+ All Categories
Home > Documents > Noordkaap 26 junie 2013

Noordkaap 26 junie 2013

Date post: 22-Mar-2016
Category:
Upload: noord-kaap
View: 270 times
Download: 0 times
Share this document with a friend
Description:
Noordkaap 26 junie 2013
Popular Tags:
16
Tel (053) 831 2331 Woensdag 26 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Pastoorseun gegroet bl. 2 Técara mik na kroon bl. 8 Wen met jou sportkennis bl. 3 Zanri Kotzé THE loved ones of police members who lost their lives in service of the province often worry about the fu- ture and feel left alone to deal with unfinished issues. That could soon change thanks to Project 20 aiming to assist these peo- ple who have to do without their breadwinner. Friday was dedicated towards those people. “After the death of a loved one, a widow or widower must not only deal with emotions of grief, but sometimes financial deprivation. “Not only are loved ones left be- hind faced with the loss of a role mod- el and life partner, but a financial provider and, in most cases, the breadwinner,” Janet Basson, pro- vincial police commissioner of the Northern Cape, said in a speech an- nouncing the launch of the project. Project 20 will serve the purpose of empowering families of the deceased to deal with their grief in a more pro- ductive way. “The widow or widower is allowed to mourn without the fear of falling back into previous stages of grief due to unfinished business,” said Basson and explained that Project 20 was a continuous programme that would review and finalise long outstanding death claims and bring much needed financial relief. She gave her assurance that the SAPS would continue to offer assist- ance to those families through their chaplains in the form of spiritual comfort and grief counselling. “The assistance from chaplains starts with the reporting of a death of a member to the family, followed by bereavement counselling to the family, assistance with the funeral arrangements and conducting the fu- neral together with the family minis- ter. “After the funeral, the section: service termination, together with the chaplains, will assist the family to complete all required docu- ments,” Basson explained. Basson called those who had died in service heroes who might be gone, but not forgotten. “They are in our memories and live on through our acknowledge- ment of their dedication and ulti- mate sacrifice. “Through Project 20 we strive to- wards supporting and assisting the men, women and children who stood behind the brave heroes during their fight against crime,” she summa- rised the purpose of the project. Project launched DIE werkers van die Sol Plaatje-munisipaliteit het Maandagoggend die raadsaal oor ’n salarisgeskil beset. Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, moes die werkers probeer oortuig dat hulle steeds Vrydag hul agterstallige betalings sal kry, maar afsonderlik van hul salarisse. Die sitstaking is oorskadu deur ’n voorval waarin die burgemeester, Agnes Ntlangula, twee verslaggewers byna te lyf gegaan het. Sy was glo woedend dat verslaggewers en fotograwe ook by die raadsaal opgedaag het. Foto: Emile Hendricks KIMBERLEY residents are re- minded that no water will be available on Thursday due to a major citywide water shut- down. The shutdown will be from 07:00 until about 20:00. This is part of the replace- ment of existing valves. Almost a year ago the muni- cipality and private contrac- tors successfully replaced a total of 11 valves and two scour valves respectively at the Newton Reservoir Com- plex. The second shutdown is planned for Tuesday, 9 July, from 22:00 until 06:00 the follo- wing morning. “After completion of all the work, the management of the Newton Reservoirs will be much more flexible to ensure that the correct levels are maintained, whilst also ensu- ring that regular planned maintenance takes place with- out disruption in water supply to Kimberley,” the municipal spokesperson, Sello Matsie, said. Taps to run dry
Transcript
Page 1: Noordkaap 26 junie 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 26 Junie 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Pastoorseungegroet

bl. 2

Técara mik nakroon

bl. 8

Wen met jousportkennis

bl. 3

Zanri Kotzé

THE loved ones of police memberswho lost their lives in service of theprovince often worry about the fu-ture and feel left alone to deal withunfinished issues.

That could soon change thanks toProject 20 aiming to assist these peo-ple who have to do without theirbreadwinner. Friday was dedicatedtowards those people.

“After the death of a loved one, awidow or widower must not onlydeal with emotions of grief, butsometimes financial deprivation.

“Not only are loved ones left be-

hind facedwith the loss of a rolemod-el and life partner, but a financialprovider and, in most cases, thebreadwinner,” Janet Basson, pro-vincial police commissioner of theNorthern Cape, said in a speech an-nouncing the launch of the project.

Project 20 will serve the purpose ofempowering families of the deceasedto deal with their grief in amore pro-ductive way.

“Thewidow or widower is allowedto mourn without the fear of fallingback into previous stages of grief dueto unfinished business,” said Bassonand explained that Project 20 was acontinuous programme that would

review and finalise long outstandingdeath claims and bringmuch neededfinancial relief.

She gave her assurance that theSAPS would continue to offer assist-ance to those families through theirchaplains in the form of spiritualcomfort and grief counselling.

“The assistance from chaplainsstarts with the reporting of a deathof a member to the family, followedby bereavement counselling to thefamily, assistance with the funeralarrangements andconducting the fu-neral togetherwith the familyminis-ter.

“After the funeral, the section:

service termination, together withthe chaplains, will assist the familyto complete all required docu-ments,” Basson explained.

Basson called those who had diedin service heroeswhomight be gone,but not forgotten.

“They are in our memories andlive on through our acknowledge-ment of their dedication and ulti-mate sacrifice.

“Through Project 20 we strive to-wards supporting and assisting themen, women and childrenwho stoodbehind the braveheroes during theirfight against crime,” she summa-rised the purpose of the project.

Project launchedDIE werkers van die Sol Plaatje­munisipaliteit het Maandagoggend die raadsaal oor ’n salarisgeskil beset.Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, moes die werkers probeer oortuig dat hulle steeds Vrydag hulagterstallige betalings sal kry, maar afsonderlik van hul salarisse. Die sitstaking is oorskadu deur ’n voorvalwaarin die burgemeester, Agnes Ntlangula, twee verslaggewers byna te lyf gegaan het. Sy was glo woedenddat verslaggewers en fotograwe ook by die raadsaal opgedaag het. Foto: Emile Hendricks

KIMBERLEY residents are re-minded that no water will beavailable on Thursday due toa major citywide water shut-down.

The shutdown will be from07:00 until about 20:00.

This is part of the replace-ment of existing valves.

Almost a year ago themuni-cipality and private contrac-tors successfully replaced atotal of 11 valves and twoscour valves respectively atthe Newton Reservoir Com-plex.

The second shutdown isplanned for Tuesday, 9 July,from 22:00 until 06:00 the follo-wing morning.

“After completion of all thework, the management of theNewton Reservoirs will bemuch more flexible to ensurethat the correct levels aremaintained, whilst also ensu-ring that regular plannedmaintenance takes placewith-out disruption inwater supplyto Kimberley,” the municipalspokesperson, Sello Matsie,said.

