Date post: | 24-Jul-2016 |
Category: |
Documents |
Upload: | piketberg-tourism |
View: | 288 times |
Download: | 0 times |
1
Jaargang 22 Nr. 10 022-913 1796
Piketberg se koerant vir Piketberg se
mense...
www.piketberg.com
R5,00 November 2015
AUTO ELECTRICAL SPECIALIST
ONE STOP MOTOR PART SHOP
PIKETBERG
022 913 1939 022 913 2404
Alle korrespondensie aan [email protected]
Collect your Rewards card in store
WP-Kaptein vereer sportmanne en –vroue
Juan de Jongh, kaptein van die Westelike Provinsie Rugbyspan was gasspreker by PHS se Sportprysuitdeling. Saam met hom is Janke van Schalkwyk, Sportvrou van
die Jaar en Benna van der Westhuizen, Sportman van die Jaar. Nog foto’s p24. Foto: Sanet Ackermann
Nicola Coetzee Nasionale Wenner...p4 Primitiewe spesie...p4 Troufoto’s...pp 6 en 7 Stedebond met België...p17 Laerskool Leiers...p20 Hoërskool prys- uitdeling...p21 Kix besoek Huis AJL...p22 Sportprysuitdeling...p24 PHS Gholfdag...p24 Rolbalklub Pretdag...p25 PHS hou Bok Vrydag...p29 Gimnastiek...p30
2
Redaksioneel
Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com
Redaksie ([email protected])
Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796
Advertensies:
of sms 079 496 2719
Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u
Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter
Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145
Ander groottes op aanvraag.
Barbie Breunissen Marietha Goosen
Liefde Marietha
Briewe van ons lesers...
Die Piketberger se Datums vir 2015
Berigte/Advertensie IN
17 November
VERSKYN
26 November
Marius Carstens skryf... Ek wil hiermee almal bedank vir die boodskappe, tele-foonoproepe, sms'e, kaartjies, besoeke en gebede tydens Ma Hettie se afsterwe. Julle weet nie wat dit vir my be-teken het nie. Ek wil veral vir my bure in De Tuinpark be-dank vir die bystand, besoeke, kos en gebede. As dit nie vir my familie en vriende van oral, veral Piketberg, was nie, sou ek nie hierdeur gekom het nie. Nogmaals baie dankie. Dit is hoekom ek 'n Piketberger in murg en been sal bly. Ek weet almal in die dorp en omgewing was lief vir haar.
Salomé Steenkamp skryf... Liewe Piketberg-vriende, na 20 jaar in Piketberg is ek nou ‘n Hartenbosser. Ek kon nie by almal uitkom om te groet nie en wil graag hierdeur totsiens sê. Vandag het ek nogal heimwee ervaar na die mooie Piketberg met sy mooie mense. Ten spyte van al die sleg goed wat met mens gebeur het (daar was ook baie goeie en lekker dinge!) was ons op die beste plek met die beste vriende om te ondersteun en by wie ons kon skuil. Dankie dat julle my die laaste tyd so gekoester het, daar was nie kans om bedruk te wees nie. Ek geniet die see met al die mooi herinneringe aan ons gesinsvakansies saam met Gerrit. Al klaar weer Piketbergers hier raakgeloop! Altyd lekker! Baie groete en ek stuur in die gees ‘n koel seebriesie! Mag die Here julle seën.
Francois Erik van Niekerk 5 Junie 1961 - 18 Oktober 2012
Ons is dankbaar vir kosbare herinneringe. Lief en verlang jou elke dag.
Pa, Ma, broer en seuns
E Richter skryf… Graag wil ek BAIE DANKIE sê aan Konstabels Baumeis-ter en Reid van Piketberg SAPD. Hulle toewyding, gesindheid en hulp met 'n saak van diefstal was uitstekend! Welgedaan! Sterkte en seën met jul uitdagende daaglikse werk... die gemeenskap is trots op julle almal.
Periëtte Nel skryf... Nogmaals baie dankie vir die oulike koerant, Die Piket-berger. Ek geniet dit elke keer en begin al hoe meer dinge en mense in die dorp leer ken! Komend self uit die mediabedryf en redakteur by ‘n streekskoerant van die Caxton groep, weet ek wat alles ingesit word om dit so op straat te kry. Jul is regtig tops.
Akte op die Vlakte deur Gilbert en Sullivan
Uiters vermaaklike komiese eenbedryf Operette in Afrikaans
NG Kerk Darling Sondag 21 November om 19:00
Kaartjies te koop by die deur
Piketbergers Clare Menck en Cobis Wilson sing saam!
Bladsye vol spanpogings
Dis Kix se speletjiesaand en die kinders is opgewonde: van 6nm-9nm koop hulle 50c-kaartjies en ding mee om die meeste wasgoedpennetjies op die wasgoeddraad, die vin-nigste skoenveter ryger, die
hoogste Planx-toring, die meeste ringe op die bord, doele deur die ring, kerse aan die brand, munte uit die water en albasters deur die tregter. Ek en my prestasie alleen, dis wat saakmaak vir hierdie aand, so tussen die pret deur. Dit alles is net moontlik omdat daar 'n span volwassenes en tieners is wat bereid is om die speletjies aan te bied, tyd te hou, pogings neer te skryf en aan te moedig......en sonder so 'n span, is die hele aand van pret onmoontlik. Blaai deur Die Piketberger en let op na al die spanwerk: die personeel van Huis AJ op p9, die ACVV op p13, die vennootskap met België op p17, die leiers op pp20 en 21, sportspanne op pp24, 25 en 26 en die fenomenale span van Boland Superspar op p32. Dis wat Die Piketberger ook moontlik maak: span-werk! Dankie Barbie.
3
Winkel 022-913 2418
022-942 1787
Riana Smit 022-942 1787
082 921 1977
Nuwe Somersvoorraad
Beskikbaar en Nuwe Reeks
Jeep Manshemde
Welkom by ons
Brendon Puttick met sy vrou, Tanya en hul twee woelwaters, Li-Zay en Keagan. Foto verskaf
Die Putticks kom van Hartswater in die Noord-Kaap. Brendon is tans die Bestuurder by Agrico in Piketberg. Hy is reeds agt jaar werksaam by Agrico en was ook be-stuurder by die Hartswatertak. Tanya is ‘n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut en maak binnekort ‘n nuwe salon oop hier in Piketberg. Hulle het twee kinders, Keagan wat tans in graad 1 is en Li-Zay, 3jaar oud, gaan Trippe Trappe toe. Die Putticks wil dankie sê aan die vriendelike inwoners van Piketberg wat hulle so baie welkom laat voel.
Mariëtte Januarie is sedert begin Oktober die nuwe takbestuur-der van Nedbank Piketberg. Mariëtte is 'n Noord-Kapenaar van Concor-dia, noord van Spring-bok. Sy het haar beroepsloopbaan by ABSA op Vredendal begin en dit voortgesit op Saldanha waar sy die afgelope ses jaar takbestuurder van AB-SA was. Sy is gelukkig in haar nuwe pos en ervaar Piketberg se mense as vriendelik, hartlik en toeganklik. Haar man, Wayne, wat werksaam is by Namakwa Sands, en haar twee seuns, Marlon in gr 6 en Shaun in gr 3, sal vanaf volgende jaar by haar aansluit op Piketberg.
Nuwe Takbestuurder Nedbank
Mariëtte Januarie Foto: Marietha Goosen
4
Primitiewe Spesie Ontdek
Christa Lourens, in samewerking met ‘n navorser by die Universiteit van Kaapstad, het onlangs ’n unieke ontdek-king in ons streek gemaak. Sy het ‘n ware primitiewe spesie ontdek in ‘n plaasdam naby Eendekuil. Jenny Day van die Universiteit Kaapstad het die volgende verslag gegee oor hierdie unieke ontdekking: “This is not Artemia itself, but another fairy shrimp (probably Streptocephalus dendyi or perhaps S. gracilis). These are very primitive crustaceans related to water fleas and the like. They are found only in temporary wa-ters - their eggs have to dry up before they can hatch when wetted. They are rare and becoming even rarer, so are of conservation interest.”
