+ All Categories
Home > Documents > KELLERM AN TEEN HOGG: 'Reg moet sy · enaar, Anthony Constantinou, daar van aangekla dat hy 'n...

KELLERM AN TEEN HOGG: 'Reg moet sy · enaar, Anthony Constantinou, daar van aangekla dat hy 'n...

Date post: 03-Jun-2020
Category:
Upload: others
View: 1 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
1
The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 4 Terms and Conditions) without prior permission of the original publisher. Publication VOLKSBLAD SAKE24 Page 9 Date Mon 05 Feb 2018 AVE (ZAR) 10013.59 KELLERMAN TEEN HOGG: 'Reg moet sy gang gaan' Hanlie Stadler Die reg moet sy gang gaan, het Alec Hogg, redakteur van Biz- News, dié week gesé oor die las- tereis wat Cobus Kellermann teen hom en die webpublikasie ingestel het. "Hul dreigement is in die han- de van ons regspan - nes soort- gelyke ongegronde dreigemente deur die Guptas." Hogg verwerp Kellermann se insinuasie dat hy dit moeilik maak om 'n dagvaarding aan hom te beteken. Hy sé dis alge- mene kennis dat hy sedert Mei 2016 in Londen woon, waarvan- daan hy BizNews tot 'n interna- sionale publikasie wil uitbou. Hogg was ook die stigter van Moneyweb in Suid-Afrika voor- dat hy BizNews begin het. "My prokureur het Johan Theron van Werksmans, wat na- mens Kellermann en (sy voor- malige vennoot Dave) Cosgrove optree, bloot ingelig dat hulle (Kellermann en sy prokureur) die vereiste wetlike prosedure moet volg." Dagvaardings moet in die reël persoonlik aan iemand beteken word, maar Theron het verlede week gesê omdat Hogg in Brit- tanje woon, oorweeg hulle dit om die hof te nader vir toestem- ming om die dagvaarding op 'n alternatiewe manier aan hom te beteken. Die lastereis handel oor 'n 2015-artikel op BizNews oor batebestuursfirmas soos Belve- dere, RDL en ander waarvan Kellermann en Cosgrove direk- teure was, sowel as 'n verdagte eiendomstransaksie. Dit het ge- volg op artikels deur die Ameri- kaanse ondersoekende joernalis David Marchant op sy webwerf OffshoreAlert, wat die slag- spreuk "die nie-amptelike finan- siële reguleerder" dra. Die artikels noem Kellermann en Cosgrove die "meesterbrei- ne" van 'n Ponzi-skema, "skelms" en "deur en deur on- eerlike mense", volgens die dag- vaarding. Ke]lermann het verlede week gesê hy wil net sy naam skoon hê. "Al waarvoor ek nog altyd gevra het, is dat die waarheid gepubliseer word . . .Ek is meer as bereid om op TV, in die koe- rante, die hof of op enige open- bare forum te verskyn, mits dit op 'n gelyke speelveld is." Hogg sê hy het voor publika- Cobus Kellermann sie vir Kellermann die geleent- heid gegee om op die bewerings te reageer. "Hy het gekies om dit nie te doen nie." Hogg sé hy het "deurentyd sonder enige kwaadwilligheid en in die openbare belang opge- tree". Waarheid en openbare belang is die twee verwere teen laster. In antwoord op die vraag of hy van enige saak teen hom per- soonlik weet, hou Kellermann vol: "Daar was nog nooit, ooit enige strafsake of siviele hofsa- ke van beleggers nie... Nie eens 'n enkele klagte waarvan ek be- wus is nie." Marchant sé dis heeltemal on- waar dat beleggers geen geld verloor het nie. Die makelaarsfirma deVere se uitvoerende hoof, Nigel Green, het vantevore aan Business Day gesé hul kliénte het $30 miljoen in 125 verskillende fondse ver- loor wat met Kellermann en Cosgrove se firmas verband hou. Hogg self sé deVere het op sigself 'n "wisselvallige reputa- sie". Die fondse is bevries nadat sy lisensies in Mauritius en Guern- sey opgeskort is weens onreël- matighede. Dit sluit in dat hulle nie nagegaan het wat die bronne van beleggers se geld is wat by die firmas belê is nie en dat hul opgawes onvoldoende was. Geen bedrogklagte is in Mauritius aanhangig gemaak nie. Een firma in Guernsey word gelikwideer en drie is onder ad- ministrasie geplaas, het Cos- grove aan Moneyweb gesê. Sover vasgestel kon word, is die likwidasieproses byna vol- tooi, waarna bepaal kan word hoeveel geld beleggers werklik verloor het. Benewens die likwidasiepro- ses het die finansiëledienste- kommissie van Guernsey verle- de jaar aangekondig hy gaan geen verdere ondersoek instel nie. Die maatskappye se lisen- sies is egter nie heruitgereik nie. Eweneens is die lisensies van die direkteure van verskeie fir- mas in die Belvedere-netwerk in Mauritius opgeskort. Een direkteur, Rajindersingh Borthosow, het daarin geslaag om sy opskorting op appél om te keer en na verneem word, het nog drie geappelleer. Ke]ler- mann is nie een van hulle nie. In die Kaaimanseïlande word twee firmas en hul fondse, Kija- ni en Brighton, gelikwideer. Dis onseker hoeveel geld beleggers verloor het omdat daar vrae was oor die werklike bates in die fondse, maar Marchant reken dis minstens $83 miljoen. In Brittanje word 'n valuta- verhandelingsfirma, CWM, se ei- enaar, Anthony Constantinou, daarvan aangekla dat hy 'n enorme Ponzi-skema of twee be- dryf het. Constantinou is in die tronk weens seksuele aanran- ding en die bedrogsaak teen hom is uitgestel tot nadat hy sy vonnis uitgedien het, het Fi- nanceFeeds berig. Dié firma het volgens nog 'n ondersoekende nuuswebwerf, NakedCapitalism, bande met Cosgrove, wat glo vyf CWM- fondse in Guernsey geregistreer het. Kellermann word nie genoem in enige berigte oor CWM nie en hy ontken enige kennis daar- van. Hy ontken ook enige be- trokkenheid by Kijani en Brigh- ton. Cosgrove het vantevore aan Moneyweb gesé Brighton is vroeér aan Stratton Asset Man- agement verkoop en die Belve- dere-bestuur was net die subad- ministrateur daarvan. Hy het ook ontken dat hy of Keller- mann aandeelhouers in CWM was. Suid-Afrika se Raad op Finan- sigle Dienste het verlede jaar 'n ondersoek geen negatiewe be- vinding gedoen teen enige finan- siëlediensteverskaffer waarby Kel]llermann betrokke was nie. Die Amerikaanse Certified Fi- nancial Analyst Institute het verlede jaar sy ondersoek na ondernemings in Mauritius, Guernsey en Suid-Afrika waar- by Ke]lermann betrek word, vol- tooi en geen dissiplinêre stappe ingestel nie.
Transcript
Page 1: KELLERM AN TEEN HOGG: 'Reg moet sy · enaar, Anthony Constantinou, daar van aangekla dat hy 'n enorme P onzi-sk ema of twee be-dr y f het. Constantinou is in die tronk weens seksuele