Taps torun dry

Page 2: Noordkaap 26 junie 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Ruan Bruwer

DIE ontslape 22-jarige Pieter Kühnhet duidelik ’n reuse-indruk op dielewe van sy naasbestaandes gelaat.

Hy is verlede week met die kos-baarste woorde moontlik deur sygesin in sy begrafnisbrief beskryf.

Kühn het twee weke gelede in ’nmotorfietsongeluk gesterf.

Lienka, sy ouer stiefsuster, het indie begrafnisbrief gesê haar boetiewas ’n ou kop.

“Sy menswees het almal met wiehy in aanraking gekom het, verryken hy het so baie gehad om te geeen te deel. Ons wil hom nog vir ons-self hê, ons wil hom nie laat gaannie. Maar die lewe wat hy gelei het,was vol, selfversekerd en sonder re-grets.

“Ons weet hy is Jesus se kind enhy isnet vir onsgeleen.Ons is dank-baar vir elkememory,maar sal homelke dag mis.”

Pieter se ouer broer, Kobus, hetvertel van ’n vrou wat onlangs virhom en Pieter gevra het of hullebroers of lovers is.

“Pieter het gevra of ons nie albeikonwees nie. Dit was virmy so spe-siaal,want ditwas sowaar.Onskonnie closer wees as wat ons was nie.

“Jou wysheid, geduld en insig salaltyd by my bly.

“ . . . Jy was my beste vriend, ’n

regte soulmate. Jy was my hero. Ekhet jou so bitter baie geniet.”

Sy pa, past. Flip, beskou sy seunse afstaan aan die dood as die groot-ste ding wat hy nog moes doen.

“Jy was die een wat die gesin aanmekaar gebind het met jou omgee-hart vir elkeen enookmet jou spesi-ale begrip vir individuele verskille.Jy het altyd ons belange bo jounegestel.

“Ons sal jou vrolike gelag en ge-singmis. Dankie dat jy ’n voorbeeldwas vir elke mens met wie jy kon-tak gehadhet.Dankie dat onsby joukon leer hoe ’n mens voluit leef,”het hy sy seun bedank.

“Jy het die Bybel gelewe en niegepraat nie. Jy het almal se beste ei-enskappe gehad en dit nog meer enbeter gemaak,” het Pieter se ma,Lynette, gesê.

Kühn hartseer gegroet

PIETER KÜHN (22) se plek op ’n motorfiets, waarvoor hy so lief was, hetin sy begrafnisdiens voor in die Bikers’ Church leeg gestaan.Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer

WEET jy wat ’n12-letter-woord vir ’nlate comment is, ’nagtletter-woord virpetrol of wat tweewoorde vir a lot ofmoney is?

Indien jy weet dieantwoorde is onder-skeidelik after-thought, gasoline enpretty penny, sal joukanse goed wees om’n prys met blokkies-raaisels los te slaan.

Dit is van die uitda-gings waarmee dieamper 90-jarige Kim-berliet Monica Late-gan weekliks wor-stel.

Sy is ’n bobaas-blokkiesraaisel-ont-leder en die talle pry-se wat sy al daarmeegewen het, getuigdaarvan.

Sy is veral vir En-gelse blokkiesraai-sels lief, “maar stuurhulle nie altyd wegnie”, menende sy

skryf hulle nie ge-reeld per pos in nie.

“Ek was in ’n En-gelse skool – dus ver-kies ek eintlik dieEn-gelse blokkiesraai-sels. Ek vind hulleuitdagender. You s’nis vir my die moeilik-ste.

“Om You se blok-kiesraaisel kaf tedraf moet jy goed

wees. Hulle is lief omjou met Shakespearese aanhalings tetoets.”

Sy het as kind ver-skriklik baie koerantgelees, want, sê sy,om blokkiesraaiselssuksesvol te kan in-vul moet jy op diehoogte wees van wataangaan en moet jouspelling en taalvaar-

dighede goed wees.“As jy jou sinonie-

me en antoniemegoed ken, sal dit jouhandig te pas kom. Jyweet, ’n mens se ver-stand is ’n wonderli-ke ding. Soms diep jygoed daaruit wat jyself nie weet hoe ditdaar gekom het nie.”

Die radio, ’n tissue(sy reken ’n tissue is

’n tissue en g’n ’nsneesdoekie nie) en’n pen is altyd byder-hand terwyl sy dieblokkiesraaisels aan-pak.

Sy het die afgelopetwee maande ’n boeken R250 in die sak ge-steek. Sy vul ookpligsgetrou die blok-kiesraaisels in dietydskrifte Rooi Rose,Sarie en Landbou-weekblad en Volks-blad in.

“Mense sê gereeldvir my, ai, maar ek isgelukkig (om gereeldpryse met blokkies-raaisels te wen),maar dan vra ek ofhulle hulle s’nwegge-stuur het, want in-dien nie, kan jy mosnie wen nie,” het sygesê.

Wat is die grootsteprys wat sy nog ge-wen het?

“Die oom (haarman, Danie) sê hy isdie grootste geskenkwat ek 71 jaar geledegewen het.”

Lategan, wat in De-sember 90 jaar oudword, onthou haareerste prys was ’npond.

Sy het jare in diestadsbiblioteek ge-werk en het daardiejare baie navrae vandie publiek gehan-teer, vrae wat hulledeesdae eerder op dieinternet naslaan.

Google is nog heel-temal onbekend aanhaar. Indien sy vas-haak en ’n antwoordmet die blokkiesraai-sel soek, maak sy vanhaar man se naslaan-materiaal gebruik.) In 2001 het Lategan’n Volkswagen Ke-wer in Volksblad sePryslyn 17-kompeti-sie gewen en deel vandie pryswas ’n dag opdie stel van die des-tydse sepie Egoli.

Sy het selfs ’n vin-nige verskyning indie sepie gemaak.

Woorde, raaisels haar kos

MONICA LATEGAN is op 89 jaar nog ’n bobaasblokkiesraaisel­ont­leder van Kimberley. Foto: Ruan Bruwer

SY lewe is verlede week met ’n massa­rit na die kerk herdenk. Hy hetonlangs in ’n motorfietsongeluk gesterf.