Stud/cst Adam Pieters and Stud/Cst David Cornelius were officially welcomed at Piketberg SAPS after
undergoing their training at the College which is still ongoing. They are currently working shifts as part of their training under the supervision of Sgt Otto, their
field training officer. With Adam Pieters and David Cornelius are Captain Riaan Wessels, head visible
policing and Lt-Colonel Bernie Beukes, Station Commander Piketberg SAPS. Photo: SAPS
Piketberg SAPS welcomes recruits
Op 29 September het Woolworths die prys vir die nasionale wenner van hul ontwerp kompetisie oor-
handig aan Nicola Coetzee. Nicola het ‘n trofee, ser-tifikaat en R2000 Woolworths geskenkbewys gewen
as streekswenner en toe ook ‘n Apple Air iPad as nasionale wenner. Haar prys is aan haar oorhandig deur Deidré Vrede, links. Ook op die foto is Karin
Coetzee van die Coetzee Ateljee en Marius Scholtz, skoolhoof. Nicola, wat ontwerp as vak neem by Die
Coetzee Ateljee, het ‘n bordspel ontwerp wat die probleem van drankmisbruik in ons gemeenskap
aanspreek. Daar was ook vele struikelblokke in die pad met die kompetisie, soos met die koerier van die bordspel tot by die kompetisie. Die bordspel het in
die verkeerde dorp geland en was toe op die ou einde laat vir die finale beoordeling. Die paneel beoor-
delaars moes terugkom om weer te beoordeel en die uiteinde was dat haar ontwerp wen. Nicola se Inter-
aktiewe Bordspeletjie gaan uitgestal word by die De-sign Indaba by die CTICC vroeg volgende jaar.
Sien foto hieronder. Foto: Marietha Goosen
Nicola Nasionale Wenner
Nicola se Interaktiewe Bordspeletjie
Plaasmark
Piket-Bo-Berg Saterdag 31 Oktober
6
Lente Bruide
Elna Calitz van Piketberg is op 17 Oktober getroud met Rossouw Teubes van Moorreesburg. Die sere-monie en onthaal was by La Dolce Vita, Moorrees-
burg. Die bruid het natuurlik haar eie rok gemaak, hoe anders? Die egpaar vestig hulle op Moorreesburg.
Foto: Margaret Weideman
Nadia Visser van Piketberg is op 26 September getroud met Roan van Schalkwyk van Vredenburg. Die seremonie en onthaal was by die Kliplapa op
Robertson. Nadia is baie lief vir haar perd, Smokey, en daarom het pa Neil haar ingelei op die rug
van Smokey. Foto's: Lomé Burger
Martijn Jacobs en Libi Eigelaar is die middag van 17 September in die huwelik bevestig in die
Gemeentehuis Brummen in Nederland. Beide se ouers, Karen en Kees Jacobs en Deidré En Kobus
Eigelaar was dolgelukkig om in ‘die een fijne stel’ se vreugde te deel. Foto’s: Kevin Groenveld
Die paartjie is met `n Rolls Royce van die buur-man, bestuur deur die chaffeur, Hein Jacobs wat die broer is van Mar-tijn se vader, na die gemeentehuis en terug. Na `n pragtige sere-monie om die tafel by die ge-meentehuis deur Tieneke Opper-wal, is foto’s geneem waar die paartjie heel kon-inklik van die balkon af vir almal gewaai het. Martjin se studente vriend, Kevin Groenveld wat ook `n internskap by FruitLips ge-doen het, het die pragtige foto’s geneem. Na `n vrolike fotosessie met die sussies Quinta, Lotte en die broer Daan asook vriend Johan en niggie Lerika van Suid-Afrika is die gevolg na Mollenhof. Die gesinne, twee oumas, Wilhelmina en Ouma Nel en een oupa, en nog so vyf vriende het heerlik gekuier op die plaas Mollenhof, in die area Oeken, by Martijn se ouerhuis. 17 September was Martijn se oupa Joseph van Bergen se 80ste verjaardag en het die dag besonder spesiaal gemaak. Al die kos is voorberei en bedien deur Martjin se moeder se vier vriendinne van Arnhem. Die Saterdag het familie en vriende `n geleentheid gehad om die paartjie te kom gelukwens aan huis van Martijn se ouers en ook om vir Martijn tot siens te sê voordat hy ver-trek na Suid-Afrika waar hy op Achtervlei en FruitLips werksaam is. Die pasgetroude Mnr en Mev Jacobs woon baie gelukkig op Tierhoek, Piket-Bo-Berg met die nuwe babahond Nala en kat ZaZu. Die twee se Suid-Afrikaanse troue vind volgende jaar op dieselfde datum in Piketberg plaas.
7
Ons bied die volgende:
Stoffering van banke en stoele
Herstelwerk aan tente en seile
Maak van seil “canopies” vir bakkies
Motorsitplekke en motor- plafonne
Trekkersitplekke
Spesiale versoeke
Christo 083 399 7988 / 022 913 3326
Langstraat 59, Piketberg (oorkant Kaap Agri)
Marius Kriel en Bianca Bradfield is op 3 Oktober op die plaas Vryheid, waar Marius grootgeword het,
getroud. Foto: Janine Malherbe
Schalk Mostert, enigste seun van Leon en Estelle Mostert van Calvinia en Toinet, oudste dogter van
Cassie en Antoinette Rossouw van Eendekuil is op die Rossouws se plaas, Ruigtevlei getroud. Die
geleentheid was op 12 September. Ds Gert Kok was die bevestiger.
Foto: Inecke Photography
Wiehann Tolken en Henriëtte Visser is op 3 Oktober by Kardoesie getroud. Ds Gert Kok van Eendekuil het
die bevestiging gedoen. Foto: Edó Photography
Liefde is...
8
Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...