The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 4 Terms andConditions) without prior permission of the original publisher.

Publication

VOLKSBLAD SAKE24

Page

9

Date

Mon 05 Feb 2018

AVE (ZAR)

10013.59

KELLERMANTEEN HOGG:

'Reg moet sygang gaan'Hanlie Stadler

Die reg moet sy gang gaan, hetAlec Hogg, redakteur van Biz-News, dié week gesé oor die las-tereis wat Cobus Kellermannteen hom en die webpublikasieingestel het.

"Hul dreigement is in die han-de van ons regspan - nes soort-gelyke ongegronde dreigementedeur die Guptas."

Hogg verwerp Kellermann seinsinuasie dat hy dit moeilikmaak om 'n dagvaarding aanhom te beteken. Hy sé dis alge-mene kennis dat hy sedert Mei2016 in Londen woon, waarvan-daan hy BizNews tot 'n interna-sionale publikasie wil uitbou.Hogg was ook die stigter vanMoneyweb in Suid-Afrika voor-dat hy BizNews begin het.

"My prokureur het JohanTheron van Werksmans, wat na-mens Kellermann en (sy voor-malige vennoot Dave) Cosgroveoptree, bloot ingelig dat hulle(Kellermann en sy prokureur)die vereiste wetlike proseduremoet volg."

Dagvaardings moet in die reëlpersoonlik aan iemand betekenword, maar Theron het verledeweek gesê omdat Hogg in Brit-tanje woon, oorweeg hulle ditom die hof te nader vir toestem-ming om die dagvaarding op 'nalternatiewe manier aan hom tebeteken.

Die lastereis handel oor 'n2015-artikel op BizNews oorbatebestuursfirmas soos Belve-dere, RDL en ander waarvanKellermann en Cosgrove direk-teure was, sowel as 'n verdagteeiendomstransaksie. Dit het ge-volg op artikels deur die Ameri-kaanse ondersoekende joernalisDavid Marchant op sy webwerfOffshoreAlert, wat die slag-spreuk "die nie-amptelike finan-siële reguleerder" dra.