Page 3: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 3

Zanri Kotzé

“REGARDLESS of whether youhave talent, you have to workhard,” says Thabang Molale (23),an aspiring singer from Barkly-West who was selected as thefinalist for the Spontaan singingcompetition.Molale’s passion for music was

fuelled in primary school when hestarted singing in the choir. As avery competitive person by naturehe likes to enter talent competi-tions.“I always win,” he comments

and laughs without soundingarrogant. Molale currently per-forms at weddings and parties andworks as a backing singer for alocal gospel artist.Last year, Molale auditioned for

the South African Idols competi-tion, but received the feared “no”from the judges. “I don’t think Iwas prepared enough,” he com-ments on this. “I’ll try again nextyear.”Apart from singing covers of

songs, he also likes to write hisown. “It is a very complicatedprocess, however. First, I try tofind a melody. Then I think oflyrics.”Molale says that he mostly

writes about past experiences andcommercial things. “I have alsowritten a song for my girlfriend,”he says. His songs mostly fallunder the Afro-pop and R&B genre.According to him, he would like

to be internationally known oneday, especially in Europe asAfrican music is appreciated in theEuropean music industry. Withsadness he admits that it isdifficult to catch a break. “It ishard, especially in our country andin Kimberley. People don’t want togive you the exposure you re-quire.”

Despite the fact that becoming afamous singer is a dream of his,Molale knows that there is more tolife.He is currently doing a diploma

in Business Management andAdmin.“Right now I need something

stable. I’ll pursue an acting careeron the sideline.”) The Spontaan final takes placeon 13 July in Bloemfontein whereMolale will hope to continueKimberley’s good form at thefinals. In 2009 and 2011 theDiamond City produced the winnerand in 2012 and 2010 our finalistcame second and third respective-ly.)Visit our website, www.noord-kaap.co.za, for a video clip ofhis performance.

Finalist dreams big

THABANG MOLALE Photo: Ruan Bruwer

Redaksie

DIE gewilde Wimble-don-tennis-ope heteergister begin metdie eindstryde wataanstaande Saterdagen Sondag beslisword. ’n Paar interes-santhede rondomWimbledon:) Slegs 200 toeskouers het vir die eerste toer-nooi in 1877 opgedaag.) Wimbledon is die enigste vandie grand slamswat op grasbane beslis word.) Martina Hingis het die jongste speler gewordom ’n Wimbledon-titel te verower toe sy in 1996op die jeugdige ouderdom van 15 jaar en 282 daedie dubbels gewen het.) Die verdedigende kampioen in die mans-en-kelspel, Roger Federer, staan ’n kans om van-jaar die alleen-rekordhouer vir diemeeste titelste word. Hy deel tans die rekord van sewe titelsin diemans-enkelspelmet Pete Sampras enWil-liam Renshaw.) Dis nou al 77 jaar sedert ’n Brit laas ’n Wim-bledon-enkelspel gewen het. Fred Perry het ditlaas in 1936 vermag.Hier is jou kans om ’n lekker prys los te slaanmet jou sportkennis.Beantwoord die volgende drie vrae korrek en

jy staan ’n goeie kans om met die geskenkpakvan R250 van SuperSport weg te stap.Vraag 1: Wie was in 2011 die Jong Bokkies sekaptein?Vraag 2: Hoeveel keer het Suid-Afrika die Wê-reldbekerrugbytoernooi vir o.20-spanne gewen?Vraag 3:Wanneer laas het ’n Brit ’n enkelspelop Wimbledon verower?Dit is maklik om vir die prys in aanmerking

te kom.Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMSmet

die sleutelwoord “Sporttrivia”, gevolg deur jounaam, van en drie antwoorde, byvoorbeeldSporttrivia, Jannie Botha, 1. Naas Botha, 2.Tien, 3. 1905.Jykan jou totMaan-

dag om 10:00 vir diekompetisie inskryf. Jykan jou soveel keer in-skryf soos jy wil. ElkeSMS kos R1,50.

Page 4: Noordkaap 26 junie 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Boere aan eielot oorgelaatDIE regering kan baie bydra tot ’nbeter klimaat in landbou deur tewys hy hét die politieke wil omdie baie ernstige probleem vanplaasmoorde en -aanvalle te pak.Dit kan hy doen deur die

aanvalle – hetsy op swart én witplaasboere óf plaaswerkers – as ’nvoorkeurmisdaad te verklaar.Transito-rooftogte het in ’n

stadium ook handuit geruk, maardie toestand is omgekeer toe dittot ’n voorkeurmisdaad verklaar isen die polisie hom daarop kontoespits.Heelwat ministers het al gesê

die regering beskou plaasmoordeas ernstig, maar dit is niks meernie as ’n lippediens.Moord is moord, maak nie saak

of dit in landelike gebiede of instede gebeur nie. Dit bly ’nveragtelike daad.Die rede waarom plaasmoorde

en -aanvalle spesiale aandag

verdien, is weens die gruwelikebrutaliteit waarmee dit meestalgepaardgaan.Die groot probleem het jare

gelede begin toe oudpres. ThaboMbeki die kommandostelselontbind het. Dit het ’n leemte laatontstaan wat nou deur misdadi-gers uitgebuit word.Die polisie het ’n omvattende

landelike veiligheidsplan opgestelwaarvolgens die polisie enlandelike gemeenskappe moetsaamwerk om plaasmoorde én-aanvalle te voorkom. Ongelukkiggaar dié plan net stof op en menseop plase is gevolglik aan hul eielot oorgelaat.Aanvalle soos dié skep ’n

ongemaklike omgewing waarin dieland se kommersiële boere kosmoet produseer.Dit kan daartoe lei dat die land

homself gouer as later nie meerkan voed nie.

GEBEURTENISSE op 26 Junie in diegeskiedenis:1860 – Die opening van Suid-Afrika se

eerste spoorlyn in Durban.1950 – Die parlement passeer wetge-

wing waardeur die Suid-AfrikaanseKommunistiese Party onwettig word.1950 – Die ANC vra vir ’n dag van

protes en verklaar die dag as Suid-Afri-kaanse Vryheidsdag.1955 – Die ANC se Vryheidsmanifes

word in Kliptown in gebruik geneem.1984 – Aardsbiskop Desmond Tutu sê

aan die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke’n revolusie sal plaasvind as apartheidnie laat vaar word nie.1989 – Aan die vooraand van ’n

ontmoeting tussen die ANC en ’nSuid-Afrikaanse afvaardiging onderleiding van die Five Freedoms Forum sêdie ANC hy sal nie met die regeringonderhandel nie.1990 – Die Europese Gemeenskap

besluit dat sanksies teen Suid-Afrikavan krag bly, maar verslap sal word

namate apartheidswetgewing opgeskortword.Geboortes op die dag:1955 – Darius Botha, ’n predikant en

ouer broer van Naas Botha wat in eentoets vir die Springbokke gespeel het.1956 – Chris Isaak, Amerikaanse

rocksanger.1967 – Doctor Khumalo, gewese

Suid-Afrikaanse sokkerspeler en lid vandie span wat in 1996 die Afrikanasiesbe-ker gewen het.1976 – Mpumelo “Pommie” Mbangwa,

gewilde krieketomroeper en geweseZimbabwiese naatbouler.

