Page 22: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 18

5. Assessering / Huiswerk / Opdragte / Oefeninge: Aanvullende onderrig: Opmerkings:

Page 23: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008

Page 24: MINISTRY OF EDUCATION - nied.edu.na · Vakbeleid Afrikaans, NIED 2008 2 3.2 Periodes Die beskikbare periodes vir Afrikaans moet versprei wees oor die week/siklus en verkieslik ten

The National Institute for Educational Development P/Bag 2034 Okahandja NAMIBIA Telephone: +264 62 509000 Facsimile: +264 62 509073 E-mail: [email protected] Website: http://www.nied.edu.na © NIED 2008


Recommended