Die artikels noem Kellermannen Cosgrove die "meesterbrei-ne" van 'n Ponzi-skema,"skelms" en "deur en deur on-eerlike mense", volgens die dag-vaarding.

Ke]lermann het verlede weekgesê hy wil net sy naam skoonhê. "Al waarvoor ek nog altydgevra het, is dat die waarheidgepubliseer word . . .Ek is meeras bereid om op TV, in die koe-rante, die hof of op enige open-bare forum te verskyn, mits ditop 'n gelyke speelveld is."

Hogg sê hy het voor publika-

Cobus Kellermann

sie vir Kellermann die geleent-heid gegee om op die beweringste reageer. "Hy het gekies omdit nie te doen nie."

Hogg sé hy het "deurentydsonder enige kwaadwilligheiden in die openbare belang opge-tree".

Waarheid en openbare belangis die twee verwere teen laster.

In antwoord op die vraag ofhy van enige saak teen hom per-soonlik weet, hou Kellermannvol: "Daar was nog nooit, ooitenige strafsake of siviele hofsa-ke van beleggers nie... Nie eens'n enkele klagte waarvan ek be-wus is nie."

Marchant sé dis heeltemal on-waar dat beleggers geen geldverloor het nie.

Die makelaarsfirma deVere seuitvoerende hoof, Nigel Green,het vantevore aan Business Daygesé hul kliénte het $30 miljoenin 125 verskillende fondse ver-loor wat met Kellermann enCosgrove se firmas verbandhou. Hogg self sé deVere het opsigself 'n "wisselvallige reputa-sie".

Die fondse is bevries nadat sylisensies in Mauritius en Guern-sey opgeskort is weens onreël-matighede. Dit sluit in dat hullenie nagegaan het wat die bronnevan beleggers se geld is wat bydie firmas belê is nie en dat hulopgawes onvoldoende was. Geenbedrogklagte is in Mauritiusaanhangig gemaak nie.

Een firma in Guernsey wordgelikwideer en drie is onder ad-ministrasie geplaas, het Cos-grove aan Moneyweb gesê.

Sover vasgestel kon word, isdie likwidasieproses byna vol-tooi, waarna bepaal kan wordhoeveel geld beleggers werklikverloor het.

Benewens die likwidasiepro-ses het die finansiëledienste-

kommissie van Guernsey verle-de jaar aangekondig hy gaangeen verdere ondersoek instelnie. Die maatskappye se lisen-sies is egter nie heruitgereiknie.

Eweneens is die lisensies vandie direkteure van verskeie fir-mas in die Belvedere-netwerk inMauritius opgeskort.

Een direkteur, RajindersinghBorthosow, het daarin geslaagom sy opskorting op appél om tekeer en na verneem word, hetnog drie geappelleer. Ke]ler-mann is nie een van hulle nie.

In die Kaaimanseïlande wordtwee firmas en hul fondse, Kija-ni en Brighton, gelikwideer. Disonseker hoeveel geld beleggersverloor het omdat daar vrae wasoor die werklike bates in diefondse, maar Marchant rekendis minstens $83 miljoen.

In Brittanje word 'n valuta-verhandelingsfirma, CWM, se ei-enaar, Anthony Constantinou,daarvan aangekla dat hy 'nenorme Ponzi-skema of twee be-dryf het. Constantinou is in dietronk weens seksuele aanran-ding en die bedrogsaak teenhom is uitgestel tot nadat hysy vonnis uitgedien het, het Fi-nanceFeeds berig.

Dié firma het volgens nog 'nondersoekende nuuswebwerf,NakedCapitalism, bande metCosgrove, wat glo vyf CWM-fondse in Guernsey geregistreerhet.

Kellermann word nie genoemin enige berigte oor CWM nieen hy ontken enige kennis daar-van. Hy ontken ook enige be-trokkenheid by Kijani en Brigh-ton.

Cosgrove het vantevore aanMoneyweb gesé Brighton isvroeér aan Stratton Asset Man-agement verkoop en die Belve-dere-bestuur was net die subad-ministrateur daarvan. Hy hetook ontken dat hy of Keller-mann aandeelhouers in CWMwas.

Suid-Afrika se Raad op Finan-sigle Dienste het verlede jaar ná'n ondersoek geen negatiewe be-vinding gedoen teen enige finan-siëlediensteverskaffer waarbyKel]llermann betrokke was nie.

Die Amerikaanse Certified Fi-nancial Analyst Institute hetverlede jaar sy ondersoek naondernemings in Mauritius,Guernsey en Suid-Afrika waar-by Ke]lermann betrek word, vol-tooi en geen dissiplinêre stappeingestel nie.

Recommended