Negatiwiteit kan vernietigHannes Noëth

DIE dag toe hy uitgetrek het, was al-mal vir hom kwaad. Hulle het hommet klippe gegooi. Hoe kan hy haarnet so agterlaat? Wat van sy verant-woordelikheid teenoor die kinders –los hy alles nou net so?Die familie het hom verstoot. An-

der het jare lank nie met hom ge-praat nie. Wat het hulle geweet vanwat aangaan in sy huis? Van afbreeken negatiwiteit? Kon hulle raai datniks ooit reg was nie, nooit goed ge-noeg was nie.Het hulle iets verstaan van onver-

genoegdheid en negatiwiteit? Hoesou hulle weet dat hy voortdurendmoes kompenseer, aanpas, verskuif?Het die wêreld geweet van ’n ek-

stra myl stap en ’n tweede tree gee?

Aanmekaar opoffer, selfverloëningsonder ophou. Hoe kon hulle weetvan sy voortdurende stryd om posi-tief te wees in ’n negatiewe omge-wing? Sou hulle homkwalik neemashulle geweet het dat elke dag se eer-ste vier of vyf sinne negatief was enelke dag se laaste vier of vyf sinnemet klagtes afgesluit is?Die groot dinge het hom later nie

eensmeer gepla nie, dit sou die kleinklagtes wees wat sy spoed gebreekhet. Die koffie is te warm, die voer-tuig is te oud, dis dié kant toe ’n pro-bleem en daardie kant toe ’n pro-bleem en, en, en. Hoe kon die wêreld

dit weet?Soos ’n kraan wat drup, so is ’n

vrou wat altyd kla, het die ou skry-wer van Spreuke gesê. ’n Vrou watgedurig kla. Mans lag daaroor. Daar-die teks was nie vir hom snaaks nie.Dit het in sy wese in gedrup. Tot eenoggend. Hy het opgestaan. Uitgetrek.Oorbegin. Die wêreld wou hom ste-nig. Dit het hom niks gepla nie. Hykon lag as hy wou lag. Hy kon tevre-de wees met min. Hy sou sy kindersnog versorg, hy sal sy verantwoorde-likhede nie ontduik nie, maar sou hygraag sê, nou kon hy hulle ook ’n an-der kant van die lewe leer. ’n Kantwat positief is, wat nie altyd donkersien nie. Wat begin by lig. By positi-witeit. By vergenoegdheid.“Amper, dominee, amper het haar

negatiwiteit my vernietig . . .”

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelo-pe week nuus gemaak het:) Shanton Riet (21) is effektief 15 jaartronkstraf opgelê vir die moord op KabeloBerend en ook op drie bykomende aanklag-te van aanranding met die opset om ernstigte beseer. Riet was tot in gr. 10 ’n leerlingaan die NJ Heyns-skool toe hy die daadgepleeg het.“Ek is ’n stadige leerling. Toe ek klein

was, het my pa my kop teen die muurgestamp en dit is hoekom daar iets met mybrein fout is,” het hy ter versagtendeomstandighede getuig.) Trane het oor die wange gerol van ’ngevangene wat op parool vrygelaat is toe hymotorwastoerusting van die Tswelopele-Korrektiewe Sentrum ontvang het. Dietoerusting word aan benoemdes wat opparool vrygelaat is, gegee sodat hulle kanvoortgaan met die vaardighede wat hulle indie gevangenis geleer het.Romeo Carolus van Springbok was een

van tien gevangenes in die Noord-Kaap watop parool vrygelaat is en wat toerustingsoos naaimasjiene, sweismasjiene enmotorwastoerusting ontvang het.) ’n Konstabel van die polisie se blitspatrol-lie is op ’n klag van dronkbestuur inhegtenis geneem.Etlike polisie- en nooddiensvoertuie het

Saterdag net ná 21:00 in Schmidtsdriftwegsowat 20 m suid van die vierrigtingkruisingdie pad versper waar drie voertuie in ’nongeluk betrokke was.Volgens lt. Sergio Kock, polisiewoordvoer-

der, staar ’n klag van dronkbestuur en vanroekelose en nalatige bestuur die 36-jarigekonstabel in die gesig. Hy is op die toneelin hegtenis geneem, omdat hy vermoedelikvir die ongeluk verantwoordelik was. Diekonstabel was nie aan diens ten tyde vandie ongeluk nie en is op borgtog van R500vrygelaat.Hy was glo in sy Mercedes-Benz op pad

die stad uit toe hy teen die agterkant van ’nNissan-bakkie vasgery het. Die impak hetdie bakkie teen ’n aankomende Toyota Tazzlaat bots. Albei voertuie is erg beskadig,terwyl die Mercedes net aan die voorkantbeskadig is. Die bestuurders van die Nissanen Toyota is albei met geringe beserings na’n hospitaal gebring.) Helen Zille, DA-leier, het met haar besoekaan Kimberley Sol Plaatje se graf, asook diehuis waarin hy in Kimberley gewoon het,besoek. Die huis in Angelstraat 32 waar hygewoon het, is nou ’n museum en biblio-teek.Zille het in haar toespraak by die Sol

Plaatje-standbeeld van partypolitiek wegge-bly en haar toegespits daarop om hulde aanPlaatje te bring.

SKETS: Danie Cronjé

Page 5: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 5

Page 6: Noordkaap 26 junie 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

PROMOSIE

DIE Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys(NIHE) in die Noord-Kaap het op 23 Junie 2003tot stand gekom ná intensiewe aanvoorwerkdeur die Noord-Kaapse provinsiale regeringin samewerking met ’n toegewyde taakspan.

Sedert die totstandkoming het die instituuttoenemend gegroei en die inwoners van dieNoord-Kaap het uiteindelik toegang tot hoëronderwys in die provinsie gehad.

Die eerste raad is in 2006 onder die leidingvan prof. Brian Figaji aangestel en ná die ver-lenging van hul termyn is die raad in Desem-ber 2011 ontbind. Die inkomende raad, ondervoorsitterskap van prof. Yunus Ballim, is se-dert 2012 in plek.

Onder leiding van die NIHE-raad en -be-stuurspan is ’n sterk personeelkomponent ge-vestig en verskeie beleide goedgekeur om diebestuur van die instituut te ondersteun.

Intensiewe navorsing is gedoen om die be-hoeftes van die inwoners van die Noord-Kaapaan hoëronderwys-kwalifikasies te bepaal enkwalifikasies is hiervolgens saamgestel.