Hanlie Linde
Orals waar ek kom in die dorp het almal dieselfde vraag: waarvoor was die rooi tapyt voor die Muni-sipale kantore se ingang op 5 Ok-tober 2015? Wel, dit was vir ‘n troue! Nee, nie myne nie! As dít ooit eendag gebeur, sal julle lank voor die tyd daarvan hoor. Hierdie was iets veel groters waarvan elkeen in Bergrivier behoort te weet omdat julle net so deel is van hierdie troue as die Raad of enige amptenaar. Nogal ‘n internasionale troue! Deesdae is dit mos nie meer snaaks nie. Ons ken almal iemand wat met ‘n Skot, ‘n Chinees, ‘n Australiër of ‘n Brit getroud is. Dis net vir die Japanese wat ons nog sku is na die openingswedstryd van die Wêreldbeker. Op 5 Oktober 2015 het Bergrivier Munisipaliteit ‘n afvaar-diging ontvang van die Gemeente (ja, dit is hoe hulle hul Munisipaliteite noem) Heist-op-den-Berg in België en het ons saam begin feesvier vir die amptelike troue wat gehou is op 8 Oktober 2015. Reeds in Januarie 2015 het die twee rade hierdie internasionale verhouding tussen die twee Munisipaliteite goedgekeur. Die doel hiervan is om internasionale samewerking te skep tot voordeel van almal. Dit is ook die bord wat voor die Munisipale Kantore opgesit is en waarom ons vir die week wat hulle hier was ook die Belgiese vlag gehys het. Ons het tydens die be-soek diep gesprekke met mekaar gevoer oor samewerk-ingsmoontlikhede en gaan begin deur net eers op ‘n paar goed te fokus en dit deeglik en goed te doen. Een van die velde waarin hulle baie goed is, is jeugontwikkeling en ons wil by hulle leer en gesamentlike projekte vir jeug-ontwikkeling aanpak. Hulle wil weer by ons leer oor pub-lieke deelname en kliëntediens. Verder gaan ons kollega-tot-kollega interaksie skep waar personeel van Bergrivier gereeld per e-pos en skype met hul eweknie in Heist-op-den-Berg skakel en ondervinding en kennis uitruil en deel. Hulle afvaardiging het bestaan uit drie lede naamlik Raadsheer Kelly van Tendeloo (lid van hulle Burge-meesterskomitee), Hans Welters (Munisipale Bestuurder) en Katrien Fret (Noord-Zuid Konsulent). Ek wil graag elke Raadslid, personeellid en lid van die publiek bedank wat deel was van hierdie ontvangs. Ons kon nie vir hulle ‘n beter eerste besoek aan Bergrivier
gegee het nie. Julle het geskitter en ek was weereens oorweldig deur almal se gasvryheid. Hulle het werklik in hulle lewens nog nooit so iets beleef nie. Ook vir George van Feathers Inn wat hulle verblyf onver-geetlik gemaak het. Een van die insidente wat my altyd sal bybly, het die Dinsdagaand van hul be-soek afgespeel. Ons het buite op ‘n plaas vir hulle ‘n tradisionele braai ge-gee en een van my kolle-gas vra vir hulle Muni-sipale Bestuurder, Hans Welters, of hy vir hom die Melkweg en twee be-kende sterreformasies kan wys. Hans dog hy maak ‘n grap, want Hans weet mens kan die Melk-weg en meeste sterre glad nie met jou blote oog sien nie, maar slegs in ‘n planetarium. Hans is 40 jaar oud en kon nog nooit in Eu-ropa enigsins die Melkweg of meeste sterreformasies sien nie as gevolg van die groot hoeveelheid ligbe-
soedeling daar. Hy was stomgeslaan dat ons dit duidelik met die blote oog kan sien in Suid-Afrika. Dit was heerlik om ons mooi land weer opnuut deur hulle oë te sien en te waardeer. Mag hierdie in-ternasionale verhouding tussen Bergrivier Muni-sipaliteit en Heist-op-den-Berg Gemeente nog vir baie dekades groot vreugde en geleenthede bring vir almal in beide van ons gemeenskappe. Sien foto op p17
Nuwe bord voor Bergrivier Munisipaliteit se kantore in
Piketberg.
9
Die volgende Piketberger verskyn op 26 November 2015.
Berigte en advertensies moet ons bereik
teen 17 November. Stuur na: [email protected]
By die jaarlikse ELITE-Weskaap-Stamboek-Dinee, het Hannes
Eksteen van Melkbosfontein ‘n silwer toekenning vir beide Nguni kuddes ontvang. Een
maal per jaar word alle kuddes se inligting deur Stamboek
ontleed en pryse toegeken aan kuddes met die beste teel-waarde. ‘n Paar duisend
vleisbeeskuddes is geregistreer by Stamboek. Statistiek aan-gaande koeiwaarde, groei-
waarde en produksiewaarde word wetenskaplik ontleed vir
die beste genetiese seleksie van teelwaarde, met die doel om
stoetvee kuddes te verbeter.
Elite Toekenning vir Hannes
Hannes Eksteen Foto verskaf
Hulde aan Personeel
Marie de Villiers, Hoof van Huis AJ Liebenberg, bring hulde aan die personeel van Huis AJ Liebenberg wat
vir elke inwoner wat verjaar dit baie spesiaal maak deur vroegoggend hul wakker te maak deur ‘n
geestelike liedjie en "happy birthday". Ook wanneer ‘n inwoner alleen, siek of hartseer voel, word hulle
bemoedig met pragtige sang. Sy salueer hulle. Foto: Marie de Villiers
Movember - Start clean shaven on 1 November. Grow and groom your moustache for 30 days. Raise funds
and awareness for men’s health.
10
Op die rakke van die Biblioteek
Leeskring Afsluiting 18 November om 09:30
By Fat Catz
Bespreking deur Annelie Venter
MEDIESE PRAKTISYNS
Drs Smit & Morrison
Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG
7320
022-913 1172 alle ure / all hours
022 913 1907
Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri
Sat 08:00 - 13:00
MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters
en Ouditeure
DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800
Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële
state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW
opgawes by SAID Opstel van testamente
Die Aanspraak van Lewende Wesens Deur Ingrid Winterbach
Die Aanspraak van Lewende Wesens fokus op twee parallelle reise wat albei begin in Durban en eindig by ‘n stadsplaas in Kaap-stad. Die twee hoofkarakters, Ma-ria en Karel, se paaie kruis nooit fisies nie, alhoewel daar gemeen-skaplike karakters in hul reise is. Maria, ‘n rekenmeester, se seun het ‘n krisis wat sy moet oplos, en sy gebruik die geleentheid om die oorsaak van haar suster Sofie se selfdood nege maande tevore te ondersoek. Karel, ‘n rekenaarprogrameerder en Heavy Metal aanhanger, se broer Ignatius word gedreig met uitsetting deur die hoof van operasies, Josias Brandt, op die stadsplaas. Maria beleef ‘n psigiese leegte wat waarskynlik verband hou met Sofie se dood. In die bestek van die roman reis sy per vliegtuig twee keer in drie maande vanaf Durban na Stellenbosch waar sy haar seun, Benjy, help met sy lewenskrisis, die begraafplaas van haar ouers ‘n paar keer besoek, Sofie se eks besoek en ‘n minnaar ontmoet. Sy besoek ook vir Jakobus Coetzee, ‘n beeldhouer wat varkdrolle optel by die stadsplaas. Karel het ‘n probleem met obsessies soos handewas en getalle wat sy lewe kompliseer. Hy reis teensinnig per motor vanaf Durban na Kaapstad, maar dit vat baie lang-er as wat dit moes, omdat hy telkens deur sy obsessies gepootjie word. Albei karakters groei in die verhaal van selfgesentreerde na meer gebalanseerde mense waarop lewende wesens aanspraak kan maak. Ingrid Winterbach skilder meesterlik met woorde, sy is ook ‘n beeldende kunstenaar. Elke woord van haar is sorgvuldig gekies om die maksimum trefkrag te hê. Met elke herlees word die woorde net mooier. ‘n Boek wat mens laat lag en laat huil en beslis ryker laat. Geen won-der dat hierdie roman die wenner van vyf literêre pryse was nie, waaronder die Groot Romanwedstryd van NB uitgewers en die Hertzog Prys.
Langstraat, Piketberg 084 205 7900
Vars gebakte jaffels en pannekoek
Konfyte en gebottelde produkte Verskeidenheid beskuit
Skakel en Plaas u Bestelling.
U vra, ek voorsien. Ansie Maré
11
Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens
vir kontant in die sak
Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie
Nou ook oop in
Porterville Jakkalskloofstraat
Kom besoek ons of skakel
Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)
en by ons is dit steeds
Beste prys oor en oor bewys!