Onderhandelinge is met verskeie vennoteinhoëronderwys-kringe gevoer enuiteindelikis ooreenkomstemet die volgende akademieseinstellings gesluit om verskeie diploma- engraadkwalifikasies aan te bied, naamlik:Noordwes-Universiteit, Universiteit van dieVrystaat (UV), Unisa, Universiteit van dieWes-Kaap, Sentrale Universiteit vir Tegnolo-gie (SUT) en die Vaal-universiteit vir Tegnolo-gie.

Die laaste groep studente van die Universi-teit van die Wes-Kaap het in 2012 hul studievoltooi, terwyl die studente van Unisa nogtwee jaar het omhul kwalifikasies deur die in-stituut te voltooi.

Altesaam 20 kwalifikasies word deur dieoorblywende 4 instellings in 3 fakulteite aan-gebied – fakulteit opvoedkunde, fakulteit eko-nomiese en bestuurswetenskappe en fakulteitsosiale wetenskappe.

Die NIHE beskik oor ’n gevestigde infra-struktuur – drie kampusse in Kimberley(hoofkampus, New Park-kampus en Galeshe-we- kampus) en Upington-kampus waar kwa-

lifikasies van die Vaal-universiteit vir Tegno-logie aangebied word.

Die koshuise op dieGaleshewe-kampus biedverblyf aan ongeveer 390 studente, maar dit

voldoen nie naastenby in die behoefte aan ver-blyf nie.

Sedert die NIHE se totstandkoming is ver-skeie hoogtepunte bereik, soos:) Toenemende getal kwalifikasies wat deurakademiese vennote in samewerking met dieNIHE aangebied word aan die inwoners vandie Noord-Kaap.) Provinsiale Hoëronderwys-beraad inMaart 2011 met die doel om die departementvan hoër onderwys en opleiding in te lig oordie soort universiteit wat die Noord-Kaap seinwoners verlang.) Jaarlikse gradeplegtighede waar grade endiplomas deur die vennote aan die studentoorhandig word.) Organiseer die afgelope sewe jaar dieNasio-nale Wetenskapweek in die Noord-Kaap.) Die totstandkoming van dieAlumni-vereni-ging in 2012.) Jaarlikse verkiesing van ’n verteenwoordi-

gende studenteraad.) Bied die USSA-tafeltenniskampioenskappein Desember 2012 aan waaraan 16 universitei-te deelgeneem het.) ’n Vereniging om die NIHE se belange te be-vorder, is in 2010 bekend gestel en staan asFriends of NIHE bekend. Lidmaatskap is oopvir mense wat die NIHE en die vereniging sevisie enmissie deel. Belangstellendes kanmetKenosi Meruti by [email protected] vir ver-dere inligting in verbinding tree.

NIHE is ’n unieke instelling wat voortdu-rende uitdagings ervaar in die daaglikse funk-sionering en rolvervulling. Dit is egter steedsdie NIHE se voorkeursaak om die hoëronder-wysbehoeftes van die Noord-Kaap aan te paken sover moontlik aan die behoeftes te vol-doen.

Rig verdere navrae aan Marietjie Grobbe-laar by [email protected] of skakel053-807-5300.

Instituut vier sy tiende jaar

DIE Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys (NIHE) is amptelik op 23 Junie 2003 deur die destydse minister van hoër onderwys, KaderAsmal (tweede van regs), geopen. Regs is Tina Joemat­Pettersson, toe LUR vir onderwys in die Noord­Kaap. Foto’s: Verskaf

TIEN JAAR later. Van links is Bernard Farmer (adjunkhoof: finansies), dr. Pearl Nkosi (waar­nemende hoof van die NIHE) en dr. Bommie du Plessis (waarnemende adjunkhoof: akade­mies).

Page 7: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 7

EARL DAMONS, an ex­scholar of the Floors High School, has been constantly supportingthe school over a number of years in all capacities. His company, Central Roof Industries(CRI), has donated R50 000 to the school for the upliftment of the school’s learners. Hewas also instrumental in the school receiving a further R10 000 from MiTek South Africaofwhich CRI is one of the biggest clients in the province. The school expressed their appre­ciation for Damons’ continuous financial support and hope that other ex­scholars will fol­lowsuite. Fromthe left arePeterKok (principal), ACJacobs (deputyprincipal) andDamons).

Photo: Emile Hendricks

WALK 4 JESUS entry forms will be available atthe Old Spoornet Good Shed Building, 31 Glad-stone Avenue, De Beers, Kimberley. Call An-nelize Kruger on 053-832-2250/42 or 083-322-4138.Entries open on 26 June and the walk takes

place on 9 August. The walk starts at 09:00.Registration is at the Diamond Pavilion Mall

on 20 July and 27 July from 09:00 to 13:00.

Entries on 8 August close at 12:00.The first route (6 km) is from City of Hope to

Aldersgate Methodist Church and the secondroute (3 km) fromthe OldBeanStreetMethodistChurch. Refreshments will be provided.Please keep to the left of the road at all times.

)WALK 4 JESUS entry form – see advertise-ment on the right.

Enter andwalk for Jesus

Donates to school

Page 8: Noordkaap 26 junie 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Reporter

GAME customers can expect somuch more when they visitGame in the North Cape Mallfrom today.They open their new fresh

food offering today.Now, in addition to fridges,

stoves, DVD players, gymequipment, décor and TVs thatcustomers love shopping atGame for, the store will alsoprovide pre-packed meat,freshly-baked goods and freshvegetables, just to name a few.Game promises to offer productranges that will suit everycustomer’s budget.Game Kimberley will have a

new store design that promisesto excite and delight andguarantees only the bestshopping experience.According to the store

manager, Kalie Fourie, Gamehas a long-lasting commitmentto customer satisfaction whichis reflected in their slogan Game– you always win.“This is applied through a

rock-solid trio of far-reachingguarantees on price, satisfactionand service. The satisfactionguarantee promises to refund

the purchase price of goods – orexchange any goods at any time– if returned in the originalcondition and packaging.“The service guarantee

promises customers that Gamewill provide ongoing service onany product purchased, evenafter the expiry of the warran-ty,” he said.To celebrate the re-opening of

the store, Game will haveunbeatable specials. Customersare encouraged to be at thestore early to take advantage ofall these great deals.) Game is providing two luckyNoordkaap readers a R500shopping voucher each. Toenter, simply SMS the keyword“Game”, followed by your name,to 45527. SMSs cost R1,50. Twoentries will be drawn as thewinners. The competition lineopens today at 06:00 and closeson Monday at 12:00.

Game offersevenmore

Redaksie

TÉCARA WOOD-BRIDGE, ’n 19-jari-ge eerstejaarstu-dent aan die Uni-versiteit van dieVrystaat (UV), is’n semifinalis virKovsies se joolko-ningin 2014.As deel van haar

geldinsamelings-poging gaan sy Sa-terdag tussen 09:00en 14:00 ’n Diamond Rush by Itec-parkaanbied.Vlaggiesgaanverkoopwordwatop die rugbyveld geplant word. ’n Vlieg-tuig sal dan oor die rugbyveld vlieg en ’npyltjie laat val. As dit die naaste aan jouvlaggie val, is ’n diamant van R5 000 jou-ne. Ander pryse kan ook gewen word.Vlaggies word Vrydag tussen 12:00 en18:00 by Itec-park verkoop.Indien sy as Kovsie-joolfinalis gekies

word, sal die hospice vanKimberleyhaarbegunstigde-geldinsamelingsprojekwees. Técara is opgewonde oor haar kan-se om die eerste Kovsie-joolkoningin inetlike jare van Kimberley af te word enhoop op die ondersteuning van Kimber-ley. Sy was verlede jaar in KimberleyGirls’ High.Stalletjies kan teen R50 opgerig word.

Rig navrae aan Bonny by 082-829-5573.

Help sóvir hospice

TÉCARAWOODBRIDGE

Page 9: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 9

Madelein Venter

DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julie op diekampus van die Universiteit van die Vrystaat(UV) plaas en een van die groot trekpleisters –De Vette Mossel – is ook weer terug.Dié outentieke seekosrestaurant bied ’n see-

kosbuffet met ’n volle agtgangmaaltyd, asook ’nà la carte-spyskaart.Voorafbesprekings isnood-saaklik vir die buffet en vir R250 kan jy aan diesmullekker seekosgeregte en varsgebakte pot-brood smul totdat jy trommeldik is.Daar sal ook ’n kontantkroegwees omdie erg-

ste koue te verdryf. Lewendige vermaak worddeur Henning Joubert en Anton Botha verskaf.Joubert is ’n Bloemfonteinse kunstenaar wat

al wye draaie in die musiekwêreld gestap het.Hy was een van die stigterslede van die Afri-kaanse groep Beeskraal en kan ’n hele string in-strumente bespeel. Hy het al saam met al wat’n bekende kunstenaar in die land is, opgetreeen werk nou aan ’n solo-album. Hy is ook in dieVryfees-produksie Fyngeslyp te sien.Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse mu-

siekbedryf. Sy musiekvideo’s word gereeld opkykNETvertoon.Hy skryf diemeeste van sy eiemusiek en kan blitsvinnig ’n partytjie aan diegang kry. Kaartjies vir dié eetplek is by SpottedApple beskikbaar. Skakel 051-447-1086 of stuur’n e-pos na [email protected] om jou plekte bespreek of vir meer inligting.

Smul aanseekos opVryfees

HENNING JOUBERT vermaak besoekersaan De Vette Mossel op die Vryfees.

JY sal verskoonword as die naamHenning Jou-bert nie dadelik ’n klokkie lui nie. As jy egterna sy CV kyk, sal jy gou besef dié man het welal jou pad gekruis.Daar is min instrumente wat dié 31-jarige

Bloemfonteinse musikant nié kan bespeel nie.Voeg daarby ’n fantastiese stem en dan besef jyHenning is die hele pakket.Hy is op Klerksdorp gebore, maar is gek na

Bloemfontein.“Ek’smaloordiemense.Hulle isbaievriende-

lik en warm.”Hy het op skool sy buiging as konsertinaspe-

ler gemaak en daarna aan die jazz-departementvan die Tswane-universiteit vir Tegnologie ge-studeer. Hy bespeel ook die kitaar, mandolien,baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekkla-vier. “My gunsteling bly egter die kitaar,” sêHenning. “Dit is so veelsydig, baie verskillendegenres, style en aanslae.”In2001hethydieSakkie-langarm-boereorkes-

kompetisie op kykNET gewen en die albumwathy daarna opgeneem het, is met ’n Sama-eerbe-wys vereer.Henning was een van die stigterslede van die

Afrikaanse rockgroep Beeskraal en ook perma-nent lid van Dozi en Robbie Wessels se orkeste.“Ek sou baie graag saam met Coenie de Vil-

liers, Vusi Masashela, Tony Cox en PJ Powerswou optree,” sê hy.Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland, Kana-

da en Indië opgetree. Hy is boonop ’n talentvolleliedjieskrywer en werk nou aan sy solo-albumwat later vanjaar uitgereik sal word.Hyhetdiemeestevandie liedjiesopdiealbum

self geskryf. Vir meer inligting of besprekings,bel Spotted Apple by 079-504-3912 of 051-447-1086.

Kitaar blygunsteling

Page 10: Noordkaap 26 junie 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Sportredaksie

REËL 10: VuilspelDefinisie van vuilspel: Vuil-

spel is enigiets wat ’n speler op diespeelperk doen wat teen die letteren gees van die reëls van die spelis. Dit sluit obstruksie, onregver-dige spel, herhaalde oortredings,gevaarlike spel en wangedrag inwat tot nadeel van die spel strek.Gevaarlike spel en wange-

drag (vervolg van verledeweek):(l) Wraak neem: ’n Speler moet nie wraak neem

nie. Selfs al oortree ’n teenstan-der die reëls, mag ’n speler nieenigiets doen wat ’n teenstanderin gevaar stel nie.(m) Optrede strydig met goeiesportmanskap: ’n Speler moeniebinne die speelperk iets doen watstrydig met die gees van goeiesportmanskap is nie.(n) Wangedrag terwyl die bal bui-te spel is: ’n Speler mag nie, ter-wyl die bal buite spel is, homskuldig maak aan wangedrag ofobstruksie pleeg teen of op enige

wyse inmeng met ’n teenstander nie.

As ’n strafskop aan ’n span toegeken word,maar ’n speler van daardie span is skuldig aanverdere wangedrag voordat die skop waarge-neem word, sal die skeidsregter die skuldige spe-ler waarsku of afstuur, verklaar dat die skop af-gelas is en ’n strafskop aan die ander span toe-ken.

Indien ’n oortreding buite die speelgebied be-gaan word terwyl die bal nog in spel is, en daar-die oortreding word nie deur enige deel vanhierdie reël gedek nie, word die strafskop toege-ken op die 15-meterlyn in lyn met waar die oor-treding plaasgevind het.) Dié reël word volgende keer verder be-spreek.

Ruan Bruwer

DIE 17-jarige Rudolf Greyling, ’n regtig veelsy-dige sportman, is Junie se se Let’s Play-sport-ster van die maand.

Greyling is pas weer vir die Noord-Kaapseo.18-seunshokkiespan gekies. Hy is vanjaar ingr. 11 en dus volgende jaar weer vir die spanverkiesbaar.