12
20 Jaar Gelede — November 1995 deur Jannie Lategan
’n Mat is vir voete In Australië trek besoekers hulle skoene uit voordat hulle die gasheer of gasvrou
se huis binnegaan. Daar is selfs skoenrakke by die voor-deur aangebring om die skoene op te plaas. Ons het matte by ons ingange en daar is by die meeste mense die ingebore gewoonte om jou voete aan die mat af te vee voordat jy binnegaan. Soms word daar gevind dat mense die matte ignoreer en net blatant binnestap. Die huisvrou het dan daarna die probleem om weer haar matte of vloere skoon te maak. So half ongesiens kan ‘n besoeker wat nie die mat gebruik nie, nogal baie moeite teweegbring. Metafories gesproke kan ons aan die mat dink as iets wat skoonmaak, maar tog uiteindelik ook weer skoongemaak moet word. Die mat is vir voete en dit is daar waar die vullis en stof gekonsentreer en uiteindelik is dit net die mat wat skoongemaak moet word. Die vraag kan on-willekeurig gevra word, gaan ek met skoon “gemaakte skoene” die huis binne of dra ek ‘n klomp swaarmoedige, onrustige en slegte gewoontes die huis binne. Neem ek my slegte dag by die werk huis toe? Ontstel ek my gesin met my afdag by die werk? Daar is ‘n kringloop wat in samelewings plaasvind, waar slegte dinge en gebeure die huis binnegedra word en dit daar uitkring na die res van die gesin en dan kos dit uiteindelik nie net ‘n “enkele deurmatjie” om skoongemaak te word nie. Spanning bou in huise op en word oorgedra na die res van die gesin. Straks is daar ‘n seun of dogter wat die volgende dag ‘n belangrike toets of eksamen moet aflê. Hierdie skolier/student is dan onrustig oor dit wat hulle aangehoor het en wat met “vuil voete” deur die pa of ma die huis binnegedra is. Onwillekeurig word die hele gesin vasgevang in ‘n swet-terjoel van ongelukkigheid en dit bring mee dat die wyer uitkringende negatiewe effek op hulle studies en uitslae impakteer. ‘n Mat is vir voete en ons kan byvoeg, vir vuil voete! Die versigtigheid waarmee jy met jou “vuil voete” omgaan kan ‘n kernwaarde hê, wat die toekoms van jong lewens ten goede of ten kwade kan beïnvloed...en daar is ‘n legio van moontlikhede, hoe jy van die stof op hierdie “vuil-voete” ontslae kan raak, voordat jy tuiskom. Daar blyk dus ‘n geweegde waarde aan jou denke gekop-pel te word wat komponente van eerlikheid, opregtheid, getrouheid en net die suiwerste bedoelings insluit. Uiter-aard is daar die “stof aan die voete” wat binne jou veilige vesting op ‘n subtiele en positiewe manier aan jou gesins-lede of gade oorgedra kan word. Die klem val dan eerder op diplomasie en straks is dit binne die kompartement van jou binnekamer net vir jou vrou of man se ore bedoel. Die les wat ek uit die mat by die deur kan leer, is nie noodwendig “om jou skoene” buite te los nie, maar met goeie oordeel af te “vee” wat afgevee kan word en dan met ‘n spesiale liefdestegtiek wat daar behoort te heers die “oorblywende stof” op die gepaste wyse te hanteer. As jy jou skoene buite die huis plaas met stof of modder bedek, trek jy die volgende dag maar weer dieselfde skoene aan en gaan vergader verdere stof ….wat helaas later nie meer verwyder kan word nie en dan afsondering en skeiding tot gevolg kan hê. Jy hoef nie soos die Australiër te maak, om jou skoene buite te laat nie...maar ons moet onthou ‘n mat is vir voete!
FRONT PAGE: Dean Jankiel-sohn, whose Piketberg store is regarded as a flagship store in the Western Cape is Mr Spar South Africa. This is an achieve-ment conferred annually recog-nising the work of an exception-al individual. His store was also voted one of the top-ten Spars in South Africa. It has also fea-tured as store of the year in the Western Cape before.
Schalk Burger, ‘n leerling aan die Hoërskool Piketberg en ruiter van Malmesbury Gimkana-Klub, is gekies vir die WP gemengde span en het deelgeneem aan die SA-kampioenskappe. Derick Hougaard is gekies vir die Wes-Boland o/12 krieketspan wat op Wellington gespeel het. Nettie Liebenberg (st.10) het die PPC-wisseltrofee ontvang as Dux-leerling van PHS.
Liebco Vleishandelaars Advertensie Mince R11.98/kg
Hele gevriesde skaap R9.98/kg Skaappak (chops en rib) R12.98/kg
Plaaswors R9.98/kg Hoender Boude en Dye R8.98/kg
MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters
en Ouditeure
DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800
Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële
state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW
opgawes by SAID Opstel van testamente
13
♥ GESKENKE ♥ DEKOR ♥ MEUBELS ♥ STOFFERING ♥ Christo en Linda van Schalkwyk 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)
Hierdie jaar hoef julle nie Kaapse Kersgeskenke of Kaapse Kersversierings te koop nie! Ons het dit alles vir jou.
Tuinbouklub besoek Kirstenbosch
Hierdie tien lede van die Piketberg Blom- en Tuinbou-klub was op 'n baie prettige en leersame uitstappie na die pragtige Kirstenbosch. Agter van links na regs: JC Thesnaar, Marina Grobbelaar, Micky Visser, Katinka Morrison, Jackie Ferguson en Moira van der Westhuizen. Voor is Vanessa Beautement, Carina Kennedy en Rita Esau. Foto verskaf Volgende Vergadering - Woensdag, 5 November in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00, vergadering begin om 09:30. Bestuurslede en lede van die vergadering gaan hulle idees vir kersver-sierings vir die kerstafel deel. Lede bring ook oortollige plante uit hulle tuine en ruil uit met ander lede. Besoekers welkom - R25 donasie betaalbaar by die deur.
Maandag 12 Oktober was alles behalwe 'n "Blou Maandag" vir 'n klompie senior burgers van Piketberg en omgewing. Aangesien Oktober die maand is wan-
neer daar spesiaal aan bejaardes gedink word, het die ACVV die lede van die Rus-'n-bietjie-klub, die Silver-threads, asook inwoners van Goedverwacht en Wit-
tewater met tee en heerlike verversings bederf. Die bejaardes is definitief nog nie te oud om te sing
en toneel te speel nie! Omtrent almal teenwoordig het deelgeneem aan 'n sang- of toneel-item!
Die spesiale gas, Charles Gentle, het met sy kitaar en mooi stem almal se hartsnare geroer.
Die marktafel, sowel as Goedverwacht se louwarm brode, het ook gesorg dat almal iets kon koop om
huis toe te neem.
Foto verskaf
Bejaardes word bederf
14
Wat sê die Woord?
Deur Pastoor Tjaart Olivier
Het jy al ooit gaan sit en dink oor wie God is? Nie oor wie Hy vir ander men-se is nie, maar oor Wie Hy vir jou is. As die hele wêreld rondom jou verdwyn en net jy en God bly oor, hoe sal jul ver-houding lyk? Wat is jou prentjie van God? Dit is so maklik om mooi
“Christen” woorde te gebruik vir wanneer ons ons ver-houding met God beskryf, maar as jy nou eerlik met jouself moet wees: Hoe sien jy vir God? Wat beteken verhouding met God vir jou? Om in ‘n goeie verhouding met iemand te kan wees, is dit belangrik dat jy daardie persoon ken. Ek het grootgeword met ’n verkeerde prentjie van wie God is en dit het ’n groot invloed op my verhouding met Hom gehad. Ek het gedink dat God ’n ou man op ’n wolk êrens is, wat reg is om my met weerlig te slaan sodra ek iets verkeerd doen. Jy kan dink dat so prentjie van God probleme in die ver-houding kan veroorsaak. Hoe meer ek verkeerd gedoen het, hoe meer het ek skuldig gevoel en hoe minder het ek by God uitgekom. Die siklus het homself herhaal en ek het gevoel asof ek net verder en verder van God af wegdryf. Ek het gevoel dat ek nie meer goed genoeg is nie en dat God nie meer in my lewe wil werk nie. Toe hoor ek die goeie nuus! God wil verhouding met my hê – ‘n verhouding wat nie gebaseer is op my werke en my dade nie, maar wat ge-baseer is op Sy werk en Sy liefde vir my. Die fokus skuif. Ek het die prentjie heeltemal verkeerdom gehad. Ek het gedink dat God my aanvaar wanneer ek reg leef en alles reg doen, maar die goeie nuus is dat Hy my reeds aan-
vaar het in Christus nog voordat ek myself reg voor Hom kon maak (Romeine 5:1-2, 6-10; Efesiërs 2:8-9; Romeine 11:6)! Verhouding met God kan met ’n huwelik vergelyk word. Voordat ek en Lize-Marié getrou het, het ek nie haar jaarin en jaaruit dopgehou totdat sy perfek was, voordat ek aan die einde van ons lewens besluit het om haar te aanvaar en met haar te trou nie. Ja, daar was sekere ei-enskappe waarna ons in mekaar gekyk het om ‘n besluit te neem voordat ons getrou het, maar vir die res het ons van die begin af die keuse gemaak om mekaar lief te hê en te aanvaar net soos ons is en ons het getrou. Nou werk ons die lewe en die huwelik saam uit soos ons aan-gaan. Netso is dit dieselfde met ons verhouding met God. Die enigste “eienskap” waarna God kyk vir verhouding met Hom is of jy Sy geskenk (die liefde wat Hy na jou toe uithou) aanvaar of nie. Hy kyk en wag nie om te sien hoe goed jy kan leef en wat jy alles vir Hom kan doen voordat Hy jou aanvaar nie. Die dag toe jy Jesus aangeneem het, het God jou alreeds aanvaar net soos jy is. Al wat nou gebeur, is dat julle die lewe saam aanpak en jy meer van jouself en God leer ken soos julle vorentoe gaan. In hierdie verhouding het God jou eerste liefgehad en daardie liefde het nog nooit verander nie (1 Johannes 4:19). God het jou lief met ‘n ewige liefde (Jeremia 31:3; 1 Johannes 4:8). Is dit goed om goed te doen? Verseker, maar daar is ’n verskil in die motief. Doen jy dit om deur God aanvaar te word of doen jy dit omdat jy reeds deur God aanvaar is? Onthou, God het jou eerste liefgehad. Deur God se ge-nade in Jesus, aanvaar Hy ons net soos ons is en die “werke” wat ons doen, is slegs ons reaksie van dankbaar-heid teenoor Sy liefde vir ons. Dit moet dus vir jou lekker wees om goed vir die Here te doen. Dit moet iets wees wat jou plesier gee – soos wat dit vir jou lekker is om ie-mand vir wie jy lief is te bederf. Verhouding met God is een waarin Hy jou geniet en jy vir Hom. God werk in my en jou lewe, nie gebaseer op hoe goed ons is nie, maar gebaseer op hoe goed Hy is. Ons begin Sy goedheid aanvaar wanneer ons op Hom fokus en nie op onsself nie. Jy is goed genoeg gemaak deur Jesus en God aanvaar jou net soos jy is. Geniet verhouding met Hom. Jy staan onder geen veroordeling in Christus Jesus nie. God is nie ’n ou man op ’n wolk êrens nie - Hy is ’n God van liefde en woon binne-in jou. Daar is niks wat jou van Sy liefde kan skei nie! Vir verdere studie: Johannes 3:16; Johannes 17:3; Ro-meine 2:4; Romeine 8:31-39
Besige Bytjies vra vir enige skenkings of verkope van
tweedehandse opvoedkundige speelgoed of toerusting.
Kontak Mirina Liebenberg 072 399 5447 of
15
1915 tot 2015
E-Pos: [email protected]
VLV toer deur Italië
Tydens die Leefstyl-vergadering is ‘n interessante toer deur Italië geneem. Elcia de Foglio en haar seun Daimon van Aurora het vir die lede gedemonstreer hoe om hulle eie pasta te maak.
Elcia het ‘n kort insig in die land se ryk geskiedenis gegee, vanaf die Romeinse Ryk asook die vervolg-ing van die Chris-tene. Kos speel ‘n groot rol en is daar-om deel van die simboliek by troues en doopgeleent-hede.
Pizzas of plat brode, olyfolie, lekker Italiaanse roomys, baie soorte kase, tamaties, baie speserye en sterk koffie is sinoniem met Italië. ‘n Pasta-rangskikking is vir die versiering van die tafels gemaak. Verder het die lede elkeen ‘n kits-bêre-mengsel, pannekoek-mengsel, ontvang en is resepte met drie bestanddele deur Moira van der Westhuizen uitgedeel.
Daimon en Elcia de Foglio
Pasta-rangskikking
022-913 2646
Raak DSTV nou te duur vir jou?
Neem n DVD kontrak uit
en spaar!!!
25 EENHEDE R400.00 20 EENHEDE R320.00
Nog meer om uit te kies
Die volgende VLV-vergadering is die afsluitingsvergadering ‘n Tuin-/Teepartytjie op 12 November 2015
09h00 vir 09h30. Almal welkom – besoekers R25 (teegeld).
Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665
Alida Walters, middel, sameroeper, het gewys hoe om ‘n maklike “toppie” met net een naat vinnig te maak. Die twee “modelle” Moira van der Westhuizen, links en Marieke Visser, regs, het dit ten toon gestel.
Foto’s: Dinette Lochner
17
piketberg mediese sentrum
Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)
Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)
Dr Bibi Werle (Sonar)
Ilse Bruwer (Spraakterapeut)
Merina de Waal (Dieetkundige)
Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017
Ma - Vry: 08h00 - 17h30
Sat: 08h00 - 13h00
Hanlie Linde en Johan Raats voor met Evert Manuel en Katrien Fret, agter hulle is Sandra Crafford, Kelly van Tenderloo en Raadsheer Ray van Rooy en heel agter Raadslid Danny Smit, Johan Botha en Hans
Welters. Foto verskaf
Gedurende Januarie 2015 het die Raad ‘n Stedeband tussen Bergrivier Munisipaliteit en Gemeente Heist-op-den-Berg, België goedgekeur. Die Munisipale Bestuurder het dit gekommunikeer aan die Munisipale Bestuurder van Heist-op-den-Berg, Hans Welters, per e-pos en het skriftelike terugvoer gekry dat hulle Raad ook die Stedeband goedgekeur het met Bergrivier Munisipali-teit. Intussen het verskeie gesprekke via Skype gevolg en is die verhouding verstewig deur gereelde e-pos kommu-nikasie tussen die kantoor van die Munisipale Bestu-urders. Heist-op-den-Berg Gemeente het sedert 1 April 2015 ‘n pos gevul met ‘n persoon wat die Stedeband sal admini-streer. Haar naam is Katrien Fret en sy is die Noord-Zuid Conselent.
Stedebond met België Kom maak gerus ‘n draai by Sit-’n-Rukkie h/v Tuin– en Langstraat Piketberg.
Heerlike koffie, ontbyt en middagetes. Vars tuisgebak en wegneemetes ook
beskikbaar. Skakel Anneli 083 767 6251
of kom maak ‘n draai!
18
Belastingbeplanning Kleinsakekorporasies skep
groot Belasting-verminderingsgeleenthede
deur FJS Finansiële Dienste
In die twee artikels oor belasting-beplanning wat tot dusver in Die Piketberger verskyn het, is daar gehandel met die wese van belastingbeplanning en die alge-mene beginsels wat dit ten grondslag lê. In hierdie artikel word daar begin om te fokus op spesi-fieke belastingverminderingsge-leenthede vir bepaalde tipe onder-nemers. Klein ondernemers word eerste behandel. Ongeveer 10 jaar gelede is die konsep van Kleinsakekor-porasies (KSK’s) in die Inkomstebelastingwet ingebring, ten einde kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. Enige onderneming wat aan sekere vereistes voldoen, en in die algemeen is dit die meeste boere en besighede op die platteland, kwalifiseer vir bepaalde belastingvoordele. Dit lê op die terreine van belasting-skale, slytasietoelaes en kapitaalwinsbelasting en word kortliks hieronder bespreek.
Belastingskale Kleinsakekorporasies word teen die heel laagste belastingskale van alle ondernemingsvorme belas. Vir die huidige belastingjaar kan dit soos volg geïllustreer word: Op ‘n netto inkomste van R500 000 sal ‘n KSK tans ±R49 000 (10%) betaal, ‘n individu (onder 65) R118 000 (24%), ‘n gewone maatskappy R140 000 (28%) en ‘n trust R205 000 (41%). Met vindingryke belastingbeplan- ning kan ‘n KSK se belastinglas nog verder afgebring word. Die benutting van KSK’s in familiebesighede kan eksponensiële belastingverminderings meebring.