Greyling is die kaptein van die Hoërskool Di-amantveld se eerste seunshokkiespan, ’n spanwaarvoor hy sedert sy gr. 8-jaar speel.

Vanjaar is dit die vyfde keer dat hy vir ’n pro-vinsiale hokkiespan gekies is. Hy het vroeër dieGriekwaland-Wesse o.13-, o.14- en o.16-span(twee keer) gehaal.

Vroeër in die jaar is hy ná ’n hokkietoernooiin Bloemfontein vir ’n All Stars-span gekies watin ’n vertoonwedstryd teen Kovsies se eerstemanspan gespeel het.

Hy is ’n ewe bedrewe atleet en het vroeër van-jaar ’n derde keer in sy loopbaan vir die Suid-Afrikaanse jeugkampioenskapsbyeenkoms ge-kwalifiseer waar hy aan die 800 m deelgeneemhet. Hy het ook al provinsiale kleure in rugby,tuimel en gimnastiek verower. In geheel isGreyling ’n allemintige 23 keer al met provinsi-ale kleure vereer.

Hy beskou hokkie as sy gunsteling-sportsoorten speel ook al klubhokkie. Volgens hom sal hysy silwermedalje op die Suid-Afrikaanse kam-pioenskapbyeenkoms in 2005 as sy hoogtepunttot dusver in sy sportloopbaan beskryf.) Die Let’s Play-sportster van die maand wen’n geskenkpak van Let’s Play en word ook opLet’s Play se webtuiste bekend gemaak. Aan dieeinde van die jaar sal ’n algehele wenner uit diemaandelikse wenners gekies word.

Hokkie diésportster segroot liefde

RUDOLF GREYLING, Junie se se Let’s Play­sportster van die maand.

Page 11: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 11

Page 12: Noordkaap 26 junie 2013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Page 13: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 13

Page 14: Noordkaap 26 junie 2013

14 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese ak-kommodasie. Heeljaar be-skikbaar. Lae tariewe buiteseisoen. Ook eiendom tekoop. Skakel 083 236 1294 of044 695 0682

TE KOOP GEVRA vir kon-tant: Motors of bakkies. SMS072 472 8686 of skakel053 963 1409.

If you want to sell TableCharm SMS your addressor Call 073 701 5214

NOTICE OFAPPLICATION FORENVIRONMENTALAUTHORIZATION.NOTICE OFAPPLICATION FORENVIRONMENTALAUTHORIZATION INTERMS OF THE EIAREGULATIONS OF 18JUNE 2010 FOR THECONSTRUCTION OFTWO HYDRO-ELECTRIC POWERSCHEMES BETWEENTHE FARMSTORQUAY 157,PORTION 2 ANDKLIPFONTEIN 38,PORTION 0, AND A2ND SCHEMEBETWEEN THEFARMS HERFORD202, SLYPSTEEN 42AND SUMMERHILL203, ORANGE RIVER,NORTHERN CAPEPROVINCE.DEPARTMENT OFENVIRONMENTALAFFAIRS REF NO:14/12/16/3/3/2/507 &14/12/16/3/3/2/511.Notice is given in terms ofthe NEMA EIA Regulationsof 2010, that Sidala EnergySolutions (Pty) Ltd isproposing the constructionof a hydro-electric powerscheme on the Orange Riverwhich shall provide theproduction of renewableenergy through the use ofthe gravitational force offalling or flowing water. Thefacility shall compriseaspects including theconstruction of a weir in theriver; a short canalheadrace, powerhouse andtailrace; and an access road.

The intended developmentshall trigger the followinglisted activities in theseregulations:No. of RelevantNotice. Activity No.Description of theactivity:No. 544. 1 (i) Construction ofa facility generating lessthan 20MW of electricity.No. R 544. 11 (v)(xi)Construction of a weir andhydro-electric power facilityin the watercourse.No. R544. 18 (i) Constructionand establishment of ahydro-electric power facilityon the banks of the OrangeRiver.No. R 544 23 (ii)Construction of a hydro-electric power facility alongthe Orange River onundeveloped land.No. R 545 10 (i).Construction of ahydropower facility andweir within the one in tenyear flood line of theOrange River.No. R545 15 Transformationof 20 hectares or more ofundeveloped land.No. R546 4. Construction ofa road to provide access tothe site.No. R 546 13. Sitepreparation and leveling toconstruct and install thefacility in and adjacent tothe river.The date of placement ofthis notice is 26 June 2013.Queries regarding thismatter must bereferred to:The contact consultant,Enviroworks, Suite 338,Private Bag x15, SomersetWest 7125, or contact MarkDay at 084 738 1130 or021 853 0682, fax 086 601 7507or [email protected] wishing to formallycomment or register on theproposed development arerequested to communicateto Enviroworks no laterthan 40 days after theplacement of this notice (5August 2013).

Page 15: Noordkaap 26 junie 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 15

*RICA IN-STORE. Offers valid 1 June - 30 June 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visitwww.cellc.co.za or ask in-store.

CHANGE TO US ANDKEEP YOUR NUMBER.

Go in-store or call 084 145 for a new deal or upgrade.

JHB

421

47

BlackBerry® Curve™ 9320Smartphone

on Straight Up 50 TopUp*R119 PM

x24

50SMS/MMS

50MINUTES

50MB DATA

99c per min. on per second billing

Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio,Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.

Samsung Galaxy S4Smartphone

on Straight Up 100*R399 PM

x24

100SMS/MMS

100MINUTES

1GBDATA

99c per min. on per second billing

Features: Dual Camera, Group Play,STranslator, Samsung Smart Pause/Scroll.

Samsung Galaxy S4Smartphone

INCLUDES1GBDATA PM

Samsung Galaxy SIIIMini Smartphone

on Straight Up 100*R199 PM

x24

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

99c per min. on per second billing

Features: Android 4.0 (Ice Cream Sandwich),4.3” super AMOLED, capacitive multi-touchscreen, Dual core 1.5 GHz CPU, 1GB RAM +4GB ROM.