Slytasietoelae
KSK’s geniet baie goeie slytasietoelaes. Algemene toerusting kan binne drie jaar op die 50:30:20-basis af- geskryf word en vervaardigingstoerusting binne een jaar.
Kapitaalwinsbelasting
Wanneer die bates van ‘n KSK verkoop word en daar word aan sekere vereistes voldoen, geld ‘n eenmalige korting van R1 800 000 op die verkoopprys. Daar is ‘n groot onderbenutting van die belastingvoordele van KSK’s deur klein ondernemers. Volgens ‘n verslag van die Tesourie is daar maar ongeveer 80 000 - 100 000 KSK’s in Suid-Afrika en die meeste daarvan is profes-sionele praktyke. Daar is waarskynlik ‘n paar miljoen maatskappye en BK’s by die Maatskappykommissaris geregistreer. Die kanse is goed dat daar baie onder-nemings in Piketberg is wat wel as KSK’s kwalifiseer, maar wat dit nie benut nie en gevolglik te veel belasting betaal. Om ‘n maatskappy te stig en dit vir BTW en ander stat-utêre doeleindes te registreer, kan ongeveer R12 000 kos. Die omvang van die belastingbesparing sal afhang van die winste, maar vir ‘n beskeie wins van ongeveer R180 000 sal die besparing vir ‘n eenmansaak alreeds genoeg wees om hierdie koste in die eerste jaar te be-taal. Persone wat meer inligting oor KSK’s of oor die belastingbe-planningsdienste van FJS FINANSIËLE DIENSTE verlang, kan ons skakel by 022-913 2391 / 082 493 3785 of ons webtuiste besoek by www.waardeskepper.co.za
Frikkie Strauss
Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers
Dankbare Familie
Canton en Dayle Julius is bevoor-reg om nog twee oumas en twee
ouma-grootjies te hê. Van agter is oumas Margie Julius en Sally
Mostert en oumagrootjies
Rina Basson en Maria Mostert.
Op die ander foto is hulle ouers, Da-
vid en Candice.
Foto’s verskaf
Vrouediens Afsluiting Donderdag 5 November om 19:00
NG Kerksaal Geniet ‘n heerlike aand saam met jou wyk.
Potpourri van Hoop
19
Beesbiltong R190,00 per kg Koedoe droëwors R170,00 per kg
Skakel Nellis 083 441 4032
Te Koop
Betrekking Aangebied
Betroubare persoon gesoek wat nie rook of drink nie om in ons karwasafdeling te
werk. Maandae tot Vrydae
Kontak Adri of Sarina Visser 022 913 1130
gedurende kantoorure (07:30 - 17:30)
Betroubare huishulp beskikbaar op Maandae.
Kontak Sonia Lambrechts 083 653 0425 vir verwysing.
Betrekking Aangebied
Voldag huishulp benodig in Piketberg.
Geen rook en drink. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.
Betrekking Aangebied
Benodig Tuingrond. Perseel is in Piketberg.
Skakel 082 780 8698
Gesoek
Slaapkamer vir jongman te huur in Bellville vir November en Desember R2 400 per maand.
Krag en internet ingesluit. Skakel 022 912 4983 of 082 456 3523
Te Huur
30 liter Compact Oven te koop. Oond met twee plate bo.
R500 Skakel 079 496 2719
Te Koop
AANDAG BOERE: Hoendermis te koop, afgelewer.
Skakel 022 912 4983
Te Koop
‘n Vakante pos bestaan by ‘n goed gevestigde rekenmeesterspraktyk te Piketberg. Die pos behels die volgende vereistes en pligte. Vereistes:
Betroubare persoon
‘n Graad 12 sertifikaat
Rekenaarvaardig
Pastelondervinding
Moet onafhanklik, presies en georganiseerd kan werk
Ondervinding by ‘n rekenmeesters– of ouditeursfirma Pligte:
Boekhouding
Finansiële state
BTW- en belastingopgawes
Ander verwante werk ‘n Markverwante vergoedingspakket word u aangebied.
Rig aansoeke aan Praktika Faks: 022-9132959 Epos: [email protected]
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem nie, was
u aansoek ongelukkig onsuksesvol. Sluitingsdatum: 18 November 2015
Job Details We are currently seeking PSIRA Registered security guards for an industrial site within the Piketberg area. Suitable PSIRA Grade B, C & D. You must be willing to work 12 hour shifts on a three shift roster. Previous experience in a similar role is essen-tial. Excellent working conditions and PSIRA Area 1 hourly rates on offer! We are looking for individuals who have a strong work ethic and meet all the above requirements. If this sounds like you, then please send your CV, copy of PSIRA doc’s and ID to [email protected] or FAX: 086 725 3625. Please quote PPCPIKETBERG. You can also contact 060 461 5422 J de Goede or the office on 021 801 5092 You will be contacted for interviews. Please ensure that all your documents are available.
20
PHS se Laerskool Hoofleiers vir 2016
Marius Scholtz met Pieter Brand wat die Skoolhoof-
prys ontvang het.
Dux-leerder Hagan Ludick Nico Blanckenberg, onderhoofseun, Pieter Bruwer,
hoofseun, Nicole Steyn, hoofdogter en Carma Rossouw, onderhoofdogter.
Hoërskool Piketberg se Laerskool VRL vir 2016 is, agter van links Janco Joubert, PG Bruwer, Henk
Schipper, Jomé Schreuder, Nikitha Booys en Carli Bassett. Voor Nico Blanckenberg, onderhoofseun,
Pieter Bruwer, hoofseun, Nicole Steyn, hoofdogter en Carma Rossouw, onderhoofdogter.
PHS - Laerskool Prysuitdeling
Angus Duncan wen die Anton van Rooyen
Trofee vir Akademie.
Graad wenners, Annette Bruwer, gr 4, Jana Truter,
gr 5 en Pieter Bruwer, gr 6.
Pietman Burger, Hagan Ludick en Angus Duncan ontvang medaljes vir vakprestasies.
Elné Burger, regs, wen
die Hugo Holloway Trofee vir die beste prestasie vir Unisa
musiek in die Laerskool.
Foto’s: Sanet Ackermann
Om Groot dinge te bereik moet ons
nie net Doen nie, maar ook Droom,
nie net beplan nie, maar ook Glo.
21
Naomi van Heerden, Amber Tobias, Liana Prins, onderhoofdogter, Melanie Visser,
hoofdogter en Ilse Roberts.
Werner Taljaard, Van Wyk Saayman, Louwrens Laing, hoofseun, Joshando Klaaste en Jacobus
Visser.
Hoërskool Piketberg se VRL 2016 Kasteel Leiers 2016
Huis Leliehof se Leiers 2016
Hoërskool Piketberg se VRL vir 2016 is, agter van links Charl Hanekom, Henri van der Westhuizen, Harry Roux, Jac Goosen,
Janke van Schalkwyk en Lize-Mari Engelbrecht. Middel ry, Dewald van Deventer, Seth Luyt, Chris Rheeder, Bosmann
Rossouw, Zana Vorster, Celest du Toit, Glenda Dietrich, Elske Pieters en Hugh Benson. Voor, Willen Wiggins, Pieter
Rossouw, Aerin Kotzee, onderhoofdogter, Ané Nelson, hoof-dogter, Louwrens Laing, hoofseun, Matthew Luyt, onderhoof-
seun, Kayla Brand en Anné Rheeder.
Wickus Bronkhorst, Dux-leerder en wenner
van die Akademie Trofee
Elzaan Trautman, beste RTT Prakties
Matthew Luyt wen die Lizaan
van Niekerk Wiskunde Trofee
vir beste Vordering.
Lizé-Mari Carstens, beste prestasie
Verbruikerstudie Prakties
Maria Visser wen die Alison Müller Musiek Trofee asook prys vir die Tweetaligheid en
beste kreatiewe skryf-werk.
Nicola Coetzee en Janke van Schalkwyk deel die
Ambassadeursprys.
Jessica Jelliman wen die Piket-berg Leeskring biblioteekprys
Aerin Kotzee, beste senior
redenaar
Regs, Marius
Scholtz oorhandig die Skoolhoofprys
aan Driaan van Wyk
Links, Johan du Toit,
Entrepreneurs-prys
Foto’s: Sanet Ackermann
Hoërskool Piketberg Prysuitdeling
23
Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere
Professioneel 50jr Ondervinding
Alle Areas
Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276
Marike Koch van Hoërskool Piketberg neem deel aan Mnr en Mej SA skole. Dit is die eerste keer wat so ’n Mnr en Mej SA Skole plaasvind, daarom is dit nog nuut vir die publiek. Elke skool het ‘n Mnr en ‘n Mej gekies tydens hul eie gala aand. Marike is tans Mej PHS. Japie Jonkers van Schools-beautywithapurpose het ‘n bietjie gaan navorsing doen en finaliste gekies uit verskeie skole. Dit is basies ‘n kompetisie waar die Mnr en Mej
van elke skool hom-/haarself en die skool verteen-woordig. Dis eintlik presies dieselfde as Mej Suid-Afrika, net Mej Skole. Marike en haar mede-deelnemer, E’lmarco Visagie, is gekies om te gaan deelneem teen skole van die Paarl, Kaapstad, Worcester, skole in Gaut-eng, Oudtshoorn, Bredas-dorp en nog ander. Marike en E’lmarco is die enigste deelnemers wat van ‘n plattelandse dorpie af kom so klein soos Piketberg. Dit is werklik ’n prestasie dat hulle raakgesien is tussen die groot skole. Daar is ‘n SMS-lyn oopge-maak waar die publiek kan stem vir hul gunsteling finalis. Dit behels die vol-gende: SMS MHS27 [Marike se kode] of MHS7 [E’lmarco se kode] na 42936. Dit kos R2 per SMS en jy kan stem soveel keer soos jy wil (gratis SMS’e tel nie). Hierdie stemme gee die publiek kans om ‘n Samsung S6 te wen, en dit is ook ’n manier om die publiek in te lig oor die kompetisie. Marike was al twee keer ‘n weeklikse gunste-ling, wat beteken dat mense taamlik baie stem. Marike sê: “Dis vir my wonderlik omrede my dorpie nie baie groot is nie en ek’t werklik ondersteuning van ander dorpe nodig. As ek die meeste stemme ontvang het teen die tyd van die gala aand, dan wen ek die publieke keuse prys, nie die titel nie. Daardie aand moet ek self veg vir die Mej SA skole titel.” Die kompetisie vind plaas op 11 Desember in Grabouw. Die finaliste kom ‘n week voor die 11de bymekaar om lekker span te bou en betrokke te raak by die gemeen-skap en vir voorbereiding vir die kompetisie. Kaartjies vir die gala aand is te koop by Computicket teen R200 VIP [wyn en verversings vooraf] en R100 nie VIP. As jy jou kaartjienommer instuur na 42936, staan jy ‘n kans om ‘n Chevrolet Spark Lite te wen.
Stem nou: MHS27 – Marike Koch en MHS7 – E’lmarco Visagie
soveel kere soos jy wil.
Mnr en Mej SA Skole Stem vir Marike en E’lmarco
Maskerbal in New York
Keinneth
Jonas en metgesel, Wisahl Murphy
het onlangs Hoër-skool Piketberg se
Matriekafskeid bygewoon.
Foto:
Charles Gentle
“Dans-dans deur ons land”
is die tema van Trippe Trappe se
afsluitings-konsert op Woensdag
18 November om 7nm in die
NG Kerksaal
Daniel Goosen, Driaan van Wyk, Adam Barnard, Jan-Daniël Roux, Jandré de Witt en voor Nina Cillié,
Elzaan Lambrechts, Mandy Joubert en Esther Smit sit reeds vir die afgelope 13 jaar saam op die
skoolbanke. Foto: Marietha Goosen
Van Gr R tot Matriek
24
Siphenkosi
Protection Services
Your security Our priority
Now in Piketberg (behind Rangers)
Psira 2409406
Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control.
Contact for free
Email: [email protected]
Phone: 022 913 1128 Cell: 062 286 9583
Your security Our priority
Hoërskool Piketberg Sportprysuitdeling
Piketberg Hoërskool het hul Sportprysuitdeling gehou op 13 Oktober 2015. Pamela Booys is die
Junior Sportvrou van die Jaar en Lyle Booyse die Junior Sportman van die Jaar.
Pamela het Wes-Boland behaal vir Netbal en Atletiek. Sy is ook die Laerskool se Victrix Ludorum wenner. Lyle het die volgende sertifikate ontvang: Erekleure Blou - Rugby 2014; Erekleure Silwer - Rugby 2015, Wes-Boland Rugby 2015; Wes-Boland Krieket 2015 en Laerskool Sportman 2015. Hy ontvang ook drie
medaljes naamlik: Beste Bouler- krieket; Beste agter-speler - rugby en Sportman 2015 asook Wissel-
trofee. Hier staan hy by Juan de Jongh, Kaptein van die WP-rugbyspan, wat die gasspreker van die aand
was. Foto’s: Sanet Ackermann
Wickus Bronkhorst ontvang sy Spring-
bokkleure vir Skopboks.
Junior en Senior Victor en Victrix Ludorum wenners, Pamela Booys en Janke van Schalkwyk, junior en
senior Victrix Ludorum wenners onderskeidelik, Juan de Jongh, Henk Schipper en Benna van der
Westhuizen, junior en senior Victor Ludorum wenners onderskeidelik.
Tennis pryswenners, Suzanne en Carli Bassett, Henri van der Westhuizen en Bendert Smit met Juan de
Jongh, middel.
Beste netbalspelers, Suzanne Basset, Janke van Schalkwyk, Jomé Schreuder, Hanri van Zyl en voor,
Pamela Booys.
Beste krieketspelers, E’lmarco Visagie, Armand Erasmus en voor, JC van
der Westhuizen.
25
ALISON SE SWEMSKOOL
Kursus @ R300 vir 8 lesse
1. 7-18 Desember 2015
en 2. 5-15 Januarie 2016
Bespreek dadelik – beperkte plek!
Kansellasie binne 3 dae: volle fooi
betaalbaar.
Kontak A Müller 073 229 2855 of saans: 022 913 1746
Ideale geleentheid om voor te berei
om swem as ‘n sport by PHS te neem.
PHS Gholfdag Wenners
Wenners van die dames afdeling, Talitha Blom en Enanda Haasbroek saam met Marius Scholtz.
Foto’s: Sanet Ackermann
Wenners van die mansafdeling, Eddie Mostert en Neels Nelson, saam met Marius Scholtz.
Wenners van die dogters afdeling, Thana Stephan en Anke Schreuder saam met Marius Scholtz.
Marius Scholtz oorhandig die trofee aan die wenners van die seunsafdeling, Harry Roux en Adam Barnard.
Vredendal Tafeltennis Klub en Van Rhynsdorp Tafeltennis Klub is besig om te help om tafeltennis klubs in dorpe in die Weskus te help stig. Oud-spelers, huidige spelers en belangstellendes (meisies en
seuns) van enige ouderdom word hiermee versoek om die volgende persone te kontak
of whatsapp:
Francisco - 074 569 1045 Denvan - 084 906 5387
26
Yskas, Vrieskas &
Lugverkoeling (voertuig en residensieël)
Herstel,
Installasie en Hergas
Kontak
Henk Pieters 071 583 6164
Piketberg Rolbalkub hou Besigheids Pretdag
Wenners van die dag, Ray van Rooy en sy span. Solly Kayster, Sonia Richter, Ray en Gertram Brink.