Also available in blue.

cellc.co.za

BlackBerry® Curve™ 9320Smartphone

ADDBLACKBERRY®

SOCIAL&EMAILPLAN FORR37PM

Available at the following Cell C stores:New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353

IN die Curriebekerreeks is hul-le gereeld helde wanneer hullebo verwagting presteer en metdie groot honde in die reekssaamgesels en hulle selfs ver-slaan.Veral sedert 2006 is besten-

digheid in die Curriebeker-reeks sinoniem met die Griek-was en die Poubloueswat nooitslegter as sesde uit die 14 span-ne in die reeks gevaar het nie.In 2009 en 2012was hulle vyfdeop die puntelys en elke keerbitter naby aan ’n plek in diehalfeindronde.Oor die volgende paar maan-

de word die Griekwa-spelerswat in die Curriebekerreeksdiens gaan doen in ’n profielaan lesers bekend gestel.Die woelige en veelsydige

skrumskakel Jacques Coetzee(29) het met rede die bynaam“Jakkals” gekry. So lastig soos ’njakkals is, so lastig is Coetzeerondom die losskrums.Nadat hy sy loopbaan by die

Leeus begin het, het Coetzee vierseisoene lank in 71 wedstryde virdie Pumas en 10wedstryde vir dieEP Kings (in 2011) uitgedraf voor-dat hy hom begin verlede jaar bydie Griekwas aangesluit het.Coetzee het sedertdien in 27

wedstryde in die Poublou-truiuitgedraf (17 Vodacombeker- en10 Curriebekerwedstryde) waar-in hy ses drieë gedruk het. Hyspog ook met 11 Superrugby-wed-stryde (vir die Lions en Chee-tahs).Waar het jy grootgeword en

waar was jy op hoërskool? OpHeidelberg waar ek in die HoërVolkskool was.Kan jy jou heel eerste drie

onthou? Ja, ek was agt jaar ouden dit was vir my laerskool, dieLaerskool Drakenstein.

Wie was jou rugbyheld toe jy’n tjokkertjie was? Die oud-Springboklegende Joost van derWesthuizen.Wat was jou grootste rugby-

oomblik of -prestasie? Om in2010 ’n Superrugby-wedstryd virdie Lions teen die Stormers op El-lispark te speel.En jou grootste teleurstel-

ling?Omnie vir die Springbokkegekies te word nie.Wat verg dit om ’n goeie pro-

vinsiale rugbyspeler te wees?Toewyding.Wanneer het jy jouself die

eerste keer op TV gesien? In2005 se eindstryd van die destydseSuperbowl-toernooi vir universi-teitspanne. Ek het vir die Univer-siteit van Johannesburg teen diePukke gespeel.Watter vraag vra mense bui-

te Kimberley jou meestal as jysê jy speel vir die Griekwas?“Wat doen jy vir ’n regte werk?”Wat is die lekkerste en sleg-

ste ding daarvan om vir dieGriekwas te speel en hier tewoon? Die lekkerste is die close-knit community.Die slegste is Kimberley se hit-

te in die somer en die erge kouein die winter.Halfway House of Springbok

Pub? Geen.Wat is die een groot voordeel

daarvan om ’n professionelerugbyspeler te wees? Die werk-ure.Het jy enige byname en hoe

spreek jou spanmaats jou aan?Die Jakkals.Kan jy jou eerste geel- of rooi-

kaart onthou? Dit was ’n gelevir ’n plettervat in 2008 vir diePumas.Het jy enige bygelowe of ritu-

ele voor wedstryde? Ek luistermusiek.

Die Jakkals doen sybynaam gestand

JACQUES COETZEE

Page 16: Noordkaap 26 junie 2013

16 NOORDKAAP, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Die Diamantstad se koerant

Reporter

THE Northern Cape u.18 boys’ hockey teamthat will participate at the national tourna-ment from 30 June to 7 July in CapeTown:Mthembu Sizwe (NCH), Hagan Seaward

(CBC), Liam Grey (NCH), Lynden du Plooy(NCH), Cameron du Plooy (NCH), BrendonGertse (THS), Aiden Brooker (NCH), ByronMcNally (CBC), Wazeed Alexander (NCH), Jo-shua Maya (NCH), Rudolf Greyling (DHS),Amien Rosenburg (THS), Kyron Fortuin(THS), Jeremy McAnda (NCH), Jason McAn-da (NCH) and Mohau Mocwaledi (CBC).) The Northern Cape u.16 boys’ hockey teamthat will participate at the national tourna-ment from 30 June to 7 July in Johannesburg:Harms Jansen van Rensburg (Upington),

Modiakgotlo Lesedi (CBC), Songese Binase(KBH), Niellen van Heerden (NCH), DivanNiewenhuizen (DHS), QiyaamJardine (NCH),Abdul-Baasit Alexander (THS), Diego deAbreu (NCH), Levert Koopman (NCH), Came-ron Hannie (NCH), Dondre Samuels (NCH),Hayden Grey (KBH), Julian Scholtz (NCH),Katlego Khumalo (CBC), Luke Smith (NCH)and Riaan Badenhorst (Duineveld).) The Northern Cape u.14 boys’ hockey teamthat participated at the national tournamentfrom 22 to 26 June in George were:Chaswin Parker (NCH), Chad Mpisi (NCH),

Jarrod Goa (NCH), Sho-aib Aysen (NCH),Clayton Tait (NCH), Brandon Ralph (NCH),Khumo Qomoyi (NCH), Damien Kenny(NCH), Ebrahim Hassen (NCH), Jayesh Kan-jee (THS), Morné Dlethu (Upington), JadenMuller (Upington), Daniel Botha (DHS) andDaniel Saayman (DHS).) The Northern Cape u.13 boys’ hockey teamthat is participating at the national tourna-ment from 24 to 27 June in Cape Town:Olebo-geng Modise (Kby Junior), Nico du Plooy

(Staats), Aidan Peters (Herlear), Aiden Tun(CBC), Luciano Ortell (Herlear), TimothyMotseme (CBC), Tlhalefang Pharasi (Kby Ju-nior), Lindre Atwell (Kby Junior), DianloStoltz (Eureka), Calin Hannie (Kby Junior),Ryan Isaacs (Kby Junior), Hernu Ekkerd (Opdie Voorpos), Sibusiso Madlala (Kby Junior)and Reece Jacobs (Kby Junior).

Players chosenfor hockey teams

Wen liga ná uitspeelwedstrydeDIE eerste netbalspan van die Hoërskool Noord­Kaap (HNK) is die ligawenner ná uitspeelwedstryde verledeweek op Upington. Nadat spanne in drie groepe meegeding het, het die drie groepwenners teen mekaarte staan gekom. Hier het HNK naelskraaps met Upington (22­18) en Diamantveld (25­24) afgereken omdie eerste keer as ligawenner gekroon te word. Die skool se o.16­span is ook die provinsiale wenner. Dia­mantveld se o.14­ en o.15­span is op hul beurt die voorste spanne in die Noord­Kaap. Hulle sal almal vroegin Augustus aan die nasionale uitdaagkompetisie in Boksburg deelneem. HNK se eerstes is van links, voor:Mari­Lee Vos, Jomari Myburgh (kaptein) en Ellen Kotze; agter: Carmen du Plooy, Jessica du Plessis, JoyMorkel, Simuney Muller, San­Mari de Jager, Monique Bredenkamp en Christolien Kleinjan. Foto: Verskaf


Recommended