Een van die Munisipaliteit se spanne, Martin Crous, André Perreira, Jasper Jonker en Kobus van Niekerk.
Foto’s: Janie Landon
RSA Agri Makelaars se span, Nellis Louw, Jaco Barnard, David Landon en Willie Burger.
Die Winkelshoekspan, Annelize Coetzee, Suzette Fouche, Susan Brand en Pierre Joubert.
29 November om 19:30 NG Kerk Piketberg
Kerssangdiens in die vorm
van ‘n Kersspel
28
Besige Bytjies Leer speel-speel en ontwikkel in
totaliteit
Ontwikkelingsareas
Taalvaardigheid
Lewensvaardigheid
Syfervaardigheid
Sel: 072 399 5447
Besige Bytjies Eikelaan 11
Piketberg
7320
Ons bied ‘n volledige program om die kind in
totaliteit te ontwikkel. Die skool bied halfdag of
voldag vir 0-5jariges.
Die dagprogram bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite.
Onderwysers met baie liefde en energie vir kinders.
Skooltye: 07:20—17:30
Besige Bytjies
Ruiterkuns vir Ma en Seun
Sanet en Aleit Stander neem deel aan die Saalperdbyeenkomste te Moorreesburg, Tulbagh en Robertson en behaal goeie plekke. Gallio
is aangewys as die 2 jaar oud siertuig kampioen. Aleit is ook lid van die
WP-ruiterkuns span. By PHS se Sportprysuitdeling
het Aleit toekennings ontvang vir die beste seun
baan en die beste o/7 rugbyspeler asook vir
ruiterkuns WP-span.
Foto’s verskaf
Bendert Tennisster
Gedurende 8–11 Oktober het Bendert Smit, links, aan die Tennis Suid-Afrika
One Ranking o/18 toernooi deel-geneem. In die Platinum Afdeling
(die sterkste Afdeling) het hy 4de uit 16 deelnemers geïndig in die
Enkelspel. In die Dubbelspel het hy en Codie van Schalkwyk, regs op die foto
van Namibië, in die finaal verloor en dus 2de geïndig in die toernooi.
Foto: Sandra Smit
29
KUNS AS VAK BY
DIE COETZEE ATELJEE
2016 Leerders Gr.7 tot 12 kan Visuele Kuns as vak
neem. Gr.10 tot Gr.12 kan Ontwerp as vak neem. (Punte word aan skool (PHS) deurgegee.)
Kostes: Gr.7 tot 9 R990 per kwartaal (R330/mnd)
Gr.10 tot 12 R1650 per kwartaal (R550/mnd) Uiters professionele onderrig met ‘n 99% van Gr.12 leerders wat ‘n A-gemiddeld in matriek ontvang vir
Kuns en/of Ontwerp
Klasse ook vir kinders 2-3jaar R1155 per kwartaal Kinders 5-7jaar (2h/week ) R1155 per kwartaal Kinders 7-18jaar (3h/week) R1230 per kwartaal Volwasse klasse: Woensdagaande 17:00 tot 19:00 R815/kwartaal.
Skakel gerus vir meer inligting
Karin Coetzee 084 710 1848
PHS hou Bok Vrydag
30
Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320
Tel. 022 913 1600 022 913 2075
Moenie dat die Lente
bloeisels jou onderkry
nie. Kom kry verligting vir jou allergie.
Pieter op sy 85cc
Pieter Rossouw het op 25 September 'n uitstekende
2de plek behaal in sy klas 85cc motorfiets in die Wes-Kaap
Junior Offroad Club se BC400 Offroad Nasionale byeenkoms
te Worcester. Foto’s verskaf
Gimnaste is SA Kampioene
REACH Ritmiese gimnaste (Piketberg) het gedurende die Oktober skolevakansie aan die SA Kampioen-
skappe deelgeneem in Johannesburg waar hulle die Wes-Kaap Provinsie verteenwoordig het. Hul uitslae is as volg in algehele plek: Agter Jané Eksteen 8ste (L7o/15) en Christine van der Merwe 4de (L7 o/15); Middel Mílah Baard 1ste Goud (L7 o/15 (Tou Goud,
Lint Goud, VD Brons en Bal Brons), Jade Wilson 4de (L6 o/11 (Hoepel Goud, VD Silwer en Knuppels
Brons), Shanda Whitfield 8ste (L7 O/15) en Nicole Steyn 7de (L7 o/13 (Bal Silwer). Voor Elné Burger
15de, Renate Coetzee 19de, Pamela Booys 8ste en Su-Mari Hanekom 23ste (L5 o/11).
Beide groepe het ook deelgeneem. Voor is die Junior groep: SA Kampioene vir 2015. Drie van die
gimnaste, Elné Burger, Pamela Booys en Su-Mari Hanekom is nou alreeds sedert 2012 deel van die
junior groep en dit is hul 3de jaar agtereenvolgend as SA Kampioene. Middel en Agter is die Senior
groep: SA Kampioene vir 2015. Mílah Baard, Shanda Whitfield, Nicole Steyn, Elné Burger, Renate Coetzee, Pamela Booys en Su-Mari
Hanekom is leerders van Hoërskool Piketberg en het sertifikate vir bywoning van Nasionale Kampioen-
skappe ontvang tydens die skool se Sport-prysuitdeling. Mílah Baard het erekleure, goud,
ontvang. Mílah neem ritmiese gimnastiek by REACH Ritmiese Gimnastiek Klub sedert 2012. Sy het aan
SA's begin deelneem in 2013 en is
vanjaar 3 jaar agtereenvol-gend in haar level en oud-erdomsgroep as SA Kampi-
oen aangewys.
Mílah Baard in aksie en met al haar medaljes.
Foto’s:
Chrisna Baard
31
Groenvlei hou Pretloop
Verlorenvlei hou Liggies fees
Groevlei het op 1 Oktober ‘n pretloop gehou
om fondse in te samel vir Groenvlei Primêr. Boland Superspar het hotdogs vir al die kinders
geskenk vir die dag.
Verlorenvlei het weer vanaf 5 - 10 Oktober hulle jaarlikse Liggies Fees
gehou om vir die kinders van die gemeenskap nuwe vaardighede te leer en om hulle te motiveer en te inspireer. Boland Superspar het
hulle ondersteun deur vir hulle hotdogs te skenk. Die donasie is oor-handig deur Monique Coetzee.
Badisa hou Praatjie oor
Diere
Boland Superspar het Badisa se praatjie oor hoe om diere te versorg en nie seer te maak
nie, ondersteun op 7 Oktober deur vir hulle Pro Balance katpille te skenk wat die kinders
kon huis toe neem vir hulle diere.
Pronkies Plaas het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n Dirtrider Charity
Funduro gehou wat nou ‘n jaarlikse instelling sal word om fondse vir verskeie liefdadigheidsorganisasies in te samel. Dié jaar is dit onder
andere gehou om fondse in te samel vir ‘n dogtertjie wat ‘n gehoor apparaat nodig het. Boland Superspar het bygedra deur Bar Ones te
skenk vir die deelnemers. Dit is deur Santie van der Berg oorhandig
aan AJ Harvey.
Pronkies plaas hou Dirtrider charity
Funduro
32
Boland Superspar wil baie geluk sê aan Jacques en Constance wat ons I’m a Fan Bokke ondersteuners wenners is.
I’m a Fan kompetisie wenners
Boland Superspar is trots om aan te kondig dat al vier
ons departemente naamlik vrugte, bakkery, deli en slaghuis almal finaliste is vir “Beste departemente van
die Weskaap Superspar” kompetisie. Baie geluk aan elke span. Ons is ongelooflik trots op julle harde werk.
Beste Departement Finaliste by Wes-Kaap SUPERSPAR
Boland Superspar wil baie geluk sê aan Laurencia van Neel wat in die I’m a Fan kompetisie ‘n geskenk-bewys gewen het. Baie dankie ook aan elke kliënt wat deelgeneem het.